Wapad - 10 Oktober 2013

16
3 16 STUDENTEKOERANT VAN DIE NOORDWES-UNIVERSITEIT SE POTCHEFSTROOMKAMPUS JAARGANG 67 SMS-LYN 31750 MET WOORD ‘WAPAD’ VOOR [email protected] 10 OKTOBER 2013 / VOL 15 LEES JOU KAMPUS E FRANCOIS LION-CACHET S tappe word geneem om te verseker dat Wapad in die toekoms nog beter sy werk sal kan doen as ’n onafhanklike studentekoerant. Dit volg na die tydelike sluiting van Wapad weens skuld van R79 000. Die skielike sluiting van Wa- pad verlede maand het vrese laat ontstaan dat mediavryheid op die kampus in gedrang is. Daar is na- sionaal berig gedoen oor dié saak. Dié kwessie is ná vergaderings tussen verskeie belangegroepe, ingesluit die kampusrektor, Prof. Herman van Schalkwyk, SR- lede, die NWU-Puk se bemarking en kommunikasie departement (BEK) en joernalistiekdosente geskik. Daar is ’n komitee saamge- stel om Wapad se reglement te hersien. Dit bestaan uit prof. At- tie Gerber, Karen Engelbrecht en Jimmy Pressly. Volgens Pressly, sameroeper van dié komitee, gaan hulle poog om die reglement van Wapad so te herskryf dat die koerant ten volle aan die Suid-Afrikaanse Perskode voldoen. “Daar is reeds ’n goeie basis [die huidige reglement] waarop ons net gaan uitbrei,” het Pressly gesê. Pressly het verder gesê dat hulle onder meer na ander stu- dentekoerante van ander univer- siteite se reglemente gaan kyk om sodoende te sorg dat Wapad so onafhanklik as moontlik funk- sioneer en dat die fundamentele beginsels van mediavryheid op kampus uitgeleef kan word. Op die oomblik bepaal Wa- pad se reglement dat die koe- rant deel is van die SR, maar die samestelling van die beheerraad, die struktuur wat toesig hou oor die koerant, gee aan BEK ook ’n groot rol in dié publikasie. BEK het aan die rektor te ken- ne gegee dat hulle nie meer by Wapad betrokke wil wees nie. Johannes Froneman, media- etiek kenner en kommunikasie dosent aan die NWU-Puk, het vroeër gesê dat ’n studente- koerant nie die instrument van ’n kampus se bemarking-en-ska- kelafdeling hoort te wees nie. ‘n Verteenwoordiger van die rektor, Winton Windell, Frone- man en ‘n kollega, Cornia Preto- rius, het in 2011 verandering aan die reglement aangebring. Volgens Froneman is die vorige magsposisie van BEK in- gekort. "Beheer en toesig van die blad is gevolglik primêr in die hande van die studente geplaas, met dosente en personeel van BEK meer in ’n raadgewende rol. Dit was altans die gedagte,” het Frone- man gesê. Die hersieningsproses wat nou aan die gang is, is ’n verdere ver- fyning van die werk wat in 2011 gedoen is en waarby BEK ook be- trokke was. “Kom dit by ’n saak soos ’n stu- dentekoerant glo ek studente moet die maksimum geleentheid kry om dit te beheer, te bestuur en te publiseer,” het Froneman vroeër in ’n rubriek in die Beeld-bylaag By gesê. Daar sal ook uitsluitsel gegee word in die hersiende reglement oor hoe en deur wie Wapad se finansies bestuur sal word. ’n Voorlopige reglement moet teen einde Oktober aan Wapad beheer- raad voorgelê word en teen einde Februarie in werking gestel word. Hoe lyk Wapad se pad vorentoe? 'n Komitee is aangewys om Wapad se reglement te hersien ’n Studentekoerant is nie die instrument van ’n kampus se bemarking- en-skakelafdeling nie. ? NWU-Pukke netbal- span oorwin NMMU Arcade Empire sluit vir eers weer sy deure SIMON SONNEKUS Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het Dinsdag in die vroeë oggendure lasbriewe uitgevoer op individue in drie manskoshuise op die kampus as deel van hulle breër veldtog teen dwelmmisbruik in die stad. Die drie koshuise waarop die SAPD toegeslaan het, was Hombré, Laureus en Veritas. Eric Plaatjie (21), ’n inwoner en oud HK-lid van Laureus-manskoshuis het op Facebook sy ontevreden- heid oor die veldtog uitgespreek. Plaatjie se Facebook-inskrywing lui : “Jho speculations are deep !!! they scar and taint peoples names!” (Sic) Volgens Plaatjie het die SAPD beweer dat hy dwelms verskaf aan die eerstejaarstudente van sy gang. Plaatjie het vertel dat daar ’n polisiehond gebruik is om vir dwelms in sy kamer te soek, maar daar is glo op geen dwelms beslag gelê nie. Kiewiet Scheppel, media- woordvoerder van die NWU-Puk, het gesê dat die universiteit kort vooraf van die SAPD se aktiwi- teite ingelig is. Prof. Rikus Fick, studente- dekaan, en Janco Jordaan, SR- voorsitter, was by die koshuise om bystand aan die individue te bied. “Ek en prof. Fick was daar om- dat ons juis die studente verteen- woordig. Ons is vir ’n pro-veilige omgewing vir ons studente, ” het Jordaan gesê Wapad het betroubaar verneem dat daar wel glo beslag gelê is op onwettige middels by twee van die Laureus-koshuisinwoners tydens Polisie slaan toe op drie manskoshuise vir dwelms die klopjag. Dit is op die stadium onbekend hoeveel inwoners van Hombré en Veritas met dwelmmiddels betrap is. Volgens Scheppel sal die inligting van die SAPD bepaal of verdere in- terne dissiplinêre stappe geneem gaan word teen die oortreders. Prof. Herman van Schalkwyk, rektor van die NWU-Puk, het met betrekking tot die "Ons Gee Om"- veldtog gesê dat die universiteit teen sterkste gekant is teen drank- en dwelmmisbruik. "Ons glo daarin om 'n veilige omgewing vir studente te skep waarin die waardes van die univer- siteit en 'n gesonde studentelewe kan floreer." Die SAPD het teen druktyd nog geen kommentaar gelewer nie. Laureus Manskoshuis Veritas Manskoshuis Ons glo daarin om 'n veilige omgewing vir studente te skep. Hombré Mankoshuis 6-8 Wapad- debakel oorsig

description

Wapad-debakel oorsig, Arcade Empire sluit vir eers sy deure, NWU-Pukke netbalspan oorwin NMMU, GoodLuck by Bourbons te sien, 10 Dinge oor Bingle.

Transcript of Wapad - 10 Oktober 2013

Page 1: Wapad - 10 Oktober 2013

3

16

STUDENTEKOERANT VAN DIE NOORDWES-UNIVERSITEIT SE POTCHEFSTROOMKAMPUS JAARGANG 67 SMS-LYN 31750 MET WOORD ‘WAPAD’ VOOR [email protected]

10 OKTOBER 2013 / VOL 15

LEES JOU KAMPUS

E

FRANCOIS LION-CACHET

Stappe word geneem om te verseker dat Wapad in die toekoms nog beter sy werk

sal kan doen as ’n onafhanklike studentekoerant.

Dit volg na die tydelike sluiting van Wapad weens skuld van R79 000.

Die skielike sluiting van Wa-pad verlede maand het vrese laat ontstaan dat mediavryheid op die kampus in gedrang is. Daar is na-sionaal berig gedoen oor dié saak.

Dié kwessie is ná vergaderings tussen verskeie belangegroepe, ingesluit die kampusrektor, Prof. Herman van Schalkwyk, SR-lede, die NWU-Puk se bemarking en kommunikasie departement (BEK) en joernalistiekdosente geskik.

Daar is ’n komitee saamge- stel om Wapad se reglement te hersien. Dit bestaan uit prof. At-tie Gerber, Karen Engelbrecht en Jimmy Pressly.

Volgens Pressly, sameroeper van dié komitee, gaan hulle poog om die reglement van Wapad so te herskryf dat die koerant ten volle aan die Suid-Afrikaanse Perskode voldoen.

“Daar is reeds ’n goeie basis [die huidige reglement] waarop

ons net gaan uitbrei,” het Pressly gesê.

Pressly het verder gesê dat hulle onder meer na ander stu-dentekoerante van ander univer-siteite se reglemente gaan kyk om sodoende te sorg dat Wapad so onafhanklik as moontlik funk-sioneer en dat die fundamentele beginsels van mediavryheid op kampus uitgeleef kan word.

Op die oomblik bepaal Wa-pad se reglement dat die koe- rant deel is van die SR, maar die samestelling van die beheerraad, die struktuur wat toesig hou oor die koerant, gee aan BEK ook ’n groot rol in dié publikasie.

BEK het aan die rektor te ken-ne gegee dat hulle nie meer by Wapad betrokke wil wees nie.

Johannes Froneman, media-etiek kenner en kommunikasie dosent aan die NWU-Puk, het vroeër gesê dat ’n studente- koerant nie die instrument van ’n kampus se bemarking-en-ska-kelafdeling hoort te wees nie.

‘n Verteenwoordiger van die rektor, Winton Windell, Frone-man en ‘n kollega, Cornia Preto-rius, het in 2011 verandering aan die reglement aangebring.

Volgens Froneman is die vorige magsposisie van BEK in-gekort.

"Beheer en toesig van die blad is gevolglik primêr in die hande van die studente geplaas, met dosente en personeel van BEK meer in ’n raadgewende rol. Dit was altans die gedagte,” het Frone-man gesê.

Die hersieningsproses wat nou aan die gang is, is ’n verdere ver-fyning van die werk wat in 2011 gedoen is en waarby BEK ook be-trokke was.

“Kom dit by ’n saak soos ’n stu-dentekoerant glo ek studente moet die maksimum geleentheid kry om dit te beheer, te bestuur en te publiseer,” het Froneman vroeër in ’n rubriek in die Beeld-bylaag By gesê.

Daar sal ook uitsluitsel gegee word in die hersiende reglement oor hoe en deur wie Wapad se finansies bestuur sal word.

’n Voorlopige reglement moet teen einde Oktober aan Wapad beheer-raad voorgelê word en teen einde Februarie in werking gestel word.

Hoe lyk Wapad se pad vorentoe?'n Komitee is aangewys om Wapad se reglement te hersien

’n Studentekoerant is nie die instrument van ’n kampus se bemarking-en-skakelafdeling nie.

?

NWU-Pukke netbal-span oorwin NMMU

Arcade Empire sluit vir eers weer sy deure

SIMON SONNEKUS

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het Dinsdag in die vroeë oggendure lasbriewe uitgevoer op individue in drie manskoshuise op die kampus as deel van hulle breër veldtog teen dwelmmisbruik in die stad.

Die drie koshuise waarop die SAPD toegeslaan het, was Hombré, Laureus en Veritas.

Eric Plaatjie (21), ’n inwoner en oud HK-lid van Laureus-manskoshuis het op Facebook sy ontevreden-heid oor die veldtog uitgespreek. Plaatjie se Facebook-inskrywing lui : “Jho speculations are deep !!! they scar and taint peoples names!” (Sic)

Volgens Plaatjie het die SAPD beweer dat hy dwelms verskaf aan die eerstejaarstudente van sy gang. Plaatjie het vertel dat daar

’n polisiehond gebruik is om vir dwelms in sy kamer te soek, maar daar is glo op geen dwelms beslag gelê nie.

Kiewiet Scheppel, media-woordvoerder van die NWU-Puk, het gesê dat die universiteit kort vooraf van die SAPD se aktiwi-teite ingelig is.

Prof. Rikus Fick, studente-dekaan, en Janco Jordaan, SR-

voorsitter, was by die koshuise om bystand aan die individue te bied.

“Ek en prof. Fick was daar om-dat ons juis die studente verteen-woordig. Ons is vir ’n pro-veilige omgewing vir ons studente, ” het Jordaan gesê

Wapad het betroubaar verneem dat daar wel glo beslag gelê is op onwettige middels by twee van die Laureus-koshuisinwoners tydens

Polisie slaan toe op drie manskoshuise vir dwelms

die klopjag.Dit is op die stadium onbekend

hoeveel inwoners van Hombré en Veritas met dwelmmiddels betrap is.

Volgens Scheppel sal die inligting van die SAPD bepaal of verdere in-terne dissiplinêre stappe geneem gaan word teen die oortreders.

Prof. Herman van Schalkwyk, rektor van die NWU-Puk, het met

betrekking tot die "Ons Gee Om"-veldtog gesê dat die universiteit teen sterkste gekant is teen drank-en dwelmmisbruik.

"Ons glo daarin om 'n veilige omgewing vir studente te skep waarin die waardes van die univer-siteit en 'n gesonde studentelewe kan floreer."

Die SAPD het teen druktyd nog geen kommentaar gelewer nie.

Laureus Manskoshuis Veritas Manskoshuis

Ons glo daarin om 'n veilige omgewing vir studente te skep.

Hombré Mankoshuis

6-8Wapad-debakel oorsig

Page 2: Wapad - 10 Oktober 2013

Nuus 2 | 10 OKTOBER 2013

Fisika-lektor voorsitter van nasionale astro-komitee’n Lektor in fisika aan die NWU-Potchefstroomkampus is pas aangestel as die voorsitter van die nasionale komitee vir die Internasionale Astrono-miese Unie (IAU).

Dr. Ilani Loubser sal as voor-sitter die IAU-aktiwiteite in Suid-Afrika koördineer en die Suid-Afrikaanse sterrekundi-ges ingelig hou oor belangrike besluite wat die unie neem. Die werk van die IAU is veral belangrik vir Suid-Afrika om-

dat dit wetenskapopvoeding en ontwikkeling befonds en aanmoedig.

Loubser sê hierdie komi-tee sal veral aandag gee om samewerking tussen Suid-Afrikaanse sterrekundiges en internasionale medewerkers aan te moedig en te fasiliteer. “Die komitee sal ook aktiwi-teite ondersteun wat astrono-mie gebruik om die nuuskie-righeid oor wetenskap onder veral skoliere aan te moedig.”

