GEAGTE OUERS DAGBOEK€¦ · 2019-08-07  · onderskeidelik teen KHS en Wesvalia Die eerstespan...

5
“Dis ʼn FEES om ʼn GIMMIE te wees!” GEAGTE OUERS Baie sterkte vir die matrieks met die rekordeksamen. Hulle moet hard werk, dit is net tot hulle eie voordeel. Tydens die ouervergadering van 16 Julie het prof. Fika van Rensburg die ouers toegespreek oor die Bult CID-veiligheidsprojek. Ons Beheerliggaam het ’n besluit geneem dat ons deelneem aan dié projek. Dit behels instandhouding van die sypaadjies en verwydering van rommel om die skool. Die groot pluspunt is egter 24-uur monitering van die strate om die skool. Die koste vir die res van die jaar beloop R150 per leerder. Dit sal op u volgende skoolfondsstaat gehef word. Ons versoek u baie vriendelik om die betaling te maak aangesien die skool en leerders baie baat hierby vind. Die projek het gedurende die jaar afgeskop, so ons kon nie daarvoor beplan en begroot nie. Veiligheid is ons almal se verantwoordelikheid en hierdie projek is in die beste belang van die skool en die leerders. Aangesien dit nie deel van die goedgekeurde begroting is nie, is dit nie wetlik afdwingbaar nie, maar ons maak nogtans staat op ons ouers se samewerking in die verband. Ouers wat sms’e in verband met detensie ontvang, moet asseblief die skrywe by u kind kry sodat u u kind se vervoerreëlings kan tref. Die skool sluit môre om 12:30. Daar sal wel voldoende toesig tot 13:00 wees vir ouers wat nie hulle kinders dadelik kan kom haal nie. Gimmie-groete RA Oosthuizen 7 Augustus 2019 Webtuiste: www.gimmies.co.za Uitgawe: 25 Dinsdag 13 Augustus Kultuurweek: Klassieke aand Woensdag 14 Augustus Muurbal: Potchefstroom-skoleliga Vergadering: Infrastruktuur Gimmieraadopleiding (18:00 20:00) Donderdag 15 Augustus Vergadering: Finansiële komitee Vrydag 16 Augustus ATKV-Tienertoneelfees (Ouditorium - 19:00) Pa-en-dogterfunksie Saterdag 17 Augustus Toneelkompetisie Krieket: NW-liga Landloop: ACNW Championship Sondag 18 Augustus Gholf: NW A, B en o/15 vs Vaaldriehoek DAGBOEK Saterdagaand se krieketfunksie vir fonds- insameling was ‘n reusesukses. ‘n Hartlike dankie aan die betrokke personeel, veral mnr. Wian Lubbe, wat bygedra het tot dié suksesvolle aand. Dankie ook aan Pieter Möller wat die gaste vermaak het en Pat Symcox wat sy jarelange krieketkennis gedeel het. KRIEKET

Transcript of GEAGTE OUERS DAGBOEK€¦ · 2019-08-07  · onderskeidelik teen KHS en Wesvalia Die eerstespan...

Page 1: GEAGTE OUERS DAGBOEK€¦ · 2019-08-07  · onderskeidelik teen KHS en Wesvalia Die eerstespan speel môre om 11:00 by die Ashto Danielle Verster Dit is 'n uitsonderlike prestasie.

“Dis ʼn FEES om ʼn GIMMIE te wees!”

GEAGTE OUERS Baie sterkte vir die matrieks met die

rekordeksamen. Hulle moet hard werk, dit is net

tot hulle eie voordeel.

