Wapad - 14 Mei 2015

12
SMS 31750 Teken in vir Wapad® se nuusbrief http:// bit.ly/wapadnuusbrief Iets om te sê? met die woord ‘wapad’ vooraan 11 WAPAD® IS DIE STUDENTEKOERANT VAN DIE NWU-POTCHEFSTROOMKAMPUS JAARGANG 69 SMS-LYN 31750 MET WOORD ‘WAPAD’ VOOR [email protected] 14 Mei 2015/ VOL 6 LEES JOU KAMPUS MARNUS KOK P rof Dan Kgwadi, visekan- selier van die Noordwes- Universiteit (NWU), het die studente van die Potchef- stroomkampus verlede week ty- dens die etensuur in die amfi- teater toegespreek. Dit was deel van ’n reeks gesprekke wat hy op die verskil- lende kampusse hou om sy visie vir die NWU uit te stip. Kgwadi het kortliks verwys na die eerste tien jaar sedert same- smelting en het beklemtoon dat die universiteit goed funksioneer. Hy het egter gesê dat om “die NWU na ’n hoër vlak te neem is dit belangrik dat ons strategie heroorweeg word”. Een van die strategiese planne op die tafel is om die bestuur van die drie kampusse wat tans apart funksioneer te sentraliseer. Hy het sy plan om weg te doen met kampuseiename soos Puk en Unibo (Universiteit van Bophuthatswana, wat ná die same- smelting in 2004 die Mafikeng- kampus geword het), gemotiveer deur te sê dat hy ’n “universiteit nastreef wat as een handelsmerk funksioneer”. “Een handelsmerk moet ook een akademiese standaard beteken,” het hy gesê, verwysend na die verskil wat in die kwalifikasies onder die verskillende kampusse voorkom. Hy het weer onderstreep dat die “studentelewe en koshuislewe van die onderskeie kampusse nie in gedrang is nie”. Die vraesessie is deur Paul Maritz, SR: Finansies begin wat gevra het hoekom die Potchef- stroomkampus minder NSFAS-be- fondsing as die ander twee NWU- kampusse kry, “as ons almal dan gelyk is”. Daarop het Kgwadi geantwoord dat dit weens die groter behoefte by die ander kampusse is. Hy het egter onderneem dat hulle onder- soek sal instel om die gelyke verdeling van fondse te verseker. ’n Swart student het gesê: “Ons voel onwelkom hier.” Kgwadi het hom geantwoord dat almal wel- kom moet voel. “Taal moet nie- mand by die universiteit uitsluit nie.” ’n Oproerige student het gevra hoekom Kgwadi verskonend op- tree. Volgens hom moet “die naam van die kafeteria (SS) verander word omdat dit onderdrukkend is”. Dié opmerking het studente laat uitbars van die lag. Toe die student apartheid by sy relaas inbring het baie studente uit pro- tes opgestaan en die vergadering verlaat. Kgwadi het op die opmerk- ing van ’n student wat gevra het hoekom ons ons met politiek besig hou, geantwoord dat “toegang ’n politieke kwessie is”. Ter afsluiting het hy ná baie stu- dente reeds geloop het, gesê: “Ons wil julle ambassadeurs vir die uni- versiteit maak”. Kgwadi-praatjie ontlok gemengde reaksies Hooffoto: Prof Dan Kgwadi spreek NWU-Pukstudente toe oor sake rakende die nuwe sentralisasieprogram. Links-onder: Dié student het nie sy naam geï- dentifiseer toe ’n vraag aan Kgwadi gestel het nie. Wapad kon hom nie ná die massavergadering in die hande kry nie. FOTO'S: Ida Steenkamp 'Hulle torring aan ons goed' - Studente maak stemme dik MARNUS KOK Teen die agtergrond van die moontlike sentralisasie van die Noordwes-Universiteit (NWU) se drie kampusse het ’n groep stu- dente van die NWU-Pukkampus verlede Vrydag tydens die eten- suur ’n protesoptog gehou. Dié optog is sonder die medewete van die Studenteraad gehou. Sowat 100 studente het deur die kampus gery in voertuie met plakkate wat hul ongeluk- kigheid oor die stand van sake uitgebasuin het. Van die plakkate het gelui: “Eenmaal ’n Puk, altyd ’n Puk” en “NWU skisofrenies”. ’n Onbekende student in een van die motors het op die vraag oor hoekom hulle die optog hou, gesê dat “hulle aan ons goed tor- ring”. Hans Gildenhuys, ’n vierdejaar LLB-student, wat ook aan die op- tog deelgeneem het, het gesê hulle is “teen die aanval op Afrikaans en moontlike beleidsverander- ing (sic)”. Hy sê die studentestem moet gehoor word en in “besluite geken moet word.” Gildenhuys vra verder hoekom daar verander wil word aan ’n bestuursmodel wat suksesvol is. “Hulle moet bewys dat die nuwe (beoogde) bestuursmodel ’n posi- tiewe verskil gaan maak. Dit kon hulle nog nie bewys nie.” Hy het verder benadruk dat geen derde party by die protesop- tog betrokke was nie. “Ons is bloot ’n klomp studente wat bymekaar gekom het wat ongelukkig is met die stand van sake.” Gildenhuys het gesê dat nog toekomstige protestogte nie uit- gesluit is nie. “Ons het die bewus- making gekry wat ons wou.” Van die betogers. Foto: Marnus Kok SPORT K&V 6

description

In hierdie uitgawe / In this issue: - Kgwadi-praatjie en studente se reaksies - Diversity and xenophobia survey - Nataniël: 'Studentedae is vir droogmaak' - DIY: knit your own beanie - Opinie: Waldimar Pelser - Varsity Hokkie-treurmare

Transcript of Wapad - 14 Mei 2015

Page 1: Wapad - 14 Mei 2015

SMS 31750 Teken in vir Wapad® se nuusbrief http://bit.ly/wapadnuusbrief

Iets om te sê? met die woord ‘wapad’ vooraan

11 WAPAD® IS DIE STUDENTEKOERANT VAN DIE NWU-POTCHEFSTROOMKAMPUS JAARGANG 69 SMS-LYN 31750 MET WOORD ‘WAPAD’ VOOR [email protected]

14 Mei 2015/ VOL 6

LEES JOU KAMPUS

MARNUS KOK

Prof Dan Kgwadi, visekan-selier van die Noordwes-Universiteit (NWU), het

die studente van die Potchef- stroomkampus verlede week ty-dens die etensuur in die amfi- teater toegespreek.

Dit was deel van ’n reeks gesprekke wat hy op die verskil-lende kampusse hou om sy visie vir die NWU uit te stip.

Kgwadi het kortliks verwys na die eerste tien jaar sedert same-smelting en het beklemtoon dat die universiteit goed funksioneer.

Hy het egter gesê dat om “die NWU na ’n hoër vlak te neem is dit belangrik dat ons strategie heroorweeg word”.

Een van die strategiese planne op die tafel is om die bestuur van die drie kampusse wat tans apart funksioneer te sentraliseer.

Hy het sy plan om weg te doen met kampuseiename soos Puk en Unibo (Universiteit van Bophuthatswana, wat ná die same-smelting in 2004 die Mafikeng-kampus geword het), gemotiveer deur te sê dat hy ’n “universiteit nastreef wat as een handelsmerk funksioneer”.

“Een handelsmerk moet ook een akademiese standaard beteken,” het hy gesê, verwysend na die verskil wat in die kwalifikasies onder die verskillende kampusse voorkom.

Hy het weer onderstreep dat die “studentelewe en koshuislewe van die onderskeie kampusse nie in gedrang is nie”.

Die vraesessie is deur Paul Maritz, SR: Finansies begin wat gevra het hoekom die Potchef-stroomkampus minder NSFAS-be-fondsing as die ander twee NWU-

kampusse kry, “as ons almal dan gelyk is”.

Daarop het Kgwadi geantwoord dat dit weens die groter behoefte by die ander kampusse is. Hy het egter onderneem dat hulle onder-soek sal instel om die gelyke verdeling van fondse te verseker.

’n Swart student het gesê: “Ons

voel onwelkom hier.” Kgwadi het hom geantwoord dat almal wel-kom moet voel. “Taal moet nie-mand by die universiteit uitsluit nie.”

’n Oproerige student het gevra hoekom Kgwadi verskonend op-tree. Volgens hom moet “die naam van die kafeteria (SS) verander

word omdat dit onderdrukkend is”.

Dié opmerking het studente laat uitbars van die lag. Toe die student apartheid by sy relaas inbring het baie studente uit pro-tes opgestaan en die vergadering verlaat.

Kgwadi het op die opmerk-

ing van ’n student wat gevra het hoekom ons ons met politiek besig hou, geantwoord dat “toegang ’n politieke kwessie is”.

Ter afsluiting het hy ná baie stu-dente reeds geloop het, gesê: “Ons wil julle ambassadeurs vir die uni-versiteit maak”.

Kgwadi-praatjie ontlok gemengde reaksies

Hooffoto: Prof Dan Kgwadi spreek NWU-Pukstudente toe oor sake rakende die nuwe sentralisasieprogram. Links-onder: Dié student het nie sy naam geï-denti�seer toe ’n vraag aan Kgwadi gestel het nie. Wapad kon hom nie ná die massavergadering in die hande kry nie. FOTO'S: Ida Steenkamp

'Hulle torring aan ons goed' - Studente maak stemme dikMARNUS KOK

Teen die agtergrond van die moontlike sentralisasie van die Noordwes-Universiteit (NWU) se drie kampusse het ’n groep stu-dente van die NWU-Pukkampus verlede Vrydag tydens die eten-suur ’n protesoptog gehou.

Dié optog is sonder die medewete van die Studenteraad gehou. Sowat 100 studente het

deur die kampus gery in voertuie met plakkate wat hul ongeluk-kigheid oor die stand van sake uitgebasuin het. Van die plakkate het gelui: “Eenmaal ’n Puk, altyd ’n Puk” en “NWU skisofrenies”.

’n Onbekende student in een van die motors het op die vraag oor hoekom hulle die optog hou, gesê dat “hulle aan ons goed tor-ring”.

Hans Gildenhuys, ’n vierdejaar

LLB-student, wat ook aan die op-tog deelgeneem het, het gesê hulle is “teen die aanval op Afrikaans en moontlike beleidsverander-ing (sic)”. Hy sê die studentestem moet gehoor word en in “besluite geken moet word.”

Gildenhuys vra verder hoekom daar verander wil word aan ’n bestuursmodel wat suksesvol is. “Hulle moet bewys dat die nuwe (beoogde) bestuursmodel ’n posi-

tiewe verskil gaan maak. Dit kon hulle nog nie bewys nie.”

Hy het verder benadruk dat geen derde party by die protesop-tog betrokke was nie. “Ons is bloot ’n klomp studente wat bymekaar gekom het wat ongelukkig is met die stand van sake.”

