Wapad - 14 April 2016

16
WAPAD® IS DIE STUDENTEKOERANT VAN DIE NWU-POTCHEFSTROOMKAMPUS JAARGANG 70 SMS-LYN 31750 MET WOORD ‘WAPAD’VOOR [email protected] Oorwinning bring samesyn mee Jonathan Mokuena, NWU- Pukke se hoofafrigter: Dit gaan vir my oor die spelers. As ek verskil in een van hulle se lewe kon maak, het ek in my doel geslaag. Hulle het hulle goed van hulle taak gekwyt. Jeandre Rudolph, NWU-Pukke se kaptein: Dit was drie harde jare vir die spelers. Ons het karakter gewys. Dit was ’n reis. En watter reis was dit nie! Prof Dan Kgwadi, Noord- wes-Universiteit (NWU) se visekanselier: Dit was ’n trotse oomblik toe ek met die manne kon blad skud. Almal weet nou die NWU kan nie onderskat word nie. Prof Fika Janse van Rens- burg, Potchefstroomkampus se waarnemende rektor: Ons span het hulle staal gewys. Ons het ondersteuning van regoor die land ontvang. FOTO’S: FACEBOOK & INSTAGRAM Nie net Potchefstroom nie – maar die land – het Maandag gewemel ná die NWU-Pukke se oorwinning in die Varsity- bekereindstryd.

description

Lees jou kampus.

Transcript of Wapad - 14 April 2016

Page 1: Wapad - 14 April 2016

WAPAD® IS DIE STUDENTEKOERANT VAN DIE NWU-POTCHEFSTROOMKAMPUS JAARGANG 70 SMS-LYN 31750 MET WOORD ‘WAPAD’ VOOR [email protected]

Oorwinning bring samesyn mee

Jonathan Mokuena, NWU-Pukke se hoofafrigter: Dit gaan vir my oor die spelers. As ek verskil in een van hulle se lewe kon maak, het ek in my doel geslaag. Hulle het hulle goed van hulle taak gekwyt.

Jeandre Rudolph, NWU-Pukke se kaptein: Dit was drie harde jare vir die spelers. Ons het karakter gewys. Dit was ’n reis. En watter reis was dit nie!

Prof Dan Kgwadi, Noord-wes-Universiteit (NWU) se visekanselier: Dit was ’n trotse oomblik toe ek met die manne kon blad skud. Almal weet nou die NWU kan nie onderskat word nie.

Prof Fika Janse van Rens-burg, Potchefstroomkampus se waarnemende rektor: Ons span het hulle staal gewys. Ons het ondersteuning van regoor die land ontvang.

FOTO’S: FACEBOOK & INSTAGRAM

Nie net Potchefstroom nie – maar die land – het Maandag gewemel ná die NWU-Pukke se oorwinning in die Varsity-bekereindstryd.

Page 2: Wapad - 14 April 2016

2 14 April 2016Nuus

MARIANNE STEYN

@Marianne_steyn

SAAMGESTEL DEUR MARIANNE STEYN

@Marianne_steyn

InterkampusInterkampus

Universiteit van die VrystaatEngels word hoofonderrigtaal

Universiteit StellenboschKampusrektor: Studente moet opstaan

teen verkragtingDie Universiteit Stellenbosch

(US) se kampusrektor, prof Wim de Villiers, het studente aangemoedig om teen sosiale ongeregtighede op te tree.

Dit volg ná nog ’n beweerde verkragting buite ʼn vrouekoshuis op dié kampus.

“Daar bestaan die wanindruk dat sekuriteitsmaatreëls en kriminele vervolging ver-kragting kan voorkom. Dit kan

nie,” het De Villiers gesê.Hy het ook gesê individue

moet krities na hul gedrag tee-noor vroue kyk.

In ’n video op die universit-eit se webtuiste sê De Villiers mense moet weet respek vir vroue is nie versoenbaar met gedrag soos verbale misbruik, seksuele teistering, onvanpaste grappies en wolwefluite nie.

Universiteit van die WitwatersrandLesingsaal in vlamme

Betogers aan onder meer die Universiteit van die Witwa-tersrand (Wits) het verlede Maandag ’n leë lesingsaal aan die brand gesteek.

Die kampussekuriteit het die brand egter gou geblus.

Die groep van sowat 150 betogers het uit studente van Wits, ander universiteite en lede van politieke partye

bestaan. Hulle het gratis opvoeding vir

almal vereis. Die groep het onderweg na

die hoofhek die kreet “Fees Must Fall” gedreunsing.

Die universiteit het versoek dat die oortreders in hegtenis geneem word omdat hulle ’n ʼnhofbevel wat vroeër uitgereik is, verontagsaam het.

Die Universiteit van die Vrystaat (UV), oftewel Kovsies, gaan begin volgende jaar slegs Engels op amptelike vlak praat.

Verskeie protesaksies, waar-van sommige gewelddadig, het die UV gedwing om hul taalbeleid te herevalueer en -struktureer.

“Diegene wat voor 2017 hulle

kursus begin het, kan nog hulle graad in Afrikaans voltooi,” het Lacea Loader, UV-woordvoer-der, gesê.

Alana Bailey, AfriForum se adjunk-uitvoerende hoof, het gesê hulle stem nie saam met die besluit nie. Hulle glo Afrikaans- en Sesothosprekende studente gaan uitgesluit word.

Dié seun maak almal waar-mee hy in aanraking kom se oë oop vir ’n ander wêreld

as die suksesgedrewe een waarin ons tans leef.

Thiaan is rigtingvas: hy hou niks daarvan as daar skielik met ’n om-pad of ander pad na sy skool gery word nie.

Thiaan se ma moet hom elke aand op dieselfde manier in die bed sit. Thiaan Wentzel blaas omtrent heeldag borrels.

“Ba, ba baai” – sy enigste woorde. Want Thiaan is nie stout nie:

Thiaan is outisties.Aprilmaand is nie net bekend vir

die gekkedag nie. Dié maand word wêreldwyd uitgesit vir outisme-bewusmaking.

Die Instituut vir Sielkunde en

Outisme in praktyk

Welstand aan die NWU het verlede week die kollig op outisme geplaas.

Die hoofgebou van die NWU-Potchefstroomkampus het saans blou geskyn. Blou is die internasio-nale kleur vir outisme.

Outisme Suid-Afrika se webblad, kenmerk outisme as ’n “atipiese neuro-ontwikkeling wat kommuni-kasieprobleme veroorsaak, sowel as sosiale en gedragsprobleme”.

Volgens die Huisgenoot ly een uit 150 kinders aan die een of ander vorm van outisme – meer as aan kanker, vigs en diabetes saam. In Suid-Afrika word sowat 5,000 nuwe gevalle elke jaar gediagnoseer, en skole wat in outisme spesialiseer, bars uit hul nate.

Daar is steeds pogings om met navorsing die oorsaak van outisme te bepaal.

Thiaan se ma, Thia, sê: “Baie van die boeke oor outisme sê iets soos musiek of om saam met dolfyne te swem kan ’n wonderwerk in ’n outistiese kind se lewe beteken.

Met Thiaan is dit anders. Dit is ’n lang, swaar en aanhoudende pad, maar daar is altyd hoop en daar gebeur altyd iets wat jou laat lag.

“Ons lewe sonder Thiaan sou bit-ter vervelig gewees het.”

*Die NWU hou 20-21 Mei ’n simposium oor outisme op die Potchefstroomkampus.

Dit (outisme) is ’n lang, swaar en aan-houdende pad, maar daar is altyd hoop en daar gebeur altyd iets wat jou laat lag.

The festival Potchvegas aims to accomplish an all-in-one this September.

Not only will music lovers across genres be united, but the festival-goers will #PartyForACause. This means that R10 of every ticket will be donated to needy students on campus. What’s more, activities such as a neon run, braai day and a talent show will entertain those who simply cannot sit still.

Sounds from Monark, Matthew Mole, Francois Van Coke, Eu-phonik, Goodluck, and Kyle Cassim

PotchVegas creating a student paradiseISABEL MOISES

@bellamoises107

amongst others will be heard on the weekend of 22 September.

Lian Fourie, organiser of Potch-vegas and founder of the original Partyfest, said this is more than just another music festival.

“These festivals have been found-ed for the students in order to give back and help residents in hostels who struggle,” Fourie said.

According to Fourie, almost 2 000 passes have already been sold.

The later you buy the tickets, the more expensive they get. It is cur-rently sold for R400 a ticket, which ensures a three day pass.

Potchvegas will take place from 22 to 25 September at Senwes Park in Potchefstroom.

PHOTO: NORTHGLEN NEWS

The Neon Run is one of the activities you can participate in at PotchVegas this year.

FOTO: VERSKAFThiaan is outisties, maar sy glimlag verdwyn nooit nie.

Page 3: Wapad - 14 April 2016

314 April 2016 Nuus

BONOLO MANONE

@Grumplezz

LINZETTA CALITZ

@LinzettaC

Nkandla 101: a never-ending story

On Friday 1 April, President Jacob Zuma addressed the nation and attempted to

apologize for the repercussions following upgrades made at his residence, Nkandla, in KwaZulu Natal.

He delivered his speech in re-sponse to the ruling by the Con-stitutional Court that his failure to adhere to the recommendations of the public protector, adv Thuli Madonsela, were neglectful of his role of upholding the provisions of the Constitution.

Hints about Zuma’s impeach-ment or resignation began making the rounds. It has become a matter of common knowledge that he has failed in his capacity as head of state, and that something was amiss about the dealings in making upgrades at Nkandla.

But in what way has he neglected his duty? How much did his “mis-take” cost?

Still no closure

Opinions

BONOLO MANONE

@Grumplezz

The Zuma SagaHEINZ SCHOEMAN-STRUWIG

@inHeinzsight

Gupta? Zuma? Zupta? – Waar is die lyn?

The fact that approval was given at all for upgrades at Nkandla is shocking in light of Zuma’s homes in Pretoria, Durban and Cape Town having been refurbished months before – at the expense of taxpayers.

The President has made count-less statements that he would repay a portion of the money spent on Nkandla after a determination by the Auditor General and a member of Treasury. Recently he claimed to be using a bond to make repay-ments. But where is he getting all this money?

Early in 2009 it was alleged in the Schabir Schaik fraud trial that President Zuma had begun con-struction on the Nkandla property with money he had gotten from his involvement with the French arms dealer Thales.

He insists that his family paid for the property.

Chief Justice Mogoeng Mogoeng of the Constitutional Court ruled that the President was contradict-ing the terms of his agreement

when he failed to follow the recom-mendations of Public Protector Thuli Madonsela to pay back to Parliament portion of his expendi-ture at Nkandla.

While it would be expected that such a decision by our highest court would bring the nation closure and put an end to the saga, it has done no such thing.

The ANC continues to support their leader despite widespread ex-pressions of public dissatisfaction with his actions and the conse-quences thereof.

It remains to be seen whether justice will prevail in the midst of this constitutional and political cri-sis, or if this “mishap” will be swept under the rug like all the others.

Bonolo is an honours student in BA political studies.

Zuma has managed to survive his political career despite all of the

controversy he is constantly sur-rounded by. From the Arms Deal to the shower-taking statement to the ongoing Nkandla saga, not to men-tion all the allegations of nepotism and his ‘buddy-status’ with the Guptas – the country has seen and felt it all.

After the president addressed the nation post-Constitutional Court hearing, the ANC held a late press conference to react to the ruling on Nkandla.

Wat die President gedoen het was ’n eerbare daad omdat hy self erken het hy het drooggemaak, al het die hele land dit reeds geweet.

Mens is nie perfek nie, maar hy ís die land se president en is verant-woordelik vir die bestuur van Suid-Afrika. Hy het dus nie die vertroost-ing om homself as ’n gewone mens te beskou nie. Hy kan ernstig nie sê hy het nie geweet waarmee hy besig was nie.

My probleem is nie dat die ANC die regerende party is nie. My probleem is dat die nie ANC die

TYRAH JACOBS

@tyrahjacobs

Large sums of money were allocated for vague purposes, causing costs to accumulate in the process.

Former DA leader, Helen Zille, laid it all out in a Facebook post on 3 November 2012: Construction companies were paid R121 million.

That included the hiring of con-sultants, architects, engineers and project managers at a cost of R54 million.

The Department of Public Works paid for 31 new buildings at a cost of R8 million each.

Bullet-proof aluminium windows were installed for R3 million.

The official total cost of upgrades made is somewhere between R246 and R248 million or even higher.

The difficulty in acquiring the accurate amount lies in the fact

that funding for jobs and activities was separated into cost budgets for larger projects and sub-projects. This means that large sums of money were allocated for vague purposes, causing costs to accumu-late in the process.

South Africans all around were holding their breath waiting to see if Zuma was going to step down, leaving some to sigh, but others to rejoice and be hopeful that it could positively affect our currency and restore any form of hope, ethics or morals into South Africa’s political (and general) landscape.

There were also third-parties ready to board a flight to Australia for the possibility that total civil war could break out – something not too unrealistic.

But Zuma did not resign. Instead the ANC continue to

support him, with ANC secretary general Gwede Mantashe stating the president “humbled himself” – even though the speech contained many untruths and inconsistencies.

