HOËRSKOOL STRAND Waar jong Arende sweef ARENDENUUSstrandsk/images/dokumente/... · Nuusbrief 10...

15
1 31 Oktober 2014 | Nuusbrief 10 HOËRSKOOL STRAND ARENDENUUS Waar jong Arende sweef Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid UIT DIE HOOF SE KANTOOR LEERDERRAAD O ns leerderleiers vir 2015 is verkies en gedurende die derde kwartaal aangekondig. Tydens ’n spesiale saalbyeenkoms in Oktober is ons vier hoofleiers vir 2015 ook aangekondig. Daar rus ’n groot taak op die skouers van ons leerder- leiers, want hul fokus vir 2015 is skooltrots, of soos hulle daarna verwys, “Arendtrots.” Hulle het verskeie planne en inisiatiewe om skooltrots in ons skool te bevorder. Ons glo vas dat wanneer ons trots is op ons skool, ons anders lyk, anders optree, anders praat en anders dink oor ons skool. Wanneer ons trots is op ons skool, presteer ons beter, ondersteun ons beter en wil ons altyd net die beste vir ons skool hê. Ons vier hoofleiers, Louw Coetzee (hoofseun), Delia Meyer (hoofdogter), Peter de Klerk (onderhoofseun)en Cathleen Mostert (onderhoofdogter), se taak is om ons leerderleiers gefokus te hou op hierdie uitdaging wat voor hulle lê. EKSAMENS Ons graad 12-leerders het reeds op Maandag, 20 Oktober, hulle eerste vak in die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) eksamen afgelê. Ons wil graag vir hulle en hul ouers baie sterkte toewens vir hierdie baie belangrike eksamen. Die res van die skool se eksamen begin ook eersdaags. Vanjaar was die uitdaging om die opvoeders wat deur die WKOD aangestel is om aan die einde van die jaar die NSS-eksamenvraestelle te merk in die eksamenrooster te akkommodeer. Die aanvanklike datum waarop hulle sou moes begin nasien, was na 8 Desember. Hierdie datum is egter later vervroeg na 29 November vir sekere nasieners. Dit het ’n direkte invloed op ons eksamenrooster gehad. Vir ons leerders in graad 8 en 9 is hierdie ’n baie belangrike eksamen. Vir die eerste keer beslaan hierdie November-eksamen 60% van die leerder se finale punt vir die jaar. In graad 10 en 11 is die gewig 75%. Indien ’n leerder dus goed presteer in hierdie eksamen, kan dit tot sy of haar voordeel strek. Die teendeel is egter ook waar! Ons wil graag vir al ons graad 8- tot graad 11-leerders en hul ouers baie sterkte toewens vir hierdie eksamen. Sit vir oulaas alles in die voorbereiding in. Die rapporte sal op Woensdag, 10 Desember, by die skool beskikbaar wees. ’n TERUGVOER VAN OUERS Dit is vir ons belangrik om gereeld terugvoer van ons ouers oor ons skool te kry. Ons het ’n elektroniese vraelys vir die doel op ons webtuiste bekikbaar gestel. Gebruik die skakel aan die regterkant van die tuisblad. Dit sal van Novembermaand beskikbaar wees. Laat hoor gerus van u. Ons luister graag.

Transcript of HOËRSKOOL STRAND Waar jong Arende sweef ARENDENUUSstrandsk/images/dokumente/... · Nuusbrief 10...

  • 1

    31 Oktober 2014 | Nuusbrief 10

    H O Ë R S KO O L S T R A N D

    ARENDENUUSWaar jong Arende sweef

    Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid

    UIT DIE HOOF SE KANTOORLEERDERRAAD

    Ons leerderleiers vir 2015 is verkies en gedurende die derde kwartaal aangekondig. Tydens ’n spesiale saalbyeenkoms in Oktober is ons vier hoofleiers vir 2015 ook aangekondig. Daar rus ’n groot taak op die skouers van ons leerder-leiers, want hul fokus vir 2015 is skooltrots, of soos hulle daarna verwys, “Arendtrots.” Hulle het verskeie planne en inisiatiewe om skooltrots in ons skool te bevorder.

    Ons glo vas dat wanneer ons trots is op ons skool, ons anders lyk, anders optree, anders praat en anders dink oor ons skool. Wanneer ons trots is op ons skool, presteer ons beter, ondersteun ons beter en wil ons altyd net die beste vir ons skool hê. Ons vier hoofleiers, Louw Coetzee (hoofseun), Delia Meyer (hoofdogter), Peter de Klerk (onderhoofseun)en Cathleen Mostert (onderhoofdogter), se taak is om ons leerderleiers gefokus te hou op hierdie uitdaging wat voor hulle lê.

    EKSAMENS

    Ons graad 12-leerders het reeds op Maandag, 20 Oktober, hulle eerste vak in die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) eksamen afgelê. Ons wil graag vir hulle en hul ouers baie sterkte toewens vir hierdie baie belangrike eksamen.