PUKNEWS.NWU.AC.ZA:

NWU�itseNWU�itse

NWU-Puk spaar R1.37 miljoen in elektrisiteit Die koshuisinwoners van die NWU-Potchefstroomkampus het vanjaar vanaf Mei tot Oktober ’n ongelooflike R 1.37 miljoen in die kampus se elektrisiteitbesparingkom-petisie gespaar.

Dié bedrag is amper R 400 000 meer as wat die kampus se onderskeie ko-shuise verlede jaar kon ver-mag in vergelyking met 2011 se kostesyfers.

Die elektrisiteitbesparing-kompetisie is ’n uitdaging tussen al die kampuskoshuise om hul kragverbruik so laag as moontlik te hou.

Koshuise se elektrisi-teitsverbruik word streng gemonitor en elke koshuis se verbruik word dan per ka-pita uitgewerk. Die koshuis wat die meeste elektrisiteit bespaar het, het maandeliks pryse ontvang.

Omdat elektrisiteit duur-der in die winter as in die somer is weens die groter aanvraag daarna, word 70% van die wenkoshuis se resul-taat bepaal deur die hoeveel-heid krag wat bespaar word en die ander 30% fokus op die tyd van gebruik. VMN het vanjaar gewen.

Zeu(ss)realisme neem JOOL na nuwe dimensie

Vertaalprogram bevorder terminologielyste vir verskeie tale

Verminder só die risiko vir rampeKlimaatverandering en rampe is kwessies wat toenemend ’n invloed het op die lewens-wyse van mense, beplanning, ontwikkeling en selfs die wis-selwerking wat tussen mense plaasvind.

Navorsing het bewys dat die aarde se ontwikkelings-kurwe grootliks afhanklik is van die aanpasbaarheid van die mens. Dit is dus belangrik om vaardighede vir die hante-ring van klimaatverandering en voorkoming van rampe te ontwikkel.

Die Afrika Sentrum vir Rampstudies (ACDS) aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus bied van volgende jaar af ’n nagraadse diploma aan wat juis op bogenoemde sal

fokus. Volgens prof. Dewald van Niekerk, direkteur van die Sentrum, sal die kwalifi-kasiestudente met gespesiali-seerde kennis en vaardighede in ramprisikovermindering toerus en hul sodoende be-magtig om in hul onmiddel-like omgewing ’n verskil te kan maak.

’n Ramp ontstaan gewoon-lik wanneer ’n betrokke ris-kante gebeurtenis buite die beheer van die verantwoorde-like rolspelers raak. Sodra die kundigheid intree, om die betrokke menslike komponent te bestuur, word die situasie minder kwesbaar. Die trans-dissiplinêre diploma is deur die ACDS ontwikkel na meer as ’n dekade se navorsing en betrokkenheid in dié veld.

Wyngilde onbekend aan studente

MIZAN VAN DER MERWE

Met ’n JOOL-tema soos Zeu(ss)realisme, kan heel-wat vreemde en buitenge-

wone vlotte tydens volgende jaar se JOOL-vlotoptog verwag word.

Die tema bestaan volgens Corné Zandberg, SR:JOOL-Voorsitter, uit vier gedagtes en kan verskillend geïnterpreteer word.

Die tema is ’n kombinasie tus-sen Zeuss en die Griekse mitolo-gie, Dr. Seuss en die verhale in die bekende kinderboekreeks, reali-teit en surrealisme (die kontras tussen droom en realiteit).

Ruan van der Lith, SR: JOOL UK-lid Bemarking, het met die idee vorendag gekom.

“Die idee van die tema het ontstaan uit die konflik van sur-realisme, tussen wat in die werk-likheid gesien word en hoe ons brein en ons drome realiteit er-vaar,” het Zandberg gesê.

Hulle het Dr. Suess in die idee

inkorporeer aangesien sy karak-ters en sy stories naby maar tog ook ver van realiteit af is. Die idee om Griekse mitologie ook in te sluit het dit ook volgens Zand-berg daardie ekstra stap gegee om die kontras tussen realisme en surrealisme te wys.

“Ons het dit goed gedink om dit

ook in te sluit omdat dit ’n gro-ter verskeidenheid vir vlotidees bied,” het hy bygevoeg.

Volgens Tarika Brand, JOOL HK-Lid van Vergeet-My-Nie vrouekoshuis, was die nuwe tema eers ’n bietjie van ’n skok op haar gestel.

“Ek wonder altyd waar kom die mense aan hierdie unieke temas, ’n mens kan soveel hiermee doen en ’n mens het baie idees, maar om dit op ’n vlot te sit verg baie beplanning en jy moet vir seker kreatief wees,” het sy gesê.

Die enigste verandering wat vol-gens Zandberg aangebring is by JOOL 2014 is die finansiële JOOL- kompetisie waaraan die HK-lede gaan deelneem. Hy sê daar is meer opsionele projekte wat die HK-lede kan help om geld in te samel.

Die logo is deur Mieke van der Merwe, SR: JOOL UK-lid publika-sies en uitleg en Peter Venter, SR: JOOL UK-lid tegnies ontwerp.

FRANCOIS LION-CACHET

Die NWU-Puk Wyngilde se aantal lede het vanaf verlede jaar se 90 na 59 toe verminder vanjaar.

In teenstelling hiermee is daar sowat 500 lede betrokke by die Universiteit van Stellenbosch se Wyngilde.

Volgens Monique Myburgh, voorsitter van die Wyngilde, is die afname in lede veroorsaak deur verskeie redes.

In 2012 was daar as ’n bonus tot aansluiting van dié vereniging ’n botteltjie wyn gegee aan lede wat hul lidmaatskapfooi betaal het. Vanjaar is daar net ’n wynglas aan nuwe lede gegee.

Myburgh noem ook dat oud-lede skepties was om weer aan te sluit omdat daar net twee aksies verlede jaar plaasgevind het.

Dié vereniging se aksies het wel in 2013 toegeneem van twee na sewe.

Ané Swanepoel, ondervoor-sitter van die Wyngilde, sê dat verlede jaar se bestuur baie foute gemaak het met die reël van ak- sies, die bestuur van hul finan-sies en die werwing van nuwe lede.

Volgens Swanepoel was van-jaar se aksies almal ’n sukses en dit is goed ontvang deur dié wat dit bygewoon het.

Die Wyngilde behels die wer-wing van verteenwoordigers en wynmakers van wynplase wat wynproesessies aanbied. Ver-skillende wyne word tydens die aksies geproe waarna elkeen se kwaliteite en eienskappe uitgelig word.

Myburgh het gesê dit is haar

betrokkenheid by die HK- en SR-swete wat haar laat besef het hoe min studente bewus is van die Wyngilde en dat hulle die Wyn-gilde soveel as wat hulle kan ad-verteer en bemark.

“Ons maak gebruik van die swartborde op kampus, ons sit plakkate op, adverteer op ons Face-book-groep en ons e-pos koshuise om te vra of hul dit in hul verga-derings sal afkondig,” het sy gesê.

Kaartjieverkope is volgens My-burgh stadiger vanjaar weens die NWU-Puk kalender wat baie vol is. Kaartjies word verkoop teen R85 vir lede en R100 vir nie-lede.

Swanepoel sê dat studente nie bereid is om soveel te betaal vir ’n aksie nie.

“Studente ag nie wyn as so be-

langrik nie, hulle is heel geluk-kig met Tassenberg,” het sy gesê.

Sy het verder gesê daar is ’n wanpersepsie dat ’n aand op die Bult jou goedkoper gaan uit-werk.

Die Wyngilde het vroeër van-jaar die moontlikheid van ’n wyntoer ondersoek, maar daar was te min belangstelling.

“Dit maak nie sin om ’n toer te wil reël as daar gesukkel word om net kaartjies van ’n proe-aksie te verkoop nie. Dit sou egter ’n wonderlike ervaring gewees het,” het Myburgh gesê.

Swanepoel sê ook dat die meeste mense wat die aksies by-woon nie eers lede is nie.

“Hulle hoor daarvan by hul vriende of sien die advertensies."

Die naam kom van Autshumato die Strandloper

RUAN FOURIE

Die NWU-Puk se Sentrum vir Tekstegnologie (CText) het in 2009 ’n projek begin wat vertaling van bronne aansienlik vergemaklik.

Die projek is geïnisieer deur die Suid-Afrikaanse Departement van Kuns en Kultuur en CText behartig dit in samewerking met die Universiteit van Pretoria. Dié program, bekend as Autshumato, vertaal Engels na Afrikaans, isi-Zulu en Sesotho sa Leboa.

Die doel van dié projek is om

gratis vertalingstoepassings en -hulpbronne beskikbaar te stel in Suid-Afrikaanse tale.

Die program is ’n gratis toepass-ing en alle ander toepassings wat uit hierdie projek ontstaan, is vrylik beskikbaar vir die publiek. Suid-Afrika as Inligtingsgemeen-skap is nog in die ontwikkelings-proses; hierdie projek bevorder die kultuur van veeltaligheid in Suid-Afrika.

Die naam kom van Autshu-mato die Strandloper, wat as ’n tolk gewerk het vir die Europese

setlaars, insluitend Jan van Riebeeck.

Die program bevat ook verta-lingsgeheue. Dit stoor vertalings en maak dit vinniger toeganklik vir die gebruiker. Dit sluit ook ’n woordelys in wat die vertaal-

proses vir mense kan fasiliteer. Die tale waarin Autshumato werk het nog nie eintlik gevestigde ter-minologie nie, maar dit bevorder die ontwikkeling van terminolo-gielyste vir verskillende tale en dít verhoog ’n taal se status.

Hoewel Autshumato gemik is op Suid-Afrika se elf amptelike landstale, is die program eintlik taalonafhanklik en kan aangepas word om vertalings tussen enige taalpare te doen.

“Aangesien dit ’n nuwe program is, het ek nog nie baie met hom te

doen gehad nie, maar ek hoop dit is meer akkuraat as Google Trans-late met moeiliker terme,” het Cindi Pienaar, ’n eerstejaarstu-dent in kommunikasie, gesê.

Die program volg ’n ander prosedure om die teks wat vertaal moet word, in te voer. Die ver-taalde teks word dan in ’n nuwe dokument gestoor. Die vertaling self is ook meer omslagtig wat ak-kuraatheid verhoog.

Besoek autshumato.source-forge.net vir meer inligting of volg die skakels om dit af te laai.

Tangled Tree - 'n reeks wyn van Van Loveren FOTO: Gert Coetzer

15% AFSLAG

OP ALLE PLACECOL BEHANDELINGS

Terme en Voorwaardes geldig:

Hierdie bewys is slegs geldig by

Placecol Skin Care Clinic Potchefstroom .

Skakel gerus 018 297 6990 vir meer inligting

TOON SLEGS STUDENTE KAART OF PERSONEEL KAART OM TE KWALIFISEER

15% AFSLAG

OP ALLE PLACECOL BEHANDELINGS

Terme en Voorwaardes geldig:

Hierdie bewys is slegs geldig by

Placecol Skin Care Clinic Potchefstroom .

Skakel gerus 018 297 6990 vir meer inligting

TOON SLEGS STUDENTE KAART OF PERSONEEL KAART OM TE KWALIFISEER

Page 3: Wapad - 10 Oktober 2013

3 Nuus10 OKTOBER 2013

HILETTE WENTZEL

“How are you?” was Roxanne Goodchild se eerste woorde ná sy vir 65 dae, meer as twee maande, uit ’n koma wakker geword het.

Goodchild het op Saterdag 21 September die eerste woorde met haar mond begin vorm en op die 23ste het sy haar eerste woorde in 65 dae gesê.

Sy is op 20 Julie in ’n kritieke toestand in die Milpark Hospitaal in Johannesburg opgeneem ná ’n motorongeluk.

Goodchild het weens beserings in ’n vegetatiewe staat verval en dokters was skepties oor enige kanse vir herstel.

Samantha McCauley, ’n oud NWU-Puk en die bestuurder van die motor, het ver-ongeluk. Drie ander insittendes, waar-onder Goodchild, is ook in die ongeluk ernstig beseer.

Goodchild, ’n sielkundehonneursstu-dent aan die NWU-Potchefstroomkampus en inwoner van Wag-’n-Bietjie vrouekos-huis, was op die dag van die ongeluk op pad terug van Parys nadat sy en ’n paar vriende die dag daar deurgebring het.

Volgens haar ma, Trudie Goodchild, is hulle “nog steeds nie heeltemal seker oor hoe die motors mekaar getref het nie”.

Na bewering het ’n ander motor ’n u-draai op die R53 gemaak en McCauley se Opel Corsa in ’n kop-aan-kopbotsing ge-tref.

Vier van McCauley se vriende het ag-ter hul aangery en op die ongelukstoneel afgekom.

Goodchild wat in die passasierssitplek gesit het, het twee ribbes, haar neus en ’n rugwerwel gekraak. Sy het ’n skeur in

Die geld vir die Cycle Challenge word van-jaar aan die Stop Rhino Poaching geskenk.

Studente neem deel aan die Cycle Challenge van 30 uur lank. Die geld word aan Stop Rhino Poaching geskenk. FOTO: Eugene Le Roux

Eerste woorde in 65 dae in koma ná tragiese ongeluk

haar kolon opgedoen, asook bloeding op die brein.

Die ander twee insittendes was Rox-anne se broer, Richard, en David van der Spuy, ’n ingenieurswesestudent aan die NWU-Puk. Van der Spuy het sy femur en ’n rugwerwel gebreek.

Volgens haar ma het dié gesin deur ’n baie traumatiese tyd gegaan.

“Ons het ’n wonderwerk van God beleef en is so dankbaar dat die Here ons as ge-sin gekies het om hierdie ongelooflike storie aan die wêreld te kan verkondig,” het sy gesê.

Goodchild het ’n week voor die ongeluk vir haar goeie vriendin Woudri Oosthui-zen gesê dat sy vreeslik graag sending-werk wil doen, maar dat sy nie ’n storie het om vir die wêreld te vertel nie.

