Upingtonbulletinub 20140423

8
Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop 24 APRIL 2014 WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA WWW.KALAHARIBULLETIN.MOBI GRATIS Upington NADAT Orange River Cellars se muskadel verlede jaar koning gekraai het op verskeie kompetisies, blyk dit dat al dié prestasies in 2014 herhaal gaan word. Orange River Cellars het weer sy stempel as een van Suid-Afrika se voorste muska- delprodusente afgedruk deur ’n plek onder die Top-100- Suid-Afrikaanse Wyne los te slaan met die Orange River Cellars Red Muscadel 2012. Vanjaar se SA Top-100-wyne het 491 inskrywings gelok, 15% meer as verlede jaar – ’n aanduiding dat die kompetisie nou as een van die vooraanstaande Suid-Afri- kaanse wynskoue gevestig is. Die prestasie volg op die sukses wat Orange River Cellars se muskadelwyne verlede jaar in plaaslike en internasionale kompetisies behaal het. ’n Wit muskadel van die kelder is op die internasionale Muscats du Monde-kompeti- sie in Frankryk as een van die top-10-mus- kaatwyne ter wêreld aangewys, terwyl die Orange River Red Muscadel 2012 op die Muskadel SA-toekenningsgeleentheid ook as algehele wenner bekroon is. Koos Visser, bemarkingsbestuurder van Orange River Cellars, sê ’n plek onder die SA Top-100-wyne is ’n uitsonderlike presta- sie. “Die Suid-Afrikaanse wynbedryf beleef ’n bloeitydperk en produseer tans die beste wyne nog. Boonop is daar ’n diverse aanbieding van wyne uit verskeie streke. Daarom is dit werklik ’n eer vir een van ons wyne om op hierdie tydstip die lys te haal,” sê Visser. “Ons is trots op ons plek op die SA Top-100-lys en om skouers met die voorste name in die bedryf te kan skuur. Hopelik sal ons teenwoordigheid die feit benadruk dat die Noord-Kaap as ’n wynstreek tot sy volle reg gekom het. Ons maak inderdaad ’n wêreldklas-muskadel, maar wees ook op die uitkyk vir ons ander wyne op volgende jaar se lys.” Visser het sy blydskap uitgespreek dat muskadel erkenning ontvang het in ’n kompetisie wat ook gerekende internasiona- le beoordelaars op die proepaneel gehad het. “Muskadel is deel van Suid-Afrika se wynerfenis en die algemene gehalte kan met die beste ter wêreld saampraat,” sê hy. “Dit is wonderlik om te sien dat interna- sionale palette hierdie wyn goed genoeg ag om Top-100-status in Suid-Afrika te behaal en ons hoop dit lei tot groter erkenning vir hierdie klassieke Suid-Afrikaanse wynstyl.” Muskadel uit streek vereer Kelder druk stempel op Top-100 af OP 7 Mei gaan Suid-Afrikaners hul kruisies in die verkiesing trek, maar dit is net in die Noord-Kaap waar ’n kokerboom wys waar dié kruisie getrek moet word. Foto: Lizette Slabber Trek hier jou kruisie “Die Suid-Afrikaanse wyn- bedryf beleef ’n bloeitydperk en produseer tans die beste wyne nog. Boonop is daar ’n diverse aanbieding van wyne uit verskeie streke. Daarom is dit werklik ’n eer vir een van ons wyne om op hierdie tyd- stip die lys te haal,” - Koos Visser

description

Upingtonbulletinub 20140423

Transcript of Upingtonbulletinub 20140423

Page 1: Upingtonbulletinub 20140423

Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

24 APRIL 2014 WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA WWW.KALAHARIBULLETIN.MOBI GRATIS

Upington

NADAT Orange River Cellars se muskadelverlede jaar koning gekraai het op verskeiekompetisies, blyk dit dat al dié prestasies in2014 herhaal gaan word.

Orange River Cellars het weer sy stempelas een van Suid-Afrika se voorste muska-delprodusente afgedruk deur ’n plek onderdie Top-100- Suid-Afrikaanse Wyne los teslaan met die Orange River Cellars RedMuscadel 2012.

