HORSKOOL STRAND Waar jong arende sweef...

8
1 29 November 2013 | OMSENDBRIEF 11 HOËRSKOOL STRAND ARENDENUUS Waar jong arende sweef Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid UIT DIE HOOF SE KANTOOR DIE EINDE VAN 2013 OP PAD NA 2014 V ir ons skool was 2013 regtig ’n jaar met baie uitdagings. Baie van hierdie uitdagings was rondom ons personeel. Ons het 2013 begin met ’n bouery op ons terrein wat die skool op verskeie maniere ontwrig het en ook hoë eise aan die personeel gestel het. Moeilike tye in die persoonlike lewens van enkele van ons personeellede het ook vanjaar die karakter getoets. Maar ten spyte van hierdie swaarkry, trane en beproewinge was ons personeel steeds elke dag op hul pos om hul verpligtinge getrou na te kom. Van die hoogtepunte vanjaar was die somer- en winterinterskole wat baie vir ons skool se gees gedoen het. Nog ’n hoogtepunt was die ingebruikneming van ons nuwe fasiliteite soos die klaskamers, kameras en ander geriewe. Die laaste verbeteringe vir vanjaar word tans aangebring. Dit sluit die toegangshek in Kerkstraat, wat in aanbou is, en die opgradering van ons tennisbane in. Die gemeenskap sal saamstem dat ons skool regtig netjies lyk en waarde toevoeg tot die omgewing. Ons het ook vanjaar begin om veranderinge te weeg te bring aan ons bestuurstrukture by die skool en positiewe resultate is reeds sigbaar. Die oudskolierebond spog met nuwe lede, asook ’n stigtingskomitee wat dinge daar begin roer. Waarna sien ons uit in 2014? ’n Kollega het onlangs opgemerk dat die gevoel is dat ons vanjaar op strukture en infrastruktuur gefokus het, maar dat die fokus in 2014 op mense moet wees. Ons wil graag in 2014 d.m.v. volgehoue ondersteuning en ontwikkeling op ons personeel fokus. Veral met ons nuwe personeellede is dit baie belangrik. Die gedagte is dat die personeel nie net hard moet werk nie, maar die werk ook goed moet doen en dit moet geniet. Ook ons kinders is deel van ons fokus vir 2014. Meer aandag moet gegee word aan verantwoordbaarheid. Leerders moet nie net verantwoordbaar wees vir hul akademiese vordering nie, maar ook vir hul netheid en gedrag. Op ’n hele paar plekke is daar soveel tekens van groei en positiwiteit in en rondom ons skool. Daar is soveel goedgesindheid wat ’n warm gevoel om die hart laat. Ons kry gereeld goeie terugvoer oor ons skool. Ons sien regtig uit na ’n besondere 2014 wat vir ons voorlê. Baie dankie aan elk van die volgende: ons onderwysers wat elke dag onvermoeid hul deel in die klas en op die sportveld doen; ons administratiewe personeel wat die ruggraat van ons skool is; ons terreinpersoneel wat elke dag sorg dat ons terrein en geboue skoon en netjies is; elke leerder wat trots is op ons skool en ware ambassadeurs van ons skool is; ons skoolbeheerliggaam vir hul aktiewe betrokkenheid by ons skool; elke ouer wat elke dag ons skool as sekondêre opvoeders ondersteun; elkeen wat ons vanjaar met hul goeie guns verras het; en ons hemelse Vader wat vir ons elke dag die krag en die liefde gee om dit alles te kan doen.

Transcript of HORSKOOL STRAND Waar jong arende sweef...

Page 1: HORSKOOL STRAND Waar jong arende sweef ARENDENUUShsstrand.co.za/~strandsk/images/dokumente/nuusbriewe/Arendenuus_… · Van die hoogtepunte vanjaar was die somer- en winterinterskole

1

29 November 2013 | OMSENDBRIEF 11

H O Ë R S KO O L S T R A N D

ARENDENUUSWaar jong arende sweef

Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid

UIT DIE HOOF SE KANTOOR DIE EINDE VAN 2013 OP PAD NA 2014

Vir ons skool was 2013 regtig ’n jaar met baie uitdagings. Baie van hierdie uitdagings was rondom ons personeel. Ons het 2013 begin met ’n bouery op ons terrein wat die skool op verskeie maniere ontwrig

het en ook hoë eise aan die personeel gestel het. Moeilike tye in die persoonlike lewens van enkele van ons personeellede het ook vanjaar die karakter getoets. Maar ten spyte van hierdie swaarkry, trane en beproewinge was ons personeel steeds elke dag op hul pos om hul verpligtinge getrou na te kom.