Met Oosthuizen se laaste besoek het Goodchild sprankelend gesê: “Woudri, ek het my storie! Ek is so opgewonde oor hoeveel mense ek na die Here toe gaan lei met my storie!”

Goodchild het op Saterdag 21 September die eerste woorde met haar mond begin vorm en op die 23ste het sy haar eerste woorde in 65 dae gesê.

Sukkel om dranklisensie te kry

Arcade Empire se deure vir eers gesluit

Roxanne Goodchild voor die ongeluk.

Joolympics-veranderinge lei tot naweek met skop en dop

FRANCOIS LION-CACHET

Arcade Empire se deure is vir eers gesluit omdat dié kuierplek nog nie oor ’n permanente dranklisen-

sie beskik nie.Volgens Chris Rautenbach is hulle nog

in die wagproses vir ’n dranklisensie. Rautenbach is een van die vennote van die uitbreiding van die oorspronklike Ar-cade Empire in Pretoria.

Dié musiek- en sport kuierplek was wel tydens die Clover Aardklop Nasio-nale Kunstefees vir vier dae oop om die publiek en feesgangers ’n voorsmakie te gee van wat nog gaan kom.

“Daar is ’n tydelike dranklisensie vir dié tydperk bekom,” het Rautenbach gesê.

Arcade Empire is in die plek van waar die vorige kuierplek Yoof was. Dié gebou het leeggestaan vir ongeveer ’n jaar.

Die binnekant is oorgedoen en die ver-skeie kuierareas wat verskillende funk- sies vervul, is elk volgens ’n tema versier.Een van hierdie temas is Space Invaders.

Volgens Rautenbach was daar sekere struikelblokke wat in die pad gestaan het om ’n dranklisensie te kry, maar dit is vol-gens hom uit die weg geruim.

Een van dié struikelblokke was onder meer dat Yoof die tyd wat hulle mag mu- siek speel, oorskry het.

Rautenbach voeg by dat hulle ook nie klankdig was nie.

Dit is nie seker wanneer dié kuierplek hulle dranklisensie sal ontvang nie.

“Ek sal sê dat dit heel waarskynlik eers volgende jaar sal deurkom,” het Rauten-bach gesê oor sy vermoede van wanneer die goedkeuring sal plaasvind.

Rautenbach het verder gesê dat “al ont-vang ons dit in Desember sal ons eers vol-gende jaar oopmaak. ’n Groot deel van ons mark is die studente”.

Arcade Empire het ’n groot live area wat spog met ’n groot verhoog en inge-boude DJ-boks. Dié beteken dat Potchef-stroom weer meer bands sal trek ná die sluiting van Memphis Rock.

Rautenbach is een van die organi-seerders van Park Acoustics en Hotbox Studios. Hy het dus baie ervaring in die werwing van musiekgroepe.

“Ons gaan cater vir almal as dit kom by musieksmaak en genre. Ons fokus wel meer op die alternative scene,” het Rauten-bach gesê.

Dié bands wat tydens Aardklop gespeel het sluit onder andere Straatligkinders, Alleen na Desember, Monark, Ryno Vel-

vet, Man as Machine, Desmond and the Tu-tus, Piet Botha, Naasveld, Ateljee, Holiday Murray, The Plastics en KidofDoom in.

Arcade Empire sal eers vol-gende jaar oopmaak

LIZANNE LOOTS

Verlede naweek is die jaarlikse Joolympics met ’n skop op die Joolplaas gehou.

Dit het die Vrydagmiddag afge- skop en geduur tot Saterdagaand.

Daar is vanjaar ’n paar veran- deringe en nuwe inisiatief met joolympics geneem.

Corné Zandberg, SR-Jool voor-sitter, sê: “Joolympics is belang- rik, want dit is die eerste keer wat die koshuise se nuwe sleep saam kan werk en mekaar leer ken onder minder druk as jool.”

Vanjaar was die beoordeling van die stalletjies op die Vry-dagaand en nie soos vorige jare op die Saterdag nie.

“Ons wou die colourfest apart van die beoordeling hou,” het

Daniela Bramwell, skakeling UK-lid, gesê.

“As dit op die Vrydagaand is, gee dit minder tyd vir die koshuise om hulle stalletjies reg te maak.”

Volgens Bramwell beperk dit ook die slepe met wat hulle span-deer.

Jané Venter, Jool HK-lid van Karlien-vrouekoshuis meen dit is baie beter dat die stalletjie se beoordeling op die Vrydagaand

is, want dan kan daar Saterdag net op die sport gefokus word.

Die geld vir die Cycle Challenge van 30 ure word vanjaar aan die Stop Rhino Poaching geskenk.

“Ons het dit goed gedink om die geld aan hierdie organisasie te skenk, omdat dit so groot krisis geword het,” het Bramwell gesê.

Op Saterdagaand is Veritas- manskoshuis en Vergeet-My-Nie vrouekoshuis as die wenners van Pot en Pons aangekondig.

Die Joolympics het op ’n hoë noot afgesluit met colourfest. Die colourfest was van 19:00 tot mid-dernag en elke persoon het twee sakkies verf gekry wat ingesluit was by die toegangsgelde.

Bramwell het verder gesê: “Die colourfest is ’n bietjie iets anders en dit betrek ook die mense wat nie van koshuise deel is nie.”

FOTO’S: MARIUS BESTER

Page 4: Wapad - 10 Oktober 2013

4 Advertensie 10 OKTOBER 2013

Page 5: Wapad - 10 Oktober 2013

Nuus 510 OKTOBER 2013

Wat dink jy van mense wat kaalvoet op kampus loop?

Nyika BuysEerstejaarBA Kommuni-kasieVergeet-My-Nie

"Ek hou daarvan! Ek is soms een van hulle."

Yolanda SchutteEerstejaarBSc Geologie en Geogra�eOosterhof

"Dié wat dit doen is heel ge-maklik en min gepla, maar ek sal dit nie self doen nie."

Melissa AsanteDerdejaarBSc Mikro-biologie en �siologiePrivaat

"I think it’s really unhygienic."

Pearl HlabanganDerdejaarBiochemie en �siologiePrivaat

"If it’s for raising awareness I’m all for it. Maybe even if it’s really hot."

Brand SchoemanVyfdejaarTeologiePrivaat

"Ons is in ’n generasie wat jou minder judge oor jou uiterlike."

Rynhard HerbstEerstejaarBCom Reke-ningkundePrivaat

"Asseblief trek skoene aan, julle lyk arm."

NADIA SWANEPOEL

Daar is geen drastiese toename in parkeerboetes op die NWU-Puk ná die bouwerk op kam-pus begin is nie. Dié bouwerk het tot gevolg gehad dat daar 120 minder parkeerplekke op kampus is.

Só het Dolf Engels, direk-teur van Beskermingsdienste op die NWU-Puk, gesê.

Die hoeveelheid boetes wat deur Beskermingsdienste uit-gereik word wissel op ’n daag-likse basis.

Volgens Engels word daar op sommige dae selfs tot 100 boetes uitgeskryf vir ’n verskeiden-heid van oortredings. Dié oortredings sluit onder meer in parkering op geelstrepe en parkering op gereserveerde parkerings vir gestremdes.

“Geelstrepe is daar vir ’n doel. Indien iemand daarop parkeer, verhinder hulle nooddienste of die polisie om tot die toneel of noodsituasie toegang te verkry,” het Engels gesê.

Sodra daar ’n kennisgewing van die verkeersoortreding ontvang is, het die persoon 72 uur geleentheid om ’n vertoë te rig.

Boetes word slegs verminder of gekanselleer indien daar meriete in die vertoë is.

Indien die vertoë ongeslaagd is, kan Beskermingsdienste volstaan met die boete wat uit-gereik is en die volle bedrag

Meer boetes weens bouery op kampus?

van die betrokkene eis.Daar is tans ongeveer 600 boetes

uitstaande van studente en 400 van NWU-Puk-personeel.

Volgens Engels is daar wel genoeg parkeerplek op kampus.

“Selfs gedurende die besigste tye op kampus is daar tussen 300 en 500 parkeerplekke binne loop-afstand van klaslokale wat leeg-

staan,” het hy gesê. Engels het verder gesê dat stu-

dente wel moet verstaan dat daar nie altyd parkeerplek naby aan hul klasse gaan wees nie.

“Die werklikheid is dat, tensy geboue verskuif kon word, ’n par-keerplek naby aan jou werkplek of klas nie altyd ’n realistiese op-sie is nie,” het hy gesê.

Dit was taai. Ek praat van my besluit om vir een dag kaalvoet te loop. Om my

koshuiskamer agter te laat met my sowat tien pare skoene steeds in my beknopte kas was moeilik.

Onder my bleek voetsole was die growwe teëlvloer koud en vuilerig. Ek het gevoel of ek kaal is. Ontbloot. Onvolledig.

Ek was een van daardie kinders wat nie toegelaat is om kaalvoet te loop nie. My ma het altyd vir my skoene aangetrek.

Skaars is ek gang-af of ek hoor: “Liesl? En nou?” ’n Gangmaat was verbaas om my skoenloos op pad uit te sien.

Ek het verduidelik dat ek maar net doen wat ’n groot klomp stu-dente by die NWU-Pukke blyk-baar doen – dié dat ek ’n artikel daaroor wil skryf.

Teen die tyd wat ek my kaal-voet-tog aanpak het ek al ’n paar weke se observasie agter die rug. Ek was redelik seker die geslag kaalvoetlopers sal nie probeer om ander te beïndruk met Manola Blahnik-spykerhakke, Converse All Stars-tekkies of blink en bont dansskoene nie.

Hulle dink ook nie dis kommin om kaalvoet rond te loop nie. Ont-hou, nie te lank gelede nie was dit nog ’n taboe en is dit vereenselwig met diegene sonder sofistikasie.

In Romeinse tye was dit net slawe en die arm burgers wat nie skoene kon bekostig nie wat kaalvoet gebly het. Dieselfde het gegeld in die Middeleeue. Slegs die wat die luuksheid van skoene kon bekostig het daarvan gehad.

Terselfdertyd is die uittrek van

skoene dikwels ’n teken van res-pek. Dit geld in verskillende kul-turele en religieuse kontekste.

In die boek van Eksodus in Die Bybel moes Moses sy sandale uit-trek voordat hy nader aan die brandende bos kon kom. Hindoe-gelowiges moet hulle skoene uit-trek voordat hulle ’n tempel bin-negaan. Dit geld ook in sekere omstandighede vir Boeddhiste en Islamiete.

Vandag is die breër samelewing nie altyd meer so seker hoe om die

kaal voete te bejeën nie. Ek kom so agter want teen die

tyd wat ek halfpad oor die kampus gestap het, het ek al ’n paar kyke gekry en my voetsole was in skok.

Daar was ’n mate van senso-riese oorlading. Ek voel sement, gruis, piepklein prikkelrige klip-pies. As mense kyk is dit nie die soort uit-die-hoogte kyk wat sê “jy is kommin” nie. Eerder ’n ter-loopse, sydelingse kyk van “O, nog een”.

Was dit nou die 1960’s sou

Op 3 Oktober het Pukke weer kaalvoet geloop. Dis nie ewe maklik vir almal om die wêreld sonder skoene aan te durf nie. Liesl du Toit het haar ervaring só beskryf.

Selfs gedurende die besigste tye op kampus is daar tussen 300 en 500 parkeerplekke binne loopafstand van klaslokale

’n Boete in ’n motorruit op kampus. FOTO: Marizka Esterhuizen-Rudolph

Skoenloos op pad uit na ’n kaalvoet-togmense dink ek is deel van ’n hele beweging wat tot stand gekom het in reaksie teen wat in daardie sta-dium algemeen aanvaarbaar was. Hippies.

Hulle het betoog teen oorloë. Hulle het eksperimenteer met dwelms, seks en psychedelic rock. Lang hare. Braloos. Kaalvoet. Volgens hulle was skoene vir die konserwatiewes. Vir hulle was dit ’n belemmering, ’n beperking, ’n menslike uitvindsel wat jou band met die natuur laat verbrokkel.

Sommige van die huidige geslag kaalvoetlopers het iets van die destydse hippies se mentaliteit. Hulle is sogenaamde earth chil-dren. Vir hulle is kaalvoet loop ’n uitdrukking van wie hulle is en hoe hulle die wêreld sien. Met bandjies om die kop en enkels is hulle koel sonder om té konven-sioneel te wees. Kaalvoet loop is ’n verlenging van dié identiteit.

Nog ’n kategorie kaalvoetlopers is die Gemaklike Gawies. Hulle is oorwegend boerseuns. Vir hulle is kaalvoet loop ’n gewoonte van kindsbeen af. Met hulle kakie kortbroeke en gemaklike hemde is hulle sonder fieterjasies. Dié dat skoene ’n oorbodigheid is.

Intussen het ek die kampus deurkruis met my kaal voete. Van my klas aan die verste westekant van die kampus, na die kafete-ria en terug koshuis toe aan die oostekant. Ek het selfs ’n draai ge-maak op die groen gras voor die biblioteek.

Tydens my kaalvoetomswer-winge moes ek wonder of die voordele van kaalvoet loop nie die nadele oortref nie. Dink net aan

gruwels soos ingroeitoonnaels, stink voete, knoppe en blase. Sies. Al dié kan veroorsaak word deur die dra van skoene.

Daarteenoor is die nadele van kaalvoet loop minimaal. Een van die ergstes is gebarste hakskene. Dit word vererger as jy ’n kiem-fobie het en vanaand in die bad dik, swart aanpaksel in groefies en gleuwe met ’n naelborsel moet takel.

Daar is ook die grilfaktor as jy toevallig jou voet neersit op ’n bol grysgekoude nat kougom en die moontlikheid van beserings en infeksie as jy op gevaarlike goed trap.

Intussen het dit gereën. Nee, dit het gesous. Koue, woeste, heer-like reën. Met my kaal voete het ek deur en om koue poele getrip-pel op pad terug koshuis toe. Net soos die reën al die vuilheid van die aarde afgespoel het, so was my ontblote voete skielik skoner.