    Die res van die skool se eksamen begin ook eersdaags. Vanjaar was die uitdaging om die opvoeders wat deur die WKOD aangestel is om aan die einde van die jaar die NSS-eksamenvraestelle te merk in die eksamenrooster te akkommodeer. Die aanvanklike datum waarop hulle sou moes begin nasien, was na 8 Desember. Hierdie datum is egter later vervroeg na 29 November vir sekere nasieners. Dit het ’n direkte invloed op ons eksamenrooster gehad.

    Vir ons leerders in graad 8 en 9 is hierdie ’n baie belangrike eksamen. Vir die eerste keer beslaan hierdie November-eksamen 60% van die leerder se finale punt vir die jaar. In graad 10 en 11 is die gewig 75%. Indien ’n leerder dus goed presteer in hierdie eksamen, kan dit tot sy of haar voordeel strek. Die teendeel is egter ook waar!

    Ons wil graag vir al ons graad 8- tot graad 11-leerders en hul ouers baie sterkte toewens vir hierdie eksamen. Sit vir oulaas alles in die voorbereiding in. Die rapporte sal op Woensdag, 10 Desember, by die skool beskikbaar wees.

    ’n

    TERUGVOER VAN OUERS

    Dit is vir ons belangrik om gereeld terugvoer van ons ouers oor ons skool te kry.

    Ons het ’n elektroniese vraelys vir die doel op ons webtuiste bekikbaar gestel. Gebruik die skakel aan die regterkant van die tuisblad. Dit sal van Novembermaand beskikbaar wees.

    Laat hoor gerus van u. Ons luister graag.

  • 2 3Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid

    2Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid

    3

    Nuusbrief 10 31 Oktober 2014AKADEMIE

    SPESIALE TOEKENNINGS VIR UITSONDERLIKE PRESTASIES IN 2014

    Op Vrydag, 17 Oktober, is daar in die Strand se stadsaal op formele wyse van die matriekleerders afskeid geneem. By hierdie geleentheid is die leerders wat in 2014 op akademiese- en sportgebied uitsonderlik presteer het, vereer:

    JACO DE WET - Skoolhoofdeskild vir leerder van die jaarOp akademiese gebied het Jaco ʼn gemiddelde van 87,95% oor die afgelope vier eksamens gehandhaaf.

    Hy het vanjaar aan die Universiteit van Kaapstad se Wiskunde-kompetisie (waar hy ʼn meriete-toekenning ontvang het) asook die Harmony Wiskunde-olimpiade, die Afrikaans-olimpiade en die Wêreldkennis-olimpiade deelgeneem.

    Op kulturele gebied het hy aan redenaars deelgeneem, was ʼn kringleier van die FUEL-vereniging en het ʼn bydrae as joernalis van die skoolkoerant gelewer.

    Hy was ook vanjaar ’n lid van die Interskole-atletiekspan, die o.19B-tennisspan en het drie jaar lank vir die eerste rugbyspan gespeel.

    Sy sterk leierseienskappe en gewildheid onder sy maats word beklemtoon deur die feit dat hy vanjaar nie net die kaptein van die eerste rugbyspan was nie, maar ook die onderhoofseun van ons skool.

    Jaco beskik oor ʼn navolgenswaardige selfgedissiplineerdheid en die besondere insig om doelwitte duidelik te identifiseer en dit volledig uit te voer. ʼn Duidelike bewys hiervan is dat hy een van slegs twee leerders van ons skool is, wat gekeur is om volgende jaar Medies aan die Universiteit van Stellenbosch te gaan studeer.

    Die Hoërskool Strand ken met trots die Skoolhoofdeskild vir Leerder van die Jaar aan hom toe.

    MARICHJE DE NECKER - Wisseltrofee vir veelsydigheid, asook die beker vir veelsydigheid op kultuurgebied

    Marichje het ’n gemiddelde van 83,05% oor die afgelope 4 eksamens gehandhaaf.

    Marichje het haarself op ’n verskeidenheid kultuurterreine onderskei en gesorg dat elke afdeling waar sy betrokke geraak het, by haar talent, kreatiwiteit en eiesoortige karakter kon baat vind. Terwyl sy aan die een kant ’n beoordelaar met haar toneelspel kon betower, kon sy ewe gemaklik ’n mikrofoon optel en ’n gewone byeenkoms met ’n paar sang- of “rap”-nommers opvrolik.

    Sy was ’n staatmaker in die kabaret en het ook haar stempel stewig afgedruk in die senior dramagroep waar sy met solo’s en ’n hoofrol die gehoor laat wens het die aand was langer. Marichje se talent is bekroon met Cum Laude-toekennings by die Helderberg Eisteddfod, asook die prys vir beste prestasie in die vermaaklikheidsafdeling. Verder verwerf sy ’n silwer- en goud-toekenning vir toneelspel by twee verskillende toneelfeeste.

    Haar grootste prestasie vanjaar is waarskynlik toe sy as lid van die WP-span aan die Nasionale kompetisie vir Uitvoerende Kunste deelgeneem het en as die beste vokale kunstenaar in die kategorie 16-24 jaar landwyd aangewys is.

