UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Stuur verkorte CV na [email protected] of skakel...

14
Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 23 Nr. 30 13 Oktober 2016 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Baie welkom terug aan almal. ‘n Kort, maar besige kwartaal tot die einde van die jaar, lê voor. Naskoolpersoneel Baie dankie aan die naskoolpersoneel wat gedurende die vakansie diens gedoen het. Personalia Ons dink steeds aan Islé Verster wat tuis aansterk. Ons wens jou ‘n spoedige en volkome herstel toe. Baie geluk aan Micheal Vermeulen. Hy is gekies as afrigter van die Gauteng o/13B-krieketspan. Claremont-leesprojek Volledige inligting in verband met die leesprojek is reeds aan elke gesin gestuur. Ons wil graag leesboeke skenk aan ons liefdadigheidskool, Laerskool Claremont. Ons benodig skenkings (Afrikaans of Engels) van nuwe/tweedehandse leesboeke vir laerskoolleerders. Die twee aflaaipunte gaan voor die spens en by die gr. R-hekkie wees. Die projek sal plaasvind vanaf 10 Oktober tot 10 November. Ondersteun ons asb. in hierdie uitreikaksie. Enige navrae kan aan Maritza Rothmann by 082 563-6995 gerig word. Begroting 2017: Inligtingsessie met ouers Baie dankie aan al die ouers wat die inligtingsessie op 29 September bygewoon het. Gr. 6-leierskamp Baie dankie aan die personeel wat die leerders vergesel het. Die leerders het dit baie leersaam gevind en die kamp terdeë geniet. Algemene ouervergadering: 24 Oktober Ons herinner ouers aan die algemene ouervergadering van 24 Oktober om 19:00 in die skoolsaal. Ons vra dat ouers asb. hierdie belangrike vergadering sal bywoon.

Transcript of UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Stuur verkorte CV na [email protected] of skakel...

Page 1: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Stuur verkorte CV na karen@lsfairland.co.za of skakel die hoof, mnr. Willie Goosen (011) 678-4591/2. Aansoeke sluit op Woensdag 19 Oktober

Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 23 Nr. 30 13 Oktober 2016

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Baie welkom terug aan almal. ‘n Kort, maar besige kwartaal tot die einde van die jaar, lê voor. Naskoolpersoneel Baie dankie aan die naskoolpersoneel wat gedurende die vakansie diens gedoen het. Personalia Ons dink steeds aan Islé Verster wat tuis aansterk. Ons wens jou ‘n spoedige en volkome herstel toe. Baie geluk aan Micheal Vermeulen. Hy is gekies as afrigter van die Gauteng o/13B-krieketspan. Claremont-leesprojek Volledige inligting in verband met die leesprojek is reeds aan elke gesin gestuur. Ons wil graag leesboeke skenk aan ons liefdadigheidskool, Laerskool Claremont. Ons benodig skenkings (Afrikaans of Engels) van nuwe/tweedehandse leesboeke vir laerskoolleerders. Die twee aflaaipunte gaan voor die spens en by die gr. R-hekkie wees. Die projek sal plaasvind vanaf 10 Oktober tot 10 November. Ondersteun ons asb. in hierdie uitreikaksie. Enige navrae kan aan Maritza Rothmann by 082 563-6995 gerig word. Begroting 2017: Inligtingsessie met ouers Baie dankie aan al die ouers wat die inligtingsessie op 29 September bygewoon het. Gr. 6-leierskamp Baie dankie aan die personeel wat die leerders vergesel het. Die leerders het dit baie leersaam gevind en die kamp terdeë geniet.

Algemene ouervergadering: 24 Oktober Ons herinner ouers aan die algemene ouervergadering van 24 Oktober om 19:00 in die skoolsaal. Ons vra dat ouers asb. hierdie belangrike vergadering sal bywoon.

Page 2: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Stuur verkorte CV na karen@lsfairland.co.za of skakel die hoof, mnr. Willie Goosen (011) 678-4591/2. Aansoeke sluit op Woensdag 19 Oktober

2

Voortrekkers

Baie dankie dat die personeel van Laerskool Fairland elk bederf is met ‘n heerlike roomys om nasionale bemarkingsdag saam met die voortrekkers te vier (Woensdag 12 Oktober). Ons waardeer die gebaar opreg!

