Piketberger Jul 2013 (1)

12
Jaargang 20 Nr. 6 022-913 1796 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... www.piketberg.com R2,00 Julie 2013 AUTO ELECTRICAL SPECIALIST ONE STOP MOTOR PART SHOP PIKETBERG 022 913 1939 022 913 2404 Alle korrespondensie aan [email protected] Adieu Pierre en Hannatjie Pierre en Hannatjie Steenkamp. Foto: Maraai’tjie Steenkamps groet...p4 Margaret Wiskunde Adviseur...p6 PHS’ers vang graag...p8 Piketberg Hof Beste in Weskusstreek...p14 Karookop leerders presteer...p17 52ste Bergrivier Kano- marathon...p22 AP Kerk viering...p24 Hart vir die Oesland...p27 Christie in Akademie- span...p31 Pierre en Hannatjie Steen- kamp verhuis einde Junie na Mosselbaai. Pierre het 20 jaar gelede, die eerste van sy vier jaar as PHS- skoolhoof, Die Piketberger begin. Vandag kan hulle tevrede terugkyk op 20 jaar se diep spore op Piketberg en hulle nalatenskap op vele terreine. Piketberg sal hierdie immer verliefde bruid en bruidegom onthou as die elegante trotse vrou aan die sy van haar stil, sterk en sorgsame man. Hannatjie het vele dames (en mans) met sorg geklee en Pierre het nooit opgehou om sy Wiskunde en Weten- skap kennis veral, aan talle oor te dra nie. Hanna se belangstelling en kennis van sport is ongekend en Pierre se wye belangstelling en kennis van musiek tot hout- werk maak hom uitsonder- lik. Aftree? Nooit! Wíé hulle is en wát hulle kan doen, het geen perke nie. Om vir Pierre iets te vra spaar jou meer tyd as om dit te google...-Red. W E N W E N

description

Local Newspaper

Transcript of Piketberger Jul 2013 (1)

Page 1: Piketberger Jul 2013 (1)

1

Jaargang 20 Nr. 6 022-913 1796

Piketberg se koerant vir Piketberg se

mense...

www.piketberg.com

R2,00 Julie 2013

AUTO ELECTRICAL SPECIALIST

ONE STOP MOTOR PART SHOP

PIKETBERG

022 913 1939 022 913 2404

Alle korrespondensie aan [email protected]

Adieu Pierre en Hannatjie

Pierre en Hannatjie Steenkamp. Foto: Maraai’tjie

Steenkamps groet...p4 Margaret Wiskunde Adviseur...p6 PHS’ers vang graag...p8 Piketberg Hof Beste in Weskusstreek...p14 Karookop leerders presteer...p17 52ste Bergrivier Kano-marathon...p22 AP Kerk viering...p24 Hart vir die Oesland...p27 Christie in Akademie-span...p31

Pierre en Hannatjie Steen-kamp verhuis einde Junie na Mosselbaai. Pierre het 20 jaar gelede, die eerste van sy vier jaar as PHS-skoolhoof, Die Piketberger begin. Vandag kan hulle tevrede terugkyk op 20 jaar se diep spore op Piketberg en hulle nalatenskap op vele terreine. Piketberg sal hierdie immer verliefde bruid en bruidegom onthou as die elegante trotse vrou aan die sy van haar stil, sterk en sorgsame man. Hannatjie het vele dames (en mans) met sorg geklee en Pierre het nooit opgehou om sy Wiskunde en Weten-skap kennis veral, aan talle oor te dra nie. Hanna se belangstelling en kennis van sport is ongekend en Pierre se wye belangstelling en kennis van musiek tot hout-werk maak hom uitsonder-lik. Aftree? Nooit! Wíé hulle is en wát hulle kan doen, het geen perke nie. Om vir Pierre iets te vra spaar jou meer tyd as om dit te google...-Red.

W E N

W E N

Page 2: Piketberger Jul 2013 (1)

2

Redaksioneel

Teken in op Die Piketberger teen R99 vir 11 uitgawes per pos in RSA.

