Piketberger April 2014

32
1 Jaargang 21 Nr. 3 022-913 1796 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... www.piketberg.com R5,00 April 2014 AUTO ELECTRICAL SPECIALIST ONE STOP MOTOR PART SHOP PIKETBERG 022 913 1939 022 913 2404 Alle korrespondensie aan [email protected] Wes-Kaap Kampioen Keishan van Rooy Foto verskaf Keishan van Rooy van Piketberg is die Wes-Kaap kam-pioen in die 80m en 100m seuns o/10. Hierdie vinnige 9-jarige leerder van Steynville Primêr, het ander 9-jarige seuns van die WP en SWD uitgestof toe hy, as deel van die Bolandspan teen hulle meegeding het by die Wes-Kaap Kampioenskappe in die Paarl. Boonop was hy deel van die aflosspan wat die 4x100m se- uns o/10 Wes-Kaap kam-pioene is. Keishan neem op 22 Maart aan die Suid-Afrikaanse Kampioen- skappe vir Laerskole deel in die Paarl. By dié geleentheid ding die bestes van die bestes teen mekaar mee om die SA- kampioen te kroon. Janke van Schalkwyk gr 7- leerder by Hoërskool Piketberg het ’n eerste plek behaal in die dogters 200mH en derde plekke in 75mH en verspring. Pamela Booys het ‘n derde plek behaal in hoogspring. Janke en Pamela is ook opgeneem in die Wes- Kaap span wat by die SA- Kampioenskappe gaan mee- ding. Hou gerus intussen die streeks-koerante dop. Die Piketberger sal in die Mei- uitgawe berig oor dié drie se Nuwe leraar op Koring- berg...p2 Troufoto’s...p8 De Hoek se skilpaaie...p9 Die Piketberger 20jaar gelede...p10 Vaardigheidsentrum vir Porterville...p13 Gr-R dans...p18 Posman voltooi Argus...p21 Mnr en Mej PHS...p23 Skolesport...pp25, 26, 28, 30 Gholf...p29

description

 

Transcript of Piketberger April 2014

Page 1: Piketberger April 2014

1

Jaargang 21 Nr. 3 � � � � 022-913 1796

Piketberg se koerant vir Piketberg se

mense...

www.piketberg.com

R5,00 April 2014

AUTO ELECTRICAL SPECIALIST

ONE STOP MOTOR PART SHOP

PIKETBERG

℡ 022 913 1939 � 022 913 2404

Alle korrespondensie aan [email protected]

Wes-Kaap Kampioen

Keishan van Rooy Foto verskaf

Keishan van Rooy van Piketberg is die Wes-Kaap kam-pioen in die 80m en 100m seuns o/10. Hierdie vinnige 9-jarige leerder van Steynville Primêr, het ander 9-jarige seuns van die WP en SWD uitgestof toe hy, as deel van die Bolandspan teen hulle meegeding het by die Wes-Kaap Kampioenskappe in die Paarl. Boonop was hy deel van die aflosspan wat die 4x100m se-uns o/10 Wes-Kaap kam-pioene is. Keishan neem op 22 Maart aan die Suid-Afrikaanse Kampioen-skappe vir Laerskole deel in die Paarl. By dié geleentheid ding die bestes van die bestes teen mekaar mee om die SA-kampioen te kroon. Janke van Schalkwyk gr 7-leerder by Hoërskool Piketberg het ’n eerste plek behaal in die dogters 200mH en derde plekke in 75mH en verspring. Pamela Booys het ‘n derde plek behaal in hoogspring. Janke en Pamela is ook opgeneem in die Wes-Kaap span wat by die SA-Kampioenskappe gaan mee-ding. Hou gerus intussen die streeks-koerante dop. Die Piketberger sal in die Mei-uitgawe berig oor dié drie se

Nuwe leraar op Koring- berg...p2 Troufoto’s...p8 De Hoek se skilpaaie...p9 Die Piketberger 20jaar gelede...p10 Vaardigheidsentrum vir Porterville...p13 Gr-R dans...p18 Posman voltooi Argus...p21 Mnr en Mej PHS...p23 Skolesport...pp25, 26, 28, 30 Gholf...p29

Page 2: Piketberger April 2014

2

RedaksioneelRedaksioneelRedaksioneelRedaksioneel

Teken in op Die Piketberger teen R100 vir 11 uitgawes per pos in RSA. Lees op www.piketberg.com

Redaksie (((([email protected])

Berigte en foto’s: Marietha Goosen � 022-913 1796

Advertensies:

[email protected]

of sms 079 496 2719

Uitleg: Barbie Breunissen �022-913 3873 n/u

Redaksioneel geborg deur Dr. Herold Truter

Volblad: R450 Halfblad: R300 Kwartblad: R200 Agsteblad: R140

Ander groottes op aanvraag.

Barbie Breunissen Marietha Goosen

Briewe van ons lesers...Briewe van ons lesers...Briewe van ons lesers...Briewe van ons lesers... Die Swartkat skryf… In my vierde brief aan julle vertel ek van iets wat my ore geruk het die ander dag. Ek was by ‘n samespreking en uit die bloute, net voor die verrigtinge amptelik begin, gee die voorsitter ‘n opdrag aan almal by die vergadering: “Sê vir die persoon wat langs jou sit: Ek is so bly, ek is nie jy nie!” Wat 'n manier om 'n gesprek te begin, wat nog van ‘n vergadering? Ek gaap die vrou aan, en wonder waar sy aan so ‘n ding sou kom om te sê? Nietemin, draai ek na my linkerkant en sê vir die persoon: “Ek is so bly, ek is nie jy nie.” (Nou nie dat ek dit bedoel het nie, want ek ken nie eens die vreemdeling wat links van my sit nie.) Die vroutjie het skrams geglimlag, en terug vir my gesê: “En ek is ook bly, ek is nie jy nie!” En net daar voel ek weer kind, ‘n kind wat uit die boom foeter en hard ken-nis maak met die aarde. Want toe slaan dit my… ons spreek so vining ‘n begeerte/wens uit oor iemand anders se lewe/besittings, maar ons dink nie regtig na oor die inhoud en betekenis van ons woorde nie. Ek het myself al die woorde hoor sê: “Ek sou graag hy/sy wou gewees het!” Maar dink mooi oor hierdie woorde. Wil jy werklik iemand anders wees? Wil jy werklik in sy/haar skoene staan? Dinge vertoon soms rooskleurig van buite af, maar innerlik kan ‘n heeltemal ander storie vertel. En ont-hou elkeen het maar sy eie worstelinge. Ek kom sê van-dag vir jou, wees tevrede met wat jy het en wie jy is. Moe-nie my verkeerd verstaan nie, ek sê nie moenie vir hoër hoogtes mik nie, ek sê eerder, kry opregte waardering vir wat jy het en wie jy is… en “CELEBRATE LIFE!”, want die lewe is kosbaar en ons kry net een kans. Wat ons met die lewe maak, is waar die verskil inkom.

Weer tyd vir beurtkrag Ons almal sien op die televisie dat Eskom onder druk is en ons weer in is vir beurtkrag. Jy kan jouself bemagtig en presies weet wat wanneer gaan gebeur deur die vol-gende kontakdetail te gebruik: L o a d s h e d d i n g . e s k o m . c o . z a 0860 037566 of by 0860 ESKOM www.bergmun.org.za volg die link na Eskom se webwerf

Kom ons almal bespaar voortdurend krag dan sal beurtkrag nie nodig wees nie.

Koos van Niekerk (Kootjie) (Jacobus Everhardus)

Gebore 12 Julie 1926 - Oorlede 4 Maart 2014 Hy sal met liefde en mooi herinneringe onthou word deur

sy suster, broers, familie en vriende.

Ons verwelkom die Van der Westhuizen gesin op Kor-ingberg. Danél, ds Arnold, Elsabé, Louise en Elna.

