iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Gereformeerde...

24

Transcript of iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Gereformeerde...

Page 1: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Gereformeerde …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel...2 slingervel junie 2013 REDAKTEUR Dr Nico vd Merwe e-pos: slingervel@telkomsa.net
Page 2: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Gereformeerde …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel...2 slingervel junie 2013 REDAKTEUR Dr Nico vd Merwe e-pos: slingervel@telkomsa.net

2 slingervel junie 2013

REDAKTEURDr Nico vd Merwe

e-pos: [email protected]

Tipografi e en uitlegJoey Fourie

e-pos: [email protected]

MEDEWERKERSDr. Nico van der MerweOordenkings vir tieners en

laerskoolkindersMarina Kotze

Junior Rubrieke en PenmaatsRiana Jonker

VerjaardaghoekieSusan Lourens

BoekebladTersia van der Merwe en Rina

Myburgh Blokkiesraaisels en Kopkrappers

Attie Venter

Wetenskap-ArtikelsRika du Plessis en Sophia van der

WaltStories

Artikelskrywers dié uitgaweDr. Nico van der Merwe

Eienaars en uitgewersDeputate vir Kerklike Tydskrifte

Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaPosbus 20008, Noordbrug 2522

DrukkersV & R Drukkery

Tel. 012 333 2462

IntekeningAdministratiewe BuroAfdeling Publikasies

Posbus 20008, Noordbrug 2522Tel: 018 297 3986

IntekengeldR177,00 per jaar

(posgeld en BTW ingesluit)

AdvertensietariefOp aanvraag beskikbaar

by Wymie du Plessis tel. 018 297 3986

Die RedakteurPosbus 6433, Flamwood 2572

Bydraes en briewePosbus 6433,

Flamwood 2572

Jaargang 54 Nommer 946,

Mei 2013

ISSN 0037 685 X

3 Die redakteur skryf4 Verjaardaghoekie6 Bybelleesrooster vir

Julie8 Oordenkings vir

laerskoolkinders10 Spreuke vir die

tiener verklaar Afrikaanse idiome11 Meteoriet ontplof oor

Rusland

12 Dit is net my mamma!!

14 Handige Hannie (1)16 Ons taal – 'n

kosbare besit!18 Blokkiesraaisel 44819 Boekeblad22 Oordenkings vir

tieners24 Ons Pretblad

REDAKTEUR Wetenskap-Artikels Intekengeld

Slingervel, Jaargang 54 Nommer 947, Junie 2013

in hierdie uitgawe ...in hierdie uitgawe ...

Slingervel, Jaaargang 54

Page 3: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Gereformeerde …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel...2 slingervel junie 2013 REDAKTEUR Dr Nico vd Merwe e-pos: slingervel@telkomsa.net

slingervel junie 2013 3

Die redakteur skryf ...

'n Christentiener

en sy geld

Daar is onder andere twee Afrikaanse spreekwoorde wat die waarheid van

geld sê: 1. Geld soos bossies (om baie geld te hê) en 2. Met geld speel soos ’n bobbejaan met waboomblare (om jou geld te verkwis).

Dit is nie so dat om geld, baie geld, te hê volgens die Bybel verkeerd is nie. Geld is ’n middel in die hand van die mens om van te lewe en daarmee ook goed te doen. Rykdom is nie sonde nie. Dink aan Abraham, Job en Salomo: hulle is maar enkele mense wat in die Bybel genoem word wat in hulle tyd miljoenêrs was. Geld as sodanig is nie sondig nie. Jy kan nie sê dat ’n R5-stuk of ’n R200-noot sondig is nie. Dit hang alles af wat die mens daarvan maak en hoe die mens dit hanteer.

Geld is noodsaaklik om te kan lewe. Daarom werk mense sodat hulle ’n salaris kan kry om hulleself en hulle huisgesinne te onderhou. Daarom kry julle as Christentieners sakgeld by ma en pa, of julle werk iewers in ’n winkel of lewer koerante af om ’n geldjie te hê.

Ongelukkig het die sonde ook hierdie terrein van die lewe besoedel. Waarmee word mense

dag vir dag gebombardeer? Met advertensies, wedstryde, loterye, dobbelspeletjies, metodes en planne om skatryk te kan word. So word die mens van 2013 geleidelik gekondisioneer met die gedagte dat geld en die besit daarvan as die hoogste prioriteit van die lewe gesien moet word. Jy word uitgelok om te dink dat rykdom en weelde die vernaamste ideaal is waarna jy moet strewe. Wettig of onwettig word mense gebreinspoel om die jag na geld as die vernaamste faset van die lewe te sien. Hoe raak al hierdie dinge jou as tiener? Geld en wat daarmee gepaard gaan, het te doen met jou geloof en jou verhouding met die Here.

Geld het die mag om jou in ’n geestelike graf in te trek, wat algaande dieper en dieper word. Wie deur die gryparms van geldsug ingesuig word, word deur die graf self ingesuig en vasgehou. Wie nooit genoeg van geld kry nie, wie altyd meer en meer wil gryp en vashou, werk homself steeds dieper en dieper in die graf van geld in. Dit is ’n onversadigbare graf. Die wyse prediker van die Ou Testament het geskryf: “Die mens vir wie geld alles is, het nooit genoeg geld nie; die mens vir wie rykdom alles is, kry nooit genoeg

nie. Ook hier kom dit tot niks” (Pred. 5:9).

Wie kan sy dors in die see • les? Soutwater les nie jou dors nie, dit laat jou al hoe dorser word, hoe meer jy daarvan drink.Dít gebeur ook met jou as • geld jou god geword het en jy die slaaf daarvan is. Dit was die kortsluiting in die lewe van die ryk jongman wat by Jesus gekom het (Matt 19:16-22).

As jy God liefhet en na Hom honger en dors, en deur Hom verkwik word, dan sal jou geld vir jou van karakter verander. Dan besit jy geld en nie andersom nie. Dan word jou geld ’n middel in jou hand waarmee jy die nodige vir jouself kry, maar ook ’n middel wat jy gebruik in die opbou van God se koninkryk en sy kerk. Deur die beursies van die gelowiges wil God die las van baie mense verlig wat arm en hulpbehoewend is.

Van jou tienerjare af sal jy jouself moet motiveer om die geld wat jy verdien, ook te sien as ’n middel om behoeftiges en noodlydendes te ondersteun en te help. Jy en jou geld moet vir God beskikbaar wees. Onthou dit nou reeds! SV

Page 4: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Gereformeerde …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel...2 slingervel junie 2013 REDAKTEUR Dr Nico vd Merwe e-pos: slingervel@telkomsa.net

4 slingervel junie 2013

verjaardagverjaardaghoekiehoekie

Die volgende Velliemaats verjaar gedurende JUNIE 2013. Veels geluk aan elkeen, en geniet die dag saam met julle ouers en maats. As jy nog nie

ingeskryf is as Velliemaat nie, skryf aan my. My adres is: Tannie Riana Jonker, Posbus 614, Paardekraal, 1752;

of e-pos [email protected] Groete, Tannie Riana

1 Dehan Hoogendoorn (Randburg), Harry Broersma (Van-der bijlpark-Trinitas), Linné Kruger (Vanderbijlpark-Trinitas),

Rika Goede (Vereeniging-Oos), Rikus de Klerk (Bethal).

2 Marnel Combrink (Vereeniging-Oos), Thato Diale (Rand-burg).

3 Arjan Peters (Vanderbijlpark-Trinitas), Hanri Slabbert (Se-cun da), Jan-Adriaan Bezuidenhout (Zeerust), Johan Cloete

(Port Elizabeth), Lukas Cloete (Port Elizabeth), Nicole Burnet (Buf feldoorns).

4 Alinda Steyn (Krugersdorp), Anrich van Schalkwyk (Vander-bijlpark-Trinitas), Ghilium Bernhardt (Gobabis), Hesme

Holtz hausen (Nylstroom), Ine Klopper (Wolmaransstad), James Ackroyd (Randburg), Joubert Flemming (Heilbron), Karla Jooste (Rustenburg), Marnus Klopper (Wolmaransstad), Paballo Moleko (Randburg), Tshedimoso Mlotshwa (Randburg).

5 Antoinette Putter (Brackenhof), Carien Maritz (Randburg), Danike Vos (Benoni), Garmi Broodryk (Randburg), Gert Ver-

ster (Pretoria-Wonderboom-Suid), Jaklien Schwemmer (Pretoria-Wonderboom-Suid), Tjaart du Plessis (Nylstroom).

6 Auret Viljoen (Buffeldoorns), Benro Jansen van Vuuren (Wol maransstad), Ceejay Myburgh (Heilbron), Elisbé van

der Linde (Kathu), Gehan Venter (Kuruman), Jaco Collen (Kathu), Karlien du Plessis (De Aar), Leonard Fick (Vereeniging-Oos), Ma deli Josling (Waterkloofrand), Miné Heymans (Lichtenburg), Ruald Stoop (Vaalpark), Wandri van Heerden (Lydenburg).

7 Albertus Human Venter (De Aar), Barend Smits (Duineveld), Bradley Thompson (Vanderbijlpark-Trinitas), Edward Henrico

(Waterkloofrand), Gerhard Jansen van Vuuren (Middelburg Mpu-malanga), Lebogang Mokoena (Randburg), Linsay van Nieu-

wenhuizen (Port Elizabeth), Malan Viljoen (George), Philip Labu-schagne (Kleinmond), Rikus Cronjé (Randburg), Simon Moleko (Randburg), Vivia Smit (Lydenburg), Zoe-Jane Cronjé (Alberton-Wes).

8 Ané Scheepers (Waterkloofrand), Annebel Nolan (Lyden-burg), Franko van Noordwyk (Welkom-Noord), Heinrich

Lange (Heilbron), Markus Smit (Warmbad), Wian van der Merwe (Middelburg Kaap), Willem Riekert (Potchefstroom-Oos).

9 Adriaan Nel (Laeveld), Carmen Bekker (Port Elizabeth), Han re Delport (Potchefstroom-Oos), Johanri Pretorius (Heil-

bron), Karli van den Berg (Benoni), Leandri Bennink (Heilbron), Somoné Balt (Randburg).

10 Albert Venter (Vanderbijlpark-Trinitas), Alexia Stavrou (Wol maransstad), Cara Botha (Randburg), Damian de

Klerk (Rustenburg), Danielle Botha (Secunda), Heinrich Well-mann (Randburg), Jaco Vermeulen (Ermelo), Jan van Zyl (Ver ee-niging-Oos), Lloyd Krige (Port Elizabeth), Mieke Grobler (Rand-burg), Shane van Loggerenberg (Buffeldoorns), Triza Adams (Randburg).

11 Annell Grootendorst (Port Elizabeth), Elizma van Nie-kerk (Randburg), Enrico Coetzee (Lichtenburg), Ezilna

Coetzee (Lichtenburg), Jan Hendrik Potgieter (Randburg), Karla McSeveney (Laeveld), Mia van Biljon (Randburg), Mikayla Smit (Vaalpark), Nathan Hall (Port Elizabeth), Simeon Jooste (Potchef-stroom-Die Bult).