Van die hoogtepunte vanjaar was die somer- en winterinterskole wat baie vir ons skool se gees gedoen het. Nog ’n hoogtepunt was die ingebruikneming van ons nuwe fasiliteite soos die klaskamers, kameras en ander geriewe. Die laaste verbeteringe vir vanjaar word tans aangebring. Dit sluit die toegangshek in Kerkstraat, wat in aanbou is, en die opgradering van ons tennisbane in. Die gemeenskap sal saamstem dat ons skool regtig netjies lyk en waarde toevoeg tot die omgewing.

Ons het ook vanjaar begin om veranderinge te weeg te bring aan ons bestuurstrukture by die skool en positiewe resultate is reeds sigbaar. Die oudskolierebond spog met nuwe lede, asook ’n stigtingskomitee wat dinge daar begin roer.

Waarna sien ons uit in 2014?

’n Kollega het onlangs opgemerk dat die gevoel is dat ons vanjaar op strukture en infrastruktuur gefokus het, maar dat die fokus in 2014 op mense moet wees.

Ons wil graag in 2014 d.m.v. volgehoue ondersteuning en ontwikkeling op ons personeel fokus. Veral met ons nuwe personeellede is dit baie belangrik. Die gedagte is dat die personeel nie net hard moet werk nie, maar die werk ook goed moet doen en dit moet geniet.

Ook ons kinders is deel van ons fokus vir 2014. Meer aandag moet gegee word aan verantwoordbaarheid. Leerders moet nie net verantwoordbaar wees vir hul akademiese vordering nie, maar ook vir hul netheid en gedrag.

Op ’n hele paar plekke is daar soveel tekens van groei en positiwiteit in en rondom ons skool. Daar is soveel goedgesindheid wat ’n warm gevoel om die hart laat. Ons kry gereeld goeie terugvoer oor ons skool. Ons sien regtig uit na ’n besondere 2014 wat vir ons voorlê.

Baie dankie aan elk van die volgende:

• onsonderwyserswatelkedagonvermoeidhuldeelindieklasenopdiesportvelddoen;• onsadministratiewepersoneelwatdieruggraatvanonsskoolis;• onsterreinpersoneelwatelkedagsorgdatonsterreinengeboueskoonennetjiesis;• elkeleerderwattrotsisoponsskoolenwareambassadeursvanonsskoolis;• onsskoolbeheerliggaamvirhulaktiewebetrokkenheidbyonsskool;• elkeouerwatelkedagonsskoolassekondêreopvoedersondersteun;• elkeenwatonsvanjaarmethulgoeiegunsverrashet;en• onshemelseVaderwatvironselkedagdiekragendieliefdegeeomditallestekandoen.

Page 2: HORSKOOL STRAND Waar jong arende sweef ARENDENUUShsstrand.co.za/~strandsk/images/dokumente/nuusbriewe/Arendenuus_… · Van die hoogtepunte vanjaar was die somer- en winterinterskole

Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid22

Nuusbrief 11 29 November 2013

UIT DIE HOOF SE KANTOOR (VERVOLG)Ons neem ook aan die einde van die jaar afskeid van ’n hele paar personeellede:

1. Mnr. Niehan Koekemoer (EBW en Besigheidstudies) verlaat die skool om saam met sy vrou sendingwerk in Mosambiek te gaan doen.2. Mnr. Cobus Wiese (EBW en Besigheidstudies) gaan in 2014 by Curro Privaatskool in Durbanville skoolhou.3. Me. Charlene Steenkamp het vanjaar uitgehelp in Afrikaans en Engels by ons skool. Sy het ’n betrekking by Laerskool Lochnerhof aanvaar.4. Me. Agnethia Linde (Afrikaans) het ons vanjaar in ’n deeltydse pos uitgehelp.5. Me. Marlene Theron was die afgelope 11 jaar betrokke by die bemarking, kommunikasie en die organisasie van baie van die skool se aktiwiteite en sportbyeenkomste. Sy het ’n soortgelyke betrekking by Oakdale Landbouskool te Riversdal aanvaar.6. Dr. Johan Botha tree na 41 jaar as opvoeder in Fisiese wetenskappe by die skool, af. Sy waardevolle bydraes tot die opbou en uitbou van ons skool, asok die insette wat hy oor die jare in sy klas gelewer het, is legio.7. Me. Arina Dixon (Rekenaartoepassingstegnologie) het op kort kennisgewing die skool kom uithelp na die nuus van me. Marianne Strömbeck se siekte en afsterwe op 29 Oktober vanjaar.8. Mnr. De Wet Neethling (Lewensoriëntering) het ’n WKOD-betrekking by Somerset-Wes Primêre Skool aanvaar.

Ons wil graag vir elkeen van hulle baie dankie sê vir hulle bydrae tot die suksesse van ons skool. Hul grootste bydrae lê egter in die waardevolle lesse wat hulle ons kinders elke dag geleer het en die direkte insette in die lewens van ons kinders. Hoërskool Strand sê baie dankie. Ons eer elkeen van hulle.

Me. Hannelie van Lill is vanaf 1 November vanjaar as die skool se nuwe bemarker aangestel. Sy het die goeie grondslag, wat deur me Henriëtte Schoeman gelê is ten opsigte van die bemarkingskomponent van ons skool, oorgeneem en is reeds besig om haar stempel af te druk. Enige voorstelle of geleenthede met betrekking tot bemarking, advertensies, borgskappe of donasies kan aan haar gestuur word by [email protected].

Inligting oor die ander nuwe aanstellings sal in die eerste nuusbrief van 2014 bekend gemaak word.

Page 3: HORSKOOL STRAND Waar jong arende sweef ARENDENUUShsstrand.co.za/~strandsk/images/dokumente/nuusbriewe/Arendenuus_… · Van die hoogtepunte vanjaar was die somer- en winterinterskole

Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, VerantwoordbaarheidRespek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid2 32

Nuusbrief 11 AKTUEEL 29 November 2013

Ons groet geliefde onderwyseresOp Dinsdag 29 Oktober 2013 is ʼn ikoon en gesoute ondewyseres van Hoërskool Strand na ʼn kort siekbed oorlede.

Me. Marianne Strömbeck het die skool 34 jaar lank onverpoos gedien en diep spore in menige kinders, kollegas en ouers se lewens getrap. Haar diepgewortelde liefde vir haar skool het duidelik uit al haar doen en late geblyk.

As ware leier en mentor het sy geweet wanneer om jou vas te vat sonder om jou minderwaardig te laat voel en die dag wanneer sy jou getroos of ʼn kompliment gegee het, het jy geweet sy bedoel dit opreg.

Haar bewonderenswaardige beginselvastheid het haar iemand gemaak na wie almal opgekyk het en vertrou het, iemand wat jy nooit wou teleurstel nie. Almal wat met hierdie besondere onderwyseres en kollega in aanraking gekom het, kon en het altyd by haar geleer.

Wat haar nog meer uitsonderlik gemaak het, was die rol wat sy in baie leerders se persoonlike lewens gespeel het. Selfs oudleerders het dikwels teruggekeer vir haar raad en goedkeuring. Met haar deernis en begrip het sy vir baie leerders en kollegas kerse in die donker aangesteek.

Sy het oor die vermoë beskik om ʼn situasie vlymskerp te ontleed en dan moontlike risiko’s en geleenthede uit te wys. Sy was dikwels die voorloper van insiggewende veranderings by die skool.

Niemand anders kon so noukeurig soos sy werk nie. Sy het ʼn baie belangrike lewensmotto uitgeleef: plig voor plesier.

Baie sal me. Strömbeck egter onthou as die vurige afrigter en ondersteuner van netbal. Onder haar bekwame leiding het spelers ontwikkel en gedy. Sy het hulle op haar kenmerkende manier aangemoedig om nie net in netbal nie, maar op alle vlakke van menswees uit te styg.

Haar integriteit, lojaliteit, pretensieloosheid en sin vir geregtigheid is die monumente wat sy vir ons almal nalaat.

Ons sal haar geweldig mis.

