Split by PDF Splitter Hoeveel diere is daar? - titanweb.co.za 6/Term1/Hoofstuk 3... · Let op julle...

14
Luister- en praattyd: Groepbespreking Luister na die name van die plaasdiere en lees hulle hardop. Let op julle uitspraak. A 30 Hoeveel diere is daar? 3 bokke varke hoenders skape perde koeie donkies eende 2 8 4 Hou ’n groep- bespreking oor die nut (use) van die plaasdiere. Beantwoord die vrae. l Hoekom, dink jy, het ’n mens koeie op ’n plaas? l Waarvoor kan skape gebruik word? l Hoekom, dink jy, is daar varke? l Wat kan ’n mens met perde doen? l Waarom is daar nie olifante op die plaas nie? B

Transcript of Split by PDF Splitter Hoeveel diere is daar? - titanweb.co.za 6/Term1/Hoofstuk 3... · Let op julle...

Page 1: Split by PDF Splitter Hoeveel diere is daar? - titanweb.co.za 6/Term1/Hoofstuk 3... · Let op julle uitspraak. A 30 3 Hoeveel diere is daar? bokke varke hoenders skape perde koeie

Luister- en praattyd:Groepbespreking

Luister na die name van die plaasdiere en lees hulle hardop. Let op julle uitspraak.

A

30

Hoeveel diere is daar?3

bokke varkehoenders skapeperde koeiedonkies eende 2

8

4

Hou ’n groep-bespreking oor die nut (use) van die plaasdiere.Beantwoord die vrae.

l Hoekom, dink jy, het ’n mens koeie op ’n plaas?

l Waarvoor kan skape gebruik word?

l Hoekom, dink jy, is daar varke?

l Wat kan ’n mens met perde doen?

l Waarom is daar nie olifante op die plaas nie?

B

9780636119918_ASG_6_LB_AFR TXT.indb 30 2012/07/25 3:33 AM

Split by PDF Splitter

Page 2: Split by PDF Splitter Hoeveel diere is daar? - titanweb.co.za 6/Term1/Hoofstuk 3... · Let op julle uitspraak. A 30 3 Hoeveel diere is daar? bokke varke hoenders skape perde koeie

31

Lesreeks 3

Hoeveel diere is daar?

1

6

7

3

5

Skryf die woorde vir die diere alfabeties met hulle betekenisse en prentjies in jou persoonlike

woordeboek. Gebruik hierdie woorde en skryf ’n paragraaf oor plaasdiere.

Skryftyd

Tel die diere en sê hoeveel daar van elk is (telwoorde en selfstandige naamwoorde).

Voorbeeld: Tien skape

Skryf ’n paragraaf oor die diere op die plaas. Skryf die syfers in woorde en gee die meervoude van die woorde tussen hakies.

Op die plaas is daar 10

_______ (skaap) __________.

Daar is 5 _________ (koei)

__________. Daar is 3

________ (vark) __________.

Daar is 7 ____________

(bok) _____________.

Daar is 2 _____________

(perd) ______________,

3 ____________ (donkie)

____________, 6 ____________

(hoender) ________________

en daar is 8 _________ (eend)

______________.

9780636119918_ASG_6_LB_AFR TXT.indb 31 2012/07/25 3:33 AM

Split by PDF Splitter

Page 3: Split by PDF Splitter Hoeveel diere is daar? - titanweb.co.za 6/Term1/Hoofstuk 3... · Let op julle uitspraak. A 30 3 Hoeveel diere is daar? bokke varke hoenders skape perde koeie

32

Kwartaal 1

Luister en lees: ’n Sprokie

Luister na die titel. Kyk na die prentjies. Kan jy raai wat in die sprokie gebeur?

Die drie bokkiesEenmaal was daar drie bokkies. Hulle name was Groot Bok, Kleiner Bok en Kleinste Bokkie. Hulle was al drie rammetjies.

Die hele winter lank bly hulle in die berge waar daar min kos is. Toe dit lente word, is hulle baie maer en honger.