Vanjaar se SA Top-100-wyne het 491inskrywings gelok, 15% meer as verledejaar – ’n aanduiding dat die kompetisie nouas een van die vooraanstaande Suid-Afri-kaanse wynskoue gevestig is.

Die prestasie volg op die sukses watOrange River Cellars se muskadelwyneverlede jaar in plaaslike en internasionalekompetisies behaal het.

’n Wit muskadel van die kelder is op dieinternasionale Muscats du Monde-kompeti-sie in Frankryk as een van die top-10-mus-kaatwyne ter wêreld aangewys, terwyl dieOrange River Red Muscadel 2012 op dieMuskadel SA-toekenningsgeleentheid ook asalgehele wenner bekroon is.

Koos Visser, bemarkingsbestuurder vanOrange River Cellars, sê ’n plek onder dieSA Top-100-wyne is ’n uitsonderlike presta-sie. “Die Suid-Afrikaanse wynbedryf beleef’n bloeitydperk en produseer tans die bestewyne nog. Boonop is daar ’n diverseaanbieding van wyne uit verskeie streke.Daarom is dit werklik ’n eer vir een vanons wyne om op hierdie tydstip die lys tehaal,” sê Visser.

“Ons is trots op ons plek op die SATop-100-lys en om skouers met die voorstename in die bedryf te kan skuur. Hopelik

sal ons teenwoordigheid die feit benadrukdat die Noord-Kaap as ’n wynstreek tot syvolle reg gekom het. Ons maak inderdaad’n wêreldklas-muskadel, maar wees ook opdie uitkyk vir ons ander wyne op volgendejaar se lys.”

Visser het sy blydskap uitgespreek datmuskadel erkenning ontvang het in ’nkompetisie wat ook gerekende internasiona-le beoordelaars op die proepaneel gehadhet. “Muskadel is deel van Suid-Afrika sewynerfenis en die algemene gehalte kanmet die beste ter wêreld saampraat,” sê hy.

“Dit is wonderlik om te sien dat interna-sionale palette hierdie wyn goed genoeg agom Top-100-status in Suid-Afrika te behaalen ons hoop dit lei tot groter erkenning virhierdie klassieke Suid-Afrikaanse wynstyl.”

Muskadeluit streekvereerKelder druk stempel op Top-100 af

OP 7 Mei gaan Suid­Afrikaners hul kruisies in die verkiesing trek, maar dit is net in dieNoord­Kaap waar ’n kokerboom wys waar dié kruisie getrek moet word. Foto: Lizette Slabber

Trek hier jou kruisie

“Die Suid­Afrikaanse wyn­bedryf beleef ’n bloeitydperken produseer tans die bestewyne nog. Boonop is daar ’ndiverse aanbieding van wyneuit verskeie streke. Daarom isdit werklik ’n eer vir een vanons wyne om op hierdie tyd­

stip die lys te haal,”­ Koos Visser

Page 2: Upingtonbulletinub 20140423

2 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 APRIL 2014

Lizette Slabber

VANJAAR tref die bekendesangkompetisie Spontaan Uping-ton.Dié sangkompetisie, wat jaarliks

deur Volksblad se SentralePlaaslike Koerante (waarvan dieKalahari Bulletin een is) aange-bied word, gaan vanjaar sy vlerkesprei en van ’n sangkompetisie na’n talentkompetisie uitbrei.Die eerste keer gaan ’n streek-

wenner vir Spontaan op dieoudisie in Mei ook in Upingtonaangewys word.Enigiemand met enige besonder-

se talent kan hieraan deelneem.Die kompetisie is oop vir almalouer as 16 jaar.Deelnemers moet net self alles

wat hulle nodig het om deel teneem na die oudisie saambring.Die oudisie is gratis.Die wenner van elke streekkom-

petisie sal net ná die oudisieaangekondig word.Die beoordelaars behou die reg

voor om nie ’n streekwenner tekies indien daar nie ’n gepastekandidaat is nie.Indien jy as ’n streekwenner

aangewys word, moet jy vir dieeindronde op Saterdag 19 Julie inBloemfontein wees.Dit vind in die Blêrkas op die