12 Amorijn Venter (Buffeldoorns), Grethe Maritz (Bethal), Johannes Vreugdenburg (Warmbad), Marko Oschmann

(Randburg), Mia Louw (Alberton-Wes), Nico Venter (Suidkus), Richardt Götze (Potchefstroom-Die Bult), Zandro Bezuidenhout (Lich tenburg).

Page 5: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Gereformeerde …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel...2 slingervel junie 2013 REDAKTEUR Dr Nico vd Merwe e-pos: slingervel@telkomsa.net

slingervel junie 2013 5

13 Anke-Louise Erasmus (Secunda), Deon de Beer (Ma gol), Jan Pretorius (Oudtshoorn), Janica Breedt

(Er melo), Lizelle Human (Alberton-Wes), Marcelle Pretorius (Se cunda), Marlee Henn (Heilbron), Ruben Marx (Randburg), Sumarie Cornelius (Nylstroom).

14 Alison Swartz (Benoni), Andru Bierman (Randburg), Boeta Fouché (Vereeniging-Oos), Clara da Silva (Rus-

ten burg), Danél Kruger (Burgersdorp), Heinie Meintjes (Suidkus), Larissa van Wyk (Magol), Mieke Rall (Lichtenburg), Soleil van den Berg (Secunda), Zir Erasmus (Krugersdorp).

15 Alida van der Walt (Randburg), Cobie-Mari Erasmus (Wa terkloofrand), Ruan Yssel (Potchefstroom-Oos),

Tris ton Eales (Warmbad).

16 Alisha Plaatjies (Vanderbijlpark-Trinitas), Arel Stander (Mes sina-Chinoyi), Declan Schutte (Alberton-Wes),

Juandre Hebler (Vaalpark), Liané Coetzee (Benoni), Marnus du Plessis (Magol), Riley Gibson (Messina-Francistown), Rudolf van der Merwe (Randburg), Stephan Erasmus (Stilbaai), Thomani Ngozo (Randburg).

17 Adeley van Schalkwyk (Krugersdorp), Conrad Nel (Ly-den burg), Heinrich Janse van Rensburg (Boksburg),

Hein rich Snyman (Brackenhof), LJ Lange (Bergbron), Ludrich van der Walt (Magol), Marie-Louise Steyn (Kathu), Mia Breed (Wa terkloofrand), Zanel van Zyl (Secunda).

18 Adéle van Doorn (Kaapstad), André Wagener (Ma gol), Chene van den Berg (Benoni), Christiaan Nel (Se cun-

da), Christine Jansen van Vuuren (Magol), Khloé Mellet (Boks-burg), Marelé van der Walt (Potchefstroom-Die Bult).

19 AJ Marx (Burgersdorp), Antonie Louwrens (De Aar), Bernard Smit (Warmbad), Cadrie du Plessis (Lich-

tenburg), Chris Lessing (Middelburg Mpumalanga), Helene Ven-ter (Port Elizabeth), Irisna Combrink (Boksburg-Suid), Jaco Roos (Wolmaransstad), Theo Kruger (Boksburg-Suid), Timna Viljoen (Laeveld).

20 Carla Prinsloo (Warmbad), Chene Janse van Vuuren (Rand burg), Frans Burger (Kleinmond), Lana van

Heer den (Bergbron), Marike Joubert (Magol), Mokona Mojela (Randburg), Philip Snyman (Randburg), Sophia van der Walt (Pot chefstroom-Die Bult), Stef Schoeman (Potchefstroom-Die Bult), Stephne Potgieter (Vaalpark), Zander le Roux (Randburg).

21 Anri Vorster (Vanderbijlpark-Trinitas), Chanell Burnet (Buf fel doorns), Christna Kruger (Vanderbijlpark-Trini-

tas), Mirre van Belkum (Potchefstroom-Die Bult), Teneal Venter (Bergbron).

22 Agnes du Plessis (Gobabis), Alexander van der Walt (Potchefstroom-Die Bult), Anika Gouws (Vereeniging-

Oos), Annerita Kotze (Welkom-Noord), Annika Strydom (Vander-

bijlpark-Trinitas), Chani Alé du Plessis (Secunda), Chris Jan Daling (Warmbad), Christiaan Britnell (Oudtshoorn), Dylan Dalbock (Her manus), Elriette Aucamp (Magol), Jacobus Lombaard (Ka-thu), Jan Brand (Lichtenburg), Jan van Staden (Bethal), Jarno Haar hoff (Secunda), Nico de Kock (Randburg), Pieter Pienaar (Vanderbijlpark-Trinitas), Ruben Rossouw (Messina), Tiaan du Ples sis (Lichtenburg).

23 Adi van Lille (Rustenburg), Divan Reinecke (Kuruman), JP Muller (Messina), Milla Jardine (Randburg), Msei

Her holdt (Lydenburg).

24 Carla Janse van Rensburg (Boksburg-Suid), Danie Sny man (Zeerust), Gunther-Lüdwich Steinberg (Rand-

burg), Marisa Jansen van Vuuren (Buffeldoorns), Nicky van den Berg (Benoni), Schalk du Plooy (Randburg), Sophia Stavrou (Wol maransstad).

25 Brandon Moolman (Vanderbijlpark-Trinitas), Cecilia Fied ler (Kathu), Hanri de Wet (Pretoria-Wonderboom-

Suid), Hardus Taljaard (Secunda), Jana Oberholzer (Laeveld), Ma deleine van Staden (Waterkloofrand), Masego Mokodutlo (Rand burg), Schalk Viljoen (Randburg), Surette van Zyl (Bethal), Tjaart Helberg (George).

26 Adriaan Prinsloo (Secunda), Bismarck Janse van Rens-burg (Boksburg), Janus Kruger (Potchefstroom-Oos),

Kayla Scheepers (Randburg), Marianne Pouwels (Krugersdorp), Tristan van der Walt (Randburg).

27 Brendon van Lelyveld (Port Elizabeth), Cameron Stan-der (Randburg), Cezanne Carroll (Secunda), Markus du

Plessis (Gobabis), Nicole du Toit (Benoni), Nicolene Engelbrecht (Vanderbijlpark-Trinitas), PJ Stoop (Vaalpark), Quan Horn (De Aar), Rikus Venter (Duineveld), Tania van Dalen-Beaumont (Boks burg).

28 Cara de Kock (Potchefstroom-Die Bult), Hanru Lou-rens (Magol), Johanné Bonthuys (Reitz), Louise du

Ples sis (Magol), Mart-Marie Reynders (Waterkloofrand), Mika Snyman (Brackenhof), Ruan Calitz (Bergbron), Yuwandi Fourie (Secunda).

29 Frans Marx (Burgersdorp), Hansie Schutte (Secunda), Jade du Plessis (Randburg), Martin du Plessis (Benoni),

Reece Wallace Rutherford (Potchefstroom-Die Bult), Steven Bezuidenhout (Potchefstroom-Oos).

30 Alex Meyer (Boksburg-Suid), André (jr) du Preez (Lyden-burg), Arthur Dalbock (Hermanus), Christiaan Borcherds

(Middelburg Mpumalanga), Danie van Wyk (Burgersdorp), Daniel de Klerk (Wolmaransstad), Kokeletso Nkabe (Randburg), Megan Eales (Warmbad), Miscke Hogendoorn (Rustenburg), Nthabiseng Fako (Randburg), Sameul Ndiwoneyi (Randburg), Zinta van Sta-den (Magol).

verjaardaghoekie

Page 6: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Gereformeerde …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel...2 slingervel junie 2013 REDAKTEUR Dr Nico vd Merwe e-pos: slingervel@telkomsa.net

6 slingervel junie 2013

Die almagBybelleesrooster vir Julie

1 Lees: Genesis 1:1-14In die begin het God alles uit niks geskep

(vs. 1-2).

2 Lees: Efesiërs 3:14-21God kan baie meer doen as waaraan kan

dink (vs. 20).

3 Lees: Psalm 147:1-6Hy besluit oor die sterre en die maan (vs.

4).

4 Lees: Jeremia 32:16-20Niks is vir God onmoontlik nie (vs. 17).

5 Lees: Eksodus 4:1-9God doen wonders in Egipte (vs. 3-4).

6 Lees: Eksodus 14:15-31God red sy volk by die Rooi See (vs. 22).

7 Lees: Psalm 139:1-12God weet alles vooruit (vs. 4).

8 Lees: Psalm 139:13-18God het my op ’n wonderbaarlike wyse

geskep (vs. 14).

9 Lees: Jesaja 40:26-31As ek moeg word, gee die Here vir my

nuwe krag (vs. 29).

10 Lees: 2 Konings 6:1-7God is sterker as swaartekrag (vs. 6).

11 Lees: 2 Konings 4:1-7Die Here sorg op ’n bonatuurlike wyse

(vs. 5).

12 Lees: 1 Konings 18:22-39God is sterker as die afgode (vs. 38).

13 Lees: 1 Konings 17:1 en 18:39-46God kan reën weerhou en weer gee

(vs. 17:1 & vs. 18:45).

14 Lees: 1 Konings 17:2-7Die Here kan vir jou selfs deur middel

van kraaie sorg (vs. 6).

15 Lees: 1 Konings 17:8-16Die Here kan op ’n ongewone manier

kos gee (vs. 14).

16 Lees: 1 Konings 17:17-24God kan ’n dooie opwek uit die dood

(vs. 22).

17 Lees: Matteus 9:27-30Jesus kan ’n blinde laat sien (vs. 30).

18 Lees: Matteus 9:31-34Jesus kan ’n stom mens laat praat (vs. 33).

19 Lees: Lukas 5:12-16Jesus het siek mense gesond gemaak

(vs. 13).

20 Lees: Lukas 5:17-26Jesus laat ’n lam man loop (vs. 25).

21 Lees: Jesaja 38:1-8God is nie gebonde aan natuurwette

nie. Die son skuif terug (vs. 8).

22 Lees: Matteus 8:23-27Jesus het mag oor die wind (vs. 26).

Page 7: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Gereformeerde …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel...2 slingervel junie 2013 REDAKTEUR Dr Nico vd Merwe e-pos: slingervel@telkomsa.net

slingervel junie 2013 7

23 Lees: Handelinge 9:1-9Jesus kan iemand wat nie glo nie, laat

glo (vs. 5).

24 Lees: Handelinge 9:10-20Jesus laat iemand Hóm dien wat eers

onwillig was om Hom te dien (vs. 20).

25 Lees: Johannes 11:17-27Jesus laat die gelowige lewe, al het hy

ook gesterwe (vs. 25-26).

26 Lees: Lukas 7:11-16Jesus maak ’n ma se enigste seun wat

gesterf het, weer lewendig (vs. 15).