Hulle kyk na die gras die rivier, a - n - d - e - r - k - a - n - t die brug.

“Ons moet oorkant die rivier gaan wei waar die gras groen en sappig is,” sê Groot Bok. “Ons moet oor die brug loop!”

“Maar die kwaai, ou reus wat onder die brug bly, sal ons vang! Hy laat niemand oor nie,” sê Kleinste Bokkie. “Ek is baie bang!”

o o r k a n t

’n Rammetjie is ’n klein, manlike bokkie.

9780636119918_ASG_6_LB_AFR TXT.indb 32 2012/07/25 3:33 AM

Split by PDF Splitter

Page 4: Split by PDF Splitter Hoeveel diere is daar? - titanweb.co.za 6/Term1/Hoofstuk 3... · Let op julle uitspraak. A 30 3 Hoeveel diere is daar? bokke varke hoenders skape perde koeie

33

Lesreeks 3

Die bokkies is te bang om oor die brug te loop, maar hulle word hongerder en hongerder. Eendag kan hulle dit nie meer uithou nie. Hulle dink aan ’n plan.

Kleinste Bokkie stap eerste na die brug toe. “Wie is daar?” roep die kwaai, ou reus met ’n diep stem.“Dit is net ek, Kleinste Bokkie,” antwoord hy.“Jy mag nie oor my brug stap nie. Ek sal jou opeet,” roep die

kwaai, ou reus.“Maar ek is so klein en maer. Ek is net ’n mondvol,” sê Kleinste

Bokkie. “As jy net ’n bietjie wag, kom my ouer boetie. Hy is nou-nou hier.”

“Nou goed dan,” sê die kwaai, ou reus.Kleinste Bokkie stap veilig oor die brug.

Dit is ’n brug (bridge). Let op! Die meervoud van brug is brûe (met ’n kappie ^ gespel!)

Leer die antonieme!kleiner – groterwinter – somermaer – vetmin – baie

9780636119918_ASG_6_LB_AFR TXT.indb 33 2012/07/25 3:33 AM

Split by PDF Splitter

Page 5: Split by PDF Splitter Hoeveel diere is daar? - titanweb.co.za 6/Term1/Hoofstuk 3... · Let op julle uitspraak. A 30 3 Hoeveel diere is daar? bokke varke hoenders skape perde koeie

baie nogal min34

Kwartaal 1

Net daarna kom Kleiner Bok by die brug. Die kwaai, ou reus spring op en gil: “Jy mag nie oor my brug stap nie. Ek sal jou opeet!”

Kleiner Bok antwoord: “Ek is nie veel groter as my klein boetie nie. Ek is net twee monde vol. Wag liewer vir my oudste broer. Hy is groot. Hy sal nou-nou hier wees.”

“Nou goed dan, maar ek raak nou baie honger. Ek is lus vir lekker bokvleis, h’mmm!” waarsku die kwaai, ou reus.

Kort daarna kom Groot Bok by die brug. Die kwaai, ou reus spring op en probeer hom vang. Maar Groot Bok is baie sterk. Hy stamp die kwaai, ou reus met sy yslike horings. Die reus val af ... af tot in die middel van die rivier …

a f

a f

Groot Bok lag en lag. Hy hardloop vinnig oor die brug na sy boeties toe. Hulle is al drie veilig en wei heerlik in die groen gras.

l Hoe baie het jy van die sprokie gehou?

l Vertel die sprokie vir ’n maat oor. Som dit op.

. . .

(Uit: Die Helen Oxenbury Storieboek, MML, 1985)

9780636119918_ASG_6_LB_AFR TXT.indb 34 2012/07/25 3:33 AM

Split by PDF Splitter

Page 6: Split by PDF Splitter Hoeveel diere is daar? - titanweb.co.za 6/Term1/Hoofstuk 3... · Let op julle uitspraak. A 30 3 Hoeveel diere is daar? bokke varke hoenders skape perde koeie

35

Lesreeks 3

Hoe goed verstaan jy die sprokie?

