Wapad - 6 Februarie 2014

20
S 2 STUDENTEKOERANT VAN DIE NOORDWES-UNIVERSITEIT SE POTCHEFSTROOMKAMPUS JAARGANG 68 SMS-LYN 31750 MET WOORD ‘WAPAD’ VOOR [email protected] 6 Februarie 2014 / VOL1 LEES JOU KAMPUS JEANELLE GREYLING S tudente op die NWU-Puk- kampus het meer seks ty- dens JOOL, asook eksamen en toetsreekstye. Volgens apteke op die Bult en regoor Potchefstroom verkoop hulle jaarliks sowat dubbeld die gemiddelde noodgeboortebeper- king, oftewel morning after-pille, van die begin van die jaar tot ná JOOL en verdriedubbel tydens eksamen- en toetsreekstye. Wapad het die afgelope week onder meer met aptekers van Cachet-apteek en Netcare onder- houde gevoer. Volgens verskeie anonieme aptekers by dié apteke in die om- liggende omgewing van die NWU- Pukkampus styg verkope van na- behoedpille met 50% aan die begin van die jaar tot ná JOOL. Antibiotika vir seksueel oor- draagbare siektes se verkope is ook dubbeld tydens en ná JOOL. “Baie. Skrikwekkend baie,” het ’n apteker van Cachet-apteek, wat anoniem wil bly, gesê. “Die gemiddelde aankope van na-behoedpille styg drie keer meer tydens eksamen- en toetsreeks- tye,” het die aptekers by die onder- skeie apteke bevestig. Die NWU-Puk se Gesond- heidsentrum bied gratis na-be- hoedmiddels, maar tog is die aan- vraag nie buitengewoon tydens JOOL en eksamentye nie. “Ons het gereelde pasiënte wat kom vir voorbehoedmiddels,” het Bea Pretorius, professionele verpleegkundige aan die Gesond- heidsentrum, gesê. “Die hoeveelheid na-behoedmid- dels wat afgehaal word, hou dus geen verband met JOOL of selfs Intervarsity nie.” Lenie Kotzé, oud-maatskaplike werker by InGryp, ’n 24-uur kri- sisdiens, meen dis omdat die Ge- sondheidsentrum nie onmiddellik beskikbaar vir só ’n krisis is nie. “As jy besef jy het onbe- skermde seks gehad, is ’n apteek dadelik beskikbaar om jou fout reg te stel.” Die verantwoordelikheid van kontrasepsie rus skynbaar op die vrouestudente aangesien daar slegs kondome in die vrouebadka- mers op die NWU-Pukkampus te bied is. Kotzé beweer dis omdat vroue, eerder as mans, vooruit dink aan- gesien hulle die fisieke en emo- sionele laste sal dra indien hulle swanger word. Volgens Kotzé is die swanger pa- siënte wat InGryp help, sensitief en sy beskerm hulle deur geen inligting oor hul situasies deur te gee nie. Dit is dus onduidelik hoeveel studente tydens JOOL swanger word. Sy erken wel dat baie studente onbeskermde seks weens drank- en dwelmmisbruik het. Luidens ’n berig in Beeld van 4 Desember 2013 val studente aan die NWU, van al drie kampusse, derde op die lys van die mees sek- sueel aktiewe studente aan ter- siêre instellings. Die uitsondering is UNISA wat ’n nasionale tersiêre instelling is. Agt uit tien studente aan die NWU is volgens dié verslag sek- sueel aktief. Die Tshwane-Univer- siteit van Tegnologie was eerste op dié lys met 85% seksueel ak- tiewe studente. Die Universiteit van Johannesburg (Bunting-kam- pus) was tweede met 82%. Dié berig is op ’n onlangse ver- slag oor studente se seksgewoon- tes en sienings gebaseer. Alet Rademeyer berig dié aanlynpei- ling is onder 3 040 studente (35% vroue en 65% mans) tussen 18 en 24 jaar gevoer. Sowat 66% van studente land- wyd gebruik kondome vir voor- behoeding, 15% gebruik die pil, 6% gebruik inspuitings en 2% gebruik inwendige toestelle vir geboortebeperking. Die studie het ook bevind stu- dente stres meer oor swanger- skap as seksueel oordraagbare siektes. Aptekers waarsku egter dat ’n jongmens van ’n ongewen- ste swangerskap ontslae kan raak, maar kwalik van seksuele oor- draagbare siektes ontslae raak. Na-behoeding verkope styg drasties Na-behoedpille styg met 50% aan die begin van die jaar tot ná JOOL JOOL 2014: nat en harde rock-ervaring 10 FOTO: Francois Lion-Cachet 14 Reis, kos en mode-idees 3+17 Koshuistradisies in gevaar? Aptekers waarsku oor die nadele van onveilige seks VALENTYNSDAG DEBAT APTEKERS SÊ:

description

 

Transcript of Wapad - 6 Februarie 2014

Page 1: Wapad - 6 Februarie 2014

S 2

STUDENTEKOERANT VAN DIE NOORDWES-UNIVERSITEIT SE POTCHEFSTROOMKAMPUS JAARGANG 68 SMS-LYN 31750 MET WOORD ‘WAPAD’ VOOR [email protected]

6 Februarie 2014 / VOL1

LEES JOU KAMPUS

JEANELLE GREYLING

Studente op die NWU-Puk-kampus het meer seks ty-dens JOOL, asook eksamen

en toetsreekstye.Volgens apteke op die Bult en

regoor Potchefstroom verkoop hulle jaarliks sowat dubbeld die gemiddelde noodgeboortebeper- king, oftewel morning after-pille, van die begin van die jaar tot ná JOOL en verdriedubbel tydens eksamen- en toetsreekstye.

Wapad het die afgelope week onder meer met aptekers van Cachet-apteek en Netcare onder-houde gevoer.

Volgens verskeie anonieme aptekers by dié apteke in die om-liggende omgewing van die NWU-Pukkampus styg verkope van na-behoedpille met 50% aan die begin van die jaar tot ná JOOL.

Antibiotika vir seksueel oor-draagbare siektes se verkope is

ook dubbeld tydens en ná JOOL.“Baie. Skrikwekkend baie,” het

’n apteker van Cachet-apteek, wat anoniem wil bly, gesê.

“Die gemiddelde aankope van na-behoedpille styg drie keer meer tydens eksamen- en toetsreeks- tye,” het die aptekers by die onder-skeie apteke bevestig.

Die NWU-Puk se Gesond-heidsentrum bied gratis na-be-hoedmiddels, maar tog is die aan-vraag nie buitengewoon tydens JOOL en eksamentye nie.

“Ons het gereelde pasiënte wat kom vir voorbehoedmiddels,” het Bea Pretorius, professionele verpleegkundige aan die Gesond-heidsentrum, gesê.

“Die hoeveelheid na-behoedmid-dels wat afgehaal word, hou dus geen verband met JOOL of selfs Intervarsity nie.”

Lenie Kotzé, oud-maatskaplike werker by InGryp, ’n 24-uur kri-sisdiens, meen dis omdat die Ge-

sondheidsentrum nie onmiddellik beskikbaar vir só ’n krisis is nie.

“As jy besef jy het onbe- skermde seks gehad, is ’n apteek dadelik beskikbaar om jou fout reg te stel.”

Die verantwoordelikheid van kontrasepsie rus skynbaar op die vrouestudente aangesien daar slegs kondome in die vrouebadka-mers op die NWU-Pukkampus te bied is.

Kotzé beweer dis omdat vroue, eerder as mans, vooruit dink aan-gesien hulle die fisieke en emo-sionele laste sal dra indien hulle swanger word.

Volgens Kotzé is die swanger pa-siënte wat InGryp help, sensitief en sy beskerm hulle deur geen inligting oor hul situasies deur te gee nie. Dit is dus onduidelik hoeveel studente tydens JOOL swanger word.

Sy erken wel dat baie studente onbeskermde seks weens drank- en dwelmmisbruik het.

Luidens ’n berig in Beeld van 4 Desember 2013 val studente aan die NWU, van al drie kampusse, derde op die lys van die mees sek-sueel aktiewe studente aan ter-siêre instellings. Die uitsondering is UNISA wat ’n nasionale tersiêre instelling is.

Agt uit tien studente aan die NWU is volgens dié verslag sek-sueel aktief. Die Tshwane-Univer-

siteit van Tegnologie was eerste op dié lys met 85% seksueel ak-tiewe studente. Die Universiteit van Johannesburg (Bunting-kam-pus) was tweede met 82%.

Dié berig is op ’n onlangse ver-slag oor studente se seksgewoon-tes en sienings gebaseer. Alet Rademeyer berig dié aanlynpei- ling is onder 3 040 studente (35% vroue en 65% mans) tussen 18 en 24 jaar gevoer.

Sowat 66% van studente land-wyd gebruik kondome vir voor-behoeding, 15% gebruik die pil, 6% gebruik inspuitings en 2% gebruik inwendige toestelle vir geboortebeperking.

Die studie het ook bevind stu-dente stres meer oor swanger-skap as seksueel oordraagbare siektes. Aptekers waarsku egter dat ’n jongmens van ’n ongewen-ste swangerskap ontslae kan raak, maar kwalik van seksuele oor-draagbare siektes ontslae raak.

Na-behoeding verkope styg drasties

Na-behoedpille styg met 50% aan die begin van die jaar tot ná JOOL

JOOL 2014: nat en harde rock-ervaring 10

FOTO: Francois Lion-Cachet

14

Reis, kos en mode-idees

3+17

Koshuistradisies in gevaar?

Aptekers waarsku oor die nadele van onveilige seks

VALENTYNSDAG DEBAT

APTEKERS SÊ:

Page 2: Wapad - 6 Februarie 2014

Nuus 2 6 Februarie 2014

Universiteit van Johannesburg:NSFAS-beurshouers maak amokAltesaam 20 studente aan die Universiteit van Johan-nesburg (UJ) is geskors ná hulle op 27 Januarie teen die nasionale studentefinansie-ringshulpskema (NSFAS) se lae toelaes geprotesteer het.Dié studente het ’n vreedsame protes vir beter fondse ont-

wrig en gaan aanklagtes in die oë staar. Volgens UJ het die betogers, wat vir beter fondse baklei het, ad-ministratiewe en registra- sieprosesse ontwrig. Hulle staar hangende aanklagtes en/of ’n dissiplinêre verhoor in die oë.

Universiteit van Stellenbosch:Verblyfkrisis is geen man se maatAltesaam 35 eerstejaars wat op 23 Januarie by die Huis Marais-manskoshuis op die Universiteit van Stellen-bosch-kampus (US) sou in-trek, het twee weke later eers slaapplek gehad. Dit was ná dié eerstejaars nie op die in-trekdatum (22 Januarie) by dié koshuis kon intrek nie.

Die US se mediavrystel-ling het beweer die vertra-ging was buite die univer-siteit se beheer en het dit

aan “uitermatige reënweer en ontydige stakings in die boubedryf ” toegeskryf.

Intussen het dié eerstejaars saam met ’n Huis Marais huis-komiteelid in die Simonsberg-manskoshuis gewoon. Verder kan sowat 23% van seniorstu-dente van koshuise op dié kampus tot einde Februarie nie by hul koshuise intrek nie. Volgens die mediavry-stelling is alternatiewe ver-blyf vir dié studente gereël.

Universiteit van Pretoria:Tuks se vlotoptog gaan voort ná onderhandelingeDie JOOL-verrigtinge by die Universiteit van Pretoria (UP) was onlangs nog die hoofpunt van bespreking onder Tuks-studente.Die vlotoptog was Desember verlede jaar gekanselleer en die vlotte sou slegs stilstaande op UP se sportgronde vertoon word.

UP se JOOL het soos die NWU-Puk s’n op die 1ste Februarie plaasgevind.

Dr. Rina Wilken, hoof by UP se departement van stu-dentebelange, het aan Perdeby gesê dat dié besluit geneem is weens hulle Tuks se JOOL in ’n ander rigting wou stuur.

Sy het verder gesê dat hulle ook begrotingsbeperkings in ag geneem het met dié besluit.

UP studente was nie ge-

lukkig met die besluit nie en het hul menings daar-teen op sosiale media gelug.

Rochelle Oosthuyse, AfriFo-rum-Jeug se voorsitter op Tuks, het teen dié besluit betoog.

“Dit is ons doel om gesonde en langstaande studentetradisies te behou,” het Oosthuyse gesê.

Ná vergaderings onder die betrokke liggame, ingesluit die studenteraad van UP, is daar besluit om die vlotop-tog wel te laat plaasvind.

Altesaam 13 vlotte was te sien langs die nuwe roete van vanjaar se vlotoptog.

Daar is egter geen amptelike after party gereël nie en die bier- tuine het teen 17:00 gesluit.

Die verrigtinge en vermaak wat op die sportgronde aange-bied is, het tot 18:00 geduur.

InterkampusInterkampus

Biblioteek hysbak slaan aan die ’n Hysbak in die Univer-siteit van Stellenbosch se biblioteek het op 20 Janu-arie aan die brand geslaan.

Die JS Gericke-biblioteek is onmiddellik ontruim en vir ’n

kort tydperk gesluit. Martin Viljoen, mediaskakelbeampte, het gesê die biblioteekperso-neel kon vinnig weer ingaan ná die probleem opgelos is. Geen beserings is aangemeld nie.

Tukkies kan veilig �es vatDie Universiteit van Preto-ria (UP) het nou ’n 24-uur ka- merastelsel en patrolliewagte wat ingangers deursoek.

Dié Sekuriteitsdienste, in samewerking met die Suid-Af-

rikaanse Polisiediens (SAPD), bied ook die Green Route-projek op die Hatfieldkampus. Seku-riteitswagte begelei daagliks van 18:00 tot 06:00 UP-studente tot hul voertuie en/of koshuise.

Foto: Student Weekly

JEANELLE GREYLING EN ADRIAAN NIEUWOUDT

Mooirivier wit gekleur

Die Mooirivier in Potchefstroom was verlede week wit gekleur weens ’n lek by die Nestlé-fabriek. Dié verandering in kleur is veroorsaak deur groot hoeveelhede Cremora wat in die rivier beland het. Ná harde reën verlede week en oor die naweek het die stroom skoongespoel. FOTO: beeld.com

The ruthless sun, sweltering heat and stay-awake of the night before, left many �rst years with bright-red faces and tiresome looks as they gathered all the small change they could at the yearly RAG procession. 28 hostels of the NWU-Puk participated in this year’s parade through the streets of Potchefstroom. Many of the locals, as well as �rst-year student’s parents, were camped out along the sides of the road on the 1st of February to see the spectacle come to life. The winners will be announced on the 12th of February. FOTO: Benette Rautenbach

RAG �oats draw big crowds

ANINE PETERS

A criminal record can end your career but disciplinary action from a tertiary insti-

tution can end your career before it has even begun.

Many times it is wrongly as-sumed that one should fear a criminal record as the pinnacle of transgressions as it prevents people in the careers of pharmacy, nursing, chartered accountancy, business, and law from registering at their specific board or council in order to practice in their par-ticular field.

