GTA-HT-Apr '09-Afd A-LB -...

21
AFRIKAANS HUISTAAL: LEERDERBOEK 1 AFRIKAANS HUISTAAL Gemeenskaplike Take vir Assessering (GTA) Graad 9 2009 LEERDERBOEK: Afdeling A Tyd: 5 uur Punte: 120 Bladsye: 21

Transcript of GTA-HT-Apr '09-Afd A-LB -...

Page 1: GTA-HT-Apr '09-Afd A-LB - edulis.pgwc.gov.zaedulis.pgwc.gov.za/.../microsoft_word_-_gta-ht-apr_09-afd_a-lb.pdf · Kode Skaal Punte (%) 7 Uitsonderlike prestasie 80 – 100 6 Lofwaardige

AFRIKAANS HUISTAAL: LEERDERBOEK 1

AFRIKAANS HUISTAAL

Gemeenskaplike Take vir Assessering (GTA)

Graad 9

2009

LEERDERBOEK: Afdeling A

���� Tyd: 5 uur

���� Punte: 120

���� Bladsye: 21

Page 2: GTA-HT-Apr '09-Afd A-LB - edulis.pgwc.gov.zaedulis.pgwc.gov.za/.../microsoft_word_-_gta-ht-apr_09-afd_a-lb.pdf · Kode Skaal Punte (%) 7 Uitsonderlike prestasie 80 – 100 6 Lofwaardige

AFRIKAANS HUISTAAL: LEERDERBOEK 2

INHOUD

OPSOMMING: AFRIKAANS HUISTAAL

Inhoud LU’s Tyd (min)

Punte Bladsy

TAAK 1: KONTEKSTUALISERING LU 1 2 & 5 70 20 4

Aktiwiteit 1.1 Luisterbegrip 30 10 4

Aktiwiteit 1.2 Groepbesprekings 40 10 5

TAAK 2: RESPONS OP TEKS LU 3, 5 & 6 60 40 7

Aktiwiteit 2.1 2.1 Taal,Begrip en Poësie 7

TAAK 3: GESPROKE TAAL LU 2 60 20 13

Aktiwiteit 3.1 3.1 Voorbereide Toespraak 13

TAAK 4: SKRYFWERK LU 4, 5 & 6 110 40 14

Aktiwiteit 4.1 4.1 Skryf van artikel 14

Addendum Die aanhef van die Grondwet.

Bepalings oor kinders in die Grondwet.

17

Rubriek: Taak 3 18

Rubriek: Taak 4 20

Page 3: GTA-HT-Apr '09-Afd A-LB - edulis.pgwc.gov.zaedulis.pgwc.gov.za/.../microsoft_word_-_gta-ht-apr_09-afd_a-lb.pdf · Kode Skaal Punte (%) 7 Uitsonderlike prestasie 80 – 100 6 Lofwaardige

AFRIKAANS HUISTAAL: LEERDERBOEK 3

Inleiding

Nota aan leerder:

Die GTA vir Afrikaans Huistaal bestaan uit Afdeling A en Afdeling B, wat later

geskryf sal word. Hierdie is Afdeling A.

Afdeling A:

• Afdeling A bestaan uit 'n verskeidenheid mondelinge, luister-, lees- en

skryftake.

• Hierdie afdeling moet binne 5 uur afgehandel word. Dit kan oor ’n aantal

dae gedoen word óf as een eenheid afgehandel word.

• Hierdie Gemeenskaplike Take vir Assessering vir Graad 9 bestaan uit

VIER take. Hierdie aktiwiteite is opgestel met die doel om jou te help om

die leeruitkomste en assesseringstandaarde in die leerarea ‘Afrikaans

Huistaal’ te bereik.

• Beantwoord Afdeling A in jou oefeningboek of soos jou onderwyser(es)

van jou verwag.

• Sommige aktiwiteite sal jy selfstandig doen, terwyl ander in groepe of

saam met ’n maat gedoen sal word. Jy mag hulp vra, maar jy moet jou

antwoorde kan staaf. Vir sommige aktiwiteite mag jy woordeboeke

gebruik.

Afdeling B:

• Jy sal 2 uur hê om hierdie afdeling te voltooi.

• Jy sal Afdeling B onder gekontroleerde omstandighede (sonder enige

hulp) voltooi.

Page 4: GTA-HT-Apr '09-Afd A-LB - edulis.pgwc.gov.zaedulis.pgwc.gov.za/.../microsoft_word_-_gta-ht-apr_09-afd_a-lb.pdf · Kode Skaal Punte (%) 7 Uitsonderlike prestasie 80 – 100 6 Lofwaardige

AFRIKAANS HUISTAAL: LEERDERBOEK 4

DOEL VAN DIE AKTIWITEIT

Gedurende hierdie aktiwiteit sal julle

• vrae beantwoord oor ’n teks wat vir julle voorgelees word.

• skriftelik bewys dat jy verstaan wat jy hoor.

• gesels oor menseregte.

• jul sienswyse oor sekere regte wat in die grondwet vervat is, met jul maats te deel.

• geassesseer word op grond van julle groepdeelname.

• aantekeninge maak tydens groepbesprekings.

Aktiwiteit 1.1: Luisterbegrip

INSTRUKSIES

• Volg die onderwyser(es) se instruksies.

Assessering

Die luisterbegrip sal met behulp van ‘n nasienmemorandum geassesseer word.

KONTEKSTUALISERING TAAK 1

Tyd: 30 min � Punte: 10 ����

Individuele werk

Page 5: GTA-HT-Apr '09-Afd A-LB - edulis.pgwc.gov.zaedulis.pgwc.gov.za/.../microsoft_word_-_gta-ht-apr_09-afd_a-lb.pdf · Kode Skaal Punte (%) 7 Uitsonderlike prestasie 80 – 100 6 Lofwaardige

AFRIKAANS HUISTAAL: LEERDERBOEK 5

Aktiwiteit 1.2: Groepbespreking

Inleiding

In ’n demokratiese omgewing/opset/bestel word sekere vryhede gewaarborg. In ons grondwet word menseregte vooropgestel. Moenie vergeet dat alle regte met verantwoordelikhede gepaard gaan nie.