Vryfees op die Universiteit vandie Vrystaat (UV) se kampusplaas.Jy moet jou eie vervoer en

verblyf reël as jy ’n streekwenneris.Hou die Kalahari Bulletin dop

vir die datum waarop en lokaalwaarin dié streek se oudisie gaanplaasvind en vir die fantastiesepryse wat gewen kan word.

Talentgesoek

Anena Burger

TWEE lede van die !Khomani-san-gemeenskap, Dawid Kruiperen Katrigwa (Katrina) Esau, salop Vryheidsdag 27 April deur diepresidensie met die hoogste ordevereer word.Die nasionale ordes is die

hoogste eer waarmee die land syburgers – en vooraanstaandebuitelandse burgers – vereer, watbygedra het tot die bevorderingvan demokrasie en wat ook ’nbeduidende impak op die verbete-ring van die lewe van Suid-Afri-kaners gemaak het.Die nasionale ordes erken die

bydraes wat deur individuegemaak is tot die bou van ’nnie-rassige, nie-seksistiese,demokratiese en welvarendeSuid-Afrika. Vanjaar is die 20steinhuldigingseremonie sedert dieaanvang van die nuwe nasionaleorde-stelsel.Dawid Kruiper, ontslape leier

van die !Khomani-san wat inJunie 2012 oorlede is, ontvang dieOrde van die Kremetart (silwer)vir sy “uitstekende bydrae ombewustheid vir moeilike omstan-dighede wat deur die Khoisan-ge-meenskap beleef word te bewerk-stellig en dat hy ’n suksesvollegrondeis vir sy mense van stapelgestuur het”.Katrigwa (Katrina) Esau

ontvang ook die Orde van dieKremetart (silwer) vir haar werkom die N/u-taal van uitsterwingte probeer red. “Haar doelgerigt-heid om die projek suksesvol temaak het jonger generasiesgedryf om weer te leer,” lui ’nverklaring deur die presidensie.Die Orde van die Kremetart

erken Suid-Afrikaanse burgers

wat met gemeenskapsdiens,besigheid en ekonomie, weten-skap, medies en tegnologieseinnovasie bydraes gelewer het.Ou Let Kruiper, die oudste

dogter van Dawid Kruiper, hetuit Askham gesê sy en Oupa JanPietersen sal die geleentheidbywoon om die orde te ontvang.“Dit was nogals ’n groot

blydskap gewees toe ons hoor.Ons is vol glimlagte,” sê sy.“Hy word nou uiteindelik

erken vir al die werk wat hygedoen het vir ons. Uiteindelikkry hy nou die erkenningwaarvoor hy gewag het, dieerkenning van onse mense en dis’n groot eer.”) Die veteraan-akteur SandraPrinsloo tel vanjaar onder diebenoemdes vir die nasionaleordes. Prinsloo kry saam met die

Olimpiese swemmer Cameronvan der Burgh en die Paralimpie-se atleet Fanie van der Merwedie orde van Ikhamanga (silwer)vir hul uitmuntende bydraes indie kunste en sport.Prinsloo word ook vereer

omdat sy ’n standpunt teenrassisme ingeneem het.Caster Semenya ontvang die

brons vir dieselfde orde.Raymond Ackerman, hoof van

Pick n Pay, sal vereer word virsy bydrae om die lewe vanSuid-Afrikaners te verbeter deurbeurse aan jong mense te bied endie handelaar se maatskaplikeverantwoordelikheidsprogramme.Hy sal die orde van die Kreme-tart (silwer) ontvang.Frances Baard en so ook Ruth

First kry die orde van Luthuli(goud), postuum.