    As redakteur van die Suidooster het sy gewys dat sy nie net oor uitvoerende talent beskik nie, maar ook skeppend met die geskrewe woord kan omgaan. As voorsitter van FUEL het haar talent as leier ook op geestelike gebied uitgekring.

    Baie geluk, Marichje. Die Hoërskool Strand gaan jou bydraes op vele terreine mis.

    SPESIALE TOEKENNINGS

  • 2 3Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid

    2Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid

    3

    Nuusbrief 9 3 Oktober 2014SPORT

    Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid

    SPESIALE TOEKENNINGS VIR UITSONDERLIKE PRESTASIES IN 2014

    HERNÜ VILJOEN - Pieter Koen-beker vir volharding en deursettingsvermoëHernü is die perfekte voorbeeld van ʼn Arend wat volhard en heelpad in oorwinning leef.

    Sy deelname, gesindheid en entoesiasme is van so ʼn aard dat baie min mense besef hy het feitlik geen gebruik van sy een arm nie.

    Hierdie netjiese jong man wat elke dag deur ʼn ring getrek kan word, laat hom van geen beperkinge onderkry nie en stel ʼn hele paar van sy klasmaats in die skadu.

    Hernü verdien nie net volkleure vir akademie nie, maar kry die vakprys vir RTT waar spoed ʼn baie belangrike rol speel en behaal ʼn gemiddeld van 92% vir IGO.

    Hy speel al die afgelope 3 jaar in die skool se Interskole-tennisspan, was in beide die Interskole atletiek- en muurbalspanne en tydens die jaarlikse muurbalprysuitdeling ontvang hy die Aanhou-en-wen-beker vir sy sterk leierskap en positiewe ingesteldheid. Hy was ook lid van die skool se Cansa Relay for life-span. By die skool se produksie van Macbeth was Hernü die konvenor van die swaardgevegtegroep en om alles te kroon het hy saam met die ander gr. 12’s op die Oranjerivier gaan roei.

    Die Hoërskool Strand het 5 jaar lank toegekyk hoe hy die lewe aangryp en nie een oomblik verslap in sy strewe om sy drome te verwesenlik nie. Ons land het mense soos hy nodig.

    Ons ken hierdie beker aan hom toe in die wete dat hy ʼn sukses sal maak van alles wat hy aanpak en nog vir baie mense vorentoe sal inspireer.

    MARIZELLE VERWEY - Du Toit-beker vir sportmanskap (dogters)Marizelle ontvang vanjaar hierdie toekenning op grond van haar betrokkenheid by drie verskillende skoolsportsoorte waar sy ʼn prominente bydrae gelewer het.

    As veelsydige netbalspeler het sy haar skool ʼn volle drie 3 jaar lank as lid van die 1ste span verteenwoordig. Sy was ook vanjaar kaptein van dié suksesvolle span.

    Marizelle het ook op provinsiale vlak uitgeblink deur deel te wees van die o.17- en o.18-Boland streekspan.

    Op atletiekgebied was sy lid van die Interskole-span, asook die Bolandspan wat aan die Wes-Kaap kampioenskappe deelgeneem het en lid van die eerste tennisspan.

    Verder het Marizelle ook nog tyd ingeruim om ringbal as buitesport te beoefen en was die onderkaptein van die o.19 SA-ringbalspan.

    Ons is baie trots op hierdie besonder veelsydige sportvrou en wens haar alle sukses toe in die toekoms.

    SPESIALE TOEKENNINGS

  • 4Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid

    4

    Nuusbrief 10 31 Oktober 2014SPORT

    Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid55

    SPESIALE TOEKENNINGS VIR UITSONDERLIKE PRESTASIES IN 2014

    ARNAND SWART - John Jennings-beker vir sportmanskap (seuns)Arnand ontvang vanjaar hierdie toekenning op grond van sy betrokkenheid by vier verskillende sportsoorte waar hy ʼn prominente bydrae gelewer het.

    Op atletiekgebied was hy lid van die Interskole-span van 2014.

    Arnand was ʼn gewaardeerde lid van die eerste krieketspan sowel as ʼn besonder veelsydige speler. As snelbouler, middelkolwer wat verskeie vyftigtalle aangeteken het en vlugvoetige veldwerker, het hy ʼn reuse bydrae tot die eerste krieketspan gelewer.

    Hy was ʼn speler wat altyd sy span eerste gestel het, geen oefeninge gemis het nie en altyd voorbeeldig was in sy optrede op en van die veld.

    Arnand was ook sedert 2013 lid van die eerste rugbyspan waar hy ʼn besonderse energieke en waardevolle bydrae gelewer het.

    Verder het hy nog tyd gemaak om sy skool op die gholfbaan ook te verteenwoordig. Hier het hy beide die eerste en tweede span uitgehelp.

    Die Hoërskool Strand neem swaar afskeid van ʼn besonder veelsydige sportman.

