ONTWIKKELINGSGEOGRAFIEin 'n veilige omgewing bv. Japan Millenium-ontwikkelingsdoelwitte (MOD): ied...

21
1 ONTWIKKELINGSGEOGRAFIE Gr. 11 Hoërskool Zwartkop ONTWIKKELINGSGEOGRAFIE Terminologie: Gee die definisies van die volgende: Ontwikkeling: Daar is verskeie definisies van ontwikkeling maar die mees algemene een is dat ontwikkeling die proses is waar deur lewenstandaard en lewensgehalte van die bevolking verbeter word as gevolg van ‘n land wat ryker word. Lewenstandaard: Is die waarde van ‘n persoon se besittings bv. Kar, huis, selfoon, klere. Lewensgehalte: Is ‘n persoon se algemene welstand bv. Geletterdheid, gesondheid. Demografiese oorgang: Die verandering waar deur ‘n bevolking gaan wanneer ‘n land ryker word. Primêre sektor: Dis waar hulpbronne ontgin word bv. Vissery, landbou, mynbou, vee- boerdery ens. Sekondêre sektor: Dis waar die hulpbronne omskep word tot ‘n bruikbare produk bv. Fabrieke. Tersiêre sektor: Dis die dienste sektor, waarin daar nie produkte vervaardig word nie, maar dienste gelewer word bv. Supermark, dokter, vervoer dienste. Kwaternêre sektor: Dis waar die navorsing plaasvind wat nodig is om hulpbronne na bruikbare produkte te omskep bv. Navorsing laboratorium. Kwinêre sektor: Hoogste vlak van besluitneming in die ekonomie bv. Regering, universiteite Minder ekonomies ontwikkelde land (LEDC- Less Economically Developed Country): ‘n Nasie met 'n lae vlak van materiële welstand bv. Kenia Meer ekonomiese ontwikkelde land (MEDC- More Economically Developed Country): ‘n Ontwikkelde land is een wat al sy burgers toelaat om 'n vrye en gesonde lewe te handhaaf in 'n veilige omgewing bv. Japan Millenium-ontwikkelingsdoelwitte (MOD): Bied ‘n raamwerk vir ‘n gemeenskaplike doelwit aan wat vereis dat die internasionale gemeenskap moet saam werk om te verseker dat menslike ontwikkeling plaasvind. Ekonomiese ontwikkeling: Verwys na die inkomstevlak wat met verskillende soorte beroepe gepaard gaan. Maatskaplike ontwikkeling: Verwys na die verskille in rykdom wat gesondheid, geletterdheid, lewensgehalte en behuising beïnvloed. Volhoubare ontwikkeling: Verwys daarna om, om te sien na die behoeftes van die huidige bevolking sonder om die behoeftes van die toekomstige bevolking te beïnvloed. Streeksongelykheid: Ongelykheid tussen die verskillende streke. Bruto Binnelandse Produk (BBP): Meet die totale waarde van alle goedere en dienste wat in ‘n jaar geproduseer is. Bruto Nasionale Produk (BNP): Meet weer die totale waarde van al die produkte en dienste wat geproduseer is – ongeag waar dit gedoen is bv. As Suid Afrikaners ‘n produk/diens produseer in Londen bly dit deel van Suid-Afrika se BNP. Koopkragpariteit (KKP): Is die vlak van BNP wat aangepas is by plaaslike lewenskostes. Fisieke Lewensgehalte-indeks (FLGI): Is die gemiddeld van drie veranderlikes- geletterheid, lewensverwagting en kindersterftes.

Transcript of ONTWIKKELINGSGEOGRAFIEin 'n veilige omgewing bv. Japan Millenium-ontwikkelingsdoelwitte (MOD): ied...

Page 1: ONTWIKKELINGSGEOGRAFIEin 'n veilige omgewing bv. Japan Millenium-ontwikkelingsdoelwitte (MOD): ied Zn raamwerk vir Zn gemeenskaplike doelwit aan wat vereis dat die internasionale gemeenskap

1

ONTWIKKELINGSGEOGRAFIE Gr. 11 Hoërskool Zwartkop

ONTWIKKELINGSGEOGRAFIE

Terminologie: Gee die definisies van die volgende:

Ontwikkeling: Daar is verskeie definisies van ontwikkeling maar die mees algemene een is dat ontwikkeling die proses is waar deur lewenstandaard en lewensgehalte van die bevolking verbeter word as gevolg van ‘n land wat ryker word.

Lewenstandaard: Is die waarde van ‘n persoon se besittings bv. Kar, huis, selfoon, klere.

Lewensgehalte: Is ‘n persoon se algemene welstand bv. Geletterdheid, gesondheid.

Demografiese oorgang: Die verandering waar deur ‘n bevolking gaan wanneer ‘n land ryker word.

Primêre sektor: Dis waar hulpbronne ontgin word bv. Vissery, landbou, mynbou, vee-boerdery ens.

Sekondêre sektor: Dis waar die hulpbronne omskep word tot ‘n bruikbare produk bv. Fabrieke.

Tersiêre sektor: Dis die dienste sektor, waarin daar nie produkte vervaardig word nie, maar dienste gelewer word bv. Supermark, dokter, vervoer dienste.

Kwaternêre sektor: Dis waar die navorsing plaasvind wat nodig is om hulpbronne na bruikbare produkte te omskep bv. Navorsing laboratorium.

Kwinêre sektor: Hoogste vlak van besluitneming in die ekonomie bv. Regering, universiteite

Minder ekonomies ontwikkelde land (LEDC- Less Economically Developed Country): ‘n Nasie met 'n lae vlak van materiële welstand bv. Kenia

Meer ekonomiese ontwikkelde land (MEDC- More Economically Developed Country): ‘n Ontwikkelde land is een wat al sy burgers toelaat om 'n vrye en gesonde lewe te handhaaf in 'n veilige omgewing bv. Japan

Millenium-ontwikkelingsdoelwitte (MOD): Bied ‘n raamwerk vir ‘n gemeenskaplike doelwit aan wat vereis dat die internasionale gemeenskap moet saam werk om te verseker dat menslike ontwikkeling plaasvind.

Ekonomiese ontwikkeling: Verwys na die inkomstevlak wat met verskillende soorte beroepe gepaard gaan.

Maatskaplike ontwikkeling: Verwys na die verskille in rykdom wat gesondheid, geletterdheid, lewensgehalte en behuising beïnvloed.

Volhoubare ontwikkeling: Verwys daarna om, om te sien na die behoeftes van die huidige bevolking sonder om die behoeftes van die toekomstige bevolking te beïnvloed.

Streeksongelykheid: Ongelykheid tussen die verskillende streke.

Bruto Binnelandse Produk (BBP): Meet die totale waarde van alle goedere en dienste wat in ‘n jaar geproduseer is.

Bruto Nasionale Produk (BNP): Meet weer die totale waarde van al die produkte en dienste wat geproduseer is – ongeag waar dit gedoen is bv. As Suid Afrikaners ‘n produk/diens produseer in Londen bly dit deel van Suid-Afrika se BNP.

Koopkragpariteit (KKP): Is die vlak van BNP wat aangepas is by plaaslike lewenskostes.

Fisieke Lewensgehalte-indeks (FLGI): Is die gemiddeld van drie veranderlikes- geletterheid, lewensverwagting en kindersterftes.

Page 2: ONTWIKKELINGSGEOGRAFIEin 'n veilige omgewing bv. Japan Millenium-ontwikkelingsdoelwitte (MOD): ied Zn raamwerk vir Zn gemeenskaplike doelwit aan wat vereis dat die internasionale gemeenskap

2

ONTWIKKELINGSGEOGRAFIE Gr. 11 Hoërskool Zwartkop

Gini-koëffisiënt: Die wêreldstandaard vir die berekening van inkomste-ongelykheid. Te kort aan data veroorsaak dat Gini-koëffisiënt van lande nie bereken kan word nie.

Menslike Ontwikkelingsindeks (MOI): Meet ‘n land se ekonomiese en maatskaplike ontwikkeling deur middel van die geboortesyfer, sterftesyfer en die lewensverwagting van die bevolking.

Geboortesyfer- Aantal babas gebore per duisend mense per jaar.

Sterftesyfer- Aantal sterftes per duisend mense per jaar.

Lewensverwagting- Gemiddelde leeftyd van die bevolking in jare.

Kindersterftesyfer: Aantal babas wat voor een jaar oud sterf per duisend lewende geboortes.

