Identifikasie van diere Sep2014 van diere.pdf · AANSOEK VIR DIE OORDRAG VAN ’N...

32
agriculture, forestry & fisheries Departement: Landbou, Bosbou en Visserye REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA I Identifikasie van diere dentifikasie van diere in terme van die Wet op die Identifikasie van Diere (Wet No. 6 van 2002) InfoPak —Afrikaans—

Transcript of Identifikasie van diere Sep2014 van diere.pdf · AANSOEK VIR DIE OORDRAG VAN ’N...

Page 1: Identifikasie van diere Sep2014 van diere.pdf · AANSOEK VIR DIE OORDRAG VAN ’N DIERE-IDENTIFIKASIEMERK Beskrywing Die permanente merk van beeste, skape, bokke en varke is verpligtend

agriculture,forestry & fisheriesDepartment: Agriculture, Forestry and FisheriesREPUBLIC OF SOUTH AFRICA

Departement:Landbou, Bosbou en VisseryeREPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

IIdentifikasie van dieredentifikasie van dierein terme van die

Wet op die Identifikasie van Diere (Wet No. 6 van 2002)

InfoPak

—Afrikaans—

Page 2: Identifikasie van diere Sep2014 van diere.pdf · AANSOEK VIR DIE OORDRAG VAN ’N DIERE-IDENTIFIKASIEMERK Beskrywing Die permanente merk van beeste, skape, bokke en varke is verpligtend
Page 3: Identifikasie van diere Sep2014 van diere.pdf · AANSOEK VIR DIE OORDRAG VAN ’N DIERE-IDENTIFIKASIEMERK Beskrywing Die permanente merk van beeste, skape, bokke en varke is verpligtend

DEPARTEMENT VAN LANDBOU, BOSBOU EN VISSERYE

Pretoria, September 2014

IIdentifikasie van dieredentifikasie van dierein terme van die

Wet op die Identifikasie van Diere (Wet No. 6 van 2002)

InfoPak

Page 4: Identifikasie van diere Sep2014 van diere.pdf · AANSOEK VIR DIE OORDRAG VAN ’N DIERE-IDENTIFIKASIEMERK Beskrywing Die permanente merk van beeste, skape, bokke en varke is verpligtend

2014 Hersien, eerste druk2011 Derde druk2010 Tweede druk2008 Eerste druk

Ontwerp en uitleg deur Direktoraat Kommunikasiedienste Departement van Landbou, Bosbou en Visserye

Hierdie InfoPak is verkrygbaar van Resource Centre, Direktoraat Kommunikasiedienste Privaatsak X144, Pretoria, 0001 Suid-Afrika

of

op die web by: www.daff.gov.za/daffweb3/Resource-Centre/InfoPaks

Page 5: Identifikasie van diere Sep2014 van diere.pdf · AANSOEK VIR DIE OORDRAG VAN ’N DIERE-IDENTIFIKASIEMERK Beskrywing Die permanente merk van beeste, skape, bokke en varke is verpligtend

iii

InhoudInhoud

Doel ....................................................................................................... 1

Funksies ............................................................................................... 1

Inleiding ................................................................................................ 2

1. Wet op die identifikasie van Diere: (Wet No. 6 van 2002) ................. 2

2. Toepassing van die Wet (Artikel 2) ................................................... 2

3. Voordele van wettige merke .............................................................. 3

4. Hoe om ’n identifikasiemerk te registreer .......................................... 3

5. Aansoek vir die oordrag van ’n diere-identifikasiemerk ..................... 4

6. Wat is ’n identifikasiemerk? (Artikel 4) .............................................. 5

7. Uitsonderings .................................................................................... 5

8. Pligte van eienaars (Artikel 7) ........................................................... 5

Wetlike implikasies .............................................................................. 7

1. Onwettige merk van diere (Artikel 15) ............................................... 7

2. Oortredings ........................................................................................ 7

3. Merk van geregistreerde (stoet-)diere (Artikel 15(2)) ........................ 8

4. Alternatiewe identifikasiemetode (Artikel 8 – Reg. 5) ........................ 8

5. Merkoperateurs (Artikel 11) ............................................................... 13

Hoe om te registreer .......................................................................... 13

Merkoperateurkursusse ..................................................................... 13

Register van merkoperateurrekords .................................................. 14

6. Die diere-identifikasiestelsel (AIS) ..................................................... 14

Page 6: Identifikasie van diere Sep2014 van diere.pdf · AANSOEK VIR DIE OORDRAG VAN ’N DIERE-IDENTIFIKASIEMERK Beskrywing Die permanente merk van beeste, skape, bokke en varke is verpligtend

iv

Regulasies ............................................................................................ 15

