Piketberger Jul 2013 (2)

12
13 PIKETBERG FISHERIES Vars Gebakte Vis en Chips Take-Aways CAFÉ LATINO’S KOFFIE EN WARM DRANKIES ONTBYT (SPECIAL – R20) GEROOSTERDE BROODJIES LIGTE ETES OOP MAANDAG TOT SATERDAG 07H30 - 20H00 TEL: 022 913 3047 Rooi Winkel se “American Diner” Die wenner van die Naam Kom- petisie is Graham Jones. Hy wen ‘n ete vir twee. Baie geluk! Piketberg kry dit net reg - 'n eie “Ameican Diner” met 'n atmosfeer amper so goed soos die ware Jakob. Frikkie en Alana Coetzee het onlangs die inspirasie vir dié nuwe kuierplekkie gekry toe hulle dogtertjie, Marli, 'n Cars spaarblikkie vanaf Trippe Trappe af huis toe bring. Dit was 'n swart-en-wit blokpatroon met 'n tikkie rooi daarby. So 'n paar dae en nagte se droom, dink, onderhandel, beplan en baie harde werk, is 'n splinternuwe gesellige eetplek staan gemaak, waar 'n paar jaar gelede nog 'n tweedehandse meubelwinkel was en later 'n groothandel kruidenierswinkel. Café Latino's is 'n vars en nuut oorge- doende venue geskik vir oud en jonk wat hou van die “American Diner” atmosfeer, want jy kan nie anders as om daaraan te dink as jy daar instap nie. Alana en haar staatmaker kelnerin, Geraldine Adams sorg dat jy flink en vinnig bedien word met ligte maaltye, of iets te eet saam met 'n warm of koue drankie. Die spyskaart is lig en pret- tig en is aanpasbaar vir oud en jonk, enkelinge of party- tjiegroepe. Café Latino's, met sy eie kombuis en geriewe, is aan die ander ent van Piketberg Fisheries wat steeds heerlike vars gebakte vis en wegneem etes be- dien. Geraldine Adams en Frikkie en Alana Coetzee staan reg om julle te ver- welkom by Café Latino’s. MELKSKOMMELS HAMBURGERS SOETE VERRASSINGS KIDDIES MENU

description

Local Newspaper

Transcript of Piketberger Jul 2013 (2)

Page 1: Piketberger Jul 2013 (2)

13

PIKETBERG FISHERIES Vars Gebakte Vis en Chips

Take-Aways

CAFÉ LATINO’S KOFFIE EN WARM DRANKIES

ONTBYT (SPECIAL – R20) GEROOSTERDE BROODJIES LIGTE ETES

OOP MAANDAG TOT SATERDAG 07H30 - 20H00

TEL: 022 913 3047

Rooi Winkel se “American Diner”

Die wenner van die Naam Kom-

petisie is Graham Jones.

Hy wen ‘n ete vir twee.

Baie geluk!

Piketberg kry dit net reg - 'n eie “Ameican Diner” met 'n atmosfeer amper so goed soos die ware Jakob. Frikkie en Alana Coetzee het onlangs die inspirasie vir dié nuwe kuierplekkie gekry toe hulle dogtertjie, Marli, 'n Cars spaarblikkie vanaf Trippe Trappe af huis toe bring. Dit was 'n swart-en-wit blokpatroon met 'n tikkie rooi daarby. So 'n paar dae en nagte se droom, dink, onderhandel, beplan en baie harde werk, is 'n splinternuwe gesellige eetplek staan gemaak, waar 'n paar jaar gelede nog 'n tweedehandse meubelwinkel was en later 'n groothandel kruidenierswinkel. Café Latino's is 'n vars en nuut oorge-doende venue geskik vir oud en jonk wat hou van die “American Diner” atmosfeer, want jy kan nie anders as om daaraan te dink as jy daar instap nie. Alana en haar staatmaker kelnerin, Geraldine Adams sorg dat jy flink en vinnig bedien word met ligte maaltye, of iets te eet saam met 'n warm of koue drankie. Die spyskaart is lig en pret-tig en is aanpasbaar vir oud en jonk, enkelinge of party- tjiegroepe. Café Latino's, met sy eie kombuis en geriewe, is aan die ander ent van Piketberg Fisheries wat steeds heerlike vars gebakte vis en wegneem etes be-dien.

