Upingtonbulletinub 20140514

8
Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop 15 MEI 2014 WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA GRATIS Upington Lizette Slabber “DIE mense is kalm en dit is baie gesellig. Hulle staan in dié lang ry en gesels tog te lekker terwyl hulle wag om te stem,” het Hanlie Delie, kiesbeampte in Wyk 8 in Upington, gesê. Dit was juis in dié gesellige atmosfeer dat Sylvia Lucas, premier van die Noord-Kaap, gesels-gesels nader gestap het om ook haar kruisie in die N.D. Swartz-saal in Rosedale te trek. “As kind van Upington het ek nog altyd hier gestem. Eers in Progress en later hier in Rosedale. Die mense van Upington sal dink iets is groot fout as ek in Kimber- ley stem.” Sy beskryf die stemproses as iets wat nooit afgesaag sal raak nie. “Ek het op 30 jaar my eerste kruisie getrek en dit was ’n onvergeetlike erva- ring, want om my was 70-jarige mense wat opgewonde én bang was om te stem.” Sy het die kans om te stem as ’n wonderlike voorreg beskryf en verwys na die vreedsame wyse waarop Suid-Afrika- ners nog altyd na die stembusse opgeruk het. “Wanneer ’n mens na die geskiedenis van Afrika kyk en jy dink terug aan die 1994-verkiesing en die vreedsame oorgang na demokrasie en die vryheid wat ons daarna beleef het, moet jy hulde aan mense soos Nelson Mandela, Walter Sisulu en Desmond Tutu bring.” Op die vraag of sy vir die volgende termyn premier van die Noord-Kaap gaan wees, het sy geantwoord: “Die ANC se spesiale uitvoerende komitee sal drie name aan die nasionale uitvoerende komitee stuur wat dan een van dié drie as premier sal aanwys. Dit word so gedoen om te keer dat brandende ambisie die veldtog laat misluk.” Ongeag ’n gure wind wat amok gemaak het met die partye se baniere en tente, het mense al van 07:00 af gewag om hul kruisies te trek. By die meeste stempunte het ongeveer 150 mense al teen 08:00 gestem en hoewel die rye lank was, het die stemming baie vinnig en kalm verloop. Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlsku MEI 2014 WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA Lucas bly ’n kind van Upington Stem soos altyd in Rosedale SYLVIA LUCAS, premier van die Noord-Kaap, het in die N.D. Swartz-saal in Rosedale haar kruisie getrek. Sien nog foto’s op bl. 2. Foto: Lizette Slabber ‘As kind van Upington het ek nog altyd hier gestem. Die mense van Upington sal dink iets is groot fout as ek in Kimberley stem.’ – Sylvia Lucas

description

Upingtonbulletinub 20140514

Transcript of Upingtonbulletinub 20140514

Page 1: Upingtonbulletinub 20140514

Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

15 MEI 2014 WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA GRATIS

Upington

Lizette Slabber

“DIE mense is kalm en dit is baie gesellig.Hulle staan in dié lang ry en gesels tog telekker terwyl hulle wag om te stem,” hetHanlie Delie, kiesbeampte in Wyk 8 inUpington, gesê.Dit was juis in

dié geselligeatmosfeer datSylvia Lucas,premier van dieNoord-Kaap,gesels-gesels nadergestap het om ookhaar kruisie in dieN.D. Swartz-saal inRosedale te trek.“As kind van

Upington het eknog altyd hiergestem. Eers inProgress en laterhier in Rosedale. Die mense van Upingtonsal dink iets is groot fout as ek in Kimber-ley stem.”Sy beskryf die stemproses as iets wat

nooit afgesaag sal raak nie.“Ek het op 30 jaar my eerste kruisie

getrek en dit was ’n onvergeetlike erva-ring, want om my was 70-jarige mense watopgewonde én bang was om te stem.”Sy het die kans om te stem as ’n

wonderlike voorreg beskryf en verwys nadie vreedsame wyse waarop Suid-Afrika-ners nog altyd na die stembusse opgeruk

het.“Wanneer ’n mens na die geskiedenis

van Afrika kyk en jy dink terug aan die1994-verkiesing en die vreedsameoorgang na demokrasie en die vryheidwat ons daarna beleef het, moet jyhulde aan mense soos Nelson Mandela,

