Skoolsake - Midstream College€¦ · Die graadhoofde, mnr Adrian Hossell en me Carolien Verster,...

5
1 012 661 2341 012 661 2340 [email protected] Skoolsake VANUIT DIE HOOF SE KANTOOR Life is all about perception. Positive versus negative. Whichever you choose will affect and more likely reflect your outcomes. Sonya Teclai – Thegoodvibe.co Ek wil ek graag elke leerder, ouer en onderwyser hartlik terug verwelkom en ʼn geseënde 2020 toewens. My wens is dat elke graadtwaalf se laaste jaar op die Collegebanke pretbelaai en genotvol sal wees. ‘n Spesiale welkomswoord aan elke nuwe graad 9- tot 11-leerder in Midstream College. Ons voornemende graadagts werk nog hard daaraan om volwaardige Midstreamleerders te word. Ek wil ook elke graadagt-ouer uitnooi na hul inhuldigingsfunksie volgende Donderdag, 30 Januarie om 18:30 in die saal. Ek wil voorts ook elke graadagt-ouer uitnooi na die eerste geleentheid om ʼn Koffie-met-Carel-sessie by te woon. Gedurende hierdie informele kuier kry ons die geleentheid om mekaar beter te leer ken en te gesels oor die dinamiese College-omgewing. Die kuier is geskeduleer vir Donderdag 6 Februarie vanaf 07:30 tot 08:30 in die personeelkamer. Laat weet asb. vir Debbi by [email protected] indien u belangstel. Graad 9- tot 12-ouers sal op Donderdag, 13 Februarie die geleentheid kry. Vervolgens wil ek graag die Midstreamklas van 2019 gelukwens met hul uitsonderlike uitslae. Ons is baie trots op hulle 100% slaagsyfer, 99.4% universiteitsgraadvrystelling en hulle 512 onderskeidings. Ons salueer ook graag vir Jordan Fitzjohn met haar 10 onderskeidings – meer detail rondom die uitslae volg later in die nuusbrief. Jordan plus vyf ander matrikulante van 2019 verskyn ook op die onderskeie IEB-topleerderlyste. Terwyl ons op ‘n matriekuitslagnoot is, wil ek graag ‘n paar wanpersepsies besweer. Midstream het al die gemengde staatskole, seunskole en al die privaatskole in die groter Pretoria getroef met ons uitslae. Die onderskeidinggemiddeld per leerder wat amper 3 was, is baie hoër as enige van die genoemde skole. Alhoewel ons trots is op ons toppresteerders is dit die prestasie van die res van die klas van 2019 wat ons opgewonde maak. Voorts druip daar baie selde leerders van graad 8 -11 en is ons deurvloeisyfer van die hoogste in die land. Gerugte dat leerders meer onderskeidings elders sal kry, is deur die uitslae weerlê en die omgekeerde is juis waar. Gedurende 2019 was daar bykans 300 oud-leerders van Midstream College ingeskrewe studente aan die Universiteit van Pretoria alleen. Kontak gerus mnr Leonard Swart, ons akademiese hoof, vir meer inligting en vergelykings rondom ons uitslae. Fokus op die positiewe kant van die lewe in 2020. Carpe diem! Omsendskrywe 01/2020 • 23 Januarie 2020 MIDSTREAM COLLEGE

Transcript of Skoolsake - Midstream College€¦ · Die graadhoofde, mnr Adrian Hossell en me Carolien Verster,...

Page 1: Skoolsake - Midstream College€¦ · Die graadhoofde, mnr Adrian Hossell en me Carolien Verster, is tans nog besig met die graad 8-oriënteringsprogramen en ouers word uitgenooi

1

012 661 2341 012 661 2340 [email protected]

Skoolsake VANUIT DIE HOOF SE KANTOOR

Life is all about perception. Positive versus negative. Whichever you choose will affect and more likely reflect your outcomes.

