HOËRSKOOL STRAND Wr on rende swee ARENDENUUSstrandsk/images/2019dokumente/Arendenuus 1... ·...

17
WELKOM TERUG Ons verwelkom ons leerders, ouers en onderwysers terug na ʼn kort Desember-vakansie. Ons is al in ons vierde week by die skool en 1 Februarie is dit ons interskole-atletiekbyeenkoms, so dinge gebeur hierdie jaar baie ving. ʼn Hartlike woord van welkom gaan veral aan ons nuwe graad 8-leerders en hul ouers. Ons vertrou dat julle ʼn ware tuiste by Hoërskool Strand sal vind. PERSONEELSAKE Me. Lizette Dippenaar is aan die begin van die jaar met ʼn gewas op die brein gediagnoseer. Me. Dippenaar is afgeboek vir die kwartaal, terwyl sy behandeling kry. Ons dra haar en haar gesin in ons gebede op. Me. Lize Momberg is vir die kwartaal in ʼn tydelike pos in me. Dippenaar se plek aangestel. Me. Momberg was ʼn onderwyseres aan die Hoërskool Frikkie Meyer in Thabazimbi. Mnr. Emiel Nel kom van Hoërskool Sasolburg af waar hy Inligtingstegnologie en Rekenaartoepassingstegnologie aangebied het. Me. Talette Kenyon het vanaf Hoërskool Tygerberg by ons Engels-departement aangesluit. Me. Michelle Lourens het verlede jaar haar studies by KPUT voltooi. Sy bied vanjaar Rekenaartoepassingstegnologie en Wiskunde vir graad 8- en 9-leerders aan. Ons vertrou dat hierdie kollegas gou tuis sal voel in die Arendfamilie. Me. Elmarie Smit verlaat die Arendfamilie op 31 Januarie 2019. Ons dank gaan aan me. Smit vir byna 15 jaar se diens aan Hoërskool Strand en ons wens haar net die beste toe vir haar aftrede. In haar plek verwelkom ons vir me. Comine Pienaar as die skoolhoof se nuwe sekretaresse. Ons skool se bemarker, me. Anso Kemp, was een van slegs 7 skeidsregters wat by die pas afgelope Quad Series in Liverpool en Londen haar staal as internasionale netbalskeidsregter getoon het. Australië, Engeland, Nieu-Seeland en Suid-Afrika, vier van die top 5 lande in die wêreld, het aan die toernooi deelgeneem. Me. Kemp het by twee geleenthede die fluitjie geblaas: Engeland vs Nieu-Seeland in Liverpool en Australië vs Engeland in Londen. Oor minder as ses maande val ʼn nog groter eer haar te beurt wanneer sy ook tydens die Wêreldbeker-netbaltoernooi die leisels as internasionale skeidsregter gaan vasvat. OUERAANDE Ons dank gaan aan elke ouer en leerder wat ons oueraande bygewoon het. Dis belangrik dat ons almal weet waarheen ons op pad is en hoe ons daar wil kom. Elke leerder se akademiese sukses is vir ons belangrik, sodat almal ʼn blink toekoms het om na uit te sien. ARENDFEES Ons Arendfees vind op Donderdag,14 Maart, plaas. Dis elke ouer en leerder se verantwoordelikheid om by te dra tot hierdie jaarlikse fondsinsameling van ons skool. Dankie dat ons op u ondersteuning kan staatmaak. Ons sien uit na ʼn suksesvolle jaar by Hoërskool Strand. Kom ons lééf ons VRL se visie vir 2019: #ALLES VIR DIE NES! 31 Januarie 2019 | Nuusbrief 1 HOËRSKOOL STRAND ARENDENUUS Waar jong Arende sweef Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid UIT DIE HOOF SE KANTOOR 1

Transcript of HOËRSKOOL STRAND Wr on rende swee ARENDENUUSstrandsk/images/2019dokumente/Arendenuus 1... ·...

WELKOM TERUGOns verwelkom ons leerders, ouers en onderwysers terug na ʼn kort Desember-vakansie. Ons is al in ons vierde week by die skool en 1 Februarie is dit ons interskole-atletiekbyeenkoms, so dinge gebeur hierdie jaar baie ving. ʼn Hartlike woord van welkom gaan veral aan ons nuwe graad 8-leerders en hul ouers. Ons vertrou dat julle ʼn ware tuiste by Hoërskool Strand sal vind.

PERSONEELSAKEMe. Lizette Dippenaar is aan die begin van die jaar met ʼn gewas op die brein gediagnoseer. Me. Dippenaar is afgeboek vir die kwartaal, terwyl sy behandeling kry. Ons dra haar en haar gesin in ons gebede op.

Me. Lize Momberg is vir die kwartaal in ʼn tydelike pos in me. Dippenaar se plek aangestel. Me. Momberg was ʼn onderwyseres aan die Hoërskool Frikkie Meyer in Thabazimbi.

Mnr. Emiel Nel kom van Hoërskool Sasolburg af waar hy Inligtingstegnologie en Rekenaartoepassingstegnologie aangebied het.

Me. Talette Kenyon het vanaf Hoërskool Tygerberg by ons Engels-departement aangesluit.

Me. Michelle Lourens het verlede jaar haar studies by KPUT voltooi. Sy bied vanjaarRekenaartoepassingstegnologie en Wiskunde vir graad 8- en 9-leerders aan. Ons vertrou dat hierdie kollegas gou tuis sal voel in die Arendfamilie.

Me. Elmarie Smit verlaat die Arendfamilie op 31 Januarie 2019. Ons dank gaan aan me. Smit vir byna 15 jaar se diens aan Hoërskool Strand en ons wens haar net die beste toe vir haar aftrede. In haar plek verwelkom ons vir me. Comine Pienaar as die skoolhoof se nuwe sekretaresse.

