PRAKTIESE TEOLOGIE 1 - lickts.co.za teologie 1/sosiologie 101.pdf · Rol. 17 2.6.1. Rolverwagtings...
Transcript of PRAKTIESE TEOLOGIE 1 - lickts.co.za teologie 1/sosiologie 101.pdf · Rol. 17 2.6.1. Rolverwagtings...
2
Inhoudsopgawe Bladsy
1. SOSIOLOGIE EN DIE SAMELEWING. 6
1.1. Inleiding. 6
1.2. Definisie van Sosiologie. 6
1.3. Kultuur en die Individu. 8
1.3.1. Kenmerke van Kultuur. 9
1.3.2. Funksies van Kultuur. 10
1.3.3. Koepel kultuur, Sub kultuur en Kontra kultuur. 11
1.3.4. Kultuur as Sosiale Omgewing en Norm Stelsel. 12
1.3.5. Waardes en Norme. 12
1.3.6. Legitimiteit. 13
1.4. Bronnelys 14
2. DIE SOSIALISERING VAN DIE INDIVIDU. 14
2.1. Sosialisering. 14
2.2. Sosiale Kontrole. 15
2.3. Sosialisering deur Rol en Status. 15
2.4. Die begrippe Posisie, Rol en Status. 16
2.5. Posisie. 17
2.6. Rol. 17
2.6.1. Rolverwagtings. 18
3
2.6.2. Rolkonflik. 18
2.6.3. Die Hantering van Rolkonflik. 20
2.7. Status. 21
2.8. Gelykheid en Gelykwaardigheid. 22
2.9. Bronnelys 23
3. SOSIALE ORGANISASIE. 23
3.1. Die Aard en Karakter van Organisasies. 23
3.2. Oorsprong en Klassifikasie van Organisasies. 24
3.2.1. Primêre Groepe. 27
3.2.1.1. Primêre Groepe in die Moderne Samelewing. 28
3.2.1.2. Die Funksie van Primêre Groepe. 29
3.2.2. Sekondêre Groepe of Organisasies. 31
3.2.2.1. Doelstellings van Organisasies. 31
3.2.3. Die Staat as Organisasie. 32
3.2.3.1. Oorsprong en Ontwikkeling van die Staat. 33
3.2.4. Die Organisasie as Burokrasie. 34
3.2.5. Struktuur van die Formele Organisasie. 35
3.3. Bronnelys 35
4. SOSIALE INTERAKSIE. 36
4.1. Houdings en Verhoudings. 36
4
4.2. Die ontstaan van Houdings. 37
4.3. Etnisiteit en Ras in die Suid-Afrikaanse konteks. 39
4.4. Groepsgedrag. 41
4.4.1. Invloed van die Groep op Gedrag. 41
4.5. Bronnelys 43
5. SOSIALE PROBLEME. 43
5.1. Aard van Sosiale Probleme. 43
5.2. Jeugmisdaad. 44
5.3. Seksuele Afwykings. 46
5.3.1. Definisies. 46
5.3.1.1. Verkragting. 48
5.3.1.2. Erotika of Pornografie. 48
5.3.1.3. Homoseksualisme. 49
5.3.2. Oorsake van Seksuele Afwykings. 50
5.3.3. Tipes Seksuele Afwykings. 51
5.4. Alkoholisme. 52
5.4.1. Tekens van Alkoholisme 53
5.4.2. Oorsake van Alkoholisme. 54
5.4.3. Gevolge van Alkoholisme. 56
5.4.3.1. Patologiese Bedwelming. 56
5
5.4.3.2. DeliriumTremens. 56
5.4.3.3. Alkoholiese Hallusinasies. 57
5.4.3.4. Alkoholiese Agteruitgang. 58
5.4.3.5. Korsakoff se Sindroom. 59
5.5. Dwelmafhanklikheid. 59
5.6. Bronnelys 61
6. WERKSOPDRAG. 62
6
1. SOSIOLOGIE EN DIE SAMELEWING .
1. Inleiding
Sosiologie is die wetenskaplike studie van die samelewing en van die
interaksie tussen mense. Die samelewing verwys daarna dat die mens hom
altyd in „n mindere of meerdere mate tussen ander mense bevind, dat daar „n
interafhanklikheid tussen die mense in „n sosiale groep bestaan en dat hulle
mekaar se gedrag beïnvloed. Om geïsoleerd van andere te bestaan, is vreemd
aan die menslike natuur. Van die oomblik van sy geboorte tot met sy dood,
bevind die mens hom tussen andere en is hy grotendeels van hulle afhanklik.
Die mens wat van andere geïsoleerd is, beleef emosionele nood en soek
steeds na „n bondgenoot.
Die oorspronklike en ook kleinste sosiale groep waarin die mens hom bevind,
is die huisgesin. Die gesin word dan ook om die rede as die primêre groep
beskryf.
1.2. Definisie van Sosiologie.
Stewart (Steyn e.a. 1985:6) definieer dan ook die vak Sosiologie as „n
wetenskaplike studie van die samelewing – van groepe, instellings,
organisasies – en van die interafhanklikheid tussen die lede van die
samelewing. As terrein van studie word die volgende gestel:
menslike of sosiale interaksie.
menslike of sosiale verhoudings.
menslike of sosiale groepe.
die menslike samelewing.
Sosiale interaksie dui op enige gebeure waar die gedrag (handeling) van „n
persoon of persone die waarneembare gedrag of geestesgesteldheid van „n
ander persoon of persone beïnvloed. „n Handeling word deur Steyn e.a.
(1985:21) gedefinieer as “enige gebeurtenis wat die besteding van energie
behels met die oog op die bereiking van doelstellings in situasies”. In die
finale instansie bestudeer die sosioloog menslike sosiale handelinge.
7
Dit behels dat die sosioloog nie doellose, refleksiewe, instinktiewe,
geïsoleerde of bloot alle gedrag bestudeer nie.
Die sosioloog is slegs geïnteresseerd in daardie gedrag wat in
interaksie-konteks tussen mense plaasvind.
Die volgende kenmerke van die sosiale handeling kan hier onderskei word:
„n Sosiale handeling vind altyd in „n situasie plaas.
„n Sosiale handeling is gemotiveerd en behels die besteding van
energie.
„n Sosiale handeling is altyd gerig op die bereiking van „n doelwit.
„n Sosiale handeling word deur die persoon se norms en waardes
gereguleer.
In die Sosiologie word daar op grond van die voorafgaande veral drie basiese
sub sisteme by sosiale handelinge onderskei. In die studieterrein van die
Sosiologie word die drie sub sisteme soos volg onderskei:
Persoonlikheid sisteem.
Hier val die klem op die handelinge van die enkele persoon. Elke
persoon tree volgens „n bepaalde sisteem van behoeftes en gedrag op
wat as sy persoonlikheid verklaar kan word.
Sosiale sisteem.
Hier val die klem op die handelinge van die persoon in verhouding met
andere. Die interaksie tussen persone word gereguleer deur „n sisteem
van gemeenskaplike verwagtinge wat met bepaalde verhoudinge en
rolvervulling verband hou.
Kulturele sisteem.
Hier val die klem op die kulturele milieu wat vorm en rigting aan die
handelinge gee. Die kulturele milieu besit „n organisasie van
8
gedragswyses, leefstyle, waardes en norms wat rigting gee aan die
handelinge van die lede van die groep.
1.3. Kultuur en die Individu.
Reeds in 1871 het Tylor kultuur gedefinieer as “. . . that complex whole which
includes knowledge, belief, art, morals, law, custom, and any other capabilities
and habits acquired by man as a member of society”. „n Omvattende definisie
van kultuur lui dat “. . . kultuur alles behels wat mense as lede van „n
samelewing dink, doen en het” (Steyn 1985:32).
Bierstedt (1970:123) verwys daarna as “. . . a complex whole that consists of
all the ways we think and do and everything we have as members of society.”
Schuman (1958:15) omskryf kultuur soos volg: “Culture is the totality of
learned devices for problem solving, as distinct from hereditary equipment.”
Hallmark e.a. (1977:3) beweer: “When a group of people behave similarly and
share the same institutions and ways of life, they can be said to have a
common culture. Each person derives from it his basic way of life. If all tribes
or societies have culture, then civilizations are a particular kind of culture”.
Volgens Kapp e.a. (1982:45) is kultuur “. . . dit wat die mens presteer en tot
stand gebring het”. Dit behels die antropologiese gebruik van kultuur omdat
dit aandui hoe die mens deur sy handewerk sy omgewing begin onderwerp en
diensbaar maak het. Verder word die woord ook gebruik om intellektuele,
artistieke en geestes ontwikkelinge en skeppinge te beskryf. Dit verwys na „n
heel ingewikkelde patroon van idees, prestasies, tradisies en eiesoortighede
van „n volk, of „n nasie, of „n ryk.
Kultuur bestaan uit idees, norms en materiële dinge en behels alles wat die
mens dink, doen en het (besit). Die volgende algemene opmerkings sal die
begrip verder verklaar:
Kultuur gee rigting aan die handelinge van mense en die interaksie
tussen hulle.
9
Ordelike groeps- en gemeenskapslewe word daardeur moontlik
gemaak.
Kultuur behels bepaalde voorskrifte en beperkings op die handelinge,
interaksies en verhoudings wat tussen mense kan voorkom.
Kultuur behels materiële (konkrete kultuurvoorwerpe) en nie-materiële
(abstrakte geestesprodukte) aspekte.
1.3.1. Kenmerke van Kultuur.
Wat die aard van kultuur betref, kan op die volgende besondere kenmerke van
kultuur gelet word:
Kultuur is uitsluitlik „n menslike produk.
Kultuur onderskei mense van diere en menslike samelewings van proto-
samelewings wat by diere voorkom. Anders as die dier pas die mens nie
bloot bioties by sy omgewing aan nie maar pas sy omgewing
kultuurskeppend by hom aan.
Kultuur is gemeenskaplike besit van die lede van „n samelewing of
groep.
Kultuur word deur al die lede van „n groep aanvaar en gedeel.
Individuele eienaardighede vorm nie deel van kultuur nie omdat alle lede
van die groep dit nie aanvaar nie.
Kultuur is sosiaal verworwe of aangeleer.
Deur sosialisering word bepaalde gedrags-, denk- en gevoelswyses deur
die samelewing aan die individu oorgedra en deur hom aangeleer. Dit
word van geslag tot geslag oorgedra deur die opvoeding wat kinders
van veral hul ouers ontvang.
Kultuur is dinamies en kumulatief.
Kultuur bly nie altyd dieselfde nie. Dit is dinamies omdat dit steeds
verander word deur klem verskuiwings, weglatings en toevoegings. Dit
10
is ook kumulatief van aard omdat opeenvolgende geslagte steeds nuwe
inhoude daarby voeg en bestaande inhoude wysig.
Kultuur is in „n hoë mate eenvormig of uniform.
Ten spyte daarvan dat daar inhoudelik verskille tussen kulture voorkom,
is daar bepaalde universele patrone wat rondom basiese behoeftes van
mense sentreer. Elke kultuur heg bepaalde inhoude aan universele
aspekte soos taal, geslags-, huwelik- en gesin sisteme, „n ekonomiese,
godsdiens-, regerings- en regstelsel.
Kultuur vertoon variasie of diversiteit.
Variasie of diversiteit verwys na die hoë mate van verskille wat daar in
die kultuur inhoud van verskillende samelewings bestaan. Die verskille
in kultuur word deur veral verskille in die volgende aspekte bepaal:
Natuurlike fisiese en organiese omgewings.
Geografiese isolasie.
Stand van tegnologiese ontwikkeling.
Algemene kultuurbasis.
Etnosentrisme – hoogskatting van die eie kultuur.
Zenosentrisme – hoogskatting van „n buitegroep se kultuur.
1.3.2. Funksies van Kultuur.
Kultuur speel „n sentrale en onmisbare rol in alle samelewings. Die volgende
funksies word deur Steyn (1985:34) onderskei:
Aanpassingsfunksie – dit help die mens om by sy bepaalde omgewing
aan te pas.
Gratifikasiefunksie – dit help die mens om sy behoeftes te bevredig
Integrerende funksie – dit bind die lede van „n groep of samelewing
saam.
Regulerende funksie – deur „n stel waardes en norme word die gedrag
van die lede van „n groep gereguleer en beheer.
11
1.3.3. Koepel kultuur, Sub kultuur en Kontra kultuur.
Die Republiek van Suid-Afrika met sy wye verskeidenheid mense kan as „n
sosioloog se droomwêreld beskou word. Afgesien van „n breë Westerse
koepel kultuur wat almal deel of na strewe, is die sogenaamde
“reënboognasie” ook ryk aan subkulture en kontra kulture.
Koepel kultuur (“dome culture”).
o dui op „n omvattende, oorkoepelende leefwyse waarvolgens die
meeste of al die lede van „n samelewing lewe.
o in breë trekke stem die meerderheid van die inwoners van „n land
ooreen, byvoorbeeld, ten opsigte van kleredrag en arbeids
bedrywighede.