27 Lees: Lukas 7:36-50Jesus vergewe sondes (vs. 48).

28 Lees: Lukas 24:1-12Jesus is sterker as die dood (vs. 7).

29 Lees: Markus 13:24-27Wanneer Jesus terugkom, ontwrig Hy

die son, maan en sterre (vs. 24-25).

30 Lees: Psalm 8Ons kan God maar net vir sy almag

prys (vs. 10).

31 Lees Job 11:7-9Ons kan die almag van God nie

verstaan nie – dit is te groot vir ons (vs. 7).

g van Goddr. andré grové

Page 8: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Gereformeerde …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel...2 slingervel junie 2013 REDAKTEUR Dr Nico vd Merwe e-pos: slingervel@telkomsa.net

8 slingervel junie 2013

dr. nico van der merwe

61. In God se teenwoordigheidLees in jou Bybel Eksodus 19:1-25

By Sinaiberg verskyn God op ’n indrukwekkende wyse aan die volk (vs 16). Moses is die middelman tussen die volk en

God, en hy roep roep die volk nader na die berg toe om voor God te verskyn (vs 17). Nou ontvang Israel hulle belangrike opdrag vir die eeue wat kom. Hulle moet ’n heilige volk wees, want hulle is deur God afgesonder met die oog op die koms van Jesus Christus (1 Pet. 2:9). God wil die Israeliete van die heidense volke afsonder, want Christus moet uit hulle gebore word. Elke dag is vir Israel ’n dag waartydens hulle God se opdrag moet uitvoer. Dit is ook die geval met alle Christene. Hoe oud of hoe jonk jy ook al is, God het aan jou ’n opdrag gegee om jou van die sonde af te sonder en in gehoorsaamheid teenoor God te lewe. Dit doen jy in teenwoordigheid van God, want Hy bly deur die Heilige Gees in jou hart. Dit is die rede dat jy volgens God se Woord moet lewe.

62. Bid eenvoudig en opreg tot GodLees in jou Bybel Eksodus 20:22-26

Soms sê gelowiges dat hulle nie “mooi” kan bid nie. Daarmee bedoel hulle mooi woorde en goeie sinne met ryk gedagtes.

God verwag dit anders. God vra nie vir “mooipraters” in die gebed nie, maar Hy vra vir opregte en eerlike bidders. Daarom sê God vir die Israeliete dat hulle nie altare van “gekapte klip” moet bou nie (vs 25). Die altare moet met ruwe klippe gebou word wat nie met beitels reggekap is nie. God se volk moet hulle off ers op altare bring wat doodeenvoudig en onversierd is. In die Ou Testament was off er soos om vir God te bid. Net soos die off ers op ruwe, ongekapte klippe gebring moes word, moet elkeen vandag ook eenvoudig, opreg, eerlik, sonder versiering tot God bid. God kyk na jou hart as jy bid, daarom kan woorde God nie beïndruk nie. God vra egte en opregte woorde en sinne, en nie ’n gebed wat net wil indruk maak nie. As jy iewers moet bid, hou hierdie riglyn in gedagte!

63. Niks gebeur buite God nieLees in jou Bybel Eksodus 21:12-21

Mense kan so maklik sê dat iets “toevallig” of “per geluk” of “per ongeluk” gebeur het. Met so ’n gesindheid kan jy

baie maklik jou verantwoordelikheid as kind van God ontduik. As iets verkeerd of skokkend gebeur, kan jy dit dan maklik van jou afskuif en sê dis toevallig dat dit gebeur het. God sien dit anders. As iets met jou gebeur, het dit gebeur “deurdat God dit met hom laat gebeur het” (vs 13). Die “ongelukkige sameloop van omstandighede” soos jy dit sien, is nie buite God se wil nie. Natuurlik moet gelowiges voorsorgmaatreëls teen ongelukke of erns ge gebeurtenisse tref. Met jou verantwoordelikheid as kind van die Here hou Hy jou in sy hande vas. In alles moet jy weet dat God in sy Woord vir jou voorskri e gee van hoe jy moet lewe. As jy dit getrou doen, dan beteken dit dat jy lewe soos God wil hê. As daar dan deur die sonde pynlike dinge in jou lewe gebeur, versterk die Here jou!

64. Jou plig om jou naaste te helpLees in jou Bybel Eksodus 22:16-31

Om hoogmoedig en selfverheff end te wees, is verkeerd in die oë van die Here. As jy so is, misbruik jy God se genade. Dit

wat ’n mens is, dit wat jy het, die geluk in jou lewe, is alles genade van die Here aan jou. Jy verdien dit nie. Ware genade maak ’n mens klein. Misbruikte genade maak ’n mens hoogmoedig. Dat die Israeliete uit die Egip ese slawerny verlos is, is net God se genade. Verlossing kom uitsluitlik net van God af. God se genade maak dit vir jou moontlik om uit te reik na ander mense en hulle in hulle swaarkry te ondersteun en te help. Deur dit te doen, sê jy vir God dankie vir die verlossing (vs 21). Ook jy as jong kind het hierdie opdrag. Daar is dalk ander kinders in jou skool of jou woonbuurt wat baie swaarkry. God verwag van jou om nie net aan hulle te dink nie, maar om hulle ook te help en by te staan. God sal jou wys wat nodig is om in die lewe van sulke maats en vriende te doen.

65. God bepaal jou lewenskoersLees in jou Bybel Eksodus 23:1-9

Daar is twee soorte mense in die lewe: dié mens wat lei en dié mens wat volg. Leiers en volgelinge. In ons tyd word

leiers belangriker as volgelinge geag, want die mense sê om te lei, is moeilik, en om te volg, is maklik. Dis nie waar nie. Ook die volgelinge dra die verantwoordelikheid vir die koers wat die leiers inslaan. ’n Gelowige kan nie sommer maar net agter die massa aanstap saam met ’n leier wat verkeerde gedagtes het en ’n verkeerde koers inslaan nie. ’n Christen doen nie net ’n ding omdat almal dit doen nie. Wat die meerderheid doen, is nie altyd die regte ding nie. Jy moet as volgeling ook sélf oor die saak besin. Nét Jesus kan as Leier onvoorwaardelik gevolg word (Heb. 12:2). Daarom moet jou lewenskoers nie deur die massa mense of ’n leier bepaal word nie, maar deur God. En waar vind jy daardie gegewens? In die Woord van God, wat jy ge reeld moet lees en ter harte neem.

66. Hoor en doen Lees in jou Bybel Eksodus 24:1-18

As God se uitverkore volk moes die Israeliete Gód se voor-skri e volg (Eks. 19:5). God gee aan Moses alles wat Hy

van sy volk verlang vir ’n goeie lewe op aarde. Moses lees die verbondsboek met al God se voorskri e aan die volk voor (vs 7a). Die volk betuig daarop hulle gehoorsaamheid. Hulle verlossing uit die slawerny van Egipte was God se bewys van sy liefde vir hulle. Waar daar bloed is, dan wéét Hy, in hierdie huis was die dood reeds gewees. In dié huise sterf nie die oudste seun nie, maar ’n lammetjie sterf in die plek van die oudste seun. Die lammetjie sterf en sy bloed word aan die deurkosyne gesmeer sodat die ingang van daardie huis ’n poort van die lewe is en nie ’n poort van die dood nie. Met jou doop is die doopwater ’n teken van Christus se bloed wat op jou voorkop ’n merk maak. Nou weet die Here dat Hy jou nie moet straf met die ewige dood nie, want Jesus het in jou plek gesterf.

Page 9: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Gereformeerde …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel...2 slingervel junie 2013 REDAKTEUR Dr Nico vd Merwe e-pos: slingervel@telkomsa.net

slingervel junie 2013 9

67. God se ompad met die mensLees in jou Bybel Eksodus 13:17-22

As ons iewers heen wil ry om vir mense te gaan kuier, vakan-sie te hou of vir sport na ’n ander skool wil gaan, word die

kortste pad gewoonlik gekies. Dan verbaas dit ’n mens dat God sy volk nie die kortste pad na Kanaän laat neem het nie (vs 17), maar God het hulle met ’n langer ompad (vs 18) laat gaan. Maar daarmee het God ’n doel gehad. Israel het vir 430 jaar in Egipte tussen die heidene gebly. Hulle het God nie eintlik meer geken nie. Nou laat God hulle met ’n ompad deur die woestyn trek sodat hulle Hom kan leer ken, van Hom hulp en redding kan ontvang, en al hulle hoop op Hom kan ves g. As jou lewe op een of ander manier blyk ’n ompad te wees, vanweë siekte of ’n ongeluk of iemand se dood of ’n jaar wat jy druip, moet jy as gelowige kind van die Here weet dat Hy by jou is, al lyk dit na ’n ompad. Op God se ompad beskerm Hy jou en lei Hy jou in vei-ligheid. Vertrou in alles net op die Here!

68. Om op God te vertrou, vra aksieLees in jou Bybel Eksodus 14:1-14

Dit is baie moeilik om in ’n krisis kalm te bly, al is jy nog op laer skool. God se kinders kan kalm bly, omdat God belowe

om jou te help. In Eksodus 14 lees ons dat die Israeliete in ’n groot krisis gekom het. Hulle staan teenaan die Rooi See en ag ter hulle kom die Egip ese soldate om hulle dood te maak. Waar-heen sal hulle kan vlug? Moses sê vir hulle: “Moenie bang wees nie. Staan vas, kyk hoe die Here julle vandag gaan red.” Toe die Israeliete op God vertrou, doen Hy dit deur ’n wonder. Daar het ’n pad deur die Rooi See gekom waarop hulle kon deurstap tot in die Sinai-woestyn, en hulle is gered van die Egip ese leër. Al het hulle op God vertrou, moes hulle nie niks doen nie. Moses moes sy kierie oor die see uitsteek; toe kom daar ’n pad, en toe moes hulle daardie pad na veiligheid neem.

Om op God te vertrou, beteken dat jy die middele wat God tot jou redding gee, sal gebruik.

69. Oorsprong van ewige waterLees in jou Bybel Eksodus 15:22-27

Die woestyn is ’n plek sonder water. Daarom is dit ’n woestyn. Niemand kan in ’n woestyn sonder water oorleef nie. Dit

is besig om met Israel te gebeur. Hulle het al vir 3 dae in die woestyn ingetrek. Die bietjie water wat hulle kon saambring, was reeds op. Toe kom hulle by die plek Mara, waar daar water was. Maar hulle ervaar die skok van Mara! Hulle kan nie die water drink nie, want dit is bi er.

In Openbaring 12 leer God ons die pad van die gelowiges, die kerk op aarde, is in werklikheid die pad deur ’n geestelike woestyn. Geestelik word die gelowige dors. As jy jou dors wil les by die waterfonteine van die wêreld, gaan jy uitvind dat alles bi er is, omdat dit van Satan kom (Openb. 12:15). God het vir Israel die bi er water soet gemaak. Vir ons geestelike dors gee die Here vir ons die water van die lewe, Jesus. Hy is vir jou die lewende waterbron.