Ons skool se bemarker, me. Anso Kemp, was een van slegs 7 skeidsregters wat by die pas afgelope Quad Series in Liverpool en Londen haar staal as internasionale netbalskeidsregter getoon het. Australië, Engeland, Nieu-Seeland en Suid-Afrika, vier van die top 5 lande in die wêreld, het aan die toernooi deelgeneem. Me. Kemp het by twee geleenthede die fluitjie geblaas: Engeland vs Nieu-Seeland in Liverpool en Australië vs Engeland in Londen.

Oor minder as ses maande val ʼn nog groter eer haar te beurt wanneer sy ook tydens die Wêreldbeker-netbaltoernooi die leisels as internasionale skeidsregter gaan vasvat.

OUERAANDEOns dank gaan aan elke ouer en leerder wat ons oueraande bygewoon het. Dis belangrik dat ons almal weet waarheen ons op pad is en hoe ons daar wil kom. Elke leerder se akademiese sukses is vir ons belangrik, sodat almal ʼn blink toekoms het om na uit te sien.

ARENDFEESOns Arendfees vind op Donderdag,14 Maart, plaas. Dis elke ouer en leerder se verantwoordelikheid om by te dra tot hierdie jaarlikse fondsinsameling van ons skool. Dankie dat ons op u ondersteuning kan staatmaak.

Ons sien uit na ʼn suksesvolle jaar by Hoërskool Strand. Kom ons lééf ons VRL se visie vir 2019:

#ALLES VIR DIE NES!

31 Januarie 2019 | Nuusbrief 1

H O Ë R S KO O L S T R A N D

ARENDENUUSWaar jong Arende sweef

Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

1

Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid

GR. 12-UITSLAE 2018 - me. Annamaré FrancisDie matriekklas van 2018 het ʼn slaagsyfer van 98.1% behaal.

10 leerders het ʼn A-gemiddeld behaal. 32 leerders het ʼn B-gemiddeld behaal.59 leerders het ʼn C-gemiddeld behaal.

Die graad 12’s van 2018 spog 160 vakonderskeidings.

211 kandidate kwalifiseer vir Baccalaureus-graad, diploma – of hoër sertifikaatstudie.

Baccalaureus-graad 163 kandidate Diploma 45 kandidate Hoër sertifikaatstudie 3 kandidate

Die volgende vakke presteer besonder goed: Engels Huistaal (75.4%), Musiek (73.4%), Dramatiese Kunste (71.9%) en Toerisme (69.5%).

Die volgende leerders behaal ʼn A-gemiddeld en 3 of meer vakonderskeidings:

1. Ben Edwards (90.2%) 2. Danie Theron (90.0%) 7 onderskeidings 7 onderskeidings

3. Gunter Möhr (87.7%) 4. Carli Viljoen (86.5%) 5. Ryan Osborne (83.2%) 6. Oren Renoster (82.7%) 7 onderskeidings 7 onderskeidings 5 onderskeidings 5 onderskeidings

7. Cherri-Lee van Zyl (82.3%) 8. Kaylin Mariëtte(81.8%) 9. Minette van Zyl (80.5%) 10. Pieter le Roux (80.0%) 4 onderskeidings 5 onderskeidings 4 onderskeidings 4 onderskeidings

AKADEMIE IS ONS BESIGHEID

Nuusbrief 1 31 Januarie 2019

2

Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid

OUDLEERDER LEWER BAANBREKERSWERK OP FARMASEUTIESE GEBIED - mnr. Andries LouwJanke Kleynhans, ʼn leerder van HS Strand se 2007-matriekklas, het reeds op skool haar merk op akademiese en musikale gebied gemaak. Sy was een van die top kandidate in haar klas met ʼn briljante A-gemiddeld en het ook UNISA se finale musiekeksamen geslaag.

In Junie 2018 het sy haar PhD-graad in Farmaseutika aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom verwerf. Haar doktorsgraad was ʼn kombinasie van kerngeneeskunde en farmasie. Die begrip “farmasie” verwys na die veilige en doeltreffende gebruik van medisyne.

Haar navorsing het ook die aanwending van nanotegnologie behels – die manipulasie van materie op ʼn atomiese en molekulêre vlak.

In kort het haar navorsing die herformulering van ʼn huidige radioaktiewe middel, wat vir die behandeling van beenkanker gebruik word, behels. Hierdie geneesmiddel is eers op diere en later op mense getoets.

Dr. Janke Kleynhans is tans ʼn navorser en dosent in Radio-farmasie aan die Universiteit van Pretoria.

Die HS Strand kan met reg trots wees op hierdie uiters begaafde oudleerder. Haar hele lewe het nog altyd van diensbaarheid getuig. Haar prestasies onderstreep die feit dat HS Strand gereeld akademici van wêreldgehalte oplewer.

Nuusbrief 1 AKADEMIE IS ONS BESIGHEID 31 Januarie 2019

3

2

Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid

DIE BURGER SE 60STE JEUGLEIERSKONFERENSIE - Chris Langeveldt (gr.12)Gedurende die Desember-vakansie, het ek die voorreg gehad om deel te wees van Die Burger se 60ste jeugleierskonferensie.

Die konferensie is in samewerking met die WKOD aangebied. 25 hoofmeisies en 25 hoofseuns van skole uit die Oos-, Noord- en Wes-Kaap het die konferensie bygewoon. Die tema van die konferensie was: “Die bydrae van die jeug tot kohesie in die Suid-Afrikaanse samelewing.”

Elkeen van ons moes gedurende die week van die konferensie ʼn toespraak van ongeveer 7 minute oor hierdie tema lewer, maar dit moes uit ʼn ekonomiese, sosio-maatskaplike of uit ʼn onderwysperspektief wees. Ek was in die groep wat uit ʼn onderwysperspektief moes praat .