Beantwoord die vrae eers mondeling en dan skriftelik.

Waar het die drie bokkies in die winter gebly?

Kies die regte woord tussen hakies.1. Wat is die bokkies van mekaar? Hulle was drie (broers/susters).

2. Hoekom word hulle baie maer en honger? Omdat daar te (veel/min) kos in die berge is.

3. Waar is die groen gras wat hulle kan eet? Dit is (onderkant/oorkant) die rivier aan (die kant/die anderkant) van die brug.

Kies die regte antwoord.1. Hoekom is dit gevaarlik om oor die brug te stap?

a) Want die kwaai, ou reus bly onder die brug. Hy sal jou vang.

b) Want die kwaai, ou reus stap oor die brug en sal jou sien.

2. Hoekom is die bokkies aan die einde van die storie veilig?

a) Want die kwaai reus val in die middel van die brug.

b) Want die kwaai reus val tot in die middel van die rivier.

Vul die regte woorde in om die storie op te som.Kies uit die blokkie.

1. Aan die van die sprokie is die drie bokkies honger.

2. Hulle sien groen aan die anderkant van die rivier.

3. Hulle moet die brug loop om daar te kom.

4. Maar die kwaai, ou bly onder die brug.

5. Kleinste Bokkie stap oor die brug.

6. Kleiner Bok stap oor.

7. Groot Bok stap derde oor en die kwaai, ou reus van die brug af.

8. Aan die is die drie bokkies aan die anderkant van die brug en kan hulle die groen gras eet.

A

B

C

D

oor eerste gras stamp einde begin veilig reus tweede

Die woorde in blokkies is almal

vraagwoorde wat vraagsinne inlei.

9780636119918_ASG_6_LB_AFR TXT.indb 35 2012/07/25 3:33 AM

Split by PDF Splitter

Page 7: Split by PDF Splitter Hoeveel diere is daar? - titanweb.co.za 6/Term1/Hoofstuk 3... · Let op julle uitspraak. A 30 3 Hoeveel diere is daar? bokke varke hoenders skape perde koeie

Skryf drie paragrawe of 50 tot 60 woorde in jou dagboek. Skryf wat gebeur het. Sê ook hoe jy gevoel het.

B

36

Kwartaal 1

Lees- en skryftyd: ’n Dagboekinskrywing

Lees die dagboekinskrywing wat Kleinste Bokkie in sy eie dagboek geskryf het.

A

Skryf die dag of datum hier.

Liewe Dagboek

Ek het vandag ...

Ek het __________ gevoel toe ...

Onthou! Begin elke stelsin met ’n hoofletter en eindig

met ’n punt. Laat ’n spasie tussen jou

paragrawe.’n Vraagsin kry ’n vraagteken (?).

(Totaal: 30)

Skryf die vraag- sinne oor as stelsinne.Voorbeeld: Bly die drie bokkies in die berge?Antwoord:Ja, die drie bokkies bly in die berge.1. Was hulle

honger? Ja …2. Moes hulle oor

die brug stap? Ja …

9780636119918_ASG_6_LB_AFR TXT.indb 36 2012/07/25 3:33 AM

Split by PDF Splitter

Page 8: Split by PDF Splitter Hoeveel diere is daar? - titanweb.co.za 6/Term1/Hoofstuk 3... · Let op julle uitspraak. A 30 3 Hoeveel diere is daar? bokke varke hoenders skape perde koeie

37

Lesreeks 3

Onthou jy die manlike en vroulike vorme?

Manlik Vroulik

Woordvorming: afleiding en samestelling1. Bou woorde met voorvoegsels en agtervoegsels, bv.

ge + roep = geroep; man + lik = manlik.

a) ge + stamp = b) vrou + lik =

2. Bou woorde as samestellings, bv. bok + ram = bokram. Dit word altyd as EEN woord gespel.

a) bok + ooi = b) doring + boom =

Herskryf die sinne met hulpwerkwoorde.