Sub kultuur.
o dit is „n kultuur binne „n kultuur, „n deel kultuur wat onderskeibaar
van die breë kultuur is.
o die lede van „n subkultuur deel in „n groot mate die norms en
waardes van die koepel kultuur en word as deel van die koepel
kultuur gemeenskap beskou.
o binne „n bepaalde samelewing kan daar sprake wees van
beroeps,- ouderdoms- of ander subkulture.
o „n vreemde subkultuur verwys na minderheidsgroepe van
vreemde oorsprong binne „n bepaalde gasheer kultuur. Dit is
gewoonlik groepe immigrante wat in „n oorgangsfase na die
gasheer kultuur verkeer. Voorbeelde hiervan is Chinatowns,
Joodse Ghetto‟s en Duitse of Engelse nedersettings.
Kontra kultuur
o „n kontra kultuur is „n subkultuur wat in so „n mate van die norms
en waardes van die koepel kultuur afwyk dat dit as „n afwykende
subkultuur beskou word.
12
o die kontra kultuur is in opposisie met die koepel kultuur en
dikwels in konfrontasie daarmee tipiese kontra kulture is
byvoorbeeld die hippies, Hell‟s Angels en revolusionêre groepe
wat die bestaande orde omvêr wil werp.
1.3.4. Kultuur as sosiale omgewing en normstelsel.
Kultuur het „n regulerende funksie in die sin dat dit bepaalde waardes en
norms daarstel waaraan die lede van die kultuurgroep moet voldoen. Die
algemene waardes en norms word dikwels deur die groep met sanksies beklee
(d.w.s. in juridiese wette vasgelê en afgedwing) en daardeur word die gedrag
of handelinge van die lede gerig, gereguleer en beheer.
1.3.5. Waardes en Norms.
Tussen waardes en norms bestaan daar „n noue verband.
1.3.5.1. Waardes.
Waardes gee „n aanduiding van die algemene kulturele standaarde wat in
sosiale handelinge wenslik is. Waardes is van „n meer algemene en abstrakte
aard terwyl norms spesifieke gedragsreëls is. By waardes word daar „n
onderskeid tussen dominante en variante waardes gemaak:
Dominante waardes word:
o deur die oorgrote meerderheid in die bepaalde samelewing
aanvaar .
o word op „n wye aantal terreine toegepas.
o vir „n lang tydperk toegepas (langdurigheid).
Variante waardes word:
o slegs deur „n minderheidsgroep aanvaar.
o gekenmerk deur „n afwyking van die dominante waardes.
o veral aangetref waar subkulture voorkom.
13
Tussen die waardesisteme van samelewings kom daar dikwels verskillende en
selfs kontrasterende waardes voor.
1.3.5.2. Norms.
Norms verwys na gedragsreëls of –voorskrifte wat gedrag in spesifieke
situasies rig en reël. Algemene en abstrakte waardes kry in spesifieke norms
„n konkrete beslag. Norms word verdeel in formele, geskrewe norms en
informele, ongeskrewe norms.
Formele, geskrewe norms.
o dit sluit aspekte soos wette, regulasies, ordonnansies, statute,
konstitusies en reglemente in.
o dit word aan bepaalde organisasies soos „n staat, kollege,
maatskappy of „n tennisklub verbind.
o sommige geskrewe norme geld vir die hele samelewing soos,
byvoorbeeld „n land se grondwet terwyl ander byvoorbeeld net
op die lede van „n tennisklub van toepassing is.
Informele, ongeskrewe norms.
o dit verwys na aspekte soos mores, “folkways”, gewoontes,
gebruike, tradisie, konvensie, etiket en modes wat spontaan
ontstaan.
o dit is dikwels van korte duur en nie alle lede binne „n koepel
kultuur voel ewe sterk daaroor nie.
1.3.6 Legitimiteit
Vir „n norm, geskrewe of ongeskrewe, om doeltreffend te wees, moet dit
legitiem wees. Legitimiteit verwys na die mate waarin die lede van die groep of
gemeenskap die norm as bindend vir hulle gedrag aanvaar. In die opsig is die
legitimiteit van ongeskrewe norme dikwels swakker as die van geskrewe
norme. Ook die legitimiteit van geskrewe norms soos wette wat deur sommige
lede van die groep as onregverdig beskou word, is dikwels in gevaar.
Wetgewing oor byvoorbeeld dobbelary, owerspel, pornografie, dwelmmisbruik
en diamant smokkelary word dikwels nie deur almal as ewe legitiem ervaar.
14
1.4. Bronnelys.
1. www.answers.com/topic/sociology
2. http://www.sociologyguide.com/basic-concepts/Culture.php
3. www.alexbattler.com/alexbattler/Society%3A_R.Bierstedt.html
4. http://wiki.answers.com/Q/Characteristics_of_culture
5. http://answers.yahoo.com/question/index?qid=20091211064218AADKqDu
6. http://en.wikipedia.org/wiki/Culture
2. DIE SOSIALISERING VAN DIE INDIVIDU.
2.1. Sosialisering.
Sosialisering verwys na die sosiale ontwikkeling of vorming van die individu
binne en deur die toedoen van sy sosiale omgewing. Bilton (Steyn e.a.: 65) stel
dit soos volg: “The process by which we acquire the culture of the society into
which we are born – the process by which we acquire our social
characteristics and learn the ways of thought and behavior considered
appropriate in our society – is called socialization.” Die samelewing dra
bepaalde kultuur inhoude aan die individu oor terwyl die individu hierdie
inhoude aanleer en verwerk.
Sosialisering word gedefinieer as die proses waardeur die individu op „n
selektiewe wyse die waardes en houdings, die belangstellings, vaardighede en
kennis van die kultuurgroep waaraan hy behoort of waarvan hy lid wil word,
bekom.
Sosialisering het ten doel om die individu:
in staat te stel om homself in alle sosiale verhoudinge te handhaaf;
van „n eie plek in die samelewing te voorsien;
in staat te stel om die bepaalde kultuur te handhaaf en uit te bou.
15
Die oordrag van kultuurgoedere vind deur middel van „n verskeidenheid
instansies plaas en daar word tussen primêre en sekondêre sosialiserings
agente onderskei.
2.1.1. Primêre Sosialisering.
By die sosialisering van die kind speel die gesin die belangrikste rol. Op „n
informele wyse leer die kind deur nabootsing en identifisering bepaalde
kultuurinhoude aan. Ook die kleuterskool, skool en portuurgroep speel „n rol
by primêre sosialisering. In die skool vind die oordrag van inhoude deur
formele instruksie plaas.
2.1.2. Sekondêre Sosialisering.
Sekondêre sosialisering vind by volwassenes plaas en instansies soos
kolleges, universiteite, die Weermag, „n beroepskring, kerk en gemeenskap is
hier van belang.
2.2. Sosiale Kontrole.
Sosialisering verwys na die sosiale ontwikkeling of vorming van die mens
binne en deur die toedoen van sy sosiale omgewing. Dit bewerkstellig die
noodsaaklike koppeling tussen die mens en die samelewing en is beide „n
oordrag- en oornameproses. Die sosialiteit van die mens is deel van sy
persoonlikheid. In die ontwikkeling van die persoonlikheid staan sosialisering
sentraal.
2.3. Sosialisering deur Rol en Status.
Sosialisering behels vir Mead (Steyn e.a.: 68) die oorname van houdings en die
aanleer van bepaalde rolle uit die onmiddellike omgewing. Die kind se
aanvanklike leer, vind deur spel plaas en Mead onderskei drie stadia in die
aanleer van rolle:
o Die “pre-play” stadium.
16
Die kind boots die handelinge van andere na sonder dat hy
werklik begrip daarvoor het, byvoorbeeld, die lees van „n koerant
of tydskrif. Op „n onbewuste wyse neem die kind die houdings en
rolle van diegene om hom aan sonder „n besef van die
onderskeid wat daar tussen homself en andere bestaan.
o Die “play” stadium.
Deur verbeeldingryke rolspel neem die kind die rolle van mense
uit sy omgewing aan. Die kind kan afwisselend die rolle van
vader, moeder, onderwyser, polisieman. . . vertolk. Die
rolvertolking is hier meer sinvol en die kind tree as outonome
self teenoor andere op. Die kind het nog nie „n konsekwente
gedragspatroon nie en spring van een rol na „n ander.
o Die “game” stadium.
Dit is die afrondingstadium in die ontwikkeling van die sosiale
persoonlikheid. Die voorheen losstaande houdings en rolle word
nou geïntegreer en „n volledige en verenigde self of
persoonlikheid word verwerf. Die houdings en verwagtings wat
algemeen in die bepaalde samelewing geld, het „n regulerende
invloed op die self en gedrag. In die “game” stadium leer die kind
dat daar bepaalde reëls en voorskrifte bestaan.
2.4. Die begrippe Posisie, Rol en Status.
Uit die interaksie tussen mense ontstaan die neiging dat die wyse waarop
mense teenoor mekaar optree geroetineerd raak – met ander woorde, dat
elkeen met verloop van tyd „n bepaalde posisie inneem en „n bepaalde rol
vertolk. „n Sosiale organisasie is „n sosiale struktuur waarin „n mens „n
bepaalde posisie beklee, „n bepaalde rol te vervul het en deur „n relatief vaste
netwerk van verhoudings saam gebind word. Op grond van posisie en rol weet
die mens wat om van andere te verwag en hoe om in bepaalde situasies
teenoor andere op te tree.
17
Die begrippe posisie en rol is slegs in die teorie skeibaar omdat dit in die
werklikheid nou verweef is. Posisie dui op „n strukturele aspek terwyl rol op
die dinamiese of funksionele aspek van die persoon se deelname aan sosiale
interaksie dui.
2.5. Posisie.
Posisie verwys na die plek of punt wat „n individu in „n bepaalde interaksie-
situasie inneem. Byvoorbeeld: In „n gesin situasie kan bepaalde persone die
posisie van vader, moeder en kind beklee. Die posisie word gebruik om „n
bepaalde naam aan die bekleër daarvan in „n bepaalde situasie te koppel. Daar
word tussen „n fokale posisie en „n kontra posisie onderskei.
Die begrip posisie:
* dui op die plek van „n persoon in „n interaksie-situasie.
* dien as rigtingwyser vir die handelinge van „n persoon.
* dien as antisipeerder van die handelinge van „n ander persoon.
* impliseer dat „n bepaalde posisie met bepaalde norms en voorskrifte beklee
word.
* impliseer dat daar ook bepaalde regte en verpligtinge aan „n posisie
verbonde is.
2.6. Rol.
Wanneer die vereiste optrede (funksie) binne „n bepaalde posisie ter sprake is,
word daar eerder na „n rol as „n posisie verwys. Waar posisie na die strukturele
aspek (plek) verwys, verwys rol na die normatiewe handeling aspek, dit wil sê,
na dit (funksie) wat van „n persoon in „n bepaalde posisie verwag word. Dit dui
18
op die wyse waarop die handelinge van „n persoon in „n gegewe posisie
behoort te verloop en hoe hy behoort op te tree. In die opsig is daar van
rolverwagtings sprake.
2.6.1. Rolverwagtings.
dit dui op die normatiewe aspekte van „n rol.
dit impliseer verwagtings wat aan „n individu in „n bepaalde posisie
gestel word.
dit gee „n aanduiding van hoe andere in bepaalde omstandighede
teenoor hom behoort op te tree.
dit impliseer evaluatiewe standaarde wat op die rolvervuller toegepas
word.
dit is gewoonlik redelik geformaliseerd en gestruktureerd – kan selfs in
„n staat van pligte en regte uiteen gesit word.
daar is van wedersydse regte en verpligtinge sprake – hoe die
rolvervuller moet optree maar ook hoe andere teenoor hom moet
optree.
rolverwagtinge word deur sosialisering aangeleer.
konsensus oor rolverwagtinge word deur die bepaalde sosiale
interaksie bepaal.
2.6.2. Rolkonflik.
In „n komplekse en gedifferensieerde samelewing bevind die mens hom
daagliks in „n verskeidenheid interaksie-situasies waar hy telkens „n
verskillende posisie moet inneem en „n ander rol moet vervul. Die posisie-rol
van „n mens wissel van situasie tot situasie.
Die verskillende posisies wat „n mens op „n bepaalde tydstip in sy lewe kan
beklee, staan as sy posisie-stel bekend. Elke mens het „n unieke kombinasie
van posisies en rolle en daarom ook „n eiesoortige posisie-stel.
„n Student se posisie-stel kan soos volg lyk:
19
Al die posisie-rolle wat die mens mag beklee, word selde gelyktydig
geaktiveer. In „n bepaalde situasie is daar van „n aktiewe posisie-rol (huidige
situasie) en een of meer latente posisie-rolle sprake. Die belangrikste posisie-
rol is die posisie waarvolgens „n persoon gewoonlik sosiaal gedefinieer of
geïdentifiseer word en dit staan as sy meester posisie bekend. In die Westerse
samelewing verwys „n persoon se meesterposisie gewoonlik na sy bepaalde
beroep.
Inter-rolkonflik.
Inter-rolkonflik ontstaan uit die botsende verpligtinge en regte wat die
verskillende rolle in „n persoon se posisiestel aan hom stel. Byvoorbeeld, in
die voorbeeld van „n student se posisiestel ervaar hy in die klassituasie konflik
wanneer hy „n keuse tussen sy eggenootlike verpligtinge en die van „n student
moet maak. So moet hy byvoorbeeld kies tussen studeer vir „n toets en om sy
vrou uit te neem.
Intra-rol konflik.