Gildenhuys het gesê dat nog toekomstige protestogte nie uit-gesluit is nie. “Ons het die bewus-making gekry wat ons wou.” Van die betogers. Foto: Marnus Kok

SPORT K&V 6

Page 2: Wapad - 14 Mei 2015

Nuus 2 14 Mei 2015

InterkampusInterkampusSAAMGESTEL DEUR INGE JANSE VAN RENSBURG

Wits:

Universiteit sluit aan by wêreldwye vroueregtebewegingDie Universiteit van die Witwatersrand (Wits) het sowat twee weke gelede aangekondig dat die uni- versiteit by die vroue van die Verenigde Nasies (VN) se HeForShe IMPAK 1 0 x 1 0 x 1 0 v e l d t o g , g a a n a a n s l u i t .

Dit maak dié universi-teit een van 10 univer-siteite regoor die wêreld

wat onder neem om geslagsgelykheid binne en buite die universit-eit se instelling te bereik.Hierdie werk sal gedoen word in vennootskap met die VN Vroue om geslagsgelykheid en die bemagtiging van vroue te bevorder en bewerkstellig.

– Wi t s

Ikeys:Eerste vroulike dekaan in haar fakulteit

studente in staat stel om onderrigvaardighede aan te leer en te ontwikkel. Sy het ook as kampvegter in transformasie-inisiatiewe opgetree deur vier nuwe akademiese poste in die departement te stig, waar-van drie deur swart Suid-Afrikaners gevul is.

“EBE speel ’n belang-rike rol in die proses van die oplossing vir globale probleme van die 21ste eeu,” het Lewis gesê.

– Universiteit van Kaapstad

Die Universiteit van Kaap-stad (UK) het prof Alison Lewis as dekaan van die Fakulteit Ingenieurswese en Bou-omgewing (EBE) aangestel. Sy is die eerste vrou om só ’n aanstelling te ontvang en sal haar nu- we posisie volgen-de maand inneem.

In sy aankondiging van dié aanstelling het die visekanselier, dr Max Price, haar geprys vir haar “vernuf en innove-rende benadering”.

Lewis het al projekte ge-fasiliteer wat nagraadse

SUT:Studente kop op vir Afrikane

fers wat Afrika-burg-ers is, te ondersteun.

A k h o n a Ko m e n i , studenteraadvoorsitter van SUT se Bloemfontein- kampus, het gesê dat Suid-Afrikaners hul geskiedenis en die rol wat ander lande in die stryd teen apartheid gespeel het, moet verstaan: "Ons is eers Afrikane, dan mense. As SUT, sê ons nee vir xenofobie! "

– S U T

Die Sentrale Universiteit van Tegnologie (SUT) het verlede maand saam met massas Suid-Afrikaners aan ’n optog vir die stryd teen xenofobiese en afro-fobiese (vrees vir swart mense) deelgeneem.

Universiteitsvergade-rings was op beide kam-pusse (Bloemfontein en Welkom) gehou om die toename in sinnelose en gewelddadige aanvalle teen onskuldige slagof-

Rings are really just thingsHEINZ SCHOEMAN-STRUWIG

Every girl dreams of the day her knight in shining armour kneels on one knee and pulls out a diamond ring, asking for her hand in marriage. Using rings for symbolic purposes has been a tradition in many cultures for centuries. It originally dated back to ancient Rome where it was believed that the ring finger contained a vein that led straight to the heart.

Diamonds were first found in South Africa in 1866 and the first use of a diamond ring to signify engagement was by an Archduke in Austria. This then influenced those of higher social class and of significant wealth to give diamond rings to their loved ones.

Rings themselves have however transcended in style from the traditional bands to retro rings with intricate designs and, such as Lady Gaga recently demonstrated, a gigantic heart shaped diamond.

Each girl has her own idea of a dream ring. Elizmia Roux, an engaged first year BA Psychology and Labour Relations student, said that her dream ring would be “white gold, small and finely decorated with smaller diamonds that can catch the eye”.

However, a popular YouTube channel, College Humour, has recently brought it to the attention of some 6 million viewers that engagement rings are in fact a scam.

Yes, my dearest lady reader, your dream diamond (or an expensive hunk of crystallised carbon) ring as it turns out was purely a way of scamming your husband, and yes dearest male readers, most of you fell for the scam.

In 1938 the diamond cartel De Beers began a marketing campaign that revolutionised marriage forever.

Pre – 1930’s rings were rarely used for engagements and due to the economic downturn of the Great Depression in the 1930’s De Beers started a campaign stating that the only way for a man to show his true love for a woman was to buy her a diamond ring.

Just about every part of the engagement process was redesigned by De Beers to create more wealth for them, for example De Beers stated that the ring should be worth two months of the husband’s salary.

Another interesting part of a diamond is that they are intrinsically worthless. In fact by 1872 South Africa’s outputs from

the diamond mines exceeded one million carats per year.

De Beers, due to their global monopoly on diamond mining, controls what diamonds are worth by artificially restricting the supply to increase prices.

In 1947 they coined the term "a diamond is forever" partly so that owners of diamonds won’t attempt to resell them due to their decrease in value.

Ultimately, the De Beers campaign sought to persuade the consumer that an engagement ring is indispensable and that a diamond is the only acceptable stone for an engagement ring.

So thanks to a century of marketing, the tradition has been formed so deeply in cultures that no matter these facts engagement rings are still formally used. So don’t think you can pass buying a ring guys, seriously, try going on one knee without one.

We doubt she’ll be impressed, as proven by Hanelie van Rensburg, a first year BCom Economics, Risk and Investment Management student, who said that she’d want an engagement ring because “if you really love a girl you’ll want to show everyone and what better way to do it than with a sparkly diamond ring?”

If you like it, then you should'a put a ring on it

SS complaints continuePHOTO: Alta GrundlinghNWU-Puk students have mixed feelings regarding SS-food.

Maties:

US kry nuwe rektorDie Raad van die Univer-siteit Stellenbosch (US) het die afgelope week vir prof Wim de Villiers, De- kaan van die Universi-teit van Kaapstad (UK) se Fakulteit Gesondheids-wetenskappe, as nuwe rektor en visekanselier van die US ingehuldig

De Villiers (55), ’n Matie-alumnus en mediese dokter wat 21 jaar lank in Enge-land en Amerika gestudeer en gewerk het, volg die wyle prof Russel Botman op, wat in Junie verlede jaar onverwags oorlede is.

Hy word die US se 12de

rektor (hoewel dié posbe-naming deur die jare ’n aantal kere verander het).

“Ek voel geëerd en is baie dankbaar vir dié geleen-theid,” het De Villiers oor sy aanstelling gesê.

“Stellenbosch is ’n ju-weel in die kroon van hoëronderwys in Suid-Afrika, en met die regte leiding en goeie span-werk kan ons ongek-ende hoogtes bereik.”

- Universiteit Stellenbosch

KATLEHO DAWN MEJE

Has the quality of the food of the Klipoog Cafeteria (SS) decreased when its

prices started to skyrocket? According to most students the

quality of SS food is still deterio-rating despite the fact that in the past the Klipoog Cafeteria has en- countered numerous issues regarding their meals which eventually led to students par-taking in a boycott in 2013.

Reonette Jansen, the manager of Klipoog, states that offering what the students want is of ne- cessity, “if they (the stu-dents) approach me and say: ‘this is what we are looking for’, we can always look at it”.

From the start of this year the chicken nuggets, -wraps and sandwiches had received many comments regarding their qual-ity. Jean-Marie Hamman, a second-year in BSc pharmacy, said that she used to indulge in last year’s chicken nuggets, but now faces disappointment.

According to Hamman the chicken nuggets fall apart when she eats it and the chicken and mayo sandwich does not look appealing since it is “mushy”.

“Why can’t it be decent chicken pieces with mayo spread?” Ham-man asked.

“We still use the exact same supplier for our chicken and the strips are prepared exactly the same as last year,” Jansen said.

“The suppliers give us the chicken and mayo in tubes and the equivalent amount is spread on the sandwich. If we were to make the sandwiches ourselves, it would mean students have to wait longer.”

Despite the complaints, the SS has sold approximately 4 600 chicken and mayo sandwiches this year. This amounts to about 1 150 sandwiches a month.

Jansen added that she will be meeting with the supplier and this will definitely be discussed and she will enquire feedback.

Another problem the cafeteria faces is the ratio of healthy to non-healthy foods that it stocks.

Sonette Jacobs, a BA psychol-ogy honours student, says that the SS has “a whole variety of starch, but no protein”.

“You cannot get anything that is not in a form of starch. If you want chicken, it has to be in a wrap or a roll. The SS does not have natural products for those

who want to live a healthy life-style,” Jacobs said.

According to Jansen: “Healthier options are more expensive and when ordered, students do not buy it and then it becomes a loss on our side”.

She also added that, “there are students who suffer from various sicknesses and we try to give them healthier options, but we can defi-nitely accommodate them.” They have introduced healthier pro-ducts such as Low GI sandwiches and “chips that are oven baked; not fried”.

The ready-made sandwiches that are stored in the refrigerators have a number of students bent in half with laughter. The brand will state that it is a “ham, cheese and lettuce” sandwich, but there is literally a diminutive piece of let-tuce between the two slices.

“There is a law that changed years ago that we need to declare what is in products … no matter how small the portion,” Jansen responds to this, “but if you want more lettuce, we can get it”.

Jansen urges students to bring the complaints and suggestions forward or use the “Klagte-en-Gedagte”-boxes as well as the QR-code system.

Page 3: Wapad - 14 Mei 2015

3 Nuus14 Mei 2015

Studente blameer liggelowigheid op internet

LIENEKE PIETERSE

Die meeste studente was al deur gerugte op die internet ’n poets gebak.

Sappige nuusbrokkies op sosialemedia-netwerke soos Facebook vang gereeld gebruikers uit en laat hulle glo dat dít wat hulle lees regtig die waarheid is.

Hoewel meeste studente wat deur Wapad ondervra is, dit ontken het, het Heini Smit, ’n tweedejaar regtestudent, gesê dat hy al geglo het dat ’n hoax wat as die waarheid verkondig was, régtig die Ware Jakob was.

“Ek het gelees dat Miley Cyrus aan ’n oordosis dwelms dood is en ek het dit geglo ... tot ek agtergekom het dat ek ook met die gerugte uitgevang is,” het Smit gesê.

Hy het sy liggelowigheid regverdig deur te noem die media is daarmee behep om ’n mens te laat weet dat Cyrus wél onder die invloed van dwelms is.

Nietemin het hy sy les geleer. “Ek het besef ek moet mooi dink voor ek weer glo wat ek lees.”

Tog is Smit se stelling toepaslik: Is dit die media se skuld dat mense ál hoe meer liggelowig raak?

Volgens Delia Mocanu, ’n Amerikaanse fisikus, is mense se vertroue in die hoofstroommediabronne die rede agter hul liggelowigheid. Sosiale mediaplatforms of bloot net ’n tekort aan algemene kennis kan egter ook ’n bydrae lewer.