The ANC could have used this opportunity to free themselves from Zuma, but they did not, as Zuma is essentially a mirror of the ANC. But for how long can the ANC sidestep the constitution? Hope-fully it has been long enough.

The Constitutional Court stated Zuma has failed to uphold‚ defend and respect the Constitution – and it is undoubtedly unconstitutional

to do anything that will benefit you at the expense of the state.

The longer Zuma remains our president, not only the more the country suffers but the more dam-age it will do to the ANC’s reputa-tion – a reputation that matters now more than ever with the elections coming up.

Heinz is a second year in BA de-velopment and management.He is the Web Editor of Wapad.

President is nie perfek nie

Mens is nie perfek nie, maar hy ís die land se presidentgeskikte kandidate kies om die land te regeer nie. Dit veroorsaak dat die landsburgers die ANC bevraagtek-en. Ek voel in ’n mate het hulle geen keuse om Zuma elke keer wat hy drooggemaak het te beskerm nie.

Mense lewer kommentaar omdat hulle bekommerd en onseker oor die land se toekoms is. Hulle het goeie rede om te wees, want hulle stel in hul land en sy burgers se welstand belang.Eerlikwaar voel ek hy moet bedank en indien die ANC steeds die regerende party gaan wees, moet hulle ’n kandidaat kies wat oor die nodige kennis, vaar-dighede en integriteit beskik.

Tyrah is ’n tweedejaarstudent in BA bedryfsielkunde en arbeidsver-houdingebestuur.

As die van Gupta nie êrens in jou brein ’n klokkie lui nie, moet jy dit oorweeg om uit jou grot te kruip. Buite sal daar genoeg lig wees vir jou om ’n koerantberig of twee te lees – jy sal nie ver soek vir ’n inligting oor dié van nie.

Mense assosieer verskillende woorde met dié alombekende van: “korrupsie”, “rykdom”, “Waterk-looflugmagbasis”, “Zuma”, “mafia”, “SA mobsters”...

Die rykdom is onbetwisbaar. So ook die lugmagbasisaffêre en die bande wat die familie met hoogge-plaastes het. Verdere assosiasies is (nog) nie in konkrete bewyse gegrond nie.

Net toe die land wonder wat vol-gende is, het die Gupta-familie die land onlangs permanent verlaat, berig Rapport.

Hul private straler het die Lanseria-lughawe glo op 7 April om 23:00 verlaat.

Hoewel Rapport berig die Guptas het landuit gevlug, het Nazeem

Howa, uitvoerende hoof van Oakbay Investments – die Guptas se beleggingsbeheerfirma – dié stel-ling ontken.

Howa het in ’n onderhoud met Bloomberg TV in Johannesburg gesê “hulle kruip nie weg nie” en “hulle het ook nie landuit gevlug nie.”

Rapport berig ook die broers Atul en Ajay Gupta het uit hul direk-teursposte in die Gupta-sakeryk bedank en ook president Zuma se seun, Duduzane Zuma, uit sy Gupta-pos.

Die broers sluit hulle by hul ander broer, Rajesh, in Dubai aan. Dié broer het hom maande gelede al daar gevestig.

Die familiewoordvoerder, Gary Naidoo, het tot onlangs bewerings dat die familie Dubai toe verhuis ten sterkste ontken.

Howa het egter gesê die druk raak net te erg. Selfs die kinders het dit begin voel – hulle is op skool asook universiteit gespot.

Al dié dinge beteken nie die Guptas het totaal onttrek aan die land nie. Hulle kan steeds sake van elders bedryf.

Die Guptas se agtergrond• Dié Hindoe-familie kom oorspronklik uit Indië waar Saharanpur hul

tuisdorp was en het hulself sedert 1993 tot onlangs stuk-stuk in Suid-Afrika kom vestig.

• Noemenswaardige name in die familie is die drie broers Ajay, Atul en Rajesh “Tony” Gupta.

• Die Sahara-landgoed bestaan uit vier afsonderlike herehuise met ’n gesamentlike waarde van R52 miljoen.

• Ajay, die oudste broer, is in 1993 eerste hierheen gestuur deur hul vader, Shiv Kumar, om besigheidsgeleenthede te verken. Hoewel meer diskreet, het oudpres Thabo Mbeki ook bande met die familie gehad.

• Die familie het belange in onder meer die inligtingstegnologiebed-ryf (Sahara Holdings), die mynsektor (Oakbay Resources en JIC Mining Services) en die mediabedryf (TNA Media wat die New Age koerant publiseer).

President Zuma sit egter nog steeds met die bewerings rondom sy Gupta-bande.

Ons sit maar geduldig (wat sal ongeduld nou help?) en wag vir die finale paar episodes in dié seisoen van Zuma en sy dinge.

Woorde van voormalige ANC lojalis en flambojante besigheids-man Kenny Kunene in 2013 aan president Zuma: “The extent of how much the Gupta family con-trols you, and by implication this country, has not even begun to be understood.”

Is Suid-Afrika op pad om die omvang van Gupta-beheer te verstaan?

GRAFIKA: HEINZ SCHOEMAN-STRUWIG

Page 4: Wapad - 14 April 2016

4 14 April 2016Nuus

Kampusmening: Verhoudings oor grenseDit is nie meer buitengewoon om mense van verskillende rasse in ro-mantiese verhoudings met mekaar te sien nie. Met die onlangse oplewing in die media oor dié teer saak, het Wapad gaan uitvind hoe studente oor die onderwerp voel.Mense is onderskeidelik daarteen, daarvoor of neutraal – is jy meer kon-serwatief of liberaal?

Marelize Opperman

BPharm farmasie

Ek sien dit nie regtig as verkeerd nie. Die lewe raak modern. Mense beweeg in elk geval weg van tradisies af. So dit gaan nie regtig clash nie. Almal raak maar verwesterd.

Derdejaar in BSc geologie en plantkunde:

“Persoonlik sal ek nee sê. Dit gaan net daaroor dat jou ras jou ras bly. As ek na ander mense soos byvoorbeeld Trevor Noah kyk, is dit vir hom ’n moerse joke, maar hy weet nooit wat hy is nie. Is hy wit? Is hy swart? Is hy wat?”

Chane de Bruyn

David Louw

Tweedejaar in BA psigologie en tale:

“Jy’t lief wie jy lief het. Jy kan seker niks daaraan doen nie. Dis nie jou skuld Cupid het jou in die gat geskiet nie.”

“I had to google it because I had no idea what it was, but I was truly disgusted when I saw it,” Rethabile Dube, a first-year in BCom busi-ness management, said in reaction to the so-called thigh gap trend. “What has happened to society where we encourage such horrific things?”

Women are now encouraged to increase the gap between their thighs, even though there are many disastrous consequences for their health.

Women go to extreme measures, often leading to anorexia and even fertility problems, because of the pressure to have enough space between their thighs.

Dr Barbara Greenberg, a clini-cal psychologist, said that some

Impossible beauty standards lead to thigh gap obsessionsMARISELLE STOFBERG

@stoof09

Women are now en-couraged to increase the gap between their thighs.

Eerstejaar in BSc inligtings-tegnologie:

“Jy weet, almal integreer en is nie regtig meer apart nie. Ek weet regtig nie hoe my ouers daaroor sal voel nie, maar my ma is afgesit deur enige meisie wat in my lewe is.”

Hillroy Smith

SAAMGESTEL DEUR LINZETTA CALITZONTWERP DEUR BIANCA VISAGIE

“Meneer, wie het al dié bruinsuiker op die vloer gestrooi?”

Dít was die vraag van ’n agtja-rige kind tydens die Studente Jool Gemeenskapsdiens (SJGD) se See, Sand en Skulp-projek.

’n Groep van 24 kinders aan Pro-mosa Primary, net buite Potchef-stroom, is die afgelope vakansie see toe geneem. Dié sewe dae se pret het by TO Strand, naby Port Edward, afgespeel.

Volgens Collin Lello, projekleier, het ’n Kommunikasiepraktisyn aan die skool die kinders gekeur. Dit is kinders wat moontlik nooit weer die see sal sien nie.

Die kinders is daarna voorberei sodat hulle nie afgeskrik word as hulle die see sien nie.

Behalwe vir die sandkasteelaksie

Promosa-kinders ontmoet seeANNEKE VAN EEDEN

@annekeveeden

by Over-de-Voor-manskoshuis se vlugbalbaan, het die kinders tydens ’n waterveiligheidaksie “basiese swemvaardighede aangeleer vir wanneer hulle met groot hoeveel-hede water gekonfronteer word,” het Lello gesê.

SJGD het verskeie aktiwiteite vir die kinders gereël. Hulle het onder meer Ushaka Marine World en ’n krokodilplaas in die omgewing be-soek. Tydens die “Kids spa”-dag het die seuns masserings gekry en die dogters het hul naels laat doen.

Lello het vertel dat elke kind ’n “vogie” ontvang het wat hom na die TO Strand begelei het. Lede van die SJGD se uitvoerende komitee (UK), asook UK-lede van Jool, projeklei-ers, SJGD-huiskomiteelede en SJGD akademiese studenteverenigings was vogies. Ingryp se beraders werk ook nou saam die SJGD tydens die keuringsproses van die vogies.

Lello het gesê dit was een van die beste ervarings van sy lewe. “Ek

dink ek het meer by hulle geleer as wat hulle by my geleer het. Hoe die kinders die vakansie ontwikkel het was vir my ongelooflik.”

Marilize Jordaan, projekkoör-dineerder, het gesê jy leer in die proses baie van jouself. “’n Mens besef eers hoe baie jy het wanneer jy sien hoe min ander het.”

Pittige sêgoed

Oor die eerste swemervaring: “Daar’s koppies sout in die see!”“Wie het die seep in die see gegooi?” het ’n kind in reaksie op die seeskuim gevra. "Wie het bruinsuiker op die vloer gestrooi?"Die seuns het ook tydens die masseer, die olies waarmee hulle gesmeer is, verwar met kookolie.

FOTO: VERSKAFSJGD laat sien die see.

women are built in such a way that no amount of dieting or starvation will make a thigh gap possible. “It is almost like a redhead trying to naturally dye their hair blonde.”

Some men are not even aware that there is such a thing as a thigh gap, and even if they knew it exists, it seems they simply do not care. Christiaan Dela Guerre, a fourth-year student studying LLB law, said: “The special girl in my life

is beautiful, and I did not choose her because she had a thigh gap. I chose her because she is beautiful.”

Soo Kyung Bae, a designer for the company TGAP in Singapore, sup-posedly designs jewelry one can wear to emphasize your thigh gap.

You can browse the collection and even add the pieces to your cart, but the moment you try and check out, you are directed to a new page explaining that the web-site is actually a hoax.

It turns out Kyung Bae raises awareness on the detrimental con-sequences of the thigh trend.

Esti Swart, an honours student in BCom international trading, believes one should not shame someone for having a thigh gap. “If you have or want a thigh gap it’s fine, but remember that true beauty is not measured by the dis-tance between your thighs. Happy girls are the prettiest girls.”

Page 5: Wapad - 14 April 2016

ALTA GRUNDLINGH

@altaG100

Gekkedag-grappe laat bloed kook

Gekkedag, waar mense regoor die wêreld die gek met me-kaar skeer, vind jaarliks op 1

April plaas. ʼn Paar gekkedaggrappe is egter

berug weens hul mislukking. ʼn Webtuiste, Praag.co.za, het

byvoorbeeld gesê die NG Kerk het in reaksie op hul gay-lidmate se versoek, poligamie ingestel.

Lidmate is dus volgens dié webtuiste toegelaat om meer as een huweliksmaat op ʼn slag te hê. Die NG Kerk se bloed het gekook.

Google het ook ʼn nuwe knoppie, “drop the mic”, bekendgestel. Jy kon dit glo gebruik as jy ʼn e-pos stuur en kies om nooit weer van die ontvan-ger te hoor nie.

Dit het behoorlik geboemerang toe verskeie gebruikers – mees-tal per ongeluk – die knoppie op belangrike e-posse soos werksaan-soeke gebruik het.

Google het die knoppie dadelik verwyder.

ʼn Aanlyn kruidenierswinkel in Sin-gapoer het aangekondig dat hulle ʼn uitverkoping op Indiana Jones-vleis het. FOTO: KILDARE NOW

Die Ierse nuuswebtuiste, Kildare Now, het om verskoning gevra vir 'n aanstootlike gekkedagstorie wat beweer het die ter-reurgroep Islamitiese Staat (ISIS) het 'n landmerk in die Kildare-distrik, net wes van Dublin, geannekseer.

Die vleis was kamstig vleis van bedreigde spesies soos panda, tier en walvis.

Hoewel hulle beoog het om die geld wat hulle uit die bestellings gemaak het aan wildbewaringsor-ganisasies te skenk, was die publiek glad nie beʼnndruk met die “swak smaak” nie.

Richard Branson, stigter en voor-sitter van die Virgin-groep, wou die gek skeer met ʼn vennoot, Ken Berry. Hy het hom vir ete genooi en mense gehuur om intussen alles uit sy huis te “steel.”

Branson sou ná die skok van die ontdekking “April Fool’s!” skree.

Dit het egter lelik skeefgeloop toe Branson ná ’n oproep by die tafel kom en sien Berry is reeds weg. Berry het reeds ʼn klag by die polisie aanhangig gemaak.