Menseregte is nie iets wat jy hoef te verdien nie. Dit is die regte waarop jy mag aanspraak maak omdat jy ’n mens is. Niemand mag dit van jou wegneem nie.

INSTRUKSIES:

• Lees die aanhef van die grondwet op bladsy 17 saam met jou onderwyser/es.

• Lees die onderstaande regte saam met jou groep.

Ons Suid-Afrikaanse Grondwet beskerm die volgende:

o Ons reg om te lewe.

o Ons reg op waardigheid.

o Ons reg op gelykheid. (Daar mag nie op grond van ras, kleur, geslag, geloof, taal en

kultuur teen ons gediskrimineer word nie.)

o Ons reg op die bevrediging van ons basiese behoeftes. (Basiese behoeftes is byvoorbeeld

kos, skuiling en mediese sorg.)

o Ons reg op vryheid van spraak.

o Ons reg op onderwys.

o Ons reg om enige geloof te beoefen, om die kultuur van ons keuse te beoefen en om die

taal van ons keuse te praat.

o Ons reg op ’n omgewing wat nie skadelik vir ons gesondheid is nie.

o Ons reg op die beskerming van die omgewing.

• Bespreek die verskillende regte wat hier genoem is. Beantwoord die volgende vrae tydens julle bespreking:

o Wat word met elke reg bedoel?

o Word elke Suid-Afrikaner se menseregte gerespekteer? Bespreek voorbeelde waar dit nié gerespekeer word nie.

o Wat is ons verantwoordelikheid ten opsigte van die verskillende regte?

• Neem deel aan die besprekings aangesien jy op grond daarvan beoordeel sal word. Maak aantekeninge van wat julle in die groep bespreek.

• Onthou dat julle elkeen verskillende standpunte mag hê. Respekteer dit.

Tyd: 40 min � Punte: 10 ����

Groepwerk

Page 6: GTA-HT-Apr '09-Afd A-LB - edulis.pgwc.gov.zaedulis.pgwc.gov.za/.../microsoft_word_-_gta-ht-apr_09-afd_a-lb.pdf · Kode Skaal Punte (%) 7 Uitsonderlike prestasie 80 – 100 6 Lofwaardige

AFRIKAANS HUISTAAL: LEERDERBOEK 6

Assessering:

Die groepbespreking sal met behulp van die volgende skaal geassesseer word:

Assessering: Groepbespreking Naam: Punt:

Kriteria en vlakke 7

Puik

6 Baie goed

5 Goed

4 Bevredi-

gend

3 Redelik

2 Gewoon

1 Saai

Lewer sinvolle bydrae tot groepbespreking. Praat duidelik en gemaklik.

Fokus op die onderwerp. Beantwoord ander se vrae en stel self vrae wanneer inligting benodig word.

Wag beurt af sodat ander ook kon praat. Moedig ander aan om deel te neem.

Respekteer ander se menings/idees.

Luister noukeurig en bedagsaam na ander.

Punte 9-10 8 7 6 5 4 0-3

Puntetoekenning: Totaal ÷ 5 = Punt uit 10

Kode Skaal Punte (%)

7 Uitsonderlike prestasie 80 – 100

6 Lofwaardige prestasie 70 – 79

5 Beduidende prestasie 60 – 69

4 Redelike prestasie 50 – 59

3 Bevredigende prestasie 40 – 49

2 Elementêre prestasie 30 – 39

1 Nie behaal nie 0 – 29

Page 7: GTA-HT-Apr '09-Afd A-LB - edulis.pgwc.gov.zaedulis.pgwc.gov.za/.../microsoft_word_-_gta-ht-apr_09-afd_a-lb.pdf · Kode Skaal Punte (%) 7 Uitsonderlike prestasie 80 – 100 6 Lofwaardige

AFRIKAANS HUISTAAL: LEERDERBOEK 7

DOEL VAN DIE AKTIWITEIT

Gedurende hierdie aktiwiteit sal jy

• skriftelik bewys dat jy verstaan wat jy lees.

• vrae oor ’n gedig beantwoord.

• wys dat jy taal gepas kan gebruik.

Aktiwiteit 2.1: Begriplees, Taal en Poësie

INSTRUKSIES

• Bestudeer die tekste noukeurig en beantwoord dan die vrae.

VRAAG 1 Teks 1: Koerantberig

Die volgende vrae is gebaseer op die koerantberig op bladsy 9.

1.1 Kies die korrekte moontlikheid.

" ... sonder 'n heenkome ..." beteken die persoon ...

• besit nie sy eie huis nie

• het nie geld of blyplek nie

• het nie werk nie

• het nie geld nie. (1)

1.2 Gee een woord uit par.2 waaruit ons kan aflei dat een van Jannie se ouers dalk ook aan spierdistrofie gely het. (1)

1.3 Lees die tweede sin in paragraaf 4: “As hulle die stoel sien, dink hulle jy is ook verstandelik aangetas," het hy gesê.

