PLAASLIKE MARKTE - Brenthurst › wp-content › uploads › 2010 › 07 › Brent... · Draghi...

3
Brenthurst Wealth Management (PTY) LTD FSP No. 7833 MARK & EKONOMIESE VERSLAG DESEMBER 2015 WISSELVALLIGE NOVEMBER LAAT MARKTE ROOI SIEN PLAASLIKE MARKTE Die Suid-Afrikaanse ekonomie is die afgelope twee jaar op die rand van ʼn resessie danksy uitgerekte stakings in die mynbou en vervaardigingsektore, elektrisiteit tekorte, onduidelikheid oor beleid in belangrike nywerheidsektore, skerp dalings in sake- en verbruikersvertroue, dalende kommoditeitspryse en stygende rentekoerse. Een van die ernsgste kwessies is die feit dat ekonomiese groei eenvoudig nie sterk genoeg is om werkskepping in die formele private sektor aan te moedig nie. Die regering kan ook nie veel doen om groei met staatsbesteding te smuleer nie danksy hoë skuldvlakke en die staat se onvermoë om fiskale dissipline toe te pas. Die JSE Alle-aandele Indeks het November in die rooi afgesluit en Desember 2015 op 51 948 afgeskop. Hulpbronne het weereens die swakste gevaar. Die RESI10 Indeks het maand tot maand ʼn verdere daling van 22.5% aangeteken en is vir die jaar tot datum 38.3% laer. Die finansiële en nywerheidsektore het ook nie waffers gevaar nie. Die Indi25 het 1.2% gedaal maand tot maand maar is 15.2% op vir die jaar tot datum. Die Fini14 het maand tot maand met 4% gedaal en is 3.9% op vir die jaar sover. Hoewel die beurs die afgelope twee weke 2.4% laer was, was die finansiële en nywerheidsindeks 2.1% hoër en verhandel nou teen dieselfde vlak as die hoogtepunt van April 2015 en is dit net 3% laer as die rekord hoogtepunt van vroeër in November. Die ALSI is terug op dieselfde vlakke as Julie 2014, terwyl die finansiële en nywerheidsindeks 18.1% hoër is as die vlakke vir daardie tydperk. Die SA R186 staatseffekte, betaalbaar in 11 tot 12 jaar, se opbrengs is 2 basispunte op tot 8.57% (ʼn daling) nadat die rand ʼn nuwe laagtepunt bereik het. Aandele het teen die einde van November nie veel beweeg nie danksy ʼn reeks rekord laagtepunte vir die rand teenoor die dollar. Dit is grootliks te danke aan die groter handelstekort en die donker vooruitsigte soos deur die Reserwebank bekend gemaak. Die Reserwebank sê dat die swakker geldeenheid die grootste bydrae gaan maak tot hoër inflasie en die verbruikersprysindeks voorspellings opdruk. Die rand het hierdie week Maandag teen R14.46 teenoor die dollar verhandel en was 0.57% laer as die sluing die voorafgaande Vrydag. Die rand, net soos verskeie ander geldeenhede, gaan waarskynlik onder druk bly in afwagng op die verwagte aankondiging op 16 Desember van hoër rentekoerse in die VSA. Bladsy 1 BELEGGINGS • AFTREEBEPLANNING • BUITELANDSE BELEGGINGS BELASTINGBEPLANNING • BOEDELBEPLANNING • LEWENSVERSEKERING DIE KRAG VAN ONAFHANKLIKE ADVIES

Transcript of PLAASLIKE MARKTE - Brenthurst › wp-content › uploads › 2010 › 07 › Brent... · Draghi...

Page 1: PLAASLIKE MARKTE - Brenthurst › wp-content › uploads › 2010 › 07 › Brent... · Draghi moontlik teen hierdie week. Vrydag die 4de Desember sal die alle-belangrike beroeps-syfers

Brenthurst Wealth Management (PTY) LTD FSP No. 7833

MARK & EKONOMIESE VERSLAG

DESEMBER 2015

WISSELVALLIGE NOVEMBER LAAT MARKTE ROOI SIEN

PLAASLIKE MARKTE Die Suid-Afrikaanse ekonomie is die afgelope twee jaar op die rand van ʼn resessie danksy uitgerekte

stakings in die mynbou en vervaardigingsektore, elektrisiteit tekorte, onduidelikheid oor beleid in

belangrike nywerheidsektore, skerp dalings in sake- en verbruikersvertroue, dalende

kommoditeitspryse en stygende rentekoerse. Een van die ernstigste kwessies is die feit dat

ekonomiese groei eenvoudig nie sterk genoeg is om werkskepping in die formele private sektor aan

te moedig nie. Die regering kan ook nie veel doen om groei met staatsbesteding te stimuleer nie

danksy hoë skuldvlakke en die staat se onvermoë om fiskale dissipline toe te pas.

Die JSE Alle-aandele Indeks het November in die rooi afgesluit en Desember 2015 op 51 948 afgeskop.

Hulpbronne het weereens die swakste gevaar. Die RESI10 Indeks het maand tot maand ʼn verdere daling van

22.5% aangeteken en is vir die jaar tot datum 38.3% laer. Die finansiële en nywerheidsektore het ook nie

waffers gevaar nie. Die Indi25 het 1.2% gedaal maand tot maand maar is 15.2% op vir die jaar tot datum. Die

Fini14 het maand tot maand met 4% gedaal en is 3.9% op vir die jaar sover. Hoewel die beurs die afgelope twee

weke 2.4% laer was, was die finansiële en nywerheidsindeks 2.1% hoër en verhandel nou teen dieselfde vlak as

die hoogtepunt van April 2015 en is dit net 3% laer as die rekord hoogtepunt van vroeër in November. Die ALSI

is terug op dieselfde vlakke as Julie 2014, terwyl die finansiële en nywerheidsindeks 18.1% hoër is as die vlakke

vir daardie tydperk. Die SA R186 staatseffekte, betaalbaar in 11 tot 12 jaar, se opbrengs is 2 basispunte op tot

8.57% (ʼn daling) nadat die rand ʼn nuwe laagtepunt bereik het.

Aandele het teen die einde van November nie veel beweeg nie danksy ʼn reeks rekord laagtepunte vir die rand

teenoor die dollar. Dit is grootliks te danke aan die groter handelstekort en die donker vooruitsigte soos deur

die Reserwebank bekend gemaak. Die Reserwebank sê dat die swakker geldeenheid die grootste bydrae gaan

maak tot hoër inflasie en die verbruikersprysindeks voorspellings opdruk. Die rand het hierdie week Maandag

teen R14.46 teenoor die dollar verhandel en was 0.57% laer as die sluiting die voorafgaande Vrydag. Die rand,

net soos verskeie ander geldeenhede, gaan waarskynlik onder druk bly in afwagting op die verwagte

aankondiging op 16 Desember van hoër rentekoerse in die VSA.

Bladsy 1

BELEGGINGS • AFTREEBEPLANNING • BUITELANDSE BELEGGINGS

BELASTINGBEPLANNING • BOEDELBEPLANNING • LEWENSVERSEKERING

DIE KRAG VAN ONAFHANKLIKE ADVIES

Page 2: PLAASLIKE MARKTE - Brenthurst › wp-content › uploads › 2010 › 07 › Brent... · Draghi moontlik teen hierdie week. Vrydag die 4de Desember sal die alle-belangrike beroeps-syfers

Die Reserwebank het rentekoerse reeds vier keer verhoog sedert die begin van verlede jaar en die bank se

koers staan nou op 6.25% danksy verwagtinge dat inflasie aanstaande jaar deur die teikenband van 3 tot 6%

gaan styg. Voedselprysskokke kan verbruikers, wat reeds moeilike tye beleef weens afleggings en hoër

rentekoerse, nog swaarder laat kry en die ekonomie – wat net-net ʼn resessie vrygespring het – laat

agteruitgaan.

Volgens Stanlib se hoofekonoom, Keving Lings, is daar ʼn sameloop van omstandighede – die geldeenheid, droogte en internasionale voedsel prysstygings – wat druk op voedselpryse plaas. “Dit gaan baie duidelik word wanneer invoer verhoog word.”

ʼn Bykomende kommer vir die rand en plaaslike markte is die sterk moontlikheid dat die agentskap S&P sy

vooruitsigte vir Suid-Afrika van stabiel na negatief gaan aanpas, hoewel dit nie op kort termyn verwag word

nie. ʼn Ander agentskap, Fitch, gaan ook na verwagting sy oordeel van Suid-Afrika hierdie week afwaarts aanpas

tot dieselfde vlak as S&P naamlik BBB-; wat waarskynlik reeds deur die mark ingeprys is.

In internasionale gebeure wat plaaslike maatskappye raak is die nuus dat Standard Bank ʼn boete van R500 miljoen opgelê is. Die Standard Bank Groep Beperk sal Amerikaanse en Britse reguleerders boetes van $37 miljoen (R532 miljoen) betaal nadat sy internasionale filiaal, ICBC Standard Bank Plc nie gekeer het dat twee amptenare van Stanbic Bank Tanzanië in omkopery betrokke raak nie. Standard Bank se aandeelprys was laat Maandag 1.72% laer op R130.86. Ander nuus is dat Brasilië op Maandag 30 November ʼn hofgeding teen twee mynboureuse – BHP Billiton en

Vale - van stapel gestuur en eis $5.2 miljard vir ʼn ekologiese ramp nadat ʼn damwal ineengestort het. Die dam

ongeluk het in Minas Gerais, die vernaamste mynboustaat van Brasilië, gebeur en 60 miljoen kubieke meter

modder en mynbou-afval vrygelaat wat ʼn nabygeleë dorpie verwoes het, dertien mense laat sterf het, ʼn

belangrike riviervallei besoedel het wat visse doodgemaak het en het ook in die Atlantiese Oseaan ingevloei.

Brenthurst Wealth Management (PTY) LTD FSP No. 7833

Die uitwerking van die ergste droogte in meer as twee dekades word vererger deur die rand se 18% daling teenoor die dollar, ʼn nuwe rekord, wat die koste van die invoer van mielies – ʼn stapelvoedsel wat ook in dierevoer gebruik word–verhoog. Stanlib Batebestuur en Macquire Groep voorspel dat voedsel inflasie in alle waarskynlikheid teen middel aanstaande jaar tot bo 10% gaan styg, meer as dubbeld die huidige koers.

Bladsy 2

BRONNE: “The Weekly Focus” Market and Economic Review Paul Hansen, Stanlib, 30 November 2015 “From the Desk” Anchor Capital, 2 Des. 2015./ http://www.moneyweb.co.za –verskeie artikels

Saamgestel & geskryf deur Michelle Burger Redigering & vertaling deur Daleen Van Wyk

Page 3: PLAASLIKE MARKTE - Brenthurst › wp-content › uploads › 2010 › 07 › Brent... · Draghi moontlik teen hierdie week. Vrydag die 4de Desember sal die alle-belangrike beroeps-syfers

Selfs die bekende belegger Warren Buffet het gesê “ek gaan niks verkoop weens die aanvalle in

Parys nie; absoluut niks nie.”

Ondanks die wisselvalligheid op markte die afgelope tyd vaar die Amerikaanse markte nie te sleg nie. Die

S&P500 Indeks, die wêreld se vooraanstaande beurs, is tans net 2% laer as sy vorige hoogtepunt. Die Europese

mark het November op ʼn nuwe hoogtepunt vir die afgelope drie maande op +0.5% afgesluit terwyl Londen se

FTSE 100 0.3% laer gesluit het, grootliks weens dalings in die pryse van mynbou en oliemaatskappye.

Amerikaanse markte het -0.5% verloor, die S&P 500 het gesluit op 2 080 soos wat mediese-, biotegnologie- en

kleinhandel aandele geval het, terwyl die NASDAQ -0.4% verloor het en op 5 109 gesluit het. Die Dow Jones het

op 17 798 geopen vir Desember.

Op die staatseffektemarkte is die VSA 10-jaar opbrengs onveranderd op 2.23% terwyl Duitsland se 10-jaar opbrengs ook onveranderd is op 0.46%, reg voor verdere ekonomiese stimulasie aangekondig word deur Mario Draghi moontlik teen hierdie week. Vrydag die 4de Desember sal die alle-belangrike beroeps-syfers aangekondig word deur die Amerikaanse regering, slegs 12 dae voor wat moontlik die eerste rentekoers verhoging in 9 jaar sal wees in die VSA. Die Franse hoofstad is hierdie week weer in die nuus danksy die Verenigde Nasies se internasionale

klimaatsamesprekings wat daar plaasvind. Dit is die eerste keer sedert die seminaar van 2009 in Kopenhagen

wat die kwessies van aardverwarming en vrylatingsgasse bespreek word. Onderhandelaars van byna 200 lande

is sedert 30 November byeen om ʼn ooreenkoms te probeer bereik wat hierdie sake sal aanspreek; die eerste

sedert die Kyoto Protokol van 1997. Selfs die Chinese is gereed om deel te neem en het reeds verskeie fabrieke

gesluit weens besonder swak luggehalte in Beijing. Volgens organiseerders het dit twintig jaar van VN

onderhandelinge geverg om by hierdie punt te kom en hopelik ʼn bindende ooreenkoms oor gasvrystelling te

bereik. Die uitkoms van hierdie samesprekings is belangrik vir internasionale ekonomiese vooruitsigte.

Neem asseblief kennis dat die volgende Mark & Ekonomiese Verslag eers weer einde Januarie 2016

beskikbaar sal wees. Brenthurst wens graag aan al ons waardevolle kliënte ‘n geseënde en vreedsame feesseisoen!

INTERNASIONALE MARKTE

Brenthurst Wealth Management (PTY) LTD FSP No. 7833

November was ʼn wisselvallige maand vir internasionale markte. Die twee grootste gebeure wat internasionale spanning veroorsaak het was terreuraanvalle in Parys op 13 November en ʼn Russiese vegvliegtuig wat naby die grens met Sirië deur Turkye afgeskiet is. Hierdie tipe gebeure veroorsaak gewoonlik grootskaalse verkope op aandelemarkte maar in hierdie geval was dit nie noemenswaardig nie. Die aandele wat die skerpste geraak is was lugrederye aangesien verskeie toeriste beplande Desember vakansies na Europa gekanselleer het. Europese en Amerikaanse markte was slegs 2% laer vir die maand.

Bladsy 3