Voorbeeld: Die mamma-bok roep haar lammetjie (wil).

Antwoord: Die mamma-bok wil haar lammetjie roep.

1. Die lammetjie slaap in die warm hok. (moet)

2. Die bokram stamp met sy horings. (kan)

3. Die bokram eet die blare aan die bome. (sal)

B

C

D

Pret met taal

Lees die rympies hardop. Voer hulle op.

Dis ’n bokooi dié:’n Bokooi is ’n mamma-bok.Sy roep haar lammetjieterug na die warm hok.

A

Dis ’n bokram dié:’n Bokram is ’n pappa-bok.Hy stamp graag met sy horingsaan bome met baie dorings.

ooiram

Mê! Mê!

9780636119918_ASG_6_LB_AFR TXT.indb 37 2012/07/25 3:33 AM

Split by PDF Splitter

Page 9: Split by PDF Splitter Hoeveel diere is daar? - titanweb.co.za 6/Term1/Hoofstuk 3... · Let op julle uitspraak. A 30 3 Hoeveel diere is daar? bokke varke hoenders skape perde koeie

38

Kwartaal 1

Voltooi die tabel (meervoude en verkleinwoorde).

Woord Meervoud Verkleinwoord

vark 1. ________ varkie

2. ________ koeie koeitjie

perd 3. ________ 4. ________

5. ________ eende eendjie

gans 6. ________ 7. ________

dier diere 8. ________

Vervang die meervoude van die diere in die rympie met verkleinwoorde.

Voorbeeld: varke in die bone

Antwoord: varkies in die bone

Trippe, trappe, trone

Trippe, trappe, trone,varke in die bone,koeie in die klawer,perde in die hawer,eende op die waterplas,ganse in die groene gras.Ek wens dat die plaas groter wasom nog meer diere op te pas.D.J. Opperman

(Uit: Nuwe Kleuterverseboek, Tafelberg, 1982)

l Lees nou jou rympie met die verkleinwoorde wat jy gegee het, hardop. Dit is soos die regte rympie eintlik moet klink!

l Watter woorde rym met trone en klawer?l Watter drie woorde rym met waterplas?

E

F

Meervoude en verkleinwoorde is

afleidings. Almal word met agtervoegsels

gevorm, bv. woord + e = woorde; woord + jie

= woordjie.

9780636119918_ASG_6_LB_AFR TXT.indb 38 2012/07/25 3:33 AM

Split by PDF Splitter

Page 10: Split by PDF Splitter Hoeveel diere is daar? - titanweb.co.za 6/Term1/Hoofstuk 3... · Let op julle uitspraak. A 30 3 Hoeveel diere is daar? bokke varke hoenders skape perde koeie

39

Lesreeks 3

Kies ’n of die (lidwoorde).1. (’n/Die) Koei gee melk. (enige koei)

2. (’n/Die) koei met die wit kol op haar kop gee die meeste melk. (spesifieke koei)

3. (’n/Die) Perd kan vinnig hardloop. (enige perd)

4. (’n/Die) swart perd hardloop die vinnigste. (spesifieke perd)

5. (’n/Die) Hen lê eiers. (enige hen)

6. (’n/Die) bruin hen lê die meeste eiers. (spesifieke hen)

Leestyd: Rympies

Lees die rympies hardop met gevoel. Voer dit in die klas op.

Die stoute bok

Die wind die waaidie haan die kraai,die bok staan op sy tone.Hy steel die boer se bone.Die boer kom met sy kweperlaten slaan hom op sy linkerblad.D.J. Opperman

(Uit: Nuwe Kleuterverseboek, Tafelberg, 1982)

Pas die rymwoorde bymekaar.

Voorbeeld: waai – kraai

G

Groot Bok

Onder by die waterstroomskuur Groot Bok teen ’n boom.Groot Bok, is jy dom?Netnou val die boompie om!

l Wat rym met waterstroom?

l Wat rym met dom?

waai P tone kweperlat linkerblad bone kraai P

As ’n sin met ’n begin, begin die volgende woord

met ’n hoofletter, byvoorbeeld

’n Vark eet bone.