Tydens die ouervergadering van 16 Julie het

prof. Fika van Rensburg die ouers toegespreek

oor die Bult CID-veiligheidsprojek. Ons

Beheerliggaam het ’n besluit geneem dat ons

deelneem aan dié projek. Dit behels

instandhouding van die sypaadjies en

verwydering van rommel om die skool. Die groot

pluspunt is egter 24-uur monitering van die

strate om die skool. Die koste vir die res van die

jaar beloop R150 per leerder. Dit sal op u

volgende skoolfondsstaat gehef word. Ons

versoek u baie vriendelik om die betaling te

maak aangesien die skool en leerders baie baat

hierby vind. Die projek het gedurende die jaar

afgeskop, so ons kon nie daarvoor beplan en

begroot nie. Veiligheid is ons almal se

verantwoordelikheid en hierdie projek is in die

beste belang van die skool en die leerders.

Aangesien dit nie deel van die goedgekeurde

begroting is nie, is dit nie wetlik afdwingbaar nie,

maar ons maak nogtans staat op ons ouers se

samewerking in die verband.

Ouers wat sms’e in verband met detensie

ontvang, moet asseblief die skrywe by u kind kry

sodat u u kind se vervoerreëlings kan tref.

Die skool sluit môre om 12:30. Daar sal wel

voldoende toesig tot 13:00 wees vir ouers wat

nie hulle kinders dadelik kan kom haal nie.

Gimmie-groete

RA Oosthuizen

7 Augustus 2019

Webtuiste: www.gimmies.co.za Uitgawe: 25

Dinsdag 13 Augustus

Kultuurweek: Klassieke aand

Woensdag 14 Augustus

Muurbal: Potchefstroom-skoleliga

Vergadering: Infrastruktuur

Gimmieraadopleiding (18:00 – 20:00)

Donderdag 15 Augustus

Vergadering: Finansiële komitee

Vrydag 16 Augustus

ATKV-Tienertoneelfees (Ouditorium - 19:00)

Pa-en-dogterfunksie

Saterdag 17 Augustus

Toneelkompetisie

Krieket: NW-liga

Landloop: ACNW Championship

Sondag 18 Augustus

Gholf: NW A, B en o/15 vs Vaaldriehoek

DAGBOEK

Saterdagaand se krieketfunksie vir fonds-

insameling was ‘n reusesukses. ‘n Hartlike

dankie aan die betrokke personeel, veral mnr.

Wian Lubbe, wat bygedra het tot dié

suksesvolle aand.

Dankie ook aan Pieter Möller wat die gaste

vermaak het en Pat Symcox wat sy jarelange

krieketkennis gedeel het.

KRIEKET

Page 2: GEAGTE OUERS DAGBOEK€¦ · 2019-08-07  · onderskeidelik teen KHS en Wesvalia Die eerstespan speel môre om 11:00 by die Ashto Danielle Verster Dit is 'n uitsonderlike prestasie.

“Dis ʼn FEES om ʼn GIMMIE te wees!”

Die tweede dogterstennisspan en die sesde

seunstennisspan het in die finaal

onderskeidelik teen KHS en Wesvalia

verloor. Die seuns het tot die einde toe

Gimmie-guts gewys, maar 5-3 verloor.

Geluk, ons is steeds trots op julle.

TENNIS

Die volgende atlete het baie goed presteer

by die byeenkoms by Potch Dam.

o/14 Seuns

Rico Leijenaar (1ste)

Ryno Schutte (4de)

o/14 Dogters

Ilane Herbst (2de)

Anika Rossouw (10de)

o/15 Seuns

Ashton Diedericks (3de)

o/16 Seuns

Gerrit De Kock (9de)

o/16 Dogters

Danielle Verster (1ste)

Sunel Smit (7de)

o/17 Seuns

Henrico Badenhorst (11de)

o/17 Dogters

Leonore Lubbe (1ste)

Senior Seuns

Abrie Kruger (4de)

LANDLOOP

Reuben Smit en Philip Human het die

naweek aan die finaal van die ATKV-

redenaarskompetisie in die Kaap deel-

geneem.

Dit is 'n uitsonderlike prestasie. Baie geluk,

ons is baie trots op julle.

REDENAARS

Baie sterkte aan die o/14A-, o/16A- en

eerste dogtershokkiespanne wat van môre af

aan Noordvaal deelneem.

