AgriBulletin_120928

16
September 2012

description

Community Newspaper Monthly Agricultural Publication

Transcript of AgriBulletin_120928

Page 1: AgriBulletin_120928

September 2012

Page 2: AgriBulletin_120928

September 20122

Stuur datums van vergaderings, skoue,

ensovoorts, aan ons vir gratis publikasie.

Skryf aan die redakteur by

[email protected]

SITRUS-STUDIEGROEP

Eerste Dinsdag van elke maand: Letsitele,

Constantia-saal

RUBBERVALE BEESVEILING

Die eerste Donderdag van elke maand:

Rubbervale

STUDIEGROEP

12 Oktober: Lokale Markagentedag

23 Oktober: Lietsjie-studiegroep by Theuns

Botha, Deerpark

2 tot 6 Desember: Vierde Internasionale

Lietsjiesimposium in Witrivier

is ’n publikasie van Bulletin

Redakteur:Jean Aucamp

[email protected]:

Thinus van [email protected]

Jacques [email protected]

Crownstraat 8, Tzaneen, 0850015 307 7248 015 307 7684

www.bulletin.us.com

Drukker/Printer: PaarlColdset

Laeveld Bulletin BK (Reg 2004/031396/23) is die uitgewer en verspreider van die Bulletin.

Lowveld Bulletin CC (Reg 2004/031396/23) is the publisher and distributor of Bulletin.

Copyright on advertisements, editorial material & photo’s reserved.

Kopiereg op advertensies, redaksionele inhoud & foto’s word voorbehou.

In die voige uitgawe van die AgriBul-letin (Augustus 2012) is ‘n foto gebruik wat by die tamatie-slypskool by die Montina-boerdery by Mooketsi ge-neem is (bl 4).

In die byskrif is na mnr Victor Pohl verwys, terwyl dit mnr Justin Pohl was. Ons bied graag die regstelling aan, en maak verskoning as ons hierdeur ver-warring by lesers geskep het.

Ons maak verskoning

Die vierde internasionale sim-posium, wat handel oor lietsjie, Longan en ander Sap-indaceae vrugte, word van 2

tot 6 Desember in Witrivier ge-hou.

Die simposium word geor-ganiseer en aangebied deur die Suid-Afrikaanse Lietsjiekwekersvereniging en die Landbounavorsings-raad se Instituut vir tropiese en subtropiese gewasse.

Die raad vertrou dat daar ‘n platvorm van gemeen-skaplike belang by die simposium geskep gaan word, wat geleentheid sal bied vir wisseling van voorstelle en ter versterking van samewerkingsverhoudings binne die bedryf as ‘n geheel.

Die program bevat interessante onderwerpe wat aangebied gaan word deur kenners op hul gebied, met betrekking tot wêreldwye lietsjieproduksieten-dense, na-oesbestuur van lietsjies en pesbestryding by subtropiese gewasse in Suid-Afrika met die klem op

lietsjies.Gedurende die simpo-

sium sal besoeke gebring word aan lietsjieplase, pakhuise en ‘n versap-pingsfabriek.

Die volgende onderwerpe sal ook tydens die simpo-sium in die soeklig kom:

Produksie en bemarking wêreldwyd, kiemplasma, genetika, teling en biotegnologie, kulturele praktyke en voor-oesfisiologie, na-oeshantering en -fisiologie, peste, plae en siektes en die beheer daarvan, verwer-king, tegniesedienste en tegnologie-oordrag.

Vir meer inligting besoek gerus h t t p : / / w w w . l y -chee2012.com.

Vir enige ander inligting kan Susie Prangley ([email protected]) gekontak word.

Vierde internasionale lietsjiesimposium in Witrivier

Page 3: AgriBulletin_120928

September 2012 3

Daar is verskeie vaardige sakelui wat nie net ‘n besigheid of praktyk bestuur nie, maar ook deeltyds boer.

Dr Ig van Rensburg van Tzaneen is so ‘n suksesvolle deeltydse boer. (Dr Pieter Mostert is nog een en die plaaslike or-topeed dr Alex Revelas is nóg een)

Van Rensburg behartig nie net sy prak-tyk in Tzaneen nie, maar ook twaalf hek-taar piesangbome en drie hektaar loof in nethuise vir die blommemark. Onder die loof is leervarings, aspidistra, vlasse, waaierpalms, xanadu en ruscus.

Sy plaas beslaan 44 ha wat, behalwe die piesangbome en loof, ook ‘n paar hektaar bloekombome het. Die plaas is in George’s Valley naby Tzaneen, wat dit makliker maak vir die besige Van Rensburg om ‘n ogie daaroor te hou (hy is ook voorsitter van die Medi-clinic Tzaneen se direksie en van die gemeenskapsambulansdiens, Tzaneen Ambulance Service).

Van Rensburg het negentien werkers in diens. Sy bekwane voorman, mnr Al-bert Malatji, sorg dat sake vlot loop as Van Rensburg nie op die plaas is nie. Die werkers verpak die loof en piesangs op die plaas, waarna die loof na Multiflora in Johannesburg gestuur en die piesangs plaaslik bemark en verkoop word.

Van Rensburg het oorspronklik die boerdery begin vir afleiding en afwis-seling van sy professie. Hy was nog al-tyd lief vir tuinmaak en plante kweek en het besluit om sy stokperdjie in ‘n wins-gewende boerdery te ontwikkel.

Hy het op piesangs besluit omdat dit ‘n produk is wat altyd in groot aanvraag is, én omdat die subtropiese klimaat van die omgewing dit daartoe verleen. Die ligging van die plaas is ook ideaal vir piesangs.

Van Rensburg geniet dit om buite by sy boerdery te wees, ‘n groot teenstelling met sy werk as dokter wat meestal tus-sen kantoor- of hospitaalmure geskied.

Hy put baie genot uit die boerdery en glo dit sal hom goed besig hou na aftrede. Dit behoort ook na aftrede ‘n goeie bron van inkomste wees.

Van Rensburg sê hy dink hy is nou al ‘n meester daarin om sy werk as dokter en ook as boer te balanseer. “Dit is soms moeilik, maar ek probeer my weeklikse program so organiseer dat ek daarby uitkom. Gelukkig het ek ‘n voorslag voorman op wie ek kan staatmaak.”

Die ‘Piesangdokter’

LINKS: Malatji en Van Rensburg

Page 4: AgriBulletin_120928

Toer saam na Georgië

September 20124

Amelia de RidderKalahari Red-boerbokke het twaalf jaar gelede haar hart by ‘n boerbokveiling gesteel. Sedertdien het die diere-liefhebber en raakvatter boervrou, me Minette de Beer, besluit om met dié kenmerkende ras te begin boer.

Die relatief nuwe en eg Suid-Afrikaanse ras se gewild-heid groei in ‘n blitsige tempo regoor die wêreld. De Beer het besluit om met die Kalahari Red-boerbokke te begin boer omdat hulle die mees ekonomiese ras is, en ook omdat ‘n kleiner stuk grond daarvoor benodig word. Die boerbok staan ook uit omdat dit die meeste kilogram vleis per hektaar lewer.

Die boerbok lewer hart-vriendelike, lae-cholesterol,

goeie gehalte vleis wat as sappig en geurig beskryf word. ”Dit is veral belangrik in die huidige gesond-heidsbewuste wêreld”, sê De Beer.

Sy het ‘n jong ram van mnr Tobie Fourie en ooie van Wilmic Boerdery gekoop. Die kleinhoewe in George’s Valley waar haar boerdery is, is in een hektaar-kampies opgedeel — elk met eie besproeiing en elektriese om-heinings. Aanplantweiding is in die kampies gevestig, om die drakrag van die grond te verhoog. De Beer ver-tel dat alhoewel boerbokke blaarvreters is, pas hulle goed aan by die aanplantweiding. Wisselweiding word dan toegepas om parasietdruk te verminder.

Volgens haar is ‘n boerbok maklik hanteerbaar vir vroue en vereis dit minimale arbeid. Sy het ‘n wye ag-tergrond in Bonsmara beeste en is ’n lid van die Bosveld Boerbokklub, waar sy haar junior kursus voltooi het. Dit

stel haar in staat om die raseienskappe van die dier uit te ken en sodoende goeie teelmateriaal beskikbaar te stel.

Behalwe vir haar eie boerdery, verskaf sy ook aanteelmateriaal aan voornemende boerbokboere. Die uitskot word vir slag-doeleindes verkoop. Sy meen dat elke boerbokboer daarna streef om die beste aanteeldiere te verkry, om sodoende rasstandaarde te verhoog

De Beer spog met die 217 persent waar-teen dertig van haar ooie gelam het. Die ander dertig wat tans op die hoewe wei, lam na verwagting in Desember. “Al werk-tyd by die bokke is lamtyd,” sê sy. “Die be-langrikste is dat elke lam dadelik gemerk word en vir ten minste twee dae saam met die ooi in die kraal bly’’ sê De Beer. Sy vertel ook dat haar sewejarige seun, Nic, dit terdeë geniet om tydens lamtyd hand by te sit.

Sy reken dat sy en haar man, mnr Her-man de Beer, wat tans by Hygrotech werk, ‘n goeie span maak. Herman behartig ook die aanplanting van die weiding. Die De Beers is ook tans besig met proefne-mings met boomlusern.

Alhoewel sy intensief boer en daaglikse in kontak is met die bokke, bied dit haar genoeg tyd om haar toe te spits op haar eie swemskool. Die Aqua-swemskool fokus op waterveiligheid vir voorskoolse kinders. Sy glo dat die interaksie tussen die kinders en die bokke tot die gemoe-delike atmosfeer by die skool bydra.

George’s Valley se boerbok-boervrou

LINKS: De Beer en haar seuntjie troetel en bederf hier een van hul prag-ramme.

‘n Volgende inligtingstoer van die TLU SA na Georgië word vir die week van 29 Oktober tot 2 November beplan.  Die totale koste behoort ongeveer R15 000 per persoon te beloop. 

Tydens die weeklange inligtingstoer met hul regering as die  gasheer sal die Suid-Afrikaners wat reeds daar boer, ook besoek word. Plase wat in die mark is sal ook besoek word. Buiten die landbou-fokus sal daar aandag aan ander beleggingsmoont-likhede ook geskenk word.

Die besoek is ‘n gulde geleentheid vir persone wat dit oorweeg om ook in die buiteland te belê om hule van  die moontlikhede daar te vergewis.

Skakel Bennie van Zyl [email protected] of skakel 012 804 8031.

Page 5: AgriBulletin_120928

September 2012 5

Sal jou nalatenskapjou oorleef?

GEMAGTIG DEUR SANLAM LEWENS, ’N GELISENSIEERDEVERSKAFFER VAN FINANSIËLE DIENSTE

Cobalt Oplossings vir Besigheidseienaars van Sanlam kan help dat wat jy tot stand gebring het, nie saam met jou van die toneelverdwyn nie, maar voortgaan om van geslag tot geslag teontwikkel en te groei.

Jy het finansiële oplossings nodig wat jou as boer, sakeman engesinsman pas. Vir meer inligting, kom gesels gerus met ons.

Begin met dit waarvoor jy hoop.

Tel 015 291 3812Faks 015 291 2340E-pos [email protected]

Fraser en Genote BlouSterFinansiële Adviesdienste

You work hard and so should your bakkie. The new Isuzu KB Single Cab is up for the job 24/7.

Whether opting for a powerful petrol model or eco-nomical diesel derivative, your travel companion is sure to make light work of any heavy duty task at hand.

Strengthened sheet metal applied in critical areas armours the KB against rough terrain and harsh condi-tions while contributing to the bakkie’s overall rigidity and tough appearance.

An equally strong powertrain and rugged suspension further ensure that this bakkie is a match for any load, road or challenge, while at the same time providing op-timal balance between carrying capacity and comfort-able handling.

With durability as standard and capability a given, all you have to do is put it to the test. Go ahead. It’s gua-ranteed to not let you down.

The Single cab range consists of 9 models in 3 trim

levels, including Base, Fleetside and LE, incorporating both petrol and diesel derivatives.

The range is based on five engine derivatives, these include a 2.0L and 2.4L petrol engine in addition to the 2.5L LEED, 2.5L and 3.0L D-TEQ diesel engines.

The model line up is further enhanced by the drivetrain offering, there are two 4X4 models and five of the models are diff-lock equipped.

This comprehensive model range enables Isu-zu to  offer  a KB for each and every application.

Source: Isuzu SA and www.isuzu.co.za

Isuzu — a companion to the farmer

KB Single Cab

Petrol:KB 200 4x2 FleetsideKB 240 4x2 LEKB 240 4x4 Fleetside

Diesel:KB 250 4x2 BaseKB 250 4x2 Fleetside A/CKB 250 4x2 Fleetside D-TEQ A/CKB 250 4x2 D-TEQ LEKB 250 4x4 D-TEQ FleetsideKB 300 4x2 D-TEQ LE

Visit the Isuzu dealership in Tzaneen at Simpson Motors, 2 Danie Joubert Street, or phone them on 015 307 5010.

Prices range between R167 700 and R292 200

Page 6: AgriBulletin_120928

September 20126

C

M

Y

CM

MY

CY

CMY

K

1535 VLU Ad Repro.pdf 1 2012/01/12 5:52 PM

Bloeiselmisvorming is een van mango-boere se grootste plae waarmee hulle rekening moet hou. Dit rig jaarliks duisende rande se

oesskade aan.

Mango-kwekers praat en luisterLINKS: Mnre Gerhard Pie-naar, Rommel Cilliers, Chris van Eck en Cor Grey-ling staan in ‘n mango-boord waar bloeiselmis-vorming voorkom. Hulle het vroeër deeglik oor die siektetoestand besin. REGS is mnre Theuns Botha van die plaas Lapland en Casper Ludike van Broe-derstroomdrift. Hulle was deel van ‘n mango-studie-groep se lede wat veral klem op bloeiselmisvorm-

ing gelê het.

Mnr Johann du Preez van die mango-landgoed Bavaria by Hoedspruit sê klimaatstoestande het die afgelope tyd so verander dat die oestyd van mango’s al later word. Hy was een van die sprekers by ‘n mango-studie-groep op die plaas Lapland van

mnr Theuns Botha.Prof Ben Botha van die departe-ment chemie aan die TUT het die mango-studiegroep oor die be-heer van bakterieë in pakhuise toegespreek. Hy het ook ‘n turbi-liteitsmeter gedemonstreer, wat die beheervlak van chemiese middels in pakhuise kontroleer.

Onthou, die AgriBulletin verskyn elke laaste week

van die maand in Bulletin

Wil jy iets naslaan in ’n vorige uitgawe van

AgriBulletin? Kyk in onsargief by

www.bulletin.us.com

Page 7: AgriBulletin_120928

September 2012 7

Harvesting the fruits of their labour

To apply online for funding of R1 million or more go to www.idc.co.za

Telephone: 086 069 3888

Email: [email protected]

Chillibush7617IDC

On Koelfontein farm in the Ceres district of the Western Cape,

At Source Handmade Foods produces quality dried fruit sourced

from the best growers, for leading South African retail house

brands, as well as for their own brand, Cecilia’s World.

With funding from the IDC’s Gro-e-Scheme and their feet fi rmly

grounded, the business has expanded, creating 59 new permanent

jobs and increasing its export sales.

The sustainable organic growth and diversification contribute

signifi cantly to this rural region’s industrial development, making

a real diff erence in the world.

The IDC continues to identify and provide development funding

for projects that will contribute to the accelerated building of

South Africa’s industrial capacity and the creation of sustainable

jobs. Visit www.idc.co.za to fi nd out more.

Page 8: AgriBulletin_120928

September 20128

UD Trucks Southern Africa aims to continue offering operators one of the lowest lifecycles-cost ownership experiences in the industry. We take a look at how the company does this through its supply of genuine parts — limiting downtime and unnecessary breakdowns on trucks.

According to Gert Ebersohn, general manager of aftermarket ope-rations at UD Trucks Southern Africa, the question as to why one should buy genuine manufacturer parts often arises. This may be attributed to operators generally considering components provided by original equipment manufacturers (OEMs) to be more expensive than “knock-offs”.

“The fact is that UD Trucks spends years in research, development and engineering to perfect each part used on its trucks,” explains Ebershohn. “At first glance, pirated parts might appear very similar to their genuine counterparts, but it is those things not detected by the naked eye that often cause severe part failures.”

He says the quality of a UD Trucks vehicle is inherent in every part and component since the company con-sciously ensures that the entire vehicle adheres to strin-gent quality measures. He adds that the overall quality of the truck diminishes each time a “pirated” or inferior part is used.

When UD Trucks develops a part, it not only tests a specific component in isolation, but also ensures that each piece won’t have a negative effect on the life and quality of any adjoining parts — thereby optimising the whole truck’s operation.

As general manager of engineering Vic Capitani says when UD trucks develops a starter motor, for example, its engineers ensure that the unit draws just the right amount of power from the truck’s electronic system to avoid causing stress to any of the surrounding compo-nents.

“A truck is not a single entity,” says Capitani. “The failure of one component could be caused by an inferior part in its vicinity. UD Trucks has very stringent test standards to ensure that our customers receive the best quality trucks, made up of equally high-quality components.”

The company believes it has come a long way in ad-dressing the core issues arising from supplying parts — including price. “We have set the industry benchmark with our leading parts supply rate,” states Ebersohn, adding that “this is part of our ongoing drive to provide better products and services to customers.”

UD Trucks stocks active parts worth more than R80 million, which makes for an extremely competitive ful-filment rate. It enables the company to deliver parts within 48 hours of receiving a “vehicle off-road” (urgent repair) notification, and facilitates a normal supply rate of five days to dealers on stock orders.

Ebersohn points out that trucks owned by custom-ers who follow the service schedule determined by the manufacturer and use genuine parts often reach over a million kilometres before any major repairs are required.

“Buying a truck is a big investment,” he says. “For this reason, you need a transport partner that is as serious about your business as you are. At UD Trucks, we under-stand all the complexities involved in today’s transport industry, and we are able to offer customers complete solutions — no matter the size of their business.”

It is true that replicated parts offer minor immediate savings, but as UD Trucks points out, it is ultimately cheaper and wiser to use the real McCoy.

Buy genuine parts…GWM’s new Steed 5 2.0 VGT double-cab fea-tures upmarket accommodation and a sophis-ticated new engine.

While still very competitive on pricing, this is no longer a basic workhorse, featuring standard features such as leather upholstery, remote central locking, power windows and mirrors, a radio/CD/MP3 player with satellite controls on the steering wheel and individual bucket front seats.

The styling is also less boxy than previous GWM products, with a sloping front treatment and front foglights over 16” alloy rims.

Standard kit also includes dual front airbags and antilock braking with electronic brake-force distribution.

HEART OF THE MATTERGWM’s new bakkie also has a more sophisti-

cated engine than previous offerings, a two-litre turbodiesel with dual overhead camshafts, common-rail fuel-injection and a variable-ge-ometry turbocharger.

It’s rated for 110 kW at 4000 rpm and 310 Nm from 1800-2800rpm, and drives either the rear wheels or all four via a six-speed manual gearbox.

This engine — first seen in the H5 2.0 VGT SUV in 2011 — was developed entirely in-house, says Great Wall, and meets Euro 4 emission standards.

PRICESSteed 5 2.0 VGT Double-Cab - R224 990.Steed 5 2.0 VGT 4x4 Double-Cab - R242 990.

GWM’s new Steed 5 2.0 VGT impresses

Page 9: AgriBulletin_120928

September 2012 9

Vanjaar se AgriLimpopo-kongres, wat onlangs in Polok-wane gehou is, word as ‘n baie geslaagde en aange-name byeenkoms van die georganiseerde landbou in die provinsie beskou.

Nuwe en jong bloed neem nou ook die leisels van die organisasie en dit word beskou as ‘n verfrissende nuwe tydperk wat aangebreek het.

Veral drie hoogtepunte van die kongres word uit-gewys, naamlik die verkiesing van ‘n nuwe president, die gewilde mnr Leon Borcherds van die Springbok-vlakte, en sy adjunk, mnr Pieter Vorster van Letsitele; die aanwysing van die Jongboer van die Jaar, mnr Pie-ter Zietsman van Tom Burke; en die besluit om weer ‘n hoofbestuurder vir AgriLimpopo aan te wys.

Die voorsitter van AgriLetaba, mnr Dries Enslin, sal voortaan die organisasie se administrasie en organi-

sasie vanuit ‘n eie kantoor bedryf.Borcherds is ‘n gewilde boer en word as ‘n knap leier

beskou. Die afgelope stuk of ses jaar het mnr Francois van den Bergh van Lephalale die presidentstoel beset. Dit is gemene saak dat hy nie orals so gewild was nie en hom soms in omstredenheid by boere bevind het.

Sy verhouding met die media was soms gespanne en plaaslike media in Limpopo het meerendeels ‘n ges-panne verhouding met Van den Bergh gehad. Hy het die afgelope jare ook sommer die hoofbestuurder se werk gedoen en die kantoor wat die organisasie altyd in Polokwane gehad het, het nie meer bestaan nie.

Enslin sal voorlopig van Tzaneen werk en die plan is om volgende jaar weer ‘n kantoor in die hoofstad te open. Hy sal ook vir tyd en wyl voortgaan as ‘n consul-tant by Sanlam en die hoofbestuurspos van AgriLim-

popo as ‘n konsultant dryf.Die verkiesing van mnr Pieter Vorster van Letsitele

word ook allerweë verwelkom. Hy is nog lekker jonk en ‘n dinamiese boer uit Letsitele se Mahela-stal. Hy is tans ook ondervoorsitter van AgriLetaba.

Die vise-president van AgriSA, dr Theo de Jager, het die nasionale organisasie verteenwoordig en na die tyd gesê dit was ‘n goeie kongres en dit is duidelik dat die dinamika in Limpopo veerkragtig is.

De Jager, self ‘n oud-president van AgriLimpopo, sê die leierskorps in die provinsie kan AgriLimpopo met bekwaamheid verder stuur en sorg dat die streek sy regmatige plek in die georganiseederde landbou in die land verder uitbou.

Foto’s: Jacques Smuts

AgriLimpopo se kongres was ’n hoogtepunt

REGS: Mnre Terri Ndlovu (department van land-bou, Limpopo), Leon Borcherds en Dries Enslin het ook ‘n tydjie vir gesels tydens teetyd afgeknyp.

Me Zietsman by haar man, mnr Pieter Zietsman, Limpopo se Jongboer van die jaar, mnre Mmusi Maimane (van die DA en een van die gassprekers), Corrie Bezuidenhout en me

Mary Willemse.

Mnre Albie Pienaar, Petrus van der Walt, John Williams, me Liza Swart en mnr Gideon Swart van AgriBosveld was ook by AgriLimpopo se kongres wat onlangs in Polokwane

gehou is.

LINKS BO: Dr Theo de Jager (Agri SA) en mnr Adolf Grobler (FNB Agri) het tyd ingeruim vir ‘n kort geselsie tydens teetyd. REGS BO: Mnre Gerhard en Pieter Vorster (AgriLetaba) het

gehelp om die Tzaneen-omgewing goed te verteenwoordig.

Page 10: AgriBulletin_120928

September 201210

South Africa has ranked 40th out of 105 countries in a Global Food Security Index which has the US in the top spot and the DRC at the bottom.

South Africa also ranked 13th in a divi-sion of 28 countries by income streaming. Chile topped that list, with Algeria in last place. It categorised South Africa as an “up-per middle income” country.

The index, conducted by the Economist Intelligence Unit, found that countries in sub-Saharan Africa and South Asia were the most vulnerable to high food prices.

“Of the 28 sub-Saharan countries covered in the index, food consumption accounts for 50% or more of household spending in twenty of them,” the unit found in its re-port. By comparison, in Switzerland, New Zealand and the US, 7% to 14% of spend-ing was on food.

The index found high food prices could also be a problem in advanced countries, and that spending tended to be on pro-cessed foods and meats. A separate study mentioned in the report this year found that one in seven elderly people in the US was food insecure — amounting to about 8,3 million people.

The recent economic downturn had placed greater strain on US households which were previously not at risk. Low food prices could also cause food inse-curity, especially in low income, agrarian economies.

Low prices depressed smallholder farm-ers’ incomes, disrupted their ability to pro-duce food, and were a disincentive to pro-duce. According to the index, economic

activity in rural areas could be tied in some way to farming, and low incomes for farm-ers meant low incomes for all.

Sudden price changes and price shocks could force poor consumers and suppli-ers to sell important assets at low prices to maintain short term food security. In the longer term, this kept families in poverty.

According to the statistics by the UN, cited in the index, global food production must rise by 50% by 2030 to meet demand.

According to Food and Agriculture Or-ganisation (FAO) findings referred to in the index, the average adult needs 2 300 calo-ries a day to lead a healthy and active life. In the US, the national food supply was equi-valent to 3 748 calories per person per day.

Sub-Saharan Africa was the only region where the average food supply was below the daily adult requirement, the FAO found.

The index also measures the volatility of agricultural production. Researchers said China experienced the least volatility du-ring the last twenty years, with Algeria, Morocco and Tunisia among the greatest.

In China, volatility is lessened by its geo-graphic size, and grain production is subsi-dised through a government minimum pur-chasing price that is higher than market rates.

Researchers noted that poor nutrition is a concern for wealthy and poor countries. A malnourished child, for example, was more likely to drop out of school. Studies show a lack of food “is correlated with a substantial deterioration of democratic institutions in low-income countries, as well as a rise in communal violence, riots, human rights abuses and civil conflict”. — Sapa

SA No 40 on food security index

Wie stig die brande?Die dae van ‘n tak in die hand om brande mee te bestry, is lankal geskiedenis. Beter bestuur en die opleiding van meer brandbestryders vir alle gebiede in Lim-popo het ‘n voorvereiste geword.

So sê mnr Butch Baker van die LFPA, na-dat die Tzaneen-omgewing in Augustus die ergste veld- en bosbrande in jare beleef het.

Duisende hektaar plantasies en land-bougrond het in die slag gebly. Die LFPA-helikopter was in een week 35 ure in die lug om water op die ergste brandpunte te stort, terwyl die waarnemingsvliegtuig (“spotter plane”) 42 vliegure terselfdertyd in die lug deurgebring het.

‘n Sterk vermoede bestaan dat kwaad-willige brandstigting in sommige gevalle betrokke was. Baker het aan boere by Agri-Letaba se onlangse vergadering gesê hoe waarnemers onbetrokke mense by die beginpunte van brande sien wegstap het.

“Om ‘n dosie vuurhoutjies in jou sak te

dra, is nie teen die wet nie.”Hy het ook verwys na die gebrek aan

voorbrandbane oor ‘n wye gebied, waar die gras tot bokant mangoboorde uit-groei. Baie hiervan is kleinhoewes wat nie aan heeltydse boere behoort nie. Hulle is ook nie lede van die LFPA nie.

Skolekursusse in brandbestryding gaan op 19 April volgende jaar op die skouter-rein in Tzaneen aangebied word. Dit sal egter nie net vir skoolkinders wees nie, maar ook vir plaaswerkers en boere om hulle voor te berei vir komende brande. Hy het nuwe boere aangemoedig om by die LFPA aan te sluit.

‘n Vars kursus sal volgende maand deur die departement van landbou, bosbou en visserye vir polisielede aangebied word.

Mnr Dries Enslin, die voorsitter van AgriLetaba, het lede gemaan teen ‘n jaar van droogte, met groot klem op die be-heer en voorkoming van brande.

TLU SA vier vanjaar sy 115de bestaansjaar. Dit maak dié unie een van die oudste organisasies in die land: ouer as enige politieke party, vakbond en die meeste burgerlike en landbou-organisasies. TLU SA het sy ontstaan gehad voordat Suid-Afrika ’n eenheidstaat geword het, wat beteken dat TLU SA selfs ouer is as enige staatsinstelling. Uit TLU SA het mettertyd sekere inisiatiewe gevloei, onder meer die tot standkoming van die departement van landbou, die Land Bank, SA

Stamboek en die ou SA Landbouunie, wat later AgriSA geword het.

Page 11: AgriBulletin_120928

September 2012 11

When you live on a farm you learn to “make do” with what-ever you find in the barn! Here is an exact and perfect ex-ample of why a farmer should save everything. This car has been built with all of the “junk” laying out back in the pile, under the work bench and stuffed in the rafters. All this guy needed was a little time on his hands. O of course, it

was spotted in die USA (Cannon Falls, to be exact). 

Farmers hold onto everything!

Page 12: AgriBulletin_120928

September 201212Die Nafco-skou by Groblersdal is onlangs gehou en word as baie suksesvol beskou. Verskeie Laeveldse boerderysake het uit-gestal en Du Roi van Letsitele was een van die prominente uitstal-lers wat die oog gevang het. Sitrus is steeds baie belangrik in daardie omgewing en daarom was dit ook baie promi-

nent op die skou.

’n Deurlopende opname moet onder bees-boere gedoen word, om vas te stel hoeveel beeste vrek weens snotsiekte, sê dr Henk Visser, die voorsitter van Limpopo se Rooi-vleis-Produsente-organisasie (RPO).

Die inligting word benodig om die werklike skade te bepaal, sodat moont-like oplossings gevind kan word. Hy herinner ook produsente daaraan dat snotsiekte wel ‘n aanmeldbare siekte is.

Snotsiekte (Eng: Bovine malignant catarr-hal fever) is ‘n akute en dodelike virussiekte van beeste gekenmerk deur etterige neus- en oogafskeidings en oogletsels. Die siekte is noodlottig in feitlik alle gevalle. Die oor-

saak van die siekte word geassosieer met wildebeeste en is ‘n herpes-virus.

Daar is geen medikasie of entstof teen snotsiekte nie. Visser sê dat beeste wat snotsiekte opgedoen het, in géén omstan-dighede by ‘n slagplaas geslag en aan die publiek verkoop mag word nie. Streng wet-gewing is in plek om oortreders vas te vat.

Snotsiekte kan tot so ver as een kilo-meter van wildebeeste af aansteek. Dit maak effektiewe weidingbestuur feitlik onmoontlik.

Beesboere moet tog beesvrektes weens snotsiekte, na Limpopo RPO se kantoor, deurgee.

Kommer oor snotsiekte

Page 13: AgriBulletin_120928

Anthracnose is the most widespread and serious dis-ease affecting foliage, flowers and fruit of avocado in the wet and humid tropics. Its ability to infect a huge range of other fruit tree crops, including mango, adds to the problem.

The most effective fungicide to combat this disease is found to be Nordox 75WG, developed in Norway. It is a water dispersible granule manufactured to the highest standards and specification with fifty percent more active ingredients than standard wettable powder formulations. The prominence of Nordox 75WG was revisited on an avo-cado study group meeting outside Tzaneen recently. Mr Francois Vorster of Mahela Boerdery was the host.

According to Dr Terry Mabbett, an international fungi-cide specialist, spores of anthracnose are spread by rain,

dew and irrigation water. Most cultivars are susceptible. Spores originate from dead leaves entangled in tree canopies and from infected fruit that have not yet fallen. Necrotic lesions may appear on the leaves, and infection of the flowers causes large numbers to fall prematurely.

Fruit infection begins with spore germination on the surface. Young fruit are infected immediately after fruit set with initial formation of small dry dark brown spots on the skin which may lead to abnormal fruit development.

Severe early attacks cause young fruit to fall prema-turely in large numbers. Young fruit infections remain as small discrete dark spots to form pre-harvest anthracnose symptoms with superficial damage. Physically damaged

fruit may be especially prone to infection.A naturally-occurring anti-fungal compound

in the avocado fruit skin is thought to be re-sponsible for holding back infection until the fruit starts to mature. As the fruit ripens there is a reduction in concentration of the anti-fun-gal compound allowing infection to develop.

Mabbett says fungicide application must be targeted with appearance of blossom and newly set young fruit to to maintain protec-tion against spore germination right through

to fruit maturity and harvest. Disease frequency and severity is closely linked to weather and climate.

Post harvest, the influence and damage caused by an-thracnose extends after picking. Harvested fruit visibly free of disease deteriorate quickly as latent infections become active during the final phase of ripening. Dis-ease development is affected by storage temperature and humidity. Diseased fruits are a total loss. There is no practical post harvest control because fungal mycelium is deeply embedded in the fruit. The orchard is where control should be targeted.

Copper-containing compounds has gi-ven cost-ef-fective control for many years, but new products with higher efficacy and a lower copper content were devel-oped. Nordox 75WG is top of the list.

The product is used worldwide and showed proven results in avocado producing countries like Mexico, New Zealand and South Africa.

Nordox 75WG is distributed in Limpopo by Wenkem SA. The contact person is Mr Cor Greyling.

September 2012 13

Hoe Sanlam jou help geldspaar op jou motor- enhuishoudelike versekering

GEMAGTIG DEUR SANLAM LEWENS, ’N GELISENSIEERDEVERSKAFFER VAN FINANSIËLE DIENSTE

Lim-Insure BlouSterFinansiële Adviesdienste

Deon PretoriusKorttermyn-spesialis015 296 0899082 577 [email protected]

Sanlam het kragte saamgesnoer met Santam om jou ’n pasgemaakteen baie aantreklike versekeringsoplossing te bied – meer dekking virjou geld. Dit is ’n volledige korttermyn-versekeringsoplossing watontwerp is om jou lewe te vergemaklik en terselfdertyd geld te spaar.

As jy meer wil weet van hoe hierdie aanbod vir jóú kan werkkontak my vir meer inligting.

LINKS: Bosveld Smeermiddels in Tzaneen het onlangs drie nuwe Volkswagen Amarok-bakkies by Lannie Motors

Tzaneen aangeskaf. Mnre Machamana en Mkhari van Bos-veld staan trots by die nuwe voertuie. Bosveld het op Ama-

rok besluit, vanweë die voer-tuie se eiesoortige tegniese eienskappe wat volgens Bosveld besonder goed in die plaaslike omgewing en vir die werk wat gedoen

moet word, sal werk.

Lannie Motors en Bosveld Smeermiddels doen sake

Norwegian product protects the avo crop

LEFT: Mr Edwin Butler of Avima delivered a signifi-cant presentation on avo diseases. RIGHT: Mr Jan Swart of Letsitele is a pio-neer on spray pumps in Limpopo. He addressed the study group on the suc-cessful spraying of crops

against diseases.

Mr Francois Vorster of Mahela Boerdery (right) hosted an avocado study group meeting outside Tzaneen recently. With him is Mr Ettienne de Lange, manager of the farms

under Vorster’s control.

Page 14: AgriBulletin_120928

September 201214

Guide to DANGEROUS snakes Snake Guide sponsored by Tzaneen MediClinic

Page 15: AgriBulletin_120928

September 2012 15

AgriGids | AgriGuide

Guide to DANGEROUS snakes Snake Guide sponsored by Tzaneen MediClinic

Page 16: AgriBulletin_120928

September 201216