Is dit ’n feit of ’n mening? Verduidelik jou antwoord. (2)

Tyd: 60 min � Punte: 40 ����

Individuele werk

TAAK 2 RESPONS OP TEKS

Page 8: GTA-HT-Apr '09-Afd A-LB - edulis.pgwc.gov.zaedulis.pgwc.gov.za/.../microsoft_word_-_gta-ht-apr_09-afd_a-lb.pdf · Kode Skaal Punte (%) 7 Uitsonderlike prestasie 80 – 100 6 Lofwaardige

AFRIKAANS HUISTAAL: LEERDERBOEK 8

1.4 Sê telkens of die volgende stellings waar of onwaar is en motiveer telkens jou antwoord.

1.4.1 Jannie se toestand versleg hoe ouer hy word. (2)

1.4.2 Jannie is gelukkig dat hy ’n baie goeie pa het. (2)

1.5 Watter begeerte het Jannie en die meeste ander gestremdes? (1)

1.6 Noem drie goed wat hy al gedoen het om te probeer werk kry. (3)

1.7 Watter twee lewensvaardighede het Jannie in die kinderhuis geleer? (2)

1.8 Jannie is nie iemand wat maklik vir homself jammer voel nie. Hoe weet ons dit? (1)

1.9 Waarvoor staan die afkorting mnr.? (1)

1.10 Gee ’n antoniem (teenoorgestelde) vir “terugslae” (paragraaf 10). (1)

1.11 Die woord “raak” in paragraaf 12 het minstens twee homonieme. Maak ’n sin waarin jy een van die homonieme gebruik. (1)

1.12 Gee die korrekte intensiewe vorm van die woorde tussen hakies. Skryf net die letters a – c met die woorde langsaan. Jannie is a(baie arm) en kan nie lekkernye b(kos) nie. Al is hy ’n harde

c(werk), kry hy nie werk nie. (3)

1.13 Verander die volgende sin in ’n vraagsin. Hy is sedert 1994 in ’n rolstoel. (1)

1.14 Die terugslae het nie sy lus vir avontuur geknou nie. (paragraaf 10) Skryf nou hierdie sin in die lydende vorm. Begin die sin as volg: Sy lus vir avontuur... .” (1)

1.15 Verbind die volgende twee sinne met gevolglik.

Jannie kon nog nie ’n werk kry nie.

Jannie is van sy vriende afhanklik. (1)

1.16 “Ek raak baie gefrustreerd.” (paragraaf 12) Skryf dié woorde van Jannie oor in die indirekte rede. (1)

[25]

Page 9: GTA-HT-Apr '09-Afd A-LB - edulis.pgwc.gov.zaedulis.pgwc.gov.za/.../microsoft_word_-_gta-ht-apr_09-afd_a-lb.pdf · Kode Skaal Punte (%) 7 Uitsonderlike prestasie 80 – 100 6 Lofwaardige

AFRIKAANS HUISTAAL: LEERDERBOEK 9

TEKS 1: Koerantberig

“Ek is ook mens,” sê dapper goud-wenner in rolstoel.

1. Skaars 'n maand nadat hy 'n goue medalje in die Suid-Afrikaanse Millenium-

kampioenskappe losgeslaan het, sit mnr. Jannie Pieterse (25) van Benoni sonder

heenkome.

2. Sonder werk en met slegs 'n staatstoelae van sowat R500 per maand, lyk die toekoms

nie blink nie. Pieterse het oorerflike spierdistrofie, 'n siekte wat progressief erger

word. Hy is sedert 1994 in 'n rolstoel.

3. Soos baie ander gestremdes wil hy net regverdig behandel word.

4. "Mense kyk na jou, maar hulle kyk vas in die rolstoel. As hulle die stoel sien, dink

hulle jy is ook verstandelik aangetas," het hy gesê.

5. Die gevolg is dat hy ondanks vele pogings nog nie 'n werk het nie. Boonop is sy

onvermoë om 'n werk te kry nie weens 'n tekort aan ondernemingsgees nie. Hy het

reeds twee rekenaardiplomas en 'n N4-kwalifikasie agter die rug.

6. "Ek soek baie hard na werk. Ek het nie genoeg vingers en tone vir al die onderhoude

wat ek al gehad het, al die CV's wat ek uitgestuur het en al die agentskappe waarby ek

aangesluit het nie."

7. Die gevolg is dat Pieterse van vriende afhanklik is sedert hy 'n week gelede sy

blyplek verloor het. Om nie 'n tuiste van sy eie te hê nie, is iets waaraan hy gewoond

is.

8. "My ma is dood aan spierdistrofie en my pa het ons in tehuise gesit. Ek was in die

Abraham Krielkinderhuis. Hy het maar min vir ons gedoen. Hy was nie 'n pa vir ons

nie. Die tehuis was taai, maar dit het my dissipline geleer en geleer om na myself te

kyk," het Pieterse gesê.

9. Pieterse het ’n broer en suster. Sy broer ly ook aan spierdistrofie en is in ’n tehuis in

Pietersburg.

10. Die terugslae wat hy moes verduur het, het egter nie sy lus vir avontuur of sy wil om

'n sukses te wees, geknou nie. Hy het 'n tyd terug met die trein see toe gegaan en die

hele kus platgery in sy rolstoel. Eendag, as daar geld is, wil hy dieselfde in Europa

doen.

11. Hy sou ook graag die Comrades in sy rolstoel wou doen en werk vir 'n maatskappy

waar hy as mens kan groei.

12. "Ek raak baie gefrustreerd. Dan dink ek net aan dié wat slegter af is as ek en ek sê vir

myself: Môre is nog 'n dag."

(Uit: Beeld, 2000)

Page 10: GTA-HT-Apr '09-Afd A-LB - edulis.pgwc.gov.zaedulis.pgwc.gov.za/.../microsoft_word_-_gta-ht-apr_09-afd_a-lb.pdf · Kode Skaal Punte (%) 7 Uitsonderlike prestasie 80 – 100 6 Lofwaardige

AFRIKAANS HUISTAAL: LEERDERBOEK 10

VRAAG 2 Teks 2: Strokiesprent

Bestudeer die onderstaande strokiesprent en beantwoord dan die vrae.