9780636119918_ASG_6_LB_AFR TXT.indb 39 2012/07/25 3:33 AM

Split by PDF Splitter

Page 11: Split by PDF Splitter Hoeveel diere is daar? - titanweb.co.za 6/Term1/Hoofstuk 3... · Let op julle uitspraak. A 30 3 Hoeveel diere is daar? bokke varke hoenders skape perde koeie

40

Kwartaal 1

Rollees: ’n Drama

Verdeel in groepies van vyf. Lees die drama met gevoel in rolle. Let op julle uitspraak en vlotheid.

Leerder 1 is die Verteller (hy of sy vertel wat gebeur). Leerder 2 is Mooi Nooi, die bokooi. Leerder 3 is Bul. Leerder 4 is Varkbeer. Leerder 5 is Bokram.

Mooi Nooi, die bokooi, trou

VERTELLER: Mooi Nooi, die bokooi was pragtig. Op ’n dag hoor sy iets. Klop, klop, hoor sy aan die deur, die eerste keer. Mooi Nooi maak die deur oop. Dis Bul.

BUL: Môre, Mooi Nooi. Jy is so mooi. Hier is ek nou. Sal jy met my trou?

MOOI NOOI: Wel, wel. Laat ek dink ... As jy vir my ’n mooi liedjie kan sing, dra ek jou trouring ...

BUL: (Sing) Moe, moe, moe-moe, moe!MOOI NOOI: O, nee, dis nie mooi nie! Jammer.VERTELLER: Arme Bul gaan huis toe. Mooi Nooi, die bokooi hoor

weer: Klop! Klop! aan die deur, die tweede keer. Mooi Nooi maak die deur oop. Dis Varkbeer.VARKBEER: Môre, Mooi Nooi. Jy is so mooi. Hier is

ek nou. Sal jy met my trou?MOOI NOOI: Wel, wel. Laat ek

dink ... As jy vir my ’n

mooi liedjie kan sing, dra ek jou trouring ...

VARKBEER: (Sing) Oink, oink, oink-oink, oink!

MOOI NOOI: O, nee, dis nie mooi nie! Jammer.

Oink, oink, oink-oink, oink!

9780636119918_ASG_6_LB_AFR TXT.indb 40 2012/07/25 3:33 AM

Split by PDF Splitter

Page 12: Split by PDF Splitter Hoeveel diere is daar? - titanweb.co.za 6/Term1/Hoofstuk 3... · Let op julle uitspraak. A 30 3 Hoeveel diere is daar? bokke varke hoenders skape perde koeie

41

Lesreeks 3

VERTELLER: Arme Varkbeer gaan huis toe.

Mooi Nooi hoor weer: Klop! Klop! aan die deur, die derde keer. Mooi Nooi maak die deur oop. Dis Bokram.

BOKRAM: Môre, Mooi Nooi. Jy is so mooi. Hier is ek nou. Sal jy met my trou?

MOOI NOOI: Wel, wel. Laat ek dink ... As jy vir my ’n mooi liedjie sing, dra ek jou trouring ...

Vrael Wie klop die eerste keer aan Mooi Nooi se deur?

l Wie klop die tweede keer aan Mooi Nooi se deur?

l Met wie trou Mooi Nooi?

BOKRAM: (Sing) Mê, mê, mê-mê, mê!

MOOI NOOI: O, ja, dis ’n mooi liedjie! Ek sing sommer ook.

(Sing) Mê, mê, mê-mê, mê!

Ek sal ja sê!VERTELLER: Die volgende dag

trou Mooi Nooi met Bokram. Hulle was vir altyd gelukkig saam.