Page 3: ONTWIKKELINGSGEOGRAFIEin 'n veilige omgewing bv. Japan Millenium-ontwikkelingsdoelwitte (MOD): ied Zn raamwerk vir Zn gemeenskaplike doelwit aan wat vereis dat die internasionale gemeenskap

3

ONTWIKKELINGSGEOGRAFIE Gr. 11 Hoërskool Zwartkop

Taak 2: Ontwikkeling

1. Waarna verwys die term ontwikkeling in Geografie? Ontwikkeling is die proses waar deur lewenstandaard en lewensgehalte van die bevolking verbeter word as gevolg van ‘n land wat ryker word. 2. Watter TWEE aspekte van verbetering in die mense se lewens kyk ons na tydens ontwikkeling? Lewenstandaard- is die waarde van ‘n persoon se besittings bv. Kar, huis, selfoon, klere. Lewensgehalte- is ‘n persoon se algemene welstand bv. Geletterdheid, gesondheid. 3. Wat noem ons die reeks van verandering wat die mense tydens ontwikkeling ervaar? Wanneer ‘n land ryker word, gaan die bevolking deur ‘n reeks veranderinge, hierdie veranderinge noem ons demografiese oorgang. 4. Voor- en nadele van Ontwikkeling. Voordele: Verhoog indiensnemingvlakke / Bekamp armoede / Verhoog toegang tot basiese behoeftes (behuising/sanitasie/skoon water/kos/onderwys/gesondheid) / Verhoogde lewenstandaarde. Nadele: Verhoogde afvalproduksie / Verhoogde besoedeling / Verhoogde uitputting van natuurlike hulpbronne / Verhoogde oorbevolking. 6. Noem die VYF ekonomiese groepe en gee ʼn verduideliking van wat elkeen behels. Gee ook TWEE voorbeelde by elk.

1. Primêre: Dit behels die ontginning van natuurlike hulpbronne soos bv. landbou, bosbou, mynbou en vissery. / Begin van produksie-siklus / Hoofsaaklik in landelik gebiede geleë Noue kontak met natuurlike omgewing / Produk word direk van die aarde of oseane geoes, versamel of onttrek. 2. Sekondêre: Dit behels die verwerking en vervaardiging van produkte. Verandering in die produk van ‘n primêre aktiwiteit – nywerheidsaktiwiteite. Bouwerk , konstruksie en kragproduksie word hierby ingesluit. / Voeg waarde by grondstowwe / Vir kommersiële /handelsdoeleindes / In stedelike gebiede geleë / Vereis toegang tot vervoerfasiliteite. / Halfgeskoolde en geskoolde arbeid nodig. / Groot arbeidsmag (fabriekwerkers of handearbeid) 3. Tersiêre: Dit sluit alle dienste aan die gemeenskap in. Menslike dienste sluit gesondheid, onderwys, toerisme, ontspanning vermaak, plaaslike regering, polisie en die weermag in. Fisiese dienste sluit bankwese, finansiële dienste, biblioteke, kleinhandel, groothandel, vervoer van goedere, openbare vervoer en vullisverwydering in. Elektrisiteitsvoorsiening en water val ook onder hierdie sektor. / Het met persoonlike en sakedienste te make. / Vervul ruilfunksie van gevorderde ekonomieë. / In stedelike gebiede gekonsentreerd. / Halfgeskoolde en geskooldewerkers / Gewoonlik professionele en kantoorwerkers. 4. Kwaternêre: Dit behels intellektuele dienste, veral rekenaar- en inligtingstegnologie. Dit sluit televerkope, inbelsentrums, dataprosessering en die verspreiding van inligting in. Konsultasie, omgewingsbestuur en navorsing oor die bewaring van hulpbronne val in hierdie sektor. Gevorderde dienste / Behels gespesialiseerde kennis, tegniese vaardighede, inligting, kommunikasievermoë. / Tegnologie maak liggings met lae arbeidskoste moontlik. Vrye keuse van ligging. / Professionele werker / Meer gespesialiseerd. 5. Kwinêre: Die hoogste vlakke van besluitneming in ’n ekonomie of samelewing.

Page 4: ONTWIKKELINGSGEOGRAFIEin 'n veilige omgewing bv. Japan Millenium-ontwikkelingsdoelwitte (MOD): ied Zn raamwerk vir Zn gemeenskaplike doelwit aan wat vereis dat die internasionale gemeenskap

4

ONTWIKKELINGSGEOGRAFIE Gr. 11 Hoërskool Zwartkop

7. Hoe word daar bepaal op watter vlak ʼn land ekonomies ontwikkel het? Meer mense sal werk by die tersiêre sektor. 8. Waarvoor staan die volgende afkortings? Hoe verskil die LEDC teenoor die MEDC t.o.v. die primêre-, sekondêre- en tersiêre sektore? (a) LEDC - Minder ekonomies ontwikkeldelande (LEDC) Primêre sektor oorheers die land. (b) MEDC - Meer ekonomies ontwikkeldelande (MEDC) Tersiêre sektor oorheers die land. (c) NIC - Nuut geïndustrialiseerde lande (NIC) Sekondêr en tersiêre sektore redelik gelyk. 10. Hoekom is ontwikkeling belangrik vir ʼn land? 11. Wat behels die MOD? Die Millennium-Ontwikkelingsdoelwitte (MOD) bied ‘n gemeenskaplike doelwit aan wat vereis dat die internasionale gemeenskap moet saam werk om te verseker dat ontwikkeling plaasvind. Die MOD is in 2001 deur wêreldleiers aanvaar en moet teen 2015 bereik word. 12. Noem AGT verbeterings/veranderings wat die Millennium-ontwikkelingsdoelwitte beoog om die lewens van mense te verbeter. 1. Verminder armoede en hongersnood / 2. Verbeter gesondheid / 3. Bevorder geslagsgelykheid / 4. Beveg siektes / 5. Verbeter onderrig / 6. Verminder kindersterftes / 7. Verseker die omgewing se volhoubaarheid / 8. Wêreldwye vennootskap vir ontwikkeling. 13. Wanneer is ʼn land onderontwikkeld? Onderontwikkeling beteken dat ‘n land nie in sy mense se basiese behoeftes kan voorsien en die lewenskwaliteit van die bevolking kan verbeter nie. 14. Noem die verskillende aspekte van ontwikkeling. Ekonomiese ontwikkeling: Verwys na die inkomstevlak wat met verskillende soorte beroepe gepaard gaan. Lande met meer gevorderde tegnologie word as ryk lande beskou. Maatskaplike ontwikkeling: Gesondheid, geletterdheid en lewensgehalte word beïnvloed deur rykdom. Gaan oor die verskaffing van noodsaaklike dienste soos gesondheid en onderrig. Volhoubare ontwikkeling: Verwys daarna om, om te sien na die behoeftes van die huidige bevolking sonder om die behoeftes van die toekomstige bevolking te beïnvloed. Dit is ‘n langtermyn doelwit. Bv. Om nie nou al die water op aarde klaar te gebruik en dan het ons kinders se kinders eendag nie water nie.

Page 5: ONTWIKKELINGSGEOGRAFIEin 'n veilige omgewing bv. Japan Millenium-ontwikkelingsdoelwitte (MOD): ied Zn raamwerk vir Zn gemeenskaplike doelwit aan wat vereis dat die internasionale gemeenskap

5

ONTWIKKELINGSGEOGRAFIE Gr. 11 Hoërskool Zwartkop

Taak 3: Ontwikkeling (Vervolg). (Bl. 163 – 165)

1. Watter aspekte word gebruik om te bepaal hoekom sekere streke ryker is as ander. Dit gebruik aspekte van maatskaplike, ekonomiese, politiese en fisiese geografie. 2. Wat word hierdie ongelykhede of rykdom verskille genoem. Streeksongelykheid 3. Hoe word die volgende aanwysers gebruik om die ekonomiese ontwikkeling van lande te bepaal? Ontwikkelingsaanwysers- Ontwikkelingaanwysers word gebruik om die ontwikkelingsvlak van ‘n land te meet. Bruto Binnelandse Produk (BBP): Meet die totale waarde van alle goedere en dienste wat in ‘n jaar geproduseer is. Bruto Nasionale Produk (BNP): Meet weer die totale waarde van al die produkte en dienste wat geproduseer is – ongeag waar dit gedoen is bv. As Suid Afrikaners ‘n produk/diens produseer in Londen bly dit deel van Suid-Afrika se BNP. Koopkragpariteit (KKP): Is die vlak van BNP wat aangepas is by plaaslike lewenskostes. 4. Hoe word die volgende aanwysers gebruik om die menslike en maatskaplike ontwikkeling van lande te bepaal? Fisieke Lewensgehalte-indeks (FLGI): Die gemiddeld van 3 veranderlikes- geletterdheid, lewensverwagting en kindersterftes. Menslike Ontwikkelingsindeks (MOI): Meet ‘n land se ekonomiese en maatskaplike ontwikkeling deur middel van die geboortesyfer, sterftesyfer en die lewensverwagting van die bevolking. Gini-koëffisiënt: Wêreldstandaard vir die berekening van inkomste ongelykheid. 5. Hoe word die volgende aanwysers gebruik om die demografiese ontwikkeling van lande te bepaal? Geboortesyfer- Aantal babas gebore per duisend mense per jaar. Sterftesyfer- Aantal sterftes per duisend mense per jaar. Lewensverwagting- Gemiddelde leeftyd van die bevolking in jare. 6. Alle lande ontwikkel op verskillende maniere en teen verskillende snelhede. Hoe word ontwikkelingsuksesse die beste waargeneem? Deur te kyk na Maatskaplike eerder as ekonomiese aangeleenthede. 7. Wat is die doel van die Brandtlyn? Om die wêreld te verdeel in ontwikkelde (MEDC) gebiede en die ontwikkelende (LEDC) gebiede. Die Brandt-verslag van 1980 verdeel die wêreld in die noorde en die suide. Die skeidslyn tussen noord en suid word die Brandt-lyn genoem. Die Brandt-verslag identifiseer 'n verband tussen: ekonomiese ontwikkeling en ekologie armoede en omgewingsdegradasie en die bevordering van ekonomiese groei binne perke.

Page 6: ONTWIKKELINGSGEOGRAFIEin 'n veilige omgewing bv. Japan Millenium-ontwikkelingsdoelwitte (MOD): ied Zn raamwerk vir Zn gemeenskaplike doelwit aan wat vereis dat die internasionale gemeenskap

6

ONTWIKKELINGSGEOGRAFIE Gr. 11 Hoërskool Zwartkop

8. Wat is opmerklik van die Brandtlyn t.o.v. Noordelike en Suidelike halfrond? Die wêreld is verdeel in die ontwikkelde (MEDC) noorde en die ontwikkelende (LEDC) in die suide. Die meeste van die ontwikkelde lande (ingekleur op die kaart) is in die noorde geleë en die meeste van die ontwikkelende lande in die suide. Die lande en mense in die noorde: produseer die meeste van die wêreld se vervaardigde goedere verdien tot 65 keer meer as die mense in die suide is verantwoordelik vir 75 % van die wêreld se verbruik produseer 90 % van die wêreld se afval.

Die lande en mense in die suide: verteenwoordig 77 % van die wêreld se bevolking, maar verdien slegs 15 % van die wêreld se totale inkomste het nie skoon drinkwater vir die helfte van die bevolking nie. 9. Waarna kyk ons as ons kyk na ʼn land se (a) ekonomiese ontwikkeling en (b) sy maatskaplike ontwikkeling? (a) Ekonomiese ontwikkeling verwys na die inkomstevlakke wat met die verskillende soorte werke wat mense doen, geassosieer kan word. (b) By maatskaplike ontwikkeling kyk ons na hoe rykdom lewensgehalte beïnvloed soos die mense se gesondheid, geletterdheid en behuising toestande. 10. Omskryf die term “Volhoubare Ontwikkeling”. beteken om die behoeftes van die huidige bevolking te bevredig, sonder om toekomstige geslagte van geleenthede te ontneem. Volhoubare ontwikkeling is 'n langtermyndoelwit. 11. Wat is BRICS en watter lande is almal deel daarvan? BRICS: Brasilië, Rusland, Indië, China en meer onlangs, Suid-Afrika. Die BRICS lidlande is almal ontwikkelende of nuwe geïndustrialiseerde land, maar word uitgesonder vir hulle groot en vinnige groeiende ekonomieë en belangrike invloed in streeks en globale sake; almal is lede van die G20 lande. Sedert 2009, het die BRICS lande jaarliks ʼn formele beraad gehou. 12. Wat is die G20 (G8) en watter lande maak deel uit van die G20 lande? Die G20 bestaan uit die finansiële ministers en sentrale bank is direkteure van 19 lande: Argentinië, Australië, Brasilië, Kanada, China, Frankryk, Duitsland, Indië, Indonesië, Italië, Japan, Mexiko, Rusland, Saudi Arabië, Suid-Afrika, Suid Korea, Turkye, die Verenigde Koninkryke en die Verenigde State van Amerika (VSA). 13. Wat is die SAOG-lande en watter lande maak deel uit daarvan. SADC (Southern African Development Community) SAOG (Suider-Afrikaanse Ontwikkelings Gemeenskap): Dis ‘n streeks organisasie van ongeveer 14 lidlande, wat daarna streef om streeks ontwikkeling te bevorder. Handel, ontwikkeling, toerisme, fabriekswese, ens. (Angola, Botswana, Kongo (DRC), Lesotho, Malawi, Mauritius, Mosambiek, Namibië, Seychelle, Suid-Afrika, Swaziland, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe). Seychelle is nie tans deel nie.

Page 7: ONTWIKKELINGSGEOGRAFIEin 'n veilige omgewing bv. Japan Millenium-ontwikkelingsdoelwitte (MOD): ied Zn raamwerk vir Zn gemeenskaplike doelwit aan wat vereis dat die internasionale gemeenskap

7

ONTWIKKELINGSGEOGRAFIE Gr. 11 Hoërskool Zwartkop

Taak 4: Raamwerk vir Ontwikkeling. (Bl. 168 – 169) 1. Benoem die VIER hoof kategorieë van die faktore wat ontwikkeling beïnvloed.

Omgewingsagteruitgang

Politieke faktore

Kulturele en maatskaplike faktore

Hulpbron faktore 2. Bespreek kortliks die DRIE hulpbron faktore. Toegang tot hulpbronne: Een van die belangrikste faktore vir ontwikkeling is geografie - waar die land in die wêreld geleë is, en die land se klimaat. Die armste lande is in die trope, waar dit warm is, die grond minder vrugbaar is, water skaarser is en siektes floreer. Daarenteen, trek Europa en Noord-Amerika voordeel uit groot streke met baie vrugbare grond, 'n gematigde klimaat en goeie reënval In uiterste klimate, of te warm of te koud, word te veel energie vir oorlewing gebruik, en is daar nie veel oor vir ekonomiese ontwikkeling nie. Energie: Die wêreldwye energieverbruik is gelykstaande aan sowat 220 miljoen vate olie per dag. Die grootste verbruikers is Noord-Amerika en Europa. Die wêreldwye vraag na energie is besig om vinnig toe te neem en word verwag om teen 2030 te verdubbel. Figuur 146 toon die voorspelde bevolkingsgroei in ontwikkelde en ontwikkelende lande aan. Groter bevolkings gebruik meer energie. Stygende brandstofpryse en kommer oor nasionale fossielbrandstof vrylatings sal beteken dat ons kragopwekkingsbedryf meer doeltreffend sal moet word. Ontwikkelende lande vind dit moeilik om die nodige geld te vind om weg te beweeg van fossielbrandstowwe, soos steenkool, vir kragopwekking. Beperking van natuurlike hulpbronne: Natuurlike hulpbronne is dinge wat natuurlik voorkom en wat nuttig vir ons is - ons het dit nodig. Dit sluit brandstof, soos olie en aardgas, materiale soos ystererts, en hout in. Natuurlike hulpbronne kan hernubaar (plante en diere) of nie hernubaar (fossielbrandstof) wees. Die eerste lande wat geïndustrialiseerde geword het, was die wat groot hoeveelhede van hul eie fossielbrandstof gehad het waartoe hulle maklik toegang kon verkry (steenkool, olie en aardgas). Vandag het sommige van hierdie lande nie meer genoeg van hul eie hulpbronne nie, maar hulle het gewoonlik genoeg geld om in te voer wat hulle nodig het. 'n Gebrek aan natuurlike hulpbronne verhinder ontwikkeling. 3. Bespreek kortliks die TWEE kulturele en maatskaplike faktore. Onderwys en opleiding: Mense bied daadkrag deur hul werk, maar hulle bied ook vaardighede. Die vaardigheidsvlak van 'n bevolking kan deur onderwys (vir algemene ontwikkeling) en opleiding (om spesifieke werk te doen) ontwikkel word. Die vinnige en suksesvolle ontwikkeling in verskeie NIC's in Oos-Asië is gedeeltelik te danke aan belegging in onderwys. Die arbeidsmag in hierdie NIC's is net so hoogs vaardig en opgevoed as in MECD's. In byna alle LEDC's is vroue minder geletterd as mans, wat die lae status van vroue in baie samelewings weerspieël. 'n Gebrek aan onderwys verlaag vroue se kanse vir indiensneming en om van armoede te ontsnap. Waar vroue geletterd is, is kindersterftes laer, gesinne is kleiner en kinders se gesondheid is beter. Bevolkingsgroei: Die wêreldbevolkings het gegroei en die tempo van toename versnel. In baie LEDC's oorskry die bevolkingsgroei ekonomiese groei. Daar is jaarliks meer monde om te voed, meer werk om te verskaf, groter behoeftes aan onderwys en gesondheidsorg, maar daar is minder geld per persoon. Armoede noop mense om groot gesinne te hê, wat tot 'n armoedesiklus kan lei.

Page 8: ONTWIKKELINGSGEOGRAFIEin 'n veilige omgewing bv. Japan Millenium-ontwikkelingsdoelwitte (MOD): ied Zn raamwerk vir Zn gemeenskaplike doelwit aan wat vereis dat die internasionale gemeenskap

8

ONTWIKKELINGSGEOGRAFIE Gr. 11 Hoërskool Zwartkop

4. Bespreek kortliks die TWEE politieke faktore. Handelswanbalanse: Internasionale handel is nie altyd regverdig teenoor armer lande nie. Armer lande is geneig om grondstowwe van 'n swakker gehalte uit te voer, dikwels na ryker lande. Ryker lande is geneig om vervaardigde goedere met 'n hoe waarde uit te voer, en armer lande sukkel om dit te kan bekostig. Armer lande moet geld leen om vir invoergoedere te betaal, en beland sodoende in die skuld. Historiese en politieke faktore: Historiese faktore kan 'n struikelblok tot ontwikkeling in 'n land wees. Oorlog, korrupsie en onbevoegdheid is die belangrikste faktore. Burgeroorloë vernietig noodsaaklike infrastruktuur soos paaie, pyplyne en hospitale. Oorlog ontwrig voedselproduksie en produseer vlugtelinge. 5. Bespreek kortliks hoe omgewingsagteruitgang ontwikkeling beïnvloed. Swak bestuur van die natuurlike omgewing sit die siklus van onderontwikkeling voort. Die armes word buite verhouding deur omgewingsagteruitgang en 'n gebrek aan toegang tot skoon, bekostigbare energiedienste beïnvloed. Omgewingsagteruitgang kan landbou en vissery vernietig. Die uitdaging waarvoor ons nou te staan kom, is tweeledig: om genoeg hulpbronne te vind om in die behoeftes van alle mense te voorsien, en om die omgewing teen skadelike afvalprodukte te beskerm. Dit is 'n globale kwessie en optrede is nodig om maatskappye voor stok te kry wat regsaanspreeklikheid vir omgewingskade en skending van menseregte probeer ontduik. 6. Hoekom is energie so belangrike hulpbron in die ontwikkelingsproses? ʼn Groter bevolking gebruik meer energie.

Page 9: ONTWIKKELINGSGEOGRAFIEin 'n veilige omgewing bv. Japan Millenium-ontwikkelingsdoelwitte (MOD): ied Zn raamwerk vir Zn gemeenskaplike doelwit aan wat vereis dat die internasionale gemeenskap

9

ONTWIKKELINGSGEOGRAFIE Gr. 11 Hoërskool Zwartkop

Taak 5: Ontwikkelingsroete. (Bl. 170 – 175) 1. Benoem en verduidelik kortliks die DRIE ontwikkelingsmodelle. Rostow se model: Een van die eerste modelle wat ekonomiese groei verklaar, en waarskynlik steeds die eenvoudigste, is in 1960 deur W. W. Rostow voorgestel. Hy het gesê dat alle lande die potensiaal het om deur vyf lineêre groeistadiums te gaan. Die teorie van groeistadiums is 'n akkurate beskrywing van die ekonomiese groei van talle geïndustrialiseerde lande. Die kern- en periferiemodel: Hierdie model is deur Friedmann ontwikkel. Ekonomiese groei en ontwikkeling is selde gelyk. Ekonomiese aktiwiteite, insluitend die vlak van industrialisasie en intensiteit van boerdery, neem vinnig af namate jy verder van die kerngebiede af na die periferie beweeg. Die welvarendste gebied is die kern. Die land se belangrikste industrieë is waarskynlik daar geleë. Hulle skep 'n groot plaaslike mark, en lok ander industrieë en dienste daarheen. Namate vlakke van kapitaal, tegnologie en geskoolde arbeid toeneem, word die gebied ryker. Hierdie trekfaktore moedig die inbeweging van mense uit omliggende gebiede aan. In baie lande verminder die vlak van welvaart met die afstand vanaf die kerngebied. Die armste plekke word in die periferiegebiede van 'n land aangetref. Baie mense migreer na die kerngebiede toe. Volhoubaarheidsmodel: Volhoubare ontwikkeling is 'n term wat verwys na die behoefte om ekonomiese groei aan te moedig, maar terselfdertyd die wêreld se hulpbronne te bewaar. Volhoubare ontwikkeling is ontwikkeling wat aan die behoeftes van die hede voldoen, sonder om dit vir toekomstige generasies moeilik te maak om aan hul eie behoeftes te voldoen. 2. Wat is die VYF vlakke van Rostow se model? Bespreek die VYF vlakke van die Rostow model.

1. Die tradisionele gemeenskap / Tradisionele samelewing: Bestaansekonomie meestal op boerdery gebaseer. Elke samelewing begin as 'n onderontwikkelde, tradisionele samelewing – bestaanslandbou, tuisnywerhede, min tegnologie/kapitaal, en 'n balans tussen die bevolking en beskikbare hulpbronne.

2. Voorvereistes vir 'n begin/vir groei: Industrieë ontwikkel, daar is tegnologiese verbeteringe en infrastruktuur groei. ʼn Formele ekonomie begin om te groei – kommersiële landbou, tegnologie en infrastruktuur verbeter, uitvoere van natuurlike hulpbronne word deur eksterne vraag gedryf.

3. Voortgesette groei / Begin: Die vervaardigingsbedryf groei. Vervaardigingsnywerhede ontwikkel, volgehoue ekonomiese groei, ekonomie gaan voort om te ontwikkel en uit te brei, vervoer en infrastruktuur verbeter.

4. Die drang / ontwikkel na volwaardigheid / volgroeidheid: Groei is selfonderhoudend; vinnige verstedeliking. Ekonomie bereik "volgroeidheid", ekonomiese groei versprei regoor 'n land, industrialisering en verstedeliking vind plaas.

5. Hoë massaverbruik: Vinnige uitbreiding van tersiêre industrieë en welsynsfasiliteite. Industrieë gaan oor na verbruiksgoedere. 'n Gevorderde, hoogs ontwikkelde industriële ekonomie – tersiêre sektor brei uit.

Page 10: ONTWIKKELINGSGEOGRAFIEin 'n veilige omgewing bv. Japan Millenium-ontwikkelingsdoelwitte (MOD): ied Zn raamwerk vir Zn gemeenskaplike doelwit aan wat vereis dat die internasionale gemeenskap

10

ONTWIKKELINGSGEOGRAFIE Gr. 11 Hoërskool Zwartkop

4. Noem die VIER beperkings en kritiek t.o.v. Rostow se model.

Die teorie is nie perfek geskik vir elke land nie.

Nie alle ontwikkelde lande het 'n skielike beginstadium ondervind nie.

Die toestande wat LEDC's deesdae ervaar, is baie anders as die wat MEDC's vroeër ervaar het.

Die aanname is dat ekonomiese groei sal "deursyfer" na almal in die land. Lande het in tweeledige gemeenskappe ontwikkel - verdeel in ryk en arm.

5. Verduidelik hoe werk die kern- en periferiemodel. Toepassing op verskillende vlakke

Volgens hierdie teorie is ekonomiese groei in dominante "kern"-gebiede gekonsentreer en die minder ontwikkelde "periferie", of randgebiede, is afhanklik van die kern.

Die periferie is die gebied wat die kern omring.

Met verloop van tyd versprei of diffundeer ontwikkeling van die kern na die periferie.

Uiteindelik, as gevolg van hierdie "diffusie" (verspreiding) van ontwikkeling vanaf die kern na die periferie, word die hele gebied ontwikkel.

Trekfaktore (industrieë en dienste) moedig migrasie van landelike na stedelike gebiede aan. Stootfaktore dwing mense om weg van die kern af te beweeg. Tweede kerngebiede ontwikkel, gevolg deur verskeie sekondêre streke.

Hierdie proses kan lei tot die afname in oorheersing van die oorspronklike kern. Daar sal egter steeds periferiegebiede wees wat nie so welvarend is nie. Voorbeelde is MEDC's soos die VSA, Japan, en meer onlangs, China.

6. Teken ʼn eenvoudige skets om die werking van die kern- en periferiemodel te demonstreer. 7. Noem ‘n paar trekfaktore wat mense na die kerngebied lok. Trekfaktore (industrieë, tegnologiese ontwikkeling, verbeterde infrastrukture en goeie dienste) moedig migrasie van landelike na stedelike gebiede aan. 8. Noem ‘n paar stootfaktore wat mense vanuit die kerngebied dwing. Stootfaktore (besoedeling, oorbevolking, verkeersopeenhoping, werkloosheid en behuisings tekort) dwing mense om weg van die kern af te beweeg.

Page 11: ONTWIKKELINGSGEOGRAFIEin 'n veilige omgewing bv. Japan Millenium-ontwikkelingsdoelwitte (MOD): ied Zn raamwerk vir Zn gemeenskaplike doelwit aan wat vereis dat die internasionale gemeenskap

11

ONTWIKKELINGSGEOGRAFIE Gr. 11 Hoërskool Zwartkop

9. Wat behels die volhoubaarheidsmodel alles. Volhoubare ontwikkeling omvat twee sleutelbegrippe: dat die noodsaaklike behoeftes van die wêreld se armes voorrang moet geniet, en dat die aarde se vermoë om huidige en toekomstige behoeftes te vervul, beperk is. Volhoubare ontwikkeling is moontlik die grootste uitdaging wat die mensdom al ooit in die gesig gestaar het. Volhoubare ontwikkeling is ontwikkeling wat in huidige behoeftes voorsien sonder om die behoeftes van toekomstige geslagte te benadeel. Volhoubare ontwikkeling sluit DRIE dele in: die ekonomie, samelewing en die omgewing. Elkeen steun op die ander en volhoubare ontwikkeling kan nie plaasvind tensy daar 'n BALANS tussen die drie komponente is nie. Daar is verskillende maniere om volhoubare ontwikkeling te toon. 10. Beskryf kortliks die DRIE elemente van die volhoubaarheidsmodel. Ekonomie - strategiese beplanning vir die lewensiklus van 'n gemeenskap en insluiting van plaaslike regerings, gemeenskappe en individue by besluitneming, is noodsaaklike. Maatskaplik - 'n platform om billikheid en maatskaplike ongelykheidskwessies te bespreek. Omgewing - verstaan gemeenskappe se ekologiese gesondheid deur die doeltreffend gebruik van natuurlike hulpbronne. 11. Watter rol speel wetenskaplike kennis en toepaslike tegnologie by die ontwikkeling van lande? Wetenskaplike kennis en toepaslike tegnologie is belangrikvir die oplos van ekonomiese, maatskaplike en omgewingsprobleme wat huidige ontwikkelingsroetes nie-volhoubaar maak. 12. Wat is gemeenskapsgebaseerde ontwikkeling? Dit is waar gemeenskapsbemagtiging plaasvind. Gemeenskap is self verantwoordelik vir die ontwikkeling in hulle gebied. 13. Noem die 10 hoofaspekte van gemeenskapsgebaseerde ontwikkelingsprojekte. Onderstebo benadering tot ontwikkeling Gemeenskapsgedrewe Bou plaaslike ekonomieë op Verlig armoede en kwesbaarheid Volhoubare ontwikkeling Bou van bekwaamheid Langtermyn ekonomiese ontwikkeling Gemeenskapsbemagtiging Verhoog toegang tot markte

Page 12: ONTWIKKELINGSGEOGRAFIEin 'n veilige omgewing bv. Japan Millenium-ontwikkelingsdoelwitte (MOD): ied Zn raamwerk vir Zn gemeenskaplike doelwit aan wat vereis dat die internasionale gemeenskap

12

ONTWIKKELINGSGEOGRAFIE Gr. 11 Hoërskool Zwartkop

Taak 6: Handel en ontwikkeling. (Bl. 176 – 180)

1. Wat is internasionale handel? Internasionale handel is die uitruil van goedere en dienste tussen lande. 2. Wat is “interafhanklike lande”? Lande wat van mekaar afhanklik is vir ontwikkeling en om staat te maak op mekaar vir ekonomiese steun. 3. Wat is die verskil tussen UITVOERE en INVOERE? invoere- goedere en dienste wat van ʼn ander land gekoop word. uitvoere- goedere en dienste wat aan 'n ander land verkoop word 4. Wanneer het ʼn land ʼn handelsoorskot? Lande wat meer verdien uit hulle uitvoere as wat hulle vir invoere betaal. Dit maak hulle ryker. 5. Wanneer het ʼn land ʼn handelstekort? Die lande wat meer aan invoere spandeer as wat hulle verdien uit uitvoere. Hulle word armer. 6. Wanneer praat ons van die ontwikkelingsgaping? Dit is hierdie verskil tussen handels- lande wat die ontwikkelingsgaping tussen arm en ryk lande skep, wat al hoe wyer word. 7. Wat word beskou as primêre produkte? Primêre produkte word gewoonlik op 'n ander plek verwerk om meer gesofistikeerde produkte te vervaardig. Vervaardigde produkte het "toegevoegde waarde", want hulle kan teen 'n groter wins verkoop word. Primêre produkte het min "toegevoegde waarde". 8. Noem DRIE nadele wat die uitvoer van primêre produkte vir LEDC’s inhou. Verloor werksgeleenthede. / Verloor toegevoegde waarde / Het ʼn kleiner BBP. 9. Waar vind die meeste verwerking van die primêre produkte plaas? By MEDC’s. 10. Watter voordeel hou dit vir die MEDC’s om eers die primêre produkte te verwerk? Skep werksgeleenthede. / Verdien meer uit toegevoegde waarde / Het ʼn sterker BBP. 11. Watter probleem hou dit vir die LECD’s wanneer daar ʼn daling in die kommoditeitspryse plaasvind. Verminder die inkomste van lande wat primêre produkte uitvoer. Hierdie lande sukkel dan om vir invoere te betaal en om die rente op hul lenings te betaal. 12. Hoekom verdien MEDC’s meer uit handel as LEDC’s? LEDC's voer grondstowwe (gewasse, hout, erts) na MEDC's uit. / MEDC's voer vervaardigde en verwerkte goedere (verwerkte voedsel, voertuie, elektronika) na LEDC's uit. / Grondstowwe het baie minder waarde as vervaardigde goedere. 13. Wat doen lande (soos die MEDC’s en die LEDC’s) om hulle eie ekonomieë te beskerm?

Hoë invoer tariewe - belasting wat die prys van ingevoerde produkte verhoog. Embargo’s / Sanksies - 'n amptelike verbod op in- en uitvoerhandel met 'n spesifieke land. Ingewikkelde invoerregulasies weerhou buitelanders byvoorbeeld daarvan om met 'n land handel te dryf. Die feit dat permitte nodig is om lughawens en hawens te gebruik, vertraag 'n buitelandse maatskappy se pogings om hul produkte te versprei en te verkoop. Wette oor verpakking in 'n land verhoog die koste van buitelandse invoere. Een van die effektiefste en mees kontroversiële nie-tarief-versperrings is die oplegging van gehaltestandaarde. 'n Regering dring byvoorbeeld daarop aan dat sekere buitelandse produkte (soos vars voedsel) moet voldoen aan streng toegepaste wette vir die gehaltestandaard voordat dit die land binnekom.

14. Wat behels vryhandel? Vryhandel vind plaas wanneer die beweging van goedere en dienste tussen lande nie op enige manier beperk is nie.

Page 13: ONTWIKKELINGSGEOGRAFIEin 'n veilige omgewing bv. Japan Millenium-ontwikkelingsdoelwitte (MOD): ied Zn raamwerk vir Zn gemeenskaplike doelwit aan wat vereis dat die internasionale gemeenskap

13

ONTWIKKELINGSGEOGRAFIE Gr. 11 Hoërskool Zwartkop

15. Wat is handelsgroepe/handelsblokke en noem VIER voorbeelde daarvan. Groep lande wat ʼn gemeenskap stig waar hulle handel beheer. SADC / EU / SAARC / APEC / OPUL / 16. Wat doen lande om hul eie ekonomieë te beskerm?

'n Land se regering ondersteun dalk een van sy eie industrieë, en verbeter sodoende die industrie se kompeterende posisie plaaslik.

Prysondersteuning vir besighede in hul land.

Landelike gemeenskappe vra byvoorbeeld dikwels vir boerderysubsidies.

Staatskontrakte vir plaaslike maatskappye. 17. Wat is die voordele van vryhandel? Die voordeel hiervan is dat daardie lande se spesialiteite tot massaproduksie lei, en grootskaalse ekonomie kan plaasvind. Verbruikers kan ook voordeel trek uit laer pryse, wat die gevolg is van die doeltreffende gebruik van hulpbronne deur massaproduksie. Teoreties moedig vryhandel welwillendheid en samewerking tussen lande aan. 18. Hoekom is vryhandel nie altyd tot voordeel van alle lande nie? Want ryker lande kan die arbeid en hulpbronne van armer lande uitbuit. 19. Noem ʼn paar voorbeelde hoe lande hul handel met ander lande beheer.