Sonya Teclai – Thegoodvibe.co

Ek wil ek graag elke leerder, ouer en onderwyser hartlik terug verwelkom en ʼn geseënde 2020 toewens. My wens is dat elke graadtwaalf se laaste jaar op die Collegebanke pretbelaai en genotvol sal wees. ‘n Spesiale welkomswoord aan elke nuwe graad 9- tot 11-leerder in Midstream College. Ons voornemende graadagts werk nog hard daaraan om volwaardige Midstreamleerders te word. Ek wil ook elke graadagt-ouer uitnooi na hul inhuldigingsfunksie volgende Donderdag, 30 Januarie om 18:30 in die saal. Ek wil voorts ook elke graadagt-ouer uitnooi na die eerste geleentheid om ʼn Koffie-met-Carel-sessie by te woon. Gedurende hierdie informele kuier kry ons die geleentheid om mekaar beter te leer ken en te gesels oor die dinamiese College-omgewing. Die kuier is geskeduleer vir Donderdag 6 Februarie vanaf 07:30 tot 08:30 in die personeelkamer. Laat weet asb. vir Debbi by [email protected] indien u belangstel. Graad 9- tot 12-ouers sal op Donderdag, 13 Februarie die geleentheid kry. Vervolgens wil ek graag die Midstreamklas van 2019 gelukwens met hul uitsonderlike uitslae. Ons is baie trots op hulle 100% slaagsyfer, 99.4% universiteitsgraadvrystelling en hulle 512 onderskeidings. Ons salueer ook graag vir Jordan Fitzjohn met haar 10 onderskeidings – meer detail rondom die uitslae volg later in die nuusbrief. Jordan plus vyf ander matrikulante van 2019 verskyn ook op die onderskeie IEB-topleerderlyste. Terwyl ons op ‘n matriekuitslagnoot is, wil ek graag ‘n paar wanpersepsies besweer. Midstream het al die gemengde staatskole, seunskole en al die privaatskole in die groter Pretoria getroef met ons uitslae. Die onderskeidinggemiddeld per leerder wat amper 3 was, is baie hoër as enige van die genoemde skole. Alhoewel ons trots is op ons toppresteerders is dit die prestasie van die res van die klas van 2019 wat ons opgewonde maak. Voorts druip daar baie selde leerders van graad 8 -11 en is ons deurvloeisyfer van die hoogste in die land. Gerugte dat leerders meer onderskeidings elders sal kry, is deur die uitslae weerlê en die omgekeerde is juis waar. Gedurende 2019 was daar bykans 300 oud-leerders van Midstream College ingeskrewe studente aan die Universiteit van Pretoria alleen. Kontak gerus mnr Leonard Swart, ons akademiese hoof, vir meer inligting en vergelykings rondom ons uitslae. Fokus op die positiewe kant van die lewe in 2020. Carpe diem!

Omsendskrywe 01/2020 • 23 Januarie 2020

MIDSTREAM COLLEGE

Page 2: Skoolsake - Midstream College€¦ · Die graadhoofde, mnr Adrian Hossell en me Carolien Verster, is tans nog besig met die graad 8-oriënteringsprogramen en ouers word uitgenooi

2

012 661 2341 012 661 2340 [email protected]

GRAAD 8-LEERDERS Ons graadagts het hul eerste paar dae in die hoërskool oorleef en kan nou daarna uitsien om volwaardige Midstreamers te word. Die graadhoofde, mnr Adrian Hossell en me Carolien Verster, is tans nog besig met die graad 8-oriënteringsprogramen en ouers word uitgenooi om hulle te kontak indien u enige inligting daaroor verlang. Ons wil ook daar herinner dat die graad 8-inhuldiging op Donderdag 30 Januarie om 18:30 in die skoolsaal plaasvind.

SKUBAKURSUS Ons bied weer die jaar ‘n skubakursus aan vir belangstellende leerders. U is welkom om me Michelle van Niekerk ([email protected]) te kontak vir verdere inligting.