Branson onmiddellik gebel en gebieg. Hy is uiteindelik gearresteer.

Ná hy die volgende oggend vrygelaat is, het hy verneem Berry het uiteindelik met hom die gek geskeer!

Bronne: CNBC, Huisgenoot, oddee.com

Gekkedag se oorsprong

• Sommige mense volg dié tradisie blindelings, maar waar kom die idee vandaan dat ons op dié dag met ander die gek skeer?

• Hoewel dié dag se oorsprong vandag nog ʼn raaisel is, bestaan verskeie teorieë.

• Sommige mense glo gekkedag spruit uit die 13de eeu en dat dit die verandering in die seisoene gevier het.

• Ander glo weer gekkedag het as ʼn nadraai van die nuwe kal-ender in 1582 ontstaan. Baie kulture het ook die Nuwe Jaar rondom 1 April gevier.

• Ten spyte van die bewustheid, is daar mense wat herhaaldelik uitgevang word. Selfs groot mediahuise en besighede, onder meer Media 24, Google, en kykNET, neem aan dié sport deel.

• Bronne: wonderpolis.org, infoplease.com, hoaxes.org

Daar bestaan geen amptelike me-diese erkenning vir ’n ‘verslawing’ aan sosiale media nie.

Dít volgens Charté Pretorius, ju-nior lektor by die Skool vir Sosiolo-gie aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus.

“Navorsing by die Universiteit van Chicago toon dat ‘verslawing’ aan sosiale media vir party mense sterker is as ’n verslawing aan siga-rette en drank.”

Anja Hattingh, ’n eerstejaar in

Sosiale media: ‘Jou waarde deur kuberlewe bepaal’COLETTE COMBRINK

@CombrinkColette

BSc kwantitatiewe risikobestuur, het gesê: “Sosiale media is ’n fantas-tiese apparaat om ’n groter massa mense aan mekaar te verbind en reëlings vinnig en effektief te tref, mits dit reg toegepas word.”

Volgens Hattingh kan die gemid-delde student “nie deur ’n 50 minute klas sit sonder om te kyk of iemand hulle nie dalk ‘dringend’ soek nie”.

Pretorius sê sosiale media-inter-aksie is nie werklike interaksie nie. Die oomblik wanneer dit as werk-like interaksie gesien word, skep dit ’n afname in menseverhoud-ings, produktiwiteit en emosionele

welstand. “Maslow se hiërargie van

behoeftes stel dat ons nie sosiale interaksie met die hele samelew-ing nodig het om te oorleef nie, ons het net interaksie nodig met mense waarmee ons betekenisvolle verhoudings het, dus buite die kuberruim,” het Pretorius gesê.

Davin Olën, ’n derdejaar in BCom regte, het gesê die mens se aard is van nature anti-sosiaal. Sosiale me-dia word as ’n verskoning gebruik om dié optrede te regverdig.

Die probleem kom egter wanneer ’n mens jou persoonlike waarde deur jou kuberlewe bepaal.

“Inherent is almal selfbewus en jy probeer jouself en jou menswees regverdig deur die ‘likes’ van mense wat nie regtig saak maak nie,” het Olën gesê. “Jy bou dan jou bestaan en jou persoonlikheid op hierdie vergunning wat jy van mense ontvang.”

Pretorius verwys na Sherry Turkle van die Massachusetts Institute of Technology (MIT), wat reeds omvattende navorsing oor sosiale media gedoen het en meen dit ver-swak wél menseverhoudinge.

“Sy fokus veral op die negatiewe impak daarvan om konstant deur middel van tegnologie verbind aan

mekaar te wees en dat dit ironies genoeg na eensaamheid kan lei,” het Pretorius gesê.

Inherent is almal self-bewus en jy probeer jou menswees regver-dig deur die ‘likes’ van mense wat nie regtig saak maak nie.

Memes is ʼn groot deel van mod-erne popkultuur. ’n Mens kan dit definieer as ʼn video of ’n foto wat humor bevat en wat deur internet-gebruikers versprei word.

The most interesting man in the world meme was in 2007 deel van ʼn maatskappy se advertensieveld-tog, maar het verder ontwikkel en bekendheid verwerf.

Die “Philosoraptor” meme, oor-spronklik die ontwerp van ʼn Lonely Dinosaur T-hemp, het in 2008 vinning die aandag van internet-gebruikers getrek. Die meme het blitsvinnig sukses behaal en is tans een van die geliefste memes op die internet.

Memes: Die moderne popkultuurMIEKE HOFMEYR

@MIWatchers

“Rage comics” is die perfekte uit-laatpyp vir die emosies wat ’n mens opkrop. Dié meme het ook in 2008 soos ʼn veldbrand versprei.

Die volgende meme het sy oorsprong van die bekende verhaal Charlie and the Chocolate Factory deur Roald Dahl. Die eksentrieke sjokolademaker, Willy Wonka, het veral opslae gemaak. Die “Conde-scending Wonka” meme se ontstaan is te danke aan die 1971 fliekweer-gawe van Charlie and the Chocolate Factory. As sarkasme jou stapel-voedsel is, is dié meme vir jou.

Die grumpy cat meme het ont-staan danksy, Tardar Sauce, ʼn kat wat in Arizona, Amerika woon.

Haar eienaar het ʼn foto van haar op sosiale media gedeel en sy het onmiddellik sterstatus bereik.

Die Bad Luck Brian memes kan ʼn

mens selfs op die slegste dag beter laat voel oor jou eie situasie. Die foto agter die gewilde meme was eintlik ʼn seun met die naam Kyle se Graad 7 jaarbladfoto.

Hy het gedink die foto is snaaks en ʼn meme gemaak en sodoende die bal aan die rol gesit vir van die snaakste memes op die internet.

Laney Griner het in 2007 ʼn foto van haar toe 11 maand oue seun geneem en dit op haar Flickr blad en so het die Success Kid meme ontstaan.

As jy ooit teneergedruk of hartseer oor jou mislukkings voel, gaan soek Success Kid memes en dit is byne gewaarborg dat jy ʼn silwer randjie vir jou donker wolk sal vind.

Laastens is die gewilde, “One does not simply” meme wat uit die Lord of the Rings-films spruit.

GRAFIKA: HEINZ SCHOEMAN-STRUWIG

514 April 2016 Nuus

Page 6: Wapad - 14 April 2016

ANNA-MARIE RICHTER

@7AnnaMarie7

Koshuise word wél gestereotipeerMoenie ’n koshuis op grond van sy mure oordeel

Dwit is g’n geheim dat elke koshuis deur die jare ’n reputasie ontwikkel nie.

Dit is g’n geheim dat elke koshuis deur die jare ’n reputasie ontwikkel nie.

Dit veroorsaak dat studente die lede van kampus- en dorpskoshuise aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus veroordeel.

Die studente deur Wapad ondervra, het onder meer gesê Villagers-lede drink baie, Minjonet- vroue is te “soet”, lede van Pukdorp kan slegs rugby speel, Karlien-vroue is bere en Klawerhof-vroue is trou-

Villagers-lede drink baie, Minjonet-vroue is te “soet”, lede van Pukdorp kan slegs rugby speel, Karlien-vroue is bere en Klawerhof-vroue is troumateriaal.

materiaal. Studente veroordeel dus ander

op grond van die stigma wat aan hulle koshuise kleef.

Jozua Jacobs, primarius van Thaba-Jäh manskoshuis, het gesê: “Die bekendste stereotipering wat aan dié koshuis geheg word is ‘Thaba-Nee’.”

Jacobs meen dit beteken hulle het nog nie ’n naam op kampus gemaak nie, “omdat ons ’n klein koshuis is”.

Volgens Jacobs is dié stereotiper-ing al herhaaldelik verkeerd bewys,

FOTO: ANNA-MARI RICHTERDaar is meer aan ’n koshuis as sy vier mure.

soos deur hul oorwinning in die hokkie-winterliga en hul prestasies met SJGD.

Hoewel hy niks teen stereotiper-ing op die sportveld het nie, “is dit (stereotipering van koshuise) nie altyd ’n positiewe kultuur af van die sportveld af nie. Dit word soms negatief gebruik.”

Kelly Minnie, ’n eerstejaar in BA

kommunikasie, het gesê: “Elke ko-shuis het goeie en slegte mense.” Sy het ook gesê studente wat slegs een persoon in die betrokke koshuis ken, veralgemeen oor almal in die koshuis.

Volgens Sune Rossouw, ’n tweedejaar BCom finansiële rek-eningkunde, maak mense “goed partykeer op”.

“Ek dink die stereotipering is meer ’n trots-ding.”

Maar beïnvloed dié stereotipes ’n eerstejaar se keuse van ’n koshuis?

Nicola Maartins, ’n student in BPharm farmasie, het gesê sy het nie daarvan geweet voor sy op kam-pus gekom het nie.

“Ek het eers ’n bietjie later (ná die registrasie en oriëntering) iets

daarvan gehoor.”Dié stereotipering kan egter

vanaf twee kante beskou word.’n Student van Veritas-man-

skoshuis, wat nie sy naam wou noem nie, het egter gesê hy klassifi-seer dit nie as stereotipering nie.

“Sulke klein goedjies wat ons vir mekaar sê, is maar eintlik net ge-sonde kompetisie tussen koshuise.”

Kamermaat-rillers: Wat is jou nagmerrie?

Jy kon dit nog vat toe hulle jou noedels eet of jou sjampoe gebruik, maar jy bereik een of ander tyd jou breekpunt.

Enige persoon wat al dieselfde leefruimte met iemand anders gedeel het, weet dit is nie speletjies nie. Dalk het jou kamermaat ’n ge-woonte wat jou aan jou gunsteling gru-verhaal laat dink.

Wapad het verskeie studente oor hulle kamermaat-rillers gevra en ’n paar interessante verhale ingesa-mel. Marisa Terblanche, ’n derde-jaar in BA sielkunde en sosiologie, het saam met haar vriendin in ’n een slaapkamerwoonstel gebly.

Sy vertel hoe dié vriendin gereeld katte ingebring het, al het sy geweet dit word nie toegelaat nie.

Terblanche het die katte nooit gesien nie, tog het sy geweet die vriendin het hulle deur die dag ingebring. “Ek het kathare orals gekry,” het Terblanche gesê.

Dié kamermaat het ontken sy het die katte daar gehad.

“Ek bly nou alleen,” het Ter-blanche gesê.

Charmaine Horton, ’n derdejaar in BCom finansiële rekeningkunde, vertel haar ou woonstelmaat het in haar slaap rondgeloop.

BOUDINE KRUGER

@BoudineKruger

“Sy het na my gestaar, en as ek haar vra hoekom dan loop sy net weg.”

Dié slaapwandelaar studeer nie meer op die NWU-Puk nie.

Michelle Marais* het ’n woonstel met twee ander vroue, Bianca en Mona, gedeel.

Bianca het die een aand sowat 20:00 gaan slaap. Marais en Mona het tot so twaalfuur televisie gekyk.

Marais het gaan slaap, net om twee-uur die oggend die gebrul van ’n motorenjin te hoor.

“Ek het eers gedink dit is my kar,

FOTO: BOUDINE KRUGER

maar toe ek buite kom, besef ek dit is Bianca s’n.”

Bianca het steeds geslaap. “Sy sou nie so kwaad gewees het

as Mona nie al voorheen ander goed gesteel het nie,” het Marais gesê.

“Ons geld het weggeraak en Bianca het agtergekom haar petrol raak baie gouer op.”

Hulle het Mona gekonfronteer toe sy uiteindelik terugkom. Sy het geen emosie getoon nie.

“Toe ons die volgende oggend by die kar kom, was hy nog gestamp ook.”

Hulle almal bly nou apart.Richard Lessing* bly tans saam

met vier mans in ’n studentehuis. Hy sien drie van dié mans gereeld. Die ander een word glo nooit gesien nie, omdat hy nooit uit sy kamer kom nie.

“Hulle kom net agter dat kos weg is en kry drankbottels buite sy kamer,” Lessing se vriend, Johan Bothma, gesê.

Lessing sê hulle hoor saans laat musiek wat uit dié vreemde huis-maat se kamer kom.

Die vreemdste ding wat die huis-maats al ontdek het, is simbole wat op een van hulle deure geteken.

“Ek dink hy is dalk ’n vampier,” het Bothma gesê.

*Skuilname is gebruik

6 14 April 2016Nuus

Page 7: Wapad - 14 April 2016

LISA IMMELMAN

@Lisa_Immelman12

Colloquium oor Digitale Letterkunde laat kenners praat

FOTO: BYDERHAND.NET

Die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus het verlede week gasheer vir die tweede nasionale Digitale-Humaniora (DH) werkswinkel gespeel.

Dié werkswinkel se fokus was op die multimodale integrasie in die Afrikaanse literatuursirkels, asook plekspesifieke literatuur.

Prof Paul Arthur, ’n dosent Uni-versiteit van Wes-Sydney, Australië, het beklemtoon dat die 21ste Eeu gekenmerk word vir sy oor innover-ende navorsing in die kombinering van verskillende dissiplines. Arthur was die gasspreker.

Dr André Goodrich, ’n dosent in sosiale antropologie aan die NWU-PUkkampus, het gepraat oor die virtuele museum wat hy saam met sy studente as ’n navorsingsprojek aanpak.

Prof Franci Greyling het egter die meeste opslae gemaak met haar toespraak oor Byderhand, die leesfeesproduksie wat verlede jaar tydens die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees uitgetoets is. Greyling se werk is as “grensver-skuiwend” geloof.

Ná die sprekers hul projekte

voorgelê het, kon die gaste uit drie verskillende werkswinkels kies: Voyant Tools, Atlas.ti en Python. Dié wat nie daarin belang gestel het om ’n nuwe program te bemeester nie, kon die colloquium oor digitale literatuur bywoon.

Prof Yves T’sjoen van die vak-groep Letterkunde in die Fakulteit Letteren en Wijsbegeerte aan die Universiteit Gent in België was die gasspreker by dié colloquium.

Die colloquium het ook sprekers soos onder andere sprekers soos Roela Hattingh (tans op die kortlys vir die UJ-debuutprys vir Skep-pende Skryfwerk), Nita Cronjé van die ATKV en ’n paneel van vyf onder leiding van prof Hans du Plessis gepraat.

Prof Bernard Odendaal het ’n interessante lesing oor digkuns in die digitale era gelewer. Hy het na die ATKV se Filmverse verwys om die rol van multimedia binne ’n plekspesifieke literatuurprojek te verduidelik. Dié Filmverse was ’n reeks animasiefilms van Afrikaanse gedigte wat vervaardig is om leer en lees te vergemaklik. T’sjoen se lesing oor digitale poësie was ook indrukwekkend.

Hattingh het die betrokke partye per e-pos bedank.

“Dankie vir die merkwaardige geleentheid om die hiperskakel van nuwe gedagtes, tegnieke en kennis op te doen; vir die aandag ge-durende my gesprek; die besondere ervaring om in Afrikaans te werk.”

714 April 2016 Nuus

Redaksie loop myl in pionierskoene

Wapad het met KiKi’s Vintage Photo Studio terug in tyd gegaan om

die pioniersdae te ervaar en die lesse te leer en wysheid te put uit die ou dae.

Op 75 Breë St. het die hoofredaksie ’n mooimaaksessie ontvang (asof ons nie klaar die mooiste hoofredaksie het nie – seker omdat ons nie rook nie, *ahem, AHEM*) wat ons nostalgies laat verlang het na dae wat ons

WAPAD–HOOFREDAKSIE

@NWUWapad

nooit eers beleef het nie.In 1935 het die SR-grondwet

Wapad gestig – sedertdien het Wapad gegroei vanaf ’n skamele vier bladjies tot ’n noemenswaardige 16-blad.

1. Jeanelle “Herinner-my-net” Greyling: onder-die-vlerk-vouer, cut-out-koningin, serial sigher, Wapad-matriarg, Wapad se grootste aanhanger, “werkwoord aan die einde”, en raak opgewonde soos ’n kind (ja, sy het ’n happy-dance).

2. Marita “Wapad-baba” Herselman: selfverklaarde weirdo,

kroegmanverknog, Facebook-stalker van formaat, lang-afstandgroeter, over-sharer, hugger – en sensitiewe siel.

3. Heinz “Shameless Self-promoter” Schoeman-Struwig: onvanpas, taal-mixer, multi-tasker, oor-dramatiseerder, PowerPoint-fundi.

4. Marnus “Net-nog-énetjie” Kok: sit die pa in Wapad, emosiemagnaat en –magneet, rasioneel-denkend, en Facebook-befaam– #raakrustig, #loser.

5. Jaco-Mari “Waar’s jou

foto-versoek” Futcher: volla-fan, tydsbestuurbaas (verwag dieselfde van ander), metal-head, modebewus en altyd opit.

6. Bianca “Klim van my skouer af” Visagie: Apple (Inc.) van almal se oog, Sheldon Cooper-neigings, Minjonet-mal, altyd perfekte wenkbroue.

7. Hardus “Nikke-en-grille” Ludick: koormeester, weier om vir Wapad te skryf, taalpuris, lyk-soos-’n-snobis-maar-is-nie, set in his ways (dít gaan hom nou kwaadmaak), en perfeksionis.

#stuurgroetevanhuisnahuis

In 1935 het die SR-grondwet Wapad gestig – sedertdien het Wapad gegroei vanaf ’n skamele vier blad-jies tot ’n noemens-waardige 16-blad.

1 2

3

45

6 FOTO’S: KIKI’S VINTAGE PHOTO GALLERY

Page 8: Wapad - 14 April 2016

Oudredaksielid gee pluimpie vir Wapad

8 14 April 2016Nuus

GIAN FALKO JERLING

@NWUWapad

CHRIZELLE JOUBERT

@chrizelle46

Die enigste werk waar ’n mens bo in die lewe begin, is as jy ’n gat moet grou.

Die mees suksesvolle mense is dit almal eens. Indien jy dus nie studeer om ’n begrafnisonderne-mer te word nie, moet jy onder in die werkplek begin.

Irma Venter, ’n spanningsver-haalskrywer en oudstudent aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus, is slegs een voorbeeld.

Haar nuutste spanningsver-haal, Sirkus, se manuskrip is reeds voltooi. “Dit behoort vroeg volgende jaar op die rakke te wees,” vertel sy.

Venter het in 1993 begin met haar vierjaargraad in die destydse bedryfskommunikasie. Radio en joernalistiek was haar hoofvakke. Sy sluit in 1995 by Wapad aan as nuusredakteur. Omdat sy hoof-saaklik op politieke verslaggewing gefokus het, was dit natuurlik dat sy besluit het om haar honneurs-graad in internasionale politiek te verwerf.

Chrizelle Joubert het met Venter gesels oor wat haar ondervinding by Wapad vir haar beteken het.

Het jy altyd geweet jy gaan skryf en watter genre?

Ek wou stories skryf vandat ek my eerste hoërskool opstel in stan-derd ses (graad agt) voltooi het. My Afrikaanse onderwyser het baie van die opstel gehou. Ek was verbaas oor wat ek met woorde kon doen en hoe gelukkig dit my gemaak het. Ek het vol bravade in matriek teen-oor my Afrikaanse onderwyseres verklaar dat ek eendag ’n boek gaan skryf.

Ek lees graag misdaadverhale, so dit was bloot natuurlik dat ek in hierdie genre ’n boek sou aanpak toe ek uiteindelik begin skryf het. Ek het op 24 ernstig begin skryf en sewe manuskripte voltooi voor Skoenlapper uiteindelik op 37 (2011) vir publikasie by Human & Rousseau aanvaar is. En nou is dit reeds vier boeke later.

Wanneer het jy by Wapad aan-gesluit?

As ek reg onthou was dit in 1995 as nuusredakteur. My spesifieke fokus was politiek. Dit was die jaar net ná Suid-Afrika se eerste demokratiese verkiesing en die politieke landskap was uiters dina-

‘Teorie sonder praktiese ondervinding is nutteloos’

mies, soos vandag steeds die geval is. Een van die hoogtepunte van my loopbaan as studentejoernalis was ’n onderhoud met oudpresident Nelson Mandela saam met die des-tydse hoofredakteur, Vita Wilkens.

Hoe het jy tyd gemaak vir Wapad?Teoretiese opleiding sonder

praktiese ondervinding is redelik nutteloos. Om ’n artikel binne ’n klaskamer te skryf, is nie dieselfde as om in die veld as joernalis te werk nie. Wapad bied uitstekende ondervinding aan enigiemand wat in joernalistiek belangstel – wat beteken ek het tyd gemáák om deel te wees van die koerant. Ek het ook tydens vakansies by plaaslike koerante gewerk, natuurlik sonder vergoeding.

’n Mens hoef ook nie baie te slaap as jy ’n student is nie. Die dae wat die koerant gesak het, was moeilik, maar ook ongelooflik lekker.

Was Wapad die begin van jou liefde vir skryf?

Wapad het definitief my liefde vir skryf verder aangewakker en ook my vaardighede geslyp. Spannings-verhale geskied teen ’n vinnige tempo, sonder te veel fieterjasies, en dit vra ’n redelike hoeveelheid navorsing. Klink dit bekend? Dalk soos ’n goed geskryfde koerant-storie? Natuurlik, egter, sonder die fiksie!

Hoe het Wapad bygedra tot die sukses van jou skryfloopbaan?

As mens ’n boek wil skryf moet jy die heeltyd aan jou talent slyp. Jy skryf wat ook al jy kan, waar ook al jy kan. Koerante, tydskrifte, adver-tensiekopie – dit maak nie saak nie.

Wat ek destyds nie besef het nie, is dat joernalistiek jou ongelooflik baie oor mense kan leer. Jy moet net jou oë en jou ore oopmaak. Baie fantastiese skrywers was joernalis-te. Dink aan Karin Brynard, Deon Meyer, Chris Karsten en Rudie van Rensburg. Soos nog ’n joernalis, Lauren Beukes, sê: “Journalism is a backstage pass to the world.”

Wat ek ook by Wapad geleer het, is dat die media ’n besigheid is. ’n Koerant moet, op die min-ste, gelyk breek. Dit het aandeel-houers, belanghebbendes, lesers en adverteerders en almal moet gelukkig gehou word – baie anders as die rooskleurige prentjie wat in handboeke oor die storie-bo-als aangebied word. Dit funksioneer ook binne ’n gemeenskap en moet daardie gemeenskap dien. Wat help dit om oor die oorlog in Afghanis-tan te skryf as daar ’n reeks inbrake

op kampus is?

Was mense altyd toeganklik wan-neer jy onderhoude moes voer en hoe het jy dit hanteer?

Om mense te oorreed om met jou te praat is een van die vaardighede wat selde in die klaskamer genoem word. Joernalistiek vereis baie sagte vaardighede.

Mense moet jou vertrou, hulle storie met jou deel en jy moet daardie storie met integriteit

FOTO: VERSKAFIrma Venter.

hanteer. Weereens help dieselfde vaardighede ’n mens baie as jy fiksie skryf.

Jy moet leer om mooi te vra, nog mooier te vra en nooit – maar nooit – tou op te gooi nie. Die menslike aard is om te bieg, om oor onsself te praat, nie waar nie?

Verlang jy terug na jou studente-dae?

Ja. Die sorgvryheid van my stu-dentedae was heerlik. Mens besef

dit eers as jy daardie eerste karige salaristjek kry en almal hulle pond vleis eis.

En nee. Die vraagstukke waar-mee julle nou op kampus worstel is groot en moeilik.

Dit moes lankal deur mense veel ouer as julle opgelos gewees het – dieselfde mense wat die sisteme wat julle nou geërf het, gebou het.

Julle moet die tyd gegun word om nasie te bou, om jonk te wees, om mekaar te leer ken.

Noordwes–Universiteit omhels tegnologie met nuwe app

eFundi is nou in die palm van jou hand. Booop is dié app aflyn beskikbaar.

Adelle Lotter, ’n IT-spesialis aan die Noordwes-Universiteit (NWU), het gesê hul nuwe app, eFundi MOVE, “bring die aanlynomgewing na die aflynomgewing”.

Dié app is op die Google Play Store, asook Apple se App Store beskikbaar.

Tenisha Botha, ’n derdejaar in BA psigologie en sosiologie, het gesê die app maak haar lewe baie makliker. “Ek kry al my hulpbronne en punte heel maklik.”

Gebruikers op die Play Store se algemene waardering was egter 2,9.

Wapad het sowat 10 studente genader. Hoewel slegs drie van hulle eFundi MOVE afgelaai het, gebruik al drie dié app gereeld.

Lotter moedig kritiek aan, sodat hulle die app kan verbeter.

“Die grootste voordeel van eFun-di MOVE is dat ’n student steeds die

WiFi kan benut om sy studiemate-riaal na sy rekenaar of toestel af te

laai,” het Lotter gesê.eFundi MOVE se beta-fase is

middel verlede jaar reeds bekend-gestel. Hoewel die app nie meer in sy beta-fase is nie, sê Lotter dit is steeds in ontwikkeling.

“Ons wil die produk elke jaar ver-beter,” het Lotter gesê. “Dit behels in die eerste plek dat ons bugs sal regstel en dan sal ons ook graag nuwe funksionaliteite wil byvoeg.”

Jy het daarna toegang tot enigiets daarop, selfs as jy nie tot die inter-net verbind is nie.

Volgens Lotter is dié app ʼn meer georganiseerde en vriendelike manier om studiemateriaal af te laai. In eFundi MOVE is slegs die

Die grootste voordeel van eFundi MOVE is dat ’n student steeds die WiFi kan benut om sy studiemateri-aal na sy rekenaar of toestel af te laai.

blaaie ‘Resources’, ‘Announcements’ en ‘Schedule’ beskikbaar.

Sodra die student op een van die blaaie ingegaan het, sinchroniseer die app en die eFundi-webwerf, wat beteken die materiaal is weer aflyn beskikbaar.

’n Voordeel is dat jy elke keer wanneer ’n nuwe hulpbron op eFundi gelaai is, ʼn’n kennisgewing kry.

Die app moet wel toestemming hê om dié kennisgewing deur te stuur.

Jy kan dit onder ‘Settings’ verander.

eFundi MOVE kan op enige tegnologiese toestel hardloop.