“The fact that it is permanent also places many limits on a per-son as many organisations will not employ a person with a crimi-nal record,” dr. Tom Larney, the Campus registrar of North-West University, Potchefstroom, added.

But a person’s downfall can al-ready begin while studying at a tertiary institution. The Campus registrar states: “When found guilty of disciplinary charges, the accused can be expelled from

the university and their conduct certificate will be revoked from their academic record, meaning that they will not be able to study at any university again.”

The various transgressions that can lead to a disciplinary hearing includes all academic transgres-sions, like plagiarism, cheating in examinations, and signing an at-tendance list for someone else. It also includes other types of mis-conduct such as stealing, assault, and drunk driving.

Furthermore, when registering at a specific board it will not be investigated whether a person has a criminal record or any form of misconduct, but it will be expected of the person to be honest about their transgressions in order to prevent action being taken against them.

Mr. Abraham Klaasen from the Faculty of Law on the Potchef-stroom campus of the North-West University mentioned a Rastafa-rian who applied to the Board of Lawyers and who was open about his dagga-smoking habits: “He

could not be accepted as he did not acknowledge his country’s law against the smoking of dagga. If he cannot acknowledge this law in his own life, he cannot acknow-ledge any law in his work.”

This person who was then declined from one firm will be placed on a blacklist sent to all other firms and he/she will never be able to get a job in the specific field.

Criminal record - career no more

The fact that it is perma-nent also places many limits on a person as many organisations will not employ a person with a criminal record.

University’s disciplinary action can end your career

Page 3: Wapad - 6 Februarie 2014

3 Nuus6 Februarie 2014

SIMON SONNEKUS

’n Student aan die NWU-Puk, Telfer Ernest, is gevonnis tot twee jaar gevangenis of ’n R4000 boete opgelê nadat hy skuldig gepleit het op aanklag van strafbare manslag.

Ernest het die voertuig be- stuur wat op 12 September 2013 op kampus omgeslaan het waarin ’n vroustudent, Deirdre Nel, op slag oorlede is.

Die vonnis is opgeskort na ’n R2000 boete óf 12 maande gevan-geniskap indien hy nie binne die tydperk weer skuldig bevind word aan strafbare manslag in ’n voer-tuig nie.

Ernest het op 21 Januarie in die Potchefstroomse landdroshof ver-skyn.

Volgens die Potchefstroom Her-ald het Nel saam met vyf ander studente in die voertuig gery toe die ongeluk plaas gevind het, naby die ouditorium.

Student pleit skuldig ná ongeluk op kampus

Die herdenkingspunt op kampus van Deirdre Nel.

HANNES KRUGER

Die streng regulering van studente-aktiwiteite het dikwels tot gevolg dat ge-

sonde koshuistradisies die spit afbyt.

Dít was Henk Maree, die na-sionale voorsitter van AfriForum Jeug, se kommentaar oor koshuis-tradisies.

AfriForum Jeug het ’n veldtog begin om bewusmaking te skep oor dié kwessie. Hulle het onder meer in Wapad se laaste uitgawe verlede jaar ’n advertensie geplaas wat lui: “Praat terug! Beskerm jou koshuistradisies.”

Volgens Maree is die bal aan die rol gesit vir dié veldtog ná dit glo verlede jaar “ ’n besprekingspunt op die NWU-Puk was ná die aan-randing van die voormalige Wa-pad-redakteur, Kevin du Plessis”.

Watter gesonde tradisies op kampus is in gevaar?

Maree het gesê daar is geen spesifieke voorbeelde op die NWU-Puk van gesonde tradisies, universiteit- en koshuisverband,

waarvan hulle op die stadium be-wus is, wat moontlik in gevaar is of bedreig word nie.

“Maar ek kan nie met 100% sekerheid sê dat geen tradisies bedreig word nie,” het Maree gesê.

Waarom is dit nodig om so ’n veldtog te begin?

Volgens Paul Maritz, die voor-sitter van AfriForum Jeug op die NWU-Puk, kan koshuisbesture soms te versigtig optree wat so-doende toelaat dat gesonde kos-huistradisies kan wegval.

“Die mikpunt van die veldtog is juis om te hore te kom van sulke gevalle. Die veldtog se eenvoudige mikpunt is om ’n helpende hand aan inwoners te bied wat ly onder die onnodige verwydering van ge-sonde tradisies,” het Maritz gesê.

Maree en Maritz beklemtoon egter dat AfriForum Jeug nie ten gunste is van tradisies wat inbreuk maak op individue se menseregte nie, maar wel veg vir gesonde tradisies.

Janco Jordaan, SR-voorsitter op die NWU-Pukkampus, verskil van die feit dat daar ’n moontlikheid

is dat gesonde tradisies onnodig verwyder kan word.

Volgens Jordaan is die SR oop vir enige versoeke aangaande tradisies.

“Die SR is pro-tradisies, mits dit nie inbreuk op individue se menseregte maak nie. Ons doen moeite om gesonde en opbouende koshuistradisies te behou en is daar vir koshuise in die verband,” het Jordaan gesê.

Maritz het verder gesê dat die projek op die NWU-Pukkampus nog klein is, maar dat dit vinnig groei.

“Die projek vang nasionaal egter baie vinnig spoed op,” het Maritz gesê.

Koshuisbesture ‘te versigtig’ oor tradisiesAfriForum Jeug: Veldtog begin om koshuistradisies te beskerm

FRANCOIS LION-CACHET

Verdere reënval word tot en met volgende Maandag nog verwag in die Potchefstroom-area.

Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens is daar ’n 60% kans vir reën vir die volgende vyf dae.

Daar het Maandag tussen 18 en 25 mm reën oor dele van Potchef- stroom geval.

Daar word voorspel dat die reën-val sal verminder na 10 tot 15 mm.

Vloede is die afgelope week deur erge reënval in dele van Gauteng veroorsaak. Veral die suiderlike dele het onder die stormwater deur-geloop met oorstromings in Centu-rion en Irene. Dáár het die reënval tot 43 mm bereik.

Hoërskool Monument in Kru-gersdorp is Maandag weens vloed-gevaar ontruim en Hoërskool Noordheuwel se leerders is ook later huis toe gestuur.

’n Jong meisie het in die Oos-Rand die naweek vermoedelik ver-drink ná sy deur die stormwater meegesleur is.

Nooddienste se pogings om haar te red, was onsuksesvol.

’n Man in Centurion was vir

meer as ses ure onder ’n brug vas-gekeer weens die vloede. Nood- dienste kon hom later na veiligheid help.

Verskeie brûe het in dié provin-sie weggespoel. Vragmotors en ander eiendom het ook in die slag gebly.

’n Gesin is in hul voertuig weg- gespoel, maar kon dit regkry om na veiligheid te spartel het Beeld berig.

Die reën in die Noordwes-pro-visie kom ná die provinsie se ergste droogte sedert 1933.

Baie plekke in die provinsie het tussen 100 en 200 mm reën gekry.

Volgens Boeta du Toit, uitvoe-rende hoofbestuurder van Agri Noordwes, is die krisis vir die boere in dié gebied nog nie verby nie.

“Al groei die gras nou, gaan die beeste dit gou uitput omdat daar nie werklik volume is nie.

“Driekwart van die groeiseisoen is reeds verby.”

Owerhede het die publiek ge-maan om versigtig te wees, maar daar is nie op die oomblik enige waarskuwings vir Potchefstroom uitgereik nie.

Dis amper naweek, kom ons duik.

Meer reën word voorspel

Inwoners van die Ivory Park-plakkerskamp moes vlug ná oorstromings in dié gebied. FOTO: Beeld.com

Watter gesonde tradisies op kampus is in gevaar?

Die NWU-Puk se koshuistradisiebeleid stipuleer watter ver-eistes alle koshuise aan moet voldoen met die hantering van hulle eerstejaars en seniors.Dié dokument sê dat die Noordwes-Universiteit die fundamen-tele regte en waardes wat in die Grondwet van Suid-Afrika vervat is, gerespekteer en gehanfhaaf moet word.Dit sluit die reg van menswaardigheid, privaatheid, vryheid van beweging asook vryheid van kultuur en godsdiens in.

Ingesluit by die 34 bepalings wat in dié beleid uiteengesit word, word daar onder meer bepaal dat:

Page 4: Wapad - 6 Februarie 2014

Nuus4 6 Februarie 2014

Lentetroue vir SR-voorsitter, verhuis na Holland ANINE PETERS

Die SR-voorsitter, Janco Jordaan, en sy verloofde se trouklokke sal in Augus-

tus hard begin lui wanneer dié paartjie die huwelik sal betree en daarna moontlik ná hul jaar op die NWU-Puk na Holland verhuis.

“Ons gaan ’n mooi, groot en tradisionele troue hê,” het Jonél Schouwstra, Jordaan se verloofde, gesê.

Jordaan en Schouwstra se lief-desverhaal het ses jaar terug begin en uiteindelik sy toppunt bereik verlede jaar op 16 Desember toe Jordaan haar gevra het om te trou.

Jordaan (23) en Schouwstra (22) het vir vier weke in Europa getoer.

Jordaan het ’n koets gereël om hom en Schouwstra een aand in Wene op te laai en vir ’n rit deur dié geskiedkundige stad te vat.

“Ek het spesiaal gereël dat die koets voor die Hoffburg Paleis stop juis omdat dit so mooi daar is,” het Jordaan gesê.

Met die stilhou voor die paleis het al Schouwstra se drome met- eens waar geword: “Hy het begin praat en toe op een knie gegaan en my gevra om sy vrou te wees. In sy hande was die mooiste ring wat ek nog gesien het,” het Schouw- stra gesê.

Sjampanje, rose en trane het die aand in ’n prentjie uit ’n feëver-haal laat ontluik.

“Dit was nogal snaaks toe ek vir die koetsbestuurder sê hy kan maar weer ry. Hy wys toe vir my ‘thumbs up?’ of ‘thumbs down?’ deur die ruitjie. Seker om die spoed waarmee ons moes terugry te bepaal,” het Jordaan gesê.

Nadat hulle ’n jaar saam was, het Jordaan en Schouwstra al klaar ge-weet dat hulle met mekaar wou trou.

“Ek dink nie dit is ’n goeie ding om in ’n verhouding in te gaan om te kyk hoe lyk dit of te kyk hoe werk dit nie. Ek dink ’n mens moet ge-drewe en seker in die ding ingaan,” het hy gesê.

Die paartjie gaan moontlik ná hulle laaste jaar op die NWU-Puk na Holland verhuis en albei beplan om daar te werk.

“Dit is vir ons belangrik om ’n wye wêreldperspektief te ontwik-kel,” het hy gesê.

Die troue is op 2 Augustus by Grootbosch.

Jonél Schouwstra se verloofring.

Ek het spesiaal gereël dat die koets voor die Hoffburg Paleis stop juis omdat dit so mooi daar is

Foto: Benette RautenbachJanco Jordaan en Jonél Schouwstra.

Foto: Benette Rautenbach

Page 5: Wapad - 6 Februarie 2014

5 Nuus6 Februarie 2014

JEANELLE GREYLING

Terwyl die hemele oopgebars het en stortvloede op Potchefstroom losgelaat is en Robbie Wessels die kans benut het om sy geloof te bely, het die JOOL-kreature hul teenwoordigheid luidrugtig aangekon-dig. Minwetend dat hulle dopgehou word net om later uitmekaar getrek te word…

Soos ’n natgereënde Pukki:Kyk net hoe baie Pukke is ons hier. Natgereën en pateties baljaar ons eers in die reën om die

Life of the Party te wees – ’n wel-deurdinkte besluit, want dis nog hééltemal te vroeg om só ’n besluit be-sope te neem. Arms gevou hou ons uit omdat ons daardie R100 betaal het en ons gaan dit nié mors nié… en is die volgende aand liewer suinig as ’n dwaas.

Die kinders kruip uit hul gate uit: Almal ken die gevoel: Jy hoor ’n babaleeu voor jou brul, maar neem nie notisie nie, net omdat

dié geluid nie kompeteer met die van al die maan-haarleeus nie. Tot jy die warm gelatienagtige vloeistof tussen jou tone voel. Die bierwalms syfer nog vars bo die gevolg van ’n maer seun se impulsiwiteit en lae dranktoleransie.

Die vuil Portaloos: Of dit nou mondelings of op die meer tradisionele manier is, moet die kiloliters drank iéwers uit-

forseer word. Dis seker die overalls, maar alle respek vir die term “dame” word nie eers by die toilet afge-spoel nie, maar lê saam met die piepie op die vloere.

Headbanging op popmusiek:Dis nou maar een ding van Afrikaners. Ons is te oningelig en gretig om dié aggressiewe kop-

skud op die regte tyd en plek toe te pas. Dus doen ons dit… wel, sodra enige live band speel. As Led Zeppe-lin enigsins van Potchefstroom geweet het, sou hulle vir ons lag.

Jou laid back klerestyl:’n Pukki hou maar van pronk. Of jy nou ’n Puk is of nie, is jy gewaarborg om ná die feeste-

likhede posttraumatiese-stres te ervaar as jy ’n Stel-lies-help-my-sterk-lykhempie by die Pukke JOOL dra. Het jy ooit matriek geslaag? Erger nóg is wanneer jy ’n t-hemp wat lui: “Favou-rite hobby? Murder,” dra. Jou voorland is ’n baie eensame aand en mense wat voor jou swyg. Tensy dit aspris is om onmiddellik plek in die lang ry by die biertent te kry. In dié geval is jy ’n eensame genie.

Doet, waar’s my kar?Die musiek rondom jou doof uit. Nie omdat jy ’n epifanie kry nie, maar omdat jy een van die

laaste verworpenes op die JOOL-plaas is. Almal is reeds op die Bult vir die afterparty, en jy besef jou kar is weg. Sleepvoet-dronkvoet waggel jy in die modderspore tot jy besef jy het met die pendeldiens gekom.

Die laaste rit terug kampus toe was ure gelede.

Griekse gode maak hul verskyning:Die kuiermassa is te oorweldigend vir jou om rasionaal te dink en jy word kompeterend. Jou

laaste greintjie waardigheid word aangetas. Voor jy jou kan kry, hang jy ewe nat lap by karvensters uit en dans kaalbolyf in Bourbons om jou onweerstaan-baarheid te verkondig. Alleen.

Quid pro quo: wys my joune en ek doen die-selfde:Jou innerlike waaghals en eensaamheid ver-

weef en ontlok jou loslit-persona. Die een wat huis toe gaan saam met die vreemde kaallyf trol wat vir ’n halfuur alleen gedans het tot jy hom jammer gekry het. Julle skroom nie om sommer nét daar vir mekaar ’n voorsmakie van jul bates te gee nie en “een ding lei na ’n volgende”. Die volgende oggend staan jy eerste in die ry by die apteek.