’n Voorbeeld hiervan is die gerugte wat vroeër vanjaar die ronde gedoen het dat Eskom vir ’n nasionale verduistering wat tot twee weke kon duur gereedgemaak het. Eskom het dit egter ontken en dit as ’n hoax verklaar, maar die publiek en media was steeds onseker oor wat die ware feite is.

Wanneer inligting deur verskeie

kommunikasiekanale heen en weer as waar en vals geëtiketteer word, kan dit mense onseker laat voel oor wat om te glo.

Nietemin is sommige studente van mening dat die fout in die kuberruim lê.

“Die internet maak mense liggelowig. Mense is geneig om sulke inligting in openbare belang te glo,” het Welmarie Cousins, ’n derdejaar in BA menslike bewegingskunde, gesê.

Tog meen ander dat dié wat skepties is die fout by hulself kan soek.

Ek het gelees dat Miley Cyrus aan ’n oordosis dwelms dood is en ek het dit geglo - Heini Smit

JACO-MARI FUTCHER

Die Pro PUK-beweging wat baie aktief op sosiale media is, is daargestel

vir oud-Pukke sodat hulle vir die regte van die huidige NWU-Pukstudente kan opstaan sodat die kampuskultuur behoue bly.

Daleen Gouws, een van dié lede, het gesê: “As jy na enige universiteit regoor die wêreld gaan kyk sal jy sien dat die universiteit se alumni en oudstudente een van sy belangrikste bates is. As dit nie daar is nie, ly die universiteit baie sterk daaronder.”

Volgens Gouws het hulle “sowat ’n jaar terug met Pro-Puk begin, want ons het gevoel dat ons die kampus waar ons studeer het, wil beskerm. ”

Die Pro-Pukke is oudstudente wat saam met die Solidariteit Beweging en ander Afrikaanse universiteite werk. Van die oud-Pukke wat by Pro PUK betrokke is, is Henk Schalekamp, Dirk Hermann, Moira-Marie Kloppers en Nic Arnold.

“Ons het besluit ons stem saam oor die beginsels wat ons wil hê moet voortleef op die Puk waar ons gestudeer het,” het Gouws gesê.

Volgens Gouws het Pro-Puk nie ’n direkte verbintenis met die Noordwes-Universiteit nie.

“Ons is net ’n groep oudstudente wat ’n informele groep gestig het om Afrikaans op ons ou kampus te beskerm.”

Gouws meen dat die oud-Pukke as alumni op die kampus betrokke wil wees.

“Ons voel ons kry nie op hierdie stadium deur die raad dit reg om ons stem te laat hoor as alumni nie en dit is hoekom ons hierdie veldtog begin het.”

Volgens adv. Johan Kruger, voorsitter van die NWU-Raad, het hy geen benul gehad van die bestaan van die beweging nie en

kon dus nie kommentaar lewer in verband met die invloed van die beweging op besluitneming van die universiteit nie.

“Dit moet ’n inisiatief wees wat deur iemand gedryf word. Dit is altyd belangrik om te weet wie daar agter is om hulle te kan beoordeel,” het Kruger gesê.

Pro Puk veg vir regte

BO; Pro PUK het meer as 3 000 likes op FacebookLinks: Daleen Gouws, ’n lid van Pro PUK, ’n groep oudstudente wat vir die huidige NWU-Pukke se regte opstaan op sosiale media.

Ons kry nie op hierdie stadium deur die raad dit reg om ons stem te laat hoor as alumni nie

Skenking aan trust onder vergrootglas

JEANELLE GREYLING

Die uitslae van die eksterne onder-soek na die Noordwes-Universiteit (NWU) se R10-miljoenskenking aan ’n trust, word eers op 19 Ju-nie deur die NWU-raad bespreek, het adv. Johan Kruger, die raad se voorsitter bevestig.

R10 miljoen is tydens die ter-myn van dr Theuns Eloff, voorma-lige visekanselier, aan die North West Higher Education Trust (NWHET) geskenk. Beeld het berig dat dié trust op inisiatief van Eloff gestig is “as ’n onafhanklike liggaam om geld vir die NWU en ander hoëronderwysinstellings in die Noordwes te genereer”.

Ná sy uittrede het Eloff egter by Dabiko, ’n konsultasiefirma en konsultant van die trust, aanges-luit. Dié assosiasie het vrae oor die goedkeuring van die skenking geopper.

Eloff het gesê hy kan geen kom-mentaar lewer nie, aangesien dit sub judice is. Hy het egter verlede jaar reeds ’n brief geskryf waa-rin hy die korrekte stappe van dié skenking aan die raad verduidelik het. Wapad kon dit nie teen druk-tyd onder oë kry nie.

Intussen is die Valke ook besig om dié bewerings te ondersoek.

Volgens Brig. Hangwani Mu-laudzi, die Valke se woordvoerder, is die ondersoek in ’n vroeë sta- dium en hy kan daarom nie enig-iets verder verklap nie.

Hoewel die NWU-raad die uit-slae eers in Junie bespreek, het die uitvoerende komitee reeds die uitsiftingswerk gedoen. Kruger,

“Ek dink mense is liggelowig oor die algemeen, die internet beïnvloed dit nie. Ek is juis bang om iets te glo wat ek op die internet lees,” het Lynette Strydom, ’n derdejaar BA kommunikasiestudent, gesê.

Nóg ’n mening onder studente is dat sosiale media onbetroubaar is.

“Ek glo net nuus as ek dit op televisie sien of op die radio hoor. Nadat ek ook die storie oor die nasionale verduistering geglo het, het ek my vertroue in sosiale media verloor,” het Daleen de Beer, ’n derdejaar BSc verbruikerswetenskappestudent, gesê.

wat op dié komitee dien, het gesê dit is ’n “lywige verslag” van so-wat 100 bladsye.

Dié komitee gaan die kernsake en hul aanbevelings aan die raad van sowat 40 mense voorlê. “Só ’n klomp mense kan tot twee weke neem om ’n besluit te neem,” het Kruger gesê.

Alumni is belangrike bate vir universiteit

FOTO: Netwerk24Dr Theuns Eloff, voormalige visekanselier.

Volgens Pro-Puk se Facebook-bladsy is die beweging Pro-Afrikaans en fokus nie net op die Puk nie, hulle wil Afrikaans op alle universiteite ondersteun en beskerm.

Gouws voel dit is belangrik vir oud-Pukke om op te staan om

die huidige studente se regte te beskerm.

“Ons is baie suksesvol. Ons sien dit deur ons deelname van huidige studente en van oudstudente wat opstaan om Afrikaans te beskerm. Ons is baie ernstig daaroor en as alumni het ons definitief ’n stem en ’n betrokkenheid by die kampus. “

Gouws verneem die Pro-Puk Facebook-blad bestaan hoofsaaklik uit nuus wat van belang is vir enige belanghebbendes van die universiteite van Suid-Afrika.

“Dit is oorspronklike nuus wat in die media daar buite is. Die publikasies is oor die algemeen beskikbaar aan die publiek, ons deel slegs die nuus.”

Gouws se opinie teenoor die moontlike naamsverandering van die NWU-Puk is baie negatief. Sy het uitgewys dat dit slegs haar gevoel is en dat dit nog nie deur Pro-Puk se raad bespreek is nie.

“My algemene gevoel is dat dit ’n onnodigheid is nes alle an-der naamsveranderinge in ons land. Wat gaan dit teweegbring? Dit gaan aan die kultuur van die kampus verander. Dit gaan die gemeenskaplike kultuur van die kampus beïnvloed.”

Page 4: Wapad - 14 Mei 2015

Nuus4 14 Mei 2015

PDA: Get a room!

Jy doen dit, jou vriende doen dit, jou klasmaats doen dit. Soms doen jy dit skelm, soms nooi jy baie mense om te kom kyk.

Punt bly staan: almal doen dit. En almal kry so ’n skewe glimlag op hul bak-

Maar eers . . . series.ARISA JANSE VAN RENSBURG

Karel van der Walt Tweedejaar BIng meganies

“Ek kyk op die oomblik Friends, omdat dit vir my ’n goe-ie voorbeeld is van hoe vriend-skappe moet lyk en ek glo dis waarna elke mens smag. Dit is baie snaaks en die akteurs kom goed oor die weg.”

Jancke Pretorius Eerstejaar BA geogra�e en geestesweten-skappe

“Blue Mountain State – dit het nou al vir my ’n gewoonte ge-word om dit elke aand te kyk. Ek geniet dit veral omdat die karak-

ters baie snaaks is.”

Mmabatho Motloung Second year Human movement science and psychology

“I am a very big Game of Thrones fan. To me it’s very in-triguing and scandalous. I can-not wait for every new episode

to come out.”

Alex Kaufmann Tweedejaar BA kommunikasie

“Ek’s mal oor Desperate Hous-wives. Dit is vir my baie inspir-erend en ek trek nou al by die

derde seisoen in die reeks.”

Mosa Matshego Fourth year Human movement science and psychology

“The Boondocks – It’s a real-ly funny cartoon. I watch it ev-ery day because I enjoy a good

laugh.”

Charléne van den Berg Derdejaar BEd intermediêr- en seniorfase

“Pretty Little Liars is vir my baie opwindend en span-ningsvol. Ek kyk dit sodra elke nuwe episode uitkom.”

kies as jy hulle daarmee konfron-teer. Die reine waarheid: Almal kyk series terwyl hulle eintlik moet leer. Wapad het ’n paar studente met die waarheid gekonfronteer en uitgevind watter series hulle aan-dag in die eksamentyd aflei.

HEINZ SCHOEMAN-STRUWIG

NWU-PUK is known as the place where one can find their true love, why

else would we have a walkway specifically named Lover’s Lane?

No, PDA is not a document type but rather an abbreviation for Public Displays of Affection.

There are many ways one can show your affection for your sig-nificant other, but should this af-fection be shown behind closed doors or can it be displayed in the open?

On our multicultural campus we have several culture groups that all have different says regard-ing what they consider acceptable.

Hermann Kleinert, a first-year in BA psychology and sociology, said: “As long as the PDA doesn’t make the surrounding people un-comfortable it would be accept-able.

“The setting plays a large role in distinguishing the acceptabil-ity of the PDA.”

There is, however a psychologi-cal reasoning behind these public affections. The theory of social

identity is one of Henri Tajfel’s greatest contributions to psychol-ogy. “Social identity is a person’s sense of who they are, based on their group membership.” Tafjel proposed that the groups like our social class, family or rugby teams are an important source of pride and self-esteem.

“Groups give us a sense of so-cial identity: a sense of belonging to the social world.”

There are three mental process-es that take place: social categori-zation, social identification and social comparison.

In social identification we tend to adopt the identity of the group we categorize ourselves in, mean-ing if we categorize ourselves as students we do what we believe students do, including relation-ships.

