WERK OM 'N SKOON EN GESONDE GEMEENSKAP TE … Materials/Afrikaans.… · en vergiftig groente en...

12
Ons bly almal stroomaf! Die Departement van Waterwese en Bosbou 'n Inligtingsboekie ter ondersteuning van gemeenskapspogings om besoedeling van hul nedersettings te beperk WERK OM 'N SKOON EN GESONDE GEMEENSKAP TE BOU WERK OM 'N SKOON EN GESONDE GEMEENSKAP TE BOU

Transcript of WERK OM 'N SKOON EN GESONDE GEMEENSKAP TE … Materials/Afrikaans.… · en vergiftig groente en...

Page 1: WERK OM 'N SKOON EN GESONDE GEMEENSKAP TE … Materials/Afrikaans.… · en vergiftig groente en lewende hawe. Vuil water moet ook nog gesuiwer word voordat ons dit kan gebruik. ...

Ons bly almal stroomaf!

Die Departement van Waterwese en Bosbou

'n Inligtingsboekie ter ondersteuning van gemeenskapspogings om besoedeling van hul nedersettings te beperk

WERK OM 'N SKOON EN GESONDEGEMEENSKAP TE BOU

WERK OM 'N SKOON EN GESONDEGEMEENSKAP TE BOU

Page 2: WERK OM 'N SKOON EN GESONDE GEMEENSKAP TE … Materials/Afrikaans.… · en vergiftig groente en lewende hawe. Vuil water moet ook nog gesuiwer word voordat ons dit kan gebruik. ...

Soorte BesoedelingRioolvuil Stormwater Afvalwater Vaste afval

OPLOSSING VAN DIE BESOEDELINGSPROBLEEM

SosialeBewustheid

Opvoeding

Houding

Oningeligtheid

FisieseStukkende vragmotor

Stukkende pype

Stukkende riolering

Geen dienste

Institusionele

Slegtekommunikasie

Slegteinstandhouding

Geen geld

Hierdiedokumentverduidelik

Waar kom hierdie

besoedelingvandaan

Hoe jyhierdie

probleemkan oplos

2

HOE OM DIE HOOF OORSAKE VAN BESOEDELING TE VIND.

Die hoofoorsake vanbesoedeling

Waarom?

Page 3: WERK OM 'N SKOON EN GESONDE GEMEENSKAP TE … Materials/Afrikaans.… · en vergiftig groente en lewende hawe. Vuil water moet ook nog gesuiwer word voordat ons dit kan gebruik. ...

3

ONS KAN HIERDIE PROBLEEM DIE HOOF BIED NET DEUR

SAAM TE WERK.

Die doel van hierdie boekie

Hierdie boekie is deur die Departement van Waterwese en Bosbou (DWB) saamgestel om gemeenskappe te help om te bepaal -

• Wat waterbesoedeling is• Watter probleme dit kan veroorsaak• Hoe ons kan saamwerk om die oorsake van waterbesoedeling

in ons gemeenskappe te bepaal• En hoe ons almal kan saamwerk om 'n einde aan daardie

besoedeling te maak.

Die voorblad wys wat ons almal weet maar soms vergeet: dat ons almal

deur besoedeling geraak word. Die afval wat een nedersetting in die water

laat beland, vloei stroomaf en benadeel mense in ander nedersettings. Om

hierdie probleem die hoof te bied, kos die land geld, en dit raak ons almal.

Wil jy water gebruik wat deur ander mense se afval besoedel is? Gee jy

om dat ander gemeenskappe deur jou afval benadeel word? Hierdie boekie

help om te wys hoe ons die hoof oorsake van besoedeling in ons

gemeenskappe kan bepaal en hoe ons almal kan help om water - die

kosbare bron van lewe - veilig en gesond te maak vir ons en

vir komende geslagte.

Page 4: WERK OM 'N SKOON EN GESONDE GEMEENSKAP TE … Materials/Afrikaans.… · en vergiftig groente en lewende hawe. Vuil water moet ook nog gesuiwer word voordat ons dit kan gebruik. ...

4

Ons het almal water nodig om te lewe. Ons het water nodig om te drink, kos te maak en wasgoed te was, en vir sanitasie. Ons het water nodig om groente te kweek en om vee aan te hou. Water is nodig vir die myne, die nywerhede en die landbou, sodat hulle kan groei en meer werkgeleenthede kan skep.

Maar ons het nie net water nodig nie, ons het skoon water nodig. Vuil of besoedelde water benadeel ons omgewing en maak ons siek, verhinder dat kinders behoorlik groei en vergiftig groente en lewende hawe. Vuil water moet ook nog gesuiwer word voordat ons dit kan gebruik.

Omdat Suid-Afrika 'n land met 'n beperkte hoeveelheid water is, en omdat dit so duur is om vuil water te suiwer, moet ons almal dit versigtig gebruik.

Ons Grondwet sê ons het die reg om in 'n gesonde omgewing te lewe, en om ons waterhulpbronne - ons riviere, damme en boorgate - skoon te hou, is een van die belangrikste maniere om seker te maak dat dit gebeur.

Die Regering en die plaaslike owerhede is daarvoor verantwoordelik om seker te maak dat ons basiese toegang tot water het, maar ons almal is daarvoor verantwoordelik om seker te maak dat ons help om daardie water skoon te hou.

In baie dele van ons land kom daar egter al hoe meer besoedeling en benadeling van ons waterhulpbronne voor. Baie besoedeling word veroorsaak deur die afval wat ons in ons daaglikse lewens produseer en in die water laat beland. In nedersettings waar sanitasie- en vullisverwyderingsdienste nie behoorlik funksioneer nie of nie behoorlik gebruik word nie, kan die afval in nabygeleë riviere en strome beland, wat dan besoedel word.

Riviere wat net in geringe mate besoedel word, kan hulself skoon maak. Maar wanneer daar te veel afval is, kan die rivier homself nie op natuurlike wyse skoon maak nie, en dan bly die water besoedel. Dit beteken dat die volgende gemeenskap wat langs die rivier woon, besoedelde water gaan kry, en die volgende een, en die volgende een al langs die rivier af.

En wanneer dit gebeur, ondervind mense in al die nedersettings gesondheidsprobleme en kan hulle selfs daarvan doodgaan. Dit raak veral kinders en bejaardes. Die meeste van ons a lgemene s iektes, soos maagprobleme, diarree, cholera, buiktifus en vel- en oogsiektes, is die gevolg van besoedelde water en swak sanitasie.

In belang van ons almal, in belang van die gesondheid van ons gemeenskappe en ons omgewing, moet Suid-Afrika se water beskerm word.

INLEIDING

Page 5: WERK OM 'N SKOON EN GESONDE GEMEENSKAP TE … Materials/Afrikaans.… · en vergiftig groente en lewende hawe. Vuil water moet ook nog gesuiwer word voordat ons dit kan gebruik. ...

5

Waterbesoedeling in digbevolkte gebiede kan deur baie dinge veroorsaak word. Ons moet uitvind wat waterbesoedelingsprobleme in nedersettings veroorsaak, sodat die gemeenskappe daardie probleme kan oplos. Die oorsake van hierdie probleme kan maatskaplik (mense se gedrag) of fisies (dinge wat ons kan sien) of institusioneel (wat die plaaslike owerheid doen) wees. Die meeste besoedeling word deur al drie hierdie probleme saam veroorsaak. En die meeste besoedelingsprobleme word die maklikste opgelos wanneer die gemeenskap en die plaaslike owerheid saamstem oor presies wat die oorsake is.

OORSAKE VAN BESOEDELING

Institusionele problemeDit is die probleme wat deur die plaaslike owerheid veroorsaak word. Plaaslike owerhede is daarvoor verantwoordelik om water en sanitasiedienste aan gemeenskappe te verskaf. Maar hulle is dikwels nie in staat om dienste aan ons te lewer nie of om dit behoorlik in stand te hou nie. Gevolglik ontstaan daar institusionele probleme as die plaaslike owerheid nie genoeg geld het om vullis so dikwels te verwyder as wat nodig is nie, of om vir ons genoeg swart plastieksakke te gee om ons vullis in te plaas nie, of wanneer hy nie personeel het om dienste te installeer nie of as hy nie weet watter dienste ons nodig het nie.