Dis mos lekker! Die eerstejaars swenk:Iewers in dié tyd herroep jy iets oor vlotte wat gebou word. Dis vaag en jy is nie mooi seker

of jy jou verbeel nie (want wie is nou régtig die vol-gende oggend vroeg genoeg wakker om na dié mi-tiese projekte te gaan kyk?). Jy vergeet egter vinnig genoeg van dié idee en betree kop eerste die dans-skare voor die verhoog.Dít alles terwyl die arme eerstejaars hulself verbeel hulle werk vir ’n doel. Dat die seniors hul harde werk waardeer en selfs ’n bietjie sleg voel omdat hulle nie help nie.

Liefdadigheid: die aanvanklike idee agter JOOLDis tog waarvoor ons hier is: om geld in

te samel vir die minderbevoorregtes. Ten spyte van die negatiewe dinge wat oor JOOL te sê is, is die NWU-Puk die enigste kampus landwyd wat dié fondsin-sameling nog reg bestuur. Studente van dié en ander kampusse - en die skoolkinders, natuurlik - het die voorreg om by te dra tot iets groot.Die genot en gepaardgaande vernedering is bonusse.

KOSHUISNUUS

Die oumas van Eikenhof-vrouekoshuis het vanjaar ty-dens Tarentaal ’n terugkeer ge-maak. Die ouma-beeld van die Eikenhof-vroue het al in 1958 begin. Die koshuis was toe ’n seniorkoshuis wat slegs vroue van derdejaarsvlak en hoër ge-huisves het. Die oumas het in 1993 hul eerste formele versky-ning by Tarentaal gemaak en ’n artikel in Wapad in 1995 lees as volg:

“VONK: vir ouer dames wat nog KAN. Met die Tarentaal in die amfi, het Eikenhof almal aan hulle voete gehad met hulle GRANNY-aksie. Seniors wat nog so baie gees en woema het, is raar.

Eikenhof het geen eerstejaars wat seniors kan irriteer met doreliedjies soos Grab-a-granny nie. Hier kraai die seniors ko- ning, nie omdat hulle moet nie,

maar omdat hulle WIL.”Met die jaarlikse Tarentaal

het dié seniors van Eikenhof- vrouekohuis hulle oumapakkies aangetrek en die Kabinet van Tarentaal so bietjie gas gegee.

Ongelukkig het die tradisie in 1999 gesneuwel voordat daar in 2000 die eerste keer eerstejaars in hierdie koshuis toegelaat is.

Volgens Suretha Muller, pri-maria van Eikenhof-vrouekos-huis, is die oumas vanjaar terug met groter brille en pille as te-vore. "Eikenhof sal van 2014 af weer elke jaar Tarentaal verge-sel met hulle oumas. Ander ouma-tradisies van die koshuis word ook weer ingestel en gaan ’n groot opskop veroorsaak," het Muller gesê. Die kampus kan maar gerus uitkyk vir Grab-a-Granny, die jaarlikse scone- aksie.

Eikenhof-vrouekoshuis

Wag-’n-bietjie-vrouekoshuisWag-’n-bietjie-vrouekoshuis het vanjaar weer hul jaarlikse roei-aksie saam met Veritas-mans-koshuis gehad. Tydens dié aksie gryp die Veritas-eerstejaars, oftewel die jare, ’n Wag-’n-bietjie door en “roei” met haar oor die bib se gras. Tydens hierdie aksie neem alle dore die identiteit van Sarah, ’n chemiese ingenieurs- wese student aan.

Volgens Jenny van der Hee-ver, primaria van Wag-’n-Bi-etjie, is dit “regtig ’n aksie wat die eerstejaars baie geniet”. “Die snaaksste oomblik van die aksie was toe ’n door bloot op die gras gelê en ‘I’m sinking, I’m sinking!’ geskree het omdat sy nie ’n jar gehad het wat saam haar geroei het nie,” vertel Van den Heever.

Wat verwag jy van jou eerste jaar?

JOSHUA DREYERBSc Wetenskap en Fisika Heimat

“Lang ure, maar ’n lekker tyd saam met vriende. Ek was nuuskierig oor seniorontmoeting. Hulle sê dit is lekker, maar ek’s nogal skrik-kerig.”

JOHAN SCHEEPERSBA Toerisme en RekrasieHeimat

“’n Lekker jaar vol sport vir die Pukke en baie ure agter die boeke. Ek hóóp ek is baie ure agter die boeke.”

KENNETH SNYMANOnderwys Excelsior

“Ek sien uit na ’n eenheid in die koshuis. Akademies mik ek vir 95% op die meeste en 85% op die minste.”

WALDO MORRISOnderwysVillagers

“Sport gaan huge wees, die swot-tings gaan moeilik wees om by te hou, maar alles sal sommer lek-ker wees.”

GIANA WILKENMBW en SielkundeBellatrix

“Al die aksies, sportaksies en die dinee, want Heimat-ouens dans lekker. Ek is net baie opgewonde om te begin swot.”

NADIA TERBLANCHEBA Erfenis en KultuurToerismebestuurKasteel

“Sêr! Sêr! Sêr! Die koffie dates laat in die aande in ons kamers, hok-kie, sokkies saam met die seerotte van De Wilgers en ek sien glad nie uit vir TD nie.”

LaVaria-vrouekoshuisLaVaria-vrouekoshuis het van-jaar besluit om ou tradisies te breek deur aan die jaarlikse dorelied-kompetisie deel te neem. Hulle het vantevore nie aan die dorelied deelgeneem nie omdat dit “soms negatiewe kri-tiek teenoor ander koshuise uit-lok,” het Nerine Nel, primaria

van LaVaria gesê. Nel het ook bevestig dat LaVaria volgende jaar vir seker weer aan die dorelied gaan deelneem. “Ons het vanjaar baie positiewe te- rugvoer ontvang en weet nou waarna om te kyk om volgende jaar net ’n beter produksie op die planke te sit.”

Vier ouma-eerstejaars tydens vanjaar se Tarentaal. Foto: Luzanne Keyter

JOOL-kreature onder vergrootglas

Eikenhof-vrouekoshuis kry hulle "granny" aan. Foto: Luzanne Keyter

Page 6: Wapad - 6 Februarie 2014

WêreldnuusSAAMGESTEL DEUR CHRISTO BESTER

Kortliks

Nuus 6 6 Februarie 2014

MARLANDI KÜSSMAN

Ilzé Saunders, oud SR-lid en Varsity Cup 2009 se tweede prinses, het inlyn gestaan om

die titel van Mej. Suid-Afrika 2014 op te raap.

Sy was een van die top 33-finalis- te en die enigste een van die Noordwes-provinsie, maar het ongelukkig nie die top 12 gehaal nie.

Volgens haar was sy boonop die enigste finalis sonder ’n le- wens-afrigter in dié skoonheids- kompetisie.

“Toe die finaliste my vra hoe ek so ver gekom het sonder ’n agentskap, het ek gevra of ’n mens ’n agentskap benodig.”

’n Tipiese dag in haar lewe be-gin met ’n drafsessie van 15 km en daarna vat sy die dag soos wat dit kom.

“ ’n Mens moet elke minuut gebruik, al gaan plant jy ’n blom-metjie of iets.”

Haar grootste aanpassing is die gesonde eetlus, asook die media wat haar oorval.

“Ek dink dit is die eerste keer wat ek so gebloos het vir al die kameraflitse,” het Saunders gesê.

Volgens haar raak ’n mens ge-woond daaraan, maar ’n reali- teitsprogram soos dié van die Kardashians is nie op haar wenslys nie.

Wanneer dit kom by haar per-soonlike lewe affekteer kompe-tisies nie haar verhoudings met familie en vriende nie.

Omdat Saunders se toekoms-droom om met dié kompetisie

Oud-SR:Skakeling in top 33 van Mej. SA

Ilzé Saunders is tuis voor die kamera.

skoonskip te maak, gekortwiek is, gaan sy nou met ’n BCom kom-munikasie-graad begin.

“Ek is nog nie reg om groot te word nie,” het sy gesê.

Haar raad aan enige vrou wat dié droom wil najaag, is om dit net te doen en jouself te wees.

“Ek glo humor red alles, so just smile dammit!”

MARCÉ BESTER

Vanjaar word daar by die groen-kampusinisiatief ’n nuwe inno-vasieprojek geloods waarna die wenner ’n beurs ter waarde van R25 000 kan wen.

Volgens Jean-Marc Stid- worthy, projekbestuurder van die NWU-Puk se groenkam-pusinisiatief, kan dit “enige be-wusmakingsveldtog wees wat jy voorlê”.

Die doel van die projek is om studente uit te daag om verder te dink en met nuwe idees voren-dag te kom met die oog op die onderhoud van ons natuurlike omgewing.

Die groenspan van die NWU-Puk pak dié jaar innoverende idees en tegnologiese vordering aan met die doel om moeder na-tuur gelukkig te hou.

Ingesluit by die nuwe pro-jekte is bestaande projekte soos kragbesparing in die koshuise en Pukki-diesel. Nuwe projekte soos die innovasiebeurs en Find a Lift gaan in 2014 die lig sien.

Stidworthy glo bewusmaking onder studente is noodsaaklik vir die voortleef van ons pla-neet. Hy het gesê om dié projek-te uit te brei en meer komitees te betrek, kan die groen leefstyl ’n groter hoeveelheid studente raak.

Die gebruik van die NWU-Puk se eie biodiesel, Pukki-diesel,

om die pendeldiensbussies aan te dryf, is net die begin van dié projek.

“Al die biodiesel word gemaak van olie wat herwin word van die studentesentrum en die eet-sale af,” het Stidworthy gesê.

Volgens Stidworthy word daar gehoop om selfs die kragopwek-kers met hierdie bio-afbreek-bare brandstof teen die einde van die jaar aan te vuur.

Dorpskoshuise word ook be-trek by die groener leefstyl met die nuwe Find a Lift-projek.

Stidworthy het gesê dat daar op ’n webwerf saamrygeleent-hede gesoek kan word en dat dit só petrolverbruik kan ver-minder.

“Die aantal in-swipes kan gekontrolleer word sodat die kos- huis met die minste swipes ’n prys kan wen.”

Die groenspan hoop om ’n langtermyn verskil te maak in die keuses wat studente maak as dit by ’n omgewingsbewuste leefstyl kom.

“Die Gaan Groen-veldtog be-hels ’n langtermyn, volhoubare verandering in mense se lewens waar studente en personeel in hulle daaglikse lewens hierdie beginsels toepas,” het Stid- worthy bygevoeg.

Die jaarlikse groenweek sal in Februarie plaasvind en die krag-besparingskompetisie word al- reeds onder koshuise aangevuur.

Groenkampus: Nuwe inisiatiewe

Foto: Marizka Esterhuizen-Rudolph

BRITTANJE

Dele van Engeland staar vloede in die gesigGroot dele van Engeland wat alreeds oormatige hoe-veelhede reën ontvang het, staar ’n waarskuwing van vloede in die gesig. Die omgewingsbewaringsagent-skap het waarskuwings van vloede uitgestuur na dele langs die kus wat die kusdorpies Somerset, Dorset en Hampshire insluit. Die waarskuwings is uitgereik vir 3-5 Februarie en strek sover as dele van die kus van Wallis. Op sekere dele van die kus van Engeland is daar sandsakke op strande geplaas om te keer dat die water nie nabygeleë eiendomme beskadig nie.

ITALIË

3-jarige vermoor in beweerde ma�a-sluipmoord in ItaliëDie lyk van die 3-jarige Nicola “Coco” Campolongo is op 19 Januarie in Consenzo, Italië, deur polisie gevind nadat hy na bewering deur die Italiaanse ma�a vermoor is. Hy is in die kop geskiet. Die seuntjie is in ’n uitgebrande mo-tor gevind saam met sy oupa en ’n 27-jarige vriend van sy oupa wat onder huisarres was vir ’n dwelmverwante aanklag.

Die moord op Coco het ’n hewige debat in Italië ontketen oor die beskerming van kinders wat grootword onder ’n donker wolk van misdaad in die suidelike deel van Italië. As gevolg hiervan het minister Allesandro Pansa ’n noodpro-tokol onderteken in Coco se naam om die beskerming van kinderregte te bevorder.

SUID-AFRIKA

Man rig doodskis teen heining op om diewe weg te houHenk de Beer, ’n boer van die Heidelberg distrik, het met ’n vindingryke manier vorendag gekom om diewe van sy plaas af te hou. Vandat De Beer en sy skoonpa, Jan van Zyl, doodskiste aan sy heining vasgemaak het, was daar nog nie weer ’n dief op die plaas nie. De Beer, wat vantevore ’n vervaardiger van doodskiste was, het die idee gekry toe van sy lyndrade op sy plaas geknip is en daar nog ’n kis in sy pakhuis gestaan het. Van De Beer se bure het sy plan gewaar en oorweeg om nou self doodskiste teen hulle heinings op te rig.

VSA

Google verkoop Motorola-handelsmerk aan Lenovo ’n Jaar en ’n half nadat Google die Motorola-handelsmerk vir $12.5 biljoen aangekoop het, het dié soekenjinmaatskappy dit aan die Sjinese rekenaarvervaardiger Lenovo verkoop vir $2.9 biljoen. Google sê egter dat hy die meerderheidsaandeel in die maatskappy sal behou ná die transaksie. Hoofuitvoerende-be-ampte van Google, Larry Page, het aan CNN gesê dat dit nie meer vir die maatskappy sin maak om slimfone op sy eie te ver-vaardig nie. Terwyl Lenovo alreeds slimfone in China verkoop, beoog hulle om hulle mark na Noord- en Suid-Amerika uit te brei.

LIBIË

Libiese minister oorleef sluipmoordaanval

Libië se minister van binnelandse sake, Al-Siddiq Abdelkarim, het ’n be-plande sluipmoordaanval oorleef. Ab-delkarim was op pad na sy werk, toe gewapende mans op hom losbrand. Sy motor is in die aanval beskadig. Abdelkarim is een van Libië se adjunk-eersteministers sowel as die waarne-mende minister van binnelandse sake. Vroeër die maand is Libië se adjunk-minister van industrie doodgeskiet in die eerste sluipmoordaanval sedert Moammar Ghada� in die oproere van 2011 doodgeskiet is.

Page 7: Wapad - 6 Februarie 2014

70&B6 Februarie 2014

JEANELLE GREYLING

Volgens talle koshuisseniors het vanjaar se ontvangs- en be- kendstellingsprogram (O&B) die ou tradisies wat verlede jaar ontbreek het, teruggebring. Dít glo sonder dat die eerstejaars se menseregte geskend is.

Wapad het die hele program saam met die eerstejaars beleef en waargeneem:

5000+ eerstejaars

By die opening en verwelko- ming van O&B het Adriaan

Nieuwoudt berig hoe pa’s die trane van hul wange afvee en hoe ma’s senuagtig glimlag.

Dít terwyl die meer as 5000 eerstejaars hul nat handpalms teen hulle bene afgedroog het: ’n dollewarie gevoelens oor dié verwelkoming tot die studente-emporium.