Intra-rol konflik kan op twee wyses ontstaan:
Die persoon se persoonlikheid is in botsing met die bepaalde posisie-rol
wat hy moet vervul. Die tipe konflik spruit dikwels uit verkeerde
beroepskeuses en ander gevalle waar „n persoon gedwing word om „n
bepaalde taak waarvoor hy nie die aanleg het nie, te verrig.
Mense in kontraposisies het dikwels teenstrydige rolverwagtinge wat
hulle aan iemand in „n fokale-posisie stel. Die student in die voorbeeld
kan in „n intra-rolkonflik beland omdat sy lektor, sy vrou, sy kind, sy
ouers en die andere almal verskillende en teenstrydige rolverwagtinge
van hom koester.
20
2.6.3. Die Hantering van Rolkonflik.
In die hantering van rolkonflik word gewoonlik een of meer van die volgende
strategieë aangewend:
Kompartementalisering.
Die student in ons voorbeeld, kan „n rigiede indeling van sy
lewensaktiwiteite in bepaalde vaste kompartemente maak. Sy
studente,- huweliks-, beroeps-, reservis- en sportlewe word sodanig ten
opsigte van tyd en plek geskei dat botsende rolverwagtinge nie
tegelykertyd geaktiveer kan word nie. Hy hoef dan net aan een stel
verwagtinge op „n keer te voldoen.
Hiërargiese rangskikking van rolverwagtinge.
„n Orde van voorkeure word sodanig opgestel dat hy konfliksituasies in
„n bepaalde orde kan hanteer. Die student in ons voorbeeld moet
eerstens bepaal wat in sy lewe die belangrikste posisie inneem en
verder ook byvoorbeeld, dat sy studies bedags, sy gesin saans en sy
deeltydse werk oor naweke die voorkeur kry.
Kompromis.
Deur „n kompromis te tref, word die situasie so verander dat
teenstellende rolverwagtinge geïntegreer word. Byvoorbeeld die
student in die voorbeeld kry vir sy vrou by dieselfde plek „n werk en
hulle kinders kan ook terselfdertyd saam met hulle werk toe gaan. Op
die wyse kan hy aan sy posisie-rolle as deeltydse werknemer, eggenoot
en vader terselfdertyd aandag skenk.
Rolverlating.
Dit behels dat die persoon die keuse uitoefen om een of meer van die
rolle wat die meeste stremming veroorsaak en die minste
aantrekkingskrag het, te laat vaar ten einde meer aandag aan die ander
21
te kan gee. Die student in die voorbeeld kan byvoorbeeld ophou rugby
speel of bedank as diaken of uitstel van diensplig kry.
2.7. Status.
Status en posisie word dikwels verkeerdelik as sinonieme gebruik. Status
verwys na die relatiewe aansien of prestige wat „n bepaalde posisie in
verhouding met ander posisies in „n bepaalde samelewing beklee. Status
impliseer daarom „n vertikale rangorde van posisies in „n samelewing of
beroepsomgewing. „n Belangrike kenmerk van die struktuur van „n samelewing
is die eienskap van gelaagdheid – dit wil sê, dat die posisies in lae of stande
gerangskik is. Die tipe gelaagdheid wat hier ter sprake is, staan as sosiale
stratifikasie bekend.
Sosiale stratifikasie kom in bykans alle samelewings en selfs in kleiner groepe
soos die gesin voor. Dit behels dat die verskillende lede van die groep nie „n
gelyke aanspraak op en toegang tot die skaars bronne en ander vorme van
beloning het nie. Omdat die verpligtinge, regte en bydraes van die lede van „n
samelewing verskil, verskil ook die status wat aan bepaalde posisies geheg
word. Alhoewel alle mense gelykwaardig as mens is, bestaan daar, met ander
woorde, nie absolute gelykheid tussen mense nie. Byvoorbeeld, „n student is
as mens gelykwaardig aan die rektor van sy inrigting maar sekerlik besit die
een meer status as die ander in bepaalde situasies. By enige vorm van
stratifikasie geld die beginsel van differensiasie wat in die hedendaagse
wêreld dikwels as diskriminasie vertolk word. Omdat mense gedifferensieerde
bydraes tot die welsyn van die groep lewer, ontwikkel daar verskillende rolle.
In „n gesin word die rolle gedifferensieer as die van vader, moeder, dogter en
seun en die verpligtinge en regte wat aan elke rol toegeken word, verskil. Uit
die aard van hulle funksies word ook by „n universiteit gedifferensieer tussen
die rolle van rektor, vise rektor, professor, senior lektor, lektor en student.
Volgens Tumis (Steyn e.a.: 192) funksioneer differensiasies die beste indien:
verpligtinge en regte duidelik omskryf word.
die lyne van gesag duidelik onderskei word.
22
verantwoordelikhede duidelik onderskei word.
personeel noukeurig gewerf en deeglik opgelei word.
toereikende sanksies – beloning en strafmaatreëls – bestaan.
wesentlike voorregte aan hoër rolle toegeken word.
Omdat bepaalde rolle in die samelewing hoër geëvalueer en meer gerespekteer
word, kom daar „n rangorde van rolle, van hoog tot laag, tot stand. Prestige is
die waardering en respek wat aan „n persoon toeval op grond van „n bepaalde
posisie wat hy in die samelewing of in „n organisasie beklee. Die waardering of
respek wat aan „n persoon op grond van sy persoonlike vermoëns en sy
prestasie in „n spesifieke rol toegeken word, staan as agting bekend. Prestige
en agting is normaalweg in die praktyk onlosmaaklik gebonde en persone
word op grond van beide geëvalueer en in rangorde geplaas.
Na die plek wat „n persoon in hierdie rangorde beklee, word daar verwys as sy
status in die samelewing. Die status van „n persoon behels dus beide sy
prestige op grond van „n pos wat hy beklee en agting wat hy op grond van
persoonlike kwaliteite en prestasie verwerf. Die blote feit dat „n persoon „n hoë
posisie of pos beklee, is daarom geen waarborg van status nie.
2.8. Gelykheid en Gelykwaardigheid.
Sosiale stratifikasie behels in essensie „n sisteem van ongelykheid. Waar
binne „n samelewing verskillende status, met verskillende regte, voorregte en
verpligtinge, aan lede toegeken word, word ongelykheid geïmpliseer. „n
Ongekwalifiseerde aanspraak dat alle mense gelyk is, kan sosiologies nie
aanvaar word nie. Indien met gelykheid die beginsels van gelykwaardigheid,
gelykberegtiging en kansgelykheid bedoel word dan is alle mense wel gelyk.
Binne enige samelewing is absolute en ongekwalifiseerde gelykheid „n
teenstelling in terminus. In die ware demokrasie word nie net die
gelykwaardigheid van mense nie maar ook die ongelykhede tussen mense
erken en geëerbiedig. Alhoewel alle mense gelykwaardig is, beskik hulle nie
oor gelyke vermoëns en talente nie en kan daarom ook nie in „n gelyke mate
tot die samelewing bydra nie. Binne „n demokrasie bestaan daar „n kosbare
23
historiese, maatskaplike, politieke en ekonomiese tradisie waardeur harde en
toegewyde werk aangemoedig word en waarin daar geglo word dat prestasie,
beloning, uitmuntendheid en status die regverdige beloning is van diegene wat
dit verdien. Ten opsigte van gelykwaardigheid, gelykberegting en
kansgelykheid behoort alle mense wel as gelyk beskou en behandel te word.
2.9. Bronnelys.
1. http://www.sociologyguide.com/basic-concepts/Socialization.php
2. http://www.suite101.com/content/the-influence-of-society-on-the-
individual-a70121
3. http://en.wikipedia.org/wiki/Socialization
4. http://www.jstor.org/stable/2573663
5. http://www.sociologyguide.com/basic-concepts/Status-and-Role.php
3. SOSIALE ORGANISASIE.
3.1. Die Aard en Karakter van Organisasies.
In die voorafgaande gedeelte is aangetoon dat die individu „n bepaalde
posisie-rol in die samelewing vervul en dat die gesin as die kleinste eenheid in
die sosiale sisteem optree. Verskillende individue of posisie-rolle kombineer
om komplekser patrone van interaksie te vorm wat as sosiale verhoudings
bekend staan. Na so „n totale interaksie-situasie waarin daadwerklike, konkrete
interaksie op „n redelik vaste patroon tussen mense plaasvind, word verwys as
„n sosiale groep. Die begrip sosiale groep sluit „n groot verskeidenheid groepe
in wat van die klein informele tweepersoon groep (diade) tot groot, formele
organisasies kan wissel. „n Sosiale groep sluit byvoorbeeld die volgende in:
gesinne, speelgroepe, skole, gemeentes, klubs, sake organisasies,
maatskappye, stadsrade, staatsdepartemente ens. „n Sosiale groep sluit egter
nie die volgende verskynsels in nie: Statistiese en\of sosiale kategorieë en
versamelings Individue wat bloot op grond van bepaalde gemeenskaplike
kenmerke as „n groep saam gegroepeer word, is geen sosiale groep nie. Hier
24
word verwys na byvoorbeeld die lede van geslags-, ouderdoms-, inkomste- of
beroepsgroepe waartussen daar geen werklike sosiale interaksie bestaan nie.
Daar moet eerder na sulke identifiserings as byvoorbeeld ouderdoms- of
beroep kategorieë verwys word. Alhoewel erken word dat mense wat in
dieselfde statistiese of sosiale kategorie val as gevolg van gemeenskaplike
kenmerke heelwat in gemeen het, is die groter gemeenskaplikheid nog geen
werklike interaksie nie en kan daar nie van hierdie groepe as „n sosiale groep
gepraat word nie.
In die praktyk is dit dikwels moeilik om tussen „n blote versameling van mense
en „n sosiale groep te onderskei. Mense wat by „n ongelukstoneel saamdrom
of toustaan voor „n bioskoop teater is bloot „n versameling terwyl mense wat
saam in „n fabriek werk of een huis deel, wel deeglik „n sosiale groep kan
vorm.
3.2. Oorsprong en Klassifikasie van Organisasies.
Op grond van sekere minimum of basiese kenmerke kan die sosiale groep wel
van „n blote statistiese kategorie of versameling onderskei word. Die minimum
kenmerke is in die volgende definisie vervat:
„n Sosiale groep bestaan uit:
- twee of meer persone wat,
- in „n bepaalde konteks,
- „n stabiele en onderskeibare interaksiepatroon het,
- met die oog op die bereiking van „n gemeenskaplike doel,
- waar daar tussen die lede en nie-lede onderskei kan word.
25
- op so „n wyse dat „n gevoel van eenheid ontwikkel en ook regte en
verpligtinge bestaan wat nie-lede nie besit nie en dat „n stel gemeenskaplike
norms geld waardeur die gedrag van die lede georden word.
Omdat „n blote versameling van mense ook van bogenoemde kenmerke mag
besit, is die onderskeid tussen versamelings en sosiale groepe dikwels „n
kwessie van graad en nie die blote aan- of afwesigheid van „n kenmerk nie. Uit
bogenoemde definisie blyk die volgende minimum kenmerke:
Interaksie patroon.
Die interaksie kan beskryf word as nie blote toevallige interaksie nie. Die
interaksie neem met verloop van tyd „n vaste patroon aan sodat elke
individu met verloop van tyd weet wat van hom en andere verwag word.
Groep doelstellings.
Die groep se doel spesifiseer die ideale of gewenste staat vir die groep
as geheel en gee rigting aan die handelinge van die lede. Die groep stel
die individu in staat om sy doelstellings te bereik en al die lede van die
groep het nie noodwendig dieselfde doelstellings nie.
Groepsdoelstellings kan egter met verloop van tyd verander.
Groeplede.
Elke lid sien homself as lid en word ook deur die ander as lid erken en
aanvaar. Eenheid en samehorigheid ontwikkel in die mate waarin daar „n
onderskeid tussen lede en nie-lede gemaak word en lede nie summier
aanvaar word nie. Waar lidmaatskap deur streng groepsgrense beperk
word, is daar sprake van beperkte of geslote groepe. Ontgroening of
inlywingseremonies vind dikwels hulle oorsprong in die onwilligheid van
groeplede om nuwe lede summier te aanvaar.
Regte en verpligtinge.
26
Regte en pligte verwys na die rolle wat die verskillende lede in die groep
moet vertolk. Gereelde interaksie het dikwels die ontstaan van vaste
posisie-rolle tot gevolg omdat bepaalde patrone van interaksie ontstaan.
Op grond van die posisie-rolle ontstaan daar ook bepaalde regte en
verpligtinge waaraan groeplede onderhewig is.
Struktuur van die groep.
Op grond van die bepaalde posisie-rolle wat in die groep ontstaan en die
interpersoonlike verhoudings wat daardeur tot stand kom, kan „n
bepaalde struktuur in elke groep onderskei word. Die struktuur van „n
groep kan ook deur die bestaan van subgroepe binne die groep
gekenmerk word.
In „n gesin as sosiale groep kan die volgende verhoudings bestaan:
* Man-vrou verhouding * Moeder-dogter verhouding
* Vader-seun verhouding * Moeder-seun verhouding
* Vader-dogter verhouding * Suster-suster verhouding
* Broer-broer verhouding * Broer-suster verhouding
In „n uiteensetting van „n groep strukture kan die besondere verhouding
tussen die verskillende lede soos volg voorgestel word:
Wedersydse sterk verhouding.
