POËTIESE BEGRIPPE

14
POËTIESE BEGRIPPE RYM HALFRYM VOLRYM BINNERYM OF MIDDELRYM DUBBELRYM RYMSKEMA RYMDWANG FUNKSIES VAN RYM ENJAMBEMENT POLISINDETON BEELDSPRAAK METAFOOR PERSONIFIKASIE

Transcript of POËTIESE BEGRIPPE

Page 1: POËTIESE BEGRIPPE

POËTIESE BEGRIPPE RYM

HALFRYM VOLRYM BINNERYM OF MIDDELRYM DUBBELRYM RYMSKEMA RYMDWANG FUNKSIES VAN RYM

ENJAMBEMENT POLISINDETON BEELDSPRAAK

METAFOOR PERSONIFIKASIE

Page 2: POËTIESE BEGRIPPE

RYM

HET ’n BEPAALDE FUNKSIELEWER ’n BYDRAE OM DIE SKOONHEID VAN DIE GEDIG TE VERHOOGRYM IS KLANK ELEMENTE IN DIE POËSIE.

Page 3: POËTIESE BEGRIPPE

HALFRYM ALLITERASIE

Die herhaling van dieselfde konsonante in ’n versreël.

“en bedug beur ons nou, ’n bietjie broos ASSONANSIE

Die herhaling van dieselfde vokaal in ’n versreël.

“Onder die kameeldorings langs die rivier se droë loop

sit bondels mense by hul aardse goed

en woorde skiet soos saadpeule oop”

Page 4: POËTIESE BEGRIPPE

VOLRYM WANNEER VOKALE EN KONSONANTE

AS ’n GROEP HERHAAL WORD. Beginrym

Hier rym die begin woorde van ’n versreël met mekaar.

Vrolik kyk die tweetjies na mekaar

olik vertrek hul later met ’n traan ...

Page 5: POËTIESE BEGRIPPE

Binnerym of middelrym

’n Woord in die versreël wat rym met ’n woorde aan die einde van die versreël.

“Stil in die duister lê ek so en luister

hoe die spruite gesels en lag;

maar bowe die pak van my wolkedak

het die maan al lank gewag”

Page 6: POËTIESE BEGRIPPE

Dubbelrym

Hier rym twee lettergrepe van die voorafgaande vers met die twee lettergrepe in die daaropvolgende vers:

“Waarom bly jy immer kind?

Liefde sal jy nimmer vind.”

Page 7: POËTIESE BEGRIPPE

Rymskema

Die posisie van die rymwoorde in die versreël bepaal die rymskema.

Paarrym aa bb Omarmde rym a b b a Kruisrym a b a b Gebroke rym a b c a Slagrym a a a a

Page 8: POËTIESE BEGRIPPE

Rymdwang

Soms vind ’n digter dit moeilik om by die rymskema te bly. Die woord word dan verander om in die rymskema te pas. Vergelyk “kou” i.p.v. “koue” in onderstaande gedig :

In elke grashalm se vouIn elke grashalm se vou

blink ’n druppel van doublink ’n druppel van dou

en vinnig verbleek dit en vinnig verbleek dit

tot ryp in die tot ryp in die kou!kou!

Page 9: POËTIESE BEGRIPPE

FUNKSIES VAN RYM

Dit is ’n belangrike vormelement en skep ’n patroon van ordelikheid.

Deur rym word ’n sekere atmosfeer of stemming geskep.

Rym verskaf ’n patroon en dien as bindmiddel. Rym is ’n beklemtonings middel : belangrike

woorde word in rymposisies geplaas. Staan die rymwoord aan die einde van die vers,

word dit beklemtoon en kan dit die ritme beïnvloed.

Page 10: POËTIESE BEGRIPPE

ENJAMBEMENT

Dit is wanneer een versreël sonder enige leestekens in die volgende versreël oorgaan. Funksies van enjambement

Dit verdoesel (versteek, versag) die rym. Dit het ’n uitwerking op beide die tempo en ritme.

Enjambement kan die tempo versnel, byvoorbeeld

by dramatiese gebeure. Dit bevorder vloeiendheid. Dit dien as bindmiddel tussen versreëls en tussen strofes.

Page 11: POËTIESE BEGRIPPE

POLISINDETON

Dit is die herhaling van voegwoorde om ’n sekere effek te skep, byvoorbeeld:Hy het gesing en gedans en gelag en gejubel

van vreugde.

Page 12: POËTIESE BEGRIPPE

BEELDSPRAAKBEELDSPRAAK

VERGELYKING Hier word twee sake met mekaar vergelyk. die

woorde : soos, net soos en nes, word

gebruik om te wys dat daar gemeenskaplike kenmerke tussen twee vergelykbare sake is, byvoorbeeld

Die bedrieër is so slu Die bedrieër is so slu soos soos ’n jakkals’n jakkals Die bedrieër is Die bedrieër is soossoos ’n jakkals. ’n jakkals. Die bedrieër is Die bedrieër is nesnes ’n jakkals ’n jakkals

Page 13: POËTIESE BEGRIPPE

METAFOORStel twee sake wat met mekaar verband hou,

gelyk aan mekaar, byvoorbeeld Die bedrieër is slu soos ’n jakkals. Die bedrieër is ’n jakkals. Die jakkals het haar verkul en met al haar

spaargeld weggeloop.

Page 14: POËTIESE BEGRIPPE

PERSONIFIKASIEDie vermensliking van die natuur, lewelose

voorwerpe, diere en abstrakte begrippe. Menslike eienskappe word hieraan toegedig, Die uitken van personifikasie is nie voldoende nie, jy moet ook die funksie en doeltreffendheid daarvan kan onderskei.

““Die sterre knipoog vir die maan en Die sterre knipoog vir die maan en glimlag oor die nuwe dag wat glimlag oor die nuwe dag wat kom.”kom.”