Walter Sisulu enDesmond Tutubring.”Op die vraag

of sy vir dievolgende termynpremier van dieNoord-Kaap gaanwees, het sygeantwoord: “DieANC se spesialeuitvoerendekomitee sal driename aan dienasionaleuitvoerende

komitee stuur wat dan een van dié drieas premier sal aanwys.Dit word so gedoen om te keer dat

brandende ambisie die veldtog laatmisluk.”Ongeag ’n gure wind wat amok

gemaak het met die partye se baniereen tente, het mense al van 07:00 afgewag om hul kruisies te trek.By die meeste stempunte het ongeveer

150 mense al teen 08:00 gestem enhoewel die rye lank was, het diestemming baie vinnig en kalm verloop.

Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

15 MEI 2014 WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA

Lucas bly’n kind vanUpingtonStem soos altyd in Rosedale

SYLVIA LUCAS, premier van die Noord­Kaap, het in die N.D. Swartz­saal in Rosedalehaar kruisie getrek. Sien nog foto’s op bl. 2. Foto: Lizette Slabber

‘As kind van Upingtonhet ek nog altyd hiergestem. Die mensevan Upington sal dinkiets is groot fout as ekin Kimberley stem.’– Sylvia Lucas

Page 2: Upingtonbulletinub 20140514

2 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 15 MEI 2014

KarinMuller

’n VRIENDINse suster,René, was ’nonderwyseres op dieplatteland. Die tyd vir diejaarlikse skoolkermis hetaangebreek en handgemaak-te plakkate is deur die heledorp opgesit. Skenkings isbymekaargemaak. Die kerkop die hoek se basaartafelsis geleen. Selfs die tanniesby die plaaslike ouetehuis isgevra om met hul bakvernufby te dra. Die groot dag hetaangebreek. Die koektafelshet onder die verskeiden-heid gebak gekreun.Sjokoladeballetjies, melkter-tjies, kolwyntjies, roompof-fertjies, krimpvarkies –enige soetgebak waaraan jykon dink en van kon droomwas op die tafels teenwoor-dig. René was een van dievroue wat die koektafelsbeman het. Taai handjieshet gekreukelde noteuitgehou en opgewondebeduie watter lekkernyeoorhandig moet word. Daarwas ’n gedruk en ’n getrekin die ry. Tussen diewoelinge deur het ’n gr.1-meisie eindelik voor in diery beland. Sy het haarnatgeswete handjie oopge-vou en ’n vyftig-sentstuk tevoorskyn gebring. Sy wassprakeloos van opgewonden-heid. René het vooroorgeleun. “Pop, wat wil jy methierdie skamele vyftig sentkoop,” het sy laggend gevra.Die meisie het op haar

tone gestaan en van linksna regs die groot basaarta-fels gefynkam. Om ’n keusete maak was amper on-moontlik. Wat kies ’n menstussen so ’n klomp lekker-nye? Sy het gesluk. Dan hetsy haar onderlip vasgebyten van voor af die verskei-denheid deurgekyk.René het besef die keuse

is moeilik. Sy het ook besefdat die geduld van dieskoolmaats begin opraak. Syhet weer probeer. “Pop,watter van hierdie lekker-nye kan ek vir jou gee virhierdie vyftig sent?”Toe die meisietjie daarin

slaag om haar oë vanhierdie groot versoeking loste skeur, het sy René in dieoë gekyk en opreg geant-woord: “Iets van alles,asseblief Juffrou.”

André Botha

DIT was die verkiesing waarin dieANC die kwesbaarste sedert 1994was. Dit is ’n geleentheid wat dieopposisie nou misgeloop het.Só het Zamani Saul, Noord-

Kaapse ANC-sekretaris, verledeDonderdag gesê nadat dit duidelikgeword het die ANC het dieverkiesing in die provinsie op ’n

drafstap gewen.Die Noord-Kaap was een van die

fokuspunte in die verkiesing metdie DA wat dit as sy teiken gestelhet om die provinsie te wen ofminstens die ANC onder 50% tedwing.Die ANC het sy aandeel in die

stemme van 60,75% in 2009 tot64,4% opgestoot.Hoewel die DA teleurgesteld oor

die uitslag was, het hy nogtansheelwat rede gehad om te vier.Hy word nou die amptelikeopposisieparty in die wetgewermet 23,89% van die stemmeteenoor 12,57% in 2009.Andrew Louw, DA-premierskan-

didaat, sê die party kon betergevaar het. Hy is egter tevredemet die groot groei wat behaal is.Die party het nou heelwat meer

bedingingsmag in die wetgewer.Die ANC het 272 053 stemmeteenoor 245 699 stemme in 2009gekry.Die DA se getal stemme het

bykans verdubbel van 50 817 in2009 tot 100 916 stemme nou.Cope, tot nou toe die amptelike

opposisieparty, het ineengestort ennet 15 214 stemme teenoor 67 416in 2009 gekry.