70. Daaglikse brood uit die hemelLees in jou Bybel Eksodus 16:1-7

In die woestyn kan ’n mens nie plant en saai en oes nie. In die woestyn kan jy nie self kos produseer nie. As jy in die woestyn

wil oorleef, moet alles van buite af vir jou gegee word. Toe die Israeliete voor die verskriklike groot nood kom dat hulle nie meer kos het om te eet nie, het God vir hulle van “buite af” kos gegee. ’n Mens moet eintlik sê dat God vir hulle van “bo af” kos gegee het. God gee vir hulle manna uit die hemel gegee. Elke nag het “brood” vanuit die hemel oor die laer geval. In Johannes 6:31-35 sê Christus dat die manna ’n heenwysing na Hom was. Hý is vir die gelowiges die Brood wat lewe gee. Het ons vandag steeds die Brood van die lewe? Ja!! Dit is die Woord van God! Die Bybel is die kragbron vir jou trekpad deur die woestyn van die lewe. Jou “geestelike kos” kom uit God se Woord. Daarom moet jy elke dag jou Bybel lees, gereeld in die katkisasie en ook Sondae in die eredienste wees.

71. Hulp van alle kante is nodigLees in jou Bybel Eksodus 17:8-16

Só diep en opreg was Moses se gebed by Rafi dim dat die uit-slag van die geveg daarvan afgehang het. Dit was baie be-

lang rik dat die Israeliete die oorlog teen die Amalekiete wen. Terwyl die geveg aan die gang was, het Moses sy hande opgehou, dan het die Israeliete gewen. Maar sodra sy arms moeg word en hy laat hulle sak, het die Amalekiete gewen. Daarom het Aäron en Hur weerskante van Moses gaan staan en sy hande gestut tot die Israeliete oorwin het. Man-alleen is dit nie moontlik om Satan en sy trawante te oorwin nie. Net soos Israel die heidense Amalekiete oorwin het, moet ons vandag Satan oorwin. God het ons almal deel gemaak van sy kerk, sy gemeente. Ons moet mekaar in hierdie belangrike saak ondersteun. As jy sien dat van jou maats baie swaar kry om sonde te ontwyk, is dit jou plig om daardie maat van jou by te staan, te bemoedig en te help. Jy moet vir jou maats bid!

72. Balans in jou daaglikse leweLees in jou Bybel Eksodus 18:1-27

As leier van Israel was Moses se werkslas baie groot. Hy moes daagliks aan baie dinge aandag gee terwyl hulle deur

die woestyn getrek het. Van die oggend tot die aand het mense na Moses gekom met hulle probleme en met hulle klagtes. Dit was vir Moses amper ’n onbegonne taak om aandag aan alles te gee. Toe gee sy skoonpa, Jetro, vir Moses goeie raad. Hy moet die werk verdeel en dan ander manne aanstel om elkeen ’n deel van die werk te doen. Onder die manne kan nog meer aangestel word om kleiner gedeeltes van die volk by te staan. Dit is nie God se wil dat enige mens onder ’n sekere werkslas knak nie. In die ritme van die lewe het God geleenthede gegee vir werk, maar ook vir ontspanning. Daar is tye om besig te wees en tye om te ontspan. Maar daar moet balans wees tussen werk en ont spanning. Jou skoolwerk is die belangrikste, maar mag nie af ge skeep word vanweë jou ontspanning nie.

Page 10: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Gereformeerde …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel...2 slingervel junie 2013 REDAKTEUR Dr Nico vd Merwe e-pos: slingervel@telkomsa.net

10 slingervel junie 2013

Die wysheid word in hierdie verse as ’n persoon voorgestel. Haar huis het 7 klippilare. Dit wys daarop dat dit die huis van ’n heel besondere en buitengewone persoon is.

Sy hou ’n feesmaal in die nuwe huis. So ’n feesmaal word meermale in die Bybel gebruik as voorbeeld vir God se beloftes aan sy kinders (Matt. 19:28; Luk. 14:16; Openb. 19:7-9). Dan stuur sy haar bediendes uit om mense van die stad uit te nooi om haar fees te kom bywoon. Die kos wat aan die mense in die huis voorgesit word, is simbool van die geestelike kos wat die wysheid gee aan die mense wat haar vriende is. Dit blyk uit hierdie gedeelte dat Wysheid haar pragtige huis pas klaar gebou het en dat sy dié mense wat kennis kortkom, dus die onervare mense, na die fees nooi vir die inwyding van die huis.

In wese gaan dit om die Wysheid wat God gee. In Spreuke 1:4 word gesê dat die spreuke bedoel is vir jongmense om “met kennis en oorleg op te tree”. Vir jou as gelowige tiener is dit noodsaaklik om die wysheid van God te ontvang om gehoorsaam voor Hom te lewe. As jongmens jonk in lewensjare, kort jy nog baie lewenservaring. Daarom kan dit maklik gebeur dat jy onverskillig staan teenoor die lewe. Jy kan maklik val in die grypende kloue van die dwaasheid. Daarom word dit op jou hart gedruk om jou wysheid in die Bybel te soek en ook daar die voorskrifte te ontvang van hoe jy as verloste kind van God moet lewe. SV

dr. nico van der merwe

Die uitnodiging van die wysheid

Spreuke vir die tiener verklaar

Spreuke 9:1-6

Afrikaanse idiomeUile na Athene bring = Oorbodige werk verrig

Die uil, lank reeds simbool van wysheid (maar soms ook die domheid), is ook die sinnebeeldige kenteken van die stad Athene. Athene is genoem na die stad se beskermgodin, Athena, wat dikwels met die uil geassosieer word. Om dus 'n uil na Athene te neem, was om wysheid na die setel van die Griekse mitologiese wysheid te bring.

(www.maroelamedia.co.za/blog/boeretroos/uitdrukking uile-na-athene-bring/)

Page 11: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Gereformeerde …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel...2 slingervel junie 2013 REDAKTEUR Dr Nico vd Merwe e-pos: slingervel@telkomsa.net

slingervel junie 2013 11

Ek weet baie Slingervel-lesers stel belang in die ruimte en wat alles

daar is en gebeur.

Daagliks val daar voor-wer pe vanuit die ruimte op die aarde. Dit is veral meteoriete wat die aarde se atmosfeer binnedring. Ge woonlik brand hulle uit voordat hulle die aarde tref. Dan sien ’n mens ’n ligstreep deur die lug. Die mense praat dan van ’n “vallende ster” of ’n “verskietende ster”.

Gewoonlik is die meteoriete relatief klein.

Onlangs het ’n meteoriet bokant die Uralgebergte in Rusland by die dorp Che-lybinsk ontplof. Dit het 09:20 op 15 Februarie 2013 gebeur. Die meteoriet was 17 meter in deursnee toe dit die aarde se atmosfeer binnegedring het. Die brokstuk meteoriet het 10 000 ton geweeg en het die atmosfeer van die aarde met ’n spoed van 18 km per sekonde getref.

Die meteoriet het tus-sen 19 en 24 km bo die op per vlakte van die aarde opgebreek (ontplof). Dit het veroorsaak dat ’n lugstroom van 500 kiloton ’n skokgolf die grond laat bereik het. Dit het geboue beskadig, vensters gebreek en 1500 mense beseer.

Hierby plaas ons ’n foto van die gebeurtenis.

Bron: Astronomy. Mei 2013.

Foto: RiaNovosti/Science Source.

TELLIE SKOOP

Meteoriet ontplof oor Rusland

Page 12: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Gereformeerde …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel...2 slingervel junie 2013 REDAKTEUR Dr Nico vd Merwe e-pos: slingervel@telkomsa.net

12 slingervel junie 2013

Neelsie is ’n klein wolhaar-brakkie, en hy is sy mamma se enigste

kindjie. Sy pappa het weggeraak, en nou is hy en sy mamma alleen.

Dit is aand, en dis nogal koud toe Neelsie styf teen sy ma vas kruip en na ’n tietie soek om melkies te drink, want hy is nog te klein om ander kos te eet. Die melkies is lekker warm in sy mondjie, en hy maak eintlik sy ogies toe van lekkerte.

“Neelsie, hoor jy ook ’n geluidjie hier buite wat soos iemand klink wat huil?” vra sy mamma meteens, en Neelsie se ogies vlieg oop. Die tietie glip uit

sy mondjie toe hy orent sit en sy oortjies spits om te luister.

“Wau-wau-waaau,” klink die fyn geluidjie in sy oortjies.

“Ja, Mamma ek hoor. Wat is dit?”

“Ek weet nie, maar ek sal moet gaan kyk, anders slaap ek nie vannag nie. Lê jy maar net stil hier in die hok, hoor,” sê sy mamma, staan op en kruip by hulle slaaphok uit.

Neelsie lê nou baie stil. Hy voel nogal effens bang, want sê nou maar net dit is nie ’n huilgeluidjie nie, maar dalk ’n honger dier wat sy mamma vang en opvreet?

Hy wil-wil begin bewe van

bangheid, maar dan kom sy mamma skielik weer by die hok in. Hy ontspan en draf na haar toe, maar steek dan in sy spoortjies vas.

In sy ma se mond hang ’n wollerige dingetjie, en dit lyk darem vir hom alte veel na ’n klein katjie. Hy hou nie van katte nie, want hulle het skerp naels en wanneer hy met hulle wil speel, kap-kap hulle altyd met hulle skerp naels na hom toe.

“Mamma, wat is daai?” vra hy nou baie agterdogtig.

“Siestog, dis ’n ou klein katjie, en sy is baie honger en heeltemal alleen. Sy sê iemand het haar sommer hier in die agterplaas kom weggooi, en sy

Tannie Rika du Plessis

Dit is net my mamma!!

Page 13: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Gereformeerde …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel...2 slingervel junie 2013 REDAKTEUR Dr Nico vd Merwe e-pos: slingervel@telkomsa.net

slingervel junie 2013 13

weet nie wat het hulle met haar mamma en pappa, boeties en sussies gemaak nie,” antwoord sy mamma en sit die katjie langs Neelsie neer.

Neelsie gee pad van die katjie af.“Nou hoekom bring Mamma haar hierheen? Sy

moet na haar mamma-hulle toe gaan,” sê Neelsie nou skerp.

“Neelsie, sy weet nie waar hulle is nie, so waarheen moet sy nou gaan? Nee wat, ons het baie plek, en ek gee regtig nie om as sy by ons bly nie. Ek het baie melk vir haar ook.”

“Mamma bedoel ek moet saam met ’n kat aan Mamma se tieties my melk drink?” vra Neelsie nou verontwaardig.

“Wat is daarmee verkeerd, my kindjie? Ek sal jou mos nie afskeep nie. Ja, ek weet eintlik is katte en honde nie maatjies nie, maar as sy by ons grootword, sal julle tog kan maatjies wees, nè, my ou kietsie-katjie?”