(Uit: Rapport, 12 Augustus 2001)

2.1 Waar vind die gebeure in hierdie strokie plaas? (1)

2.2 Wat wys die strepies rondom die motorbestuurder se hande vir ons? (1)

2.3 Wat gebeur in die laaste raampie? (1)

2.4 Dink jy dat die motorbestuurder dít wat in die laaste raampie gebeur, kon verhoed? Verduidelik jou antwoord. (2)

[5]

Page 11: GTA-HT-Apr '09-Afd A-LB - edulis.pgwc.gov.zaedulis.pgwc.gov.za/.../microsoft_word_-_gta-ht-apr_09-afd_a-lb.pdf · Kode Skaal Punte (%) 7 Uitsonderlike prestasie 80 – 100 6 Lofwaardige

AFRIKAANS HUISTAAL: LEERDERBOEK 11

VRAAG 3 Gedig

Kinderhuis-case – Louis Stander

20 September

is vir julle maar net nog ’n dag

vir julle net 24 uur van lig, van donker

maar weet jy?

Die my verjaarsdag

Ek word 16.

ek mag nou wettig rook

(maar ek rook al jare)

ek mag nou later kom “inklok”

maar ek is alleen

My huisouers het gevra wat soek ek ...

nou vir my birthday ... Ek weet nie

wat ek wil hê is

my eie bed

my eie kamer

my eie adres

my Ma

Ma met die swart hare

blou oë

of is dit Ma, met die blonde hare

groen-blou oë

Wie anners worry anyway

my ma het my afgeskryf

en vandat ek kan onthou is ek nog ’n nommer

nog ’n case

Hoe voel dit om lief te hê?

en hoekom Ma ...

was ek so moeilik

’n baba van ’n week?

en Ma

wie is my pa

of was ek maar net iets

iets wat nie beplan was nie

een aand van lekkerkry

en nou’s dit verby

Ek word vandag 16

Alleen sestien

sonder my bed

sonder my kamer

sonder my adres

sonder my ma

As ek net daaraan dink

gaan ek in ’n hard-driver depro

Ma

Page 12: GTA-HT-Apr '09-Afd A-LB - edulis.pgwc.gov.zaedulis.pgwc.gov.za/.../microsoft_word_-_gta-ht-apr_09-afd_a-lb.pdf · Kode Skaal Punte (%) 7 Uitsonderlike prestasie 80 – 100 6 Lofwaardige

AFRIKAANS HUISTAAL: LEERDERBOEK 12

3.1 3.1.1 Wat beteken ‘20 September’ vir die leser van die gedig? (1)

3.1.2 Wat beteken ’20 September’ vir die spreker in die gedig? (1)

3.2 Kies die korrekte antwoord.

‘Inklok’ (versreël 9) beteken

• inkom

• ’n klok wat lui

• die klok by die kinderhuis

• die etensklok (1)

3.3 Waarom is die volgende reël tussen hakies geplaas?

(maar ek rook al jare) (1)

3.4 Haal ’n frase aan wat vir ons sê dat die spreker voel dat sy ma nie juis omgee nie. (1)

3.5 Watter woord in die tweede laaste strofe sê vir jou dat die spreker glo dat dit net hy is wat weet dat hy 16 word? (1)

3.6 Waarom bestaan strofe 3 uit een enkele versreël? (1)

3.7 Watter effek het die wete dat hy sy 16de verjaarsdag alleen gaan vier, op hom? (1)

3.8 Wie dink jy word in hierdie gedig aangespreek? Motiveer jou antwoord. (1)

3.9 Gee die korrekte Afrikaans woord vir case (strofe 7). (1)

[10]

TOTAAL: 40 punte

Page 13: GTA-HT-Apr '09-Afd A-LB - edulis.pgwc.gov.zaedulis.pgwc.gov.za/.../microsoft_word_-_gta-ht-apr_09-afd_a-lb.pdf · Kode Skaal Punte (%) 7 Uitsonderlike prestasie 80 – 100 6 Lofwaardige

AFRIKAANS HUISTAAL: LEERDERBOEK 13

DOEL VAN DIE AKTIWITEIT

Gedurende hierdie aktiwiteit sal jy

• ’n onvoorbereide toespraak lewer.

• jou vermoë demonstreer om oor ’n onderwerp wat verband hou met die fokus

van dié GTA te gesels.

• jou eie mening gee deur gebruik te maak van toepaslike inligting.

• jou kennis van taalstrukture in gesproke taal demonstreer.

Aktiwiteit 3.1: Mondeling

INSTRUKSIES

• Jy moet ’n voorbereide toespraak van 1-2 minute lewer oor ’n onderwerp wat jou

onderwyser(es) aan jou sal gee.

• Berei die voorbereide toespraak tuis voor.

• Moet nie jou hele toespraak uitskryf nie. Jy moet egter aantekeninge maak van die

volgende:

○ Die hoofpunte wat die fokus van jou toespraak sal wees.

○ Die inleiding en slot.

○ Die volgorde van die hoofpunte van jou toespraak.

• Die assesseringsrubriek vir hierdie taak verskyn op bladsy 18.

GESPROKE TAAL TAAK 3

Tyd: 60 min � Punte: 20 ����

Individuele Werk

Page 14: GTA-HT-Apr '09-Afd A-LB - edulis.pgwc.gov.zaedulis.pgwc.gov.za/.../microsoft_word_-_gta-ht-apr_09-afd_a-lb.pdf · Kode Skaal Punte (%) 7 Uitsonderlike prestasie 80 – 100 6 Lofwaardige

AFRIKAANS HUISTAAL: LEERDERBOEK 14

DOEL VAN DIE AKTIWITEIT

Gedurende hierdie aktiwiteit sal jy

• ’n artikel skryf waarin jy

o gepaste inligting kies en eie idees byvoeg;

o jou kennis van taalstrukture toepas.

• ’n maat se konsepweergawe ontleed.