In the social comparison we are forced to compete in order to maintain self-esteem. Now what better way is there to increase so-cial rank then to prove someone loves you?

Enrike Koekemoer, a first-year in BA law, said: “Everyone has the right to give expression of their

emotions, as long as they consider those around them.”

According to Vidette Jansen van Vuuren, a first-year in BA psychology and sociology: “PDA can be cute and it makes me hap-py to see people that are happy. But they shouldn’t push it by get-ting too ‘touchy’.”

What is and isn’t acceptable

Holding hands is a great way of showing your love, as long as you don’t clog the walk-ways preventing others from getting to class.

As long as your kissing would be suitable for a PG-rated movie, no-one can really hassle you for it. But prevent it from turning into a steamy make-out session.

In regards to noises, if you are making any explicit noises you’re most likely doing PDA very wrong!

Basically it’s important to think before acting, keep those around you in mind and be considerate.

PDA (Public Displays of Affection) can sometimes go too far. PHOTO: Lize Lombard

FOTO'S: Devan du Toit

Page 5: Wapad - 14 Mei 2015

5 14 Mei 2015 Nuus

LOUISE MAGANGA

After years of unsuccessful events and neglect, the Cercle Français’ society is making every effort this year to organize social parties where the locals of Potchefstroom can interact in French.

The next event, a soiree cinema, is held next Wednesday, 20 May, in E9-G01.

Today le Cercle Francais is not just about promoting the French culture among students, but the society also gathers off-campus French speakers and creates an area where they can freely speak French.

In collaboration with Al- liance Francais, this society organizes monthly events attracting people from countries like Belgium, Cameroon, Congo, Gabon, France and Ruanda.

According to Ruan Fourie, the current president, they want to create an environ- ment of mutual learning and understanding, “where people who have French as a subject and do not speak it as a home language can speak it freely”. They will be comfortable to make mistakes in an environment where people who speak it as a home language can correct them without judgement

MARNUS KOK

Xenofobiese-aanvalle in Suid-Afrika oorheers tans die nuus. Gevalle van verskrikte winkeleienaars wat hulle goedere in bakkies laai en laat spaander tot buitelanders wat vergelding van woedende Suid-Afrikaners vrees het ’n algemene prentjie in koerante geword.

Die brandpunte is Gauteng en KwaZulu-Natal.

Tog is daar ook in Potchefstroom baie buitelandse winkeleienaars wat uit onder andere studente ’n bestaan maak, soos Muhammad Riaz, eienaar van Fast Fixer Specialist op die Bult.

Met sy grys baard staan Riaz trots in sy winkel. Vir die afgelope vyf jaar doen hy hiér sake in ’n dorp wat wêrelde verwy- derd is van Lahore in Pakistan waar hy vandaan kom.

The (new) French revolution

Slagoffers van xenofobie: SA nié almal se oester

Diversity and xenophobia on campus: what the students thinkHELEEN ROSSOUW AND ALTA GRUNDLINGH

Wapad surveyed stu-dents of the NWU-PUK campus last week to find

out how students of different races perceived the diversity on campus.

The survey included the races of black, Indian, white and co-loured students.

Three people of each race were interviewed at random with regards to their thoughts on general issues that have risen within South Africa’s political landscape.

Their answers paint a brighter picture as to how our nation’s multi-cultural character is por-trayed on this campus.

What comes to mind when you hear rainbow nation and South Africa in the same sentence?

On average 50% of the students feel like the notion of rainbow nation remains false and ideal-istic.

All the interviewed Indian students believe South Africa is a multi-coloured and unique na-tion and that diversity exists.

How would you like to see South Africa’s future in the light of diversity?

A whopping 100% of all stu-dents feel that diversity should be embraced.

Thapelo Motsikwa, a second-year in BIng mechanical engi-neering, said: “I was born free,

I don’t care about our history. I just want to see more people united.”

What do you think of the statue-defacing saga?

83% of the students were against it in contrast to the 17% who didn’t oppose.

This drama had a lot of opinions voiced over the last two months. Johané Turkstra, a third-year in BA communication, said that the government should place those statues in museums so that “people who do want to embrace it could go and appreci-ate it by choice”.

Have you felt a xenophobic vibe?

None of the respondents have

experienced xenophobia on campus.

When thinking of xenophobia, one might think people on cam-pus must be highly concerned, but a third-year in human move-ment science and recreation, Be-linda Boer, wondered more about xenophobia in the light of: “What is xenophobia, again?”

What’s your opinion about the land redistribution policy ?

Overall, 25% of the students did not agree with this policy and 42% supported it if the right people were to claim farms. The rest either weren’t sure or had no comment.

The respondents had mixed feelings about this issue, but Sirhaan Ché Khan, a second-year

Muhammad Riaz, winkel eienaar op die Bult, meen dat buitelanders in Potchefstroom deur xenofobie geraak word.

FOTO: Ida Steenkamp

in BA psychology and physiology, said: “It would be good if those people were capable to use that land and benefit the economy”.

What do you think about CNN's prediction that South Africa will be in a civil war in the next �ve years?

All coloured and white par-ticipants felt that a civil war is possible.

Only 33% of Indian and black students saw this as a possibility.

Feelings about a possibility of a South African civil war increased fear among students. Nandi Mdlada, a third-year in BCom financial accountancy, feels that it’s very likely. “South Africa is at a racially sensitive point right now”.

in a safe environment for them, Fourie said.

Farhin Delawala, a French student said: “It allows development of skill in the French language as well as interaction with French people.

“I made friends who listen to my French as a language and who appreciate my culture.”

Juliette Kouamo from Cameroon said “it’s a good initiative to be around French speaking people as time goes on, you feel like you’re losing your ability to speak French or understand it.”

Mia-Louise Botha, facili- tator of the society, said it is also one of Cercle Français’ aims to create a xenophobia-free environment among Francophones.

Een van die eerste dinge wat hy sê is dat hy verblyfreg in Suid-Afrika gekry het. “Ek is wettig in die land.”

Muhammad voel dat hy ’n bydrae in Suid-Afrika kan lewer.

“Die land kan nie alleen ontwikkel nie, hulle het ons buitelanders nodig.”

Hy voel dat deur samewerking, Suid-Afrika se ekonomie uit die mengelmoes nasionaliteite wat

hier aangetref word kan baat. “Die wêreld is een dorp met

geleenthede vir almal.” Ons gesprek word onderbreek

deur ’n student met ’n Laureus- baadjie wat ’n nuwe selfoonbattery soek.

“Tweehonderd rand, asseblief,” sê Muhammad vir die student.

Die student betaal en bedank hom vriendelik terwyl hy uitstap.

“Die meeste mense behandel my met respek,” sê hy en vryf met sy hande deur sy baard.

Ek vra vir hom of hy nie bang is dat die xenofobiese-aanvalle ook in Potchefstroom kan uitbreek nie.

“Dit raak ons alreeds. Al die

groothandelaars is in Johannes- burg. Ek is te bang om voorraad vir my winkel daar te gaan koop.”

Hy sê dat die regering hulle plig versuim deur nie die aanvalle te keer nie. “Die regering moet ook na ons belange omsien. Ek is ook ’n belastingbetaler.”

Volgens hom is baie mense jaloers op die suksesvolle besig- hede wat buitelanders bedryf. Hulle werk egter hard. “Ons is oop van 7:00 tot 20:00. Ek moet in my kliënte se behoeftes voorsien.”

Dié aand net voor 20:00 ry ek verby Fast Fixer Specialist.

Muhammad Riaz sit op een van die stoele voor sy winkel en staar die verte in.

Ek is wettig in die land... Ek is ook 'n belastingbetaler

Scan the QR-code to choose the movie you'd like to watch.

Page 6: Wapad - 14 Mei 2015

6 14 Mei 2015Nuus

WêreldnuusKortliks

Die koninklike egpaar, William en Catherine, het Saterdag 2 Mei om 08:34 geboorte gegee aan ’n babadogtertjie met die naam van Charlotte.

Sy het 3.76kg by geboorte geweeg en is vierde in lyn as troonopvolger.

Ná verskeie weddenskappe oor babaname het Kensington Paleis twee dae ná die nuwe prinses gebore was, haar naam aangekondig.

“Die baba sal as Haar Koninklike Hoogheid Prinses Charlotte van Cambridge bekend staan,” het die paleis op Twitter berig.

Engeland

Charlotte’s Web: ’n prinses is gebore.

China

Nuwe bevinding oor sterrestelsel

Xan Yung van China het in ’n studie van die sterrestelsel bevind dat die vier buitenste ringe daarvan die vorm van ’n sinkplaat het.

Kundiges het voorheen gedink dat dié sterre buite die oorspronklike grens van die sterrestelsel is. Yung se studie het ook getoon dat die vier ringe nét binne en buite die ou grens van die sterrestelsel val. Die rimpeleffek in dié ringe kan ook die gevolg van ’n dwerg (’n sterrestelsel wat deur die Melkweg geval het) wees.

Nepal

Duisende sterf in aardbewing

Die kragtigste aardbewing in 80 jaar wat Nepal, Asië, sowat vier weke gelede getref het, het ’n dodetal van oor die 7 000 veroorsaak.

Dié aardbewing het 7.8 op die Richterskaal geregistreer en die radius van die aardbewing was sowat 77km van die Nepalese hoofstad Katmandoe.

’n Bekende landmerk van Katmandoe, die 19de-eeuse, 60m hoë, Dharaharatoring, is ook vernietig. Sowat R20 miljard gaan benodig word om die skade te herstel.

SAAMGESTEL DEUR INGE JANSE VAN RENSBURG

Drama in CampusKeyDrama in CampusKey

FOTO: Lize LombardOngeveer drie weke gelede was ’n CampusKey-inwoner deur haar kêrel aangerand.

RENERA LOUWRENS

Die polisie is sowat drie weke gelede ontbied toe een van die inwoners van

CampusKey laatnag deur haar kêrel aangerand is.

Die slagoffer en haar kêrel wou egter nie kommentaar lewer nie en het verkies om anoniem te bly.

Ander inwoners het ’n aan-houdende geskreeu gehoor. “Dit het geklink asof iemand verkrag word so erg was die geskree,” het

’n mede-inwoner, wat anoniem wil bly, gesê.

Dié bron het om sowat 21:18 gaan kyk wat aangaan en die op-sigter, Johan Grové, geskakel. Sy het gevrees dat die slagoffer se kêrel haar ook sou viktimiseer indien sy haar naam verskaf het.

Grové het eers ná die derde oproep geantwoord en was binne ’n paar minute daar.

Intussen het ’n paar mansstu-dente die deur afgeskop om te sien wat dié geskreeu veroorsaak.

“Toe ons die deur uiteindelik afgekry het, het ons gesien dat die 21-jarige meisie by haar ka-mer met haar kop so half teen die muur lê. Haar voete was stuk-kend, haar oë was geswel en die een oog was reeds half blou. Ons neem aan dat haar ou haar geskop en geslaan het,” het dié bron gesê.

