Omsendskrywe 14/2020 • 21 Mei 2020 Skoolsake ......getref kan word. Aankoms en sifting Die...

5
1 012 661 2341 012 661 2340 [email protected] Skoolsake VANUIT DIE HOOF SE KANTOOR We must accept finite disappointment, but never lose infinite hope. Martin Luther King, Jr. Ek het verlede jaar in my Kersboodskap baie na hoop verwys, min wetende hoe belangrik en relevant hoop in 2020 gaan wees. Mag julle lewens met hierdie oneindige hoop van dr King gevul word. Dit was gister reeds tien weke sedert die skool vir ons Paasvakansie gesluit het. Min het ons toe geweet dat baie interessante en uitdagende tye vir ons wag. Ons sien met groot afwagting uit na eerskomende Maandag wanneer die matrieks weer terugkeer skool toe. Ons veiligheidsprotokol vir leerders wat terugkeer skool toe, sal volgende week deeglik beproef en verfyn word en is vir u inligting aangeheg. Ek wil graag ‘n beroep op ons ouers doen om jul kinders te motiveer om skool toe te kom om vrese, onsekerhede en angstigheid wat na so ‘n lang afwesigheid ontstaan het uit die weg te ruim. Vrese vir die virus, onsekerheid rondom vriende, distansiëring, maskers, haarstyle en baie meer dra in afsondering onder meer by tot hierdie gevoel van onsekerheid. Ek wys julle daarop dat ons vanaf Maandag wintersdrag sal dra en dat klasse se deure en vensters vir voldoende ventilasie, permanent oop gaan wees. Klasse gaan verfrissend koud wees. Leerders moet steeds hul skoolklere met trots dra en sover moontlik netjies wees. Ons wil sterk aanbeveel dat julle eers vanaf 07:30 skool-toe kom om die siftingsproses te vergemaklik. Hek 7 by die E-blok sal die enigste hek wees wat oop gaan wees en sal reeds om 07:00 oopmaak (ongelukkig sal geen hekke vanuit die estate oop wees nie). Leerders wat reeds vroeër afgelaai word, sal van hek 9 (die motorhek) gebruik kan maak waar hulle getoets sal word. Die veiligheidskomitee van die twee laerskole en die hoërskool het al ‘n geruime tyd vergader en vele vergaderings later is ‘n Midstream-veiligheidsprotokol opgestel wat ons glo jul kinders en die personeel sal beskerm. Die College is by meer as een geleentheid reeds deeglik skoongemaak en ontsmet en dit sal vanaf volgende week twee keer per dag geskied. Niemand behalwe College-personeel en leerders sal op die kampus toegelaat word nie. Indien u dringend ‘n onderwyser wil sien, sal dit slegs per vooraf afspraak kan geskied. Weens veiligheidsredes sal ons ongelukkig ook geen aflewerings vir leerders of personeel by die kantoor aanvaar nie. Help ons asseblief om u kind veilig te hou. Ons wag vir die groen lig vanaf die regering rakende die infasering van die ander grade vanaf 8 Junie en meer besonderhede sal volg sodra daar meer duidelikheid is. Ek is steeds positief dat al ons leerders voor die wintervakansie weer die binnekant van die skool sal sien, alhoewel net twee grade per dag. Ek het twee Koffie-met-Carel- Zoomsessies vir Donderdag, 4 Junie om 07:30 en 08:45 geskeduleer om meer inligting deur te gee en om u onsekerhede en vrae aan te spreek. Kontak asseblief Debbi by [email protected] vir ‘n uitnodiging en dui u voorkeurtyd duidelik aan. Bly positief, bly veilig, koester steeds u geliefdes en ontdek die helder lig van innerlike krag en hoop Omsendskrywe 14/2020 • 21 Mei 2020 MIDSTREAM COLLEGE

Transcript of Omsendskrywe 14/2020 • 21 Mei 2020 Skoolsake ......getref kan word. Aankoms en sifting Die...

1

012 661 2341 012 661 2340 [email protected]

Skoolsake VANUIT DIE HOOF SE KANTOOR

We must accept finite disappointment, but never lose infinite hope. Martin Luther King, Jr.

Ek het verlede jaar in my Kersboodskap baie na hoop verwys, min wetende hoe belangrik en relevant hoop in 2020 gaan wees. Mag julle lewens met hierdie oneindige hoop van dr King gevul word. Dit was gister reeds tien weke sedert die skool vir ons Paasvakansie gesluit het. Min het ons toe geweet dat baie interessante en uitdagende tye vir ons wag.