Die nuwelinge het ontspan toe prof. Herman van Schalkwyk, kampusrektor, alombekende NWU-Pukfrases soos: “Kyk net hoe baie Pukke is ons hier,” en “Eenmaal ’n NWU-Puk, áltyd ’n NWU-Puk,” uitgeroep het. Selfs die Pukki-liedjie het glimlagge verseker.

Dié glimlagge was egter net tydelik en die vrees van alleen-wees sou ure later weer opduik.

’n Onsekere opgewondenheidDie eerstejaars se gesigte was

vol warm trane toe hulle ná die opening en verwelkoming van hul ouers moes afskeid neem, berig Anine Peters. Hulle moes nóú noodgedwonge na hulself om-sien tydens die O&B-tydperk.

Die atmosfeer tydens die eerste sessie in die amfiteater die aand was steeds yskoud tot die seremoniemeester, Jimmy Press-ly, ontspanning gekweek het. Die eerstejaars was vinnig op hul voete met klein kompetisies wat die O&B-komitee aangebied het.

Dié amfisessie is afgesluit met ’n “onsekere opgewondenheid” en ’n paar eksistensiële vraagstukke soos “wie is ek?” kon nét gunstig vir die oud-matrikulante se vorm- ing wees.

DIVERSITEIT IN DIE KULTUURARENA

Vanjaar se diverse reeks tradi-sionele musiek by die O&B-

amfisessies het verskeie kulture ingesluit. Die band, Flatlander, het volgens Rika Nieuwoudt, SR-Adjunkvoorsitter, die eerstejaars deurentyd tydens die eerste amfi-sessie vermaak.

Flatlander, ’n vyfmanband, het met hul veelsydige instrumente die soortgelyke veelsydige stu-dentelewe aan die eerstejaars be-kendgestel. Die eerstejaars is met interessante instrumente soos ’n ukulele (’n instrument uit Hawaii wat soortgelyk is aan ’n kitaar), ’n penniefluit en ’n trekklavier bekoor.

LAAT MATRIEKUITSLAE WYSIG PROGRAM

Nieuwoudt meen hulle moes noodgedwonge vanjaar se

program aanpas weens die ma-triekuitslae wat laat bekendge-maak is. “Dit sal dus nie goed wees om vanjaar se program met voriges te vergelyk nie.”

Een vertraging is dat die eerste-jaars nie in die eerste week van die O&B geregistreer het soos be-plan is nie.

“Ons kon nie anders nie, want die laat uitslae het ons gedwing om die registrasieproses eers in die tweede week te doen.” Akti-witeite wat in die tweede week sou plaasvind is dus na die eerste week geskuif.

Nieuwoudt meen hul doel is om dié program jaarliks te verbeter na aanleiding van veranderde omstandighede. Die elektroniese webregistrasie vir eerstejaars was een van dié verbeteringe wat die SR as ’n sukses beskou.

Tradisies wat ‘respek kweek’ onder eerstejaars

REKTORSGROETE

Dit was ’n Pukke’s Got Talent scenario van dans, sang en

toertjies doen saam met ’n paar luiddrugtige gille. Eerstejaars van elke koshuis kompeteer jaar-liks kort ná hul aankoms by die NWU-Puk met hul afsonderlike rektorsgroete. Vernedering is áltyd op die spel.

SR-GROETE

Die SR-lede is opgetooi en geterg deur die eerstejaars

van kampus- en dorpskoshuise aan die NWU-Puk. Uit al drie die Sanlam Ouditorium- sessies het Monica van Schalk-wyk, SR-SJGD-lid, en Jimmy Pressly, SR-MEK-lid, se groete die meeste uitgestaan.

Maar “boys will be boys,” sê hulle.

Manskoshuise het van dié SR-groetsessie se spasie vir kreati-witeit gebruik gemaak en hul rammetjie-uitnekgeite getoon. ’n Over de Voor-eerstejaar het Monica van Schalkwyk ’n plak-soen op die mond gegee, berig Ian Venter. Boonop het Villa-gers se eerstejaars ewe ekshibi-sionisties hul hemde uitgetrek tydens Schané Venter, SR-Ska-kelinglid, se groet.

Dié spasie vir kreatiwiteit het egter ook sy vrugte, oftewel melk, afgewerk. Anneke Uec-kermann, SR-Kunste, het ’n krat byderhand gehad toe sy ’n Steri Stumpie-melkdrankie van elke Hombré-eerstejaar ontvang.

Vergeet-my-nie-vrouekoshuis se tong-in-die-kiesgroete het die SR én hul mede-eerstejaars aan die lag gehad. Dié pampoenhoed-jies se inisiatiewe het later skyn-baar drooggeloop toe hulle her-haaldelik ten slotte van ’n groet “whoo!” gegil het terwyl hulle hul arms in die lug gegooi het.

Een na die ander flater het die arme Oosterhof-vrouekoshuis getref toe hulle eers te vroeg begin skree en tóé hul woorde vergeet het.

TARENTAAL VERANDER SEUNS IN SUSSIES

Hulle sê as jy jou hond luisvry wil hou, moet jy ’n tarentaal

ontbied. Tarentaal het vanjaar selfs die “luise van die parasiet-draende eerstejaars” afgeskrik, nie eers gepraat van die effek op die eerstejaars self nie.

Die Tarentaalpresident het harder as voorheen in sy intimi-deringstoespraak geskreeu en het heel mak tussen die eerste-jaars in die amfiteater rondbe-weeg, het Nieuwoudt gesê. Vol-gens die Republiek van Tarentaal se webblad is niemand veronder-stel om afskrifte van toesprake te onderskep nie aangesien dié republiek oor ’n Minister van Bloedige Amputasies beskik. Dié skroom nie om die nodige stappe teen oortredings te neem nie.

Dié republiek het ook die “be-grafnis van akademie” tydens JOOL hanteer. Die tarentaal word gekenmerk deur sy klein koppie en ewe klein verstand. “Oor die verstandigheid van dié Republiek word daar liewers geswyg,” meen dié webblad.

Studente aan die NWU-Puk sal geleidelik deur die jaar ingetrek word by die geskiedenis van dié enigmatiese “jeugtuisland”.

Nooddienste

Aansienlik minder eerstejaars was vanjaar genoodsaak om

na die nooddienste te keer as in die verlede.

Só het Nieuwoudt gesê. Volgens haar het die SR en HK-lede slegs lof vir die nooddienste se vinnige reaksietyd en uitmuntende op-trede gehad.

Dié prestasie was egter nie sonder sy struikelblokke nie. Eerstejaars met bestaande me-diese toestande en kroniese siek-tes het aan die O&B-program deel-geneem en die nooddienste moes krisisse soos asma-aanvalle en ’n epileptiese aanval hanteer.

SWEMBADVEILIGHEID

Die NWU-Puk het in 2012 slegte mediapublisiteit gekry toe ’n

eerstejaar aan Ratau Lebone-mans- koshuis tydens die vrugtefees in die Fanie du Toit-sportterrein se swembad verdrink het. Gevolglik het talle studente gewonder of dít nie te wyte was aan verlede jaar se verslapte O&B-program nie.

Vanjaar se O&B-komitee het daarin geslaag om sekuriteit sowél as ’n tradisionele O&B-pro-gram te handhaaf. Die taai eerste-jaars het jillend ná hul vrugtefees-kaskenades deur ’n buitelugstort geloop én hulle is net voor die swembadhekke met ’n tuinslang afgespoel.

Die water was dus só deursigtig dat ’n vyfrandmunt nie ongemerk gebly het nie. ’n Span snorkeldui-kers het steeds die water bespeur om ekstra seker te maak niks bly in dié swembad agter nie.

DEHIDRASIE

Een amfisessie is weens die hitte kortgeknip om hitte-

uitputting te voorkom. Die eerste-jaars het waterbottels ontvang wat deurlopend gevul is en die SOS-portuurhelpers, O&B-komi-teelede en nooddienspersoneel was die heeltyd op bystand.

JOOL111Marcé Bester berig dat die

eerstejaars se angsvlakke amper so hoog soos die tempe-ratuur op die JOOL plaas tydens die JOOL-bekendstelling was.

Die eerstejaars het geleer JOOL staan vir “Jou Onbaatsug-tige Opoffering vir Liefda-digheid,” – ’n studentegemeen- skapsdiens wat jaarliks duisende rande vir die minderbevoorreg-tes insamel.

Die JOOL-komitee het die eerstejaars telkens aangemoedig om genoeg water te drink om de-hidrasie te voorkom. Ook maar goed, want die hindernisbaan het sweetstorte van die eerste-jaars geëis in hul pogings om die JOOL111-wentitel vir hul kos- huise te verower.

Hombré en Laureus het die sk-are veglustig gehad waarna Lau-reus koning gekraai het.

Die ontvangs en bekendstelling tot die studente-emporium

Pukki omhels prof. Herman

Veritas se laksman het koppe laat draai.

PUK-Amici leer vir eerstejaars die Universiteitslied aan.

Die eerstejaars se geskenke aan prof. Herman van Schalk-wyk, kampusrektor, het ’n war-boel emosies uit dié heer gelok. Van Schalkwyk, ’n boer in murg en been, het ’n varkie én ’n lam-metjie van Over de Voor-mans-koshuis ontvang, berig Benette Rautenbach. De Wilgers-mans- koshuis het ook vir hom ’n speedo-swembroekie gegee en Kasteel-vrouekoshuis het dié kampuskoning met ’n mantel en ’n kroon geklee.

Menigte koshuise het die sê-ding: “Eenmaal ‘n Kovsie, altyd ’n Puk,” na aanleiding van Van Schalkwyk se voormalige loop-baan by die Universiteit van die Vrystaat, as ’n oorspronklike kreet beskou. Sy landbouagter-grond is ook in dié groete deur-trap.

Ouditorium volgepak vir SR-groete

Die enigste vroulike kabinetslid.

Slukkies water is ingelei deur verskeie waterrympies.

Vuurwerke tydens JOOL

Laudo Liebenberg van aKING

Page 8: Wapad - 6 Februarie 2014

Nuus8 | 6 Februarie 2014

O&B2 WEKE 28 KOSHUISE 4000 STUDENTE

AMFISESSIES

PRIM-GROET

REKTORSGROET

ASV-MIDDAGETE

TARENTAAL

SENIOR-ONTMOETING

SR-GROET

VRUGTEFEES

DORELIED

&

&

Tamara Tree het eerstejaars vermaak tydens 'n amfisessie op 16 Januarie. Ongelukkig lyk die manne nie so gelukkig nie. Miskien “hou hulle nie so baie van O&B nie... ”

Ons wonder wat gaan prof Her-man met sy nuwe varkie, JD, en lammetjie, PD, doen? Miskien eet ons skaaptjops by die Rek-torsbraai die jaar?

Die HK van Karlien-vroue-koshuis kry die dore op hul voete met hulle wen-dorelied. Ongelukkig was die Dinki-dore te moeg om vanjaar deel te neem aan dié oefening.

Niks klink lekkerder as ’n waat-lemoenskil teen die gesig nie. Eerstejaars en HK-lede is van kop tot tone besmeer, maar kon die ergste afwas met ’n vinnige buitelugstort.

Die tradisionele ASV-ontbyte is vanjaar verander in 'n mid-dagete vir die eerstejaars. Van gebraaide pampoenpitte tot cocktails wat bestaan uit ’n stoute mengsel van vrugtesap, tequila en kersielikeur is by die onderskeie fakulteite geniet.

Die verskeie koshuise se eerste-jaars het hulle prims en die SR-lede van 2014 gegroet in die ouditorium.

“Ons soek bloed.”

Page 9: Wapad - 6 Februarie 2014

9K&V6 Februarie 2014

MIZAN VAN DER MERWE

Die “odds” was beslis in Din-ki en Heimat se “favour” tydens vanjaar se eerste-

jaarskonsert. Dié sleep het die tweede aand op

’n baie hoë noot afgeskop. Hulle het op ’n humoristiese wyse die gewilde The Hunger Games ver-werk na “The Hungry Games” met die slagspreek: “May the odds be ever in your flavour”.

Die teks was gevul met skerp humor soos die verskeie voedsel gebaseerde karakters wat aan VIGS doodgegaan het: die “Verval-datum Is Gister Sindroom”.

Die dekor en kostumering is in-drukwekkend en kreatief gebruik om die tema te ondersteun.

Die karakters is oortuigend deur sterk akteurs uitgebeeld.

HEIgh-DefiNItion het nie net algeheel eerste geëindig nie, maar het ook die eerste plek behaal in begeleiding, sang, toneelspel en eie komposisie. Daar was heelwat soliste in die vertoning wat uiters indrukwekkend was en indien hul

besluit om aan sêr deel te neem, lê daar ’n goeie sêrjaar vir dié twee koshuise voor.

Bellatrix en Ratau Lebone se vertoning het ’n soet smaak in die gehoor se monde gelaat en het vir hul algeheel tweedeplek gesorg. Hul choreografie en toneelspel het ook ’n eersteplek behaal, en hul eie komposisie en begeleiding het ’n tweede plek behaal.

Daar is ook eervolle vermel- ding vir die skryf van ’n uitsonder-like teks gegee aan RAU-Bel-leer se teks “SUIKER” wat geskryf is deur Adriaan Ten Napel, Wiehan

Botes, Marcel Spaumer en An-dries Louw.

Die teks se humor was skerp en het berus op suikersoet woord-speling. Die dekor en kostume- ring het goed bygedra tot die tema en die vertoning was beslis die hoogtepunt van die eerste aand.

Vergeet-My-Nie & Veritas het al-geheel derde geëindig. Die verton-ing het op ’n geweldige dramatiese wyse met ’n oordrewe waansinni-ge dokter afgeskop en daarna die mediese tema verder laat ontwik-kel. Dié sleep het die liggaam as metafoor gebruik vir die land se

politieke stelsel, maar die humor het effens op ’n eento- nige wyse onder die belt vasgehaak.

Vanjaar is Heimo Kesonk van Caput as beste akteur en Drey-Andra Otto van Heide as beste ak-trise aangewys.

Wapad het vanjaar ’n toeken-ning aan die vertoning wat die beste aktuele en relevante kwessie uitbeeld, gegee. Wad ’n Doring (Wanda en Soetdorings) het die Wapad-aktualiteitsprys gewen. Hul het in die doderyk met die chaotiese Suid-Afrikaanse poli-tieke stelsel met verwysings na e-

tol, Zuma, die ANC en EFF gespot. Oor die algemeen was die stan-

daard van vanjaar se vertonings effens laer as verlede jaar s’n. Die humor in die teks was flouer en die stukke was oor die algemeen nie so vermaaklik soos wat daar van eerstejaarskonserte verwag word nie. Die gewildste grappe van die aand was die fop gebareta-altolk, Zuma, sy Nkandla-woning en die “fire pool” asook die oor-drewe Pukki-handelsmerk.

Daar moet wel aan Kasteel en De Wilgers erkenning gegee word vir die indrukwekkende wyse waarop die dansers ’n gumboot-tipe dans uitgevoer het en kratte ritmies teen mekaar gekap het.

Die tegniese dienste in die oudit het ook heelwat van die verto-nings in die steek gelaat. Die ver-hoog was by tye so donker dat ’n mens nie eens uit die voorste rye behoorlik kon sien nie.