Hoogste eer vir twee San

OUMA KATRIGWA (KATRINA) ESAU. Foto: Anena Burger

DAWID KRUIPERFoto: Ainsley Moos

“Haar doelgerigt­heid om die pro­jek suksesvol temaak het jongergenerasies ge­dryf om weer te

leer.” – verklaringdeur die presi­

densie

Page 3: Upingtonbulletinub 20140423

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 APRIL 2014 9

Page 4: Upingtonbulletinub 20140423

10 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 APRIL 2014

MET al die vermaak wat dieUpington-landbou-ekspovanjaar op 1,2 en 3 Meigaan bied, is die hekprysewerklik waarde vir geld.

Vanjaar is die toegangs-kaartjies vir die skou R60vir volwasses en R30 virkinders per dag, maar virdiegene wat graag die helenaweek in die pret wil deel,is daar naweekkaartjies tekoop. Dié naweekkaartjieverskaf toegang vir al drieekspo-dae. Dié naweekkaart-jie kos egter net R120 pervolwasse en R60 per kindwat beteken jy betaal netvir twee dae en kry diederde dag gratis.

Niël Stemmet se praatjiewat op die Donderdag om11:00 by die Max Minnaar-saal op die ekspoterreinplaasvind, sluit ook in diebekendstelling van sy nuweboek en ’n heerlike ete.Kaartjies kos slegs R120,wat ook toegang tot dieekspo vir die hele daginsluit.

Dine van Zyl, bekendeTV-persoonlikheid en boere-kosskrywer, se praatjie op

die Vrydag om 12:00, ook indie Max Minnaar-saal, isgratis. Al wat vereis word, isnet ’n toegangskaartjie totdie skou. Dit word voorafge-gaan deur ’n vleisontbe-ningsdemonstrasie wat om11:00 sal begin.

Die Saterdag is AmoreBekker aan die beurt methaar praatjie om 13:00, ookin die Max Minnaar-saal.Saam met haar praatjie saltee en skuinskoek bedienword. Toegang is R60, watook toegang tot die ekspoinsluit. Dit word voorafge-gaan deur ’n optrede vandie plaaslike sanger QuintenBroid en die Upington-trio,wat nie moet misgeloopmag word nie. Die voorpro-gram begin om 12:00.

Kaartjies vir Niël Stem-met is by North WesternMotor Company op Uping-ton se diensafdeling te koop.Skakel 054-332-3323 virkaartjies.

Amore Bekker se kaartjiesis beskikbaar by Web-Atel-jee in Schröderstraat 59,skuins oorkant die poskan-toor, of skakel 054-332-1560.

Landbou-ekspo ’nwinskopie

KAARTJIES na Niël Stemmet se praatjie, boekbe-kendstelling en ete kos slegs R120, wat ook toe-gang tot die ekspo vir die hele dag insluit. Kaartjiesis by die North Western Motor Company beskik-baar. Foto’s: verskaf

KAARTJIES vir Amore Bekker se praatjie is vir slegsR60 by Web-Ateljee beskikbaar..

Page 5: Upingtonbulletinub 20140423

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 APRIL 2014 11

DORINGDRAAD, ’n bekende Afri-kaanse komediant, tree van 1 tot 3Mei op die Upington-landbou-ekspoop.Hy is ’n bekende gesig op baie van

Suid-Afrika se beste Afrikaansemusiekfeeste en in teaters.Met sy unieke styl blaas hy nuwe

lewe in die Afrikaanse komediewê-reld.Hy word deur baie mense as die

beste Afrikaanse komediant beskouen sy humor wissel van moderneAfrikaanse skerpskertskomedie totdie tradisioneler grapvertellings.Doringdraad laat oud en jonk

skaterlag en sy grappe is gesinsvrien-delik.Sy eerste DVD, Ek doen dit lag-lag,

sal eersdaags te koop wees.Hy gaan verskeie optredes gedu-

rende die naweek van die ekspoaanbied.