Die polisie en ambulans is ont-bied en was ook binne ’n paar minute daar.

“Die meisie se kêrel het vir die polisie gesê dat hulle getroud is,

terwyl die meisie gesê het dat hy slegs vir die afgelope drie jaar haar kêrel is,” het die bron gesê.

Volgens die bron het die meisie en haar kêrel nie saamgewoon nie. Hy woon ook in Campus Key in sy eie woonstel.

Volgens die bron het die 21-ja-rige slagoffer het aan die polisie bevestig dat hy haar wel geslaan het.

Volgens die bron was die kamer “deurmekaar”.

“Hulle sou seker die aand spa-

ghetti bolognaise geëet het, want mens kon dit ruik en dit was in die kombuis. Daar het ook glas orals gelê.”

Die 21-jarige se kêrel het aan die polisie gesê dat hy homself teen haar probeer beskerm het. Hy is geboei en gearresteer.

Daar is onduidelikheid of daar wel ’n klag van aanranding teen hom gelê is.

“Die 21-jarige slagoffer is terug in Campus Key en lyk oukei,” het die bron vertel.

Page 7: Wapad - 14 Mei 2015

714 Mei 2015

FLIEKK&V

MARISELLE STOFBERG

Oorlog, ouderdom, vlek- ke, liefde, dood en ’n “bachelors” wat lelik

skeefloop. Dié onderwerpe was eindeloos en die toneelspel van top gehalte. Die SR Kunsteraad se toneel het beslis nie vanjaar teleurgestel nie.

Vanjaar se toneeluitdunne het in die Totius Gedenksaal vanaf 4 Mei tot 6 Mei plaasgevind, met die finale wat op 7 Mei plaasgevind het. Heimat is as

die beste manstoneel en Dinki as die beste damestoneel aangewys. Klawerhof en Heimat se sleeptoneel is ook as die wenners van die sleeptoneel aangewys.

Vanjaar se toneel het nie net wenners aangewys nie, maar het ook vir moontlike loopbaan geleenthede gesorg. Jennis Williamson van Talent-Ect. Artist Management het ook ’n akteur en aktrise aangewys wat genader gaan word en moontlik deur Talent-Ect geteken kan word.

Die name is nog nie bekend

FOTO: Marelize Sutherland

gemaak nie, maar dit kan ’n belangrike stap wees indien die individue ’n beroep in die vermaaklikheidsbedryf wou beklee.

Jaunmari Schoonraad, SR Kunste, is baie entoesiasties oor die toekoms van die kunste en voel dat die toneelweek die ideale geleentheid is om jou moontlikheid van ’n beroep in toneel te kan verwenslik: “Hierdie is ’n goeie platform waar toneel verder geneem kan word en ons kan daarna kyk om seker te maak

dat daar jaarliks ’n persoon is wat mense kom identifiseer vir moontlike beroepsgeleenthede.”

Plaaslike skrywers het ook nie teleurgestel nie. “As daar gekyk word na interne en eksterne tekste, wat verander het in terme van die reëls, was slegs 2 van die top 9 tekste ekstern gewees,” het Schoonraad gesê.

Stiaan Smith, Jennis Williamson, dr Adri Breed, David Brink en Netta Schutte was die beoordelaars wat deur die loop van die toneelweek die beslissings

oor die wenners van al die betrokke kategorieë moes maak.

Sean Smit, ondervoorsitter van SR Kunste, voel dat hoewel daar ’n wye verskeidenheid onderwerpe was, was daar tog ’n gemeenskaplike kenmerk onder al die tonele: “Elke liewe akteur of aktrise wat op die verhoog verskyn het, het werklik hulle harte uitgespeel. Die passie en liefde vir die verhoog was iets wat almal duidelik gesien het,” het Smit gesê.

'Studentedae is vir droogmaak' EUGENIE GREGAN EN PETER PENTZ

“Ek dink hier moet baie dwelms wees op Potch, dat die mense elke jaar my show kom kyk. Ek dink hulle gebruik soveel dwelms dat hulle vergeet dat hulle dit al gesien het.”

Nataniël is lief vir mooi dinge, maar mooipraatjies is nie een van hulle nie. Sy woorde is eerlik. Droog. Oopkop. Kaalkop.

Hy’s van kop tot tone in swart geklee en sit sommer op die koffietafel.

“Jy kan maak wat jy wil solank jy my net nie afneem nie,” sê hy met die intrapslag.

Al sy klere word vir hom gemaak en sy baadjies koop hy in Frankryk. “Ek gaan partykeer in ’n Woolies in, maar net om te lag.”

Wat dink hy van hoe vandag se studente aantrek?

“Ek het ’n verskriklike ding teen dik meisietjies met kort rokkies. Die studente van vandag is shockingly dik. As ek dik is, sal ek ’n enkelbed duvet koop en vir my ’n gat daarin knip.”

Hoewel hy dink dat studente oor die algemeen baie onfiks is, voel hy nie gesonde eetgewoontes is die oplossing nie.

“Ek dink nie studente moet gesond lewe nie, wanneer anders gaan jy dan ongesond lewe?”

Hoe nou?“Jy moet op ’n tyd in jou lewe

ongesond lewe en jou studentetyd is die beste. Dit is die jongste wat jy ooit gaan wees. Studente moet

enige iets eet en drink en alles verkeerd doen, maar jy moet fiks wees. Jy moet gym, jy moet ’n sport beoefen, jy moet iets doen om als uit te balanseer.

“Jou studentedae is daar om in die moeilikheid te beland en droog te maak.

“So jy moet droog maak, maar jy moet dit êrens kanselleer. Jy moet ’n uur op ’n dag oefen of aan ’n sport deelneem of myle stap of draf of swem of iets gesond doen om die damage te cancel.”

Van sy eie studentejare kan hy “absoluut niks” onthou nie.

“My hele lewe het ontplof op 21. My 21ste birthday party het vier dae geduur en toe het ek nog vier dae gesoek na my broek.”

Twitter-treffers, die dinge wat uit sy mond kom. Hoekom het hy nog nie aangesluit nie?

“Ek kan nie verstaan waar mense die tyd kry nie. Ek het nie tyd om my ma te bel nie.

“Ek weet ook nie wat ek moet sê nie. As ek iets cute het om te sê hou ek dit vir ’n show, jy gaan nie my goed verniet lees nie.”

Hy lees nie koerante nie, kyk ook nie nuus nie, vertel hy.

“Dis te negatief. As die Derde Wêreldoorlog uitbreek of hier’s ’n virus waarvoor ons hoedjies moet dra sal iemand my bel.”

Met watter raad sal hy studente die wêreld instuur?

“Jou studentedae is die eerste keer wat jy die wêreld as ’n individu ontdek buite jou gesin.

“Jy moenie dink dat ’n graad of jou opleiding beteken jy

het ’n loopbaan nie. ’n Loopbaan het te doen met intelligensie. Hierdie is net die begin. Baie mense ly aan skok, hulle het nou twee grade en hulle was in die studentekoerant en hulle het ’n prys gewen en dan kom hulle in die wêreld en skrik hulle morsdood. Die mense wat die beste doen akademies is selde die mense wat ’n suksesvolle company het. Hulle verval gewoonlik in daai aaklige ding waar hulle die volgende generation teach. Om uit te breek in die wêreld is uithou-vermoë.

As joustu-dente-daeverby is, is die pret verby. Dan werkjy en moet jy tax betaal, dis ’n hele ander storie.”

Toneelspel van formaatToneelspel van formaat

CYRIL BLACKBURN

Opwinding het verlede Don- derdag in ’n volgepakte San- lam Ouditorium geheers toe Nataniël vir ’n enkelaand-vertoning in Potchefstroom gekuier het.

Nie eers die smal stoele kon die gees demp tydens dié vertoning, gedoop Nataniël in Concert, nie.

Sy uitspattige stories, ge- paard met sy prettige persoon- likheid het die hele oudit aan die skaterlag gehad.

Met sy kenmerkende stem, ’n goeie dosis humor en ’n gawe om ’n storie te vertel soos niemand anders kan nie, het hy onder meer vertel oor hoekom vroue hakskoene dra, wat die drie ergste dinge is wat ’n sanger in Suid-Afrika kan oorkom en die keer toe hy ’n Bill Gaither-konsert by ’n kerk bygewoon het.

Hoewel die verhoog baie simplisties was met slegs die vier-man band daarop, het die program, eie aan Nataniël, in kontras met eenvoudigheid gestaan. Vyf kostuums, waar- van twee vloerlengte rokge-wade was, ’n paar swart hakke en afwisseling tussen musiek en storievertelling het gesorg dat hy vir byna ’n uur en ’n half die gehoor aan sy voete gehad het.

Die vertoning, vol kwink-slae tussendeur die musiek en storievertelling, was ’n op-beurende ervaring.

Nataniël in 'n neutedop

’n

’n Toneel vanuit die afgelope Toneelweek.

Page 8: Wapad - 14 Mei 2015

814 Mei 2015

Fifty Shades of Grey – onkonvensionele liefde?FLIEKLeefstyl

Is jy reg vir winter?

JOHANÉ VAN DEN BERG

Let us love winter, for it is the spring of genius. – Pietro Aretino

Ek het nog altyd ’n love-hate verhouding met die koue seisoen gehad. Ek is, volgens my ma, aan die begin van die koudste winter van die jare 90's gebore so ek en die ou ysbeer is jarelange vriende. Die definisie van lekkerkry lê mos in borde vol heerlike pampoensop en varsgebakte brood by ’n kaggelvuur, warm wollerige pantoffels en flieks kyk in die bed terwyl die wind buitekant huil.

Maar enigiemand wat al ’n vroeë wintersoggend in onse liewe Potchefstroom moes

aandurf om eksamen te gaan skryf, sal verstaan as ek sê: Hier gaan jy bietjie-bietjie dood voor die vakansie kan begin. Om dinge erger te maak voorspel die weerprofete die koudste winter in meer as 60 jaar. Verkoue en snotneusies is niemand se maat nie, veral nie as jy die volgende dag eksamen skryf en jy weet hierdie dosent merk net op halfpunte nie. Mamma en haar seerkeelstropies is ver, dus is dit vanjaar noodsaaklik om jou storie te ken voor Junie in al sy ysige glorie op ons neerdaal. Eet maar jou fruits & veggies en pas jouself mooi op. Geniet die koue oggende waar jy kan laatslaap, daar's min dinge wat so lekker is!

Is jy reg vir winter?

HELEEN ROSSOUW

Winter is on the approach and in this on-coming season a student's pocket grows all the more tight.

With the quite not-so-cheap cost of mass-produced Chinese goods there is the tendency of appreciating handmade, organic

DIY - Knitting a beanie

For your different kinds of wool you have to use different sizes of knitting needles:

needle with 4mm diameter

would be most appropriate.

strand would be best suited with a 6.5mm diameter and

Basic rules

Step 1Take your left needle and apply a basic knot, neither too tight nor too loose.

