iin hierdie uitgawe n hierdie...

24

Transcript of iin hierdie uitgawe n hierdie...

2 slingervel februarie 2013

REDAKTEURDr Nico vd Merwe

e-pos: [email protected]

Tipografi e en uitlegJoey Fourie

e-pos: [email protected]

MEDEWERKERSDr. Nico van der Merwe

Oordenkings vir tieners en laerskoolkindersMarina Kotze

Junior Rubrieke en PenmaatsRiana Jonker

VerjaardaghoekieSusan Lourens

BoekebladTersia van der Merwe en Rina

Myburgh Blokkiesraaisels en Kopkrappers

Attie VenterWetenskap-Artikels

Rika du Plessis en Sophia van der Walt

Stories

Artikelskrywers dié uitgaweDr. Nico van der Merwe

Basjan

Eienaars en uitgewersDeputate vir Kerklike Tydskrifte

Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaPosbus 20008, Noordbrug 2522

DrukkersV & R Drukkery

Tel. 012 333 2462

IntekeningAdministratiewe BuroAfdeling Publikasies

Posbus 20008, Noordbrug 2522Tel: 018 297 3986

IntekengeldR177,00 per jaar

(posgeld en BTW ingesluit)

AdvertensietariefOp aanvraag beskikbaar

by Wymie du Plessis, tel. 018 297 3986

Die RedakteurPosbus 6433, Flamwood 2572

Bydraes en briewePosbus 6433,

Flamwood 2572

Jaargang 54 Nommer 943,

Februarie 2013

ISSN 0037 685 X

in hierdie uitgawe ...in hierdie uitgawe ...3 Die redakteur skryf4 Verjaardaghoekie6 Spreuke vir die

tiener verklaar7 Bybelleesrooster

vir Maart8 Oordenkings vir

laerskoolkinders10 Wanneer blare

gesels12 Kasteelmeisie

(slot)

14 Totsiens, Jessica, totsiens

16 'n Wonderlike estuarium (1)

18 Blokkiesraaisel 444

19 Boekeblad22 Oordenkings vir

tieners24 Hoe lyk dit op

Mars?Slingervel, Jaargang 54

Nommer 943, Februarie 2013

slingervel februarie 2013 3

Die redakteur skryf ...

Slingervel se adresse

[email protected] Posbus 6433, Flamwood 2572Tel/faks 018 468 1782

“Die vere maak die voël” is ’n Afrikaanse idioom wat iets van ’n mens se kleredrag sê. Dit be-

teken: ’n Mens word na sy uiterlike beoordeel. Vir die moderne tyd waarin ons lewe, beteken dit dat jy beoordeel word aan die klere wat jy dra. In Engels sê ons: Fine feathers make fi ne birds. As dit oor ’n tiener se kleredrag gaan, is daar baie wat sê: “Liewer dood as uit die mode.”

As ons oor die mode praat, is ons besig met iets wat in ’n oogwink kan verander, om oor ’n paar maande weer ’n gedaanteverwisseling te onder-gaan. ’n Modegier is nie iets wat baie lank dieselfde bly nie, dit verwissel en verander gedurig. As ons dink aan kleredrag en modegiere, hoef daar nie ’n reg of ’n verkeerd te wees nie. Wat kleredrag be-tref, sê die Christen dat God ons beveel om klere te dra waardeur ons liggaam bedek word. Dit is ’n on veranderlike beginsel wat uit die Bybel kom (Gen. 2:35; 3:7 & 21).

Watter soort klere jy aantrek, is ’n praktiese saak. Daarom trek ons klere aan wat by die geleentheid pas. Sportklere op die sportveld. Swemklere in die swembad. Skoolklere in die skool. Veldklere vir die staproete. Spogklere vir die matriekafskeid. Speel-klere saam met Saterdag se kuiermaats. Stemmige klere vir Sondag se erediens. ’n Mens kan jou deur jou kleredrag met sekere groepe mense identifi seer. Jy kan uitdagend-skamele klere dra wat so min as moontlik bedek, dan identifi seer jy jou met seksueel-losbandige mense. Jy kan verslonsde klere dra wat jou dalk met dwelmslawe mag identifi seer. Jou klere-drag moet egter jou karakter uitbeeld. Kleredrag moet die sigbare simbool wees van jou diep innerlike. In alle opsigte, in watter praktiese situasie jy ook al

mag wees, op die sportveld, op die strand, langs die swembad, by ’n deftige dinee, tydens ’n tienerpartytjie, as jy en jou ou of meisie uitgaan, tydens die erediens in die kerk, oral en altyd moet dit in jou kleredrag sigbaar word dat jy ’n kind van God is (1 Kor. 10:31; Pred. 12:13). Jou kleredrag moet altyd spreek van goeie smaak, maak nie saak waar en watter klere jy dra nie. God wil dat die vroulike en manlike liggaam sodanig bedek is dat dit nie tot seksuele sonde sal lei nie (1 Tim. 2:9-10).

Dit is nie verkeerd om die mode van jou tyd te volg nie. Daar is vir die Christentiener een vereiste wat nie kan verander nie, naamlik: jou kleredrag moet ooreenstem met God se wil. Dit is hoekom prostitute anders aantrek as gelowige vroue en homoseksuele ook soms aan hulle kleredrag uitgeken word. Onthou, ten opsigte van jou kleredrag is dit ’n vereiste dat jy eers na God se voorskrifte sal kyk, en daarná eers by die modegier van die tyd sal aansluit. Dit is be-langriker om aan God gehoorsaam te wees as enig-iets anders. Laat God in sy Woord vir jou die rig snoer wees ten opsigte van die klere wat jy dra. SV

4 slingervel februarie 2013

verjaardag

hoeki

e

Die volgende maats verjaar gedurende

FEBRUARIE 2013. Baie geluk aan elkeen van

julle en geniet die dag saam met julle ouers en maats. Daar is hierdie maand nie minder nie as 3 tweelinge in die verjaardaggroep!

Kyk of julle die maats kan identifi seer.As jy nog nie ingeskryf is as Velliemaat

nie, skryf aan my, my adres is Posbus 614, Paardekraal

1752, of e-pos [email protected]

Groete, Tannie Riana Jonker

1 CA Muller (Heilbron), Heinrich Venter (Middelburg Mpu-malanga), Hendrik Prinsloo (Kleinmond), Kaylin Erasmus

(George), Leana Reinecke (Ermelo), Nicole Grobler (Lydenburg), Sanmari Steyn (Warmbad), Sune van Niekerk (Potchefstroom-Oos), Susan van Ronge (Randburg).

2 André du Plessis (Potchefstroom-Oos), Berton de Bruin (Laeveld), Cailyn Petric (Brackenhof), Cassie van Wyk

(Krugersdorp), CJ Minnaar (Bergbron), Inge Roets (Bloemfontein-Suid), Jaco van de Vyver (Bergbron), Jandré Coetzee (Lichtenburg), Janieke Prinsloo (Kleinmond), Jan no van Veelen (Pretoria Wonderboom-Suid), Kabelo Mo koena (Randburg), Nina Novella (Randburg), Suné Botha (Rustenburg).

3 Abbigail Botha (George), AJ du Plessis (Buff eldoorns), Anru van Rooy (Randburg), Carmen Engelbrecht (Ka thu), Christi na

Reti ef (Secunda), Coenie Labuschagne (Van derbijlpark-Trinitas), Danie Roets (Messina), Marius van der Westhuizen (Ermelo), Mirelle Wandrag (Randburg), Thys Eloff (Magol), Welisha Muller (Vanderbijlpark-Trini tas), Xaviër Kearns (Benoni).

4 Jadene Sivell (Randburg).

5 Christopher Olsen (?), Danelle Aucamp (Lydenburg), De-han Gouws (Vereeniging-Oos), Henko Louw (Se cunda),

Isabel Pretorius (Magol), John-Ott o Lonergan (Wel kom-Noord),

Marko Werkman (Potchefstroom-Oos), Philip Labuschagne (Port Elizabeth).

6 Alexa van der Merwe (Kaapstad), Cherise van Niekerk (Welkom-Noord), Estelle Marx (Burgersdorp), Jacobus

Cronje (Kathu), Jonathan Nieman (Waterkloofrand), Leon Moller (Heilbron), Marti ens Venter (Potchefstroom-Die Bult), Minke Badenhorst (Kathu).

7 DJ van der Walt (Bloemfontein-Suid), Drico Marx (Se-cunda), Eddie (jr) Coetsee (Potchefstroom-Oos), Fre derik

van Deventer (Randburg), Johannes Wijnbeek (Boks burg), Lohan Janse van Vuuren (Kuruman), Luan Nortjé (Van derbijlpark-Trinitas), Marlo van Vuuren (Kaapstad), Mia le Roux (Randburg), Nicolaas Pringle (Randburg), Theo du Plessis (De Aar).

8 Christi aan Stander (Chinhoyi), Hannah Cam pher (Vanderbijlpark-Trinitas), Heinrich Nel (Waterkloof rand),

Henco Coetzee (Lindley), Karini Maritz (Bethal), Le Roy Lourens (Kuruman), Rina de Klerk (Wolmaransstad), Wil lie Naude (Krugersdorp).

9 Adriaan Bonthuys (Reitz), Lara Oosthuizen (Laeveld), Ne rine Louw (Pretoria Wonderboom-Suid), Robert van der Spoel

(Rand burg).

slingervel februarie 2013 5

10 Charl du Plessis (De Aar), Chris Ben Smit (Agulhas), Jacques Prinsloo (Lydenburg), Johan van der West-

huizen (Ermelo), Joye Pretorius (Warmbad), Michael Language (Vanderbijlpark-Trinitas), Nicola du Plessis (Se cun da), Stefan van der Merwe (Randburg), Zander Brough (Rustenburg).

11 Anneke Coetzee (Benoni), Arina van Noord wyk (Welkom-Noord), Berti na Pretorius (Wolma rans stad),

Cecilia Boucher (Pretoria Wonderboom-Suid), Chloé Werkman (Potchefstroom-Oos), Esti e Jacobs (Welkom-Noord), Heinrich Reynders (Waterkloofrand), Hilda Nel (Wa terkloofrand), Johan Havenga (Brackenhof), John van der Walt (Randburg), Karl Roos (Randburg), Manie Jooste (Heilbron), Marti n du Plessis (Kleinmond), Menanté du Plessis (Lydenburg), Michelle Stone (Vereeniging-Oos), Mo nique Klopper (Secunda), NJ Nel (Lydenburg), Rethabile Moleko (Randburg), Tshepiso Kantsa (Randburg), Willem du Plessis (Brackenhof), Zandré Klopper (Secunda).