ANCwen ongeag sterker DA

Iets van als,asseblief!

ONGEAG lang toue het die mense rustig gestaan en wag op hul beurt om te stem. Oral in Upington was die mense kalm en rustig en het lekker in dielang rye gestaan en gesels. Foto’s: Lizette Slabber

SYLVIA LUCAS, premier van die Noord­Kaap, het in die N.D.Swartz­saal in Rosedale gestem. Oral het sy bekendes gegroeten eers gesels voordat sy haar kruisie gaan trek het.

’n ONSTUIMIGE WIND het by die meeste stempunte in Upington groot probleme mettente en baniere veroorsaak. Tog het mense in die winderige toestande in groot getallegaan stem.

Verkiesing verloop rustig

Page 3: Upingtonbulletinub 20140514

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 15 MEI 2014 9

OP 24 Mei vind die heel eersteoudisie van die Spontaankompe-tisie in Upington plaas en grootpryse kan gewen word.

In dié uitdunronde, wat om13:30 vir 14:00 in die Naba Lodgebegin, word ’n streekwennergekies wat aan die eindronde opdie Vryfees in Bloemfonteingaan deelneem.

Talentvolle mense kan hulleby die Kalahari Bulletin sekantoor registreer of hulle opdie dag van die oudisies van13:30 tot 14:30 in die Naba Lodgeregistreer.

Die Kalahari Bulletin sekantoor is in Scottstraat 64geleë, langs Elron-motors.

Dié sangkompetisie, watjaarliks deur Volksblad seSentrale Plaaslike Koeranteaangebied word, brei vanjaarvan ’n sangkompetisie na ’ntalentkompetisie uit.

Enigeen met ’n besondersetalent kan kom deelneem. Diekompetisie is oop vir almal oueras 16 jaar.

Deelnemers moet alles wathulle nodig het om deel te neemna die oudisie bring. Die oudisieis gratis.

Die wenner van elke streek-kompetisie sal net ná dieoudisie aangekondig word.

Die beoordelaars behou diereg voor om nie ’n streekwen-ner te kies nie indien daar nie’n gepaste kandidaat is nie.

Indien jy as ’n streekwenneraangewys word, moet jy opSaterdag 19 Julie vir dieeindronde in Bloemfontein wees.Dit vind in die Blêrkas op dieVryfees op die Universiteit vandie Vrystaat (UV) se kampus

plaas.Jy moet jou eie vervoer en

verblyf reël as jy ’n streekwen-ner is.

Die pryse wat die wenner kanwen, sluit in:) SpecSavers: pryse ter waardevan R3 000.) ExecuSpecs: pryse terwaarde van R5 800.) Z PR Communication andPublic Relations Consultants:’n Publisiteits-en-bemarkingpak-ket van R5 000 vir elke finalis,insluitend ’n konsultasie metdie Z PR-span, ’n professioneleCV, die ontwerp van ’n CD-om-slag en visitekaartjies, dieontwerp en skryf van ’nprofessionele profiel, die skepvan ’n Facebook-profiel en vyfnuusverklarings. Die algehelewaarde van die prys is R40 000.) Atlantis-gastehuis: Verblyfter waarde van R4 100. Diewenner, naaswenner en derde-plekwenner kry elkeen tweenagte se verblyf vir twee mense;ontbyt ingesluit.) PCB Productions: ’n Fotoses-sie vir die wenner, naaswenneren derdeplekwenner van R4 500.

Oudisie nouom die draai

VICTORVENTER het dié foto’s vir dieKala­hari Bulletin gestuur. Op die Upington­land­bou­ekspo kry kinders die geleentheid omop Ratels te ry. Adriaan Venter kan skaarsoor die kant loer, maar vir hom was dit ’nonvergeetlike ervaring.

KLEIN Mischa Venter het eerder in die vei­ligheid van die Ratel gebly sit as om uit dieverskriklike hoë voertuig te loer.