Die mikrofone en die lugverkoe-ling wat nie gewerk het nie, het later op die gehoor se senuwees begin werk en die kykervaring bederf.

May the odds be ever in your �avour!Eerstejaarskonsert: The Hungry Games

One liners: “Sommige mense noem dit ontvoering, ons noem dit surprise adoption!” (Sleep 5)

“Om my te probeer doodmaak is soos om 'n Pukstudent uit die Draak te kry - dis onmóóntlik!” (Sleep 2)

“Jy agtervolg my soos 'n mullet 'n Brakpan mechanic agtervolg.” (Sleep 7)

“Kyk in die koerant onder die ‘lonely and single section’, oftewel die ingenieursafdeling.” (Sleep 13)

“ ‘What are you?’ Fat! ‘What do you want?’ Exercise! ‘When do you want it?’ Monday!” (Sleep 11)

“Local is lekker, maar soms wil jy jou pap en wors inruil vir ’n sushi-buffet.” (Sleep 14)

Links: ’n Toneel uit die wenkonsert. Middel: Candyman, die groot skurk in Bellatrix en Ratau se vertoning. Regs: Nkandla, die pil en die ambei kry stry. Foto: Luzanne Keyter

As ’n mens in die eerste ry van ’n vertoning sit sien ’n mens soms meer as wat ander dink en met van-jaar se eerstejaarskonsert was dit geen uitsondering nie.

Deur die loop van die twee aande was die Twitter feed amper meer vermaaklik as die stukke wat opge-voer is.

Vanjaar se vertonings op die eerste aand was ’n baie onaange-name ervaring omdat die oudit so warm was. Dit was moeilik om op die vertoning wat plaasvind te kon-sentreer as jy die heeltyd sweet van jou gesig moet afvee. Ek het kon-stant probeer uitwerk hoe lank dit nog gaan wees voordat jy uiteinde-lik uit die oudit kon hardloop.

Dit het ons laat wonder of die

beoordelaars se konsentrasie en beoordelingsvermoë, selfs onbe-wustelik, beïnvloed is?

Hoewel die groep meisies agter my oortuig was dat dit so warm is as gevolg van ’n sekere rugby- koshuis se eerstejaars wat kaal-bolyf op die verhoog verskyn het, was dit toe die lugverkoeling wat buite werking was. Maar ek is sek-er die gespierde lywe het dalk ook iets met die stygende temperatuur te doen gehad.

Daar is ook heelwat gefluister oor ’n sekere sleep wat Casper de Vries se materiaal in hul verton-ing gebruik het. Sommige van die fluisterstemme het die woord “onoorspronklik” aan die verton-ing gekoppel.

Elke jaar is dit veral vir die se-niors uiters vermaaklik om te sien hoe die afrigters en teksskry- wers die spot dryf met Tarentaal en hoe dit deur die niks-vermoedende eerstejaars net so voor senioront-moeting oorvertel word.

Twee sleepkoshuise het vanjaar ’n soortgelyke Boer soek ’n Vrou-tema gehad en hul het boonop op dieselfde aand opgetree. Dit het gelei tot ’n Twitter-debat oor of die tekste nie gesif moet word om oorvleuling te vermy nie. Uit die voorste gestoeltes dink ons dis ’n briljante idee, want soms is van die vertonings so flou dat jy dit eerder nie twee keer wil ervaar nie. Praat van déjà vu...

Blykbaar is die koshuise nie in

kennis gestel dat daar vanjaar nie pryse oorhandig aan die koshuise met die beste dekor, kostuums, humor of propgebruik nie. Daar is wel punte toegeken, maar geen pryse is soos in die verlede oorhan-dig nie. Die meeste HK-lede het toe eers by die aankondiging daarvan gehoor wat groot ongelukkigheid veroorsaak het.

Maar so is die eerste groot kun-ste-aksie van die jaar in ’n oog-wink verby en ons sien uit daarna om hier uit die eerste ry die res van die kampuskunste vanjaar fyn dop te hou.

Uit die eerste ry is ’n ano-nieme rubriek wat deur die loop van die jaar kommen-taar op die kunste lewer.

1110JOOL 2014 Fliektomaan:

Dié wolf byt

Uit die eerste ry

Page 10: Wapad - 6 Februarie 2014

K&V 10 6 Februarie 2014

Jool 2014 klipharde rock-ervaringMIZAN VAN DER MERWE EN SIMON SONNEKUS

Dit het nie net katte en honde gereën nie, maar ’n paar perde en olifante het

ook uit die hemele geval met die Jooloptredes van Donderdagaand. Plasse water het gesorg dat die JOOL-plaas in ’n modderpoel transformeer. Dit het egter nie die gees gedemp nie.

Lonehill Estate het Don-derdagaand eerste opgetree en alhoewel die crowd toe nog yl ge-saai was, het hulle ’n energieke vertoning gelewer.

“Dis moeilik om die opening act te wees, maar ons het vanaand die crowd vir die ander bands op-gewarm,” het die lede van Lone-

hill Estate gesê. Bittereinder se vertoning was

een wat die JOOL-gangers nie sommer sal vergeet nie. Hulle het skaars op die verhoog verskyn toe die reën begin val. Dit het egter nie die crowd afgeskrik nie en aan die einde van die vertoning was al die bittereinders papnat gereën.

“Dit was cool, dit wys vir ons dat ons fans bittereinders is en hoeveel gees die mense van Potch het,” het Jaco van der Merwe van Bittereinder gesê.

Jeremy Loops se vertoning is ongelukkig weens ’n erge reënbui gestop, maar dit het egter nie Jack Parow se aanhangers gekeer om steeds sy naam kliphard te roep nie.

Dit het aanvanklik gelyk asof

die man van die Kaap nie sou optree nie, maar is toe kans ge-gee om sy lirieke te skiet vir die duisende papnat aanhangers.

Volgens Parow was dit great om te sien hoe sy fans “selfs deur daai storm” vir hom wag.

“Dit het my spesiaal laat voel,” het hy gesê.

Vrydagaand het minder hemel-

water neergedaal en Shaun Ja-cobs het gesorg dat Joolgangers al vroeg begin dans.

“Die atmosfeer, Potch en sy studente-vibe is amazing!” het Jacobs gesê.

Potch-JOOL nuwelinge, ISO, het met hul elektroniese aanslag geensins teleurgestel nie.

“Dit was excellent, maar dit is heeltemal ’n ander atmosfeer as om in ’n club op te tree. Va-naand was daar meer energie,” het Richard Brokensha en Alex Parker van ISO gesê.

Die hele aand lank kon ’n groot gedeelte van die Joolgangers eg-ter nie wag vir Robbie Wessels se vertoning nie en toe hy op die verhoog verskyn, het ’n reuse skare mense die amfi gevul.

“Dit is vir my ’n groot voorreg om sulke goeie fans te hê, dis over-whelming,” het Wessels gesê.

Wessels het na die vertoning gesê hy wou eintlik ’n nuwe liedjie sing, maar hy was bang hy vergeet die woorde.

“Toe ek van die verhoog afstap, was ek spyt dat ek nie het nie. Ek dink die fans sou dit geniet het,” het Wessels verder gesê.

aKING en Die Heuwels Fan-tasties het die laaste aand goed afgesluit met twee energieke ver-tonings.

“Ons hou daarvan om hier op te tree omdat dit consistently die grootste JOOL is. Hier is baie mense met heavy baie gees,” het Philip Erasmus van Die Heuwels Fantasties gesê.

Ons hou daarvan om hier op te tree omdat dit consistently die grootste Jool is.

Foto's geneem deur Gert Coetzer, Simon Sonnekus, Benette Rauten-bach, Francois Lion-Cachet en Marizka Esterhuizen-Rudolph

Donderdagaand

Vrydagaand

Page 11: Wapad - 6 Februarie 2014

11K&V6 Februarie 2014

FLIEKtomaanThe Wolf of Wall Street - Dié wolf byt

DONDERDAG 6 FEBRUARIE - 20:00Varsity Cup Launch Party met DJ Rob Forbes.Impala

DONDERDAG 6 FEBRUARIE - 17:30Uitstalling opening. Johann du Plessis: StilteNWU Botaniese Tuin-gallery

DONDERDAG 6 FEBRUARIE - 19:00Uitstalling opening. Usha Seejarim: Venus At HomeNWU Gallery

MAANDAG 10 FEBRUARIE - 20:00Varsity Cup Afterparty met DJ Ossewa en Marula Boom.Impala

DONDERDAG 13 FEBRUARIE - 19:00SRVP Karnaval Massa-skakel-aksie.Snow�ake

VRYDAG 14 FEBRUARIE - 20:00Valentynsdagsokkie - Rooi en Wit.Impala

VRYDAG 14 FEBRUARIE - 20:00Die Menere en Dooie Diere: Twee Keer LewendigCachet Kleinteater

SATERDAG 15 FEBRUARIE - 20:00Die Menere en Dooie Diere: Twee Keer LewendigCachet Kleinteater

6 Feb - 15 Feb

Slag ná slag ná slag tref Mar-tin Scorsese die kyker met eksplisiete tonele van seks,

dwelms, geweld, laster en prosti-tusie. Die gierigheid van die mens word in al sy ryke glorie ten volle vertoon.

The Wolf of Wall Street (2014) is die vyfde film wat Scorsese saam met Leonardo DiCaprio gemaak het en dit oorskadu al hulle vorige werke. Dié duo het ’n aansteeklike dinamiese produk gevorm.

DiCaprio verdiep homself tot ’n ongelooflike mate in sy rol. Hy het ook sy klere laat waai vir sommige van die gewaagde tonele.

Hy speel die rol van Jordan Bel-fort, ’n aandelemakelaar wat in 1987 korrupsie ter waarde van $200 miljoen gepleeg het. Belfort het 22 maande gevangeniskap uitgedien en is vandag ’n motiveringspreker.

Scorsese het erken dat hy Belfort se biografie tot ’n groot mate vir die grootskerm oordryf het.

Die rol van Mark Hanna (vertolk deur Matthew McConaughey) is ook noemenswaardig weens Mc-Conaughey se puik oordrag van ’n onortodokse en eksentrieke rol. Hanna is die motivering vir Bel-fort se skandalige lewe in beide die film en realiteit.

In die fliek sê Hanna aan Belfort: “As jy geld wil maak, masturbeer so dikwels as wat jy kan.”

Belfort se liefde vir kokaïene en

FRANCOIS LION-CACHET

’n emmer vol ander dwelms, duur huise, motors en seiljagte spruit uit sy heel grootste liefde – geld.

Die film se produksiewaarde is ook van ’n hoë gehalte met puik kinematografie en ’n klankbaan wat sterk bydra tot die verlekker-ing van die film.

Die film is drie ure lank wat ook

die oorsaak kan wees vir die talle mense wat uit die teater gestap het.

Scorsese het dit swaar oor sy hart gekry, maar moes sekere van die sekstonele sny om die film se ouderdomsbeperking te verlaag.

Aanlynresensies deur kykers vra of daar ’n dieper boodskap

raakgesien moet word tussen die oordadigheid.

Scorsese sê hy wou net eer aan Belfort se biografie bring.

Kenners verwag dat The Wolf of Wall Street koning gaan kraai by die Oscars.

Dié film sal jou tone vir meer as een rede laat krul.

'n Toneel uit Wolf of Wall Street waar Jordan Belfort werknemers opsweep.

TARINA MULDER

Ná die sukses van Shadowclub se eerste studio-album, Guns & Money, het die aanhangers vir 18 maande geduldig gewag vir die koms van Goodbye Wild Child wat einde 2013 vrygestel is.

Goodbye Wild Child is nie soos die debuutalbum in nege dae af-gehandel nie. Die skryfproses van dié album het ’n paar ander draaie geloop. Die lede verklaar dat die druk om ’n album van waarde uit te bring die proses aangemoedig het.

Die album is saamgestel deur die konstante gebruik van in-tense kitaargedeeltes wat Jacques Moolman se stem uitstekend pas. Die rowwe rock-'n-roll-klank wat afgewissel word met blues is steeds die hoofelement in die al-bum. Goodbye Wild Child is ryk aan dinamika wat ook vir die lede meer spasie vir musikale vryheid gebied het.

Die album bevat ballades soos “Dirt & The Rubble” wat 'n eerste vir Shadowclub is, asook die ge-bruik van agtergrondsangers. Die band beskryf die album as volwasse en ontwikkeld, maar die album het nie die stram dring- endheid wat die kern van Shadow-club se klank is, verloor nie.

Die produksiekwaliteit is van ’n hoër gehalte as dié van op die debuutalbum, omdat Goodbye Wild Child deur Brian Lucey (The Black Keys, Arctic Monkeys) be-meester is. Die album bied ook musikale vryheid aan die luiste-raar om verlore te raak in die op-bou van die instrumente.

Moolman is verantwoordelik

vir die skryf van die lirieke en al drie lede skryf saam aan die mu-siek. Moolman sê hy ontwikkel karakters in sy lirieke en gee dan aan die mense waaroor hy sing ’n stem.

Die albumkuns was stelselmatig gebruik om luisteraars op te bou en die album vooraf te bemark. Die 12 snit kragspel was vrygestel ná die album se eerste enkelsnit, “Melanielectriclove”, aan die ge-hoor bekendgemaak is.

Die album vergelyk goed met Guns & Money en luisteraars kan steeds die unieke rou Shadowclub-klank in vind.

Shadowclub se nuwe album het hoër produksiekwaliteit

Die band beskryf die album as volwasse en ontwikkeld, maar die album het nie die stram dringendheid wat die kern van Shadowclub se klank is, verloor nie.

Die volgende flieks sal na ver-wagting in 2014 in die teaters be-gin draai en beloof om ’n hoogte-punt te wees.

Robocop: Begin: Vrydag 7 Februarie 2014.

Romeo & Juliet:Begin: Vrydag 7 Februarie 2014.

Pad na jou hart: Begin: Vrydag 14 Februarie 2014.

Flieks om dop te hou in 2014:American Hustle:

Begin: Vrydag 28 Februarie 2014. Dallas Byers Club:

Begin: Vrydag 28 Februarie 2014.A Winter's Tale:

Begin: Vrydag 28 Februarie 2014. Four Corners:

Begin: Vrydag 28 Maart 2014. Noah:

Begin: Vrydag 4 April 2014.

Datums nog onbekend:Transformers: Age of Extinc-tionThe Fault in Our StarsX-Men: Days of Future Past 22 Jump Street Captain America: The Winter

SoldierFifty Shades of GreyThe Amazing Spider-man 2

FacialsMassagesManicuresPedicures

Get 10% Discount on treatments when presenting your student or sta card.