    DELIA MEYER - Hectic biltong-trofee vir sportvrou van die jaar (individuele sport)

    Delia se hele menswees is ʼn toonbeeld van uiterse toewyding op leierskap-, akademiese, asook sportgebied. Sy maak tyd om by sport uit te kom ten spyte van ʼn uiters besige program en doen dit ook na die beste van haar vermoë.

    Delia het vanjaar in die o.18B- hokkiespan gespeel en op nasionale vlak aan atletiek in die moordende 5000m-stapitem deelgeneem.

    In die 1ste kwartaal van 2014 behaal sy die volgende prestasies: ʼn Goue medalje tydens die Interskole-byeenkoms, silwer by die Boland-kampioenskap, brons by die Wes-Kaap kampioenskap, asook ʼn brons medalje by die ASA Jeug- en Junior Kampioenskappe op Stellenbosch.

    Hierdie prestasies getuig van baie harde werk. Die skool is trots op hierdie knap sportvrou.

    DEON GERMISHUYS - Morkel-beker vir sportman van die jaar (individuele sport) Deon het al verskeie plaaslike gholftoernooie gewen en is ook vanjaar gekies om in die WP o.15 en o.17- span te speel.

    Hy is tweede op die o.15-ranglys in Suid-Afrika wat ʼn beloning is vir sy uiters goeie selfdissipline en die baie lang ure wat hy op die gholfbaan deurbring.

    Deon toon op ʼn vroeë ouderdom reeds baie belofte. Sy gesindheid teenoor die sport en die positiewe en ondersteunende houding teenoor sy spanmaats gaan hom nog ver bring.

    SPESIALE TOEKENNINGS

    BRITS & MATTHEE PROKUREURS/ATTORNEYS

  • 4Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid

    4Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid

    5

    Nuusbrief 10 31 Oktober 2014KULTUUR

    Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid5

    SPESIALE TOEKENNINGS VIR UITSONDERLIKE PRESTASIES IN 2014

    SAVANNAH KÄSNER - Thom Potgieter-beker vir sportvrou van die jaar (spansport)Savannah het elke jaar van o.14 tot o.17 in die Wes-Kaap netbalspan gespeel en was 3 jaar lank lid van die Hoërskool Strand se eerste netbalspan. In Februarie vanjaar is sy gekies vir die Suid-Afrikaanse Skole-netbalspan

    Die SASN-span het in April by die Wilde Klawer-toernooi in Kimberley meegeding en Savannah is as kaptein van hierdie span gekies. Tydens een van die wedstryde het sy ongelukkig ʼn ernstige kniebesering opgedoen. Dit het beteken dat sy na die toernooi geopereer is en dat sy nie verder vanjaar aan enige sport kon deelneem nie. Dit was ʼn groot hartseer, want ons almal wou haar in 2014 dophou, maar ons weet dat hierdie Arend nog hoë hoogtes op die netbalbaan gaan bereik.

    ELMO BARNARD - Tonie Potgieter-beker vir sportman van die jaar (spansport)

    Elmo speel reeds vanaf gr. 8 gholf vir die Hoërskool Strand. Hy het al verskeie plaaslike toernooie gewen en is ook vanjaar as lid van die WP o.19-span gekies. Elmo het ook goeie leierskap getoon deurdat hy as kaptein van die WP o.19-span gekies is.

    Hy het ʼn baie positiewe houding en is altyd bereid om uit te help waar hy kan. Sy goeie samewerking en sy hulp en ondersteuning aan die jonger spelers het veral beïndruk. Elmo pluk reeds jare lank die vrugte van gereelde en toegewyde oefening. Ons hou sy vordering in die toekoms met belangstelling dop.

    SCHALK BURGER - Sport suppliers-trofee vir sportpresteerder van die jaar, asook die Ster-toekenning vir beste prestasie in ʼn buitesportGedurende die Desembervakansie van 2013 het Schalk aan die jaarlikse Wes-Kaap kompetisie van die Kushengel-assosiasie deelgeneem. Tydens die kompetisie het hy ʼn rekordgrootte vis uitgetrek.

    Schalk het daarna die Wes-Kaapspan by die jaarlikse o.16 Nasionale Kushengelkampioenskap verteenwoordig. Hier het sy span het ʼn algehele tweede plek behaal.

    Daarna het hy Suid-Afrika as Springbok by die Kushengel Wêreld-kampioenskap in Frankryk verteenwoordig. Hier het hy ʼn silwer medalje losgehengel. Schalk én die o.16 SA-span het albei ʼn silwer toekenning verdien nadat hulle die knie slegs voor Frankryk moes buig.

    SPESIALE TOEKENNINGS

  • 6Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid

    6

    Nuusbrief 10 31 Oktober 2014PROMOSIEBLAD

    Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid77

    (021) 841-8600

    BRITS & MATTHEE PROKUREURS/ATTORNEYS

    REGSWENK:

    ʼn Digitaal bewuste testament sit uiteen wat na jou doodmet jou digitale teenwoordigheid gebeur.

    Daardeur kan jy ook iemand aanwys wat jou sosialemedia-blaaie, soos op Facebook, kan hanteer.