Komediantop ekspo

DORINGDRAAD, ’n bekende kome­diant, sal van 1 tot 3Mei by die Upington­landbou­ekspo optree. Foto: Verskaf

“IN Dine van Zyl se resepte-boek, Die groot boerekosboek,herleef jy jou ouma se kombuis.Van sop, vis, vleis tot nagereg;presies soos net ’n boervrou ditkan maak.“Nou kan jy ook.”Só beskryf Cindé Greyling

Dine van Zyl se besonderse kosen haar kookboek wat ’n mensna die verlede terugneem.Van Zyl is ’n bekroonde

skrywer, uitgewer en vryskut-joernalis, maar sy is veralbekend vir haar televisiepro-gram Boerekos met Dine van Zylen haar vele kookboeke oor

boerekos.Sy gaan op Vrydag 2 Mei om

12:00 in die Max Minnaar-saaloptree. Kaartjies vir haarpraatjie is gratis en al watvereis word, is ’n toegangskaart-jie tot die ekspo.Dit word voorafgegaan deur

’n vleisontbeningsdemonstrasiewat om 11:00 begin.Van Zyl is ’n toonaangewende

kenner van boerekos en al haarkookboeke handel oor boerekos.Sy het die eerste boek oorpotjiekos, die eerste boek oorboerekos en die eerste boek oorafval geskyf.

Dine praat oor kosDINE VAN ZYL, bekende kosskrywer, gee ’n praatjie oor boerekos bydie Upington­landbou­ekspo op Vrydag 2 Mei om 12:00. Foto: verskaf

QUINTEN BROID, bekendeplaaslike sanger en liedjieskry-wer, tree op Donderdag 1 Meiop die Upington-landbou-ekspoop.Broid is in Kathu gebore en

speel al musiek vandat hy agtjaar was.Hy het formele klavieroplei-

ding gehad en met klavier enkitaar bring hy sy musiek nahoër hoogtes.As entoesiastiese reisiger en

fotograaf was hy al in Brittan-je, Switserland, Nederland enMiami. In Miami het hy inverskeie restaurante opgetree.

In 2008 het Quinten ’n albumby die Streetlevel Studios inKaapstad opgeneem.Hy is nou betrokke by die

vervaardiging van sy musiek.Hy skryf self sy musiek en hetal saam met Chris Tait en dieFazeka-kinderkoor opgetree.Hy noem Bob Dylan, Joni

Mitchell, Damien Rice, TheFray en Daughtry as ’n paarvan sy musikale invloede.Sy eerste vollengte-opname,

Story of my Life, vertel dieverhaal van sy ongelooflikevermoë as sanger, vervaardigeren liedjieskrywer.

Quinten bringpop-rock

QUINTENBROID tree opDonderdag 1Mei op dieUpington­landbou­ek­spo op. Foto: verskaf

Page 6: Upingtonbulletinub 20140423

12 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 APRIL 2014

OP die gewilde jeugskou van die Upington-landbou-ekspo, wat op Vrydag 2 Mei om15:00 begin, kan kinders kom leer hoe omvee skou- en vertoongereed te kry.Alle kinders wat graag wil leer hoe om ’n

skaap of bok skougereed te kry en dié dierop die regte manier op ’n skou te vertoonmoet beslis nie vanjaar se jeugskou misloopnie.Vrydag word die kinders geleer hoe om

hul diere vir ’n skou reg te kry.Hulle leer watter voorbereidings per ras

moet plaasvind sodat die dier perfek is omdie volgende dag die arena te betree.Opgeleide beoordelaars sal hulle alles leer

wat hulle moet weet om op Saterdag 3 Meihul diere reg te vertoon.Alle belangstellende kinders moet om

15:00 by die ekspohek oorkant 8 SAIaanmeld.Op Saterdag 3 Mei begin die jeugskou om

09:00 en kinders kan deelneem met dorpers,melkbokke en boerbokke. Die diere salvoorsien word.Die dier wat die kind Vrydagmiddag

skougereed gekry het, sal hy of sy danSaterdag skou.Dit is ’n lekker geleentheid om kinders

aan die landbou bekend te stel en op ’nspeel-speelmanier meer oor die verskillendebok- en skaaprasse te leer.Kinders neem in verskillende ouderdoms-

groepe deel.Daar is ’n voorskoolse groep en ’n

afdeling vir die o.10’s.Die 10- tot 14-jariges neem as ’n groep

deel en die kinders 14 jaar en ouer neemsaam deel.Rig verdere navrae aan Francois Theron

by 082-890-2029.