Eensydige sterk verhouding.
Wedersydse swak verhouding.
Eensydige swak verhouding.
In „n gesin kan die groepstruktuur soos volg voorgestel word:
Wedersydse sterk verhoudings tussen: man en vrou; vader en seun 1;
seun 2 en dogter 2; moeder en seun 2; en moeder en dogter 1.
27
Wedersydse swak verhoudings tussen: moeder en seun 1; vader en
dogter 1.
Eensydige sterk verhoudings tussen: seun 2 en vader; dogter 2 en
vader.
Eensydige swak verhoudings tussen: seun 2 en seun 1; moeder en
dogter 2; dogter 2 en dogter 1; seun 1 en dogter 2; dogter 1 en seun 1;
seun 2 en dogter 1.
Wat wedersydse sterk verhoudings betref, vorm die seun 2 en die dogter
2 „n subgroep.
Groep norms.
Die gedrag van die lede van „n groep word deur bepaalde groep norms as
bepaalde voorskrifte en reëls gereël. In elke groep situasie word daar ook
afgesien van algemene of universele menslike norms, spesifieke
groepsgebonde norms ontwikkel. Van die kant van die groep word druk op die
lede uitgeoefen om met die groep norms te konformeer. Die groep norms word
met „n bepaalde sanksie beklee in die opsig dat „n oortredende lid gestraf of
selfs verstoot kan word.
3.2.1. Primêre Groepe.
Die gesin word dikwels as die ruggraat van die samelewing beskou. Die klein,
intieme en primêre groep is van besondere belang vir menslike gedrag en die
individu se welsyn. „n Primêre groep soos „n gesin word veral deur die
volgende gekenmerk:
Aangesig tot aangesig kontak:
Slegs tussen mense wat, ten minste vir „n tydperk, in noue kontak met mekaar
was, kan idees, menings en gevoelens uitgeruil word en kan intieme kontak
ontstaan.
Kleinheid van die groep:
28
Hoe groter die groep, hoe meer verhoudings bestaan en hoe meer interaksie
vind daar plaas, en hoe minder is die kans dat intieme verhoudings kan
ontstaan.
Herhalende intieme kontak:
Intimiteit ontstaan met verloop van tyd. Hoe meer en hoe langer die groeplede
in kontak bly, hoe beter is die kanse dat „n intieme primêre verhouding tussen
die lede van die groep kan ontstaan.
Besondere aard van die verhoudinge:
Die besondere aard van die verhouding tussen die lede van die groep, sal ook
die intimiteit van „n groep bepaal. In die volgende tipe groepe bevorder die
aard van die verhouding die intimiteit:
Waar die verhouding in die groep primêr affektief (emosioneel) en nie
byvoorbeeld saaklik en bloot professioneel is nie.
Waar die lidmaatskap partikulier en nie algemeen-geldend is nie.
Waar die groep kollektivisties (saambindend) en nie verwyderend is nie.
Waar die verhouding meer diffuus en nie duidelik voorgeskryf soos in
die beroepswêreld is nie.
3.2.1.1. Primêre groepe in die Moderne Samelewing.
Die gesin, portuur- en vriendskapgroepe is gewoonlik die belangrikste primêre
groepe. Die belangrikste primêre groep is die gesin. In die moderne
samelewing het die gesin egter met verloop van tyd „n gedaante-verwisseling
ondergaan.
Met die steeds-toenemende verstedeliking en groter mobiliteit van die jong
mens het die tradisionele uitgebreide gesin waar kinders, ouers,
grootouers, ooms, tantes, neefs en niggies in relatiewe nabyheid intiem
saamgeleef het, vervang deur die kerngesin wat uit slegs ouers en een of
twee kinders bestaan.
29
Weens die hoë voorkoms van egskeidings en buite-egtelike geboortes is
selfs die tradisionele kerngesin vervang deur die enkelouer-gesin.
Die beroepsbedrywighede van die ouers (moeder en vader) lei verder tot
die omskepping van die ouerhuis tot bloot „n oornagplek. Verstedeliking en
tegnologiese vooruitgang het „n skeiding tussen woon- en werkplek
geskep waar kinders en ouers vir groot dele van die dag nie in intieme
kontak is nie.
Wêreldwyd is daar toenemend pogings om die invloed van die gesin as
primêre groep te herstel of om ander primêre groeperinge in die plek daarvan
te stel. In Suid-Afrika is veral kerke en ander welsynsorganisasies gemoeid
met die stigting van sogenaamde “encounter” groepe wat die noodsaaklike
plek van die gesin as primêre groep probeer vul. Gemeentes wat in klein wyke
verdeel word en gesprekgroepe wat informeel weekliks bymekaar kom, word in
die opsig gebruik om die mens se behoefte aan intieme kontak en
onderskraging in tye van krisis te probeer vul. Ook deur middel van
kommunes word gepoog om permanente en stabiele primêre groepe daar te
stel. Ongelukkig is die verhoudinge in die kommunes meestal nie langdurig nie
omdat dit dikwels net „n tydelike toevlugsoord vir mense in „n krisis situasie
geword het. Tog dui die ontstaan van kommunes op „n werklike behoefte en
leemte aan primêre groepe in die hedendaagse samelewing waar mense
dikwels by mekaar verbyleef.
3.2.1.2. Die Funksie van Primêre Groepe.
Die primêre groep soos die gesin, vervul sekere belangrike funksies in die
lewe van die individu.
Sosialisering van die individu.
Cooley het reeds in 1909 na die primêre groep as die “nursery of
human nature” verwys en daarmee bedoel dat die primêre groep en in
die besonder die gesin, die basis vir die mens se opvoeding en veral
sosiale aanpassing voorsien. Binne die konteks van die primêre groep
ervaar die kind van kleins-af medemenslike geborgenheid, leer hy om
30
met bepaalde rol-inhoude te konformeer en word hy vir die wêreld daar
buite voorberei. Binne die gesin, portuur- en vriendskapgroepe word
die basis in die vroeë lewensjare van die kind gelê waarop alle
toekomstige sosialisering gebou sal word.
Emosionele ondersteuning aan die individu.
Binne die primêre groep hoef die individu nie steeds sy beste voet voor
te sit nie omdat hy onvoorwaardelik as lid aanvaar word. Dit bied aan
hom die nodige emosionele steun en gevoel van psigiese welsyn wat
as „n gevoel van geborgenheid beskryf kan word. Veral die gesin bied
aan die kind „n veilige hawe waarvandaan hy die wêreld kan verken,
toenemend kan emansipeer, steeds meer onafhanklik kan word en
waarnatoe hy in tye van nood hom kan wend. Die mens wat van „n
primêre groep geïsoleer word, beleef emosionele nood as „n gevoel van
ongeborgenheid en kan nie sy menslike potensiaal optimaal verwerklik
nie.
Die ontwikkeling van die selfkonsep.
Uit die individu se interaksie met andere in die primêre groep ontwikkel
sy selfkonsep wat „n bepalende rol in elke handeling van hom speel.
Die selfbeeld behels die volgende drie aspekte:
o Self-identiteit – Dit dui op selfkennis en is die individu se
antwoord op die vraag, Wie is ek? Dit is gebaseer op wat die
individu van homself weet en op wat hy dink andere van hom
weet.
o Ideale-self – Dit is die idee wat die individu het van hoe hy behoort
te wees. Dit dui op die ideale wat hy vir homself stel en hy sal
steeds probeer om moontlike verskille of diskrepansies tussen
die self-identiteit en die ideale-self uit te skakel.
o Selfagting – Dit is die resultaat van die individu se evaluering van
homself en sy eie handelinge of prestasies. Hy vergelyk in die
verband homself steeds met andere in die gesin of portuurgroep.
31
Waar die persoon van „n primêre groep geïsoleer word, kan dit die
ontwikkeling van „n positiewe selfkonsep strem.
3.2.2. Sekondêre Groepe of Organisasies.
Met die konsep sekondêre groepe word daar na die groter, meer formele en
saaklike groepe in die samelewing verwys. In die moderne samelewing is daar
„n groot toename in formele organisasies.
Formele organisasies is organisasies wat doelbewus in die lewe geroep word
om „n spesifieke doel of doelstellings na te streef. Voorbeelde hiervan is
staatsdepartemente, kerke, skole, universiteite, kolleges, besigheid
maatskappye, vakbonde, politieke partye, lande en selfs die VVO. Etzioni
(1964:1) verwys na die moderne samelewing as „n samelewing van
organisasies: “We are born in organizations, educated by organizations, and
most of us spent most of our lives working for organizations. We spend most
of our leisure time paying, playing and praying in organizations. Most of us will
die in an organization, and when the time comes for burial, the largest
organization of all – the state – must grant official permission”.
3.2.2.1 Doelstellings van Organisasies.
Die volgende gemeenskaplike eienskappe van organisasies kan onderskei
word:
Elke organisasie word vir die bereiking van „n spesifieke doel in die
lewe geroep.
Slegs deur die samewerking van verskeie individue kan so „n doel
bereik word.
Elke organisasie het „n formeel erkende liggaam (kabinet, bestuur,
direksie ens.) wat verantwoordelik is vir die formulering van
doelstellings.
32
Persoonlikhede soos die van „n dinamiese leier kan ook die seleksie
van doelstellings beïnvloed.
Omgewingsfaktore soos die eise wat deur die gemeenskap gestel
word, kan ook die doelstellings bepaal.
Om stagnasie te voorkom, moet „n organisasie se doelstellings van tyd
tot tyd hersien en aangepas word. Hier kan daar sprake van
doelopvolging, doelvermeerdering, doel uitbreiding en ook
doelverplasing wees.
Doelverplasing op sy beurt verwys na:
o Waar die middele die doelstellings vervang m.a.w. dat energie
eerder bestee word om sekere aspekte van die organisasie as
sodanig te handhaaf eerder as om die doelstellings na te streef.
o Waar daar sodanige oordrewe klem op die nakoming en
implementering van reëls gelê word dat die bereiking van die
doelstellings daaronder lei.
o Waar die organisasie so op interne probleme konsentreer dat die
oorspronklike doelstellings verwaarloos word.
3.2.3. Die Staat as Organisasie.
Die staat is „n politieke stelsel wat as organisatoriese eenheid gevorm word
deur:
* „n kollektiwiteit van individue (staatsburgers),
* „n bepaalde gemeenskaplike grondgebied (territorium) en
* „n bepaalde regstelsel (grondwet) wat die uitoefening van politieke mag
wettig. Binne die grense van sy grondgebied geniet die staat die hoogste mate
van magsbevoegdheid (soewereiniteit). Die staat as organisasie word van
ander organisasies onderskei deur die besit van „n swaardmag (polisie en
weermag) waarmee die nakoming van reëls (wette) afgedwing kan word. Die
wette word geproklameer vir die inrigting van die samelewing, om die gedrag
33
van individue te reken en vir die handhawing van wet en orde. Buitelands word
staatsmag gewettig deur volkeregtelike erkenning en binnelands deur die mate
waarin die burgery dit as legitiem ervaar en aanvaar.
Verskeie regeringsvorme word by moderne state aangetref waarvan die
volgende die belangrikste is:
* Monargie – volkome gesag is grondwetlik in „n koning of heerser gesetel.
* Demokrasie – heerskappy berus by die volk wat die regering verkies.
* Diktatuur – oorheersende gesag uitgevoer deur „n enkele persoon of „n paar
persone.
3.2.3.1. Oorsprong en Ontwikkeling van die Staat.
Die vroeë mens het „n nomadiese of swerwersbestaan gevolg. Met verloop
van tyd het die mens hom op een plek gevestig ten einde hom van „n vaste en
gereelde voedselvoorraad te verseker. Die mens het die landbou en
veeboerdery begin beoefen. Instellings soos die uitgebreide familie het uit die
basiese gesin ontstaan. Gaandeweg het groter groepe mense of instellings
ontstaan.
Die volgende faktore het tot die ontstaan van kultuurgroepe of beskawings
gelei:
Landbou – as die intensiewe bebouing of benutting van „n afgebakende
grondgebied.
Die behoefte aan deeglike organisasie en dissipline.
Ekonomiese noodsaak as die verkryging van lewensmiddele.
Verdediging van belange.
Strewe na uitbreiding, verowering en onderwerping.
Onderwerping aan een of ander vorm van godsdienstige gesag.
34
„n Instelling of organisasie ontstaan wanneer „n samestelling van groep
oortuiginge en gelowe ontwikkel en aktiwiteite op „n permanente grondslag
georganiseer word om in bepaalde groepbehoeftes te voorsien. Uit veral
familie- en geloofsgroepe het die een of ander vorm van politieke of
staatsorganisasie ontstaan. „n Staat is „n georganiseerde samelewing wat „n
spesifieke gebied bewoon en oor die mag en gesag beskik om daardie gebied
suksesvol te beheer.
Beheer impliseer:
- die vermoë om reëls of wette te maak
- om dit af te dwing
- en die gebied suksesvol teen aanvallers of indringers te verdedig.
3.2.4. Die Organisasie as Burokrasie.
Enige formele organisasie, privaat of staat, kan as „n burokrasie beskou word.
Die kenmerke van „n burokratiese organisasie is die volgende:
Die bedrywighede daarvan word doelbewus beplan.