Page 9: Wapad - 14 April 2016

Bat of Gotham vs Son of Kripton in fight of the century

914 April 2016 Kuns en Vermaak

GIAN FALKO JERLING AND MIEKE HOFMEYR

@MIWatchers

Thieve: Pop-punk meets psychedeliaBONOLO MANONE

@Grumplezz

After letting the taste of their previous album, Gold, lin-ger a little bit too long, Cape

Town-based band Thieve is on tour again for the release of their latest offering Extra Ordinary.

The band consists of Andrew Davenport (lead vocals and guitar), Fred den Hartog (lead guitar) and Sheldon Yoko (drums).

The vibrant pop-punk meets psy-chedelia sound is no doubt a result of the influence of the Beatles.

“I don’t think any band playing today can’t cite The Beatles as one of their influences,” Den Hartog said.

Their flavour is distinctly South African, with upbeat guitar rhythms and wild, carefree drumming.

The tour kicked off in Pretoria, with Potch being the next leg.

When asked what the tour has been like so far, Davenport said: “It’s just like being on holiday.”

Extra Ordinary was mostly re-corded in a beach side studio, and the group said that the sound of the

ocean is audible in some of their tracks.

Den Hartog jokes about the influences of the lyrical content in Extra Ordinary: “Andrew is very fed

up with his domesticated lifestyle,” which seems fitting as Andrew’s fa-vourite track, “Braindead”, is about the frustrations of committing to a serious relationship amidst doubts.

“It’s the kind of song that makes people squirm in their seats,” Dav-enport said.

“How do you do it” is Den Har-tog’s favourite track because of the

challenge it gave him in terms of sound mixing and production.

When it comes to the local music scene they are really excited about the work of other artists, such as AKA and Spook Mathambo.

“It’s tougher now to be in a rock band because in the MK (DSTV Channel) days, rock artists used to control the scene,” Den Hartog explained.

Their flavour is distinctly South African.

Thieve is on tour with their sophmore album Extra Ordinary. PHOTO: JACO S. VENTER

As soon as they hit the stage, they transform into experienced rockers themselves, ultimately leaving the audience chanting for more at their show at Texas Saloon on 7 February.

“Advice to any young bands: Just live in together. We’ve been very involved with each other’s lives for a long time. So I can’t try and get any nonsense lyrics past Fred, because he just knows me so well,” Daven-port said.

Batman v Superman: Dawn of Justice has probably been the most anticipated DC-superhero movie since Christopher Nolan’s The Dark Knight Rises in 2012. Two of the biggest superheroes in the DC universe face each other in the battle of the century, with Ben Affleck taking on the role of Bruce Wayne/Batman and Henry Cavill reprising his role as Clark Kent/Superman.

There were mixed feelings among critics and fans about the casting, especially with Jesse Eisenberg casted as Lex Luthor. Eisenberg portrayed more of a Joker role than the traditional, sophisticated Lex Luthor – too crazy for comfort. However, Affleck seems to have redeemed himself after his poor performance as Daredevil in 2003.

Directed by 300’s Zack Snyder, the story of Batman taking on the legendary Superman promised to have stunning visuals and amazing action sequences. Unfortunately, making a pretty movie doesn’t

FLIEKtomaan Batman v Superman: Dawn of Justice

make a good movie. Snyder drew his inspiration

from the comic books The Dark Knight Returns and The Death of Superman, although the storyline itself is original.

Everything starts when Bruce Wayne experiences the aftermath of Superman’s devastating battle with General Zod. Eighteen months later the Man of Steel has to answer for the destruction of Metropolis, while Bruce Wayne grows more and more wary of the Last Son of Krypton. Behind the scenes, a brilliant, yet unnervingly psychotic Lex Luthor starts manipulating events in order to support his own dire motives.

As Batman v Superman: Dawn of Justice is supposed to be the build -up to the eventual creation of the Justice League, there is an overflow of subplots and not enough time to elaborate upon them. This leads to a few major plot holes and questions left unanswered.

Batman v Superman not only has the two superheroes against each other, but seemingly also the fans and the critics. On the review site “Rotten Tomatoes” the critics gave the movie a meager score of 29%, yet the fans and the general

audience gave a score of 75%. Critics were disappointed with the lack of apparent comic book accuracy, while fans loved the roles of Affleck and Cavill.

On a positive note, the film is highly entertaining thanks to the

special effects, intriguing plot twists and relatively great acting. Snyder undoubtedly lives up to his name when it came to the visual effects. From crashing rubble to laser-eyes, the thrilling action keeps you on the edge of your seat. All in all and

considering both sides of the coin, Batman v Superman: Dawn of Justice is a beautiful mess.

PHOTO: WELCOME2VILNIUS

CD review: ‘Cleopatra’ compelling and authentic

Cleopatra is unpretentious and breathes authenticity. The Lu-mineers released their long anti-cipated sophomore album, Cleopa-tra, on 8 April, 2016.

The album was written over six months in a small house in Denver. Singer-guitarist, Wesley Schultz, said on a blog, howlandechoes by Gabi Paterson, that they want to break away from artificial lyrics. The whole idea of Cleopatra is to reveal the depth of their music.

The band was formed by Jer-emiah Fraites (drums, piano) and Schultz after Fraites’ brother passed away due to a drug overdose in 2002.

Other band members include Neyla Pekarek (cellist, backing vo-

CHARMAINE JACOBS

@Charmaine95J

calist), Ben Wahamaki (bassist) and Stelth Ulvang (pianist).

“Ophelia” sets one’s soul on fire and brings out your dependable desires. This single is the founda-tion of Cleopatra. The song starts with the lyrics “Ah, ah when I was younger. / I, I should’ve known better”.

It is about a man being in a relationship with someone, but because of contrasting reasons it didn’t work out. He is also reflect-ing on decisions he made when he was younger and that he could have made better decisions in his past.

“Sleep on the Floor” ruptures with hopeless optimism, told from a young man’s perspective as he persuades his lover to run off with him. He believes a better life awaits them, but with the unknown always comes wariness, and challenges.

“Cause if we don’t leave this town, we might never make it out. / I was not born to drown, baby, come on.” This song is written in such a man-ner that many can relate with their own appearance of captivity.

In comparison with the band’s self-titled debut album, Cleopa-tra focuses on a mellow note. The album is more serious in nature and initiates originality. The lyrics embody understanding.

The feel of Cleopatra is compel-ling, although this is the folk rock band’s second album, it leaves a fragrance of progress. Indie folk was influenced by the Beetles, and just as the Beetles won’t be sounded out in any time, Cleopatra can be ap-preciated for years to come.

Rating:

Rating: 3.7/5

Critics are not pleased, while fans are impressed by this film.

Page 10: Wapad - 14 April 2016

10 14 April 2016Kuns en Vermaak

Vlam in die Sneeu vat vlam in jou hart

Pukki Talentfees verseker vanjaar vir die 33ste keer dat studente nie hul talente onder ’n maatemmer wegsteek nie. Dié kunstefees strek nie slegs oor twee aande nie, maar neem kampusbedrywighede van 9 tot 13 Mei oor!

Volgens LeRoux Malan, Pukki Talentfees-organiseerder, is die studentetalent vanjaar die hoogste nóg. Pukki Talentfees het vanjaar meer as 190 inskrywings ontvang.

In talentfeesweek gaan 42 uitvoerende items gehoorlede in die NWU-Konservatoriumsaal en Sanlam-Ouditorium bekoor, terwyl

RONÉ VAN WYK

@RonePink

Die 25ste jaarlikse Potchpourri het die gehoor vanjaar wéér behoorlik vermaak.

Dit het die Konserwatorium se konsertreeks vir die jaar, geopen.

Die lys kunstenaars het studente van die NWU-Puk, asook bekende gaskunstenaars, ingesluit.

’n Wye verskeidenheid genres, insluitend klassiek, jazz en house, is opgevoer.

Die gehoor het veral aanklank gevind by “15 pounds away from my love”, gesing deur Tammy Aslett (sopraan), en die klavierduet, Sona-

FOTO: HEINZ SCHOEMAN-STRUWIG

INGE-AMÉ SCHOEMAN

@ingeame12

Vlam in die Sneeu is ’n briefwisseling tussen twee van Suid-Afrika se grootste

literêre ikone en pronk sedert die begin van die jaar op boekwinkels se rakke.

André P. Brink en Ingrid Jonker het van 1963 tot 1965 briewe aan mekaar geskryf. Gedurende dié liefdesverhouding het Brink in Grahamstad gewoon en Jonker in Kaapstad.

Die boek dra ’n realistiese, onin-tensionele boodskap oor, omdat dit op daardie stadium nie een se bedoeling was dat dit gepubliseer sou word nie.

Die titel verwys na ’n deel in een van Jonker se briewe waar sy Brink as haar “vlammetjie in die sneeu” aanspreek.

Ons ken die tragiese verhaal van Jonker se lewe. Die boek bring insig aan die leser, omdat dit ’n dieper blik op Jonker en Brink se lewe gee.

Die boek is ook in Engels as Flame in the Snow beskikbaar. Die inhoud is maklik leesbaar, maar daar is tog gedeeltes waarvan net hulle twee die ware betekenis sou verstaan.

Brink se weduwee, Karina Brink,

en haar span, het die briefwisseling in boekvorm omskep.

Tydens ’n onderhoud met Kwêla vertel Karina Brink dat André vir 50 jaar die briewe bewaar het. Brink het glo drie maande voor sy dood gesê dat dit gepubliseer moet word.

Enige persoon wat graag literêre skryfwerk lees, sal dié besonderse briefbundel geniet.

Daar is diep, swaar oomblikke, maar die leser sal kort-kort ook iets ligvoets en humoristies in die briewe optel.

Die gedigte wat hulle aan mekaar geskryf het, is ’n hoogtepunt in die boek.

Jonker se opinie oor sy skryf-stukke was vir hom belangrik. Sy het beslis ’n invloed op sy skryfwerk én lewe gehad.

Dit is insiggewend om te sien hulle was doodgewone mense, wat liberaal oor die lewe gedink het en self ook hul eie stryd in die lewe gevoer het. Dalk was Jonker meer vry op stadiums van haar lewe as wat mens sal dink.

“Het plat op my rug op een van die grasperke gaan lê in die winter-son en ek kan nie vir jou die gevoel van geluk en besinning en openba-ring wat my besiel het, beskryf nie... Die gevoel wat ’n maagdelike bruid behoort te hê!” – Jonker se woorde (bl. 66).

Spanning word opgebou deur die konstante herhinnering dat die twee jaar van briewe skryf ook tot ’n einde moet kom. Hartstogtelik, aangrypend en opspraakwekkend is almal woorde waarvan Vlam in die Sneeu getuig.

Boekresensie

Talente nie onder maatemmer versteekdie Botaniese Tuingallery ongeveer 25 visuele kunswerke sal vertoon.

Gehoorlede kan na ’n wye spek-trum uitvoerende- en skeppende kunste uitsien, wat dans, toneel, sang, opera, instrumentale musiek, digkuns, skryfkuns, beeldhouwerk, skilderwerk en fotografie insluit.

“Die fees skep ’n platform vir alle kunstevorme op kampus: ’n ten-toonstelling van studentetalent,” het Malan gesê.

Carli Grobler, 'n derdejaar in BSc plant- en dierkunde, het verlede jaar aan die danskategorie deelge-neem en is vanjaar weer ’n finalis: “Ek sien die meeste daarna uit om die gehoor se reaksie te sien. Dit gee my hoendervleis om daaraan

te dink.” Die afwagting onder die deelne-

mers is groot en daarby sorg prysborge soos die ATKV, Pukki en Die Akker Koffiehuis vir ekstra op-winding. Die pryse sluit ’n jaarlange eet-en drinkbewys by Die Akker Koffiehuis, ’n naweek by ’n ATKV -vakansieoord en kontantpryse in.

Musiek-legendes soos Anna Davel, Babette Viljoen, Flip a Coin en Erika Eloff, het in hul studente-dae menigte kere op die Talentfees-verhoog verskyn.

Met Lizz Meiring as seremonie-meester beloof dit om ’n verry-kende en vermaaklike kunste-ervaring te wees. Daniel Sithole van The Pioneer Brass. FOTO: VERSKAF

Wat fluister jou skoene vir die wêreld?

Daar is 'n paar dinge wat gewig in jou sosiale lewe dra. Jou vriende, haarstyl, koffiekeuse, kleresmaak en dan natuurlik die belangrikste een: skoene. Skoene kan ’n uitrusting maak of breek, jou help om van punt A tot B te kom of komplikasies inhou. Wapad het vir dié wie se skoene op kampus aandagtrekkers was, gevra hoe gereeld hulle dié skoene dra, hoekom hulle dit juis “vandag” dra en wat hulle dink die skoene oor hulself sê.

Sané Potgieter, 'n derdejaar in BCom ondernemingsbestuur: “Ek het hulle in my kas ontdek. Dit is eintlik die tweede keer wat ek hulle dra. Ek het ’n kopband aangehad en toe pas dit by die skoene. Persoonlik voel dit soos Afrika-skoentjies.”

Lulu Chocké, ’n derdejaar in BA sielkunde en omgewingstudies: “I don’t actually wear them a lot. It was raining – that’s why I chose it. I like something different and I think this is one of those pairs of shoes you can where with about anyting.”