Page 12: Wapad - 6 Februarie 2014

Advertensie 12 6 Februarie 2014

Informed-Sport is a quality assurance programme for sports nutrition products

involving a rigorous certification process to

ensure that all nutritional supplements and/or

ingredients that bear the logo have been tested for

banned substances by the UK based and world class sports

anti-doping lab in,HFL sports science

PeptoSport900g

Cytomax2kg

RehidratSport6 Pack

Enervit24 Tablets

USNV02 Max80 Caplets

USNCramp Block30 Caplets

USNRecover

Max1kg

USNCyto Power HP

900g

PVMEnergy Bar

45g

Game720g

Energade1Litre

WedgewoodRace Food110g Power Bar

Energize55g/60g

Hammer Bar50g

HammerEndurolytes120 tablets

BiogenCarbogen1kg

BiogenCytogen900g

BiogenRecovergen1kg

BiogenEnergy Gel36g

32GiEndurance

Drink1kg

Customer Careline 0800 201 170 [email protected] Please follow us on and

Shop online @ www.dischemonline.co.za

R6495

3 FORR12990

each

USNVooma36g

R1195

3 FORR2390

each

R17995SAVE R60.00

R3295SAVE R5.00

R2295SAVE R5.00

R21995SAVE R70.00

R19995SAVE R60.00

R13995SAVE R10.01

R23995SAVE R60.00

R14995SAVE R50.00

R19995SAVE R80.00

R23995SAVE R60.00

R4995SAVE R9.00

R24995SAVE R40.00

GU Energy Gel32g

R1495SAVE R6.55

R1995SAVE R6.00

R795SAVE R1.00

HammerGel32g

R31995SAVE R40.00

R2695SAVE R3.00

R38995SAVE R90.00

R4995SAVE R7.55

R995SAVE R2.00

each

BUY

2PLUS1 FREE

BUY

2PLUS1 FREE

R1795SAVE R2.00

each

Page 13: Wapad - 6 Februarie 2014

13Profiel6 Februarie 2014

Stephen: die mystic by die boerDie alombekende en enigste karwag by Mystic Boer gesels oor hoe sy lewe dag tot dag verloop. FRANCOIS LION-CACHET skryf oor sy gesprek en ervaring met Stephen.

Laat die Satan wyk!Dít is hoe Stephen George

al die besoekers by Die Mystic Boer Potchefstroom groet.

“Ek sê dit omdat die mense bang is hulle motors word gesteel of dat hulle goed gesteel word. Ek sê dit sodat hul meer gerus sal wees.”

Hy is alombekend by die ge-reel-de besoekers by Die Mystic Boer. Terwyl dié onderhoud met hom gevoer word, groet mense hom ge-reeld op die naam.

“Hulle respekteer my. Hier kom gereeld k*****s wat die mense se handsakke en beursies wil steel. Ek jaag hulle weg. Ek rand hulle aan.”

’n Vrouestudent by dié kuierplek vertel later hoe hy altyd vir dié wat aan die kant van die buitenste kuier-area sit sê hulle moet hul handsakke op hul skoot sit.

Hy is ernstig oor sy werk. Stephen was eers ’n verwer, maar het later begin om motors op te pas.

“Ek verdien nie baie nie, net wat

die mense vir my gee, maar dit is genoeg. Ek is tevrede. Ek kan vir die kerk ook geld gee.”

Tydens die onderhoud haal hy deurlopend bybelversies aan.

“Die Here is my Herder, ek kom niks kort nie. Hy sal voorsien.”

Stephen word vanjaar 69. Hy bly al sy hele lewe lank in Potchefst-room en noem dié dorp sy tuis-land. Hy het skool gegaan by die "Potchefstroom kleurlingskool".

Albei sy ouers is oorlede, asook sy vrou en een van sy kinders.

“Ek is maar alleen.“Hulle was ongesond.” Hy is

duidelik geraak deur die vraag en sy gesig wys die hartseer – hy haal weer ’n bybelversie aan.

Die jare kan in sy gesig gesien word. Die swaarkry en die son. Sy oë getuig van moeilike tye, maar tog is dit vol waardering en hoop.

“Ek het nog nooit gedrink of gerook nie. Dit belemmer jou senuweestelsel.”

Hy raak stil toe daar aan hom gevra word wat hy dink van die studente wat drink en rook binne die kuierplek.

“Ag, hulle gaan maar aan, hulle geniet dit maar.”

Stephen is die enigste karwag by die Mystic Boer.

“Die eienaar soek nie ander mense hier nie. Ek jaag hulle weg.”

Leon Botha, die eienaar van Mystic Boer, sê Stephen laat nie-mand anders daar toe nie. Hy gee egter nie om nie: “Die mense vat ’n liking in hom, hy pas goed hier in.”

Hy is mystic, maar nie ’n boer nie, tog dra hy baie by tot die gees van dié plek.

Stephen het nie ’n selfoon nie. Hy kan ook nie sê hoe lank dit hom vat om van die huis af werk toe te stap nie. Tyd is nie wat hom dryf nie.

Somtyds stap hy werk toe, maar

nou ry hy met ’n fiets wat iemand vir hom gegee het.

“Ek weet nie wie daai witmense was nie. Maar die Here sal hulle seën.”

Hy kom elke dag so rondom 17:00 daar aan. Hy bêre sy fiets en sak onder die Mystic Boer se ad-vertensiebord, trek sy klere reg en gaan staan op sy pos. Hy is daar tot wanneer dié kuierplek om 02:00 toemaak.

Vroeër in die dag gaan haal hy eers sy kleinkinders, drie seuns, by die skool. Hulle ma is sy dogter. Sy is die enigste kind wat werk.

Stephen verwys na my as “baas” of “meneer”. Nie omdat hy moet nie, ook nie noodwendig omdat hy wil nie, maar meer omdat dit vir hom tweede natuur geword het.

Ek vra hom hoe hy die apart-heidsjare ervaar het.

“Die mense het beursies en geld gelos waar ek gewerk het om my te toets, maar dan het die Here met my gepraat. Ek het nooit gesteel nie. Hulle het my vertrou.”

Al sy antwoorde is vinnig en hy hou elke woord wat ek skryf dop. Hy gee my na elke antwoord tyd om te skryf en kyk my in die oë

terwyl hy so opgewonde soos ’n klein seuntjie vir die volgende vraag wag.

Wanneer ek ’n vraag vra draai hy sy kop ’n bietjie om beter te kan hoor.

Hy bedank my ’n hele paar keer: “Dankie baas! Dankie.”

Hy is opgewonde oor die onderhoud, maar gee dit nie weg in die tradisio- nele manier nie. Hy gee eer- der sy volle aandag en neem dit ernstig op, asof hy voor die tyd geweet het ek is op pad.

Hy was al van tevore in die Potchefstroom Herald en ken nie Wapad as koerant nie. Toe hy hoor dit is die studentekoerant gee hy ’n glimlag en skud sy kop vinnig op en af.

Hy hou van die studente. Hulle is gaaf met hom en hulle hou hom ook aan die lewe.

Toe daar foto’s van hom geneem word haal hy sy hoed af en klou daaraan vas. Hy glimlag glad nie vir die kamera nie, maar staan regop. Hy vra of hy die foto kan kry.

Stephen dra al vir meer as drie jaar dieselfde beffie elke dag werk

toe. Binne die beffie is ’n kaartjie met sy naam, foto en vorige werk-plek; Rio Café. Hy het twee jaar terug daar motors opgepas.

Hy wil baie graag ’n nuwe kaartjie hê met ‘Mystic Boer’ op, ook met die nuwe foto van hom.

Ek moet ook oor Leon Botha, Mystic se eienaar skryf, sê Ste-phen.

Hy het respek vir alle rasse, oud en jonk en hy is altyd vol grappe. Dis hoekom sy besigheid sal aan-gaan.

Dit sê meer oor Stephen self. Die rowwe diamant van Potchef-stroom.

Laat die

Satan wyk! Stephen staan baie ernstig en professioneel in die Mystic Boer waar hy nou

al vir twee jaar motors oppas. FOTO: Francois Lion-Cachet

Eksklusief: Die karwag wat skelms 'wegjaag en aanrand'

Ek verdien nie baie nie, net wat die mense vir my gee, maar dit is genoeg. Ek is tevrede. Ek kan vir die kerk ook geld gee.

Page 14: Wapad - 6 Februarie 2014

Leefstyl 14 6 Februarie 2014

Romantiese ete vir tweeAlfredo il Formaggio:

Voorbereidingstyd: 5 minuteKooktyd: ongeveer 30 minute

Bereidingstyd

Metode:

Addisionele opsies:

Benodighede

bacon bits)

15 minute.6. Gooi die room by en kook vir nog 5 minute.

aangedui.HANNES KRUGER

So... Dit is weer tyd vir Valentynsdag en die geld is so skaars soos ’n Danie Botha-CD in ’n hipster se woonwa. Wat doen jy om die per-soon op wie jy verlief is met min geld te beïndruk op Valentynsdag? Definitief nie uiteet nie. ’n Mens kan baie maklik ’n romantiese ete vir twee maak vir die helfte van die prys van ’n deftige restaurant. Onthou, jy benodig nie ’n chemiese ingenieurswese-graad om kos te maak nie. Dit is selfs makliker om ’n karwiel om te ruil.Hier is ’n voorstel:

Vergeet asseblief van Mince Mate en ready made kaassouse. Dit is soos om vir jouself ’n plastiekroos as troosprys vir Valentynsdag te koop. Lekker kommin.

REIS!Leefstyl

LUZANNE KEYTER

Dis net hartjies en beer-tjies en rooi I LOVE YOU koffiebekers waar jy kyk.

Valentynsdag is alweer hier. En of jy nou Potch se Bill Gates is of jou sente tel ná JOOL, is daar vir seker iets vir jou om te doen op die dag van liefde.

Natuurlik kan jy en jou liefie gaan fliek. Hoe oorspronklik. Dit is wel een van jou goedko-per opsies. Fliekkaartjies per paartjie gaan jou omtrent R90

uit die sak jaag en jy moet maar ’n ekstra R100 saamvat vir eet-goed aangesien geen fliek ooit lekker kan wees sonder spring-mielies nie. Dis ook die ideale plek vir daai eerste ‘arm om die skouer’ move of ’n bietjie vryaksie as jy een van daardie mense is.

Een van die lekkerste Valen-tynsdagaksies is ’n piekniek en in Potch het jy vele opsies. Die luier kêrels kan SS pies koop, sy rooma se duvet van sy bed af steel en in die NWU-Puk se Bo-

taniese-tuine in Steve Bikostraat gaan lê. Daar is ’n dam, mooi tuine en ’n rustige atmosfeer. Dit is wel net oop op weeksdae tus-sen 8:00 en 16:30 en jy sal die weer moet dophou. Tensy jy regtig daardie soen in die reën wil hê.

As jy nie jou eie mandjie wil pak nie, kan jy gerus Oudrift River Lodge gaan besoek wat omtrent 5 km buite Potch op die Carletonville-pad uit is. Hulle het twee piekniek opsies – ’n ontbytmandjie teen R179 wat van 7:00 tot 9:00 beskikbaar is

en die All Seasons mandjie teen R199 tussen 11:00 en 14:00. Die kos is meer as genoeg vir twee, maar pak maar jou eie kombers in. Die piekniekplek is langs die Mooirivier en die gras is groen en versorg.

Featherhill Spa het ook ’n duurder piekniek opsie. Vir R500 kan jy en jou lover ’n gourmet kaas- en vleisbord geniet saam met ’n bottel wyn. Hulle verskaf hier ook die kombers. En aan-gesien jy nou daar is, kan jy net sowel gaan vir ’n behandeling.

'n Date op Valentynsdag

Niks sê ek is lief vir jou soos ’n rug, nek en skouer masser-ing nie. Ongelukkig het jy 'n ryk pa nodig as jy jou geliefde hier wil bederf.

As jy nou een van die enkel-lopendes is op Valentynsdag, trek uit jou swart rourok en jou partytjieskoene aan. Plekke soos River Café, Qba Lounge en Taste Café loop oor van singles wat hul sorge met 'n paar cocktails wil verdrink. Impala behoort ook oor te loop en dalk kry jy net daar vir jou 'n date.

Valentynsmode15

SMULPAAP

Page 15: Wapad - 6 Februarie 2014

156 Februarie 2014 Leefstyl

MODE SAAMGESTEL DEUR MIZAN VAN DER MERWEFOTOGRAAF: LUZANNE KEYTER MODELLE: MARQUERITE BARNARD EN CONRAD WILSON FOTO’S GENEEM BY DIE MYS-TIC BOER POTCHEFSTROOM

Afspraak met romanseValentynsdag is om die draai en daar is 'n verskeidenheid dates waarop jy kan gaan. Dit is ook ’n dag waarop almal gewoonlik hul beste voetjie voorsit. Wapad Mode wys jou hoe om gepas aan te trek vir drie van die basiese of tradi- sionele geleenthede.

Piekniek

Fliektyd

Uiteet

Vir ’n fliekdate is dit gepas om 'n bietjie mooier en netjieser klere aan te trek, maar jou uitrusting kan steeds eenvoudig wees. ’n Mooi rompie is ideaal of jy kan selfs ’n mooi toppie by ’n ordentlike denimbroek dra. Ouens kan selfs ’n knoophemp saam met 'n denimbroek aantrek as hul rêrig die meisie wil beïndruk.

Indien julle ’n romantiese aandete gaan geniet, is dit gepas om bietjie meer formeel aan te trek, veral as die afspraak in die aand is. ’n Rokkie is altyd ’n goeie opsie en die knoophemp kan ook ingesteek word.

Klere verskaf deur:

Hy dra (bo): Maverick T-hemp: R100, maroen kortbroek: R250 beide van JayJays en denim-hemp: R160 Mr Price. Sy dra (bo): Toppie: R230 JayJays, denimbroek: R150 Mr Price, juwele verskaf deur model en Wapad Mode.

Wanneer julle piekniek gaan hou, is dit beter om gemakliker klere aan te trek aangesien julle op die grond gaan sit. Informele klere wat steeds mooi is, is ide-aal vir dié tipe afspraak. Dit beteken egter nie dat jy kan slaplê en nie op jou beste hoef te lyk nie.

Hy dra (regs): Shotgun T-hemp: R160, denimbroek en skoene: verskaf deur model. Sy dra (regs): Bont romp: R50, Swart kanttoppie: R70, beide van Mr Price, juwele en skoene verskaf deur model en Wapad Mode.

Hy dra (regs): Chino-kleurige langbroek, knoophemp en skoene: verskaf deur model. Sy dra (regs): Maroen rokkie: R100, Mr Price, gordel, juwele en skoene: verskaf deur Wapad Mode.

Page 16: Wapad - 6 Februarie 2014

Briewe Briewe kan ge-epos word na [email protected] of skakel ons by (018) 299 2875

16 6 Februarie 2014

KommentaarRedaksioneel

6 Februarie 2014

Kernredaksie

@NWUWapad

SMS 31750SMS jou tip-off/klagte met die woord 'Wapad' vooraan jou boodskap

Teksversorgers: Bianca Enslin, Ruan Fourie, Jeanelle Greyling, Salmon Becker en Hannes Kruger

Uitleg: Hannes Kruger en Simon Sonnekus

SMS’e en twiets

Die volgende uitgawe vanWapad verskyn op 20 Feb.