    Skakel ons by:

    021 852 3650 of Faks: 021 852 7232 of E-pos: [email protected]

    LEGAL ADVICE:

    Is your child being bullied at school ? LET US HELP !

    Contact us: Tel. 021 852 3650 or Fax. 021 852 7232 or

    e-mail: [email protected]

  • 6Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid

    6Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid

    7

    Nuusbrief 10 31 Oktober 2014KULTUUR

    Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid7

    ATKV-RADIKALE REDENAARSKOMPETISIE

    Ansela Burger (gr. 9) het aan die ATKV se Nasionale Radikale Redenaars- kompetisie deelgeneem en ʼn uitmuntende derde plek behaal.MUSIEK-EN-POËSIE AAND

    ʼn Baie bedrywige kultuurseisoen is op gepaste wyse met die musiek-en-poësie aand afgesluit.

    Die eisteddfoddeelnemers het deur woord en klank getoon waarom hulle met al die gesogte toekennings vereer is. Hennie Aucamp se Windharp, Antjie Krog se Omdat en George Weideman se Blommekykers is op vernuftige wyse deur Chopin se Valse, Bob Dylan se Make you feel my love en Händel se Largo afgewissel.

    KULTUURNUUS

  • Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid98

    Nuusbrief 10 31 Oktober 2014PROMOSIEBLAD

    Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid8 9

  • Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid9

    Nuusbrief 10 31 Oktober 2014AKTUEEL

    8Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid

    8 9

    AKTUELE NUUS

    MATRIEKAFSKEID

    Op Vrydag, 3 Oktober, het die graad 12-leerders hul skoolloopbaan op luisterryke wyse afgesluit. Uitgevat in deftige aanddrag het hulle soos wafferse rolprentsterre onder luide toejuiging van ouers en vriende met duur motors, yslike vragmotors, ambulanse en selfs ʼn winkel-trollie by die Lord Charles-hotel opgedaag.

    Geurige geregte en lewendige musiek het gesorg dat die meeste matrieks tot aan die einde van die aand vir oulaas heerlik saamgekuier het.

    Me. Petro Cloete en haar span verdien lof vir al die reëlings en fondsinsamelings om hierdie aand spesiaal te maak.

    HEMDEDAG

    Nog ʼn tradisie is op Donderdag, 16 Oktober, voltrek toe die matrieks met hul versierde skoolhemde vir oulaas skool toe gekom het.

    Boodskappe van voorspoed is deur vriende en personeellede op hul hemde verewig.

    Saam met die vreugde oor die vooruitsig van ʼn nuwe begin was daar egter ook die finale besef dat hulle nou die beskerming en jarelange roetine van die skoolopset groet.

    ARENDE-AAND

    Op Dinsdag, 14 Oktober, het die graad 8-kuikens uiteindelik volwaardige Arende geword.

    Elke graad 8-leerder wat genoegsame bewys kon lewer van hul betrokkenheid by skoolaktiwiteite het by hierdie geleentheid hul rooi

    kuikenknoop vir ʼn Arendbalkie verruil.

    SKOOLGELD VIR 2015Tydens die ouerbegrotingsvergadering op Woensdag, 29 Oktober, is die skoolgeld vir 2015 deur die ouers vasgestel.

    Die bedrag beloop R 16 000.00 per leerder per jaar. Dit is in 10 paaiemente van R 1 600.00 per leerder per maand vanaf 1 Februarie 2015 tot en met 1 November 2015 betaalbaar.

    Indien die volle bedrag voor 31 Januarie 2015 betaal word, kry u 10% korting en betaal dus net R 14 400.00 vir die jaar.

    Indien die volle bedrag voor of op 28 Februarie 2015 betaal word, kan u 8% korting kry, u betaal dan R 14 720.00 per leerder vir die jaar.

    Skoolgeldbriewe word op 31 Oktober aan die leerders uitgedeel, voltooi asseblief en stuur so spoedig moontlik terug skool toe.

  • Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid1110

    Nuusbrief 10 31 Oktober 2014AKTUEEL

    AKTUELE NUUSTI AMO-VERENIGING

    Die hoogtepunt op die Ti amo-kalender is beslis die kersboomprojek in die vierde kwartaal. Die kwartaal het met ʼn gewoel en gewerskaf in me. Hannelie van der Merwe se klas afgeskop. Almal het net een doel voor oë gehad en dit was om ʼn kerspakkie vir elkeen van die 185 inwoners van die Zandvliet-versorgingsoord te pak. Daar is geraap en geskraap om twee paar sokkies, onderklere, seep, malvalekkers, koekies en sjokolade in ʼn verrassingspakkie duisend toe te draai.

    Ons opregte dank ook aan Harriet Fowler en Jeanine Bredenkamp vir die skenking van 165 paar sokkies, dit word opreg waardeer.