Die beplanning geskied in „n formele struktuur van regulasies, roetines,
„n gesagshiërargie, taakverdeling en kommunikasie.
Die gedrag van die lede is in „n hoë mate voorspelbaar.
Weens bepaalde eise maak die meeste organisasies van „n burokratiese
model vir bestuur en administratiewe doeleindes gebruik. Die volgende faktore
dra daartoe by dat organisasies al meer verburokratiseer raak:
„n Groter behoefte aan organisering weens die groei en uitbreiding van
organisasies.
Die noodsaaklikheid van langtermyn-beplanning.
Toenemende spesialisasie en afbakening van terreine.
Die vordering op tegnologiese gebied.
35
Die volgende basiese beginsels van „n burokrasie is reeds deur Max Weber
geformuleer:
Werksverdeling – „n duidelike afbakening van bepaalde pligte en
verantwoordelikhede.
Gesagshiërargie – gesagslyne, bevoegdhede en verantwoordelikhede
word gewoonlik in „n piramiedvormige struktuur skematies voorgestel.
Formele reëls en regulasies – die regte, pligte, voorregte en verhoudinge
van die lede word aan die hand van bepaalde voorskrifte vasgelê .
Kontraktuele aard – Aspekte soos indiensneming, diensvoorwaardes,
ontslag en werksomstandighede word kontraktueel vasgelê.
3.2.5. Struktuur van die Formele Organisasie.
Binne die struktuur van veral die groter meer burokraties-georganiseerde
organisasie word daar veral drie groepe onderskei. Vir die doeleindes van die
bespreking sal die struktuur van „n universiteit of kollege as voorbeeld benut
word.
* Die funksionele of lynorganisasie.
Dosente, senior dosente, professore en departementshoofde,
* Die bestuurs- of staforganisasie
Dekane, vise-rektore en rektor.
* Die administratiewe of hulpdienste
Tiksters, klerke, arbeiders, voormanne en registrateurs.
3.3. Bronnelys.
1. http://www.getabstract.com/summary/581/the-character-of-
organizations.html
2. http://www.sociologyguide.com/basic-concepts/Primary-Groups.php
3. http://www.sociologyguide.com/basic-concepts/Secondary-groups.php
36
4. http://www.sociologyguide.com/basic-concepts/Reference-Groups.php
5. http://www.systems-thinking.org/bop/bop.htm
6. http://en.wikipedia.org/wiki/Formal_organization
4. SOSIALE INTERAKSIE.
4.1. Houdings en Verhoudings.
„n Houding word gedefinieer as „n relatief stabiele en algemene ingesteldheid
teenoor „n bepaalde saak of groep mense. Dit speel „n belangrike rol om die
verhouding en gedrag tussen mense te reël. Houdings is kompleks en kan
bepaalde oortuigings, gevoelens en gedrag behels. „n Houding teenoor
kinders getuig byvoorbeeld van die:
- oortuiging – dat hulle die toekoms verteenwoordig,
- van die gevoel – dat hulle liefdevol en eerlik is,
- en van bepaalde gedrag – dat „n persoon stop en na hulle luister en hulle
goed versorg.
Baron & Byrne (1984:126) definieer houdings as: relatively lasting clusters of
feelings, beliefs, and behavior tendencies directed toward specific persons,
ideas, objects, or groups. Volgens hierdie definisie bestaan „n houding uit die
volgende aspekte:
„n Kognitiewe of oortuigings komponent as al die objektiewe en
subjektiewe kennis waaroor die persoon oor die spesifieke saak
beskik.
„n Affektiewe of gevoel komponent as „n versameling van al die
positiewe en negatiewe gevoelens wat die persoon oor die spesifieke
saak koester.
„n Gedragskomponent as spesifieke handelinge wat gewoonlik in
ooreenstemming met die persoon se kennis en gevoelens oor die saak
is.
37
Die objek van „n bepaalde gevoel in die Sosiologie is dikwels „n sosiale groep
of saak. Daar word „n studie gemaak van mense se houdings teenoor etniese
groepe, politieke partye en sosiale kwessies soos byvoorbeeld wetgewing oor
aborsie. Sosiale houding draai dikwels om die kwessie van evaluering, met
ander woorde hoe mense ander mense evalueer.
Wêreldwyd het houdings en veral rasse-houdings, in die afgelope paar
dekades baie aandag ontvang. Veral sedert die integrasie van publieke skole in
die VSA is daar talle studies oor rasse-diskriminasie en rasse-vooroordele
onderneem. Om bepaalde verskynsels wat gevind is, te benoem, het die hele
kwessie van houdings handig te pas gekom. In die verband beweer Peterson
(1991:604): Many Americans, white and black, would like to believe that
discrimination is a thing of the past, that civil rights legislation, affirmative
action, and black political involvement have led at last to an integrated society.
These hopes are not mirrored in reality, however, according to a recent
examination of black-white relations in the United States (Jaynes & Williams,
1989). Discrimination against blacks persists, and prejudiced attitudes held by
whites are in a large part responsible for this discrimination.
Die volgende begrippe is ook van belang as daar oor houdings besin word:
- „n Prototipe is „n tipiese voorbeeld van „n bepaalde kategorie. „n Prototipe
verskaf basiese riglyne om „n sosiale situasie te hanteer.
- „n Stereotipe is „n rigiede en oor vereenvoudigde opvatting oor lede van „n
bepaalde sosiale groep. Bepaalde stereotipes het „n belangrike invloed op die
wyse waarop die mens dink, voel en optree teenoor lede van ander sosiale
groepe. Stereotipes word dikwels met vooroordele geassosieer omdat hulle
meestal met sterk emosies gepaard gaan. Stereotipes verskaf „n rasionaal vir
bevooroordeelde houdings omdat dit die bestaan van kontrasterende
getuienis ontken.
4.2. Die Ontstaan van Houdings.
Oor die ontstaan van houdings is die volgende determinante reeds bevind:
38
Blootstelling – dit verwys na die neiging om positief te reageer teenoor
mense en voorwerpe waaraan die mens meer gereeld bloot gestel
word. Die mens ontwikkel positiewe houdings teenoor bekendes in sy
omgewing terwyl die onbekende vreemdeling met agterdog en
vooroordeel bejeën word.
Stratifikasie – Gemeenskappe is so gestratifiseer (verdeel) dat
verskillende groepe slegs op „n beperkte skaal met mekaar in
aanraking kom – direk in beroep verband en indirek en dikwels
simbolies deur die media. Uit hierdie beperkte kontak word houdings
op die volgende wyses gevorm:
o Indien die kontak met onaangename gevoelens gepaard gaan,
word negatiewe houdings deur „n proses van klassieke
kondisionering gevorm.
o Indien die kontak nie die bepaalde vooroordele onderstreep nie,
word dit deur „n proses van instrumentele kondisionering
verwerp en word die negatiewe houdings nie verander nie.
o In die mate waarin die mens handelinge waarneem wat van „n
negatiewe houding getuig, word negatiewe houdings deur „n
proses van identifikasie en rolmodel oorname versterk.
Waarneming – In die verband het beide die waarneming van ander en
van die self „n invloed op die vorming van houdings.
Waarneming van ander.
Die invloed van die televisie is in die verband deur Weigel e.a.(1980) in die VSA
ondersoek. Uit „n ondersoek van die kontak tussen rasse in spitstyd-
programme is die volgende gevind:
o Daar is „n toename in die gebruik van swart akteurs en aktrises,
52% in komedies en 57% in dramas.
o Rasgemengde interaksie vind egter net in 2% van die gevalle
plaas.
o Van die klein persentasie interaksie (2%) tussen rasse wat vertoon
word, vind 90% in werksverband plaas en is slegs 10% op
vrywillige vriendskappe gebaseer.
39
Interaksie tussen mans en vrouens van verskillende rasse is bykans
100% op beroepsverband gebaseer.
Die navorsing van Weigel e.a. (1980) toon dat die aard van interaksie tussen
rasse die vorming van stereotipes deur waarneming bevorder.
Waarneming van die self:
Die self-persepsie teorie van Bem (1972) toon aan dat houdings gevorm word
deur die waarneming van eie gedrag in bepaalde situasies. Die uitkoms
daarvan sal toekomstige gedrag beïnvloed. Deur fiksasie, as „n onwilligheid
om te verander, hou die mens by gevestigde houdinge en handelinge wat in
die verlede suksesvol gehuldig en uitgevoer is. In die praktyk word aanvaar
dat negatiewe houdings op dieselfde wyse as wat dit ontstaan het ook gewysig
moet word, met ander woorde, deur gewysigde blootstelling, stratifikasie en
waarneming.
Ander tegnieke wat ook aangewend word, is oorredende kommunikasie, die
kognitiewe dissonansie tegniek, groepkontak en houding-waarde konfrontasie.
(Kyk in die verband na Deel 1, hoofstuk 6, Paragraaf 6.4).
4.3. Etnisiteit en Ras in die Suid-Afrikaanse konteks.
Tyson (1987:345) toon aan dat wit Suid-Afrikaners in „n groter mate as mense
in ander lande, bevooroordeelde houdings teenoor swartes koester. Verder
bevind hy ook dat Afrikaanssprekendes meer as Engelssprekende Suid-
Afrikaners rasse-vooroordele koester. Saam met Pettigrew (1958) en Orpen
(1975) skryf hy die hoë voorkoms van vooroordele toe aan „n geskiedenis van
rasse-konflik en onverdraagsaamheid. In Suid- Afrika is daar vanaf die begin „n
beleid van segregasie, skeiding of apartheid gevolg omdat bepaalde
bedreigings dit genoodsaak het. Anders as in Brittanje en die VSA waar die
blanke in die meerderheid is, is „n beleid van integrasie en assimilasie in Suid-
Afrika as nie-wenslik beskou nie.
Vanaf 1652 toe die eerste setlaars saam met Jan van Riebeeck in Tafelbaai
voet aan wal gesit het, het die politieke situasie en bepaalde omstandighede
40
die vorming van negatiewe houdings en bepaalde vooroordele bevorder. Die
amandel boomlaning wat Van Riebeeck as skeidslyn opgerig het, latere
wetgewing deur beide die Hollandse en Britse bewindhebbers, die wêreldwye
slawerny wat eers in die 19de eeu verbied is en die bloedige stryd om
grondgebied aan die Oosgrens en in die Vrystaat, Transvaal en Natal het die
skeiding tussen rasse en die ontstaan van negatiewe houdings in Suid-Afrika
bevorder. Rigiede skeiding tussen rasse het in die eerste plek die
voortbestaan van die wit man in Suid-Afrika ten doel gehad. Die basiese motief
was die van oorlewing en beslis nie „n negatiewe houding van
meerderwaardigheid en doelbewuste diskriminasie nie.
In die loop van die geskiedenis van rasse-botsings het bepaalde
diskriminerende en bevooroordeelde norme ontwikkel wat van geslag tot
geslag deur middel van
sosialisering oorgedra is. Veral sedert 1948 is die rasse-skeiding deur
wetgewing soos veral die rasse bepalings in die ontugwet, die wette op aparte
geriewe en woongebiede en die bevolkings-registrasie wet bevorder. Sedert
die middel van die tagtigerjare is die Nasionale Party wat in 1948 aan bewind
gekom het, in „n toenemende mate besig om die wetgewing wat as
diskriminerend en bevooroordeeld beskou kan word, af te skaf. Wette kan in „n
enkele parlementsitting gewysig word maar die verandering van
diepgewortelde houdings en gewoontes kan etlike dekades duur. In die nuwe
Grondwet word alle vorme van diskriminasie op grond van onder meer
verbied.
Tyson (1989:345) skryf die verskil tussen Afrikaans- en Engelssprekendes
uitsluitlik toe aan die Engelse se sogenaamde meer liberale norme en die
Afrikaner se meer outoritêre persoonlikhede. Hy verloor in die verband uit die
oog die invloed wat die geskiedenis, wat hy self aanhaal, op die vorming van
norme het. Reeds in 1903 het sir Alfred Milner die Suid-Afrikaanse
Naturellesake kommissie aangestel wat onder voorsitterskap van sir Godfrey
Lagden in 1905 aanbeveel het dat gebieds- en politieke skeiding tussen Swart
en Blank en die stigting van lokasies vir stedelike Swartes goedgekeur word
(Cameron & Spies, 1986:224).
41
In die algemeen het die Afrikaner hom reeds in die binneland gevestig voor
dieEngelssprekende op die toneel gekom het. In die proses was die
Engelssprekende die aanvanklike konflik tussen wit en swart gespaar. Verder
het die Afrikaner veral sedert Uniewording in 1910 landswyd, en ook voor die
Tweede Vryheidsoorlog (1899) in die Transvaal en die OVS, steeds die
politieke beheer in die hand gehad. Alhoewel die ongewilde apartheid- en veral
arbeidswetgewing voor die deur van die Afrikaner gelê kan word, het
Engelsbeheerde myn- en ander maatskappy dit skotvry benut. Die feit dat die
Engelsprekende in die meeste gevalle nog steeds Brittanje as tuiste beskou
het en nie werklik Suid-Afrika en sy probleme sy eie gemaak het, kon verder
bygedra het tot „n miskien meer verdraagsame houding.
