gkcenturion.co.zagkcenturion.co.za/.../uploads/sending/Hefsiba_Feb2015.docx · Web viewHefsiba se...

12
Nuusbrief 1/2015 Februarie 2015 Liewe Vriende Ek groet u uit Vila Ulongue en vertrou dat die eerste sesde van die nuwe jaar reeds aan elkeen weereens n voorsmaak van God se groot liefde en genade gebied het. Dit is my gebed dat die nuwe lewensjaar vir elkeen 'n seisoen van toewyding en ywer sal wees waardeur Sy naam sal triomfeer in elke ruimte waarin ons mag leef, werk, speel en aanbid. Die akademiese jaar is volstoom aan die gang en dit gaan goed met al die bekendes en bemindes by Hefsiba. N LANG STILTE MET ‘N LANG-STORIE Indien die lang nuusstilte van hierdie front jou dalk laat wonder het of ons nog hier is, is ek verheug om jou van hierdie twyfel te verlos. Dit gaan goed op die Hefsiba kampus. Dit is my eerste reënseisoen hier. Wat 'n belewenis! Die Mauerivier is in vloed. Asof God met groen verfreën die vaal en stowwerige winter omgewing oordek het en binne 'n maand alles omskep het in 'n lowergroen natuurtuin. Voël -en insekgeluide vroegdag laat mens voel asof jy in 'n oerwoud wakkerword. Wat 'n voorreg om hier te kan werk! Voorbereidings vir 'n nuusbrief gedurende Oktober verlede jaar was goed op dreef totdat n onvoorsiene gebeurtenis alle menslike intensie en beplanning verander het en 'n lang nuusvertraging tot gevolg gehad het. Gedurende die laaste helfte van Augustus, moes ek een oggend tydens my fietsrit stop, afklim en gaan sit. Asof my brandstof gedaan is. Dit was ongehoord, maar tog nie heeltemal vreemd om vir 'n oomblik sonder woema te wees nie. Maar, alles gaan voort en toe ek na 'n week nog nie my lus vir oefening en kos herwin het nie en skielik moeilik begin beweeg het, is ek een oggend deur Marie Smit na Nkhoma Hospitaal naby Lilongwe toe geneem, waar ek Dr Renier Ter Haar kon spreek. Ek het duidelik iets onder lede gehad, maar 'n

Transcript of gkcenturion.co.zagkcenturion.co.za/.../uploads/sending/Hefsiba_Feb2015.docx · Web viewHefsiba se...

Page 1: gkcenturion.co.zagkcenturion.co.za/.../uploads/sending/Hefsiba_Feb2015.docx · Web viewHefsiba se voortbestaan word moontlik gemaak deur 'n aantal mense, instansies & gemeentes wat

Nuusbrief 1/2015 Februarie 2015

Liewe Vriende

Ek groet u uit Vila Ulongue en vertrou dat die eerste sesde van die nuwe jaar reeds aan elkeen weereens n voorsmaak van God se groot liefde en genade gebied het. Dit is my gebed dat die nuwe lewensjaar vir elkeen 'n seisoen van toewyding en ywer sal wees waardeur Sy naam sal triomfeer in elke ruimte waarin ons mag leef, werk, speel en aanbid.

Die akademiese jaar is volstoom aan die gang en dit gaan goed met al die bekendes en bemindes by Hefsiba.

N LANG STILTE MET ‘N LANG-STORIE

Indien die lang nuusstilte van hierdie front jou dalk laat wonder het of ons nog hier is, is ek verheug om jou van hierdie twyfel te verlos. Dit gaan goed op die Hefsiba kampus. Dit is my eerste reënseisoen hier. Wat 'n belewenis! Die Mauerivier is in vloed. Asof God met groen verfreën die vaal en stowwerige winter omgewing oordek het en binne 'n maand alles omskep het in 'n lowergroen natuurtuin. Voël -en insekgeluide vroegdag laat mens voel asof jy in 'n oerwoud wakkerword. Wat 'n voorreg om hier te kan werk! Voorbereidings vir 'n nuusbrief gedurende Oktober verlede jaar was goed op dreef totdat n onvoorsiene gebeurtenis alle menslike intensie en beplanning verander het en 'n lang nuusvertraging tot gevolg gehad het. Gedurende die laaste helfte van Augustus, moes ek een oggend tydens my fietsrit stop, afklim en gaan sit. Asof my brandstof gedaan is. Dit was ongehoord, maar tog nie heeltemal vreemd om vir 'n oomblik sonder woema te wees nie. Maar, alles gaan voort en toe ek na 'n week nog nie my lus vir oefening en kos herwin het nie en skielik moeilik begin beweeg het, is ek een oggend deur Marie Smit na Nkhoma Hospitaal naby Lilongwe toe geneem, waar ek Dr Renier Ter Haar kon spreek. Ek het duidelik iets onder lede gehad, maar 'n presiese diagnose was nie klinkklaar nie. Na 'n week is ek vir n paar dae daar opgeneem en weer later ontslaan. Ten spyte van die professionele en bekwame behandeling waarvoor Nkhoma bekend is, kon al die nodige toetse nie daar uitgevoer word nie. Verdere twee weke het verloop waarin malariasimptome weer prominent was. Na 'n kursus Coartem het die koors afgeneem. My lus vir enige iets wat na kos lyk of ruik, was weg en vervang met n konstante naarheid.(Nie deur Portugees veroorsaak nie!) Ek was toe reeds sowat 15 kg ligter. (Ek het wel onnodige bagasie saamgedra, maar sou verkies het om dit op n ander, meer statige wyse, te verloor. ) My beplande besoek aan Suid Afrika vir verblyfpermit doeleindes, is op 17 September skielik vervroeg toe ek inderhaas deur Renier opdrag gegee is om dadelik 'n Internis te gaan spreek. Aangesien ek my tydelik ingevoerde voertuig dadelik uit Mozambiek moes neem, het ek en Dirk Smit inderhaas die lang pad RSA toe gevat. Deur Mosambiek het alles seepglad verloop. Teen diè tyd dat ons Zimbabwe binnegaan, was ek toe al redelik geel van gelaat en gedaan. My velkleur kon nie verhoed dat 2 manhaftige Zim polisiemanne my skemeraand in Masvingo arresteer en summier

Page 2: gkcenturion.co.zagkcenturion.co.za/.../uploads/sending/Hefsiba_Feb2015.docx · Web viewHefsiba se voortbestaan word moontlik gemaak deur 'n aantal mense, instansies & gemeentes wat

wegneem aanklagkantoor toe nie. Die wiele van ons sleepwa het klaarblyklik in die parkeerruimte ander motoriste (wat afwesig was) se vrye toegang versper! Nadat ek vir n uur in die stampvol, snikhete aanklaglokaal trakteer is en my laaste 20 USD aangebied het om die 200 $ boete te betaal, is ek vrygelaat. Halleluja! Nadat ek Dirk die volgende dag in Pretoria afgelaai het en my dogter, Alexandra kon oplaai het ons so vêr soos Wilgeheuwel Hospitaal se Ongevalle Afdeling gevorder. By die ontvangstoonbank het my kragte ingegee en het ek 'n paar dae later in die Intensiewe sorg- afdeling weer tot my sinne gekom. Lewerversaking was die diagnose. Daar is later vasgestel dat ek die Hepatitus A virus lank onderlede gehad het, en dat die impak op my lewer moontlik vererger is deur malaria. Na nog 'n week in isolasie is ek ontslaan en kon by my familie aan die Wesrand aansterk op 'n diet van liefde, sorg, beetsap en pille. Volgens die arts wat my behandel het, is my herstel 'n wonderwerk. Dit is klaarblyklik totaal ongewoon dat 'n mens kan oorleef nadat jou liggaam vir so 'n lang tydperk in 'n toestand van lewerversaking was. Ek, en die geliefdes om my, weet dit was. Aan God die eer! Baie dankie vir al die gebede en goeie wense. Ek maak die afleiding dat ek nog heelwat werk het om te doen. Deesdae voel ek goed, eet selektief, en het weer begin oefen. Ek het heelwat tyd verloor aan voorbereiding vir die nuwe akademiese jaar en Portugees leer, maar is besig om in te haal. Elke dag is n geskenk!

Die Maue in vloed

Die tyd is goed om nou te vertel van verskeie opwindende dinge wat reeds gebeur het en wat hier plaasvind. NUUS & TERUGVOER

Verkiesing. Die Oktober 2014 verkiesing het oorwegend goed verloop. Daar was wel 'n paar voorvalle van geweld en beweerde geknoeiery, maar almal is diep dankbaar teenoor God dat die ou konflik nie weer opgevlam het nie. Dankie vir u gebede hiervoor. Die lewe in hierdie mooi land gaan rustig voort. Die uitslag is lank teruggehou om 'n verkiesingstribunaal geleentheid te gee om enkele klagtes te ondersoek. Alhoewel Frelimo nasionaal steeds die meerderheidsteun geniet, het Renamo in 'n paar van die sentrale en noordelike streke die botoon gevoer. Volgens die grondwet van Mosambiek, is minderheidspartye dan steeds uitgesluit van die regering (“winner takes all”). Vanweë

Page 3: gkcenturion.co.zagkcenturion.co.za/.../uploads/sending/Hefsiba_Feb2015.docx · Web viewHefsiba se voortbestaan word moontlik gemaak deur 'n aantal mense, instansies & gemeentes wat

die jarelange stryd tussen die 2 groot rolspelers, gaan onderhandelinge voort en hoop ons daar sal binnekort 'n permanente oplossing in plek wees. Hou asb hierdie saak op u gebedslysie. Eksamen 2014 . Hefsiba is weereens trots op die prestasie van ons studente in al 3 Fakulteite. In die geheel is daar aan ons verwagte slaagsyfer voldoen en verskeie van ons studente het, ten spyte van moeilike persoonlike omstandighede, puik presteer. Die algemene ingesteldheid en dankbaarheid van die plaaslike studente maak mens nederig en laat my wens dat ons dit op 'n groter skaal kon voorhou aan so baie studente elders wat verdere opleiding & studie as 'n vanselfsprekendheid beskou. Legitimasie . In die Teologiese Fakulteit het 7 studente hul studies voltooi en sal hulle later die jaar hul diplomas ontvang. Ses van hulle is op 14 Desember tydens 'n heugelike oggenddiens gelegitimeer en het kort daarna na hulle onderskeie gemeentes in die Sinodale gebiede vertrek. Ons gebede vir hierdie jong leraars mag nie stop nie. Dit is 'n reuse taak wat op hulle wag. Hulle werk meestal in afgeleë areas sonder waarborge van vergoeding en byvoordele. Kort voor hulle vertrek het die jong leraars saam met hul eggenote 'n huweliksverrykingskursus deurloop wat afgesluit is met 'n aangrypende seremonie waartydens elke egpaar hul huweliksbeloftes hernu het.

Legitimasie tydens oggenddiens

Soos wat jaarliks die gebruik is, ontvang elke nuwe leraar voor sy vertrek 'n fiets. Dit stel hulle in staat om 'n wye en uitgestrekte bedieningsveld makliker te kan bereik. Die NG gemeente Robertson-Oos maak hierdie skenking moontlik en Hefsiba sowel as die Igreja Reformada em Mozambique, sê weereens dankie. Die fietse is vooraf ontvang en aanmekaargesit en amptelik tydens legitimasie oorhandig.

Page 4: gkcenturion.co.zagkcenturion.co.za/.../uploads/sending/Hefsiba_Feb2015.docx · Web viewHefsiba se voortbestaan word moontlik gemaak deur 'n aantal mense, instansies & gemeentes wat

Blydskap op wiele!

Milanje & Mocuba. Na meer as 'n jaar se wag op die groenlig van die plaaslike Departement van Onderwys, is daar uiteindelik toestemming verleen dat opleiding op hierdie 2 afstandskampusse in 2015 kan begin. Hieroor is ons verheug! Al die harde werk van baie betrokkenes, vernaamlik Kruger du Preez, is beloon. Nou lê die harde werk voor om hierdie noodsaaklike eenhede goed te maak werk. As gevolg van die afstande ter sprake en ander logistieke vraagstukke, vernaamlik in die reënseisoen, is hierdie 'n reuse uitdaging. Bid asb.Die aankondiging hieroor het vroeg in Januarie gekom, wat dit byna onmoontlik gemaak het om voornemende studente te werf en in kennis te stel van ons beplande opening. Nieteenstaande kragonderbrekings, vloedskade en finansiële beperkings, het daar reeds 78 studente geregistreer in die Fakulteit Sielkunde! Voornemende Ekonomie –en Bestuurstudente het pas uitstel ontvang ten einde 'n groter getal leerders 'n kans te gun om te registreer. Ons moet natuurlik verseker dat die finansiële model waarop hierdie noodsaaklike uitbreiding geskoei is, heeltemal gesond is. Dit verg kopkrap aangesien daar 'n geldelike uitleg gemaak moet word ten einde die latere opbrengs te verseker.Die beplanning is dat lesings reeds op 9 Maart sal begin en 'n klein delegasie van ons vertrek op 4 Maart vir die opening en ander reëlings. Ek vra u gebede vir hierdie geskiedkundige stap in Hefsiba se bestaan. Dit is ons missie om goed gekwalifiseerde Christelike leiers te voorsien aan die arbeidsmark in Mozambiek. Benewens die hoofrigtings in beide die 2 Fakulteite, word studente ook deur die kurrikulum deeglik geskool in Christelike Etiek, -Leierskap en – Filosofie. Vloedskade. 'n Groot gedeelte van die Zambesia provinsie is erg deur die onlangse vloede beskadig. Ook elders en in die suide van Malawi is duisende mense ontwortel en het alles verloor. Massiewe hulpverleningsoperasies duur steeds voort. Groot skade is aangerig aan infrastruktuur. Verskeie brue is weggespoel en Mocuba was vir bykans 4 weke sonder elektrisiteit nadat aanvanklike herstelprojekte deur opvolgvloede meegesleur is.Nieteenstaande erge reën en storms van tyd–tot-tyd, is die Angonia distrik meestal ongedeërd. Daar is wel verskeie plekke rondom ons waar oorstromings ligte skade aangerig het, maar op die kampus het ons waterskade vrygespring.Vroeg in Januarie, tydens die erge storms oor die sentrale gebiede van die land, is 'n paar hoë dennebome ontwortel en het omgeval. Twee van hierdie ou reuse is deur 'n uiters magtige wind wat

Page 5: gkcenturion.co.zagkcenturion.co.za/.../uploads/sending/Hefsiba_Feb2015.docx · Web viewHefsiba se voortbestaan word moontlik gemaak deur 'n aantal mense, instansies & gemeentes wat

aan 'n klein sikloon herinner het, in die helfte letterlik afgedraai en een het groot skade aangerig aan die kook/ontspanningsvertrek van die studente. Niemand is gelukkig beseer nie, maar die struktuur sal herbou moet word. Fondse daarvoor ontbreek. Dis 'n gevoelige slag. Hierop het 'n kragonderbreking van byna 4 dae gevolg wat natuurlik voorrade in ys-en vrieskaste tot niet gemaak het. Sedertdien is ons krag-en watertoevoer maar broos. In solidariteit met julle in RSA, is ons dus ook dikwels elektrisiteitsloos (gelukkig nie kragteloos nie!). Al gaan dit meestal op dieselfde tyd af, word dit nie beurtkrag genoem nie! Almal hier leer gou om daarom te beplan en te werk, maar aangesien ons water op die kampus met elektrisiteit gepomp word, raak dinge soms erg droog in reëntyd. Dirk Smit het dan sy hande vol.

Skade aan die ontspanningsvertrek op die kampus.Die skuldige is op die voorgrond.

Opening van die 2015 akademiese jaar. Op Maandag 9 Februarie is die aanvang van die nuwe jaar op die kampus gevier met 'n kort seremonie wat deur ons Vise Rektor, Past Samuel Matunda, gelei is. Daar word uitgesien na 'n volgepakte program en benewens 3 voltydse Teologiestudente in hul 1ste jaar, word sowat 35 eerstejaars verwag in die ander 2 Fakulteite. Hul program skop af op 9 Maart. By elke aanhoor van die Mosambiekse volkslied gesing deur ons plaaslike gemeenskap, kry ek 'n knop in die keel. Dis 'n pragtige lied wat mens aanraak. Luister gerus daarna op my Facebook blad.Tydens die geleentheid is 'n nuwe oorhoofse truprojektorskerm oorhandig namens die NG Gemeente Floridapark. Dit pryk trots op die foto. Groot waardering aan hulle vir hierdie skenking

Page 6: gkcenturion.co.zagkcenturion.co.za/.../uploads/sending/Hefsiba_Feb2015.docx · Web viewHefsiba se voortbestaan word moontlik gemaak deur 'n aantal mense, instansies & gemeentes wat

Aanbouïngs. Tydens die laaste gedeelte van 2014 is daar begin met die aanbou van 'n aantal klaskamers sowel as 'n rekenaarsentrum wat ons met die 2015 akademiese jaar wou in gebruik neem. Vordering was fluks totdat die beskikbaarheid van fondse ons gestuit het. Ons is dankbaar teenoor die KvG wat ons 'n aanvanklike hupstoot gegee het van R25,000 waarmee ons kon begin sowel as ander kleiner bydraes uit die NGK familie. Ongelukkig het die volle bedrag wat goedgunstiglik beloof is, nie gerealiseer nie . Hierdie projek sou ons glad nie kon aanpak sonder die groot skenking van 'n fonds uit die VSA nie. Ons wag op verdere terugvoer, maar intussen staan ons bouwerk stil. Ons vertrou God vir die pad vorentoe met hierdie uitdaging.

