PARKTOWN OYS’ HIGH S HOOL -...

12
PARKTOWN BOYS’ HIGH SCHOOL (TAAL, GELETTERDHEID & KOMMUNIKASIE) AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL) GRAAD : 12 DATUM : FEBRUARIE 2015 VRAESTEL : TAAL IN KONTEKS TYD : 1 UUR PUNTE : 60 _____________________________________________________________________________________ EKSAMINATOR : Mnr. W. Swart MODERATOR : Me. M. Watson _____________________________________________________________________________________ INSTRUKSIES EN INLIGTING: 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings: Afdeling A: Leesbegrip (30) Afdeling C: Taal (30) 2. Lees ALLE instruksies baie goed. 3. Beantwoord AL die vrae. 4. Begin ELKE afdeling op ‘n NUWE bladsy. 5. Trek ‘n streep na elke afdeling. 6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 7. Laat ‘n reël oop na ELKE antwoord. 8. Skenk veral aandag aan spelling en sinskonstruksie. 9. Skryf netjies en leesbaar. Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

Transcript of PARKTOWN OYS’ HIGH S HOOL -...

Page 1: PARKTOWN OYS’ HIGH S HOOL - pasella.weebly.compasella.weebly.com/uploads/1/3/7/7/13774717/2015_siklustoets... · hulporganisasie UNAIDS in 2007 reeds geskat het dat 5,7 Suid-Afrikaners

PARKTOWN BOYS’ HIGH SCHOOL

(TAAL, GELETTERDHEID & KOMMUNIKASIE)

AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)

GRAAD : 12 DATUM : FEBRUARIE 2015 VRAESTEL : TAAL IN KONTEKS TYD : 1 UUR PUNTE : 60 _____________________________________________________________________________________ EKSAMINATOR : Mnr. W. Swart MODERATOR : Me. M. Watson _____________________________________________________________________________________ INSTRUKSIES EN INLIGTING:

1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:

Afdeling A: Leesbegrip (30) Afdeling C: Taal (30)

2. Lees ALLE instruksies baie goed. 3. Beantwoord AL die vrae. 4. Begin ELKE afdeling op ‘n NUWE bladsy.

5. Trek ‘n streep na elke afdeling.

6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 7. Laat ‘n reël oop na ELKE antwoord.

8. Skenk veral aandag aan spelling en sinskonstruksie. 9. Skryf netjies en leesbaar.

Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

Page 2: PARKTOWN OYS’ HIGH S HOOL - pasella.weebly.compasella.weebly.com/uploads/1/3/7/7/13774717/2015_siklustoets... · hulporganisasie UNAIDS in 2007 reeds geskat het dat 5,7 Suid-Afrikaners

2

AFDELING A: LEESBEGRIP VRAAG 1 TEKS A: INTERNETARTIKEL Lees die internetartikel hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

WAT IS VIGS?

VIGS is die afkorting vir Verworwe Immuniteitsgebreksindroom. Die siekte is die eerste keer in Amerika gediagnoseer en in 1982 is Suid-Afrika se eerste VIGS-geval aangeteken. Die siekte word veroorsaak deur die MI-virus. MIV staan vir Menslike Immuniteitsgebreksvirus. Dié virus se spesiale kenmerke is dat dit ‘n dik proteïenbuitelaag het met balletjies wat daaraan vasklou. Die virus gebruik hierdie balletjies om aan die gasheersel in die liggaam te klou. Hierdie baie klein kiem maak die liggaam swak sodat dit nie meer heeltemal in staat is om siektes te beveg nie. Mense met MIV kan uiteindelik VIGS kry. Kyk na die onderstaande strokies wat op ‘n eenvoudige manier verduidelik wat MIV aan die liggaam doen:

(Verwerk uit: www.doh.gov.za)

Page 3: PARKTOWN OYS’ HIGH S HOOL - pasella.weebly.compasella.weebly.com/uploads/1/3/7/7/13774717/2015_siklustoets... · hulporganisasie UNAIDS in 2007 reeds geskat het dat 5,7 Suid-Afrikaners