Step 2 a

Step 2 b

Step 2 c(a) Insert your right-hand needle in the loop hug- ging the left and (b) swing your yarn around the right needle.

Step 1 a Step 2 b

Making a stitch

Knitting a stitch

(a) Insert your right-hand needle in the stitch hugging the left needle

Swing your yarn around the right needle, (b)creating the same switch as before.

Now, you simply slide the stitch off from the left needle (a), pull tight.

Casting off 1st Step: Knit two stitches.2nd Step: Insert the left needle into the first stitch, slide the left needle's stitch off the right needle; then slide the same loop off the left needle. Pull tight.

JOHANÉ VAN DEN BERG

Lika Berning lewer ’n goeie vertoning in die hoofrol van hierdie oulike romcom, French Toast, deur dieselfde span wat Liefling en Pretville na die silwerskerm gebring het. Haar karakter, Lise le Roux, is ’n fotograaf wat saam met haar pa op hul wynlandgoed in die Kaap woon. Sy ontdek op ’n dag ’n familie-geraamte in haar oorlede ma se kas wanneer sy laasgenoemde se dagboek begin lees en agterkom dat sy ’n broer of suster êrens in Frankryk het.

Gewapen met net ’n goue hangertjie en die stowwerige dagboek uit haar ma se jong dae in Parys, klim sy op ’n vlug op ’n missie om die long-lost gesinslid in die stad van liefde te vind. Makliker gesê as gedaan, totdat sy die hulp van ’n aantreklike Franse chef inspan in ruil vir haar dienste as fotograaf vir sy kookboek. Saam ontdek hulle die prag van Parys, la cuisine française en die wonder van l’amour, maar ’n skokkende ontdekking dreig om hul nuutgevinde vreugde in die wiele te ry.

Dis ’n verbetering op die vorige flieks van Hartiwood Films met

kinkels in die plot wat keer dat jy wegstap en voel jy het geweet wat gaan gebeur. Die tonele wat in Parys (Frankryk, nie Vrystaat nie) geskiet is, is wragtig mooi en dra goed by tot die algehele feel-good gevoel van die film. Thierry is ’n regte Fransman, spesiaal ingevoer, aksent en al, om die rol van Jean-Pierre Baptiste te speel. Sy kafee in die fliek bestaan regtig in Hartbeespoort, ook onder die naam French Toast, en uit ervaring sal ek dit aanbeveel om ’n draai daar te gooi as jy eendag in Harties kuier. Tussen mooi mense, mooi landskap op plaaslike en internasionale vlak sowel as mooi kos is dit ’n film wat aanklank sal vind by diegene wat gehou het van flieks soos Semi-Soet. Ek gee dit ’n vier uit vyf vir oorsponklikheid.

tomaanFLIEK

FOTO: Tumblr

She is a beautiful young strawberry, ripe for the picking

pieces which will always hold a sentimental value to the maker and make an even better gift to a friend. Use your saved pennies on your own creative noose and craft your own unique winter accessory style with scarves, beanies and leg-warmers.

This article will show you the

beginner's approach to master the art of a dying hobby called knitting.

We'll show you how to get started with your woollen pursuit by applying the basic stitches, different colours of wool and finishing off your minor projects.

are most appropriate with about 10mm diameter.

use two kinds of wool

very winter friendly

Page 9: Wapad - 14 Mei 2015

914 Mei 2015

Redaksioneel

Uitleg: Bianca Visagie, Eduan Viljoen, JP Myburg, Inge Janse van Rensburg, Esta Saayman, Heinz Schoeman-Struwig.

Pukki, die vreemde voëlagtige wese wat jy heel waarskynlik al op kam-pus sien rondloop het, het onlangs sy eie Facebook-blad gekry. Behalwe dat die voël homself as ’n “publieke �guur” geklassi�seer het, is daar ook verskeie albums, een getiteld “My NWU-Puk Avonture”.Volgens die NWU se webwerf was die breinbase agter Pukki onse rek-tor, prof Herman van Schalkwyk, en die departement bemarking- en kommunikasie. Die plan was onder meer dat dié voël “verskeie kommu-nikasiegapings op kampus moet aanspreek”.Nou dis als goed en wel om ’n gelukbringer by jou sportbyeenkomste te hê. Nasionale rugbyspanne soos die Bulle en Leeus het ook hul eie mascots en met die Wêreldbeker Sokkertoernooi daag daar ook gereeld ’n paar gediertes op.Maar by ’n sportdag pas die mascot presies by die gees wat daar moet heers. Dis prettig, vrolik en laf.Wanneer jy egter die mascot so te sê die “gesig” van jou universiteit maak, moet daar ernstiger vrae gevra word. Onder meer hoe ’n tarentaal wat met handgebare kommunikeer die kommunikasiegapings op kam-pus gaan aanspreek.Ons is immers ’n akademiese instelling, ’n tersiêre instansie waarheen studente kom om hul tande te slyp vir die grootmenswêreld. Die beeld wat ons (hopelik) moet uitdra is een van professionaliteit en uitnemen-dheid, of ten minste net een wat spreek van akademiese kwaliteit.Om ’n karakter soos Barney hiervoor te gebruik is om die minste te sê kommerwekkend.

KommentaarSMS jou tip-off/klagte met die woord 'Wapad' vooraan jou boodskap

OmbudsmanAs jy voel dat Wapad nie na jou klagtes luister nie, kontak die waarnemende ombudsman dr. Hein Lubbe by: [email protected]

14 Mei 2015

HoofredaksieDie volgende uitgawe vanWapad verskyn op 28 Mei.

WAPAD-KANTOOR: 018 299 2875

HOOFREDAKTEUR: Jeanelle Greyling ADJUNKREDAKTEUR: Eugenie Gregan NUUSREDAKTEUR: Jaco-Mari Futcher KUNS & VERMAAK-REDAKTEUR: Johané van den Berg FOTOREDAKTEUR: Lize Lombard UITLEGREDAKTEUR: Lerine Miller HOOFSUBREDAKTEUR: Nicole Kemp WEBREDAKTEUR: Justin Hocking BEDRYFSREDAKTEUR: Arline Louw BEMARKING- EN ADVERTENSIEBESTUURDER: Esta Saayman SKAKELING- EN KANTOORBESTUURDER: Marita Herselman

Teksversorgers: Marnus Kok, Madelein van Straaten, Inge Janse van Rensburg.

Uitleg: Bianca Visagie, Inge Janse van Rensburg.

I’ve always been under the im-pression that creativity and skill are two very different

aspects but they may be more closely related than we think. As a musician and composer one has to keep an open mind and accom-modate a lot of different musical genres and styles; pretty much all of them. Here are some things I’ve learnt:

Creativity versus skill is a bal-ancing act and for some it comes naturally where for others it may be a bit more of a constant battle. One of my favourite music genres to listen to is Jazz Music, a style most people can’t enjoy due to a lack of musical understanding. But just because it is a techni-cal style of music doesn’t mean it’s superior to any other genres, well not creatively anyway. For instance: It takes no skill writing a rehashed, four-chord song that would be played on radio instant-ly with the right connections, but writing a really good com-mercial song with complexities and musical-wit is not such an easy task. Whenever it had been accomplished in life the reward has always been great and mas-terpieces like these are so rare that they often go down in history as legendary together with their creators.

Another genre I am fond of is Indie music because of the uncompromised creativity that most of these artists display. They leave us with a unique sounding product and often with bizarre new outlooks on life brought on by their philosophical lyrics. Yes some of them might not have the technical skill of Jazz or Classical musicians, or the shiny produc-tion sound of most pop artists but the creative aspect of music gen-erally makes it difficult to com-pare different genres and artists with each other. It’s the unique-ness of the music that really draws us in at first. Singer-song-writer Nick Cave turned down an MTV award in 1996 because of this exact principal. He humbly explained:

“I have always been of the opin-

Creativity versus skill

ion that my music is unique and individual and exists beyond the realms inhabited by those who would reduce things to mere mea-suring. I am in competition with no one.” (I probably still would’ve accepted the award, but I’m not Nick Cave.)

Now I don’t know much about the visual arts but I would like to argue that just because Picasso wasn’t as technical with his works as Michael Angelo for instance, doesn’t mean his works were less important or influential, but the statement he was making was of a completely different nature, keeping in mind the statement of one’s art is of high importance.

So if creativity plays a more important role in art than techni-cality then why would you go and practice and study for hours to be-come a master of your craft? Well that’s just it, they’re both equally important.

Session musicians might want to work harder on their technical skills than others because they have to be extremely versatile on their instruments. Jazz musi-cians often improvise through large parts of songs and there-fore they have to know their in-struments better than they know themselves. Classical musicians have to be able to read complex music pieces at first glance to be able to play in renowned or-chestras. Some Metal musicians

are required to play many notes in just one second so practising their speed is routine. But we all have a certain responsibility to-wards bettering our skills on our instruments. Just being artistic is not enough.

I have often come up with ideas for songs that I wasn’t able to play. So then I would have to go sit and practise those difficult parts over and over until I could make them sound perfect. Technical skill also enhances our creativity ten-fold because we become able to execute more complex ideas that pop into our heads.

Back in 2003 I witnessed two of South Africa’s music legends together on stage at PUK RAG. It was Dan Patlansky and Albert Frost and my, what an experience it was. Both of them were amaz-ingly technical but also very cre-ative on their guitars. Although they are both blues players they have a different approach to how they play and what they come up with. So the combination of dif-ferent technical skills and a mul-titude of artistic influences in life and in music have turned them into two unique players.

To be excellent at your craft you have to keep an open mind for creativity to flow, be disciplined in order to reach new levels of skill and most important of all: be committed to the dream of inspir-ing people through amazing art.

Vra my wéér om jakkals te sê Elke keer wanneer iemand agterkom dat jy ’n Kaapse aksent het, wag ek reeds in spanning vir daai “sê asseblief gou jak-kals” woorde om van hul lippe af te rol.

“Oe, en sê gou ‘ek’!”Genugtig, hoor tog net my lied.Liewe taalkundiges, ek dra die nodige

kennis van die sogenaamde verskil tus-sen ’n egte Weskaapse- en Vaalpens ak-sent.

Ek het darem AFLL111 deurgekom, so raak net vir my rustig.

Dit is egter noodsaaklik om retros-pektief te begin terugdink aan vorige gesprekke wat op só ’n wyse aangeknoop is.

As die verwisseling van sulke inhoud as sosiaal aanvaarbaar beskou word, bly

ek liewers stil en drink ’n glas wyn. Alleen.Want het jy al gehoor hoe begin som-

mige Gauties ’n gesprek?“Hôrie, kôm jý vannie Wes-Kaap? Ah.