• jou konsepweergawe redigeer, proeflees en verbeter.

• die finale produk skryf.

Aktiwitweit 4.1: Skyfwerk: Artikel

INSTRUKSIES

Jou onderwyser(es) sal telkens vir julle sê wat om te doen.

Jy is gevra om ’n artikel te skryf oor kinderregte. In jou artikel moet jy tieners

bewus maak van hul regte. Gee ook wenke aan tieners oor hoe om te verseker

dat ander mense se vryhede nie deur húlle regte misken word nie. Dit moet

duidelik wees dat elkeen se reg op menseregte tot ’n beter samelewing kan lei.

• Jou artikel moet vir ’n tienertydskrif wees.

• Jou artikel moet 150 – 200 woorde lank wees.

• Jou artikel moet ’n positiewe boodskap vir tieners hê.

• Gebruik van die idees wat tydens die vorige take na vore gekom het.

Skryfwerk TAAK 4

Tyd: 110 minute � Punte: 40 ����

Individuele Werk

Page 15: GTA-HT-Apr '09-Afd A-LB - edulis.pgwc.gov.zaedulis.pgwc.gov.za/.../microsoft_word_-_gta-ht-apr_09-afd_a-lb.pdf · Kode Skaal Punte (%) 7 Uitsonderlike prestasie 80 – 100 6 Lofwaardige

AFRIKAANS HUISTAAL: LEERDERBOEK 15

Gaan só te werk:

Stap 1: (Klas) (10 minute)

Besluit oor watter regte jy gaan skryf. Stel ’n breinkaart/spinnekopdiagram saam

waarop jy jou gedagtes organiseer.

Stap 2: (Klas) (20 minute)

Begin nou beplan aan jou artikel. Hou die volgende struktuur in gedagte.

� ’n treffende opskrif.

� ’n interessante inleiding.

� verskeie paragrawe. Elke paragraaf het ’n hoofgedagte.

� ’n positiewe boodskap moet duidelik na vore kom.

� ’n slotparagraaf waarin jy jou lesers positief motiveer tot ’n beter

samelewing.

Stap 3: (Klas) (30 minute)

Skryf ’n eerste poging van ongeveer 150 – 200 woorde.

Stap 4: (Klas) (20 minute)

Ruil jou skryfstuk met ’n maat uit. Lees jou maat se artikel en lewer kommentaar

op taal, struktuur en inhoud. Voltooi die onderstaande redigeringstabel. (Vul jou

maat se redigeringstabel in sy/haar leerderboek in.)

Artikel: Redigering van maat se eerste poging

Ja Nee

Die instruksies is gevolg.

Die inhoud is interessant en daar is ’n positiewe boodskap.

Die toon en styl is gepas.

Taal-, spel- en leestekenfoute is aangedui.

Voorstelle vir verbetering is gemaak.

Naam van redigeerder:

Page 16: GTA-HT-Apr '09-Afd A-LB - edulis.pgwc.gov.zaedulis.pgwc.gov.za/.../microsoft_word_-_gta-ht-apr_09-afd_a-lb.pdf · Kode Skaal Punte (%) 7 Uitsonderlike prestasie 80 – 100 6 Lofwaardige

AFRIKAANS HUISTAAL: LEERDERBOEK 16

Stap 5: (Tuis)

Bring die nodige veranderinge aan jou artikel aan. (Dis steeds jou konsep.) Gebruik die onderstaande kontrolelys om seker te maak dat jy gedoen het wat van jou verwag word.

Kontrolelys vir skryf van artikel Nee Amper Ja

1. Ek het al die instruksies uitgevoer.

2. Ek het my idees eers in ’n breinkaart/spinnekopdiagram georganiseer.

3. Ek het die eerste weergawe geskryf.

4. Die inleiding is treffend en trek dadelik aandag.

5. Die slot bevat ’n motivering.

6. My sinne wissel in lengte.

7. Ek het die inhoud in samehangende paragrawe ingedeel.

8. My sinne en paragrawe volg logies op mekaar.

7. Die skryfstyl, register en toon van my artikel pas die onderwerp.

8. Ek het spelling, leestekens en woordkeuse nagegaan in ’n woordeboek.

9. Ek het my skryfstuk deeglik geproeflees en geredigeer voordat ek my finale weergawe ingelewer het vir assessering.

10. Die skryfstuk is my eie werk.

11. My skryfstuk is netjies en leesbaar.

Stap 6: (Klas) (30 minute)

Skryf die finale poging. Maak seker dat jy die kriteria vir die assessering van die

artikel volg. Die assesseringsrubriek verskyn op bladsy 20 en bladsy 21.

Gee die volgende in:

� Jou eerste poging.

� Die voltooide kontrolelys.

� Jou finale poging.

Page 17: GTA-HT-Apr '09-Afd A-LB - edulis.pgwc.gov.zaedulis.pgwc.gov.za/.../microsoft_word_-_gta-ht-apr_09-afd_a-lb.pdf · Kode Skaal Punte (%) 7 Uitsonderlike prestasie 80 – 100 6 Lofwaardige

AFRIKAANS HUISTAAL: LEERDERBOEK 17

ADDENDUM

DIE AANHEF VAN DIE GRONDWET:

ONS, DIE MENSE VAN SUID-AFRIKA, Erken die ongeregtighede van ons verlede;

Huldig diegene wat vir geregtigheid en vryheid in ons land gely het;

Respekteer diegene wat hul beywer het om ons land op te bou en te ontwikkel; en

Glo dat Suid-Afrika behoort aan almal wat daarin woon, verenig in ons verskeidenheid.

Daarom neem ons, deur ons vryverkose verteenwoordigers, hierdie Grondwet aan as die hoogste reg van die Republiek ten einde—

Die verdeeldheid van die verlede te heel en ’n samelewing gegrond op demokratiese waardes, maatskaplike geregtigheid en basiese menseregte te skep;

Die grondslag te lê vir ’n demokratiese en oop samelewing waarin regering gegrondves is op die wil van die bevolking en elke burger gelyk deur die reg beskerm word;

Die lewensgehalte van alle burgers te verhoog en die potensiaal van elke mens te ontsluit; en

’n Verenigde en demokratiese Suid-Afrika te bou wat sy regmatige plek as ’n soewereine staat in die gemeenskap van nasies kan inneem.

Mag God ons mense beskerm.

Nkosi Sikelel’ iAfrika. Morena boloka setjhaba sa heso.

God seën Suid-Afrika. God bless South Africa.

Mudzimu fhatutshedza Afurika. Hosi katekisa Afrika.

Bepalings oor kinders in artikel 28 van hoofstuk 2 (Handves van Regte) in die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika: (1) Elke kind het die reg -

(a) op ’n naam en nasionaliteit vanaf geboorte; (b) op gesinsorg of ouerlike sorg, of op gepaste alternatiewe sorg wanneer die kind uit die gesinsomgewing weggeneem word; (c) op basiese voeding, skuiling, basiese gesondheidsorgdienste en maatskaplike dienste; (d) om teen mishandeling, verwaarlosing, misbruik of vernedering beskerm te word; (e) om teen uitbuitende arbeidspraktyke beskerm te word; (f) om nie verplig of toegelaat te word om werk te verrig of dienste te lewer nie wat -

• (i) onvanpas is vir ’n persoon van daardie kind se ouderdom; of

• (ii) ’n risiko vir die kind se welsyn, opvoeding, liggaamlike of geestelike gesondheid of geestelike, morele of sosiale ontwikkeling inhou;

(g) om nie aangehou te word nie, behalwe as laaste uitweg, in watter geval, benewens die regte wat ’n kind kragtens artikels 12 en 35 geniet, die kind slegs vir die kortste gepaste tydperk aangehou mag word, en die reg het om -

• (i) afsonderlik van aangehoudenes bo die ouderdom van 18 jaar aangehou te word; en

• (ii) op ’n wyse behandel te word, en in omstandighede aangehou te word, wat met die kind se ouderdom rekening hou;

(h) om, in siviele verrigtinge wat die kind raak, deur die staat op staatskoste van ’n regspraktisyn voorsien te word indien dit andersins tot wesenlike onreg sou lei; en

(i) om nie regstreeks in gewapende stryd gebruik te word nie, en om in tye van gewapende stryd beskerm te word.

(2) ’n Kind se beste belang is van deurslaggewende belang in elke aangeleentheid wat die kind raak. (3) In hierdie artikel beteken "kind" iemand onder die ouderdom van 18 jaar.

Page 18: GTA-HT-Apr '09-Afd A-LB - edulis.pgwc.gov.zaedulis.pgwc.gov.za/.../microsoft_word_-_gta-ht-apr_09-afd_a-lb.pdf · Kode Skaal Punte (%) 7 Uitsonderlike prestasie 80 – 100 6 Lofwaardige

AF

RIK

AA

NS

HU

IST

AA

L: L

EE

RD

ER

BO

EK

18

TA

AK

3 RU

BR

IEK

: VO

OR

BER

EID

E T

OESPR

AA

K

LU 2

Kode 7

Kode 6

Kode 5

Kode 4

Kode 3

Kode 2

Kode 1

U

itmunten

d

Baie g

oed

G

oed

B

evredig

end

Mid

delm

atig

Doodgew

oon

Saai

5

4 3½

3

2 0 – 1½

Inleiding en slot

Treffende en

effektiewe

inleiding wat

onmiddellik

belangstelling w

ek. Treffende

slot, deeglik saam

gevat.

Baie goeie en

gepaste inleiding w

at onmiddellik

belangstelling w

ek. Baie goeie slot,

sinvol saamgevat.

Doeltreffende

inleiding wat

belangstelling w

ek.Goeie slot,

bevredigend saam

gevat.

Gepaste inleiding

wat taam

lik belangstelling w

ek. Aanvaarbare

slot, maar hegte

samehang

ontbreek dikwels.

Inleiding voldoende en w

ek ietw

at belangstelling. R

edelike slot, m

aar hegte sam

evatting ontbreek dikw

els.

Inleiding kwalik

geslaag en wek

baie min

belangstelling. In ‘n m

ate word

aanbieding afgesluit, m

aar sam

evatting ontbreek.

Inleiding onvoldoende en dikw

els afwesig;

wek geen

belangstelling nie. G

een slot of sam

evatting nie.

5

4 3½

3

2 0 – 1½

Inhoud Toespraak deeglik

beplan volgens doel, teikengroep, konteks en form

aat van opdrag. D

eeglike en w

eldeurdagte ontw

ikkeling van sam

ehangende idees en standpunte. Aard van inhoud

is oorspronklik, kreatief en toon uitstekende insig in onderw

erp.

Toespraak baie

goed volgens doel, teikengroep, konteks en form

aat van opdrag beplan. Baie goeie en

dikwels

weldeurdagte

ontwikkeling van

samehangende

idees en standpunte. A

ard van inhoud is m

eestal oorspronklik, kreatief en toon goeie insig in

Beplan goed

volgens doel, teikengroep, konteks en form

aat van opdrag. G

oeie ontw

ikkeling van sam

ehangende idees en standpunte. Inhoud is oorspronklik en kreatief en toon aansienlik insig in onderw

erp.

Beplanning is

bevredigend volgens doel: teikengroep, konteks en form

aat van opdrag. Aanvaarbare

ontwikkeling van

idees en standpunte w

at in ‘n m

ate sam

ehang toon. Aard van inhoud

is taamlik

oorspronklik, maar

min kreatiw

iteit en insig ontbreek

Voldoende

volgens doel, teikengroep, konteks en form

aat van opdrag beplan. Voldoende

ontwikkeling van

idees en standpunte, m

aar toon m

in sam

ehang. Aard

van inhoud is som

s oorspronklik, m

aar nie altyd kreatief nie en insig ontbreek.

In ‘n mate volgens

doel, teikengroep, konteks en form

aat van opdrag beplan. Sukkel om

ontw

ikkeling van idees en standpunte te toon en baie selde sam

ehangend. Aard van inhoud

is selde oorspronklik en kreatiw

iteit en insig ontbreek.

Byna nooit

volgens doel, teikengroep, konteks en form

aat beplan nie. W

aninterpretasie van opdrag. G

een ontwikkeling

van idees en standpunte nie. G

een oorspronklike inhoud nie.

Page 19: GTA-HT-Apr '09-Afd A-LB - edulis.pgwc.gov.zaedulis.pgwc.gov.za/.../microsoft_word_-_gta-ht-apr_09-afd_a-lb.pdf · Kode Skaal Punte (%) 7 Uitsonderlike prestasie 80 – 100 6 Lofwaardige

AF

RIK

AA

NS

HU

IST

AA

L: L

EE

RD

ER

BO

EK

19

onderwerp.

soms.

5

4 3½

3

2 0 – 1½

Woordeskat

en taalgebruik

Uitstekende

woordeskat en

skeppende taalgebruik. U

itmuntende

beheer van taal om

doel te bereik en gehoorreaksie te ontlok.

Baie goeie

woordeskat en

skeppende taalgebruik. B

aie goeie beheer van taal om

doel te bereik en gehoor reaksie te ontlok.

Goeie w

oordeskat en skeppende taalgebruik. G

oeie beheer van taal om

doel te bereik en gehoor- reaksie te ontlok.

Taam

like w

oordeskat en skeppende taalgebruik. Bevredigende

beheer van taal om

doel te bereik en gehoorreaksie te ontlok.

Redelike

woordeskat en

taalgebruik. In ‘n m

ate taal beheer om

doel te bereik en gehoorreaksie te ontlok.

Beperkte

woordeskat en

taalgebruik. Sukkel baie m

et die m

anipulering van taal om

doel te bereik en gehoorreaksie te ontlok.

Baie beperkte

woordeskat en

taal-gebruik. Kan

nie m

anipulerende taal gebruik nie. O

ntlok geen gehoorreaksie nie.

5

4 3½

3

2 0 – 1½

Toon praat-

en aanbiedings-vaardighede

Duidelike,

hoorbare artikulasie. O

ogkontak, gesigsuitdruk-kings, gebare en liggaam

staal baie funksioneel en oortuigend. U

itmuntende

skakeling met

gehoor. Baie

selfversekerde, effektiew

e gebruik van notas.

Grootliks

duidelike, hoorbare artikulasie. O

ogkontak, gesigsuitdruk-kings, gebare en liggaam

staal m

eestal funksioneel en oortuigend. B

aie goeie skakeling m

et gehoor. Selfverse kerde,

effektiewe gebruik

van notas.

Goeie duidelike,

hoorbare artikulasie. O

ogkontak, gesigsuitdruk-kings, gebare en liggaam

staal is funksioneel en oortuigend. G

oeie skakeling m

et gehoor. Selfversekerde,

goeie gebruik van notas.

Bevredigende

artiku-lasie en hoorbaarheid. O

ogkontak, gesigsuitdruk-kings, gebare en liggaam

staal taam

lik funksioneel en gepas. S

kakel voldoende m

et gehoor. N

otas taam

lik selfversekerd gebruik.

Redelike hoorbare

artikulasie. R

edelik oogkontak, gesigsuitdruk-kings, gebare en liggaam

staal, m

aar dikwels

geforseerd. In ‘n m

ate skakel met

gehoor. N

otagebruik is dikw

els steurend.

Byna geen

ekspressiwiteit.

Onduidelike

artikulasie en feitlik onhoorbaar. Selde oogkontak

of enige gesigsuitdruk-kings/liggaam

s-taal. B

aie min

skakeling met

gehoor. Afhanklik

van notas.

Slordige,

onduidelike artikulasie en baie selde hoorbaar. Byna nooit

oogkontak/gesigs-uitdrukkings/gebare/ liggaam

staal. G

een skakeling m

et gehoor. Totaal afhanklik

van notas.

[Bepaal d

ie to

paslik

ke k

riteria

blo

kkie

s - e

en u

it elk

e g

roep, e

n te

l die

die

noore

enkom

stig

e p

unte

bym

ekaar.]

TO

TA

AL

: 20

pu

nte

Page 20: GTA-HT-Apr '09-Afd A-LB - edulis.pgwc.gov.zaedulis.pgwc.gov.za/.../microsoft_word_-_gta-ht-apr_09-afd_a-lb.pdf · Kode Skaal Punte (%) 7 Uitsonderlike prestasie 80 – 100 6 Lofwaardige

AF

RIK

AA

NS

HU

IST

AA

L: L

EE

RD

ER

BO

EK

20

TA

AK

4 RU

BR

IEK

: AR

TIK

EL

Vlak

7 6

5 4

3 2

1

U

itmunten

d

Baie g

oed

G

oed

B

evredig

end

Mid

delm

atig

Doodgew

oon

Saai

Punte

5 4

3 2½

2

0 – 1½

Bep

lannin

g

Sam

ehan

g

Inleid

ing en

slot

Buitengew

oon. G

ryp dadelik leser se aandag. S

terk m

otiverende slot.

Baie goeie

beplanning. Baie

goeie inleiding en slot.

Deurdagte

beplanning. Goeie,

duidelike inleiding en slot.

Beplanning is

gedoen. Duidelike,

hoewel effens

gewone inleiding

en/of slot.

Blyke van

beplanning. Bevredigende

inleiding en slot.

Min blyke van

beplanning. O

noortuigende inleiding en slot.

Geen blyke

van beplanning nie. geen inleiding en/of slot nie.

Punte

9-10 8

7 6

5 4

0 – 3

Inhoud

Oorspronklik.

Buitengew

oon. Verbeeldingryk.

Eerlik en opreg.

Meevoerend.

Diepgaande kennis

van onderwerp.

Baie kreatief.

Duidelike tekens

van oorspronklikheid en verbeelding. Toon goeie begrip

van die onderwerp.

Kreatief. E

erlik en opreg. B

lyke van oorspronklikheid en verbeelding. Toon begrip van

onderwerp.

Hantering van

onderwerp toon

blyke van oorspronklikheid en verbeelding. Vaaghede en

veralgemenings

kom plek-plek

voor.

Gebrek aan

eerlikheid en opregtheid. P

oging tot oorspronklikheid. Slegs ’n basiese

kennis van onderw

erp. Som

s vaag en algem

een. C

lichés.

Gebrek aan eerlikheid

en opregtheid. Feitlik

geen oorspronklikheid nie. B

eskrywings

onoortuigend of vaag en algem

een. Verw

arde aanbieding van inligting.

Geen

oorspronklik-heid of verbeelding nie. M

in kennis van onderw

erp. H

eeltemal van

onderwerp af.

Punte

9-10 8

7 6

5 4

0 – 3

Reg

ister Toon

Bew

usth

eid van

teiken

leser en

doel van

skryfstu

k

Skryw

er praat eerlik en direk m

et leser op ’n individualistiese, onderhoudende m

anier. Gepaste

register. Toon is

natuurlik en oortuigend. Skryfstuk slaag ten

volle in sy doel.

Register is baie

oortuigend. Uiters

gepaste toon verhoog w

aarde van teks. T

oon is m

erendeels natuurlik en oortuigend. Skryfstuk slaag

goed in sy doel.

Register is

oortuigend gebruik. Sinvolle gebruik

van die gepaste toon verhoog die w

aarde van die teks. T

oon is oor die algem

een natuurlik en oor-tuigend. S

kryfstuk slaag in sy doel.

Gepaste register is

gebruik. Sinvolle

gebruik van regte toon. S

oms

mooiskryw

ery in plaas van eerlikheid. Skryfstuk slaag in

sy doel.

Meganiese

skryfstyl sonder sprankel. P

oging is aangew

end om die

regte register en toon te gebruik. Skryfstuk slaag

net-net in sy doel.

Onvanpaste register.

Min of geen

behendigheid in die gebruik van die regte toon nie. S

kryfstuk slaag kw

alik in sy doel.

Min of geen

besef van die gepaste w

oorde en uitdrukkings nie. S

kryfstuk slaag nie in sy doel nie.

Page 21: GTA-HT-Apr '09-Afd A-LB - edulis.pgwc.gov.zaedulis.pgwc.gov.za/.../microsoft_word_-_gta-ht-apr_09-afd_a-lb.pdf · Kode Skaal Punte (%) 7 Uitsonderlike prestasie 80 – 100 6 Lofwaardige

AF

RIK

AA

NS

HU

IST

AA

L: L

EE

RD

ER

BO

EK

21

Punte

9-10 8

7 6

5 4

0 – 3

Woord

eskat Sin

struktu

ur

Idio

matiese

taalgeb

ruik

Spellin

g

Leesteken

s

Uitm

untende w

oordeskat. Afw

isseling in sinstruktuur en sinslengte. F

eitlik geen foute nie. Voortreflike

gebruik van idiom

atiese taal.

Baie goeie

woordeskat.

Korrekte

wisselende

sinstruktuur. Taal-,

spel- en leestekenfoute gering. B

aie effektiew

e gebruik van idiom

atiese taal.

Goeie w

oordeskat. Korrekte

sinstruktuur. Taal-,

spel- en leestekenfoute is onbeduidend. Effektiew

e gebruik van idiom

atiese taal.

Redelike goeie

woordeskat.

Korrekte

sinstruktuur, maar

soms styf,

herhalend en onsam

ehangend. Foute is nie

hinderlik nie.

Voldoende

woordeskat. S

inne is oor die algem

een korrek, m

aar is soms

onsamehangend.

Foute is hinderlik.

Herhalings kom

voor.

Gebrekkige

woordeskat.

Afgesaagde

uitdrukkings. Foute

kortwiek begrip.

Onsam

ehangende, lom

p sinne. Teks is

moeilik om

te lees. H

erhalings kom voor.

Gebrekkige

woordeskat.

Taal-, spel- en

leestekenfoute is baie steurend. S

wak

sinstruktuur. Teks is m

oeilik om

te lees.

Punte

5 4

3 2½

2

0 – 1½

Red

igerin

g en

pro

eflees H

erskryf en redigering het ’n fyn, afgeronde skryfstuk tot gevolg. P

roeflees het alle of feitlik alle foute uitgeskakel.

Hersiening en

redigering het ’n afgeronde skryfstuk tot gevolg. P

roeflees het feitlik alle foute uitgeskakel.

Duidelike bew

yse van herskryf en redigering. Proeflees het feitlik

alle foute uitgeskakel.

Bew

yse van herskryf en redigering. Proeflees het w

el foute uitgeskakel.

Daar is bew

ys van redigering van eerste poging. Proeflees is

gedoen, maar die

meeste foute is nie

verbeter nie.

Weinig tekens van

redigering van eerste poging. P

roeflees is skynbaar gedoen, m

aar foute is nie verbeter nie.

Foute en

onderwerp-

hantering skep indruk dat geen redigering of proeflees gedoen is nie. Eerste poging

is bloot oorgeskryf.

TO

TA

AL

: 40

pu

nte