4.4. Groepsgedrag.
4.4.1. Invloed van die Groep op Gedrag.
„n Groep word gedefinieer as twee of meer mense wat „n gesamentlike doel
nastreef en wat in interaksie verkeer en daardeur mekaar beïnvloed. Alle
mense behoort aan meer as een groep byvoorbeeld „n familiegroep,
ouderdomsgroep, rassegroep, vriendekring of werkkring. Vervolgens sal
gekyk word hoe die samewerking en teenwoordigheid van groeplede die
individu se gedrag beïnvloed:
Cobb (1976) het bevind dat mense wat in „n groepsituasies funksioneer
gelukkiger is, stres beter kan hanteer, beter gesondheid geniet en langer
leef. Die voordele van „n groep spruit uit sosiale ondersteuning waardeur
alledaagse laste gedeel word.
Hill (1982) het bevind dat die prestasie van „n groep, kwantitatief en
kwalitatief, beter as die van die gemiddelde groep lid is. Die groep se
prestasie is egter ook beter as die van die beste lede van die groep
(Sinergie).
Die beslissings van „n groep is dikwels minder rasioneel en gebalanseerd
en meer ekstreem as die van individuele lede. Die verskynsel wat as groep-
42
polarisasie bekend staan, word gebruik om te verklaar waarom individuele
lede van „n groep se houdings dikwels minder radikaal as die van die
groep as geheel is. Byvoorbeeld, indien „n groep liberaliste saam vergader,
wil die een dikwels om sy eie identiteit te handhaaf, meer liberaal as die
ander wees met die gevolg dat die groep as geheel meer ekstreme
beslissings maak.
Groepdenkfoute of groepkonsensus lei dikwels tot die maak van verkeerde
beslissings wat die individuele lede nooit alleen sou maak nie. As
voorbeelde van sulke flaters deur groepe in die Amerikaanse regering
noem Peterson (1991:652): Pearl Harbor (1941), die Bay of Pigs inval
(1961), die Viëtnamese oorlog (1964-1967), Watergate-skandaal (1978) en
die Iran-Contra-rebellesaak (1990).
Besluitnemers wat as groep oor die volgende eienskappe beskik, is geneig
om in die slaggat van groepdenke of groepkonsensus te val. Dit behels:
o Besluitnemers wat „n hegte, geslote groep vorm.
o Wat die illusie koester dat hulle onaantasbaar is.
o Wat oor dieselfde sosiale en ideologiese agtergrond beskik.
o Wat van die buitewêreld geïsoleer is.
o Wat weens eksterne bedreigings baie stres ervaar.
o Wat foute van die verlede rasionaliseer (goed praat).
o Wat die morele kwaliteit van die groep onvoorwaardelik aanvaar („Ons is
goed en reg‟).
o Wat „n stereotipe beeld van die ander koester (Hulle is sleg of lui of
dom).
o Wat self-sensuur toepas, beperkte inligting deurgee.
o Wat van „mindguards‟ gebruik maak om die groep teen kritiek van buite
te beskerm (selektiewe disinformasie – net te sê wat gehoor wil word).
o Wat oor „n groot begeerte na interne konformering en konsensus beskik.
o Wat oor „n direktiewe leier beskik wie se voorstelle meestal summier as
die beste aanvaar word.
o Besluitnemers wat nie voorafbepaalde norme aanwend by die evaluering
van „n saak nie.
43
Mag word baie maklik wan aangewend en sommige groepe veral in die
regeringskringe, beskik oor soveel mag dat korrupsie en wanbestuur die
noodwendige gevolg is.
Diffusie van verantwoordelikheid lei daartoe dat elke groeplid die
verantwoordelikheid op „n ander een afskuif. Indien „n saak as almal se
verantwoordelikheid beskou word, is die gevolg dikwels dat niemand in die
finale instansie aanspreeklikheid aanvaar nie. Latane e.a. (1979) verwys
daarna as “social loafing” indien mense in „n groep minder werk as
wanneer hulle alleen is. Veral waar individuele bydraes nie geëvalueer
word nie, is onproduktiwiteit dikwels die gevolg. Voorbeelde hiervan is
tikpoele, komiteewerk en Russiese kollektiewe plase.
Pluralistiese onkunde behels dat elke groeplid die ander lede se gebrek
aan aktiwiteit vertolk asof die saak nie dringende afhandeling vereis nie.
Die situasie wat dikwels ontstaan, is dat groeplede na mekaar sit en kyk en
dat daar aan die probleem weinig gedoen word.
4.5. Bronnelys.
1. http://www.hawaii.edu/powerkills/TCH.CHAP9.HTM
2. http://www.sociologyguide.com/basic-concepts/index.php
3. http://www.imperial.edu/~gary.rodgers/pdf/SOC1CH5.pdf
4. http://en.wikipedia.org/wiki/Group_behaviour
5. SOSIALE PROBLEME.
5.1. Aard van Sosiale Probleme.
In die volgende paragrawe sal die volgende belangrike sosiale probleme
bespreek word: Jeugmisdaad, Seksuele afwykings, Alkoholisme en
Dwelmafhanklikheid. Elkeen van hierdie probleme hou „n bedreiging vir die
vreedsame naasbestaan van die mensdom in. Dit is sosiale probleme omdat
dit nie slegs die betrokkenes nie, maar almal met wie hulle in aanraking se
lewens nadelig beïnvloed.
44
5.2. Jeugmisdaad.
Slegs indien „n wet oortree word, kan „n handeling van „n jeugdige in „n
juridiese sin, as „n misdaad beskou word. Die jeugdige kan ook eers nadat hy
in „n hof skuldig bevind is, as „n jeugmisdadiger bestempel word. In die
algemeen word twee tipes jeugoortreders onderskei:
Die Jeugoortreder:
Dit is die jeugdige wat handelinge pleeg wat nie deur die gemeenskap aanvaar
word nie soos om van die huis af weg te loop, stokkiesdraai (skoolversuim),
alkohol- en dwelmmisbruik, seksueel aktief is, nie aan sy ouers se reëls
gehoorsaam is nie en ander ligte oortredings begaan wat in die algemeen nie
as „n misdaad beskou word nie.
Die Jeugmisdadiger:
Die Jeugmisdadiger, aan die ander kant, is die jeugdige wat „n daad pleeg wat
ongeag van ouderdom steeds as „n misdaad beskou word soos diefstal, roof,
verkragting en moord. Volgens die Suid-Afrikaanse reg kan „n kind tussen die
ouderdomme van 7 en 13 van „n misdaad aangekla word en moet die staat
bewys dat die kind bewus was van die onregmatigheid van sy handelinge. „n
Kind van 14 jaar en ouer word wat kriminele aanklagte betref, net soos „n
volwassene behandel. Die jeugdige se ouderdom word egter by
straftoediening in ag geneem.
Wêreldwyd is daar „n toename in die aantal misdade waarby jeugdiges
betrokke is. In die VSA is die volgende gevind:
o Kinders tussen die ouderdomme van 10 en 17 jaar wat slegs 16% van die
bevolking verteenwoordig, was betrokke by byna die helfte van die
arrestasies vir geweldsmisdade en diefstal in 1974.
o In 1972 is byna 1,5 miljoen jeugdiges onder die ouderdom van 18 jaar
gearresteer vir, in orde van voorkoms, die volgende eiendoms misdade:
45
diefstal, inbraak, vandalisme, motordiefstal en die hantering van
gesteelde eiendom.
o Wangedrag en die misbruik van alkohol en dwelms was by omtrent 20%
van die sake betrokke.
o By net omtrent 5% van die sake was aanranding betrokke.
o In 1972 was die verhouding tussen seuns en meisies wat by misdaad
betrokke was 3:1.
In die VSA is die volgende tipiese beeld van die jeugmisdadiger deur „n
Presidensiële kommissie (1967) bepaal:
Hy is „n seun van 15 jaar, uit „n eenouergesin, woon saam met verskeie broers
en susters in „n woonstel in „n swakker deel van „n stad, hy presteer swak op
skool, het al „n jaar of meer gedruip en is op die punt om die skool te verlaat.
5.2.1. Oorsake van Jeugmisdaad.
By die oorsake vir jeugmisdaad word daar tussen gesins- en persoonlikheids-
faktore onderskei:
Die jeugmisdadiger se gesinsituasie:
o Die meeste jeugmisdadigers kom uit „n gebroke gesinsopset.
o Een van die ouers: is gewoonlik vyandig, onbetrokke en selde liefdevol;
verwaarloos en mishandel die kinders en gee nie ferme leiding nie; is
ongelukkig, onseker en onbevoeg om die lewe te hanteer.
o Die huwelik is gewoonlik ongelukkig en word gekenmerk deur konflik
wat nie ruimte laat vir die hantering van die kinders se probleme nie.
o Die opvoeding is permissief, daar is weinig kontrole en beheer oor die
kinders se doen en late, vaste etens- en slaaptye word nie gehou nie en
die kinders word aan hulle self oorgelaat.
o Weinig emosionele kontak en interaksie bestaan tussen die gesinslede
en die toepassing van dissipline is sporadies en wisselend.
46
o Die gesinne word gekenmerk deur „n algemene gebrek aan liefde en „n
gevoel van ongeborgenheid.
Die jeugmisdadiger se persoonlikheid:
Die persoonlikheid van die jeugdige speel „n belangrike rol by jeugmisdaad.
Nie alle kinders uit dieselfde ongelukkige en liefdelose gesin word
jeugmisdadigers nie en daarom moet individuele verskille tussen kinders ook
in ag geneem word. Die persoonlikhede van jeugmisdadigers verskil van die
van hulle broers en susters wat dieselfde huis deel. Die volgende verskille
tussen jeugmisdadigers en hulle broers en susters is reeds bepaal:
o Hulle is ongelukkiger as die ander.
o Hulle voel onbevoeg en minderwaardig in die huis en skool.
o Hulle pas moeiliker by ander kinders aan.
o Hulle is meer aggressief, taktloos, wreed, onregverdig.
o Hulle misken ander kinders se regte en gevoelens.
o Hulle is in die algemeen ongewild.
o Hulle is meer geneig om skoolreëls te oortree.
o Hulle konsentreer swak en neig na dagdromery.
o Hulle toon weinig belangstelling in skoolwerk (Papalia 1978:296).
5.3. Seksuele Afwykings.
5.3.1. Definisies.
Seksuele gedrag is „n baie private en persoonlike aangeleentheid en om die
rede is navorsing oor en verklarings van seksuele gedrag en afwykende
seksuele gedrag baie moeilik. Om seksuele afwykings te verklaar, is „n goeie
begrip van wat as normaal aanvaar word noodsaaklik. Om die saak verder te
kompliseer, verskil die opvattings van wat normale seksuele gedrag is ook van
een kultuurgroep na „n ander en selfs binne „n bepaalde kultuurgroep. Anders
as ander gedragsafwykings word bepaalde seksuele afwykings selfs deur
wetgewing verbied en strafbaar gestel.
47
In bykans alle kulture is mense van mening dat bepaalde seksuele gedrag as
abnormaal en selfs onwettig en immoreel beskou moet word. In die meeste
beskaafde lande is daar byvoorbeeld wetgewing wat seksuele handelinge met
kinders (pedofilie) verbied en strafbaar stel. Ten opsigte van afwykende
gedrag soos byvoorbeeld, owerspel, pornografie, ontbloting, afloerdery en
buite egtelike seks, verskil die wetgewing van land tot land. Om seksuele
gedrag te probeer verklaar, het verskeie navorsers op die volgende motivering
van seksuele gedrag gewys:
Seksuele gedrag is in „n Bybelse konteks binne die huwelik geregverdig
as die eenwording van die vlees van man en vrou.
Seksuele gedrag spruit uit „n behoefte om liefde vir „n ander persoon te
toon (ekspressie).
Seksuele gedrag is „n vorm van selfekspressie wat met eie identiteit
verband hou (identifisering).
Seksuele gedrag spruit uit die mens se basiese behoefte om voort te
plant (reproduksie).
Seksuele gedrag spruit uit „n behoefte aan plesier of genot
(genotsbeginsel of hedonisme).
Seksuele gedrag wat in Suid-Afrika deur die wet verbied word, sluit die
volgende in:
o Abduksie (Ontvoering om omgang te hê, met „n persoononder 21 jaar
oud).
o Bestialiteit (Geslagsgemeenskap met diere).
o Prostitusie.
o Criminal injuria (ontbloting, pornografie, afloerdery, onwelvoeglike
voorstelle en aanraking).
o Bloedskande (gemeenskap met bloedfamilie).
o Verkragting en/of Onsedelike aanranding.
o Gemeenskap met kinders onder 16 jaar.
o Alle swaksinniges.
o Sodomie.
48
5.3.1.1. Verkragting.
Verkragting is doelbewuste, onwettige gemeenskap van „n man met „n
vrou/man sonder sy/haar toestemming. Verkragting word eerder as „n
geweldsmisdaad as „n seksuele afwyking beskou. Die doel van verkragting is
dikwels eerder om die slagoffer te verneder en aan te rand as om seksuele
genot te verkry. Peterson (1991:678) wys in die verband op die volgende mites
wat dikwels verkeerdelik aanvaar word:
Dat alle slagoffers van verkragting jonk en aantreklik is.
Dat die slagoffer aanleiding gegee het en sodoende die misdaad
uitgelok het.
Dat die verkragter en die slagoffer vreemdelinge vir mekaar was.