Fisiese problemeDit is die dinge wat ons normaalweg kan sien, soos wanneer daar nie vullisblikke of toilette is nie, of wanneer dit nie goed werk nie, of wanneer die fasiliteite vir die verwydering van vullis stukkend is. Hierdie fasiliteite is dinge soos stormwaterpype, r ioolpype of vullisvragmotors. Fisiese probleme hou dikwels met maatskaplike en institusionele probleme verband, byvoorbeeld wanneer die plaaslike owerheid nie sy vragmotors kan herstel nie of wanneer die vullisverwyderingsdienste deur sommige mense beskadig word (vandalisme).

Maatskaplike problemeMaatskaplike probleme is probleme wat uit ons optrede voortspruit. Water en toiletfasiliteite kan misbruik word as gevolg van 'n gebrek aan bewustheid en opvoeding. Baie mense weet nie dat die misbruik van fasiliteite gesondheidsprobleme kan veroorsaak en ons langtermynoorlewing kan bedreig nie, en andere reken dit is die regering se taak om ons omgewing skoon te hou. Werkloosheid en armoede kan beteken dat die beskerming van ons waterhulpbronne vir ons minder belangrik is as ons dag-tot-dag-oorlewing.

Kassie 1.Wat is

waterbesoedeling uit nedersettings?

Water word besoedel wanneer die afval wat ons in ons daaglikse lewens produseer, in die water beland. Dit kan veroorsaak dat die water -

- minder geskik is vir diedoeleindes waarvoor ons ditgewoonlik gebruik

- skadelik of potensieel skadelikis vir ons welsyn, gesondheidof veiligheid

- skadelik of potensieel skadelikis vir die diere en plante watdaarvan afhanklik is.

Page 6: WERK OM 'N SKOON EN GESONDE GEMEENSKAP TE … Materials/Afrikaans.… · en vergiftig groente en lewende hawe. Vuil water moet ook nog gesuiwer word voordat ons dit kan gebruik. ...

6

Klein lewende organismes soos kieme in rioolvuil en chemikalieë in waswater kan in enige van hierdie tipes besoedeling voorkom. Hoewel ons dit nie kan sien nie, kan dit mense en diere baie siek maak en groente en selfs die grond waarin dit gekweek word, vergiftig.

TIPES BESOEDELING

Daar is vier tipes afval in nedersettings - vaste afval, afvalwater, stormwater en rioolvuil. Enige van hierdie afval kan waterbesoedeling veroorsaak, maar wanneer dit gekombineer word (soos wat dikwels in nedersettings gebeur), vorm hulle 'n baie groter risiko virwaterhulpbronne en vir gemeenskappe se gesondheid en welsyn.

Vaste afval: Dit is afval soos vullis en ou voedsel wat in die straat gegooi word, of huishoudelike vullis wat in die straat of rivier gegooi word. Vaste afval lok vlieë, wat siektes veroorsaak, maar verstop ook riviere sodat hulle nie hulself kan skoonmaak nie.

Rioolvuil: Dit kom van lekkende toilette of putlatrines, of van stukkende of verstopte rioolpype. Dit bevat ook bakterieë wat ons kan siek maak, en dit kan ook chemikalieë bevat wat dit duur maak om die water te behandel.

Afvalwater: Dit is vuil waswater wat in die rivier of straat weggegooi word en dan wegspoel tot in nabygeleë strome wanneer dit reën. Vuil waswater bevat bakterieë, of klein organismes wat 'n mens kan siek maak, en chemikalieë wat dit duurder maak om die water te suiwer sodat dit gedrink kan word.

Stormwater: Stormwater is reënwater wat grond, vullis en ander afvalmateriaal tot in riviere en strome spoel. Ons sien hierdie probleem dikwels in landelike gebiede waar vlak putlatrines oorloop tydens swaar reën.

Page 7: WERK OM 'N SKOON EN GESONDE GEMEENSKAP TE … Materials/Afrikaans.… · en vergiftig groente en lewende hawe. Vuil water moet ook nog gesuiwer word voordat ons dit kan gebruik. ...

7

Gevolge

Menseword siek

Waterbehandelingis duur

Oorsake

Vasteafval

Rioolvuil

Afvalwater

Stormwater

'n PROBLEEMBOOM

Page 8: WERK OM 'N SKOON EN GESONDE GEMEENSKAP TE … Materials/Afrikaans.… · en vergiftig groente en lewende hawe. Vuil water moet ook nog gesuiwer word voordat ons dit kan gebruik. ...

8

Om die besoedelingsprobleem op te los, moet ons die oorsake in ons nedersetting gaan soek en vra WAAROM? Byvoorbeeld, as swart vullissakke nie verwyder word nie, vra 'Waarom verwyder die plaaslike owerheid nie ons vullis nie?' As die putlatrine lek, vra 'Waarom word hierdie dinge nie reggestel nie?' As mense vuil waswater in die rivier gooi, vra 'Waarom doen hulle dit?'

Dit sal dikwels gebeur dat ons baie kere WAAROM? sal moet vra om by die oorsaak van die probleem uit te kom. Byvoorbeeld, as die kinders aan diarree ly, vra ons WAAROM? Omdat die water besoedel is, maar WAAROM? Omdat rioolvuil daarin beland, maar WAAROM? Omdat die toilette verstop is, maar WAAROM? Omdat mense vullis daarin gooi.

Op dié manier kan ons begin om die oorsake van die besoedelingsprobleem te bepaal, en dan kan ons begin om dit op te los.

Dit is iets wat ons as individue kan doen, maar ook gesamentlik - en probleme wat die hele gemeenskap raak, kan die maklikste gesamentlik opgelos word. Hier is 'n oefening,

'n Probleemboom genoem, wat deur groepe mense gedoen kan word om te help om probleme met waterbesoedeling te identifiseer en op te los. Die Probleemboom wys vir ons wat die probleme is, hoe hulle by mekaar inskakel, en help ons om te besluit hoe om dit te hanteer.

In hierdie oefening toon die blare van die Probleemboom die probleme wat ons ondervind as ons water besoedel is. Deur die stam van die Probleemboom kan ons die verskillende soorte besoedeling sien wat tot bo in die takke vloei. Dit is die besoedeling wat in ons nedersettings veroorsaak word deur vaste afval, afvalwater, rioolvuil en stormwater. Ondergronds kan ons al die dinge s ien wat besoedel ing veroorsaak.

Kyk na die plakkaat wat hierdie boekie vergestel Weet jy watter oorsake is maatskaplik, watter is fisies en watter is institusioneel? Weet jy watter is onderling gekoppel? Watter idees het jy om die probleme die hoof te bied?

Om die probleme wat ons in die blare sien te stop, moet ons die probleme by die wortels oplos.

HOE OM DIE BESOEDELINGSPROBLEEM OP TE LOS

WAAROM?WAAROM?

WAAROM?

Page 9: WERK OM 'N SKOON EN GESONDE GEMEENSKAP TE … Materials/Afrikaans.… · en vergiftig groente en lewende hawe. Vuil water moet ook nog gesuiwer word voordat ons dit kan gebruik. ...

Hierdie probleem is veroorsaak deur een van die vier t ipes a f v a l w a t besoedel ings-p r o b l e m e veroorsaak - afvalwater - maar enige van die ander tipes afval - vaste afval, r i o o l v u i l o f s to rmwate r - beland nog in die rivier en kan die k i n d e r s s i e k maak.

Sy het dit met h a a r b u r e bespreek, en hulle het besluit om die plaaslike owerheid van hierdie probleem te vertel sodat hy fasiliteite vir die vuil water kan verskaf, en a l m a l h e t onderneem om in die toekoms v a n h i e r d i e fasiliteite gebruik te maak.

Mev. Molefe se vyf kinders is nou fris en gesond, en sy is bly dat sy die oorsaak van die probleem gekry het en dit kon oplos deur te vra WAAROM?

Een van mev. Thoko Molefe se kinders is byna dood toe sy net twee jaar oud was. Al die kinders in die nedersetting het graag in die water naby die wasgebied gespeel. Maar hulle het kort-kort siek geword met maagprobleme en diarree.

Toe haar kind siek word, het mev Molefe vir die dokter by die kliniek gevra WAAROM? Die dokter het vir haar gesê besoedelde water is die probleem, en sy moet haar kinders weghou van die vuil waswater.

Sy het probeer om haar kinders weg van die vuil waswater te hou, maar sy kon nie altyd daarin slaag nie. Toe is nog 'n kind ook amper dood, en die dokter het gesê dit was om dieselfde rede.

Mev. Molefe het besef die oplossing vir die probleem was om op te hou om vuil water in die straat uit te gooi, en nie om die kinders te belet om in die water te speel nie. Om dit te doen, het sy gevra WAAROM gooi mense vuil waswater in die straat? Toe sien sy daar was geen ander plek om die water te gooi nie.

9

HOE OM 'N PROBLEEM TE HANTEER

Page 10: WERK OM 'N SKOON EN GESONDE GEMEENSKAP TE … Materials/Afrikaans.… · en vergiftig groente en lewende hawe. Vuil water moet ook nog gesuiwer word voordat ons dit kan gebruik. ...

10

HOE OM DIE OPLOSSING TE KRY

Jy dink miskien: "Ek is net een persoon, wat kan ek tog doen?" Maar alle vooruitgang begin by een persoon (soos mev. Molefe) wat besluit het dat iets gedoen moet word.

Hier is 'n paar dinge wat ons kan doen:

• Gesels met ons bure oor diep rob leme wat besoede l ing veroorsaak en hoe ons die oorsakekan vasstel.

• Gesels met DWB en die plaaslikeowerheid oor wat hulle kan doenom te help.

• Wees self besoedelingsbewus en stel 'n voorbeeld vir andere. Ons moet versigtig wees waar ons vaste afval weggooi, en seker maak dat dit in swart plastieksakke is, en ons moet vuil waswater op grasperke of tuine gooi (maar nie groentetuine nie, wat besoedel kan word), of in behoorlike wegdoenfasiliteite. Ons moet met ons bure gesels wanneer ons probleme het oor waar om afval weg te gooi, om te kyk watter idees hulle het.

• Probeer om die oorsaak van besoedelingsprobleme vas te stel deur te vra 'Waarom?' elke keer wanneer ons vullis, lekkende krane, stukkende pype en dies meer sien.

• Kyk deeglik na ons nedersetting en dink watter veranderinge (en party kan heel eenvoudig wees) sal help om besoedeling te bekamp. Groot veranderings is al teweeg gebring omdat een persoon op 'n ander manier as ander mense na dinge gekyk het. Elkeen se idees is waardevol.

• Vra DWB se streekkantoor om te help om goedkoop maniere om hierdie probleme die hoof te bied, te identifiseer.

• Dink wat nodig is om die beste te werk met beamptes van DWB en die plaaslike owerheid, en vra dit. Miskien is dit die name van die mense wat ons gemeenskap 'n p r io r i t e i t sa l maak , o f ' n telefoonnommer vir k lagtes.

• Betaal vir die dienste wat ons kry, bo en behalwe die basiese dienste. Maar dring daarop aan dat dit goed in stand gehou word in ruil vir betaling.

• Onthou dat vullishantering geld kos wat vir ander dinge gebruik kon word, soos om huise te bou.

Page 11: WERK OM 'N SKOON EN GESONDE GEMEENSKAP TE … Materials/Afrikaans.… · en vergiftig groente en lewende hawe. Vuil water moet ook nog gesuiwer word voordat ons dit kan gebruik. ...

11

Hoe gemeenskappe bevoordeel wordDie belangrikste voordeel is beter gesondheid, veral vir kinders en bejaardes. Ons is meer gerus waar ons woon as ons weet dat ons die langtermyngebruik van skoon water het.

