Die Afrikaner Pamflet...Die Afrikaner 5 • lang produktiewe lewe. • Help om raamgrootte af te...

16
Die Afrikaner 1 AfrikAnerbeestelersgenootskAp • posbus 29571, Danhof 9310 • 051 447 7405 / [email protected] president: dr pM de kock 082 809 7496 • rasdirekteur lauren tissier: 078 791 1880

Transcript of Die Afrikaner Pamflet...Die Afrikaner 5 • lang produktiewe lewe. • Help om raamgrootte af te...

Die Afrikaner

1

AfrikAnerbeestelersgenootskAp • posbus 29571, Danhof 9310 • 051 447 7405 / [email protected]: dr pM de kock 082 809 7496 • rasdirekteur lauren tissier : 078 791 1880

raseienskappe

koei eienskappe

bul eienskappe

Afrikaner, die kern van kruisteling

kampioen in die os-stelsel

Afrikaner staan sy man in die voerkraal

Afrikaner, die droogte temmer

bobaas met vleiskwaliteit

Afrikaner in simbiose met wild

Afrikaner en Aardverwarming

Inhoudsopgawe

Die Afrikaner

3

• Geboortemassa

Die Afrikaner gee ‘n ligte kalf by geboorte (30-35kg) en vergemaklik die geboorteproses, veral by verse.

• Vleiskwaliteit

• Die Afrikaner beskik oor ‘n dubbele Dns-sagtheidsgeen wat, tesame met die uitstekende marmering, die ras se vleis baie sag en sappig maak.

• Markgereedheid

Die Afrikaner met ‘n mediumraam beskik oor die vermoë om vanaf die veld af te rond en veldvleis te lewer. Hulle voer egter ook uitstekend op ‘n goedkoop rantsoen.

• Parasietwerendeeienskappe

Die Afrikaner het ‘n dik vel met sterk onderhuidspiere wat uitstekende beskerming gee teen kruipende- en vlieënde ektoparasiete.

• Bosluisbesmetting

Die Afrikaner beskik oor ‘n inherente weerstand teen bosluise. Hierdie eienskap kan met seleksie baie verbeter en hou groot beloftes in vir die toekoms.

• Oogbeskerming

Die Afrikaner het diep geplaaste oë met groot beweeglike oogbanke wat beskerming bied teen muggies, vlieë, motte en sonbestraling.

• Hittehantering

Die Afrikaner het ‘n dik vel en kort glansende haarkleed wat help met hitte uitstraling.

RaseienskappeKies die Afrikaner vir doeltreffendheid:

Die Afrikaner is ‘n Bos Taurus Sanga wat inheems is aan Suid-Afrika

Die Afrikaner

4

• goed aangepas in moeilike omstandighede.

• natuurlike weerstand teen veral bosluisverwante siektes.

• lang produktiewe lewe.

• Vrugbaarheid: As veldbees is die Afrikaner die beesras wat die grootste verbetering in tkp oor die laaste 10 jaar getoon het. (prof. f. neser, Universiteit van die Vrystaat)

• gemak van kalwing – vanweë die dakkige kruis is die Afrikaner se geboortekanaal ruim. lae geboortegewig van kalwers maak distokia ‘n absolute rariteit.

• lae kalfmortaliteit. kalwergewig is tussen 30-35kg en kalwers is baie lewenskragtig.

• Uitstekende moedereienskappe (beskerm kalwers en pas hulle op) en melkproduksie.

• goeie temperament.

• Medium raamgrootte, dus lae onderhoudsbehoeftes en hoë ekonomiese effektiwiteit.

• ideale beesras vir ekstensiewe vleisproduksie.

• Uitstekende moederlyn vir kruisteling.

• Uitstaande loopvermoë.

• goeie koei-doeltreffendheid (kalfgewig/koeigewig).

proewe wat uitgevoer is by glen landbou kollege het getoon dat 100 Afrikaner koeie met kalwers in staat was om beter te presteer as 80 taurus koeie met kalwers op soortgelyke weiding a.g.v. hulle lae onderhoudsbehoeftes.

in ‘n soortgelyke proef by nWloi is grootraam koeie met Afrikanerkoeie vergelyk. Alhoewel die grootraam koeie 20% swaarder geweeg het, het hulle 38% meer oppervlak nodig gehad om aan hulle voedingsbehoeftes te voorsien.