    Die voorafbeplanning was een ding, maar die kersboom self was ʼn perd, of sal ons sê, ʼn kersvader van ʼn ander kleur. Met 60 leerders in ʼn bus kon ʼn mens die opwinding aanvoel. By Zandvliet was die inwoners ook al van vroeg af gereed vir die kerspartytjie. Die partytjie het begin met die Kersspel onder die ervare leiding van Marilene Blom en haar span. Met die sing van Stille nag was die atmosfeer tasbaar en stilweg het ʼn traan gerol, wat sommer vinnig met ʼn glimlag afgewissel is toe die inwoners met groot vreugde hul pakkies ontvang het.

    Hierdie middag sal nog lank in ons en die inwoners van die versorgingsoord se gedagtes bly talm. Dankie dat ons op elke Arend trots kan wees, nie net op wie hulle is nie, maar ook omdat hulle omgee.

    BLOEDSKENK

    Een maal per jaar besoek die WP-bloedoortappingsdiens Hoërskool Strand om ons senior leerders en personeel die geleentheid te gee om bloed te skenk. Vanjaar was geen uitsondering nie.

    Dit is ʼn geleentheid vir die WP-bloedoortappingsdiens om toekomstige skenkers te werf deur hulle aan die proses bekend te stel, asook om hulle bewus te maak van die belangrikheid daarvan.

    Op 14 Oktober het 52 leerders en personeellede bloed geskenk. Die goeie gedrag van die leerders het die besoekers veral opgeval.

    NOODHULPTOEKENNINGS

    Tydens ʼn spesiale toekenningsfunksie is die noodhulpleerders vir hul toewyding en diens vereer.Die volgende leerders het voldoen aan al die vereistes vir volkleure, nl. drie jaar aktiewe diens, meer as 70% behaal in die vlak 3-noodhulpeksamen en deelname aan die WP-noodhulpkompetisie: Sané Erasmus, Janeke Olivier, Mishka Steyn en Werlise Rautenbach.

    Die volgende leerders het spesiale toekennings ontvang:

    Van Dyk-wisseltrofee vir beste prestasie in die vlak 2-eksamen: Ankia Lloyd met 82%Lea Ter Haar-wisseltrofee vir beste prestasie in die vlak 3-eksamen: Mishka Steyn met 89%Ria Marais-wisseltrofee vir die meeste noodhulpdiens: Janeke Olivier (58 ure)Stephan Smith-wisseltrofee vir toewyding aan noodhulp: Janeke Olivier

    SKOOLGELD

    Ouers met uitstaande rekeninge word daaraan herinner dat alle skoolgeld voor die einde van November 2014 betaal moet wees. Reëlings op agterstallige rekeninge moet met me. Lorraine Verwey by finansies getref word om

    moontlike regstappe te voorkom.

  • Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid11

    Nuusbrief 10 31 Oktober 2014AKTUEEL

    10

    OUERBETROKKENHEIDSKOMITEE

    Tydens die OBK se jaarlikse damesoggend het die gaskunstenaar, Chris Chameleon, die gaste nie net met sy unieke stem vermaak nie, maar hulle ook verras met spesiale optredes deur Daniella Deysel, ʼn gebore Namibiër, en Sarel Fourie wat verdere luister aan die geleentheid verleen het.

    Die sjarmante seremoniemeester, mnr. Andries Louw, het die dames met geskenke wat deur die talle borge beskikbaar gestel is, bederf.

    Die OBK wil graag die volgende borge bedank vir hul ruim bydraes tot die damesoggend:

    Remax, JJ van Zyl Oogkundige, Abranda Kruger (Environ), Popular Mechanics-tydskrif, Fraai Juweliersware, Daphne Niemand (Acrylic Nails), Curves Somerset-Wes, Liesl Janse van Rensburg (Butsoft), Yvonne Collocott (Blonde@work), Marcelle Niemand, Jonathan Haman (BoJo Ice), Linda Swanepoel (Herbalife), Liana Lourens (Annique) en Christiaan Heyns (fotograaf).

    DIE SUIDOOSTER-SKOOLKOERANT

    Die skoolkoerantkursus wat deur Media24 se Wecan24-span aangebied is, het die redaksielede touwys gemaak in die skryf van koerantberigte, die neem van foto’s, die skep van interessante koppe, asook bladuitleg.

    Die leerders het die kursus baie insiggewend gevind en pret gehad in die uitvoer van die opdragte.

    GRAAD 11-VOETEDAG EN LENTEPIEKNIEK

    Op Dinsdag, 21Oktober, het Hoërskool Strand se graad 11’s die skool binnegevaar met versierde bene en voete om hul eerste dag as die amptelike seniors van die skool te vier.

    Almal het moeite gedoen om hulle opgewondenheid en trots rondom hierdie spesiale gebeurtenis uit te straal. Daar was van patrone, tot slagspreuke, M15-logos, tot selfs animasiekarakters op die vele bene sigbaar.

    Om alles te kroon het 2015 se matrieks ʼn nuwe tradisie ingelui deur die amptelike ingebruikneming van die matrieklokaal.

    Na skool is die seniors deur die leerderraad met die tradisionele lentepiekniek bederf.

