CANSA Mansgesondheid - Staan Jou Man hierdie November 2017!

26
1 - Prostaat 2 - Kolorektale 3 - Long 4 - Kaposi Sarkoom 5 - Blaas

Transcript of CANSA Mansgesondheid - Staan Jou Man hierdie November 2017!

1- Prostaat2- Kolorektale3- Long 4- Kaposi Sarkoom5- Blaas

Staan jou man hierdie November!

• November is Mansgesondheid bewustheid maand

• KANSA plaas die kollig op Die Groot Vyf mees algemene kankers wat mans in Suid-Afrika raak

• Kanker teister 1 in 7* mans in SA gedurende hulleeftyd

• Gebalanseerde lewenstyl en siftingstoetse is van die allergrootste belang om die risiko van kanker te verlaag en om te keer dat die persoon weer met dieselfde siekte gediagnoseer word

*Gebaseer op die Nasionale Kankerregister van 2013

• Sommige risikofaktore soos familiegeskiedenis, ouderdom en ras kan nie beheer word nie

• Ander faktore kan geminimaliseer word deur:

• gesonde en heilsame eetplan en dieet te volg

• handhawing van gesonde liggaamsgewig

• rook te vermy

• inname van alkohol te vermy

• gereelde oefening te doen

Staan jou man hierdie November!

*Gebaseer op die Nasionale Kankerregister van 2013

Dit word beraam dat 1 in 18* SA mans prostaat kanker sal ontwikkel

Behandeling & Prognose

• Behandeling hang af van ouderdom en hoe aggressief die kanker is

• Opsies sluit in chirurgie, bestraling en chemoterapie of kombinasie

• Prognose is goed indien dit vroeg gediagnoseer en behandel word

Simptome

• Verandering in dermgewoontes• Rektale bloeding• Maagpyn• Swakheid• Gewigsverlies• Jy kan vroeë kolorektale kanker hê

sonder simptome

Sifting

• Kolorektale kanker kan vroegopgespoor word met 'n kolonoskopie

• Ander siftingtoetse is beskikbaar, konsulteer 'n mediese praktisyn

• Vir die meeste mans moet sifting begin by ouderdom 50 en kan elke10 jaar herhaal word, afhangend van risiko

*Gebaseer op die Nasionale Kankerregister van 2013

Behandeling & Prognose

• Behandeling word bepaal op hoe ver gevorderd die kanker is

• Behandeling mag insluit chirurgie, bestraling, chemoterapie of 'n kombinasie

• Prognose word ook bepaal op hoe ver gevorderd die kanker is

• Vir vroeë fases (Fase 1) kolon- of rektum kanker is die vyf-jaar oorlewingskoers omtrent 75%

1 in 76*

mans in SA

sal long-

kanker

ontwikkel

*Gebaseer op die Nasionale Kankerregister van 2013

Verlaag Jou Risiko

• Dit word beraam dat die risiko vir longkanker verlaag kan word in 90% van gevalle deur aksie en bewusmaking

• Rook is verantwoordbaar vir die meerderheid voorkombare longkankers, maar nie-rokers kan ook aksie neem om hul risiko te verlaag

• Die beste manier om longkanker te verhoed is om nie te rook nie en tweedehandse rook te vermy

Behandeling en Prognose

• Behandeling hang af van die tipe kanker, liggaamsarea en hoe gevorderd dit is

• Opsies sluit in chirurgie, bestraling, chemoterapie of 'n kombinasie

• Prognose hang af of die kanker versprei het. Vir kankers wat nie versprei het nie is die 5 jaar oorlewingskoers omtrent 50%

Simptome

• Kaposi sarkoom (KS) is 'n kanker wat die groei van abnormale weefsel onder die vel, in die voering van die mond, neus en keel of in ander organe veroorsaak

• Voor die MIV / VIGS-epidemie, het KS gewoonlik stadig ontwikkel• In MIV / VIGS-pasiënte, ontwikkel die siekte vinniger• Velletsels is gewoonlik die eerste simptoom• Behandeling vir MIV self kan die letsels laat krimp

1 in 315*

mans in SA

sal Kaposi

Sarkoom

ontwikkel

*Gebaseer op die Nasionale Kankerregister van 2013

Sifting

Om seker te maak of 'n letsel deur KS veroorsaak word, sal die dokter'n biopsie doen deur 'n klein monster velweefsel uit die letsel te neemen na 'n laboratorium stuur vir analise

Verlaag Jou Kanker Risiko

'n Persoon kan die risiko verlaag deur die bekende risiko faktore vir MIV te vermy:• Vermy riskante seksuele praktyke soos om onbeskermde seks te hê• Vermy binne-aarse naalde wat deur iemand anders gebruik is

Behandeling en Prognose

• Behandeling van Kaposi Sarkoom (KS) kan bemoeilik word weens die immuun-onderdrukte toestand van baie mense wat geaffekteer is

• Die dokter sal behandeling baseer op die pasiënt se algemene gesondheid sowel as waar, hoeveel en hoe uitgebreid die letsels is

• Vir mense met VIGS word teen-MIV medikasie gebruik teen die virus. Dit kan die persoon se algemene gesondheid verbeter en help om die KS te behandel

• Vooruitsigte vir KS hang af van die vorm van die siekte• Omtrent een derde van mense met klassieke KS ontwikkel 'n ander tipe

kanker, wat fataal kan wees

Simptome

• Bloed in die urine• Bloed kan die urine se kleur

verander of voorkom as bloedklonte

• Die behoefte om gereeld te urineer

• Brandpyn tydens urinering

Sifting

• Noem aan jou dokter indien jyenige simptome of 'n hoë risikohet

• Ondersoeke word op simptomegebaseer

• Toetse sluit in sistoskopie, biopsie en laboratorium- enskanderingstoetse

*Gebaseer op die Nasionale Kankerregister van 2013

Dit word beraam dat 1 in 148* SA mans blaaskanker sal ontwikkel

Behandeling en Prognose

Risiko Faktore

• Grootse risiko faktor is rook -dit verdubbel jou risiko

• Ouderdom bo 55

• Familiegeskiedenis van blaaskanker

• Chirurgie is die mees algemene behandeling

• Soos alle kankers hang prognose af van hoe vroeg die kanker gediagnoseer word

• Addisionele behandeling kan insluit:• toedien van medikasie direk in die blaas• chemotherapie

• Vir Fase I blaaskanker is die 5 jaar oorlewingskoers omtrent 90%

• bestraling

Risiko Faktore

• Onafgesakte testikels

• Familie geskiedenis van testikulêre kanker

• MIV infeksie

• Persoonlike geskiedenis van testikulêre kanker

• Ouderdomsgroep

1 in 2084*

SA mans word geaffekteer

Voorkoms in Suid-Afrika

• Testikulêre kanker kom meestalin jong mans tussen die ouderdom van 15 – 39 jaar voor

• Ten spyte daarvan dat testikulêrekanker raar voorkom in tienerseuns, is dit die meesalgemene kanker in mans tussendie ouderdomme van 15–39 jaar

*Gebaseer op die Nasionale Kankerregister van 2013

Simptome

Net soos in enige ander deel van die liggaam kan die testikels geaffekteer word deur verskeie toestande en siektes, wat tot simptome kan lei:

• Swelsel(s)

• Knop(pe)

• Pyn

Behandeling & Prognose

• Diagnose van testikulêre kankerword gedoen op grond van simptome, gevolg deur fisieseondersoek en laboratorium- endiagnostiese toetse

• Kanse op herstel is goed indienvroeg opgespoor en behandel

Sifting

Source self exam graphic: http://www.testicularcancerawarenessfoundation.org/

• Die testikulêre selfondersoek (TSO) is ’n maklike manier vir ouens om hul eie testis teondersoek, om seker te maak daar is nieenige ongewone swelsel of knoppe nie – wat ’n eerste aanduiding van testikulêre kankerkan wees

• Probeer om elke maand ’n TSO te doen sodatjy kan leer wat die normale grootte en vormis. Dit maakdit maklikerom te sienof iets indie toekomsabnormaal voel

Testi-monials• “Testi-monials” is ’n veldtog wat vir KANSA geskep is deur FCB Cape Town.