Nuwe Leraar op Koringberg

Die Wêreld is Klein "Die wêreld is klein", is iets wat ek daagliks óf besef óf sê. Dis veral by spesiale geleenthede, funksies, troues en begrafnisse, wanneer mense moeite doen om van ver te kom daar-voor, dat mens dit ontdek. Mense wat iewers

met iemand 'n konneksie het wat mens soms verstom laat en aangenaam verras. Gevolglik kan ek beswaarlik begryp dat mense mekaar "afskryf" asof hulle dink dat hulle paaie nooit weer gaan kruis nie. My ondervinding is dat jy na 'n paar sinne se praat met iemand altyd 'n raakpunt kry - gemeenskaplike vriende, aangetroude familie, verlangse kennisse of 'n plek of dorp wat jou saambind. Sommer net die afgelope week drie sulke gevalle - familie wat opdaag by 'n troue waar ons is, min wetende hulle is boesemvriende met die bruidegom se ouers. Ander familie uit die Kaap vertel van die oulike jongmense van Piketberg wat hulle by 'n 80ste verjaarsdag (van die meisie se ouma) ontmoet het - ons ken hulle goed. 'n Neef se seuntjie uit die SWD kom tweede by Wes-Kaap se byeenkoms in die 100m en wie het hom uitgestof.... ons voorbladgesig die maand, Keishan van Rooy. So sou ek kon aangaan! My spasie is ook klein die maand, maar ek gee nie om om dit met die lieflike mense van Koringberg (foto onder) te deel nie. Ook laat dit my dink dat dit in die meeste gevalle beter is om stiller te wees as om te praat. Wanneer mense na aan my ver-huis, is dit veral my troos - die wêreld is klein - niks en niemand is meer te ver nie. En dit maak my stil-tevrede dat ons almal in die holte van God se hand pas. Liefde Marietha

Page 3: Piketberger April 2014

3

Page 4: Piketberger April 2014

4

Barrington Jeans in voorraad

Froggies, Tsonga en Green Cross Winterskoene!

Winkel ���� 022-913 2418

� 022-942 1787

Riana Smit ���� 022-942 1787

� 082 921 1977

Nuwe Wintervoorraad

Beskikbaar

Stuur asseblief foto’s, berigte en advertensies per e-pos aan

[email protected]

Fanie en Hettie Louw skryf... Ons het in April 1998 die hange van Piketberg aangedurf en kyk nou terug oor 16 jaar van kosbare herinneringe. ‘n Gemeenskap van mense met warm harte (en kan ek by-voeg, oulike babas en kindertjies vir Hettie en Yvona om te geniet) en 'n uitsonderlike omgewing met berge, lui-perds, voëls en visse, maak dit ‘n prentjie wat nooit ver-geet kan word nie. Ons kinders is hier gevorm en ons het vriendskappe gesmee vir ewig. Fanie het 'n aanbod ont-vang vir 'n betrekking in die landbou met die basis in Nel-spruit. Ons sien uit na die nuwe omgewing en groeige-leentheid van die werk. Stephan en Yvona is aanvaar by Hoërskool Nelspruit waar hulle ook uitsien om nuwe dinge te beleef. Ons sê tot (weder)siens en baie dankie Piketberg vir al die mooi wat ons sal onthou. Wel gedaan Piketberg, wel gedaan!

90 jaar oud Martiens van As-

wegen van Piketberg het op

6 Maart 90 geword.

Foto: Herman de Hoog

Stap vir KANSA 22 Maart 2014 by Scheppie Saus,

Moutonshoek. ±10km heen en weer.

Inskrywings vanaf 07:00. R60,00 per volwassene en hoërskoolleerders, R30 vir kinders. Ete: visbraai, tuisgebakte brood, slaai, koffie, tee en sap. Eie voertuie kan tot by kampeerterrien geneem word.

Program sluit sprekers en kunstenaars in. Geen troeteldiere.

Kampgeriewe beskikbaar. Kontak Danie vir be-sprekings en tariewe.

Danie Smit 083 233 7772 Annatje Smit 083 460 4051 of 022 942 1848

Aasvoëlkop Piket-Bo-Berg Pretdraf/-loop

Saterdag 22 Maart 2014 Aangebied deur die Morawiese Kerk

Tyd: 7:00 vir inskrywings en 7:30 begin Kontak Gus Pickard 076 450 7870 of

epos: [email protected] Inskrywingsfooi:

R10 vir 5km; R20 vir 10km; R30 vir 16 km en R40 vir 20km.

Die Louws groet

Stephan, Hettie, Fanie en Yvona Louw Foto: Marietha Goosen

Stoorarea te Huur Nieuwoudia Sentrum Piketberg

Oppervlakte 155m² Huur R4 000,00 plus BTW per maand

Skakel 082 804 1888

Page 5: Piketberger April 2014

5

Page 6: Piketberger April 2014

6

Uit die kantoor van die

Munisipale Bestuurder...

Hanlie Linde

Kekkel & Kraai

Langstraat 79, Piketberg ����022 913 2297

Gemmerbierhoender 1 hoender Sout en peper 2 patats, skoongeskrop en in stukke gensy 4 wortels, in stukke gesny 330ml gemmerbier 30ml heuning

Voorverhit die oond tot 180°C. Geur hoender met sout en peper Pak die hoender bo-op en giet die gemmer-bier oor. Bedek met foelie en oondrooster vir ‘n uur. Haal die foelie af, smeer heuning oor en verhoog die temperatuur tot 230°C. Rooster tot goudbruin. Sit voor saam met vars koljander.

Die VLV op Eendekuil het mooi gevra: “Skryf asseblief oor die gebruik van ‘n verkeersirkel soos die een op die N7 by Piketberg.” So gevra, so ge-maak. ‘n Sirkel in die middel van ‘n nasionale pad? Hoe is dit moontlik? Maar ons is nie so uniek soos wat ons dink nie. Daar is vele ander sirkels op Suid-Afrika se nasionale paaie, soos die een by Makhado (Louis Trichardt) en Welkom. Ek het bietjie op google gaan rondlees (iol.co.za) en vind dat Frankryk eerste met die idee opgekom het. Reeds in 1877! Toe het ons nog nie eers aan voertuie gedink nie. Verkeersirkels het baie voordele: Dit is goedkoper om op te rig, is baie veiliger (tot 40% minder ongelukke as ander interseksies en 80% minder beserings), verskaf meer effektiewe verkeersvloei, vermindering in kweekhuisgas (carbon emissions) en ver-minderde brandstofverbruik. Ek sien ook op google dat daar heelwat teenkanting was toe ons sirkel gebou is. Van Windhoek tot Wupperthal. Maar deesdae is dit net so deel van Piketberg soos die Rooiwinkel se lekker vis. ‘n Tannie het selfs vir my gevra om asseblief swart en wit strepe op die sirkel te laat verf as advertensie vir die Ze-brafees! Wat ‘n goeie idee! As dit nie veiligheids-implikasies gehad het nie, het ek dit wraggies laat doen. Dink net! Volgens die Nasionale Padverkeerswet is die reëls baie eenvoudig: As jy ‘n sirkel nader, ry stadiger en gee voorkeur aan enige voertuie aan jou regterkant. Met an-der woorde: as jy lekker by die SPUR gaan eet het en terugry huis toe, gee voorkeur aan die voertuie vanaf Na-mibië en Clanwilliam. Hulle het in elk geval ure in stop-en-ry’s gesit en verdien om eerste te ry. As jy vanaf Radie Kotze Hospitaal uit Piketberg ry en die sirkel nader, kry voertuie vanaf Kaapstad voorkeur. Sorg dat jy in die regte baan is binne die verkeersirkel. Kyk uit vir voetgangers en fiets-ryers. Wees veral bedag op vragmotors en busse wat meer as een baan nodig mag hê om te draai en langer vat om te stop. By ons is vragmotors veral volop. Sanral het ‘n telling gedoen in 2013 en Piketberg se sirkel hanteer tot 800 vragmotors per dag. Ek het ook gaan aanklop by ons Hoof Verkeersdienste, Cavin Cornelissen, en sy wenke is baie prakties: “As ‘n motoris van Kaapstad se kant af kom en links wil draai na Piketberg se sakekern, moet die bestuurder betyds sein dat hy/sy links wil draai en wanneer dit veilig is na die baan vir links draai beweeg en dan links draai. Die twee bane word geskei deur ‘n soliede sperstreep wat nie gekruis mag word nie.” Cavin gebruik sommer ook die geleentheid om vir al ons seisoenwerkers wat nuut in ons dorp is en nie weet hoe om die voetoorgang in Langstraat te gebruik nie, daaroor in te lig: “Wanneer ‘n voetganger by ‘n voetoorgang kom staan en daar is reeds ‘n voertuig binne die zig-zag merke, moet die voetganger toegee aan die voertuig. Wanneer die voertuig verby beweeg het, mag die voet-ganger die voetoorgang kruis. Wanneer ‘n voet-ganger by die voetoorgang kom staan en die voertuig is buite die zig-zag kruising, het die voetganger voorrang en moet die voertuig stop.” Cavin vra mooi: “Moenie nuus maak wat jy nie self môre kan lees nie.” Kom ons almal hou by die reëls en ry veilig deur die sirkels in ons lewe...

� 022-913 2646

WEN ELKE DAG PRYSE

10 EENHEID KONTRAK

5 EENHEID KONTRAK

MAANDELIKS ETE BY SPUR

DANKIE VIR U VOLGEHOUE

ONDERSTEUNING

Page 7: Piketberger April 2014

7

Page 8: Piketberger April 2014

8

Johan Joubert het op 15 Februarie 2014 met Aretha Wessels by Idille, buite George, in die huwelik get ree.

