Die stories agter die syfers - libertyfinancials.co.za...Kanker was heel moontlik die laaste...

20
Die stories agter die syfers Eisestatistieke 2008

Transcript of Die stories agter die syfers - libertyfinancials.co.za...Kanker was heel moontlik die laaste...

Page 1: Die stories agter die syfers - libertyfinancials.co.za...Kanker was heel moontlik die laaste onderwerp op Amy Smith1 se gedagtes toe sy Lewensdekking van R20 miljoen, ’n Fisiese

Die stories agter die syfersEisestatistieke 2008

Page 2: Die stories agter die syfers - libertyfinancials.co.za...Kanker was heel moontlik die laaste onderwerp op Amy Smith1 se gedagtes toe sy Lewensdekking van R20 miljoen, ’n Fisiese

Daar is elke dag mense wat polisse opneem by Liberty Life en hulle vertroue in onsplaas om daar te wees vir hulle indien ’n onbeplande gebeurtenis hulle lewens negatiefbeïnvloed. Daarom is dit vir Liberty Life ’n groot eer om ons eisestatistieke aan joubekend te maak – ’n tasbare bewys dat ons jou vertroue werd is.

Toe Liberty Life vir die eerste keer ons eisestatistieke gepubliseer het, het ons dit gedoenmet die oortuiging dat ons kliënte die reg het om die syfers te weet, ongeag of ditgoed of swak is. Ons mededingers in die bedryf het onmiddelik die waarde van sulkeopenhartigheid en eerlikheid besef, en dieselfde gedoen. Ons bedank hulle dat hulleons voorbeeld gevolg het en sodoende bewys dat ons wel eise uitbetaal en omgee virons kliënte.

Want aan die einde van die dag, kan ’n tragiese gebeurtenis in jou lewe óf diebegin van die einde beteken, óf die begin van ’n nuwe lewe. ’n Lewens-versekerings uitbetaling help jou en jou geliefdes om tot verhaal te kom met’n nuwe realiteit, om die storie van jou lewe voort te sit ten spyte van tragedie.En dit is waarom die syfers belangrik is, want die mense wie se lewens hulleaanraak is kosbaar.

R2.03 miljardTotale Risikodekkingseise

Januarie tot Desember 2008

1

Eisestatistieke Januarie tot Desember 2008

Administrator
Rectangle
Page 3: Die stories agter die syfers - libertyfinancials.co.za...Kanker was heel moontlik die laaste onderwerp op Amy Smith1 se gedagtes toe sy Lewensdekking van R20 miljoen, ’n Fisiese

2

R1.57 miljard is uitbetaal aan die begunstigdes van polishouerswat gedurende 2008 hulle lewens verloor het. Liberty Life hetook ’n verdere R456 miljoen uitbetaal aan gevreesdesiekte- enongeskiktheidseise.

Hierdie bedrae is oorweldigend, maar Liberty Life vind troos indie syfers omdat ons weet dat ons ’n verskil gemaak het in mensese lewens. Ons het geliefdes gehelp om voort te gaan met hullelewens en diegene wat geraak is deur siekte of ongeskiktheidgehelp om hulle lewens voort te sit soos wat hulle dit beplan hetof oor gedroom het.

Administrator
Rectangle
Page 4: Die stories agter die syfers - libertyfinancials.co.za...Kanker was heel moontlik die laaste onderwerp op Amy Smith1 se gedagtes toe sy Lewensdekking van R20 miljoen, ’n Fisiese

Eisestatistieke Januarie tot Desember 2008

Vanaf Januarie tot Desember 2008, het Liberty Life risikodekkingseiseter waarde van R2.03 miljard uitbetaal, waarvan:

Lewenstyl-beskermereise• R1.14 miljard vir sterfte-eise• R199 miljoen vir gevreesdesiekte-eise• R175 miljoen vir enkelbedrag ongeskiktheidseise• R30 miljoen vir ongeskiktheidsinkomste-eise*

Capital Alliance eise• R200 miljoen vir sterfte-eise• R31 miljoen vir enkelbedrag ongeskiktheidseise• R6 miljoen vir ongeskiktheidsinkomste-eise*

Liberty Active eise• R230 miljoen vir sterfte-eise• R15 miljoen vir enkelbedrag ongeskiktheidseise

* Ongeskiktheidsinkomste-eise sluit kwytgeskelde premies en bokoste-uitgawe voordele in.

3

Liberty Life het gedurende 2008

R2.03 miljard serisikodekkingseise

uitbetaal

Administrator
Rectangle
Page 5: Die stories agter die syfers - libertyfinancials.co.za...Kanker was heel moontlik die laaste onderwerp op Amy Smith1 se gedagtes toe sy Lewensdekking van R20 miljoen, ’n Fisiese

5

Amy se storie

R30 miljoenLewenstyl-beskermer eis

Eisestatistieke Januarie tot Desember 2008

Kanker was heel moontlik die laaste onderwerp op Amy Smith1 segedagtes toe sy Lewensdekking van R20 miljoen, ’n Fisiese OngeskiktheidPlus-voordeel ter waarde van R8 miljoen sowel as ’n Lewende LewenstylPlus-voordeel van R2 miljoen opgeneem het.

Minder as ’n jaar later, in Mei 2008, het Liberty Life ’n totale eis terwaarde van R30 miljoen uitbetaal onder die gekombineerde Lewenstyl-beskermer polis. Die eis was saamgestel uit die volgende voordele:• ’n Terminalesiekte-voordeel2 van R20 miljoen• Die Fisiese Ongeskiktheid Plus-voordeel het R8 miljoen uitbetaal vir

kanker• Die volle Lewende Lewenstyl gedeelte van die eis het R2 miljoen beloop

Binne die bestek van tien maande, het die lewens van Amy en haargeliefdes onherroeplik verander. Dit is ons hoop dat die R30 miljoeneise uitbetaling hulle die finansiële vryheid gebied het om die tragediein hulle eie tyd te verwerk.1 Name is verander om die identiteit van die betrokke partye te beskerm.2 ’n Terminalesiekte-voordeel is ingesluit met jou Lewensdekking. Dit beteken dat jy die keuse

het om 100% van jou Lewensdekking te laat uitbetaal sou jy gediagnoseer word met ’n terminalesiekte wat ’n lewensverwagting van minder as 12 maande het.

Administrator
Rectangle
Page 6: Die stories agter die syfers - libertyfinancials.co.za...Kanker was heel moontlik die laaste onderwerp op Amy Smith1 se gedagtes toe sy Lewensdekking van R20 miljoen, ’n Fisiese

6

R257 miljoenTotale Ongeskiktheidseise* 2008

* Syfers sluit enkelbedrag ongeskiktheidseise en ongeskiktheidsinkomste-eise in vir Lewenstyl-beskermer, Capital Alliance en Liberty Active eise.

Uiteensetting van Lewenstyl-beskermer ongeskiktheidseise volgens oorsaak

* Ander: Asemhalingstelsel, Chirurgie, Parkinson se Siekte, VIGS, Suikersiekte, Gehoorversteurings, Doofheid, Fibromialgie,Narkolepsie, Epilepsie, Paraplegie, Nierkwale, Veelvuldige Sklerose, Sigversteurings, Alzheimer-sindroom, Huntington seSiekte, Spierdistrofie, Tuberkulose en ’n verskeidenheid van oorsake.

� Trauma

� Kanker

� Skelet

� Hartkwale

� Beroerte

� Geestesversteuring

� Artritis

� Ander*

18%

18%14%

7%

7%25%

7%4%

Administrator
Rectangle
Page 7: Die stories agter die syfers - libertyfinancials.co.za...Kanker was heel moontlik die laaste onderwerp op Amy Smith1 se gedagtes toe sy Lewensdekking van R20 miljoen, ’n Fisiese

7

Eisestatistieke Januarie tot Desember 2008

Uiteensetting van Lewenstyl-beskermer ongeskiktheidseise volgensouderdom

Ouderdom

Eise

uit

beta

al

60+51 - 6041 - 5031 - 4021 - 30

3%

32%36%

23%

6%

Ongeskiktheidseise’n Ernstige siekte, besering of ongeskiktheid beïnvloed gewoonlik jou vermoë om ’ninkomste te verdien. Gedurende sulke moeilike tye benodig jy finansiële bystand omjou las te verlig. Liberty Life se Inkomsteverliesbeskerming opsies help jou omvoorsiening te maak vir jou gesin wanneer jy jou vermoë om ’n inkomste te verdienverloor as gevolg van ’n fisiese ongeskiktheid. Dit stel jou in staat om steeds vir jougeliefdes die lewe te bied waarvoor jy so hard gewerk het. Ons omvattende reeksOngeskiktheidsvoordele gee jou die geleentheid om die dekking te kies wat joulewensbehoeftes die beste pas.

Mans/vroue ontleding

Mans

Vroue 27%

73%

Administrator
Rectangle
Page 8: Die stories agter die syfers - libertyfinancials.co.za...Kanker was heel moontlik die laaste onderwerp op Amy Smith1 se gedagtes toe sy Lewensdekking van R20 miljoen, ’n Fisiese

Jo se storieVeelvuldige eise

Jo da Silva1 en sy motorfiets wasonafskeidbaar. Wat dit net soveelhartseerder gemaak het toe hy ernstigekopbeserings opgedoen het in ’nmotorfietsongeluk. Gelukkig het Jo ’nOngeskiktheidsinkomstevoordeel,Lewende Lewenstyl Plus-voordeel en ’nAbsolute Beskermer Plus-voordeel vanLiberty Life gehad.

Jo het tot dusver die volgendeuitbetalings ontvang:• R377 817 onder sy Lewende Lewenstyl

Plus-voordeel vir die tyd wat hy in ’nkoma spandeer het

• R3 258.58 per maand onder dieOngeskiktheidsinkomstevoordeel

Die Absolute Beskermer Plus-voordeelsal geëvalueer word sodra Jo serehabilitasie voltooi is en daar vasgestelkan word of die toestand permanent isof nie.

1 Name is verander om die identiteit van die betrokkepartye te beskerm.

8

Administrator
Rectangle
Page 9: Die stories agter die syfers - libertyfinancials.co.za...Kanker was heel moontlik die laaste onderwerp op Amy Smith1 se gedagtes toe sy Lewensdekking van R20 miljoen, ’n Fisiese

Janette se storieR3 544 049

OngeskiktheidseiseKanker herskryf die lewensverhale vanbaie gesinne. Soos dit die geval was metJanette MacKenzie1 wat in Junie 2008met sarkoom2 en long metastase3

gediagnoseer is. Haar Liberty LifeTerminalesiekte-voordeel4, FisieseOngeskiktheid Plus-voordeel en LewendeLewenstyl-voordeel eise is uitbetalingten bedrae van R3 544 049.40. Janettehet aanvanklik ’n 25% uitbetalingontvang onder haar FisieseOngeskiktheid Plus-voordeel; haartoestand het vererger en hierdievoordeel is later hersien en haar eisis aangepas tot ’n 100% uitbetaling.

1 Name is verander om die identiteit van die betrokkepartye te beskerm.

2 Sarkoom is ’n kwaadaardige gewas.3 Long metastase beteken dat die kanker tot by die

longe versprei het.4 ’n Terminalesiekte-voordeel is ingesluit met jou

Lewensdekking. Dit beteken dat jy die keuse het om100% van jou Lewensdekking te laat uitbetaal soujy gediagnoseer word met ’n terminale siekte wat ’nlewensverwagting van minder as 12 maande het.

Page 10: Die stories agter die syfers - libertyfinancials.co.za...Kanker was heel moontlik die laaste onderwerp op Amy Smith1 se gedagtes toe sy Lewensdekking van R20 miljoen, ’n Fisiese

� Kanker(waarvan borskanker vir16% van alle gevreesdesiekte-eise verantwoordelik was)

� Hartkwale

� Beroerte

� Ander*

46%

16%30%

8%

10

R199 miljoenTotale Gevreesdesiekte-eise 2008

Uiteensetting van Lewenstyl-beskermer gevreesdesiekte-eise volgens oorsaak

* Ander: Koma, Asemhalingstelsel, Veelvuldige Sklerose, Nierkwale, Lewerkwale, Nie-kwaadaardige Breingewas, Anarisme,Blindheid, Parkinson se Siekte, Brandwonde, Suikersiekte, VIGS, Trauma.

Administrator
Rectangle
Page 11: Die stories agter die syfers - libertyfinancials.co.za...Kanker was heel moontlik die laaste onderwerp op Amy Smith1 se gedagtes toe sy Lewensdekking van R20 miljoen, ’n Fisiese

11

Eisestatistieke Januarie tot Desember 2008

Ouderdom

Eise

uit

beta

al

21 - 30

3%

31 - 40

18%

41 - 50

35%

51 - 60

37%

60+

7%

Uiteensetting van Lewenstyl-beskermer gevreesdesiekte-eise volgensouderdom

Gevreesdesiekte-eiseHoe sal jou lewe verander wanneer jy gediagnoseer word met ’n gevreesde siekte? In2008, het die Liberty Life polishouers wat met kanker gediagnoseer is, die nommer eenrede vir gevreesdesiekte-eise, op hulle Lewenstyl Beskermer versekeringsuitbetalingsvertrou om hulle deur onsekere tye te sien. Die Lewende Lewenstyl-voordeel vanLiberty Life dek die risiko van die hoë koste wat daarmee gepaard gaan om ’n gevreesdesiekte of onverwagse traumatiese gebeurtenis te oorleef en daarvan te herstel. Dit geejou en jou geliefdes die gemoedsrus wat jy nodig het om al jou kragte in te span omgesond te word.

Mans/vroue ontleding

Mans

Vroue 30%

70%

Administrator
Rectangle
Page 12: Die stories agter die syfers - libertyfinancials.co.za...Kanker was heel moontlik die laaste onderwerp op Amy Smith1 se gedagtes toe sy Lewensdekking van R20 miljoen, ’n Fisiese

Lesego se storieR428 490 Absolute

Beskermer eisLesego Elias1 het haar lewe gewy aan diesorg van ander. Totdat ’n besering aandiens haar onbevoeg gelaat het om haarroeping as verpleegster voort te sit.Haar Absolute Beskermer-voordeel eisis uitbetaal ten bedrae van R428 490,wat aan haar die finansïele vryheid biedom rustig te besin oor wat sy met dieres van haar lewe gaan maak.

1 Name is verander om die identiteit van die betrokkepartye te beskerm.

12

Administrator
Rectangle
Page 13: Die stories agter die syfers - libertyfinancials.co.za...Kanker was heel moontlik die laaste onderwerp op Amy Smith1 se gedagtes toe sy Lewensdekking van R20 miljoen, ’n Fisiese

Susan se storieR6 122 056

Terminalesiekte-voordeel eis

Net soos die res van ons, het SusanWilliams1 risikodekking onder haar tweeLewenstyl-beskermer polisse uitgeneemin die hoop dat sy dit nooit sou nodigkry nie. Motor neuron siekte het egtersy tol geëis op Susan se lewe, enLiberty Life is tans besig om haarTerminalesiekte-voordeel2 eis virR6 122 056 uit te betaal.

1 Name is verander om die identiteit van die betrokkepartye te beskerm.

2 ’n Terminalesiekte-voordeel is ingesluit met jouLewensdekking. Dit beteken dat jy die keuse het om100% van jou Lewensdekking te laat uitbetaal sou jygediagnoseer word met ’n terminale siekte wat ’nlewensverwagting van minder as 12 maande het.

Page 14: Die stories agter die syfers - libertyfinancials.co.za...Kanker was heel moontlik die laaste onderwerp op Amy Smith1 se gedagtes toe sy Lewensdekking van R20 miljoen, ’n Fisiese

15

Frank se storie

R6 741 694veelvuldige eise

Eisestatistieke Januarie tot Desember 2008

’n Mens word akuut bewus van die broosheid van die lewe wanneer’n ernstige siekte jou in die gesig staar. Benewens die feit dat FrankGoldman1 gediagnoseer is met tuberkulose van die ruggraat, het hyook ’n beroerte gehad en ly hy aan verskeie ander gesondheids-probleme. Hy het egter ’n Lewende Lewenstyl Plus-voordeel en ’nAbsolute Beskermer Plus-voordeel van Liberty Life gehad.

Frank het aanvanklik 25% van sy Lewende Lewenstyl Plus-voordeelontvang. In November 2008 is sy eis hersien en nadat daar vasgestelis dat Frank se toestand vererger het, is die oorblywende 75% LewendeLewenstyl Plus-voordeel ter waarde van R3 180 733 ten volle uitbetaal.

Frank se totale voordele uitbetaling het R6 741 694 beloop ondersy Lewende Lewenstyl Plus-voordeel en die Beroepsongeskiktheids-kategorie van sy Absolute Beskermer Plus-voordeel – geld wat sylewe so gerieflik as moontlik sal maak en ook na sy gesin sal omsien.

1 Name is verander om die identiteit van die betrokke partye te beskerm.

Administrator
Rectangle
Page 15: Die stories agter die syfers - libertyfinancials.co.za...Kanker was heel moontlik die laaste onderwerp op Amy Smith1 se gedagtes toe sy Lewensdekking van R20 miljoen, ’n Fisiese

17

Eisestatistieke Januarie tot Desember 2008

Redes waarom Liberty Life eise verwerp of afgekeur het gedurende 2008

Rede

Pers

enta

sie

Voorafbestaandetoestand

Onuitgereiktegevalle

SelfmoordgevalleNie-open-baarmaking

64.3%

25%

7.1%3.6%

Afgekeurde & verwerpte eiseDit is van kardinale belang dat jy al die vereiste persoonlike besonderhede so eerlik asmoontlik verskaf wanneer jy lewensversekering uitneem; versuim om dit te doen, kanlei tot die afkeur van ’n eis. ’n Eis mag ook geweier word indien ’n spesifieke gebeurtenis– soos selfmoord – uitgesluit word (maksimum van 2 jaar) onder die polisvoorwaardes.

Jy het egter die versekering dat Liberty Life ’n deeglike evaluasieproses volg vir elkeeis om seker te maak dat ons alles moontlik gedoen het om ’n eis uit te betaal eerderas om dit af te keur of te verwerp. Jy kan ook help om te verhoed dat ’n eis afgekeurof verwerp word deur die volledige vereistes vir die indiening van ’n eis onder jouspesifieke polis, aandagtig te bestudeer.

’n Gemiddeld van 96% van die afgekeurde en/of verwerpte eise wat oor dieafgelope ses jaar na die Ombudsman verwys is, is ten gunste van LibertyLife besleg.

Administrator
Rectangle
Page 16: Die stories agter die syfers - libertyfinancials.co.za...Kanker was heel moontlik die laaste onderwerp op Amy Smith1 se gedagtes toe sy Lewensdekking van R20 miljoen, ’n Fisiese

19

Mike se storie

AaneenlopendeEduCator eis

Eisestatistieke Januarie tot Desember 2008

Niks was meer belangrik vir Mike Dube1 as sy kinders se opvoedingnie. Dit is waarom Mike ’n EduCator risikovoordeel saam met syLewensdekking onder sy Lewenstyl-beskermer polis opgeneem het.In November 2007, het ’n gewone dag ’n tragiese wending geneem toMike in die gesin se swembad geval het en gevolglik verdrink het.

Danksy Mike se voorsiening, het sy gesin die volgende eise uitbetalingvan Liberty Life ontvang:• Die Lewensdekkingseis is betaal ten bedrae van R5 475 000.• Die EduCator risikovoordeel gaan voort om sy kinders se skoolgelde

te betaal. Dié voordeel het reeds onderskeidelik R7 000 en R8 050per jaar per kind vir hulle 2008 en 2009 regeringskoolgelde uitbetaal.

Die EduCator risikovoordeel sal voortgaan om sy kinders se opvoedingte finansier totdat hulle elkeen hul eerste universiteitsgraad voltooihet.

1 Name is verander om die identiteit van die betrokke partye te beskerm.

Administrator
Rectangle
Page 17: Die stories agter die syfers - libertyfinancials.co.za...Kanker was heel moontlik die laaste onderwerp op Amy Smith1 se gedagtes toe sy Lewensdekking van R20 miljoen, ’n Fisiese

Simon se storieR900 000 vroeë eis

Net een maand nadat Simon Khumalo1

Lewensdekking met ’n OnmiddelikeUitgawes-voordeel2, ’n FisieseOngeskiktheidsvoordeel, sowel as ’nLewende Lewenstyl met ’n Aanvullende-voordeel opgeneem het, het hy sy leweverloor in ’n motorfietsongeluk. Sybegunstigdes het binne ’n maand nadathy verongeluk het, ’n uitbetaling vanR900 000 van Liberty Life ontvang.

1 Name is verander om die identiteit van die betrokkepartye te beskerm.

2 Die Onmiddelike Uitgawes-voordeel betaal binne48 uur na die ontvangs van ’n eis uit in die geval vandie dood van die versekerde lewe. Indien gekies, dekhierdie voordeel ’n maksimum van R50 000 of 10%van die totaal van die Lewensdekking en HernubareLewensdekking se versekerde bedrae.

20

Administrator
Rectangle
Page 18: Die stories agter die syfers - libertyfinancials.co.za...Kanker was heel moontlik die laaste onderwerp op Amy Smith1 se gedagtes toe sy Lewensdekking van R20 miljoen, ’n Fisiese

Alice en Kevin se storieR6 000 000

GesamentlikeLewens-polis eis

Teen die einde van 2008, het ’nhelikopterongeluk ’n verskriklike tolgeëis: Alice en Kevin Harris1 en hullegesin het omgekom in die ongeluk.Sederdien is Alice en Kevin seSterftevoordeel op hulle GesamentlikeLewens-polis uitbetaal ten bedrae vanR3 000 000 op elkeen van hulle se lewens.Die geld is aan hulle familielede uitbetaal.

1 Name is verander om die identiteit van die betrokkepartye te beskerm.

Page 19: Die stories agter die syfers - libertyfinancials.co.za...Kanker was heel moontlik die laaste onderwerp op Amy Smith1 se gedagtes toe sy Lewensdekking van R20 miljoen, ’n Fisiese

22

Laat Liberty Life jou help om jou

storie voort te sitLewenstyl-beskermer van Liberty Life bied jou en jou geliefdes ’n omvangryke keusevan voordele wat julle sal help om julle lewens te herbou as, of wanneer, tragedie jullepad kruis. Die Lewenstyl-beskermerreeks bestaan uit:• Lewensbeskerming bied dekking vir jou en jou gesin ten tye van jou dood en teen

die finansiële impak wat dit op jou oorlewende gesinslede sal hê, byvoorbeeld dieonkoste van ’n duur terminale siekte of die onvermydelike uitgawes verbonde aan’n familiebegrafnis.

• Inkomsteverliesbeskerming beskerm jou teen die risiko om jou inkomste te verlooras gevolg van ’n fisiese ongeskiktheid wat jou verhoed om ’n inkomste te verdien.

• Lewenstylbeskerming bied dekking vir die risiko om die koste te moet dra wat gepaardgaan met die oorlewing en herstel van ’n gevreesdesiekte of onverwagse traumatiesegebeurtenis. Jy het ook die keuse om hierdie dekking uit te brei met spesifiekegevreesdesiekte voordele vir vroue en kinders.

• Polisbeskerming sien om na die risiko van die verlies van of die weiering van toegangtot geskikte vlakke van versekeringsdekking in die toekoms, as gevolg van ’n tydelikeonvermoë om die premies te betaal, of omdat jou gesondheidstoestand verander het.

Liberty Life se omvangryke beskermingsopsies bied jou die vryheid om jou lewe te leimet die sekerheid dat in tye van nood, ons jou van die finansiële hulp sal voorsien omdie storielyn van jou lewe weer op te tel en te hervat.

Indien jy meer wil uitvind oor lewensversekeringsprodukte van Liberty Lifeen hoe dit jou kan help om die storie van jou lewe uit te leef, kontak jouLiberty Life finansiële adviseur of skakel ons inbelsentrum by 0860 456 789.

Administrator
Rectangle
Page 20: Die stories agter die syfers - libertyfinancials.co.za...Kanker was heel moontlik die laaste onderwerp op Amy Smith1 se gedagtes toe sy Lewensdekking van R20 miljoen, ’n Fisiese

IR/2008/00001

Leso

ba D

iffe

renc

e 1

05

32

Enige regs-, tegniese of produkinligting in hierdie dokument is van tyd tot tyd aan verandering onderhewig en moet nie as adviesdeur Liberty Life beskou word nie. Hierdie dokument is ’n opsomming van die produk se kenmerke. Indien daar enige teenstrydighedetussen hierdie dokument en die polisdokument is, sal laasgenoemde voorrang geniet. Enige aanbevelings wat gemaak word, moetjou spesifieke behoeftes en persoonlike omstandighede in ag neem.

Liberty Group Beperk is ’n Gemagtigde Verskaffer van Finansiële Dienste ingevolge die Wet op FATD (lisensie no. 2409).