My eie dag van kaalvoet loop was ’n nuwe ervaring. Ek is nie spyt oor my waagmoed nie. Dit was nie so sleg soos ek gedink het nie. Ek haat dit as my voete vuil is, maar toe ek my koshuis-deur oopmaak was my voete nog heel; sonder skaafplekke, blase of einde-van-die-dag ongemak.

Ek is nie ’n earth child nie. Ek is ’n stadsmeisie en sal nie droom om kaalvoet mall toe te gaan nie. Ek dink tog ek het die eerste tree gegee om my voete te bevry.

* Liesl du Toit is ’n oud-stu-dent. Sy het dié artikel geskryf terwyl sy op die NWU-Puk was. Dit is aangepas vir publikasie.

FOTO: Maryke Laas FOTO: Gert Coetzer

Page 6: Wapad - 10 Oktober 2013

Op 68-jarige ouderdom kan ’n mens seker maar aan-vaar dat Wapad bietjie met

rumatiek, swak sig en doofheid sal sukkel. En as jy nog boonop elke jaar met ’n veel jonger vrou (lees redaksie/studente) trou, dan kan dinge begin lol...

Die verskyning van Wapad was tydelik uitgestel omdat daar ’n oorspandering van fi-nansies was en advertensie-ink-omste uitstaande was. Hierdie reëling was suiwer ’n finansiële bestuursbesluit en glad nie ’n manier om ons studente of ons studentekoerant te muilband, soos deur dosente en studente op sosiale media beweer is nie.

Intussen is ’n groot gedeelte van die advertensie-inkomste verhaal en sal die uitstaande skuld deur die Bestuurskomitee (BK) gedelg

word om te verseker dat die nuwe redaksie vir die volgende termyn nie met ’n agterstand begin nie.

Daar is ook met die redaksie ooreengekom dat verdere uit-gawes van die Wapad deur adver-tensie-inkomste volhoubaar moet wees.

Net soos die feit dat enige koerant wêreldwyd net kan verskyn met ’n volhoubare inkomste.

Die Noordwes-Universiteit onderskryf die Handves van Menseregte waarin persvryheid en vryheid van spraak gewaar-borg word (SA Grondwet, 1996). In dieselfde asem wil ek ook die volgende versugting uitspreek soos vervat in die Butler-verslag (1995:48): “Die reg op vryheid van die pers behoort regtens aan die eienaar van die betrokke pu-blikasie. Die uiteindelike verant-

woordelikheid vir oorskrydings van die perke op persvryheid en die reg in die algemeen berus egter by die universiteit en sy bestuur.” Die reg van ons studente koerant om sonder redak-sionele inmenging te verskyn, word deur die Bestuurskomitee ondersteun.

My visie vir hierdie kampus is om studente aan te moedig om dieper diskoers te voer. Dit onderskryf juis ons verbintenis tot media vryheid en vryheid van spraak op alle terreine. Sodat ons studente kan lewer met kri-tiese denke om later in hul lewe ’n bydrae op alle vlakke van die samelewing te lewer.

Wapad vergestalt ’n hoeksteen van die Potchefstroomkampus se strewe in die lewering van studen-te wat ons groeiende demokrasie

en die uitdagings van ons ekono-mie ten beste kan dien.

Mag die fakkel van vryheid en geregtigheid vir ewig voor in die Wapad brand.

NWU-Pukgroete

Prof. Hermanvan SchalkwykRektor: NWU-Potchefstroom-kampus

Wapad-debakel oorsig 6 | 10 OKTOBER 2013

Wapad-debakel: Wie sê wat?Rektor: Mediavryheid is ononderhandelbaar

7Max du Preez: Hoe raak Wapad jou?

8Hoe werk ander studentekoerante?

ELPHIA BAARD

’n Komitee is deur prof. Herman van Schalkwyk aangewys wat die Wapad reglement en hoe sy fi-nansies bestuur gaan word, gaan wysig.Daar was onduidelikheid oor wie Wapad se finansies en adverten-siegelde moes administreer. Die gevolg daarvan was dat ’n bedrag van R79 000 se uitstaande adver-tensiekostes opgehoop het.

Die redaksie moes wel verant-woording doen aan die NWU-Puk se bemarking en kommunikasie-departement (BEK) vir dié skuld.

Gevolglik is die koerant op 9 September tydelik gesluit. Intus-sen is ongeveer R40 000 se fak-ture herwin en die oorblywende bedrag van R39 000 is deur BEK gedelg.

Volgens Wapad se redaksie is hulle nie voorheen in kennis ge- stel van die groeiende skuld nie. Hulle is ook van mening dat hul- le nie verantwoordelik was vir die invordering daarvan nie.

Kevin du Plessis, voormalige redakteur van Wapad, is van mening dat die beheerraad, die kernredaksie en BEK die skuld gesamentlik deel.

Onduidelikheid oor Wapad-�nansies, wie is verantwoordelik?

“Alhoewel Albertina Ngobeni, voormalige redaksielid vir adver-tensies en finansies, gereeld gevra het of gelde ingevorder word, het ek self nie pertinent genoeg die finansiële state aangevra nie, so ook nie die beheerraad van Wapad nie. Daar is wel nie een keer deur die jaar aan ons gekommunikeer dat daar enige probleme is nie,” het hy gesê.

Volgens die Huishoudelike Reglement van Wapad is die be-heerraad verantwoordelik vir die finansies van die koerant.

“Wapad word uit die begro-ting van BEK bedryf en dus is die direkteur van die departement

die uiteindelike administrateur daarvan. Die direkteur is dus verantwoordelik vir die winste en/of verliese in sy begroting en moet hiervoor verantwoording doen aan die rektor,” het Janco Jordaan, SR-voorsitter, gesê.

Jordaan het die aand van Wa-pad se tydelike sluiting R80 000 vir Hannes Kruger, die nuwe tydelike redakteur van Wapad, aangebied om die skuld af te betaal.

“Die SR het nie hierdie bedrae tot sy beskikking om aan te bied nie,” het Jordaan by navraag gesê.

Hy het gesê die fondse sou deur borge ingewin word.

Kruger het die bedrag van die

hand gewys omdat die bestel ling by die drukkers reeds gekan-selleer was teen die tyd wat Jordaan die geld aangebied het. “Dit sou byna onmoontlik wees om in so ’n kort tyd ander druk-kers te nader,” het Kruger gesê.

Jordaan het gesê dit is vir hom belangrik om die kanaal van stu-dente vir studente in die sin van mediavryheid oop te hou.

Cornia Pretorius, ’n joerna-lisiekdosent en beheerraadslid van Wapad, het gesê sy voel mede-verantwoordelik vir die feit dat daar skynbaar probleme is met die finansies. “Maar daar is nooit in enige beheerraadvergadering

aan ons gerapporteer dat daar ’n probleem is nie. As beheerraad-slede is ons afhanklik van mense wat aan ons rapporteer”.

Volgens Theo Cloete, direkteur van departement BEK, stem dit wat die Huishoudelike Reglement oor finansies bepaal egter nie ooreen met die koerant se huis-reëls nie.

“Volgens die huisreëls is die re-dakteur verantwoordelik vir die koerant se finansies,” het hy gesê.

Die leemtes in Wapad se regle-ment gaan binnekort aangespreek word wanneer dit deur ’n verkose komitee hersien en verfyn gaan word om toekomstige probleme te voorkom.

“Die brug tussen die reglement en die huisreëls is nie gebou nie, maar geen redakteur kan net ’n koerant uitgee nie. Jy is gekop-pel aan finansies ook,” het Cloete gesê.

Cloete het verder gesê dat hy “dink die betrokke redaksielede het ’n plig gehad wat hulle nie nagekom het nie. Die beheerraad het ook misluk om hulle opdragte uit te voer. Wie die meeste skuldig is sal ek nie weet nie, maar almal het ’n aandeel”.

SR-voorsitter bied R 80 000 aan die nuwe redakteur

R79 000 uitstaande adverten-sieinkomste

R40 000 advertensie-inkomste word ingevorder

R39 000 word deur BEK gedelg

Page 7: Wapad - 10 Oktober 2013

7 10 OKTOBER 2013

MAX DU PREEZ

Die Noordwes-Universiteit is ’n gemeenskap; mense wat in dieselfde plek woon

en gemeenskaplike belange en belangstellings het. So ’n gemeen- skap het ’n behoefte om onderling te kommunikeer.

In vroeëre tye het hierdie kom-munikasie deur ’n gekuiery, ge-skinder en deur gesprekke tussen leiers en volgelinge plaasgevind. Die uitvinding van die rolpers was ’n groot sprong in die intel-lektuele lewe van die gemeenskap – nou kon almal baie meer effek-tief oor mekaar en oor sake van gemeenskaplike belang ingelig word.

Die koerant het die laaste eeu ’n uiters belangrike rol in die geestelike en verstandelike evolu-sie van die mens gespeel. Dit het gevorder van bloot ’n middel om kommunikasie tussen mense te vergemaklik tot ’n essensiële in-strument vir die demokrasie en ’n manier om die openbare mening behoorlik in te lig en te stimuleer sodat mense beter besluite kon neem oor hul eie en gemeenskap-

like sake. En daaruit het ’n nuwe rol ontwikkel: om namens die ge-meenskap diegene in posisies van mag verantwoordbaar te hou.

Ons kan nie almal oral wees en alles self ervaar en alle menings self inwin nie. Die verslaggewer is ons agent wat ons oë en ore ver-teenwoordig.

Maar die verslaggewer is net ’n individu uit ’n eiesoortige ag-tergrond en ervaringswêreld, nie die somtotaal van almal in die gemeenskap nie. Daarom moet hy/sy hom/haarself daarvan weerhou om een deel van die gemeenskap te bevoordeel of te verteenwoordig en sorg dat alle tersaaklike kwessies toegelig en gekontekstualiseer word. “Ob-jektiwiteit” en “neutraliteit” kan nie bestaan nie; die verslaggewer kan nie sy eie agtergrond, invloe-de, persoonlikheid en menings heeltemal onderdruk nie. Daarom het balans, regverdigheid, kor-rektheid en eerlikheid die toetse vir verslagdoening geword.

Verslaggewers het geleidelik in ’n belangriker rol as bloot weergewers van inligting ontwik-kel. Die gemeenskap het die be-

Wat behoort Wapad vir jou te beteken?

hoefte begin voel dat hy/sy ook moet help keer dat dit geïnsuleer word; dat ander stemme en me-nings as die van die dominante groep binne die gemeenskap ook gehoor moet word. Die gemeen-skap het nou van verslaggewers gevra om ook “agente van die bewussyn” te word; om te waak teen die monopolie van menings en inligting van diegene met mag en vermoëns; om nuwe denke en dieper nadenke te prikkel. Nog meer: om almal in die gemeen-skap teen ’n streng morele en

Daarom verwag ons van Wapad se redaksie om ekstra krities te wees; om meer waagmoedig, eksperimenterend en avontuurlik te wees – om ons partykeer selfs die herrie in te maak.

etiese kode te takseer.Dit is waar Wapad in die

prentjie kom. Die studente- en akademiese gemeenskap gaan oneindig armer wees sonder ’n koerant wat inlig, waak teen magsmisbruik en sorg dat alle menings, ook die van klein min-derhede, aan -studente, lektore en administrateurs oorgedra word. Dit beteken per definisie dat le-sers by tye kwaad gemaak word of geïrriteerd gaan voel.

Maar Wapad dien nie ’n ge-wone gemeenskap nie, dit dien die mense van ’n plek van intellek-tuele stimulering en voortdurende bevraagtekening. Daarom verwag ons van Wapad se redaksie om ekstra krities te wees; om meer waagmoedig, eksperimenterend en avontuurlik te wees – om ons partykeer selfs die herrie in te maak.

Want Wapad is nie ’n klein-dorpse knock-en-drop wat net ’n forum vir advertensies van die plaaslike duikklopper, tuisnywer-heid en begrafnisondernemer wil wees nie. Dit is ’n agent vir veran-dering, ondersoek, debat, bevraag-tekening en bevryding van denke

aan ’n instelling van akademiese uitnemendheid.

Ons soek die plaaslike nuus-brokkies en inligting van die kam-puslewe in ons Wapad, maar ons eis meer.

En as ons meer kry en dit pas ons nie, moet ons steeds Wapad se onafhanklikheid respekteer en help beveilig. Anders is ons almal armer.

Max Du Preez

Die rol wat sosiale media gespeel hetMediavryheid ingeperk of �nansiële wanbestuur?ELPHIA BAARD

Ná Wapad sowat ’n maand terug tydelik gesluit is deur BEK (Be-marking en kommunikasie) as gevolg van die koerant wat R 79 000 in die rooi is, het daar kom-mer ontstaan dat mediavryheid op kampus in gedrang is.

Was die rede vir die staking werklik oor finansiële probleme of was dit ’n manier om die me-diavryheid van studente in te perk as gevolg van stories wat in die verlede gepubliseer is, wat die universiteit se reputasie kon skaad?

’n Skrywe deur PEN Afrikaans op LitNET beskryf dit só: “Uit nuusberigte wil dit blyk dat die vryhede van studentemedia op dié kampus [NWU-Puk] op onge-hoorde wyse ingeperk word.”

Prof. Johannes Froneman, joernalistiekdosent en media-etiek kenner, het in By geskryf: “Daar is genoeg getuienis dat die finansiële rede wat geopper is, sterk betwis kan word. Boonop is die redaksie die geleentheid ge-weier om die blad op die internet te pu- bliseer, wat niks sou gekos het nie.”

Volgens Theo Cloete, direkteur van BEK, is die dae van beheer verby.

“Redaksionele (media)vryheid is ononderhandelbaar, maar saam met daardie vryheid kom daar ook verantwoordelikheid,” het Cloete gesê.

Die sentrale nuuskantoor soos voorgestel deur Janco Jordaan, SR-voorsitter, en sekere BEK-bestuurslede is nog ’n aspek wat dit moontlik kon laat lyk of me-diavryheid op kampus ingeperk kan word.