“Ek sal so bly wees. Ek sal nie stout wees nie. As jy nie van my hou nie, Neelsie, sal ek nie naby jou lê nie. My naam is Nettie,” antwoord die klein katjie in ’n fyn stemmetjie.

“Ja, goed dan tog, maar net solank jy onthou hierdie is nét my mamma, nie joune nie,” brom Neelsie en gaan staan styf teen sy ma.

“A nee a, Neelsie, moenie so lelik met Nettie praat nie. Sy is nog jonger as jy, en sy is honger, koud en alleen. Nettie, ek sal vir jou sorg net soos jou mamma vir jou gesorg het. Kom lê hier by ons, en drink jou magie lekker vol melk. Jy sal sommer gou lekker warm word hier by ons ook,” sê Neelsie se mamma nou streng.

“Dankie, baie dankie, Tannie,” praat die katjie fyntjies en stap op wankelrige beentjies nader na waar Neelsie al klaar weer aan ’n tietie suig. Nettie soek na die tietie die verste van Neelsie af, vroetel en vroetel met haar klein mondjie tot sy die tietie in haar mondjie het, en suig dan tot die melkies lekker warm in haar mondjie begin loop.

Sy is bangerig vir Neelsie omdat hy so onvriendelik is, maar gelukkig is sy mamma groot en sterk en sal sy darem seker keer dat Neelsie haar seermaak.

Neelsie voel glad nie gelukkig met Nettie hier by hom en sy mamma nie. Sy maatjies gaan vir hom lag as hulle hoor hy moet sy mamma met ’n kat deel. Hy hoor die klapgeluidjies soos Nettie melk drink, sien hoe sy met haar pootjies trap-trap teen

sy mamma se pens, en moedswillig skop hy haar van die tietie af weg.

Nettie maak ’n kla-geluidjie toe sy op haar magie seerkry.

“Wat is dit, Nettie? Wat is fout?” vra sy mamma.

Neelsie skrik. Nou gaan Nettie sê dis hy wat haar weggeskop het, en hy ken sy mamma as sy kwaad word. Sy sal hom sommer ’n klap met haar poot gee. Hy hou sy asem op en wag vir Nettie se antwoord. By voorbaat kruip hy al ’n entjie weg.

“Ek … ek … het ’n kramp op my magie gekry, Tannie, maar dis nou baie beter. Oe, Tannie se melkies is so lekker. Kan ek maar nog van jou mamma se melkies kry, Neelsie?” vra Nettie sag.

Nou is Neelsie baie verbaas, want hy het regtig gedink Nettie gaan nou lekker kry om hom by sy ma te verklik. Dalk sal Nettie tog nie so ’n slegte maatjie wees nie. En wat as sy maatjies spot? Hy sal spog dat nie een van hulle dit tog kan regkry om met ’n katjie maats te wees nie, en hy sal Nettie teen hulle beskerm.

“Natuurlik kan jy maar nog drink, Nettie. Mamma het hopeloos te veel melk net vir my. En … en as Mamma nie omgee nie, kan jy haar ook maar Mamma noem,” antwoord Neelsie nou en kruip weer nader. Dié keer tot teenaan Nettie wat versigtig nader kom aan hom.

Hy lek liggies oor haar kop, en sê saggies by haar oor: “Baie dankie dat jy nie geklik het by my mamma nie. Ek was sommer netnou lelik met jou, en ek is jammer, hoor.”

“Dis oukei, Neelsie, ek is bly jy is nie meer kwaad omdat ek hier gaan bly nie. Jy is so ’n mooi hondjie, en jou ma is so sterk. Ek gaan lekker by julle woon,” antwoord Nettie net so sag.

“Wat praat julle tweetjies so saggies?” vra die mamma.

“Ons gesels sommer, Mamma. Nettie gaan ook nou vir Mamma sê Mamma.”

“Dis reg so, Neelsie en Nettie. Nou moet julle klaar drink sodat ons kan slaap, hoor.”

So het Nettie dan by Neelsie en hulle mamma grootgeword, en Neelsie het tog te lekker met haar gespeel, sodat sy maatjies later lekker jaloers geword het. Tot die dag dat hy en Nettie hulle nooi om te kom saam speel. Al die hondjies het so baie van Nettie gehou dat hulle haar oral beskerm het teen enige gevaar. SV

Page 14: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Gereformeerde …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel...2 slingervel junie 2013 REDAKTEUR Dr Nico vd Merwe e-pos: slingervel@telkomsa.net

14 slingervel junie 2013

Hannie sit verveeld op die stoep. Dis skoolvakansie, en sy sit nou al vir drie dae hier by haar ma se huis en niks doen nie. Die ou bietjie werkies wat sy vir haar ma doen, is sommer so tjoef-tjaf

elke dag klaar. Die vakansie is nog lank, sy kan beslis nie die res van die tyd so ledig deurbring nie.

Meteens spring sy orent, en haar oë begin blink toe sy haar selfoon uit haar denimbroek se sak trek. Oom Roelf … hy gaan die oplossing wees, besluit sy beslis.

“Hallo, Hannie. Dis nou ’n verrassing. Hou jy lekker vakansie?” vra haar oom nadat sy hom gegroet het.

“Ek is te ledig, Oom. Ek wil werk. Ek kan nie elke dag so omsit nie.”“Waar is al jou skoolpêlle dan? Almal weg vir die vakansie?”“Nee, oom Roelf. Hier is darem so hier en daar een van hulle by

hulle ouerhuise, maar Oom weet mos ek loop nie juis onder hulle rond nie. My beste maat is ook weg see toe.”

“Nou is daar dan nie ’n ou kêreltjie wat jou kan besig hou nie?” terg haar oom.

“Ag, Oom, die manne stel nie in ou vaal Hannie belang nie.”“My liewe mens, jy is g’n vaal nie. My ander helfte sê net altyd jy

moet jou hare anders dra, en kies jou eie klere. Jou ma se smaak is bietjie outyds. Ek sê dit, al is sy my suster. Sy’s dierbaar, maar sy ken nie die smaak van deesdae se tieners soos my vrou nie. Hoekom het jy gebel, Hannie? Is daar iets wat jou ou oom vir jou kan doen?”

“Ja, Oom. Ek het gewonder of ek nie die vakansie in Oom se motorhawe kan kom werk nie. Dit sal vir my lekker wees en die tyd sal verby gaan.”

“Gits, kind, is jy nou ernstig? Dan hou jy mos g’n vakansie nie.”“Dit maak nie saak nie, Oom. Oom weet ek ken motoronderdele

net so goed soos enige van Oom se werktuigkundiges, en ek kan selfs sommige motors se skete regmaak ook.”

“Hmm, jy laat my nou dink. Die jong mannetjie wat ek laas week aangestel het om die inkomende motors te versien, is nog nuut en

Rika du Plessis

Handige HANNIE (1)

lees die eerst

e

hoofstuk va

n

ons nuwe

vervolgverhaal

vir tieners .

..

soms so ’n bietjie te stadig. Dan hoop die motors op. Natuurlik weet ek jy kan ’n motor net so goed versien soos enige van my werknemers. Goed, jy kan kom, maar ek betaal jou niks meer as wat ek daai mannetjie betaal nie, hoor. Jy kan by my en vroulief inwoon, so dit sal jou niks kos nie.”

“Jippieeee! Dankie, oom Roelf. O, ek gaan nou dadelik my goed inpak en môre klim ek op die bus. Môreaand is ek by Oom-hulle. En Oom, vra vir tant Gertjie of sy saam met my sal gaan inkopies doen vir ’n paar stukkies nuwe klere – klere soos sy meen tieners behoort aan te trek.”

“Jong, moet jy nie eers vir jou ma vra of jy mag kom nie? En ook oor die klere?” vra oom Roelf nou versigtig. Hy wil nie op sy suster se tone trap nie.

“Ek sal haar vanaand sê wanneer sy van die werk af kom, Oom. Ek glo Ma sal darem nie omgee nie. Ek sal vir Oom ’n sms stuur as Ma ja sê, want dan sien ek julle môreaand. Tatta, Oom.”

Daardie aand kyk Hannie se ma skepties na haar toe sy haar

Page 15: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Gereformeerde …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel...2 slingervel junie 2013 REDAKTEUR Dr Nico vd Merwe e-pos: slingervel@telkomsa.net

slingervel junie 2013 15

die hele storie vertel.“Jy weet, my kind, jy is so

anders as die tienerdogters wat ek ken. Jy gaan nooit uit met ’n seunsmaat nie, en selfs jou kleredrag verskil in so ’n breë mate van die ander tieners in jou skool.”

“Maar, Ma … dis Ma wat hierdie klere vir my kies!” antwoord Hannie verbaas.

Linda staan skielik stil en kyk ingedagte na haar dogter. Sy is reg! Hoe kon sy dan tog so stiksiende gewees het die afgelope klompie jare. Is sy dalk die rede dat haar meisiekind so half uitgestote onder die ander kinders voel?

“Hannietjie, Ma is jammer, jy is reg. Ek sê jou wat: ek dink dis tyd dat jy jou erfgeldjies van jou oupa kry. Ek gaan dit in jou spaarrekening inbetaal, en wanneer jy tyd kry daar by Roelf-hulle, gaan koop jy self vir jou klere waarvan jy hou.”

“Mams, beteken dit ek kan maar gaan inpak? Kan ek maar môre die bus vat na oom Roelf-hulle toe?” vra Hannie nou opgewonde en kom slaan haar arms om Linda se nek.

“Dis maar goed so, Hannie. Ek is tog heeldag by die werk, en sien jou maar net soos altyd net in die aand. Gaan kuier, werk en doen ’n slag waarvoor jy lus het. Ek weet Boeta en Gertjie sal mooi na jou kyk.”

Hannie spring huppelend weg kamer toe terwyl haar suiwer stemmetjie die lug indartel: tralalaaa tralalaaaa …

Dis warm in die bus, want die bus is stampvol, maar Hannie gee nie om nie. Sy is amper by

haar oom-hulle se huis, en daar kan sy gaan stort en vars aantrek. Die bus draai reeds by Loopstraat in, en by die busstop klim sy vinnig af. Hulle haal haar tas uit die bagasieruimte en daarna trek die bus weer weg. Hannie draai om en stap oor die straat. Voor die ysterhek gaan staan sy stil en kyk na die statige ou groot huis diep in die erf in, waar haar oom-hulle woon. Sy mak die hekkie oop en stap in, reguit na die voordeur toe.

Nog voor sy klop, swaai die groot houtdeur oop, en oom Roelf en tant Gertjie verwelkom haar met ope arms. Oom Roelf vat die twee tasse by haar, en tant Gertjie slaan haar arm om haar skouers en lei haar sommer reguit kombuis toe.

“Nou gaan ons eers tee drink en koek eet terwyl jy ons alles van julle vertel waarvan ons nog niks weet nie,” sê Gertjie.

So kuier die twee ouer mense heerlik saam met haar. Later bespreek Roelf met haar die werk by die motorhawe, en Gertjie belowe om vir haar te help klere koop.