12 Alri Verster (Potchefstroom-Die Bult), Anja Spies (Bethal), Carina Vermaak (Secunda), CD O’Niell (Oudtshoorn),

Drikus Klopper (Wolmaransstad), Elai ne Fivaz (Vanderbijlpark-Trinitas), Hendré du Plessis (Rus ten burg), Jacques Coetsee (Randburg), Louwtjie Greyling (Wolmaransstad), Zonica de Beer (Pretoria Wonderboom-Suid).

13 Annemarie van der Walt (Duineveld), Herman Schee-pers (Zeerust), Jawé Dreyer (Randburg), Kay la

Armstrong (Laeveld), Marco Nolan (Buff eldoorns), Na than Roux (Vanderbijlpark-Trinitas), Tiaan Scheepers (Rand burg).

14 Aiden de Klerk (Port Elizabeth), Jan Hendrik Vors ter (Botswana), Jana Smit (Vanderbijlpark-Trini tas), Marilize

Naude (Secunda), Michelle Hammann (Pot chefstroom-Die Bult), Nardus Buys (Pretoria Wonder boom-Suid), Olivia Beaumont (Randburg), Pieter Pretorius (Rustenburg), Simoné Roos (Vanderbijlpark-Trinitas), Wil ma rie Groothof (Warmbad).

15 Antoinett e Botes (Wolmaransstad), Brandon Yel-land (Randburg), Carina Labuschagne (Gobabis),

Carla Vivier (Vereeniging-Oos), Clarice van Schalkwyk (Boks-burg), Dian Schroeder (Secunda), DM Hols (Kuruman), Franco Wolfaardt (Magol), Johan (jr) Nel (Waterkloofrand), Marco Steenkamp (Paarl), Minyonne Schutt e (Randburg), Phillip van Zyl (Vereeniging-Oos), Soné Stoltz (Randburg).

16 Alissa Dykema (Warmbad), Amorize Pretorius (Pot-chef stroom-Oos), Andrea Grundlingh (Rustenburg),

Antoinett e de Lange (Randburg), Barend van der Walt (Ma gol), Eloise Kruger (Krugersdorp), Ewald de Scande (Bur gersdorp), Louis (jr) Venter (Rustenburg), Stefaans van der Walt (Kathu), Zander van Zyl (Brackenhof).

17 Arno Buys (Secunda), Maynhard du Plessis (Magol), Sewes le Roux (Krugersdorp).

18 Chante la Grange (Krugersdorp), Christi Jess Sivell (Rand burg), Danie Opperman (Gobabis), Daniel Chun

(Rustenburg), Hanro Nel (Wolmaransstad), Isabella Venter (Kru-gersdorp), Jacques Joubert (Magol), Jolene Lu dick (Warmbad), Salomien Erasmus (Secunda), Tiaan Steff en (Nylstroom), Werner (jr) Pretsch (Vereeniging-Oos).

19 Anzoinett e Erasmus (Secunda), Dehan Fourie (Al-berton-Wes), Heine Morton (Heilbron), Hendrik Bos hoff

(Buff eldoorns), Jaco Maree (Buff eldoorns), Theu nis van Staden (Magol).

20 Andoré Doman (Secunda), André Hartzenberg (Lae-veld), Anjanet Kruger (Randburg), Bjorn-je Haw kins

(Randburg), Evert Daling (Warmbad), Henk Daling (Warmbad), Hilgard Greyling (Potchefstroom-Die Bult), Kosie Etsebeth (Buff eldoorns), Lané Floor (Randburg), Mag da leen du Plessis (Magol), Ruané van Aswegen (Bloem fontein-Suid).

21 Esmarelda Boshoff (Nylstroom), Ester Khoza (Bar berton), Jolané Mitchell (Kathu), Juanesca Joubert (Warmbad),

Louis Coetzee (Randburg), Mischa van Wyk (Bur gersdorp), Pieter Roux (Warmbad), Ronnel Miles (Warm bad), SD van Heerden (Wolmaransstad).

22 Emma Schutt e (Randburg), Jacques Weerheim (Brackenhof), Joané van Wyk (Vanderbijlpark-Tri nitas), JZ

van Heerden (Burgersdorp), Lehlohonolo Mo kat se (Randburg), Lidené Kruger (Zeerust), Ruben Vos (Be noni), Tanisha Moolman (Vanderbijlpark-Trinitas).

23 Bernice van der Merwe (Vaalpark), Beuhla van der Merwe (Vaalpark), Faith Maake (Randburg), Jacques

Minnaar (Laeveld), Jozille Aucamp (Krugersdorp), Larissa Wasmuth (Welkom-Noord), Leendert Stoop (Lytt el ton), Marco Blom (Welkom-Noord), Marietjie Greyling (Wol maransstad), Wicus Buys (Kaapstad), Xanel Green (Rus tenburg).

24 Hendré du Plessis (Magol), Kobus (jr) Vorster (Ly-denburg), Madeleine Stemmet (Bethal), Marnus Kruger

(Magol), Marti n Coetzee (Benoni), Paul Cronje (Ka thu).

25 Ancke Botha (Randburg), Cara Snyman (Kuruman), Divan Raubenheimer (Boksburg), Heinrich Dreyer (Randburg),

Kayleigh Joubert (Lydenburg), Kaylin Roberts (Port Elizabeth), Mika du Toit (Secunda), Nelius van Niekerk (Wolmaransstad), Quentus J van Rensburg (Vanderbijlpark-Trinitas), Sarika du Ples-sis (Magol).

26 Anika Holtzhausen (Nylstroom), Barco Greef (Vander-bijlpark-Trinitas), Hannes van Staden (Magol), Jaco van

der Walt (Krugersdorp), Kara le Roux (Waterkloofrand), Rinus van Heerden (Wolmaransstad), Rozenka du Toit (Kaapstad), Theo Ter blanche (Randburg).

27 Babes Schmidt (Randburg), Bernard Erasmus (Sti lbaai), Christelle van der Merwe (Zeerust), Dawie van Jaarsveld

(Lae veld), Karla Dreyer (Vanderbijlpark-Trinitas), Leon Steyn (Ka-thu).

28 Christi n Swanepoel (Lytt elton), Elouise Lewis (Veree-ni ging-Oos), Esmarie Coetzee (Welkom-Noord), Hanté

Com brink (Vereeniging-Oos), Hesmarie Coetzee (Welkom-Noord), Jaco Pretorius (Oudtshoorn), Janke Visser (Barberton), Joane Venter (Kuruman), Michael Braun (Secunda), Sorien du Ples sis (Magol).

6 slingervel februarie 2013

dr. nico van der merwe

Die verskil tussen 'n wyse

en 'n dwase kind

Spreuke vir die tiener verklaar

Spreuke 10-22 vorm ’n eenheid bekend as die “spreuke van Salomo”, maar vers 1 sluit aan by die eerste versameling van spreuke in hoofstuk 1-9. Dit gaan hier ook weer oor die ouers wat hulle kind wil leer om reg te lewe. Die onderrig van die

ouers leer die kind om tussen wysheid en dwaasheid te onderskei.

Liewe Slingervelleser, het jy vandag al aan jou ouers gedink? Voor hulle getrou het, was hulle al in die wysheid van die Here onderrig. Ná jou geboorte het die Here die onderrig van jou ouers op verskillende maniere voortgesit. Onthou dus: jou ouers is baie wyser as jy, nie net wat die Woord betref nie, maar veral ook in lewenservaring. Op hulle wyse het jou ma en pa alles gedoen wat hulle kon om jou in die wysheid van die Here groot te maak. Al word hier in vers 1 net van “seun” gepraat, sluit dit die dogters ook in. Dit gaan om seuns van die verbond en dogters van die verbond wat die Here wil grootmaak volgens sy voorskrifte, en daarvoor gebruik God onder andere die ouers. In jouself is jy selfsugtig, kortsigtig, egoïsties en dwaas. Van nature is dit die karaktereienskappe van ’n kind. Daarom het jy nie die regte insig in die opvoeding van jou ouers nie. Gewoonlik in jou lewe dink jy nie 5 minute vooruit nie, en daarom kan die valstrikke van Satan jou maklik oorweldig. Dit is die grootste vrees van ouers dat hulle kinders in hulle dwaasheid sal grootword.

Deur die Bybel staan die oproep van God vir die ouers om hulle kinders in wysheid groot te maak. En dan nie sommer enige wysheid nie. Dit moet die wysheid van God wees, want buiten God is daar net dwaasheid. As jy toelaat dat jou ouers jou onderrig en jy is gehoorsaam aan die inhoud daarvan, is jy vir jou ma en pa ’n groot vreugde, ’n blydskap. Maar as jy in jou lewe dwaas en verkeerd optree, is jy vir jou ouers ’n groot hartseer.

God se bevel is: “Eer jou vader en jou moeder.” Dit beteken dat jy jou ma en pa (en almal wat oor jou gestel is) alle eer, liefde en trou bewys. Jy moet jou aan hulle goeie leer en tug met verskuldigde gehoorsaamheid onderwerp. Jy moet ook met jou ouers se gebreke ge-duld hê, omdat God jou deur jou ouers wil laat grootword as wyse kinders van God. SV

slingervel februarie 2013 7

Die Christentiener oorwin die kwaad deur die geloof

dr. nico van der merweBybelleesrooster vir Maart

Vrydag 1 Maart – Lees: Johannes 17:6-19 (Matt. 6:13)Here, verlos my asseblief van die bose magte wat my bedreig.

Saterdag 2 Maart – Lees: Jakobus 1:1-8 (vs 2)Die onbegryplike vreugde van beproewings.

Sondag 3 Maart – Lees: 1 Johannes 5:1-5 (vs 4)Deur die geloof oorwin jy die sondige wêreld.

Maandag 4 Maart – Lees: Genesis 3:1-7 (vs 6)As jy verkeerd kies, gaan jy alles verloor.

Dinsdag 5 Maart – Lees: Genesis 3:8-15 (vs 9)Die Here kyk hoe jy lewe en wat jy doen.

Woensdag 6 Maart – Lees: 1 Korintiërs 10:1-13 (vs 13)God gee die uitkoms as die sonde jou wil oorweldig.

Donderdag 7 Maart – Lees: Job 2:1-10 (vs 2)Die geheime krag van die versoeking.

Vrydag 8 Maart – Lees: Lukas 22:24-34 (vs 32)Petrus, Satan en Jesus Christus.

Saterdag 9 Maart – Lees: Matteus 18:7-9 (Heb. 12:14)Die belangrikheid van ’n heilige lewe.

Sondag 10 Maart – Lees: Jakobus 1:9-18 (vs 13)Jy word nooit deur die Here God versoek nie.

Maandag 11 Maart – Lees: Matteus 7:15-20 (vs 15)Pasop vir die wolwe in skaapsklere.

Dinsdag 12 Maart – Lees: Galasiërs 5:16-26 (vs 19-20)Die versoeking van towery en bygeloof.

Woensdag 13 Maart – Lees: Spreuke 16:16-25 (vs 18)Trots en hoogmoed verlei ’n mens tot sonde.