• Loopvermoë

Die Afrikaner het uitstekende loopvermoë en sterk harde kloue wat maak dat hy teen berghange en in sandvlaktes kan loop en wei.

• Veldbenutting

Die Afrikaner is baie gehard en kan in uitgerekte droogte-tye ‘n redelike kondisie handhaaf deur nie net gras, maar blare ook te eet.

• Temperament

Die Afrikaner het ‘n goeie temperament en teel nageslag wat maklik is om mee te werk.

• Langlewendheid

Die Afrikaner kan maklik tot 12 jaar dek en sy goeie tande verseker dat hy sy kondisie op ‘n bejaarde ouderdom nog steeds behou.

Koei-eienskappe

Die Afrikaner

5

• lang produktiewe lewe.

• Help om raamgrootte af te bring om sodoende ‘n beter aangepaste dier te verkry.

• Uitsonderlike vermoë om aan te pas in wye verskeidenheid omgewings.

• Uitmuntende kruisteel voordele.

• goeie libido.

• klein kalwings by geboorte.

• nageslag is vinnig markgereed vanaf die veld op ‘n geskikte ouderdom om ideale karkasse te lewer.

• korter voedingstydperke in intensiewe voedings-programme.

• top vleiskwaliteit vir plaaslike en uitvoermarkte.

• prolaps en skede probleme is minimaal (proewe Universiteit van pretoria).

Bul-eienskappe

Die Afrikaner

6

• Veekundiges propageer die idee dat die beesbedryf verdeel moet word in vader- en moederlyne. Die bedryf vereis dus ‘n moederlyn met ‘n klein- tot mediumraam wat gepaar kan word met ‘n grootraam bul om ‘n swaar speenkalf te produseer. Die Afrikanerkoeie voldoen 100 % daaraan.

• kalwingsprobleme is bykans onbekend in suiwer- sowel as Afrikanerkruiskoeie gedek deur ander ras bulle a.g.v. die feit dat die Afrikaner die vermoë besit om kalwingsgewig te inhibeer en dan ook sy besondere bouvorm. in ‘n kruisproef met grootraam bulle op Afrikanerkoeie is die gemiddelde geboortemassa met 3kg verhoog (36kg) sonder dat enige kalfprobleme in 300 geboortes ondervind is.

• een van ‘n Afrikanerbul se voordele in ‘n kruisprogram is ook die laer geboortemassa.

• Die Afrikanerkoei beskik oor die vernaamste moedereienskappe nl. vrugbaarheid, melkproduksie en groeitempo, dus koei-doeltreffendheid en daarmee saam ‘n beskermdrang teenoor hulle kalwers. Hulle dra dit ook oor na hulle kruisnageslag. Uitstaande vrugbaarheidsprestasies en produktiwiteit is verkry met Afrikaner twee-ras rotasie kruisstelsels op Vaalhartz-, Mara- en sandveld navorsingstasies (JM lepen). Verdere proewe deur pof. f.J.C swanepoel en n.H. Casey het bevind dat Afrikaner x bos taurus kruiskoeie gemiddeld ‘n 30% voorsprong bo hulle suiwer geteelde kontrole groepe gehad het in produksie per koei gepaar.

• Afrikaner kruiskalwers is baie eenvormig wat vanaf die veld of uit die voerkraal bemark kan word. Die boer het dus meer bemarkingsopsies.

• Die Afrikaner dra dus sy goeie aanpasbaarheids-eienskappe ook oor na sy nageslag. Die resultaat - ‘n kruisdier wat beter aangepas is by ekstensiewe veldtoestande.

• lae-inset beeste soos die Afrikanerbees bring insetkostes van dip, doseer en lek-aanvulling af. proewe het bewys dat Afrikanerkoeie se lek-inname per kop slegs 48 tot 54 % van grootraam koeie was, terwyl die liggaamsmassa gemiddeld slegs 100kg verskil het.

• in ‘n kruisteelprogram dra die Afrikaner by tot beter vleiskwaliteitsgradering en nie noodwendig laer karkasmassas nie.

• Die staat en die lnr beveel aan dat inheemse rasse en spesifiek die Afrikaner koei as moederlyn gebruik moet word in telers se kruisteelprogram. Daar is tans proewe te Vaalharts aan die gang om die ideale kruising te identifiseer. nuwe boere, opkomende boere en reeds bestaande kommersiële boere moet dit baie sterk oorweeg om hulle basis koei kudde te transformeer na die Afrikanerkoei-lyn.

Die aanbeveling is dat alle aanteel bemark moet word, maar dat daar by primêre kruisteling gehou moet word.

U kan nie bekostig om hierdie voordele onbenut te laat nie.

Afrikanerkoeie of -bulle in ‘n kruisteelprogram plaas die beesboer op ‘n winspad.

die kern van kruistelingAfriKAner -

Die Afrikaner

7

• een van die mees winsgewende stelsels is die bemarking van beeste vanaf veldweiding. Die Afrikaner voldoen hieraan deurdat hy gereed is vir bemarking in die kortste moontlike tyd en die enigste ras is wat van die veld afgerond kan word op die mees gewenste ouderdom om die ideale karkas te produseer. proewe deur Dr. H.J. Meaker in die onderstaande tabel bewys dit.

die kampioen in die os-stelselAfriKAner -

AfronDing VAn osse op Die VelD soos beïnVloeD DeUr rAs tipes:

Toetse: Eversley Eksperimentele

Plaas, Dundee – Dr HJ Meaker

AFR AFRX BO BR BRX BRXSIM BH/BA DRAK SIM S/SA

Aantal diere

gem. gewig (kg) 30 29 42 28 30 26 27 30 29 29

Aanvang van toets 188.3 191.9 294.9* 212.2 203.5 256.3 238.9 199.3 231.0 202.0

Voltooiing van toets 446.1 471.0 518.4 491.1 513.0 610.2 534.6 522.7 561.0 497.2

gem. karkas gewig (kg) 222.2 236.6 277.1 272.7 284.2 333.2 292.9 287.1 306.6 270.0

% van diere gereed virbemarking op 2.5 jaar 93 86 38 71 37 4 33 10 0 14

Afr

ikan

er

Afr

ikan

erkr

uise

bons

mar

a

brah

man

brah

man

krui

se

brah

man

xsi

mm

enta

ler

brah

man

xH

eref

ord

&A

ngus

Dra

kens

berg

er

sim

men

tale

r

suss

ex x

Ang

us

Die Afrikaner

8

• Die Afrikaner dra hierdie goeie veldafrondings-eienskappe oor na sy kruisings veral met vroeg volwasse rasse soos die Hereford, Angus en sussex en kan osse vanaf die veld bemark word so vroeg as 18 maande ouderdom.

• toetse wat by die omatjenne navorsingstasie gedoen is, het die Afrikaner bewys as die beste uit vyf rasse ten opsigte van gradering. As gevolg van ‘n beter gradering was die inkomste per karkas van die Afrikanerbeeste die hoogste: 15% hoër as dié van die ander rasse en 26% hoër as die vierde ras.

• ‘n Alternatiewe manier van bemarking is om 20 of 30 maand oue osse vir ‘n tydperk van 60 dae af te rond op goedkoop ruvoer en kragvoer. Die volgende tabelle toon die resultate aan van osse wat op hierdie stelsel afgerond is by Dr. p.M. de kock. Die veldosse is voorberei op veldgras, suikerboontjiehooi en lek.

die kampioen in die os-stelselAfriKAner -

Dier Aanvangs Eindgewig Kg Toenameper % Karkas Gradering Inkomste gewig oor60dae Toename dag/kg Uitslag gewig

986 530 565 35 0.58 51.34 290.67 A1 r7541.85

990 505 550 45 0.75 54.41 299.26 A1 r7780.76

8 440 552 110 1.83 53.0 291.50 A1 r7579.00

6 420 505 85 1.42 54.46 275.02 A1 r7150.52

Dier Aanvang Eindgewig Toename % Karkas Toename Gradering Inkomste gewiginkg oor60dae kgna60dae Uitslag gewig perdag

893 588 675 87 52.69 352.89 1.36 Ab1 r8648.81

912 520 585 65 53.41 312.45 1.08 Ab1 r7455.03

928 500 540 40 53 286.20 0.6 Ab r7011.90

951 498 555 57 53.42 296.48 0.95 Ab1 r7263.76

Die Afrikaner

9

Hieruit blyk dit dat die Afrikanerbees veldvleis kan produseer met ‘n definitiewe hoër winsmarge wat die boer in staat stel om gesonde, smaaklike en sappige vleis aan die verbruiker te voorsien. Dit is dus nie nodig om afhanklik te wees van speenkalfpryse en voerkoste om winsgewend beesvleis te bemark nie. Dit is egter belangrik om met die regte ras te boer naamlik die Afrikaner, hetsy in sy suiwer vorm of as kruisings met ander rasse.kies die logiese inheemse ras – Die optimaal geteelde Afrikanerbees.

Die Afrikaner het ‘n korter voedingstydperk in intensiewe voedingsprogramme (ongeveer 90 dae). Ander rasse se voedingstydperk wissel van 110-150 dae om dieselfde gradering te bereik. Dit is veral positief as voermarges daal. Die frekwensie wat die Afrikaner kalwers in die voerkraal vertoef is dus vinniger (vier keer teenoor die drie keer ‘n jaar van ander rasse)kruisings tussen die Afrikaner en europese rasse doen veral goed in die voerkraal met die voordeel dat beter vleiskwaliteit, geen swakker gradering en nie noodwendig laer karkasmassas verkry word nie. (De bruyn 1991)Die Afrikanerbees het ‘n baie gunstige voeromset-verhouding. Voeromsette van gemiddeld 6.1 en laer word bereik.Die ras vaar veral goed waar boere ‘n hoë persentasie ruvoer saam met kragvoer voer. Die Afrikaner is daarom gesog by boere wat hul eie ruvoer (oesreste) en kragvoer gebruik en daarna die diere bemark op gradering A2 –A3.Aangesien voer rantsoene so duur is, het Dr pM de kock van pronk Afrikaners ‘n volle proef gedoen vir die afronding van Afrikaners vir ‘n slagoskompetisie tydens thabazimbi landbouskou.twee groepe is in die voerkraal geplaas:Voerkalwers: op 210 dae (7 maande) gespeen en 90 dae lank gevoer met ‘n goedkoop rantsoen

die kampioen in die os-stelsel

in die voerkraal

AfriKAner -

AfriKAner STAAn SY MAn

Die Afrikaner

10

van lusern en osma afrondingsmeel. Hierdie kalwers is geslag op 10 maandeVoerosse – speenkalwers

Voerosse 19 maande

gemiddelde daaglikse toename: 1.83 kg per dagtotale inkomste 4 osse: r23 733.27totale uitgawes 4 osse oor 90 dae: r13 146.00Die 2de proef is gedoen met 19 maande oue Afrikaner osse gevoer met ‘n goedkoop rantsoen oor 60 dae van lusern en osma en geslag op 21 maande ouderdom.

in die voerkraalAfriKAner STAAn SY MAn

Dier Speen Gewigna Toenamein Kgkarkas Toename %Uitslag Gradering Prysper gewig 90dae kgna90dae gewig (kgperdag) karkas

Z30 225kg 380kg 155kg 213.56kg 1.72 56.65 A2 5766.12

103 240kg 425kg 185kg 242.62kg 2.05 57.09 A2 6540.75

120 220kg 370kg 150kg 211.12kg 1.67 57.06 A2 5700.24

126 200kg 370kg 170kg 212.08kg 1.89 57.32 A2 5726.16

Dier Begin Eindgewig Toenamena Toenameper Karkas Gradering %Uitslag Inkomste gewigkg inkgna60dae 60daeinkg dagkg gewig

5 407 500 93 1.55 287.05 A2 57.41 r7750.50

18 386 500 114 1.9 284.6 A2 56.92 r7684.20

53 410 550 140 2.33 302.5 A2 55.00 r8167.12

56 376 480 104 1.73 262.56 A2 54.70 r7089.12

Die Afrikaner

11

Opsomming:gemiddelde daaglikse toename: 1.88kgtotale onkoste oor 60 dae: r6 322.00totale inkomste van groep: r30 690.94As r/kg aankoopgewig op aanvangsgewig bereken word is dit r37 500.00 @ r14.00/kg lewende gewig.totale uitgawes = r53 964.00totale inkomste = r54 424.21totale wins = r 460.21Wins/karkas =r 57.52Dus bewys hierdie proef dat Afrikaners suksesvol in ‘n voerkraal kan presteer naamlik 1.86kg /dag toename op ‘n goedkoop rantsoen, en dat die boer self die bemarker van sy produk kan wees en nie geruïneer hoef te word deur die lae speenkalf pryse nie. Maar let wel: intensiewe voer van kalwers wat aangekoop word, word steeds teen ‘n geringe wins van r57.52 per karkas gedoen. Ander deelnemers aan die slagoskompetisie te thabazimbi het genoem dat tot r2000 per karkas verlies gelei is op diere wat van uitheemse rasse met standaard rantsoene gevoer is.

in die voerkraalAfriKAner STAAn SY MAn

• Die Afrikaner is ‘n mediumraam bees met lae selfonderhoud behoeftes. in gemengde veld waar somer- en winterlek voorsien is, was Afrikanerkoeie se lek-inname slegs 48-54 % van die grootraam koeie, terwyl die liggaamsmassa gemiddeld 100kg verskil het.

• Die Afrikaner besit die vermoë om weiding met relatiewe lae voedingswaarde te benut. Die onderstaande tabel illustreer die effek van verskillende voervloeiprogramme op inkomste. (C de brouwer)

die droogte temmerAfriKAnerBeeS –

12

• Afrikanerbeeste besit die vermoë om veldgras sowel as blare te benut en besit goeie rumen kapasiteit.

• Die Afrikaner bees kan tot so lank as 48-72 uur sonder water klaarkom.

• Die bees het uitstaande stap-en klimvermoë in bergagtige gebiede.

• Die Afrikanerbees kan hoë temperature goed hanteer a.g.v. kort hare en dik vel wat ideaal is vir hitte hantering deur middel van verdamping en uitstraling. Die prominente lug sinusse in die skedel en oogbanke beskerm die brein teen oorverhitting en senuwee afwykings by die dier.

• Die Afrikaner het ‘n lang produktiewe lewensverwagting. Die diere het sterk tande sodat koeie op 14-16 jarige ouderdom droë weiding nog optimaal kan benut.

• Die Afrikaner se weerstand teen uitwendige parasiete a.g.v. hulle kort glansende haarkleed en dik vel (die dikste vel van die inheemse rasse in suid-Afrika) maak dat bosluise en velmyte die minimum invloed op hulle het. Hoe minder bosluise – hoe minder siektes en bloedarmoede en hoe sterker is hul weerstand teen die natuur se elemente.

• omdat die Afrikaner ‘n Afrika bees is, het hy deur die eeue weerstand ontwikkel teen siektes wat uitheemse rasse afmaai. Hoe gesonder die bees, hoe langer hou hy sy kondisie en hoe groter is sy weerstand teen die elemente veral in velle droogtes.

• Die Afrikaner voer goed en al is die veldgras klaar, oorleef die Afrikaner op ‘n goedkoop ruvoer rantsoen en net die nodige lekke.

Die Afrikaner

13

Met proewe tussen Afrikanerbeeste en ander rasse oor karkaskwaliteit het die volgende aan die lig gekom:

by die Afrikaner was die spesifieke vleis- en snitopbrengs van die duurder snitte (agterkwart) hoër as by die ander rasse. spier-tot-been verhouding was baie dieselfde as ander rasse en die totale karkasvet was laer as by sommige van die ander rasse (irene/Vaalhartz – Mnre p.e. strydom, J.f. de bruyn, J.H. Vermeulen en e nel). by die sintuiglike kwaliteitseienskappe van die vleis soos aroma, sappigheid, smaaklikheid en sagtheid het die Afrikaner geen gelyke nie. Die onderstaande tabel dui die vleissagtheidsresultate van die Afrikaner, britse en europese rasse aan soos sintuiglike geëvalueer, asook bepaal met behulp van instronsny weerstandsmeter. (De bruyn et al. 1986)

tydens die DnA-ontleding deur genetic solutions of Australia is die “gene star” sagtheidsmerker gebruik om die alleel-frekwensie vir sagtheid by suid-Afrikaanse inheemse rasse te bepaal. Die resultate word in die tabel aangedui:

met vleiskwaliteitAfriKAner BOBAAS

* punteskaal uit 5 (5 = sagste 1 = taaiste)** oondgebraaide monster*** gaargemaak in plastieksak in waterbad vir 1 uur by 180 ˚C

SAGTHEID

RAS Sintuiglik* Snyweerstand** Snyweerstand***

Afrikaner 3,05 141,5 90,32

britse ras 3,17 130,8 84,29

europese ras 2,19 190,0 130,31

INTENSIEF SEMI-INTENSIEF EKSTENSIEF Afrikaner GrtRm Afrikaner GrtRm Afrikaner GrtRm

bM/r/gVe 152.7 183.5 193.8 164.6 293.1 252.5bM/r/Ha 45.42 54.07 44.92 41.9 50.14 48.44

Die Afrikaner

14

Die Afrikaner beskik dus oor ‘n dubbele Dns-sagtheidsgeen wat tesame met ‘n marmering die ras se vleis baie sag en sappig maak.

in ‘n ondersoek oor veldvleis het dit geblyk dat die Afrikaner bo aan die lys is en dus die ideale inheemse ras is om veldvleis te produseer. Die Afrikaner se vleiskwaliteit en in besonder, vleissagtheid, is uitgesonder deur Dr. schutte van die rpo. resultate word in die onderstaande tabel aangetoon:

met vleiskwaliteitAfriKAner BOBAAS

Die Afrikaner

15

in simbiose met wildAfriKAner -

Met die opskiet van wildplase soek baie wildboere ‘n inheemse ras wat saam met wild in een kamp kan gedy. Die Afrikanerbees het sekere unieke aanpasbaarheids-eienskappe wat hom ideaal maak om simbioties met wild te leef.

Die Afrikaner toon sterk weerstand teen Afrika-verwante siektes, parasiete en temperatuur verskille. sy dik vel met kort, gladde, blink hare hanteer uitwendige parasiete goed. sy plooibare vel, prominente oogbanke en sinusholtes hanteer die hitte baie goed. buiten hierdie uitsonderlike aangepastheid is die Afrikaner ook bekend vir hul vermoë om ver te stap vir kos en water in die hitte van ons Afrika-son. ‘n Meer ideale ekstensiewe inheemse ras kry ‘n mens nie sommer nie.

Die Afrikaner het deur natuurlike seleksie sekere genetiese eienskappe ontwikkel wat dit baie weerstandbiedend teen siektes maak. observasies die afgelope jare het getoon dat die Afrikaner sterk weerstand bied teen knopvelsiekte, rooiwater, snotsiekte en tot in ‘n mindere mate hartwater. op die plaas van Mnr Martiens leo in die thabazimbi bosveld het ongeveer agtien beeste in 2003 aan snotsiekte gevrek. Hy het daarna dertig Afrikanerkoeie aangekoop as ruvoer verbruikers op sy wildplaas en sedertdien het geen gevalle van snotsiekte onder die Afrikanerbeeste voorgekom nie, maar wel onder die ander beesrasse. Menige ander boere het dieselfde ondervinding gehad.

nog uitstaande weerstandbiedende eienskappe van die Afrikaner is die prominente oogbanke, ovaalvormige, sensitiewe oë met lang wimpers, asook die amber pigment. Verder is witoogsiekte ook ‘n rariteit by die

Afrikanerbeesras. Die mot wat hierdie siekte veral vanaf blesbokke oordra, vind dit moeilik om die eiers in die Afrikaner se oog te lê a.g.v. die bogenoemde eienskappe.