OmbudsmanAs jy voel dat Wapad nie na jou klagtes luister nie, kontak die waarnemende ombudsman dr. Hein Lubbe by: [email protected]

Ons soek nie die kampus se groot voël nie

- Shaun Frazao

Wapad nie so negatief

Dit is ’n probleem wanneer die kampus tydens verlede jaar se Big Prims vir ons verduidelik dat transformasie baie belangrik is op kampus, maar voortgaan met branding wat talle studente uit-sluit.

Verlede jaar is daar op hierdie einste geleentheid vir ons vertel dat dit een van die kampus se grootste prioriteite is om te trans-formeer. Transformasie is slegs ware transformasie as dit op al drie kampusse plaasvind.

Dit is nie goed genoeg om trans-formasie in werking te stel in fa-sette soos akademie, maar nie ons studentelewe nie.

As ons kampus aktief wil werk om transformasie in werking te stel, moet dit in ons studentelewe ook toegepas word.

Die Pukki is nie ’n voorbeeld van ’n inklusiewe entiteit wat almal op kampus verteenwoordig nie – veral as daar na die Pukki-liedjie gekyk word. Dit is nie verteenwoordigend van almal op kampus nie juis om-dat dit slegs Afrikaans is.

Die Pukki word die embleem van ’n nie-inklusiewe studen-telewe. As studenteaangeleent-hede aangebied word net in Afri-

kaans en geopen word met gebed, spreek dit glad nie van ’n inklu-siewe studentelewe wat ander ge-lowe en tale insluit nie. Dit is nie ware transformasie nie.

Verder as daar na die Pukki-branding gekyk word, moet daar gekyk word na eksterne sowel as interne kommunikasie. Dit help nie ons beeld na buite is so “oulik”, maar studente op kampus identifi-seer nie daarmee nie.

Die vraag wat gevra moet word, watter navorsing is daar onder hui-dige studente gedoen om te bepaal hoe hulle oor hierdie voël voel. Ek is oortuig daarvan deur net met baie studente te praat, dat die grootste gedeelte van studente nie kan identifiseer met hierdie groot voël met ’n naam wat gepaard gaan met hartjies nie.

Dit is nie lekker as ander univer-siteite se studente vir ons lag om-dat ons Pukki’s is nie. Daar moet ’n rede wees hoekom ander universi-teite na ons verwys as ’n hoërskool.

Dit is hierdie beeld van ons wat moet verander. Al hoe ons dit kan doen is deur ’n groter fokus te plaas op akademiese uitnemend-heid eerder as ons studentelewe.

Ek dink nie dit is gepas om stu-

dente te wil laat “oulik” lyk deur ’n simbool wat fokus op pret eerder as akademiese uitnemendheid nie. Wanneer gaan ons besef dat aka-demiese uitnemendheid prioriteit moet geniet bo studentelewe wat nie inklusief is nie.

As jy dink aan van die beste uni-versiteite ter wêreld soos Harvard, Cambridge, Oxford, Yale of selfs net die Universiteit van Kaapstad, waaraan dink jy? Ek belowe jou, hulle is nie bekend vir hulle mas-cots, studentelewe of groot voëls nie.

Ons universiteit moet die ak-tiewe besluit neem dat ons nie te-vrede is met middelmatigheid nie. Ons het die vermoë om die vol-gende Harvard te word, maar ons kan dit nie doen as ons fokus op die verkeerde plek is nie.

Dit beteken nie ons moet ons studentelewe wegvat nie. Die suk-ses lê daarin om die balans tussen studentelewe en akademiese uitne-mendheid te vind. Daardie balans gaan ook sukses verseker in ons branding-veldtogte. Ek weet ek wil eendag in die werkplek kan spog met my universiteit wat wêreld-wyd beroemd is vir sy akademie en nie net sy studentelewe nie.

Nuwe jaar, nuwe ek Hierdie stuk is die opinie van die skrywer en nie van Wapad nie.

WAPAD-KANTOOR: 018 299 2875

SALMON BECKER

Ek was nog nooit iemand vir nu-wejaarsvoornemens nie, maar met die afloop van verlede jaar kon ek nie anders as om verlig te voel dat 2013 uiteindelik klaar is nie. Dit was een van daardie jare wat get-int was deur ekstreme, in wese ’n bipolêre jaar. Ná amper ’n maand-lange seevakansie het ek besluit dat ek nie sal toelaat dat 2014 die-selfde loop gaan nie, want ek is in

beheer. Hier volg ’n paar van die riglyne wat ek vanjaar gaan volg: Speel oop kaarte. Dit geld vir alles wat jy doen, sê vir daardie mens dat jy nie van hom of haar hou nie, maar moenie ongeskik wees nie. Die Afrikaanse taal bestaan uit genoeg woorde om nie in your face te wees nie. Moenie iets doen waaroor jy la- ter spyt gaan wees nie. As jy twyfel of jou gut voel verkeerd, is daar gewoonlik 'n rede daarvoor.

As jy nie weet waarom jy so voel nie, gaan sien 'n shrink. Moenie te geheg raak aan jou shrink nie, hulle is ook nie altyd reg nie. Hanteer ander met respek al is hulle jou mindere en jou juniors. Drink meer goeie wyn en kof-fie.

Volgens my kan al die wêreld se probleme en krisisse met die laaste punt opgelos word, maar sekere mense sal sê ek is 'n alko-

holis. Oor menseregtevergrype en die verkragting daarvan op kampus gaan ek nie veel sê nie, want dit is nie my plek nie en dit maak my effe depressief. Verder hoop ek dat elkeen van julle se jaar sommer vol goeie goed sal wees. Eerstejaars, geniet dit. Dié van julle wat vanjaar klaar-maak geniet dit wyl julle kan en dié van ons wat nog 'n wyle hier gaan wees: It's a strange, strange world we live in.

HOOFREDAKTEUR: Hannes Kruger ADJUNKREDAKTEUR: Simon Sonnekus NUUSREDAKTEUR: Francois Lion-Cachet SPORTREDAKTEUR: Wynona Louw SPORTSUBREDAKTEUR: Eugenie Gregan UITLEGREDAKTEUR: Luzanne Keyter KUNS & VERMAAK-REDAKTEUR: Mizan van der Merwe FOTOREDAKTEUR: Gert Coetzer ADVERTENSIES & FINANSIES: Lorraine Jordaan

“Wapad, julle is nou weer net negatief ! Julle wil nou weer net iets wat goed is, afkraak!”

Dít is die kommentaar wat ons verwag op Deon Maas se ru-briek oor koshuistradisies en die berig op bladsy 3.

’n Saak het altyd twee kante. Dit is ook ’n koerant wat sy sout werd is se plig om debat te ontlok en stimuleer op ’n gebalan-seerde wyse.

Wapad is nie daarop uit om net oor dit wat moontlik negatief is, te skryf nie.

Wapad is nie opsigself teen koshuistradisies nie. Onthou, die redaksie bestaan uit verskeie mense waaronder daar ’n paar is wat ook in koshuise is en die sogenaamde “koshuistrots” het. Daar is dus ook verskeie uiteenlopende opinies rondom dié kwessie onder die redaksielede.

In so ’n geval is dit belangrik om jouself te distansieer van jou eie vooroordele en opinies – al is dit net vir ’n rukkie – en ’n bietjie te luister of te lees wat die opinie van ’n ander persoon is.

Dus, voordat jy die koerant toeslaan, na jou selfoon gryp en vir ons ’n SMS stuur wat lui: “Wapad, julle is nou weer net nega-tief !”, gaan dink deeglik na oor wat ons publiseer. Sit al die feite en opinies op die tafel en stuur vir ons ’n sterk, ingeligte opinie oor waarmee jy saamstem of nie saamstem nie.

Kry ’n stem. Dit help nie die koerant word eenkant toe gegooi nie. Skryf vir ons oor jou misnoeë. Wapad publiseer dit graag en voer dan die debat rondom koshuistradisies en ander kwessies verder in die volgende uitgawe.

Wapad sien uit om van sy lesers te hoor.

Ek as Oud-Puk is teleur-gesteld in die gehalte van die O&B uitgawe van die Wapad. Daar is baie spel- en sinskon-struksiefoute. Die ouers moes dit lees! Nee!

Gaan die begroting en sub-sidies ons boetes betaal as ons nie parkering kry nie? Die sisteem werk duidelik nie. Nicole Welthagen @N_Welthagen

Dankie @PUKfm936 en @NWUWapad wat ons nuuski-eriges wat wil weet wat aan- gaan op kampus op hoogte hou!Marno Matthee @MeanMrMarra

-Anonieme SMS

-Wapad wil graag hierop reageer deur om uit te wys dat die publikasie wat op die eerste dag verskyn het, nie deur Wapad uitgegee is nie.

Page 17: Wapad - 6 Februarie 2014

Tradisies verwoes studente se lewens

SMS 31750SMS jou Tip-off/klagte met die woord 'Wapad' vooraan jou boodskap

176 Februarie 2014

Ek het ’n probleem met die woord tradisie. Die woord word gebruik as daar

regverdiging gesoek word as ’n klomp Zoeloe mans ’n bees omring en dit met hulle kaal vuiste dood-slaan. Dit word gebruik as jong meisies se klitoris afgesny word sodat sy nooit seks kan geniet nie of as seuns doodgaan nadat hulle voorvelle verwyder is onder on-higiëniese toestande op kampe om van hulle mans te maak.

Tradisie is nie noodwendig ’n goeie ding nie. Dit word hoof-saaklik gebruik deur mense wat probeer om vas te klou aan waardes en idees wat jare terug daar gestel is. Omdat dit “tradisie” is, dink hulle dis reg.

Vyftig jaar terug was dit tradisie vir studente om vrugte te steel uit inwoners se tuine uit. Vandag gaan jy tronk toe. Dis nou as die oom jou nie eerste met ’n skoot hael in die hande gekry het nie.

Daar is verskeie tradisies wat al in onguns geval het oor die jare. Die bloed van die bruid op die huweliksbed wat vir die gaste gewys word, maer mense waarop neergekyk word en kannibalisme. Ek is seker ons sal almal saam-stem dat dit goed is dat dit gebeur het.

Sommige ander soos hekse-jagte, die duif as vredesimbool en Zwarte Piet bly voortleef, maar die stemme daarteen word harder en harder.

Ons lewe in ’n wêreld wat vin-nig verander. Mense wat bang is vir hierdie veranderinge klou ge-woonlik vas aan tradisie. Hierdie

mense is nie die Bill Gates, Steve Jobs of die Mark Zuckerberg van hulle generasie nie. Hierdie is die mense wat dink dat hermafrodiete nie kan bestaan nie, want daar’s nie ’n Pedi woord daarvoor nie.

Ontgroening (en dit maak nie saak watse polities korrekte naam dit teen dié tyd genoem word nie, dis ontgroening) is ’n tradisie wat nie wil uitsterf nie. Vir ’n tradisie om uit te sterf beteken dit dat ’n sterk leier wat daarteen gekant is, moet opstaan, dit veroordeel, dit verbied en dan daai verbod toepas.

Daar is duidelik nie so ’n leier op die NWU nie.

Jaar na jaar word studente se lewens verwoes en somtyds selfs beëindig omdat die grootmense op die kampus ’n blinde oog draai, dit ignoreer en selfs in die media lieg daaroor om dit te beskerm. Dis nie net ’n refleksie van die tipe studente wat op die kampus is nie, maar ook op die leierskap wat hierdie barbaarse tradisie laat voortgaan.

Maar ja, in die land van die blindes is die eenoog koning en al daai boykies en bitches wat so lek-ker kry om die eerstejaars te ver-welkom het ook seker ’n sielkun-dige profiel. Hoe lyk die brein van die persoon wat sulke snert uitdink? Dink hulle soos ons nor-male mense of kan ’n mens die afwykings sien?

Die grootste teleurstelling vir studente op Potch moet egter die administrasie wees. Watter tipe intelligente en opgevoede mens laat sulke boelies toe of erger nog: praat dit goed?

Daar is daagliks berigte en ar-tikels en besprekings oor hoe jy kan keer dat jou kinders geboelie word. Dan gaan hulle universi- teit toe en die eerste week wat hulle daar is, word hulle blootges-tel aan georganiseerde en univer-siteitsgoedgekeurde boeliery.

Daar is selfs bewerings dat ont-groening goed is vir studente, dat dit hulle tot voordeel strek later in die lewe. Ironies genoeg, al word daardie stelling deur mense by tersiêre instellings gemaak, kon niemand nog ooit enige navorsing toon wat dit bewys nie. Dis maar net nog ’n urban legend.

Die tyd vir ontgroening is verby en hoe gouer dit tot ’n einde kom, hoe beter. Dis middeleeus, verne-derend en uiters onsexy. En daar’s niks erger as ’n onsexy student nie. Dis jou tyd om te skyn poppie.

Wat dink jy van Deon Maas se uitlatings oor die NWU-Puk en tradi- sies? Stem jy saam of nie?

SMS ons of skryf vir ons 'n brief en stuur dit na [email protected]

Deon Maas

Deon Maas vertel:

Page 18: Wapad - 6 Februarie 2014

18 6 Februarie 2014SportWapad

Die Rissie praat oor Eerstejaarsport, Varsitybeker en NWU-Puksokker

Krieketwedstrydbepalings:Tyd

16:00 -19:00

Span

Excelsior vs Ratau

Caput vs Heimat

6 Februarie

WêreldsportnuusDie ysterslot Victor Matfield het ’n spelerskontrak van twee jaar met die Blou Bulle-rugbyunie (BBRU) gesluit. Die 36-jarige Matfield het 110 toetse agter sy naam en het in 2011 uitgetree, maar die begeerte om weer vir die Springbokke in volgende jaar se Wêreldbekertoernooi te speel het hom laat besluit om sy terugkeer tot die rugbyveld te maak. Hy sal weer vanaf 2016 as afrigter by die BBRU inval.

Tawana sterre teen die Stars, gelykop teen Arcadia FC

CHRISTO BESTER

Die NWU-Puk-1 sokkerspan het hul seisoen op ’n hoë noot afge-skop deur hul eerste wedstryd in die SAFA SAB-liga te wen en hul tweede een teen die voorlopers op die punteleer, Arcadia FC, op ge-lyke grond te eindig.

Die NWU-Puk-1 sokkerspan het Saterdag teen die span van Arcadia FC in Ikageng te staan gekom en

1-1 gelykop gespeel. In die vorige week se stryd teen Ten Stars het die NWU-Pukke die klubspan van Potchefstroom met 3-0 geklop.

Ten Stars het goeie verdedi- ging getoon in die eerste helfte en talle aanslae van die Pukspan goed afgeweer. Hulle kon egter nie hiermee volhou nie en die Pukke kon in die middel van die eerste helfte ’n doel aanteken om die tel- ling voor halftyd op 1-0 te laat

staan. Nog ’n terugslag het Ten Stars getref toe een van hul spe-lers met ’n geelkaart vir vuilspel gestraf is.