ʼn Groot benoudheid het my vir ʼn oomblik beetgepak toe ons groepleier my vra om eerste - uit al 50 jeugleiers - te praat. Gelukkig het dit goed gegaan en toe kon ek die res van die week ontspan terwyl die ander nog stres oor hul toesprake. Behalwe vir die jeugleiers se toesprake, het ons ook elke dag ʼn gasspreker gehad wat ons oor aktuele kwessies toegespreek het.

Ons het verskeie besienswaardighede, soos Die Grootte Kerk in Kaapstad, Leeuwenhof (die Wes-Kaapse premierswoning), die Universiteit van Stellenbosch en die Naspers-sentrum, besoek.

Een van my persoonlike hoogtepunte was om ons premier, me. Helen Zille te ontmoet. Nou kyk, vir die eerste keer in my lewe het ek gevoel ek is nou in die teenwoordigheid van ʼn baie belangrike en hoë profiel mens, maar snaaks genoeg was sy so doodnormaal soos die volgende tannie wat jy sal ontmoet – ʼn baie charis-matiese, maar gemaklike en plat-op-die-aarde mens.

Ons het darem nie net gewerk nie - ons het ook aftyd gehad waar ons mekaar ʼn bietjie beter kon leer ken. Ons het bande gevorm wat vir lank sal hou.

Gedurende hierdie onvergeetlike week het ek geleer om met verskeie tipes mense te werk. Ek het geleer oor die belangrikheid van eenheid en die impak wat dit op ʼn samelewing kan hê. Ek is geïnspireer en gemotiveer om my deel te doen met betrekking tot ʼn meer samehorige Suid-Afrika.

Baie dankie aan Hoërskool Strand wat hierdie geleentheid van ʼn leeftyd vir my moontlik gemaak het.

ATKV-JEUGLEIERSIMPOSIUM - Tara Venter (gr.12)Wees braaf, hou moed!

Bogenoemde is nie net die visie van die ATKV-jeugleiersimposium van 2018 nie, maar ook ʼn visie wat enige een van ons deel van ons lewe kan maak.

Die vier hoofleiers, Tara Venter, Chris Langeveldt, Kristin Meyer en Luke Booysen, het gedurende die Desember-vakansie die jaarlikse ATKV-jeugleiersimposium in Goudini bygewoon. 162 hoofleiers en 16 fasiliteerders het die konferensie bygewoon.

Kenners het tydens die sessies gesels oor aktuele kwessies soos veerkragtigheid, wetgewing, menswaardigheid, empatie, vrees en leierskap.

Die jong leiers het kans gekry om hulself beter te leer ken, bande te smee met ander skole, hul leierskapvaar-dighede te ontwikkel en gereed te maak vir die uitdagings van 2019. Tussenin was daar darem ook tyd vir ontspan en saamkuier.

Hulle het nie net weggestap met meer selfvertroue, kennis en baie vriende nie, maar het geleer dat deur braaf te wees en moed te hou hulle saam ʼn verskil kan maak in ons skool.

Nuusbrief 1 31 Januarie 2019AKTUELE SAKE

4

Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid

KOOP `N HOËRSKOOL STRAND-BUFFBuffs teen R70 elk word op Vrydag, 1 Feb. tydens die somer-interskole aan leerders, oudleerders, ouers en ondersteuners te koop aangebied.

Leerders van Hoërskool Strand mag dit slegs by sportklere dra en op enige van die drie maniere soos uitgebeeld op die foto.

Ondersteun ons asseblief deur die aankoop van ʼn HS Strand-buff. Kontak gerus vir mev. Anso Kemp (die bemarker) vir verdere navrae.

w w w . r a m b l e b a g . c o m

Gehalte Nate & Stiksels

2-Jaar WaarborgSwaardiens-

Skouerbande

Super-Sterk Ritssluiters

Groot Laaipotensiaal

Kwaliteit Afwerking

Duursame Materiaal

Uitstekende Waarde

SCHOOL CAMERA LAPTOP TRAVEL

OMGEWING VAN UITNEMENDHEID

Bring jouself iets in die sak met Ramble se nuwe ACE rugsak.Gerugsteun deur puik afwerkings en spesiale kenmerke,

is dit sak en pak die beste belegging vir jou kind se nuwe skool jaar. En jy hoef glad nie jou sak daarvoor te skud nie!

R580

Onmiddell ik beskikbaar by: Anso Kemp Bemarkingskantoor | [email protected]

31 Januarie 2019AKTUELE SAKENuusbrief 1

5

4

Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid

HOËRSKOOL STRAND VERWELKOM DIE KUIKENS - Mia Williams (gr.12)Op Dinsdag, 8 Januarie, het die Arenderaad reggestaan om die kuikens van 2019 met ope arms in die nes te verwelkom. Al die kuikens was gespanne, maar ʼn gevoel van trots het oorheers.

Die eerste dag was baie rustig. Die kuikens het hul rooi knope en hul kuikenkosboekies ontvang. Daarna het hul AR-lid hulle vertel dat hulle die volgende dag ʼn kuikentoets gaan skryf waarvoor hulle 80% moet kry om te kan slaag. Die kuikens het ook die geleentheid gekry om mekaar en hul AR-lid beter te leer ken.

Die res van die week het ons die kuikens aan die verskillende skoolaktiwiteite bekendgestel en vir die baie bekende en gewilde kuikenkonsert geoefen. Die kuikendans het veral groot aftrek gekry.

Die doel van die kuikenweek is dat die kuikens geborge en welkom moet voel by Hoërskool Strand.“Ek voel baie tuis by Hoërskool Strand. Ek was baie bang gewees aan die begin, maar toe ek by die skool aankom en sien hoe al die ander kuikens lyk, het ek besef dat ek nie alleen is nie.” So vertel een van die kuikens na afloop van die week se program.

Die AR van 2019 het tydens die kuikenweek ʼn sterk band met mekaar, asook met die kuikens gevorm.