Hoe plaaslike owerhede bevoordeel word'n Besoedelingsbewuste gemeenskap help sy plaaslike owerheid deur vir hom te sê wat sy behoeftes is en deur hom in te lig wanneer daar probleme is. Deur dit te doen, word daar nie geld gemors nie.

En die plaaslike owerheid word ook bevoordeel wanneer minder besoedeling in die water beland, omdat hy minder hoef

te bestee aan watersuiwering by munisipale waterbehandelingsaanlegte.Hierdie geld kan gebruik word om dienste vir die gemeenskap te verbeter.

Hoe DWB bevoordeel wordDWB se taak is om die nasie se waterhulpbronne te beskerm. Hoe meer ons die probleem in ons gemeenskappe kan hanteer, hoe makliker is dit dus vir DWB om seker te maak dat daar altyd water vir almal sal wees. Die Departement van Gesondheid word ook bevoordeel, omdat daar minder mense siek word van besoedelde water en daar dus meer ge ld besk ikbaar sa l wees om gesondheidsdienste vir ons almal te verbeter.

Almal word bevoordeel deur besoedeling in nedersettings te beëindig voordat dit in die waterbron beland. Ons moet altyd onthou dat ons almal stroomaf woon.

WIE WORD BEVOORDEEL DEUR BESOEDELINGTE BEëINDIG?

Page 12: WERK OM 'N SKOON EN GESONDE GEMEENSKAP TE … Materials/Afrikaans.… · en vergiftig groente en lewende hawe. Vuil water moet ook nog gesuiwer word voordat ons dit kan gebruik. ...

SLOT

12

Baie mense dink die regering, en nie hulle nie, is verantwoordelik vir die bekamping van waterbesoedeling. Ons land se bevolking groei egter vinnig, en die plaaslike owerhede se fondse is baie beperk en moet 'n wye verskeidenheid dienste dek. Die gevolg is dat plaaslike owerhede sukkel om doeltreffende dienste te lewer aan almal wat dit nodig het.

As ons nie geld hoef te bestee om afval te verwyder nie, kan ons daardie geld aan ander dinge bestee, soos beter behuising.

Plaaslike owerhede moet begrip toon vir elke nedersetting se unieke behoeftes, soos hoeveel plastieksakke om te verskaf en hoe dikwels vullis verwyder moet word.

Werk saam vir skoner en gesonder nedersettings

Net deur saam te werk, deur met mekaar te praat, kan ons oplossings skep wat in die praktyk en oor die lang termyn sal werk, en wat 'n duidelike verbetering in ons lewensomgewing teweeg sal bring. Die beste manier om werklik 'n verskil te maak, is om die ondersteuning van die plaaslike owerheid en die nasionale regering (DWB) te kry in ons pogings om ons nedersett ings skoon te hou.

As ons n ie saamwerk n ie , sa l waterbesoedeling al hoe erger word en sal groter getalle mense daaronder ly. Suid-Afrika se bevolking groei by die dag, en die behoefte om dienste aan al hierdie

mense te verskaf, is al so groot dat die regering dit nie alleen kan hanteer nie.

DWB moet elkeen se insette en bystand kry as ons 'n toekoms van volgehoue groei en ontwikkeling wil hê en as ons mense gesond moet wees. Dit is maklik om water as vanselfsprekend te aanvaar, maar ons woon in 'n land met betreklik min water, en daardie water moet beskerm word.

Ons weet nou daar is vier t ipes besoedeling. Ons kan die werklike oorsake van elke tipe vasstel deur te vra Waarom? Waarom? Waarom? Ons kan help om besoedeling te bekamp deur die probleem op te los.

Omdat water een van ons basiese behoeftes is, vestig ons gewoonlik ons nedersettings naby waterlope. Dit beteken dat ons rivier nie net aan ons behoort nie - ons deel daardie water met elkeen wat stroomaf van ons woon. As ons ons water besoedel, besoedel ons water ook vir andere, net soos ons geraak word deur besoedeling wat stroomop van ons gebeur.

Ter wille van elkeen se toekoms, en die gesondheid van ons gemeenskappe en ons omgewing, moet Suid-Afrika se water beskerm word.