CANSA Mansgesondheid - Prostaatkanker - 2014 Afrikaans
-
Upload
cansa-the-cancer-association-of-south-africa -
Category
Health & Medicine
-
view
217 -
download
11
description
Transcript of CANSA Mansgesondheid - Prostaatkanker - 2014 Afrikaans
*Gebaseer op die Nasionale Kanker Register 2007
Wat is die prostaat?
• Die prostaat is deel van die manlike voortplantingstelsel
• Dis 'n klein, ronde klier voor die rektum en onder die blaas
• Die prostaat se primêre funksie is om vloeistof in die uretra te pomp tydens saadstorting
Wat is prostaatkanker?
Prostaatkanker is ‘n vorm van kanker wat in die prostaat ontwikkel
Prostaatkanker ontwikkel nie skielik nie
Daar is ‘n geleidelike verandering van
normale prostaatselle, verskillende grade van sel abnormaliteit, tot voor-kanker letsels en
uiteindelik kanker
Hierdie hele proses kan baie jare neem
Onthou, alhoewel meeste vergrotings van die prostaat nie kanker is nie, is gereelde siftingstoetse noodsaaklik
Loop jy die risiko om prostaatkanker te kry?
Familiegeskiedenis van prostaatkanker verhoog jou risiko• Om 'n pa of broer te hê met
prostaatkanker meer as verdubbel 'n man se risiko om hierdie kanker te ontwikkel. (Die risiko is hoër vir mans met 'n broer wat prostaatkanker het as vir dié wie se pa prostaatkanker het)
Jy het ‘n verdere verhoogde risiko vir prostaatkanker indien…
• Jy ouer is as 40 (die risiko neem skerp toe na 50)• Jy ‘n ongesonde dieët volg (met hoë vet- en rooivleis
en lae groente inname)• Jy nie genoeg oefening kry nie• Voorkoms van BRCA1 of BRCA2 geenmutasie• Daar ‘n geskiedenis van prostaatkanker in jou familie is• Jy meer as 2 standaard alkoholiese drankies per dag
drink
• Gaan vir gereelde siftingstoetse• Moenie rook nie• Moet verkieslik nie drink nie, of beperk jou
inname tot twee standaard alkoholiese drankies of minder per dag
• 'n Standaard alkoholiese drankie is gelyk aan:• 340ml bier (gemiddeld 5% alkohol volume)• 120ml wyn• 25ml likeur• 50ml sjerrie• 25ml spiritualieë (brandewyn, whisky, wodka, jenewer
en rietspiritus/cane)
Hoe om jou risiko te verminder
• Moenie oorgewig wees nie• Oefen vir minstens 30 min vyf dae per week• Eet ten minste 5 porsies vars groente en vrugte
(in seisoen) daagliks• Drink genoeg skoon, veilige water
Hoe om jou risiko te verminder
Siftingstoetse vir prostaatkanker
PSA vingerpriktoets• Dit neem gewoonlik ‘n paar
dae vir die uitslae van ‘n PSA toets omdat die bloed getrek word, in ‘n proefbuis geplaas word en dan na ‘n laboratorium gestuur word
• ‘n Nuwe vingerprik PSA toets is nou beskikbaar. Dit is ‘n terwyl-jy-wag toets
Ondergaan ‘n siftingstoets vir prostaatkankerProstaat-Spesifieke Antigeen (PSA)bloedtoets
Hoe?Bloed word getrek en getoets vir PSA vlakke, ‘n proteïen wat deur die prostaat afgeskei word – hoë vlakke kan ontsteking van die prostaat of kanker aanduiWie?Mans 50 jaar en ouer (40-45 vir diegene met 'n hoë risiko, soos met 'n familiegeskiedenis van prostaatkanker)
Wanneer?Jaarliks of soos deur ’n doktor aanbeveel
Siftingstoetse vir prostaatkanker• Dit behels ‘n prik van die vinger om ‘n
druppel bloed te verkry • Die bloed word op ‘n toetsstrook van die
vingerprik PSA toestel geplaas waarna die resultate binne 10 minute beskikbaar is
• Omdat die toetsproses soveel tyd spaar, word onnodige bekommernis uitgeskakel
• Persone met verhoogde PSA toets uitslae moet na ’n dokter verwys word vir verdere opvolg
Berading• Voor- en na-toets berading is noodsaaklik
en moet deur ’n professionele persoon gedoen word
Siftingstoetse vir prostaatkankerDigitale Rektale Ondersoek
Hoe?Vir ‘n Digitale Rektale Ondersoek (DRO) gebruik die dokter ‘n handskoen en smeermiddel en plaas ‘n vinger in die rektum om vir enige abnormaliteite soos knoppe of harde areas op die prostaat te voel
Wie?Mans 50 jaar en ouer (40-45 vir diegene met 'n hoërisiko, soos mans met 'n familiegeskiedenis van prostaatkanker)
Wanneer?Jaarliks of soos deur ’n dokter aanbeveel
Alhoewel party
mans ongemak
ervaar tydens
‘n rektale
ondersoek
(DRO) is dit
gewoonlik
vinnig en
pynloos
Siftingstoetse vir prostaatkanker
Deur vroeë opsporing kan behandeling effektief gegee word en sodoende die
ontwikkeling van gevorderde prostaatkanker verhoed
Kyk uit vir die volgende simptome• Moeilike urinering• Moeite om die urinevloei te
begin of te stop• Urienvloei wat vanself begin en
stop• ‘n Swak urienvloei• Pyn of ‘n brandsensasie tydens
urinering• Behoefte om gereeld te urineer,
veral snags
Kyk uit vir die volgende simptome
• Moeilik om ‘n ereksie te kry of te volhou
• Bloed in die urine en/of semen• Pynvolle saadstorting• Pyn in die lae rug, heupe en/of
duie (bobene)
Ervaar jy enige van hierdie simptome ?
Moenie dit ignoreer nie! Dis belangrik om dit te laat
nagaan
Vul hierdie eenvoudige
merklys in op die agterkant
van ons Mansgesond-
heidsblaadjie...
... en deel dit met jou dokter
met jou volgende
ondersoek
Wat doen KANSA om te help?
• KANSA moedig mans aan om na hul gesondheid om te sien om die risiko vir manskankers te verlaag
• KANSA verseker dat Suid-Afrikaanse mans toegang tot belangrike en moontlik lewensreddende inligting en prostaat siftingstoetse het
Kom ons gesels syfers...
Meer as 7 436 Prostaat Spesifieke Antigeen (PSA) toetse is uitgevoer om prostaat-abnormaliteite op te spoor en 137 in samewerking met Departement van Gesondheid
129 Movember mansvrywilligers opgelei wat 2 353 testikulêre- en prostaatkankerpasiënte geassisteer en ondersteun het
Wat is die P-Bal• KANSA se P-Bal (‘n bewusmakingstoestel)
behels ‘n klein bio-afbreekbare balletjie wat in ‘n urinaal geplaas word. Die doel is om hierdie P-Bal op te los deur met ‘n vol blaas en in die kortste tyd moontlik die sterkte van die urien-stroom te meet. ‘n Swak urien-vloei mag dui as waarskuwingsteken van prostaat probleme en mans wat dit ondervind behoort hulle dokter te raadpleeg. Die P-Bal is beskikbaar teen R25 en kan bestel word by enige van die landswye KANSA Sorgsentrums
• Alhoewel dit 'n pret produk is, is die gebruik daarvan 'n herinnering vir mans om pro-aktief te wees en vir gereelde siftingsondersoeke te gaan om prostaat probleme vroegtydig op te spoor
Die P-Balspel is beskikbaar teen R25 by enige KANSA
Sorgsentrums landswyd
Jy kan ‘n verskil maak in die stryd teen prostaatkanker...
• Ondergaan jaarliks ‘n siftingstoets• Maak 'n skenking• Koop en gebruik 'n P-Bal• Sluit aan as 'n KANSA vrywilliger
Movember• Gedurende November registreer mans en
vroue om die wêreldwye ‘Movember’-inisiatief te ondersteun. Hiervoor laat mans hulle snorre vir 30 dae lank groei ten einde bewusmaking en fondse vir prostaat- en testikulêre kankerprogramme en inisiatiewe te genereer. In Suid-Afrika het Movember en KANSA ‘n Mansgesondheids-vennootskap gesluit. Alle fondse wat in Suid-Afrika deur die Movember-veldtog ingesamel word, sal direk in KANSA se Mansgesondheidsveldtog vir prostaat- en testikulêre kanker sorg en ondersteuning
• Sluit nou aan en registreer by www.movember.com
Disclaimer:Whilst the Cancer Association of South Africa (CANSA) has taken every precaution in compiling this presentation, neither it, nor any contributor(s) to this presentation can be held responsible for any action (or the lack thereof) taken by any person or organisation wherever they shall be based, as a result, direct or otherwise, of information contained in, or accessed through, this presentation.