Die span van die NWU-Puk het die tweede helfte sterk begin en vin-nig nog ’n doel aangeteken om die telling na 2-0 aan te skuif. Ten Stars het daarna meer aanvallend begin speel, maar dit was ’n geval van te min, te laat en hul aggressiewe spel het uiteindelik gelei tot ’n rooi-

kaart vir vuilspel teen een van die spelers. Die NWU-Pukspan kon met slim spel ’n derde doel aanteken om uiteindelik met ’n telling van 3-0 te seëvier.

“Dit (die Ten Stars wedstryd) was ons eerste wedstryd van die seisoen en dit was ’n taai een, die teenstand-ers was rof en ons het die wedstryd ingegaan sonder ’n natuurlike doel-wagter. Ons het uit die staanspoor gedomineer en ons kon maklik al in

die eerste helfte die oorwinning in die sak gedruk het, maar die toes-tande waarin die ouens moes speel, het hulle uitgeput. Ons moet nou wedstryde inhaal weens die feit dat ons laat begin het, maar sover lyk dinge goed, ” het Moemeli Moeket-si, NWU-Puk-1 sokkerafrigter, gesê.

Die NWU-Puk-1 sokkerspan se volgende wedstryd is op 9 Februa-rie teen die Rovers op die Fanie du Toit-sportgronde.

Suid-Afrikaanse swemmers het tien medaljes huis toe gebring ná die BHP-Billiton-swemreeks die afgelope naweek in Aus-tralië. Die 26-jarige Karin Prins-

’n Nuwe era vir vrouegholf breek op 13 en 14 Februarie aan wan-neer die eerste toernooi van die nuwe Sonskynreeks vir vroue by die Houghton-gholfklub in Johan-nesburg afskop. Dié reeks bestaan uit ses toernooie wat elk op ’n houespelformaat oor 36 putjies

loo was Suid-Afrika se uitblinker en het helfte van die medaljes losgeswem waaronder ’n goue medalje in die 200m-vryslag. Chad le Clos is geklop in sy gun-stelingitem, die 200m-vlinderslag, maar het gesorg dat Suid-Afrika die byeenkoms met twee goue medaljes afsluit deur die 100m-vryslag in 52.66 sekondes te wen. Suid-Afrika spog verder met twee silwer en ses brons medaljes.

beslis word. Elke toernooi bied prysgeld van R100 000 aan. Die finale Investec-bekertoernooi is in Maart en spelers ding mee vir prysgeld van R300 000.

Dokters het begin om oudrenjaer Michael Schumacher se verdow-ing te verminder sodat hy uit sy geïnduseerde koma kan ontwaak. Die Formule Een-kampioen het op 29 Desember verlede jaar sy kop ge-stamp toe hy tydens ’n ski-ongeluk in die Franse Alpe geval het. Hy het reeds twee operasies ondergaan om drukking op sy brein te verlig. Me-diese deskundiges het gewaarsku dat die wakkerwordproses lank kan duur en dat ’n volle bewussyn nie verseker is nie.

Mat�eld stof stewels af

SA swemmers blink uit

Vroue Sonskynreeks slaan af

Schumacher op herstelpad

2014. Nóg ’n jaar van eerste- jaarsport, koshuisrugby en pogings deur die Varsitybeker-span om die beker uiteindelik huis toe te bring.

Die Rissie móét sê sy was nogal beïndruk met die NWU-Puk-1 manssokkerspan se sei-soeninleiding vanjaar en tot haar verligting lyk dit darem nie of NWU-Puksokker ons nasionale verteenwoordigers se useless voorbeeld vanjaar gaan volg nie (ons minis-ter van sport en rekreasie is so goed met beskrywende woorde). Maar as Die Rissie so

na die USSA-uitslae kyk (en ons almal weet tog NWU-Puk sokker is nie juis bekend vir hul trotswekkende prestasies nie), weet sy nie of hierdie goeie begin enigsins iets is om oor opgewonde te raak nie. Die Rissie hou tog nie daarvan om vir mense vals hoop te gee nie.

So gepraat van valshoop, eerstejaarsatletiek was nog altyd een van Die Rissie se gunstelingsportgebeurtenisse op die NWU-Puk se sportka-lender en tot haar ontevreden-heid is hierdie sportitem van-jaar so afwesig soos Hannes

Esterhuizen by die PUK-1 rug-byspan. Maar nou ja, terwyl ons op die rugbyonderwerp is, móét Die Rissie net gou iets daaroor sê: NWU-Pukke teen Ikeys – wat ’n game was dit nie. Die manne in maroen het UCT ’n behoorlike pakslae gegee. Die Rissie is só entoe-siasties oor dié goeie begin en hopelik strek die goeie verton-ings, maar soos Die Rissie sê: dit was ’n goeie begin en dis meer as wat sekere NWU-Puk-hokkiespanne oor hul friend-lies verlede naweek teen Tuks kan sê.

Die NWU se sokker span het sterk aangeval en verdedig. Foto's: Gert Coetzer

Over-de-Voor vs De Wilgers

19:00 - 22:00 Villagers vs Laureus

8 Februarie08:00-11:00 Hombré vs Laureus

Veritas vs Villagers

11:00-14:00 Excelsior vs Thaba-Jäh

14:00-17:00 Caput vs Laureus

Over-de-Voor vs Thaba-Jäh

Page 19: Wapad - 6 Februarie 2014

Sport 196 Februarie 2014

DANIE JORDAANSlot

DAWID KRYNAUWStut

DILLON SMITHSkrumskakel

EDMAR MARAISVleuel

ELARDUS VENTERStut

ETTIENNE SMITHSlot

FRANCOIS ROBERTSESlot

GERHARD NORTIERLosskakel

HP SWARTLosvoorspeler

HOFFMANN MARITZHeelagter

JAAP PIENAARSenter/Vleuel

JOHAN SMITHStut

JOHN-ROY JENKINSONStut

JOHNNY WELTHAGENLosskakel

JUAN LANGUAGELosvoorspeler

LLOYD GREEFSenter/Heelagter

LUCKY NGOAMAStut

LUTHER OBIVleuel

MARIUS FOURIEHaker

MARNUS TACKSenter

PHILIP DE WETLosvoorspeler

RHYK WELGEMOEDLosvoorspeler

ROBEY LABUSCHAGNELosvoorspeler

ROWAYNE BEUKMANSenter

SAMUEL NIEMANDLosvoorspeler

SCHALK OOSTHUIZENHeelagter

SIYAMTHANDA NOVEMBERLosvoorspeler

SYLVIAN MAHUZASenter/Heelagter

TIAAN DORFLING (K)Skrumskakel

WARREN GILBERTLosskakel

WIAN FOURIEHaker

ARMAND vd MERWEHakerVARSITY

BekerPro�ele

REINETTE VENTER EN CHRIS-TO BESTER

Alhoewel vanjaar se eerste-jaarsatletiek weens teg-niese probleme afgestel

is, het die eerstejaars van 2014 steeds vir genoeg opwinding in vanjaar se ander eerstejaar-sportsoorte gesorg.

Die eerstejaarsnetbaltoer-nooi het verskeie verrassings opgelewer, maar verlede jaar se toernooiwenners en huidige kos-huisnetbalkampioene, Karlien, het weer gewys hulle het nie 'n gelyke op die netbalbaan nie.

Ná die uitspeelrondtes het Karlien en Bellatrix in die eindstryd teen mekaar te staan gekom. Dit was ’n naelbytstryd, maar Karlien kon uiteindelik met ’n telling van 8-7 seëvier om vir die tweede agtereenvolgende jaar met die trofee weg te stap.

Minjonet het uitstekende netbal gespeel om in die derde plek te eindig en Klawerhof kan met ’n vierde plek hulself op die skouer klop, nadat hulle in die halfeindstryd die aftog teen Karlien moes blaas.

Alhoewel Bellatrix met ’n tweede plek tevrede moes wees, kan hul trots wees op hul doel-skieter, Nelandre Mostert.

Mostert het toekennings ont-vang vir die beste doelspeler sowel as die beste algehele

Eerstejaarssport 2014 sorg vir groot opwinding en sukses

speler van die toernooi. “Netbal op die NWU-Puk is regtig uitstekend en die afrigters is baie goed,” het Mostert ná die toernooi gesê.

In die swembad het die eerstejaars van Heimat en Kasteel onderskeide-lik koning gekraai. Patria en Veritas het die tweede en derde plekke vir die mans op die podium ingeneem, terwyl Wag-’n-Bietjie en Dinki ná Kasteel in die afdeling vir vroue geëindig het.

“Ek is trots op elke swemmer wat deelgeneem het en hul beste gelewer het om die wen vir Kasteel te versek-er,” het Chantell Kruger, sport HK-lid

EUGENIE GREGAN

Die NWU-Puk se top swemmers het hul tydens die Universi- teite Sport Suid-Afrika (USSA) se swemkampioenskappe knap van hul taak gekwyt en veral die mans het gewys hulle is swemmers om dop te hou vir die toekoms.

Die byeenkoms is verlede jaar vanaf 2 - 4 Desember in die Kings Park Aquatics Sentrum in Dur-ban gehou en 12 van die land se universiteite het deelgeneem. In die mans se afdeling het die NWU-Pukke gewys hulle kan by Tuks en Maties se sterkste swemmers kers vashou deur die derde plek op te raap.

Van die Pukke se uitblinkers tydens die byeenkoms was Sergio dos Santos, Albie van Oort, Wie-hann Kock, Reino von Wielligh, Natius Visser en Ludick Nel wat almal top-5 posisies behaal het.

“Puk-Swem se doelwit vir 2014 is om onder die eerste drie uni-versiteite by USSA te eindig. Die aankoms van 2014 se eerstejaars het nuwe swemmers gebring,” het Marike van Oort, Puk-swem- afrigter, gesê.

Vanjaar se USSA swemkampi- oenskappe word deur die Univer-siteit van Stellenbosch aangebied.

Pukke swem derde plek los

Die NWU-Puk se top swemmers

Over-de-Voor-manskoshuis het die mansafdeling van die eerstejaars tennis gewen.

Foto: Verskaf

Tennis:MANS

Over-de-Voor

Patria

Laureus Heide

Wanda

Bellatrix

VROUE

Swem:

Heimat

Patria

Veritas Dinki

Kasteel

Wag-'n-Bietjie

Karlien

Bellatrix

Minjonet

1.

2.

3.

MANS VROUE

Netbal:

van Kasteel gesê. Japke Engelbrecht was Kasteel se uitblinker en het die vryslag, borsslag en rugslag vir haar koshuis gewen. Sy het ook haar per-soonlike beste tyd in die rugslag ver-beter.

Op die tennisbaan het Over-de-Voor uitstekende tennis teen Patria gespeel om die eerste plek in die mansafdel-ing op te eis. Wanda en Bellatrix het in die vroue se eindstryd teen mekaar te staan gekom, met Wanda wat uiteinde-lik geseëvier het.

Die eerstejaarsrugby het vroeër die week afgeskop.

Foto: Gert Coetzer

Foto: Marike van Oort

Page 20: Wapad - 6 Februarie 2014

Sport6 Februarie 2014 18ROOI RISSIE:

Eerstejaarssport, Varsity Beker en sokker

Ikeys geen kompetisie vir witwarm NWU-PukkeWYNONA LOUW

Die NWU-Pukke het Maandagaand hul Varsi-tybeker-veldtog effektief begin deur die Ikeys van die Universiteit van Kaapstad (UCT) met 47-24 op die Green Mile Rugbyvelde in Kaap-stad te klop.

Die Ikeys was eerste op die telbord, maar die Potchefstromers het ’n vroeë agterstand in winderige toestande omgekeer en sewe drieë gedruk om ’n bonuspunt-oorwinning in te win.

’n Kragtige lynbreuk deur die Ikeys veter-aan-vleuel Richard Steward het heelagter Ross Jones-Davies in staat gestel om vroeg-vroeg agter die besoekers se doellyn te gaan kuier en kort daarna het die flank, Shaun McDon-ald, nóg vyf punte anderkant die NWU-Pukke se doellyn aangeteken. Dean Grant het beide drieë verdoel om die tuisspan met 16-0 in die voortou te sit.

Na die eerste strategiese breuk het die NWU-Pukke teruggeveg en hul skopwerk het hul in die opposisie se helfte gehou, en na ’n 10m lyn-staan het die Puk-agtsteman Juan Language vanuit ’n rolmaalbeweging die bal oor die witkalk geneem. Kort daarna het die heelag-ter Sylvian Mahuza goeie teenaanval van die NWU-Pukke goed afgerond en swak verdedig-ing van UCT uitgebuit om die besoekers weer op die telbord te sit. Kaptein Tiaan Dorfling

het verdoel en die spasie na 16-13 vernou.Net voor rustyd het Mahuza sy tweede drie

gedruk en Dorfling het verdoel om die NWU-Pukke met rustyd 21-16 te laat voorloop.

Vroeg in die tweede helfte het UCT die wind agter hul rûe as voordeel gebruik toe Jones-Davies sy eie lugskoppie versamel het en nog vyf punte kon aanteken. Grant het verdoel en die Ikeys het met 24-21 weer die voortou ge-neem.

Dié punteverandering is egter waar dit sou eindig vir die tuisspan en minder as vyf min-ute later het Luther Obi sterk teen die kantlyn afgenael vir nog ’n drie vir die NWU.

Dié bonuspuntdrie kon Dorfling nie verdoel nie, maar van hier af het die NWU-Pukke nie weer balbesit afgestaan nie.

Die losvoorspeler Phillip de Wet het as plaasvervanger die Noordwesters se vyfde drie onder die pale gedruk en Dorfling het ver-doel om die besoekers met 34-24 te laat voor-loop. Dinge het egter daarna net erger geraak vir Ikeys toe Jason Klaasen kort hierna ’n geelkaart ontvang het.

Met 10 minute oor het die NWU-Pukke verder sout in die Ikeys se rugbywonde gevryf toe slot Francois Robbertse oorgeduik het vir hul sesde drie. Dorfling het verdoel en die tell-ing na 42-24 gevat.

Met sewe minute oor het UCT se verdedig-ing hul weereens in die steek gelaat toe slot

Daniël Jordaan die NWU-Pukke se sewende drie gedruk het om die telling op 47-24 vir die Potchefstromers af te sluit.

Die NWU-Pukke se effektiewe aanval, ver-moë om te kapitaliseer op UCT se agteruitlo-pende verdediging, en hul vermoë om balbesit in punte oor te sit het uiteindelik die oorwin-ning vir hulle verseker.

Die NWU-Pukke se volgende wedstryd is op 10 Februarie teen die Universiteit van die Vrystaat (Shimlas) om 19:00 op die Fanie du Toit Sportgronde.

Die stut, Johan Smith, wys hoe dit gedoen word.

Varsitybeker WEEK 1

TUKS

NMMU

UVS

NWU

18

45

31

47

18

29

15

24

UJ

US

Wits

UCT

-

-

-

-

Die NWU-span kraai koning op die punteleer na die eerste week van die Varsitybeker. FOTO’S: Verskaf