Halfgeboude klaskamers & rekenaarsentrum.

Sielkunde & PortugeesIndien die oorspronklike beplanning haarfyn sou uitwerk, sou ek nou kon klasgee in vlot Portugees. Vanaf Julie verlede jaar het die leerkurwe flink geklim vir 2 en 'n halwe maand en het ek en Marie Smit goeie opbrengs ervaar op 'n uur klas elke dag. Met my noodrit RSA toe met die Hepatitus aan boord, het hierdie kurwe afgeplat en eers 7 weke later weer sy groeirigting voortgesit. Alhoewel ek reeds in Augustus verlede jaar vir 'n paar weke op 'n onbeplande wyse met 'n tolk klas gegee het, bly die gewensde scenario van krag en is ek nou vinnig besig om in te haal. Klasse is volstoom aan die gang en m.b.v. gepaste hulpmiddels en deeglike (tydrowende) voorbereiding, gaan dit voorspoedig ten spyte daarvan dat my Portugese taalvaardigheid as ‘pouco-pouco’ beskryf kan word. Verder kom dit voor asof die studente darem nog geen sielkundige skade opgedoen het nie. Maar, ek wil u versoek om asb vir my te bid met hierdie noodsaaklike vereiste.Intussen vorder ek fluks met die ontwikkeling van 'n paar belangrike byvoegings tot die Sielkunde kurrikulum. Modules in Organisasie Sielkunde, Psigopatologie en ook Opvoedkundige Sielkunde is in proses. Die praktiese opleiding van studente in hulle 4de jaar word vir die tweede semester beplan.

Dasse vir predikers . In goeie gereformeerde tradisie, dra 'n prediker hier altyd 'n das. Vir my wat nog my hele lewe worstel met 'n strop om my nek, is dit 'n erge lot. Maar, in Rome maak jy soos die Romeine en het ek selfs al by 2 geleenthede 'n das gedra. Die probleem is egter dat jy nie maklik 'n das hier plaaslik kan koop nie. Met die gevolg dat vernaamlik die Teologiestudente (wat gereeld moet preek ), sukkel. Met behulp van Derick & Bertie, my 2 broers in Johannesburg, sowel as 'n reuse bydrae deur NG Kloofendal, het Alexandra op 12 Desember met 70 dasse op Tete geland. Hierdie ‘kersgeskenk’ het die studente en ook 'n paar dosente verras en hulle baie bly gemaak. Baie dankie daarvoor!

Page 7: gkcenturion.co.zagkcenturion.co.za/.../uploads/sending/Hefsiba_Feb2015.docx · Web viewHefsiba se voortbestaan word moontlik gemaak deur 'n aantal mense, instansies & gemeentes wat

Dasse as ‘n kersgeskenk!

FINANSIES & DONATEURSHefsiba se voortbestaan word moontlik gemaak deur 'n aantal mense, instansies & gemeentes wat uit Goddelike oortuiging bydra en sodoende dit moontlik maak dat ons kan meewerk aan die uitbreiding van Sy koningkryk hier in Afrika. Ontvang asb ons waardering vir elke bydrae wat gemaak word. Ons verstaan dat 'n beswaarde ekonomie ons almal inperk. Daarom ons dank vir u bydrae . Alhoewel die getalle van betalende studente (Fakulteite Sielkunde en Ekon & Bestuur) toeneem en sodoende ons stadigaan vorentoe vat op die pad van groterwordende onafhanklikheid, is ons nog lank nie daar nie. Ons kostes neem ernstig toe, en ongelukkig raak ons donateurs minder. Nie net neem die bydraes af nie, maar ook die getal skenkers. Dit wek ernstige kommer by ons.Ons het tans 4 studente wat geen ondersteuning in die vorm van 'n beurs ontvang nie. 'n Studiebeurs beloop op die oomblik R29,000 per jaar. Direkte kostes is veel meer as dit. Wil u dit nie oorweeg om te help nie? Indien dit steeds 'n groot bedrag bly, sal 'n gedeelte alreeds baie help. Of, as jy en 5 vriende dalk 'n sindikaat vorm en een van die studente ‘aanneem‘? Ons wil enige persoon of instansie uitnooi om ons te kontak of te besoek. Sien my kontakbesonderhede onderaan. Verseker asb dat hierdie saak op u gebedsprogram is . NUUSBROKKIES

Verskeie uitreikdienste en herlewingsbyeenkomste het gedurende die laaste weke van die jaar binne ons gemeentegrense plaasgevind. Ek was deel van die Magwai veldtog en kan berig dat dit 'n geseënde gebeurtenis was.