Jeugskou leer kinders van vee

DIE gewilde jeugskou vind vanjaar weer op die Upington­landbou­ekspo plaas. Dit begin op Vrydag 2 Mei om 15:00 en word op Saterdag 3Mei om 09:00 hervat. Foto: Lizette Slabber

Page 7: Upingtonbulletinub 20140423

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 APRIL 2014 19Hetjyvorigeuitgawesmisgeloop?Gaandanna

www.kalaharibulletin.co.zaengaanblaaideur

diedigitaleweergawes.Kuierengeselsook

saammetanderlesersopdiekoerantseFace-

book-blad.

VIER ruiters van die Hoërskool Duine-veld het aan die South African WesternMounted Games Association (SAWMGA)in Prieska deelgeneem.Lara Barnard, Danielle du Plessis en

Tiaan Fourie het aan die tweedekwalifiserende ronde deelgeneem enEsta Burger het as dagruiter deelge-neem.Lara het twee eerste plekke vir die

South African National EquestrianSchools Association (Sanesca) verwerf

en ’n tweede en derde plek vir vlaktwee-ruiters vir SAWMGA.Danielle het twee eerste plekke vir

Sanesca, ’n algeheel eerste plek virSanesca en ’n algeheel derde plek virSAWMGA vlak twee verwerf.Tiaan het vier eerste plekke vir Sanesca

en drie eerste plekke vir SAWMGA in vlakdrie verwerf.Tiaan was ook algeheel eerste vir

Sanesca en algeheel eerste en derde inverskillende SAWMGA-afdelings.

Duineveld-ruiters op ’n galop

TIAAN FOURIE Foto’s: verskaf

LARA BARNARDESTA BURGER

DANIELLE DU PLESSIS

Page 8: Upingtonbulletinub 20140423

20 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 24 APRIL 2014

DIE o.17- en die o.19-rugbyspanne van dieHoërskool Martin Oosthuizen (HMO) inKakamas het die skoolvakansie na dieWes-Kaap getoer.Albei spanne het teen die Hoërskool

Parow, die Hoërskool Settlers en die

Hoërskool Bosmansdam gespeel.Die o.17-span het twee van hy drie

wedstryde gewen en die o.19-span hetSettlers met 43-0 gewen. Hulle het gelykopgespeel teen Parow en ook vir Bosmansdamgewen.

Rugbyspanne kookDIE o.19­rugbyspan het nie een van sy wedstryde in die Wes­Kaap verloor nie.

DIE HMO se o.17­rugbyspan wat na die Wes­Kaap getoer het. Foto’s: Verskaf

TWEE netbalspanne van die HoërskoolMartin Oosthuizen (HMO) in Kakamas hetdie vakansie na die Wes-Kaap getoer.Die o.16-span en ’n ope span het aan twee

sportdae deelgeneem waarop hulle teentwee Kaapse skole meegeding het.Op die Hoërskool Brackenfell se sportdag

het die o.16-netbalspan drie wedstrydegespeel waarvan hulle twee gewen het.

Teen die Hoërskool Scottsdene het hy met16-2 gewen. Op die Hoërskool Porterville sesportdag het hy die Hoërskool Bonnievalemet 17-7 gewen.Die spanne het ook teen die Hoërskool

Bosmansdam en die Hoërskool Parowgespeel.Die o.16-span het Bosmansdam met 27-1

gewen.

HMO temWes-Kaap op toer

DIE Hoërskool Martin Oosthuizen (HMO) in Kakamas se o.19­netbalspan. Foto’s: Verskaf

DIE HMO se o.16­netbalspan was ook een van die spanne wat na die Wes­Kaap getoer het.