Peterson (1991:679) beklemtoon ook die volgende:
Die slagoffer word dikwels ten onregte beskuldig dat sy aanleiding tot
die verkragting gegee het.
Slagoffers is dikwels onwillig om die saak aan te meld en slegs 4% van
alle verkragters word uiteindelik gevonnis.
Waar penetrasie nie plaasgevind het nie, kan die aanrander van onsedelike
aanranding aangekla word.
5.3.1.2. Erotika of Pornografie.
Erotika is prente of foto‟s of beskrywings (stories) wat ten doel het om mense
seksueel te stimuleer terwyl pornografie nie net stimuleer nie maar ook mense
kan afstoot. Die grens tussen erotika en pornografie is altyd relatief en is iets
waaroor elke mens of kultuurgemeenskap self moet beslis. Daar word verder
ook tussen “soft core” (normale seksuele aktiwiteite tussen instemmende
volwassenes word net gesuggereer) en “hard core” (normale en afwykende
seksuele aktiwiteit waarby nie net instemmende volwassenes betrokke is nie,
word eksplisiet uitgebeeld of beskryf) pornografie onderskei. Wat meer van
belang is, is die effek wat pornografie op die mens se gedrag het. Mense wat
aan pornografie bloot gestel word, word aangemoedig om seksuele en
49
geweldsmisdade te pleeg. Navorsing dui daarop dat mans wat aan pornografie
blootgestel is, „n swakker houding teenoor vrouens het en meer tot aggressie
neig. Met ander woorde, pornografie kan tot seksuele afwykings en misdade
lei.
Pornografie funksioneer as „n relatief onskadelike veiligheidsklep en
kan lei tot „n afname in seksuele afwykings en misdaad. Pornografie
voorsien „n simboliese uitweg vir seksuele drange en lei tot „n
vermindering van seksuele misdade.
Navorsing deur Baron en Straus (1984) het op „n positiewe korrelasie
tussen die verkoop van pornografiese tydskrifte en die getal
verkragtings in spesifieke state gedui. In ander navorsing is die
verband tussen pornografie en verkragtings nie bewys nie maar dit
spreek vanself dat die beskikbaarheid van veral harde pornografie tot
„n afname in respek en agting vir die vroulike liggaam en persoon kan
lei.
5.3.1.3. Homoseksualisme.
Op grond van hulle seksuele oriëntering (voorkeure) verdeel Petersen
(1991:687) mense in die volgende groepe:
Heteroseksuele: Voel aangetrokke tot die teenoorgestelde geslag.
Homoseksuele: Voel aangetrokke tot dieselfde geslag.
Biseksuele: Voel om die beurt aangetrokke tot beide geslagte.
Autoseksuele: Die seksuele drange word op die self gerig.
Binne die Sielkunde word die heteroseksuele oriëntering as die normale
aanvaar en die ander as afwykings van die normale beskou. As oorsake van
homoseksualiteit word veral klem gelê op die invloed van die omgewing,
identifisering met of verwerping van die eie geslag, ervaringe in die kinderjare,
die rolmodelle van die ouers en biologiese en genetiese faktore.
50
In die jongste tyd het die hoë voorkoms van VIGS onder veral homoseksuele
mans, opnuut gelei tot „n besinning oor die meer verdraagsame houding
teenoor homoseksuele individue wat in die afgelope paar dekades posgevat
het. VIGS is vir die eerste keer onder homoseksuele mans gediagnoseer en die
siekte is byna uitsluitlik tot homoseksuele en biseksuele mans en tot
binneaarse dwelmgebruikers beperk (Petersen 1991:673).
5.3.2. Oorsake van Seksuele Afwykings.
Afwykende seksuele gedrag verwys na afwykende handelinge deur persone of
handelinge wat op vreemde voorwerpe as seksvoorwerpe gerig is. Hierdie
seksuele afwykings staan as paraphilias (Grieks: philia = sinnelike liefde)
bekend. Seksuele gedrag word as afwykend beskou indien seksuele prikkeling
van vreemde of ongewone objekte of handelinge verkry word.
Paraphilias word gedefinieer as intense seksuele drange en fantasieë waarby
die volgende betrokke kan wees:
nie-menslike voorwerpe (bv. kledingstukke).
marteling en\of vernedering van die self of die seksmaat.
kinders of ander nie-toestemmende vennote.
afwykende seksuele praktyke.
„n Diagnose kan slegs gemaak word indien die persoon op die betrokke wyse
opgetree het of in so „n mate daardeur gepla word dat dit sy normale
alledaagse funksionering belemmer. Die grens tussen wat as normale en
afwykende gedrag beskou moet word, is baie relatief en kultuur- en
situasiegebonde. Sekerlik moet paraphilias wat aan ander mense sielkundige
en liggaamlike skade kan berokken en wat indruis teen die bepaalde
kultuurgemeenskap se sedes en norms, as afwykend en afkeurenswaardig
beskou word.
5.3.3. Tipes Seksuele Afwykings.
Om paraphilias te verklaar, is daar veral twee perspektiewe by sielkundiges:
51
Die oriëntasie teenoor die ongewone is die resultaat van „n spesifieke
seksuele oriëntering teenoor voorwerpe soos byvoorbeeld, dames-
onderklere. Dit kan die gevolg van klassieke kondisionering weens
bepaalde ervaringe van kleins-af wees.
Psigoanaliste soos Freud beskou paraphilias as onvolwassenheid en
as „n voortsetting van fantasieë uit die kinderjare wat ander normale
mense met verloop van tyd agterlaat.
„n Bevredigende verklaring vir paraphilias is nog nie gevind nie en die
volgende aspekte moet in so „n verklaring aandag geniet:
Dit is meestal mans (byna 100%) wat die afwykings toon.
Iemand vertoon meestal twee of selfs meer van die paraphilias.
Van die vreemde seksvoorwerpe toon wat kleur of tekstuur betref wel
bepaalde ooreenkomste met die normale.
Paraphilias bly relatief stabiel tydens die persoon se hele lewe en is
moeilik om te behandel. Of skoon verskillende beginsels in terapie
toegepas is, is daar nie veel sukses in die behandeling van paraphilias
behaal nie. Die terapie is op twee beginsels gegrond:
Kondisionering – Hier gaan die ongewensde stimuli altyd saam met
pyn of ongerief gepaard. Bv. Foto‟s van kinders word aan „n pedofiel
getoon terwyl „n ligte elektriese skok of ander afskrikking daarmee
saam toegedien word.
Substitusie – Die ongewenste seksuele gedrag of seksobjek word deur
„n meer aanvaarbare objek vervang.
5.4. Alkoholisme.
Alkoholisme verwys na sodanige misbruik van alkohol dat dit tot fisiese en
psigologiese nadele vir die misbruiker en sy medemens lei. Alkoholisme is „n
52
probleem wat reeds in die Bybelse tye beskryf en veroordeel is. Die misbruik
van alkohol het „n nadelige uitwerking op die liggaam en veral op die weefsel
van die senuweestelsel. “Indeed, some believe that the competition between
the United States and the Soviet Union will be resolved not in the Middle East,
not in Eastern Europe, not in outer space, but in the livers of our respective
citizens. In both nations, alcohol abuse takes an incredible toll on well-being,
productivity, and resources” (Peterson 1990:523).
Wanneer alkohol gedrink word, word dit deur die spysvertering-stelsel
opgeneem en beland dit in die vorm van alkohol in die bloedstroom. Alkohol
word nie soos ander voedingstowwe opgebreek voor dit in die bloedstroom
beland nie. Die bloed wat alkohol bevat, beweeg na die lewer en eventueel na
die hart waarvandaan dit deur die liggaam, insluitende die senustelsel,
versprei word. Slegs 10% van die alkohol wat geabsorbeer is, word deur die
longe, blaas en sweetkliere uitgeskei en die res word in die liggaam
geoksideer. Die oksidasie- of verbrandingsproses is stadig en slegs 5 tot 10
gram (2 teelepels) kan in „n uur verbrand word. Die res bly in die bloedstroom
en weefsels tot dit verbrand kan word. Alkohol kom in aanraking met elke
orgaan van die menslike liggaam na inname.
Die alkohol het die volgende effek op die liggaam:
Metaboliese, endokriene en hipotalamus versteurings wat tot
afwykings in spysvertering, eetlus, denkpatrone en koördinasie lei.
Die alkohol voorsien die drinker van die nodige kalorieë met die gevolg
dat hy ongereeld en ongesond eet. Dit kan tot ernstige voedsel- en
veral vitamine-tekorte lei.
Die tekort aan vitamine, spesifiek vitamine B-kompleks, het veral „n
nadelige uitwerking op die weefsel en werking van die senustelsel.
Gebrekkige spierbeheer en koördinasie wat veroorsaak word deur „n
swakker bloedvoorsiening aan die cerebellum.
Wisselende gemoedstoestande wat veroorsaak word deur „n
wanbalans in die metaboliese aktiwiteite in die brein korteks (Quinn
1990:289).
53
Alkohol dien as „n stimulant teen lae dosisse en as „n onderdrukker
(depressant) teen hoër dosisse. Na omtrent die tweede sopie word
angs en depressie verhoog.
5.4.1 Tekens van alkoholisme
First the man takes a drink; then the drink takes a drink; and finally the drink
takes the man (Japanese Spreuk.)
Alkoholisme verwys na die abnormale gebruik van alkohol. Alkoholisme dui
daarop dat „n persoon ten spyte van bepaalde nadelige kognitiewe,
fisiologiese, emosionele, sosiale en gedrag simptome voortgaan om alkohol te
gebruik. Die volgende twee aspekte mag ook „n aanduiding van alkoholisme
wees:
o Verhoogde toleransie: Die persoon benodig steeds groter hoeveelhede
alkohol om dieselfde fisiologiese effek te verkry.
o Onttrekkingsimptome: Die persoon is onwillig om hom van die gebruik
te weerhou, beleef weerhouding as bedreigend en het „n onbedwingbare
lus na alkohol (Peterson 1990:522).
Om „n alkoholis bloot op grond van „n definisie te identifiseer, is problematies
– mense kan nie net bloot op grond van die gebruik of weerhouding van
alkohol geklassifiseer word nie. Op grond van die volgende handelinge kan „n
meer bevredigende diagnose gemaak word:
Iemand is afhanklik van alkohol in die mate waarin hy:
„n volhardende begeerte daarna koester;
nie beheer oor die gebruik van alkohol het nie (net een sopie lei tot
etlike meer);
„n onvermoë om alkohol inname te beperk of te staak;
„n ongewone hoeveelheid tyd en energie word aan die verkryging van
alkohol bestee;
54
gebruik van alkohol ten spyte van dringende sosiale en
werksverpligtinge; beperking van ander aktiwiteite ten einde alkohol te
kan gebruik;
voortgesette gebruik van alkohol ten spyte van nadelige effekte
(Peterson 1990:522).
5.4.2. Oorsake van Alkoholisme.
Nie alle mense wat alkohol misbruik, word alkoholiste nie en navorsers het
reeds verskeie redes vir die verskille geïdentifiseer. Die aanleidende oorsake
kan breedweg in vyf kategorieë verdeel word naamlik:
Psigodinamiese faktore (behoeftes).
Ontwikkeling defekte (opvoedingsfoute).
Genetiese samestelling (fisiese oorsake).
Biomediese verklarings (as „n siektetoestand).
Kognitief-behavioristiese siening (aangeleer).
Alkoholiste drink om „n basies en dwingende persoonlike behoeftes te
bevredig. Die behoeftes kan verskeie vorme aanneem:
o om van „n konfliksituasie te ontsnap.
o om gevoelens van minderwaardigheid en onvermoë te oorkom.
o om dapperheid en manlikheid te bewys.
o om „n negatiewe selfbeeld en gebrek aan selfvertroue te oorkom.
o om vrees vir mislukking en kritiek te kan hanteer.
Alkoholisme word herlei na „n ontwikkeling defek in die persoonlikheid wat
deur bepaalde sosiale en omgewingstoestande veroorsaak is. Die volgende
defekte is reeds gevind:
o „n verwerping van die vader en „n groter aangetrokkenheid tot die moeder
wat as sterk en dominerende persoonlikheid deur die alkoholis
geïdealiseer word.
o „n streng, outokratiese en minder-geliefde vaderfiguur.
55
o opvoeding in „n streng outokratiese omgewing wat onvoorwaardelike
gehoorsaamheid eis.
o „n behoefte aan voortdurende lof en versterking.
„n Spesifieke inherente en oorgeërfde metaboliese patroon veroorsaak
dat sommige individue meer vatbaar vir alkoholisme as andere is.
Weens „n bepaalde genetiese samestelling is een mens meer vatbaar
om „n kliniese alkoholis te word.
Die biomediese verklaring beklemtoon die fisiologiese en beskou
alkoholisme as „n siekte wat bloot medies deur middel van
detoksifikasie (om die persoon se liggaam van gifstowwe te reinig) en
antagonistiese middele (wat die effek van alkohol elimineer) behandel
moet word.
Die kognitief-behavioristiese siening beskou alkoholisme as „n toestand
wat die persoon onder bepaalde omstandighede deur versterking
aangeleer het. Druk deur en goedkeuring van „n bepaalde sosiale
groep, sosiale interaksie en die aanvanklike aangename gevoelens lei
tot die latere misbruik van alkohol. Deur gewoonte kan „n persoon met
ander woorde, later „n alkoholis word.