Page 4: HORSKOOL STRAND Waar jong arende sweef ARENDENUUShsstrand.co.za/~strandsk/images/dokumente/nuusbriewe/Arendenuus_… · Van die hoogtepunte vanjaar was die somer- en winterinterskole

Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid4

Nuusbrief 11 29 November 2013AKTUEEL

OUERBETROKKENHEIDSKOMITEEʼn Kykie in die verlede

Die eerste OOV (ouer-onderwysersvereniging) is op 21 Februarie 1966 gestig, met die doel om die skool

se belange op alle terreine te bevorder, en sodoende sy leerlinge te help om as individue en as landsburgers ʼn dieper, gesonder en nuttiger lewe te lei.

Die eerste skakelonderwyser wat op die OOV gedien het, was me. Marianne Strömbeck. Haar destydse opvolger, me. Sunette Theron het vir die volgende 20 jaar getrou hierdie belangrike taak verrig. Tans is me. Eileen Lambrechts die skakelpersoon tussen die personeel en die OBK.

Die OOV het aanvanklik uit mans en dames bestaan. Die eerste voorsitter was dan ook ʼn man.

Die OOV was aanvanklik hoofsaaklik verantwoordelik vir kosverkope tydens tuiswedstryde en die jaarlikse rugby-aand by die Charles Morkel Stadion. ʼn Klerebank is later op klein skaal in die Kleinsaaltjie (deesdae die vergrote Kindertrustsentrum) bedryf. Klere wat deur oudleerders geskenk is, is hier van die hand gesit.

Saterdae het die onderskeie klasseksies se bydraes in die vorm van meel, suiker en olie gesorg dat die OOV-ouers genoeg pannekoeke kon verkoop om fondse te genereer. Worsbroodjies, geroosterde toebroodjies en plaatkoek het later ook hul regmatige plek op die spyskaart ingeneem.

Die OBK het mettertyd ook by ander projekte betrokke geraak. Die jaarlikse Damesoggend is vandag steeds een van die hoogtepunte op die skoolkalender.

Die OBK se algemene doelstellings is die volgende:

• omouersaantemoedigomʼnpositiewebeeldvandieskoolindiegemeenskapuittedra.• omleerdersaantemoedigomHoërskoolStranddiebesteentrotssteskoolindieHelderbergkom te maak.• omouerssesamewerkingenbetrokkenheidbyHoërskoolStrandtebevorder.• omouersaantemoedigomhulkundighedeenvaardighedetotvoordeelvandieskoolaantewend.• omfondsetehelpgenereeromsodoendedieestetikavandieskoolteverbeter.• omondersteuningteverleenwaardiebehoefteindieskoolmagontstaan.

Betrokke ouers is ingeligte en gelukkige ouers.

KORREKTE KLEREDRAG

Hiermee doen ons ʼn vriendelike beroep op u as ouer om seker te maak dat u kind se voorkoms reeds op die eerste skooldag, Woensdag 15 Januarie 2014,aandieskoolsevoorskriftesalvoldoen.

• Reënbaadjies word slegs op pad skool toe gedra, nie in die skool self nie.• DaariselkeDinsdag ʼn saalbyeenkoms. Die skoolbaadjie word dus die hele dag gedra.• Musse,pette,handskoeneenserpevormniedeelvanskooldragnie.• Dogterskanslegsindiewinterdiegroen langbroeke saam met ’n das en skoolbaadjie dra.• Langmoutruie word slegs saam met wintersdrag gedra.• Diedogters se hare moet weg van die gesig vasgesteek of weggebind wees.• Dieseuns se hare moet kort geknip wees. • Dieseunsmoettealletyenetjies geskeer wees.• Hare se natuurlike kleur mag nie verander word nie.• Wanneerleerderstoeskouersbysportgeleenthedeis,moethulleinvolle skooldrag geklee wees.

LW: Die skool word op Woensdag, 15 Januarie, met ’n saalbyeenkoms geopen. Leerders moet hulskoolbaadjies aanhê. Matriekleerders moet naas hul skoolbaadjie ook hul wit matriektrui saambring.