Miemie Richter, ’n honneursstu-dent in BA taal- en literatuurstu-die: “Dit is fisies al wat ek dra. Ek het besluit om dié skoene te dra, omdat dit koud was en my gunste-ling skoene is. Ek dink dit wys my artsy-fartsy gedeelte. Ek hou net van weird en ‘anderste’ goed. Natuurlik doen enigiets Cowboy dit vir my.”

Karoo van Heerden, ’n eerstejaar in BCom bedryfsielkunde: “Ek dra dié skoene omtrent elke dag. Dit was so ’n reënerige dag en die wit is so ’n verwelkomende kleur. Ek dink die skoene sê swag.”

Kelly Minnie, ’n eerstejaar in BA kommunikasie: “Die skoene is nuut en op die oomblik een van my gunsteling pare. My skoene is gemaklik, dit pas by die weer en ek hou daarvan. Ek dink dié skoene sê dat ek ’n baie cool persoon is, want dis cool skoene.”

ANNA-MARIE RICHTER

@7AnnaMarie7

You have cliché-drenched butterflies in your stomach at the thought of going on a date with the person you have been gushing about.Now, imagine going on a date with someone you don’t know. With no expectations there should be no disappointments, right?

Wrong.

How to prepare yourself for a blind date:1. Try keeping an open mind. Be open for new experiences.2. Wear a cute outfit. This will boost your self-confidence. 3. Nervous? Try having a cup of rooibos or honeybush tea.4. Not the tea type? Maybe try ta-king a deep breath and a big swig of whatever you can find in the fridge. 5. Remember that he is probably just as afraid as you are.6. Pack extra deodorant just in case your body decides to betray you.

Blind dates & open eyesANNA-MARIE RICHTER

@7AnnaMarie7What you can do to avoid blind date disasters:• Never go in totally blind – make sure you have a friend in the area.• Always take your wallet. You can’t depend on him to pay the bill, and you probably don’t fancy climbing out the bathroom win-dow.• If he asks you to wear something like a flower so he can recognize you in a crowd, make sure it’s eas-ily removable so you can ditch it under a table.• Avoid restaurant booths with low light. • Don’t order something like ribs. It’s the first date.• Always have an escape plan: Have someone ready to call you on cue with a “family emergency”.• You get those dates where no amount of meditation or prepara-tion can possibly save you from the disaster to come.

Suné Uys, first year in BA graphic design, shared her worst blind date story:

“We had ribs (worst date food ever) for dinner and ice cream for dessert. While taking a bite of my ice cream he stared at me and told me: "I have never seen somebody like you before. I was so freaked out I made my dad fake an emergency to come get me.”

Try it yourself. Maybe you will find your Prince Charming… but it might also be the creature of your nightmares.

PHOTO: NEWSHOUR

FOTO’S: ANNA-MARIE RICHTER

Ingrid Jonker en André P. Brink se gepubliseerde briewe.

Page 11: Wapad - 14 April 2016

1117 Maart 2016 Leefstyl

Honger? Dors? Of net... verveeld in jou kamer?

Jy is nie net in Potchefstroom om te studeer nie – jy is hier om meer van die lewe te ervaar. Dit gaan nie gebeur as jy heeldag in jou kamermuur vaskyk nie.Hier is ’n paar plekke waar jy ’n studiebreek kan neem.

1.Die Pienk HuisMet ’n prentjiemooi teetuin laat Die Pienk Huis jou byna soos ’n feetjie voel.Hulle voorsien nie net in meisies se behoeftes nie - almal met ’n soettand sal hier knuppeldik word. Met Die Pienk Huis se groot tuin en spesialiteitskoek, is hulle die ideale plek om verjaarsdagpartytjies te hou.

2. Cuppa CaffeDié koffiewinkel se cappuccinos is letterlik so groot soos jou gesig. Cuppa Caffe is ’n knus plekkie, waar smaaksintuie bederf word. Met borde kos so groot soos dié wat jou ouma voorsit, bied Cuppa’s ’n warm, huislike gevoel.

Jani Marais

@marais_jani

3. Vida VerdeDie antieke gevoel van dié restaurant laat jou voel jy hoort hier. Dit is die plek om te besoek wanneer jy oor River Café nostalgies wil raak. Vida Verde het wennerpizzas en hulle is nie skaam met hulle porsies nie. Hul goeie diens en vriendelikheid staan uit.

4. PotchefstroomgholfbaanHou jouself belangrik en gaan slaan ’n paar balle op Potchefstroom se pragtige gholfbaan langs die oewers van die Mooirivier.Jy hoef nie ’n lid van die gholfklub te wees om te gaan speel nie, maar fooie is wel ter sprake. Die koste beloop R60 vir 9 putjies en R75 vir 18 putjies.

4.Food studioDie spierwit mure skep ’n anderlandse gevoel, so asof jy in Griekeland ’n heerlike middagete geniet. Wanneer jy instap, kan jy nie help om deur die reuk van varsgebakte brode, koeke en brownies verlei te word nie.

5.NWU Botaniese TuinDie Botaniese Tuin is net onder die drie hektaar groot (amper drie rugbyvelde) en vir die publiek oop, wat genoeg ruimte vir ’n romantiese wandeling bied. 6.BoskopdamBoskopdam is 20 kilometer noord van Potchefstroom, ongeveer 15 minute se ry.Koste beloop R30 ingangsfooi per persoon (per dag) en ’n verdere R20 vir elke twee visstokke wat gebruik word om te hengel. Vul jou koelsak met verversings, moenie jou visstok vergeet nie en spandeer die dag in die buitelug.

7.TGS Hair and NailsWees impulsief en gaan doen iets nuuts met jou hare of naels.Verandering is net so goed soos ’n vakansie! Karaoke by Music Café.Speel met die hondjies by die DBV.

Koeke vir dae by Die Pienk Huis. Wandel in die Botaniese Tuin.

9. DBV/SPCA PotchefstroomDiere soek ook liefde en aanvaarding. Indien jy lief vir diere is, lê besoek aan die DBV af en maak ’n huislose hond se dag. Jy kan die DBV personeel help om die diere te bad, kos te gee en net te vertroetel.

10.Karaoke by Music CaféAs jy nog altyd jou versteekte sangtalent aan die wêreld wou blootstel,is Music Café ’n goeie opsie. Hou hulle Facebook page dop vir aankondigings wanneer die volgende karaoke aand plaasvind.

Met borde kos so groot soos dié wat jou ouma voorsit, bied Cuppa’s ’n warm, huislike gevoel.

FOTO: PLAN ME PRETTY FOTO: WIKIPEDIA

FOTO: BURGER TERBLANCHEFOTO: JANI MARAIS

Party beskryf dit as kultuur in ’n glas, ander laat dit minder glansryk klink. Aan watter kant jy ook al val – jy weet nooit wanneer ’n beginnerwyngids handig te pas kan kom nie.

Parker Makonzo, voorsitter van die Potchefstroom Studente Wyngilde, wat al wenke op vele wyntoere gekry het, en ondervoorsitter Le Roi van de Vyver, ’n gesertifiseerde wynproe-assistent, deel graag hul kennis.

Volgens Van de Vyver is daar drie groepe wyndrinkers. 1. Die mense wat na jou toe sal kom en sê: “Sjoe, ek’s lief vir wyn, wyn is amazing” en dan drink hulle eintlik net rosé. Hulle soek net die status van “wyndrinker”.2. Dan kry jy die mense wat té deftig probeer wees. “Ja-nee, die tannien in dié wyn is baie aggressief en hierdie houtsmaak oordonder heeltemal.” Hulle probeer te diep in dit ingaan.3. Die middelklas geniet dit net. Hulle praat oor waarvan hulle hou en nie oor waarvan ’n mens móét hou nie.

Wapad se wyngids vir beginners: Drink met styl, sonder pretensie

Harlekyne soek verskeidenheid wyne LINZETTA CALITZ

@LinzettaC

So bietjie etiket: • Moenie jou wyn te vinnig drink nie. Dit proe lekker, maar ná ’n ruk máák dit nie meer so lekker nie. • Probeer om nie die glas met jou

hele hand te gryp nie. Hou dit liggies vas. • Ruik aan die wyn – jy sal lyk of jy jou ding ken. • Moenie pretensieus wees nie.

Bitter min mense kan regtig alles ruik en proe wat in die wyn is. • Tensy dit witwyn is, kry jou wyn nie ys in nie. As jy kan, vervang die ys met iets soos gevriesde druiwe.

• ’n Onoopgemaakte bottel rooiwyn hoort nie in die yskas nie.

Rooiwyn gaan tipies saam met rooivleis en sjokolade, terwyl witwyn meer vir ’n hoender- of visgereg en slaai geskik is.

Makonzo beveel ’n Pinot Grigio vir die beginner aan. Volgens hom is dit ’n lekker-drink-witwyn. As jy “rooi” verkies stel hy voor jy gaan vir ’n Cabernet Sauvignon Merlot. Begin soeter en werk dan na die droër wyne, is sy raad.

In die droë kategorie beveel hy Pinotage of Cabernet Sauvignon aan.

Kry vir jou innerlike harlekyn nog wyn, maar onthou: As die wyn in die man is, is die wysheid in die kan. Oorweeg tog maar om die kan net halfpad met wysheid te vul...

FOTO: JACO-MARI FUTCHERWyn vir elke geleentheid.

Bitter min mense kan regtig alles ruik en proe wat in die wyn is.

Semesters (semestertoetstyd) en die eksamen is soos blaffende honde op jou hakke. Jy sal jou vrye tyd en geliefkoosde McDonalds opsy moet skuif, want vir jou brein om optimaal te funksioneer, moet jy die regte kos eet.

Cornel Joubert, ’n dieetkundige wat in Potchefstroom praktiseer, beveel Lae GI-koolhidrate bo verfynde koolhidrate aan.

“Lae GI-produkte hou die suikervlakke in jou liggaam konstant,” het Joubert gesê.

Volgens Joubert verbeter dit konsentrasievermoë en het volgehoue energie en minder “cravings” tot gevolg.

Voorbeelde van dié produkte is lae GI-bruinbrood, -spaghetti, en –baba-aartappels (eerder as pakkies

Flink dink: Breinkos vir semesters – eet goed, presteer goedANNEKE VAN EEDEN

@annekeveeden

“Smash”). Cornelia Conradie, ’n lektor

verbonde aan die Sentrum van Uitnemendheid vir Voeding (SUV) sê dit is belangrik om proteïene saam met dié koolhidrate in te neem.

“Enige maer vleis soos hoender sonder die vel, maer rooivleis en vis is ’n goeie keuse,” het Conradie gesê.

’n Vrug, saam met ’n handvol neute, kan as peuselhappie geëet word. Neute is ’n natuurlike bron wat Omega 3 bevat, wat met die algehele breinfunksie help. Grondboontjiebotter kan ook as plaasvervanger dien as jy nie sente het om die maand vir neute om te draai nie.

Joubert sê een blokkie donkersjokolade, bestaande uit 80% kakao, kan per dag geëet word.

“As een blokkie vir jou te min is,

spaar die blokkies en eet dan elke tweede dag, twee blokkies.”

Mariaan Wicks, ook ’n lektor verbonde aan die SUV, sê studente moet nie kitsenergie deur kunsmatige produkte soos energiedrankies probeer bekom nie.

“Neem gereelde maaltye, drink baie water, bly weg van koffie en oefen gereeld – selfs al oefen jy net ’n halfuur. Moenie dit los omdat jy voel jy het te veel leerwerk nie,” het Wicks gesê.

Wicks sê die grootse fout wat studente voor ’n toets kan maak, is om nie ontbyt te eet nie.

“Dit het ’n invloed op jou bloedglukosevlakke, wat jou moeg kan laat voel en jou konsentrasievlakke laat afneem.”

Wicks sê daar is ’n verskeidenheid ontbytgraankosse wat studente kan eet voor toetse. FOTO: ANNEKE VAN EEDEN

Page 12: Wapad - 14 April 2016

14 April 2016

70 Jaar van ver-slaggewing

Wapad het uit sy babaskoene van ’n vierblad na ’n 16-blad gegroei en vandag sien dié 70-jarige tweeweekliks die lig. Wapad is die amptelike studentekoerant van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus. By sy verjaarsdagviering stap Wapad saam met die studente vandag terug in sy spoor.

ES van Eeden het in ‘In U lig’: Die PU vir CHO van selfstandig-wording tot samesmelting, 1951 – 2004 gesê “die onontbeer-likheid van studentekoerante vir die vestiging van die beeld van ’n universiteit se jaarlikse studenteaktiwiteite word eers duidelik wanneer die geskie-denis van ’n universiteit in alle erns ondersoek word”. 70 jaar op Wapad se kerfstok getuig dus van die studentekoerant se hedendaagse én geskiedkun-dige relevansie.

Die Wapad is in 1946 weens van die wysiging van die SR-grondwet van 1935 gestig.

As ’n mens só na die geskie-denis kyk, blyk dit Wapad was nog altyd die waghond wat ongeregtighede gemeld het. So byvoorbeeld het die koerant die Studenteraad (SR) in 1952 oor die vingers getik toe die stu-dente ontevrede was oor die feit dat teologiestudente altyd as SR-voorsitter verkies is. Die SR-verkiesings was in 1977 steeds polities-gerig en dit het die georganiseerde studentelewe belemmer, berig Die Wapad.