    AKTUELE NUUS

  • 12

    Nuusbrief 10 31 Oktober 2014SPORT

    Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid13

    ATLETIEK

    TOP 10-BYEENKOMS: BREDASDORP

    Hoërskool Strand se atlete het Vrydag en Saterdag aan die Top 10-byeenkoms op Bredasdorp deelgeneem – ʼn byeenkoms wat 38 deelnemende skole ingesluit het. Ons atlete het ʼn skitterende12 medaljes in hierdie baie sterk kompetisie verower en op die ou einde 9de in die kategorie vir groot skole geëindig.

    Die volgende atlete het besonder goed presteer:

    • Mercia Oosthuizen – silwer medaljes vir D.15 90m hekkies en 200m, asook ʼn brons medalje vir die 100m.• Clarise Lerm – ʼn silwer medalje vir D.15 hamergooi.• Shannon Vermeulen – ʼn goue medalje vir D.17 200m en ʼn brons medalje vir die 100m.• Cherizé Steyn – ʼn silwer medalje vir D.17 200m.• Zaid Williams - goud vir S.17 800m en silwer medaljes vir 1500m en 400m.• Christiaan de Wet – ʼn brons medalje vir S.14 hoogspring.• Henrico Janse van Rensburg – ʼn brons medalje vir S.15 spiesgooi.

    TOP 10-BYEENKOMS: HOËRSKOOL DIRKIE UYS, MOORREESBURG

    Hoërskool Strand het op Saterdag 25 Oktober aan die baie bekende Top 10-byeenkoms van Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg deelgeneem. In die baie sterk kompetisie waaraan 27 skole deelgeneem het, het ons atlete die vyfde plek behaal – met Hoër Jongenskool eerste,Brackenfell tweede, Outeniqua derde en Drostdy vierde.

    Atlete wat besonder goed presteer het, was die volgende:

    EERSTE PLEKKE: Mercia Oosthuizen (D.15 100m en 90m hekkies), Delia Meyer (D.17 3 000m stap), Zaid Williams (S.17 800m en S.17 400m) en Caleigh Stuart (D.15 hoogspring).

    TWEEDE PLEKKE: Mercia Oosthuizen (D.17 200m), Shannon Vermeulen (D.16 100m), Clarise Lerm (D.15 hamergooi), Shannon Vermeulen (D.16 200m), Thabo Nthuthu (S.16 5000m stap), Simoné Rossouw (D.16 driesprong), Joshua Kloosman (S.14 hoogspring), Michelle Krügel (D.17 spiesgooi) enJan-Louis de Bruijn (S.16 spiesgooi).

    DERDE PLEKKE: Misha Erasmus (D.16 100m, D.16 200m en D.16 400m), Henrico Janse van Rensburg (S.15 hamergooi), Michelle Laas (D.17 hamergooi), Melisa Kruger (D.16 100m hekkies), Ananri de Graaff (D.17 spiesgooi), Henri Blignaut (S.16 1500m), Adrian Bester (S.16 diskusgooi) en Joshua Kloosman (S.14 1500m).

    Mercia Oosthuizen se 12,27 sekondes bring mee dat sy saam met ʼn atleet van Outeniqua as die beste meisiesatleet van die dag aangewys is – met 941 punte op die APE-tabel.

    GHOLF

    Elmo Barnard is gekies vir die WP o.19 gholfspan en ook aangewys as kaptein van hierdie span. Deon Germishuys is gekies vir beide die WP o.15, asook die WP o.17 span.

    Danelle en Leoné van der Westhuizen is in die Boland meisiespan opgeneem wat aan die Nomads SA-meisiekampioenskap gaan deelneem het.

    SPORTNUUS

  • 12Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid

    13

    Nuusbrief 9 3 Oktober 2014SPORT

    Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid

    ATLETIEK - INTERSKOLE 2015

    Dit mag dalk ondenkbaar voorkom, maar die reëlings vir die Somerinterskole 2015 is reeds volstoom aan die gang! Aangesien Hoërskool Strand vir twee agtereenvolgende jare die atletiekbeker verower het, moet ons vroegtydig alles in ons vermoë doen om hierdie status volgende jaar te behou. Die vermoede is dat Parel Vallei alles in hul vermoë sal doen om die bordjies te verhang.

    Met die oog hierop wil ons alle voornemende en potensiële Interskole-atlete van 2015 versoek om BETYDS iets aan hul fiksheid te begin doen. Maak ʼn punt daarvan om deur die eksamentyd en die vakansie vir ten minste 45 minute per dag intensief te oefen sodat die nuwe jaar se atletiekoefeninge reeds op ʼn hoogtepunt kan begin.

    Onthou, die kwartaal begin ʼn week later as in 2014, so die tyd vir voorberei vir die groot byeenkoms is besonder min. Begin NOU reeds dink aan die items waaraan jy wil deelneem, sodat die eerste dag se inskrywings so glad as moontlik verloop.

    Atlete aan wie ons ʼn groot behoefte het, is hekkiesatlete, driesprongatlete en FIKSE middel- en langafstand-atlete. Berei dus betyds voor en verseker vir jou ʼn veilige plek in die Interskole-span van 2015.

