Verskillende habitatte van diere - .NET Framework

17
Verskillende habitatte van diere Laerskool Mikro Kopiereg © Graad 4: NWT

Transcript of Verskillende habitatte van diere - .NET Framework

Page 1: Verskillende habitatte van diere - .NET Framework

Verskillende

habitatte van diere

Laerskool Mikro Kopiereg ©

Graad 4: NWT

Page 2: Verskillende habitatte van diere - .NET Framework

Habitatte

Plante, diere en mense het almal plekke waar hulle leef. Ons

noem die plek waar iets lewe, sy habitat.

Laerskool Mikro Kopiereg ©

Page 3: Verskillende habitatte van diere - .NET Framework

Verskillende habitatte

Daar is baie verskillende soorte habitatte. Verskillende diere en

plante lewe in verskillende habitatte.

Laerskool Mikro Kopiereg ©

Grasveldhabitat

Woudhabitat

Rivierhabitat

Seehabitat

Page 4: Verskillende habitatte van diere - .NET Framework

Verskillende habitatte

Laerskool Mikro Kopiereg ©

Sebras leef op grasvelde. Knysna-loerie leef in die woud.

Krokodille leef in riviere. Walvisse leef in die see.

Page 5: Verskillende habitatte van diere - .NET Framework

Grasveldhabitatte

• Daar is baie soorte grasse, maar min bome.

• Grasvelde kry genoeg reënval vir die gras om te groei, maar

nie genoeg vir bome om te groei nie.

• Dit reën in die somer en dit is warm in die somer en koud in die

winter.

Laerskool Mikro Kopiereg ©

Page 6: Verskillende habitatte van diere - .NET Framework

Grasveldhabitatte

• Diere vind kos en water in hulle habitat en baie grasetende

diere soos rooibokke, buffels en sebras kom hier voor.

• Roofdiere kom ook natuurlik hier voor wat die grasetende

diere vang en eet bv. leeus.

Laerskool Mikro Kopiereg ©

Page 7: Verskillende habitatte van diere - .NET Framework

Woudhabitatte

• Daar kom baie hoë bome en klein plante soos varings voor.

• Dit kry heel jaar reën en dus is dit baie nat in hierdie habitat.

• Dit word nie baie warm of baie koud nie en baie voëls leef hier.

Laerskool Mikro Kopiereg ©

Page 8: Verskillende habitatte van diere - .NET Framework

Woudhabitatte

• Kleiner diere soos apies, bosvarke, bosbokke en duikers leef

ook in woude.

• Hulle eet blare, vrugte en sade wat van die bome afval.

• Bosvarke en apies eet ook baie insekte, wurms en akkedisse.

Laerskool Mikro Kopiereg ©

Page 9: Verskillende habitatte van diere - .NET Framework

Woudhabitatte

• Woudhabitatte is goeie plekke vir roofdiere soos luiperds en

arende om weg te kruip.

Laerskool Mikro Kopiereg ©

Page 10: Verskillende habitatte van diere - .NET Framework

Rivierhabitatte

• Rivierhabitatte het varswater en die temperatuur van die water

verander nie baie nie.

Laerskool Mikro Kopiereg ©

Page 11: Verskillende habitatte van diere - .NET Framework

Rivierhabitatte

• Sommige diere leef in die water, soos visse, waterslakke,

paddavisse en paddas.

• Sommige leef ook bo (naby) die water soos eende en insekte.

• In die gebied rondom ‘n rivierhabitat kom daar verskillende

lewe voor, soos paddas en baie soorte voëls.

Laerskool Mikro Kopiereg ©

Page 12: Verskillende habitatte van diere - .NET Framework

Rivierhabitatte

• Plante groei ook in die water en op die rivieroewer en sommige

diere eet hierdie plante, soos seekoeie.

• Visarende vang weer die vis wat in die water voorkom.

• Ander diere (krokodille) eet diere wat by die rivieroewer kom

water drink.

Laerskool Mikro Kopiereg ©

Page 13: Verskillende habitatte van diere - .NET Framework

Rivierhabitatte

• Diere lê ook hul eiers in die water soos sommige visse en

paddas.

Laerskool Mikro Kopiereg ©

Page 14: Verskillende habitatte van diere - .NET Framework

Seehabitatte

• Die see het soutwater en die temperatuur van die water

verander nie baie nie.

• Sommige soorte visse, seeskilpaaie, robbe, walvisse en

dolfyne leef in die see.

Laerskool Mikro Kopiereg ©

Page 15: Verskillende habitatte van diere - .NET Framework

Seehabitatte

• Hulle eet ander lewende dinge in hulle habitat.

• Byvoorbeeld: ‘n Rob of dolfyne sal visse in die see eet.

• ‘n Seekat kruip weer onder rotse weg en wag vir visse om

verby te swem.

Laerskool Mikro Kopiereg ©

Page 16: Verskillende habitatte van diere - .NET Framework

Seehabitatte

• Visse lê eiers in die seewater.

Laerskool Mikro Kopiereg ©

Page 17: Verskillende habitatte van diere - .NET Framework

Pas die diere by hulle habitatte

Laerskool Mikro Kopiereg ©kameelperd visarend

uil haai apie buffel

padda rob