Teen slaaptyd is Hannie steeds so opgewonde dat sy lank lê en rondrol voor sy eindelik aan die slaap raak. SV

h h ll h i d k k Di

Page 16: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Gereformeerde …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel...2 slingervel junie 2013 REDAKTEUR Dr Nico vd Merwe e-pos: slingervel@telkomsa.net

16 slingervel junie 2013

Nou, as dit al is, is dit al klaar ’n wonderlike proses. Daar steek egter

veel meer in taal as net ’n reeks ingewikkelde natuurprosesse.

Ek wil graag wys op die betekenis wat taal vir ’n mens het en tussenin op ons Christelike plig en roeping om hierdie gawe te ontwikkel.

Taal as kommunikasiemiddelDiere het ook ’n “taal”

waarmee hulle kommunikeer, maar hulle geluide het baie konkrete en direkte betekenisse, byvoorbeeld uitinge van dreigemente of opgewondenheid. Die mensetaal bestaan egter uit abstrakte simbole. Die spreker (of skrywer) sit sy gedagtes om in taalsimbole (letters). Dit wek by die hoorder (leser) dieselfde gedagtes en gevoelens op. Mense kan aan mekaar dus bevele gee, meegevoel of waardering oordra en kennis meedeel. Menslike kommunikasie is dus oneindig meer geskakeerd as die dierlike.

Taal wek gevoelens op ...... as gevolg van sy

simboolgeaardheid. As jy iemand se meegevoel wil opwek, vertel jy ’n treurige verhaal. Wil jy ’n liefde vir natuurbewaring aankweek, gee jy die nodige beskrywings, of lees jy natuurgedigte. Dink aan die geweldige inslag wat die sing van Psalms op die mens se gevoelslewe het.

Gevoelsopwekking kan misbruik word (bv. propaganda) of teenstrydige gevoelens kan opgewek word. Kinders kan ook nie te vroeg oorgegee word aan die genade van liefdesdeurdrenkte boeke of liedere nie. Konsalik se boeke is myns insiens so emosiebelaai dat hulle glad nie eens in ’n skoolbiblioteek tuishoort nie (hierdie artikel is oorspronklik in 1971 geskryf toe Konsalik-boeke hoogs populêr was).

Uiting van gevoelensDawid se hart het só

oorgeloop van blydskap en soms van droefheid dat hy eenvoudig daaraan uiting móés gee. Dit het hy wel gedoen in die vorm van skone gedigte (liedere).

Dit is nou eenmaal ’n eienskap van gevoelens – hulle moet uit. Ons drang om God te verheerlik, word al te dikwels dig toegemaak. As gereformeerdes is ons bang vir uitbundigheid, en nou slaan dit oor in oormatige terughoudendheid. Meestal egter is swye te wyte aan ’n onvermoë om ons taal te gebruik in gebede en gesprekke, waarin ons God kan verheerlik.

Deur te leer om ons gevoelens in verstaanbare taal om te sit, kan gelowiges mekaar verryk.

Denkmiddel’n Mens dink nie sommer

nie – ’n mens dink in ’n taal. ’n Eskimo het verskillende woorde vir verskillende vorms van sneeu. Hulle dink dus anders oor sneeu as ons. Kyk hoe moeilik dit vir ons is om die Hebreeuse woord(e) vir asem, gees en siel te vertaal.

Taal gee ook koers aan ’n mens se gedagtes. Hoe dikwels ondervind ons dat as iemand iets, waaraan ons net vaagweg kan dink, duidelik in woorde kan

Ons taal ...

'n kosbare besit!

Oom Attie Venter

Van alle goeie gawes wat die Skepper aan die mensdom gegee het, is taal een van die wonderlikste. Die naturalis sal miskien sê: “Dit is net ’n reeks lugtrillings wat deur vibrerende stembande voortgebring word en wat deur tong, lippe en keelholte verbuig word. Die golwe

slaan dan op die trommelvlies van die oor vas wat in ooreenstemmende trillings gebring word, ens. Uiteindelik word dit deur die brein vertolk.

Page 17: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Gereformeerde …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel...2 slingervel junie 2013 REDAKTEUR Dr Nico vd Merwe e-pos: slingervel@telkomsa.net

slingervel junie 2013 17

uitdruk, ons gedagtes beter koers kry.

RoepingUit die voorafgaande is dit

duidelik dat ons taal ’n magtige instrument is wat aan ons toevertrou is (lees gerus Jakobus 3, waarin die taaleienskap van die tong in geen onduidelike terme vir ons uitgespel word!). Daarmee moet ons direk (deur gebede, sang, deur te getuig en te bely) of indirek (deur keurige alledaagse taalgebruik) die Naam van die Here verheerlik. Hierdie gawe moet dus ontwikkel word. As Calviniste glo ons dat Hy ook volle seggenskap op hierdie terrein het.

Hoe dikwels vind ons dat geen huisgodsdiens gehou word nie – omdat die vader of moeder in hulle eie oë nie wel ter tale is nie. Hulle sien nie kans om hardop te bid nie. Lidmate sien nie kans om ouderlingskap te aanvaar nie om dieselfde rede. Iemand word verkies tot voorsitter van ’n vereniging, maar deins terug.

As jy geroep word, maak gebruik van hierdie geleentheid om jou taalgebruik te verbeter en beskroomdheid te oorkom. (Dr. EA Venter het ons studente baie keer aangemoedig om enige versoek of uitnodiging om ’n praatjie op ’n vereniging-byeenkoms – of dit nou die VLV of die Skrootystergilde is – te lewer, te aanvaar, synde ’n geleentheid om ons taalgebruik te verbeter en te leer om voor mense op te tree.)

Op hierdie manier kan jy dan jou gawes beter aanwend om die Here en jou medemens te dien.

TaalskilderyeDJ Opperman het geskryf: My

nooi is in ’n nartjie / My ouma in

Musiek in die ore

Toe ek onlangs my boekrak ’n bietjie afgestof het, kom ek af op ’n idioomwoordeboek wat my dadelik laat ophou skoonmaak en oneindige pret verskaf het. Daarin het ek

onder andere die volgende pragtige uitdrukkings raakgelees:

Ons Afrikaanse taal is darem baie beskrywend en “slaan • die spyker op die kop”.Ons almal mor een of ander tyd oor iemand wat ALTYD ’n • sukses maak van alles wat hy/sy aanpak. Hoe mooi klink dit as ’n mens kan sê: “Die gebraaide eende vlieg in haar mond.”Dan kry ons vir Annie wat ander altyd napraat en geen • mening van haar eie het nie. “Sy blaf met die honde en huil met die wolwe.”San is altyd dikbek en ontevrede: “’n Mens kan van haar • onderlip skoensole maak.”Oor gewillige Martha wat alles gewilliglik doen, kan ons • sê: “Vir vandag se brood kry sy môre se koek.”Trotse ma’s met die mooiste, soetste en slimste kindertjies • glo werklik “hulle uil is ’n valk”. En oor dié een wat dade aanhoudend ongunstig kritiseer, kan ons sê: “Waar die by sy heuning uitsuig, suig die spinnekop sy gif uit.”Die mens wat aanmekaar en luid praat, is soos “die henne • wat die meeste kekkel, maar die minste eiers lê”.

My rug op ons kleurryke taal draai? “Probeer van skilpad vere pluk!” (JCornelius)

kaneel / Daar’s iemand in anys / Daar’s ’n vrou in elke geur. Hoe waar dié woorde is, het ek met die artikel Afrikaners is plesierig (25 Junie 2005), wat my so baie aan my ma herinner het, besef:

My ma is in baie geure en reuke.• Sy is in ’n toegewasemde kombuis in ’n pot boontjiesop en • kerriefrikkadelle. Sy is in ’n skaapboud wat in die oond braai, in anyspoeding en pampoenkoekies.Sy is in die gesis en die reuk van ’n warm strykyster op • natgespatte wasgoed.Sy is in die asynwater waarmee sy ons hare afgespoel het om dit • te laat blink.Sy is in die 4711-reukwater op haar sakdoek wat sy Sondae uit • haar handsak haal.Sy is in die tuin en in blomme. In die reuk van vars omgespitte • grond. In die geur van kanferfoelie, pronkertjies en rose. Maar ook in die aardse reuk van Afrikaners wat my ma – wat reeds lankal weg is – vir my laat herlewe het. (Cloete, H)

Page 18: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Gereformeerde …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel...2 slingervel junie 2013 REDAKTEUR Dr Nico vd Merwe e-pos: slingervel@telkomsa.net

18 slingervel junie 2013

TERSIA

Pos julle antwoorde aan: Slingervel Blokkiesraaisel, Posbus 6433, Flamwood 2572

DWARS1. Sallum se pa (2 Kon 15:13).3. Hier begin 'n fontein (Jak 3:11).5. Miga se tweede seun (1 Kron. 8:35).7. Die afkorting van “antwoord”.8. Moab se mense het tot hier gevlug (Jes. 15:5).10. Jefta het na die ........iete toe getrek (Rigt.

11:32).12. Moses het gesê hy is 'n jong leeu (Deutr.

33:22).13. Ira se vader (2 Sam. 23:26).

AF1. Die Bybelboek voor Psalms.2. Daar het tagtig mans uit Sigem, ........ en

Samaria gekom (Jer. 41:5).4. Jafet se oudste seun (Gen. 10:2).5. Hier het die Israeliete kamp opgeslaan (Num.

33:28).6. “dit sal vir jou 'n sierlike ........ wees (Spr. 4:9).7. Filippus is later hier aangetref (Hand 8:40).9. Hierdie koning het gedoen wat verkeerd was

in die oë van God (1 Kon. 16:25).11. Die dissipels het vir Christus 'n stuk hiervan

gegee om te eet (Luk 24:42).

Page 19: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Gereformeerde …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel...2 slingervel junie 2013 REDAKTEUR Dr Nico vd Merwe e-pos: slingervel@telkomsa.net

slingervel junie 2013 19

Lochner, Helena J.F. 2012. Kammaland. 2e uitg. Illustrasies deur Liezl

Potgieter. Pretoria: Protea Boekhuis. Prys: R150,00. ISBN: 978-1-86919-557-1.

Hierdie verhaalbundel vir groter kinders bevat verhale wat

in drie kategorieë ingedeel is, naamlik stories oor “Die duiwel, rowers en seerowers”, “Drome, wense en geheime” en “Towenaars, dwergies en meerminne”.

In die eerste kategorie is stories soos “Tafelblerg se kleed”, “Die prinses en die seerowers” en nog ander. “Die ou vrou se kombers”, “Die prinses se pêrels” en ander verhale val onder die tweede groep, terwyl “Die gaatjie in die muur” en “Ou Koning van Klou” onder andere die derde groep uitmaak.

Sommige verhale in Kammaland skep goeie spanning, terwyl ander die lesers weer laat skaterlag of verstom laat oor die waag-moed en vernuf van die karakters wat uit die verhale spreek.