Hoë invoer tariewe - belasting wat die prys van ingevoerde produkte verhoog. Embargo’s / Sanksies - 'n amptelike verbod op in- en uitvoerhandel met 'n spesifieke land. Ingewikkelde invoerregulasies weerhou buitelanders byvoorbeeld daarvan om met 'n land handel te dryf. Die feit dat permitte nodig is om lughawens en hawens te gebruik, vertraag 'n buitelandse maatskappy se pogings om hul produkte te versprei en te verkoop. Wette oor verpakking in 'n land verhoog die koste van buitelandse invoere. Een van die effektiefste en mees kontroversiele nie-tarief-versperrings is die oplegging van gehaltestandaarde. 'n Regering dring byvoorbeeld daarop aan dat sekere buitelandse produkte (soos vars voedsel) moet voldoen aan streng toegepaste wette vir die gehaltestandaard voordat dit die land binnekom.

20. Wat is ʼn embargo? ʼn Amptelike verbod op in- en uitvoerhandel met ʼn spesifieke land. 21. Noem ʼn paar voorbeelde van handelsversperrings. Sien vraag 19. 22. Wat word bedoel met ʼn kwotastelsel? Beperking op die aantal buitelandse produkte wat ʼn land mag binnekom. 23. Noem ʼn paar maniere, hoe ʼn land sy eie industrieë ondersteun/help om internasionaal te kan meeding. 'n Land se regering ondersteun dalk een van sy eie industrieë, en verbeter sodoende die industrie se kompeterende posisie plaaslik. / Prysondersteuning vir besighede in hul land. / Landelike gemeenskappe vra byvoorbeeld dikwels vir boerderysubsidies. / Staatskontrakte vir plaaslike maatskappye. 24. Watter nadeel hou die subsidie stelsel in? Die rykmense trek die meeste voordeel daaruit en nie die armes nie. 25. Wat is die doel van regverdige handel (FAIR TRADE)? Wanneer 'n produk die merk "Regverdige handel" (Fair trade in Engels) dra, gee dit 'n waarborg dat boere en produsente in ontwikkelende lande regverdige behandel is.

Page 14: ONTWIKKELINGSGEOGRAFIEin 'n veilige omgewing bv. Japan Millenium-ontwikkelingsdoelwitte (MOD): ied Zn raamwerk vir Zn gemeenskaplike doelwit aan wat vereis dat die internasionale gemeenskap

14

ONTWIKKELINGSGEOGRAFIE Gr. 11 Hoërskool Zwartkop

Taak 7: Globalisering. (Bl. 182 – 186)

1. Wat is Globalisering? Globalisering kan gedefinieer word as die proses van verandering wat onderlinge verbondenheid en interafhanklikheid tussen lande en ekonomieë verhoog. 2. Op watter manier bring dit lande nader aan mekaar? Deur beter wêreldwye kommunikasie, vervoer en handelsbande. 3. Watter aspekte van die lewe word deur globalisering beïnvloed? Dit beïnvloed die ekonomiese, maatskaplike, politieke en kulturele aspekte van die lewe. 4. Noem en bespreek die VYF belangrike globale bewegings. Geld, deur beleggings, handel, lenings en internasionale beheer van die wêreldekonomie.

Idees, soos kapitalisme, demokrasie, individualiteit en menseregte deur die simboliese betekenisse wat met die verskynsels van die ander vier bewegings verband hou. Tegnologie, deur masjinerie, modelle van die bestuur en struktuur van organisasies. Inligting, deur televisie, radio, rolprente, koerante, tydskrifte en boeke. Mense, deur toerisme, immigrasie, vlugtelinge en trekarbeiders.

6. Wanneer kry ons voorbeelde van globalisering wat deur ʼn land swak bestuur word? Bv. wanneer lande hul ekonomiese grense oopmaak voordat hulle die vermoë het om goed daarop te reageer. 7. Wat het lande gedoen om hulle te verbind om armoede te verminder? Deur die Millennium-ontwikkelingsdoelwitte (MOD), en om globalisering te bestuur. 8. Noem VYF positiewe gevolge van globalisering.

1. Verhoog die verskeidenheid produkte wat op die wêreldmark beskikbaar is. Produkte kan van regoor die wêreld gekoop word en ontwikkel ʼn kompeterende basis vir produkte.

2. Voorsien 'n groter verskeidenheid markte vir internasionaal verkrygde produkte. 3. Die verbetering van internasionale standaarde vir dienste soos onderwys en gesondheid. 4. Makliker, beter en goedkoper kommunikasie tussen mense en lande. 5. Groter vloei van internasionale kapitaal. 6. Ontwikkeling van meer werksgeleenthede, verbeterde infrastrukture en beter

lewensomstandighede in LEDC’s. 7. Besluitneming op internasionale vlak (VN/WGO/WTO) bevoordeel die hele wêreld. 8. Kennis oor verskillende kulture word wêreldwyd versprei. 9. Die verspreiding en deel van inligting, kennis en vakkundigheid. Inligting word via die internet

baie vinnig versprei. 10. Mense is meer oop en verdra meer mense van ander nasionaliteite, kulture en gelowe. Mense

kan in verskillende plekke in die wêreld gaan woon. 11. Verbetering in plaaslike produktiwiteit kan welvarendheid bevorder.

9. Noem VYF negatiewe gevolge van globalisering. 1. Die ryk lande word ryker en die arm lande word armer. 2. Lande se individuele kulture word vervang met Westerse kulture of Amerikanisasie. 3. Sosiale ongelykheid – Amerikaners word vetter en mors kos / Mense in Afrika lei honger

en het ʼn voedsel tekort. 4. Ontwikkelende lande (LEDC’s) se omgewing word vernietig tot voordeel van die

ontwikkelde lande (MEDC’s) se welvaart. 5. Ontwikkelende lande (LEDC’s) bly daar swak lewensomstandighede en

werksomstandighede. 6. Die ontwikkelde lande (MEDC’s) tree op met minder verantwoordelikheid.

Page 15: ONTWIKKELINGSGEOGRAFIEin 'n veilige omgewing bv. Japan Millenium-ontwikkelingsdoelwitte (MOD): ied Zn raamwerk vir Zn gemeenskaplike doelwit aan wat vereis dat die internasionale gemeenskap

15

ONTWIKKELINGSGEOGRAFIE Gr. 11 Hoërskool Zwartkop

7. Aansteeklikesiektes (MivVigs/SARS) word maklik versprei oor die wêreld a.g.v. mense se beweeglikheid.

8. Bevorder internasionale misdaad van verskillende soorte. 9. Kinderarbeid neem toe onder haglike omstandighede en mens- en kinderhandel neem

toe. 10. Kleiner maatskappye moet kompeteer met groot multi-koöperasies maatskappye en

speel bankrot. 11. Die verlies aan werksgeleenthede in vervaardiging in ontwikkelde lande soos Brittanje. 12. Plaaslike ekonomieë kan meer kwesbaar wees vir vinnige veranderinge in die

internasionale ekonomie. 13. Toenemende sentralisasie van mag in die hande van groot transnasionale korporasies. 14. Die ligging van industrieë in minder ontwikkelde lande lei, om verskeie redes, dikwels tot

agteruitgang van die omgewing. 11. Wat behels “uitvoergerigte ontwikkeling”? Lande wat hoofsaaklik afhanklik is van uitvoere van grondstowwe om hulle ekonomiese groei te bevorder. 12. Hoekom het sommige lande wat ʼn uitvoergerigte ekonomie gevolg het, ʼn lae groeikoers gehad? Dit is dikwels lande wat grondstowwe in groot maat, met min of geen verwerking (geen waardetoevoeging), uitvoer. 13. Hoekom kan die oorafhanklikheid van uitvoerprodukte ʼn probleem raak vir ontwikkelende lande (LEDC’s)? Baie lande is bekommerd oor die waarde van 'n groeiproses wat op uitvoergerigte ontwikkeling gebou is. 14. Hoekom kan groot uitvoere na ontwikkelende lande (LEDC’s), ʼn land meer finasieël kwasbaar maak? As die lande wat jou uitvoere koop in ekonomiese moeilikheid is, kan hul probleme dalk joune word. Jy kan dan baie geld verloor. 15. Watter probleem skep dit vir LEDC’s, wanneer MEDC’s hul besteding aan invoere verminder? Dit beteken dat die ekonomieë van invoergerigte LEDC's baie van hul eksterne dryfkrag vir groei sal verloor, en dus gedwing sal word om binnelandse aanvraag uit te brei, om sodoende groeikoerse te handhaaf.