    KRIEKETTOER NA DIE SUID-KAAP

    Die eerste krieketspan is vir die derde agtereenvolgende jaar na Hoërskool Punt se KFC- krieketfees in Mosselbaai genooi. Dit word as die grootste kriekettoernooi in Afrika beskou.Alhoewel die Strand die onderspit teen HS Outeniqua en Oakhill College gedelf het, het hierdie jong span getoon dat hulle oor baie veggees en deursettingsvermoë beskik. Om 143 en 140/7 onderskeidelik teen sulke gedugte teenstanders aan te teken wil gedoen wees.

    Die wedstryd teen HS Oudtshoorn is op dramatiese wyse met 7 lopies deur die Strand gewen. Die Strand het in die bloedige hitte van 39 grade ʼn baie goeie 184/5 aangeteken, waarna Oudtshoorn, met provinsiale spelers in hul span, vir 177 uitgeboul is.

    Peter de Klerk het ʼn uitstekende 67 lopies aangeteken en vyf paaltjies vir 29 lopies platgetrek. Marnes Gouws, normaalweg ʼn uitstekende aanvangskolwer, het 4 paaltjies vir 32 lopies geneem. ʼn Mens wonder of hy nie dalk die volgende Jacques Kallis gaan wees nie.

    Strand se nuwe afrigter, mnr. Ruan Serfontein, is werklik besig om wondere met hierdie jong span (met sy vier graad 8-spelers) te verrig.

    ʼn Mens durf ook nie nalaat om te meld dat die dinamiese krieketouers onder leiding van mnr. Jurie Gouws besig is om krieket in die skool ʼn nuwe opwindende baadjie aan te trek nie.

    WYNVEILING

    Op Dinsdag, 21 Oktober, het die krieketouers, onder leiding van mnr. Jurie Gouws, ʼn baie geslaagde wynproe en wynveiling op die landgoed Longridge buite Somerset-Wes aangebied.

    Dit was in alle opsigte ʼn stylvolle funksie wat diegene wat die aand saam met die krieketmense deurgebring het, baie beïndruk het. Die paar wynstalletjies, soos byvoorbeeld Hofstraat, Stoney, Craft, Definitum en Hatherbage het die gaste se harte gesteel. Die drankie wat almal verras het, was die Oranjerivierkelder se Rooi Muskadel saam met suurlemoen. Wat ʼn aangename ontdekking.

    ʼn Mens wil glo dat die weg nou gebaan is om in die toekoms soortgelyke funksies aan te bied.

    SPORTNUUS

  • 14Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid

    14

    Nuusbrief 10 31 Oktober 2014SPORT

    Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid1515

    BUITESPORTBOOGSKIET

    AJ Groenewald en Wian Fourie het aan die WP-veldskiet kampioenskap deelgeneem. Albei leerders het uitstekend gevaar deur die eerste plek in hul onderskeie afdelings te behaal.

    STOEI

    Johan Eybers het aan die SA-kadette kampioenskap deelgeneem. Tydens hierdie kampioenskap het hy 2 goue medaljes verwerf.

    Ruan Erasmus, Phillip en Quinton Cronje het aan die SA Jeug-kampioenskap deelgeneem. Hulle het gemengde welslae behaal, maar was deurgaans ware ambassadeurs vir hul skool.

    AKSIENETBAL

    Brodi van Zyl, Jandré Koekemoer en Tiaan Botes het die naweek van 28 April - 3 Mei as lede van die Bolandspan aan die jaarlikse Provinsiale Toernooi vir gemengde spanne deelgeneem.

    LYFPLANKROEI

    Dylan Latsky het gedurende die Oktobervakansie aan die SA- lyfplankkampioenskap deelgeneem. Hy het ʼn 21ste plek in sy ouderdomsgroep behaal.

    PERDRY

    Amke Brits het as lid van die WP-span ʼn goue medalje vir “Performance Riding” tydens die SANESA Nasionale kampioenskap gewen en is sodoende as die nasionale kampioen in hierdie dissipline aangewys.

    Sy het ook merkwaardige prestasies in die ander dissiplines behaal deur elke keer onder die top 20 ruiters te eindig.

    GIMNASTIEK

    Charlize Theron het van 6-12 Oktober as lid van die WP-span aan die SA Gimnastiek Spele deel te neem.

    BRANDERPLANKRY

    Milan van Rhyn het aan die SA Branderplankry-kampioenskap in Jeffreysbaai deelgeneem. Milan het hom uitstekend van sy taak gekwyt deur elfde uit 121 ryers te eindig.

    GEWIGOPTEL

    Reinhardt Bernardo het by die SA Gewigoptel-kampioenskap in die junior afdeling eerste en in die senior afdeling vyfde geëindig. Hy het in totaal ʼn allemintige 209 kg opgetel, ten spyte van ʼn ernstige besering.

    SPORTNUUS

  • 14Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid

    14Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid

    15

    Nuusbrief 10 31 Oktober 2014PROMOSIEBLAD

    Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid15