Wapad - 24 Februarie 2011

12
BINNE K&V 24 FEBRUARIE 2011 / VOL 3 ’N TERUGBLIK OP REKTOR SE 1STE JAAR 2 9 KOM BRAAI SAAM MET PUKFM 2 4 NUWE BAND LAAT POTCH WEMEL 2 7 WWW.PUK.AC.ZA/WAPAD JAARGANG 65 >> STUDENTEKOERANT VAN DIE NOORDWES-UNIVERSITEIT SE POTCHEFSTROOMKAMPUS >> LEES JOU KAMPUS Nuwe afrigter moet Puk1 red Nuwe afrigter moet Puk1 red FOTO:MARIO VAN DE WALL Pukke sweet bloed in Maandag se wedstryd teen Tukkies. D ie afrigter van die PUK1 rug- byspan, Rudy Joubert, het Dinsdag aangekondig dat hy ’n blaaskans gaan neem en beplan om vir twee weke verlof te neem. Dit volg op die rugbyspan se swakste veldtog nog in die geskie- denis van die Varsity Cup, nadat die studente nog nie een wedstryd kon wen in vanjaar se toernooi nie. Die Puk het erge loesings teen Maties (6-32), Ikeys (8-36) en Tukkies (10-35) opgedoen en beklee tans die laaste posisie op die punteleër met 0 ligapunte en ’n punteverskil van -79. Die webtuiste, varsitycup.co.za, het Dinsdag berig dat die NWU- Puk Rugbyinstituut Joubert se tyd as hoofafrigter van die span gaan hersien sedert hy die leisels oor- geneem het by Matthew Proud- foot in 2009. Die universiteit het ’n persver- klaring uitgereik waarin hulle hul teleurstelling oor die swak ver- toning van die Puk1 uitgespreek het. “Daar word tans indringend gekyk na verskillende planne van aksie om die rugbyspan meer kompeterend te maak,” verduide- lik die persverklaring. Intussen is Hannes Esterhuizen aangewys as die persoon wat tydelik in beheer van afrigting gaan wees. Esterhuizen is tans die afrigter van die Luiperds se o/21 rugbyspan. “Daar gaan ’n verandering wees by die rugby, so hou maar die spasie dop,” het Esterhuizen aan Wapad gesê voordat hy ’n verga- dering moes bywoon. Esterhuizen wou egter nie verder kommentaar lewer voordat hy nie met die Puk1-span gepraat het nie. In die persverklaring is dit duidelik gestel dat Joubert se kontrak nie beïnvloed word deur Esterhuizen se aanstelling nie. “Joubert se kontrak met die NWU-Rugbyinstituut word nie hierdeur geraak nie.” Esterhuizen kan egter aangestel word as voltydse afrigter indien Joubert besluit om nie terug te keer nie. Joubert was deel van die 1995 Springbok-afrigtingspan wat die Wêreldbeker gewen het en het ook deel gevorm van die Bok- bestuur tydens die Wêreldbeker in 2003. Verder het Joubert ook diens gedoen by die Blou Bulle as afrigter tydens die destydse Super 12. Die Puk, wat verlede jaar uitgeval het in die semi-finaal, moet intussen voorberei vir hulle volgende kragmeting teen die onoorwonne Universiteit van Johannesburg (UJ), asook die Universiteit van die Vrystaat (Shimlas). Die rugbyspan sal al die oorbly- wende wedstryde moet wen om ’n realistiese kans te staan om die semi-finaal te bereik. LEES BL. 12 STEPHEN NEL, MARLIE JONKER EN CARLI KOCH Rudy Joubert, hoofafrigter van Puk1. Hannes Esterhuizen, waarnemende afrigter van Puk1.

description

KOM BRAAI SAAM MET PUKFM 24 FOTO:MARIO VAN DE WALLPukkesweetbloedinMaandagsewedstrydteenTukkies. LEES JOU KAMPUS 24 FEBRUARIE 2011 / VOL 3 WWW.PUK.AC.ZA/WAPADJAARGANG65 >>STUDENTEKOERANTVANDIENOORDWES-UNIVERSITEITSEPOTCHEFSTROOMKAMPUS >> Hannes Esterhuizen, waarnemende afrigter van Puk1. STEPHEN NEL, MARLIE JONKER EN CARLI KOCH Rudy Joubert, hoofafrigter van Puk1.

Transcript of Wapad - 24 Februarie 2011

Page 1: Wapad - 24 Februarie 2011

BINNEK&V

24 FEBRUARIE 2011 / VOL 3

’N TERUGBLIK OP REKTOR SE 1STE JAAR 29

KOM BRAAI SAAM MET PUKFM 24

NUWE BAND LAAT POTCHWEMEL 27

WWW.PUK.AC.ZA/WAPADJAARGANG 65 >>STUDENTEKOERANT VAN DIE NOORDWES-UNIVERSITEIT SE POTCHEFSTROOMKAMPUS >>

LEES JOU KAMPUS

Nuwe afrigter moet Puk1 redNuwe afrigter moet Puk1 red

FOTO:MARIO VAN DE WALLPukke sweet bloed in Maandag se wedstryd teen Tukkies.

Die afrigter van die PUK1 rug-byspan, Rudy Joubert, het Dinsdag aangekondig dat hy

’n blaaskans gaan neem en beplan om vir twee weke verlof te neem.

Dit volg op die rugbyspan se swakste veldtog nog in die geskie-denis van die Varsity Cup, nadat die studente nog nie een wedstryd kon wen in vanjaar se toernooi nie. Die Puk het erge loesings teen Maties (6-32), Ikeys (8-36) en Tukkies (10-35) opgedoen en beklee tans die laaste posisie op die punteleër met 0 ligapunte en ’n punteverskil van -79.

Die webtuiste, varsitycup.co.za,

het Dinsdag berig dat die NWU-Puk Rugbyinstituut Joubert se tyd as hoofafrigter van die span gaan hersien sedert hy die leisels oor-geneem het by Matthew Proud-foot in 2009.

Die universiteit het ’n persver-klaring uitgereik waarin hulle hul teleurstelling oor die swak ver-toning van die Puk1 uitgespreek het.

“Daar word tans indringend gekyk na verskillende planne van aksie om die rugbyspan meer kompeterend te maak,” verduide-lik die persverklaring.

Intussen is Hannes Esterhuizen aangewys as die persoon wat tydelik in beheer van afrigting gaan wees. Esterhuizen is tans die afrigter van die Luiperds se

o/21 rugbyspan. “Daar gaan ’n verandering wees

by die rugby, so hou maar die spasie dop,” het Esterhuizen aan Wapad gesê voordat hy ’n verga-dering moes bywoon.

Esterhuizen wou egter nie verder kommentaar lewer voordat hy nie met die Puk1-span gepraat het nie.

In die persverklaring is dit duidelik gestel dat Joubert se kontrak nie beïnvloed word deur Esterhuizen se aanstelling nie.

“Joubert se kontrak met die NWU-Rugbyinstituut word nie hierdeur geraak nie.”

Esterhuizen kan egter aangestel word as voltydse afrigter indien Joubert besluit om nie terug te keer nie.

Joubert was deel van die 1995 Springbok-afrigtingspan wat die Wêreldbeker gewen het en het ook deel gevorm van die Bok-bestuur tydens die Wêreldbeker in 2003. Verder het Joubert ook diens gedoen by die Blou Bulle as afrigter tydens die destydse Super 12.

Die Puk, wat verlede jaar uitgeval het in die semi-finaal, moet intussen voorberei vir hulle volgende kragmeting teen die onoorwonne Universiteit van Johannesburg (UJ), asook die Universiteit van die Vrystaat (Shimlas).

Die rugbyspan sal al die oorbly-wende wedstryde moet wen om ’n realistiese kans te staan om die semi-finaal te bereik. LEES BL. 12

STEPHEN NEL, MARLIE JONKER EN CARLI KOCH

Rudy Joubert, hoofafrigter van Puk1.

Hannes Esterhuizen, waarnemende afrigter

van Puk1.

Page 2: Wapad - 24 Februarie 2011

NUUS 2 | 24 FEBRUARIE 2011

News headlines

Lovesite stole Facebook-photos

Klawerhof first-year assaulted

Pukfm works with Braai4Heritage

Day in the life of a disabled person

GERNA COETZEE

An American dating website has stolen the Facebook pro-files of 250 000 people around the world and three of them are Puk students.

The founders of Lovely Faces, at www.lovelyfaces.com has randomly 'stolen' the profiles of people on Facebook and used their profile photos on the web-site of Lovely Faces, without the consent of the people and the Puk students. Nicus Davel of Patria men's residence, is one of the three whose photos

were stolen. A lady friend in-formed him that his photo was on the website.

"Luckily I haven’t received any strange messages," he said. The other Puk student did not get off lightly and she received very strange messages and was asked many times for meetings.

MONIQUE VREY

Onalerona Madingoane, a first-year of Klawerhof, was robbed on Friday 11 February at about 11:50 in daylight, while drawing money at the Absa ATM next to Friendly.

“A man in his 20’s, neatly dressed in a suit, walked for-ward with me and stood at my side in the cubicle when I wan-ted to draw money."

He took out a knife and put it at her side and told her that he would stab her if she looked around or shouted. A trauma-tised Madingoane then drew the R250 from her account. He also took the money in her purse.

According to bystanders and people working at the shopping centre, this incident was not the first of its kind and students are advised rather to draw money on campus.

JANUS DE VILLIERS

There were renovations and improvements made on campus the past few years to ensure that the disabled students can move easily and fast around the cam-pus, but these were not done as efficiently everywhere.

Although the parking spaces are reasonably wide enough for those using wheelchairs, they are not indicated explicitly enough and are relatively hard to find.

Leon Els, a fifth-year LLB student and wheelchair user, is of opinion that the campus is

now much better equipped than in his first year.

"Perhaps the campus is not totally wheelchair-friendly, but the Puk is always willing to make a plan − we im-provise in this way."

A serious inconvenience for wheelchair users is the inacces-sibility of the subway. The only way to get to the West Campus from the student centre is with a car over the bridge.

GRAPHICS: LOVELY-FACES

PHOTO: KIRSTI VISSER

MONIQUE VREY

Jan Scannell, better known as Jan Braai, started the Braai-4Heritage initiative. It looks at different people's braai styles.

According to Amoré Truter, station manager of Pukfm,

Pukfm will act as host for Jan Braai and his people who will braai on campus on 24 March.

“Potch is the only student town chosen for this initiative and my goal is that they will re-member Potch at the end of the tour,” Truter said.

This is a joined initiative by Wapad and AKSA

Homoseksuele mense ontevrede

Midknights kieskeurig oor vryersDaar is sprake dat die

alombekende kuierplek, Midknights, ’n boikot in

die gesig staar nadat homosek-suele paartjies nie meer in die kuierplek mag soen nie.

“Laas Maandagaand het ek en ’n paar vriende Midknights toe gegaan. Ons was 12 mense daar, almal gay of gay vriendelik,” ver-duidelik Celia Engelbrecht, voor-malige voorsitter van POUT.

Twee van haar vriende wat in ’n verhouding is, het mekaar be-gin soen, toe die DJ hulle in ken-nis gestel het dat die vryery nie toegelaat word nie.

“Ek het met die bestuurder gaan praat en hom gevra wat die probleem is. Hy het vir my gesê dat topbestuur besluit het om gay ouens wat in Middies vry nie meer daar toe te laat nie, omdat dit hulle straight ondersteuning

wegstoot.”Volgens Engelbrecht, mag slegs

heteroseksuele paartjies in Mid-knights soen, maar die bestuur-der van die klub verskil van hier-die uitspraak.

“Midknights is ’n ordentelike kuierplek”, sê Jacques Schoe-man, bestuurder van Midknights.

Volgens Schoeman, het hy die DJ gestuur om die twee mans te vra om “bietjie rustiger te raak”.

“Dit het gelyk of hulle mekaar bed toe wil vat en as straight

mense so optree, word daar ook vir hulle gevra om dit rustiger te vat.”

Schoeman het verduidelik dat homoseksuele mans soms in die badkamer wil vry, maar dit lei ge-woonlik tot orale seks.

“As die mans uitgevang word, kry hulle ’n waarskuwing, maar as daar ’n heteroseksuele man in die damesbadkamer gevang word, word hy dadelik van die perseel af verwyder,” is hoe Schoeman Midknights se beleid verduidelik.

Daar is sprake dat Engelbrecht Midknights wil boikot, want vol-gens haar is die feit dat mans nie daar mag soen nie, genoeg rede vir die boikot.

“Ek het op Facebook geskryf dat ons Midknights gaan boikot. Ons het in die verlede ’n aantal plekke na so voorval geboikot en hulle moes almal toemaak.”

Dit is belaglik, want selfs ons bar lady is gay

Meningspeiling:

Wat dink Pukke van universiteitslied?

Ken jy die huidige universiteitslied?JA: 49% NEE: 51%

Verkies jy die huidige universiteitslied bo die nuwe een?JA: 40% NEE: 60%

Is dit nodig om ’n nuwe universiteitslied te kry?JA: 42% NEE: 58%

Het jy die internet-survey oor die universiteitslied gedoen?JA: 18% NEE: 82%

Sien jy die lied as belangrik vir die kampus?JA: 72% NEE: 28%

JA - 49%

40%

42%

18%

72%

NEE - 51%

60%

58%

82%

28%

Eerstejaar is aangeval by Friendly OTMMONIQUE VREY

Die Puk se omliggende gebiede is toe nie so veilig soos wat ons al-mal gedink het nie.

Onalerona Madingoane, ’n eerstejaar in Klawerhof, is Vry-dag 11 Februarie om ongeveer 11:50 in helder daglig beroof, ter-wyl sy geld getrek het by die Absa ATM langs die Friendly.

Sy was net voor die insident saam met haar kamermaat by Van Schaik om haar semester se boeke te koop.

“Ek het nog geld nodig gehad en die Standard Bank het nie geld gehad nie, toe loop ek gou na die Absa toe.”

Haar kamermaat was in die Friendly terwyl Madingoane al-leen by die ATM gestaan het.

“’n Man in sy 20’s, wat mooi en

netjies in ’n pak geklee was, het saam met my vorentoe geloop en langs my in die hokkie kom staan toe ek wou geld trek.”

Hy het ’n mes uitgehaal, dit teen haar sy gedruk en vir haar gesê hy gaan haar steek as sy rondkyk of skree. ’n Getraumatiseerde Madingoane het toe die R250, wat

op daardie oomblik in haar rek-ening was, getrek en die man het die res van die geld wat in haar beursie was, ook gevat. Daarna het hy gemaklik weggeloop.

’n Goeie samaritaan, wat by Kampus Apteek werk, het haar na die voorval gehelp om haar bank en ouers te bel.

“Die man het gesê dit gebeur gereeld by die Friendly,” voeg Madingoane by.

Daar was geen sekuriteitska-meras op die perseel nie en vol-gens ooggetuies was daar ook geen tekens van enige sekuriteit naby nie.

Hierdie voorval was volgens bystaanders en mense wat in die winkelkompleks werk, nie die eerste van sy soort nie en alle stu-dente word aangeraai om eerder op kampus geld te trek.

Wapad se Suné Esterhuizen en Alexa Swart het met eenhonderd Pukke gepraat oor die moontlikheid van die nuwe universiteitslied.

Die uitslag was wisselvallig. Sommige studente verkies die ou lied en sommiges dink die verande-ring is onnodig. Hier is wat julle gedink het.

Die man het gesê dit gebeur gereeld by die Friendly.

VF Plus veg teen verkeer

Die VF Plus-tak op die Pukkampus het gister 'n petisie geloods waarin die stadsraad van Tlokwe gevra is om parkeerareas in Steve Biko- en Hoffmanstraat te maak. Die studente word gereeld beboet, omdat hulle op die sypaadjies van dié strate parkeer weens 'n tekort aan parkering op kampus. FOTO: ANUSHKA LE ROUX

Page 3: Wapad - 24 Februarie 2011

SANNIKA JANSEN VAN VUUREN

Derdejaar “Wow, twee girls vir elke ou, meisies gaan hulle A-game moet bring.”

LAMEEZ LEONG-COLOMVierdejaar“No wonder no

one can find a date on Valentines day around here.”

MARKUS “CHUCK” PRETORIUS

Derdejaar “Eintlik maak dit net saak hoeveel van die 66% mooi is.” LANITA GERMISHUYS

Derdejaar “Dit is hoekom ek nie kan man vang nie.”

BIANCA BOSMAN- JANSEN

Vierdejaar“Ek dink dis oor

daar meer studie-rigtings gerig is op meisies.”

FLORIS LOURENSDerdejaar“Dit is goed. Met

soveel meisies staan elke man ’n deeglike kans.”

NUUS | 3 24 FEBRUARIE 2011

MODELFebruarie

WAPAD MODELNaam: André Ackermann

Koshuis: Caput Manskoshuis

Swot: BA Grafiese Ontwerp

Stokperdjies: Ek hou daarvan om kreatief te wees. Ek en my vriend het Winterstasie se nuwe CD cover ontwerp. My passie is my werk. Anders as dit, hou ek daarvan om saam met my vriende te gaan fliek of saam met hulle te kuier.

As ek myself in vyf woorde moet beskryf: kreatief, spontaan, vriendelik, perfeksionisties en lank.

As ek enige dier kon wees, sou ek: ’n Olifant of hond wees, want hulle is lojaal en ek ook.

Voortaan sal daar vir elke maand ’n manlike sowel as ’n vroulike Wapad model uit verskillende koshuise gekies word.Hierdie modelle sal dan finaliste word in ’n spesiale Wapad model kompetisie. Beoordelaars is onder meer Flip-a-Coin en Nadia Beukes.Wil jy die volgende Wapad model wees? Jy en jou koshuis kan groot pryse wen. E-pos vir ons ’n foto en kontakbesonderhede van jouself na [email protected] en jy kan dalk in die volgende Wapad verskyn.

Mnr. en Mej. Kampus begin

Mooiste Pukke gesoekMARINE OPPERMAN

Vanjaar se Mnr. en Mej. Kampus veldtog skop 1 Maart in Lover’s Lane af met ’n opedag.

Op dié dag kan studente meer uitvind oor die kompetisie en hul inskrywingsvorms kry.

Die plaaslike Potchefstroom band, ekhouvanjou,okay!, sal by die opedag optree.

“Mnr. en Mej. Kampus gaan huge wees vanjaar en dit begin al-reeds met ons opedag,” sê Chrisle-mien Groenewald, UK:Skakeling en Hooforganiseerder van die kompetisie.

Groenewald vertel verder dat die kompetisie se hele beeld ver-ander het.

“Daar is geen spesifieke ste-reotipe vir die pageant nie. Enige iemand wat lus is vir nuwe erva-ringe kan inskryf.”

Die tema vir 2011 is Sirkus.Groenewald het gesê dat sy

reeds met haar termyn op die Skakeling komitee, aan die tema gedink het.

Toe sy na haar verkiesing tot UK:Skakeling oor die tema ge-droom het, het sy geweet dit sal ideaal wees.

Daar is ook ’n nuwe aspek van die kompetisie wat die jaar sy ver-skyning maak.

“Studente moet lig loop en op hulle tone wees, want die Skake-ling Spot Agents loop rond om fi-naliste te scout.”

Indien ’n student deur ’n agent benader word, dring jy outoma-ties deur na die tweede rondte van Mnr. en Mej. Kampus.

“Die lewe is ’n sirkus en ons almal speel maar net ons rol, so wees deel van dié karnaval en kom ontdek jouself.”

Meer dames op kampus

ALEXA SWART

Al ooit gewonder waarom daar klaarblyklik nie genoeg ouens op kampus is nie? ’n Verbasende 66% van NWU studente is vrou-lik.

Dit beteken slegs 34% van die studente is manlik. Van die 51, 436 studente wat in 2011 ge-registreer het by NWU, is 33, 968 studente vroulik en 17, 468 stu-dente is manlik.

Finale data word in April 2012 aan die Departement gerap-porteer. Die Institusionele kan-toor het egter die bogenoemde statistieke solank bekendge-maak. Wat dink jy hiervan?

Peet en Mabel Viviers(018) 294 4117 & (018) 2947834

Faks: (018) 293 3691Sel: 083 778 4117

Email: [email protected] James Moroka Ln. Potchefstroom, 2531

Spesiale Aanbod op Suzuki Scooters!

Ontvang dienste en by-behore met die toon van

hierdie advertensie.

FOTO: IAN ODENDAAL

Page 4: Wapad - 24 Februarie 2011

NUUS 4 | 24 FEBRUARIE 2011

Hierdie kuierplekke is tops

Kuier tot son opkomJANUS DE VILLIERSFOTO’S: KIRSTI VISSER

Die Potchefstroom party scene strek heelwat verder en breër as

net die kuierplekke op die Bult.Daar is ’n dansvloer, kuierarea en kroeg wat in elke student se smaak val – jy moet hom nog net vind. Hoewel al die plekke nie

binne loopafstand van kampus is, soos die ander op die Bult nie, is hulle definitief die moeite werd om te gaan uittoets vir die wat nog nie daar was nie:

THE SPORTS CAFÉ

The Sports Café is net verby Hoër-skool Gimnasium geleë as jy op die Carletonville-pad uitry.

Groot sportbyeenkomste word vir almal se kykersgenot uitgesaai.

Daar is ook platskerm TV’s by die kroeg sodat jy nie ’n sekonde van

die aksie mis terwyl jy jou glas gaan volmaak nie.

Vir dié wat nie groot sportliefheb-bers is nie, is daar ’n groot dans-vloer en in-house DJ vir vermaak.

’n Groot trekpleister van The Sports Café is die bekostigbare drank en rustige kuier atmosfeer.

Gaan maak gerus ’n draai.

MUSIC CAFÉ

Music Café het alles wat nodig is vir ’n goeie kuier.

Hier is lekker musiek, ’n verhoog vir live events, gesellige atmosfeer, pooltafels en ’n groot kroeg.

Die musiek is soms ongemaklik hard en dis partykeer ongemaklik

besig, maar daar is lekker sitplek vir groot groepe.

Die patio met klein cocktail tafels is nog ’n faktor wat van Music Café ’n gunsteling maak. Hou jou ore oop vir promosies en spesiale geleent-hede wat gereeld aangebied word.

Karaoke-aand is nog iets om na uit te sien.

P1 PUB

P1 Pub is loshande een van die geselligste kuierplekke in Potch.

Behalwe vir hulle oorgenoeg sitplekke vir groot groepe en veilige parkering, kan P1 ook spog met hulle eie ATM.

Hulle kombuis bedien lekker kos,

is redelik goedkoop en P1 het die perfekte ligging: stapafstand van die Bult.

Binne is ’n kaggel wat ’n lekker atmosfeer skep en daar word selfs bonfires op koue aande aangesteek vir ’n bietjie ekstra hitte.

Ons sien uit na die warmte in die lang, koue wintermaande.

SPORTS LOUNGE

Sports Lounge het ’n kleinerige klub met ’n dansvloer.Daar is ook groot televisies wat sport uitsaai.

Daar is sagte sitplekke binne en buite.

Die netjiese afgewerkte kroeg

sorg vir ’n egte VIP gevoel.Die drank is heelwat goedkoper

as wat mens van so ’n luukse kuier-plek sou verwag.

Die enigste nadeel, is dat die Sports Lounge baie ver van kampus en ook baie ver van die Bult af is.

Dis egter die moeite werd om die lang pad aan te durf.

LET’S GO BOWLING

Vele studente het al hier ten pin bowling aksies gehou.

Hulle is egter dikwels salig onbewus van die cocktail lounge op die boonste verdieping van die kuierplek.

Alhoewel daar relatief min sitplek-

ke is, is daar oorgenoeg pool-tafels om almal gelukkig te hou.

Let’s Go Bowling is perfek vir ’n rustige kuier saam met ’n paar goeie vriende en is oorkant die Mooi Rivier Inkopiesentrum geleë.

Die verskillende vorme van so-siale sporte, vorm die bestanddele in ’n resep vir ’n lekker aand.

Braai saam met Pukfm en Braai4HeritageMONIQUE VREY

40 dae, 40 verskillende bestem-mings regoor Suid-Afrika.

40 braai’s saam met locals en een van die bestemmings in hierdie toer, is ons eie Potchef-stroom.

Jan Scannell, beter bekend as Jan Braai, het die Braai-4Heritage inisiatief begin om ’n Suid-Afrikaanse kultuur wat aan almal bekend is, tot voordeel vir die nasie te ge-bruik.

Die doel is om in elke plek waar hulle gaan, die locals se braaitegnieke eerstehands te ervaar.

Natuurlik is dit ook ’n goeie verskoning vir hom en sy span om vir meer as ’n maand lank een van die dinge te doen waar-van alle mans hou.

Volgens Amoré Truter, sta-siebestuurder van Pukfm, gaan ons eie radiostasie optree as gasheer.

Jan Braai en sy mense kom op 24 Maart op kampus braai.

“Potch is die enigste studente- dorp wat gekies is vir hierdie inisiatief en my doel is dat hulle aan die einde van hier-

die toer, Potch moet onthou,” het Truter tydens ’n telefoniese gesprek gesê.

Truter het bygevoeg dat die Potchefstroomse band, ekhouvanjou,okay!, hierdie jaar in bands soos Die Heuwels Fantas-ties se voetspore gaan volg.

Hulle is tans besig om die Braai-4Heritage liedjie te skryf.

“As die song goed genoeg is, gaan dit die nasionale song vir Erfenisdag word, maar ek glo dat dit goed genoeg gaan wees.”

Die toer wat op 13 Maart afskop in die Moederstad en eindig op Robbeneiland, gaan deur WEG! tydskrif in ’n agt-bladsy spread, gedek word.

Vir meer inligting oor hierdie geleentheid wat binnekort in ons midde is, besoek die webwerf www.braai4heritage.co.za en kom kyk wat gebeur 24 Maart.

Janus de Villiers, joernalis by Wapad, het vir ’n dag in ’n rolstoel oor kampus beweeg om die fasiliteite wat beskikbaar gestel word aan gestremde studente te toets. FOTO’S: KIRSTI VISSER

’n Dag in die lewe van ’n gestremde: Is Puk-fasiliteite voldoende?JANUS DE VILLIERS

Al ooit gewonder hoe gestremde studente hul weg op kampus vind?

In ’n eksperiment om te beves-tig of ons kampus rolstoelvrien-delik is, het ek vir ’n dag in een rondgerits om eerstehands te er-vaar hoe ’n gestremde se dag op kampus verloop.

Sekere kampusgebiede is mak-lik bereikbaar en is uiters rol-stoel-vriendelik, maar daar is ook sekere areas wat byna onmoont-lik is om in ’n rystoel te bereik.

Daar is opknappings en ver-beterings aangebring op kampus oor die afgelope paar jaar om te verseker dat gestremde studente

ook gemaklik en vinnig oor kam-pus kan beweeg, maar dis nie oral ewe effektief gedoen nie.

Hoewel daar redelik genoeg breë parkering is vir dié wat rol-stoele gebruik, word dit nie duide-lik aangetoon nie en is relatief moeilik om te vind.

’n Groot probleem is ook stu-dente wat herhaaldelik sonder rede op dié parkering stop en nie beboet word nie.

Leon Els, ’n vyfdejaar LLB-stu-dent en rolstoelgebruiker, meen dat die kampus heelwat beter in-gerig is sedert sy eerstejaar.

“Die kampus is dalk nie heelte-mal rystoel-vriendelik nie, maar die Puk is altyd bereid om ’n plan te maak – ons improvise maar so.”

Els kry byvoorbeeld klas in lo-kale wat toeganklik vir sy rolstoel is.

“Ek kan byvoorbeeld met be-hulp van krukke klein trappies klim, maar ek kan my indink dat studente wat glad nie kan loop nie nogal moet sukkel.”

Die Ferdinand Postma Biblio-teek het ’n oprit wat rolstoelge-bruikers kan gebruik en daar is ook hysbakke wat tot elke vloer ry. Dit was egter glo al met tye tot so lank as ’n week gebreek en laat gestremde studente gevolglik sonder toegang tot die biblioteek se vloere.

’n Ernstige ongerief is die ge-bruik van die duikweg wat rol-stoelgebruikers nie kan gebruik

nie. Die enigste manier om op Weskampus te kom vanaf die stu-dentesentrum is om met ’n motor oor die brug te beweeg.

Tydens my eksperiment het ek eerstehands gesien hoe die kam-pus nie ten volle geskik is vir rolstoelgebruikers nie. Hoewel daar al baie moeite gedoen is om opritte by elke gebou op te rig, is daar steeds probleme in terme van klein details.

Die rektor sal nou ’n duide-like prentjie aan die kampusbe-stuur kan skets om die kampus so toeganklik as moontlik vir gestremde studente te maak. Dit is nog nie duidelik watter fasili- teite op die kampus vir opknap-ping geïdentifiseer is nie.

Die kampus is dalk nie heeltemal rystoel-vriendelik nie, maar die Puk is altyd bereid om ’n plan te maak - ons improvise maar so.

Braai4Heritage kom vanjaar Potch toe. FOTO: BRAAI4HERITAGE

Jan Braai sal op 24 Maart op kampus kom braai.

Page 5: Wapad - 24 Februarie 2011

NUUS | 524 FEBRUARIE 2011

Duet Gemeente

Pick& Pay

JHBCarltonvilleMC Roode Straat (Inrypad)

500m

TheRoots

٭

SpesialeAanbod!SpesialeAanbod!

Sny & Halfkop Highlights @ R200

Skakel Marike & Debbie @ 079 943 0110M.C. Roode Straat (ou Inrypad)Slegs geldig tot einde Maart 2011

Maak só met jou vroegoggendklasse

KEVIN DU PLESSIS

Ons almal sukkel in die oggende met die vraagstuk of ons nou vandag klas gaan bywoon of nie, maar indien jy die slegter keuse maak en wel opdaag, is daar ’n paar wenke wat jy in ag moet neem.

Kry jou titels reg. Jou dosent is nooit Oom of Tannie nie. Doen moeite

om uit te vind wie is doktor, pro-fessor en selfs net meneer en me-

vrou.

Daar is niks fout daarmee om te slaap in klas nie, maar moet asseblief nie

snork nie. Dit steur die ander wat wil slaap.

As jy nie jou werk ge-doen het nie, moenie een of ander flou verskoning

probeer gebruik nie. As jou ouma nou al drie keer dood is en later weer trou, raak dit fishy.

A-kandidate, asseblief, ek weet dis vir jou lekker om vir die hele klas te wys jy

ken elke antwoord, maar moenie jou hand elke keer in die lug op-skiet en jou irriterende pony tail swaai soos jy verduidelik nie.

Moenie laat wees vir klas nie, maar as jy laat is vat die laaste 5 meter op ’n

sprint en hyg na asem as jy instap.

Moenie witvoetjie soek nie. Ek weet hulle kort dalk die geskenke, maar dis baie

Pukke se foto’s op liefdesblad

Kletswerf steel foto’sGERNA COETZEE

’n Amerikaanse liefdesweb-werf het 250 000 mense regoor die wêreld se Facebook-profiele gesteel, waarvan drie Pukke is.

Die liefdeswebwerf, lovelyfaces.com, is ’n webwerf wat mense bymekaar wil bring.

Hulle beloof dat jy jou ‘liefdes-maat’ gaan ontmoet.

“Welkom by die enigste lief-deswebwerf wat opregte mense bevat wat hul ware data en foto’s deel. Jy sal gemaklik voel om na hulle te kyk,” lui die verwelkom-ing van Lovely Faces se webtuiste.

Die stigters van Lovely Faces het op Facebook lukraakweg mense se profiele ‘gesteel’ en dan hul profielfoto’s gevat en dit op Lovely Faces se webblad gesit, sonder die toestemming van die mense en Puk-studente.

Die foto’s met die persone se be-

langstellings (alles op Facebook verkry) word dan in kategorieë geplaas. Van hierdie kategorieë lui: easy going women, sly women, funny women, smug women, mild men en climber men. Dit word dan ook volgens nasionaliteit gerang-skik. Gebruikers kan dan vir die persoon se foto ’n punt uit vyf gee

op grond van hoe oulik hy of sy is. As jy dan op die foto kliek gaan dit na die persoon se Facebook-profiel toe.

Nicus Davel van Patria Mans-koshuis is een van die drie wie se foto’s gesteel is. ’n Vriendin het hom laat weet dat sy foto op die webtuiste pronk.

“Gelukkig het ek geen snaakse boodskappe gekry nie,” sê hy. Die ander Puk-student het nie so lig daarvan afgestap nie. Sy het vrees- like snaakse boodskappe gekry en is menige male gevra vir ’n ont-moeting.

Die Facebook base is glad nie gelukkig nie. Barry Schnitt, Face-book se direkteur van beleids-kommunikasie, het aan Wired.com gesê dat hulle sterk regstappe gaan neem.

“Om mense se inligting te steel is ’n skending van ons bepalings en voorwaardes.”

Só lyk die webwerf wat mense se Facebook-profielfoto’s gesteel het. Die webwerf is intussen toegemaak.

GRAFIKA: LOVELY-FACES

Sinki Mlambo, SR:AKSA, wil graag ’n legacy agterlaat.FOTO: ANUSHKA LE ROUX

Famous Face

Sinki kyk op na haar maMONIQUE VREY

Sy is ’n bekende figuur op kam-pus.

Sy begin en eindig elke dag met liedjies soos Don’t stop be-lieving en Neem my op vlerke en sy het reeds baie doelwitte in haar lewe bereik.

Sinki Mlambo, SR:AKSA, het egter nog baie kaarte in haar mou wat gespeel moet word.

“Ek wil nie net ’n naam op ’n goue plaatjie wees nie - mense hoef nie my naam te onthou nie, maar ek wil ’n verskil maak en ’n legacy los.”

Met passievolle woorde soos hierdie, is dit nie moeilik om te sien hoe Mlambo aan die einde van haar tweedejaar reeds ver-kies is tot die Puk se SR nie.

Maar hoekom juis die porte-feulje AKSA?

“Ek het van kleins af ’n multi-kulturele agtergrond ge-had en ek wil dit konstruktief gebruik om ’n brug te bou tus-sen verskillende kulture.”

Sy sien baie potensiaal in die SR en glo dat sy bestem is vir groter dinge.

Mlambo is egter nie net ’n sterk leier nie, maar ook ’n ta-lentvolle sangeres en aktrise.

“Ek het op 13-jarige ouder-dom my eerste professionele teaterstuk gedoen.”

Sedert 2003, was Mlambo deel van pantomimes soos Pe-ter Pan, kabaretstukke soos My funny Valentine en ook musicals soos Joseph and his

Technicolour Dreamcoat.Dit vat egter groot inspirasie

om soveel dryfkrag tot stand te bring – wie is Mlambo se rolmo-delle?

“Definitief my ma. Sy het my geleer hoe om omstandighede te hanteer en hoe om ’n vrou te wees. Van kleins af het sy vir my en my broer en suster geleer the sky is the limit en ek kyk op na haar.”

Nelson Mandela is ook iemand wat sy bewonder en sy pas Madi-ba se visie vir transformasie ge-reeld toe in haar SR-portefeulje.

Kyk uit vir die Leave-A-Le-gacy inisiatief, wat fokus op die opleiding van swart leiers in die Puk se struktuur.

Dis ’n nuwe inisiatief wat on-langs deur Mlambo geloods is.

SR:SJGD is ook deel hiervan en volgens ’n baie opgewonde Mlambo is dit iets waarna almal kan uitsien, want “Izo thisa!” – dit gaan kook!

My ma het my geleer hoe om omstan-dighede te hanteer en hoe om ’n vrou te wees.

ongeskik om na ’n dosent toe te loop en te vra vir hulle bankbeson-derhede.

Geen selfone tydens klas nie, want jou BBM, SMS en MXit deuntjies op Jus-

tin Bieber se falsetto stem is dalk net erger as om direk uit Bour-bon’s klas toe te gaan met jou brandewynasem.

“Skies, kan ek kamer verlaat?” Nee jong. Knyp maar, want as jy terugge-

stap kom met ’n stukkie toiletpa-pier aan jou skoen is die geheim verklap.

Jou Boksburg aanmer-kings oor die werk was dalk snaaks in jou kop,

maar na die tweede ongemaklike stilte moet jy maar heroorweeg.

As jy nou besig is om hierdie koerant tydens klas te lees, sit hom ten

minste binne-in ’n ander boek, want die dosente haat ons reeds...

SS-,Draak-pryse verskilLIZANÉ TREURNICHT

Die prysverskille tussen produk-te by die Drakenstein en Klipoog Kafeteria, het navrae geskep oor die NWU en IVD prysbeleid.

“Die Drakenstein bied ’n spys-kaart waar jy wag vir die voor-bereiding van jou bestelling. Die Kafeteria bied ’n tipiese kafeteria spyskaart van vroegoggend tot laataand, en die eetsale bied voor-bereide disse,” verduidelik mnr. Willem de Klerk, direkteur van Inwoning- en Voedseldienste.

KoffieKlipoog Draak

Gaskoeldrank

Ystee

Puk WaterLucas Maree, wat bekend was vir sy treffers Ek sou kon doen met ’n mil-joen en Droomvrou is verlede week oorlede na ’n lang stryd teen kanker.

FOTO: MUSICIANS

Afrikaanse musiekheld sterf

R6-50

R6-50

R6-80

R4-80 R4-70

R11-50

R10-70

R9-00

Page 6: Wapad - 24 Februarie 2011

KUNS & VERMAAK 6 | 24 FEBRUARIE 2011

Vriendskap was inspirasie vir kunswerkLIZANÉ TREURNICHT

Twee unieke kunstenaars, M.C. Roodt en Marguerite Visser, het hul fotografiese kunswerke op 17 Februarie uitgestal by die Bota-niese Tuine.

Kommunikasie deur middel van kuns, was die inspirasie vir die projek wat hierdie kunste-naars saam aangepak het.

Die naam van die projek, sowel as die kunswerke, is propvol ver-skillende betekenisse.

“(Ge) integr (i/eerde) t (eit/yd), is ’n unieke konsep wat Visser gekies het terwyl sy geëksperi-menteer het met abstrakte kuns.

Dit het te doen met integri- teit en tyd wat saamgestel is,” het Roodt gesê.

Hulle is volgens Visser al lank vriende en vandat hulle paaie geskei het na skool, was tegnolo-gie die enigste manier om kontak te hou.

Visser verduidelik dat dit juis as gevolg van tegnologie en kom-munikasiegapings is, dat hierdie projek op die been gebring is.

“Die beplanning vir hierdie projek het tydens die Sokker Wêreldbeker in 2010 begin. Ons het ’n maand later begin met die foto’s en teen Oktober, was dit voltooi,” sê Visser oor die kreati-witeitsproses.

Die boodskap weerspieël ’n elek- troniese verhouding.

Die inspirasie agter die foto is dat mense ’n elektroniese bood-skap verkeerd kan interpreteer.

“Tegnologie soos Facebook kan mense maklik mislei en die boodskap wat oorgedra word, heeltemal verdraai. Dit gaan oor die handgeskrewe boodskap ver-sus die tegnologiese boodskap.

Tegnologie het ’n koue stan-daard simbool geword,” meen Roodt oor sy selfportret.

Visser se werk word gekoppel aan integriteit in verhoudings, maar ook wanneer daar elektro-nies met mekaar gekommunikeer

word.“Dit weerspieël vir my die

meisie wat haarself ontbloot wanneer sy met iemand kommu-nikeer via die internet. Daardie persoon het die vermoë om te ver-ander wie jy is en om jou in ’n an-der konteks te plaas. Dit gaan oor ’n meisie wat blootgestel is en op ’n brose manier ontbloot word,” sê Visser oor haar kunswerk.

Hulle albei is dit eens dat hulle fotografie op verskeie maniere ge-sien kan word, maar eerbaarheid, eerlikheid en integriteit, is van die sleutelkonsepte wat van hier-die uitstalling ’n sukses gemaak het.

(Ge) integr (i/eerde) t (eit/yd) word tans by die Botaniese Tuine uitgestal.FOTO: NELLIE VAN DER WALT

VermaakKuns

VermaakKunsWinterstasie se nuutste album, Klanke van die Antieke Beproewing, is onlangs vrygestel. FOTO: IAN ODENDAAL

Winterstasie meer epic en volwasseMARTIN LAUBSCHER

Verlede Vrydagaand het Memphis Rock behoorlik gekook toe Winterstasie

hulle nuwe album, Klanke van die Antieke Beproewing, met ’n lewen-dige vertoning vrygestel het.

Die liedjie Los my is die eerste enkelsnit.

Die musiekvideo van dié liedjie

het vir twee weke lank die nom-mer een posisie op MK se Top 10 volgestaan.

Die album is deur die plaaslike maatskappy, Lightstain Studios, opgeneem en belowe dus om ’n hoë gehalte produk te wees.

Daar is byna ’n halfjaar aan die produksie gewerk (vier maande aan die skryf en vier weke aan die opneem).

Hoewel dit die basiese elemente waarvoor Winterstasie bekend geraak het bevat, meen Dewald Pieters (hoofsanger en kitaarspe-ler) dat dit meer volwasse is:

“Dit is meer epic. Dit is steeds Winterstasie, maar baie meer vol-wasse.”

Behalwe vir die nuwe album het Winterstasie groot planne vir 2011.

Hulle beplan om ten minste nog drie of vier video’s vry te stel en hulle wil ’n skoletoer onderneem wat deur die hele Suid-Afrika sal strek en wat ook die hele jaar sal duur.

Dit lyk asof Winterstasie die Potch musiekbedryf na nuwe hoogtes in 2011 gaan neem.

Maak dus seker jy kry hulle nuwe CD in die hande.

One woman’s search for everything. Across Italy, India and Indonesia.

Dit is steeds Winterstasie, maar baie meer volwasse.

Beskikbaar elke tweede

Donderdag.

Page 7: Wapad - 24 Februarie 2011

KUNS & VERMAAK

’n Positiewe aanslag op rock mu-siek. Soos die omslag voorstel, het dié album ’n regte eiland-energie.

Dit is moeilik om die genre van hierdie musiek vas te pen.

Dit neig na funk en maak van ’n skoon distortion gebruik om tot die eiland-tema by te dra.

Die kitaarspel sorg vir ’n paar interessante klanke en is sekerlik die hoogtepunt van die plaat.

Die lirieke is ook redelik boei-end en die erns daarvan word dik-wels goed versteek deur die ligte trant van die musiek.

Ongelukkig is die enigste pro-bleem met die CD ook ’n gróót probleem. Daar is ’n growwe ge-brek aan afwisseling en die aard van die musiek is dus geweldig eentonig.

Wat tot die eentonige gevoel van die album bydra, is die feit

dat daar agtien liedjies is en, soos reeds genoem, klink almal rede-lik dieselfde.

Die album bevat ook ’n bonus-DVD wat uit ’n paar musiekvi-deo’s bestaan.

As jy van plan is om na City Bowl Mizers te luister terwyl jy saam met jou vriende kuier, is hierdie net die regte ding vir jou.

As jy egter opsoek is na musiek vir die siel, sou ek dit nie aanbe-veel nie.

CITY BOWL MIZERSCity Bowl Mizers

Yoav neem die woord indie na ’n nuwe vlak.

Dit is onmoontlik om ’n vaste styl of invloed aan sy musiek te koppel.

Sy stem het ’n effense ooreen-

YOAVA foolproof escape plan

MARTIN LAUBSCHER

koms met dié van James Blunt. Die instrumentele werk is ook lewendig en uniek.

Daar is ’n bonus-CD wat ’n meer elektriese klank handhaaf. Op dié CD is daar ’n cover van die Pixies se Where is my mind?

Daar kom ’n duidelike Indiese gevoel deur wat ’n baie etniese energie verskaf.

Die produksiegehalte is baie hoog en daar is veral aandag aan die fyner klanke geskenk.

Hoewel die meeste liedjies ’n interessante begin het, vat dit nie lank om in ’n vreemde irre-levante trant te verval nie.

Die lirieke kom baie persoon-lik oor. Dit gee ’n weerkaatsing van die musikant se psige.

’n Mens waardeer gewoonlik uniekheid, maar hierdie album is met tye net té obskuur.

Dit is ’n baie moeilike album om na te luister en is dus tot ’n besonderse wyse van kommer-siële bevrediging verwyder.

Met ’n bietjie aanpassing kan Yoav ’n beter album uitreik wat tot ’n breër gehoor spreek.

TOMAANFLIEKBlack Swan

Natalie Portman vertolk die karakter, Nina Sayers, in die treffer rolprent Black Swan. FOTO: THE ELECTRIC GENERATION

24 FEBRUARIE 2011 | 7

JANUS DE VILLIERS

The Rebel Train Surfers be-staan uit vyf ywerige rock-ers uit Potchefstroom wat

‘rocking out’ as een van hul groot-ste tydsverdrewe lys.

Hul indie klank en laid back voorkoms het hulle vinnig ’n gewilde groep gemaak wat by die dag meer aanhangers verwerf.

Die fenomeem van train surfing raak wêrelwyd al hoe gewilder.

Dit is ’n gevaarlike stokperdjie waartydens rebelle tussen be-wegende treine spring in ’n mal poging om hul brawade te bewys.

’n Insetsel oor plaaslike train surfers op Carte Blanche het dromspeler, Emile Snyman, so geïntereseer dat hy dit later voor-gestel het as sy old school rock-groep se verhoognaam.

Hul single, Joe Blow, is in Potchefstroom deur Johan Fou-rie opgeneem wat al met heel-wat ander plaaslike groepe soos I Did Cinderella en Vriende met Voordele in die studio gewerk het.

Snyman noem dat hulle graag

weer met hom sal wil werk.Basspeler, Ronald Doyle, noem

Wolfmother, Rolling Stones en Red Hot Chilli Peppers as ’n paar van hul gunsteling bands.

Die Rebel Train Surfers het nie net ’n lekker luister klank nie, maar is een van die min bands

The Rebel Train Surfers se basspeler, Ronald Doyle het skare gaande. FOTO: IAN ODENDAAL

Rebels se musiek het Potch gaande

wat ’n gehoor van die eerste tot die laaste noot gelukkig hou by hul vertonings.

Voorsanger, Louwtjie Prins-loo, vertel dat hul lekkerste gig sover in Carletonville was verlede jaar, toe hulle die kans gehad het om vir Jack Parow te open.

Dié eer het hulle onlangs weer toegekom toe hulle vir ’n stampvol Bourbon’s tydens Januarie se Campus Invasion gespeel het. Hulle het die ver-hoog met gevestigde bands soos Van Coke Kartel, Tidal Waves en Die Tuindwergies gedeel.

Behalwe vir Doyle wat klaar studeer het en homself in die mediawereld besig hou by ’n tydskrif, ‘Word of the Street’, bevind die Rebel Train Surfers hulself elke nou en dan agter die boeke en besig met hul swotwerk wanneer hulle nie op toer of be-sig met bandoefeninge is nie.

Die toekoms lyk goed vir hier-die plaaslike groep, wie se tunes nog binnekort landwyd klank-golwe gaan domineer.

Hulle het onlangs by Januarie se Campus Invasion die verhoog met bands soos Van Coke Kartel, Tidal Waves en Die Tuin-dwergies gedeel.

MEER OOR THE REBEL TRAIN SURFERS

Black Swan - byna perfekAs jy nog altyd gedink het dat Natalie Portman (V for Vendetta, The Other Boleyn Girl) net on-skuldige, naïwe karakters kon vertolk – dink weer.

Black Swan handel oor meer as net die hervertolking en reïnkar-nasie van die immerbekende bal-let Swanemeer.

Dit raak aan kwessies soos die donker kant binne elke mens, asook die proses van innerlike konflik en hoe die metamorfose van Wit Swan na Swart Swan plaavind.

Verwag oomblikke van intense verrassing en asemrowende ka-merawerk.

Die prent is glad nie maklik voorspelbaar nie en moenie dink dit fokus net op ballet nie.

Portman en Mila Kunis (That 70’s show, Book of Eli) se akteurs-werk is fenomenaal en kompli-menteer mekaar ten volle.

Nog ’n groot naam wat jy kan verwag is Winona Ryder en on-bekende Vincent Cassel (Ocean’s Twelve, Derailed) as Thomas, die balletonderwyser.

Alhoewel sommige dele van die fisiese transformasie na die Swart Swan dalk bietjie te ver gevat is, doen jouself ’n guns en gaan kyk dit.

One woman’s search for everything. Across Italy, India and Indonesia.

Dit raak aan kwessies soos die donker kant binne elke mens, asook die proses van innerlike konflik.

Page 8: Wapad - 24 Februarie 2011

8 | 24 FEBRUARIE 2011

Kommentaar24 FEBRUARIE 2011

Maak tyd vir jouself

Redaksioneel

Die week begin en skielik voel jy soos ’n rekenaar wat oorlaai is – dis vergaderings, toetse, opdragte, koshuisaktiwiteite en so hou dit aan. Teen Maandagaand is jy nie meer ’n rekenaar nie, maar ’n robot wat op auto is.

Het dit al ooit vir jou gevoel asof die lewe die see is en die golwe net aanhou inrol? Maar intussen spoel die golwe die ware jy weg.

Ons hou onsself so besig met aktiwiteite – dis koshuiskomitees en Pukkomitees en UK’s en SR en sport en kultuur en dan nog akademie ook. Dis ook nie verkeerd nie – dis goed en reg. Maar soms is ons so vasgevang in al hierdie pligte dat ons vergeet om na onsself ook te kyk.

Teen Sondagaand is die robot al oorverhit. Ons het nodig om te herlaai.

Sommiges lees graag ’n boek, party geniet ’n fliek of ’n series-marathon en party van ons herlaai deur Bybelstudie.

Ongeag hoe jy dit doen, jy moet tyd vir jouself inwerk, sodat jy nie aan die einde van jou universiteitsloopbaan vergeet het wie die happy mens is wat op elke foto skaterlag nie.

Maak hierdie week tyd vir jou – gaan sit op die bed en kyk daardie series. Lees jou Twilight, Jane Austen of Deon Meyer. Lees Bybel. Knip ’n uiltjie en maak seker jy onthou wie jy is.

We offer you the best prices in town

with a variety of products.

10 Esselenstreet, Bult (opposite post office)Contact: Gerardt

082 550 2074

Hubbly’s Charcoal

Accessories

HOOFREDAKTEUR: Piet Matipa (082 720 7369)ADJUNKREDAKTEUR: Marlie Jonker (072 749 2431)INHOUDSREDAKTEUR: Suné Esterhuizen (079 516 2077)TEGNIESE REDAKTEUR: Elmari de Vos (082 644 1022)GRAFIES & FOTOGRAFIE: Ian Odendaal (079 957 7099)SPORTREDAKTEUR: Stephen Nel (082 099 1028)SKAKELING: Leané Meiring (084 952 1980)TEKSVERSORGING: Caro van Aardt (079 189 3516)BEMARKING: Marché Maritz (082 905 3858)

KernredaksieDie volgende Wapad verskyn 10 Maart 2011

TEKSVERSORGERS:Karlien Badenhorst, Lisa-Marie Strydom, Dawita van der Walt, Nina Linde

My gunsteling quote wat my al my hele lewe bystaan is “Wees altyd jouself, maar jou beste self.”

Ek het nooit regtig die waarde daarvan besef tot ek op varsity was nie. Want wow, hoe vinnig besef mens nie wie jy is nie! Ek was vier jaar in Skoonveld Dameskoshuis by die Universiteit van Johannes-burg. Daar het ek my beste beste maatjies gemaak en, uiteindelik maatjie geword met myself.

Al julle studente peeps sal seker verstaan as ek van koshuis praat en dat jou eerstejaar die beste jaar van jou lewe is wat jy NOOIT weer wil oor hê nie.

Why? Nie net oor jy laer is as die grond waarop die HK loop nie (ja, ons HK het dit in ons koppe gedrill), but because you are absolutely no one and then you become someone

extraordinary through it. Deur al die hel wat die HK ons gesit het, het ons besef dat al wat jy het is jou vriende, jouself en die wonderlike Man daarbo.

My punt? Waardeer jou vriende en jouself. Wees comfortable met wie jy is en waarvan jy hou. Nie waarvan jou ouers of die gemeente lede (my pa is ’n dominee) wil hê jy moet hou nie, maar waarvan jy wil hou!

Nou sê julle seker, “Ja, maar dis moeilik en ek moet swot en geld maak eendag,”...blah blah blah. Ja, jy moet, maar jy moet geniet wat jy doen.

Ek het Bedryfsielkunde geswot en toe my honneurs daarin ook gedoen, and I loved it, maar tussendeur dit het ek my liefde vir

Gasskrywer

Myself, jouself...

Du RandtLeandie

DEUR:

toneelspeel op die verhoog ontdek en dank Vader die geleentheid gekry om dit te begin uitleef.

Scary choice, maar dis so worth it, want as my wekker half vyf in die oggend afgaan om te gaan skiet, dan smile ek. Want ek love wat ek doen.

Ek is seker elkeen van ons het iets waaroor ons so voel. Miskien swot jy Rekeningkunde, maar jy love dit eintlik om te skryf. Of jy love dit om te dans en jy swot aptekers-wese. Then...why not do both?

En glo my, jy sal altyd tyd vind vir iets waaroor jy mal is. So, get off your ass en gaan doen iets wat jy nog altyd wou. Waardeer die vriende wat jy het en just be yourself.

Varsity dae was my beste en ek mis dit nou...so capture every mo-ment (foto’s is die shit) en raam dit!

Varsity het my bo alles geleer om nederig en dankbaar te wees. Dis hoekom ek dit love dat my vriende presies dieselfde met my bly, al speel ek so nou en dan op TV of so.

Want op die ou end probeer ek elke dag my bes om net myself te bly. Varsity is a journey... een vol bier, studietyd, babbelas, Dunhill Menthol fine cut en trane ...maar hy is van die beste...embrace it!

Peace out Pukke (ek drink ’n gummy bear op julle).

Aktrise van films soos Getroud Met Rugby, Susanna van Biljon en Egoli: The Movie.

Gevryery tussen mans ontstel Midknights bestuur (bl. 2). SKETS: WILLIE BLIGNAUT

Want op die ou end probeer ek elke dag my bes om net myself te bly.

Dankie vir julle ongelooflike bydrae met JOOL. Ek glo hierdie was een wat ek nog vir lank sal onthou! Alhoewel mens dit nie altyd besef nie, is daar soveel mense wat baat vind by JOOL. Indien jy nie weet nie, gaan alle fondse wat ingesamel word

tydens JOOL, net so oor na SJGD se 79 gemeenskapsprojekte toe.

Ek hoop die eerste week van klas was nie te erg nie - dit is immers die begin van die jaar, so STERKTE! Maart-maand is natuurlik weer de-batseisoen en ’n klomp sportsoorte begin ook nou. Sterkte aan alle

deelnemers van hierdie aktiwiteite en ek moedig die res van die studente aan om hulle te ondersteun. Mens weet nooit, dalk ontdek jy ’n ver-skuilde talent...

SR-groete tot volgende keer.Jaycee van RooyenSR: VOORSITTER

Dagsê, Pukke

Page 9: Wapad - 24 Februarie 2011

| 9

ProfielKommentaar

Briewe OmbudsmanBriewe kan ge-epos word na [email protected] of skakel ons by (018) 299 2875

As jy voel dat Wapad nie na jou klagtes luister nie, kontak prof. J.D. Froneman by: [email protected]

24 FEBRUARIE 2011

Stoel'n jaar in die'n jaar in dieStoelIs die hoeveelheid gewig wat hy verloor het vanaf verlede jaar.

20kg

Die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) het verlede jaar prof. Herman van Schalkwyk, ’n uitstaande leier en akademikus, verwelkom om die Pukkampus in die nuwe dekade in te lei. Hy is op 23 Maart 2010 amptelik ingehuldig as die tweede rektor van die NWU-Potchefstroom-kampus.

Prof. Van Schalkwyk (44) is ’n vooraanstaande landbou-ekonoom wat hom op verskeie gebiede onderskei het. Voor sy aanstelling as kampusrektor was hy die dekaan van die Fakulteit Natuur- en Land-bouwetenskappe by die Universiteit van die Vrystaat.

Hy het in 1990 sy BCom-graad aan die Universiteit van Pretoria verwerf, waarna hy sy honneurs-graad en MCom cum laude (1992) behaal het. In 1995 het hy sy PhD in landbou-ekonomie ook aan die UP behaal. Prof. Van Schalkwyk het in 1993 by die UP begin doseer nadat hy vir twee jaar as landbou-ekonoom by Standard Bank gewerk het. In 1996 het hy ’n medeprofes-soraat aan die Universiteit van die Vrystaat aanvaar. Twee jaar later het hy 'n volwaardige professor geword asook die departementshoof van landbou-ekonomie. In 2003 word hy aangewys as dekaan van die Fakulteit Natuur- en Landbouweten-skappe. Prof. Van Schalkwyk is ’n gerekende akademikus. Hy het ongeveer 70 publikasies in weten-skaplike joernale en 102 navorsing- en projekverslae gepubliseer. Hy het ook 75 referate by plaaslike kon-ferensies en 38 by internasionale

konferensies gelewer. Voorts was hy promotor vir 15 PhD's en studieleier vir 20 meestersgraadstudente.

Sy betrokkenheid by talle provin-siale en nasionale instansies word hoog aangeslaan. Hy is onder an-dere in 2007 deur die minister van landbou as lid van die Nasionale Landboubemarkingsraad aangestel en in 2008 as die adjunkvoorsitter van die raad van die Landbank. Hy het ook vir 18 maande waargeneem as voorsitter van die raad van die Landbank. Prof. Van Schalkwyk is ’n konsultant vir die Wêreldbank en ander Suid-Afrikaanse instansies asook ’n spesialis in landbou- en -verwante hofsake.

Hy is ’n gewilde spreker en gas by landboukongresse en werks-winkels en tientalle artikels vir die populêre media het al uit sy pen gevloei. As boorling van die Oos-Vrystaat bestee hy graag sy vrye tyd saam met sy vrou, Rélyne en drie skoolgaande seuns, op die gesin se plaas. -VINCENT EASTES

Die rektor is hierdie maand presies ’n jaar in die stoel. Hierdie is ’n terugblik op sy jaar op die Puk.

Jan. 2010

Eerste dag.

Word ingehuldig.Word ingehuldig.

Opedag.

Breinpakkie-ete.

Vakansie op die plaas. Rektorsgroet.

Rektor verjaar.Rektor verjaar.

Intervarsity.Intervarsity.

Ontvang Puk en Pukkie.Ontvang Puk en Pukkie.

Opening van Sports Village.

Maart 2010

Mei 2010

Sep. 2010

Des. 2010

Feb. 2010

April 2010

Aug. 2010

Nov. 2010

Jan. 2011

STUDENTE SÊ HUL SÊ OOR REKTOR“Ek dink hy het gewig verloor. Hy dra ook die Pukke se belange op die hart – iets wat mense nie besef nie.”

“Ek is nie gaande oor die hoeveel-heid goed wat hy probeer ver-ander nie. ’n Her is net soveel ’n tradisie op die Puk as Tarentaal.”

“Ons ken hom nie regtig nie en sien hom nooit. Ek dink mense sien hom as ’n indringer en hou nie veel van hom nie, maar ek dink ons sal hom met tyd aan-vaar.”

“Geen klagtes tot dusver nie. Ons ken hom nie so goed nie, maar hy het nog niks gedoen of gesê wat my ontstel het nie.”

“Ek dink persoonlik nie dit is Prof. Herman op kampus nie. Dit is sy maerder, tweelingboetie.”

“Nadat ek die Wapad-video ge-sien het, is hy vir my cute! Hy laat my aan my pa dink.”

“Ek hoor hy kuier so lekker, maar ek het dit persoonlik nie gesien nie. Ons hou seker nie van hom nie, omdat ons so gewoond is aan Prof. Annette.”

“Hy het potensiaal, ek dink net hy moet moeite doen om die studente te leer ken. Ons byt nie!”

“Hy lyk great. Ek wil weet wat hy gedoen het om so te lyk.”

Studente wou graag anoniem bly.

Pukke se rektor doen die WAKA WAKA!SEARCH: WAPAD -"Word deel van die beweging" op:

Apex

DC++

Page 10: Wapad - 24 Februarie 2011

SPORT10 | 24 FEBRUARIE 2011

Krag lê by die boulers

Die Suid-Afrikaanse krieketspan, die Proteas, vier die val van ’n paaltjie.FOTO: SIFY SPORTS

GEORGE GERMISHUYS

Noem die krieketwêreld-beker vir selfs die taaiste Protea-ondersteuner en

hy word oorval met ’n steekpyn in die sy en ’n oorweldigende de-pressie.

Krieketwêreldbekers was tot dusver ’n hartseer affêre, met te-leurstelling wat die draadjie is wat al die vorige wêreldbekers saambind.

Maar, hierdie keer (soos al die ander kere) gaan dit anders wees. Allan Donald en Lance Klusener gaan mekaar verstaan,

Herschelle Gibbs gaan wag tot die bal sy hande tref voor hy met sy toertjies begin en iemand êrens in die Protea kleedkamer sal die Duckworth/Lewis papiertjie kan ontsyfer.

Die Proteas het die afgelope paar jaar suksesvolle toere na die sub-kontinent onderneem.

Die feit bly egter staan dat sub-kontinentspanne soos Indië, Sri-Lanka en Pakistan groot gevare in hierdie toernooi is, terwyl Aus-tralië, Engeland en Suid-Afrika ook onder die gunstelinge sal tel.

Graeme Smith se leierskap en taktiese besluite gaan bepalend wees in die Proteas se sukses.

Jacques Kallis is egter die be-langrikste man in die span.

Sy kolf is die spil waarom als in die Proteaspan draai. Sy vernuf met die bal in die hand verleen ook belangrike balans.

As Jacques Kallis goed speel, wen Suid-Afrika, so eenvoudig soos dit.

JP Duminy se vermoë om die

lopietempo in die middelbeurte met vinnige enkellopies op te stoot gaan van kardinale belang wees, terwyl AB de Villiers se be-stendigheid met die kolf en agter die penne, onder die loep gaan kom.

De Villiers is egter ook ’n ver-nietigende speler wat ’n boulaan-val man alleen flenters kan slaan.

’n Kritiese komponent in die Proteas se span is die draaiers.

Johan Botha se variasie en ver-moë om lopies te beperk, maak van hom ’n speler wat sy gewig in goud werd is.

Die nuwelingdraaier in die Pro-tea-groep, Imran Tahir, word deur die Protea-kaptein beskryf as “die speler waarvan hy as kaptein altyd gedroom het.”

Hy is egter totaal onervare op internasionale vlak.

Hierdie swakpunt kan dalk nog in sy grootste sterkpunt ontaard juis omdat hy ’n onbekende enti-teit is – ander spanne kon sy aan-vallende speelstyl nog nie anali-seer nie.

Hierdie Protea krieketspan (soos al die voriges) het oorgenoeg skietgoed om die trofee omhoog te hou. Nou is dit net ’n geval van daad by woord voeg.

Jacques Kallis, AB de Villiers en Johan Botha is groot rolspelers in die wêreldbeker.

24 Februarie

15 Maart

19 Maart

3 Maart

6 Maart

12 Maart

Protea Fixtures

Suid-Afrika vs Wes-Indië11:00New Delhi

Suid-Afrika vs Ierland11:00Kolkata

Suid-Afrika vs Bangladesh05:30Dhaka

Suid-Afrika vs Nederland06:00Mohali

Suid-Afrika vs Engeland06:00Chennai

Suid-Afrika vs Indië11:00Nagpur

12 Februarie 19 Februarie

Veritas vs Patria:Patria wen met 3 paaltjies.

Overs vs Hombré:Overs wen met 3 paaltjies.

Ratau vs Excelsior:Ratau wen met 6 paaltjies.

Villagers vs De Wilgers1:Villagers wen met 196 lopies.

Heimat vs Caput:Heimat wen met 9 paaltjies.

Thaba-Jäh vs De Wilgers2:Thaba-Jäh wen met 190 lopies.

Thaba-Jäh vs DeWilgers1:DeWilgers 1 wen met 3 paaltjies.

De Wilgers2 vs Caput:Caput wen met 47 lopies.

Heimat vs Villagers:Villagers wen met 3 paaltjies.

Overs vs Patria:Wedstryd uitgereën.

Veritas vs Excelsior:Wedstryd uitgereën.

Hombré vs Ratau:Ratau wen met agt paaltjies.

Somerliga Krieketuitslae

GRAFIKA: CRICKET JUNOON

Page 11: Wapad - 24 Februarie 2011

In watter jaar is die eerste Superrugby toernooi, die Super 10, gespeel? (1992)

Watter span het die meeste Superrugby titels? (Canterbury Crusaders, 7 titels)

Watter twee spanne was die eerste Suid-Afrikaanse spanne wat in ’n Super 14-finaal was? (Blou Bulle en Haaie)

Wat was die naam van die SA-span wat opgebreek het om twee nuwe spanne vir die Super 14 te vorm? (Cats)

Watter lande vorm deel van die Superrugbyreeks? (Suid-Afrika, Australië en Nieu-Seeland)

Wie het die eerste Superrugby toernooi in 1993 gewen? (Transvaal)

Twee lande het ’n ekstra span ingeskryf vir die Super 14. Wie was hulle? (Suid-Afrika: Cheetahs, Australië: Western Force)

Wie is die huidige Superrugby kampioene? (Blou Bulle)

Met wie het die Melbourne Rebels gekompeteer vir plek in die nuwe Super 15 - toernooi? (Suid-Afrika se Southern Kings)

Wie het in die finaal van die Super 14 - toernooi in 2010 gespeel? (Blou Bulle en Vodacom Stormers)

9 9

SPORT | 1124 FEBRUARIE 2011

OFFFACEANDRIES HEYDENRYCH

Wanneer ons praat van Superrugby verwys ons na die jaarlikse rugby- geleentheid wat almal op die punte van hulle stoele hou.

Ons toets hierdie week die

Superrugby kennis van die sport HK-lede van Thaba-Jäh (Alwyn van der Lith) en Villagers (Conrad Lombaard).

Vind uit wie van hierdie twee dorpskoshuise ken hulle Superrug-by die beste. Alwyn Conrad

SUPERRUGBY

The Golf ShopDriving Range

PromosieKoop ’n emmer balle vir slegs R25-00 en kry ’n

gratis bier.Elke Donderdagaand by Potch Buite klub vanaf

17:00 – 19:30

SIEN JULLE DAAR!

Dorpskoshuise weer beste swemmers

UITSLAE

Patria het oor die afgelope sewe jaar vyf keer die eerste-jaarsrugby gewen.

Mans:1. Villagers2. Veritas3. Heimat4. Over de Voor5. Excelsior

Dames:1. Bellatrix2. Oosterhof3. Karlien4. Minjonet5. Wanda

CARLI KOCH

Villagers en Bellatrix het weer die eerstejaarswem op Dinsdag 8 Februarie gewen.

Cassy Keatin van Villagers en Alrie de Beer van Ooster-hof het uitgeblink.

Keatin, wat by Ryk Neeth-ling se swemskool ingeskryf

Patria het vanjaar die sege gevier oor Over-de-Voor in die eerstejaarsrugby. FOTO: FRANK DUVENHAGE

Mans B-liga

Mans A-ligaDames A-liga

Dames B-liga

Pluimbal speel kwarteindrondtes

BellatrixMinjonetVergeet-My-NieKasteelHeideDinkiWandaKarlien

Huis RepubliekVergeet-My-NieKlawerhofHeideEikenhofOosterhofBellatrixKarlien

HeimatExcelsiorCaputHombréPatriaVillagersOversVeritas

VeritasExcelsiorHeimatOversHombréVillagersThaba-JähRatau Lebone

Patria gaan huis toe met die trofeePatria gaan huis toe met die trofeeCARLI KOCH

Patria het vanjaar se eerste-jaarsrugbytoernooi gewen deur Over de Voor met 15-0

te klop in die finaal op die Fanie du Toit se A-veld.

Patria het die skare vermaak met hulle vinnige agterlyn spel en ook twee drieë gedruk in die proses.

In die 12de minuut van die wed-stryd was dit Louw Swanepoel,

wat die eerste drie aangeteken het.

Wynand Olivier het ’n verdere 5 punte bygevoeg terwyl Louis Vorster die res van die punte bymekaar gemaak het vir Patria met sy skopvoet.

Patria het die finaal bereik deur met De Wilgers sowel as Heimat af te reken.

Volgens die skeidsregter van die wedstryd, Oregopotse Ramet-si, was dit ’n harde wedstryd vir

beide spanne en daar is met baie deursettingsvermoë gespeel.

Die eerste helfte van die wed-stryd was vir Rametsi goed gespeel, maar teen die tweede helfte het die ouens krag verloor, maar gelukkig later in die wed-stryd teruggeveg.

Afrigters van Patria, Wilco de Wet, Zander Erasmus en John van der Merwe is trots op die werk wat hulle as afrigters ingesit het en wens Over de Voor geluk. Hulle

sê ook dankie aan die Here vir die geleentheid wat vir hulle gegee is om die wedstryd te kon wen en het hard gewerk om die “koppie” huis toe te vat. Bjorn Bernard en Jan Ras van der Linde, afrigters van Over de Voor, sê dat Patria baie mooier met die bal gehard-loop het en die beter span op die veld was.

Die man van die wedstryd, vol-gens Rametsi, was Tienie van Wyk van Patria.

was, mik om vir die 2012 Olim-piese Spele te kwalifiseer.

Die Puk swemspan het verlede jaar algeheel sesde uit dertien universiteite by die jaarlikse swemgala geëindig.

"Ons mikpunt is om onder die top vyf universiteite te eindig," sê Zollie Nebe, Puk-afrigter.

Dié twee maak dit moontlik.

Page 12: Wapad - 24 Februarie 2011

Huil Puk, huil Puk, huil Puk :(

STEPHANUS BEZUIDENHOUT

BYNAAM: StoofSKOOL: HTS Potch ‘04POSISIE: PropHOOGTE: 1.85mGEWIG: 128kg

NIËLL JACOBS

BYNAAM: NiëllSKOOL: Affies ‘06POSISIE: LosskakelHOOGTE: 1.86mGEWIG: 92kg

SAVVAS NEL

BYNAAM: SavvasSKOOL: Potch Gimnasium ‘04POSISIE: Los voorspelerHOOGTE: 1.86mGEWIG: 103kg

KEMPIE RAUTENBACH

BYNAAM: KempieSKOOL: Afrikaans Hoër Seunsskool ‘06POSISIE: SenterHOOGTE: 1.89mGEWIG: 93kg

DEWALD COETZEE

BYNAAM: CoetzeeSKOOL: Wonder-boom ‘05POSISIE: StutHOOGTE: 1.94mGEWIG: 135kg

MARTHINUS DREYER

BYNAAM: DreySKOOL: Wonder-boom ‘06POSISIE: StutHOOGTE: 1.85mGEWIG: 119kg

JOHN WELTHAGEN

BYNAAM: JohnnySKOOL: Afrikaans Hoër Seunsskool ‘09POSISIE: LosskakelHOOGTE: 1.88mGEWIG: 90kg

TERSHWIN RAUBENHEIMER

BYNAAM: All-StarSKOOL: Paul Roos ‘08POSISIE: VleulHOOGTE: N/AGEWIG: N/A

HENRI SCHARNECK

BYNAAM: PensSKOOL: HTS Vereeniging ‘07POSISIE: StutHOOGTE: 1.90m GEWIG: 115kg

THABO MAMOJELE

BYNAAM: ThaboSKOOL: Patriot High School ‘05POSISIE: Flank/SlotHOOGTE: 1.95m GEWIG: 110kg

ANDREW VAN WYK

BYNAAM: DrewSKOOL: Diamantveld ‘07POSISIE: VleulHOOGTE: 1.77m GEWIG: 85kg

CECIL DUMOND

BYNAAM: Cecil DumonsterSKOOL: Orkney ‘06POSISIE: LossakelHOOGTE: 1.79m GEWIG: 84kg

RYNHARDT LANDMAN

BYNAAM: LigtoringSKOOL: Despatch High School ‘04POSISIE: SlotHOOGTE: 1.96m GEWIG: 114kg

JOHANNES ROSE

BYNAAM: JanSKOOL: Vryburg HSPOSISIE: SlotHOOGTE: 1.88m GEWIG: 102kg

CHRISTIAAN SCHOONRAAD

BYNAAM: ChrisSKOOL: Volkskool Potch ‘08POSISIE: HakerHOOGTE: 1.77m GEWIG: 101kg

JOHANN LAKER

BYNAAM: JohannSKOOL: Paul Roos Gimnasium ‘06POSISIE: SkrumhalfHOOGTE: 1.77m GEWIG: 84kg

WILLEM BARNARD

BYNAAM: BrakkiesSKOOL: Upington HS ‘06POSISIE: HeelagterHOOGTE: 1.84m GEWIG: 89kg

RUAN JACOBS

BYNAAM: RuanSKOOL: Affies ‘06POSISIE: SenterHOOGTE: 1.84m GEWIG: 91kg

VICTOR KRUGER

BYNAAM: VictorSKOOL: Strand HS ‘07POSISIE: SlotHOOGTE: 1.99m GEWIG: 112kg

JOHANNES SEERANE

BYNAAM: JoeSKOOL: Merensky HS ‘06POSISIE: VleulHOOGTE: 1.72m GEWIG: 83kg

JOHAN OBERHOLZER

BYNAAM: JCSKOOL: Jan Viljoen High ‘07POSISIE: HakerHOOGTE: 1.78m GEWIG: 108kg

GEORGE TOSSEL

BYNAAM: The Big ShowSKOOL: HTS Mid-delburg ‘06POSISIE: SenterHOOGTE: 1.93m GEWIG: 107kg

TIAAN DORFLING

BYNAAM: George SKOOL: Framesby ‘08POSISIE: VleulHOOGTE: 1.75m GEWIG: 81kg

JOHANNES PRETORIUS

BYNAAM: SpannerSKOOL: Klerksdorp High ‘05POSISIE: Los voorspelerHOOGTE: 1.90mGEWIG: 102kg

SportSport24 FEBRUARIE 2011/ VOL 3

LODEWYK UYS

Februarie 2011 is beslis nie een van die maande wat sal afgaan in die geskiedenis van Puk rugby

as een van die bestes nie.Slegs ’n week na een van die NWU-

Puk se grootste nederlae teen die Universiteit van Stellenbosch, het die Puk teen die Universiteit van Kaapstad (Ikeys) te staan gekom. Die Puk het die wedstryd op ’n goeie noot begin toe heelagter, Willem Barnard, in die hoekie oorgeduik het. Die gees was egter vinnig gedemp toe Ikeys begin terugveg.

Hoewel die wedstryd op Valentyns-dag gespeel was, het Ikeys geen tyd gehad vir enige liefdestoertjies nie en het met gemak met 36 punte teenoor 8 gewen.

“Daar word met hart en siel gespeel, maar die afronding is net nooit daar nie,” het ’n tweedejaarstudent van die Puk gesê.

Die Pukke het Maandag die Uni-versiteit van Pretoria aangevat. Waar daar minstens hart en siel die vorige week was, was daar niks te siene in die wedstryd teen Tukkies nie. Swak besluitneming, geen kontinuïteit en swak bal besit deur die Pukke het vir

LANDMAN

KAPTEIN PUK-SPAN

FOTO:MARIO VAN DE WALL

Inligting verkry by www.varsitycup.co.za

FOTO: CARLI KOCHBINNEBINNE1STEJAARS SWEM HUL HARTE UIT 215215

Tukkies die kans gegee om met 35 punte teenoor 10 te seëvier.

Drie weke in die Varsity Cup kompetisie in en die Pukke het slegs 3 drieë gedruk. Met geen bonuspunte en geen punte op die punteleër nie, sukkel die Puk steeds om aan die wenkant te kom. Die vraag op almal se lippe is natuurlik: Waar lê die fout?

“Ondersteuners wat vroeg loop van ’n wedstryd af hoort nie op die Puk nie. Waar is die dae toe Puk se eerste- span ’n verskrikking was op ’n rugbyveld,” het ’n opko-mende skeidsregter (wat anon-iem wil bly), van die Luiperds Rugby-unie, gesê.

Daar word met hart en siel gespeel, maar die afronding is net nooit daar nie.

FOTO:MARIO VAN DE WALLPuk1 tydens ’n taai wedstryd teen Ikeys verlede Maandag.