3

1.1 “VIGS is die afkorting vir ……….” VIGS word in hierdie inligtingstuk beskou as ‘n AFKORTING. Die woord VIGS is ook ‘n LETTERWOORD of (sinoniem) _____. (1)

1.2 “……….. is die eerste keer in Amerika gediagnoseer………..” Wat beteken dit as ons sê die siekte is gediagnoseer? (1)

1.3 Hoe lank is ons al in Suid-Afrika bewus van VIGS? (1) 1.4 Waarvoor staan die volgende AFKORTINGS: 1.4.1 VIGS (1)

1.4.2 MIV (1)

1.5 Speel die MI-virus ‘n rol wanneer ‘n mens VIGS kry?

Verduidelik. (1)

1.6 Wat maak die MI-virus so spesiaal?

Noem TWEE feite. (2) 1.7 VIGS is in 1982 die eerste keer in Amerika gediagnoseer. 1.7.1 Dui aan of hierdie stelling WAAR of ONWAAR is. 1.7.2 Motiveer jou antwoord op vraag 1.7.1. (1) 1.8 Suid-Afrika se eerste VIGS-pasiënt is in 1982 gebore. 1.8.1 Dui aan of hierdie stelling WAAR of ONWAAR is. 1.8.2 Motiveer jou antwoord op vraag 1.8.1. (1) 1.9 Die MI-virus val die mens se immuniteitsisteem aan. 1.9.1 Dui aan of hierdie stelling WAAR of ONWAAR is. 1.9.2 Motiveer jou antwoord op vraag 1.9.1. (1) 1.10 Watter EEN WOORD sê dat die MI-virus die balletjies as gasheer gebruik? (1) 1.11 - DRIE van die volgende antwoorde voltooi die stelling KORREK. - Watter antwoord is NIE korrek NIE? In die internetartikel word daar na die MI-virus verwys as

Page 4: PARKTOWN OYS’ HIGH S HOOL - pasella.weebly.compasella.weebly.com/uploads/1/3/7/7/13774717/2015_siklustoets... · hulporganisasie UNAIDS in 2007 reeds geskat het dat 5,7 Suid-Afrikaners

4

SIMPTOME EN VROEË TEKENS VAN VIGS

Kliere wat chronies geswel is, veral in die nek en / of armholte en / of lies Langdurige koors Aanhoudende diarree Verlies van meer as 10% van normale liggaamsgewig Nagsweet Verandering in geestesgedrag, bv. vergeetagtigheid, verwardheid en / of

ander tekens van geestesiekte

Let Wel! Hierdie tekens en simptome is nie uniek aan MIV-infeksie nie en kan ook ander oorsake hê.

(Verwerk uit: www.doh.gov.za)

A. ‘n kiem. B. VIGS. C. ‘n siekte. D. ‘n virus. (1)

EN

TEKS B: INTERNETARTIKEL Lees die internetartikel hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

1.12 “Simptome en vroeë tekens ……….”

Gee ‘n VOORBEELD uit die leesstuk hierbo van ‘n 1.12.1 simptoom. (1) 1.12.2 teken. (1) 1.13 Watter EEN WOORD sê vir ons dat jou kliere aanhoudend geswel is? (1) 1.14 - Kies die KORREKTE antwoord om die stelling te voltooi. - Skryf net die vraagnommer en die letter (A – D) neer. Vergeetagtigheid en verwardheid is beide tekens van afwykings in ‘n mens se

A. koors. B. MIV-status. C. liggaamsgewig. D. geestesgedrag. (1)

1.15 Watter TWEE OPEENVOLGENDE WOORDE sê vir ons dat hierdie simptome nie eksklusief by VIGS voorkom nie? (1)

Page 5: PARKTOWN OYS’ HIGH S HOOL - pasella.weebly.compasella.weebly.com/uploads/1/3/7/7/13774717/2015_siklustoets... · hulporganisasie UNAIDS in 2007 reeds geskat het dat 5,7 Suid-Afrikaners

5

In Suid-Afrika is meer as 90% van alle VIGS-gevalle die gevolg van seksuele kontak tussen sowel homo- as heteroseksuele persone; tussen moeder en kind (voor en tydens geboorte) en binneaarse dwelmgebruik. Volgens die 2012-statistiek word 150 000 nuwe gevalle per jaar in Suid-Afrika en 11 miljoen gevalle in die wêreld aangemeld. Daar is tans geen geneesmiddel vir VIGS nie. Daar is ook geen entstof om te verhoed dat onbesmette persone infeksie opdoen nie. Navorsers meen dit sal nog jare duur voordat ‘n doeltreffende, veilige entstof gevind sal word.

(Verwerk uit: www.doh.gov.za)

EN

TEKS C: INTERNETARTIKEL Lees die internetartikel hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

1.16 Hoe word VIGS oorgedra?

Noem DRIE maniere. (3)

1.17 - DRIE van die volgende antwoorde voltooi die stelling KORREK. - Watter antwoord is NIE korrek NIE? Hieronder is VIER maniere waarop jy nie VIGS kan kry nie. Deur

A. op ‘n toiletsitplek te sit. B. iemand te omhels. C. heteroseksuele kontak. D. iemand met VIGS te verpleeg. (1)

1.18 Daar is tans ‘n nuwe produk of plant / kruie beskikbaar wat VIGS kan genees. 1.18.1 Dui aan of hierdie stelling WAAR of ONWAAR is. 1.18.2 Motiveer jou antwoord op vraag 1.18.1. (1)

EN

Page 6: PARKTOWN OYS’ HIGH S HOOL - pasella.weebly.compasella.weebly.com/uploads/1/3/7/7/13774717/2015_siklustoets... · hulporganisasie UNAIDS in 2007 reeds geskat het dat 5,7 Suid-Afrikaners

6

TEKS D: INTERNETGRAFIKA Bestudeer die KAART van die WÊRELDGESONDHEIDSORGANISASIE (WGO) hieronder oor die voorkoms van VIGS in die WÊRELD.

(Uit: www.who.int)

1.19 - Skryf slegs die NOMMER en ANTWOORD neer. Wie het die grootste kans om met die MI-virus besmet te word?

‘n Inwoner van

1.19.1 Londen of Praag? 1.19.2 Kinshasha of San Francisco? 1.19.3 Sydney of Bogota? 1.19.4 Bangkok of Kaïro? (4)

1.20 Waar in die wêreld kom die

1.20.1 MINSTE MIV-besmettings voor? (1) 1.20.2 MEESTE MIV-besmettings voor? (1)

Page 7: PARKTOWN OYS’ HIGH S HOOL - pasella.weebly.compasella.weebly.com/uploads/1/3/7/7/13774717/2015_siklustoets... · hulporganisasie UNAIDS in 2007 reeds geskat het dat 5,7 Suid-Afrikaners

7

1.21 - Kies die KORREKTE antwoord om die vraag te voltooi. - Skryf net die vraagnommer en die letter (A – D) neer. Gestel die wêreldbevolking in 1994 was 5 biljoen, watter breuk / fraksie kinders van die MIV-wêreldbevolking was teen die middel van 1994 met die virus besmet?

A. 1 uit 5 biljoen B. 1 uit 16 miljoen C. 1 uit 17 miljoen D. 1 uit 5 miljoen (1)

TOTAAL AFDELING A: [30]

Page 8: PARKTOWN OYS’ HIGH S HOOL - pasella.weebly.compasella.weebly.com/uploads/1/3/7/7/13774717/2015_siklustoets... · hulporganisasie UNAIDS in 2007 reeds geskat het dat 5,7 Suid-Afrikaners

8

AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES VRAAG 3 TEKS E: INTERNETARTIKEL Die taalvrae wat volg, is op die internetartikel hieronder gebaseer Die nommering in die internetartikel verwys na die vraag nommer wat beantwoord moet word.

3.1 - Kies die KORREKTE antwoord om die stelling te voltooi - Skryf net die vraagnommer en die letter (A – D) neer. “Die beskikbaarheid van ARV-medisyne sedert 2008 ...” Die onderstreepte afkorting hierbo staan vir _____ medisyne.

A. anti retroviraal B. anti retro virale C. antiretrovirale D. anti retrovirale (1)

Een uit elke tien Suid-Afrikaners het MIV/vigs

Die beskikbaarheid van 3.1 (ARV)-medisyne sedert 2008 help op ’n ingrypende wyse om vigssterftes in Suid-Afrika 3.2 (verminder). Nogtans kondig Statistiek Suid-Afrika in Mei 2013 aan dat 3.3 (daar is reeds 5,26 miljoen mense met MIV/vigs in die land) – 3.4 (10%) van die bevolking. Wat meer sê, die syfer styg steeds.

Onder kinders het die getal gevalle van 13,6% tot 8,5% gedaal, maar onder vroue staan dit op 17,4%.

Die raming was dat 201 000 mense in 2013 3.5 (van / aan) MIV/vigs sou 3.6 (sterf).

Syfers bly nietemin verwarrend, veral as 'n mens daarop let dat die Amerikaanse hulporganisasie UNAIDS in 2007 reeds geskat het dat 5,7 Suid-Afrikaners MIV/vigs sou hê.

Daarby is dit 3.7 (maklik), indien nie onmoontlik, om presiese sterftesyfers te verkry, omdat duisende doodsertifikate nie aandui 3.8 (aan + wat) die gestorwene dood is nie, of baie vigsterftes nie as sodanig aangedui word nie.

3.9 (Help / Hulp) in die bekamping van VIGS deur die Amerikaners kan blykbaar ook nie onbepaald voortduur nie. In Maart 2013 3.10 (kondig die VSA aan) dat hul hulppakket aan Suid-Afrika teen 2017 met die helfte verminder sal word. Dit alleen is ’n baie donker vooruitsig.

Page 9: PARKTOWN OYS’ HIGH S HOOL - pasella.weebly.compasella.weebly.com/uploads/1/3/7/7/13774717/2015_siklustoets... · hulporganisasie UNAIDS in 2007 reeds geskat het dat 5,7 Suid-Afrikaners

9

3.2 Gee die KORREKTE VORM van die INFINITIEF tussen hakies. “ ... help op ’n ingrypende wyse om vigssterftes in Suid-Afrika (verminder).” (1) 3.3 Gee die KORREKTE VOLGORDE van die woorde tussen hakies. “ ... dat (daar is reeds 5,26 miljoen mense met MIV/vigs in die land) –“ (1) 3.4 Skryf die GETAL en SIMBOOL tussen hakies uit in woorde. “- (10%) van die bevolking.” (1) 3.5 Kies die korrekte VOORSETSEL tussen hakies. “ ... in 2013 (van / aan) MIV/vigs sou sterf.” (1) 3.6 Gee ‘n SINONIEM vir die woord tussen hakies. “ ... MIV/vigs sou (sterf).” (1) 3.7 Gee die ANTONIEM vir die woord tussen hakies. “Daarby is dit (maklik), ...” (1) 3.8 Gee die korrekte vorm van die VOORNAAMWOORD tussen hakies. “ ... nie aandui (aan + wat) die gestorwene dood is nie, ...” (1) 3.9 Kies die korrekte vorm van die WOORD tussen hakies. “(Help / Hulp) in die bekamping van VIGS ...” (1) 3.10 Skryf die woorde tussen hakies in die VERLEDE TYD. “In Maart 2013 (kondig die VSA aan) dat ...” (1) [10]

EN

Page 10: PARKTOWN OYS’ HIGH S HOOL - pasella.weebly.compasella.weebly.com/uploads/1/3/7/7/13774717/2015_siklustoets... · hulporganisasie UNAIDS in 2007 reeds geskat het dat 5,7 Suid-Afrikaners

10

VRAAG 4 TEKS F: INTERNETGRAFIKA Die taalvrae wat volg, is op die internetgrafika hieronder gebaseer. 4.1 - Kies die KORREKTE antwoord om die idioom te voltooi. - Skryf net die vraagnommer en die letter (A – D) neer. As ‘n mens na die statistiek vir Suid-Afrika kyk, lyk dit asof die _____ deur die kerk is.

A. toring B. venster C. spyker D. koeël (1)

4.2 Voltooi die onderstaande sin met die ontbrekende WERKWOORD. Die statistiek hierbo _____ ‘n boodskap aan ons almal dat ‘n MIV-pandemie op hande is. (1) 4.3 Die krag is in ons almal se hande om iets aan die MIV-pandemie te doen. Wat is die DENOTATIEWE betekenis van die woord krag in die konteks van sin hierbo? (1) 4.4 Skryf die sin oor in die DIREKTE REDE. Die Minister van Gesondheid sê dat hy die MIV-pandemie gaan beveg. (1)

Page 11: PARKTOWN OYS’ HIGH S HOOL - pasella.weebly.compasella.weebly.com/uploads/1/3/7/7/13774717/2015_siklustoets... · hulporganisasie UNAIDS in 2007 reeds geskat het dat 5,7 Suid-Afrikaners

11

4.5 Skryf die sin oor in die INFINITIEF. Daar moet iets wees wat Suid-Afrika en die ander Afrika-lande kan doen. Begin só: Daar behoort ... (1) 4.6 Vorm ‘n PERSOONSNAAM van die woord tussen hakies. Elke (Afrika) moet sorg dat hy / sy bewus is van sy / haar MIV-status. (1) 4.7 Skryf die sin oor in die LYDENDE VORM. Die MIV-pandemie het Suid-Afrika en ander Afrika-lande die ergste getref. (1) 4.8 Verbind die sinne met die VOEGWOORD tussen hakies. Suid-Afrika het die meeste MIV-positiewe infeksies in die wêreld. Ons moet dit die hardste beveg. (dus) (1) 4.9 Skryf die sinne oor in die ONTKENNENDE VORM. Suid-Afrika het ‘n MIV-pandemie op hande. Nigerië het ‘n MIV-pandemie op hande. Begin só: Nie alleen ... (1) 4.10 Skryf die getal tussen hakies in WOORDE neer. (35) miljoen mense in die wêreld is MIV-positief. (1) 4.11 Watter visuele aanduiding is daar dat die internetgrafika oor MIV handel? (1) 4.12 Verduidelik waarom die name van die lande tussen hakies met ‘n DEELTEKEN geskryf word. (Nigerië en Indië) se MIV-statistiek is ‘n kortkop agter die van Suid-Afrika. (1) 4.13 Verbeter die SPELFOUT in die onderstaande sin. Baie meer doktors is nodig om die MIV-pandemie te veg. (1) 4.14 Verander die VRAAGSIN in ‘n STELSIN. Is daar ‘n MIV-pandemie in Suid-Afrika? (1) 4.15 - Kyk na die verkorte woordeboekinskrywing van die woord pandemie. - Skryf die woord in lettergrepe neer en onderstreep die lettergreep wat die klem dra. pan-de-mie’ b.nw. Volksiekte wat baie vinnig oor die hele land versprei. (1) [15]

Page 12: PARKTOWN OYS’ HIGH S HOOL - pasella.weebly.compasella.weebly.com/uploads/1/3/7/7/13774717/2015_siklustoets... · hulporganisasie UNAIDS in 2007 reeds geskat het dat 5,7 Suid-Afrikaners

12

EN VRAAG 5 - Pas die VOORBEELD in KOLOM B by die TAALREËL in KOLOM A. - Skryf slegs die LETTER en NOMMER neer.

[5] TOTAAL AFDELING C: [30] GROOTTOTAAL: [60]

KOLOM A

KOLOM B

5.1 Lydende vorm

5.2 Infinitief

5.3 Voegwoord

5.4 Voornaamwoord

5.5 Skeibare werkwoord

A. MIV/vigs is ‘n siekte waaraan baie Suid-Afrikaners ly.

B. Baie kinders is MIV-positief daarom is medikasie nodig.

C. MIV/vigs bring weeskinders mee.

D. Weggooibabas word gereeld deur die welsyn gevind.

E. Die regering behoort uit die foute van die verlede ‘n les te

leer.