UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · 2018-03-22 · Marketstraat 145, Fairland (011)...

16
Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 25 Nr. 8 15 Maart 2018 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Beheerliggaamverkiesing Baie dankie aan elke ouer wat die beheerliggaamverkiesing bygewoon het. Danksy u ondersteuning het ons ‘n kworum bereik. Ons het groot waardering hiervoor. Die volgende ouerlede is tot die beheerliggaam verkies: Estra Bester Johan Kilian Johan Nel Vanessa Potgieter Chris Theron Riaan van der Bergh Opvoederlede: Ebbe le Roux Estelle Venter Marilet Vosloo Nie-doserend: Karén Reyneke Baie geluk aan elkeen van julle. Ek sien daarna uit om vir die volgende 3 jaar saam met jul as beheerliggaam te werk. Die nuwe beheerliggaam sal binne die volgende 2 weke vergader en dan sal die portefeuljes aan die onderskeie lede toegeken word, asook die voorsitter, tesourier en sekretaris verkies word. Vrydag 23 Maart Die skool sal op Vrydag 23 Maart om 12:00 sluit. Geen leerder mag voor hierdie tyd uitgeteken word vir die ma en dogter-/pa en seun-kamp nie. Atletiek: SA-kampioenskap Baie sterkte aan Corné de Fouw, Kaili Botje en Kean Swanepoel wat hierdie naweek aan die SA’s in die Paarl gaan deelneem. Ons hou vir jul styf duimvas. Juniorkoor: Werkswinkel Baie dankie aan al die betrokke personeel wat tydens die juniorkoor-werkswinkel werksaam was. Rugby- en Netbalkampe Sterkte aan al die betrokke leerders en afrigters hul onderskeie kampe! Personalia Ons verwelkom me. Ilsje Engelbrecht wat in die plek van Klariké Fouché aflos tydens haar bevallingsverlof. Me. Engelbrecht is ‘n baie ervare gr. R-onderwyseres en ons weet sy is sommer baie opgewonde om met ons kleuters te werk. DRINGENDE BEROEP OP OUERS Een van ons leerders is in verlede week na skool, skrams gestamp deur ‘n verbygaande motor se spieëltjie. Ons doen weereens ‘n baie ernstige beroep op u om asb. al die verkeersreëls te gehoorsaam en om baie stadig rondom te skool te ry. Baie dankie vir u samewerking. Onthou, ons kinders se veiligheid is vir ons belangrik!

Transcript of UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · 2018-03-22 · Marketstraat 145, Fairland (011)...

Page 1: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · 2018-03-22 · Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 Jaargang 25 Nr. 8 15 Maart 2018 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Beheerliggaamverkiesing

Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 25 Nr. 8 15 Maart 2018

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Beheerliggaamverkiesing

Baie dankie aan elke ouer wat die beheerliggaamverkiesing bygewoon het. Danksy u ondersteuning het ons ‘n kworum bereik. Ons het groot waardering hiervoor.

Die volgende ouerlede is tot die beheerliggaam verkies:

Estra Bester Johan Kilian Johan Nel Vanessa Potgieter Chris Theron Riaan van der Bergh

Opvoederlede: Ebbe le Roux Estelle Venter Marilet Vosloo

Nie-doserend: Karén Reyneke

Baie geluk aan elkeen van julle. Ek sien daarna uit om vir die volgende 3 jaar saam met jul as beheerliggaam te werk. Die nuwe beheerliggaam sal binne die volgende 2 weke vergader en dan sal die portefeuljes aan die onderskeie lede toegeken word, asook die voorsitter, tesourier en sekretaris verkies word.

Vrydag 23 Maart

Die skool sal op Vrydag 23 Maart om 12:00 sluit. Geen leerder mag voor hierdie tyd uitgeteken word vir die ma en dogter-/pa en seun-kamp nie.

Atletiek: SA-kampioenskap

Baie sterkte aan Corné de Fouw, Kaili Botje en Kean Swanepoel wat hierdie naweek aan die SA’s in die Paarl gaan deelneem. Ons hou vir jul styf duimvas.