Volgens prof. Herman van Schalkwyk, kampusrektor, is die nuuskantoor nie ’n poging om nuus te beheer nie, maar eerder ’n moderne wyse om joernaliste makliker toegang tot nuusge-beure op kampus te gee.

“Mediavryheid is een van die ankers van ’n demokratiese bestel en word deur die kampusbestuur aangemoedig,” het Van Schalk-wyk gesê.

“Dit is ironies en hartseer dat al-mal wat onder sekere wanpersep-sies gelei het, kommunikasiekun-diges is. Ons is veronderstel om met mekaar te kommunikeer; ons het klaar misluk. Dit is iets wat ons moet herstel,” het Cloete gesê.

Dit is egter steeds onduidelik oor hoe die presies die sentrale nuuskantoor gaan werk en wan-neer dit in werking gestel gaan word.

Jimmy Pressly, SR-lid vir media en kommunikasie, het gesê die SR ondersteun mediavryheid ten volle. “In die termyn wat voorlê gaan ons poog om die mediaver-houdinge te verbeter met alle kampusmedia en ander belange-groepe. Van ons kant af maak ons dit ons missie om so deursigtig en toeganklik as moontlik te wees en inligting te verskaf waar nodig.”

Oor Johan van Zyl, ’n media-woordvoerder van die NWU-Puk, se aanhaling in Mail & Gaurdian wat Wapad se media-vryheid onder bedenking geplaas het deur daarna te verwys as ’n “mondstuk” vir die universiteit se interne kommunikasie, het Clo-ete in Van Zyl se afwesigheid gesê dat hy verkeerd deur die joernalis aangehaal is.

Mediavryheid is ’n onvermyba-re reg, soos prof. Froneman aan Mail & Guardian verduidelik het:

“Wapad is nie heeltemal onaf-hanklik van die universiteit nie, maar die koerant moet steeds kri-ties wees en binne die perskode en die universiteit se waardes optree. Hulle moet verantwoordelik rap-porteer sonder om skoothondjies te wees...”

HANNES KRUGER

Die bohaai wat op sosiale media gemaak is oor Wapad se tydelike staking, het geen effek gehad op die besluit om Wapad weer te laat verskyn nie.

Só het Kiewiet Scheppel, NWU-Puk media-woordvoerder, gesê.

“Die uitstaande fakture vir ad-vertensies is op datum gebring en dit is op grond daarvan dat daar besluit is om die koerant weer te laat verskyn,” het Scheppel gesê.

Op die dag toe Wapad tydelik gestaak is, het dit op sosiale me-dia begin gons. Verskeie mense het kritiek daaroor uitgespreek.

Is dié besluit om Wapad weer

te laat verskyn die gevolg van die druk wat op die universiteit ge- plaas is op sosiale media?

Steven Bosch, sosiale media-kenner, het gesê dis moeilik om die effek van die mag van sosiale media op dié kwessie te bepaal.

“Maar dit kon moontlik ’n rol gespeel het. Die druk het ten min-ste sekere prosesse verspoedig,” het Bosch gesê.

Prof. Johannes Froneman, ’n joernalistiek-dosent aan die NWU-Puk, was die eerste persoon wat op sosiale media sy opinie uit-gespreek het oor dié kwessie.

Hy het op Facebook onder meer gesê dat die tydelike staking in lyn is met ander gebeure die af-

gelope maand op kampus en “be-vestig dat vryheid van spraak op die Pukkampus ’n erge aanslag beleef. Moet ons as dosente regtig hieroor swyg?”

Bosch het gesê die impak wat die mag van sosiale media op die hele debakel het, is positief en negatief. Verder het hy gesê:

“Die positiewe impak wat so- siale media op die debakel gehad het, is dat dit as bewusmakings-doel gedien het. Die storie is nou daar buite. Daarteenoor het die uitlatings wat op sosiale media gemaak is, interpersoonlike kom-munikasie vervang waar indivi-due met mekaar kon praat het om ’n ooreenkoms te bereik.”

Wapad-debakel oorsig

Page 8: Wapad - 10 Oktober 2013

8 | 10 OKTOBER 2013

FRANCOIS LION-CACHET

Studentekoerante regoor die land verskil van Wapad in terme van onder watter

deel van die universiteit hulle re-sorteer.

Al die studentekoerante, inslui-tend Wapad, vervul egter waar nodig die rol van ’n waghond en vra kritiese vrae en is onder-hewig aan die Suid-Afrikaanse Perskode.

Die Matie resorteer onder geen universiteitsliggaam(departe-ment bemarking en kommuni-kasie of SR) nie, maar Perdeby val onder die departement van studentebelange, maar funk-sioneer op ’n outonome vlak.

The Oppidan Press klassifiseer as ’n studente-organisasie van die Rhodes Universiteit in Gra-hamstad. Hulle val onder hulle studente verteenwoordige raad (SVR) wat aan hulle beskerming moet bied. Hulle is egter redaksio-neel onafhanklik.

Volgens Christine de Kock, redakteur van Die Matie Studen-tekoerant van die Universiteit van Stellenbosch (US), geniet Die Matie ’n besondere hoeveelheid onafhanklikheid.

Volgens De Kock is die Sentrum vir Studentesake verantwoordelik vir die fakturering van Die Matie se advertensies. Hulle moet dit eg-ter self inwin. Die Matie ontvang wel subsidies van die US om hul

kontantvloei te bevorder, maar dit word volgens De Kock aan die uni-versiteit terugbetaal.

“Die Matie plaas stories wat stu-dente raak, ongeag of dit met die universiteit te doen het of nie. Ons

het onder meer intensiewe onder-soek ingestel oor ons nuwe en op-spraakwekkende koshuisplasings-beleid, oor agterstraataborsies in die dorp en die misbruik van Ritalin onder studente. Ons het ook ’n jaarlikse evaluering van die studenteraad,” het De Kock gesê.

Sy voeg by dat hulle daarop gekomplimenteer is dat hulle ’n stem vir die studente is en vrae vra waar dit nodig is – al is dit oor die universiteit self.

The Oppidan Press doen ook kritiese verslaggewing oor die SVR–verkiesings en die verkose verteenwoordigers.

Carel Willemse, hoofredakteur van Perdeby Studentekoerant van die Universiteit van Pretoria (UP),

sê dat hulle ook berig doen van wat in die studente se belang is al plaas dit die universiteit in ’n ongemak-like posisie.

Willemse voeg by dat Perdeby aan geen vorm van sensorskap on-derdanig is nie.

“Dié publikasie skryf homself voor aan die Suid-Afrikaanse perskode en beoefen sy konstitu-tionele reg tot vryheid van spraak en vryheid van die pers,” sê Wil-lemse.

het teen druktyd geen kommen-taar gelewer nie.)

Die Matie resorteer onder geen universiteits-liggaam (departement bemarking en kommuni-kasie of SR) nie

Hoe vergelyk Wapad met ander studentekoerante?

Wat sê vorige Wapad redakteurs?

Dit sal voordelig wees as Wapad soos 'n SR-Portefeulje funksioneer. Dit sal beteken dat hulle in beheer is van die bestuur van hulle �nansies. Dit sal die verantwoordelike bestuur van die koerant se inhoud en �nan-sies bevorder.

Ek, wat twee jaar die Pukkoerant se pikswart redakteur was, het baie klagtes gekry van dié in maroen…As daar net ’n groot genoeg vlieëklapper was. Die les wat ek geleer het, is Wapad hoef nie met die SR oor die weg te kom nie en dit is orraait.

Tydens my termyn was Wapad nog deel van die SR – dis goed dat dit nie meer die geval is nie.Bevorder bewustheid op kampus van hoe die media werk – as jy nie hou van die inhoud van die koer-ant nie, kan jy ‘n brief skryf OF dit aanmeld.

Daniëlla du Plooy Piet Matipa Steven Bosch Ewoudt Cloete Vincent EastesMy termyne as Wapad-redakteur was gekenmerk deur goeie ver-houdings met die Studenteraad en die Bestuur van die voormalige PU vir CHO. Wapad het mediavryheid geniet en wedersydse respek en vertroue was aan die orde van die dag.

Wapad in my tyd het dalk nie so onafhanklik voorgekom nie, maar ons is nooit gekeer om iets te publiseer nie; 'n kampusverkragting, seksuele teisteringsaak, skorsing van HK-lede oor ontgroening is alles gedek sonder inmening van die instelling.

Wapad-debakel oorsig

Page 9: Wapad - 10 Oktober 2013

DONDERDAG 10 OKTOBER- 18:00Bingle-sêrNWU Sanlam-Auditorium

DONDERDAG 10 OKTOBER- 18:00Goodluck - pre-sold ticketsBourbon Street

SATERDAG 12 OKTOBER - 21:00Rob May, Shortstraw and December Streets - R40 p/pDie Mystic Boer

SATERDAG 2 NOVEMBER - 9:00Life MarketSnow�ake

SATERDAG 2 NOVEMBER - 9:00HartelusmarkParys

SATERDAG 9 NOVEMBER - 10:00Tee met Nataniël - R250 p/pFeather Hill Spa & Venue

10 Okt - 9 Nov

K&V | 910 OKTOBER 2013

KOBUS OLIVIER

Bruce Noble se stilswye is verbreek ná hulle onlangs ’n nuwe enkelsnit met ’n ander

klank vrygestel het. Dié liedjie het hulle ’n plek in

die top 10 van die Converse Get Out Of The Garage-kompetisie verseker.

Converse Get Out Of The Ga-rage poog om die beste musiektal-ent wat nog nie ’n kontrak getek-en het nie die geleentheid te gee om wêreldwye blootstelling te kry.

Wenners van dié kompetisie sal

FRANCOIS LION-CACHET

Die plaaslike dans en electro-band Goodluck is vanaand by Bourbon Street Potchef-

stroom te sien.Dié optrede is deel van hulle

nasionale albumbekendstellings-toer waartydens hul eksklusief van hul nuwe liedjies vanaf hul tweede album Creatures of the Night gaan bekendstel. Hulle gaan ook van hulle vorige bekende en gewilde werke speel.

Sedert die vrystelling van hul debuutalbum in April 2011 het dié groep al verskeie kere regoor die land getoer met meer as 103 ver-tonings. Die trio was ook al drie keer na Nederland waar hulle ’n groot ondersteunersbasis het.

Goodluck is die nommer een elektroniese groep op iTunes in Suid-Afrika met musiekverkope.

Dié band het begin as ’n vier stuk pop-rockgroep maar het eg-ter vinnig gevind dat dit ’n moei-like genre is om ’n lewe van te maak.

“Ons het baie hard gewerk aan

Goodluck by Bourbons te sien

jacSharp. Ons het ’n daadwerklike poging gemaak om dit te laat ge-beur. Ongelukkig was die realiteit daarvan dat ons sekere foute ge-maak het met die tydsbeplanning en besigheid daarvan,” het die groep gesê.

Juliet Harding, Goodluck se

sanger en vervaardiger, sê dat hulle nog altyd belang gestel het in elektroniese musiek en dat daar toe besluit is om van hul liedjies te omskep na iets wat sou werk in ’n klub-omgewing.

“Ons het dit jacSharp electro genoem, maar mense het begin

deurmekaar raak met watter mus-iek ons nou eintlik maak. Ons het toe besluit om dit sy eie naam te gee. Goodluck is gebore en dinge het vinnig van daar af gegroei,” het Harding gesê.

Wat Goodluck van ander elec-tro groepe onderskei is dat hul nog steeds instrumente gebruik en nie net rekenaars om musiek te maak nie.

Volgens Harding bring dit “ ’n unieke energie en skep ’n respek wat nie op ’n rekenaar nagemaak kan word nie. As een van die drie elemente van perkussie, sakso-foon of sang weggevat word, suk-kel ons om die energievlak wat ons aan gewoond is te bou.”

Die groep se musiekvideos op YouTube is waar die meeste mense van hul musiek te hoor kom.

Volgens Harding is die visuele aspek van musiek deesdae belang-riker as ooit omdat “dit jou mu- siek na ’n hele nuwe vlak toe vat”.

Ingang vir vanaand se verto- ning is R30 en Monark is ook te sien. Dit begin 20:00.

in Londen se The 100 Club optree. The Clash, Sex Pistols en Blur het al opgetree op die verhoog van dié gewilde kuierplek. Wenners sal ook kans kry om hul musiek op te neem by die Rubber Tracks studio in New York.

“Die breek het ons kans ge-gee om bietjie nuwe musiek te begin luister en ons sound uit te sorteer,” het Rudolph Willemse, die groep se kitaarspeler, gesê.

Hulle beskryf hul nuwe klank as “hoofsaaklik pop met ’n bietjie funk en rock” elemente.

“Op ’n tyd was almal rebels.

"Op ’n tyd was almal rebels. ‘Ons gaan na ’n rockshow toe, kom ons breek kak!’ Op die oom- blik voel ek almal wil net ’n good time hê. So toe voel ons, 'Let’s entertain people. Let’s party'"

‘Ons gaan na ’n rockshow toe, kom ons breek kak!’ Op die oom- blik voel ek almal wil net ’n good time hê. So toe voel ons, ‘let’s en-tertain people. Let’s party,’” het-Rudolph gesê.

Dié kompetisie is oop vir lede van die publiek om te stem. Twee wenners kan kaartjies wen na Londen vir die groep se optrede by The100 club.

Die wenners word op 16 Septem-ber aangekondig, waarna hulle sal optree by Rocking the Daisies.

Die publiek kan stem op die webtuiste www.myssl.co.za/con-verse/

LUZANNE KEYTER

So vanaand is dit Bingle. Twee weke se bloed, sweet, trane en OBS word vanaand beloon met 20 minute van roem. Van sêr-gesigte tot handjies wat soveel emosies kan uitbeeld jy wil jou eie gaan afkap. Geskryf met behulp van my lieflike sêrvriende, hier kom 10 dinge wat jy moet weet voor jy va-naand die oudit instap.