Akademie

MATRIEKUITSLAE Die klas van 2019 het die puik uitslae van hulle voorgangers oortref! Die 180 matrieks het ‘n 100%-slaagsyfer behaal en 512 vakonderskeidings ingepalm (2,84 per kandidaat). 99,4% het aan die vereistes vir Baccalaureus-graadstudies aan ‘n universiteit voldoen. Ons is besonder trots op die toppresteerders (aantal onderskeidings in hakies): Jordan Fitzjohn (10), Megan Anderson (9), Lisa Kruyshaar (9), Lizelle Liebenberg (8), Kayla Lombard (8), Christine Maree (8), Karli Smith (8) en Matthew Truter (8). ‘n Verdere tien kandidate het elk sewe A’s behaal. Die volgende leerders het onder die top 1% van alle IEB-kandidate in indiwiduele vakke geëindig: Lisa Kruyshaar (Afrikaans Eerste Addisionele Taal, Lewenswetenskappe, Wiskunde, Toerisme), Jordan Fitzjohn (Afrikaans Eerste Addisionele Taal, Toerisme), Matthew Truter (Rekeningkunde, Fisiese Wetenskappe), Marcel Blignaut (Afrikaans Eerste Addisionele Taal, Geografie), Ariana Naudé (Afrikaans Eerste Addisionele Taal, Ingieneursgrafika en Ontwerp), Tishca de Coning (Afrikaans Huistaal, English First Additional Language), Stefan Alberts (Afrikaans Eerste Addisionele Taal, Wiskunde), Mart Kotzé (Afrikaans Eerste Addisionele Taal, Lewensoriëntering), Lize van Schalkwyk (Afrikaans Eerste Addisionele Taal), Lizelle Liebenberg (Afrikaans Eerste Addisionele Taal), Kayla Lombard (Afrikaans Eerste Addisionele Taal), Zabeth Wessels (Afrikaans Eerste Addisionele Taal), Donald van der Westhuizen (Afrikaans Eerste Addisionele Taal), Cathrine Oelschig (Afrikaans Eerste Addisionele Taal), Gunther de Coning (Rekenaartoepassingstegnologie), Willie Schoeman (Ingenieursgrafika en Ontwerp), Zander Reynders (Ingenieursgrafika en Ontwerp), Liandri du Toit (English First Additional Language), Christine Maree (English First Additional Language), Chelsea van Antwerp (Lewensoriëntering), Rynhard Fourie (Wiskunde), Winelie Niemand (Toerisme) en Mandi Janse van Rensburg (Toerisme). Daarbenewens is Jordan, Gunther, Tishca, Lisa, Wilnelie and Matthew op die IEB se Toppresteerderslys met hulle skitterprestasies. Dit is die derde meeste van alle IEB-skole. (Besoek ons webtuiste vir meer besonderhede.)

HALFJAAR- EN EINDJAAREKSAMENS U aandag word daarop gevestig dat beide dié eksamens tot aan die einde van die kwartaal strek (sien skooldagboek) en dat alle leerders op daardie dag sal skryf. Ouers wat oorsese vakansies beplan, moet veral hierop let, aangesien geen leerder vir vakansiedoeleindes van geskeduleerde eksamens verskoon kan word nie. U samewerking in die verband word waardeer.

Page 3: Skoolsake - Midstream College€¦ · Die graadhoofde, mnr Adrian Hossell en me Carolien Verster, is tans nog besig met die graad 8-oriënteringsprogramen en ouers word uitgenooi

3

012 661 2341 012 661 2340 [email protected]

SELFONE Leerders word toegelaat om fone skool toe te bring, maar die selfone mag nie meer tydens akademiese klasse sigbaar wees nie. Die fone moet gedoof wees en in die tasse gebêre word. Selfone mag dus nie as akademiese toestelle gebruik word nie, daarvoor het leerders ‘n tabletrekenaar nodig. U samewerking in dié verband sal waardeer word aangesien die fone ‘n groot aandagafleier is.

EKSTRA KLASSE Alle personeellede is op Maandae van 14:15 tot 15:15 beskikbaar om leerders met akademiese navrae te help.

Kultuur

KULTUURINLIGTING Ons het reeds afgeskop met die oudisies vir ons produksie later die jaar. Indien u meer inligting verlang oor oudisies, kompetisies en algemene inligting, kan u die skoolwebblad besoek.

ERKENNING AAN BUITE-SKOOLAKTIWITEITE: KULTUUR Ons wil graag erkenning gee aan leerders wat aan buite-skoolkultuuraktiwiteite deelneem en presteer. Stuur asseblief enige bewyse, inligting, sertifikate, trofeë en/of medaljes aan me Danelle du Preez ([email protected]).

REDENAARS Ons is tans druk besig met die interne redenaarskompetisies. Inskrywings vir eksterne redenaarskompetisies word beperk en daarom sal daar voorkeur aan leerders gegee word wat aan die interne kompetisies deelgeneem het. Die datums vir die interne redenaarskompetisies is:

Maandag 27 Januarie Afrikaans onvoorbereid Donderdag 30 Januarie Engels onvoorbereid Woensdag 5 Februarie Engels Voorbereid Donderdag 6 Februarie Afrikaans voorbereid

Vir verdere navrae kan die volgende personeel gekontak word: Afrikaansredenaars me Sharon de Bod ([email protected]) English Orators me Caitlin Page ([email protected])