Die veldtog is daarop ingestel om die ongemak van gesprekvoering oor testikulêre kanker uit te wis. Die doel van die veldtog is ook om mans bewus te maak van die belangrikheid om oor testikels te praat en om selfondersoeke van testikels te doen

• Die veldtog bied die geleentheid om uit te vind hoe hul persoonlik geaffekteer kan word. Raad oor selfondersoeke en hulp om tekens en

simptome op te spoor, word ook ontleed

testimonials.co.za

‘MANVan’

• KANSA se ‘MANVan’- inisiatief samel ook fondse in deur middel van die Hollard ‘Daredevil’ veldtog

• Hierdie mobiele gesondheids-kliniek bied gratis gesondheids-toetse en ondersteunings-programme aan en verskerp bewustheid oor kankers wat mans raak

Wat doen KANSA om te help?

• KANSA moedig mans aan om na hul gesondheid te kyk, om die risiko van manskankers te verminder

• KANSA verseker dat Suid-Afrikaanse mans toegang tot waardevolle en potensieel lewensreddende inligting en siftings het

• KANSA bied sifting aan by KANSA Sorgsentra en Mobiele Gesondheids-klinieke:

– Prostaat Spesifieke Antigeen (PSA) bloedtoets wat enige abnormaliteite van die prostaat opspoor

– Kolorektale sifting - Fekale Okkult bloedtoetse ondersoek mikroskopiese bloeding in ontlasting, wat ‘n teken kan wees van ‘n groeisel, inflammasie of bloeding in die spysverteringstelsel

• Lees KANSA se Feiteblaaie oor kankers wat mans in Suid-Afrika affekteerby hierdie skakel: http://www.cansa.org.za/what-cansa-believes/

Wat doen KANSA om te help?

Jacob Skosana, prostaat kankeroorwinnaar sê:

“Ek erken dat ek nooit op my eie ’n dokter sou vra om vir kanker te toets nie. Na

die resultaat van ’n bloedtoets wat ek tydens ’n KANSA Gesondheidsdag

ondergaan het, is ek dadelik verwys na ’n spesialis, wat bevestig het dat ek

prostaatkanker gehad het. Ek is eindeloos dankbaar dat KANSA die

gesondheidsdag aangebied het anders het ek dalk te laat uitgevind.”

In 2016/17 CANSA:

KANSA Navorsing

• Drie navorsingsprojekte wat gelei word deur Dr Karl-Heinz Storbeck, Dr Serafin en Prof Bornman, ondersoek kliniese merkers van prostaatkanker wat kan dien as indikators van ‘n spesifieke biologiesetoestand. Hierdie navorsing kan help om prostaatkanker vroeër te identifiseer om sodoendemans se risiko vir prostaatkanker te verminder

• Prof Sinead Delany-Moretlwe ondersoek faktorewat met anogenitale MPV infeksie en siektegeassosieër word

• Dr Georgia Schafer ondersoek of individuelegenetiese faktore moontlik kan bydra tot vatbaarheid vir Kaposi sarkoom-geassosieërdeherpes virus (KSHV)

Disclaimer:

Whilst the Cancer Association of South Africa (CANSA) has taken every precaution incompiling this presentation, neither it, nor any contributor(s) to this presentation can beheld responsible for any action (or the lack thereof) taken by any person or organisationwherever they shall be based, as a result, direct or otherwise, of information contained in,or accessed through, this presentation.

Om KANSA te help om ons kankersiftings-programme uit te brei, oorweeg ditasseblief om 'n skenking by enige van onsKANSA Sorgsentra landswyd te maakof Aanlyn byhttp://www.cansa.org.za/personal-donation-options/

of maak ’n donasie deur SnapScan of Zapper op jou slimfoon:

Wat kan jy doen om te help?

Vrywaring:

Terwyl die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) elke voorsorgmaatreël getref het met die samestelling van hierdie aanbieding, kan dit of enige bydraer(s) tot hierdie aanbieding nie verantwoordelik gehou word vir enige optrede (of die gebrek daaraan) wat deur enige

persoon of organisasie waarookal hulle gebaseer is, as 'n gevolg, direk of andersins, van inligting vervat in, of bekom is deur middel van hierdie aanbieding.

1- Prostaat2- Kolorektale3- Long 4- Kaposi Sarkoom5- Blaas