1. Lettergroottes (Art. 9) ........................................................................ 15

2. Vorm, patroon en komposisie (Art. 10) ............................................. 15

3. Ouderdom van die diere tydens merk (Art. 11) ................................. 16

Beeste ............................................................................................... 16

Kleinvee ............................................................................................. 17

Varke ................................................................................................. 17

Volstruise ........................................................................................... 17

Perde ................................................................................................. 17

4. Dele waarop diere geïdentifiseer moet word (Art. 12) ....................... 18

Beeste ............................................................................................... 18

Skape, bokke en varke ...................................................................... 18

Volstruise ........................................................................................... 19

Merkgids ............................................................................................... 20

1. Warmbrand, vriesbrand en tatoeëring ............................................... 20

Merk met ’n warm yster ..................................................................... 20

Merk met ’n vriesbrandyster .............................................................. 21

Merk deur middel van tatoeëring ....................................................... 23

Ten slotte ................................................................................................. 24

UITHAALBARE VORM

Aansoek om registrasie van ’n identifikasiemerk ............................ 10

Page 7: Identifikasie van diere Sep2014 van diere.pdf · AANSOEK VIR DIE OORDRAG VAN ’N DIERE-IDENTIFIKASIEMERK Beskrywing Die permanente merk van beeste, skape, bokke en varke is verpligtend

1

DoelDoelOm die nasionale register vir Diere-identifikasiemerke (AIS) te bestuur, wat sal dien as ’n versterkte verdedigingslinie teen veediefstal, die identifisering van eiendom sal vergemaklik en opspoorbaarheid sal bevorder.

FunksiesFunksies Administrering van die Wet op die Identifikasie van Diere.

Bestuur van die nasionale register vir diere-identifikasiemerke as die diere-identifikasiestelsel.

’n Beleid oor diere-identifikasie te ontwikkel.

Gelyke toegang vir diensverskaffers te voorsien rakende diere-identifisering.

Bydra tot swart ekonomiese bemagtiging en werkskepping deur die registrasie van merkoperateurs.

Die versterkte verdedigingslinie teen veediefstal!

Page 8: Identifikasie van diere Sep2014 van diere.pdf · AANSOEK VIR DIE OORDRAG VAN ’N DIERE-IDENTIFIKASIEMERK Beskrywing Die permanente merk van beeste, skape, bokke en varke is verpligtend

2

Dit is verpligtend om alle beeste, skape, bokke en varke te merk.

InleidingInleiding1. WET OP DIE IDENTIFIKASIE VAN DIERE (WET NO. 6 VAN 2002)

Die Wet op die Identifikasie van Diere, 2002 (Wet No. 6 van 2002) vervang die ou Wet op Veebrandmerke, 1962 (Wet No. 87 van 1962).

2. TOEPASSING VAN DIE WET (ARTIKEL 2)

Die wet is landwyd van toepassing.

Page 9: Identifikasie van diere Sep2014 van diere.pdf · AANSOEK VIR DIE OORDRAG VAN ’N DIERE-IDENTIFIKASIEMERK Beskrywing Die permanente merk van beeste, skape, bokke en varke is verpligtend

3

3. VOORDELE VAN WETTIGE MERKE

Fisiese afskrikmiddel – veediewe is meer geneig om ongemerkte diere te steel.

Positiewe identifikasie.

Positiewe bewys van eienaarskap.

Doeltreffender polisiëring.

Hoër herwinningspersentasie.

Maak opsporing moontlik.

’n Wettige identifikasiemerk is baie nuttig – as as gesteelde of verlore diere opgespoor word, kan die eienaar gevind word.

4. HOE OM ’N IDENTIFIKASIEMERK TE REGISTREER

Alle eienaars moet aansoek doen vir ’n geregistreerde indentifikasie-merk.

Vorms is verkrygbaar vanaf voorligtingskantore, magistraatskantore, veediefstaleenhede van die SAPD of by die Registrateur van Identifikasiemerke.

’n Eenmalige registrasiefooi is betaalbaar.

Adresseer die koevert aan: Die Registrateur van Identifikasiemerke, Privaatsak X138, Pretoria 0001

Alle identifikasiemerke moet geregistreer word.

Die registrasie word op die nasionale Register van Diere-identifikasie-merke geplaas (AIS).

Page 10: Identifikasie van diere Sep2014 van diere.pdf · AANSOEK VIR DIE OORDRAG VAN ’N DIERE-IDENTIFIKASIEMERK Beskrywing Die permanente merk van beeste, skape, bokke en varke is verpligtend

4

5. AANSOEK VIR DIE OORDRAG VAN ’N DIERE-IDENTIFIKASIEMERK

Beskrywing

Die permanente merk van beeste, skape, bokke en varke is verpligtend in Suid-Afrika. Alle vee-eienaars moet ’n geregistreerde identifikasiemerk vir hulle diere hê. ’n Identifikasiemerk kan oorgedra word na ’n ander persoon in die geval van die afsterwe van die eienaar van ’n merk of as die eienaar toestemming gee vir die oordra van sy merk.

Stappe wat gevolg moet word

Vul ’n aansoekvorm in, wat in die middel van hiedie boek aangeheg is. Dit kan ook bekom word vanaf die web by http://www.daff.gov.za/daffweb3/Services/Registrations, die dieregesondheidstegnikus (AHT), voorligtingsbeamptes, magistraatskantore, die SAPD se veediefstal-eenhede, landboudepartemente in plaaslike provinsies, die Wet op die Identifikasie van Diere (AIDA) koördineerder of van die Registrateur: Diere-identifikasie in Pretoria.

Deel 2 van die vorm moet deur die eienaar van die merk voltooi word of deur die eksekuteur van die boedel (in die geval van die dood van die eienaar).

Daar is ’n eenmalige betaling vir die registrasie van ’n identifikasiemerk.

Stuur die aansoek aan die provinsiale AIDA koördineerder. Die koördi neerder sal dit stuur aan Die Registrateur: Diere-identifikasie, Privaatsak X138, Pretoria 0001; of neem die vorm na die naaste staatsveeartskantoor, wat dit aan die Registrateur sal pos.

Page 11: Identifikasie van diere Sep2014 van diere.pdf · AANSOEK VIR DIE OORDRAG VAN ’N DIERE-IDENTIFIKASIEMERK Beskrywing Die permanente merk van beeste, skape, bokke en varke is verpligtend

5

Alle eienaars van beeste, skape, bokke en varke moet ’n identifikasie-merk registreer by die registrateur van diere-identifikasie.

Elke eienaar moet sy/haar diere op die voorge-skrewe metode merk.

Alle beeste, skape, bokke en varke waarvan die identifikasiemerk onduidelik of onsig-baar geword het, moet ooreen komstig wetlike voorskrifte geheridentifi-seer word.

6. WAT IS ’N IDENTIFIKASIEMERK? (ARTIKEL 4)

’n Merk wat deur die Minister voorgeskryf is.

Enige geregistreerde merk wat op ’n dier aangebring word vir watter

doel ookal.

7. UITSONDERINGS

’n Merk aan ’n hoef of horing

’n Verfmerk

Knip, klinknael of plaatjie wat aan die oor aangebring is

Keep of gat.

8. PLIGTE VAN EIENAARS (ARTIKEL 7)

Page 12: Identifikasie van diere Sep2014 van diere.pdf · AANSOEK VIR DIE OORDRAG VAN ’N DIERE-IDENTIFIKASIEMERK Beskrywing Die permanente merk van beeste, skape, bokke en varke is verpligtend

6

Enige eienaar van ’n dier met ’n identifikasiemerk wat die dier binne 14 dae nadat hy of sy die eienaar geword het, wil verkoop, ruil of weggee, moet die nuwe eienaar van ’n identifikasiedokument voorsien.

Dit beteken dat die dier binne 14 dae weggemaak kan word sonder dat dit met die nuwe eienaar se merk gemerk is omdat dit reeds die vorige eienaar se merk op het en ’n identifikasiedokument uitgereik is.

’n Eienaar wat ’n dier na 14 dae nadat hy die eienaar van so ’n dier geword het, wil verkoop, ruil of weggee, moet sy eie merk op die dier aanbring voordat hy daarvan ontslae raak. Die eienaar moet ook die nuwe eienaar van ’n iden ti fikasie dokument voorsien. Die nuwe eienaar moet die identifkasie dokument vir ’n periode van een jaar hou.

Dit beteken dat daar nie na 14 dae van die dier ontslae geraak kan word sonder dat die nuwe eienaar se identifikasiemerk op die dier aange bring is en ’n identifikasie dokument uitgereik is nie.

Page 13: Identifikasie van diere Sep2014 van diere.pdf · AANSOEK VIR DIE OORDRAG VAN ’N DIERE-IDENTIFIKASIEMERK Beskrywing Die permanente merk van beeste, skape, bokke en varke is verpligtend

7

Wetlike implikasiesWetlike implikasies

1. ONWETTIGE MERK VAN DIERE (ARTIKEL 15)

Geen persoon mag ’n dier merk met ’n:

Merk wat nie geregistreer is nie.

Geregistreerde identifikasiemerk sonder die magtiging van die eienaar van die merk nie.

Geregistreerde identifikasiemerk anders as voorgeskryf nie.

Merk wat in ’n ander persoon se naam geregistreer is, wat nie die diere se eienaar is nie.

Merk wat nie ’n voorgeskrewe merk is vir die groep waaraan die diere behoort nie.

2. OORTREDINGS

Enige persoon wat:

’n Merkoperateur is, maar nie ’n register hou nie.

Enige diere in sy/haar besit het wat nie in ooreenstemming met die toelaatbare voorsienings van die Wet gemerk is nie/anders gemerk is.

Die identifikasiemerk op ’n dier verander, beskadig of uitwis.

’n Dier verkoop waarvan die identifikasiemerk verander, beskadig of gekanselleer is.

’n Dier verkoop waarvan die oor sonder enige wettige rede afgesny is.

Die vonnis vir hierdie oortredings is ’n boete of gevangenisstraf vir ’n periode van nie langer as ses maande of beide die boete en gevangenisstraf.

Page 14: Identifikasie van diere Sep2014 van diere.pdf · AANSOEK VIR DIE OORDRAG VAN ’N DIERE-IDENTIFIKASIEMERK Beskrywing Die permanente merk van beeste, skape, bokke en varke is verpligtend

3. MERK VAN GEREGISTREERDE (STOET-)DIERE (ARTIKEL 15 (2))

Geregistreerde diere word met merke gemerk wat deur die betrokke Telers-genootskap toegeken is.

Die Telersgenootskap sal die merkmetode voorskryf (brandmerk of tatoeëring).

4. ALTERNATIEWE IDENTIFIKASIEMETODE (ARTIKEL 8 – REG. 5)

Dit is nou moontlik om by die Registrateur aansoek te doen vir alternatiewe metodes om diere te identifiseer.

Vee-eienaars moet egter kennis neem dat dit nie van toepassing sal wees op individuele eienaars nie. Slegs aansoeke vir die merk van sekere groepe diere of spesies sal oorweeg word.

Indien so ’n versoek toegestaan word, sal dit onderhewig wees aan streng vereistes om die werk van die inspekteur en die SAPD te vergemaklik.

Voorwaardes wat in so ’n geval in werking tree, sal insluit die aanbring van ’n enkele merk (brandmerk/tatoeëermerk) wat aandui dat die diere met mikroskyfies gemerk is.

Dit sal ook ’n vereiste wees dat almal wat die metode gebruik te alle tye ’n skandeerder/leser besit.

Page 15: Identifikasie van diere Sep2014 van diere.pdf · AANSOEK VIR DIE OORDRAG VAN ’N DIERE-IDENTIFIKASIEMERK Beskrywing Die permanente merk van beeste, skape, bokke en varke is verpligtend

Aansoek Aansoek

om

registrasie vir registrasie vir ’n identifikasiemerk’n identifikasiemerk

Page 16: Identifikasie van diere Sep2014 van diere.pdf · AANSOEK VIR DIE OORDRAG VAN ’N DIERE-IDENTIFIKASIEMERK Beskrywing Die permanente merk van beeste, skape, bokke en varke is verpligtend

Lêer

no.

.....

......

......

......

......

......

......

......

.....

Aan

soek

om

regi

stra

sie

vir ’

n id

entif

ikas

iem

erk

—W

et o

p di

e Id

entif

ikas

ie v

an D

iere

, 200

2 (W

et N

o. 6

van

200

2)

Reg

istra

teur

van

Die

re Id

entif

ikas

ieP

rivaa

tsak

X13

8P

reto

ria00

01Te

l. 01

2 31

9 74

49/7

431/

7433

/761

1

Del

pen

Geb

ouH

/v A

nnie

Bot

hala

an e

n U

nion

stra

atR

ivie

raP

RE

TOR

IA00

84

SLE

GS

VIR

KA

NTO

OR

GE

BR

UIK

•D

ie a

anso

eker

moe

t ʼn re

gsge

leer

de p

erso

on w

ees,

bv.

, Joh

n Pe

ter H

ill; o

f Joh

n Pe

ter H

ill h

ande

l/as

Riv

er S

tud

BK

; of

Riv

er S

tud

(Pty

) Ltd

, ens

. •

Indi

en d

ie a

anso

ek n

ie d

eur d

ie a

anso

eker

per

soon

lik o

nder

teke

n is

nie

, moe

t ʼn b

rief w

at d

ie o

nder

teke

naar

be

mag

tig s

aam

met

die

aan

soek

inge

dien

wor

d. •

Die

bog

enoe

mde

is o

ok v

an to

epas

sing

as

die

onde

rtek

enaa

r die

aan

soek

nam

ens ʼn

bes

lote

kor

pora

sie

of

maa

tska

ppy

doen

.

AA

NSO

EK M

OET

SA

AM

MET

’N K

OPI

E VA

N U

ID D

OK

UM

ENT

ING

EDIE

N W

OR

D

Volle

dige

bes

onde

rhed

e va

n aa

nsoe

ker

agric

ultu

re,

fore

stry

& fi

sher

ies

Dep

artm

ent:

Agr

icul

ture

, For

estry

and

Fis

herie

sR

EPU

BLI

C O

F SO

UT H

AFR

ICA

Dep

arte

men

t:La

ndbo

u, B

osbo

u en

Viss

erye

REP

UB

LIEK

VA

N S

UID

-AFR

IKA

Page 17: Identifikasie van diere Sep2014 van diere.pdf · AANSOEK VIR DIE OORDRAG VAN ’N DIERE-IDENTIFIKASIEMERK Beskrywing Die permanente merk van beeste, skape, bokke en varke is verpligtend

Dat

um

yy

yy

mm

dd

BET

ALI

NG

: R12

0

Pay

able

to: D

AFF

(Dep

artm

ent o

f Agr

icultu

re, F

ores

try a

nd F

isher

ies)

(Afri

kaan

s: D

epar

tem

ent v

an L

andb

ou, B

osbo

u en

Vis

sery

e)S

tand

ard

Ban

kTa

k: A

rcad

ia

Takn

omm

er: 0

1084

5 R

eken

ingn

omm

er: 0

1125

2871

Die

aan

soek

er s

e ID

nom

mer

of r

egis

trasi

enom

mer

moe

t in

die

ver

wys

ings

pasi

e in

gevu

l wor

d (in

die

gev

al v

an ʼn

m

aats

kapp

y, B

K/tr

ust).

Die

aan

soek

kan

nie

son

der d

ie

verw

ysin

g ge

final

isee

r wor

d ni

e. D

ie a

anso

ekvo

rm m

oet

verg

esel

wor

d va

n di

e de

posi

tost

roki

e.

Hie

rdie

aan

soek

sal

bin

ne 3

0 da

e ge

final

isee

r wor

d.

E-p

os: S

anet

C@

daff.

gov.

za o

f fak

s na

012

319

755

1

1.

Voor

nam

e (v

olle

dig)

.....

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

...

2.

Van

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

....

3.Id

entit

eits

nom

mer

.....

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

....

4.R

egis

trasi

enom

mer

van

maa

tska

ppy/

besl

ote

korp

oras

ie/tr

ust/

venn

oots

kap

.....

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

5.

Naa

m v

an m

aats

kapp

y/be

slot

e ko

rpor

asie

/trus

t/ven

noot

skap

....

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

.....

6.

Stra

atad

res

.....

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

. P

osad

res

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

.....

...

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

.....

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

...

...

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

.....

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

...

Pos

kode

Pos

kode

7.

Pla

as-/d

orpn

aam

....

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

..

8.

Land

dros

dist

rik .

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

..

9.

Pro

vins

ie .

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

10.

Tele

foon

nom

mer

.....

......

......

......

......

......

......

......

......

......

.....

Sel

foon

nom

mer

....

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

..

11.

E-p

osad

res

.....

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

......

....

12.

Klië

nt s

e ha

ndte

keni

ng .

......

......

......

......

......

......

......

......

.....

Page 18: Identifikasie van diere Sep2014 van diere.pdf · AANSOEK VIR DIE OORDRAG VAN ’N DIERE-IDENTIFIKASIEMERK Beskrywing Die permanente merk van beeste, skape, bokke en varke is verpligtend
Page 19: Identifikasie van diere Sep2014 van diere.pdf · AANSOEK VIR DIE OORDRAG VAN ’N DIERE-IDENTIFIKASIEMERK Beskrywing Die permanente merk van beeste, skape, bokke en varke is verpligtend

13

Hoe om te registreer

Voltooi 'n merkoperateurskursus.

’n Aansoekvorm wat van die kursus-aanbieder verkrygbaar is, moet inge-vul word.