Die taalgebruik is eenvou-dig en die boek lees lekker. Die stories sal kinders lank geïnteresseerd self laat voortlees, of in spanning laat sit en luister na die ontknoping van die verhaal tydens voorleessessies.

Kammaland is verhale uit Lochner se verhaalskat wat nuut vir moderne lesertjies aangebied word.

Van Rooyen, G.H. & Pellissier, S.H. 2012. Raai raai riepa: die Afrikaanse

raaiselboek. Pretoria: Protea Boekhuis. Prys:

R165,00. ISBN: 978-1-86919-725-4.

Hierdie versameling prettige raaisels is ingedeel in

rympieraaisels, raaisels en tongknopers of snelsêertjies.

Die afdelings rympieraai-sels en raaisels bevat raaisels oor ’n groot verskeidenheid onderwerpe. Die verskil is dat die rympieraaisels die raaisels in rymvorm stel, byvoorbeeld “Ek is rond, ek is nat, as ek val, is ek plat”, teenoor “Wit klippie ver gooi”

uit die raaiselafdeling. Die tongknopers bevat verskeie skreeusnaakse sêgoed om ’n mens se tongvernuf behoorlik uit te daag, byvoorbeeld “Op die dak lê drie rolle doringdraad”, of ook “Groot grys goggas grawe groot gate in die growwe gruis”. Agterin die boek is die antwoorde op die raaisels en raaiselrympies.

Raai raai riepa is ’n humoristiese bundel vir jonk en oud, om enige tyd te geniet en die lagspiere te prikkel.

Sasner, Chris. 2012. Die Swart kat slaan neer en ander avonture.

Illustreerder: Willem Samuel. 3e uitg. Pretoria: Protea Boekhuis. 100 p.

Prys: R110,00. ISBN: 978-1-86919-691-2. (Die Swart

Kat-reeks.)

Borrie Veldt is ’n kêreltjie met baie verbeelding, waagmoed en deurset-

tingsvermoë. Sy pa is ’n speur der, en die avontuurlus en drang om ook ’n verskil aan mense se lewens te maak deur booswigte aan die

Lochner, Helena J.F. 2012. Kammaland. 2e uitg. Illustrasies deur Liezl

Die taalgebruik is eenvou-dig en die boek lees lekker.Die stories sal kinders lank

uit die raaiselafdeling. Die tongknopers bevat verskeie skreeusnaakse sêgoed om ’n

Wat kan ek lees?Wat kan ek lees?tannie susan

Page 20: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Gereformeerde …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel...2 slingervel junie 2013 REDAKTEUR Dr Nico vd Merwe e-pos: slingervel@telkomsa.net

20 slingervel junie 2013

pen te laat ry, loop bruisend in sy are.

Hy het op ’n strategie besluit, naamlik om ’n spesiale mondering aan te trek, homself as die Swart Kat te bemark en op ’n geheimsinnige wyse skuldiges te help aankeer, maar self incognito te bly.

Sy mondering laat hom dikwels in ’n penarie beland as hy byvoorbeeld sy suster se swart broekiekouse vaslê (“leen”) of as sy mantel op ’n kritieke stadium êrens vashaak.

Die avonture in hierdie eerste bundel is eintlik humoristies en Borrie is voortdurend in sy gedagtes met homself in ’n gesprek. Ten spyte van al die snaakse dinge wat hom oorkom, of dalk as gevolg van die ondeurdagte en verspotte dinge wat hy aanvang, slaag sy sendings gewoonlik. Die uitkoms het nie altyd gebeur presies soos hy beplan het nie, maar die eindes was darem reg!

Die boek lees gemaklik en jong tieners behoort heerlik oor al Borrie se planne en optrede te grinnik.

Lucado, Max, Frazee, Randy & Davis Hill, Karen. 2012. Die Bybelstorie vir kinders:

die Bybel in stories. Illustrasies deur Fausto Bianchi en vertaal deur Ernalize Groenewald. Vereeniging: Christelike

Uitgewersmaatskappy. 287 p. Prys: R149,95. ISBN: 978-1-4316-0218-6.

In 48 verhale word kernmomente uit die openbaringsgeskiedenis van die Bybel op ’n bevatlike wyse en in maklike

taalgebruik aan kinders vertel en op ’n besondere wyse deur kleurillustrasies toegelig.

Die verhale begin by die skepping en eindig met die belofte van Jesus se wederkoms na die nuwe aarde en die nuwe Jerusalem wat in Openbaring beloof is.

By elke verhaal is ’n spesiale toepassings-gedeelte, “God se boodskap”, waarin elke verhaal se praktiese vasknooppunt vir elkeen se daaglikse lewe na vore kom. God se liefde vir sy kinders loop soos ’n goue draad deur al die vertellings. Die Nuwe lewende vertaling het die basis gevorm waaruit al die verhale vertel is.

Die Bybelstorie vir kinders vorm deel van die storie-veldtog by CUM-boeke om kinders en volwassenes meer van God se liefde vir hulle te leer.

Wÿgenga, Gretel (oorverteller). 2012. Prinsesstories. Zinelda McDonald. Pretoria: LAPA Uitgewers. 64 p. Prys: R100,00. ISBN:

978 0 7993 5492 8.

In hierdie verhaalbundel word nege klas-sie ke stories oor prinsesse oorvertel – Aspoestertjie, Doringrosie, Raponsie,

Duimelize, Lisa en die elf swane, en nog ander geliefde stories oor prinsesse.

Die pragtige kleurillustrasies komplementeer die verhale uitstekend. Die verhale word in ’n eie idioom met interessante variasies in keurige Afrikaans vertel.

Kinders sal graag hierdie verhale self wil lees of gretig daarna luister wanneer dit voorgelees word.

Prinsesstories is vir alle prinsesse en ook dapper prinse wat graag prinsesse wil red – ’n kosbare juweeltjie! SV

Slingervel se [email protected] Posbus 6433, Flamwood 2572 Tel/faks 018 468 1782

Page 21: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Gereformeerde …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel...2 slingervel junie 2013 REDAKTEUR Dr Nico vd Merwe e-pos: slingervel@telkomsa.net

slingervel junie 2013 21vele j unie 2010133 22112211

Page 22: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Gereformeerde …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel...2 slingervel junie 2013 REDAKTEUR Dr Nico vd Merwe e-pos: slingervel@telkomsa.net

22 slingervel junie 2013

dr. nico van der merwe

81. Hoe om Jesus nie te volg nie – 1Lees: Lukas 9:57-62 Teks: Lukas 9:57-58 (Die oormoedige

volgeling)

Jesus sê hoe jy as ener hom nie moet volg nie. Die persoon in vers 57 se gewilligheid is prysenswaardig! Maar eintlik is die oormoedigheid

vermetelheid. Om Jesus te volg, vra off ers, moeite, inspanning en ontbe-rings (vs. 58). ’n Volgeling van Jesus moet nie oormoedig wees nie. As vol-geling van Jesus moet jy nie jou eie vermoë oorskat nie. Dit kan jou suur bekom. Die dinge wat jy moet ontbeer en die swaarkry wat jy moet ver-duur, mag dalk struikelblokke word. Oor-op misme, oorska ng van jou eie vermoë, lei dikwels tot teleurstelling en mislukking. As jy Jesus wil volg, moet jy die risiko’s raaksien en nugter wees oor alles wat van jou verwag kan word.

82. Hoe om Jesus nie te volg nie – 2Lees: Matteus 8:18-22 Teks: Lukas 9:59-60 (Die volgeling wat

uitstel)

Toe Jesus iemand roep om Hom te volg (vs. 59), het die persoon ’n ver-skoning (vs. 20). Hy wil eers sy pa gaan begrawe. Hy vra uitstel om

Jesus te volg. Dit klink of Jesus harteloos is (vs. 60). Jesus gebruik egter net ’n uiterste voorbeeld om te benadruk dat jy God in alles eerste moet stel. Die oormoedige mens is nie gereed om Jesus te volg nie (vs. 57) en ook nie die uitsteller nie (vs. 60).

As jy Jesus wil volg, sal jy nie kan uitstel tot later nie. Om Jesus te volg, vra onmiddellike aandag. Wat jy vir die Here wil doen, moet jy dadelik doen. Moenie nog eers dit wil doen of dat wil doen nie. So ’n uitstel kom mak lik tot ’n afstel. Daardeur word groot skade aangerig.

83. Hoe om Jesus nie te volg nie – 3Lees: Lukas 9:57-62 Teks: Lukas 9: 61-62 (Die voorwaardelike

navolger)

Jesus leer dat ’n oormoedige ener (vs. 57) en ’n uitstellerige ener (vs. 59) nie goeie volgelinge van Hom kan wees nie. Dan is daar ’n

der de persoon (vs. 61-62). Om Jesus te volg, stel hy eers ’n voorwaarde: hy wil eers sy familie gaan groet! ’n Voorwaardelike volgeling van Jesus deug ook nie. ’n Mens wat voorwaardes stel vir die navolging van Jesus, is besluiteloos. Jy kan so maklik “onvoorsiene omstandighede” gebruik as verskoning om Jesus nie te volg nie en Hom ook nie voluit te dien nie.

’n Mens kan Jesus nie volg en kort-kort omkyk agtertoe nie, dan ver-loor jy perspek ef en jy verloor koers. Ook hierdie faset van jou lewe sal jy moet regstel.

84. Hoe om Jesus wel te volgLees: Hebreërs 12:1-12 Teks: Hebreërs 12:1-3 (Die

gehoorsame volgeling)

Drie soorte eners kan Jesus nie volg nie. 1. Die oormoedige ener. 2.

Die uitsteller ener. 3. Die besluitlose ener. Om opregte en sukses-volle volgelinge van Jesus te wees, moet hierdie gesindhede in die hart net mooi omgekeer word. 1. Nie oormoedig nie, maar ootmoedig (in on-der worpenheid aan Jesus). 2. Nie uitstel nie, maar dadelik doen. 3. Nie besluitloos nie, maar doelgerig. Só moet jy as ener Jesus volg. Getrou op jou pos. Altyd gereed om te gehoorsaam. Met die oë gerig op Jesus om kort op sy hakke te bly. Hoe om dit te doen, staan in die Bybel. Deur jou Bybel gereeld te lees, die eredienste en die katkisasie by te woon, sal jy daarin onderrig word.

85. Christelike kritiek die tiener se roepingLees: Jakobus 2:1-13 Teks: Jakobus 2:1-4

Die lewe waarin ons staan, is gerig op die nega ewe en as dit terselfdertyd sensasie is, word dit allerweë beklemtoon. Daar is niks

makliker as om van iemand anders iets nega efs, iets a rekend te sê nie. Daarom is die kri ek wat ons daagliks hoor of self ook lewer, oppervlakkig en veroordelend. Jy mag nie ander eners volgens die uiterlike oordeel nie. Jou kri ek van iemand anders staan nie los van jou geloof in Jesus Chris tus nie. Die liefde van God moet ook in jou kri ek op ander mense sig baar word. Derhalwe moet jou kri ek die waarheid wees en daarop ge rig wees om op te bou en nie af te breek nie. Dan is dit sonde teen God en jou medemens.