Page 16: ONTWIKKELINGSGEOGRAFIEin 'n veilige omgewing bv. Japan Millenium-ontwikkelingsdoelwitte (MOD): ied Zn raamwerk vir Zn gemeenskaplike doelwit aan wat vereis dat die internasionale gemeenskap

16

ONTWIKKELINGSGEOGRAFIE Gr. 11 Hoërskool Zwartkop

TAAK 8. ONTWIKKELINGSKWESSIES (bl. 188 – 195)

1. Bespreek die vrou se rol in ontwikkeling. • 'n Begrip van geslagskwessies en die toepassing van geslagsontleding is belangrike

instrumente vir ontwikkeling. • Geslag is meer as net of jy 'n man of 'n vrou is. • Geslag is die verskillende rolle wat mans en vroue in die samelewing speel. • Geslagsrolle is nie oor die wêreld heen dieselfde nie. • Omtrent die helfte van die wêreld se bevolking is vroue, en die verhouding is soortgelyk

in die meeste lande. • In die meeste lande is daar diskriminasie teen vroue betreffende beskikbare werk,

vergoeding vir werk, maatskaplike geleenthede en politieke verantwoordelikhede. • Geslagsgelykheid word in die meeste lande nie beoefen nie. • Armoedeverligtingsprogramme maak staat op vroue om dit suksesvol te implementeer. • Vroue bevind hulself ook aan die voorpunt van groot wêreldkwessies soos

voedselproduksie, bevolkingsgroei en klimaatverandering. 2. Wat is geslagsgelykheid en word dit in alle lande toegepas?

Geslagsgelykheid word in die meeste lande nie beoefen nie. 3. Wat is die doel van die beweging vir vroueregte?

• Die beweging vir vroueregte is daarop gegrond om 'n “ewewig te vind tussen sterk historiese oortuigings dat vroue tot 'n huislike omgewing beperk moet wees terwyl mans eksklusiewe regte tot eiendom geniet”.

4. Hoe vergelyk vroue se toegang tot mag in Afrika teenoor moderne geïndustrialiseerde ekonomieë?

5. Wie is hoofsaaklik in beheer van die noodsaaklikehede, naamlik voedsel, water en energie

in die ontwikkelendende lande? Vroue staan ook aan die voorpunt van groot wêreldkwessies.

voedselproduksie, bevolkingsgroei en klimaatverandering.

6. Wat vorm die hoof struikelblok in vroue se moontlike werksgeleenthede in die ontwikkelendelande? • 'n Gebrek aan toegang tot formele onderwys en opleiding is 'n groot struikelblok in

vroue se werksgeleenthede en vooruitgang in die samelewing. 7. Wat is die voordele as vroue skoolopleiding kry vir 10 jaar en langer?

• Skoolopleiding vir meer as tien jaar lei op 'n betroubare wyse na laer geboortesyfers, beter kinderoorlewing, minder moedersterftes, asook beter vlakke van baba- en kinderontwikkeling en opvoedkundige, prestasies.

8. Wat beteken diskriminasie op grond van geslag en geslagsgelykheid? • Diskriminasie op grond van geslag beperk vroue se vermoë om ten volle mee te doen aan

en by te dra tot die samelewing.

Page 17: ONTWIKKELINGSGEOGRAFIEin 'n veilige omgewing bv. Japan Millenium-ontwikkelingsdoelwitte (MOD): ied Zn raamwerk vir Zn gemeenskaplike doelwit aan wat vereis dat die internasionale gemeenskap

17

ONTWIKKELINGSGEOGRAFIE Gr. 11 Hoërskool Zwartkop

9. Noem drie beroepe wat oorheersend deur mans gevul was, maar wat nou vroue in diens neem.

10. Hoekom speel vroue ʼn belangrike rol in ekonomiese ontwikkeling? 11. Noem ses toepassings/wette wat diskrimineer teen vroue in ontwikkelendelande en

vroue se bydra tot die samelewing strem. Vroue (en nie slegs in ontwikkelende lande nie) word dikwels:

die reg ontsê om eiendom (insluitend grond) te besit toegang tot rykdom, onderwys en gesinsbeplanning ontsê gelykheid voor die reg en gelyke indiensneming ontsê - onderhorig gehou deur aan hulle minderwaardige poste of ongeskoolde take te gee wat dikwels swak besoldig en soms onbetaald is onderwerp aan liggaamlike sowel as geestelike geweld politieke invloed ontsê.

12. Verduidelik hoe ontwikkeling die omgewing om ons negatief beïnvloed. Die groeiende wêreldbevolkings en uitbreiding van ekonomiese ontwikkeling veroorsaak

oorgebruik en omgewingsbestuurprobleme. Die natuur moet plek maak vir mense se huise, landerye en weivelde. Groot druk word uitgeoefen op bewaringsgebiede.

Die doel van die industriële ontwikkeling van enige gebied is om mense van beter werk- en lewensgeleenthede te voorsien. Ontwikkeling en omgewingsbewaring is onderling verbonde. Onvanpaste of onbeheerde ontwikkeling sal waarskynlik skade aan die omgewing aanrig. Omgewingsagteruitgang en besoedeling kan groot struikelblokke vir maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling word. Wat plaasvind, is dat die voorraad van materiële produkte toeneem, maar die lewensgehalte afneem.

13. Verduidelik hoe (a) lugbesoedeling, (b) waterbesoedeling en (c) grondbesoedeling deur ontwikkeling vermeerder word.

Lugbesoedeling word hoofsaaklik veroorsaak deur die verbrand van fossiel-brandstowwe soos steenkool, swaar brandstofolie, diesel en petrol in die industriële en vervoersektor, en bout vir huishoudelike gebruik. Suid-Afrika het 'n groot probleem met lugbesoedeling en het een van die hoogste C02-vrystellings per persoon. Dit dra by tot aardverwarming en die kweekhuiseffek. Lugbesoedeling van ons steenkool-kragstasies dra by tot suurreën.

Waterbesoedeling is 'n gevolg van die uitlaat van onbehandelde industriële en huishoudelike afval in die waterweë. Die afval bevat verskeie chemikalieë, insekdoders, plaagdoders, onkruiddoders en rioolvuil. Besoedelde water is skadelik vir mense en plante, waterlewe en diere.

Grondbesoedeling word deur die storting van vullis en bourommel, swak boerderypraktyke en myne veroorsaak. Die menslike bevolkingsontploffing en industrialisasie van die samelewing lei tot 'n groot toename in die produksie van goedere en dienste. Industriële vullis sluit die afval van die vervaardiging van alledaagse goedere soos glas, papier, motorvoertuie en blikkies in.

Page 18: ONTWIKKELINGSGEOGRAFIEin 'n veilige omgewing bv. Japan Millenium-ontwikkelingsdoelwitte (MOD): ied Zn raamwerk vir Zn gemeenskaplike doelwit aan wat vereis dat die internasionale gemeenskap

18

ONTWIKKELINGSGEOGRAFIE Gr. 11 Hoërskool Zwartkop

14. Noem SES maatreëls wat ingestel kan word om die effek van besoedeling te verminder. 15. Bespreek drie maniere hoe die staat betrokke kan raak om ontwikkeling te bevorder. Magtigingswetgewing. Die regering is verantwoordelik vir wetgewing wat ekonomiese groei en

billike toegang tot voordeel van almal aanmoedig. Dit moet veral die behoeftes van die armes en gemarginaliseerdes in ag neem deur werkskepping, om sodoende werkloosheid te bekamp.

Wetstoepassing. Die wet is die grondslag van die maatskaplike, politieke en ekonomiese ontwikkelingsproses. Dit is omdat ontwikkeling aan belegging gekoppel is. Die wet verskaf stabiliteit, wat belegging aanmoedig.

Ontwikkeling en aanneming van ontwikkelingstrategieë. Suksesvolle ontwikkelingstrategieë moet toekomstige behoeftes in ag neem, realisties en volhoubaar wees, gemeenskappe betrek en nuwe hulpbronne voorsien.

16. Wat is die staat se vlak van beheer oor semi-staatsinstellings soos Transnet en Eskom? • Die staat het slegs indirekte beheer (deur wetgewing) oor die werksaamhede van private

maatskappye. 17. Hoe moet besighede of die privaatsektor betrokke raak by ontwikkeling?

• Besighede moet fondse insamel van beleggers en lenings verkry van handelsbanke om die finansiële ondersteuning wat hulle van die staat kry, aan te vul.