Lees op www.piketberg.com

Redaksie

([email protected]) Berigte en foto’s: Marietha Goosen 022-913 1796;

Advertensies:

[email protected] of sms 079 496 2719

Uitleg:

Barbie Breunissen 022-913 3873 n/u

Redaksioneel geborg deur Dr. Herold Truter

Volblad: R450 Halfblad: R300

Kwartblad: R200 Agsteblad: R140

Ander groottes op aanvraag.

Barbie Breunissen Marietha Goosen

Dr Francois Erik van Niekerk

05.06.1962 — 18.10.2012 Vandag is jou verjaarsdag in die hemel. Ons mis jou baie en sal altyd lief wees vir jou.

Pa, Ma, Pierre, Sanet en familie.

Die Piketberger vra om verskoning dat hierdie berig nie in verlede maand se uitgawe geplaas is nie.

In Memoriam

Neels en Judy Nortjé en dogters skryf... Ons wil net hiermee almal bedank wat hul medelye met die heengaan van Neels se Ma betuig het. Ons is dankbaar vir 'n geseënde lewe van onse Ma en Ouma van 87 jaar en ook dat sy haar sterfbed sonder lyding tegemoet kon gaan.

Renay en Michiel Hanekom skryf… Na ‘n jaar in Kanada is dit vir my wonderlik om te getuig hoe goed die Here vir ons is. Ons het onlangs in ‘n ruim en gerieflike huis van ‘n Suid-Afrikaanse dokter ingetrek. Dit is vier minute se stap na ‘n kerk waar ek baie tuis voel. My eerste besoek aan die “High Prairie United Church” het my ontsettend laat verlang na die NG Kerk op Piketberg — engelse hallelujah liedjies en jong mense wat Belydenis van Geloof aflê. Die klavierspel het my só na Alison laat verlang. Ek is so warm verwelkom en is dadelik gevra om deel te wees van die koor wat elke week by die Huis vir Bejaar-des gaan sing. In Augustus trou Gielie en ek kan nie wag om julle almal tydens my besoek in Julie en Augustus in Piketberg te sien nie.

Briewe van ons lesers...

Jurgen Schlümbohm, AW en Kretschmer familie skryf….

Piketberg en die Kaap 'n Vriendin op Piketberg, vroeër van Gauteng, probeer hard om op die platteland aan te pas - ek moet sê met haar mooi gesindheid begin sy plek-plek of slag-slag dit regkry. Haar uitstappies na die groot dorp, Kaapstad, is deel van haar be-houd. Ná die afgelope maand se

sake-ontploffing op Piketberg, was haar benoude kreet: "Piketberg moet nou net nie alles kry nie, wat bly oor vir 'n verskoning om Kaap toe te gaan!" "Woolworths", kom die antwoord uit dieselfde mond, lank voor ek aan iets kon dink. My skoonma, self uit die Kaap, het al 'n paar jaar gelede gesê ons Piketbergers het glad nie meer die Kaap nodig nie. Dankie aan elke sakeman en -vrou wat moedig en entoesiasties groot besluite neem, besighede oop-maak en voortreflike dienste lewer hier op ons mooie dorp. Dankie aan almal wat ook adverteer en só die lesers ingelig hou. Lees gerus ook Adéne se artikel op p24. Dit sal jou help om met ander oë te kyk. Wat ek vir myself nou klinkklaar uitgemaak het, is dat ons almal op Piketberg op elke moontlike terrein ook keuses het. Jy kan kies waar om te koop, klere te huur, hare te doen, jou geld te spaar, te eet, te aanbid, te leer, te werk, jouself te pamperlang, te trou, jou motor te koop, te was, vol te maak en bande om te ruil, wie jou gras sny, jou bedien, jou tande stop, jou gesond hou, jou afrig, jou huis verkoop, jou dak verf en so kan ek aan en aangaan. Ek raak soms verward met te veel keuses, veral op die winkelrak. Dis vakansietyd en nuwe keuses kom op jou lewenspad. My beproefde raad aan jou is: Kies altyd Jesus! Soek Hom in ELKE situasie, Hy is daar! Selfs in die Kaap. Oja, party van ons ry nog vir die ginekoloog. Marietha

Ons wil graag hiermee ons dank oordra aan almal wat vir ons ondersteun en gebid het die afgelope tyd na die dood van Traudel Kretschmer op Moravia-stasie. Ons wil graag die Polisie bedank vir die ongelooflike professionaliteit waarmee hulle die hele saak hanteer. Ons wil ook Mora-via-wyk bedank vir die sorgsame wyse waarop hulle na ons omgesien het. Ook ‘n spesiale dank aan Mieta Bas-son vir die reël van die kos en ook die reël van die tee na die diens.