SIT HAND BY VIR DIE OMGEWING – me. O’dine LateganDie GROEN-klublede het tydens die eerste paar weke van die kwartaal reeds by twee geleenthede hand uitgesteek om ons omgewing te help.

Op Saterdag, 19 Januarie, het lede van GROEN, as deel van ʼn groter gemeenskapsprojek, gehelp om die Lourensrivier en sy banke skoon te maak. Dit was ʼn goeie geleentheid om bande met die gemeenskap te versterk en ook opnuut van die toestand van ons omgewing bewus te word, ten einde nog projekte vir die toekoms te identifiseer.

GROEN het ook op 23 Januarie hul eerste strandskoonmaak vir die jaar geloods. Sowat 25 leerders, waaronder ʼn groot aantal nuwelinge, het die gebied rondom die lewensreddersklub skoongemaak. Dit was ʼn wonderlike geleentheid om nuwe lede te leer ken.

Ons sien uit na ʼn jaar waarin ons werklik ʼn verskil in en aan ons omgewing kan maak.

Nuusbrief 1 31 Januarie 2019AKTUELE SAKE

6

Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid

GRAAD 12-LEERDERS VIER HUL MATRIEKDAGEen van ons skool se trotse tradisies is die vier van die gebruiklike Matriekdag. Op hierdie dag word die graad 12-leerders se matriekjaar feestelik ingelei deur die dra van kostuums wat geïnspireer word deur hul voorletters.

ARENDE-PRETLOOP 2019 Op Dinsdag, 22 Januarie, het die sportgrond van Hoërskool Strand gewoel en gekrioel van stappendes, drawwendes, hardlopendes en pretmakendes. Dit was tyd vir die jaarlikse pretloop - pret vir diegene wat 4 km aangedurf het en erns vir diegene wat hulle in die 8 km-wedloop begewe het.

Die pret is verder aangevuur deur die “Funky Feet”-kompetisie wat talle kleurvollle voete opgelewer het. Die kreatiewes is boonop met pretpryse vir hul moeite beloon. Daar was heerlike gelukkige trekkings - van pizza-geskenkbewyse tot koffie- en eetbewyse, asook klein goedjies soos waterbottels, springtoue, drinkgoed en knibbelgoedjies. Moenie vergeet van die HEERLIKE GROOOOOOT geskenkbewys van een van die burger-wegneemplekke nie. Beslis ʼn goeie beloning vir ʼn paar harde kilometers.

Wenners in elke kategorie:

4 km: Dogters: Karla Pienaar Seuns: Giovanno Steyn Vroue: Erna Groenewald Mans: Stefan Olivier

8 km: Dogters: Rochelle Meyer Seuns: Dewald de Koker en Adriaan Lambrechts Vroue: Cheryl le Roux Mans: Willem Maré

Baie dankie aan elkeen wat deelgeneem het en gehelp het om van die geleentheid ʼn reusesukses te maak. Ons sien daarna uit om julle almal volgende jaar terug te verwelkom.

Op Maandag, 28 Januarie, in aanloop tot die somer-interskole is die gees verder gebou met ʼn “Funky Face”-tema.

31 Januarie 2019AKTUELE SAKENuusbrief 1

7

6

Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid

SPANBOU VIR DIE DIRIGENTE - Teanelle Engelbrecht (gr.12)Op ʼn reënerige Vrydagaand het 14 dirigente by die skool bymekaargekom vir ʼn nag van spanbou. Drie van verlede jaar se dirigente (Anica Vos, Duwayne Scheepers en Tyrese Baadjies) was ook daar om ons ʼn bietjie touwys te maak oor die jaar wat voorlê.

Juf. Wilene Theart het by ons aangesluit en haar dramavaardighede met ons gedeel. Met die regte asem-haling en stemgebruik kan ons nou behoorlik gees bou.

Toe kom die beste deel van die aand: Ons het gaan kos koop by Burger King (Mall), vir Nick Stevens raakge-loop en “baie dankie” gesing vir die Burger King-span soos goeie dirigente moet!

Terug by die skool het ons as dirigente geleer hoe om as ʼn eenheid op te tree, mekaar beter leer ken asook vertroue gebou. Daarna is die hoofdirigente en onderhoofdirigente verkies.

Die opwindende aand is afgesluit met gebed en ʼn welverdiende nagrus. Ek het nooit gedink die dag sal kom dat ek by die skool wil oorslaap nie, maar met die regte mense en toegewyde onderwysers (dankie juf. Mary van Wyk en juf. Arianne Shaw) is enige iets moontlik!

ATKV-REDENAARSOPLEIDING - me. Lize MombergOp Saterdag, 26 Januarie, het Hoerskool Strand gasheer gespeel vir twee baie belangrike ATKV-kursusse. Die aanbieder was dr. Elbie Adendorf, verbonde aan die Universiteit van Stellenbosch.

Die oggendsessie het die vorm van ʼn inligtingsessie en skryfskool vir die skryf van redenaarstoesprake aangeneem. 27 graad 6 -12 leerders, 22 opvoeders en 15 ouers het hierdie uiters leersame sessie bygewoon. Tydens die middagsessie is 34 beoordelaars bemagtig om ATKV-streekskompetisies te beoordeel.

Twee van die Arende wat hierdie leersame geleentheid bygewoon het, is Sonti Nelani en Katelin Hendricks. Me. Lize Momberg (opvoeder) en me. Jeanetta Verdoes (voorsitter van die Helderberg ATKV-tak) het gehelp met die organisering van die geleentheid.

Nuusbrief 1 31 Januarie 2019AKTUELE SAKE

8

HOKKIESPELERS VAN HS STRAND PRESTEER BY SA-BINNENSHUISEHOKKIETOERNOOIVerskeie hokkiespelers van HS Strand het in die afgelope vakansie aan die SA- Binnenshuise-hokkietoernooi in Kaapstad deelgeneem.