Meisies kan sêr oefen soos masjiene. Almal gee aandag en dinge

loop soos stroop. Tot daar ’n man bykom. Die een is louder as die ander een dat die kam-puskatte weghardloop van al die high pitched squealing wat uit party meisies se monde glip. En moenie laat ek be-gin met die outfits nie. As die sewe uur oefensessie begin, is die helfte reg om na ’n mode-parade toe te gaan en die ander helfte na 'n stripclub.

Wanneer daar geoefen moet word, is dit soos ’n begraafplaas. Die

meeste gooi naam weg by Jool- ympics en die ander kruip in donker kamers weg voor boeke en probeer red wat te redde is aan die akademiese kant.

En dan my liewe vriend se quote van die jaar: “Bingle, Bingle, ons

almal is single...” Dis seker hoekom Bingle-mense so baie aksies hou? En dalk hoekom hulle twee weke non-stop oefen omdat hulle net niks beter het om te doen nie?

So jy kan nie sing nie? Geen probleem! Alle Bingle-groepe het ten

minste een ‘spesiale’ persoon wat net kan beatbox of cool lyk terwyl hy op ’n houtboksie sit en ritmes uit hom uit slaan

Van Bingle belaglikhede, vry en OBS

Rudolph Willemse en Marco Basson van Bruce Noble gedurende JOOL 2013 FOTO: Frank Duvenhage

Goodluck is Donderdagaand by Bourbons te sien.

soos ’n regte hipster.

En skielik is daar al-weer ’n tekort aan OBS in al die drankwinkels.

Moenie jok nie Binglers, ons weet julle drink dit nie vir julle stemme nie! Ek sou ook ’n bie-tjie liquid courage nodig ge-had het as ek my naam voor ’n oudit vol mense moet weggooi met daai danspassies en outfits wat jaarliks net leliker word.

“Organized nerd sing-ing? This is great!” Na Pitch Perfect is ek seker

daar is ’n 173% toename in aansoeke. Almal wil ‘Don’t you forget about me’ sing en ’n fist- pump doen!

Spaar ons tog net die MC. En daai simpel meisie wat die heeltyd

'LEKKER KOSIE!' of wat ook al die arme sot se naam is skree. ’n Gehoor kan ook maar lekker kommin wees.

Maak nie saak wat die tema is nie, in een van die groepe is daar al-

tyd ’n cross-dresser. Hoekom? Dis soos Colour Festivals. Die trend is verby, mense!

En natuurlik is daar altyd die Bingle-vryers. Ná aksies, voor aks-

ies, by aksies. Dit is ’n wonder hulle tong- en gesigspiere werk nog teen singtyd.

As jy vanaand ’n trotse boyfriend of beste vriendin is en

gaan Bingle kyk, vat asseblief ’n Wapad saam om jou te ver-maak. Jy gaan dit nodig kry.

Bruce Noble kry nuwe klank

Page 10: Wapad - 10 Oktober 2013

10 Advertensie 10 OKTOBER 2013

of this year’s

AND R 2000 FOR A CHARITY OF HIS/HER CHOICE...

WINNER will receive

LOOK out for the nextUSN BODY MAKEOVER CHALLENGE

WINNER

over Pukfm 93.6 on 31 OCTOBER ANNOUNCED challenge will be

Page 11: Wapad - 10 Oktober 2013

11K&V10 OKTOBER 2013

SAAMGESTEL DEUR MIZAN VAN DER MERWEFOTO'S DEUR COLETTE BOTHAMODELLE: SHAUN VAN EYSSEN EN AMORÉ CALDEIRA

Dressy of Smart Casual

Dinee-etiket ontleed Dit is dineesei-soen en tyd om uit te haal en te wys. Wapad Mode wys jou hoe om Dress Codes te ontleed so-dat jy geklee is in die perfekte uitrusting vir daardie spesiale geleentheid.

Formele gebeurtenisse behels smaakvolle drag. Vroue moet verkieslik lang elegante rokke dra met hakskoene en deftige juwele. Mans dra donker pakke met ’n lang formele hemp en ’n das of strik-das. Hierdie etiket gaan gepaard met formele en elegante funksies soos koshuisdinees en troues.

1

2 3

Die etiket vir ’n semi-formele funksie behels vir vroue ’n kort elegante rok met hakskoene. Mans kan enige kleur hemp en pak dra, met of sonder ’n baadjie, ’n das en formele skoene. Dit is gewoonlik vir skemerkelkies, troues of fakulteitdinees.

Hier hang dit af van die funksie, maar behels gemak-like, tog stylvolle drag. ’n Das is opsioneel en indien jy besluit om ’n denim aan te trek, moet dit ’n formele denim wees. Toe skoene of hakskoene word aanbeveel. Die is perfek vir kerk en deftige geleenthede soos konserte en kunsuitstallings. Semi-Formeel of Cocktail Formeel

Pinotage is ’n eg-Suid Afrikaanse rooiwynkultivar wat in 1925 deur Prof. Abraham Izak Perold van die Universiteit van Stellenbosch gemaak is. Prof. Perold het twee bestaande variteite, naamlik Pi-not Noir en Hermitage (vandag bekend as Cinsaut) geneem en probeer om die beste kwaliteite van dié twee variteite saam te voeg.

Hermitage is ’n baie geharde kultivar waar Pinot Noir ongeloof-like wyne maak, maar baie moei-lik is om te groei/te verbou.

Pinotage verskil van kelder tot kelder as gevolg van die manier waarop elke kelder die wyn maak

Smulpaap kosresensies

Proe notas

Waneer jy Pinotage ruik (die neus van die wyn) is dié wyn veral bekend vir geure van bessies, va-nilla en speserye, op die mond (wanneer jy dit proe) kry jy ’n vol afgeronde smaak. Die variteit is ook ’n baie veelsydige dryf omdat dit ook ’n wonderlike rosé maak, ongeag of dit droog of semi-soet is. Verder kan daar ook witwyn of vonkelwyn van gemaak word. witwyn of vonkelwyn van gemaak word.

Dit is soms baie oorweldigend om voor ’n winkelrak vol wyn te staan en ’n wyn te kies. Baie keer vat jy net die duurste een in die hoop om ’n goeie wyn te kry of hou jy net by wyn wat jy ken. Maar dit is nie noodwendig die geval dat die kwaliteit van die wyn saam met die prys wat jy per bottel betaal klim nie.

Voorstellesowel as die area waarin die wing-erde geplant word speel ook ’n groot rol.

MARIKE SWIEGERS

- ORANJERIVIER WYNKELDER PINOTAGE R40 PER BOTTEL- CAFE CULTURE VAN KWV ONDER R50 PER BOTTEL- DIEMERSFONTEIN PINOTAGE R80 EN MEER PER BOTTEL

FLIEKtomaanMIZAN VAN DER MERWE EN LUZANNE KEYTER

Aanvanklik was nie een van ons twee vroue lus om die fliek oor mans wat in karre rondjaag te gaan kyk nie. Wat weet ons twee van motors af ?

Ná die twee-uur-lange emosio-nele rit waarop ons geneem is, kon ons nie uitgepraat raak oor hoe ongelooflik die fliek was nie.

Reeds aan die begin van die fliek was dit duidelik dat dié nie net ’n gewone dokumentêr oor die lewe van Formule 1 renjaers in die 1970’s gaan wees nie.

Die fliek is gebaseer op die ware verhaal van die groot wedywering tussen James Hunt en Niki Lauda, vertolk deur Chris Hemsworth en Daniel Brühl. Dié twee, met hul uiteenlopende persoonlikhede en leefstyle, op én af van die resies-baan, kompeteer al jare om die beste in die wêreld te wees.

Die fliek beklemtoon die gevare wat daardie jare gepaard gegaan het met die sport en daar is heel-wat grusame ongelukstonele wat die leefstyl waarvolgens hulle geleef het ondersteun – “if you make a mistake, you die”.

Die gedetailleerde videografie laat jou voel asof jy daar saam

met die karakter in die motor sit en dit beklemtoon die gevaar-like sport, die emosies en die kragtige ervarings waardeur die karakters gaan.

Ron Howard het homself uit-stekend van sy taak as regisseur gekwyt. Die dialoog is skerp en humoristies en alhoewel die fliek redelik lank is, gaan dit jou beslis op die punt van jou stoel hou.

Die fliek is een van die min re-siesflieks wat nie net oor die karre gaan en vereis dat jy kennis daar-oor moet hê nie. Vroue moet ook nie dink die fliek is net vir die mo-torbehepte manne nie, daar is ’n goeie balans tussen humor, span-ning, liefdesverhale, avontuur, vriendskap en aksie.

Daar word ook van oorspronklike beeldmateriaal vanuit die 70’s ge-bruik gemaak wat op ’n kreatiewe wyse die fliek ’n realistiese gevoel gee.

Die fliek het reeds Vrydag die 4de Oktober in teaters begin draai en is beslis die R50-fliekkaartjie werd.

Tydsduur: 123 minute Ouderdomsbeperking: 16 SNVLDAkteurs: Chris Hemsworth, Olivia Wilde, Daniel Brühl en Alexandra Maria Lara.

Page 12: Wapad - 10 Oktober 2013

12 10 OKTOBER 2013

KommentaarRedaksioneel

10 OKTOBER 2013

HOOFREDAKTEUR: Hannes Kruger NUUSREDAKTEUR: Francois Lion-Cachet SPORTREDAKTEURS: Wynona Louw, Simon Sonnekus, Eugenie Gregan TEGNIESE REDAKTEUR: Luzanne Keyter KUNS EN VERMAAK REDAKTEUR: Mizan van der Merwe FOTOGRAFIE & GRAFIES: Eugene le Roux en Gert Coetzer ADMINISTRATIEWE BESTUURDER: Carike Brits ADVERTENSIES & FINANSIES: Lorraine Jordaan HOOFTEKSVERSORGERS: Ruan Fourie en Cyril Blackburn

Kernredaksie

SMS 31750SMS jou tip-off/klagte met die woord 'Wapad' vooraan jou boodskap

Uitleg: Hannes Kruger en Simon Sonnekus

SMS 31750SMS’e SMS jou Tip-off/klagte met die woord 'Wapad' vooraan jou boodskap

Die volgende uitgawe vanWapad verskyn in O&B 2014

OmbudsmanAs jy voel dat Wapad nie na jou klagtes luister nie, kontak die waarnemende ombudsman dr. Hein Lubbe by: [email protected]

Briewe Briewe kan ge-e-pos word na [email protected] of skakel ons by (018) 299 2875

Die treurverhaal en totsiens

WAPAD-KANTOOR: 018 299 2875

Uittredende redakteur praat oor 2013

KEVIN DU PLESSIS

Daar was boikotte en haatspraak. Daar was debat en stry en argumen-teer. My termyn as redakteur het afgeskop met ’n semi-kaal vrou op bladsy 12 en van die dag wat daar-die eerste uitgawe uitgekom het, is Wapad weer gelees en oor gepraat.

Hoewel ek trots is op die debat wat ons gestimuleer het op kam-pus, my nommer een doel vir Wa-pad 2013, weet ek daar is ’n paar dinge wat ek soms anders sou doen. Of dalk nie, wie weet?

Wapad is ’n opleidingskoerant. Dit het die Wapad-redaksie baie geleer en die ervaring wat ons op-gedoen het sal vir ewig iets wees aan die basis van ons opleiding as joernaliste. Dit het die kam-pus ook iets geleer, glo ek. Of dit nou net was om iets raak te sien wat aandag kort, of iets waaroor enige denkende student hoort na te dink.

Dit het die SR nie veel geleer nie. Ongelukkig het ons in ’n stryd gebly tot die einde. Tot op my laaste paar dae as redakteur moes ek deal met SR-lede wat glo dat hulle ’n vorm van mag behou deur ons van inligting wat bekom-baar hoort te wees te weerhou. Ek hoop dat die nuwe groep iets gel-eer het waar hulle voorgangers gefaal het deur vir mekaar dinge te sê soos “Kan ek hierdie maar bitchy antwoord?” wanneer ons vir hulle vrae gestuur het.

Ek onthou nog in O&B toe die voorsitter my gevra het om hom in sy kantoor te kom sien 07:00 die oggend, kan jy glo? Daar is vir my aan die begin van die afspraak gevra: “Is jy lief vir hierdie kam-pus?”

Is ek lief vir hierdie kampus? Liefde het niks daarmee te doen

nie, jong. ’n Mens is nie lief vir grond en geboue nie, jy is lief vir mense. Wapad het so ver as wat ons gewerk het vanjaar om-gesien na die studente wat nie ’n stem gehad het nie. Of situasies wat aanhou krap en nooit oor gepraat word nie. Probleme wat deel is van die ou Suid-Afrika. Goed soos rassisme, homofobie, ontgroening en natuurlik die van tyd tot tyd Mugabe-regeer-styl van die SR.

Ek moet wel erken dat die SR nie op ’n onverwagse wyse rea-geer het nie. Om skielik deur ’n koerant om elke hoek en draai dopgehou te word sal vir enige iemand ’n skok wees wat gewoond is om nog altyd maar eintlik net te doen wat hulle wil. Die SR se termyn was geensins sleg nie, hoewel hulle geen clue gehad het hoe om met die media te werk nie, maar watter student weet tog?

Ek laat Wapad in bekwame hande oor. Daar is nog ’n paar gevegte wat geveg moet word in die volgende jaar en ek wens die nuwe redaksie alle sterkte toe om te veg vir dit wat reg is, om Wapad se stem skoon te hou sonder invloede wat nie plek het by ’n kampus wat vryheid van spraak ondersteun nie.

En dan, ek het nog altyd ge-

wonder waarom mense in die bestuur so uitbom oor watter tipe stories ons doen. Seker bang ons breek af aan die reputasie van die kampus. Maar my siening is dat geen studentekoerant wat eerlik en opreg werk enige skade aan-rig nie. Dit is iets wat bydra tot die tipe diskoers wat by ’n goeie studentelewe hoort. As daar ern-stige foute gemaak is, kon hulle altyd briewe skryf, of kla by die ombudsman en aandring op reg-stellings. Dis nooit gedoen nie, so ek vat dit as ’n high-five vir my en die res van die redaksie.