9780636119918_ASG_6_LB_AFR TXT.indb 41 2012/07/25 3:33 AM

Split by PDF Splitter

Page 13: Split by PDF Splitter Hoeveel diere is daar? - titanweb.co.za 6/Term1/Hoofstuk 3... · Let op julle uitspraak. A 30 3 Hoeveel diere is daar? bokke varke hoenders skape perde koeie

42

Kwartaal 1

Pret met taal

Verbind die sinne met want en omdat (voegwoorde).

Voorbeeld: Mooi Nooi maak die deur oop.

Iemand klop aan die deur. (want, omdat)

Antwoord: Mooi Nooi maak die deur oop, want iemand klop aan die deur.

Mooi Nooi klop aan die deur omdat iemand aan die deur klop.

1. Bul kom kuier. Hy wil met Mooi Nooi trou. (want, omdat)

2. Varkbeer wil ook met Mooi Nooi trou. Sy is so mooi. (want, omdat)

3. Mooi Nooi sê Bul en Varkbeer sing nie mooi nie. Sy hou nie van hulle liedjies nie. (want, omdat)

4. Mooi Nooi trou met Bokram. Hy sing mooi. (want, omdat)

Verbind die sinne met die voegwoorde tussen hakies.

Voorbeeld: Mooi Nooi hou nie van Bul se stem nie. Hy gaan huis toe. (dus)

Antwoord: Mooi Nooi hou nie van Bul se stem nie; dus gaan hy huis toe.

1. Varkbeer sing nie mooi nie. Hy moet omdraai. (dus)

2. Bokram pas by Mooi Nooi, die bokooi. Sy trou met hom. (daarom)

Leer die volgende afkortings en verkortings. Afkortings Verkortings

d.w.s = dit wil sê dis = dit is

i.v.m. = in verband met hy’s = hy is

i.p.v. = in plaas van sy’t = sy het

Leer die idioom. Trou is nie perdekoop nie. – Dis ’n ernstige saak.

A

B

C

D

Onthou! Skryf ’n komma voor want. Ná omdat

gaan die werkwoord na die einde van die sin.

Die werkwoord kom direk na

dus en daarom.

9780636119918_ASG_6_LB_AFR TXT.indb 42 2012/07/25 3:33 AM

Split by PDF Splitter

Page 14: Split by PDF Splitter Hoeveel diere is daar? - titanweb.co.za 6/Term1/Hoofstuk 3... · Let op julle uitspraak. A 30 3 Hoeveel diere is daar? bokke varke hoenders skape perde koeie

43

Lesreeks 3

Hersiening: Wat ken jy nou?

Verbind die volgende sinne met voegwoorde.1. Die drie bokkies is maer en honger.

Daar is min kos. (omdat)

2. Hulle moet oor die brug stap. Die groen gras is aan die oorkant. (want)

3. Die groot reus wil die bokkies opeet. Hulle is bang. (daarom)

4. Kleinste Bokkie is klein en maer. Die reus laat hom oor die brug stap. (dus)

Skryf die verkorting en afkorting vol uit.1. dis = 2. i.p.v. =

Kies die of ’n in die volgende sinne (lidwoorde).1. (’n/Die) swart perde is die grootste van almal.

2. (’n/Die) Bokram het twee horings.

Verander die stelsinne in vraagsinne (sinsoorte). 1. ’n Bok kan hard blêr. 2. Die haan sal vroeg kraai.

Skryf die samestellings en afleidings as een woord.1. bok + ooi = 2. ge + klop =

3. boom + pie = 4. bok + ke =

Gee die antonieme vir:1. vet – 2. klein – 3. baie –

Skryf die sinne oor met die woorde tussen hakies (hulp-werkwoorde).1. Die drie bokkies eet die groen gras aan die oorkant. (wil)

2. Hulle stap oor die kwaai reus se brug. (moet)

3. Groot Bok stamp die kwaai reus van die brug af. (kan)

4. Die drie bokke stap daarna veilig oor die brug. (sal)

A

B

C

D

E

F

G

9780636119918_ASG_6_LB_AFR TXT.indb 43 2012/07/25 3:33 AM

Split by PDF Splitter