Riana Wium 084 2453 922 [email protected] Kerkstraat 33 Piketberg

Page 3: Piketberger Jul 2013 (1)

3

petroleum we drive you

s

Page 4: Piketberger Jul 2013 (1)

4

Klere vir die vrou met

eksklusiewe smaak

Winkel 022-913 2418

022-942 1787

Riana Smit 022-942 1787

082 921 1977

Wintersklere en Froggie– Tsonga– en Green Cross skoene

in voorraad

Die Steenkamps Groet altyd vir my en Pierre daar. Ook aan Mandie, ek is baie lief vir jou. Katinka, ek het gereël dat Morrie steeds sy hemde sal kry. Dankie Herold dat jy so mooi na ons tande omgesien het. Ek glo ons gaan heerlik bly in Mosselbaai, maar ons sal die regop mense in die skuins dorp nooit vergeet nie. Pierre skryf: Van my kant wil ek ook aan almal met wie ek te doen gekry het op Piketberg dankie sê. Op een of ander ma-nier het julle my lewe verryk. Vergun my tog om ‘n paar spesiale dankies te rig. Piketberg Hoërskool: Dankie aan al my kollegas, lede van die Beheerliggaam, ouers en kinders vir die samewerking al die jare. Slegs iemand wat self in die stoel van ‘n skool-hoof sit, weet hoe warm hy kan word, maar selfs daardie dae wat minder aangenaam was, berei ‘n mens voor vir ander uitdagings. Dankie, Marius, vir wat jy vir my en die skool beteken het. Dankie aan Blondie en Blackie vir die jare saam van ryediens doen. Julle het daardie takie baie verlig. Aan Chris en Juanita wat aan weerskante van my gesit het in die personeelkamer, dankie vir die lekker ge-selsies voor skool en gedurende pouses. Coreen en Charlie, as kollegas met wie ek die onderrig van vakke gedeel het. Cecil en Wernarie wat nog saam met Chris en Deon die enigste oorblywende stigterslede van Die Piketberger is. Dankie vir die kreefnaweke saam met die manspersoneel. Bybelstudie: Dankie aan al die lede van die manne By-belstudie groep van Maandagaande. Dit was so lekker om van mekaar in liefde te kon verskil en ook saam te leer. Die insigte wat ek tydens die sessies gekry het, het ‘n groot rol gespeel in my spirituele ontwikkeling. Sterkte vir julle vorentoe. Die Piketberger: Aan elkeen wat die afgelope 20 jaar saamgewerk het om Die Piketberger maandeliks op die rakke te kry, baie dankie. ‘n Spesiale woord van dank aan die redaksielede oor die jare wat kosbare tyd afgestaan het om ‘n pragtige produk daar te stel. Dankie Barbie vir jou bydrae die afgelope jare, Deon vir die finansies, Kenny en Margaret vir die redakteurskap en adverten-sies. Ek sien die koerant gaan van krag tot krag. Dan wil ek ‘n spesiale woord van dankie sê aan Martin en Marietha Goosen. Dankie aan Martin vir sy insiggewende filosofiese gesprekke en dat hy dit aan Marietha gun om haar passie vir Die Piketberger uit te leef. Dankie ook aan Daniel en Jac wat so saam met Die Piketberger groot geword het. Partykeer moes hulle, toe hulle klein was, maar so op die grond speel as ek en ma besig was met die koerant. Dankie vir julle geduld. My laaste spesiale dankie gaan aan Marietha. So met die jare het sy verskil-lende rolle in my lewe gespeel. As vertrooster, kind, vriendin wat my vreugdes en teleurstellings kan deel en ook mede-redakteur van ons dorp se koerant. Deur jou het ek al nader aan my verstaan van die begrip agapé liefde gekom.