Donderdag 14 Maart – Lees: Psalm 34:1-8 (vs 5)Satan verlei jou tot sonde deur jou vrees.

Vrydag 15 Maart – Lees: 1 Timoteus 6:3-10 (vs 10)Satan gebruik geld om jou te laat sonde doen.

Saterdag 16 Maart – Lees: Spreuke 20:1-5 (vs 1)

Satan gebruik drank om die mens te laat sondig.

Sondag 17 Maart – Lees: Handelinge 5:27-32 (vs 29)Satan verlei jou selfs deur die owerheid van die dag.

Maandag 18 Maart – Lees: 2 Samuel 11:1-5 (Eks. 20:14)Wees waaksaam vir die sonde van onkuisheid.

Dinsdag 19 Maart – Lees: Levitikus 18:24-30 (vs 24)Pasop vir die sondes in die familiekring.

Woensdag 20 Maart – Lees: Psalm 139:13-18 (vs 13)Aborsie is ’n sonde in die oë van die Here.

Donderdag 21 Maart – Lees: Romeine 15:1-4 (vs 1)Moenie dat sukses jou tot sonde verlei nie.

Vrydag 22 Maart – Lees: Handelinge 5:1-11 (vs 4)Skynheiligheid verlei ’n mens om sonde te doen.

Saterdag 23 Maart – Lees: Romeine 10:1-4 (vs 2)Die sondeverleiding van vals godsdiens.

Sondag 24 Maart – Lees: 2 Korintiërs 12:7-10 (vs 9)Satan wil jou verlei deur sogenaamde “onverhoorde gebede”.

Maandag 25 Maart – Lees: Psalm 32:1-7 (vs 3)Jy kan verlei word om stil te bly in plaas van te getuig.

Dinsdag 26 Maart – Lees: Matteus 4:1-11 (vs 1)Jesus word ook deur Satan versoek.

Woensdag 27 Maart – Lees: Hebreërs 2:14-18 (vs 18)Christus kan jou help as jy versoek word.

Donderdag 28 Maart – Lees: Efesiërs 6:10-20 (vs 18)Bid opreg tot God deur die Heilige Gees.

Vrydag 29 Maart – Lees: Filippense 2:1-13 (vs 12)Dit is God wat in jou werk sodat jy verlos word.

Saterdag 30 Maart – Lees: Jesaja 25:6-9 (1 Kor. 15:26)Die laaste vyand van die gelowige is die dood.

Sondag 31 Maart – Lees: Matteus 6:9-13 (vs 13)Here, bewaar my asseblief van die kwaad.

8 slingervel februarie 2013

dr. nico van der merwe

13. God sê jy moet vrede maak Lees in jou Bybel Genesis 13:1-18

’n Vredemaker is iemand wat vrede bring waar daar bakleiery, rusies, konfl ik en botsings tussen mense is. En ons lewe

is vol daarvan: volke maak oorlog teen mekaar, mense leef in vyand skap en haat teenoor mekaar, kinders stry gedurig, en soms breek gevegte uit tussen twee. Van jou vriende en maats doen iets wat jou nie aanstaan nie en nou leef julle in onmin.

As ’n kind van die Here het jy ’n opdrag om vrede te maak. In Genesis 13 lees ons hoe Abram vrede gemaak het tussen sy veewagters en dié van Lot. Al kry Abram die tweedebeste van die land, het hy ten minste vrede gemaak soos God dit van gelowiges verwag.

Christus maak dit moontlik vir jou om vrede te bring waar daar twis is. Omdat Christus jou sondeskuld betaal het, is jy in staat om met medemense vrede te maak.

14. Vergeet van al die verskonings wat jy het Lees in jou Bybel Eksodus 3:9 – 4:17

Met verskonings kan ’n mens by baie dinge wegkom. Dit is wat met Moses gebeur. God het aan hom opgedra om

die leier van die Israeliete te wees as Hy hulle uit Egipteland verlos. Maar Moses het die een verskoning na die ander. Hoe-veel verskonings het Moses? Kom ons kyk: 1. 3:11, 2. 3:13, 3. 4:1, 4. 4:10, 5. 4:13. Ja, Moses het 5 verskonings om nie God se opdrag uit te voer nie. Maar die Here aanvaar nie een van die ver skonings nie. Hy het nie verskoning gemaak om nie jou sonde te verlos nie. Al het dit God gekos om sy eie Seun te stuur om aan die kruis vir jou sonde te betaal. God het alles gegee vir jou verlossing, daarom moet jy uit dankbaarheid die dinge doen wat God aan jou opdra. Soos wat? Die ti en gebooie is God se opdragte aan jou, hulle moet jy gehoorsaam nakom.

15. Maak jou gedagtes aan Christus ge-hoorsaam

Lees in jou Bybel 2 Korintiërs 10:1-6

Jy kan in jou gedagtes nie dink wat jy wil nie. Al weet mense nie van jou gedagtes nie, God ken jou gedagtes. Hy weet as

jy verkeerde dinge dink. Onthou, gedagtes bepaal wat jy gaan doen (Jak. 1:13-15). Satan wil graag hê dat jy oor lelike dinge sal dink. Hy weet as hy jou sover kan kry om aanhoudend aan slegte dinge te dink, gaan dit nie lank wees voordat jy daardie slegte dinge doen nie. Jy kan Satan nie met jou eie vermoë stop nie. Omdat die sonde in jou lewe teenwoordig is, veroorsaak dit dat jy onchristelike gedagtes en optrede ontwikkel. Hierop is daar net een antwoord: “Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak.”

Om geestelik te kan oorleef in die oorlog wat innerlik woed, sal jy jou gedagtes aan Christus gehoorsaam moet maak.

16. God sê dat die mens moet werk Lees in jou Bybel Genesis 1:26-29

Jy hoor seker hoe die grootmense oor hulle werk kla. Hoe moeilik dit is en hoe moeg dit ’n mens maak. Jy hoor dat men-

se al sommer hier teen Woensdag al verlang na die naweek om nie te werk nie. En elke maand sê mense hulle sien uit na die tyd dat hulle vakansie kom sodat hulle kan rus. Om te kan lewe, moet mense geld kry en daarom moet mense werk. Dit is wat God vir Adam en Eva in die paradys gesê het (Gen. 1:26-29).

Jou enigste werk is die takies wat jy vir Mamma en Pappa by die huis doen en ook jou skoolwerk en ander opdragte by die skool. In die skool van Graad 1-12 word jy voorberei om eendag ook ’n werk te kan hê en jou eie geld te kan verdien.

Dit alles is God se opdrag, want Hy wil hê dat die mens in die skepping wat Hy gemaak het, elke dag sal werk en God se skepping sal oppas.

17. Jy en die ander mens in jou lewe Lees in jou Bybel Genesis 2:20-25

Jy is nie die enigste mens in julle huis of jou skool of jou kerk nie. Elke mens is deel van ’n groter groep mense. Jy is een

van ’n gesin, of ’n skool, of ’n kerk, of ’n sportspan, of ’n koor, of watt er groep ook al. God wil nie dat die mens een-een en alleen moet lewe nie. God het die vrou geskep sodat sy en Adam vir mekaar medemense kan wees. Een belangrike deel van elke mens se lewe is medemenslikheid. Satan is nie tevrede dat men se gelukkige medemense van ander is nie. Daarom bring hy haat en wrok en vyandskap tussen mense, sodat medemense ge durig baklei en stry en mekaar seer- en doodmaak.

God wil hê dat die mens na Bo moet kyk om die doel van sy medemens-wees te verstaan. Medemense moet vir mekaar van betekenis wees.

Jy en jou gesin en jou maats moet mekaar help en bystaan, sê God.

18. God sorg vir die ma en die seuntjie Lees in jou Bybel 1 Konings 17:8-16

In die dorpie Sarfat het ’n vrou en haar seuntjie gebly. Die seuntjie se pa is dood en hy en sy ma het alleen gebly. Dit

het baie sleg met hulle gegaan. Daar was ’n groot droogte en ’n hon gersnood. Hulle het net genoeg meel gehad vir nog een ete toe Elia, die profeet van God, by die vrou en die seuntjie kom en vir hulle vra om vir hom ook iets te gee om te eet. Toe vertel die vrou vir Elia dat hulle niks meer kos het nie. Lees weer vers 14.

Hoor jy wat het God gedoen? Deur ’n wonderteken het God gemaak dat die meel in die kruik en die olie in die kan nie op-raak nie. Net God kan so iets doen.

Die Here sien dit raak as mense swaarkry. Hy help ook mense wat van Hom hulp vra. Dit is waarom ons moet bid. In die gebed prys ons die Naam van die Here en vertel ons vir Hom wat ons nodig het.

slingervel februarie 2013 9

19. Jesus bring vreugde in die lewe Lees in jou Bybel Johannes 2:1-11

Mense maak asof God nie wil hê dat gelowiges in die lewe plesier en blydskap moet hê nie. So asof die lekker van

die lewe nie vir die gelowiges bedoel is nie. Dis nie waar nie! Toe Jesus sy eerste wonderteken gedoen het, het Hy tydens ’n vrolike bruilofsfees die lekkerste wyn vir die mense gemaak sodat hulle die troue baie kan geniet.

Ons moet net nie ons vreugde soek in die dinge van Satan nie. Sonde maak ’n mens nie bly nie, maar dit breek net af en maak seer. Regte vreugde kan jy net in die Here geniet as jy in alles wat jy doen, vra of die Here dit sal goedkeur. Dan kan jy dit geniet! God wil sien dat gelowige mense gelukkig is op die mooi aarde wat Hy geskep het.

Ons mag die skepping van God geniet met alles wat God daar-in gegee het. Dit moet jou grootste blydskap wees en jy moet God daarin vereer.

20. Jesus word as Kind groot Lees in jou Bybel Lukas 2:51-52

Jesus was op aarde ’n gewone Kind, net soos jy. Al is Hy ook God, is Hy as mens uit Maria gebore. Hy was Mens en ook God

tegelykertyd sodat Hy ons van ons sondes kon verlos. Daarom, net soos jy nou in jou kinderjare is, was Jesus ook in sy kinderjare. Jesus moes ook aan sy ouers gehoorsaam wees soos jy aan jou ouers (lees weer vers 51), en hy het ook grootgeword soos jy (lees weer ’n keer vers 52). Maar omdat Jesus gehoorsaam was aan sy Vader in die hemel, het Hy as Kind so grootgeword dat Hy in guns was by God en by die mense.

Elke kind wat op aarde gehoorsaam is aan God, sal in guns wees by die Here en ook by die mense met wie jy saamleef. ’n Gelowige kind van God sal baie gehoorsaam wees aan die Here en ook sy ouers omdat die Here dit wil hê. God verwag dit alles van jou!

