Upingtonbulletinub 20140430

8
Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop 1 MEI 2014 WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA GRATIS Upington DAAR is ’n geroeste ou plaashek wat die kindwees in almal roer. Om te skoppelmaai wanneer jy hom oopmaak vir Oupa se bakkie om deur te ry of wanneer julle die skaap gaan haal. Net buite Kenhardt het die son gesak en het ’n bietjie reënweer in die verte vir die Boesmanland opgesteek. Dit is van die laaste druppels wat die hemel se gieter hier sal strooi voordat die winter in volle gang begin. Foto: Anena Burger Prentjiemooi plaashek roer hartsnare

description

Upingtonbulletinub 20140430

Transcript of Upingtonbulletinub 20140430

Page 1: Upingtonbulletinub 20140430

Verspreidingsgebied: Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Lime Acres, Olifantshoek, Postmasburg, Upington, Keimoes, Kakamas en Groblershoop

1 MEI 2014 WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA GRATIS

Upington

DAAR is ’n geroeste ou plaashek wat die kindwees in almal roer. Om te skoppelmaai wanneer jy hom oopmaak vir Oupa se bakkie om deur te ry of wanneer julle die skaapgaan haal. Net buite Kenhardt het die son gesak en het ’n bietjie reënweer in die verte vir die Boesmanland opgesteek. Dit is van die laaste druppels wat die hemel se gieterhier sal strooi voordat die winter in volle gang begin. Foto: Anena Burger

Prentjiemooi plaashek roer hartsnare

Page 2: Upingtonbulletinub 20140430

2 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 1 MEI 2014

Karin Muller

DIE volgende paar weke gaan diemeeste mense se roetine stadigaanbegin verander. ’n Mens gaan diemotor se sonklappie afslaanwanneer jy vroeg werk toe ry. Jygaan die motor se ligte beginaanskakel. Jy gaan selfs besef jygebruik nie meer so gereeld soosgewoonlik die lugversorger nie.Nie noodwendig in daardievolgorde nie, maar jy gaan weet:Die seisoen verander. Die winteris op pad. Dalk nie binne dievolgende paar dae nie, maar diewerklikheid is die somer begineinde se kant toe staan. Waatle-moen en spanspek begin skaarsraak. Die grasperk hoef dalk netelke tweede week gesny te word.Eersdaags word die lugversor-

gers op warm gestel. Kaggelhoutgaan in die plek van braaihout

gekoop word. Die plantjies wat jynie vroegtydig met rypdoektoegemaak het nie, gaan doodryp.Dit gaan voel asof die temperatuur’n onbeperkte tyd nie weer gaanstyg nie. Maar iewers, tussen jouserp en handskoene en warmkoringsakkie, weet jy: Die kouegaan nie vir altyd aanhou nie.In ’n wêreld van onsekerhede is

dit een van die min sekerhede wat’n mens het. Of die nuus van diekomende seisoen ’n mens opge-

wonde of benoud maak, is nieregtig nou ter sprake nie. Of dieseisoen so warm of so koud gaanwees soos dit veronderstel is omte wees is ook nie nou van belangnie. Die een seisoen is verby. Dievolgende een is op pad. Daarvankan ’n mens seker wees.Ons wonder gewoonlik wat die

toekoms vir ons en veral vir onskinders gaan inhou. Ons wonderwaarheen die ekonomie op pad is.Ons wonder selfs of ons dievolgende dag elektrisiteit- ofwatertoevoer gaan hê. Ons wonderdalk wat ons rugbyspan Saterdaggaan uitrig. Onsekerhede oor jouwerk en jou gesin laat jou soms,of gereeld, in die nag rondrol.Miskien is dit die oorsaak van ’npaar ekstra plooie wat jy nie wougehad het nie.Ek het in ’n rypvrye gebied

grootgeword. Dit was ’n groot

skok vir my jare toe ek eers inmy twintig met ryp kennisgemaak het. Die winter is nie mygunsteling-seisoen nie. My manspot altyd en sê my Afrikaansenaam in ’n Indiaanse gemeenskapsou “Kombersie in die Somer”gewees het. Daar is altyd ’n kom-bers byderhand vir die moontlik-heid dat ek miskien kan koudkry.As die aankoms van die winter

vir jou goeie nuus is, is ditmoontlik dat die aankoms van diesomer vir jou slegte nuus is. Asdie aankoms van die winter jouineen laat krimp, soos vir my,skop daar tog ’n soort warmte nesin jou hart om te weet dit is eenvan die min dinge waarvan jyseker kan wees. En in ’n wêreldvan onsekerheid is ’n mensdankbaar vir elke sekerheid watoor jou pad kom.

Winter ná somer is seker

DIEKalahariMall het onlangs ’nPaaseier-jag in samewerkingmet dieMej. Veltieland-finaliste vandieHoërskoolDuineveld aangebied. Kinders moes die meisies in hul haasoortjies vind en by elkeen ’n stempel op hul handekry om ’n Paaseier in die inkopiesentrum te kry. Hier is Leonita Loubser (5) en haar boetie Janco (2) saammet Alet Opperman, ’n Mej. Veltieland-finalis. Foto: Anena Burger

Soek-soek na ’n soetigheid

BRENDAN VAN ZYL, ’n leerlingaan die Hoërskool Duineveld, is aseen van die 60 finaliste in dienasionale kykNET-toneelkompeti-sie gekies.Dié kompetisie word jaarliks in

samewerking met die HoërskoolBellville en die Kunstekaap-teateraangebied. Leerlinge van oor Suid-Afrika heen neem hieraan deel.Die wenner kry ’n beurs van die

Universiteit van Stellenbosch (US),’n rol in ’n KKNK-produksie en ’nrol in ’n televisiereeks.Leerlinge van dié skool neem

die afgelope drie jaar aan diekompetisie deel. In 2011 was WilcoStrydom ’n finalis en in 2012 wasJoline Human een van die top-30.Brendan gaan van 15 tot 17 Mei

aan die eindronde in die Kunste-kaap-teater in Kaapstad deelneem.

Troon uit intoneel speel

BRENDAN VAN ZYL is een van 60finaliste wat van 15 tot 17Mei aan dienasionale kykNET-toneelkompetisiein Kaapstad gaan deelneem.

Foto: Verskaf

Lizette Slabber

OP 24 Mei vind die heeleerste oudisie van dieSpontaankompetisie inUpington plaas.In dié uitdunronde, wat

om 13:30 vir 14:00 in dieNaba Lodge begin, word ’nstreekwenner gekies wat aandie eindronde op die Vryfeesin Bloemfontein gaan optree.Talentvolles wat wil

deelneem, kan hulle van 12Mei af by die KalahariBulletin se kantoor registreerof hulle op die dag van dieoudisies van 13:30 tot 14:30in die Naba Lodge registreer.Die kantoor is in Scottstraat64 geleë, langs Elron-motors.Dié sangkompetisie, wat

jaarliks deur Volksblad seSentrale Plaaslike Koeranteaangebied word, brei vanjaarvan ’n sangkompetisie na ’ntalentkompetisie uit.Enigeen met ’n besonderse

talent kan deelneem. Diekompetisie is oop vir almalouer as 16 jaar. Deelnemersmoet alles wat hulle nodighet om deel te neem na dieoudisie bring. Die oudisie isgratis. Die wenner van elkestreekkompetisie sal net nádie oudisie aangekondigword.Die beoordelaars behou die

reg voor om nie ’n streek-wenner te kies indien daarnie ’n gepaste kandidaat isnie.Indien jy as ’n streekwen-

ner aangewys word, moet jyop Saterdag 19 Julie vir dieeindronde in Bloemfonteinwees. Dit vind in die Blêrkasop die Vryfees op dieUniversiteit van die Vrystaat(UV) se kampus plaas.Jy moet jou eie vervoer en

verblyf reël as jy ’n streek-wenner is.Hou die Kalahari Bulletin

dop vir die fantastiese prysewat gewen kan word.

Meld jouaan viroudisies

Page 3: Upingtonbulletinub 20140430

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 1 MEI 2014 7

DIEKalahari Mall het saammetWillemBurger, bekende baldansafrigter,’n baldansvertoning in die KalahariMall gehou.Hier staan van sy studen-te en dans terwyl hulle hul beurt op die dansbaan afwag. Foto’s: Verskaf

NIKKI FERIS van die Klitsie-kampus geniet haar danssessie.

DIÉ twee gaan nog behoorlik op die dansbaan baljaar. Lian Kühn (links)en Connor Robbertse leer speel-speel by Willem Burger hoe om op diedansvloer te skitter.

ZANDRI BRINK konsentreer hard om die moeilike danspassies te volg.

Alte swierig met hul passies

Page 4: Upingtonbulletinub 20140430

8 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 1 MEI 2014

KOM kyk na die krokodille,springbokke, gemsbok, volstruiseen sebras op die plaaswerf op dieUpington-landbou-ekspo.

Vanjaar sluit al dié wilde dierehulle by die plaaswerf se kleinbokkies, hanslammertjies, minia-tuurperdjies, hoenders, ganse,duiwe en melkkoeie aan.

Die plaaswerf is al jare dielekkerste plek vir die kinders om tebesoek en vanjaar gaan dit noglekkerder wees.

Benewens al die nuwe diere watdie kinders hier kan besoek, kanouers en kinders vanjaar ook bydie plaaswerf vleisbraai.

Donderdag verskaf die ekspobraaivleishout en braaiers ensupermark van ’n kettingwinkel-groep gaan braaipakke teen billikepryse verkoop. Dan kan die helegesin lekker op die ekspo braaiterwyl die kinders op die plaaswerfkuier.

Wat dié plaaswerf-kuier noglekkerder maak, is voorskoolsekinders het Donderdag gratistoegang tot die ekspo. Reg langs dieplaaswerf sal ’n troeteldiertentwees waar Classic Feeds en Pet

Care ’n uitstalling gaan aanbied.Daar sal ’n reuse-vistenk met

Suid-Amerikaanse tropiese vissewees en ’n visdam waar ’n mensalles van visse kan leer.

Van ’n groot verskeidenheid voëlstot hamsters en konyne sal ook indie toeteldiertent wees. Daar kantroeteldiereienaars ook hul troetel-dierbenodigdhede kom aanskaf.

Kyk krokodille en kou braaivleis

KOM kyk op die Upington-landbou-ekspo na die groot krokodille op die plaas-werf. Foto: Verskaf

ALMAL wat nog altyd graag ’nregte Amerikaanse rodeo wousien, moet Saterdag om 15:00 opdie Upington-landbou-ekspo ’ndraai maak.

Die Roughstock Rodeo Cluband Outfitters, ’n span rodeo-ruiters van Pretoria, gaan metopreggeteelde bulle wys hoe ditgedoen moet word.

Aan die plaaslike dappermanne en vroue sal daar ookkans gegee word om te wys hoesit ’n mens op ’n bul.

Die dapperes wat die bulleaanpak, moet agt sekondes opdie bul se rug kan bly. Punteword gegee vir die ruiter sestyl en vertoning op die bulen hoe meer die bul bokspring,hoe meer punte verdien dieruiter.

As die agt sekondes verby is,

moet die ruiter onmiddellikafklim of -val, wat ook al diemaklikste is.

Die rodeo-narre maak danseker die bul se aandag wordafgetrek sodat die ruiter vinnigkan padgee.

In die agt sekondes mag dieruiter net met een hand aandie band raak en sy ander handmag glad nie aan die bul raaknie.

Die Roughstock Outfittersbeskik oor ’n PerformanceAnimal Protection Act-lisensie.

Voordat die rodeo begin, gaan’n Western Games- berede speleplaasvind. Hier sal ruiters aankompetisies soos balieresies,spoedbalies en sleutelgatresiesdeelneem.

Dit sal alles in die hoofarenaplaasvind.

’n OPE boerboelskou en -keuring vindSaterdag om 09:00 op die Upington-land-bou-ekspo plaas.

Dit is vanjaar die eerste keer dat só ’nboerboelskou op die landbou-ekspo salplaasvind.

Boerboelgeesdriftiges kan seker maakhulle kom om 09:00 op die grasperk voor

die Gryssaal op die ekspoterrein byeen omdié besondere soort honde te sien.

Inskrywings sluit Vrydag en kos R100per hond of, indien meer as vier hondeingeskryf word, R60 per hond.

Keuring vir geregistreerde boerboele salonder die beskerming van die Suid-Afri-kaanse Stamboek plaasvind.

Vir verdere inligting kontak Christo Elsby 083-605-8976 of stuur ’n e-pos na [email protected].

Boerboele op ekspo te sien

DIE eerste ope boerboelskou en -keuring vandie Upington-landbou-ekspo vind Saterdagom 09:00 plaas. Foto: Verskaf

Kry jou sit op bulof perd op ekspo

’n REGTE Amerikaanse rodeo gaan Saterdag om 15:00 op die Uping-ton-landbou-ekspo plaasvind. Foto: Verskaf

DIE sanger Dusty Dixon tree Vrydag enSaterdag op die Upington-landbou-ekspo op.

Sy derde album, Romeo & Juliet, is al opdie winkelrakke en een van sy vorige tweealbums, Elvis Country en Elvis Gospel, hetplatinumstatus bereik.

Dusty het in ’n musikale gesin grootge-word en dit is dus verstaanbaar dat hy vankleins af musiek gemaak het. Sy pa hetdestyds saam met Charles Jacoby gesing enop 16-jarige ouderdom het Dusty se paaie almet die van Ray Dylan gekruis. Op 17 hethy sy eerste verhoogoptrede gehad ensedertdien het hy al saam met Tolla vander Merwe en Zack du Plessis die land volgereis met die program Maak ’n Las. Symusiek sal in oud en jonk se smaak val.

Dusty sing hier

DUSTYDIXON treeVrydag enSaterdag op dieUpington-landbou-ekspo op. Foto: Verskaf

VRYDAGom11:00 vind ’n demonstrasie op dieUpington-landbou-ekspo plaas oor hoe om ’nheel lamkarkas te ontbeen. Dié demonstrasiesal in die Karakoelsaal plaasvind. Ná die ontbe-ning word die vleis opgeveil om só geld vir dieOranjehof-tehuis vir bejaardes in te samel.

Foto: Verskaf

Page 5: Upingtonbulletinub 20140430

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 1 MEI 2014 9

DIE Upington-trio gaan op al drie dae van die Upington-landbou-ekspo optree. Vanlinks is Theuns Louw (dwarsfluit), Sunete Louw (altviool) en Narika Lategan (tjello).

Foto: Verskaf

Program van ekspo

Tree op ekspo op

Page 6: Upingtonbulletinub 20140430

10 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 1 MEI 2014

DIE nuwe kuns-en-kunsvlytwinkel Hanne met Planne het verlede Donderdag sy amptelike ope-ning gehou. Van links isMonicaGerhard, Inge Bolz, Yvette Burger, Grietjie Kruger, Annette Fourieen Teresa Terwin. Foto: Retha-Marie Hall

DIE gr. 5-leerlinge van die Laerskool Sentraal in Kakamas het ’n markdag gehou. Hier is al die gr. 5-leerlinge saam met hul onderwysers, NicoleenOlivier (links) en Pauline Minnie.

CHARLÉ VAN ZYL se oulike stalletjie het som-mer saam met haar die hele skoolterrein volgestap. Dit is die ideale manier om jou ware teverkoop terwyl jy die vryheid het om self by an-der stalletjies te kan gaan koop. Foto’s: Verskaf

Hou prettige markdag

Open winkel met planne

LENVILJOEN, ’n blindemoti-veringspreker, het die Laer-skool Sentraal in Kakamasbesoek. Sy praatjie het ’ngroot indruk op die leerlingeen personeellede gemaak.Hier is hy by Juan Koortzenwat ’n DVD as geskenk gekryhet nadat hy “oom Len” vertelhet hoe hy gesukkel het omte sien voordat hy sy bril ge-kry het. Len is beslis Juan senuwe held. Foto: Verskaf

VAN links is, voor: Jahné Goussard, Anja van Niekerk, Bia Strauss en Anneke Strauss;agter: Joané Steenkamp, Elandie Hanekom, Leemé Jansen van Rensburg en Sheli Arnon.

Foto: Verskaf

Uppies kén kunsteELANDIE HANEKOM,Jahné Goussard en JoanéSteenkamp van dieHoërskool Upington isgekies om in Junie as deelvan die Suid-Afrikaansespan in Los Angeles aandie Kampioenskappe virUitvoerende Kunste deel teneem.Elandie, Jahné, Joanie,

Anja van Niekerk, SheliArnon, Anneke Strauss enLeemé Jansen vanRensburg het as deel vandie Noord-Kaap-span aandie Suid-AfrikaanseKampioenskappe virUitvoerende Kunste inRustenburg deelgeneem.Dit word al 17 jaaraangebied en deelnemerskan dans, sing, instrumen-te bespeel, toneel speel enmodelwerk doen.Elandie het vir sang

twee goue medaljes en eensilwermedalje gewen.Jahné het vir dans een

goue en een silwermedaljegewen en sy was deel vandie prestige-afsluitingsge-selligheid.Joané het vir dans een

goue en een silwermedalje

gewen en sy was deel vandie prestige-afsluitingsge-selligheid.Anja het ’n silwermedal-

je vir sang en modelwerkgewen.Bia en Sheli was deel

van die prestige-afslui-tingsgeselligheid.

DIE drie Uppies wat in Junie in Los Angeles gaan deel-neem, is van links Jahné Goussard (dans), Joané Steen-kamp (dans) en Elandie Hanekom (sang).

Motiveerkinders

Page 7: Upingtonbulletinub 20140430

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 1 MEI 2014 15

Junior gholf gedy

DIE gholfspelers wat aan dieLaerskool Sentraal se gholf-dag deelgeneem het.

Foto’s: Verskaf

DIE wenners in die groep gr. 5 tot gr. 7 is van links MichaelFox (34 punte), Nelius de Jager (32 punte) en Anthony vander Merwe (32 punte).

DIE wenners in die groep gr. 3 en gr. 4 is van links Pieter-Neldu Plessis (30 punte), AJ Louw (33 punte) en Van RheenenOlivier (32 punte).

DIE wenners in die groep gr. 1 en gr. 2 is van links Tertiusde Jager (36 punte), Pieter Dykman (34 punte) en Philip vanZyl (43 punte).

DIE LaerskoolSentraal in Kaka-mas het op 11April sy eerstegeborgde gholfdagvir junior spelers bydie Kakamas-private gholfklubaangbied.

Van die 36gholfspelers het 24die borgdagbygewoon.

Die spelers is ingroepe verdeel enmoes aan sesaktiwiteite deel-neem waar hullepunte versamel het.

Die algehelewenners van diedag was Philip vanZyl in die eersteplek, Tertius deJager in die tweedeplek en PieterDykman en MichaelFox was gesament-lik derde.

ww

w.k

alah

arib

ulle

tin.

co.z

a

Page 8: Upingtonbulletinub 20140430

16 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 1 MEI 2014

DRIE atlete van die Hoërskool Upington hetaan die Suid-Afrikaanse junior atletiekkam-pioenskapsbyeenkoms deelgeneem.Gerrit Wickens het aan die 100 m vir

seuns o.19 deelgeneem en tot in die half-eindronde gevorder.Joe-Lythen Willemse het aan die 100 m en

200 m vir seuns o.17 deelgeneem en in albeitot in die eindronde gevorder.Franco Snyders het aan die 110 m-hekkies

vir seuns o.17 deelgeneem en hy het ook totin die eindronde gevorder.Joe-Lythen en Franco het ook aan die

volgende Atletiek Suid-Afrika-byeenkomsdeelgeneem en albei het weer tot in die

eindronde gevorder. Joe-Lythen was vierdein die 100 m vir seuns o.17.Gerrit het gekwalifiseer om aan die

Suid-Afrikaanse senior byeenkoms deel teneem en hier het hy die 100 m in 10,9sekondes teen ’n baie sterk wind gehard-loop. Hy was 31ste van die 49 senior atlete.

DIE Hoërskool Upington het op 11 en 12April aan die tweede skietkompetisie inKimberley deelgeneem.Die Uppies het vier goue, vyf silwer- en

een bronsmedalje gewen.Jana Becker het in albei die posisies ná

’n uittel tweede gekom.Christine Becker het 505 punte in die

drieposisie-veergeweerafdeling gekry en 317

punte in die staanposisie. Sy het vir albeiposisies goue medaljes gewen.Raynardt Stasch het twee goue medaljes

in die o.21-veergeweerafdeling gewen.Harm Janse van Rensburg het ’n silwer-

medalje in die drieposisie en ’n bronsmedal-je in die 10 m-staanposisie gewen.Elné du Toit het twee silwermedaljes in

die o.14-veergeweerafdeling gewen.

KLEIN INTERJOL, eenvan die FNB ClassicClashes, vind vanjaar op17 Mei by die HoërskoolUpington plaas.Soos gewoonlik gaan

dié kragmeting tussenUpington en die Hoër-skool Duineveld weerpragsport oplewer.Al die vooraf-aktiwi-

teite in sport en kultuurvind in die week van 12tot 16 Mei plaas om diegees mooi te laat opboutot die groot netbal-, hok-kie- en rugbywedstrydewat op 17Mei gaan plaas-vind.Al die wedstryde sal op

die Uppies se sportter-rein beslis word.Toeskouers word ge-

nooi om stoele en sam-brele saam te bring envroegoggend al die uit-stekende sport te komaanskou.Losies is beskikbaar

en kan vooraf by dieskool bespreek word.Kontak die skoolkan-

toor om nou al ’n losie tekoop.Hou die gedrukte en

sosiale media dop vir dieprogram van die dag enverdere inligting oor dieKlein Interjol.

Klein Interjol wink al

DIE sportkapteins van die Hoërskool Upington kan nie meer wag vir die Klein Interjol, een van die FNB Classic Clashes, nie. Van links is Herman Brandt,Gert Rupping, Ciske van Niekerk, Esmarie Ferreira, Willem Koegelenberg, Salomé Hanekom, Harm Janse van Rensburg en Raynard Stasch. Foto: Verskaf

Hulle tref die kol

VAN links is, voor:ChristineBecker, JanaBecker enElnéduToit; agter: HarmJanse vanRensburgen Raynardt Stasch. Foto: Verskaf

Atlete vaar goed op SA’sVAN links is Gerrit Wickens, Franco Snyders en Joe-Lythen Willemse. Foto: Verskaf