• Besighede moet gebruik maak van die geleenthede wat die staat skep om die ekonomie te ontwikkel.

18. Waarvoor staan die volgende afkortings en wat is elkeen se betrokkenheid by ontwikkeling in ʼn land? • (a) IOS’e - Industriële Ontwikkelingsones. • IOS’e: Spesiaal geboude, industriële landgoedere gekoppel aan 'n internasionale hawe of

lughawe. • (b) ROI’s - Ruimtelike Ontwikkelings-inisiatiewe (ROI’s). • ROI’s: Gebiede waar sosio-ekonomiese toestande gekonsentreerde regeringshulp

benodig, en waar inherente ekonomiese potensiaal bestaan. • Die Departement van Handel en Nywerheid is verantwoordelik vir die IOS'e. • Die bestuur van besighede in hierdie sones word steeds deur die privaatsektor hanteer.

Page 19: ONTWIKKELINGSGEOGRAFIEin 'n veilige omgewing bv. Japan Millenium-ontwikkelingsdoelwitte (MOD): ied Zn raamwerk vir Zn gemeenskaplike doelwit aan wat vereis dat die internasionale gemeenskap

19

ONTWIKKELINGSGEOGRAFIE Gr. 11 Hoërskool Zwartkop

19. Noem AGT IOS projekte wat in Suid-Afrika plaasvind. 20. Noem die TIEN ROI’s gebiede in Suid-Afrika.

Page 20: ONTWIKKELINGSGEOGRAFIEin 'n veilige omgewing bv. Japan Millenium-ontwikkelingsdoelwitte (MOD): ied Zn raamwerk vir Zn gemeenskaplike doelwit aan wat vereis dat die internasionale gemeenskap

20

ONTWIKKELINGSGEOGRAFIE Gr. 11 Hoërskool Zwartkop

Taak 9: Die rol van ontwikkelingshulp. (Bl. 196 – 199)

1. Wat is ontwikkelingshulp? Baie ontwikkelde lande wil Derdewêreld volke help, om:

humanitêre redes asook

om hul eie handel en nasionale sekuriteit te verbeter. Hulp behels die oordrag van hulpbronne vanaf ekonomies-ontwikkelde lande (MEDC's) wat die skenkers is, na minder ekonomies-ontwikkelde lande (LEDC's), wat die ontvangers is. Ontwikkelingshulp: Dis steun in die vorm van tegniese bystand, internasionale hulp, oorsese hulp, buitelandse hulp of Amptelike Ontwikkelingsbystand.

• Dit is hulp vanaf regerings en ander agentskappe om die ekonomiese, omgewings-, maatskaplike en politieke ontwikkeling in ontwikkelende lande te ondersteun.

• Ontwikkelingshulp is gebaseer op die aanname dat Derdewêreld nasies nie groei nie, omdat hulle 'n gebrek aan finansiële hulpbronne het.

• Ontwikkelingshulp probeer om langtermyngroei in die LEDC's aan te moedig deur: • groot projekte te bou, • deur begrotingshulp en • hulp met terugbetalingsaldo's te verleen, en • deur 'n verskeidenheid navorsings- en beplanningspogings te befonds. • Ontwikkelingshulp - hulp vanaf regerings en ander agentskappe om die ekonomiese,

omgewings-, maatskaplike en politieke ontwikkeling van ontwikkelende lande te ondersteun.

2. Wat behels ontwikkelingsamewerking? • ontwikkelde en ontwikkelende lande saamwerk om die lewenstandaard van armes te verhoog.

3. Noem die DRIE soorte ontwikkelingshulp. tegniese hulp / voorwaardelike hulp / humanitêre hulp? 4. Wat behels tegniese hulp?

• Tegniese hulp beteken: om mense te help met beter tegnologie as waaraan hulle gewoond is om hul doeltreffendheid en produktiwiteit te verbeter.

• Neem landbou as 'n voorbeeld: • tegniese hulp in die vorm van meganisering van landbou, • verbetering van besproeiing en • bekendstelling van ander landboutegnologie aan mense in ontwikkelende land beteken • verbetering van landbouproduktiwiteit, • wat op sy beurt verbetering van die lewens van daardie mense beteken.

5. Wat behels voorwaardelike hulp? • Voorwaardelike hulp is: hulp wat gegee word op voorwaarde dat spesifieke

verantwoordelikhede nagekom word.

• Ryk lande plaas baie voorwaardes op hulp, wat die doeltreffendheid van die hulp belemmer. • Skenkerlande vereis byvoorbeeld dikwels dat die ontvanger goedere en dienste van die skenker

aankoop, selfs al is dit elders goedkoper beskikbaar. • Ander voorwaardes sluit die oopstelling van die land vir buitelandse belegging in, selfs al is die

land nie gereed om dit te doen nie. 6. Wat behels humanitêre hulp?

• Humanitêre hulp - hulp wat verligting bring na omgewingsrampe • Humanitêre hulp is: materiële of logistieke hulp wat vir humanitêre doeleindes verskaf word,

gewoonlik in reaksie op humanitêre krisisse, soos natuurrampe en mensgemaakte rampe.

Page 21: ONTWIKKELINGSGEOGRAFIEin 'n veilige omgewing bv. Japan Millenium-ontwikkelingsdoelwitte (MOD): ied Zn raamwerk vir Zn gemeenskaplike doelwit aan wat vereis dat die internasionale gemeenskap

21

ONTWIKKELINGSGEOGRAFIE Gr. 11 Hoërskool Zwartkop

• Die primêre doel van humanitêre hulp is om lewens te red, lyding te verlig en menswaardigheid te herstel.

7. Verduidelik watter merkbare impak het hulp op ontwikkeling? • Goed beplande medium- en langtermynprogramme kan 'n land help om te ontwikkel en om

minder afhanklik van hulp te wees. 8. Noem SEWE gevalle wanneer hulp doeltreffend is vir lande.

• bydra tot die opleiding van personeel en die opbou van tegniese kennis • humanitêre verligting bied en help om lewens en behuising na 'n ramp te herbou • industriële ontwikkeling aanmoedig, werksgeleenthede skep en infrastruktuur verbeter • beter ekonomiese en maatskaplike beleide ondersteun • eksterne middele voorsien vir beleggings en projekte finansier wat nie sonder kommersiële

kapitaal onderneem kon word nie • lande ondersteun om hul natuurlike hulpbronne en kragvoorsiening te ontwikkel • projekte voorsien wat skoon water en sanitasie ontwikkel, en sodoende gesondheid en

lewenstandaarde verbeter. 9. “Swak beplande hulp maak dikwels 'n land meer, eerder as minder, afhanklik van ander.”

Verwys na die stelling en gee VIER gevalle waar hulp nie effektief sal wees nie. • dit nie 'n geskenk of gratis is nie, maar 'n lening wat terugbetaal moet word, en wat armer lande

sal sukkel om terug te betaal. • baie van die hulp nie die mense wat dit die nodigste het, bereik nie, met ander woorde, die

armste mense in die armste lande. Korrupsie kan beteken dat plaaslike politici die geld wat vir hulp bedoel was, vir hul eie doeleindes of vir politieke gewin gebruik. Die gevolg is dat die rykes ryker word, en die armes armer.

• daar dalk 'n voorwaarde aan die belegging gekoppel is dat die projekte deur buitelandse maatskappye bestuur moet word, of dat 'n gedeelte van die hulpbronne of winste oorsee gestuur moet word. Hulp is soms gekoppel aan die aankoop van goedere en dienste van die skenkerland. Dit mag dalk nie die beste of die mees ekonomiese keuse vir die ontvangerland (LEDC) wees nie.

• Hulpvoorsiening kan dalk die oordra van ontoepaslike tegnologie of die befondsing van omgewings-onvriendelike projekte tot gevolg hê.

10. Hoekom misluk buitelandse hulp in baie gevalle as 'n ontwikkelingsbeleid? • Buitelandse hulp misluk in baie gevalle as 'n ontwikkelings-beleid, omdat dit die

markaansporings vernietig en die mag van die heersende elite uitbrei.

• Dit stuur die Derdewêreld weg van die vrye mark, en daarom vererger dit eintlik Derdewêreld-armoede.

11. Hoe help die beleid van vryhandel die privaatsektor van die LEDC's? • Die alternatiewe beleid van vryhandel gee die privaatsektor van die LEDC's die geleentheid om

uit te brei en te floreer. 12. Hoe het hulpverlening lande soos Korea, Botswana en Honduras gehelp? 13. Hoekom het internasionale hulp, lande soos Kuba, Zambië, Demokratiese Republiek van die

Kongo, Haiti, Sierra Leone en Somalië nie gehelp met ontwikkeling nie.