Van die personeel

Mnr. Goosen, baie welkom terug. Wees verseker van elkeen van ons se heelhartige samewerking. Ons wens u ‘n kwartaal vol hoogtepunte toe.

BELANGRIKE DATUMS

KULTUUR SPORT ALGEMEEN

14 Okt. “Singit”- Koorfees met Johan Bester

25 Okt. Atletiek: Vriendskaplike

byeenkoms L/s Orion (w)

24 Okt. Alg. Ouervergadering

26 Okt. Fairland Dankfees

7 Nov. Sport- en

Kultuurtoekenningsaand:

Gr. 4 – gr. 7-leerders

8 Nov. Toekenningsaand: Gr.

7-leerders

9 Nov. Koorprysuitdeling

11 – 28

Nov.

Eksamen: Gr. 4 – gr. 7-

leerders

VAN DIE BEHEERLIGGAAM

BEHEERLIGGAAMPOSTE 2017

Studente-opvoeder (2 vakatures beskikbaar):

Grondslagfase: Gr. R – gr. 2 Sportafrigting ‘n vereiste

Studente-opvoeder (1 vakature):

Gr. 4 tot gr. 7. Rugby- en krieketafrigting ‘n vereiste

Opvoeder: Grondslagfase (1 vakature):

Aansoekers moet ten volle gekwalifiseerd wees. Sportafrigting ‘n vereiste

Sportpos: Netbalafrigting Gekwalifiseerder afrigter en skeidsregter Slegs smiddae

Diensaanvaarding: 1 Januarie 2017

Salaris: Onderhandelbaar

Stuur verkorte CV na [email protected] of skakel die hoof, mnr. Willie Goosen (011) 678-4591/2. Aansoeke sluit op Woensdag 19 Oktober om 12:00.

NB! Dui op u e-pos en CV duidelik aan vir watter pos u aansoek doen.

Page 3: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Stuur verkorte CV na karen@lsfairland.co.za of skakel die hoof, mnr. Willie Goosen (011) 678-4591/2. Aansoeke sluit op Woensdag 19 Oktober

3 BELEIDE

Neem asseblief kennis dat die volgende beleide op die School Communicator verskyn en besigtig kan word onder bronne/beleide nl. die sportbeleid, norm 2016, leerlingraadsbeleid en dissiplinêre beleid. Die toelatingsbeleid van die skool word vir kennisname ook hierdie week op die School Communicator geplaas. Ons rig ‘n vriendelike versoek aan ons ouers om hierdie beleide te bestudeer en u van die inhoud daarvan te vergewis. Ons nooi ons ouers uit om enige sake wat verband hou met die beleide met ons te kom bespreek. Ons luister graag na voorstelle en wil tred hou met die vinnig veranderende omgewing waarbinne ons werksaam is – tot voordeel van ons skool en alle betrokkenes. Ebbe le Roux Beheerliggaam en skoolbestuur

ADVERTENSIEBORDE

Die bord op die hoek van Marketstraat en 7de Laan is nuut oorgedoen. Die volgende opsies is beskikbaar: 5 spasies: 1.18m x 0.46m (Koste: R1600 per spasie jaarliks) (Die koste sluit die maak van die borde uit.) Kontakpersoon: ([email protected])

VERJAARSDAE

Baie geluk aan mnr. Ebbe le Roux wat op 15 Oktober verjaar.

REDAKSIE

Die meeste van ons waardeer iets eers as dit van jou weggeneem word. Dan kom jy skielik agter hoeveel jy dit mis. Die afgelope tyd se studenteprotes is klinkklare bewys hiervan. Normaalweg is die meeste studente dankbaar vir die onverwagse vakansiedag of twee, maar as die aksies van een groep ‘n ander groep verhoed om hulle eksamen vir die jaar te voltooi, voel hulle onmiddelik hoe dit is as iemand iets teen jou sin van jou wegneem of jou verhoed om jou doelwitte te bereik. Dan waardeer hulle skielik soveel meer die geleenthede wat hulle normaalweg oor beskik.

Net so, is die meeste van ons redelik blasé as daar gerugte is van water “shedding” en sprake van ernstige watertekorte. Jy is op ‘n vae wyse bewus van die situasie, maar ervaar dit nog nie op ‘n persoonlike vlak nie. Indien jou vrylik-beskikbare water egter sonder veel waarskuwing opgeskort word en jy word in jou persoonlike hoedanigheid verontrief, voel jy dit dadelik aan jou lyf en ervaar jy eerstehands hoe dit is om ontneem te word van iets wat ‘n basiese behoefte is. Dan eers waardeer jy elke donderwolkie en die belofte van ‘n 17% kans op ‘n reënbui teen die einde van die week. Daar is ‘n les hierin versteek: Waardeer die gerief, voordele, gawes en gawe mense wat tans in jou lewe is. Dit het niks met dankbaarheid te doen nie, maar eerder met ‘n bewuste ondersoek na die dinge wat jou lewe “ryk” maak. Tel hulle. Verstommend baie, né?

Toon jou waardering deur met respek daarmee te werk te gaan. Dit sluit dan veral die water in. Vergeet van jou swembad en jou groen sypaadjie. As ons teen Desember nog nie ernstige reënval gekry het nie, sal jy waardeer dat jy nie skuldgevoelens dra oor die water wat jy op minder belangrike dinge vermors het nie.

Net so, moet ons elke dag ‘n bietjie belê in ons verhoudings met ons mense. Waardeer mekaar en moenie later spyt wees oor die geleenthede om mekaar se lewens te verryk, wat jy laat verbygaan het nie.

‘n Mens mis iets eers as dit weg is.

Erika

Page 4: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Stuur verkorte CV na karen@lsfairland.co.za of skakel die hoof, mnr. Willie Goosen (011) 678-4591/2. Aansoeke sluit op Woensdag 19 Oktober

4

AKADEMIE Wiskunde Olimpiade Die uitslae van die finale rondte van die Wiskunde Olimpiade is ontvang. Baie geluk aan al die leerders wat deelgeneem het. Daar is bronssertifikate aan 26 leerders toegeken en 18 leerders het silwersertifikate verwerf. Dié sertifikate sal tydens die akademiese toekenningsaande oorhandig word.

KULTUUR SENIORKOOR

Vrydagaand 14 Oktober is ons laaste formele optrede vir 2016 by Hoërskool Florida. Die vertoning begin 18:30. 15:45 Alle koorlede moet by Hoërskool Florida aanmeld 16:00 Massakoor oefening 18:10 Deure open vir die gehoor 18:30 Koorfees begin 21:00 Geskatte tyd wat die aand se verrigtinge afgehandel behoort te wees.

KAARTJIES Bespreekte plekke is vanaf 20 September aanlyn beskikbaar @ R80 per sitplek, deur

www.quicket.co.za (search vir "Singit! Roodepoort", of op hierdie link:

http://www.quicket.co.za/events/21708-singit-roodepoort/#/)

*** BAIE BELANGRIK: daar is slegs 'n beperkte aantal sitplekke beskikbaar, as gevolg van die feit dat ons ongeveer 400 koorlede het wat optree. Julle moet dus so gou moontlik jul kaartjies bespreek om te verseker dat julle die beste moontlike sitplekke kry!

Kooroudisies

Kooroudisies vir 2017 is reeds aan die gang. Die laaste dag vir oudisies vir leerders vanaf gr.3 tot gr.6 is Maandag 17 Oktober vanaf 14:00 -19:00. Maak seker jou naam is op die lys by juf. Klarike Scheepers kamer 11 by die gr. R-sentrum. Belangrike datums 18 en 25 Oktober: Belangrike oefentye vir seniorkoor 2016/2017 26 Oktober: Dankfees 9 November: Afsluiting vir Seniorkoor 2016

JUNIORKOOR

Juniorkoor: Oudisies vir 2017

Ons hou oudisies vir die juniorkoor 2017 op Vrydag 21 Oktober tydens normale skoolure. Alle gr. R-, gr. 1- en gr. 2- leerders wat belangstel, is welkom!

Belangrike datums

Onthou asb. ons optrede 14 Oktober by Hoërskool Florida.

Ons sing ook by die Fairland Dankfees 26 Oktober. Maak solank 'n nota op die kalender van hierdie spesiale aand.

Fairland Dankfees

Ons dankfees vind plaas op 26 Oktober op die rugbyveld. Bring die hele gesin vir die spesiale aand!

Page 5: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Stuur verkorte CV na karen@lsfairland.co.za of skakel die hoof, mnr. Willie Goosen (011) 678-4591/2. Aansoeke sluit op Woensdag 19 Oktober

5 Kleredrag vir optredes

Dogters: groen langmou skoolhemp, groen rompie, grys langkouse (geen sykouse), skoolskoene en 'n das. Hulle hare moet asb. in 2 “ponies” wees.

Seuns: groen langmou skoolhemp, grys langbroek, belt, skoolskoene en 'n das.

Belangrike datums: 14 Oktober “Singit”- koorfees saam met Johan Bester.

Kultuuraanhaling van die week

“Success is 99,9% an inside job!”

Erika Joubert

TOEKENNINGSGELEENTHEDE Gr. 4 – 7

BELANGRIKE KENNISGEWING!!

Die toekenningsgeleenthede het ten doel om prestasies wat in 2016 deur leerders binne skoolverband

behaal is, te beloon. Derhalwe word sekere van die gr.4- tot gr.6-leerders uitgenooi om die sport- en

kultuurtoekenningsaande by te woon. Toekennings word aan die hand van Laerskool Fairland se norm

gemaak. Die norm is op ons webtuiste: www.lsfairland.co.za onder afdeling “reëls” te besigtig. Betrokke

leerders wat vanjaar na toekenningsgeleenthede uitgenooi word, sal na afloop van die normvergadering

hul uitnodigings ontvang.

Die akademiese toekenningsgeleentheid vir die gr.4- tot gr.6-leerders sal aan die begin van die

daaropvolgende jaar plaasvind sodat die akademiese prestasie oor al vier kwartale (promosiepunt) in ag

geneem kan word.

Gr. 7 se toekenningsgeleentheid vind op Dinsdag 8 November plaas, waartydens akademiese-, sport- en

kultuurtoekennings gemaak word. Alle gr. 7-leerders word versoek om die geleentheid by te woon.

Spesifieke tye rondom die toekenningsgeleentheid sal bekendgemaak word sodra die getalle gefinaliseer

is. Maak asb. ‘n aantekening in u dagboeke vir Maandag 7 November vir gr.4 tot gr.6 se

toekenningsgeleentheid en Dinsdag 8 November vir die gr. 7-geleentheid.

SPORT/KULTUUR BUITE SKOOLVERBAND: SLEGS van toepassing op gr. 4- tot gr.7-leerders

Volgens die 2016- norm van Laerskool Fairland, sal daar voortaan tydens toekenningsgeleenthede slegs

melding gemaak word van die hoogste/beste prestasie wat ‘n leerder in ‘n sportsoort of kultuuritem buite

skoolverband behaal het gedurende die betrokke jaar.

U word versoek om sodanige bewyse in die vorm van oorspronklike sertifikate in te handig direk by juf.

Leanie Taljaard in K.33 voor/op Vrydag 14 Oktober sodat dié versoeke aan die beheerliggaam en

normkomitee voorgelê kan word ter oorweging. Geen laat inhandigings sal aanvaar word nie.

Geen medaljes of trofeë moet hiermee saam ingehandig word nie. Sertifikaat moet vergesel wees van ‘n

kort beskrywing wat nodige inligting (bv. ouderdomsgroep/gewigsgroep/dissipline ensovoorts) bevat,

asook datum en plek van byeenkoms waar toekenning verwerf is.

TROFEë: 2015 Alle sport-, kultuur – en gr. 7- akademiese trofeë moet ingehandig wees voor/op Vrydag 14 Oktober. Maak asseblief seker dat die gravering (2015) aangebring is.

Baie dankie!

Leanie Taljaard Koördineerder: Toekenningsgeleenthede

Page 6: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Stuur verkorte CV na karen@lsfairland.co.za of skakel die hoof, mnr. Willie Goosen (011) 678-4591/2. Aansoeke sluit op Woensdag 19 Oktober

6

SPORT

TENNIS

Seniorseuns B verloor 25 – 56 teen Jan Cilliers Seniordogters B wen 44 – 21 teen Laerskool Rivonia

Juniortennis: Rondomtalie (Seuns)

Die rondomtalie sal op die volgende dae plaasvind:

Vrydag 14 Oktober – Novak Djokovic

Vrydag 21 Oktober – Stan Wawrinka Wedstryde begin stiptelik om 13:15

Vrydag 28 Oktober – Roger Federer Leerders mag tweede pouse aantrek.

Vrydag 4 November – Rafael Nadal Leerders speel in gewone klere.

Opgedateerde inligting:

Novak Djokovic

14 Oktober

Stan Wawrinka

21 Oktober

Roger Federer

28 Oktober

Rafael Nadal

4 November

Jean du Toit Seef Dannhauser Malan Graham Hadrian Divito

Herman Wessels Dylan Engelbrecht Simon du Plooy Jean Taljaard

Luke Groeneveld Kean Swanepoel Dawid Wiggett Jean-Pierre Griesel

Diaan Rooseboom Ivan Scheltema Jaco Dannhauser Josiah Stroh

Johan vd Merwe Lijan Smal Zander Fourie Richard Smith

Joshua Liebenberg Ben Barnard Rudolph Lategan Jason Smith

Martin Nel Ruben Botha Johann Louw Aiden Fourie

Ethan Bezuidenhout Christo Ankersmit Luan Espach Ethan van Damme

Ruan Keyter Ethan Jatho Keane Avis Queon Ernst

Leam vd Sluys Lucian Kleyn Callie Symington Vincent Graham

Christiaan Campher Chris Rothmann Nader Nagdy

Juniortennis: Rondomtalie (Dogters)

Hier volg ‘n lys van die dogters wat aan die rondomtalie op Saterdag 15 Oktober gaan deelneem:

Gr. 4: Jana Theron; Ané vd Westhuizen; Annika Dirker; Nicola Nel; Jana Simpson; Alicia Sonntag; Emma Ferreira; Mia van Niekerk

Gr. 3: Danica Smit; Mieke Raubenheimer; Johané van Pletsen; Karla Strumpher; Karla Jooste Gr. 2: Rachelle Jardim; Donna de Wet; Zanique Theron; Danielle Dixon

NETBAL

Die volgende dogters het aan die JOMO-proewe deelgeneem:

o/12-dogters: Clarise van Dyk

o/13-dogters: Simone van Belkum; Zoë Franck; Stephanie van der Merwe; Mathilda Steyn

Baie geluk aan bogenoemde dogters!

Noord-wes Kriekettoernooi

o/9: Christiaan Liebenberg - “Man of the match”

Francois Groenewald - “Man of the match”

Rico Vosloo - Bouler van die toernooi

Jean Taljaard - Veldwerker van die toernooi / Kolwer van die toernooi

Page 7: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Stuur verkorte CV na karen@lsfairland.co.za of skakel die hoof, mnr. Willie Goosen (011) 678-4591/2. Aansoeke sluit op Woensdag 19 Oktober

7

Seniortennis: Vierde kwartaal Datums - voorlopige ligawedstryde Dogters (Woensdae) 19 Oktober A span vs Crawford Lonehill weg B span vs Trinity Randpark weg

26 Oktober A span vs Jan Cilliers weg B span vs Kind David Sandton tuis Seuns (Donderdae) 29 September A span vs Unika tuis B span vs Jan Cilliers tuis

13 Oktober A span vs Montrose weg B span vs Kind David Victory Park weg

20 Oktober A span vs Louw Geldenhuys tuis B span vs Bye

27 Oktober A span vs St. Stithians weg B span vs Louw Geldenhuys tuis

KRIEKET Uitslae 1ste span wen met 9 paaltjies teen BPMS 3de span wen met 1 paaltjies teen Esperanza o/9A wen met 88 lopies teen BPMS o/9B wen met 8 paaltjies teen Louw Geldenhuys o/10A wen met 37 lopies teen BPMS o/11A wen met 9 paaltjies teen BPMS Oefentye

Tyd: (derde en vierde kwartaal)

Maandae: 14:10 - 15:40 Dinsdae: 13:45 - 15:15 Woensdae: 13:45 - 15:15

MINI-KRIEKET

Oefentye:

Gr. 1: Maandag 13:35 – 14:15 Dinsdag 13:05 – 14:15 Gr. 2: Maandag 13:35 – 14:30 Dinsdag 13:05 – 14:30

Onthou om die volgende saam te bring: sonhoed, sonskerm, koue water en ‘n tennisbal en kolf wat duidelik gemerk is.

Wedstryde: Vind plaas op Donderdae vanaf 14:00 – 16:00.

20 & 27 Oktober; 10, 17 & November – Randburg Sportgrond

Krieketoefentye vir gr. R-leerders (o/6)

Dinsdag en Woensdag – 13:10 tot 14:10

MIDDELAFSTANDE

Oefentye

Maandag, Dinsdag en Woensdag: 15:45 – 17:00 Donderdag: 15:00 – 16:00 Vrydag: 13:00 – 14:00

Gr. 3 - tot gr. 6 - leerders word uitgenooi om saam te kom oefen. Maak verskoning by mnr. Jordaan as Jy nie kan kom oefen nie.

Page 8: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Stuur verkorte CV na karen@lsfairland.co.za of skakel die hoof, mnr. Willie Goosen (011) 678-4591/2. Aansoeke sluit op Woensdag 19 Oktober

8 ATLETIEK Oefenprogram: (4de kwartaal)

14:10-14:40 14:40-15:10 15:10 – 16:10 15:45 – 17:00

Maandag

Naellope o/11 - o/12

Velditems o/9 - o/10

Naellope o/9 - o/10

Velditems o/11 - o/12

Hekkies Middelafstande

13:50-14:20 14:20-14:50 14:50 – 15:50 15:45 – 17:00

Dinsdag Naellope o/9 - o/12 Naellope o/9 - o/12 Hekkies Middelafstande

Woensdag Velditems

o/9 - o/10

Velditems

o/11 - o/12

Hekkies Middelafstande

15:45 – 17:00

Donderdag Geen Geen Geen Middelafstande

INLIGTINGSENTRUM

Lank, lank gelede …

Tydens die jaarlikse sprokie-opvoering deur die gr.6 media- en leesklubleiers, het ons weereens ontdek hoe talentvol juf. Leanie is as strorieskrywer en ons leerders as akteurs. In die sprokie, wat vir die juniors opgevoer is, is plek gemaak vir Rooikappie, Slapende Skoonheid, Sneeuwitjie, Gouelokkies en selfs een van die drie bere. Daar was ook karakters uit storieboeke soos die GSR en Matilda uit Roald Dahl se boeke. Dumbledore, Lord Voldemort en Hermione uit Harry Potter van J K Rowling en dan natuurlik ander karakters soos Nikkie Maxwell van Dork Diaries sowel as Shaggy, Welma en Freddy van Scooby Doo. Die juniors het hulself geniet met al die mooi kostuums en manewales van die karakters. Gelukkig het ons sprokie gelukkig geëindig met Elsa van Frozen wat die groepie ‘gevries’ het om te hou tot volgende jaar.

ALGEMEEN

VERE-KAS

Ons wil alle ouers dringend versoek om asseblief hulle kinders na die Vere-kas te stuur om te kyk of daar enige van hulle verlore klere is. Die Vere-kas het ongelooflik baie verlore wintersdrag. Enige verlore klere (van Augustus) wat nie op opgeëis word voor 30 September nie, sal gewas word en teruggeplaas word in die Vere-kas om verkoop te word. Ons herinner ook ouers om asseblief alle klere te merk met 'n naam en 'n kontaknommer.

MAANDAG DINSDAG WOENSDAG DONDERDAG VRYDAG

Oggend 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40

Middag 13:30-14:00 13:00-13:30 13:00-13:30 13:30-14:00 Gesluit

Vere-kasgroete Lillian Ankersmit - 082 324-5034

Page 9: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Stuur verkorte CV na karen@lsfairland.co.za of skakel die hoof, mnr. Willie Goosen (011) 678-4591/2. Aansoeke sluit op Woensdag 19 Oktober

9

DANKFEES

Ons wil graag weer die jaar afsluit met ‘n projek wat waarde sal toevoeg tot elkeen van ons gesinne.

Ons nooi u elkeen, elke ouer, elke oupa en oupa, elke kosbare leerder, boeties, sussies en maats na

‘n onvergeetlike buitelug Dankdiens op ons paviljoen en rugbyveld. Ons Fairlanders gaan almal met

kerse in die hand, saam met Joshua na die Reën en ons Junior- en Seniorkore lof bring aan God en

heerlik saam sing om dankie te sê vir soveel seëninge hierdie jaar.

Om die saamsing te vergemaklik…gaan ons hierdie jaar ook die woorde van die liedere wat ons gaan sing aan u epos, asook op die skool se webblad plaas en verder ook op ons facebookblad dit sit! Dit sal verseker dat die woorde maklik van u selfone af saamgesing word!

DAGBOEK ASSEBLIEF – DANKFEES DATUM: Woensdag 26 Oktober TYD: 18:30 tot 20:00 KOSTE: Gratis.

Ons sien uit daarna om die jaar saam met elkeen van julle wat deel is van ons skool se hartklop, met hierdie hoogtepunt af te sluit.

“Kom sing ‘n lied om vir die Here dankie te sê…”

Psalm 147:7

GR. R: UITBLINKERS VAN DIE WEEK

Die maatjies in elke gr.R-klas wat werklik tydens die week uitgeblink het, se naam verskyn weekliks in die Vinkie. Dié maatjies kry ‘n pragtige sertifikaat, dra die goeiegedrag-knopie en mag ‘n draai by mnr. Willie in sy kantoor maak.

Gr. R/07 : Bernard Judels Gr. R/08 : Sade Wilkins Gr. R/09 : Jano Greyling Gr. R/10 : Cian Jonck Gr. R/11 : Leandri Smit Gr. R/11A : Xander Slabbert

STERRE VAN DIE WEEK

Gr. 1/18 : Cayden Axsel Gr. 1/22 : Sebastian van den Berg Gr. 1/24 : Daniella Steward Gr. 1/25 : Cara Labuschagne Gr. 1/26 : Marius de Beer Gr. 1/27 : Zandri van Vuuren Gr. 2/14 : Luan Moolman Gr. 215 : Donna de Wet Gr. 2/16 : Janesca Swart Gr. 2/17 : Ben Barnard Gr. 2/21 : Cara Kilian Gr. 2/23 : Anais Esterhuizen

Gr. 3/12 : Luke Barnard Gr. 3/13 : Jaiden Badenhorst Gr. 3/28 : Mieke Raubenheimer Gr. 3/29 : Mia Knauff Gr. 3/45 : Nicola du Plessis Gr. 3/46 : Keegan Klopper

Page 10: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Stuur verkorte CV na karen@lsfairland.co.za of skakel die hoof, mnr. Willie Goosen (011) 678-4591/2. Aansoeke sluit op Woensdag 19 Oktober

10 GOEIE GEDRAG

Gr. 4/51 Anika van der Merwe Gr. 4/52 Coco Naudé

BIDGROEPIE

Kom bid lekker informeel en vinnig saam as Jy klaar kinders afgelaai het op ‘n Woensdagoggend. (7:30 -8:00). Ons wil graag in die lapa vir ons skool, die kinders, personeel en werkers bid.

Vir enige inligting sms Kirsti 083 463-6600.

TOUCH RUGBY

Sondagmiddag touch rugby vanaf 15:30 op Laerskool Fairland se sportvelde. Alle pappas en seuns welkom.

AKTIWITEITE BUITE SKOOLVERBAND

SPORT

SWEM

Galadatums: Vrydag 14, 21 & 28 Oktober, 4 November

Gedurende die Oktober skoolvakansie het sommige van Laerskool Fairland se leerders aan verskeie swemgalas deelgeneem en ons skool se naam hoog gehou.

In Johannesburg het Mika van Zyl (13) goed presteer by die Waterborn-uitnodigingsgala by Ellispark gehou op 1 en 2 Oktober 2016.

In Durban het Lené Dyson (10), Simon Kilian (11), Bennu Dyson (12), Luan Husselman (13) en Caitlin Goosen (13) hul onderskeie swemklubs verteenwoordig by die “KZN Seagulls Winter Short Course Championship” wat plaasgevind het vanaf 6 tot 9 Oktober 2016. Altesaam 76 swemklubs het aan die kampioenskap deelgeneem en al ons swemmers het puik gevaar.

Baie geluk aan Lené wat ‘n bronsmedalje verwerf het in die 200m-wisselslag aflos en aan Simon en Luan wat bronsmedaljes verwerf het in die 200m-vryslag aflos.

Ons skool is trots op al die swemmers!

Swem (7 – 8 Oktober)

Dawid Wigget en Bianca Landman was deel van die Sentraal-Gauteng swemspan wat aan die NTS Invitational Interprovincial Gala in Pretoria deelgeneem het. Die uitslae was soos volg:

Dawid Wigget (seuns o/10): 9de plek in die 50m rugslag/10de plek in die 50m vryslag 6de plek as deel van die gemengde aflosspan

Bianca Landman (dogters o/11): 7de plek in die 100m vlinderslag/11de plek in die 200m vryslag 10de plek in die 400m vryslag/4de plek as deel van die aflosspan.

Baie geluk aan altwee hierdie leerders.

Page 11: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Stuur verkorte CV na karen@lsfairland.co.za of skakel die hoof, mnr. Willie Goosen (011) 678-4591/2. Aansoeke sluit op Woensdag 19 Oktober

11 Avontuursport (26 – 30 Oktober)

Die volgende gr.7-leerders het gedurende die vakansie aan die SA Schools Adventure Racing Championship te Oos-Londen deelgeneem:

Charlie de Kock, Neil Botha, Steffahn van der Westhuizen en Mika van Zyl, het hulself uitstekend van hul taak gekwyt en algeheel 4de geëindig in die nasionale sub-juniorafdeling.

Welgedaan almal van julle!

ADVERTENSIES

RESONANZE PROJECT MUSIEKSKOOL Lentetyd is hier - kom vul die atmosfeer met musiek!! Resonanze Project Musiekskool bied musieklesse aan te kies en keur - blokfluit, klavier, kitaar, viool, dromme, sang en musiektegnologie. Kontak Cindy 081 351 7491 of [email protected]. FISIOTERAPEUT IN FAIRLAND Fisioterapeut in 8ste Laan, Fairland. Ek fokus op rug- en nekprobleme; sportbeserings; posturale rehabilitasie en longfisioterapie. Privaat- en groep pilatesklasse. Kontak Terri-Anne Boers 0725398386 of [email protected]

SKAAPTJOPS!!

Smaaklike, vars Vrystaat lamsvleis te koop teen R80.00 per kilogram. Opgesny en verpak na u bestelling. Heel of halwe lam. Navrae – Tinus de Wet [email protected].

Pilates Dynamics Teacher Training courses

Obtain the most in-depth qualification to enable you to teach on all levels of the Mat or the full Comprehensive Program.

Don’t delay, limited space available.

For more course information go to www.pilatesdynamics.co.za or contact us on 011 792 5459 or 072 999 2229 or email us on [email protected]

Page 12: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Stuur verkorte CV na karen@lsfairland.co.za of skakel die hoof, mnr. Willie Goosen (011) 678-4591/2. Aansoeke sluit op Woensdag 19 Oktober

12

Page 13: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Stuur verkorte CV na karen@lsfairland.co.za of skakel die hoof, mnr. Willie Goosen (011) 678-4591/2. Aansoeke sluit op Woensdag 19 Oktober

13

Page 14: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Stuur verkorte CV na karen@lsfairland.co.za of skakel die hoof, mnr. Willie Goosen (011) 678-4591/2. Aansoeke sluit op Woensdag 19 Oktober

14