Ons sien met groot afwagting uit na eerskomende Maandag wanneer die matrieks weer terugkeer skool toe. Ons veiligheidsprotokol vir leerders wat terugkeer skool toe, sal volgende week deeglik beproef en verfyn word en is vir u inligting aangeheg. Ek wil graag ‘n beroep op ons ouers doen om jul kinders te motiveer om skool toe te kom om vrese, onsekerhede en angstigheid wat na so ‘n lang afwesigheid ontstaan het uit die weg te ruim. Vrese vir die virus, onsekerheid rondom vriende, distansiëring, maskers, haarstyle en baie meer dra in afsondering onder meer by tot hierdie gevoel van onsekerheid.

Ek wys julle daarop dat ons vanaf Maandag wintersdrag sal dra en dat klasse se deure en vensters vir voldoende ventilasie, permanent oop gaan wees. Klasse gaan verfrissend koud wees. Leerders moet steeds hul skoolklere met trots dra en sover moontlik netjies wees. Ons wil sterk aanbeveel dat julle eers vanaf 07:30 skool-toe kom om die siftingsproses te vergemaklik. Hek 7 by die E-blok sal die enigste hek wees wat oop gaan wees en sal reeds om 07:00 oopmaak (ongelukkig sal geen hekke vanuit die estate oop wees nie). Leerders wat reeds vroeër afgelaai word, sal van hek 9 (die motorhek) gebruik kan maak waar hulle getoets sal word.

Die veiligheidskomitee van die twee laerskole en die hoërskool het al ‘n geruime tyd vergader en vele vergaderings later is ‘n Midstream-veiligheidsprotokol opgestel wat ons glo jul kinders en die personeel sal beskerm. Die College is by meer as een geleentheid reeds deeglik skoongemaak en ontsmet en dit sal vanaf volgende week twee keer per dag geskied. Niemand behalwe College-personeel en leerders sal op die kampus toegelaat word nie. Indien u dringend ‘n onderwyser wil sien, sal dit slegs per vooraf afspraak kan geskied. Weens veiligheidsredes sal ons ongelukkig ook geen aflewerings vir leerders of personeel by die kantoor aanvaar nie. Help ons asseblief om u kind veilig te hou.

Ons wag vir die groen lig vanaf die regering rakende die infasering van die ander grade vanaf 8 Junie en meer besonderhede sal volg sodra daar meer duidelikheid is. Ek is steeds positief dat al ons leerders voor die wintervakansie weer die binnekant van die skool sal sien, alhoewel net twee grade per dag. Ek het twee Koffie-met-Carel- Zoomsessies vir Donderdag, 4 Junie om 07:30 en 08:45 geskeduleer om meer inligting deur te gee en om u onsekerhede en vrae aan te spreek. Kontak asseblief Debbi by [email protected] vir ‘n uitnodiging en dui u voorkeurtyd duidelik aan. Bly positief, bly veilig, koester steeds u geliefdes en ontdek die helder lig van innerlike krag en hoop

Omsendskrywe 14/2020 • 21 Mei 2020

MIDSTREAM COLLEGE

2

012 661 2341 012 661 2340 [email protected]

It is only in our darkest hours that we may discover the true strength of the brilliant light within ourselves that can never, ever, be dimmed. Doe Zantamata

Doe Zantamata is ‘n skrywer, kunstenaar en fotograaf. Sy het onder ander die boekereeks: Happiness in Your Life uitgegee. Sy is baie bedrywig op verskeie sosiale platforms waar sy motiveringswerk doen.

Dr Martin Luther King Jr. (1929-1968) was ‘n Amerikaanse predikant en aktivis asook die gesig van die menseregtebeweging in Amerika vanaf 1955 tot sy sluipmoord in 1968.

COVID-19-LEERDERPROTOKOL Voor aankoms by skool Gr.12-ouers moet asseblief reeds die nodige vrae op die ouerportaal by die huis voltooi voordat leerders

Maandag 1 Junie by die skool aanmeld. 1. Volg die skakel na die ouerportaal, https://midstream.ed-space.net/parentportal.cfm en teken met u

Ouer-ID en wagwoord in. 2. Klik op die student-tab en klik op die foto van u graad 12-leerder. 3. Beweeg na die COVID19- tab en voltooi die 4 vrae in die aftrekmenu. “Submit” asseblief u antwoord

op elke vraag afsonderlik.