Arrie van der Poel van die GZB Nederland (langstaande vennoot van Hefsiba), het ons tydens September besoek.

Ek kan berig dat ek my DIRE (verblyfpermit) pas ontvang het en nou heel wettig hier woon en werk. Prys die Here!

Page 8: gkcenturion.co.zagkcenturion.co.za/.../uploads/sending/Hefsiba_Feb2015.docx · Web viewHefsiba se voortbestaan word moontlik gemaak deur 'n aantal mense, instansies & gemeentes wat

Tydens my besoek aan RSA in Desember, kon ek die Gereformeerde Gemeente Centurion besoek . Dit was goed om gesigte aan name te kon koppel en 'n hele paar medewerkers te ontmoet. Ek wil ook sommer weer dankie sê vir die hartlike ontvangs en gesprek.

Dit was lekker om my ou gemeente in Grahamstown te besoek en daar 'n boodskap te bring. Ek het ook van daar 'n naambord saamgebring vir Past Cecario by die Kalomue gemeente naby die Malawi grenspos.

Ons Rektor, Past Manasse Matiquele, het pas teruggekeer van 'n kort studiebesoek na die NWU op Potchefstroom. Ons is verheug dat hy veilig terug is.

Na haar besoek hier onlangs, was my dogter, Alexandra, erg aangegryp deur die feit dat slegs 'n klein persentasie van die plaaslike bevolking snags onder n muskietnet slaap en dat malaria so 'n groot gevaar inhou dat hier weekliks mense sterf. Met behulp van 'n vriendin, Marné Mostert van Grahamstown, het die projek, ‘Malaria Sucks’, die lig gesien wat hom daarvoor beywer om op 'n volhoubare wyse nette te bekom en hier te versprei dmv 'n gemeenskapsorganisaie . Die eerste besending is reeds oorhandig op die kampus. Dankie aan elkeen wat hiermee gehelp het. Meer inligting volg.

Eerste muskietnette van ‘Malaria Sucks’ word deur die studentekapelaan, Past Capece, oorhandig.

Kobus Odendaal & Carl Lourens het 'n blitsbesoekie hier afgelê op 5/6 Desember. Groot dank aan Jannie & Susan Smit van Chandami wat 'n groot vrag onderdele, bande en ander

goedere met 'n glimlag vir ons van RSA aangery het. Dit is 'n reuse guns! Baie dankie! Op 'n ligter trant. Toe my 4-pootvriend , Boela, sy voet ernstig beseer het onlangs, moes hy

geopereer word. Op my voorstoep was dit sulke tyd. Alfeo Cavele, vee-arts, het statig opgedaag met sy motorfiets, stoepmeubels rondgeskuif, narkose toegedien en begin. Soos julle vroeër kon sien, hardloop hy lankal reeds weer in die veld rond.

Eerste muskietnette van ‘Malaria Sucks’ word deur die studentekapelaan, Past Capece , oorhandig.

5. LEES VOLGENDE KEER :- Dirk & Marie Smit : Nuus & dinge- Meer oor ‘ Malaria Sucks’- Opening by Milanje &Mocuba

Page 9: gkcenturion.co.zagkcenturion.co.za/.../uploads/sending/Hefsiba_Feb2015.docx · Web viewHefsiba se voortbestaan word moontlik gemaak deur 'n aantal mense, instansies & gemeentes wat

- Projekte van die Sinode hier plaaslik

# My groot waardering aan Attie & Anel van der Walt van Centurion wat die redigering en versending behartig.

Let asb daarop dat my e-posadres verander het.

Groete in Christus!

Ivan Stevens

Telefoon : 00258-25252021Selfoon : +258 8247 [email protected]

BANKBESONDERHEDEBegunstigde: HEFSIBABank: ABSATak: Lynwoodrif, PretoriaTakkode: 333-845Rekening Nr. 14-2015-5464Kontakpersoon: Mev. Corrie SwanepoelTel. 012-8049543E.Pos: [email protected]

Ons adres is:HEFSIBARua Samora MachelVila Ulongue Tete Mozambique