Sedert sy stigting is die lede van Wapad steeds dikwels in die posisie om ongewilde besluite te neem ter wille van die nuuswaarde. Ons stamp soms koppe met die bestuurslui weens ons nuusdekking.

Die voorbladberig in die vorige uitgawe het ’n hoogge-plaaste of twee se bloed laat

Wapad Briewe kan ge-e-pos word na [email protected] of skakel ons by (018) 299 2875

www.twitter.com/nwuwapadwww.facebook.com/wapad

12 14 April 2016Redaksioneel

BONOLO MANONE

@Grumplezz

KommentaarRedaksioneel

It is so easy to get caught up in the activities and tasks of every-day life. Assignments have to

be completed, bills have to be paid, you have to take care of your health – and somewhere in between all that you have to find the time to enjoy life.

It is often assumed that the only way to do this is to go on a resort holiday or spoil yourself with an ex-pensive spa day, but this is not true. The following little events prove you do not have to go far to find a saving grace from your hectic life.

1. Putting on a fresh pair of pajamas.

Getting enough hours of sleep is hard to do.

Making sure you always have a clean set of sleepwear for those nights when you have no energy left, will ensure your night’s rest is relaxing, even if it is short.

Changing into pajamas at the end of a busy day actually psychologi-cally relaxes your brain and triggers feelings of comfort and relaxation.

2. Trying out a make-up look and nailing it.

Even if you have nowhere to go, have fun with your cosmetics and try out trending make-up looks. Do not forget to take a ton of pictures.

It is so frustrating to try and look presentable for society. This way, you can chill out and be completely content looking good for yourself.

3. Turning over a worksheet and finding out there is nothing on the other side.

Nothing beats the feeling of discovering that an assignment is actually shorter than you had anticipated – especially when you have done it to the best of your ability.

It’s the little things

4. Finding a place in your city you never knew was there.

If you know your surroundings well enough, pack some snacks in your bag and explore your city.

Find hidden gardens and parks, try a new restaurant or just enjoy the feeling of being somewhere completely new and accessible.

If you are lucky enough, your discovery might remain secret and become your solace.

5. Seeing the moon during the day.

Depending on the lunar cycle and luminosity of the moon on a particular day, you can see it in full daylight. Even though there is noth-ing scientifically spectacular or un-usual about this, there is something magical about it, the feeling that one is closer to space. It is almost as if nature has decided to forget her rules that day, for your pleasure.

6. Getting a genuine smile back from a stranger.

People these days have their heads buried in some mobile device or another, and those you do make eye contact with respond with blank stares.

It is so gratifying to smile at someone as you pass them, and re-ceive the favour in return. You never know, your smile could change someone’s day for the better.

7. That satisfying feeling when your first sip of early morning coffee burns in your stomach.

There isn’t much that can make you happy about having to get out of a warm bed and silly dreams, but the aroma of coffee in the morning sure does.

After that first sip, you suddenly come up with an indestructible plan to tackle your day.

It may even encourage you to whip up a hearty breakfast to go along with it.

Interestingly, new studies have shown that coffee consumption reduces some women’s feelings of depression.

8. Finishing a bottle of wine and hardly feeling drunk.

Staying inside with your favourite movie and a bottle of wine?

With some fruit and cheese crackers, you will find you have experienced a more relaxing night with less regrets in the morning.

PHOTO: FACEBOOK

Wapad wordWapad word 70!70!

Wapad het op Dinsdag 12 April hulle 70ste bestaansjaar op die biblioteek se gras gevier. Hier staan ’n paar geesdriftiges nader om deel van die viering te wees. En watter viering was dit nie? Ballonne wat die hemelruim in is. En natuurlik die koek. Koek wat sommige van ons redaksielede in die, wel, gesig gekry het. FOTO: HEINZ SCHOEMAN-STRUWIG

WAPAD TREE NOU EERS OP

WAPAD-KANTOOR: 018 299 2875

HOOFREDAKTEUR: Jeanelle Greyling ADJUNKREDAKTEUR: Marnus Kok KUNS & VERMAAK-REDAKTEUR: Marita Herselman FOTOREDAKTEUR: Jaco-Mari Futcher UITLEGREDAKTEUR: Bianca Visagie TEKSREDAKTEUR: Hardus Ludick WEBREDAKTEUR: Heinz Schoeman-Struwig Uitleg: Heinz Schoeman-Struwig, Inge Janse van Rensburg, Bonolo Manone, Stefanie Esterhuyse, Cheyenne Pienaar.

Teksversorging:Jo-Riëtte Jacobs, Inge Janse van Rensburg, Madelein van Straaten.

Wapad Hoofredaksie

kook. Ons sal tydelik afgemaak word as ongeloofwaardig of selfs onbekwaam, maar ons wéét ons het ons belangrikste plig eerbiedig: om gehoor te gee aan die studente. Dit is ook no-emenswaardig dat ons drie jaar gelede moes uitvind hoe wan-kelrig Wapad se voortbestaan eintlik is toe ons deure tydelik gesluit is. Tog het die plig om ’n geloofwaardige mondstuk vir die studente beskikbaar te stel, uiteindelik geseëvier.

Maar Wapad is nie nét ’n waghond nie. Ons is ’n lek-kerleeskoe-rant wat die harde nuus balanseer met die unieke studentenuus wat so ’n koerant kenmerk. Ons skets ’n kleur-volle prentjie van die studen-tegemeenskap.

Die benoeming vir ’n ATKV Mediaveertjie kan hiervan getuig. Tog blyk dit dat ook dié eienskap niks nuuts is nie: in die sewentigs berig Wapad byvoorbeeld dat ’n studenteor-ganisasie oor die Puk se streng kleredragriglyne en verbode op dans kla.

Dit is duidelik dat Wapad ná 70 jaar die studentekoerant met die meeste Afrikaanse inhoud is. Tog het die koerant saam met die ver-anderende studentege-meenskap gegroei. Wapad se Facebook-blad het reeds sedert Januarie vanjaar minstens 2 500 “likes” bygekry. Wapad publiseer ook aanlyn op Issuu. Boonop lok die feit dat ons die afgelope vyf jaar tweetaligheid bevorder, Engelse redaksielede.

Die redaksie, tans sowat 37 mense groot, balanseer hul ver-pligtinge by Wapad tussendeur hul studies.

Dit is hiér waar die sukses-volle mediapersone leer kruip.

Die lig wat al 70 jaar lank voor in die Wapad brand, sal solank as wat daar sulke ywerige leerlingjoernaliste is, aanhou brand.

Page 13: Wapad - 14 April 2016

1314 April 2016 Opinie

Kontak, gesprekke en erkenning.- Barnard Beukman

FOTO: VERSKAF

Soos elke geslag in eie reg, staan ons huidige geslag stu-dente ook voor ’n stel unieke

uitdagings met baie vrae oor hul toekoms. Vir vandag se studente is baie van die vrae dalk baie meer direk in hul gesig, aangesien hul kampusomgewing die afgelope jaar of wat meer as ooit tevore ontwrig is.

Daar is geen twyfel nie dat enige regering van Suid-Afrika, die huidige of enige toekomstige een, uiteindelik op een basiese kwessie gaan staan of val – dienslewer-ing. Onder ’n bevolking wat swaar gebuk gaan onder armoede – iets wat reeds vererger is deur die stand van die globale ekonomie – gaan dit oor die verbetering van hul daagliks omstandighede.

Selfs al sou dit redelik vinnig gebeur dat die ANC-regering ont-slae raak van pres. Jacob Zuma en sy selfverrykingskabaal, gaan die uitdagings dieselfde bly. Daarvoor is die historiese erflatings van voor 1994, asook swak regering die afgelope 20 jaar en die ekonomiese krisis net te groot. Maar juis daarin lê ’n positiewe geleentheid vir ons huidige geslag studente. Daar gaan ’n ongekende groot aanvraag wees vir kundigheid op alle terreine om die soort heropbou aan te pak wat ons land gaan nodig hê ten einde die nodige lewensgehalte vir almal te skep. Vanselfsprekend sal beleg-gingsvertroue, goeie regering en sterk ekonomiese groei ook nodig wees.

Die eerste praktiese stap wat studente dus kan neem om ’n verskil vir hulleself, hul toekoms en die land te maak, is om die beste moontlike waarde uit hul stud-ies, kundigheid van hul dosente en bykomende leeswerk te put. Hier kom ongetwyfeld baie werk en kundiges gaan nodig wees – en

diegene wat hul sake in orde het, sal hul kundigheid teen ’n premie kan aanbied.

Wat ook al mens se standpunt oor onderrigtaal op kampusse, is een ding duidelik. Soos later in die werkplek is dit toenemend onver-mydelik dat studente op kampusse met verskillende kulture in aanrak-ing kom. Op tradisioneel Afrikaanse kampusse beteken dit al hoe meer kontak met swart studente.

Miskien as Afrikaanse studente die inisiatief neem – as individue op hul eie – om alledaagse kontak te oor grense heen te maak, sal daar groter begrip wees vir die behoeftes van Afrikaanssprekendes se unieke taal- en kultuurbehoeftes vir dié wat dit wel belangrik ag. Alledaagse kontak beteken bloot dat jy vir die student in die ry voor jou in die kafeteria of langs jou in die klas vyf vrae vra:

- wat is jou naam?- hoe gaan dit?- wat swot jy?- waarvandaan kom jy?- vir watter span skreeu jy? (of

watter boek lees jy?)Net dit kan reeds ’n groot verskil

in ons huidige studentegeslag se toekoms maak. Kontak, gesprekke en erkenning.

’n Spesifieke leemte wat ek wel by hedendaagse studente opmerk, is dat baie “boekslim” is, maar daar is ’n skokkende gebrek aan algemene kennis van die werklikheid om hul-le. Moontlik is dit ook omdat hulle die kinders is van ’n geslag wat onlangs in Beeld beskryf is deur ’n politieke wetenskaplike van Unisa, Alida Kok Engelbrecht. Sy skryf:

“’n Kafeekultuur in die Europese styl en ’n nuwe sin vir samesyn is aan die ontwikkel waar ons mekaar fisiek sien en spontaan met mekaar kommunikeer. Maar wat word bespreek in al hierdie nuwe,

Liefde, sjokolade en wyn

Jy kry twee stadiums van student-wees. Die eerste stadium is liefde. In hierdie stadium is die blos op jou wange soos die kleur van geurige lenterose as hy net na jou kyk.

Niks is beter as dié gevoel wan-neer jy weet iemand saam met jou sien net die sterre nie.

ANNA-MARIE RICHTER

@ 7AnnaMarie7

In hierdie stadium ver-goed jy vir al die suiker en gefermenteerde druiwe wat jy in die eerste stadium verbeur het, want niemand wil in ’n verhouding gewig optel nie

Jou hele liggaam is soos jellie as hy vir jou glimlag – die glimlag wat hy spesiaal vir jóú bêre.

Uit persoonlike ondervinding stort dié stadium taamlik vinnig in duie ná dié glimlag nie net meer spesiaal vir jou gebêre is nie.

Saam met die teleurstelling kom die vaal winterdroogte in die vlaktes van jou hart.

Die tweede stadium is sjokolade en wyn.

In hierdie stadium vergoed jy vir

al die suiker en gefermenteerde druiwe wat jy in die eerste stadium verbeur het, want niemand wil in ’n verhouding gewig optel nie.

Nadat ek uit my verhouding gekom het, was die eerste ding wat ek wou doen ’n houer Nutella en ’n bottel wyn koop.

Dit het toe wel gebeur en ménse, was dit nou wat ek nodig gehad het!

Dán besef jy eers wat ware liefde is: as daardie eerste happie sonde op jou tong smelt.

lewendige kuierplekke? Meestal MasterChef, mode, Crossfit, diëte, rugby en die jongste klaar bereide ete by Woolies. Ons kafeekultuur is materialisties en oppervlakkig. Ons swyg solank ons toegelaat word om geld te maak en om dit te bestee.”

Moontlik daarom was ons stu-dente nie almal so voorbereid op wat hulle getref het met onlangse kampusontwrigtings nie en veral nie oor hoe om daarop te reageer of hoe om daarmee te handel nie.

So as ek die ongelooflike voorreg om in die blad te skryf dan net vir een pleidooi kan gebruik, is dit dat julle assebelief tog meer moet lees. Wat ook al julle interesseer – lees net meer.

Maar ook oor die wêreld om julle en wat daarin aangaan. Dit sal julle bemagtig om beter te kan verstaan,

te ontleed en om die eise van jul tyd en toekoms te kan hanteer.

“Dis oppertunities", sê ’n Johan-nesburgse student die ander dag oor my pleidooi, “jy is ’n koerantre-dakteur en soek net meer lesers vir jou koerant en ander nuusdienste. En in elk geval kan ’n student nie meer ’n koerant teen R10 een bekostig nie.”

My pleidooi vir lees en algemene kennis gaan ook oor boeke, tyd-skrifte, aanlyn lees en beslis ook meer nuus lees, ja. Een koerant per week of maand is dan seker beter as geen koerant.

Of dalk is jy reeds ’n aanlyn nuus-gebruiker of wat ook al. Lees net en maak ’n goeie algemene kennis ’n prioriteit.