Ouers moet asseblief vir me Debbi Westwood by [email protected]) by die skool in kennis stel indien enige van die inligting vorentoe verander.

Algemeen Ouers moet asseblief die nodige dokumentasie (komorbiditeitsvorm) reeds by die huis voltooi en aan die

registeronderwyser e-pos.

Afwesige leerders moet soos in die verlede direk met die registeronderwyser gekommunikeer word.

Alle personeel (onderrig en nie-onderrig), leerders en enige besoekers is onderhewig aan die beroepsgesondheids- en veiligheidsregulasies ten opsigte van die Covid-19-beperkingsmaatreëls.

Die dra van ‘n lapmasker op die korrekte voorgeskrewe manier is te alle tye by die skool verpligtend. Niemand sal op die skoolterrein toegelaat word sonder ‘n masker nie.

Die beginsel van sosiale distansiëring moet te alle tye in die klasse en op die terrein toegepas word.

Die gereelde en deeglike was van die hande is belangrik.

Indien leerders enige griep-, verkoue- of Covid-19-simptone toon, moet die skool verwittig word en moet die leerder tuis bly en ‘n mediese praktisyn gekontak word.

Ouers van leerders wat enige onderliggende siektetoestande(komorbiditeite) het, moet die skool skriftelik verwittig en met die nodige dokumente voorsien sodat alternatiewe reëlings, waar moontlik, getref kan word.

Aankoms en sifting Die skoolingang vir die leerders is beperk tot hek 7 by die E-blok. Vanaf 7:00 sal personeel beskikbaar

wees vir die sifting van leerders. Die leerder se temperatuur sal gemeet word en dan sal die hande met reiniger ontsmet word. Die korrekte afstand tussen persone moet te alle tye gehandhaaf word. Al die hekke word om 8:00 gesluit tot die skool uitkom waarna dit om 14:00 weer gesluit word.

Leerders wat voor 7:00 by die skool arriveer, moet by hek 9 aanmeld vir sifting.

Na die siftingsproses gaan leerders na hul registerklas op die eerste dag van skool waar die onderwyser kontrole sal hou en die leerders sal oriënteer oor die Covid-19-maatreëls by die skool en die aangepaste skoolprogram.

Vanaf die tweede dag gaan leerders direk na hul eerste periode vir klas.

Indien ‘n leerder nie die siftingstoets slaag nie, sal hy/sy na ‘n lokaal (G4) geneem word wat spesiaal hiervoor voorberei is waar hy/sy weer getoets sal word. Indien die leerder se koors steeds hoog is, sal met die leerders se ouers in aanraking gekom word om die leerder te kom haal en die leerder te versorg.

3

012 661 2341 012 661 2340 [email protected]

Interaksie in die klaskamer Leerders moet ʼn masker dra voor hulle in die klaskamer toegelaat word.

Personeel sal elke leerder se hande ontsmet voordat hulle in die klas toegelaat word.

Leerders mag ook hulle eie ontsmettingsmiddels gebruik mits dit aan die vereistes voldoen.

Sosiale afstand sal met die in- en uitbeweeg in die klas asook in die organisering van die lessenaars in klas toegepas word.

Leerders word versoek om ook al hul apparaat soos tabletrekenaars , penne ens. voortdurend na gebruik te ontsmet en dit nie uit te leen nie.

Leerderdissipline in die klaskamer is uiters belangrik, en identifiseer dus wat van hulle vereis word om hulle veiligheid te verseker.

Sleg die personeellid in die klas mag die deur en vensters oop- en toemaak. Alhoewel dit winter is, moet die venters en deure oop wees vir voldoende ventilasie. Tref voorsorg daarteen deur genoeg warm klere aan te trek.

Vermy onnodige kontak aan enige oppervlaktes soos vensterrame, deure en handreëlings. Dis waar die meeste kieme oorgedra word.

Klaswisseling Leerders sal klasse wissel soos in opdrag van en onder die klasonderwyser se beheer.

Die dra van masker, sosiale distansiëring is ook van toepassing tydens klaswisseling.

Leerders moet tydens klaswisseling die heeltyd links hou.

Die trappe is vir eenrigtingbeweging. Die trappe sal op-trappe of af-trappe wees en duidelik gemerk wees. Die E-blok se trappe sal bv. slegs af-trappe wees. Hou asseblief hierby.