21. Jesus is sterker as Satan Lees in jou Bybel Matteus 4:1-11

Mense doen sonde omdat Satan hulle verlei om dit te doen. Satan is ’n vyand van God en wil mense ongehoorsaam

maak. Toe Jesus 30 jaar oud was, het Satan probeer om Hom ook aan sy Vader ongehoorsaam te maak. Satan probeer Jesus verlei om na hóm te luister en nie na sy hemelse Vader nie (lees weer Matt eus 4:1-11 en kyk of jy kan sien op watt er 3 maniere Satan Jesus wou verlei).

Hoe het Jesus Satan oorwin? Hoe het Hy Satan se versoekinge weerstaan? Jesus het elke keer as Satan Hom wil laat sonde doen, gesê wat in die Bybel staan.

Jesus gee vir ons die Bybel sodat ons ook só vir Satan kan sê wat verkeerd is as hy ons wil verlei. Daarom is dit nodig dat jy gereeld jou Bybel lees en ook die Bybel ken. Dis al manier om te weet wat reg en wat verkeerd is.

22. Jesus maak die storm stil Lees in jou Bybel Lukas 8:22-25

Jesus se dissipels het storms op die see geken. Tog was hulle baie bang. Jesus is egter sterker as enigiets in die skepping.

Want Jesus is ook God (Joh. 1:1). Daarom kan Hy die natuur be-heer. Jesus het net gepraat en die storm het bedaar. Jesus verwyt die dissipels omdat hulle nie geglo het nie en bang geword het. Watt er krisis ook al in jou lewe kom, jy kán die Here vra om jou te help. Hy hét die mag om dit te doen. Maar dan moet jy regti g in die Here glo en nie net maak asof jy glo nie. Deur sy krag red die Here jou.

As jy dus bang word vir iets, kan jy die Here vra om jou te help. Die Here help sy kinders op verskillende maniere. Elkeen wat in die Here glo en op Hom vertrou, word deur Hom gehelp. Hy help nie altyd soos jy dit vra nie, maar op sy eie manier. En God se manier is altyd die beste.

23. God gee aan die mens wysheid Lees in jou Bybel 1 Konings 3:5-15

Jy dink dalk dat ’n mens slim word omdat hy baie leer of omdat hy al lank op skool is. Party mense dink dat ’n kind vanself slim

is. Natuurlik is dit so dat jy as kind skool toe moet gaan, jy moet hard leer aan die skoolwerk. Dit is die manier waarop jy al meer en meer weet.

Jy moet onthou dat jy jouself nie slim kan maak nie. Om net hard te leer op skool, is ook nie die enigste manier waarop jy slim word nie. Jy het hier in die Bybel gelees op watt er manier ’n mens regti g slim word. Koning Dawid se seun, Salomo, het ná sy pa koning geword van Israel. Om koning van God se volk te wees, moet ’n mens regti g slim wees. Salomo het geweet dat hy nie vanself slim genoeg sal wees nie. Daarom het hy vir God gebid om hom slim te maak vir sy werk as koning.

Saam met Salomo leer ons dat dit God is wat aan ’n mens wysheid gee.

24. Op soek na die regte insig Lees in jou Bybel Prediker 7:23-29

Prediker is op soek na die regte insig. Een saak is vir hom duidelik: dat daar baie min mense is wat insig het. Maar

dit verhoed hom nie om ondersoek in te stel na wat die regte in sig is nie. In vers 27 gee Prediker dus ’n samevatti ng van sy on dersoek. Prediker se ondersoek was intensief gewees. Toe hy een en een bymekaar gesit het, het hy ’n antwoord gekry.

Die regte insig word in die Bybel gevind, ’n paar honderd jaar na die Prediker in die woorde van Paulus. Die antwoord is gegee in Jesus Christus, die Gekruisigde. Die regte insig waarna gesoek is, is die geloofsinsig. Dan kyk ’n mens na die gebeure op aarde deur ’n ander bril. Nie die bril van die politi ek, die ekonomie, die sosiale lewe of die maatskappy nie.

As jy soek na geloofsinsig, vind jy die betekenis van alles in Jesus Christus as Gekruisigde en Opgestane Koning van die Ko-ninkryk van God.

10 slingervel februarie 2013

Daar waai so ’n sagte windjie buite. Dit laat die blare van die ou akkerboom voor die deur saggies teen mekaar

vrywe. Dit is vir hulle baie lekker, want dis hulle manier van gesels. Ook om te wys hulle hou van mekaar, en gee nie om as die windjie hulle so saggies teen mekaar vryf nie.

Later in die dag word die wind sterker, en sterker. Die blare waai nou vinniger en harder teen mekaar vas. Hier en daar roep een uit dat dit nou begin seer word, en hy wens die wind wil nou stiller word. Nog ’n paar blare kla ook hieroor, maar dis of die wind hulle nie hoor nie. Hy waai nog sterker, en nog sterker …

Nou klap die blare behoorlik teen mekaar. Selfs die takke word heen en weer geruk sodat ’n heel tak met blare en al sommer ’n ander tak

klap en van die blare afslaan. Die wind gryp die afgeslaande blare en waai hulle ver, ver van die boom af weg. Hulle huil en huil, want hulle weet nou gaan hulle dood en sal hulle boom-ma nie weer sien nie.

Die blare in die boom dink nou glad nie meer dis so lekker as die wind waai nie. Hulle lyfi es is al seer geslaan, en steeds hou die sterk wind aan om te waai en te waai.

Asof dit nie genoeg is nie, begin dit skielik reën. ’n Harde reën wat vol haelkorrels is wat geniepsig op die boomblare val. Die korrels slaan van die blare stukkend en hulle fl ap verfl enterd in die lug rond. Die sterk wind raak rukkerig en saam met die hael wat op die boom neerkom, word daar meteens hier en daar sommer heel takke van die boom afgeskeur.

Die arme blare en arme boom kla nie meer nie. Hulle kan niks teen die natuur doen nie. Hulle moet maar so ly en hoop hulle word nie heeltemal vernietig nie. Die ou dik boomstam probeer hulle troos, maar hulle kan

hom skaars hoor omdat die wind so raas.

Meteens val die haelkorrels darem nie meer nie. Die wind begin ook stadig

al minder waai, totdat hy heeltemal ophou. Verlep en gekneus en sommige

stukkend, hang die blare moeg aan die takke. Hulle is boonop nat en koud en die stukkende of gekneusde plekke

aan hulle lyfi es pyn. As hulle tog nou net ’n bietjie hitte kan kry om droog te word sodat die nat in hulle stukkende

plekkies nie meer so kan brand nie, sal dit seker al bietjie beter voel.

Wanneer blare geselstannie rika du plessis

slingervel februarie 2013 11

Hulle ogies dwaal op die grond rondom die boom rond, en sien die talle blare en selfs takke wat afgewaai of afgeslaan is. Hulle loer na die boomstam en sien die hartseer op sy gesig omdat hy soveel blare en takke verloor het.

Die son steek uiteindelik sy kop deur die wolke en dis nie lank nie, of die voëltjies begin een na die ander uit hulle skuilings kom om in die boom te kom sit en sing. Die warmte van die sonstrale bak ook die blare stadig droog sodat hulle almal later ’n bietjie beter voel.

Hulle sal nooit weer so mooi soos in die begin wees

nie, want daarvoor het die wind en hael hulle darem te lelik stukkend gemaak. Maar die nuwe blaartjies wat uitkom, gaan weer perfek wees.

Hulle hou die volgende paar dae die punte van die takke dop, en glimlag bly toe die eerste sagte groen blaartjies begin oopvou. Hulle lyk sag en jonk en lewendig, en die ouer blare hoop hulle het nie nodig om deur so ’n storm te gaan soos hulle het nie. Hulle hou die nuwe blaartjies baie mooi dop totdat hulle mooi groot is. Hulle vertel hulle storie vir die jong blare, omdat die jong blare wou weet hoekom lyk hulle dan so lelik.

Daar waai eendag weer ’n windjie, maar sag soos die blare wel daarvan hou. En saam met die windjie begin die jong blaartjies vir die ouer blare die mooiste liedjie sing. ’n Liedjie wat sê dat die ouer blare vir hulle ma en pa is, en dat die jonger blare bly is hulle is daar om hulle van die lewe te vertel.

So het die boom gegroei en gegroei, en daar het baie nuwe, mooi blare bygekom, en die plekke waar die takke afgeskeur was, het mooi met bas toegegroei. Hier en daar het selfs ’n nuwe tak uit die stam se seerplekke gegroei sodat die ou stam ook tevrede was. SV

12 slingervel februarie 2013

Lees die slot van ons vervolgverhaal vir tieners ...

Kasteelmeisie

Rika du Plessis

“En as jy so bleek lyk vanoggend, my kind?” vra Yolandi se ma toe sy by die ontbyttafel kom sit.

“Dit was so warm laasnag, Mams, ek het sleg geslaap,” antwoord Yolandi effens skuldig. Sy jok darem nie regtig nie, sy vertel net nie alles nie. Sy wil nie nog haar ma ook kommer gee nie. Sy weet haar ma wonder oor wat sy eendag gaan doen wanneer sy nie meer die werk in die kasteel se kombuis kan doen nie.

“Was jou en Lennert se uitstappie gister lekker?”“Ja ... ja, dankie, Mams, ons het land en sand gesels ons het met

sy trapboot op die grag gevaar,” vertel sy so rustig moontlik vir haar ma, en ook wat sy en Lennert die res van die dag gedoen het.

“Gaan julle vandag weer ’n koers in?” Sy wonder hoekom is haar ma so knaend? En die plooitjies op haar voorkop is ’n teken van kommer.

“Hy het gevra ons moet om die kasteelgronde met die trapboot ry. Ek kry hom oor ’n halfuur by die boot. Ma hoef regtig oor niks bekommerd te wees nie ... ons het niks van Lennert te vrees nie. Hy het my ordentlik behandel en so sal dit bly.”

“Nee, dis dan reg so, Yolandi. Nou moet jou ou ma loop, anders is sy laat vir haar werk. Geniet jou dag, hoor, want een van die dae is dit terug hok toe vir jou laaste deel van skool.”

“Dankie, ek sal, Mams,” ant-woord Yolandi half inge dag-te. Ma hoef regtig oor niks be-kommerd te wees nie ... ons het niks van Lennert te vrees nie. Hy het my ordentlik behandel en so sal dit bly, was haar woorde aan haar ma. Die gedagte laat haar orent kom. Nou weet sy wat sy gaan doen. Sy gaan Lennert nie laat verstaan dat sy weet van sy agterbaksheid nie. Sy gaan hom sê sy het weer gedink, en sy dink nie dis ’n goeie idee om ’n vaste verhouding met hom te hê nie. Op dié manier kom sy sonder die vernedering uit die situasie.

Sy trek sandale aan en stap by die deur uit. Sy stap vin nig, want sy wil die hele onaan-gename gebeure agter die rug hê. Van ver af sien sy hom reeds in die boot sit. Toe hy haar ge-waar, staan hy op en klim uit en kom haar tegemoet gestap.