Rateltaaiop ekspo

Page 4: Upingtonbulletinub 20140514

10 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 15 MEI 2014

SPORT

DIE KLEIN-INTERJOL, een van dieFNB Classic Clashes wat diénaweek tussen die HoërskoolDuineveld en Hoërskool Upingtonplaasvind, gaan weer uitstekendesport oplewer.Die Klein-interjol word vanjaar

deur Upington aangebied en toegangtot sy bane en velde kos R15 pervolwassene en kan deur die Park-straat- en Ou Keimoesweg-ingangeverkry word. Leerlinge met skool-klere aan kan gratis ingaan.Toeskouers kan hul eie stoele en

sambrele saambring en smullekkerverversings sal te koop aangebiedword. Ná die dag se sport bied dieondersteuningsklub ’n braaigesellig-heid by die Uppies-klubhuis aan.Braaipakke sal teen R60 stuk

verkoop word.Klein-interjol het Woensdag met

die tenniswedstryde begin en gaanop Vrydag voort met die skaakwed-stryde wat om 14:45 by die Hoër-skool Upington begin.Op Maandag 19 Mei om 12:00 vind

die gholfwedstryd plaas.Hier is die program vir Saterdag:Rugby:07:30 – o.14B08:35 – o.15B09:40 – o.16B10:45 – o.14A11:50 – o.15A12:55 – o.16A14:00 – o.19B15:05 – Groot brag15:25 – Voorstelling15:30 – o.19A

Hokkie:08:00 – Meisies o.1408:55 – Meisies o.1609:50 – Tweede Uppies-seunspan

teen o.16-Velties-seunspan10:45 – Tweede meisiespanne11:30 – Voorstelling11:40 – Eerste seunspanne12:35 – Voorstelling12:45 – Eerste meisiespanne13:45 – Ouch-wedstrydNetbal:07:45 – Opening08:00 – o.16C en o.14B08:35 – o.16B09:10 – o.14A09:45 – o.19B10:20 – o.16A10:55 – Voorstelling11:10 – o.19A

Klein-interjoltyd hier

DIE hoofleiers en kapteins van die Uppies en die Velties wat Saterdag op die Klein­interjol teen mekaar te staan gaankom het, is van links, voor: Gerrit Wickens (Uppies­hoofseun) en Theunis Visser( Velties­hoofseun en rugbykaptein);agter: Willem Koegelenberg (Uppies­rugbykaptein), Esmarie Ferreira (Uppies­netbalkaptein), Lené Oberholster(Uppies­hoofmeisie), Carla Kruger (Velties­hoofmeisie), Corlia Viljoen (Velties­netbalkaptein) en Ryno Karstens (Velties­rugby­on­derkaptein). Foto: Verskaf

CARLA KRUGER, hoofmeisievan die Hoërskool Duineveld,het vanjaar die toespraak opDuineveld se Vryheidsdagvie-ring gelewer.Carla, wat in 2013 en 2014

die ATKV-voorsitter is, hetgesê sy wens almal sal soosoudpresident Nelson Mande-la strewe na samewerkingen vergifnis en só salsaamwerk vir ’n beter

Veltieland en ’n beterSuid-Afrika.Dié Mej. Veltieland-finalis

het ook na Werkersdag op 1Mei verwys en aan die skoolvertel die Europese landegedenk die dag as die lente-en blommetyd.Carla is ook ’n ATKV-rede-

naar en het op haar beson-derse manier ’n pragtigeboodskap oorgedra.

Velties-hoofmeisielewer toespraak

CARLAKRUGERhet vanjaar die toespraak op die Hoërskool Dui­neveld se Vryheidsdagviering gelewer. Foto: Verskaf

DRAMALEERLINGE van die Hoërskool Duineveld gaan weer vanjaaraan die Laerskool Calvinia en die ATKV se Calvinia­eisteddfod deel­neem. Beoordelaars is vermaaklikheidsmense soos Chanté Hinds, Jo­hann Nel, Tilla Diedericks en André Serfontein. Die Velties gaan aandie prosa­, voordrag­, monoloog­, sangsolo­ en blokfluitafdelings deel­neem. Van links is, voor: Joline Human, Lerica van Zyl, Catya van Wyk,Elri Klindt en Rika Muller; agter: Bianka Steenkamp, Floris Thirion,Coenrath Classens, Connie Conradie en Reza Kuhn. Foto: Lizette Slabber

VANJAAR is dit die derde keer dat die Hoërskool Duineveld se leerlinge’n kultuurtoer na Kaapstad onderneem. Hulle gaan onder meer kyk hoe’nmede­Veltie, Brendan van Zyl, aan die kykNET­ nasionale toneelkom­petisie in die Kunstekaap­teater deelneem. Hier is van die leerlinge watvanjaar saam toer. Van links is, voor: Leilani Denil en SpurgeenWilliams;agter: Gugu Bangela, Stephanie van Heerden en Louise Smit.