Een van die o.14-spelers, Durand van Deventer, het vanaf 14-17 Desember die o.14 Scorpion-span verteenwoordig. Tydens hierdie toernooi het hulle span ʼn brons medalje gewen. Op die tweede dag is Durand ook as speler van die wedstryd aangewys.

Attie Lambrechts het vir die WP-Sharks doelwagter gespeel. Hulle span het in die finale ronde teen die Quaggas van die Oos-Rand gespeel en ʼn silwer medalje in die B-Afdeling gewen. Dit was ʼn baie spannende wedstryd, met die eindtelling 4-3 teen hulle.

Hanli Huisman is in die PSI National All Stars-span opgeneem en sy is as beste doelwagter in die o.16-afdeling aangewys.

Nuusbrief 1 31 Januarie 2019SPORTNUUS

Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid

9

8

KLEURE-ATLETIEK - me. Annamarie LouwDie 2019 kleure-atletiekbyeenkoms het weer eens mooi prestasies opgelewer:

Daar is ʼn hele aantal REKORDS verbeter:

ITEM ATLEET NUWE PRESTASIE VORIGE REKORDGewigstoot D.17 Ané Braasch 11,00 m 10,17 m5000 m Stap S.15 Leighton Damons Verbeter na 33:19 33:375000 m Stap S.15 Durand v Deventer Nuwe rekord 33:17 33:37800 m D.17 Kasandra Botha Verbeter na 2:23,40 2:33,40800 m D.17 Karla Pienaar Nuwe rekord 2:20 2:33,40 (Vorige D.17-rekord vir 800 m staan reeds vanaf 1994)Hamergooi D.17 Anél Swart 43,84 m 44,63 m

Durand van Deventer, Kasandra Botha, Ané Braasch, Anél Swart en Karla Pienaar

Die beste individuele prestasie van die dag was soos volg: Karla Pienaar (D.17 800 m), Brad-lee Fourie (S.15 800 m), Caitlin Wyngaardt (D.14 hoogspring ) en Martin Louw (S.17 hoogspring)

Die veelsydigste atlete van die dag:

JUNIOR VICTRIX LUDORUM: Celentia van VuurenJUNIOR VICTOR LUDORUM: Alexander Smit SENIOR VICTRIX LUDORUM: Bianca van Deventer SENIOR VICTOR LUDORUM: Adriaan Kennedy

Nuusbrief 1 31 Januarie 2019SPORTNUUS

Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid

10

ARENDE GENIET DIE NORMAN HAUZER-ATLETIEKBYEENKOMS -me. Annamarie LouwOp Vrydag, 25 Januarie, het ongeveer 150 Arend-atlete aan die Norman Hauzer-atletiekbyeenkoms, wat jaarliks deur Hoërskool Bellville gereël word, deelgeneem. Die ander deelnemende skole was Paarl Gimnasium, Curro Mosselbaai en Curro Durbanville, Hoërskool Punt (Mosselbaai) en natuurlik Hoërskool Bellville as gasheerskool – so dit was kwaai kompetisie. Aangesien dit ʼn goeie voorsmakie is van die interskole-byeenkoms was dit goeie blootstelling vir die atlete.

Vele van die Arend-atlete kan spog met ʼn medalje om die nek – selfs ʼn rekord vir die nuweling Arend-kuiken, Caitlin Wyngaard, vir hoogspring D.14. Sy het ʼn pragtige 1,48 m gespring.

Daar is 8 goue, 16 silwer en 19 brons medaljes deur die Strand-atlete verwerf. Hoërskool Strand was algeheel in die derde plek, met Paarl Gimnasium en Bellville in die eerste twee plekke onderskeidelik.

Dit was ʼn winderige, sanderige, lang atletiekdag, maar dit was lekker om te sien hoe die Arend-familie (afrigters en span-bestuurders ingesluit) mekaar ondersteun en tot die einde opgewonde en entoesiasties gebly het.

Die top 10-meisieprestasies in die HS Strand-span o.14-17 was soos volg:

MEISIES ONDER 14-17Naam Item Uitslag Plek ASACaitlin Isaacs 26 - 100 m 12.67 1 774Caitlin Isaacs 72 - 200 m 26.62 1 756Anél Swart 32 - GS 9.40 5 746Marli Botha 32 - GS 8.58 6 705Esterlie Maré 58 –400 mH 1:15.39 2 699Frianey Hibert 42 - GS 7.77 5 687Anne Swart 24 - 100 m 13.69 3 681Tiné Els 42 - GS 7.44 6 667Karisha van Eeden 17 - GS 7.16 8 664Anne Swart 70 - 200 m 29.04 4 661

MEISIES ONDER 19Naam Item Uitslag Plek ASAMarli Botha 59 - HG 38.71 2 843Anel Swart 59 - HG 36.76 3 822Karla Prins 93 - GS 9.45 2 790Beneatha Herbst 59 - HG 28.90 5 725Enya Scholtz 59 - HG 27.85 6 711Carla Grobler 93 - GS 7.02 6 655Bianca van Deventer 7 - SG 33.76 3 652Kelly Joubert 44 - DG 25.25 4 642Teneall Engelbrecht 29 - 100 m 13.85 2 625Teneall Engelbrecht 101 - 400 m 1:07.89 4 623z

SEUNS ONDER 14-17Naam Item Uitslag Plek ASAStefan Naudé 28 - 100 m 11.19 1 789Rico Thiart 1 - HG 48.43 2 758Nathan Grootboom 28 - 100 m 11.55 5 725Fernando Vermeulen 14 - 110 mH 16.23 3 720Handre Nel 11 - 100 mH 15.63 2 716Giovanno Steyn 105 - 3000 m 10:30.62 3 661Alexander Smit 104 - 3000 m 10:47.63 2 655MJ vd Westhuizen 105 - 3000 m 10:54.51 5 623Alexander Smit 71 - 200 m 25.59 4 612Nathan de Bruin 25 - 100 m 12.54 7 609

SEUNS ONDER 19Naam Item Uitslag Plek ASADewald de Koker 102 - 400 m 52.12 1 704Toufeeq Brinkhuis 34 - 100 m 11.69 2 676Adriaan Kennedy 66 - 400 mH 1:00.03 1 603Adriaan Lambrechts 106 - 3000 m 10:54.51 4 603CJ Olivier 81 - 200 m 25.23 4 587Juan Luus 21 - 110 mH 19.03 4 564Wesley McCarthy 106 - 3000 m 11:30.70 6 552Adriaan Kennedy 40 - HS 1.80 1 550Lee Smith 81 - 200 m 26.07 7 541CJ Olivier 102 - 400 m 1:01.82 5 479

11

Nuusbrief 1 31 Januarie 2019SPORTNUUS

Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid

10

SCHOOL OF SPEED-BYEENKOMS, COETZENBURG - me. Annamarie LouwTien Arend-atlete het op Saterdag, 26 Januarie, nog die krag gehad om aan die baie opwindende School of Speed-byeenkoms in ʼn splinternuwe Coetzenburg-stadion in Stellenbosch deel te neem.

Die byeenkoms bestaan slegs uit hardloop-, verspring en hoogspringitems. Drie van die Arende het medaljes verower:

Handré Nel in 100 m hekkies S.15, Adriaan Kennedy in 110 m hekkies S.19 en Caitlin Isaacs in die 100 m D.17.

Wel gedaan, Arende!

LIAM MARTIN MAAK GESKIEDENIS - mnr. Andries LouwLiam Martin, kaptein van HS Strand se eerste krieketspan, het gedurende die somervakansie geskiedenis gemaak deur vir die o.17 SA-Plattelandspan gekies te word. Hy is die eerste leerder van HS Strand wat vir ʼn nasionale krieketspan gekies is.

Liam het die Boland se o.17-span in die SA-Plattelandtoernooi in Kimberley verteenwoordig. Hierdie toernooi het van 10-14 Desember plaasgevind en die droë velde en uiters hoë temperature het die spelers tot die uiterste beproef.

Op die eerste dag het Liam 101 lopies teen die sterk span van die Oostelike Provinsie aangeteken – slegs een van twee spelers wat honderdtalle in Kimberley kon aanteken. Hy het hierdie briljante kolfbeurt ook met beurte van 68 en 45, nie uit nie, opgevolg.

Liam het uiteindelik die vierde meeste lopies tydens die toernooi aangeteken teen ʼn gemiddelde van 44,8 lopies per beurt – ʼn kolfgemiddeld wat baie toetsspelers hom sal beny.

Wat Liam se vertonings nog merkwaardiger maak, is die feit dat hy ook 9 vangkanse benut het, een kolwer uitgehardloop het en ook by geleentheid 2 paaltjies vir 15 lopies platgetrek het. Liam het dus hierdeur sy veelsydigheid en afgerondheid as krieketspeler onderstreep.

Aanvanklik is Liam as onderkaptein van die Bolandse span aangewys, maar is op Dag 3 amptelik tot kaptein bevorder. Dit spreek boekdele vir sy statuur binne spanverband. Uiteindelik was Liam een van twee spelers van die Boland wat die SA-Plattelandspan gehaal het.

HS Strand kan dus met reg trots op hierdie begaafde krieketspeler wees. Sy vordering op die krieketveld gaan beslis met arendsoë dopgehou word.

Nuusbrief 1 31 Januarie 2019SPORTNUUS

Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid

12

HS STRAND NEEM AAN KAAPSE KRIEKETFEES DEEL - mnr. Andries LouwHoërskool Strand se eerste krieketspan het van 3-7 Januarie vir die heel eerste keer aan die Table Mountain Cricket Festival deelgeneem. Dit was die ideale voorbereiding vir die seisoen wat voorlê.

Op 3-4 Januarie is alle wedstryde oor 20 boulbeurte beslis. HS Strand het uiteindelik in die eindstryd met die derde laaste bal teen Newslands Cricket High School – met vier provinsiale spelers in hulle geledere - verloor. Liam Martin het onder andere met ʼn briljante 112 lopies, nie uit nie, (van slegs 63 balle) teen Kimberley Boys’ High en 46 lopies teen Western Cape Sport School geskitter. Shane Craythorne het ook ʼn uitstekende 47, nie uit nie, teen Newslands Cricket High School aangeteken.

Liam is uiteindelik met ʼn briljante 96,8 lopiegemiddeld as die beste kolwer aangewys. Dit is voorwaar ʼn briljante prestasie.

Hoërskool Strand se boulers het hulle ook baie goed van hulle taak gekwyt. Chris Jurgens se uitstekende 3 paaltjies vir 13 lopies teen Newlands Cricket High School, Shane Craythorne se 3 paaltjies vir 28 lopies en Reinhardt le Roux se 3 paaltjies vir 19 lopies teen Kimberley Boys’ High sal lank onthou word. Nico van der Watt, met 2 paaltjies vir 19 lopies teen Western Cape Sport School, verdien ook vermelding.

Op 5 en 7 Januarie is alle wedstryde oor 50 boulbeurte beslis. In die wedstryd teen Kimberley Boys’ High het HS Strand ʼn uitstekende 255 lopies vir 6 paaltjies aangeteken. Reinhardt le Roux het ʼn uitstekende 63 lopies aangeteken. Hy is goed deur Marinus Roux met 45 lopies bygestaan. In die beurt van Kimberley Boys’ High het Guillaume Jansen en Shane Craythorne met 3 paaltjies elk Kimberley se kolflys geknak en hulle vir 117 lopies uitgehaal. Die Strand wen die wedstryd met 138 lopies.