’n Aansoekfooi is betaalbaar.

Betaling kan by wyse van ’n tjek, bankdeposito of elektroniese fondsoorplasing geskied.

Adresseer die koevert aan:

Die Registrateur: Diere-identifikasiePrivaatsak X138Pretoria (Tshwane)0001

Merkoperateurskursusse

Die Registrateur sal die aansoeker inlig waar om die voorgeskrewe kursus by te woon.

Die kursus sal die volgende insluit:

Die teorie en tegniek van “warm”brandmerking.

Die teorie en tegniek van “vries’’brandmerk.

Die teorie en tegniek van tatoeëring.

Die teorie en tegniek van beteueling en merk van diere; en die wetgewing rakende die welstand van diere.

“Warm”brandmerking

Tatoeëring

Nekklamp

5. MERKOPERATEURS (ARTIKEL 11)

“Warm”brandmerking

Tatoeëring

Nekklamp

Page 20: Identifikasie van diere Sep2014 van diere.pdf · AANSOEK VIR DIE OORDRAG VAN ’N DIERE-IDENTIFIKASIEMERK Beskrywing Die permanente merk van beeste, skape, bokke en varke is verpligtend

14

Register van merkoperateursrekords

Naam en adres van eienaar wie se diere gemerk is.

Datum waarop die diere gemerk is.

Tipe of spesifieke ras gemerk.

Getal diere gemerk.

Identifikasiemetode.

Datum waarop die eienaar se identifikasiemerk geregistreer is.

Die eienaar se geregistreerde identifikasiemerk.

6. DIE DIERE-IDENTIFIKASIESTELSEL (AIS)

Die diere-identifikasiestelsel (AIS) is die nasionale register van diere-identifikasiemerke in Suid-Afrika.

In hierdie stadium het slegs die Suid-Afrikaanse polisiediens toegang tot die stelsel.

AIS is ’n uiters gebruikersvriendelike stelsel wat deur enige beampte gebruik kan word na ’n kort opleidingstydperk.

Page 21: Identifikasie van diere Sep2014 van diere.pdf · AANSOEK VIR DIE OORDRAG VAN ’N DIERE-IDENTIFIKASIEMERK Beskrywing Die permanente merk van beeste, skape, bokke en varke is verpligtend

15

RegulasiesRegulasies

1. LETTERGROOTTES (ART. 9)

Tatoeëermerk: moet nie groter as 20 mm op die breedste en hoogste deel wees nie.

Brandmerk: moet tussen 40 en 100 mm by die breedste en hoogste punt wees.

2. VORM, PATROON EN KOMPOSISIE (ART. 10)

’n Identifikasiemerk kan bestaan uit een tot drie letters of simbole (karakters).

’n Drielettermerk kan op vier verskillende maniere gebruik word.

’n Tweelettermerk kan op twee ver skillende maniere gebruik word.

Die letters mag nie aan mekaar raak nie.

Dieselfde merk kan op beeste en kleinvee gebruik word.

BCA

ABC

AB

ABC

ABC AB

Page 22: Identifikasie van diere Sep2014 van diere.pdf · AANSOEK VIR DIE OORDRAG VAN ’N DIERE-IDENTIFIKASIEMERK Beskrywing Die permanente merk van beeste, skape, bokke en varke is verpligtend

16

3. OUDERDOM VAN DIE DIERE TYDENS MERK (ART. 11)

Beeste

Moet gemerk word teen die ouderdom van ses maande.

Kan getatoeëer word teen die ouderdom van een maand – of

Kan gebrandmerk word teen die ouderdom van ses maande – en

Moet gebrandmerk wees teen die ouderdom wat die eerste paar permanente snytande verskyn (tweetandstadium).

Page 23: Identifikasie van diere Sep2014 van diere.pdf · AANSOEK VIR DIE OORDRAG VAN ’N DIERE-IDENTIFIKASIEMERK Beskrywing Die permanente merk van beeste, skape, bokke en varke is verpligtend

17

Kleinvee

Moet getatoeëer word teen die ouderdom van een maand.

Varke

Moet getatoeëer word teen die ouderdom van een maand.

Volstruise

Kan getatoeëer word teen die ouderdom van een maand – en

Kan gebrandmerk word teen die ouderdom van ses maande.

Perde

Kan getatoeëer word teen die ouderdom van ses maande – en

Kan gebrandmerk word teen die ouderdom van twaalf maande.

Page 24: Identifikasie van diere Sep2014 van diere.pdf · AANSOEK VIR DIE OORDRAG VAN ’N DIERE-IDENTIFIKASIEMERK Beskrywing Die permanente merk van beeste, skape, bokke en varke is verpligtend

18

4. DELE WAAROP DIERE GEÏDENTIFISEER MOET WORD (ART. 12)

Beeste

Tatoeëring: In die linker of regter oor.

Brandmerk: Op enige duidelike sigbare deel, die nek uitgesluit.

Kyk na die figuur. Plaas die brandmerk op enige plek buite die vierkant.

Die eerste eienaar kan die merk op die linker agterbeen aanbring, die tweede eienaar kan dit op die linker skouer plaas, die derde eienaar kan dit op die regter agterbeen plaas en die vierde eienaar op die regter skouer.

Onthou jy kan finansieel skade ly op huide as jy waardevolle gedeeltes merk.

Skape, bokke en varke

Die eerste eienaar kan die tatoeëermerk in die linker oor aanbring, die tweede eienaar in die regter oor.

Varke kan ook aan die linker- of regterkant van die skouer-area gemerk word met behulp van ’n “varkslaner” (hogslapper).

Page 25: Identifikasie van diere Sep2014 van diere.pdf · AANSOEK VIR DIE OORDRAG VAN ’N DIERE-IDENTIFIKASIEMERK Beskrywing Die permanente merk van beeste, skape, bokke en varke is verpligtend

19

Volstruise

Tatoeëer volstruise jonger as ses maande onder die linker vlerk.

Brandmerk volstruise ouer as ses maande op die dye.

Die eerste eienaar kan die brandmerk aan die buitekant van die linker dy aanbring en die tweede eienaar aan die buitekant van die regter dy.

Volstruise word gebrandmerk volgens hulle ouderdom.

Geen volstruise jonger as ses maande mag met ’n warm yster gebrandmerk word nie.

Volstruise jonger as ses maansde mag getatoeëer word.

Die letters van ’n brandmerk mag nie groter as 25 mm wees nie (breedte of hoogte).

Die letters van ’n tatoeëermerk mag nie groter wees as 25 mm nie (breedte en hoogte).

Die brand- of tatoeëermerk mag net twee letters hê.

Letters moet 6 mm van mekaar geplaas word.

Brandmerkletters kan langs of onder mekaar geplaas word.

Tatoeëermerke kan langs mekaar geplaas word.

MN

M N

Page 26: Identifikasie van diere Sep2014 van diere.pdf · AANSOEK VIR DIE OORDRAG VAN ’N DIERE-IDENTIFIKASIEMERK Beskrywing Die permanente merk van beeste, skape, bokke en varke is verpligtend

20

MerkgidsMerkgids

1. WARMBRAND, VRIESBRAND EN TATOEËRING

Merk met ’n warm yster

Stap 1

Gebruik ’n aparte yster vir elke letter van die merk. Dit is makliker, maar nie verpligtend nie.

Stap 2

Kry alles gereed voordat jy begin merk. Maak seker dat die volgorde van die geregistreerde merk reg is volgens die registrasie sertifikaat. Dit kan eers op ’n stukkie hout getoets word.

Stap 3

Kry iemand om jou te help. Die helper moet die dier nader bring en styf vashou. Dit sal makliker wees as daar meer as een helper is.

Stap 4

Maak die yster goed warm. Wanneer die yster wit word, is dit ’n teken dat dit warm genoeg is. Jy kan die yster op ’n stukkie hout toets om te sien of dit warm genoeg is.

Stap 5

Maak die diere onbeweeglik met ’n immobiliseerder of kniehalter hulle sodat hul jou nie skop nie. Die immobilisasie van die willekeurige spiere weerhou die dier om te beweeg.

Page 27: Identifikasie van diere Sep2014 van diere.pdf · AANSOEK VIR DIE OORDRAG VAN ’N DIERE-IDENTIFIKASIEMERK Beskrywing Die permanente merk van beeste, skape, bokke en varke is verpligtend

21

Stap 6

Neem die eerste yster en hou dit 3 tellings lank teen die dier se vel. Moenie druk nie. Tel stadig 1,2,3. Verwyder die yster. Neem die tweede yster en doen ook dieselfde met die derde. Die merk is nou voltooi. Maak elke yster na gebruik skoon met ’n staalborsel om van die gebrande vel en hare ontslae te raak.

Stap 7

Gebruik die ysapparaat om die wond te verkoel of spuit kouewater op die dier se vel om dit af te koel.

Jy kan ook wondolie op die wond giet. Moet dit nie met ’n lap afvee nie.en moet nooit mis aan die wond smeer nie.

Merk met ’n vriesbrandyster

Toerusting benodig:

Verkoeler – droëys in etiel, metiel of isopropielalkohol en vloeibare stikstof.

Geïsoleerde houer vir die verkoelingsmiddel.

’n Stel koper- of hoëgehalte bronsallooi-brandmerkysters.

Stel knippers.

95 % etiel- of metielalkohol.

Handskoene.

Page 28: Identifikasie van diere Sep2014 van diere.pdf · AANSOEK VIR DIE OORDRAG VAN ’N DIERE-IDENTIFIKASIEMERK Beskrywing Die permanente merk van beeste, skape, bokke en varke is verpligtend

22

Stap 1

Kry alles gereed voordat jy begin brandmerk.

Stap 2

Kry iemand om jou te help.Die helper moet die dier nader bring en styf vashou. As jy ’n drukgang het, sal die brandmerkproses makliker verloop.

Stap 3

Maak die dier onbeweeglik met ’n immobiliseerder of kniehalter hulle sodat hul jou nie skop nie.

Stap 4

Skeer die hare af van die deel wat gebrandmerk gaan word.

Stap 5

Vries die yster deur dit in vloeibare stikstof te plaas of in spiritus wat tot -40 °C afgekoel is deur middel van droëys.

Stap 6

Wanneer daar nie meer borrels vorm nie is die ysters koud genoeg vir gebruik om letters op die vel te brand. Skud die stikstof of spiritus af; anders sal die afvloei ook ’n merk op die vel laat.

Page 29: Identifikasie van diere Sep2014 van diere.pdf · AANSOEK VIR DIE OORDRAG VAN ’N DIERE-IDENTIFIKASIEMERK Beskrywing Die permanente merk van beeste, skape, bokke en varke is verpligtend

23

Stap 7

Druk hard vir die volgende blootstellingstydperke:

Diere van 6 tot 8 maande: 20 tot 25 sekondes

Diere van 9 tot 18 maande: 25 tot 30 sekondes

Diere ouer as 18 maande: 30 tot 35 sekondes.

Merk deur middel van tatoeëring

’n Derde identifiseringsmetode is die tatoeëring van diere.

Tatoeëertange en ink word gebruik on die diere te merk.

Skape, bokke (kleinvee) en varke

Skape, bokke en varke word getatoeëer.

Die letters van ’n tatoeëermerk mag nie groter as 20 mm wees nie (hoog of breed).

Die merk kan 1,2 of 3 karakters hê.

Jy moet die karakters langs mekaar plaas.

Page 30: Identifikasie van diere Sep2014 van diere.pdf · AANSOEK VIR DIE OORDRAG VAN ’N DIERE-IDENTIFIKASIEMERK Beskrywing Die permanente merk van beeste, skape, bokke en varke is verpligtend

24

Stap 1

Kry alles gereed voordat jy begin tatoeëer.

Stap 2

Kry iemand om jou te help. Die helper moet die dier nader bring en styf vashou.

Stap 3

Plaas die karakters in die regte volgorde en posisie in die tatoeëertang – volgens die registrasiesertifikaat.

Stap 4

Maak die ore skoon voordat die ink aangewend word—vuiligheid en olie in die ore sal die ink verhoed om die tatoeëergaatjies te vul wat deur die tatoeëertang gemaak word. Toets die tatoeëerink op ’n skoon area wat getatoeëer moet word.

Stap 5

Druk die tatoeëertang totdat die gaatjies op die vel verskyn.

Stap 6

Vryf die ink in die gaatjies. Die tatoeëerproses is nou afgehandel.

Ten slotteTen slotte ’n Wettige, permanente merk is die eerste verdedigingslinie teen

veediefstal.

In Suid-Afrika maak wetgewing voorsiening vir ’n doeltreffende diere-identifikasiestelsel.

Warmysterbrandmerke vir beeste en tatoeëermerke vir kleinvee bly die mees kostedoeltreffende wyses om hierdie groepe diere te merk.

Page 31: Identifikasie van diere Sep2014 van diere.pdf · AANSOEK VIR DIE OORDRAG VAN ’N DIERE-IDENTIFIKASIEMERK Beskrywing Die permanente merk van beeste, skape, bokke en varke is verpligtend
Page 32: Identifikasie van diere Sep2014 van diere.pdf · AANSOEK VIR DIE OORDRAG VAN ’N DIERE-IDENTIFIKASIEMERK Beskrywing Die permanente merk van beeste, skape, bokke en varke is verpligtend