Foto: Lizette Slabber

Maak keel skoon

Gaan dan nawww.kalaharibulletin.co.za en gaanblaai deur die digitale weergawes.

Page 5: Upingtonbulletinub 20140514

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 15 MEI 2014 11

Page 6: Upingtonbulletinub 20140514

12 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 15 MEI 2014

DIE Voorbereidingskool Fanie Malan se o.9­spanne het aan die Laerskool Newton in Kimberleyse Kortvolk­sportdag deelgeneem. Hier is die o.9B­netbalspan saam met die afrigter ElmarieMalan. Van links is, voor: Erin vanWyk, Boitemelo Ramakhenla, LakishaMcDillon, Lathitha Hina­na en Senia Intamba; agter: Whirl­Monique van Rooi, Malan, Ree Strauss en Nonhlanhla Mjezu.

DIE o.9A­netbalspan van Fanie Malan het al vier sy wedstryde op Newton se Kortvolk­sportdaggewen. Van links is, voor: Juanique Visagie, Chantell Strauss en Zinhle Maisela; agter: OlwethuKoba, Elmarie Malan (afrigter), Yonta de Kok, Vivi Mbiza en Yandiswa Langeni.

DIÉ o.9­bulle van Fanie Malan was reg vir enige rugby­aksie. Foto’s: Lizette Slabber

Neem in Kimberley deel

DIE Primêre SkoolOp die Voorpos hetop Saterdag 10Mei ’nsportdag aangebied.Hier hardloop MarxvanWyk van die Laer­skool Oranje­Noordom ’n pragdriete druk.

Foto’s: Lizette SlabberWILBURT NIEUWOUDT van die Laerskool Oranje­Noord hardloop vir ’n see manne van Fanie Malan weg.

LINKS: Bradley Skef­fers (links) van Oran­je­Noord haal alles uitom Hlulani Majebelevan die Voorberei­dingskool Fanie Ma­lan te plettervat.

REGS:Dié tweeman­ne laat nie toe dat eni­ge plettervat hulle on­derkry nie. FrancoisNel (links) van Oran­je­Noord het vir Berdrivan der WesthuizenvanFanieMalan geenkans gegee om paletoe te hardloop nie.

Bly voormet bal

Page 7: Upingtonbulletinub 20140514

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 15 MEI 2014 19

DIE Hoërskool Duineveld het op 22 Aprilteen die Hoërskool Kathu en die Hoër-skool Elnatan van Namibië hokkiegespeel.Die uitslae van die kragmetings is soos

volg:

Die o.18A-span het Kathu met 6-0geklop. Die o.18B-span het teen Elnatan seo.18A-span gelykop gespeel. Die o.16A-spanhet Kathu met 6-0 geklop. Die o.16B-spanhet Kathu met 3-0 geklop. Die o.14A-spanhet Kathu met 4-0 geklop.

Duineveldersdraf Kathu kaf

CARLA KRUGER speel die bal meesterlik verby die teenstanders. Foto’s: Rudy van Tonder

MADELEIN SWARTZ laat nie toe dat haar teenstander by die bal kom nie.

MARIA STRAUSS hardloop om seker te maak sy is voor haar teenstander by die bal.

VYF hokkiespelers van die Hoërskool Duine­veld is vir provinsiale spanne gekies en sal indie Junie­vakansie aan interprovinsiale toer­nooie deelneem. Johané Huisamen is vir dieNoord­Kaap­plattelandse o.18­span gekies.

Foto’s: Megan Loots

RETHE­MARI LATEGAN (links) en Deankevan Zyl is vir die Noord­Kaap­plattelandseo.16­span gekies.

MARIA STRAUSS (links) en Nadia Nel is vir die Noord­Kaapse o.18­span gekies.