Leerders se hande sal weer voordat die volgende periode begin, ontsmet word.

Vermy tydens wisseling onnodige kontak met oppervlaktes soos handreëlings en ander oppervlaktes.

Was jou hande deeglik en gereeld waar moontlik.

Pouse Sosiale distansiëring moet ook streng tydens pouse toegepas word.

Persoonlike kontak tussen leerders is verbode.

Samedromming in die snoepie en by toilette moet vermy word en sal sosiale afstand en beheer streng toegepas word.

Nie meer as drie leerders mag gelyktydig in die toilette wees nie.

Hande sal na pouse voor die volgende klas begin, weer ontsmet word.

Daaglikse skoonmaakroetines en afvalbestuur Klaskamers sal twee keer ‘n dag deur toegewysde personeel ontsmet word.

Voorwerpe en oppervlaktes wat gereeld gebruik en aangeraak word, sal daagliks skoongemaak en ontsmet word.

Afval van afvalhouers sal weggegooi word in plastieksakke en verseël word voordat dit in die algemene afval vir vuilgoedverwydering gegooi word.

ALGEMENE DISSIPLINE EN VOORKOMS Midstream College is trots op ons leerders se algemene dissipline en voorkoms en stel dit hoog op prys. Die verwagte terugkeer van ons leerders laat egter ‘n paar vrae ontstaan oor aspekte soos skooldrag, hare en algemene voorkoms:

Amptelike skoolwintersdrag word gedra. Leerders het ook die keuse om met die amptelike skoolsweetpak skool by te woon. Die klere mag egter nie gekombineerd gedra word nie.

In die lig van die voorskrifte ten opsigte van ventilasie in die klasse moet leerders veral voorsorg tref vir die koue klasse deur behoorlike warm onderklere aan te trek.

4

012 661 2341 012 661 2340 [email protected]

Seuns moet steeds daagliks skoongeskeer wees, maar ons besef haarlengte bied weens die inperkingsreëls ‘n uitdaging. Ons versoek dat ouers waar moontlik self ‘n plan met seuns se hare sal probeer maak. Ons besef egter dat gewone haarreëls nie op die oomblik toegepas kan word nie, alvorens haarkappers en barbiere toegelaat word om besigheid te doen. Help asb. om alle leerders se hare so netjies moontlik te versorg wanneer hulle skooldrag dra! Geen maskers sal hierdie kwartaal deur die skool verskaf word nie. Die skool sal ‘n opname onder die leerders en personeel maak om te bepaal wat die behoeftes en voorkeure is en dan sal ‘n besluit met die oog op eenvormige maskers vir kwartaal 3 geneem word. Intussen moet leerders dus hul eie masker van voorkeur dra, sonder dat die motief op die masker enige beelde of taalgebruik bevat wat die Gedragskode sal oortree. Ons versoek alle leerders en ouers se samewerking en inkoop in hierdie uitsonderlike tye om steeds ons College se waardes en gesonde dissipline met trots uit te leef.

Akademie ALGEMEEN Wanneer die graad 8- tot 11-leerders later hierdie kwartaal terugkeer skool toe, sal hulle geen toetse skryf nie. Die toetsrooster sal hersien word, en hulle sal eers weer in die derde kwartaal begin toetse skryf. Ons moedig leerders aan om skool toe te kom sodra die inperkingsregulasies dit toelaat, nietemin sal onderwysers steeds leermateriaal op miEbooks en Google Classroom laai. Veral die graad 12’s sal groot baat daarby vind om skool toe te kom, aangesien hulle aanlynskool stelselmatig afgeskaal gaan word.

INPERKINGSROOSTER: WEEK 8

Maa

nd

ag 1

Ju

nie

Les Tyd GR. 8 GR. 9 GR. 10 GR. 11 Les Tyd GR. 12 1 08:00-08:40 ENF/ENH AFH/AFE WSK & WSG AFH/AFE Register 08:00-08:10

DAG 1

2 08:40-09:20 WSK ENF/ENH AFH/AFE ENF/ENH 1 08:10-08:50

3 09:20-10:00 AFH/AFE WSK ENF/ENH WSK & WSG 2 08:50-09:30

4 10:00-10:15 LO LO LO LO 3 09:30-10:10

Pouse 10:15-11:15 4 10:10-10:50

5 11:15-11:50 RTT SKK Keusevak 2 Keusevak 2 Pouse 10:50-11:30

6 11:50-12:25 SKK TEG Keusevak 3 Keusevak 3 5 11:30-12:10

7 12:25-13:00 TEG RTT Keusevak 1 Keusevak 1 6 12:10-12:50

7 12:50-13:30

Din

sdag

2 J

un

ie 1 08:00-08:40 AFH/AFE WSK ENF/ENH WSK & WSG 1 08:00-08:50

DAG 2

2 08:40-09:20 ENF/ENH AFH/AFE WSK & WSG AFH/AFE 2 08:50-09:30

3 09:20-10:00 WSK ENF/ENH AFH/AFE ENF/ENH 3 09:30-10:10

Pouse 10:00-11:00 4 10:10-10:50

4 11:00-11:40 REK FWT Keusevak 1 Keusevak 1 Pouse 10:50-11:30

5 11:40-12:20 GSK REK Keusevak 2 Keusevak 2 5 11:30-12:10

6 12:20-13:00 FWT GSK Keusevak 3 Keusevak 3 6 12:10-12:50

7 12:50-13:30

Wo

en

sdag

3 J

un

ie 1 08:00-08:40 WSK ENF/ENH AFH/AFE ENF/ENH 1 08:00-08:50

DAG 3

2 08:40-09:20 AFH/AFE WSK ENF/ENH WSK & WSG 2 08:50-09:30

3 09:20-10:00 ENF/ENH AFH/AFE WSK & WSG AFH/AFE 3 09:30-10:10

4 10:00-10:15 LO LO LO LO 4 10:10-10:50

Pouse 10:15-11:15 Pouse 10:50-11:30

5 11:15-11:50 BST LWT Keusevak 3 Keusevak 3 5 11:30-12:10

6 11:50-12:25 LWT GEO Keusevak 1 Keusevak 1 6 12:10-12:50

7 12:25-13:00 GEO BST Keusevak 2 Keusevak 2 7 12:50-13:30

Les Tyd GR. 8 GR. 9 GR. 10 GR. 11 Les Tyd GR. 12

Do

nd

erd

ag 4

Jun

ie

1 08:00-08:40 ENF/ENH AFH/AFE WSK & WSG AFH/AFE 1 08:00-08:50

DAG 4

2 08:40-09:20 WSK ENF/ENH AFH/AFE ENF/ENH 2 08:50-09:30

3 09:20-10:00 AFH/AFE WSK ENF/ENH WSK & WSG 3 09:30-10:10

Pouse 10:00-11:00 4 10:10-10:50

4 11:00-11:30 GSK FWT Keusevak 2 @ Keusevak 2 @ Pouse 10:50-11:30

5 11:30-12:00 FWT REK Keusevak 3 @ Keusevak 3 @ 5 11:30-12:10

5

012 661 2341 012 661 2340 [email protected]

6 12:00-12:30 TEG GSK Keusevak 1 @ Keusevak 1 @ 6 12:10-12:50

7 12:30-13:00 REK TEG 7 12:50-13:30

Les Tyd GR. 8 GR. 9 GR. 10 GR. 11 Les Tyd GR. 12

Vry

dag

5 J

un

ie

1 08:00-08:40 AFH/AFE WSK ENF/ENH WSK & WSG 1 08:00-08:50

DAG 5

2 08:40-09:20 ENF/ENH AFH/AFE WSK & WSG AFH/AFE 2 08:50-09:30

3 09:20-10:00 WSK ENF/ENH AFH/AFE ENF/ENH 3 09:30-10:10

4 10:00-10:15 LO LO LO LO 4 10:10-10:50

Pouse 10:15-11:15 Pouse 10:50-11:30

5 11:15-11:50 BST LWT Keusevak 1 Keusevak 1 5 11:30-12:10

6 11:50-12:25 LWT GEO Keusevak 2 Keusevak 2 6 12:10-12:50

7 12:25-13:00 GEO BST Keusevak 3 Keusevak 3 7 12:50-13:30

@ Tye dieselfde as Dinsdag

KOMMUNIKEER MET ONS U kan met ons kommunikeer of alle omsendskrywes, sowel as ander belangrike inligting, vind by

www.midstreamcollege.co.za

Facebook (soek Midstream College)

Instagram (midstream_college)

VOLGENDE NUUSBRIEF Donderdag, 4 Junie 2020