Foto: Gerrit Visser

Maryke Engelbrecht en Windsor Mouton is op 30 November 2013 in die Rooms Katolieke Kerk op

Malmesbury in die huwelik bevestig. Die onthaal was in Die Skuur op Moorreesburg. Foto: Riaan Conradie Fotografie

Hierdie vier jongmense het Sondag Belydenis van Geloof op Koringberg afgelê. Johannes Mostert,

Danél van der Westhuizen, Atél Truter en Leon Coetzee.

Foto: Ansel van Schalkwyk

Pierre Visser en Marieke Wessels is op 15 Februarie 2014 in die NG Kerk op Piketberg in die huwelik

bevestig. Die onthaal was by Laatson te Porterville . Foto: Adele Joubert Photography

Hoofstraat 21, Piketberg

Posbus 64, Piketberg 7320

Tel. 022 913 1600 022 913 2075

Het so pas GEMS kontrak gekry vir chroniese medi-

syne met lae of geen bybetaling!

Liefde is… om te trou

Koringbergers bely Geloof

Page 9: Piketberger April 2014

9

Daar is vanaf verlede jaar skilpaaie in De Hoek. Dit gaan nou so goed met die skilpaaie dat hulle al eiers begin lê. ‘n Paar aande gelede was daar baie opwinding voor die Jouberts se huis toe die skilpad vroegaand begin grawe het. Bert Burger het dit gesien en vir Jaco Joubert, wat toe in Johannesburg was, laat weet en Jaco het sy familie laat weet. Toe hulle buite kom, het die skilpad al baie ver gevorder met die grawery. Dit was so interessant, want die skilpad piepie om die grond nat te maak sodat sy makliker kan grawe, maar toe die proses te lank vat, het Bert sommer ‘n emmer water op die grond gegooi om dit vir haar makliker te maak. Die proses het te lank gevat en almal is terug huis toe. Net voor slaaptyd is die Jouberts weer uit om te gaan kyk met slaapklere en al. Daar aangekom, het die skilpad al drie eiers gelê. Die kinders is wakker gemaak en Bert en Estelle is geroep. Na 13 eiers en na 10 uur die aand het die skilpad haar eiers begin toegooi. Dit was ‘n belewenis vir almal.

De Hoek se skilpaaie broei uit

Klavierstemmer Stem en Herstel van Klaviere

Professioneel 50jr Ondervinding

Alle Areas

Skakel Wessel de Beer 0232 320422 of 082 704 3276

Droogtehulp aan Noorde

Die afgelope weke is trokke gelaai op Rust-stasie buite Malmesbury en Pools-stasie buite Piketberg nadat Transnet uiteindelik sy weg oopgesien het om trokke en rytuie be-skikbaar te stel vir die vervoer van voer van-uit die Wes-Kaap na drooggeteisterde ge-biede in die Noord-wes en Noord-Kaap. Ongeveer 2 300 ton dierevoer is op agt stasies bymekaar ge-bring. Regs is Japie Olivier, Peertjies Lie-benberg en Johan Botha.

Foto’s: Alta Rossouw

Page 10: Piketberger April 2014

10

20 Jaar Gelede — April 1994

VOORBLAD Sakeman van die jaar - Op ‘n funksie van die sakekamer op 21 April 1994 by Dunn’s Castle is toek-ennings in verskeie kategorieë gemaak. Andries (Wolf) Liebenberg is sakeman van die jaar. Die besigheid van die jaar is Boland Spar. Die pryswenner in die kategorie netste motorhawe is Loxton Motors. Die twee vriende-likste werknemers is Harry Esau van Piketberg Apteek en Sarel Klaase van Liebco. Die finansiële instelling van die jaar is Sanlam. PHS Vakansieprestasies - Twee van Piketberg Hoër-skool se atlete het gedurende die vakansie deelge-neem aan ‘n nasionale en interprovinsiale byeenkoms. Frank Scheun, in driesprong, is opgeneem in die WP-span wat deelgeneem het aan die Suid-Afrikaanse Ju-nior Kampioenskappe in Bloemfontein. Driske Olivier het ‘n 6de plek behaal in die 75mH vir o/13 meisies by die Kaaplandse Laerskole Atletiekkampioenskappe op Cradock. Steynville Sekondêr vier 10de bestaansjaar. ATKV-Redenaars - Johannie Liebenberg, Sybil Ek-steen en Jolandé Vercuiel het deelgeneem aan die Streeksuitdun van die ATKV se redenaarskompetisie. Sybil en Johannie het albei onder die eerste drie in hulle afdelings geëindig terwyl Jolandé wenner van die junior afdeling was.

Welkom op Piketberg

Yolandi en Wimpie van der Merwe het onlangs ver-huis van Hopefield na Piketberg. Hulle sien uit

daarna om nou betrokke te wees by die dorp en sy dinamiese hartklop. Hul kinders gaan skool by Hoër-

skool Piketberg en geniet die interaksie met al die leerders van die skool. Yolandi het aan die begin v an

Feb- ruarie by Elzanne Richter by All About Travel aange s-

luit en geniet die uitdagings wat die nuwe beroep haar bied terdeë. Wimpie is werksaam by Carel van

Niekerk Ingenieurswese.

David Adonis, links is die plaaslike wenner van 'n Cadac gasbraai in Hi-Q se landwye somerpromosie. Hier oorhandig Hennie Louw van Hi-Q Porterville die

prys aan David. Foto verskaf

Hi-Q Wenner

Page 11: Piketberger April 2014

11

Happy Hearts Nasorg Marilee Kriel , oud PHS'er met 'n graad in Intermediêre- en Seniorfase Onderwys, is terug op haar tuisdorp om haar droom uit te leef. Na 'n kort rukkie se skoolgee in Vre-denburg, het sy besluit om dít te doen wat sy nog altyd wou doen - 'n Nasorg bedryf. Sy sou nooit kon dink dat, ná vyf jaar, dit so lekker sou wees om terug te wees nie. Hier waar sy eens 'n kind was, kan sy nou bydra tot die toekoms van vandag se kinders. Marilee se Nasorg in Hoof-straat 17, oorkant die Pos-kantoor, sorg vir presies wat die naam "Happy Hearts" sê: 'n gelukkige kind met 'n ge-lukkige ouer. Sy verskaf 'n middagete, gee ondersteuning met tuiswerk en bied 'n heerlike, veilige ruimte vir speel en ontspan. Sy gee ook na ure ekstra klasse in Tale en Wiskunde. Marilee kan gekontak word by 071 485 4533 of [email protected]

Happy Hearts !

Nasorg / After Care

Skakel Marilee Kriel by:

071 485 4533 /

[email protected]

SENIOR NETBAL Almal wat graag saans wil saam netbal oe-

fen is welkom om Maandae en Donderdae

by Hoërskool Piketberg se netbalbane te

kom oefen van 17:30 tot 18:30.

Kontak Elserine Schutte by 083 609 8299 of

epos [email protected]

vir meer inligting.

Page 12: Piketberger April 2014

12

VLV-Nuus

R50 000 Geskenkbewys

Anthea, Gert, Rowena, Hendrie, Alita, Erika, Marian ne en Mienie en voor sit Elsebeth Goldrey.

Foto verskaf Mienie Scholtz, bestuurder van Nedbank Piketberg, het op 24 Januarie 2014 R50 000,00 se Makro geskenk-bewys oorhandig aan Mev Elsebeth Goldrey van Porter-ville. Sy was die gelukkige wenner van hierdie geskenk-bewys omdat sy haar Nedbankkaart gebruik het om aankope te doen by Makro in die tydperk 1 Desember 2013 tot 15 Januarie 2014. Enige persoon wat gedurende hierdie tydperk hul Nedbankkaart vir R1 000,00 of meer gebruik het, het outomaties gekwalifiseer vir die prys. ‘n Opgewonde Elsebeth het vertel dat dit die eerste keer in haar lewe is dat sy enigiets gewen het en omdat sy nie bewus was van die kompetisie nie, het sy aanvanklik gedink dit is bedrog, maar eers toe sy ‘n oproep ontvang van Mienie het sy begin opgewonde raak. Sy het nog nie besluit presies wat sy gaan koop nie, maar oorweeg ‘n veldwaentjie.

Tuinbouklub-Nuus

‘n Ontwerp geskep deur Kim Zimmerman by ‘n vorige demonstrasie in Somerwet-Wes. Foto verskaf

Hiermee wil die bestuur van die Tuinbouklub om verskon-ing vra vir die vorige vergadering wat ons as gevolg van omstandighede buite ons beheer moes kanselleer. Ons volgende vergadering beloof om daarvoor te kompen-seer. Die vergadering vind plaas op Woensdag 9 April in die biblioteeksaal. Tee en verversings word bedien vanaf 09:00 en die vergadering begin om 09:30. Die vergader-ing neem die vorm aan van ‘n blomdemonstrasie deur Kim Zimmerman van Somerset-Wes. Sy is ‘n beoorde-laar, onderwyser en demonstrateur in die blommekuns. Die tema van die blomdemonstrasie is ‘Playing with Plant Material’. Sy demonstreer moderne ontwerpe en gebruik nie baie plantmateriaal nie. Almal is welkom om saam met die Tuinbouklub te kom kuier en die kunswerke, geskep met blomme, te geniet. ‘n Donasie van R20 word gevra.

Kontakpersoon: Katinka Morrison 082 829 6918

Dawie Roodt van die TV reeks “Ontbytsake” en sy span van Efficient Advise, het tesame met Praktika op 11 en 12 Maart 2014 ‘n aanbieding by Org de Rac gedoen oor jou “2014 E-Wedstrydplan …. en daarna”.

Op die foto verskyn Dave Ferguson van Praktika, Dawie Roodt, Willem Basson en Brendon Vadas van

Efficient Advise.” Foto verskaf

‘n Ekonomiese Ontbyt

By die onlangse byeenkoms van VLV Piketberg met Openbare Sake as tema, is lede toegespreek deur

Alta Rossouw, LPP vir Bergrivier munisipale area, asook deur Joline Russouw, voormalige voor-sitter van VLV Moorreesburg. Alta het, met die oog

op die komende verkiesing, verskillende stemprose-dures, asook die verskil tussen prosedures by na-

sionale en munisipale verkiesings verduidelik. Joli ne het, uit eie ervaring, gewys op die ellelange lys v an dokumente wat benodig word by die afsterwe van ‘n eggenoot. Sodanige dokumente behoort voortydig

geliaseer te word om dit vir die vrou makliker te m aak wanneer sy in so ‘n krisissituasie beland. Op die f oto

verskyn Dinette Lochner, VLV, Alta Rossouw en Joline Russouw.

Foto en berig Riana Richter

Leeskring 16 April “Kan ek aan jou Selluliet vat” - André le Roux

Bespreking: Erin Nel

Page 13: Piketberger April 2014

13

Bergrivier Munisipaliteit het op 3 Maart 2014 ‘n drie-party ooreenkoms onderteken met PPC en die Goedgedacht Trust vir die oprigting van die Vaardigheidsentrum in Por-terville. Die Munisipaliteit het die grond beskikbaar gestel, PPC het kapitaal geskenk en die Goedgedacht Trust het die tender gewen om die Vaardigheidsentrum op te rig en te bedryf ten bate van die gemeenskap. Die Munisipaliteit is baie trots op hierdie vennootskap en weet dit gaan die gemeenskap van Porterville baie baat. Die gesprekke is reeds begin om ‘n soortgelyke vaardigheidsentrum te begin in Piketberg ook met die hulp van PPC en ‘n suk-sesvolle tenderaar. Goedgedacht Trust het bewese er-varing van vaardigheidsentrums en bedryf ‘n soortgelyke een in Riebeek Kasteel. Die sentrum sal sosiale lewens-vaardighede ontwikkel en fokus op die jeug. Dit word gedryf as deel van die POP-program (Path out of Pov-erty).

Die ooreenkoms word onderteken en die drie partye bevestig hul vennootskap en samewerking in die toe-koms ten bate van die gemeenskap. Hier reik die dri e partye mekaar die hand na ondertekening. Me Ingrid Lestrade, Direkteur van Goedgedacht Trust, Raadslid Evert Manuel, Uitvoerende Burgemeester, Bergrivier Munisipaliteit en Me Nolwandle Mantashe van PPC

Hoofkantoor. Foto’s verskaf

Die VIP’s wat die belangrike geleentheid meegemaak het. Voor sittende is Betty Masinge van PPC Hoofkan -

toor, Raadslid Evert Manuel, Uitvoerende Burge-meester Bergrivier Munisipaliteit en Raadslid Manne -tjie Mngwevu, die Uitvoerende Burgemeester van Ik-

wezi Munisipaliteit (Jansenville), Agter is Nolwandle Mantashe van PPC Hoofkantoor,

Jan Vorster, HR Bestuurder, PPC De Hoek, Hanlie Linde, Munisipale Bestuurder Bergrivier Munisipali-teit, Raadslid Sandra Crafford, Uitvoerende Onder Burgemeester Bergrivier Munisipaliteit, Theo die

Jeugwerker van Ikwezi Munisipaliteit, Ingrid Lestra de, Direkteur van Goedgedacht Trust, Tracy Stone, Strat e-

giese Bestuurder Bergrivier Munisipaliteit en Peter Templeton, Direkteur Goedgedacht Trust.

Vaardigheidsentrum vir Porterville

MEDIESE MEDIESE MEDIESE MEDIESE

PRAKTISYNSPRAKTISYNSPRAKTISYNSPRAKTISYNS

Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG

7320

� 022-913 1172 alle ure / all hours ���� 022 913 1907

Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri

Sat 08:00 - 13:00

Yskas, Vrieskas &Yskas, Vrieskas &Yskas, Vrieskas &Yskas, Vrieskas &

Lugverkoeling Lugverkoeling Lugverkoeling Lugverkoeling (voertuig en residensieël)

Herstel,

Installasie en Hergas

Kontak

Henk Pieters 071 583 6164 Henk Pieters 071 583 6164 Henk Pieters 071 583 6164 Henk Pieters 071 583 6164

E.mail [email protected] [email protected] [email protected] [email protected]

12 R5’e maak R60 en is nodig vir ‘n

Kinderbybel in Zoeloe vir Msinga en Makhatini

Kix het reeds 55 Bybels bymekaar

Kix 2014-Projek “Vertel Vertel!”

Page 14: Piketberger April 2014

14

Lené Kruger, Vinyka Diergaardt, Katelyn Pedersen en Jaco Crous. Foto: Chantel Clarijs

Vir ‘n saadjie om te groei moet hy eers onder die grond in- gedruk word. Met die regte kos en water, ontkiem die saadjie, druk deur die harde grondlaag, groei en dra dan weer heerlike, voedsame vrugte. Die Coetzee Ateljee het ‘n nuwe blaadjie omgeslaan en beweeg nou op ‘n ander vlak van kunsdenke en kunsaanbieding. Daar word nou op breinontwikkeling gefokus. Kuns word nou so aange-bied dat maksimale breinontwikkeling kan plaasvind. Hoe jonger hierdie ontwikkeling by die mens kan plaasvind, hoe beter. So vroeg as 2-jariges word nou be-arbei om hul kreatiwiteit te besef en sterk te ontwikkel, sodat dit nie moontlik is om dit te verloor sodra die eise van ‘n rigiede sisteem intree nie. Die leerders word nou gekonfronteer met vreemde, maar heerlike kunservarings wat fokus om vrese af te breek en ‘n positiewe identiteit te ontwikkel. Nuutste breinnavorsing toon dat die mens ‘n ‘reward cir-cuit’ het wat wakker gemaak en konstant gevoed moet word sodat maksimale breinontwikkeling kan plaasvind. Daar is bevind dat dit slegs die kunste is wat daardie “reward circuit” kan aktiveer. Hierdie kunste moet dan eg-ter op ‘n baie informele, ‘fun’ manier aangebied word, an-ders word daar weer vrese gekweek wat kreatiwiteit demp. In samewerking met brein neuroloё en kenners in menslike gedragspatrone word die lesse so saamgestel dat Die Coetzee Ateljee-leerders saam met hierdie nuut-ste brein ontwikkelingsteorieё kan groei. Dit is ook lekker om op Die Coetzee Ateljee se facebook te sien hoe die kinders hierdie ervarings geniet. Dit sluit aan by die opwindende nuwe winkel by Die Coet-

zee Ateljee, naamlik Clari. Clari is die breinkind van Chantel Clarijs. Sy fokus op goeie kwaliteit handgema-akte produkte. Baie van die produkte is haar eie werk, maar sy verkoop ook ander plaaslike kunsvlyt kun-stenaars se werke. Sy maak en kies net werke wat diep gewortel is in passie en kon-sep, met ander woorde, pro-dukte met ‘soul’. Clari maak egter ook deel uit van mzan-sistore.com. Dis ‘n internet-winkel wat gekeur is om deel te wees van die 2014 World Design Capital internasion-ale ontwerp program. Hier kan wêreldklas produkte bestel word en ook

Kuns en “Craft” na ’n hoër vlak

Nog 'n brein 'popping' projek van die Coetzee Atelj ee. Ontwerpster van die ballonuitrusting is Andrea V is-

ser, regs, en haar sussie, Lara Visser, was haar model. Foto: Chantel Clarijs

sommer ‘n goeie idee kry wat die wêreld bied in terme van “craft” en ontwerp produkte. Hou ook Clari se face-book dop vir gereelde nuwe produkte, asook die nuutste inligting rakende die 2014 World Design Capital program. Clari voer ook uit na lande soos Nederland, Australiё en Amerika en is van haar gehekelde kussings in die De-sember Garden en Home opgeneem. Clari is dus ‘n baie opwindende toevoeging tot ons reeds opwindende dorpie en is al klaar raakgesien as deel van die wêreld van “craft” en ontwerp.

SHAVATHON Op Vrydag 28 Februarie het Plofstof deelgeneem aan Cansa se jaarlikse Shavathon. Dit was soos gewoonlik baie pret. Ons het, met behulp van die leerders, onder-wysers, ouers, PPC (Johan Vorster), Bierman Grobbe-laar Oogkundiges, Boland Superspar (Toni Smuts), Marili Hanekom (Gr R juffrou), Neels Hagen, Suzette Cillie en Marietha Goosen vir toesig, Mariné Young (Salon Forever Young) en Yolandi Loots (Salon Landi) en al die ander borge, 'n volle R6 500 ingesamel. Baie dankie vir almal se bydrae en ondersteuning. Baie dankie aan Tiaan van Rooyen en sy span, sowel as die toesighouers vir al hulle harde werk.

Page 15: Piketberger April 2014

15

Nicola Kellerman en Angelique Nel Foto: Beryl-Ann du Plessis

Piketberg Animal Welfare is op 12 Maart 2011 deur ‘n handjievol vrywilligers gestig en vier vanjaar hulle derde bestaansjaar. Verskeie uitreikaksies is geloods om die gemeenskap op te voed en sterilisasiedae is gehou. Nicola Kellerman en Angelique Nel is twee van PAW se toegewyde vrywilligers en dien ook op die PAW-bestuur as deel van jeuguitreik aksies. Die twee dames deins vir niks terug nie, al is die gevalle wat besoek word soms grusaam van aard. Sonder die publiek se welwillendheid kan PAW egter nie voortbestaan nie en donasies in die vorm van kos, komberse, hals- en leibande is steeds welkom of borg ‘n hond of kat-sterilisasie. Minette Cronje, PAW-voorsitter bedank graag elke individu of instansie wat gereeld bydraes maak. Enigeen wat deel wil wees van PAW se uitreikaksies of meer wil weet van hulle aktiwiteite kan 079 249 1535 skakel.

B’ Pretti Langstraat 101, Piketberg Markstraat 30, Porterville T: 022 913 2333 C: 083 412 3070 E: [email protected] Facebook: Belinda de Kock

Clothing and Accessories: Clothes for young

and old.

We supply all sizes with the emphasis on

the fuller figure.

Lisa King Shoe Collection, CaRRoL BoYeS,

So Good Candy Bags and Arts & Crafts.

Beauty Treatments & Gift Vouchers

Stockist of:

PAW ontgroei sy babaskoene

37 Die Trek

Page 16: Piketberger April 2014

16

Page 17: Piketberger April 2014

17

Page 18: Piketberger April 2014

18

Wat sê die reg?

Eienaar verantwoordelik vir

'nodige' verbeterings Hierdie maand se artikel handel oor ‘n huurder wat verskeie verbeterings aan ‘n eiendom aangebring het wat hy huur sedert hy sewe maande tevore in die woning ingetrek het. Kort nadat hy die eiendom beset het, het hy ‘n betonblad onder die afdak gegooi waar daar voorheen net kaal grond was. Daarna het hy ‘n lugverkoeler (‘n moet in Piketberg) laat installeer, ‘n nuwe stort in een van die badkamers laat installeer/bou en ‘n mat in een van die slaapkamers laat insit. Die eienaar het nou die eiendom in die mark geplaas om verkoop te word, en hy wil weet of hy die geld wat hy aan die verbeterings spandeer het van die eienaar kan terug eis. Die vraag wat ontstaan, is of die huurder die eienaar se toestemming gekry het alvorens hy die verbeterings aangebring het. Die huurkontrak maak nie voorsiening vir die aanbring van verbeterings aan die eiendom nie, en dit sal dus nodig wees om na die gemene reg te kyk ten einde te bepaal wat die huurder se posisie is. Daar moet onderskeid getref word tussen “nuttige en luukse verbeterings” aan die een kant, en “nodige verbeterings” aan die ander kant. “Nuttige en luukse verbeterings” mag deur die huurder verwyder word wanneer hy die eiendom ontruim, terwyl “nodige verbeterings” nie verwyder mag word nie. Die Wet op Huurbehuising, bepaal ook dat die eienaar geregtig is om die eiendom in dieselfde toestand te ontvang as wat dit was toe die huurder ingetrek het, met gewone slytasie in ag geneem. Die huurder kan vergoeding van die eienaar eis vir “nodige verbeterings en “nuttige verbeterings” waar dit nie moontlik is om dit te verwyder nie, en word dit bereken as die verbetering in die eiendom se waarde of die werklike uitgawes, wat ook al die minste is. Huurkontrakte maak meestal voorsiening vir die aanbring van verbeterings en die mees algemeenste posisie is dat die eienaar moet toestem tot enige verbeterings wat die huurder wil aanbring. Die huurkontrak kan ook bepaal dat die verbeterings die eiendom van die eienaar word. Dit kan selfs bepaal dat vergoeding vir die verbeterings wat aangebring is uitgesluit word, indien dit sonder die eienaar se toestemming aangebring was. Indien vergoeding vir verbeterings egter nie in die kontrak uitgesluit word nie, kan die huurder ‘n eis teen die eienaar instel. Die eienaar is verplig om die woning te onderhou en in stand te hou in ooreenstemming met alle ordonnansies, gesondheids en/of veiligheidsregulasies of kragtens enige ander wet. Om hierdie rede sal die huurder geregtig wees op ‘n terugbetaling indien hy herstelwerk aangebring het wat kwalifiseer as “nodige verbeterings/ instandhouding” waarvoor die verhuurder verantwoorde-lik is. Dit is dus duidelik dat 'n huurder versigtig moet oorweeg om geld te spandeer aan verbeterings van 'n verhuurde eiendom, aangesien daar 'n werklike risiko vir hom of haar is om nie vergoed te word nie.

Jacques Ehlers

Gr R Valentyns (Boemelaars) Dans

Dankie aan die borge Boland Superspar, Buglers Post (John & Marike Ince), CM Functions, Moorreesburg, Fox Bouers (Danie & Chubbie Fox), Johan von Willigh van Chilli Peppers, Porterville, Liebco Vleishandelaars, Mike Smith Vervoer (Charles & Colette Smith), Org de Rac Landgoed, Pik-a-Wyn, Piketberg Drukkers, Piketberg Fisheries (Frikkie & Alana Coetzee), Piketberg Liquors, Piketberg Mediese Sentrum (Dr Pieter & Ilse Bruwer), Pittekou (Erie de Beer), Potgieter Vrag & Dienste (Johan & Monique Potgieter), Salon Keyah, Skoonheidsalon Sanet en Winkelshoek Wynkelders.

Foto’s: Ilse Bruwer en Doretha Visser

Page 19: Piketberger April 2014

19

Te Koop

Services Offered

HOUSE SITTER / PET SITTER I am available for House-sitting / Pet-sitting as well

as farm sitting in the Bergrivier region. Please contact Heike on 084 372 3326

or [email protected]

Heerlike Beesbiltong te koop

R135,00 per kg (net hoeveelhede van een

kilogram en meer)

Suiwer Beesmaalvleis te koop R47,00 per kg

(net hoeveelhede van een kilogram en meer)

Kontak N Louw 083 441 4032

ADMINISTRATIEWE BEAMPTE Spectra Trust is ‘n toonaangewende verspreider van landbouverpakkingsmateriaal en ander primêre land-bou-insette met verspreidingspunte in die Wes-, Noord-, Oos-Kaap asook in Namibië. As gevolg van volgehoue groei benodig ons die dienste van ‘n Administratiewe dame; en van ‘n Toesighouer vir ons Piketberg-tak, wat vertroud is met die verpakkingsma-teriaal-bedryf. Vereistes: Matriek met Rekeningkunde as vak. Baie goed Pastel-vaardig en tweetalig. Pligte: Uitmaak van fakture; Aanvraag vir krediete by Hoofkantoor; Kleinkas; Brandstofrekonsiliasie van Be-marker; State van Verskaffers; Koördineer verlof en oortydure van tak.

TOESIGHOUER Vereistes: Matriek met toepaslike ondervinding. Pligte: Ontvang en uitlaai van voorraad, Instand-houding en netheid van voorraad / store / perseel, Voorraadopnames, Verkoopskantoor assisteer met voorraad-inligting. Vergoeding is onderhandelbaar volgens ondervinding. E-pos so spoedig moontlik jou CV na [email protected] om ons nie later as 27 Maart 2014 te bereik nie.

Ysmasjien Te Koop Water Well Ice Maker

Min gebruik R600,00 Skakel 079 496 2719

Page 20: Piketberger April 2014

20

Samestelling van collage gedoen met die hulp van Ansel van Schalkwyk

Page 21: Piketberger April 2014

21

Piket-Bo-Berg Plaaswag word bedank Die Piket-Bo-Berg Plaaswag is een van die sub-komitees van die Piket-Bo-Berg Inwoners Vereniging (PBBIV). Die Plaaswag bestaan alreeds vir die afgelope tien jaar. Ja, ‘n volle dekade lank al patroleer ‘n aantal toegewyde wer-kers van die verskillende plase Piket-Bo-Berg (PBB) se paaie en handhaaf hulle, saam met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), wet en orde. Nie ‘n enkele lid van hierdie Plaaswag ontvang geld vir hul moeite nie. Dit spreek boekdele oor hul toewyding. Aan die einde van 2013 het die Plaaswag sowat 11 lede gehad wat saam met die hulp van ‘n grondeienaar, Kobus Eigelaar, en ‘n plaasbestuurder, Wikus Nel, die misdaad situasie te Piket-Bo-Berg in bedwang probeer hou. Hier-die mans en vroue, jeugdiges en ouer mense, werk van Maandag tot Vrydag op onderskeie plase en van Vryda-gaand af trek hulle ‘n nuwe baadjie aan en begin hulle om die hoekies en draaitjies van Piket-Bo-Berg te patroleer. Wanneer jy met hierdie mense praat kom jy agter hulle het ‘n passie vir die omgewing waarin hulle woon en werk en dat dit vir hulle baie belangrik is om hul deel te doen om almal veilig te hou. Natuurlik is hulle doel ook om eu-wels soos drank- en dwelmmisbruik te bekamp. Die lede van die Plaaswag het te vertelle dat hierdie werk nie altyd sonder moeilikheid is nie. Alhoewel hulle baie suksesse het, stuit dit hulle baie keer teen die bors dat inwoners hulle soms uitskel en van allerlei aaklige dinge beskuldig. Dit terwyl hulle net die gemeenskap waarin hulle woon wil beveilig. In Desember 2013 het die PBBIV Bestuur dit goed gedink om vir hierdie manne en vroue, wat hulle naweke opoffer, dankie te sê vir hulle voortreflike diens. Wikus Nel het die heerlikste vleis en wors gebraai waaraan almal lekker kon smul. Dat die man ‘n vleisie kan gaarmaak is nou glad nie te betwyfel nie. Ten tyde van die lekker dankie-sê ge-leentheid het elkeen van die buurtwaglede ook ‘n sertifi-kaat van waardering ontvang vanaf die bestuur van die PBBIV. Die bestuur van die PBBIV is innig dankbaar vir die rol wat die lede van die Plaaswag speel en versoek meer inwoners van Piket-Bo-Berg om hulle vir diens beskikbaar te stel. Die bestuur hoop verder om ten volle staat te maak op die ondersteuning en samewerking van al die inwoners van Piket-Bo-Berg en die SAPD. Namens die inwoners van die Berg, baie dankie aan die Piket-Bo-Berg Inwoners Vereniging (PBBIV) vir die heer-like vleis, slaaie en drankies. Dankie ook aan Eric Starke wat die braaiplek beskikbaar gestel het – dit is goed om te kan staatmaak op die produsente. Die uiteindelike oogmerk bly om misdaad, in al sy vorme, tot die absolute minimum te beveg. Hand aan hand sal ons wen.

Louis laat BiOLouis laat BiOLouis laat BiOLouis laat BiO weer dansweer dansweer dansweer dans Louis Kruger het begin werk by die BiO Cafe. Hy is opglei by Primi Piatti innie Kaap. Hy gaan vir Cobis bystaan, en die BiO Cafe daagliks oophou vir ontbyte, koek en tee en/of koffie, ligte etes, en later vele meer soos wat behoeftes kwel. Steeds is daar die aandetes, slegs op ‘n af-spraak voorberei en aangebied – kom luister gerus. Bel vir AAND-ETES, WEGNEEMETES (aflewering ook ‘n opsie), selfs funksies kan hier gereël en gehou word. Ons sal Menu’s aflewer of val in of kom loer in en haal een af. By die BiO is daar nuwe verwikkelinge. In die SPOT (saaltjie langsaan), gaan Louis Kruger Ballroom, Latin American, Line Dancing, Keep Fit en sommer allerlei dans pret aanbied. Louis het gedans in die Extrava-ganza, Cinderella en vele optredes by verskeie Casino’s.

Bel vir n Afspraak met hom in die BiO.

022-913-1368

Pieter Dirks, Piketberg se posman, het pas die Argus voltooi. Hy het op 26 April verlede jaar vir die eerste keer dit weer op 'n fiets ge-waag na 'n val op 'n fiets, 36 jaar gelede toe hy 8 jaar oud was. Sedertdien was hy te versigtig. Op 8 April 2013 het hy sy werk as posman begin met die idee om die pos te voet af te lewer. Die posbeskrywing sê jy het 'n keuse tussen stap of fietsry. Na drie weke het hy so las van eelte gehad dat daar vir hom geen ander keuse was as om weer te begin fietsry nie. In Februarie vanjaar het hy die Tour de Stellenbosch gery met 'n geleende fiets van Nico Blanckenberg, wat hy nog 'n dag voor sy deel-name moes regmaak. Dit was 'n groot droom wat waar geword het toe hy die Argus voltooi. Die dag toe hy weer begin ry het, was dit sy besliste voorneme om die Argus te ry. En watter beter plek was daar om te oefen, as Piketberg se bulte.

Posman voltooi Argus

Pieter Dirks Foto: Marietha Goosen

Lede van die Plaaswag saam met Kobus Eigelaar, links en Wikus Nel, regs.

Foto en berig verskaf deur Gus Pickard, PBBIV Koördineerder

Page 22: Piketberger April 2014

22

Restaurant Hopping Querky Places to eat (or not)

By Colin and Pam Tedder We often drive through the West Coast and bemoan the fact that there seems to be a dearth of enjoyable restau-rants. However, this changed the other day in Velddrif. We stopped for fuel which emptied the pockets. My suggestion that we enquire from the petrol attendant on eating establishments in Velddrif was met with derisive laughter. The petrol attendant was a mine of information! We found our way down to the shore of the vlei and were confronted with a Velddrif we did not know existed. Along the shore of the vlei are fish factories aplenty selling Bok-koms and Harders. On my asking who bought all the fish, was informed that they could not keep up with the de-mand. There were two eateries open; “Die Vishuis” and “Ek en Djy Vissery etc”. We had lunch at the “Die Vishuis” and a pleasant meal it was too. The young waiter was all charm, the atmosphere rustic but very enjoyable and relaxing. As we were staying in the vicinity for a few days, we went back for breakfast at “Ek en Djy”. The art gallery next door is well worth a visit; Marina Clunie is an artist who captures the vlei area beautifully. Although neither is an epicurean delight, the charm and ambience are worthwhile. If you have not been there be-fore, pay them a visit. Sitting watching the birds and the locals go by while drinking a “cold drink” is a break from the merry-go-round of life. Look for Bokkom Street on the left as the vlei starts just before the Riviera Hotel if one is coming from Piketberg and visa versa. Take the gravel road along the vlei at the end of the tar road.

Op die rakke van die Biblioteek Bespreking deur

dr. Margaret Mollett

Audrey Bettie Swart (later Blignault), is op 6 Julie 1916 te Bredasdorp ge-bore. Haar pa was Afrikaans en haar moeder van Ierse afkoms en dus Engelssprekend. Na ’n mangel-operasie in Kaapstad toe sy sewe jaar oud was, wou haar ma vir haar ’n present gee, maar Audrey moes

self kies. “Dit was die eerste keer dat ek in ’n winkel ge-kom het waar daar net boeke was en dit was vir my won-derliker as enige feëpaleis in ’n sprokie.” Op een van die rakke met kinderboeke het sy toe “die grootste en dikste storieboek”, naamlik Partridge’s Children’s Annual gekies – dit was die eerste boek wat sy alleen deurgelees het, en in Die Goue Vreugde (1985) skryf sy dat sy nog elke storie ken wat daarin was. Nieteenstaande haar skoolloopbaan in Engels, het Aud-rey na haar studies in Afrikaanse Literatuur aan die Uni-versiteit van Stellenbosch besluit dat Afrikaans dié taal is waarin sy wil skryf. “In Augustus 1950 verskyn daar ’n kort beriggie in die tydskrif Sarie Marais (later net Sarie). In hierdie uitgawe begin ons met ’n nuwe rubriek: Uit die dagboek van ‘n vrou. Hierin sal ’n huisvrou elke veertien dae vertel van al haar doen en late en die lewe van haar en haar gesin. Ons vertrou dat ons leseresse hierdie grepe uit die lewe van ‘n vrou sal geniet”, aldus Audrey se dogter Marié Heese in Audrey Blignault: Uit die dagboek van ‘n vrou. Oor die volgende vier dekades het Audrey talryke essays, gedigte en kortverhale neergepen, menige van hulle, sowel as briewe gerig aan familie en vriende, is later in bundels opgeneem. Die volgende boeke is by die plaaslike biblioteek beskik-baar: Audrey Blignault, Die Plesierboom (Nasio-nale Boekhandel Beperk 1967) en Mal Hansie en ander ver-hale (Tafelberg, 1996); Daarbenewens, Die goue vreugde, geïllustreer deur Cora Coetzee, (Human en Rousseau 1985); 'n Blywende vreugde: briewe van Aud-rey Blignault saamgestel deur Petrovna Metelerkamp, Lynne Fourie en Marina Brink, (Hemel en See Boeke 2008); Uit die dagboek van ’n vrou, saamgestel deur Marié Heese (Tafelberg 2009). Alhoewel hierdie titels slegs ’n gedeelte van die totale versameling uitmaak is daar oorgenoeg leesstof om op te delf – sommige lekker om weer ’n keer te lees, ander weer lekker om vir die eerste keer te lees. Soos Hennie Aucamp dit stel: “As Langenhoven die Afrikaner leer lees het, het Audrey Blignault gesorg dat hy aan die lees bly.”

OU KLERE GESOEK Ons soek asseblief OU KLERE of KLERE wat u

NIE meer DRA nie. Dit word uitgegee aan behoeftige persone.

Kom laai asseblief af by Shofar Kerk, Kerkstraat, Piketberg (skuins oorkant die Polisiestasie).

"O God, I have tasted thy goodness" AW Tozer.

Navrae Christa Liebenberg by 084 629 3330.

Gesoek

Mrs Bean skuif vanaf 1 April na

Winkelshoek Grasdak-gebou. Spring gou vir die reuse uit-verkoping op sekere speel-

goed en geskenke by Gee-C-eS in Kerkstraat.

Uitverkoping tot 31 Maart

Page 23: Piketberger April 2014

23

Hou jou funksie by Tillies

Vir Valentynsdag het hierdie dames hul in rooi geto oi en die oggend by Tillies geniet. Agter is Sonia

Carstens, Angeline Engelbrecht, Ezette Mouton en-Jackie Ferguson. Voor is Huipie Lucas, Trudie van

Schalkwyk en Alta van Dyk. Foto verskaf

Ammie Burger vier haar verjaarsdag saam met vriendinne by Tillies.

Kontak Tillies vir u funksies. Foto verskaf

Valentynsdag Pret by Tillies

Saam met Marie de Villiers van Huis AJ Liebenberg is die

dames van Goedver-wacht wat self die

toiletware kom oor-handig het aan die inwoners van die

Tehuis. Foto verskaf

ʼn Baie hartlik dankie aan die volgende instansies wat Huis AJ Liebenberg ondersteun en sodoende bydra tot die wel en weë van ons ouer persone. DIT WORD OPREG WAARDEER .

• Die Vrouediens van die NG Kerk, Piketberg

• Die Vrouediens van die AP Kerk, Koringberg

• Die Huisvlytklub van Goedverwacht

• Shofar Kerk van Piketberg

• Dames Bybelstudie- groepe

Huis AJ sê dankie vir bydraes

Mnr en Mej PHS

Die deelnemers aan Plofstof se Mnr en Mej PHS 2014.

Karli Truter 1ste Prinses en Alan Willemse 1ste Pri ns, die wenners Madré van Zyl, Mej PHS en Gysbert Dippenaar, Mnr PHS, Marike Koch 2de Prinses en

Christie van der Merwe 2de Prins.

Wenners van die ander kategorieë is, Jacobi Burger, Mej Bene, Carla Conradie, Mej Fotogenies, Erich Kankowski, Mnr Bolyf, Adam Barnard, Mnr Foto-

genies, Madré van Zyl, Mej Persoonlikheid en Herbst van der Merwe, Mnr Persoonlikheid.

Foto’s: Leana van Niekerk

Page 24: Piketberger April 2014

24

Page 25: Piketberger April 2014

25

Drie van PHS se leerders, Chris Smith, Jacques Lie-benberg en Henri van der Westhuizen (middle na regs agter) het vir die Breërivier Toutrekklub deelge-ne em

aan die WP/Boland Kampioenskappe en die Bronsmedalje verower in hul ouderdomsgroep. Hulle

neem nou deel aan die SA Kampioenskappe te George onder hul bekwame afrigter Peertjies Lieben-

berg (heel agter). Foto verskaf

PHS lewer Toutrekkers van Formaat PHS Netbal leer by Bestes

Anso Kemp en Erin Burger, voor, by van die o/14 en o/16 netbalspelers tydens die afrigtingskliniek op Piketberg wat vir PHS netbalspelers aangebied is. Benewens die afrigting het Anso en Erin ook die

proewe hanteer waartydens spanne gekies is. Anso is 'n SAA Skeidsregter wat reeds Internasionaal ge-

skeidsreg het oa die wedstryde Glasgow vs New Zea-land en Singapoer vs Engeland. Erin is opgeneem in

die Protea Squadspan. Dit is Common Wealth jaar wat gehou gaan word in Glasgow, Skotland en Erin hoop om span te maak vir dit. Erin was voor verlede jaar

die spreker by PHS se Sportprysuitdeling. Foto: Marietha Goosen

Uitbundig Verby na Interskole

Hierdie spannetjie het hul eerste krieket wedstryd gespeel en gewen. Dit was ‘n Interskole kragmeting

vs Porterville. Foto: Vanessa de Villiers

Boland Platteland Tennisspan

Hierdie jongmanne is opgeneem in die Boland Platte-land Tennisspan, Barend Esterhuyse (Bonnievale),

Bendert Smit (Piketberg), Cobus Theron (Caledon) en Ruvan Theron (Bredasdorp ). Die span het kragte

gemeet teen SWD en WP op Worcester . Foto: Sandra Smit

Steynville Primêr se spog atlete Hierdie vier atlete is

opgeneem in die Wes-Bolandspan, agter Elnay Benjamin en

Leandra van der Westhuizen en voor

Keishan van Rooy en Kirischnie Afrika. Op die foto regs is Keishan van Rooy,

Juan-Lee Abrahams en Leandra van der

Westhuizen wat plek behaal het om deel te

neem aan die Wes-Kaap byeenkoms.

Foto en berig: Elzanne Boshoff

Page 26: Piketberger April 2014

26

Wes-Boland Skole Kampioene

Die laerskool seuns tennisspan is vir die 5de jaar die Wes-Boland kampioene. Hierdie jaar se span is Aldo

Olivier, Albert Grobler, Stass Nel en Henri van der Westhuizen.

Foto’s: Marianne Grobler

Boland spelers vir laerskole 2014, Carli Basset o/1 1, Albert Grobler o/13, Anelma Grobler o/11 en voor

Marc Poggenpoel. Marc is ‘n ontwikkelingspeler deur Boland geïdentifiseer vir die geleentheid. Hierdie spelers gaan deelneem aan die SA Skole Week te Bloemfontein aan die einde van Maart, hulle gaan

teen die bestes van SA tennis deelneem, 12 provin-sies asook Zimbabwe en Namibië.

Hoërskool Piketberg het drie spelers in die Boland Platteland span, Suzaan Bassett o/15, Bendert Smit

o/17 en Thana Stephan o/15.

Groblers blink uit

Albert Grobler in aksie en as naaswenner, seuns o/1 4 in die Wilson Slam te Paarl.

Anelma Grobler in aksie en met medaljes wat sy ge-wen het. Wen die Boland Spring September 2013 dog-ters o/10; wen Boland Key Health toernooi Desember

2013, dogters o/10; 3de plek by die WP Key Health toernooi en 5de, dogters o/12 by die Wilson Slam to -

ernooi.

Die laerskool seuns en dogters wen Interskole teen Porterville vir die 6de jaar.

Laerskool tennis wen interskole

Tennis - Tennis - Tennis

Page 27: Piketberger April 2014

27

Page 28: Piketberger April 2014

28

PHS se swemmers Die medaljewenners by die swemgala onlangs te Vreden-burg was Ruan Brand wat 3 silwermedaljes vir Vlinder-slag, Rugslag en Vryslag seuns o/17 verower het en Jah-nco Mouton met Goud vir Borsslag seuns 0/15 en Silwer vir Vryslag seuns o/15. Foto’s: Awiëtte Mouton

Die manne met die lang asems

Hierdie PHS leerders het op 1 Maart 2014 die 10km wedloop voltooi op Moorreesburg. Chris Lausberg,

15 jaar (49:24.37) eindig 50ste, Barend Smit, 15 jaar (47:05.34) eindig 40ste, Pieter Grundlingh, 15

jaar (51:44.30) eindig 68ste en Bendert Smit, 15 ja ar (40:54.52) eindig 31ste. Herbst van der Merwe, 18 j aar

(nie op foto) (39:04.30), eindig 26ste. Altesaam 28 0 deelnemers het deelgeneem aan die 10km wed-

loop. Dit was vanjaar die 25ste bestaansjaar. Slegs vyf deelnemers was 15 jaar oud en die oudste deel-

nemer was 75! Foto en berig: Sandra Smit

Anke en Nicol in Bolandspan

Anke Schreuder en Nicol van Schalkwyk is op-

geneem in die Bolandspan vir deelname aan die Wes-Kaap Atletiekbyeenkoms. Anke het 7de geëindig in gewigtoot en diskus en

Nicol het 4de geëindig in spiesgooi.

Krieket Interskole Baie geluk aan al die

krieketspanne van Hoërskool Piketberg wat die Interskole

teen Porterville oorheers het. Al die spanne het

oorwinnings behaal.

Nicol in Boland ASA Atletiekspan Nicol van Schalkwyk, foto hierbo, is ook opgeneem i n

die voorlopige Boland ASA Atletiekspan wat gaan deelneem aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe, die “SA Youth and Junior Championships”, hierdie

kompetisie is nie deel van skole nie. Die wenners van hierdie kampioenskappe kan deurdring na die “World

Junior Championships” te Amerika en die “Youth Olympic” te China. Sterkte Nicol -Red.

Page 29: Piketberger April 2014

29

Die volgende Piketberger verskyn 17 April

Berigte en advertensies moet ons bereik teen 8 April

Stuur na: [email protected]

Cameron vierde in Bolandspan Cameron Somers is op-geneem in die o/13-Bolandspan wat 20 tot 23 Maart gaan deel-neem aan die Provin-siale o/13-toernooi in Oos-Londen. Hy beklee tans ‘n vierde plek in die Boland. Hy is tans 12 jaar oud en ‘n graad 7- leerder aan Steynville Primêr te Piketberg en het begin gholf speel op die ouderdom van 10 jaar oud. Cameron is ‘n ingeskrewe lid van Piketberg Gholfklub. Hy speel sedert 2012 in die Boland Junior Kampioen-skaptoernooie. Hy het verlede jaar aan nege toernooie en tot dusver vanjaar aan twee toernooie deelgeneem. Cameron het as gholfspeler sedert Januarie 2013 fenomi-naal gegroei. Hy verbeter sy voorgee vanaf 36 na ‘n ver-stommende voorgee van 20 tot op hede. Vanjaar het hy reeds die Citrusdal Ope se Afdeling C Bruto telling ge-wen. Hy is verlede jaar as die beste Junior Gholfspeler van die jaar 2013 tydens Piketberg Gholfklub se jaarlikse dinee aangewys. Hy word afgerig deur Moswin Moore. Persone/besighede wat ‘n bydrae wil maak kan vir Moswin Moore kontak by 084 509 9306.

Piketberg Gholf Ontwikkel

Moswin Moore, afrigter van Piketberg Gholf Ontwik-kelingspan, saam met Desmond Erasmus van Steyn-

ville Sekondêr en Cameron Somers, JD Booysen, Ethan Lord, Conwill Lord, Aden Lord, Ronin Somers en Juanne Lombard, almal van Steynville Primêr. Die span oefen sedert Januarie vanjaar elke Dinsdag om

5nm op Piketberg se gholfbaan. Foto’s: Marietha Goosen

Page 30: Piketberger April 2014

30

Karate Kids

CP Nelson wat sy Swart Belt eerste Dan in Karate ve r-werf het. By hom is sy afrigter Sensei Harry

Pieterkosky, wat reeds die afgelope 38 jaar na Piketberg ry vir Karate afrigting.

Jared Whitfield het sy tweede Dan verwerf . Foto’s: Marietha Goosen

Steynville Sekondêr ry Argus

Hierdie leerders van Steynville Sekondêr het op Son -dag 9 Maart 2014 aan die Pick n Pay Cape Argus

Fietstoer deelgeneem. Dylan Rhodes, Adriaan Kouter en Abraham Engelbrecht het die wedren binne 4 en 'n half uur voltooi. Dit is die eerste keer dat hulle deel-neem. Saam met Ferdinand Saal, skoolhoof verskyn Bradley Klaasen, Charlton Faroa, Brandon van der

Merwe, Justin Goedeman, Houston Rosenberg, Jenobian Engelbrecht, Adriaan Kouter, Dylan Rhodes

en Abraham Engelbrecht.

Ferdinand Saal, skoolhoof van Steynville Sekondêr, met Darren Oppels en Juhane Dietrich (Weskus

skaak) en Christophia Booise (Boland span, 3000m kampioen vir o/15). Foto’s verskaf

Steynville se Presteerders

Mooi dirigente ook tawwe rugbyspelers

Hierdie dirigente van die verskeie atletiekspanne i s almal van die eerste rugbyspan. Dis voorwaar veelsy -

dige jongmanne. Danie Visser, Johannes Mostert, Adam January, Erich Kankowski, Roman Zaal, Gys-

bert Dippenaar, Christie van der Merwe en Herbst va n der Merwe.

Foto: Juanita van der Merwe

Page 31: Piketberger April 2014

31

KANSA SHAVATHON FONDSINSAMELING

OU APOSTOLIESE KERK JEUG VALENTYNS-AAND

Op Vrydag 28 Februarie het leer-

ders van die ATKV-tak van Hoër-

skool Piketberg die inisiatief

geneem om die jaarlikse Sha-

vathon nader te bring aan die

gemeenskap om kanker bewus-

making in die gemeenskap te

bevorder. In samewerking met

Boland Superspar was baie koppe

k leurvol gekleur v i r d ie

fondsinsameling vir Kansa.

Verteenwoordigers van Coke het

dit goed gedink om die inisiatief

te onderdersteun. Marietjie Pedro

(Winkelbestuurder) en Marlene

Visagie het ook hul hare gekleur

om die inisiatief te ondersteun.

Eendekuil Boerevereniging Eendekuil Boereverenig-ing het ‘n kleiduif skiet-dag gehou by Lac Du Soleil te Eendekuil as fondsinsameling. Boland Superspar het Johnny Walker Red en Klipdrift Premium Geskenk vir pryse vir die wenners. Hier oorhandig Marietjie Pedro (Bestuurder) die prys aan ‘n verteen-woordiger van die Boer-evereniging.

Zinzi van 7de Laan besoek SPAR

Die Ou Apostoliese kerk het ‘n projek geloods ten bate van hul Jeug ont-w i k k e l i n g sp r og r a m . Boland Superspar het ‘n koopbewys geskenk om die Valentynsete te ondersteun. Toni Smuts (Skakel-beampte) oorhandig die koopbewys aan Mnr. R.D Gallant (Jeugleier).

Personeel was in die wolke toe Zinzi (Caroline Jacobs) van 7de laan inkopies doen in Boland Superspar. Daar is dadelik foto’s geneem en lekker saam gekuier met haar.

Onthou om in te skryf! Vorms by

Boland Superspar beskikbaar!

Page 32: Piketberger April 2014

32

Die gelukkige wenner van die “Back to School” Kom-petisie was: Zallee Verkuil van Steynville Primêr. Sy het meer as R100 se skryfbehoeftes gekoop by Boland Superspar en die fiets gewen. Toni Smuts (Skakelbeampte) het die Huffy Fiets en kopskerm by haar klas, Graad 2B gaan oorhandig. Sy en haar maatjies was baie opgewonde oor die goeie nuus.

Back to school Kompetisie wenner!

Fun SPAR Squillos Colouring in Competition

Get your SPAR Squillos Colouring in Page in store

and stand a chance to WIN

1 of 5 Squillos Hampers! Kids from 4-10 welcome to En-

ter!

Join our

Loyalty

Club

TODAY! and get the 10th Cup of

Coffee

FREE!

the green tree café