Sê gou “tack-eese”. Tekkies.Sê gou “negentien”. Neentien. Sê gou

“hack”. Uh, Foot-shack!”Ja, moenie nou skaam wees met daai

aksent nie.Om mee te begin spreek ons nie jakkals

as jakkalas uit nie. Ons val darem onder die cool kids afdel-

ing, dog ek lig jul net gou finaal in!Ek vra en haal jou nie die heeltyd oor

jou aksent in Bourbons uit nie. Wees verseker volgende keer sal daar

na meer spesifieke teikens gefistpump

word.Dan kan jy sommer lekker by jou mô en

pô gaan huil.Manne, moet tog net nie sê ’n girls se

plat Kaapse aksent “turn jou plugs aan” nie.

Jy gaan op so ’n manier nie haar hart-klop wen nie en dit gaan verseker meer kos om haar gestraightende hare te laat frizz.

Standaard Afrikaans tog, Normatiewe uitspraak dalk, maar ’n

egte Kaapse aksent lê my na aan die hart.So verwag wéér om jakkals van my

te hoor, jammer, dan kan ons nie meer vriende wees nie. Kwaailappe?

Raynique Meyer

Niél Kruger

Wapad is al so moeg vir politiek, maar kampusgebeure - veral stu-dente se reaksies en hul hantering van dié gebeure - laat ons geen ander keuse nie.

Die massavergadering in die am�teater wat prof Dan Kgwadi verlede week bygewoon het, het vele reaksies ontlok. Baie mense het opgestaan en weggeloop terwyl ander mense hul (ietwat omstrede) opinies gelug het. Selfs Kgwadi was teen die einde van die toespraak besig om vir dowe ore te preek.

Hoe’s dit vir konstruktiewe kritiek lewer?As jy ’n massavergadering bywoon weet jy tog dat daar wel... ’n

massa gaan wees. Dit beteken daar gaan mense wees met opinies wat van joune verskil. Opinies wat hulle die volste reg het om te lug.

Om te loop wanneer dit wel gebeur, getuig van swak smaak. Max du Preez, politieke kommentator, het Maandag by ’n colloquium by die Skool vir Kommunikasiestudies gesê as daar een ding is wat Afrikaners goed kan doen, is dit om ’n oproer te maak.

Ons kla oor die feit dat die hoër funksies van Afrikaans gaan verdwyn as dié taal op universiteitsvlak verdwyn, maar vervlak ons nie onsself deur so disrespekvol teenoor ander mense op te tree nie?

Watter waardigheid bly daar dan vir Afrikaans oor?Wapad neem deel aan die beweging, want ons moedig vryheid

van spraak onder studente aan. Ons is egter gekant teen die onmens-waardige behandeling van ander mense - dit bewys die kritici reg as hulle die universiteitskultuur as eksklusief beskou.

Of hul opinies volgens jou enige waarde dra, is nie van toepassing nie. Om ander te weerhou van hul menings, bewys egter dat ons nie bereid is om ’n diverse kultuur op kampus te bewerkstellig nie.

Ten slotte is dit reg om ontsteld te wees, maar die negatiewe gedrag is ’n waarborg dat dinge uiteindelik nie volgens jou sin gaan uitdraai nie. As jy respek vir jou taal wil hê, respekteer ander ménse. Dis al hoe ons hierdie �ght gaan wen.

Baklei op die regte manier

Page 10: Wapad - 14 Mei 2015

10 14 Mei 2015 Opinie

- Waldimar Pelser

Why we need to also lift the ceilingIn the streets of Durban and

Alexandra people are killed for speaking a different language,

for holding a different passport, for competing in a tight market for jobs. The victims and the kill-ers are largely unskilled. Both fear a future of economic hard-ship.

Education bears a heavy re-sponsibility to respond to this reality.

First, it teaches and ought to teach a tolerance for difference:

For different backgrounds, dif-ferent languages, and even more importantly, different ideas.

Secondly, education helps young people create their own futures in a world where the thing previous-ly known as “the job” is an endan-gered species.

I want to briefly explore both

these ideas.First, education as an incubator

for tolerance.Tot ons laaste jaar op skool

word ons in ’n groot mate bloot-gestel aan die oorgelewerde idees van ons ouers, familie en vriende.

Die kenmerk hier is bowenal kontinuïteit. Dit is eers op uni-versiteit waar studente werklik onder die beskermende en soms versmorende vlerk van die skool en ouerhuis uitkruip om nuwe dinge, plekke en idees te verken.

By die student is die voor-waarde vir sukses op universi-teit sekerlik in die eerste plek ’n mate van nuuskierigheid oor die wêreld, ’n aptyt vir nuwe dinge hoor en weet en proe en ontdek.

Dit is egter dosente wat ons daai stootjie die onbekende in gee, wat ons dwing om alles wat ons sover

geleer het te bevraagteken, van godsdiens tot politiek tot ons sien-ings oor mekaar en die land en die wêreld.

Hierdie verruiming en vergro-ting van ons wêreld, deur weten-skap en wiskunde en letterkunde en in gesprekke met mekaar, is ’n sentrale doel van universiteite, en ’n sentrale rol van die dosente wat met die Rapport Topdosent-pryse vereer word.

Die beste dosente vrae die be-langrike vrae op ’n interessante manier. Topdosente laat jou die ekstase ervaar van nuwe begrip en bou ’n aptyt vir andersheid en diverse idees.

The second crucial role of uni-versities and its lecturers is to prepare students for a challenging post-graduation world.

What are its characteristics?Firstly, it is becoming increas-

ingly complex. Technology is just one indicator of this rising com-plexity which I’ll illustrate by quoting Moore’s Law.

Moore’s Law is the observation made in 1965 by Gordon Moore, co-founder of Intel, that the “number of transistors per square inch on integrated circuits had doubled every year since the integrated circuit was invented”.

Moore predicted that this trend would continue for at least ten years. In other words, he predict-ed the speed of computers would keep on doubling every two years for ten years and then reach a pla-teau.

He was right and wrong. Right because it did continue

to double. Wrong because it never stopped. Which is why we send WhatsApp messages and date on-line and take pictures today with smart phones that are more pow-erful than the world’s fastest com-puter of just a couple of decades ago.

And which is why our ability to predict what the future of com-puting holds, is diminishing with each passing year, as the complex-ity of new devices continue on their exponential upward course.

Our society is becoming more complex at about the same rate, as even a cursory look at newspapers of the day will show.

But let’s pause on tech.The world of technology will

need jobs that don’t exist today. It will need skills which we don’t even know yet we need.

Competition will increase on every pay scale. Not only among street traders, but among the edu-cated, among people who study and teach at universities like NWU.

Dis een rede waarom hierdie universiteit en sy dosente so be-langrik is. Om jong mense van ge-meenskappe regoor die land voor te berei op ’n byna ondenkbaar komplekse wêreld van werk.

And by teaching students not just facts but how to learn; by helping to create not unthinking clones but agile, creative minds that will respond to the challenges of an uncertain future, lecturers in 2015, 2016 and 2017 make a mas-sive contribution to our ability as a country to innovate, and with-out more innovation we will never be competitive.

By die student is die voorwaarde vir sukses op universiteit sekerlik in die eerste plek ’n mate van nuuskierigheid oor die wêreld, ’n aptyt vir nuwe dinge hoor en weet en proe en ontdek

By training students how to ask better questions, lecturers are helping young people be ready for jobs that do not yet exist. And by investing in the building of intel-lectual capital, teachers make an all important contribution to up-ward social mobility, especially important in a country like ours, where knowledge and access to learning is the great equaliser, and the greatest bulwark against despair.

Daar is baie maniere waarop ons by Rapport kon kies om die onderwys te ondersteun.

Dit sluit in die Rapport-onder-wysfonds, wat elke jaar byna 200 beurslenings toestaan aan be-

hoeftige studente van regoor die land met die hulp van skenkers soos die NWU, Dagbreek Trust en ander.

Hierdie steun help studente om nie uit die bus uit te val nie. Om darem kop bo water te hou.

So waarom dan soveel geld gee aan ’n paar dosente wat reeds sal-arisse verdien eerder as om nog ’n paar honderd studente met ’n klein bydrae te help?

The reason we are committed to this NWU award is that a coun-try that wants to lift more of its people out of poverty, a country which wants to build new com-petitive advantages in a complex world, a country which wants to be innovative and intellectually rich, cannot only focus on “lifting the floor”, or to put it differently, cannot only focus on improving the quality at the bottom of the education scale.

It is also crucial that we “lift the ceiling” by rewarding excellence, and by rewarding even dispropor-tionately the tremendous effort which the best lecturers apply ev-ery day.

Dit is vir Rapport ’n groot voor-reg om betrokke te wees by die Topdosente-funksie.

Ons sien elke dag weer en weer hoe groot die behoefte is aan den-kers en doeners want ons land se probleme raak nie minder nie.

Ons salueer elke dosent. Your contribution to each of

your students will yield returns which will not be fully visible for many more years.

Waldimar Pelser is die redakteur van Rapport en aanbieder van Insig, die laat-aand aktualitipro-gram Insig op kykNET.

Hierdie is die toespraak wat hy by die toekennings-plegtigheid van die Rap-port NWU-Topdosente-pryse gelewer het.

Waldimar Pelser. FOTO: Verskaf

Page 11: Wapad - 14 Mei 2015

11 14 Mei 2015

WapadSport

Koshuisrugby begin op hoë nootMARNUS KOK, RAYNIQUE MEYER, EUGENIE GREGAN

Vanjaar se verkorte liga vir koshuisrugby het op Vry-dag 8 Mei afgeskop en die

gunstelinge om met die kroon weg te stap het reeds hul stemme dik gemaak.

DE WILGERS VS HEIMAT“Ons speel vir mekaar,” was

die woorde van Ohann Fourie, De Wilgers se kaptein, nadat hulle Heimat in hul openingswedstryd met ’n telling van 37-16 verslaan het.

Die grondslag vir De Wilgers se oorwinning is deur hul pak voor-spelers gelê, wat Heimat nie net in die skrums pal op die agtervoet gehad het nie, maar ook telkens meters veld gewen het met effek-tiewe rolmaalbewegings.

De Wilgers het vroeg hulle re-kening geopen met ’n bal wat deur die fases gegaan het en op ’n drie uitgeloop het. Heimat se kra-nige losskakel, Werner Barnard, het sy span aanvanklik met sy skopvoet in die wedstryd gehou.

De Wilgers het egter male sonder tal omgekeerde besit by die losgemaal bewerkstellig. Die tweede helfte was ’n eensydige besigheid met De Wilgers wat nie net gebiedsvoordeel geniet het nie, maar ook balbesit oorheers het.

Riaan Gouws, kookwaterflank van De Wilgers, se drie in die tweede helfte nadat hy by ’n los-skrum weggebreek het, het Hei-mat se lot verseël.

Andrew Todd, kaptein van Hei-mat het ná die wedstryd gesê “dat

die beker nie in die eerste wed-stryd gewen word nie. Ons moet net ons koppe optel.”