Daar is nog dinge op kampus wat baie aandag kort. Die manier hoe eerstejaars gekondisioneer word in O&B om te glo in die NWU-Pukmanier van dinge doen. In die koshuise se tradisies. In die SR se aksies. “Ons sit hulle op hulle plek,” sê die seniors. “Hulle is te windgat as hulle van ma-triekvakansie af kom,” sê hulle. Dis bog. Absolute bog. Laat mense bietjie vir hulle self dink as hulle hier kom. Hou op om jou merk op hulle te maak. Universiteit gaan oor die individu en oorspronk-like idees. Laat hulle vry en hou op dink jou senioriteit met een of twee jaar maak almal jonger as jy onderdanig aan jou.

Aan my algemene redaksie, julle het gegroei en ek is trots om te sê ek het saam julle gewerk. Aan my kernredaksie, daar is nie woorde wat kan beskryf hoe ek oor julle voel nie. Julle was my alles in die laaste jaar en saam het ons iets merkwaardigs bereik.

Aan die kampus, hou aan lees, hou aan debatteer, hou aan ver-beter. Bietjie vir bietjie staan ons almal vir dieselfde ding: om Suid-Afrika ’n beter plek te maak!

Aan die kampus, hou aan lees, hou aan debatteer, hou aan verbeter.

Dit is moeilik. Koshuise wat die koerant boikot. Studente wat negatief is oor die koerant. Ek dink nie dit was maklik vir enige joernalis om in die 2012/2013 termyn van Wapad deel

te wees nie. Jy word gedreig, gevloek en snaaks aangekyk. Behoor-lik soos die outcasts in ’n deftige skool waar die mammies hulle kinders met ’n frisbus a�aai.

Dan kan jy as die nuwe tydelike redakteur nie anders as om te wonder of het die vorige redaksie nie in hulle doelwit misluk nie. Het hul die pot misgesit? Wat help dit daar is ’n koerant en studente is negatief oor hom? Behoort ’n leser van ’n koerant nie lief te wees vir die koerant nie?

En as jy deeglik oor die saak gaan dink, kom jy tot die gevolgtrek-king dat Wapad vanjaar tog ’n impak op die lesers gehad het. Dit het mense aan die praat gesit. Dit het debat ontlok.

Dit is belangrik om nou net op die toekoms en hoe die pad voren-toe gaan lyk, te fokus:

My doelwit met Wapad is om elke tweede week ’n koerant met persoonlikheid uit te bring. Die grense op ’n stylvolle manier te ver-skuif. Inhoud wat 'n storie vertel wat lesers prikkel en interesseer.

Die sleutelwoord is balans.’n Koerant behoort vir die leser ’n keuse te gee. Daar moet

berigte wees waarvan jy sterk kan verskil en berigte wees waarmee jy 100% saamstem. Iets vir almal. As jy die koerant van voor tot agter lees, moet dit jou op ’n reis van gemoedstemminge neem. Die inhoud moet so gebalanseerd en divers aangebied word dat dit jou laat lag, huil, kwaadmaak en jou tot sekere insigte bring. Die ervaring om Wapad deur te lees, behoort jou verwysingsraamwerk uit te brei.

Dit is vir my en die nuwe tydelike redaksie ’n voorreg om jou vir die volgende tydperk elke tweede week ’n koerant van goeie gehalte uit te bring. Die nuwe jaar met ’n oop kop in te gaan en nie een keer terug te kyk en mekaar te verwyt oor die verlede nie. Dis ’n tyd wat was. Daar moet nou gefokus word op die tyd wat kom.

Sake op kampus gaan bevraagteken word, mense in gesags-posisies gaan fyn dopgehou word, debat gaan gestimuleer word, onderwerpe buite jou verwysingsraamwerk gaan omvattend be-spreek en ondersoek word.

Kom, neem deel. Praat saam. Moenie skroom om te sê hoe jy voel oor die inhoud van elke Wapad nie. Lug jou opinie. Leer om krities oor sake te dink. Kla as iets jou pla oor die koerant.

Kritiese, evaluerende en onafhanklike denke is wat tuishoort by ’n tersiêre akademiese instelling. Ons sien uit om te hoor wat jy te sê het en te sien hoe ons almal saam in harmonie die grense van hierdie kampus verskuif op ’n innoverende manier net soos wat ’n jong mens kan.

Wapad-groete.Hannes Kruger

Wat gaan aan met Arcade Empire? Dit was so lekker om daar te kuier tydens Aardklop -Bianca

Ek is moeg vir die parkeer pro- bleem op kampus. Wanneer eindig die bouery? -Gerhard

Lekker blog, Wapad! Het sêr en Aardklop van die huis af geniet. -Celia Die feit dat hier so min parkeerarea

op die NWU-PUK is maak my kwaad, want hulle bou en bou net maar daar word nie spasie gemaak vir studente se karre nie.

Ek bly anderkant die Mooi Rivier Mall en kan eenvoudig nie kampus

toe stap nie. Dan daardie versko-ning van ’n parkeerarea by Patria is permanent vol en die stof maak my kar vuil.

So as die NWU-PUK my dag wil maak kan hulle gerus meer par-keerareas vir studente maak. Ek

is moeg daarvoor om vir parke-ring te soek en wil graag nader aan die kampus parkeer.

Ek het net soveel reg as koshuis- inwoners om lekker naby aan die kampus te parkeer. Is daar regtig niks wat gedoen kan word nie?

Ongelukkigheid oor parkeer-probleem

'n Terugblik en vooruitsig vir Wapad 2014

'n Terugblik en vooruitsig vir Wapad 2014

-Anoniem

Page 13: Wapad - 10 Oktober 2013

An Afrikaans arts festival and �sh out of the water...

Open Discussion1310 OKTOBER 2013

The last Pukke drive for 2013

Don’t let life get in the way of saving a life

SANBS MUST COLLECT AN AVERGE OF 3000 UNITS OF BLOOD PER DAY

A UNIT OF BLOOD CAN SAVE 3 LIVES

PLACE

15-16 OCTOBER DATE

Tue 9:00 - 15:30Wed 11:00 - 19:00

TIMES

15 OCTOBER - GYM HALL

16 OCTOBER - KARLIEN

Pump up the VolumeIf you donate at least three times in this year you stand a chance to win a holiday for two in Cape Town, �ights included.

I always wondered about that phrase, “a fish out of water”. To me, it always seemed like a chosen emotion. That is, you can only be a fish out of water if you choose to be one. In my head, any situation can be accommo-dated by opening yourself up to it, learning about it and experi-encing it open-heartedly. And it always works in your favour if you know enough people who are willing to guide you through it. After all, that’s probably the rea-son why so few people in South Africa fear cross-cultural experi-ences – because they don’t know anyone well enough, or don’t feel secure enough to ask someone to take them with and embed them in a situation supportively so that they can have the experience for themselves. Am I wrong?

Now we all have preconceived notions that we can’t get away from when it comes to other cul-tures. Sometimes we fight or sup-press them, and at other times the most we can hope for is just to be aware of them – conscious that they do in fact exist some-where within us.

Here’s mine: A personal his-tory of prejudice against Afri-kaners. Now at this point I will probably try and defend that statement by saying “I have plenty of Afrikaans-speaking friends, some of them very close

to me,” etc. And look, I will open-ly preach my ignorance and say: I do know that there is a differ-ence, I am just not always sure what it is. So to clarify, I have a prejudice against Afrikaners, not Afrikaans people? Yes. Okay.

I am a flawed human being with problems, and I am not blaming my existential crises on anyone but myself.

A casual conversation with col-leagues made me aware of the fact that my experience was no different to anyone else’s. South Africa as a country does contain these separatist forums, whether they are arts festivals, book fairs or museums (and they do deserve a space, I absolutely agree) where you will only find the same, the same. But never before had I en-countered this deeply-rooted oth-erness (well, not since school) as when I went to Clover Aardklop National Arts Festival in Potchef-stroom. So much so that it is now three days later and the uneasi-ness of how different I was in that context is still niggling at my white bones.

A practical gesture of “other-ing” me did not occur and was not necessary in order for me to feel exceptionally “othered”.

It rose from me, organically, until some part of my persona-lity was flailing about desper-ately to make sense of it all

by trying to just fit in or often times, walk away, observe, and say nothing at all. “I am the fish, and I am definitely out of water I thought.”

I missed other people. Other people who were not white and Afrikaans. Who could perhaps talk about the same things in very different ways. I missed understanding something, any-thing, myself even. And no, I did not miss them in the sense that I wished I was not in Potchefst-room (because I did want to be there), I just wished they were there with me.

I was switched on, all the time. Constantly aware of all of this unfolding or revealing itself.

Was I just blind before? Naïve? Is it ea-sier to be who you re-ally are when you are unchal-lenged by, say, the prerequisites of a more colourful city like Jo-hannesburg and you can exist plainly and simply just as you want to be with people who are exactly like you in a place like Potchefstroom? Or was I just not trying hard enough to be accom-modating? (This of course is met with the very harsh fact that it is harder to accommodate multi-tudes of the same people than it is for them to maybe accommo-date you, as the “new” one to the environment.)

I had a post-mortem conver-sation with a friend yesterday and I remember saying to her, in hindsight: “Aardklop is all a bad dream. I felt like I was stuck in a weird carnival, a parallel universe where everyone was strangely familiar and familiar-ly strange. The things I thought would be weirdest about it, were not weird at all. The whole ener-gy and the entire memory of ev-erything seemed like a dark tent and, still very white between all the freaks at the circus, I am the biggest of them all. The last act. The draw card. The strange little gnome who went along to the pa-rade to see what it was all about and now feels a bit damaged by it.”

Perhaps I am reading too much into this, perhaps it is every per-son for themselves and the fact that I felt so awkwardly out of place to the extent that it hurt is just, again, my prejudice, my lack of growth, that innate feel-ing I pre-empted in knowing I was pro-bably going to feel like that anyway. The difference is though, that I did try. And it is always going to be important to me as a human being to try. The lesson here, is to not expect any-one else to recognise that – re-gardless of how well they know you. Although, if they did, if ev-eryone did, we all might want to try again. Isn’t that the point of learning about other cultures to begin with? To want to try again?

To not be met with disdain and deafening silence when I said the experience was overwhelm-ing and a culture shock. (I can see the thoughts steam forth and whisper, “then why did you go?”)

Of course it was. Again, of course it was overwhelming and a culture shock! And I am not sorry if that is disappointing to everyone else who was not out of their comfort zone or never experienced what being out of your comfort zone feels like to this extent.

But that’s not ever going to be a good enough reason not to do something, is it?

Now we all have pre-conceived notions that we can’t get away from when it comes to other cultures... Here’s mine: A personal history of preju-dice against Afrikaners.

Haji Mohamed Dawjee, Mail and Guardian social media editor, describes her experience at Aardklop Arts Festival

Page 14: Wapad - 10 Oktober 2013

14 | 10 OKTOBER 2013Sport

NWU-Puk Sport Oorsig: Beste van 2013

SPO

RT

Koshuiskrieket

Varsity Atletiek

Varsity-hokkie

Winterliga Netbal

Tafeltennis

Winterliga Hokkie

70ste Interver: Algemeen

70ste Interver: Rugby

Steinhoff Koshuisrugby

Sportbekerwenners: Patria en Karlien

Seker die mees nuuswaardige Eerstejaarsportkode van 2013 was die Eerstejaarsrugby. Laureus mans-koshuis was die wenners van dié gesogte trofee deur 11-9 met Villagers in die eindstryd af te reken en het in die proses as titelhouers van dié kompe-tisie vir die eerste keer in NWU-Puk-geskiedenis bekend gestaan, ’n indrukwekkende feit aangesien vanjaar slegs die tweede jaar was wat Laureus hul eie span gehad het.

Wenners van ander Eerstejaarsportkodes:-Atletiek: Heimat en Dinki-Netbal: Karlien-Swem: Villagers en Heide-Tennis: Heimat en Bellatrix

Die NWU-Pukke het na afloop van die eerste Varsity-atletiekreeks algeheel tweede geëindig en sodoende gewys hul atletiek hoef vir geen ander universiteit terug te staan nie.

Die NWU-Puk vrouehokkiespan het tweede geëindig in die inleidende Varsity-hokkiereeks nadat hul onoor-wonne veldtog in die eindstryd deur die Universiteit van Stellenbosch (Maties) tot ’n einde gebring is.

Karlien het hul Winterliga-trofee suksesvol verdedig en beide hul eerste- en tweedespanne het as wenners uit die stryd getree. Karlien se eerstespan het in die finaal sake met Heide afgehandel.

Patria en Heide is as kampioene van vanjaar se tafelten-nis-liga gekroon. Heide-2 het ook die beker in die B-liga verower.

Ná taai kragmetings het Patria en Kasteel onderskeide-lik as wenners van die A-liga uit hul onderskeie eind-stryd-wedstryde van die hokkie-winterliga getree.

Die groot wedstryd van die naweek was natuurlik die een waarin die NWU-Puk1-span teen Kovsies te staan gekom het en die NWU het gesorg vir ’n 29-19 oorwin-ning in Shimla-land.

Patria is vanjaar houers van die manssportbeker, ter-wyl Karlien hul titel as vrouesportbeker-houers hernu het.

By die 70ste Intervarsity het die NWU-Puk teen Kovsies in 32 wedstryde gekompeteer in 11 verskillende sport-soorte, waarvan die NWU-Puk 13 gewen het en Kovsies 16 met drie wat gelykop geëindig het.

Patria het tydens die koshuisrugby-eindstryd hul uiters suksesvolle seisoen op ’n gepaste wyse afgesluit deur De Wilgers-manskoshuis in ’n naelbyt-sege met 18-14 te klop. Patria sal die NWU-Puk in die aanstaande jaar se Varsity Cup verteenwoordig.