Sport Die atletiek is reeds in volle swang met die interhuis wat Dinsdag afgehandel is en die eerste byeekoms wat more in die UJ-stadion plaasvind. Let asseblief daarop dat die skool more (Vrydag) weens die byeenkoms in Johannesburg om 13:00 sluit. Die krieketeerstespan asook die o. 15-span het reeds tydens die afgelope vakansie aan die Woerieweek en ‘n toernooi by Hoërskool Nelspruit onderskeidelik deelgeneem en is ook reeds voluit aan die gang met ‘n

Page 4: Skoolsake - Midstream College€¦ · Die graadhoofde, mnr Adrian Hossell en me Carolien Verster, is tans nog besig met die graad 8-oriënteringsprogramen en ouers word uitgenooi

4

012 661 2341 012 661 2340 [email protected]

T20-toernooi en die Finsburyreeks. Die interhuisswem en –atletiek is reeds afgehandel en more vind die eerste atletiekbyeenkoms in Johannesburg plaas. Sterkte aan die eerste- en o.15-krieketspanne wat die naweek teen Potchefstroom Gimnasium onderskeidelik tuis en weg speel.

KRIEKET Opponent Uitslag Kommentaar

1ste SPAN Kempton Park (T20) (Woerieweek)

Midstream 122/9 Kempton Park 123/5 Verloor met 5 paaltjies

Divan Esterhuizen 68 lopies

EG Jansen (T20) (Woerieweek)

Midstream 108/6 EG Jansen 109/5 Verloor met 5 paaltjies

Hans Moore (Woerieweek)

Hans Moore 279/3 Midstream 167 Verloor met 112 lopies

Guy Brett 59 lopies

Centurion Ibbies (Woerieweek)

Centurion 52 Midstream 53/4 Wen met 6 paaltjies

Muller Strauss 3 /4 in 2 beurte

Nelspruit (Woerieweek)

Nelspruit 99 Midstream 101/3 Wen met 7 paaltjies

Guy Brett 2/6 in 5 beurte; 50 lopies n.u.n.

Marais Viljoen (T20) (Woerieweek)

Marais Viljoen 122 Midstream 109/6 Verloor met 13 lopies

Divan Esterhuizen 4/17 in 4 beurte Sohan Rugbar 56 lopies

o.15 SPAN Hoërskool Hans Moore Midstream 160/5

Hans Moore 153 Wen met 7 lopies

Jeanre Lourens 46 lopies Xander Senekal 22 lopies Christiaan Maré 2/23 in 8 beurte Iwan van Eeden 2/38 in 9 beurte

Uplands College Uplands 137 Midstream 139/6 Wen met 4 paaltjies

Jacques Vlok 4/20 in 9 beurte Jonathan Muller 25 lopies n.u.n. Jeanre Lourens 17 lopies n.u.n.

Nelspruit Midstream 93 Nelspruit 94/7 Verloor met 3 paaltjies

Jacques Vlok 17 lopies

TENNIS Baie geluk aan Christiaan Grové wat GE dubbelspel gewen het; Isabella Basson wat tweede geëindig het in TSA se o.16-dubbelstoernooi en die enkelspel gewen het. Geluk ook aan Devin Badenhorst wat ‘n tweede ITF-oorwinning behaal het asook ‘n oorwinning in die J4 in Kenia.

ERKENNING AAN BUITE-SKOOLAKTIWITEITE: SPORT Ons wil graag erkenning gee aan leerders wat aan buite-skoolsportaktiwiteite deelneem en presteer. Stuur asseblief enige bewyse, inligting, sertifikate, trofeë en/of medaljes aan mnr Hans van Vreden ([email protected]).

Page 5: Skoolsake - Midstream College€¦ · Die graadhoofde, mnr Adrian Hossell en me Carolien Verster, is tans nog besig met die graad 8-oriënteringsprogramen en ouers word uitgenooi

5

012 661 2341 012 661 2340 [email protected]

Algemeen

SPRINGFEST Ons jaarlikse fees vind op Saterdag, 12 September, plaas. Ons het reeds ‘n sterbelaaide program bespreek. Hou hierdie dag oop op u kalender aangesien u beslis gaan uitmis indien u nie die dag saam met ons spandeer nie.

KOMMUNIKEER MET ONS U kan met ons kommunikeer of alle omsendskrywes, sowel as ander belangrike inligting, vind by

www.midstreamcollege.co.za

Facebook (soek Midstream College)

Instagram (midstream_college)

VOLGENDE NUUSBRIEF Donderdag, 6 Februarie 2020