Op die laaste dag van die toernooi het die Strand met 79 lopies teen Newslands Cricket High School verloor, maar nogtans uitstekend gevaar. Liam Martin het weer eens met 45 lopies geskitter.

Hierdie toernooi het baie beslis die Strand se eerste krieketspan vir die komende seisoen geslyp.

STRAND VERSUS HS PAREL VALLEI (17 - 19 JANUARIE) Krieketwedstryde tussen HS Strand en HS Parel Vallei sorg gereeld vir drama. Hierdie reeks wedstryde was ook geen uitsondering nie.

Die eerste krieketspan het op dramatiese wyse vir HS Parel Vallei met 95 lopies geklop, maar die uiteindelike uitslag vertel nie die volle verhaal nie. HS Strand is deur Parel Vallei ingestuur om te kolf en was met 2 lopies op die telbord en 3 paaltjies plat, teen die planke. Danksy ʼn briljante 66 lopies deur die kaptein, Liam Martin, het die Strand ʼn respektabele 169 lopies aangeteken. Jarred Verwey met 20 lopies en Guillaume Jansen met 17 lopies het hom goed ondersteun.

HS Strand het daarna met uiters gedissiplineerde boulwerk vorendag gekom. Shane Craythorne het 3 paaltjies vir 24 lopies platgetrek. Guillaume Jansen, Marinus Roux en Chris Jurgens het elk 2 paaltjies platgetrek en Parel Vallei tot 74 lopies beperk.

Die o.15A-span het met 5 paaltjies teen Parel Vallei vasgeval, maar Guillaume Uys het ʼn baie goeie 30 lopies aangeteken.

Die o.14A-span het ook hulle rieme styfgeloop en met 9 paaltjies teen Parel Vallei verloor.

STRAND VERSUS PAUL ROOS IN 20/20-STRYDDie eerste span het met 53 lopies teen Paul Roos Gimnasium in die nasionale 20/20-kompetisie verloor.

Ook in hierdie wedstryd het Liam Martin sy stempel afgedruk en 33 nie uit nie aangeteken. HS Strand het die Boland se kampioenspan van 2018 hard vir sy oorwinning laat werk.

LOOPBAANEXPODinsdag,12 Maart, van 08:00-12:00 in die skoolsaal.

Gebruik hierdie geleentheid om saam met u kind moontlike toekomsopsies te ondersoek.

Vir meer inligting: Kontak me. Hannalie van der Merwe.

Nuusbrief 1 31 Januarie 2019SPORTNUUS

Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid

12

13

HOËRSKOOL STRAND TOUTREKSPANNE VEG BRAAF IN BLOEDIGE HITTE!Hoërskool Strand se toutrekspanne het weer by die pas afgelope Junior Toutrekkompetisie te HTS Bellville uitstekend gevaar en dit te midde van ʼn bloedige hitte wat die trekkers diep laat delf het! 152 spanne van regoor die WP en Wynland (Boland) het aan die kompetisie deelgeneem.

Met temperature in die middel dertigs het die 480 kg-span, wat juis die vorige naweek ietwat gesukkel het, hulle reggeruk en ʼn brons medalje gewen. Hulle was ook die beste WP-klubspan op die dag. Die 480 kg-dames het gewys hoe baie hulle tydens oefeninge geleer het en beloof nog groot dinge vorentoe. Daarna het die 600 kg-span ook ʼn brons medalje ingepalm en is hulle ook as die beste WP-klubspan aangewys.

Die 520 kg-span het met een punt die semi-finale trekke gemis en reeds hier het trekkers die impak van die bloedige hitte gevoel. Die 520 kg-gemengde span (4 dames en 4 mans) het egter hulself uitstekend van hul taak gekwyt en net-net in die finale rondte teen Drostdy verloor om die silwer medalje in te palm. Daarna het die uitgeputte trekkers in die 560 kg-span moedig baklei en ʼn verdienstelike vierde plek behaal.

Om in tot 3 gewigsgroepe in temperature van 34 grade te trek, sit in min sportlui se bene en koppe. Hiervoor moet die uitstekende aanvoerder-afrigters soos mnr. Adriaan Odendaal, gelukgewens word.

HS STRAND TOUTREKKERS BEÏNDRUK TYDENS EERSTE KOMPETISIEOp Saterdag, 19 Januarie, is die eerste Junior Toutrekkompetisie van die jaar by die Jan Kriel-skool in byna perfekte toestande gehou.

Hoërskool Strand se 560 kg-span het in die eerste afdeling letterlik alles voor hul platgevee (of is dit nou platgetrek). Met ʼn welverdiende eerste plek is hulle gevolg deur die 520 kg gemengde span (4 seuns en 4 meisies)en het hulle voortgebou op die vorige span se sukses. Hulle was ongelukkig om tweede te kom. Drie van die meisies was nuwelinge, maar het die geleentheid steeds met beide hande aangegryp en hul staal getoon het.

Die 520 kg seunspan het, ten spyte van stywe kompetisie, ʼn uitstekende 2de plek behaal. Onder leiding van die twee Springbok-afrigters, mnr. Adriaan Odendaal en mnr. Tiaan Ras, het die span waardevolle ondervinding opgedoen en geleer hoe om “moeilike” trekke te hanteer.

Hoërskool Strand se 600 kg-span het ook soos hul 560 kg eweknieë met skoon trekke alles voor hulle “mak” getrek en met hul eerste plek gewys dat hulle beslis aanspraakmakers op ʼn medalje tydens die Suid-Afrikaanse Kampioenskap in Maart op Oudtshoorn gaan wees.

Die 480 kg-span het ietwat gesukkel, maar steeds baie tydens die toernooi geleer. Net so het die nuwelinge en veral die nuwe meisietrekkers waardevolle ondervinding opgedoen en gewys dat toutrek as sport vasbyt, tegniek, lojaliteit en harde oefening vereis.