In uitgebreide navorsing het Vaillant (1983) alkohol-misbruik by meer as 600
mans ondersoek. Hy het bevind dat verskeie faktore op verskillende stadiums
tot die misbruik van alkohol lei. Hy stel „n geïntegreerde model voor wat al vyf
bogenoemde moontlike oorsake van alkoholisme in ag neem om die oorsake
van alkoholisme te verklaar en die probleem te behandel. Volgens Vaillant se
navorsing is die behandelingsmetodes van die AA (Alkoholiste Anoniem) die
geslaagste (Peterson 1990:523).
Die AA is volgens Peterson (1990:523) geslaagd omdat dit „n lewenslange
verandering in leefstyl vereis en „n geloofstelsel en „n sosiale verwysingsgroep
voorsien.
5.4.3. Gevolge van Alkoholisme.
Alkoholisme het verreikende gevolge nie net vir die alkoholis self nie maar ook
vir die mense wat saam met hom woon en werk. Wanneer oormatige
56
alkoholgebruik tot tydelike of permanente brein- of senuwee skade lei, kan dit
as „n organiese brein afwyking beskou word. In die algemeen word daar vyf
verskillende siektes onderskei wat uit die oormatige gebruik van veral alkohol
maar ook uit dwelm-, metaal- en gasvergiftiging kan spruit. Van die siektes
word twee as akuut (tydelike aanvalle), twee as chronies (permanent) en een
as beide akuut en chronies beskou:
5.4.3.1. Patologiese Bedwelming.
Een enkele drankie kan „n vatbare persoon in „n staat van geweld, verwarring,
agitasie en prikkelbaarheid verander. Simptome behels: disoriëntasie,
hallusinasies, delusies en oordrewe emosionele reaksies. Woede en
vyandigheid kan met depressie, angs en vrees afgewissel word. Selfmoord,
moord, fisiese aggressie en seksuele wangedrag kan voorkom. Die toestand
kan van enkele ure tot „n dag of meer duur en word deur „n lang periode van
slaap beëindig. Weens geheueverlies kan die persoon gewoonlik niks van sy
wandade onthou nie. Selfs kinders wat nog nooit voorheen drank gebruik het
nie, kan die tipe episode beleef. Weens die tydelikheid en ongereeldheid van
die episodes is dit moeilik om te bestudeer. Verklarings daarvoor is vaag en
sentreer gewoonlik om die volgende:
„n Ongewone hoë sensitiwiteit vir alkohol (allergiese reaksies).
„n Lae verdraagsaamheid vir of hoë beïnvloedbaarheid deur alkohol.
Resultaat van vroeëre breinskade.
Onderliggende onstabiele emosionele toestand.
5.4.3.2. Delirium Tremens.
Dit kom gewoonlik by alkoholiste voor wat vir etlike jare reeds drank misbruik
het. Die voorkoms by mense ouer as dertig jaar is skaars. Dit blyk asof dit
meer „n onttrekkingsimptoom is omdat dit meestal voorkom by alkoholiste wat
vir „n tydperk van drank weerhou word. Die misbruik van alkohol lei tot „n swak
eetlus wat die mens van noodsaaklike vitamine (veral B-kompleks) onthou. „n
Tekort daaraan kan tot wanfunksionering van die senustelsel lei. „n Aanval
duur gemiddeld drie dae en gaan meestal met naarheid gepaard. Die aanval
57
begin gewoonlik met „n gebrek aan eetlus, toenemende onrustigheid, angs,
geïrriteerdheid en swak slaapgewoontes wat met nagmerries gepaard gaan.
Gewoonlik gaan dit ook met „n hoë koors, blosende vel, bewerige hande,
gesigspiere en tong, en oormatige sweetafskeiding gepaard. Fisiese swakheid,
hiperaktiewe reflekse en „n waggelende stap kom ook voor. Weens
ontwatering kan konvulsies (sametrekkings) en selfs die dood volg.
Sielkundige simptome behels: verwardheid, swak bewussyn, angs en
disoriëntasie ten opsigte van tyd en plek maar nie identiteit nie. Die mees
dramatiese simptome is hallusinasies wat meestal visueel en taktueel (tas-
sintuig) is. Die pasiënt sien byvoorbeeld slange, spinnekoppe en wilde diere
en voel hoe hulle oor sy vel kruip. Hy slaan en krap vrugteloos om hulle van sy
vel af te kry. Indien ouditiewe hallusinasies voorkom, is dit gewoonlik van „n
dreigende aard en homoseksuele inhoud.
5.4.3.3. Alkoholiese Hallusinasies.
Alkoholiese hallusinasies is gewoonlik akuut maar indien dit langer as „n paar
weke aanhou, kan dit ook as chronies beskou word. Die hoofkenmerk is
hallusinasies wat sonder verwarring, disoriëntasie en waanbeelde gepaard
gaan. Die hallusinasies is meestal ouditief en behels beledigende,
beskuldigende en benadeelde opmerkings wat ook dikwels „n homoseksuele
ondertoon het. Op stadiums kan die pasiënt selfs die vermeende beskuldiger
aanval. Die hallusinasies toon „n groot ooreenkoms met paranoïde skisofrenie
en die vermoede bestaan dat alkohol misbruik „n onderliggende
skisofreenagtige proses aan die gang sit.
5.4.3.4. Alkoholiese Agteruitgang.
Chroniese alkoholiste toon met verloop van tyd „n progressiewe liggaamlike
en sielkundige agteruitgang. Die sielkundige agteruitgang kan wissel van
geringe persoonlikheidsveranderinge tot swaksinnigheid. Alkoholiese
agteruitgang kom dikwels by mans en vroue voor wat gereeld oor „n tydperk
van etlike jare gedrink het. Alhoewel hulle nooit vir „n tydperk „n ernstige
drankprobleem en ander verwante probleme gehad het nie, tree daar „n
58
geleidelike agteruitgang in. Die agteruitgang van veral senu-selle spruit
meestal uit „n vitamine-tekort en die afwykings kan die volgende vorme
aanneem:
o Innerlike beheer oor drifte en drange verswak.
o Hy raak vyandig en weerbarstig weens kritiek van sy familielede.
o Skuldgevoelens, geheueverlies, swak geheue, swak konsentrasie, swak
oordeel en emosionele onstabiliteit kom voor.
o „n Algemene geïrriteerdheid en onvergenoegdheid met toenemende
angs en depressie ontwikkel wat onder „n dekmantel van valse
kameradie en goeie humorsin verskuil word.
o Toenemende vergeetagtigheid, stadige begrip, swak oordeel en „n
gebrek aan oorspronklike idees kan egter nie lank weggesteek word nie.
o Die etiese en morele gedrag gaan agteruit en dit word gekenmerk deur
swak en inhibisielose sosiale gedrag, persoonlike verwaarlosing
(netheid, higiëne, woonplek, kleredrag) nalaat van huislike en
werksverpligtinge, leuens en vulgêre taal.
o Tekens van fisiese agteruitgang kom voor in die vorm van trekkings,
spierswakheid, maag-, lewer- en nierprobleme.
o „n Tipiese gesigsuitdrukking wat as plat, uitgestryk en uitdrukkingloos
beskryf word, kom saam met rooierige oë en gelaat en sakke onder die
oë voor.
5.4.3.5 Korsakoff se Sindroom.
Die siekte word ook veroorsaak deur veral „n vitamine-tekort en kom voor by
mense met „n geskiedenis van drankmisbruik. Dit word vererger waar alkohol-
inname gekoppel is met swak eetgewoontes en sigaretrook. Die sindroom
word gekenmerk deur disoriëntasie, aanhoudende gebabbel, ylhoofdigheid,
emosionele onstabiliteit, geheueverlies op die kort en lang termyn en neuritis
(inflammasie van die senuselle). Slap polsgewrigte is dikwels teenwoordig.
Behandeling behels massiewe dosisse vitamine en „n hoë kalorie-inname wat
die agteruitgang kan keer maar nie bestaande skade kan herstel nie.
59
Afgesien van die voorafgaande nadelige gevolge wat die misbruik van alkohol
op die misbruiker self het, is die mees tragiese dikwels die skade wat die
alkoholis aan sy onskuldige gesins- en familielede aanrig. Indien die hoë
persentasie motorongelukke waar drank „n rol gespeel het, in aanmerking
geneem word, is dit duidelik dat alkoholisme „n bedreiging vir die hele
gemeenskap waarin die alkoholis hom bevind, inhou.
5.5. Dwelmafhanklikheid.
Alkohol is ook „n dwelmmiddel en word as „n stimulant geklassifiseer. Van die
oorsake en gevolge van alkoholisme wat in die vorige paragraaf beskryf is, kan
net so op dwelmafhanklikheid toegepas word. Iemand wat „n dwelmmiddel
anders as vir blote mediese redes gebruik, maak hom aan dwelmmisbruik
skuldig. Tussen alkoholisme en dwelmmisbruik bestaan daar talle
ooreenkomste en in „n bepaalde opsig is alkoholisme ook „n vorm van
dwelmmisbruik. Die groot verskil is egter daarin geleë dat die gebruik en
handel met dwelms deur die wet verbied word.
Die wet verbied die gebruik van, handel dryf in en besit van gevaarlike en
verbode gewoontevormende dwelms of plante waarvan so „n dwelm
vervaardig kan word. Die straf vir die kriminele oortreding wissel van 2 tot 15
jaar tronkstraf. In die bylae tot die wet word die volgende onder meer as
verbode verklaar: cannabis (dagga), herion, LSD, opium, chlorodine, morfien,
amobarbital, en pentobarbital. Gebruik van die middels is slegs wettig indien
dit deur „n geneesheer, tandarts of veearts voorgeskryf is.
Die misbruik van dwelms, verlig angs en depressie op „n tydelike basis maar
los nie die persoon se onderliggende probleme op nie maar skep slegs
verdere probleme. Dwelms is in die algemeen duurder as alkohol en die dwelm
misbruiker het die addisionele probleem dat hy genoeg geld moet vind om
dwelms onwettig te koop. Heel dikwels lei dit tot diefstal en prostitusie. Net
soos by alkohol misbruik lei die gebruik van dwelms tot intoksikasie of
bedwelming, toleransie as „n steeds toenemende behoefte aan groter
hoeveelhede om dieselfde effek te verkry en onttrekkingsimptome as „n
onaangename drang na dwelms.
60
5.6 Tekens van dwelmmisbruik
Soos in die geval van alkoholisme is dit dikwels moeilik om die dwelm
misbruiker uit te ken omdat die probleem weggesteek word. Die volgende kan
„n aanduiding verskaf:
o verandering van gewoontes – dagdrome, afsondering,
gemoedsveranderings.
o gewigsverlies, swak eetlus, bewerige hande, vergrote pupille,
bloedbelope oë, dra van „n donkerbril, naaldmerke en liggaamsreuke.
o verwaarlosing van die liggaam en slordige kleredrag.
o tekort aan geld en verwaarlosing van pligte.
Niemand besluit doelbewus om „n alkoholis of dwelmslaaf te word nie.
Dwelmafhanklikheid word bepaal deur „n oorgeërfde fisiologiese disposisie,
bepaalde omgewings- en omstandigheidsinvloede en „n kombinasie van
verskeie faktore. Die vernietigende effek wat dwelmmisbruik op die mens se
liggaam en sy verhoudings met andere het, is welbekend (Quinn 1987:45).
5.6. Bronnelys.
1. http://en.wikipedia.org/wiki/Social_issues
2. http://www.hsrc.ac.za/Publication-Keyword-948.phtml
3. http://www.sociologyguide.com/basic-concepts/Deviance.php
4. http://www.sociologyguide.com/basic-concepts/index.php
5. http://en.wikipedia.org/wiki/Juvenile_delinquency
6. http://www.studyworld.com/newsite/reportessay/SocialIssues/Political%
5CReasons_for_Juvenile_Crime-84.htm
7. http://www.ncjrs.gov/html/ojjdp/203555/jj2.html
61
8. http://www.athealth.com/Consumer/disorders/Sexual.html
9. http://www.mentalhelp.net/poc/center_index.php?id=98
10. http://en.wikipedia.org/wiki/Alcoholism
11. http://alcoholism.about.com/od/about/a/symptoms.htm
12. http://alcoholism.about.com/od/effect/The_Effects_of_Alcohol_and_Dru
gs.htm
62
6. WERKSOPDRAG.
1. Definieer die konsep “SOSIOLOGIE”. (10)
2. Skryf kort aantekeninge oor “KULTUUR”. (10)
3. Bespreek die “SOSIALISERING VAN DIE INDIVIDUEEL”. (20)
4. Wat verstaan u onder “SOSIALE ORGANISASIE” (30)
5. Bespreek “SOSIALE INTERAKSIE”. (20)
6. Hoe sal u iemand beraad wat homself in „n “INTRA ROL” konflik bevind met
die oog op verskillende teenstrydige rolverwagtinge? (20)
7. Verskaf „n “BYBELSE PERSPEKTIEF” oor “ALKOHOL GEBRUIK”. (15)
8. Bespreek die term “SOSIALE PROBLEME” in die lig van: (25)
8.1. Jeugmisdaad.
8.2. Seksuele Afwykings.
8.3. Alkoholisme.
8.4. Dwelm Verslawing.
TOTAAL (150).