Juniorkoor: Werkswinkel

Baie dankie aan al die betrokke personeel wat tydens die juniorkoor-werkswinkel werksaam was.

Rugby- en Netbalkampe

Sterkte aan al die betrokke leerders en afrigters hul onderskeie kampe!

Personalia

Ons verwelkom me. Ilsje Engelbrecht wat in die plek van Klariké Fouché aflos tydens haar bevallingsverlof. Me. Engelbrecht is ‘n baie ervare gr. R-onderwyseres en ons weet sy is sommer baie opgewonde om met ons kleuters te werk.

DRINGENDE BEROEP OP OUERS

Een van ons leerders is in verlede week na skool, skrams gestamp deur ‘n verbygaande motor se spieëltjie.

Ons doen weereens ‘n baie ernstige beroep op u om asb. al die verkeersreëls te gehoorsaam en om baie

stadig rondom te skool te ry. Baie dankie vir u samewerking. Onthou, ons kinders se veiligheid is vir

ons belangrik!

Page 2: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · 2018-03-22 · Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 Jaargang 25 Nr. 8 15 Maart 2018 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Beheerliggaamverkiesing

2

Uit die Vink se nes.....

Algemene Ouerskapgebooie

Jy sal kinders beloon wanneer hulle hulle goed gedra.

Jy sal hulle onafhanklikheid van ‘n baie vroeë ouderdom af ontwikkel.

Jy sal reëls hê en grense stel.

Jy sal te alle tye jou humorsin behou wanneer jy met kinders te doen het.

Jy sal die taak van opvoeding positief aanpak.

BELANGRIKE DATUMS

VAN DIE BEHEERLIGGAAM

VAKANTE POS: ALGEMENE WERKER

Algemene werker: Vereistes / aard van pos (maar nie beperk tot):

Algemene geboue-instandhouding (bv. verf, algemene terreinwerk)

Medies geskik wees

Sober gewoontes hê

Geen kriminele rekord nie

Verlengde werksure wanneer verlang

Salaris onderhandelbaar

Stuur asb. alle CV's voor of op Vrydag 16 Maart om 12:00 aan Karén Reyneke ([email protected]) - Verwysing: Algemene werker.

Vir enige navrae in verband met bogenoemde pos, stuur asb. e-pos aan [email protected].

REDAKSIE

Die volgende is ‘n aanhaling wat ek op Pinterest gekry het en ek dink daar is soveel waarhede in opgesluit, dat ek dit graag met julle wil deel vandeesweek. Hoe om gelukkig te leef: Praat - hoflik Eet - gesond Oefen - getrou Slaap - genoeg Werk - toegewyd

DATUM AKTIWITEIT

ALGEMEEN 16 Maart Gr. R-fietsiedag

23 – 25 Maart Pa en seun-/Ma en dogternaweek

19 Mei VVF-pretloop

15 September VVF-funksie

AKADEMIE 8 Feb. – 16 Mrt. Toetsreeks (Gr. 4- tot gr. 7-leerders)

SPORT 15 – 17 Maart SA-kampioenskap - Paarl

20 en 22 Maart Mini-netbalkliniek (Gr. 2- en gr. 3-leerders)

Page 3: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · 2018-03-22 · Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 Jaargang 25 Nr. 8 15 Maart 2018 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Beheerliggaamverkiesing

3 Dink - skeppend Verdien - eerlik Spaar - gereeld Spandeer - met wysheid Leef - vreesloos Wees lief - sonder ophou Geniet die week! Erika

VERJAARSDAE

Baie geluk aan die volgende personeel wat hierdie week verjaar: Leanie Taljaard - 16 Maart Mag jou nuwe lewensjaar voorspoedig en geseënd wees!

AKADEMIE

Toetsrooster: Eerste Kwartaal 2018 – Finaal

Eerste Kwartaal Graad 4 Graad 5 Graad 6 Graad 7

Vr. 16 Maart Geskiedenis Geografie Geografie NW

KULTUUR

REDENAARS

LFK: Redenaars Ronde 2: Gr. 4 – gr. 7 (Vrydag 18 Mei) - Onvoorbereid LFK: Redenaars Ronde 3: Gr. 4 – gr. 7 ( Vrydag 27 Julie) – Spanredenaars

Juf. Corisa (Kamer 50)

LFK VISUELE KUNS

11 Mei - Visuele kuns rondte 2

DANS

Maandae: 14:00 - 14:30 ( gr. 1 en gr. 2) 14:30 - 15:15 ( gr. 3 en gr. 4) 15:15 – 16:00 (gr. 5 – gr. 7)

DRAMA

Donderdae: 15:00 - 15:45 ( gr. 3) 15:45 - 16:45 (gr. 4 en gr. 5) 16:45 - 17:45 ( gr. 6 en gr. 7)

Juf. Erika

SENIORKOOR

Baie dankie vir die optrede tydens die beheerliggaamverkiesing. Ons waardeer dat julle op kort kennisgewing vir ons tegemoet gekom het.

Page 4: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · 2018-03-22 · Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 Jaargang 25 Nr. 8 15 Maart 2018 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Beheerliggaamverkiesing

4 KOOR MUSIKALE BLYSPEL

15 en 16 Junie 2018

Groot opwinding heers in die Koningkryk van Concerto. Koning Oktavius het versoek dat 'n pragtige Rapsodie gekomponeer word ter viering van Koningin Oktavia se verjaardag. Die fees van RAPSODIE gaan rampspoedig eindig want Middel C word ontvoer deur Maestro Misrabel Mineur en sy Molle. Hou hierdie spasie dop!!

Belangrike datums 2018 (Voorlopig)

13 & 14 Junie Repetisies 15 & 16 Junie Optredes Verdere inligting oor hierdie baie belangrike datums sal volg.

Juf. Chrisné

JUNIORKOOR

Baie dankie vir die optrede by die beheerliggaamverkiesing. Ek is baie trots op julle.

REVUE

Baie dankie aan al die leerders wat so entoesiasties kom oudisies aflê het. Ons is baie spyt dat ons julle nie almal kon gebruik nie, maar wil vra dat julle baie hard moet werk aan beide julle sang- en danstalente vir die res van die jaar, want vanaf volgende jaar, kan ons dalk nog spanne byvoeg, afhangende van die belangstelling. Ons sê in dieselfde asem baie geluk en baie sterkte aan die leerders wat die oudisies geslaag het en reeds vanaf volgende week begin oefen. Die volgende leerders is opgeneem in die skool se twee revuespanne na afloop van ‘n dubbel-oudisieproses:

Junior revuespan

Leanne van Niekerk 1/26 Matthew Joubert 1/24 Imke Hodgkiss 1/24 Mieke du Toit 1/26 Chaniel Keyter 1/27 Mieke Fourie 1/25 Lia Espach 1/27 Mia Lombaard 1/27 Esther van der Bergh 2/23 Annabelle Kirstein 2/17 Emma Kahts 2/16 Milla le Roux 2/17 Karla Fourie 2/17 Sune Durrow 2/16 Kayleigh Ruffels 2/18 Leila Westley 2/23 Daniël du Toit 3/46 Jandre Pienaar 3/29 Cara Naude 3/12 Ilze van Niekerk 3/45 Theresa Richards 3/12 Carla Janse van Rensburg 3/45 Kian Benadie van Niekerk 3/29 Zandri van Vuuren 3/29 Henri Knobel 3/12

Senior Revuespan

Nina Theron 4/49 Jessica Janse van Rensburg 5/41 Lomé Robberts 5/39 Cara de Wet 5/02 Megan Jooste 5/43 Mia le Grange 5/43 Juane van Niekerk 5/42 Arielle van der Gugten 5/41 Bridgett Campbell 5/02 Abigail Louw 5/41 John Eric Roberts 5/42 Ellie Knobel 6/03 Abigail Fourie 6/40 Abigail Moorcroft 6/04 Jana Simpson 6/37 Marina Louw 6/40 Kaylin Kleynhans 6/04 Mia Jamneck 6/06

Page 5: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · 2018-03-22 · Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 Jaargang 25 Nr. 8 15 Maart 2018 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Beheerliggaamverkiesing

5 Nelrie Bothma 6/34 Sone Weber 6/06 Nanise Mostert 6/03 Delané Potgieter 6/04 Malan Graham 6/03 Johan van der Merwe 6/40 Simone Swanepoel 6/37 Rulandi Grobler 7/30 Jarik Engelbrecht 7/01 Jana Lotz 7/31 Jeanise Lubbe 7/30 Isabella van der Venter 7/44 Alexander Britz 7/30

Oefentye

Maandae - SANG: [aanleer van musiek] 16:00 -17:00 juniors en 17:00 – 18:00 seniors Woensdae - DANS: [aanleer van choreografie en danse] 16:00 -17:00 juniors en 17:00 – 18:00 seniors (Dans sal eers in April begin as eerste liedjies aangeleer is.)

SPORT

BELANGRIKE TOERDATUMS 2018

Konka-toere: o/9A- en B-spanne Ma. 19 – Wo. 21 Mrt. o/10A- en B-spanne Do. 22 – Sa. 24 Mrt. o/11A- en B-spanne Di. 3 – Vr. 6 Apr. 1ste & 2de spanne Ma. 26 – Do. 29 Mrt.

Netbalkamp: o/11A- & B- tot o/13A- & B-spanne 16 – 18 Mrt. (Camp Discovery)

Oos-Kaaptoer: 17 – 21 Junie

ATLETIEK

Baie sterkte aan ons 3 atlete wat gaan deelneem aan die SA-kampioenskap in die Paarl.

TENNIS

Tennisligawedstryde – Seniorspanne (Voorlopige ligadatums) Do. 15 Mrt. Seuns A vs Jan Cilliers (t) Seuns B vs Bryandale Primary (w) 22 Mrt. Seuns D vs TrinityHouse, Randpark (w) Oefentye is op die School Communicator beskikbaar. Uitslae: Dogters A wen 58 – 8 vs Crawford College, Lonehill Dogters B verloor 36 – 45 vs Fontainebleau (A-span)

RUGBY

Belangrike datums

Vriendskaplike wedstryde Di. 20 Mrt. vs L/s Van Riebeeckpark (w) (o/8-vyftiental; o/10A&B- en o/11A&B-spanne; 1ste-; 2de en 3de spanne Skeidsregterevaluering Sa. 17 Mrt.

Sterkte aan die o/9A- en B-spanne asook hul afrigters wat vanaf Maandag 19 tot Woensdag 21 Maart by Konka gaan kamp.

Page 6: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · 2018-03-22 · Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 Jaargang 25 Nr. 8 15 Maart 2018 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Beheerliggaamverkiesing

6 Oefentye

MAANDAG

o/9A&B / & o/8xv o/10 o/11 3de 1ste & 2de

14:10 - 15:25 B-veld A-veld

15:25 - 16:40 B-veld B-veld A-veld

DINSDAG & WOENSDAG

o/9A&B & o/8xv o/10 o/11 3de 1ste & 2de

13:40 - 14:55 B-veld B-veld

14:55 - 16:10 A-veld B-veld A-veld

Uitslae o/8: Laerskool Protearif se rugbydag o/8A vs Horison gelykop 0 – 0 vs Protearif wen 7 – 0 Uitslae vs L/s Anton van Wouw o/9A wen 32 – 5 o/9B wen 42 – 0 o/10A wen 35 – 19 o/10B wen 46 – 0 o/11A wen 29 – 7 o/11B wen 25 – 12 3de span wen 14 – 0 2de span wen 10 – 5 1ste span verloor 5 – 19 Ligabepalings (Voorlopige datums en plekke waar wedstryde gespeel gaan word) Week van 16 – 20 April vs Pres. Steyn (t) 23 – 26 April vs Kenmare (t) 30 April – 3 Mei vs Randhart (w) 7 – 10 Mei vs Helderkruin (t) 14 – 17 Mei vs Roodekrans (w) 21 – 24 Mei vs Orion (t) 28 – 31 Mei vs Florida (w) 4 Junie Uitspeelwedstryde TAU-rugby: (o/7 asook o/8’s wat nie opgeneem is in die o/8-vyftientalspan nie) Oefentye Maandae: 13:35 – 14:10 A- en B-veld

Dinsdae en Woensdae: 13:00 – 13:35 A- en B-veld TAU-toernooi 3 Mei (Unika); 9 Mei (Unika); 17 Mei (Unika); 24 Mei (tuis)

NETBAL

Belangrike datums

Vriendskaplike wedstryde Di. 20 Mrt. vs L/s Van Riebeeckpark (w) o/10- tot o/13A- tot C-spanne Netbalkursus 12 en 13 Apr. (o/10C- & D tot o/13C- en D-spanne) Mini-netbalklinieke 14, 15; 20, 22 Maart

Netbalkamp Sterkte aan al die leerders asook die afrigters wat vanaf Vrydag 16 tot Sondag 18 Maart op ‘n netbalkamp gaan (o/11A- & B- tot o/13A- en B-spanne).

Page 7: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · 2018-03-22 · Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 Jaargang 25 Nr. 8 15 Maart 2018 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Beheerliggaamverkiesing

7 Uitslae vs L/s Randhart

o/10A verloor 2 – 8 o/10B verloor 1 – 15 o/10C verloor 1 – 11 o/11A verloor 4 – 28 o/11B verloor 11 – 13 o/11C wen 7 - 6 o/12A verloor 5 – 13 o/12B wen 10 – 9 o/12C verloor 1 – 15 o/13A verloor 9 – 24 o/13B verloor 7 – 19 o/13C verloor 10 – 19

Uitslae: D-spanne vs Curro Aurora (A-spanne)

o/11D verloor 0 – 22 o/12D wen 7 – 4 o/13D wen 12 – 9

Oefentye

1ste Sessie: Maandae: 14:15 - 15:30

Dinsdae en Woensdae: 13:50 - 15:05

Baan 1 Baan 2 Baan 3 Baan 4 Baan 5 Teerbaan Klein teerbaan

o/12A&B o/12C&D o/10A&B o/9A&B o/10C&D o/9C&D o/9-Ont.

2de Sessie: Maandae: 15:30 - 16:45

Dinsdae en Woensdae: 15:05 - 16:20

Baan 1 Baan 2 Baan 3 Baan 4 Baan 5 Teerbaan

o/13A&B o/13C&D o/11A&B o/11C&D

JOMO-liga (Voorlopige datums) Do. 19 April vs BPMS (w) Wo. 25 April vs TrinityHouse Randpark (t) Do. 3 Mei vs Roodekrans (t) Do. 10 Mei vs Kenmare (w) Do. 17 Mei vs Helderkruin (t)

D10-liga (Voorlopige datums) Wo. 25 April vs Bordeaux Primary (t) Do. 3 Mei vs Franklin D Rooseveldt (w) Wo. 9 Mei vs King David Victory Park (t) Wo. 16 Mei vs Deutche Schule (w) Di. 22 Mei vs Rissidale Primary (t) Do. 24 Mei vs Sharonlea (w)

Mini-netbal

Oefentye o/6 Maandae, Dinsdae en Woensdae : 13:05 - 13:50 o/7 en o/8 Maandae : 13:35 - 14:10

Dinsdae en Woensdae : 13:05 - 13:50

Mini-netbaltoernooi 3 Mei (Unika); 9 Mei (Unika); 17 Mei (Unika); 24 Mei (tuis)

Kliniekdatums:

15 Maart Gr. R- en gr. 1-leerders 20 en 22 Maart Gr. 2- en gr. 3-leerders

SKAAK

Oefentye Donderdae: Gr. 1-leerders: Kamer 14 13:30 - 14:20

Gr. 2- en gr. 3-leerders: Mediasentrum 14:00 - 15:00 Gr. 4- tot gr. 7-leerders: Mediasentrum 15:00 - 16:30 EN/OF

Vrydae: Gr. 4- tot gr. 7-leerders: Mediasentrum 13:00 – 14:00 LET WEL: Daar sal voortaan op Donderdae en Vrydae skaakoefening vir die gr. 4- tot gr. 7-leerders aangebied word. Leerders kan een of beide van die klasse bywoon.

Page 8: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · 2018-03-22 · Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 Jaargang 25 Nr. 8 15 Maart 2018 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Beheerliggaamverkiesing

8

ALGEMEEN

VERE-KAS-TYE:

MAANDAG DINSDAG WOENSDAG DONDERDAG VRYDAG

Oggend 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40

Middag 13:30-14:00 13:00-13:30 13:00-13:30 13:30-14:00 Gesluit

Kontak vir Thea Kilian ([email protected]) / Debbé Potgieter ([email protected]) vir enige navrae in verband met die Vere-kas.

INLIGTINGSENTRUM

Die volgende verslaggies is verlede Maandag in die saal gelewer na afloop van die medialeiers se oorslaap:

Geagte mnr. Willie, personeel en maats

Vandag wil ons julle meer vertel van die gr. 6 medialeier-oorslaap. Op Vrydag 8 Maart het ons afgeskop met ‘n baie interessante werkswinkel in die mediasentrum van 14.30 tot 16.30. Ons het geleer hoe om die kinders te help as hulle boeke wil uitneem en hoe om die boeke op die regte plekke in die rakke te pak.

Van 16.30 tot 18.00 het ons pret gehad op die rugbyveld. Die juffrouens het ons in spanne ingedeel en ons moes blitsvinnig krete en name vir ons spanne uitdink. Daarna het ons lekker McDonald burgers en skyfies geëet. Ons het laastens “Minute to win it” speletjie gespeel wat vir ons baie opwindend was. Ons het ook fliek gekyk en spingmielies en hot chocolate daarby gekry wat heerlik was.

Annika Dirker

Goeiemore mnr. Willie, onderwysers en leerders

Dankie vir die geleentheid om ook so ‘n bietjie meer te kan vertel van die medialeiers se werkswinkel en

oorslaap die afgelope naweek.

Om in die mediasentrum te werk moet jy al jou varkies bymekaar hou! Ons het geleer dat elke boek ‘n

presiese plek in die mediasentrum het en dat ons as medialeiers ten alle tye moet weet waar ‘n spesifieke

boek is.

Ons het geleer hoe om boeke in te skandeer, of soos ons sê “scan” en uit te “scan” na ‘n spesifieke kind.

Ons maak van ‘n masjientjie gebruik soortgelyk aan die wat in Spar/Checkers gebruik word om inkopies te

skandeer.

Ons het dit so geniet om te leer om met hierdie masjientjie te werk, dat ek dink al ons medialeiers se ouers is

nou bekommerd dat ons net eendag in ‘n winkel wil werk sodat ons inkopies se pryse kan “scan”!

Nadat ons goed touwys gemaak is van hoe alles werk in die mediasentrum het ons darem ook tyd gehad om

mekaar beter te leer ken en so ‘n bietjie meer in spanne saam te werk.

Anika het julle vertel van al die speletjies wat ons gespeel het, lekker kos en flieks wat ons gekry het totdat

juf. Connie en al die ander personeel ons 3 :00 die oggend moes dwing om te gaan slaap.

Behalwe vir die opleiding wat ons ontvang het, glo ek die speletjies en saamkuier van die medialeiers en

leesklubleiers het ons as span saamgebind.

Ons het een doel vir Laerskool Fairland --- en dis om elke kind in die skool meer te laat lees, want elke boek

wat jy lees, leer jou iets en sodoende word jy ‘n slimmer en ‘n beter mens. En het jy geweet daar is meer as

10 000 boeke in die mediasentrum? Só… jy kan baie slim word.

Ons gaan hopelik met al ons planne meer kinders in die mediasentrum kry en ons sien uit om julle almal daar

te sien!

Mika Theron

Page 9: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · 2018-03-22 · Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 Jaargang 25 Nr. 8 15 Maart 2018 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Beheerliggaamverkiesing

9

UITBLINKERS VAN DIE WEEK

Rooiklas: Rian Esterhuizen en Ava Parry Geelklas: Ineke Blom en Cooper van Vuuren Persklas: Tracey Liebenberg en Wandre Bowker Oranjekas: Wihan Ittman en Kara Kniep Groenklas: Kaylen Lubbe en Johran Judels Blouklas: Evan de Vlamingh en Gabriella Trollip

STER VAN DIE WEEK

Gr. 1/14: Kara Botha Gr. 1/22: Wilhelm le Roux Gr. 1/24: Bianca Merrington Gr. 1/25: Ruben van Niekerk Gr. 1/26: Lizzy Mentz Gr. 1/27: Diani Balt Gr. 2/15: Emmari Henning Gr. 2/16: Amoné Marais Gr. 2/17: Anabelle Theron Gr. 2/18: Larissa Bouwer Gr. 2/21: Christiaan Trollip Gr. 2/23: Gebhardt Brits Gr. 3/12: Nikita Storm Gr. 3/13: Sean Kruger Gr. 3/28: Ruben Kok Gr. 3/29: Benré Pieters Gr. 3/45: Liam Stadtlander Gr. 3/46: Carla Steyn

GOEIE GEDRAG

Gr. 4/49 Marlene van Heerden en Hanré Jacobs Gr. 6/34 JP Reichel Gr. 6/40 Abigail Fourie

MA EN DOGTER-NAWEEK (23 – 25 Maart 2018)

PA EN SEUN-KAMP

DATUM: 23 - 25 Maart 2018

TYE: Vrydag 14:00 tot Sondagmiddag

PLEK: Klub Koppisol, op die R82 tussen De Deur en Vereeniging

TEMA: Kan ek ‘n “hero” wees?

Alle inligting in verband met die pa en seun-kamp is beskikbaar op die School Communicator onder Bronne / Pa en seun-kamp.

Koördineerder Jaco Fourie ([email protected] / 083 6333 944)

VRIENDE VAN FAIRLAND-SPENS

‘n Groot dankie aan elke leerder wat ‘n pakkie van die huis af gebring het vir die OMGEE-WEEK!!!

Ons spens se rakke is nie meer leeg nie!! Ons behoort vir so 3 maande geen aankope van sommige items

te doen nie. Baie dankie aan elke onderwyser/es wat hulle klasse so mooi aangemoedig het. Dit help as

Juffrou of Meneer die leerlders motiveer en herinner.

As enige iemand dalk vergeet het of nog iets wil skenk, sal ons dit baie waardeer. Ons het min van die

volgende items ontvang:

Soppoeier Koekmeel Koffie Ontbytpap Blikkies vis

Blikkies vleis Blikkies groente

Irene Aucamp

0836517230

Page 10: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · 2018-03-22 · Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 Jaargang 25 Nr. 8 15 Maart 2018 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Beheerliggaamverkiesing

10

NASKOOLSENTRUM

Let asb. op dat daar die Naskoolsentrum op 30 Maart en 10 Augustus gesluit gaan wees. Hierdie 2 dae is skoolvakansiedae.

AKTIWITEITE BUITE SKOOLVERBAND

SPORT

KARATE Lienka Jordaan het Saterdag 10 Maart aan die Oos-Gauteng kamioenskap deelgeneem vir die Tenshinkan Karatefederasie van Suid Afrika. Dit is in Brakpan gehou. Lienka behaal ‘n 3de plek vir haar kata vir dogters 8-9 jr. blou/pers belt Lienka behaal ‘n 1ste plek in kumite (vegkuns ) vir dogters 8-9 jr. blou/pers belt.

Arné van Nieuwenhuizen het by dieselfde kompetisie die eerste plek behaal in sy afdeling in kata en kumite. Baie geluk aan beide Lienka en Arné met hulle prestasies

AKADEMIE

OUD-LEERDERS PRESTEER

Lori-Jo Bateman is deur die Universiteit van Witwatersrand as die beste derdejaar student in Filisofie aangewys. Lori-Jo gaan die James Grieve-toekenning tydens ‘n spesiale geleentheid ontvang. Baie geluk en sterkte met jou studies!

Page 11: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · 2018-03-22 · Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 Jaargang 25 Nr. 8 15 Maart 2018 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Beheerliggaamverkiesing

11

ADVERTENSIES

RESONANZE MUSIEKSKOOL Begin 2018 reg, begin 2018 met MUSIEK!! Skryf nou in vir individuele musieklesse; viool, kitaar, dromme, sang of klavier, OF ons groepklasse; ‘“Shake it Off”, koor, marimbas en meer!! Resonanze Musiekskool, Berario Ontspanningsentrum, 081 351-7491 / [email protected] FISIOTERAPEUT Fisioterapeut in 8th Avenue, Fairland. Ek fokus op rug- en nekprobleme; sportbeserings; posturale rehabilitasie en longfisioterapie. Privaat en groep-pilatesklasse. Kontak Terri-Anne Boers 0725398386 of [email protected]. DRINGEND OP SOEK NA WERK ‘n Twee-talige, middeljarige dame is dringend op soek na ‘n administratiewe pos. Het jarelange ondervinding in administratiewe werk asook in bestuur; is rekenaarvaardig en hardwerkend. Sy is onmiddellik beskikbaar. CV op aanvraag. Indien u ‘n pos beskikbaar het of van iemand weet of benodig verdere inligting, stuur asb. ‘n e-pos aan [email protected]. OP SOEK NA VERBLYF Enkellopende onderwyseres van Laerskool Fairland is op soek na ‘n tuinwoonstel of ‘n woonstel in die Fairland-/Weltevredenarea. Kontak asb. vir Erika op 082 463-2183.

SPESIALE AANBOD VIR LAERSKOOL FAIRLAND SE OUERS

Page 12: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · 2018-03-22 · Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 Jaargang 25 Nr. 8 15 Maart 2018 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Beheerliggaamverkiesing

12

Bekendstelling van

Wie en wat is Rezprop?

Rezprop is ‘n eiendomsmaatskappy wat in Fairland, Berario en Northcliff

werksaam is. Ons is ouers van die skool en het in die area grootgeword en is

ook nogsteeds woonagtig in die Fairland-omgewing. Ons is ook die trotse borg

van die spreiligte wat verlede jaar by die skool opgerig is.

Ons ken Fairland, Berario en Northcliff.

Ons het baie jare se ondervinding in die eiendomsmark - residensieël,

kommersieël en ook ontwikkelings. Ons sal ons toewyding aan Laerskool

Fairland volhou deur ‘n skenking aan die skool te maak vir elke eiendom wat

deur ons gekoop of verkoop word.

Ons doen ook gratis professionele eiendomwaardasies. Dink u dalk daaraan

om u eiendom te onderverdeel? Ons kan daarmee ook help! Skakel gerus vir

Anton om ‘n afspraak te maak om u eiendom te lys vir verkoop of om ‘n huis

in die area te koop.

Kontak ons vandag nog: 082 871 1564

Anton Tromp Selnr. 082 871 1564 e-posadres: [email protected]

Anneke Debronic Linde Selnr. 072 610 8737 e-posadres: [email protected]

Rezprop (Pty) Ltd Sweet Thorn Office Park Bosbokstraat Randparkrif

Ondersteun deur:

Page 13: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · 2018-03-22 · Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 Jaargang 25 Nr. 8 15 Maart 2018 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Beheerliggaamverkiesing

13

Page 14: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · 2018-03-22 · Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 Jaargang 25 Nr. 8 15 Maart 2018 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Beheerliggaamverkiesing

14

Page 15: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · 2018-03-22 · Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 Jaargang 25 Nr. 8 15 Maart 2018 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Beheerliggaamverkiesing

15