Haal hokkiespanne

Page 8: Upingtonbulletinub 20140514

20 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 15 MEI 2014

Vir nog foto’s en nuus gaan na www.kalaharibulletin.co.za.

CHRISTI VAN NIEKERK (15) van dieHoërskool Martin Oosthuizen is as dieKalahari Bulletin se SuperSport Let’s PlaySportster van die Maand aangewys vir haarpuik prestasies in atletiek, tennis en hokkie.

In 2013 het Christi aan die Suid-Afrikaanseatletiekspele in Bloemfontein deelgeneem en’n vierde plek in die 400 m vir meisies o.16behaal.

In dieselfde jaar is Christi as MartinOosthuizen se junior sportvrou van die jaaraangewys.

Sy is ook in die Noord-Kaapse o.16-hokkie-span ingesluit.

In 2014 het Christi heelwat goeie prestasiesbehaal.

Vroeg in Januarie 2014 is sy 11de vir dieNoord-Kaapse o.16-tennisspan gekeur.

Christi is ’nbaie nederigesportvrou en isentoesiasties oorhaar sport – sy isgedissiplineerd enoefen getrou.

Haar leuse is:“Ek vergeet diedinge wat agter isen strek my uitna die dinge wat

voor is. Ek jaag na die doel om die prys teverkry van die hoër roeping van God inChristus Jesus”.

Stuur jou benoeming vandag.Benoemings wat voor die 20ste van die

maand ontvang word, sal by daardie maand

se benoemings ingesluit word.Benoemings wat ná die 20ste ontvang

word, sal na die volgende maand oorgedraword.

Die wenners van die SuperSport’s Let’sPlay Sportster van die Maand sal vanFebruarie tot November 2014 gekies word.

Jy kan jou benoeming per e-pos [email protected] stuur of stuur ’n faksna 086-552-4922.

Benoemings moet die volgende insluit:naam, ouderdom en ’n kort paragraaf(minder as 200 woorde) van prestasies insport.

Inskrywings moet ook die spesifiekeaansoeker se kontakbesonderhede bevat.

Vir meer inligting bel Lynne Landman ofJuanré Viviers van Z PR by 051-522-9574.

Christi ’n veelsydige sportster

CHRISTI VAN NIEKERK. Foto: Verskaf

MARLÉ HOFT, ’n gr. 10-leerling aan dieHoërskool Upington, is op die Suid-Afrikaan-se nasionale saalperdkampioenskapsbyeen-koms as die o.16-kampioen én as dieo.18-gangkampioen van kampioene vir 2014aangewys.

Marlé het van 22 tot 26 April op diébyeenkoms in haar eie ouderdomsgroep aandie driegang-ruiterkuns deelgeneem.

Sy het ook aan die prestige-kampioen vankampioene-uitdunronde, waarin die topagto.18-ruiters aangewys word, deelgeneem.

Die beste ruiters in die land word op dié36 jaar oue kompetisie aangewys en eerbe-wyse hier is die hoogste eer wat in ruiter-kuns toegeken kan word.

Marlé is ongeag haar ouderdom bo seniorProtea-ruiters geplaas.

Bertus Pretorius, voorsitter van dieNoord-Kaapse Saalperd-subunie, beskryfhaar só: “Karakter is iets wat werklik inmoeilike omstandighede waargeneem worden hiervan is Marlé ’n sprekende voor-beeld.”

Volgens hom het Marlé stof in al dieProteas se oë geskop deur in al tweeafdelings as nasionale wenner aangewys teword.

“Haar oorwinning in haar ouderdoms-groep, asook in die senior ouderdomskatego-rie, het sekerlik vir ons almal die kroongespan. Die titel kampioen van kampioeneis presies wat haar beskryf.”

Pretorius sê haar prestasie is ongekend en’n eerste vir enige Noord-Kaapse ruiter.

“Dat Amerikaanse beoordelaars in diering was, maak die prestasies net merk-waardiger.”

Volgens Pretorius voeg sy waarde tot diekarakter van ruiterkuns toe.

Marlé dié kampioen

MARLÉ HOFT met die gesogte blou roset. MARLÉ HOFT in aksie op die Suid­Afrikaanse nasionale saalperdkampioenskapsbyeenkomswaarop sy as kampioen van kampioene aangewys is. Foto’s: Verskaf