Page 5: HORSKOOL STRAND Waar jong arende sweef ARENDENUUShsstrand.co.za/~strandsk/images/dokumente/nuusbriewe/Arendenuus_… · Van die hoogtepunte vanjaar was die somer- en winterinterskole

Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid4 5

Nuusbrief 11 AKTUEEL 29 November 2013

WKOD VEREER LO-ONDERWYSERS

Twee leieronderwysers, me. Hannalie van der Merwe en me. Mariaan Olivier is tydens ʼn spoggeleentheid deur die WKOD vereer vir die deurslaggewende rol wat hulle tydens die KABV-opleiding van graad

7 tot 9 LO-onderwysers gespeel het.

VAKVERANDERING

Graad 11- en 12-leerders wat volgende jaar van vak wil verander, moet reeds op die eerste skooldag ʼn afskrif van hul rapport en ʼn toestemmingsbrief van die ouer/voog aan me. Hannalie van der Merwe oorhandig.

TYE VIR KLEREWINKEL

Maandag, 13 Januarie, en Dinsdag, 14 Januarie, van 7:30 tot 13:00.

Vanaf Woensdag, 15 Januarie, geld die volgende tye:

Maandae, Woensdae en Vrydae van 7:30 tot 8:15 en van 14:15 tot 15:15.

SKOOLGELD

Skoolgeld vir 2014 beloop R 14 000,00 per leerder.

Volle betaling voor 31 Januarie 2014: 10% kortingVolle betaling voor 28 Februarie 2014: 8% korting.

Uitstaande skoolgeld

Skoolgeld wat nog uitstaande is, moet voor of op 6 Desember 2013 vereffen word om moontlike regstappe te voorkom.

Direkte bankinbetalings:

Bankbesonderhede : ABSARekeningnaam: Hoërskool Strand Rekeningnommer: 0420146620Takkode: 334312Verwysingsnr: Leerder se naam en graad

Bewys van betaling moet aan me. Lorraine Verwey gestuur word by [email protected] of na 021 854 6759 gefaks word.

JAARBLAD 2013

Almal wat ʼn jaarblad betaal en bestel het, kan dit by die finansiële kantoor kom afhaal.

Daar is nog enkele jaarblaaie beskikbaar. Indien u ook een wil hê, kan dit teen R80,00 by die finansiële kantoor aangekoop word.

Page 6: HORSKOOL STRAND Waar jong arende sweef ARENDENUUShsstrand.co.za/~strandsk/images/dokumente/nuusbriewe/Arendenuus_… · Van die hoogtepunte vanjaar was die somer- en winterinterskole

Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid6

Nuusbrief 11 29 November 2013SPORT

SPORTNUUSTENNIS

Die o.15A-span het die nuwe seisoen met ʼn dubbelstoernooi te Bredasdorp afgeskop. Na ʼn harde stryd teen agt ander skole en onder moeilike weersomstandighede, het hulle uiteindelik ʼn welverdiende derde plek

ingepalm.

ALETIEK

Hoërskool Dirkie Uys Top 10-byeenkoms

Hoërskool Strand het op Saterdag 26 Oktober in ʼn Top 10-byeenkoms op Moorreesburg teen 38 ander skole meegeding. Die volgende atlete het goeie prestasies gelewer:

Goue medaljes is verower deur Mercia Oosthuizen (90 m hekkies), Zayne Farmer (200 m en verspring), Leon Strauss (hoogspring), Zaid Williams ( 800 m en 1500 m) en Thabo Nthuthu (5000 m stap). Beide Zayne (verspring) en Leon het rekords verbeter.

Die volgende atlete het silwermedaljes verower: Mercia Oosthuizen (200 m), Shannon Vermeulen (100 m), Zayne Farmer (100 m en driesprong), Leon Strauss (gewigstoot), Ryno Niemand (hamergooi) en Ludwig Kleinhans (hoogspring).

Bronsmedaljes is deur die volgende atlete verower: Delia Meyer (3000 m stap), Shannon Vermeulen (200 m), Misha Erasmus (100 m en 400 m), Zayne Farmer (110 m hekkies), Leon Strauss (diskusgooi), Clarise Lerm (hamergooi), Adré Nieuwoudt (hamergooi), Christine Kritzinger (driesprong) en Henri Blignaut (1500 m).

Paul Roos-Maties atletiekbyeenkoms

Op Vrydag 1 November het ons atlete aan die Paul Roos-Maties atletiekbyeenkoms deelgeneem. Hierdie gesogte byeenkoms lok jaarliks skole van regoor Suid-Afrika, asook Namibië.