Geraldine

Adams en Frikkie en Alana Coetzee

staan reg om julle te ver-

welkom by Café Latino’s.

MELKSKOMMELS

HAMBURGERS SOETE VERRASSINGS

KIDDIES MENU

Page 2: Piketberger Jul 2013 (2)

14

Wat sê die reg?

Christelle de Villiers

Piketberg Hof Beste in Weskusstreek

aan voornemende kopers uit te wys. Verkopers se ver-suim om hieraan gehoor te gee, kan hulle duur te staan kom, soos onlangs in die Appélhof beslis is. ‘n Latente gebrek is byvoorbeeld ‘n lekkende dak of ‘n warmwatersilinder wat probleme veroorsaak, basies enige fout wat nie met die blote oog gesien kan word nie. Voornemende kopers sal byvoorbeeld nie gedurende die ‘droë’ maande watermerke op ‘n plafon kan sien as bewys van ‘n lekkende dak nie. In die bogemelde saak het die verkopers nagelaat om die kopers in te lig oor die werklike skade wat aan hulle wo-ning se grasdak aangerig is. Die verkopers het herstel-werk aangebring nadat hul bewus geword het van die lekkende dak. By verdere ondersoek deur kenners is eg-ter vasgestel dat die oorsaak van die lekkasies tweevoudig was. Eerstens was die houtpale wat die gras-dak ondersteun het onvoldoende om die gewig van die dak te dra en het dit veroorsaak dat die dak stelselmatig inmekaarsak. Tweedens was die betrokke woning se dak-helling slegs 35 grade, wat veroorsaak het dat reënwater in die dak insyfer en die dak dus gouer laat verrot het. Die kopers het eers ná registrasie van die eiendom op hul naam agter die kap van die byl gekom en die verkopers moes opdok om die dak te herbou, aangesien die probleem nie permanent opgelos kon word deur slegs herstelwerk aan te bring nie. Patente gebreke aan die ander kant, bly steeds die koper se verantwoordelikheid. Voornemende kopers kan dus nie terugsit en aanvaar dat, indien gebreke na okkupasie van die eiendom opduik, die verkopers aanspreeklik ge-hou sal word nie. Patente gebreke word gedefinieer as gebreke wat sigbaar is tydens ‘n gewone ondersoek. ‘n Voorbeeld van ‘n patente gebrek is krake in ‘n muur. Dit is voornemende kopers se plig om verkopers uit te vra oor die stand van sake en waarborge van die verkopers oor gebreke in die eiendom op skrif te kry. Daar rus dus ‘n wedersydse verantwoordelikheid op kopers en verkopers rakende gebreke in ‘n eiendom. Ver-kopers moet eerlik wees oor enige latente gebreke en kopers moet, wanneer hulle ‘n potensiële woning besigtig, uitkyk vir patente gebreke. Dit is egter wys uit ‘n verkoper se oogpunt om eerder ‘n verminderde koopprys met kopers te onderhandel weens gebreke in die eiendom, as om moontlik ná registrasie van die eiendom deur die kopers aanspreeklik gehou te word vir herstelwerk wat groot finansiële implikasies kan hê.

Voetstoots en Onroerende Eiendom

Verkopers se beskerming onder die voetstootsklousule in ‘n koop-kontrak vir die verkoop van onroe-rende eiendom, is dalk nie so “absoluut” soos sommige mense dink nie. Dit bly steeds die ver-kopers se plig om alle latente (verborge) gebreke in die eiendom

Piketberg Landdroshof het pas die goeie nuus verneem dat hulle die Beste Hof in die Weskusstreek is vir die jaar 1 April 2012 tot 31 Maart 2013. Die hof het ook die tweede plek in die land behaal in die kategorie ‘enkelhowe’. Alle howe poog om 'n spesifieke teiken te haal - dit is om gemiddeld drie sake per dag af te handel. Met die afhandel van sake word die volgende bedoel: uitsprake (skuldig of onskuldig) moet gedoen word of die aanklaer moet mediasie bewerkstellig tussen partye. Piketberg Hof het hierdie teiken verbeter en het gemid-deld 4,2 sake per dag afgehandel binne die betrokke tydperk. Piketberg het ook 'n skuldigbevinding van gemid-deld 97,7%. Dit is egter 'n bedryf waar baie skakels die ketting vorm om sukses te bewerkstellig. Die prestasie kon slegs bereik word met die streng dissipline wat die landdros in die hof handhaaf en die samewerking van die aanklaer, prokureurs, polisielede, ondersoekbeamptes en klerke wat saam 'n fantastiese span vorm. Die Piketberger wens Piketberg Hof geluk met hierdie uitslag. Dis ook 'n voorreg om dit deel te maak van die koerant se positiewe beriggewing. -Red.

Zebrafees 12 Oktober

Mooi Loop Piet Stil kêrels, daar gaan ‘n man verby Hy groet, en dis verlaas Bekyk hom goed, daar was maar een soos hy In die woorde van Jan F E Cilliers (min of meer), reën wat asof in ‘n laaste poging om dors te les emmersvol oor die Swartland val en For-ever Young in ons harte moes ons toe bye sê, al wou ons nog nie. Die diens was goed Piet, dit was ‘n mooi loop – die oomb-lik is in die Vrede wat alle

verstand te bowe gaan, toegevou. Dankie vir die 17h00-getuienis wat tot lank na middernag ons kers aan die gang sal hou. Dankie dat ons jou kon ken. En nou bly geloof dat die dowwe beeld in die spieël vir ons ook helder sal word hoop dat ons almal mekaar iew-ers in eenvoud ‘n regverdige kans sal gee en die groot opdrag van die liefde wat dikwels te ligtelik opgeneem word. Piet, ons het Saterdagaand ‘n bottel Tassenberg oopge-maak waarvan die oes al ons verwagtinge oortref het. The legend lives on. Berenice Scheepers

Wyle Piet Pretorius

Die Piketberger se datums vir 2013 Sluitingsdatum vir Die Piketberger advertensies en berigte verskyn 16 Julie 25 Julie 13 Augustus 22 Augustus 10 September 19 September 15 Oktober 24 Oktober 12 November 21 November

Page 3: Piketberger Jul 2013 (2)

15

uit te vind hoe u

Page 4: Piketberger Jul 2013 (2)

16

Op die rakke van die Biblioteek Bespreking deur Dr. Margaret Mollett

Ter aansluiting by die vorige rubriek, word One Step Be-hind Mandela aanbeveel. Dié boek kombineer waarnemings van die spanleier van die Presidensiële Beskermingseenheid, Rory Steyn, en ondersoekende joernalis Deborah Patta. Albei was toeskouers van die omwentelings wat in hierdie tydvak van die Suid-Afrikaanse geskiedenis plaasgevind het. Die joernalis se beskrywings van die gebeure van die tyd word afgewissel deur die spanleier se vertellings van sy “in-die-oomblik” betrokkenheid daarby. So ’n gesprek wentel onvermydelik rondom “logistiese nagmerries”, dramatiese ingrypings en spannende kon-frontasies. Daar is egter gedeeltes, soos Hoofstuk 6, waar Deborah Patta beklemtoon dat die man agter die legende, een van groot eenvoud is. Anders as soveel wêreldleiers het hy nie rykdom en beroemdheid nodig om gelukkig te wees nie. Tog is hy puntenerig in sy keuse van toiletware en sy voorkoms. Rory Steyn vertel dat een van die eerste pligte wat ’n lyfwag van Mandela moes nakom, was om ten alle tye te weet waar sy toiletsakkie en bril is, en wee die een wat rondskarrel op soek daarna. Binne die toiletsakkie sou daar onder andere outydse lemmetjies toegedraai in was-papier wees, asook ’n bottel haartonika uit toeka se dae. Meermale moes lyfwagte by apteke vir dié lemmetjies gaan soek, maar omdat vervaardiging daarvan aan die uitsterf was, moes Mandela hom berus by die gebruik van ’n Gillette Sensor-skeermes – Rory Steyn moes vinnig hand bysit. Wat die haartonika betref, is daar uitgevind dat die maat-skappy dit lank reeds nie meer vervaardig het nie. Tydens die laaste paar maande van Mandela se presidentskap moes paramedici in Steyn se span ál die oorblywende bokse tonika by die vervaardigers gaan koop. Daar het slegs drie bottels in die land oorgebly! Ontnugtering en aanpassings ná sewe-en-twintig jaar in die gevangenis kan seker te wagte wees. In sy jonger jare was Mandela bekend vir sy deftige en modieuse kleredrag. Selfs ná sy ontslag het hy sy sin vir styl behou. Maar pakke en dasse moes plek maak vir “Madiba Chic”, die keurige hemde wat sy fashion signa-ture geword het. Belangstellendes kan ook die volgende interessante titels oor Mandela in die plaaslike biblioteek vind: Die Madiba boek; Mandela from the life of a South African statesman (Floyd George); Lang pad na vryheid (verkorte weer-gawe); Die vrylating van Nelson Mandela (John Malam); Illustrated long walk to freedom; The World that made Mandela (Luli Callinicos).

MEDIESE PRAKTISYNS

Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG

7320

022-913 1172 alle ure / all hours 022 913 1907

Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri

Sat 08:00 - 13:00

022-913 2646

WEN ELKE DAG PRYSE

10 EENHEID KONTRAK

5 EENHEID KONTRAK

MAANDELIKS ETE BY SPUR

DANKIE VIR U VOLGEHOUE ONDERSTEUNING

Onthou om te herwin

Page 5: Piketberger Jul 2013 (2)

17

Tel: (022) 921 2382 Faks: 086 652 5733

[email protected]

Kardoesie-N7 Vergroot Ons bied die volgende geleenthede aan:

KELNERIN / KASSIERE VOEDSEL VOORBEREIDER

(Ondervinding) KLEREWINKEL ASSISTENT

(Nuwe Pos) Persone wat aansoek doen moet die toerisme mark ver-

staan en ‘n toegewyde persoonlikheid hê. E-pos of faks ‘n verkorte CV na ons.

Ons gee nie werk nie, maar skep geleenthede. Word deel van ‘n groeiende toekoms.

Sluitings datum vir aansoeke is 15 Julie 2013.

Karookop Primêr leerders het presteer by die onlangse Eisteddfod. Agter is Rinda Maarman, Gr 5,

Cum Laude, Kaywanique Klase, Gr2, Cum Laude, Gershwin May, Gr 3, Cum Laude, en Simondry Abra-

hams, Gr 3, Goud. Voor staan Lee-Handon Jacobs, Gr 6, Goud en Shauwn Swarts, Gr 6, Goud.

Foto: Henk Brand

Karookop leerders presteer By Eisteddfod

Page 6: Piketberger Jul 2013 (2)

18

Toetsbestuur vandag ‘n GWM H5

34 Voortrekker Street

Piketberg Tel. 022 913 2819

GWM se werkswinkel open op 1 Julie Dienste aan GWM voertuie en herstelwerk en diens aan

enige ander voertuie Skakel Jonathen van Wyk om ‘n afspraak te maak by 022 913 2819

Werkswinkelure: 07:30—17:30

Page 7: Piketberger Jul 2013 (2)

19

GWM PIKETBERG — COME

TEST DRIVE A GWM VEHICLE AT GWM PIKETBERG TODAY

Page 8: Piketberger Jul 2013 (2)

20

Danielle se Vinkel en Koljander Mense soek nog daagliks na Danielle de Vries en is baie opgewonde as hulle haar uiteindelik op-spoor by Vinkel en Kol-jander, haar splinter-nuwe kuierplekkie in Die Trek 28. Danielle se 6-jaar ervaring van die lewe in 'n coffee shop by Stall-A-Bit, langs die N7, en haar warm persoonlikheid en vermoë om in mense se

harte te kruip, het haar baie gewild gemaak onder Piketberg se inwoners. Nadat Stall-A-Bit sy deure gesluit het, het Danielle besluit om haar eie onderneming te be-gin. Haar spyskaart getuig van 'n wye verskeidenheid lekkernye, ligte etes en baie te drinke. Sy voorsien ook kookkos op aanvraag en doen spyseniering en doen ek-stra bakwerk op aanvraag. Gaan groet Danielle gerus en verwelkom haar terug wes van die N7.

Danielle de Vries Foto: Marietha Goosen

Kerkstraat 45 Piketberg

022 913 3903

R8-99 R39-99

Huletts Suiker 1kg R26-90

R35-99

Stylos Chips

x40

Supa Smoothies

R9-00

R10-50

R12-95

Krag en selfoon lugtyd ook beskikbaar

Sunlight Waspoeier 500g

(gratis sakkie OMO)

R6-00 (plus deposito)

Terwyl voorraad hou

Sweets Mania

Yogueta Stokkielekkers

48’s

Bar One 21g x 24

Jelly Beans 280g

VINKEL EN

KOLJANDER Danielle De Vries

Die Trek 28, Piketberg

072 925 9416

Coke 1,5

liter

Koljander

Vinkel en

Moving Indoors Tuesdays to Saturdays 8am — 8pm

Will stay open later on request Winter Specials

Hoofstraat 17, Piketberg opp. The Post Office (Off road parking)

Functions * Private Dinner Parties * Conventions

Call: Wiaan @ 082 743 1050 For Orders and Bookings

Maak Plan B jou Plan A

Wiaan van der Vyer, eienaar/sjef/kelner by

Plan B Coffee Shop & Restaurant

Foto: Marietha Goosen

Page 9: Piketberger Jul 2013 (2)

21

Jack of All Trades Die spreekwoord "Jack of All Trades" is waar van Jack van Renen, bekende i nwo ne r v a n Piketberg, maar gelukkig is die res van die spreek-woord..."Master of None" nie op hom van toepassing nie. Na 20 jaar as Verteenwoordiger in die Chemiese

bedryf en daarmee saam die afgelope 15 jaar in die sleu-tel- en slotbedryf, het Jack nou ook 'n nuwe diens na Piketberg toe gebring. Vir die gewone mans- en damesskoene kan Jack nou nuwe hakke aansit en hoef jy nie ontslae te raak van daardie gunsteling paar skoene nie en ook nie ver te ry vir 'n soortgelyke diens nie. Sy plekkie in Die Trek 28 is karaktervol en die foto's teen die muur getuig van Jack se vol lewe op verskeie Rade en Komitees - die skou, die munisipaliteit, rugby, gholf en so meer. Gaan loer gerus in vir 'n geselsie, kyk deur die katalogus vir interessante slotte, bestel dit en kry dit die volgende dag.......en voor jy loop, kyk links op die rak....moenie die slakpille vergeet nie. As jou bedryf in jou hart en are is, is dit daar om te bly! Sien advertensie op hierdie bladsy vir Jack se kontak-besonderhede.

Jack’s

Jack van Renen Die Trek 28 Piketberg 082 551 1707

08:00—12:30 en 14:00—17:00

Sleutels en slotte te koop

Laat sny sleutels

Jack van Renen

022 913 2340

Mans– en Dames Skoenhakke

Soek u iemand wat u troue, verjaarsdag of herdenkings kan beplan? Wel QS Events kan u geleentheid moeiteloos beplan. Skakel my vir ‘n gratis kwotasie om enige geleetheid, groot of klein, te beplan. Professionele sjef wat spesialiseer

in privaat spyseniering. Kontak Quentin Somers

079 035 9169 / 076 586 6160 022 913 1389

e-pos: [email protected]

Page 10: Piketberger Jul 2013 (2)

22

Bergrivier vier 52ste Bergrivier Kanomarathon

10 – 13 Julie 2013 Op 10 Julie vanjaar trek sowat 200 roeiers weg in die Paarl op die 52ste Bergrivier Kanomarathon wat oor 240km strek en drie dae later in Velddrif eindig. Die ‘Berg’ is al ‘n jaarlikse instelling en trek altyd baie belangstelling by die publiek. Bergrivier Toerisme het vanjaar ‘n aantal brugsaamtrekke georganiseer om plaaslike gemeen- skappe die geleentheid te bied om ook voordeel te trek uit dié bekende sportgebeurtenis. Onder leiding van Piketberg Toerisme, sal kinders van die Piketberg-, Wittewater- en Goedverwacht gemeen-skappe, twee brûe beman en sorg dat die roeiers en hulle ondersteuners met styl in die streek verwelkom word. Die twee brûe is onderskeidelik – Die Brug (Ou Brug) in Piketberg en Moraviabrug naby Wittewater. In Piketberg gaan die Rhema Superkidz sorg vir sang en vermaak as die roeiers vanaf 09:30 daar begin arriveer. Die roeiers sal met hul aankoms by Piketberg reeds 130km afgelệ het. By Moraviabrug sal ‘n groep trompoppies van Wittewater en ‘n sanggroep van Goedverwacht die eerste roeiers teen ongeveer 10:30 verwelkom. Warm verversings sal te koop wees by elke brug om te help teen die winterkoue. Dan is daar nog ‘n rede om die brûe naby Piketberg te besoek. Piketberg Toerisme bied twee kontantpryse van R500 elk vir die beste amateurfoto van onderskeidelik Die Brug en Moraviabrug saamtrek. Raadpleeg www.piketbergtourism.co.za vir kompetisie besonderhede.

Die Carinusbrug in Velddrif, is soos oudergewoonte, die eindpunt van die Berg en die wenners word vanaf 12:30 daar verwag. Die Bergrivier Winter Karnaval begin reeds om 08:30 die oggend en beloof om vanjaar iets vir die hele gesin te bied. Van tradisionele Weskus- en Sandveld kos tot ‘n lang lys kinderaktiwiteite. Kom luister gerus ook na Jennifer Zamudio tydens haar gratis middaguurkonsert wat om 13:30 in die karnavaltent begin. Brugsaamtrekke en uitkykpunte in Bergrivierstreek: 12 Julie 2013 Die Brug (9:50) 32°59'47.64"S 18°46'42.39"E; Moravia (10:45) 32°56'26.91"S 18°41'26.08"E; Laagwaterbrug (11:05) 32°55'27.84"S 18°40'38.35"E; Klipheuwel (12:20) 32°55'1.73"S 18°33'20.80"E; Zoutkloof (13:55) 32°56'39.18"S 18°24'41.23"E 13 Julie 2013 Zoutkloof(08:00) 32°56'39.18"S 18°24'41.23"E; Bergrivier Stasie (1uur) 32°56'43.37"S 18°20'27.57"E; Kersefontein (1uur 30min) 32°54'23.39"S 18°20'4.76"E; Cloeteskraal (3uur 05min); Kliphoek (3 uur 30min) Velddrif brug (4uur 40min) 32°47'7.01"S 18°10'42.52"E Belangstellendes word gevra om asseblief slegs op die aangeduide areas te parkeer en veral by Piketberg, nie op die N7 te parkeer nie. Die volledige karnavalprogram is beskikbaar by

Bergrivier Winter Karnaval Velddrif Velddrif Tourism

Vir verdere navrae skakel: Yvette Odendaal, Strategiese Koördineerder, Bergrivier Toerisme 082 773 6118

Page 11: Piketberger Jul 2013 (2)

23

Page 12: Piketberger Jul 2013 (2)

24

AP Kerk 25-jarige viering Die AP Kerk Piketberg is op 28 Januarie 1988 ge-stig met slegs sewe ge-meentelede in die skool-tjie te Pools. Tydens die eredienste het die ge-meentelede op kafbale gesit. Na twee jaar trek die ge-meente met 80 lidmate na die huidige gebou te Van Riebeeckstraat, Piketberg. Die gebou is gehuur van wyle Br Nico Vercuiel en na sy afsterwe het Tannie Annie die gebou aan die gemeente verkoop. Gedurende die eerste jare was die gemeente in diensooreenkoms met

Clanwilliam en het wyle Ds Liversage die dienste waar-geneem. Gedurende 1994 beroep die gemeente Ds Ryno Louw en hy was hier werksaam tot 2000. Gedurende hierdie tyd het lidmaatgetalle uitgebrei na digby 150 en het die gemeente uit 13 wyke bestaan tot so ver as Malmesbury en Velddrif. Gedurende 2000 het die wyke van die Weskus afgestig en die AP Kerk Weskus gestig. Lidmaatgetalle het dus gedaal en staan vandag op nagenoeg 50 belydende en ses dooplidmate. Aangesien daar op die stigtingsdatum ook ringsitting plaasgevind het, het die vieringe van die 25-jarige bestaan oorgestaan tot die naweek van 26 Maart. Na die nagmaalvieringe is die gemeente getrakteer op ‘n heer-like maaltyd voorberei deur die susters. By die geleent-heid is groeteboodskappe oorgedra vanaf ander ge-meentes en predikante. Ons is baie dankbaar vir die Here se seën op die ge-meente en hou graag Jesaja 41 vers 10 en ook Psalm 48:15 voor aan almal.

Gemeentelede verkeer gesellig saam tydens die ete.

Voltyds in diens by APK

Na Ds Louw se vertrek uit die gemeente was hier weens verskeie redes waaronder fi-nansies die hoofrede was, nog nie weer ‘n voltydse predikant nie. Tydens die tydperk is eredien-ste waargeneem deur besoe-kende predikante van die AP Kerk soos Ds Dirk Warnich, Ds Michiel Adendorf, Dr Bobby Ellis en ook andere.

Leespreke deur ouderlinge is ook gedoen. Twee finale jaar studente van die AP Akademie het ook hulle prakties op Piketberg afgelê, nl. Ds Pieter Malan en Ds Ruan Combrink. Die gemeente is baie dankbaar dat hulle na 13 jaar weer die dienste van ‘n voltydse predikant kon bekom. Hy is wel nie beroep nie, maar het ‘n diensooreenkoms met die gemeente aangegaan. Ds Leon Skein is ‘n wewenaar en ‘n emeritus predikant van die AP Kerk. Hy was sedert 1989 tot 2003 voltydse predikant in diens van die AP Kerk. Na sy aftrede het hy by verskeie gemeentes dienste gehou en onder andere ook met beperkte dienstermyn te Worcester. Gedurende 2012 het hy hom kom vestig op Moorrees-burg van waar hy dan ook dienste waargeneem het te Piketberg en Velddrif. AP Kerk Piketberg het besluit om vanaf 2 Junie 2013 met hom ‘n diensooreenkoms aan te gaan en is hy dus nou voltyds in diens van die gemeente en verantwoordelik vir alle pligte van ‘n leraar soos in enige ander gemeente. Ds Skein woon tydelik te Hoofstraat 70, Piketberg en hy kan gekontak word op 082 964 5520. Sy filosofie is “die Woord van die Here is die enigste waarheid en die grondslag van die geloof”. Ds Skein nooi enige iemand wat ‘n behoefte het om hulp uit die Woord van die Here om met hom kontak te maak, “my huis en my hart is oop”.

Ds Leon Skein

Benodig Vrywilligers! Asook Skenkings van

tweedehandse komberse, handdoeke, leibande en

hondehokke of … borg ‘n sterilisasie!

Kontakbesonderhede: Minette: 079 249 1535

Beryl-Ann: 071 828 7952 [email protected]

NEDBank Piketberg SPAAR Rek: 2004892374

Hierdie advertensie word geborg deur Sam en Berenice

Scheepers Snoek– en Patatfees 21—22 Junie

te Goedverwacht

Die Piketberger se 20ste verjaarsdagviering

is op 19 September