Die weidingstrategie van die wildboer behoort van so ‘n aard te wees dat daar spesifieke balans tussen sy grasveters (grazers) en blaareters (browsers) is soos wat dit vir die spesifieke plaas uitgewerk is. beeste is hoofsaaklik grasvreters en omdat buffels, witrenosters en seekoeie duur is, kan beeste gebruik word om veral in suur- of gemengde veld die balans met blaarvreters te handhaaf.

Aangesien die Afrikaner baie gehard en bestand teen siektes en uitwendige parasiete is, is dit die ideale beesras om in simbiose met wild te gebruik. so produseer die wildboer dan ook hoë gehalte sagte, sappige veldvleis vir die vleismark. Dit maak die boerdery in sy totaliteit net soveel meer winsgewend.

Die Afrikaner

16

en aardverwarmingAfriKAner -

Daar word voorspel dat klimaatsverandering ‘n nadelige uitwerking op vastelande in die suidelike Halfrond gaan hê.

nadelige gevolge van aardverwarming sal onder meer hoë omgewingstemperature, voedingswaarde stres en veranderende patrone van dieresiektes insluit. Die Afrikanerbees sal ook daardeur geraak word, maar as ‘n inheemse ras kan dit daarby aanpas.

temperatuur, sonstraling, humiditeit en wind het almal ‘n regstreekse uitwerking op herkouers, terwyl die verteerbaarheid van voer, inname, gehalte en hoeveelheid van die weiding, plae en siektes, wat self regstreeks deur klimaatsverandering beïnvloed word, almal ‘n indirekte uitwerking op herkouers het.

Hoë temperature en sonstraling verminder voerinname om die hitte wat tydens vertering ontstaan te verminder. Hoë temperature verminder ook weidingstyd, terwyl sweet en waterinname verhoog. Ander faktore wat by termiese gemak betrokke is, sluit in die vel van die dier (dikte, struktuur, termo-isolasie, hitte opname en reflektiwiteit) en liggaamseienskappe (vorm, grootte en oppervlak). Die Afrikaner is al eeue lank aan hoë temperature blootgestel en het meganismes ontwikkel om by sulke omgewings aan te pas. funksionele eienskappe by die Afrikaner is groot veloppervlak per eenheid liggaamgewig en ‘n kort haarkleed wat blink en glansend is om hitte te weerkaats. Die Afrikaner het ‘n ovaal bouvorm met ‘n skof, prominente oogbanke en groot sinus holtes wat help met afkoeling en weerkaatsing. Die Afrikaner is ook geneig om groter rumen kapasiteit te hê om lae verteerbare gras te benut. Die Afrikaner se weerstand teen siektes, inwendige- en uitwendige parasiete gaan ook ‘n groot rol in die toekoms speel.

koeie met Afrikaner genetika kan die produksie-doeltreffendheid in ekstensiewe beesboerdery verhoog (en sodoende die koolstof voetspoor van beesvleis verlaag).

• koei-doeltreffendheid van koeie met Afrikaner genetika bewys dit.• Die onderstaande tabel deur Dr M scholtz en M Mokolobate bewys

dit ook.

Aardverwarming gaan vereis dat ons met meer aangepaste genotipes moet boer en die Afrikaner gaan ‘n belangrike rol hier speel.

Wees wys, kies die Afrikaner!

Dam breed Sire Weaning Number of Kg Calf weight lactating weaned / cows LSU

Afrikaner Afrikaner 191 175 139Afrikaner european breed 206 175 150european european breed breed 232 126 122