ʼn Groot eer het Hoërskool Strand ook te beurt geval toe Mercia Oosthuizen as die beste junior baanatleet van die byeenkoms aangewys is.

Die volgende atlete het die jaar op ʼn hoogtepunt afgesluit.

Eerste plekke: Tweede plekke: Derde plekke:Leon Strauss (hoogspring en diskus)

Mercia Oosthuizen (300 m hekkies)

Shannon Vermeulen (200 m)

Misha Erasmus (400 m)

Danell Ras (verspring)

Nina McCarthy (1500 m)

Zaid Williams (400 m, 800 m en 1500 m)

Jana Retief (hamergooi en spiesgooi)

Annette Kritzinger (hoogspring)

Mercia Oosthuizen (90 m hekkies)

Savannah Käsner (hamergooi)

Christine Kritzinger (driesprong)

Ludwig Kleinhans (hoogspring)

Leon Strauss (hamergooi)

Leon Strauss (gewigstoot)

Clarise Lerm (hamergooi)Elke Briedenhann (hamergooi)Ulrich Retief (hamergooi)

Page 7: HORSKOOL STRAND Waar jong arende sweef ARENDENUUShsstrand.co.za/~strandsk/images/dokumente/nuusbriewe/Arendenuus_… · Van die hoogtepunte vanjaar was die somer- en winterinterskole

Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid6 7

Nuusbrief 11 SPORT 29 November 2013

ATLETIEK (vervolg ...)

Kleure-atletiekbyeenkoms

Die Kleure-atletiekbyeenkoms vind reeds op Donderdag 23 Januarie 2014 op ons eie atletiekbaan plaas. Nie net is dit ʼn heerlike dag van gesonde mededinging, spangees, pret en samesyn vir ons leerders nie,

maar dit dien ook as ʼn belangrike rigtingwyser vir die aanwys van die Interskolespan.

Ons wil daarom graag die leerders met atletiektalent aanmoedig om vir hierdie byeenkoms in te skryf en gereeld die atletiekoefeninge by te woon. (Dit beteken natuurlik dat hulle deur die vakansie ook ʼn bietjie aan hul fiksheid moet werk!) Ons wil graag die allerbeste span vir die Interskole-byeenkoms inskryf. Die inskrywings word reeds in die eerste skoolweek van 2014 gedoen.

Enige atletiekbyeenkoms het egter ook beamptes nodig om alles vlot te laat verloop. Indien u bereid is om as beampte op te tree, kan u me. Annamarie Louw so gou moontlik by [email protected] kontak.

BUITESPORT

Kragsport

Tian Thuynsma het tydens die Suid-Afrikaanse Power lifting / Bench Press kampioenskappe die tweede plek in die sub junior 74 kg-gewigsklas behaal. Hierdie pragtige prestasie besorg aan hom ʼn plek in die SA-span

wat in Desember aan die Wêreldkampioenskap in Nieu-Seeland gaan deelneem.

Toutrek

Anine Kotze en Steffie Shepherd het seker gemaak dat die WP-damespan ʼn goue medalje by die Suid- Afrikaanse klubkampioenskap en drie silwermedaljes by die Suid-Afrikaanse kampioenskap ingeoes het.

Steffie is ook as die WP se Nuweling van die jaar aangewys.

Vrouekrieket

Ilanie Haasbroek is in die o.19-Bolandspan wat in Desember aan die SA-proewe gaan deelneem, opgeneem.

As lid van die Boland senior liga het Ilanie ook aan die T20-kampioenskap in Pretoria deelgeneem. Na afloop van die kampioenskap is haar span as die T20-kampioene aangewys.

Stoei

Johan Eybers in graad 9 is by die jaarlikse prysuitdeling van die Brackenfell-Strand stoeiklub as die beste o.15- en o.16-stoeier van die klub aangewys.

Page 8: HORSKOOL STRAND Waar jong arende sweef ARENDENUUShsstrand.co.za/~strandsk/images/dokumente/nuusbriewe/Arendenuus_… · Van die hoogtepunte vanjaar was die somer- en winterinterskole

Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid8

Nuusbrief 11 29 November 2013PROMOSIEBLAD