“Hallo, Yolandi, ek is bly jy is hier,” sê hy, buk vorentoe om haar teen die wang te soen, maar sy glip langs hom verby.

“Môre, Lennert.”“Wat is fout, Yolandi? Jy lyk

dan glad kwaad vir my? Het ek iets verkeerd gedoen? Moes ek jou nie gesoen het nie? Dit was

slingervel februarie 2013 13

tog net ’n pikkie, niks om oor ongemaklik te voel nie.” Hy klink so amper verbysterd dat sy hom glad jammer wil kry.

“Ek het weer gedink, Lennert. Ek glo nie ek is reg vir ’n vaste verhouding nie. Ons moet maar van mekaar vergeet,” borrel die woorde oor haar lippe sonder keer.

“Nou weet ek iewers is fout. Dis nie hoe jy gister hieroor ge-voel het nie, en jy het nie vir my gelyk na ’n meisie wat ’n be sluit sal neem net om dit die volgende oomblik te verander nie. Wat het gebeur om jou van plan te laat verander? Jy kan maar reguit met my wees, as seblief, Yolandi, ek moet weet.”

Yolandi kyk na hom. Hy lyk so opreg, so ernstig en selfs bekommerd. Kan ’n mens werklik so goed toneel speel? So ’n tweegesig wees? Hoekom laat die ondersoekende kyk in sy oë haar dan nou verward voel, so asof sy iewers in die ver haal die skurk is en nie hy nie? Sy sug. Hy gaan haar nie met ’n fl ou verskoning laat weg-kom nie. Wel, dan moet die waar heid maar uit.

“Het jy gedink ek sal nooit uit vind van Lida nie?” vra sy dus reguit, en is nie voorbereid op die donker frons wat tussen sy oë verskyn nie. Sy mond val oop en hy stap ’n tree nader aan haar.

“Nou wie op aarde is Lida?” vra hy. “En wat het jy van haar uit gevind?”

“Ag kom nou, Lennert. Ek weet jy fl irt met haar ook en het selfs al vir haar vertel jy het haar lief, en sy moet nader aan

jou kom werk soek wanneer sy nou met skool klaarmaak.”“Hokaai, meisiekind, iewers is daar ’n yslike vlieg in hierdie kop-

pie tee. Ek ken geen Lida nie, so ek weet regtig nie waarvan jy praat nie. Vertel my alles van die begin af.”

Yolandi voel al weer erg verward. Lennert is óf ’n uiters goeie to neelspeler óf iewers is beslis iets anders wat hierdie situasie moet verduidelik. Sy sug, en gaan sit net daar plat op die gras. Hy sak langs haar neer en hou nie op om na haar te kyk nie.

“Ek het die meisies gisteraand by die grag hoor praat,” begin sy en vertel dan vir hom presies alles wat sy gehoor het. Daar is ’n swanger stilte na sy opgehou het, en sy kyk nou vir die eerste keer na hom toe.

“Yolandi, ek weet ek en jy het mekaar eers eergister ontmoet, maar ek sou graag wou gehad het dat jy darem nie sommer so die slegste van my sou dink nie. Ek erken egter dit wat jy gehoor het, moes jou laat wonder het. Ek kan jou wel verseker ek ken geen Lida op die kasteelgronde nie, maar ek ken wel ’n ander Lennert. Hy is die seun van ons tuinier, en hy is hier met vakansie. Hy werk in Kaapstad as ’n prokureur en moet binnekort teruggaan. Vir my verduidelik dit alles ... wat van jou?” praat hy ernstig.

Yolandi voel of sy onder ’n graspol kan inkruip en nie weer daar uit kom nie. Hy is reg, sy was sommer gereed om die swakste opinie van hom te hê die oomblik toe sy gedink het dis van hom wat Lida en Marie gepraat het. Sy trek liggies haar skouers op en kyk berouvol na hom toe.

“Miskien as ek ook die ander Lennert geken het, sou ek nie som-mer so ’n afl eiding gemaak het nie, maar ek ken hom nie. Ek weet ek moes jou nie sommer net so veroordeel het nie, jou kans gegee het om te verduidelik, en ek is jammer. Miskien ... as jy my kan ver-gewe ... kan ons van vooraf probeer?” vra sy sag.

Hy glimlag fyn.“As ek nie so baie van jou gehou het nie, het ek nou hier opge-

staan en gesê nee dankie, want ek voel my meisie moet my kan ver-trou. Ook kan ek tog insien dat hulle gesprek jou verwar en ontstig het. Kom ons vergeet dit het gebeur en gaan geniet die dag op die grag in die trapboot. Ek het vir ons heerlike toebroodjies laat inpak. Tot roomys in ’n koeler ook,” antwoord hy, staan op en hou sy hand na haar toe uit.

Met vertroue lê sy haar hand in syne en stap tot teen hom, staan op haar tone en soen hom sag teen die wang voor sy skielik effe warm in die gesig van hom af wegdraf na die boot toe. Sy gelukkige laggie wat agter haar aangesweef kom terwyl hy haar volg, laat vreug de in haar opbruis. Sy was in ’n mate reg toe sy vir haar ma ge sê het hulle het niks van Lennert te vrees nie. Hy is sowaar steeds die gentleman van die Engelse! SV

14 slingervel februarie 2013

Die son sak en gooi ’n rooi glans oor die see uit. Die oumense sê as die son so ondergaan, gaan dit die volgende

dag kwaai waai, en mens kan die koel windjie al klaar voel. Die ondergaande son is ook die enigste bietjie lig, al die huis se ligte is af, want Ma en Pa is na die De Jongh’s toe en Johan is iewers agter die huis. Dit is net Helmie wat in ’n klein bondeltjie op die stoep sit. Net sy en Wit Susan, haar kat, wat spinnend teen haar kaal been skuur, iewers huil ’n jakkels en die naggeluide begin oor die weskus toesak.

Die groot klip in haar hart wil nie weggaan nie, haar keel bly toegetrek, maar steeds kan sy nie huil nie. ’n Kriek skree iewers in die plante, maar na ’n oomblik is alles weer stil, alles, self in Helmie se hart is dit stil. Van vanoggend af is haar hart stil, dit voel asof alles vanoggend stil geword het. Haar vuiste is gebal en haar kneukels is wit, sy weet haar gesig is bleek. “Hoekom? Hoekom?!” wil sy uitskreeu. “Nee! Nee!”, maar sy sit net daar.

Sy hoor hoe Johan die deur agter haar oopmaak en langs haar op die stoepmuurtjie gaan sit.

“Sussie ... Helmie,” hy is amper vyf jaar ouer as sy, maar hy verstaan, hy weet. Hy

het spesiaal van Kaapstad af gery om haar te ondersteun.

“Johan ...” haar stem breek en sy kan nie verder praat nie.

“Wil jy praat oor vanoggend?” Jessica was dan vir hom self soos ’n sussie.

“Ek kan nie, Johan! Ek kan nie!” wil sy uitroep, maar selfs dit kan sy nie uitkry nie.

Hy sit sy arm om sy jonger suster.“Liewer ... nie,” sy sluk, maar sy skry dit uit.

... Ag Jessie! Jessie, my liewe maat! Ons sou dan volgende jaar saam universiteit toe gaan, ons sou ons lewens deel! Jessie? Hoekom jy? Ons sou Desembervakansie saam op die strand baljaar, ons sou op ons handdoeke lê en gesels en swem, ons sou saam perdry en tennis speel ... maar vanoggend, Donderdag, by die skool, het Meneer my personeelkamer toe geroep. Juffrou Josephine het ’n wit sakdoekie voor haar oë gehad en Juffrou Fourie se lippe was ’n reguit streep. Die kamer waar ek en jy al baie saam was. Hulle het my vertel.

“Nee!” het ek geskree. “Julle vertel leuens! Leuens! Waarom jok julle vir my? Dit kan nie waar wees nie! Môre sal sy weer saam skool toe kom!” Ek het met my vuiste op die tafel geslaan en Meneer se koffi e het uitgestort,

Hannelie le Cornu (Velliemaat, 12 jaar)

Totsiens, Jessica,

totsiens

slingervel februarie 2013 15

Juffrou Josephine het hardop begin snik en ek het my bloedig vererg.

“Jessica gaan terugkom! Julle lieg!”

Maar toe ek uit die kamer loop, het ek geweet jy kom nooit terug nie, jy sal ook nie môre terugkom nie. Ons sal nie saam kan gaan studeer nie, ek sal Desember alleen teen die strand staan, Sondae sal jy nie langs my in die kerkbank sit nie en ek gaan alleen in my skoolbank sit. Roy Bekker sal nooit weer jou pragtige vlegsels teen die skoolbank met ’n mes vassteek nie. Nou sal ek hoofmeisie vir die res van die jaar wees, al is dit net twee maande, noudat jy weg is, Jessie, maar ek sal nooit jou plek kan in neem nie. Jess, ag Jess, jy was so ’n goeie hoofmeisie. Gisteraand sou jy saam met jou ma en pa terugry van julle ouma se huis in Vredenburg, maar jy sou nooit weer hier aankom nie, jy sou daarna nooit weer Saldanhabaai sien nie, die moter se wrak lê halfpad tussen Vredenburg en Saldanhabaai.

Jy was spesiaal, Jessica de Jongh, jy was spesiaal en maar net agtien jaar oud. Net soos ek. Wie sou ooit jou plek inneem? ... Niemand kan nie ... maar ek weet jy is in die hemel, by die Here Jesus. Jou kunstige hande sal nooit weer hier op aarde skilder nie en jou pragtige blou oë sal nooit weer vonkel nie. Jy sit daar met jou kwas en olieverf, en jy skilder, jy skilder ’n Engel met ’n lang wit rok aan en groot arendsvlerke, nou skilder jy volmaak, daar is niks wat smeer of enige lelike kleur in jou prentjie nie, alles op jou skildery is mooi. Ek weet jy glimlag, jy is nou volmaak en jy sal nooit weer hartseer word nie, jy het een van daardie rokke aan waaroor jy so baie gedrooom het, dit is wit en blink ... my liewe vriendin, my maat ...

Johan is nie meer daar nie. Jessica se kleinsussie staan skielik daar by haar, daar is ’n pleister op haar wang en daar is nog skraapmerke op haar arms, maar sy glimlag.

“Abigail ...”“Helmie, Jessie het groete vir jou gestuur,

ek moes dit oordra,” haar stem is amper vrolik. “Helmie, sy het geglimlag toe sy ... sy besig was om weg te gaan, en sy het gelag, en jou naam genoem.”

Iets ruk in Helmie, sy kan nie langer hou nie en sy bars in trane uit.

Abigail lig haar swart krulkoppie, net soos Jessica.

“Tatta, my ma het my nodig.” Sy verdwyn met die voetpadjie af na haar eie huis.

Helmie se hele lyf ruk soos sy snik, toe sy bid. “God ... Jesus! Dankie vir die verlossing, dankie dat U Jessica as u kind aangeneem het, gee my nou ook krag om hier deur te gaan.”

Toe voel sy hoe ’n swaar las van haar skouers af gly. Die son is nou heeltemal weg, daar is net ’n rooi glansie in die verte. “God, dankie vir die tyd wat ek en Jessie saam deur die lewe gegaan het, dankie dat ek iemand soos sy mog ken.”

Toe staan sy op en loop die warm huis in, dit vul haar hart. Jessica sal altyd by haar wees, weet sy, altyd in haar hart. Môre sal sy Coleen vra om langs haar in die skoolbank te sit, en om die naweek te kom oorbly. Dit sal haar baie help.

Totsiens Jessica, totsiens, maar net vir ’n klein rukkie, dan is ek ook by jou. SV

16 slingervel februarie 2013

WAT IS DIT?Van die plekke waar ’n mens ’n

besondere groot verskeidenheid plante, plantjies, diere en diertjies aantref, is estuariums seker die interessantste. Kortweg beteken dit: riviermondings. Baie van julle was seker al by een of meer van hierdie plekke waar die visser-man ne garnale uitpomp en heel-dag tussen die vlakkerige bran-ders hengel.

’n Beter defi nisie (moet julle nou nie boeglam skrik nie!) van ’n estuarium, wat ek êrens gelees het, is: dit is ’n half-afgeslote ri-vier mond, gewoonlik treg ter vor -mig, met soutgehalte wat gedu rig verander as gevolg van die ver-menging van vars- en see water.

Daar is natuurlik baie van hier-die stelsels – kyk maar in enige goeie skool- of toeratlas waar riviere in die oseane uitloop. As jy lugfoto’s daarvan bekyk, sal jy agterkom dat die mondings nie almal ewe groot is nie. Party het

met verloop van jare glad toe-gespoel.

Dus: as jy belangstel om ’n bietjie ondersoek in te stel, is dit raadsaam om met hengelaars te gesels. Hulle sal jou kan inlig waar die interessantste plekke is en watter van hulle ’n groot ver skei-denheid inwonertjies huisves.

Om daardie redes het ek die Swart kops-estuarium gekies om oor te gesels, en ook omdat dit die geleentheid bied om te sien wat die invloed van menslike bedry wig he-de (fabrieke, visvangs, bote, ens.) op die ekologie van so ’n gebied is.

OORSPRONG EN VERLOOP VAN DIE RIVIER

Die Swartkopsrivier ontspring in die Groot Winterhoekberge bo-kant die Groendaldam. Dit mond uit in die Indiese Oseaan noord van Port Elizabeth, en is omtrent 40 km lank. Vir die eerste 20 km vloei die rivier tussen struike en bome deur, daarna vlakby fabrieke (o.a.

’n wolwassery), tussen Uitenhage en Despatch deur, daarna deur ver skeie kleinhoewes tot by Am-ster damhoek, waarna dit in die In diese Oseaan uitmond.

Aan die noordekant word die estuarium deur ’n randjie be-grens, aan die voet waarvan ’n straat en ’n ry huise, elk met sy vasmeerplek en ’n motorboot, voorkom. ’n Gewilde hengelplek is ook by die pad- en treinbrug aan die westekant.

Enigeen wat die natuur as skepping van God bewonder en liefhet, sal kan insien dat dit nodig is om ’n goeie kennis van dié eko-sisteem te hê om dit te kan geniet en benut sonder dat dit die prooi van beskawingsontwikkeling word en daardeur tot niet gaan.

Ek het darem lanklaas ’n liedjie ingestuur! Hierdie een sluit mooi aan by die gedagtes wat julle hierbo gelees het.

Sing julle graag? Lees in die volgende uitgawe verder oor estuariums

Oom Attie Venter

’n Wonderlike estuarium (1)

Die skepping is darem iets wonderliks! Jy kan byna nie met ’n speld op ’n plekkie op die ganse wêreld druk nie, of daar is ’n lewende wesentjie. Hulle kan wissel van BAIE klein tot BAIE groot, van organismes wat lewenslank op een plek bly vassit tot diere wat met duiselingwkkende vaart vlieg, swem of hardloop. Van hulle fl oreer in woestyngebiede,

ander weer kan nie hulle wateromgewing verlaat nie. Party se tuiste is soutwater, ander kan net in varswater voortbestaan. Dis hier waar ESTUARIUMS ter sprake kom.

slingervel februarie 2013 17

18 slingervel februarie 2013

TERSIA

Pos julle antwoorde aan: Slingervel Blokkiesraaisel, Posbus 6433, Flamwood 2572

DWARS1. Die afskuwelike god van Moab (1 Kon.

11:7)3. “Om te lewe volgens sy wil, …… van die

dood (Spr. 11:4).5. Absalom se dogter (2 Sam. 14:27).7. Remalja se seun (2 Kon. 15:25).8. Hy het 'n sonwyser gehad (Jes. 38:8).10. Hy het nie geweet wie Dawid was nie (1

Sam. 25:10).12. Die seun van Abdiël (1 Kron. 5:15).13. Jakob het hierdie man verwyt (Gen.

31:36).

AF1. Die goddeloses is soos …… wat deur die

wind uitmekaar gewaai word (Ps. 1:4).2. Asas se Pa (1 Kron. 5:8).4. Hy was saam met Lukas 'n medewerker

van Paulus (Filemon:24).5. Die Here het dit vir Kain gegee (Gen.

4:15).6. God het haar gebed verhoor (Gen.

30:22).7. Hierdie berg was regoor Jerigo (Deutr.

34:1).9. 'n Seun van Joktan (1 Kron. 1:22).11. Elimelek was dit van Naomi (Rut 1:2).

72

slingervel februarie 2013 19

Wat kan ek lees?Wat kan ek lees?tannie susan

Menten, Tosca. 2011. Die wraak van Knor. Illustrasies

deur Elly Hees & uit Nederlands vertaal deur Shané Kleyn. Pretoria:

Protea Boekhuis. 123 p. Prys: R90,00. ISBN: 978-1-

86919-521-2.

Knor is die troetelvarkie wat Bet tie Babs van der Merwe

per ongeluk vir haar verjaarsdag gekry het. Eintlik sou sy ’n klein katjie gekry het, maar haar ou pa Tuitjies, ’n oud-slagter, het ge-reken om eerder vir haar die varkie te gee. Knor was ’n intelligente varkie en het gou in almal se harte gekruip. Almal het gehelp met sy versorging en dit was nogal pret.

’n Jarelange twis tussen oupa Tuitjies en slagter Smak het ver-oorsaak dat albei vir Bettie Babs gewaarsku het dat die ander een nie te vertrou was nie en vir Knor graag in die kompetisiewors wou gebruik. Wie moes Bettie Babs nou eintlik glo? Sy en Thys, haar vriend, het Knor probeer oppas, maar die poppe het regtig begin dans toe Knor gesteel is die dag van die Worswedstryd van die Eeu.

Hierdie spannende storie het ’n skreeusnaakse einde. Die vertaling is in byderwetse Afrikaans gedoen en die boek lees maklik. Kinders sal die humoristiese verhaal ge-niet – vir selfl ees of voorlees. Die sketse ondersteun die verhaal prag tig en help om die lagspiere te kielie. Die wraak van Knor is geheel en al iets anders as wat

kinders nog ooit gelees het! Hulle sal skaterlag – ook oor die ongewone einde.

Percival, Tom. 2011. ’n Huis vir Tippie. Uit Engels vertaal deur Shané Kleyn. Pretoria: Protea Boekhuis. Prys: R100,00.

ISBN: 978-1-86919-539-7.

Tippie is ’n klein straatkatjie wat bang is vir alles – van die wind tot sy eie skaduwee. ’n Klein seuntjie wou graag ’n katjie hê en het versigtig

en stelselmatig Tippie se vertroue gewen. Uiteindelik het hulle maatjies geword en baie pret gehad.

Toe die seuntjie en sy gesin vir ’n naweek by sy ouma gaan kuier, het alles verkeerd geloop. Tippie was baie bang en swaarmoedig en moes vir allerhande gevare weghardloop totdat hy naderhand heeltemal verdwaal was. Gelukkig het sy maatjie hom gaan soek. Maar sou hulle mekaar weer kry?

Die volkleurtekeninge ondersteun die verhaal, vul dit aan en help om atmosfeer te skep. Kleuters en jong kinders sal hulle kan inleef in die wedervarings van Tippie en die seuntjie. Vir jong lesers sal die groot druk ook gemaklik wees sodat hulle die verhaal self kan lees. ’n Huis vir Tippie sal gou ’n gunstelingboek word.

Dirks, Cor. 2012. Die Uile langs die Limpopo. Pretoria: Protea Boekhuis. 4e uitg. 134 p. Prys: R100,00. ISBN: 978-1-86919-

549-6. (Die Uilereeks, 7.)

Uit dankbaarheid omdat die Uile hulle verlore seun teruggebring het en omdat Wadda baie na die wildernis verlang, het Wadda se ouers

hom en die Uile vir die Desembervakansie Limpopo toe gestuur. Hulle sou vir ’n hele maand lank heerlik in die wildernis langs die Limpopo kamp.

Dit sou wonderlik gewees het indien ’n klomp gewetenlose skurke nie paniekerig begin raak het toe hulle gemeen het dat Wadda dalk ’n speurder is wat hulle planne wil kom verongeluk nie. Die skurke het egter nie daarmee rekening gehou dat die Uile hulle maat sal soek en probeer red nie – boonop is die Uile bobaas planmakers wat nie vir krokodille en skurke skrik nie.

Hierdie spannende avontuurverhaal vir die jeug is die sewende in die Uilereeks. Die naelskou-avontuur is nog beter omdat dit saam met ou, vertroude karaktervriende beleef word. ’n Mens kan amper nie wag om die volgende avontuur in hierdie spanningsreeks te lees nie!

20 slingervel februarie 2013

Kruczek, Thomasz. 2011. Bybelstories vir kleuters: die storie van die Bybel vertel in rympies. Geïllustreer deur Magda

Bloch. Vereeniging: Christelike Uitgewersmaatskappy. 160 p. Prys: R79,95. ISBN: 978-1-4316-0028-1.

In Bybelstories vir kleuters word ’n aantal grepe uit die Ou en Nuwe Testament in rym aan kleuters vertel. Die verhale begin by die skepping

en eindig waar die apostels na Jesus se Hemelvaart die evangelie oor die hele wêreld gaan verkondig het.

In al die verhale loop God se almag, liefde en betrokkenheid by elk-een se lewe soos ’n goue draad. Lesertjies (kleuters en jong kinders) word telkens aangemoedig om God lief te hê, Hom te vertrou en hulle lewens in diens aan Hom toe te wy.

Deur hierdie boek word kleuters deur die groot momente in die open baringsgeskiedenis geneem op so ’n wyse dat hulle telkens God se betrokkenheid en liefde kan besef.

Viljoen, Fanie. 2012. Betower. Pretoria: LAPA Uitgewers. 176 p. ISBN: 978 0 7993 5488 1.

Toe Nadia deur Armand misbruik is, het haar ma haar uit haar Johan-nesburgse skool weggeneem. Sy moes by haar ouma op ’n klein

dorpie in die Kaapprovinsie gaan bly en skoolgaan. Nadia het gevoel haar ma het haar verwerp en nie ondersteun nie en sy was oortuig daar-van dat haar ma nie vir haar lief was nie. Sy het swaar aangepas. Toe ontmoet sy vir Poenk.

Poenk was vir haar ’n raaisel – die bejammerenswaardige Skool-Poenk wat nie sy man teen Gervan kon staan nie, maar ook die betowerende Bos-Poenk wat alles in ’n sprokieswêreld kon omtower en so ’n positiewe lewensuitkyk gehad het.

Namate hulle mekaar begin vertrou het, kon Nadia vir Poenk haar geheim vertel en hy kon haar leer om te vergewe. Poenk kon haar help om die mooi in dinge raak te sien en om vreugde in ’n fantasiewêreld te geniet.

Betower is ’n delikate jeugverhaal wat ’n mens aan die dink sit. Die ver haal, in moderne tieneridioom, lees maklik. Hierdie jeugroman was in 2011 die naaswenner in LAPA Uitgewers se jeugromankompetisie.

Maartens, Wendy. 2012. My eerste atlas: ’n wêreldatlas vol asemrowende feite. Illustrasies deur Zunica Joao. Pretoria:

LAPA Uitgewers. 92 p. Prys: R150,00. ISBN: 978 0 7993 5081 4.

Met behulp van My eerste atlas ... kan die leergierige en nuuskierige leser ’n ware avonturier word – ’n ontdekkingsreisiger wat die hele

wêreld verken.

Hierdie unieke volkleuratlas is propvol interessante feite oor al die vastelande van die wêreld en in die besonder oor Suid-Afrika met sy nege provinsies. Agterin die die atlas is ’n groot uithaalmuurkaart van Suid-Afrika.

In die boek het elke vasteland sy eie kleurkaart waarop belangrike stede en natuurverskynsels soos berge, riviere en ander geografi ese verskynsels aangedui is. Op die agterblad word die volgende lok-vrae aangegee: “In watter land kan jy ongeveer 700 verskillende tale hoor? Waar ry die ministers soms met fi etse parlement toe? Watter land is so groot dat dit sewe dae per trein neem om van Oos na Wes te ry? In watter Suid-Afrikaanse dorp het die polisie op kamele gery? Watter provinsie in Suid-Afrika is die grootste?”

Die taalgebruik is eenvoudig en in goeie Afrikaans en die aan-bieding uitnodigend met volkleur illustrasies.

Hierdie boek sal gou ’n guns-teling op kinders, tieners en vol wassenes se boekrak word. Wanneer ’n mens op reis gaan, kan jy deur die atlas ’n opname maak van interessante plekke waar voor ’n mens kan uitkyk op die reis. Moontlike plekke van be lang by jou bestemming kan ook geïdentifi seer word wat dalk besoeke kan regverdig.

Hierdeur kan kinders van jongs af ’n lewendige belangstelling in hulle omgewing aanleer. SV

slingervel februarie 2013 21

22 slingervel februarie 2013

dr. nico van der merwe

17. Tieners en God Lees: Prediker 12:1-8 Teks: Prediker 12:1

Ons kan nie sê dat alle ti eners aan God behoort nie. Daar ís ti eners wat God nie ken nie, en ander wat God nie wil ken nie. Daar is ook ti eners

wat God wel ken en ook deel van die kerk is, maar hulle hele lewe wys dat hulle afvallig van die Here is. Hulle leef net vir hulleself. Hulle oortree wat dwelms, alkohol en seks betref. Dit is die hartseer tragedie van ti eners wat langs die lewenspad sterf vanweë hulle gewaagde lewenstyl.

Daar is hoop en uitkoms vir elke ti ener wat op hierdie afvallige pad tot bekering kom. God sê vir elke ti ener terwyl jy nog jonk is en die lewe wil geniet: “Dink aan jou Skepper.” Dit beteken dat jy jou lewenspatroon sal pas op die wil van God. Uit God se Woord moet jy die riglyne ontvang van hoe jy sal lewe. Daar is geen ander manier om reg te leef voor God nie.

18. Raad vir tieners onder groepsdruk Lees: Jeremia 15:19-21 Teks: Jeremia 15:19

Jeremia is moedeloos, want sy vriende het hom eenkant geskuif omdat hy in God glo. Wat nou? Van hulle vergeet? Maak asof hy hulle nie ken

nie? As hy dit doen, gaan hy sy vriende verloor! Wat nou? Wat sou jy gedoen het as jou vriende jou uit hulle midde uitskuif omdat jy ’n kind van God is en nie saam met hulle wil deelneem aan die ligsinnige dinge wat in stryd is met God se wet nie? God sê vir jou dat Hy jou nie sy kind gemaak het om onder groepsdruk te knak nie. Jy is God se kind om op aarde ’n leier te wees. Jy moenie ’n Christen wees wat koes-koes saam met die stroom van die onverskilliges stap nie, maar jy moet in die kringe waarin jy beweeg, die leiding neem om jou vriende weg te lei van die kwaad na God toe! ’n Verloste kind van God is ’n leier en nie ’n agterna-droster nie.

19. Sê net: “Ek is vreeslik jammer!” Lees: Lukas 15:11-24 Teks: Lukas 15:21

Net 3 woordjies: “Ek is jammer.” Hoekom is dit so moeilik om te sê “Ek is jammer” as jy verkeerd opgetree het? Die verlore seun het die

ver keerde pad gestap toe hy sy erfporsie gekry het en van sy ouerhuis weggegaan het. Op die verkeerde pad, met verkeerde maats, het hy al sy erfgeld uitgemors. Hy het nie met die verkeerde pad aangehou nie. Hy het “tot inkeer gekom” (vs. 17). Toe kies hy die regte pad terug na sy pa toe. Dan moet hy sê: “Pa, ek is jammer. “Ek het teen God en Pa gesondig” (vs. 21). Watt er groot verskil het dié woorde gemaak!

Gebroke harte word deur God heelgemaak. Jou hart moet nie net breek teenoor God aan Wie jy so ongehoorsaam is nie, jy moet ook aan jou medemense, jou maats en ouers kan sê jy is jammer as jy oortree het – dit is die eerste stap vir ’n gelowige.

20. Jy moet ook kan “dankie” sêLees: Lukas 17:11-17 Teks: Lukas 11:15-16

’n Woord wat gans en al te min gebruik word, is die woord “dankie”. Daarby kan ons die gesindheid van dankbaarheid voeg. Mense kan

kla en kerm van die oggend tot die aand oor dinge wat hulle nie het nie, geld wat te min is en die werk wat te veel is. So gedra mense hulle teenoor mekaar, en as dit by die Here kom, gaan dit veel erger. Die grondreël vir Christene is dankbaarheid. In die gelykenis onderstreep Jesus so ’n gesind-heid. Van die ti en manne wat van melaatsheid genees is, het net een te-rug gekom om dankie te sê. Neem ’n stuk papier en skryf alles op wat jy vandag van God ontvang het. Skryf ook dié dinge op waaraan jy regti g ge brek het. Die eerste lys sal, as jy eerlik is, by verre die langste wees. Jy moet nie ophou op God te dank vir dit wat Hy jou gee nie.

21. Kerk vir die kindersLees: Deuteronomium 32:44-47 Teks: Deut. 32:46

Wat doen jy as jy saam met jou gesin die eredienste bywoon? Is jy verveeld met alles? Sit jy dan die orrelpype en tel, of loer jy by die

oop venster uit na buite, of dagdroom jy oor alles en nog wat? Voel jy dat die kerk net vir grootmense is en dat God Hom nie met kinders ophou nie? Dis nie waar nie. Op baie plekke in die Bybel gee God die opdrag aan ouers om hulle kinders uit God se Woord groot te maak. “Julle moet julle kinders beveel om dit (die Woord van God) te gehoorsaam en te lewe volgens hierdie wet” (vs. 46b). Hierdie opdrag van die Here moet deur jou ouers nagekom word, maar ook deur die dominee as hy preek en die kat-kisasie-onderwysers wat klasgee. Elke erediens is dus ook ’n “kerk vir die kinders”. Jy moet daar wees en ook mooi luister na die preek.

22. Wonderlike vriende en maatsLees: Romeine 12:3-8 Teks: Romeine 12:5

Die dominee is nie die middelpunt van die kerk nie. Die diakens en ouderlinge is ook nie die sentrum waarom alles draai nie. Die diakens,

ouderlinge en predikante is belangrik, maar nie die belangrikste nie. Onthou: die kerk is nie ’n gebou van steen, hout en glas nie. Die kerk is mense. Die Here sê dat die kerk soos ’n liggaam is – Jesus is die kop en die gelowiges is die ledemate. Jou arms, bene, hande, neus, ore, knieë ensovoorts, is daar om mekaar te help om te kan lewe. Jy is hulpeloos as jou arms en jou hande nie hulle werk wil doen nie, of jou oë, of jou bene. Só gaan dit ook met die kerk.

As elke gelowige sy/haar plig doen, dan ondersteun, help en verdra mense mekaar. Dit is die klompie mense onder wie jy wonderlike vriende en maats het. Saam met mekaar dien en eer julle die Here God.

23. Gee lug aan jou innerlike woedeLees: Spreuke 29:10-14 Teks: Spreuke 29:11

Woede ontstaan nie meteens in die hart van die mens nie. Woede is ’n innerlike saak wat meteens na buite kan breek en die optrede

van die mens beïnvloed. Dit kan só intens wees dat jy beheer oor jouself kan verloor en gewelddadig teenoor mense kan optree. As jy geneig is om woedend te word, moet jy opmerk dat dit elke keer net gaan om jou per soonlik. Wanneer jy te na gekom word of beledig word of bedreig word, slaan jou woede na buite deur. God sê: “’n Dwaas gee vrye teuels aan sy woede.” ’n Gelowige, daarteenoor, blaas nie die woede aan nie, maar bring die dwaas tot kalmte. Onmiddellik weet jy nou wat jou taak as Christenjongmens is. Omdat jy in die Here glo en omdat jy verlos is in Jesus Christus, kan jy oor jou eie woede heers en dit in bedwang bring.