VERITAS VS VILLAGERSVeritas het vanjaar liga op ’n

goeie voet begin, nadat hul Villa-gers met 21-5 geklop het.

Villagers het die eerste drie van die wedstryd gedruk ná hul goeie momentum opgebou het, maar die doelskop was onsuksesvol.

Veritas het terugbaklei en het weer ’n geleentheid gekry om op die telbord te verskyn, maar dié strafskop het langs die pale ver-bygetrek.

Hierna het hulle egter met goeie hardlooprugby opgemaak vir die blaps en ’n uitstekende drie ge-druk om vir die eerste keer met ’n voorsprong van 7-5 op die telbord te verskyn.

Villagers het wéér ’n strafskop verbrou wat getoon het hul skop-werk afronding kort.

’n Goeie losbreek en rolskop deur Veritas het vir hul tweede drie van die kragmeting gesorg en hul kon ’n meer gerusstellende voorsprong van 14-5 oor Villagers behou.

In die doodsnikke van die wed-stryd het Veritas met ’n skitter-drie en suksesvolle doelskop die laaste spyker in die Villagers-kis geslaan en die kragmeting be-klink.

“Ons het geweet ons moes goed begin in die jaar se verkorte liga. Dit beteken vir die span rerig baie omdat Villagers elke jaar baie goed en kompeterend is,” het Oelof Stander, sport HK-lid van Veritas gesê.

Hoewel Villagers vanjaar se ver-

korte liga as ’n aanpassing beskou is hulle vol hoop vir die res van die seisoen.

“Dit is altyd teleurstellend vir ons om te verloor, veral omdat ons rugby belangrik ag.

Daar was wel positiewe punte van die wedstryd wat ons afrigters raakgesien het,” het Shaun Sealey, sport HK-lid van Villagers gesê.

Veritas se tweedespan het ook met 38-5 teen Villagers geseëvier. Die derde- en vierdespanne van Villagers kon egter die mas op-kom en het Veritas onderskeidelik met 10-6 en 12-5 gewen.

PATRIA VS OVER DE VOORIn die wedstryde tussen Patria

en Over de Voor het eersgenoem-de skoonskip gemaak deur in al vier ligas se wedstryde vir ’n oor-winning te sorg.

Die Blues het voor halftyd drie keer agter die doellyn gaan kuier terwyl Overs die bal net een keer deur die pale kon stuur.

Met die telling 17-3 in Patria se guns het Overs ná rustyd na ’n hoër rat oorgeskakel en twee drieë aangeteken.

Met die telling gelykop (17-17) het beide spanne weer gaan druk, maar ’n verbroude doelskop het Overs uiteindelik die oorwinning gekos.

Die eindtelling was 24-22 in Pa-tria se guns.

Patria se dissipline kort egter aandag, ná twee geelkaarte hul byna duur te staan gekom het.

Patria se tweedespan het Overs met 30-7 vertrap, terwyl hul derde- en vierdespanne onderskeidelik met 10-0 en 27-7 geseëvier het.

FOTO: Ida SteenkampOver de Voor en Patria in aksie.

Posisie Koshuis Speel Wen Verloor Gelykop Punte vir Punte teen Punteverskil Drieë vir Drieë teen Verskil Bonuspunte Ligapunte Strafpte Totaal

1 De Wilgers 1 62 Patria 1 43 Veritas 1 44 Caput 1 45 Overs 1 16 Excelsior 1 17 Villagers 1 08 Heimat 1 09 PUK o/19 0

1 Veritas 2 62 Ratau 1 63 Patria 2 44 Caput 2 45 Hombré 1 46 De Wilgers 2 27 Heimat 2 28 Excelsior 2 19 Laureus 1 1

10 Overs 2 011 Thaba-Jah 1 012 Villagers 2 0

1 Heimat 3 52 Laureus 2 53 Villagers 3 44 Patria 3 45 Veritas 3 16 Hombré 2 07 De Wilgers 3 08 Overs 3 09 Ratau 2 0

10 Excelsior 3 0

1 Patria 4 52 Villagers 4 43 Thaba-Jah 2 44 Mafikeng 1 15 Veritas 4 16 Overs 4 0

1e LIGA

2e LIGA

3e LIGA

4e LIGA

LaVaria en Villagers is tafeltennis- kampioeneRAYNIQUE MEYER

Vanjaar se tafeltennis-eindstryd het op 16 April in die Weet-en-Sweet plaasgevind en LaVaria en Villagers het onderskeidelik in die A-liga geseëvier.

Hoewel die sport nie groot af-trek kry nie, bevorder klein sport-soorte volgens die sport HK-lede betrokkenheid en samesyn onder spelers asook studente in die kos-huise.

“Tafeltennis is wel ’n klein-sport, maar ons sien elke geleent-heid waar ons die koshuis kan

verteenwoordig as ’n geleentheid om te presteer.

Ons het egter nie verwag om te wen nie, maar is bly ons kon die liga wen,” het Shaun Sealey, sport HK-lid van Villagers gesê.

Volgens Marné Loots, sport HK-lid van LaVaria gaan dit nie vir hulle net oor wen nie, maar “om betrokkenheid en ontwikkeling van spelers te bevorder asook om die spel beter te leer ken”.

Minjonet en Caput het in die B-liga met die louere weggestap..

Koshuisrugby-punteleer

Page 12: Wapad - 14 Mei 2015

Varsity Hokkie-treurmareSpelers van die NWU-Pukke en Wits kompeteer vir die bal in hul uitspeelwedstryd in vanjaar se Varsity Hokkie-toernooi. FOTO: SASPA

RAYNIQUE MEYER EN EUGENIE GREGAN

Die NWU-Pukke se vroue-hokkiespan het swaar ge-trek in vanjaar se Varsity

Hokkie-toernooi, waarvan twee rondtes onderskeidelik in Potchef-stoom en Johannesburg (Univer-siteit van die Witwatersrand) plaasgevind het.

Die span van Potchefstroom het tweede in 2013 se toernooi geëin-dig, maar kon nie verlede jaar kwalifiseer nie.

Die Noordwesters het al vier hul wedstryde in vanjaar se eerste rondte verloor en sewende op die algehele punteleer geëindig.

In die tweede rondte het dit beter gegaan en die NWU-Pukke kon die toernooi in die vyfde plek afsluit.

EERSTE RONDTEDie NWU-Pukke se eerste krag-meting was teen die Kovsies en beide spanne het vinnig gespeel en gelyke gebiedsvoordeel geniet.

Ná vele kanse in die doelsirkel het die NWU-Pukke se Celia Evans net voor halftyd ’n doel laat klink en kon die telbord 1-0 in die guns van die tuisspan oorslaan.

Kovsies het ná halftyd meer ag-gressief en gedetermineerd terug-gekom om die wedstryd voor die NWU-Pukke se neuse weg te raap. Twee doele is in die derde en vierde kwarte aangeteken en die telbord het ’n oorwinning van 2-1 vir die Kovsies aangetoon.

Evans is as speler van die wed-stryd aangewys.

Hoewel dit aanvanklik in die tweede kragmeting teen UJ ge-lyk het of die NWU-Pukke die wedstryd meer aanvallend gaan benader, was afronding in die doelsirkel steeds ’n probleem.

In die tweede kwart het UJ ’n geleentheid op aanval benut en

halftyd met ’n voorsprong van 1-0 binne te gaan.

Ná vele groen- en geelkaarte teen UJ in die derde en vierde kwart het die NWU-Pukke steeds gefaal met afrondingswerk en die Gautengers het vasgeklou om uit-eindelik te seëvier.

Daar is geen verskonings vir die resultate wat ons gekry het nie

In die NWU-Pukke se derde kragmeting het Tuks ’n vurige vertoning gelewer en vroeg reeds hul stempel afgedruk. Die tuis-span het in die eerste kwart ’n korthoekie afgestaan wat Tuks

deeglik benut het en gesorg dat die telbord 1-0 in hul guns oorslaan.

Die Pretorianers het in die tweede kwart dié vertoning volhou en kon halftyd met ’n goeie voor-sprong van 2-0 binnegaan.

Ná halftyd het die NWU-Pukke teruggeveg met ’n goeie doel wat deur Schani Moore geskiet is en het die gaping na 1-2 vernou.

Die NWU-Pukke het alles in die vierde kwart gegee, maar goeie verdediging deur Tuks het die Noordwesters laat sweet en hul moes uiteindelik die aftog blaas.

Die NWU-Pukke se laaste krag-meting van die rondte was teen die verdedigende kampioene, Maties.

Die span van Stellenbosch kon eers in die tweede kwart die bal in die doelhok laat klink om teen halftyd ’n voorsprong van 1-0 te hê.

Maties het ná halftyd hul spoed

Sport14 Mei 2015

Stefan Bergh, ’n tweedejaarstudent in meganiese ingenieurswese en inwoner van Patria-manskoshuis, het Steinhoff se Sel�e 2 London-kompetisie gewen.

Die komptesie is landswyd van stapel gestuur en die wenner is gekies op grond van die foto wat die meeste stemme gekry het.

Bergh se pryse sluit vliegtuig-kaartjies na Londen, kaartjies na ’n Rugby Wêreldbeker-wedstryd en verblyf in ’n vyfsterhotel in.

Bergh vat sy kamermaat, Marco Naudé saam op dié uitstappie.

Op die fotot oorhandig Ajee Valentine, Steinhoff se hoof van borgskappe, die prys aan hulle.

FOTO: Christian Rudman

Patriaan wen uitstappie na Rugby Wêreldbeker in Londen

opgetel, maar die NWU-Pukke se suksesvolle verdediging het hul telkens gekelder.

In die laaste kwart het die tuis-span kanse gehad met nét 10 spe-lers van Maties wat op die veld was, maar hulle het steeds nie geslaag daarin om die doelhok te vind nie.

“Daar is geen verskonings vir die resultate wat ons gekry het nie. Ons was goed voorberei vir elke wedstryd en het ons kanse gehad, maar het dit nie gebruik nie,” het Evans gesê.

TWEEDE RONDTEIn die tweede rondte het die NWU-Pukke herstel van hul bomskok in die eerste rondte en drie van hul vier wedstryde gewen om uiteinde-

lik algeheel vyfde op die punteleer te eindig.

In die eerste wedstryd teen Wits moes die Potchefstromers met ’n telling van 2-3 die aftog blaas, maar teen die Ikeys het hul ’n kragvertoning uitgehaal om met 3-1 te seëvier.

In die derde wedstryd het hul vriend en vyand verras deur ’n re-use-oorwinnig van 5-1 oor NMMU te beklink.

In die uitspeelwedstryd teen Wits het die Noordwesters wraak geneem teen Wits en uiteindelik met ’n telling van 2-0 gewen om ’n vyfde plek op die punteleer in te neem.

*Kovsies en UJ het die eindstryd gehaal en sal Maandag 18 Mei sake uitspook vir die Varsity Hokkie-trofee.