Gee net jul beste! Ons weet dat julle goed

voorbereid is en dat Gimmie-guts sal

seëvier.

Die eerstespan speel môre om 11:00 by die

NWU-astro teen Waterkloof en 17:00 teen

Monument. Vrydag om 11:00 speel hulle

teen Ermelo.

HOKKIE

Page 3: GEAGTE OUERS DAGBOEK€¦ · 2019-08-07  · onderskeidelik teen KHS en Wesvalia Die eerstespan speel môre om 11:00 by die Ashto Danielle Verster Dit is 'n uitsonderlike prestasie.

“Dis ʼn FEES om ʼn GIMMIE te wees!”

Baie geluk aan die Gimmie-fietsryers wat

tydens die Spur Schools Mountain bike

League puik presteer het. Ons is trots op

julle.

o/14

Ernie Roets, 1ste

Paul Viljoen, 19de

o/16

Marco Taljaard, 8ste

Pieter van der Walt, 57ste

o/18 (dogters en seuns)

Joné van Eeden, 1ste

Natasha Roets, 2de

Meyer Leeb, 6de

FIETSRY

Baie dankie aan IMPACT wat gister die

graad 10-besigheidstudieleerders aan die

SNAP-Besigheid-simulasie-uitdaging laat

deelneem het. Die vier groepe het elkeen ’n

scenario ontvang waar hulle die besigheid

van bankrot tot winsgewend moes lei.

Die wenspan het elkeen ’n boek van die

bekende entrepreneur, Marnus Broodryk,

ontvang.

SNAP-BESIGHEIDSIMULASIE

X-port Capital-International Investment

Corporation gee erkenning aan leerders in

gr. 9 en 11 wat die hoogste gemiddeld

behaal het in EBW, Rekeningkunde en

Wiskunde gekombineer. Elke leerder

ontvang ʼn trofeë en kontantprys.

Baie dankie aan X-port Capital vir die

toekennings aan die leerders. Indien die

leerders belangstel, kan hul inligting op die

organisasie se databasis geplaas word, waar

hulle in aanmerking kan kom vir toekomstige

beurse/studielenings.

ALGEMEEN

Die kultuurweek het op ’n hoogtepunt

afgeskop met die toneel wat eerste opgetree

het. Elke akteur en aktrise het die gehoor

met hul karakters en uitmuntende spel

verbaas!

Die twee produksies, Die Lewe Tussen Blaai

en Die Donkerkamer, is ook deur Armand

Britz van Op Die Planke-Toneelfees

beoordeel. Beide die produksies het ’n A+

verwerf. Die twee produksies kwalifiseer ook

vir die finaal. Geluk, julle!

Op Vrydag, 16 Augustus neem die twee

toneelgeselskappe aan die ATKV-

Tienertoneelkompetisie, wat in die Sanlam

Ouditorium plaasvind, deel. Toegang is

gratis en dit begin om 17:00.

TONEEL

Page 4: GEAGTE OUERS DAGBOEK€¦ · 2019-08-07  · onderskeidelik teen KHS en Wesvalia Die eerstespan speel môre om 11:00 by die Ashto Danielle Verster Dit is 'n uitsonderlike prestasie.

“Dis ʼn FEES om ʼn GIMMIE te wees!”

Baie dankie aan die onderwysers en eerste krieketspan wat gesorg het vir ’n pretvolle

Vrydagmiddag. Dit is goed om te sien dat van die onnies nog die seuns ’n ding of twee kan

wys.

KRIEKET; ONNIES VS EERSTESPAN

Page 5: GEAGTE OUERS DAGBOEK€¦ · 2019-08-07  · onderskeidelik teen KHS en Wesvalia Die eerstespan speel môre om 11:00 by die Ashto Danielle Verster Dit is 'n uitsonderlike prestasie.

“Dis ʼn FEES om ʼn GIMMIE te wees!”

Kaartjies kan ook gekoop word by juf. Mariëtte van Vuuren

by [email protected].