24. ’n Gelowige tiener is gehoorsaamLees: 1 Petrus 2:11-17 Teks: 1 Petrus 2:12

Maak jou ouers jou soms kwaad? Voel jy hulle kasty jou om gedurig daarop te hamer dat jy gehoorsaam moet lewe? Onthou, dis eintlik

Gód wat verwag dat jy voorbeeldig sal lewe. Dit is nodig dat ti eners ver-maan word, want Satan wil jou van God afvallig maak. Omdat die Here jou verlos het van jou sonde, móét jy jou altyd goed gedra soos iemand wat verlos is. Dit moet jy doen om jou dankbaarheid vir die verlossing wat God uit genade aan jou gegee het, te betoon. Jou lewe moet ’n voorbeeldige lewe wees, nie om jou ouers tevrede te stel of jou maats te beïndruk nie, maar omdat God dit van jou verwag. Omdat God jou verlos het, kán jy dit doen, want God het dit vir jou moontlik gemaak. Sy Heilige Gees woon in jou hart en begelei jou in die lig van God se Woord om gehoorsaam te wees.

slingervel februarie 2013 23

25. Gebruik die waarheid as liniaalLees: Johannes 8:31-47 Teks: Johannes 8:46

Jy moet net praat wat waar is. Die waarheid moet die maatstaf wees vir jou kriti ek oor ander. God sê: “Jy mag nie vals getuienis teen ’n ander

gee nie” (Eks 20:16). Alle kriti ek moet die toets van die waarheid kan deur-staan. Dit eis God van jou. Jesus daag die Fariseërs uit om sonde by Hom uit te wys, want hulle kriti ek op Hom is leuens. As jy die waarheid los, is jy soos ’n soldaat sonder wapens. Jy het niks om mee aan te val of te ver-dedig nie. Die waarheid alleen kan jou opregtheid bewys.

Dus mág die gelowige ti ener kriti ek uitspreek oor ’n saak of oor ’n per soon, maar die kriti ek moet die volle waarheid wees. Dis maklik om ’n ander mens te kriti seer, en dan is jou kriti ek gebaseer op hoorsê-getuienis. Dit is verkeerd! God eis dit van jou om eers doodseker te maak van die werklike feite alvorens jy iets of iemand kriti seer.

26. Jou lewenspad as gelowige tienerLees: Psalm 37:16-26 Teks: Psalm 37:23-24

As ti ener is jy op pad na die grootmenswêreld. Dis ’n onsekere pad. Jy weet nie wat wag nie. Dis ook nie ’n maklike pad nie; daar is baie

verkeerde paaie waarop jy kan verdwaal. Omdat jy ’n gelowige ti ener is, is God saam met jou op hierdie lewenspad. Hy staan jou by en ondersteun jou op jou grootwordpad. Hy bepaal die koers en bring jou terug as jy afdwaal. Hy ondersteun jou en help jou op as jy struikel en val. Jy mag dink dat ander ti eners wat nie vir God omgee nie, baie makliker lewe. Moet nie afgunsti g wees nie, want hulle het nie God in hulle midde nie. Jý hoef nie jou toekomspad te vrees nie. Jou opdrag is om gehoorsaam te bly aan God en sy Woord as ’n lamp te gebruik (Ps. 119:105). Dan sal jou lewenspad voorspoedig wees, want jy volg nie jou eie wil nie, maar God se wil.

27. Jou jeugsondesLees: Psalm 25:1-7 Teks: Psalm 25:7

Sonde is nie iets wat aan ouderdom gekoppel kan word nie. Of jy ’n kind, ’n jeugdige, ’n volwassene, ’n middeljarige of ’n bejaarde mens

is, jou lewe is deurtrek van die sonde. Dit is so dat ’n sekere soort sonde in besondere lewensfases na vore kom. Só maak die Bybel meermale melding van die sondes in die jeugtyd. Paulus skryf aan Timoteus (2 Tim. 2:22): “Vermy die begeertes wat ’n jongmens in gevaar bring.” Psalm 25:7 wil jou opmerksaam maak vir die sondes van die jeugtyd. Jy as ti ener moet gevoelig wees vir die sondes van die ti enerjare. Met sonde is daar net een pad, en dit is die pad van sondebelydenis voor die Here. By Hom moet jy pleit om vergewing. Die profeet Miga skryf (7:19): “Hy sal ons weer genade betoon. U sal ons sonde tot niet maak.”

28. Jou opdrag in ’n stukkende wêreldLees: Genesis 3:1-24 Teks: Genesis 3:7, 8, 16, 17

God se skepping was volmaak (Gen. 1:31). Maar so het dit nie gebly nie. God se groot vyand, Satan, het vir Adam en Eva verlei om aan God

ongehoorsaam te wees. Dit was die begin van die sonde. Adam en Eva se sonde het hartseer gevolge gehad. Genesis 3 vertel hoe alles verander het ná die sonde van Adam en Eva. Nou was die skepping nie meer mooi en volmaak nie. Dit was stukkend en die mens sou ’n opdraande stryd voer. Dit is waar die swaarkry van die lewe vandaan kom. Dit wortel in die sonde van die mens.

Teen die stukkende karakter van die skepping sal jy vanjaar ook moet stry. Maar moet nie moed opgee nie. God gee in Christus en deur sy Heilige Gees gawes aan jou om sukses te kan behaal. Sit skouer aan die wiel en werk toegewyd aan jou opdragte. God se seën sal dan nie uitbly nie.

29. Niks is vir God onmoontlik nieLees: Genesis 18:1-15 Teks: Genesis 18:14

Uit die Bybel bely ons dat God almagti g is. Dit beteken dat God magti -ger is as enigiets anders, of dat niemand so magti g is soos God nie.

Jeremia 32:17 lees: “Niks is vir U onmoontlik nie.” Dit staan in Genesis 18:14: “Is iets te buitengewoon vir die Here?” God sê dit vir Abraham omdat hy en Sara nie kan dink dat God aan hulle ’n kind kan gee as Abra-ham 100 jaar en Sara 90 jaar oud is nie.

Ons as mense is beperk wat ons krag betref. Sommer gou-gou is ’n ding vir die mens onmoontlik. Daarom moet jy deur die geloof vashou aan die Here, die Almagti ge. Hy is ook sterker as Satan wat jou wil verlei. God het vir jou die onmoontlik bewerk toe Hy Jesus Christus, sy Seun, gegee het om jou sondes weg te neem en aan jou die ewige lewe te gee. Jy moet op niks anders vertrou nie as net God die Here.

30. Die geraamtes in die laagte leweLees: Esegiël 37:1-14 Teks: Esegiël 37:4 & 10

In beeldtaal (vs. 11) verduidelik God hoe dit geestelik met sy volk gaan. Israel lyk soos ’n deurmekaar hoop geraamtes in ’n laagte. ’n Laagte vol

doods beendere waar jy nie kan sien waar die een in die ander pas nie. God beveel Esegiël om vir hierdie doodsbeendere te preek. Toe begin die dor bene na mekaar beweeg, elkeen na sy regte plek, totdat daar volledige geraamtes lê. Daarna word spiere, senings, vleis oor die geraamtes getrek en ’n klomp volledige lyke lê daar, totdat God daarin lewe gee en dit ’n skare mense word wat God dien.

God skep lewe waar daar net dood is! Nie net in die Ou Testament nie, maar ook in ons tyd. Vanweë jou sonde is jy soos die geraamtes in die laagte. Maar deur Christus se bloed en die Heilige Gees se werk maak God jou lewendig uit die dood om vir Hom te lewe.

31. Die lewe soos dit normaalweg verloopLees: Spreuke 22:1-12 Teks: Spreuke 22:6

Spreuke is ’n boek in die Bybel waarin vertel word hoe dit normaalweg in die lewe gaan. Maar in hierdie saak is daar altyd uitsonderings. Ons

teksvers vir vandag klink asof daar geen uitsonderings is nie. (Lees weer die teks!) Jy kan seker aan baie gesinne en families dink waar dit nie so uitgewerk het nie. Mense wat goed grootgemaak is, maar as volwassenes die spoor totaal byster geraak het. Is dit teleurstellend vir jou? Is Mamma en Pappa se opvoeding van jou dan tevergeefs? Gaan jy dalk ook eendag ontspoor en alles in jou lewe skeefl oop? Onthou, daar is uitsonderings. Maar Spreuke leer ons dinge soos dit normaalweg is. Dit beteken dat die goeie dinge wat jy in jou ti enerjare leer en aanleer, vir jou baie gaan beteken as jy eendag ’n volwasse mens is.

32. Die eerste dinge moet eerste komLees: Spreuke 2:1-12 Teks: Genesis 1:1

In Genesis 1:1 maak die Here bekend dat Hy die Skepper is van alle dinge. Daar is niks onder die son wat God nie geskep het nie. God kon dit doen,

want Hy is almagti g. ’n Mens kan die vraag vra: Hoekom is Genesis 1:1 so verskriklik belang-

rik? Dit beteken dat as jy enigiets in die skepping wil verstaan, as jy jouself reg wil ken, as jy ander mense wil begryp, as jy wil weet hoe die wêreld en die lewe werk, moet jy begin by God as die Skepper van alles.

In Spreuke 2 staan dat, as jy dit in gedagte hou, sal baie dinge vir jou verstaanbaar wees. Jy sal weet wat is regverdig en reg en billik (Spr. 2:9). Jy sal oordeelkundigheid ontvang (Spr. 2:10-11, 20-21).

Jy sal die verkeerde paaie van die lewe ken en dit ook vermy (Spr. 2:12-19, 22).

24 slingervel februarie 2013

TELLIE SKOOP

Hoe lyk dit op Mars?

AAan die begin van verlede jaar, op 4 Januarie 2012 is 'n nuwe ruimtetuig, Curiosity, na Mars gelanseer het. Die ruimtetuig het op 5 Augustus 2012 op Mars geland, na 'n reis van agt-en-'n-half maande. Die “ruimtemotortjie” word Curiosity genoem en

is omtrent so groot soos 'n motorkar, en die bedoeling is dat dit op Mars sal rondbeweeg om opnames te doen. Dit is die grootste en beste toegeruste ruimtetuig wat nog na 'n ander planeet gestuur is. Daar is 10 wetenskaplike instrumente op Curiosity om die nodige toetse en opnames te doen. Daar is ook 'n “weerstasie” op die ruimtetuig wat die temperatuur op Mars sal meet en ook gegewens sal terugstuur aarde toe oor die wind en die voggehalte van die atmosfeer.

Curiosity het onmiddellik na dit op Mars geland het, begin om opnames te doen en proewe uit te voer. Dit het ook die allerduidelikste foto’s na die aarde teruggestuur. Ons plaas op hierdie bladsy 'n duidelike foto van hoe die omgewing lyk waar die Curiosity geland het. Die omgewing lyk baie klipperig en rotse is ook sigbaar. In die verte kan 'n bergreeks gesien word. Slingervel sal so van tyd tot tyd vir julle nuus van hierdie belangrike ruimte sending bring. (Bron: NASA)