Klavierstemmer

Stem, herstel, koop, verkoop en restoureer klaviere.

‘n Klavier moet minstens 1 keer per jaar gestem word.

Kontak Wessel de Beer 023 232 0422 of 082 704 3276

Opgelei te Worcester.

Hannatjie sê: Hoe sê mens dankie aan die wonderlike mense van Piketberg wat oor 20 jaar net liefde en onder-steuning gegee het. Perskepot Boutique: Ja, ek het 20 jaar daar gewerk en ek dink ek het die beste en mooiste baas gehad. Riana, jy was nie net my baas nie, maar ook my grootste vriendin. Wat ons saam deurgemaak het, bevat baie lag en so twee jaar gelede trane ook, maar gelukkig het die Groot-man ons geseën en is jy gesond. Ek dink ek kan my meestersgraad skryf met ons Kaapse uitstappies om Piketberg mooi aan te trek. Van sagte magies tot ons twee wat kliphard sing-sing om nege-uur die aand Piketberg binne ry. Dankie vir jou en Helgard, Anja en Peet. Julle sal altyd deel van die Steenkamps se lewe wees. Dankie ook aan Jacoba, Sirgri en Slampie. Ek het heerlik saam met julle gewerk. Kyk mooi na my swartkop-pie asseblief. Dankie aan ons kliënte vir al hul liefde. Tennis: My tennis maats Elsabé, Margie, Deirdré en Mari en Alex wat ons altyd uithelp as een van die dames nie kan speel nie. Ek en Elsabé kom al ‘n lang pad saam en sy sal altyd vir my en ons tennis man. Rafael Nadal ‘n baie spesiale plek hê. Dankie vir die lekker lag en die speel deur die jare. Bure: Nooit in die 20 jaar het ons enige probleme met enige van hulle gehad nie en ook nie mekaar se drumpels vertrap nie, maar van mekaar geweet. Danie Cillié sê dat ek meer met sy hond, Chuck, gepraat het as met hulle. Seker omdat Chuck bene kou en hulle nie. Dokters Morrison en Truter: Aan Morrie en sy personeel ook ‘n groot dankie. Morrie, jy is ‘n dokter duisend en was

Page 5: Piketberger Jul 2013 (1)

5

beoordelaar, het gesê:

Page 6: Piketberger Jul 2013 (1)

6 Uit die kantoor

van die Munisipale

Bestuurder...

Hanlie Linde

Kekkel & Kraai

Langstraat 79, Piketberg 022 913 2297

Hoender-Pasta-Sop 30ml sonneblomolie 2 uie, gekap 3 wortels, in skywe gesny 3 selderystingels, in skywe gesny 1 heel hoender 750ml koue water 2 liter hoenderaftreksel 5 takkies vars pietersielie 3ml droë tiemie en 1 lourierblaar Sout en varsgemaalde swartpeper 250ml kort pasta

Verhit olie in ‘n groot kastrol en braai die uie, wortels en seldery oor ‘n lae hitte tot sag. Sny die hoender in stukke en voeg by die groente en hoenderaftreksel. Voeg genoeg water by tot die hoenderstukke bedek is. Bring tot kookpunt en skep enige skuim af wat bo-op vorm. Voeg pietersielie, tiemie en lourierblaar by. Ver-laag die hitte en laat prut vir 2 uur. Haal hoender en kruie uit. Verwyder vel en bene van hoender. Laat sop afkook vir 1 uur. Voeg hoendervleis saam met die pasta terug by die sop en kook tot die pasta gaar en sag is. 6 — 8 porsies

Margaret Bruwer-Weideman is vanaf 1 Julie aangestel as die Wiskunde Kurrikulum Adviseur (Graad 4 tot 7)

vir Weskus-Distrik. Die distrik bestaan uit 5 kringe met meer as honderd skole. Margaret was vanaf

Januarie 2004 wiskunde opvoeder vir graad 4 tot 7 leerders aan PHS. In hierdie tyd was Margaret ook

Kringkoordineerder vir Kring 2 asook Leadteacher vir Kring 2. Wiskunde is haar passie! Haar pos word ge-vul deur Alta Nieuwoudt. Foto: Marietha Goosen

Margaret Wiskunde Adviseur

Baie dankie vir die goeie reaksie wat ons gekry het vir samewerk-ing met Piketberg se Mande-ladag-projek op 18 Julie 2013. Julle is wonderlik! Ons het al meer as 150 bome geborg gekry en baie organisasies en mense het kom aanmeld om te help. Dis fantasties. Wyk 4 werk hard saam met Cobis Wilson en hulle het al die mooiste plan geteken vir die park. Nou soek ons nog individue en organisasies wat wil kom help bome plant, gate maak, bankies bou uit klip en sement en vele meer. Kom spandeer jou 67 minute ten bate van die gemeenskap saam met ons. Jy sal nie spyt wees nie. Die Munisipaliteit se begroting is goedgekeur vir die 2013/2014 finansiële jaar. Dit tree in werking op 1 Julie 2013. Die Raad gee (soos in die verlede) weer aan die landbou-sektor 75% korting op hul grondbelasting en ‘n addisionele 10% waarvoor elke landbouer moet aansoek doen as hulle aan sekere kriteria voldoen. Aansoeke hier-voor sluit op 15 Julie 2013. Aansoekvorms is versprei aan elke landbouvereniging en is ook op ons webwerf beskik-baar by www.bergmun.org.za. Die langverwagte uitspraak van die Grondwetlike Hof is verkry op 6 Junie 2013. Hiervolgens is die Landbousektor se appél teen die Munisipaliteit van die hand gewys. Dit is die Munisipaliteit se wens dat ons in ‘n sterk volhoubare vennootskap met ons grootste sektor, naamlik landbou, sal staan en konstruktief sal saamwerk vir ‘n beter toe-koms vir almal. Kom ons sit die hofsaak agter ons en kyk saam vorentoe. Ons kan dit doen! Op 13 Julie vind die grootste toerisme aantreklikheid in ons gebied plaas naamlik die Bergrivier Kanomarathon. Hulle sal vanaf 12 Julie deur ons area roei en baie toe-riste lok. Hulle eindig op 13 Julie in Velddrif. Kom onder-steun hulle gerus. Ek sien uit na my eerste winter in hierdie mooi dorp. Ek vergaap my nog daagliks aan hoe mooi dit hier is. Ek hoop mense wat al dekades hier bly sien nog elke dag die mooi raak. Dis voorwaar ‘n voorreg wat ons het om hier te mag woon.

Flip van Niekerk e: [email protected] * m: 082 615 6747 t: 022 913 1539 * Kellermanstraat 4 * Piketberg * 7320

3 x 3 = 9 9 x 3 = 27

Page 7: Piketberger Jul 2013 (1)

7

Page 8: Piketberger Jul 2013 (1)

8

Nog PHS’ers vang graad

Pierre Joubert, matriek 2007, het sy graad in

BComm Aktuarieel ont-vang. Hy werk tans vir Momentum in Centu-rion, Pretoria. Pierre

moet nog ‘n paar oorsese eksamens

skryf voor hy ‘n vol-waardige aktuaris word.

Foto’s verskaf

Bertus Eksteen, matriek 2008 het die graad BSc

Agric (vierjarig) ont-vang. Bertus fokus op Agronomie en Plantpa-tologie en is tans besig

met sy MSc Agric in Agronomie, sy onder-

werp handel oor Canola.

Willie de Wet, matriek 2008 het die BComm Logistiek graad ontvang en is tans

besig met BComm Honneurs in

Vervoerekonomie.

Gratitude is the best Attitude Acc or d i ng to Vi nc e Lombardi, “Leaders are made, they are not born”. They are made by hard ef-forts, which is the price that all of us must pay to achieve any goal that is worthwhile. It is therefore through these hard efforts that I was per-sonally exposed to for 3 and a half years in this beautiful town, Piketberg, that became part of my excel-lent grooming as a good and sound leader. I am forever grateful to the Western Cape, my mentor and supportive Cluster Commander Colonel Jakie van Litzenborgh, my Station and Cluster Personnel, my station CPF, the Piketberg Community and other Partners, who all indi-rectly through different experiences taught me that as a leader, SUCCESS is about DOING my BEST at ALL times because if I do that long enough who knows, I might just end up being the BEST! I take from this superb Province and its uniqueness, baskets overflowing with leadership skills, wealth of work experiences learnt. I un-dertake to portray the same disciplined attitude at my next Province, Gauteng, where I will continue to serve with a difference as a Leader. The greatest lesson I leave be-hind is “Experience is not WHAT happens to me, but HOW I deal with what happens with me. Ek verlaat die Wes-Kaap met baie goeie herinneringe. Dis belangrik om saam te staan en misdaad te beveg. I was appointed as a Lieutenant Colonel, the Station Commander of Piketberg, on 1 September 2009 from Durban and I now got a promotion as a Colonel and Sta-tion Commander for Pretoria West THANKING YOU ALL GREATLY, BY VOORBAAT DANK, ENKOSI KAKHULU. Colonel Caroline Naidoo

Colonel Caroline Naidoo

Hanno Burger, matriek

2008, het in 2012 die B.Rek Honneurs graad verwerf

aan die Universiteit Stellen-bosch. In Februarie het Hanno die SAICA ITC

eksamen suksesvol afgelê en is besig met sy klerk-skap in Somerset-Wes.

Stuur u graad foto’s met besonderhede na

[email protected]

VRL hou dinee

PHS se VRL-lede het onlangs ‘n dinee gehou en die omliggende skole se VRL-lede genooi. Die gas-

spreker vir die aand was Johnny Louw. Hier staan hy saam met PHS se matriek VRL-lede, van links

Wynand Smit, Herschelle Benjamin, Mariaan Smit, Duan Mostert, JJ Stander, Ané Venter, Janeske Rade-

man, Carla Smit en Stephan Breunissen.

Foto: Dina Venter

Pierre, Bertus, Willie en Hanno is trotse Matie studente.

Page 9: Piketberger Jul 2013 (1)

9

Page 10: Piketberger Jul 2013 (1)

10

Hentie en Jeanette van Niekerk het onlangs hul 52ste huweliksherdenking gevier.

Huweliksklokkies lui Die Greeffs vier fees

Sharn (Groenewald) Keyter van Kekkel en Kraai, Piketberg en Ryno Keyter van Napier is op 20 April in die NG Kerk Napier deur Ds Barend Smit, voorheen

van Koringberg, in die eg verbind. Foto: Piet le Roux van Struisbaai.

Op 1 Junie het Johan en Amanda Greeff hul 50ste huweliksherdenking gevier. Die vorige dag, 31 Mei,

het Amanda haar 70ste verjaardag gevier. Die familie het die naweek lekker saamgekuier en feesgevier. Die

familie wil graag Toni van Boland Superspar opreg bedank vir haar hulp met die koek en geskenkpak wat

hulle namens die familie afgelewer het. Die familie bedank ook graag vir Beluwi Farmhouse op Koring-

berg vir die heerlike twee dae wat hulle daar deurgebring het.

Amanda Greeff en haar suster, Ester van der Burgh, oud-

Piketberger vier Amanda se 70ste

verjaarsdag.

Foto’s: Jolanda Blom

52ste Huweliksherdenking

Piquetberg Mall Open

Die eienaars en bestuurders van die besighede in die Piquetberg Mall knip die lint op 23 Mei om die Mall

amptelik te open. Clicks, Boland Superspar, Nedbank, Pep Stores, Home Express en Spar. Hester van der

Vyver (regs) laat die duiwe los.

Foto: Marietha Goosen

Die volgende Piketberger verskyn op 25 Julie

Berigte en advertensies moet

ons bereik teen Dinsdag 16 Julie om 17:00

Page 11: Piketberger Jul 2013 (1)

11

Salon De Bron Malmesbury Tel. 022 487 3009

Proef + konsultasie Hare R 150

“Frontpage look” R 300 Upstyle R 450 Treatments: 4 stap R 200 Brazillian R 600 PAKKET 1:

TREATMENT(4 STAP) PROEF+UPSTYLE R 600 Make-up: Proef R 60 Make-up vir aand R 150 Naels: (akriel, bio sculpture, gel) R180 Tone R 150 PAKKET 2: NAELS + MAKE-UP R 400 PAKKET 1+2 R 800

Moorreesburg Tel. 022 433 1680

Woning—Privaat Te Koop R650 000,00 (onderhandelbaar)

3 slpk, 1 sitk, kombuis, badkamer, toilet, motorhuis, stoep,

buite toilet, groot erf, omhein. Goeie familie huis te koop. Is onlangs buite om geverf.

Kontak Sulene 022 913 3352

Huise/woonstelle te huur Woonhuis te huur met vier slaapkamers op

kleinhoewe naby Redelinghuys. Krag is betaalbaar.

Kontak 084 247 2307

Tweeslaapkamer woonstel met onderdak parkering in veiligheidskompleks te huur op

Stellenbosch-kampus vanaf Junie 2013. R5 000,00 per maand. Kontak Bregda Mostert

083 597 0091 of 022 423 8153

HOMEWORLD PROPERTIES / EIENDOMME

TEL/FAKS: 022 931 2681 SEL NO: 083 564 3018

EMAIL: [email protected] WEBSITE: www.athomeworld.co.za

RESTOREERDER SE DROOM SLAAPKAMERS: 3 BADKAMER: 1 KOMBUIS, LEEFAREA GARAGE : 1 GROOT ERF Verw: POR 122

HUISE EN WOONSTELLE TE HUUR

2 WOONEENHEDE MET ELK SLAAPKAMERS: 2 BADKAMERS: 2 OOPPLAN KOMBUIS SITKAMER ELKEEN EIE GARAGE PRAGTIGE UITSIG OOR BERGE Verw: POR 118

TE KOOP — PORTERVILLE PRYSVERMINDERING R500 000,00

VANAF R1 500 000.00 NA R999 000.00

Page 12: Piketberger Jul 2013 (1)

12

Betrekking Aangebied

Die deurwinterde sportman, watter sport hy ook al beoe-fen, weet van harde- en soms eensame voorbereiding, van fiksheid en volharding. Hy is besig om sielkundig en liggaamlik fiks te word in 'n doelgerigte poging om nie onkant gevang te word wanneer dit by die uiteindelike kompetisie oomblik kom nie. Hy oefen sy skoppe tot vervelens toe om perfek deur die pale te gaan, om reg weg te spring uit die blokke, om ‘n volhoubare spoed met afwisselende snelhede te hardloop om sodoende sy wilskrag te behou vir die pylvak. Hy moet aandag gee aan alleen stil raak om sy gees en psige voor te berei vir daardie dag wanneer hy die wenner wil wees. Siel en liggaam moet in volmaak-te vennootskap saamwerk om algehele sukses 'n moontlikheid te maak. Die tennis-speler slaan eensaam en alleen, tot vervelens toe teen die muur om die presiese afslaan van sy houe te oefen, net-net hoog genoeg om so laag as moontlik die bal oor die net te laat vlieg. Hy speel teen homself, want op die baan is dit hy, die bal en sy teenstander. Sy oog fyn gefo-kus op die bal en die opponent en dan moet hy boonop nog sy teenstander se gedagtes “lees”, waar hy die vol-gende bal moontlik gaan moker. ‘n Voortdurende harmo-nieuse samespel tussen geoefende vakmanskap, ener-gie, denke en koördinasie. Die liggaam word met net die regte energieryke kosse gevoed en 'n absolute gesonde leefstyl is ‘n voorvereiste. Die uithou perderuiter, spaar homself en sy perd nie in die vooraf oefening in kleiner wedrenne om uiteindelik deurgelaat te word om aan die Drienasies te mag deelneem nie. Dit is 'n uitmergelende sport waarin die vennootskap tussen perd en ruiter uit-stekend moet wees. Die ruiter het sy eiesoortige manier waarmee hy sy dier beloon en aan hom erkenning gee as hulle as 'n span tussen stoppunte (bene) moet rus en om ook weer deur 'n veearts fiks verklaar te word vir die vol-gende skof. Die ruiter en sy perd se uithouvermoë word uitermate hoog aangeslaan in hierdie veeleisende kom-peti-siesport en om uiteindelik met Springbok kleure be-loon te word, word werklik verdien. Watter teleurstelling is dit nie as die atleet net voor die eindpunt struikel, té laat uit die wegspringblokke kom, of hom met sy tyd misreken op pad na die eindstreep. Watter mismoed oorval die stel-skopper nie, as hy straks deur 'n vyandige skare uitgejou word en hy sielkundig vou. Net so kan die tennisspeler op die dag van sy finaal, net nie die regte ingesteldheid kry om sy teenstander uit te oorlê nie en moet hy die aftog blaas. Die opgewonde uithou perderuiter se oomblik om die ver pad aan te durf met sy perd, het aangebreek, maar met die laai van die perd op die sleepwa, gly die dier en word hy beseer. Die maande lange oefening ten spyt, kan daar geen deelname wees nie. Min ken die ver-haal agter die sportman se voor- en teëspoed. Almal sien net die glorie-ryke wenner, maar weet helaas nie wat alles voorafgegaan het nie. Die ware sportman gaan voort met die beoefening van sy sport en bou die moont-likheid van mislukking in as komponent van sy voor-bereiding. Wanneer hy dan wen, is die innerlike roem en dankbaarheid net sò ongelooflik groot dat al die vorige teleurstellings vergete is. Dit is wanneer ware sportmans-gees seëvier!

deur Jannie Lategan

Intense Voorbereiding — Afwagting - Teleurstelling/Oorwinning

Halfdag huishulp, 3 dae per week. Moet kan stryk en kook.

Geen naweke. Kontak asb 082 780 8698

Te Koop

Sanyo Dynamic Flatscreen (not plasma) TV with remote. Excellent condition. No longer required.

Perfect for kids’ room. R450 cash only. Phone 022 914 5367

Samsung 40cm kleur rekenaar skerm te koop. R200,00

Kontak 079 496 2719

Otto Bach Klavier Te Koop. Skakel 082 921 1977

Betrekking Gesoek Hardwerkende en eerbare vroulike matrikulant

(2012) soek dringend werk. Au Pair-werk, liaseer-werk, teedame vir kantoor, enige iets welkom.

Vir meer inligting skakel 082 413 8931

Gesoek Groot perseel gesoek om veilings te hou.

Skakel 081 300 9269 of epos [email protected]

Op soek na Bantam hoenders met groot oorlelle (rooskamme) of kuikens of eiers.

Skakel Dieter 022 783 0962

Hulp aan Behoeftiges Baie van ons kan weer warm aantrek met ons mooi truie en jasse en lekker warm voor verwarmers sit of onder dik komberse slaap na ons lekker geëet het aan die sop of aandete. Daar is baie huishoudings waar kinders honger gaan slaap met ‘n dun kombersie en soggens kaalvoet en met kortmou hempie skooltoe gaan. Daar is selfs gevalle waar ouers honger gaan slaap, want hulle kinders moet die laaste stukkie brood eet. Ek strek my hand uit na diegene wat bereid is om deel te wees om hierdie mense se lewens te verbeter hoe klein ookal. Enige persoon met ou/nuwe klere vir mans, vroue, dogters of seuns, komberse, mussies, kinder-handskoene en bederfbare voedsel kan dit na my kan-toor bring by die Bergrivier Munisipaliteit of aflewer by Calendulastraat 23 of afgee by die LB Wernich biblio-teek. Ek gaan dit in die hele Bergrivier area versprei. Baie dankie vir diegene wat altyd help in die gemeen-skap en wat nou weer gaan help. Ray van Rooy