Die gek idee – dit is my persoon-like mening – dat Afrikaans nou die

groot oorsaak en struikelblok van regverdigheid in ons land en op ons kampusse is, is gewoon onwaar. Dit word aangevuur uit oorde wat weerligafleiers soek vir mislukte di-enslewering – ook oor veeltaligheid op kampusse.

Afrikaanssprekendes verskil oor hoe die taalkwessie op kampusse opgelos moet word en dit is ’n onderwerp vir ’n ander dag.

Intussen voer ek tog aan dat groter klem op studie as ooit, die vyf vrae aan mede-studente, lees en beter algemene kennis vir hedendaagse studente baie gaan help om eienaarskap oor hul eie toekoms te neem in ’n land wat hulle nodiger as ooit het.

En positiewe begrip kweek vir Afrikaans wees.

• Beukman is Beeld se redakteur.

’n Wenk vir ’n enkelloper wat (soos ek) vertroue in liefde verloor het: Lovers’ Lane is nié die plek waar jy wil wees nie.

Moet jouself nie die lekkkerte van goeie wyn en duur sjokolade ontken nie – dít sal jou nooit in die steek laat nie.

Met of sonder ’n vlerk sal liefde, sjokolade en wyn altyd sy verskyn-ing maak.

Onthou: "Save the earth – it's the only planet with chocolate!"FOTO: VERSKAF

Page 14: Wapad - 14 April 2016

14 14 April 2016Sport

MARIANNE STEYN

@marianne_steyn

Toe ek ingestem het om saam met ’n roeispan my lewe op ’n dam te gaan waag en ’n

berig oor die roeiers te skryf, het ek nie geweet waarvoor ek myself inlaat nie. Toe ek die e-pos ont-vang wat sê jy kan déélneem aan ’n informele kanopolowedstryd saam met die roeiklub het my hart gesink tot in die diepste deel van die dam. Dit het gelyk na die ideale geleentheid om my naam met ’n roeispaan te slaan.

Met my aankoms by die dam is my senuwees aan skerwe. Die reën en die crash course in roeiveiligheid soos aangebied deur dr Henk Louw help nié.

Pure plesier – dit is hoe ek die roei op die dam sal beskryf.

Toe ek eers op die water kom in die gekleurde kajakke wat vir vaardigheidsontwikkeling gebruik word, verdamp al my senuwees. Terwyl ons wag vir die ander spelers

Roei saam met die kanoklub: ’n Beginner se ervaring

Kano’s, spane en polo: my middag op die dam

om reg te maak en op die water te kom, gesels ek solank met van die ander roeiers.

Baie van die roeiers het al ’n paar jaar ondervinding in roei.

Klara van der Walt, ’n vierdejaar farmasiestudent vertel egter dat vanjaar die eerste jaar is wat sy roei. Die roeiers se ervaring en vaar-digheidsvlakke verskil wyd, maar dit lyk tog of hulle ’n hegte span

vorm wat bereid is om by mekaar te leer.

Dit word beaam deur Jason Spengler, die klubvoorsitter: “Ons oefen ten minste een keer ’n week saam en die lekkerste deel van deel wees van die roeiklub is die mense. Roei is ’n baie alleen sport en om dit saam met ander mense te doen, maak dit net beter.”

Omdat daar nog nie ’n amptelike

NWU-Puk kanopolospan is nie, gebruik die klub dit om die roeiers se vaardighede te help ontwikkel en om hulle fiksheid op te bou, maar hulle beoog om vanjaar al aan ’n paar vriendskaplike wedstryde met ander spanne deel te neem.

Kano-polo is ’n aggressiewe, hoë-intensiteit sport waarvan die reëls vir hierdie beginner bietjie onduidelik is.

Ons begin met ’n paar rukke en stote begin speel, maar toe die spel eers aan die gang is, wil niemand ophou speel nie.

Sopnat en met lam arms gaan ek later die aand aan wal.

Die res van die span hou nog ’n paar minute aan speel en wanneer hulle klaarmaak is daar een ding wat almal van hulle gemeen het: Hulle het almal groot glimlagte op hulle gesigte.

FOTO: MARIANNE STEYN“Roei die bootjie, roei die bootjie!”

FOTO: VERSKAFDie NWU-Pukswemspan in die waters waar hulle hul tuisvoel.

Soos enige ander sportspan van die universiteit, kan NWU-Pukswem spog met puik prestasies. Cornell Loubser en Adri Visser is tans in die voorlopige swemspan gekies om Suid-Afrika by Deaflympics en Paralympics, onderskeidelik, te verteenwoordig, asook by die SA Nasionale byeenkomste saam met Licinda Kleynhans.

Marike van Oort, swemafrigter van dié span, spog met die groei van aanvanklike 11 swemmers in 2010 tot 29 swemmmers in 2016.

NWU-Pukswemmers soos visse in die waterISABEL MOISES

@bellamoises107

“Hierdie groei is ’n aanduiding van die absolute swemgees en toegewydheid in die swembad,” meen Van Oort.

Van Oort poog om NWU-Puk-swemmers te help met ontwikkel-ing in selfvertroue, sportmanskap, dissipline, toegewydheid en die

wete dat sukses die gevolg is van harde werk en doelwitstelling. Hul streef ook daarna om fisieke fiksheid te bereik en vaardighede te bemeester. “Ons poog om swem ’n belangrike en genotvolle deel van die swemmers se lewens te maak,” sê Van Oort.

NWU-Pukswem bevorder die

sport van swem by die NWU, waar swemmers deelneem aan interna-sionale-, nasionale-, interprovin-siale-, provinsiale en distrik swem-byeenkomste. Studente word die geleentheid gegun om hul doelwitte na te streef in swem tot die vlakke waarna hulle streef.

Elke swemmer is ’n beeldhouer

Ons poog om swem ’n belangrike en genotvolle deel van die swemmers se lewens te maak. en werwingsagent vir die universit-

eit vir hul geliefkooste sport. Om swem te bevorder as ’n sport

en ’n swemomgewing te skep wat deur alle swemmers van alle vaardigheidsvlakke geniet kan word en die ontwikkeling van swem by die NWU aan te moedig is van die doelwitte waarna hulle streef.

Water polo is a seven-a-side game played with a ball similar to a football that is thrown into the opponents’ net.

The NWU-Puk has its own water polo team and although the team is a fairly new addi-tion to NWU-Puk sport they are already competing in their 4th season of the Gauteng Water Polo League.

According to Murray de Jager, manager of the NWU-Puk Water polo team, the men’s team has been “blessed with the original stalwarts and founders of the Penguins club”, their presence is motivating and their belief in the team is what helps the club to achieve their goals.

Players such as Marcel Henn, Hanre Branard, Jacques du Toit, Arne Martin and Sean Knipe have become a force to be reckoned with. They are playing their third season as a team. Joining the team as “young guns” are notable SA school players.

The Women’s “Pennies” Team is entering its 1st season and will be capably led by Micelle Cronje.

Penguins perform in Water PoloINGE JANSE VAN RENSBURG

@Ingenajvr96

Page 15: Wapad - 14 April 2016

1514 April 2016 Sport

MARNUS KOK & EMETIA ENGELBRECHT

@MarnusKok @emetia_brecht

Tennis Golf

World news Sport COMPILED BY COLETTE COMBRINKDESIGN BY JACO-MARI FUTCHER

Woods not “physically ready”

Four-time champion, Tiger Woods, will not take part in this week’s Masters because of a back injury.

Woods (40) has not played competitively since August and has had two operations in an attempt to cure the prob-lem. The American insisted he is “making progress” in his recovery but has put no timescale on his return to action.

“I’ve decided it’s prudent to miss this year’s Masters,” read a statement. “I’ve been hitting balls and training daily, but I’m not physically ready.”

Former world number one, who has slipped to 472nd in the world rankings, also pulled out of the tournament in 2014 with a back problem and finished in a tie for 17th last year.

French open next target for Djokovic

With 11 Grand Slam titles, the world number one, Novak Djokovic, is already among the very best ever to have played the game. The 28 year-old Serb only has one loss to his name in 29 matches this year – and that was a retirement with an eye infection in Dubai.

The next few months could go a long way to making his case as he gets the chance to land the two biggest titles to have eluded him – the French Open and Olympic gold.

“Clay courts are the most physically demanding surface, so also looking at the big picture, the French Open is the biggest goal I have on the clay courts. I’ll try to adjust to that tourna-ment as well,” Djokovic said.

Cricket

New Darren Sammy National Cricket Ground

Fresh from leading the West Indies to victory over Eng-land in the World Twenty20 final in India, captain Darren Sammy has been honoured again – this time closer to home.

Sammy (32) has been recognized in his native St Lucia, where the Caribbean island’s biggest cricket ground now bears his name.

What used to be the Beausejour Cricket Ground is now the Darren Sammy National Cricket Ground, with a stand to be dedicated to West Indies opener Johnson Charles, also a St Lucian.

The Windies beat England in a thrilling finale in Kolkata, becoming the first team to be crowned the World T20 cham-pions twice as Carlos Braithwaite scored consecutive sixes from the first four balls of the final over for victory.

Huis Abraham Fischer (Vis-huis) van die Universiteit van die Vrystaat is die nuwe

Varsitybekerkoshuiskampioen.Dít nadat hulle Patria-mans-

koshuis se drome van dié titel in

Patria kry wind van voor teen VishuisStellenbosch, met ’n 37–29 oorwin-ning verydel het.

Vishuis was eerste op die telbord, met ’n verdoelde drie. Kort daarna het Patria hulle ritme gevind, toe Timothy Prince oorgeduik het.

Patria het verwoed teruggeveg, om met rustyd 21–16 voor te loop. Vishuis het egter ander planne na die omdraaislag gehad en die agter-stand uitgewis.

Patria het gevaarlik gelyk wan-

neer hulle die bal na die punte gestuur het. Beide vleuels, Denver Mororua en Prince, het dikwels kringe om die Vrystaters gehard-loop.

Berto Kleynhans, kaptein van Pa-tria, en Deon Stols het ’n moedige stryd in losgemale gevoer, maar dit was nie genoeg om ’n oorwinning te verseker nie.

Patria het soos tiere verdedig, maar helaas het Vishuis gate in

hulle verdediging blootgelê, om die wen te verseker.

Die Vrystaters het gewen omdat hulle die skrums oorheers het. Beide spanne het hulle egter skul-dig gemaak aan hanteerfoute.

Tot laat in die tweede helfte was die uitslag nog op ’n mespunt gebalanseer gewees. Toe Nelius van Heerden egter deurbars vir ’n drie, was die spreekwoordelike koeël deur die kerk.

Patria het gevaarlik gelyk wanneer hulle die bal na die punte gestuur het.

FOTO: SASPARuben Heymans van Vishuis word deur ’n verdediger van Patria in sy spore gestuit, tydens hulle kragmeting Maandagaand in die Danie Craven-stadion.

Page 16: Wapad - 14 April 2016

Sport14 April 2016

GIAN FALKO JERLING

@NWUWapad

Die NWU-Pukke is die nuwe Varsitybekerkampioen, nadat hulle die Universiteit

Stellenbosch (Maties) ore aangesit het in ’n spannende eindstryd, wat tot op die laaste nippertjie in die weegskaal was.

Selfs voor die afskop, was daar druk in die lug. Dit was immers die NWU-Pukke se derde eindstryd in ’n ry, en Maties het tuisveldvoor-deel geniet.

In die eerste helfte het beide spanne gespook om die oorhand oor die ander span te kry.

NWU-Pukke het afgesit asof hulle ’n naelloper was, en die vraag teen rustyd was of die besoekers uit

NWU-Pukke oorrompel Maties Vir twaalf minute het die besoekers op Maties se doellyn geboer.

FOTO: SASPADie seëvierende NWU-Pukke kort nadat die eindfluitjie in Stellenbosch geblaas het – die eindfluitjie wat hulle die status as Varsitybekerkampioen besorg het.

Noordwes die pas kan volhou.Toe die fluitjie vir rustyd blaas

was daar steeds geen telling op die telbord gewees nie.

In die tweede helfte het Maties die meeste van die rugby gespeel en in die besoekers se helfte geboer.

In die bestek van vyf minute het Chris Smith twee strafskoppe deur die pale geklits. Dit het aan Maties ’n voorsprong van 6–0 verskaf.

Teen die 75ste minuut het die tuisskare reeds die vreugdevure aangesteek. Maar hulle het nie rekening gehou met die besoekers se deursettingsvermoë nie.

Dean Stokes is kort voor Maties se doellyn gestuit. Die uiteinde was ’n skrum vyf meter van die tuisspan se doellyn. Die NWU-Pukke het geweldige druk op Maties geplaas.

Vir twaalf minute het die besoek-

ers op Maties se doellyn geboer. Dít nadat amptelike speeltyd reeds verstreke was. Aanval na aanval is

geloods. In dié tyd het Maties twee geelkaarte gekry vir hulle poging om die Noordwesters van hulle

doellyn weg te hou.Uiteindelik, na ongelooflike druk,

het die Maties se verdediging inge-gee en die NWU-Pukke se Marno Redelinghuys het agter die doellyn gaan kuier.

Rhyno Smith het geen fout met die doelskop gemaak nie, en het aan die NWU-Pukke hulle eerste titel in dié kompetisie besorg.

FOTO: SASPALoftus Morrison rank hoog om 'n lynstaanbal te bemeester.