EerstejaarsportVeritas het vanjaar die koshuiskrieket-eindstryd vir die tweede agtereenvolgende jaar gewen deur Over-de-Voor met 34 lopies in die eindstryd te klop en die krieketsei-soen onoorwonne af te sluit.

Luther Obi en Sylvian Mahuza is vanjaar gekies om deel te wees van die junior nasionale span wat Suid-Afrika in Junie by die Junior Wêreld-beker in Frankryk verteenwoordig het.

Twee NWU-Pukke gekies vir Bababokke

Die NWU-Puk gimnastiekspan het ’n algehele derde plek by vanjaar se Universiteit Sport Suid-Afrika komptisie behaal. Die span, bestaande uit 25 lede, het ’n totaal van 28 medaljes in die sak gesteek, waarvan 13 goud, agt silwer en sewe brons was.

Gimnastiek by USSA's

Die Suid-Afrikaanse Netbal Kampioenskappe het vanjaar in Junie plaasgevind en 11 NWU-Puk spe-lers, waarvan vyf O/19 en ses O/21 was, is tydens hierdie kompetisie gekies om die land te verteen-woordig.

11 NWU-Puk SA-netbalspelers

Die NWU-Puk- tweedespan (Ibbies), derdespan (Tau), O/21 -en O/19-spanne het in Johannesburg aan hul onderskeie Predatorliga eindstryd-wed-stryde deelgeneem en drie van die bogenoemde spanne het daarin geslaag om hul onderskeie eindstryd-kragmetings te wen.

Predatorliga

Wynona Louw

In hierdie samestel-ling kyk ons na die hoogtepunte van die 2013 sportjaar; die wenners van die onderskeie sportli-gas asook NWU-Puk atlete en spanne wat provinsiaal of nasio-naal presteer het.

Page 15: Wapad - 10 Oktober 2013

Sport 1510 OKTOBER 2013

Die Rissie praat oor die afgelope jaar se sport

Been theredone that...What’s next?

Begin salarisR17 000

moet onmiddelik diens kan aanvaare-pos jou CV [email protected]@platinumlife.co.za

Maatskappy geleë inIllovo, Sandton

2013 was ’n jaar vol sport hoogte-punte én laagtepunte, met presta-sies wat die NWU-Puk trots ge-maak het en laagtepunte wat laer was as die NWU-Puk-1 rugbyspan se puntestand op vanjaar se Varsi-tybeker punteleer.

Die Rissie is baie bly dat die mans- en vrouesportbeker van-jaar in Karlien en Patria onder-skeidelik tuiste gevind het, met die twee koshuise se wegholsuk-ses in sport vanjaar (met die fokus op Patria se koshuisrugbytitel, dit is immers die belangrikste) is daar geen ander koshuise wat dit meer verdien nie.

Die Rissie hoop net dat verlede jaar se sportbekerwenners se sêrbeker genoeg plek in hul ver-toonkas gaan opneem om die sportbeker se afwesigheid te ver-bloem.

So gepraat van trofees, hoewel die NWU-Puk se vroue Varsity-hokkiespan in die eerste Varsity-hokkie-kompetisie nét kortgekom het van só ’n besitting, móét mens sê dat dit nog steeds ’n baie goeie poging was. Een poging wat Die Rissie hoop suksesvol gaan wees

is die een van Robert du Preez, die nuwe man aan die hoof van NWU-Puk-Varsitybeker -en Lui- perds rugby. Met die ‘poging’ ver-wys Die Rissie na die reuse taak wat hy gaan aanpak om die NWU-Puk uit hul ellendige Varsitybe- ker-veldtogte te red en die Puk te brei om ’n Varsity Cup-titel huis toe te bring (want dié lyk maar na ’n onmoontlike taak).

En dan die Predatorliga. Die NWU-Puk-rugbyspanne (behalwe NWU-Puk-1) het hulself in hul onderskeie eindstryd-wedstryde vanjaar goed van hul taak gekwyt

en geen foute gemaak nie deur drie Predatorliga-bekers huis toe te bring. Die Rissie glo sy hoef nie weer te sê dat sy NWU-Puk-1 se foutiewe veldtog dié jaar glad nie amusant vind nie.

’n Fout wat Die Rissie wel amu-sant gevind het, was die een in die Wapad uitgawe van 22 Augustus wat weergegee het dat Ratau en Hombré deur is na die winterliga hokkie-eindstryd. Dít was seker die naaste wat Ratau al aan ’n sporttitel vanjaar gekom het.

Die Rissie het 'n taamlike groot glimlag op haar gesig gehad toe sy gesien het hoe goed die NWU in die Varsity-netbal vaar en tot haar verbasing het sy ook verneem dat daar 'n redelike aantal mensies was wat nog 'n groter glimlag getoon het toe hulle te hore gekom het van die hele Wapad-debakel en wat seker gedink het die Wa-pad se bestaan is omtrent so verby soos Brendon Venter se pos by die Sharks. Met die doemprofeetjies wil Die Rissie net 'n eeu-oue ge-segde deel: Onkruid vergaan nie.

Student bult spiere by SA-kampioenskappe

EUGENIE GREGAN

Carmen Botha, ’n eerste-jaarstudent in MBW en Rekreasie aan die NWU-

Puk, is besig om ’n gewilde naam in liggaamsboukringe te word.

Sy het by die onlangse IFBB Suid-Afrikaanse Kampioen- skappe in Port Elizabeth die Fitness-Bikini-kategorie gewen en is gekies om Suid-Afrika te verteenwoordig by die Ama-teur Olympia Bikini wat later vandeesmaand in Praag plaas-vind.

Carmen was in Hoërskool Bergvlam in Nelspruit toe sy die eerste keer aan ’n liggaamsbou-kompetisie deelgeneem het.

Sy was ’n kranige atleet op skool, maar het nooit voorheen in liggaamsbou belanggestel nie. Haar toerisme-onderwyser het haar drie dae voor ’n plaas-like kompetisie aangemoedig om deel te neem.

“Dit was ’n geskarrel om al die dinge reg te kry soos my skoene, bikini en tan.”

Dié kompetisie was ook die eerste een wat sy gewen het.

“Die meeste van die deelne-mers was verbaas dat ek daar was omdat ek nog nie een keer vantevore in die gym was nie en ook nie regtig daarvoor voor-berei het nie. Ek was nie eers op ’n dieet nie.”

Carmen het in 2011 by die WFF-WBBF Wêreldkampioen- skappe in Wene ’n sesde plek in die junior-afdeling verwerf en ’n vyfde plek in die ope-afdeling wat sy as haar grootste presta-sies tot dusver beskou.

Sy moes verlede jaar onttrek aan die Suid-Afrikaanse kam- pioenskappe ná sy in ’n motor-fietsongeluk was wat haar sowat vyf maande buite aksie gehou het. Sy het vanjaar egter net van krag tot krag gegaan en van haar prestasies vir 2013 sluit in ’n eerste plek by die RUDX Mil-lenium Gold Plate en ’n tweede plek by vanjaar se WBBF Kam- pioenskappe.

Haar oefenprogram bestaan uit ‘n uur se kardio-oefeninge 5:00 elke oggend en oefeninge met gewigte later die dag. Sy volg nie ’n spesifieke dieet nie en probeer eerder ’n gesonde leefstyl handhaaf. Sy kry nie baie tyd vir ontspan nie, indien wel, hou sy daarvan om gholf te speel.

“My lekkerste tyd is egter ty-dens die af-seisoen wanneer ek ’n bietjie meer kan rus.”

Haar rolmodel is Derryn Brown, ’n bekende fiksheidsmo-del en persoonlike afrigter van Dubai.

Carmen se planne vir die toekoms is eerstens om op 19 Oktober haar Pro-kaart by die Amateur Bikini Olympia te kry. Sy wil ook mense help wat ook aan liggaamsboukompetisies wil deelneem en wil ’n ambassadeur vir fiksheid wees.

“Ek wil graag ’n mentor wees vir jong dames.”

Carmen Botha by die WBFF South Africa Spectacular. FOTO: RUDX

Gelant hardloop weg met dubbele titels op tuisveldSIMON SONNEKUS

Elroy Gelant het met twee ti-tels onder die arm weggeloop op die nasionale veldloopkam- pioenskapsbyeenkoms wat op 14 September in Potchefstroom ge-hou is. Gelant, wat vir Sentraal-Noordwes hardloop, het 4 km sowel as die 12 km-wedloop ge- wen en die eerste atleet geword wat dit tot dusver kon vermag.

“Dit was ’n taai wedloop, maar ek kon myself bietjie spaar in die 12 km omdat ek geweet het mense soos Stephen Mokoka en Gladwin Mzazi was nie daar nie,” het Gelant gesê.

Gelant het die korter wedloop in ’n tyd van 11:55 voltooi – 12 sek. vinniger as Mthobisi Baloyi wat ook van Sentraal-Noordwes is. Marko Bucarizza van Sen-

traal-Gauteng het ’n sekonde ná Baloyi die wenstreep in die derde plek oorgesteek.

Gelant, wat vanjaar ook op die baan presteer het, gaan vol-gende jaar by die Statebondspele in Glasgow, Skotland, aan die 5 000m-wedloop deelneem. Ge- lant meen hy gaan nie aan ander langafstandwedlope by die spele deelneem nie, maar hom liewer toespits op die 5 000 m waarin hy al amper twee keer vanjaar aan die nasionale rekord van 13:14,16 geraak het.

“Ek begin lekker ritme kry in die 5 000 m – ek het vanjaar tye van 13:15 en 13:16 gehardloop, daarom gaan ek net een wedloop in Skotland hardloop.”

Gelant met sy USSA medalje

Die Rissie is baie bly dat die mans- en vrouesport-beker vanjaar in Karlien en Patria onderskeidelik tuiste gevind het

Page 16: Wapad - 10 Oktober 2013

Sport10 OKTOBER 201315ROOI RISSIE Praat

oor vanjaar se sport

WYNONA LOUW

Met minder as 116 dae voor die begin van die nuwe Varsity Cup seisoen het NWU-Puk ’n nuwe aanslag begin om silwerware vanjaar te verseker. Robert du Preez is aangestel om die pos as direkteur van afrigting by die NWU-Puk rugbyinstituut en die Luiperds-rugbyunie te vul.

Die oud Springbok-skrum- skakel gaan nie net die leisels by Hannes Esterhuizen oorneem nie, maar vervang ook vir Jorrie Muller as die Luiperds se hoof-breier in die Currie-beker.

Du Preez, ’n inboorling van Potchefstroom en oud NWU-Puk-student, se indrukwek-kende afrigtingsrekord was duidelik in sy rol as breier van die KwaZulu-Natalse klub, Col-lege Rovers. Du Preez het gesorg

NWU-Puk rugby kry ’n nuwe breier

EUGENIE GREGAN

Die NWU-Pukke het hul plek in vanjaar se half-eindronde van die Varsi-

ty-netbalreeks bespreek, nadat hulle Maandagaand 57-38 met die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) afgereken het.

Dié sege beteken dat die onoor-wonne Puk-span reeds vir die uit-klopfase kwalifiseer, ongeag hul vertonings in die volgende twee

rondtes. NMMU het die wedstryd gede-

termineerd begin en het kort na die aanvangsfluitjie geblaas het, die eerste doel van die wedstryd aangeteken. Die Pukke het aan-vanklik gesukkel om hulle ritme te vind en het ná die eerste kwart 15-11 voorgeloop. Met die afskop van die tweede kwart het hulle eg-ter oorgeskakel na ’n hoër rat en teen halftyd was die telling 34-21. NMMU kon slegs vyf doele in die derde kwart aanteken en met die

telling 46-26 in Pukke se guns was dit so te sê neusie verby vir die Madibaz. Hulle het ’n terugveg-poging in die laaste kwart begin, maar moes uiteindelik die aftog blaas teen die Pukke se entoesias-tiese spel.

Die Pukke se verdediging in veral die senterderde was on-verbeterlik en hulle kon gereeld omgekeerde besit bewerkstellig. Chanté Steyn en Elsunet du Ples-sis het geskitter vir die tuisspan en Steyn is ook as speler van die

wedstryd aangewys. “Ons het doelwitte gestel vir elke kwart en kon daarby hou. Dit is altyd ’n moeilike wedstryd teen NMMU, maar ons kon saamspeel as ’n span en ’n bonuspunt verwerf,” het Steyn gesê. “Die Varsity-netbal is ’n goeie geleentheid vir ons spelers en dit was lekker

om al die ondersteuning daar te sien.”

Maandagaand se ander krag-metings het ook groot oorwin-nings opgelewer. Maties het TUT met 70-27 geklop terwyl Kovsies ’n rekord-telling van 89-13 teen Ikeys opgestel het. Die Pukke lê tans bo-aan die punteleer, met Kovsies en NMMU onderskeide-lik in die tweede en derde plek.

Die Pukke kom volgende week teen die Universiteit van Johan-nesburg te staan.

Pukke moker die Madibaz

dat Rovers in 2012 as nasionale klubkampioene geseëvier het, asook vanjaar deurgedring het tot die eindstryd van die Gemeen-skapsbeker én het ook onlangs die Murray-beker die nuutste byvoeg-ing tot hul silwerwarekabinet ge-maak. Nadat hy uitgedraf het vir Wes-Transvaal, keer Du Preez na terug Potchefstroom toe ná 26 jaar.

Du Preez en die NWU-Puk span het vanjaar ’n reusagtige taak wat voorlê met die dat verskeie spanne al voor die begin van die toernooi breiers verander het. Die merkwaardigste is die onlangse aanstelling van breier Pote Hu-man wat aangesluit het by die 2013 kampioene, UP-Tuks. Die poel vir kandidtae het glad nie gekort in kaliber nie, voormalige Bokbreier Gert Smal en Matt Proudfoot is ook vir die NWU oorweeg.

Robert du Preez tydens ’n oefensessie. FOTO: rugbyphotographer.org

57-38

Chanté Steyn in aksie. Sy is as speler van Maandagaand se wedstryd aangewys. FOTO: MARIO VAN DE WALL