86. Moenie ’n klakous wees nieLees: 1 Tessalonisense 5:12-22 Teks: 1 Tess. 5:18

Tieners is soms klakouse. Daar word gekla oor die skool, huiswerk, skeids regters op sportgebied, ouers, onderwysers, die samelewing,

fl ieks, ontspanning ens. ens. So kan ons aangaan en aangaan. Om te kla, is om jou ontevredenheid met iets uit te druk. In werklikheid is dit ’n gesind-heid van opstandig wees oor al die dinge. God vra: Wat kla ons so? (Klaagl. 3:39). God verwag van jou om tevrede te wees met wat God vir jou beskik (Fil. 4:11). Gelowige eners moet in alle omstandighede dankbaar wees (1 Tess. 5:18). Die rede vir jou dankbaarheid is jou verlossing in Jesus en die ewige lewe.

Wat meer vra jy? Lewe as dankbare ener tot eer van God se Naam.

87. Om te kla, is verkeerde strategieLees: Klaagliedere 3:34-48 Teks: Klaagliedere 3:39

God bepaal alles in jou lewe (Amos 3:6; Jes. 45:7). Niks gebeur buite God se wil nie (Klaagl. 3:34-38). Aangesien God alles bepaal, help dit

nie om te kla oor teenspoed en swaarkry wat oor jou lewenspad kom nie. Tieners kla soms vreeslik oor hulle lewensomstandighede. Maar het jy al ooit ’n ener hoor kla oor die sondes waarin hulle verhard en waardeur hulle God terg? God sê: Hou op kla en oorwin jou sonde (Klaagl. 3:39). Ons is met verkeerde dinge besig as ons van die môre tot die aand besig is om te kla en te kla – jy word deur God in sy Woord opgeroep om die son de aan te pak en met die goeie te oorwin (Rom. 12:21). Daarmee moet jy besig wees.

88. God se algemene genade in die wêreldLees: Psalm 74:12-16 Teks: Matteus 5:45b

Omdat God die Skepper is van alle dinge, beheer Hy alles wat Hy gemaak het. In sy alwysheid deel Hý sy gawes uit aan wie Hý wil. In

sy algemene genade skenk Hy sy skeppingseën aan alle mense, of hulle goed is of sleg. Jesus maak bekend hoe God optree teenoor mense wat sy vyande is. As kind van God wat deur Hom gered is, moet jy na jou Vader in die hemel aard. Kyk hoe gee Hy son en reën ook aan dié wat sleg is en wat verkeerd doen.

Daarom moet jy jou liefde en gebed nie terughou van jou vyande nie. Jy moet teenoor hulle só optree dat hulle God se optrede in jou lewe kan sien.

Page 23: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Gereformeerde …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel...2 slingervel junie 2013 REDAKTEUR Dr Nico vd Merwe e-pos: slingervel@telkomsa.net

slingervel junie 2013 23

89. Meer liefde as die FariseërsLees: 1 Johannes 3:11-17 Teks: Matteus 5:46

Om die gelowige se verhouding met sy vyande te beklemtoon, verwys Jesus na die tollenaars. Die tollenaars het nie die wet van God ge-

ken nie en derhalwe nie daarvolgens gelewe nie. Die Jode het op die tol le naars neergesien en hulle verag. Christus maak nou ’n vergelyking. As gelowiges net die mense lie et wat vir hulle lief is, wa er betekenis het dit? Mense soos die tollenaars doen dit ook. Die gelowige moet in sy liefde veel verder gaan.

Die liefde van die gelowige moet dus ook sy vyand insluit, dán kom dit ooreen met die liefde van Christus. Want Hy het ons liefgehad toe ons nog vyande van Hom was vanweë die sonde.

90. Meer liefde as die heideneLees: Matteus 5:43-48 Teks: Matteus 5:47

Die gelowige se liefde, selfs tot sy vyande, is vir Jesus só belangrik dat Hy ’n tweede voorbeeld noem. Heidene is mense wat God nie ken

nie en met Hom niks te doen wil hê nie. Tog groet heidene mense wat na aan hulle is. As die gelowiges ook net dit doen, wat maak hulle anders as die heidene? Die geloof in God en die liefde van Christus moet van jou ’n totaal ander mens maak as wat die heidene is. Jou liefde moet veel verder strek as dié van die heidene en moet dus ook jou vyande insluit. Dán eers leef jy uit ’n ware geloof in volle liefde tot God.

’n Christen ener moet daagliks aan sy verhouding met medemense werk in die lig van sy geloof.

91. God se verrassende besluitLees: Lukas 2:8-14 Teks: Lukas 2:8a

God se besluite verras mense selfs in 2013. Wie sou dink die skaap-wagters is die geskikste mense om heel eerste die boodskap te kry

van Jesus se geboorte? God gaan die priesters, Leviete, skrifgeleerdes, Fari seërs en die poli ci verby om dit aan die herders bekend te maak.

Eenvoudiger kan dit nie. In God se koninkryk gaan dit nie om menslike aansien en pres ge nie. Die verlossing is nie gereserveer vir vername, hoog aanstaandes en elite nie. Die verlossing in Jesus is bedoel vir die op-reg tes wat deur die geloof by Hom ingelyf is. Daarom is dit ook vir jóú, e ner, bedoel, wat jou omstandighede ook mag wees. In Christus word

jy verlos.

92. God se bevel en God se belofteLees: Rigters 1:1-21 Teks: Rigters 1:2

God se bevel is terselfdertyd sy belo e. Juda kry die bevel om die vyand aan te val en daarmee saam gaan God se belo e dat hulle sal slaag.

As God se bevel in geloof uitgevoer word, dan word die belo e waar. Net so kom God in Jesus na jóú toe as gelowige ener, met sy opdragte. God se opdrag is dat jy sal lewe soos iemand wat in Christus verlos is. Jou opdrag is om die duiwel teen te staan en te oorwin. As jy dit deur die geloof doen, dan gee God aan jou die oorwinning.

Daarom moet jy nie huiwer om te doen wat God in die Bybel vir jou sê nie. Doen dit in geloofskrag en God sal sorg dat jy oorwin en bewaar bly.

93. Ongelowige onbetrokkenheidLees: Rigters 5:1-16 Teks: Rigters 5: 16b

God se meule maal stadig en langsaam. Dit sê dat die kerk ook nie on-be sonne en oorhaas g moet optree nie. Hierdie deug mag nie in tye

van krisis en nood ’n ondeug van onbetrokkenheid en onbeslistheid word nie. Dit was Ruben se fout in Rigters 5. Toe God die oorwinning aan sy volk gee, bly Ruben onbetrokke sit en hou die een vergadering na die ander. By Ruben bly dit net by voornemens en daar kom geen aksie nie.

Jy mag in 2013 as ener nie terugdeins vir die groot taak wat jy in die ko ninkryk van God het nie.

God vra ook van jou oorgegewe aksie en opregte toewyding as Chris-ten, in jou skool, tussen jou maats en tuis.

94. Jy moet aktief wees vir God se saakLees: Rigters 5:17-31 Teks: Rigters 5:23

Gelowiges is mede-arbeiders en deelgenote in die koninkryk van God. Wie nie saam met God stry nie, stap op die dood af. Daarom vervloek

Debora vir Meros omdat hulle nie by die linies van God aangesluit het om te veg vir die saak van die Here nie. Hulle het God in die steek gelaat. God gee die verlossing in Jesus Christus en vra dat die verlostes hulle vir die saak van God sal inspan.

Deur die doop is jy verseker van die redding in Christus, daarom moet jy jouself in diens van die Here beskikbaar stel. Oral en altyd moet jy vir God getuig en die boodskap uitdra dat daar net by God verlossing en die ewige lewe is.

95. Vir God teen die afgodeLees: Rigters 6:25-32 Teks: Rigters 6:26

Die goue middeweg is maklik. Dis wanneer jy sê dat jy God dien én ’n af god. Jy wil albei tevrede stel. God sê, nee! Jy kan dit nie so doen nie

... óf jy dien God, óf jy dien ’n afgod. Dit moes Gideon ook leer. Hy word geroep as rigter vir Israel. Hy mag nie God én Baäl dien nie. Gideon moet kies! Hy moet Baäl vernie g. Hy moet die gewyde pale van Baäl neem en dit as brandhout gebruik om ’n off er aan God te bring. Baäl kom in die gloed van God se oordeel en word vernie g. God oorwin elke afgod wat daar mag wees.

Wat is vir jou belangriker naas God? Vernie g dit sodat jou diens aan God alleen kan oorbly ... suiwer en eg, sonder vermenging en verdeling.

96. God vernietig die afgod BaälLees: Rigters 6:25-32 Teks: Rigters 6:26

As ener in die moderne tyd kan jy so maklik in die skandelike gewoon-te verval om God én die sonde te dien. Ons noem dit die én – én pad.

God én die sonde. Dit is ’n duiwelse pad. Omdat jy in Christus verlos is, moet jy die óf – óf pad loop. Óf God óf die sonde (1 Kon. 18:21; Ma . 6:24). Dié keuse moet Gideon doen. God én Baäl kan nie tegelyk in Ofra gedien word nie. Dit is óf God óf Baäl. Gideon breek die Baälse altaar in stukke en met die omgekapte gewyde paal word vir God geoff er. Baäl word in die gloed van God se oordeel vernie g. Dit is die enigste pad met go de. Breek hulle heeltemal af en vernie g hulle. Alles waarin jy meer ver trou as in God, is ’n afgod en moet deur jou vernie g word.

Page 24: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe - Gereformeerde …gkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel...2 slingervel junie 2013 REDAKTEUR Dr Nico vd Merwe e-pos: slingervel@telkomsa.net

24 slingervel junie 2013

As ’n mens die voëls deur die lug sien vlieg, lyk hulle vir jou klein en tingerig. Gewoonlik sien ons die mossies of die swaeltjies en nou en dan ’n hadida. Maar het jy geweet ... dat daar voëls is wat ’n goeie klompie kilogram weeg?

Die volstruis (foto links heel onder) is die swaarste voël op aarde. Hy weeg 156 kg.• Die oranjekeel-kasuaris weeg ’n volle 58 kg.• Die emoe (foto regs heel onder) is ’n voël wat 55 kg weeg.• Die keiserpikkewyn trek die skaal op 46 kg.• Die groot- of Amerikaanse nandoe is 25 kg swaar.• Die stomswaan weeg ’n hele 23 kg.• Die bekende ou gompou is 19 kg swaar.• Die Andes-kondor (foto links onder) trek die skaal op 15 kg.• Die groot witpelikaan (foto regs onder) weeg 15 kg.• Die Europese swartaasvoël is ’n voël wat 13 kg weeg.•

(Bron: Collins Feitegids van die Wêreld. 2012; foto’s: Wikipedia)