Hoërskool Strand wil aan al die trekkers, maar veral die aanvoerders/afrigters en ouers baie dankie sê vir die lang ure wat hul insit om ons skool se naam hoog te hou. Met slegs 7 weke oor na die SA-Kampioenskap wens ons die trekkers alle voorspoed toe met hul voorbereiding.

Nuwe trekkers is meer as welkom om aan te sluit. Oefeninge is voorlopig elke Maandag en Woensdag van 18:00-19:30 by die Charles Morkel-gronde.

Nuusbrief 1 31 Januarie 2019SPORTNUUS

Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid

14

ROLBALSPELERS PRESTEER IN WP JUNIOR MEESTERSTOERNOOI - McKenzie Knipe (gr.10)ʼn Eer het vyf van HS Strand se rolbalspelers te beurt geval toe hulle ʼn spesiale uitnodiging van die Westelike Provinsie Rolbalvereniging ontvang het om op 17 en 18 November aan die WP Junior Meesters-toernooi deel te neem. Slegs ʼn beperkte aantal spelers is gekies. McKenzie Knipe (o.15), Shannon Phillip (o.15), Jason Fouché (o.20), Juan Joubert (o. 20) en Michael Ferreira (o.20) het so ʼn uitnodiging ontvang. Hulle moes ook mooi beplan om tydens die eksamen twee volle dae van rolbal in te pas.

Die WP Junior Meesterstoernooi het by die rolbalklub van die Pollsmoor gevangenis plaasgevind waar die vyf leerders teen meestal hardebaard o.20’s moes meeding. Maar Hoërskool Strand se leerders het nie vir een oomblik teruggestaan nie en hulle slag tydens die enkelspeltoernooi gewys.

Na ʼn dag en ʼn half van uitdunne het McKenzie, Shannon en Jason, saam met nog ʼn speler van ʼn ander klub na die finale rondte deurgedring. Shannon en Jason het uitgespeel vir die derde en vierde plekke en McKenzie en Aiden Lourens (van die Pollsmoor rolbalklub) het uitgespeel vir die eerste en tweede plekke.

Beide wedstryde was ʼn wipplankryery en niemand kon die eindtelling voorspel nie. Na 14 koppe was McKenzie 7-15 agter teen Aiden, maar het teruggeveg om met ʼn telling van 21-17 te wen en met die goue medalje en titel van WP Junior Meesterskampioen weg te stap.

Jason het vir Shannon naelskraap gewen en albei het bronsmeldaljes ingepalm.

McKenzie is ook na die WP Senior Meesterstoernooi, wat op 8 en 9 Desember in Gordonsbaai plaasgevind het, genooi.

WP-SPELERSOp 29 Januarie 2019 het nog ʼn eer vyf rolbalspelers van HS Strand te beurt geval met hul insluiting in die WP o.15 en o. 20 spanne wat in die Maart-vakansie aan die SA- Kampioenskap in Bloemfontein gaan deelneem. Armand Smith is in die o.15-span opgeneem en McKenzie Knipe, Shannon Phillip, Juan Joubert en Jason Fouché sal WP in die o.20 toernooi verteenwoordig. Hulle word voorspoed toegewens vir die toernooi wat vanaf 25-29 Maart gaan plaasvind.

AREND-AFSLAANTENNISTOERNOOI 2019 me. Lydia OppermanOp Saterdag, 19 Januarie, het die tweede Arend-Afslaantoernooi plaasgevind. Agt spanne in twee groepe het teen mekaar meegeding.

By die klubbane het HS Bellville, Strand A, ʼn uitnodigingspan (seuns van Hermanus en dogters van die Kaap) en Parel Vallei sake uitgespook. Parel Vallei het as wenner uit die stryd getree.

By die skool se bane het Bredasdorp, Strand B, Strand Ace en Montague gespeel. Montague was die wenners van hierdie tennisstryd.

Dit was ʼn wonderlike dag waar daar baie tennis gespeel is en nuwe vriendskappe gevorm is. Ons hoop om volgende jaar weer so te maak.

Baie dankie aan ons wonderlike ouers vir al hulle ondersteuning, asook ons afrigters, me. A Morkel en mnr. C Morkel vir hulle toewyde afrigting.

Nuusbrief 1 31 Januarie 2019SPORTNUUS

Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid

15

14

Is jy bekommerd oor jou NETBALVAARDIGHEDE?

Hoërskool Strand bied jou die ideale geleentheid.

Met bekwame afrigters kan jy nie verkeerd gaan nie.

Belê in jou netbaljaar teen net R250 per nie-ingeskrewe speler en

R200 per ingeskrewe speler.Teen R100 per afrigter

kan die afrigters hulle kennis kom opskerp.

Wie is welkom? o.12- tot o.18-netbalspelersasook afrigters.

Vir meer inligting kontak Tania van der Walt - [email protected] Anso Kemp - [email protected]

Erin BurgerSPAR Protea Speler

Anso KempIUA

(Internasionale Skeidsregter)NSA A-skeidsregter

SOOS `N VIS IN DIE WATER!Martin Theron (gr. 9) het aan die Cape of Good Hope-swemgala deelgeneem. Hy het ʼn brons medalje in die 400 m vryslag verower. Hy het ook sy persoonlike beste tyd met bykans 30 sekondes verbeter.

“SPEED CUBING” ʼn Buitesport van ʼn heel ander aard – waar spoed en vaardigheid beslis ʼn kardinale rol speel – is “speed cubing”. Twee kranige spelers van Hoërskool Strand wat hierdie sport beoefen, is Calum Visagie en Dylan Swarts.

Hulle het tydens die pas afgelope kompetisie in die Cape Town Science Centre onderskeidelik ʼn brons (Calum Visagie) en twee silwer medaljes(Dylan Swartrs) ingepalm.

Nuusbrief 1 31 Januarie 2019SPORTNUUS

Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid

Nuusbrief 1 31 Januarie 2019SPORTNUUS

Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid