eBoek #4: Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

408
Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad! © Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 1

description

AFRIKAANS! Wie sou u graag eerder as 'n vriend by u sterfbed wou sien ... DARWIN of CHRISTUS? Laai gratis af en lees meer oor Maropeng; Sterkfontein; hominiede; fossiele, die fossielrekord; sediment; die Geologiese Tydskaal; evolusie; Darwin; darwinisme; die Genesis-Skeppingsverhaal; Intelligente Ontwerp; Mutasies; Evangelisasie; Jesus Christus; Die Oerknal-teorie ('Big Bang'); Die ouderdom van die Aarde; Sondevergifnis. 408 p.

Transcript of eBoek #4: Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Page 1: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 1

Page 2: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 2

DDaarrwwiinn OOff CChhrriissttuuss

Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

Kopiéreg © 2012 P.J. Stassen

Alle Regte Voorbehou

ISBN 978-0-620-55127-4

Buiteblad-beelde: www.dreamstime.com

„„nn VVeerrssaammeelliinngg vvaann aarrttiikkeellss vviirr aatteeïïssttee,,

aaggnnoossttiiccii,, eevvoolluussiioonniissttee,,

sskkeeppppiinnggssggeessiinnddeess,, eenn ssttuuddeennttee vvaann ddiiee

CChhrriisstteenn--AAppoollooggééttiikkaa

[[SSoommmmiiggee mmaatteerriiaaaall wwoorrdd pplleekk--pplleekk hheerrhhaaaall aaaannggeessiieenn

ddiiee aarrttiikkeellss oooorrsspprroonnkklliikk oonnttwweerrpp wwaass oomm aaffssoonnddeerrlliikk

aaffggeellaaaaii eenn ggeelleeeess ttee wwoorrdd]]

Page 3: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 3

IISS DDIITT DDIIEE EEIINNDDEE VVAANN DDIIEE

OOEERRKKNNAALL--TTEEOORRIIEE??

1. NIE ALLE WETENSKAPLIKES ONDERSKRYF NOODWENDIG MEER DIE OERKNAL-TEORIE NIE.

1.1 Fred Hoyle, Bekende astrofisikus.

―The main efforts of investigators have been in papering

over holes in the Big Bang Theory, to build up an idea that

has become ever more complex and cumbersome ... I have

little hesitation in saying that a sickly pall now hangs over

the Big Bang Theory. When a pattern of facts becomes set

against a theory, experience shows that the theory rarely

recovers.‖ ('The Big Bang Theory Under Attack', Science Digest, p.84 -

May 1984).

1.2 Philip E. Seiden:

―The standard Big Bang model does not give rise to

lumpiness. That model assumes the Universe started out as

a globally smooth, homogeneous expanding gas. If you apply

the laws of physics to this model, you get a Universe that is

uniform, a cosmic vastness of evenly distributed atoms with

no organization of any kind. No galaxies, no stars, no

planets, no nothing. Needless to say, the night sky, dazzling

in its lumps, clumps and clusters, says otherwise. How then

did the lumps get there? No one can say.‖ (Ben Patrusky, 'Why

Is The Cosmos 'Lumpy'?', Science 81, p.96 – June 1981).

Page 4: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 4

2. DIE OERKNAL-TEORIE IN 'N NEUTEDOP.

2.1 Alles Uit Niks. Evolusioniste sê dat alles (die Heelal, die Sonnestelsel, die

Aarde, mense, diere, plante ens.) van NIKS af kom. Het hulle maar God in die prentjie gebring kon mens nog na hulle probeer luister ... want sekerlik kan God skep

uit NIKS! Maar Evolusioniste sê dat die Natuur homself gemaak het ... 'n Godlose, breinlose, doellose, lukrake toevalligheid ...'n sinnelose, nuttelose, rigtinglose,

onbeplande biologiese ongeluk.

2.2 Die Basiese Oerknal-Teorie.

(a) Net 'Niksheid'. Die Oerknal-Teorie kom basies daarop neer dat, aan die 'begin' (wat hulle wáár kry... wie het gesorg vir 'n 'begin'?), was daar geen materié nie, net 'n Niksheid ('Nothingness').

(b) 'Niksheid' Ontplof! Wonder bo wonder begin hierdie Niksheid toe a.g.v. 'swaartekrag' (wat hulle wáár kry ... wie het die swaartekrag vir die partytjie

gereël?) kondenseer na 'n enkele, mikroskopies-klein punt ... wat toe ewe skielik 'besluit' om te ontplof! (Hoe kan „n Niksheid besluite neem?).

(c) Eerste Elementêre Deeltjies. Hierdie ontploffing veroorsaak toe die ontstaan van protone, neutrone en elektrone wat hulleself teen 'n ongelooflike snelheid na buite deur die leë ruimte (wat hulle wáár kry? ... ruimte is nie Niks

nie!) slinger.

(d) Gaswolke En Sterre. Hierdie atome begin toe op n misterieuse wyse om

mekaar wentel wat toe gaswolke produseer en saamgepers word om sterre te vorm! Hierdie eerste sterre bevat toe vir eers net die ligter elemente waterstof

en helium, maar, presto, twee ontploffings (per ster) later, verskyn al die swaarder elemente van 'die 'Periodieke Tabel' (bv. goud, silwer, lood, platinum,

yster, polonium ens.) ook wonderbaarlik uit die niet.

2.3 Oerknal-Kern? Hierdie ontploffende Niksheid het, téén alle bekende wette van die fisika heen, teruggetrek in 'n kern met 'n digtheid van 10⁹⁴ gm/cm en 'n

temperatuur van meer as 1039 grade Absoluut, wat toe uitgebars het (Oerknal of 'Big

Bang'). So het die Wêreld toe ontstaan (volgens hulle). Van die Génesis-Skeppingsverslag is daar geen sprake nie.

2.4 Die Ontstaan Van Die OK-Teorie. (a) Die idee van die Oerknal ('Big Bang') het sy ontstaan gehad by George Lemaitre (1927: Die Basiese Idee) en George

Gamow, R.A. Alpher & R. Herman (1948: Die formele Oerknal-Model). (b) Die sterkste 'argument' vir die OK (Oerknal-Teorie) blyk steeds die Rooiverskuiwing-

Teorie ('Speedshift-Theory') op die Spektrometer te wees, 'n instrument wat gebruik word om die spektra (ligspektrum + oppervlak-temperatuur + massa) van sterre

waar te neem (Spektroskopie):

Page 5: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 5

―This redshift, observed in the spectral lines of distant

galaxies and interpreted as a Doppler [speed] effect, is the

key to Cosmology.‖ (Carl Sagan, 'Cosmos', p.252).

2.5 Uitdyende Heelal? Hiervolgens word nou afgelei dat die Heelal uitdy en groter word (die 'Expanding Universe Theory'), want dit wil voorkom asof (meeste van) die hemel-liggame almal besig is om na buite en weg van die Aarde af te beweeg.

3. WAAROM ONS GLO DIE OERKNAL IS 'N ONGELDIGE EN 'N UITGEDIENDE TEORIE.

3.1 Die Oerknal-Teorie (OK-Teorie Of 'Big Bang') Is Gebaseer Op Teoretiese Uiterstes. Waar het hulle 'begin' vandaan gekom? Hoe kan Niks warm word en ontplof? Hoe kan Niks deur swaartekrag beïnvloed word? Waar het die Niks en die

swaartekrag vandaan gekom? Niks kan nie saamkoek nie ... hoe trek Niks homself op

'n hopie? Hoekom sal Niks sommer 'besluit' om te ontplof? Waar het die ruimte vandaan gekom? Waar het die vonk vandaan gekom wat die ontploffing veroorsaak

het om die Niks aan die brand mee te steek?

(a) Dit kon bv. nie 'n vlammetjie gewees het nie, want suurstof en vlambare vloeistowwe het nog nie bestaan nie.

(b) Dit kon nie 'n chemiese plof gewees het nie, want die elemente en chemikaliëe het nog nie bestaan nie.

(c) Dit kon nie 'n kern-ontploffing gewees het nie, want en die elemente en atome het toe nog nie bestaan nie.

Daar was geen manier om die Niks te laat uitsit nie. Hoe kan iets wat nie bestaan

nie (Niks) uitsit? Selfs al sou swaartekrag die Niks kon laat bymekaarkom, sou dieselfde swaartekrag die Niks mos weer verhoed het om uit te sit. Niks kan nie hitte

produseer nie. 'n Vakuum in die koue buitenste ruimte kan nie vanself sommer net warm word nie. Het die evolusioniste nog nie gehoor van die beginsel van 'oorsaak &

gevolg' nie?

Daar kan nie hitte wees sonder 'n energie-bron nie. 'n Vakuum kan homself ook nie wonderbaarlik in materié verander nie.

1.2 Die Berekeninge Is Te Presies En Die Limiete Vir Sukses Te Klein:

―If the fireball had expanded only 0,1% faster, the

present rate of expansion would have been 3 x 10³ times as

great. Had the initial expansion rate been 0,1% less, the

Page 6: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 6

Universe would have expanded to only 3 x 10⁻⁶ of its

present radius before collapsing.

At this maximum radius the density of ordinary matter

would have been 10⁻ⁱ grm/m, over 10ⁱ⁶ times as great as

the present mass density. No stars could have formed in

such a Universe, for it would not have existed long enough

to form stars.‖ (R.H. Dickey, 'Gravitation And The Universe', p.62,

1969).

3.3 Ontploffende Atoomdeeltjies. Daar was geen manier om die ontploffende atoomdeeltjies ('particles') te verenig nie. Hulle sou eerder net al verder van mekaar

wegbeweeg het.

Die buitenste ruimte is wrywingloos. Daar sou geen manier bestaan het vir die deeltjies om weer snelheid te verminder of stadiger te begin beweeg het nie. Die

deeltjies sou dieselfde vektor (spoed + rigting) vir ewig behou het. Hulle sou nie op 'n magiese wyse skielik om mekaar kon begin wentel nie. Daar sou ook geen manier

bestaan het vir atome om saam te koek in gasagtige wolke nie. Daarvoor sou rotasie/spin-momentum nodig wees, en die fisika-wette sou dit nie toelaat nie.

Atoomdeeltjies wat uitmekaarspat (bv. d.m.v. liniêre momentum). organiseer nie

hulleself outomaties in komplekse atoom-strukture (soos bv. by rotasie/spin-momentum) nie.

3.4 Gasmolekules In Die Ruimtes. Dit sou te vêr uitmekaar wees om saam te koek om sterre te vorm. Waterstof en helium sal nie in die buitenste ruimte saamkoek nie. Gasse stoot mekaar af ... dit koek nie saam nie. Daar bestaan geen

gasse op Aarde wat saamkoek nie.

Gasse sou ook nie genoeg gemeenskaplike swaartekrag kon bymekaar maak om dit

saam te bring nie, en as dit nie kan saamkoek nie, kan dit ook nie sterre vorm nie. Mis ('fog') trek ook nie ditself in klonte in nie. Gasse wat rondsweef in 'n vakuum

vorm nie sterre nie. Sterre trek gasse slegs aan wanneer die sterre reeds gevorm is. Materié in gaswolke is nie genoeg om sterre te produseer nie.

Daar sou ook nie genoeg tyd gewees het vir gasse om die Heelal te vul en ditself in sterre te organiseer nie. Indien die Heelal 15 biljoen jaar oud was soos die Evolusioniste glo, sou die gasse slegs 2,5 biljoen jaar kans gekry het om saam te

koek in sterre in, wat hopeloos te min tyd daarvoor sou wees. In die buitenste ruimte

sit gaswolke uit, hulle krimp nie inmekaar (om sterre te kan vorm) nie.

Om sterre te kon vorm sou die gaswolke (a) eers moes ophou na buite beweeg; (b) dan sou dit skielik in sirkels moes begin beweeg; (c) daarna sou hierdie roterende

gaswolke nader aan mekaar moes begin beweeg, wat nie sou kon gebeur nie. Liniêre

Page 7: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 7

momentum verander nie goeds-moeds sonder oorsaak in rotasie-/spin-momentum nie.

'n Kolom gasse op pad na buite is te stabiel om enigiets anders te doen as om net reguit vorentoe te beweeg. Gasse in die ruimte wat om 'n sentrale middelpunt

probeer sirkel sou eerder uitmekaarspat as om saam te koek.

3.5 Waterstofgas In Die Ruimte. Dit koek nie saam nie, want (a) die digtheid van materie in die ruimtes tussen die sterre is te laag en (b) daar is niks in die

buitenste ruimtes wat deeltjies na mekaar toe sal laat beweeg om saam te koek nie.

Om 'n baie klein stukkie materié saam te laat koek volgens hierdie OK-Teorie sou 20 biljoen jaar nodig wees, bv. 'n stukkie materié met 'n radius van een-honderd-

duisendstes van 'n sentimeter sou 3 biljoen jaar nodig het om 'n klontjie te vorm! (M.Harwit, 'Astrophysical Concepts', p.394-1973).

3.6 Buitenste Rand Van Materié. Net 'n buitenste rand van vinnig-bewegende

materié sou bestaan het in die Heelal (indien die OK-Teorie wáár was) wat vir ewig sou uitbeweeg het totdat dit iets sou teëkom om teen te bots, wat nie sou gebeur nie.

3.7 Heelal-Massa. Daar is nie genoeg massa in die Heelal om hierdie tipe sterteorie (Oerknal) te regverdig nie. Die totale gemiddelde digtheid van die Heelal is 100 keer minder as die digtheid wat deur die OK-Teorie vereis word. Daar is m.a.w.

nie genoeg materie (óf anti-materie) in die Heelal vir die OK-Teorie om wáár te wees

nie.

3.8 Kerngapings In Die Periodieke Tabel. Die kern-gapings by Massa 5 & 8 in die 'Periodieke Tabel' (die 'Helium-Massa 4 Gaping') maak dit vir waterstof en helium

onmoontlik om ditself te verander in swaarder elemente.

Ontploffende sterre kan m.a.w. nie swaarder elemente produseer nie. Nóg

waterstof nóg helium kan die gaping oorbrug by Massa 5 op die 'Periodieke Tabel' ... selfs 'n waterstof-ontploffing in 'n ster gaan nie oor die Massa 5-gaping nie!:

―In the sequence of atomic weight numbers 5 and 8 are

vacant. That is, there is no stable atom of mass 5 or mass

8. The question then is: How can the buildup of elements by

neutron capture get by these gaps? The process could not

go beyond helium 4 and even if it spanned this gap it

would be stopped again at mass 8.

―This basic objection to Gamow's theory is a great

disappointment in view of the promise and philosophical

attractiveness of the idea.‖ (William A. Fowler, California Institute

Of Technology, quoted in Creation Science, p.90).

Page 8: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 8

3.9 Te Min Teoretiese Tyd. Daar was nie genoeg teoretiese tyd om die swaarder elemente wat vandag bestaan te kon vorm nie.

3.10 Populasie III-Sterre. Daar bestaan geen Populasie III sterre bevattende slegs waterstof en helium nie ... 'n vóórvereiste vir die OK-Teorie (Isaac Asimov,

'Asimov's New Guide To Science', pp.35-36 -1984).

3.11 Toevallige En Lukrake Ontploffings. Dit veroorsaak nie ingewikkelde, fyn-gekalibreerde wentelbane nie. Hoe kon 'ontploffings' die gekompliseerde

sirkelbewegings van sterre, sonne, binêre sterre, sterstelsels en sterklusters veroorsaak?

3.12 Binêre Sterstelsels. Meer as die helfte van die sterre in die hemelruim is binne-in binêre stelsels waar twee (of soms méér) sterre om mekaar wentel ... hoe

het dit gebeur?

3.13 Vêrste & Naaste Sterre. Van die vêrste sterre in die Heelal (naby die 'begin' van Oerknal-Tyd) ontplof nie, tog bevat hulle van die swaarder elemente. Volgens die

OK-Teorie behoort die (a) vêrste sterre die oudste sterre te wees, en die (b) naaste sterre die jongste, maar navorsing het bewys dat die (c) vêrste sterre maar net soos

die naaste sterre is.

3.14 Sterontploffings. Waarom het ster-ontploffings skielik gestop? Volgens

Evolusioniste het dit ongeveer 5 biljoen jaar gelede (kwansuis) skielik gestop ... hoekom? Waarom sien ons nie ster-ontploffings by sterre met afstande van 15 biljoen

ligjaar weg nie? Indien die OK-Teorie korrek was, sou ons baie méér ontploffende sterre waargeneem het. 'n Ontploffende ster sal ook nooit 'n ander ster vorm nie.

3.15 Supernova-Ontploffings. Daar is te min supernova-ontploffings by sterre om die swaarder elemente in die Heelal te kon vorm. Indien die Heelal regtig 15

biljoen jaar oud was, sou daar baie méér supernova-ontploffings (waargeneem) gewees het.

Supernova's wat wel waargeneem word, gooi nie genoeg materié af om nog addisionele sterre te kan vorm nie. Supernova's, volgens Evolusioniste die brandstofbron vir al die elemente in die Heelal, vind te min plaas en produseer te min

swaarder elemente om die groot aantal swaarder elemente wat in die Heelal voorkom te verklaar.

3.16 Swaarder Elemente. Sogenaamde 'ouer sterre' bevat gladnie méér van die swaarder elemente as sogenaamde 'jonger sterre' nie. Ekstra-galaktiese gasse het

ook 'n verskeidenheid van swaarder elemente daarin, wat bots met die OK-Teorie dat die gasse in interstellulêre ruimtes slegs waterstof en helium sal bevat.

3.17 Sterre In Verhouding Tot Gas. Die Heelal is vol sterre met min gas. Indien die OK-Teorie wáár was, sou dit vol gas gewees het met min sterre.

Page 9: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 9

3.18 Sonenergie: Kernfusie Of Krimping? Die oorsprong van sonenergie blyk son-krimping ('solar shrinkage') te wees, nie kernfusie nie ... en dit is presies die

teenoorgestelde van wat die OK-Teorie leer. Ster-evolusie maak staat op die teorie

dat sterre deur waterstof-ontploffings (kernfusie) aangedryf word, terwyl dit al die tyd waarskynlik eerder deur krimping (bv. die Son) veroorsaak word.

Sien die belangrike studies oor son-krimping deur Hermann Von Helmholtz & Lord Kelvin; asook deur John A. Eddy & Aram Boornaziam, soos bevestig deur die Ronald Gilliland-verslag (New Scientist, pp.592-593, 3 Maart, 1983).

Lublihn skryf:

―The Sun has been contracting about 0.1% per century

... corresponding to a shrinkage rate of about 5 feet [1,524

mtr.] per hour.‖ (G.B. Lublihn, 'Physics Today', Vol.32, No.17 –

1979).

3.19 Neutrino's. Die Aarde word ook deur hopeloos te min sub-atomiese neutrino's gebombardeer om die OK-Teorie te ondersteun.

3.20 Wentelbane. Sommige sterrestelsels en ander hemelliggame roteer en/of

wentel in die teenoorgestelde rigting as ander. Die OK-Teorie kan dit nie bevredigend verklaar nie. Daar is ook sterre wat heeltemal te vinnig beweeg om die OK-Teorie te

ondersteun.

3.21 Komete. Die lewenssiklus van 'n komeet is bv. ongeveer 10 000 jaar ... indien ons Sonnestelsel dan '5 biljoen jaar' oud is, wat maak so baie komete nog in ons

lugruim?

3.22 Heelal Wat Roteer? Sommige wetenskaplikes glo dat die hele Heelal besig is

om óm 'n sentrale middelpunt te roteer d.m.v. rotasie-/spin-momentum ... en dit rym nie met die OK-Teorie wat staatmaak op liniêre momentum vanuit 'n sentrale

middelpunt (a.g.v. die 'Oerknal') nie.

3.23 OK-Teorie Te Simplisties. Daar is geen meganiese manier waarop die ingewikkelde wentelbane en sirkelbewegings van sterstelsels, bolvormige

sterklusters, sterre, planete en mane kon voortspruit uit 'n ontploffing met liniêre momentum vanaf 'n sentrale middelpunt nie. Die Oerknal-Teorie is eenvoudig te

simplisties om aan die Wonder van God se Skeppingsproses reg te laat geskied!

3.24 Moontlike Oorsake Van Die (Waargenome) Rooi-verskuiwing.

Moontlike verklarings vir die (waargenome) Rooiverskuiwing sluit tot dusver (daar mag dalk méér wees) in :

OERKNAL-Rooiverskuiwing. Hierdie teorie ('Uitdyende Heelal'/'Expanding

Universe') is waarskynlik foutief, aangesien dit staatmaak op 'n Heelal wat

Page 10: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 10

ontstaan het uit linêre momentum voortspruitend uit 'n ontploffing vanuit 'n sentrale middelpunt, wat heeltemal te simplisties is om die ingewikkelde

wentelbane, rotasie en sirkelbewegings van sterstelsels, bolvormige sterklusters,

sterre, planete en mane bevredigend te verklaar.

Die samestelling en dinamika van die Heelal blyk m.a.w. te gesofistikeerd te wees vir die Oerknal-Teorie om geldig te kan wees. Die Uitdyende Heelal,

Oerknal-Rooiverskuiwing ('Expanding Universe Speed Redshift') Teorie is onder verdenking want:

(a) Byna al die sterrestelsels en sterre word as Rooiverskuiwings waargeneem, en dit rym eerder met die Tweede Orde Doppler-verskuiwing Rooiverskuiwing

(Lig waargeneem teen 'n hoek van 90°). Sommige sterre en sterstelsels naby aan die Aarde beweeg bv. in die rigting van die Aarde maar word steeds as

Rooiverskuiwings (i.p.v. Blouverskuiwings) waargeneem;

(b) Indien die Oerknal-Teorie wáár was, sou die sterrestelsels en sterre vanaf 'n sentrale middelpunt (waar die 'Oerknal' begin het) wegbeweeg het, en nie van

die Aarde af nie;

(c) Daar is bewyse dat ligdeeltjies ('photons') snelheid verminder, wat die

opsies van Swaartekrag- en Energie-Verlies Rooiverskuiwings beter verklaar;

(d) Kwasars met Rooiverskuiwings van tussen 200% en 300%, asook tussen 300% en 400%, suggereer dat die Oerknal-Teorie onwaarskynlik wáár kan wees,

want dit sou beteken dat sommige van hierdie Kwasars wat waargeneem is, die snelheid van Lig (een van hulle soveel as 8 keer) oorskry.

SWAARTEKRAG-Rooi-verskuiwing. 'n Ander moontlikheid is die invloed wat swaartekrag op ligstrale dalk mag uitoefen. Einstein het eksperimenteel bewys

dat swaartekrag ligstrale kan buig en dat dit die Rooiverskuiwing kan veroorsaak. Die gewig van lig by die Aard-oppervlak (L.W. Lig, nie Lug) is bv. 90 kg. per 2,6

km.² (Isaac Asimov, 'Asimov's Book Of Facts', p.330 - 1979).

Swaartekrag kan dus verwag word om 'n invloed uit te oefen op ligstrale in die

Heelal.

TWEEDE-ORDE DOPPLER-Rooi-verskuiwings. 'n Ligstraal wat teen 'n reghoek [90°] in verhouding tot 'n waarnemer beweeg, sal ook die

Rooiverskuiwing veroorsaak. Dit sou bv. kon gebeur indien die Heelal stadig om

'n sentrale middelpunt roteer.

Baie van die huidige beweging wat in die Heelal plaasvind word teen 'n reghoek in verhouding tot ons waargeneem.

ENERGIEVERLIES-(UITGEPUTTE-LIG) Rooiverskuiwing. Oor astronomiese afstande kan dit gebeur dat ligstrale energie (momentum) verloor.

Page 11: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 11

Dit verklaar dalk waarom die sterre die vêrste van ons af die mees dramatiese Rooiverskuiwing toon.

4. DIE St. PETER-VERGELYKING.

Roger L. St. Peter het 'n komplekse wiskundige vergelyking geproduseer wat toon dat die (geteoretiseerde) Oerknal nie na buite in waterstof en helium kon ontplof het nie. Die (geteoretiseerde) ontploffing, indien dit inderdaad sou kon plaasvind, sou op

ditself teruggeval het en 'n teoretiese gat (gravitasiekolk of 'black hole') veroorsaak

het ... nie 'n Heelal nie.

―I have little hesitation in saying that a sickly pall now

hangs over the Big Bang Theory.‖ (Sir Fred Hoyle. 'The Big

Bang Theory Under Attack'. Science Digest, p.84 - May 1984).

―I doubt if there is any single individual within the

scientific community who could cope with the full range of

(creationist) arguments without the help of an army of

consultants in special fields.‖ (David M. Raup. 'Geology And

Creation. Bulletin Of The Field Museum Of Natural History, Vol.54, p.18

– March 1983).

Bibliografié.

Vance Ferrell BA, MA, BD: 'Science vs. Evolution', & 'The Evolution Handbook', Evolution Facts Inc.

(2001).

Page 12: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 12

PPLLAANNEEEETT AAAARRDDEE:: 44,,66 BBIILLJJOOEENN OOFF

66000000 JJAAAARR OOUUDD?? 1. WAAROM ONS GLO DIE AARDE IS NIE VEEL OUER AS ± 6000 JAAR NIE.

1.1 Geológiese Inflasie? Wel, eerstens het die gerug dat die Aarde 'biljoene jare' oud is op 'n baie komiese wyse ontstaan:

(a) In 1862 het Thompson beweer dat die Aarde '20 miljoen jaar' oud is.

(b) In 1897 verdubbel Thompson dit na '40 miljoen jaar'.

(c) In 1899 besluit Joly toe dat die Aarde '90 miljoen jaar' oud is.

(d) In 1921 beweer Raleigh dat die Aarde '1 biljoen jaar' oud is.

(e) In 1932 skuif W.O. Hotchkiss die syfer op na '1,6 biljoen jaar'.

(f) In 1947 verklaar A. Holmes die Aarde '3,35 biljoen jaar' oud.

(g) In 1956 verhoog A. Holmes die syfer na '4,5 biljoen jaar'.

(h) Tans staan die ouderdom van die Aarde op 'n allemintige '4.6

of 5 biljoen jaar' ... en hulle noem dit „Natuurwetenskap'?

1.2 Die Vektor-eienskappe Van Ster-Klusters. Die verrassende bolvormige ster-klusters ('star clusters'), bestaande uit biljoene sterre, bevat sterre met sulke

asemrowende vektor-eienskappe (snelheid + rigting) dat hulle nooit bymekaar sou kon bly indien die Heelal baie oud was nie.

1.3 Sterre Te Massief Of Energiek. Sommige sterre (bv. Wolf-Rayfert- en P. Cygni-sterre) is of só energiek en/of massief dat hulle begin-groottes onmoontlik

groot sou gewees het indien die Heelal baie oud was; óf hulle sou nooit oor genoeg Waterstof (i.t.v. die Waterstof-basis van ster-energie) beskik het om energie uit te

straal (tussen 100 000 en 1 miljoen keer dié van ons Son) vir so lang tyd nie.

1.4 Oud En Jong Binêre Sterre. Baie van die sterre is binêre sterre, m.a.w. twee

(of meer) sterre wat óm mekaar wentel. Hoe verklaar Evolusie sulke binêre sterre waarvan die één ster 'oud' is en die ánder een 'jonk'?

Page 13: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 13

1.5 Te Veel Waterstof In Die Ruimte. Bekende astrofisikus, Sir Fred Hoyle, het gesê dat, indien die Oerknal-Teorie ('Big Bang') wáár was en die Heelal dus baie oud

was, sou die meeste van die Waterstof teen hierdie tyd al in helium omgesit gewees

het, tog verraai die sterre-spektra steeds volop Waterstof in die ruimte.

1.6 Sonkrimping. Die Son-krimping of -ineenstorting wat ons tans in die Son waarneem, beteken dat die Son so onlangs soos 50 000 jaar gelede só groot sou

gewees het dat die oseane sou oorgekook het. Ongeveer 100 000 jaar gelede sou lewe in ons Sonnestelsel onmoontlik gewees het.

1.7 Te Min Neutrino's. Indien die Son baie oud was, moes die Aarde daagliks met enorme hoeveelhede sub-atomiese neutrino's vanaf die Son gebombardeer geword

het. Tog is daar in 1968 ontdek dat die Son byna geen neutrino's uitstraal nie.

1.8 Hoekom Al Die Komete? Komete het 'n gemiddelde lewenssiklus van 10 000 jaar. Indien ons Sonnestelsel (insluitend die Aarde) 4,6 biljoen jaar oud is, wat maak

so baie komete nog in ons lugruim?

1.9 Te Min Water Op Die Planeet. Kleinerige komete, wat hoofsaaklik uit water

bestaan, tref gereeld in groot hoeveelhede die Aarde. Indien die Sonnestelsel baie oud was, sou ons oseane baie méér water, afkomstig van hierdie komete, bevat het

as wat tans die geval is.

1.10 Die Poynting-Robertson Effek. Ons Son oefen 'n trekkrag uit op die klippe en groter deeltjies (mikro-meteoriëdes) in ons Sonnestelsel (die Poynting-Robertson

effek), en suig so 82 301 metrieke ton mikro-meteoriëdes daagliks soos 'n reuse-stofsuier op.

Teen die tempo waarteen die Son dit opsuig, sou die meeste daarvan alreeds binne die eerste 10 000 jaar ná die ontstaan van die Son weg gewees het, en alles ná die

eerste 50 000 jaar ... wat maak so baie van hierdie materiaal nog in ons lugruim?

1.11 Saturnus Se Ringe. Die ringe van die planeet Saturnus bestaan hoofsaaklik uit soliede ammóniak. Dit moes, met die hoë verdampingsdruk, reeds lankal verdamp

het indien die planeet se ringe baie oud was.

1.12 Die Voyager-Ontdekkingsreise. NASA se Voyager-ontdekkingsreise het getoon dat die planete Jupiter, Uranus en Neptunus ook oor ringe beskik, wat 'n jong ouderdom ook vir hierdie planete kan beteken.

1.13 Jupiter Se Maan 'IO'. Die Voyager 1-reise het getoon dat een van Jupiter se mane, 'IO', oor meer as 60 aktiewe vulkane beskik, wat bots met die Evolusie-teorie

wat beweer dat vulkanisme daar reeds '4 biljoen jaar' gelede gestaak het, toe hierdie liggame afgekoel het. Hierdie maan se interne hitte het blykbaar steeds nie afgekoel

nie, wat op 'n jong ouderdom daarvoor dui.

Page 14: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 14

1.14 Jupiter Se Galilése Mane. Die 4 'Galilése Mane' van Jupiter sou almal dieselfde gewees het indien hulle volgens Evolusie-Teorie sou ontstaan het, maar

hulle verskil al vier drasties van mekaar t.o.v. fisiese samestelling.

1.15 Die Dikte Van Maanstof. Indien die Aarde en die Maan 'biljoene jare' oud was, moes die Maanstof op die Maan, teen die akkumulasie-tempo van 3 tot 4/10 000stes van 'n duim [2,54cm.] aanwas per jaar, nou al tussen 32-97 km. dik gelê het.

Inteendeel lê die Maanstof nêrens meer as 5,08 tot 7,62 cm. dik nie.

1.16 Die Maan Se Bogrond. Die Maan se Bogrond-mengsel, wanneer dit ontleed

word, verraai nie die eienskappe van 'n Bogrond op 'n Maan wat baie oud kan wees nie.

1.17 Ontleding Van Maanklippe. Tydens die ontleding van Maanklippe is ontdek dat Uraan 236 en Thorium .230 daarin voorkom. Hierdie korttermyn radio-aktiewe isotope hou nie lank nie ... hulle verander gou in hulle eindproduk, Lood. Indien die

Maan ouer as 50 000 jaar was, sou hierdie radio-isotope alreeds lankal in Lood verander het.

1.18 Radio-Aktiwiteit In Maanklippe. Die voorkoms van die relatief-hoë radio-aktiwiteit in Maanklippe dui op 'n jong ouderdom vir die Maan.

1.19 Argon- En Kryptongasse Op Die Maan. Volgens berekenings gebaseer op die konsentrasie van Argon 36- en Krypton 84-gasse op die Maan, kan die Maan nie baie ouer as tussen 6000 en 10 000 jaar oud wees nie.

1.20 Die Maan Se Termiese Aktiwiteit. Die Maan verraai hopeloos te veel termiese aktiwiteit (bv. Maanbewings; Lawavloei; Gas-emissies ens.) vir 'n

hemelliggaam wat veronderstel is om 'biljoene jare' oud te wees.

1.21 Maanresessie En Die Roche-Limiet. Die Maan is besig om weg te beweeg van die Aarde af ('Maanresessie') teen ± 4 cm. per jaar. Dit beteken dat, indien

Evolusie wáár was, sou die Maan bv. 20 000 of 30 000 jaar gelede só naby aan die Aarde gewees het dat dit op die Aarde sou geval het.

Die Maan sou nooit nader as 18 400 km. aan die Aarde kon beweeg het nie (die 'Roche-Limiet') aangesien die Aarde se getykragte dit sou vernietig het.

1.22 Te Min Helium In Ons Atmosfeer. Die radio-aktiewe verval van uraan en/of thorium skep helium. Volgens Evolusioniste gaan hierdie proses al vir 'biljoene jare' aan, tog is daar hopeloos te min helium in ons atmosfeer wat hiervan getuig. Daar

behoort tot 'n 1000 maal meer helium in ons atmosfeer te gewees het indien ons

atmosfeer 'biljoene jare' oud was. Helium kon ook nie uit ons atmosfeer 'verdamp' het nie, aangesien dit nie 'n 'ontsnap-snelheid' (om uit ons atmosfeer se swaartekrag

te ontsnap) sou kon bereik nie.

Volgens Kofahl & Segraves se studie is die Aarde se atmosfeer volgens sy helium-vlakke ongeveer 10 000 jaar oud.

Page 15: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 15

1.23 Radio-Koolstofvlakke In Ons Atmosfeer. Die radio-koolstofvlakke in ons atmosfeer kon binne duisende (en nie 'miljoene') jare opgebou het tot die huidige

status. Volgens Robert Whitelaw, verbonde aan die Virginia Polytechnic Institute

(VSA), is die Aarde se Koolstof-14 horlosie ongeveer 8000 jaar gelede aangeskakel.

1.24 Meteorietstof In Rots-strata. Gemiddeld tref so 20 miljoen meteore die Aarde se atmosfeer elke 24 uur wat veroorsaak dat die Aarde daagliks sy massa met

22,7 metrieke ton vermeerder. Die versameling van meteoriete en meteoriet-stof in rots-strata dui egter op 'n planeet duisende, en nie 'miljoene', jare oud.

1.25 Meteor-Kraters. Geen meteor-kraters is nog in die dieper rots-strata gevind nie, maar veel eerder nader aan die oppervlak van die Aarde, wat, met al die erosie-

getuienis, dui op 'n planeet net 'n klompie duisend jaar oud.

1.26 Meteoriete. Geen meteoriete (meteore wat die Aarde se oppervlak bereik) word gevind in ouer sedimentêre strata nie. Indien die Aarde 'biljoene jare' oud was,

moes meteoriete aangetref kon geword het baie dieper af in sedimentêre rots.

1.27 Tektietreën. Tektiet, 'n glasagtige tipe meteoriet, val periodiek in 'n stortreën

op die Aarde en word nooit in sedimentêre, fossiel-draende strata aangetref nie, maar wel ook naby die oppervlak-lae van grond. Indien die Bybelse Sondvloed die strata

veroorsaak het, behoort tektiete slegs in die boonste lae grond (en nié in die dieper strata) aangetref te word nie, en dit is presies ook hoe dit is.

1.28 Die Aarde Se Rotasie-Snelheid. Die Aarde roteer (spin) om sy eie denkbeeldige as teen ± 1609 km. per uur, maar is besig om spoed te verloor. Dit draai m.a.w. al stadiger. Indien die Aarde 'biljoene jare' oud was, sou dit waarskynlik

teen hierdie tyd al lankal tot stilstand gekom het. Selfs Lord Kelvin (uitvinder van

die Kelvin-Temperatuurskaal) het juis hierdie verskynsel aangehaal as die rede waarom die Aarde nie baie oud kan wees nie.

Ekstrapolasie van hierdie rotasie-koers na die verlede dui daarop dat die Aarde '5 biljoen jaar' gelede so plat soos 'n pannekoek sou gewees het, ons ekwator sou 64 km. hoog in die lug getoring het en ons oseane en tropiese gebiede sou by die Pole

gewees het.

1.29 Die Aarde Se Magnetiese Veld. Dr. Thomas G. Barnes se navorsing van

data (versamel oor 135 jaar) m.b.t. die Aarde se magnetiese veld dui daarop dat die magnetiese veld besig is om te verval. K.F. Gauss het die veld vir die eerste keer

begin meet in 1835 en observasies sedertdien toon dat die magnetiese veld sedert 1835 met 14% afgeneem het.

Met 'n halflewe van 1400 jaar, sou die Aarde se magnetiese veld 7000 jaar gelede 32 keer sterker gewees het as vandag. Dit beteken dat, 20 000 jaar gelede, genoeg joule-hitte vrygestel sou gewees het om die Aarde te likwifiseer. 'Een

miljoen' jaar gelede sou die Aarde 'n groter massa gehad het as al die objekte in die

Heelal tesame en sou hy verdamp het.

Page 16: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 16

Volgens die tydskrif 'Scientific American' (Des.1989) kan die Aarde se dipool-komponent van die magnetiese veld, indien dit die huidige tempo volhou, oor 2000 jaar zero

bereik. Dit alles dui op 'n ouderdom vir die Aarde van minder as 10 000 jaar.

1.30 Natuurlike Gas In Die Aardkors. Daar is te veel natuurlike gas in die kors van die Aarde, wat hopeloos te vinnig deur skalie-bedekking na buite ontsnap, vir die planeet om 'biljoene jare' oud te wees. Daar behoort vandag geen gas in die Aarde

vasgevang te gewees het nie.

1.31 Die Aarde Se Oliedruk Te Hoog. Die oliedruk in die Aardkors dui op 'n Aarde

tussen 7000 en 10 000 jaar oud. Daar behoort ook tekens te gewees het van antieke olie-reservoirs wat intussen leeg geloop het, maar tekens van sulke lokasies word

nooi aangetref nie, nie eers in boorkerns nie.

1.32 Die Aarde Te Warm. Diep in die Aarde bestaan die planeet uit gesmelte rots a.g.v. intense hitte. Die Aarde behoort egter oor 'biljoene jare' alreeds baie meer af te

gekoel het as wat tans die geval is.

1.33 Te Min Vulkaniese Materiaal. 'n Planeet 'biljoene jare' oud sou baie meer

vulkaniese materiaal vertoon het as wat vandag die geval is ... wat beteken dat die Sondvloed (ongeveer 4400 jaar gelede) hoofsaaklik verantwoordelik kon gewees het

vir die neerlegging van die sedimentêre strata.

1.34 Zirco- & Helium-Lood Ratios. Zircon-lood en Zircon-helium ratios dui op 'n jong Aarde. Daar behoort baie minder radiogeniese Lood in zircon-kristalle te wees as

wat die geval is, en die helium-vlakke in zircon-kristalle is ook te hoog vir 'n Aarde 'biljoene jare' oud.

1.35 Watertafels In Die Aardkors. Watertafels in die Aardkors dui op 'n steeds waterdeurdrenkte toestand vir die Aarde sedert die Sondvloed.

1.36 Die Aarde Se Bogrond-Laag. Die Aarde se gemiddelde bogrondlaag is planeetwyd ± 20,32 cm. Teen 'n tempo van 2,54 cm. per 300 tot 1000 jaar bogrondproduksie kan die Aarde nie baie oud wees nie.

1.37 Sediment Uit Riviere. Teen die tempo waarteen die Mississippi sediment in die Golf Van Mexico stort (229 miljoen mtr.³ per jaar), kan die Mississippi Delta,

volgens Generaal Andrew A. Humphreys, nie ouer as 4620 jaar wees nie.

1.38 Seebodem-Modder. 'n Sagte modder gevorm deur die reste van seediere en plante, teen 'n tempo van ± 2,54 cm. elke 1500 jaar, vorm deurlopend op die

seebodem. Gemeet aan die diepte van hierdie modderlagie [„sludge‟] is die Aarde nie

baie oud nie.

1.39 Topografié Van Die Aarde. Die topografié van die seebodem verraai 'n jong Aarde bv. diep canyons; berge en kranse; te min sediment in die See vir 'biljoene

jare' en kontinente wat steeds bokant die Seevlak uitsteek. Teen hierdie tyd moes die

Page 17: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 17

Aard-oppervlak/Seebodem al so glad soos 'n snoekerbal gewees het van 'biljoene jare' se erosie.

1.40 Sediment In Oseane. Indien die oseane 'miljoene jare' oud was, sou die sediment in die oseane (teen die aanwaskoers van 26,3 biljoen metrieke ton per jaar)

teen hierdie tyd waarskynlik al tussen 96,5 tot 160,9 km. dik gelê het.

1.41 Die See Se Soutkonsentraat. Indien die Aarde 'biljoene jare' oud is, waarom is die See maar 3,6% sout? (96,4% vars water). Na '4,6 biljoen jaar' moes die

oseane van die Wêreld mos teen hierdie tyd net een groot soutpan gewees het.

1.42 Koraalriwwe, Bome & Woestyne. Waarom is die oudste koraalrif in die Wêreld ('Great Barrier Reef'); die oudste lewende bome ('Sequoia Gigantea') en die oudste woestyn ('Sahara') almal ongeveer 4000 jaar oud?

Waarom geen ouer koraalriwwe, bome en woestyne nie ... kan dit dalk wees omdat daar 'n Sondvloed ongeveer 4400 jaar gelede (± 2348 V.C.) gewees het wat alles

vernietig het?

1.43 Vroegste Beskawings. Waarom dateer die oudste rekords (tale; skryf-, wiskundige en juridiese stelsels, ens.) van vroëe beskawings selde verder terug as

2000 – 3500 V.C.?

1.44 Geen Ontwikkeling By 'Maropeng'. Waarom geen noemenswaardige

ontwikkeling in '1,75 miljoen' tot '3 miljoen jaar' by Maropeng ('Wieg Van Die Mensdom') nie? Wat het Mev. Ples met haar tyd aangevang ... '7de Laan' gekyk?

1.45 Bybels-Argeologiese Rekords. Waarom dateer die oudste Bybels-Argeologiese rekords (terloops, ook baie betroubaar!) nie verder terug as 1510 – 1450 V.C. nie?

1.46 Géén Sonsverduisterings Vóór 2250 V.C. Waarom geen rekords van sonsverduisterings ooit waargeneem deur mense (na eeue van astronomiese

observasie) vóór 2250 V.C. nie?

1.47 Oudste Skryfstelsels. Waarom geen ouer skryfstelsel as die Sumeriese kleitablette van 3500 V.C. nie?

1.48 Oudste Skriftipes. Waarom geen vroëer Westerse-tipe skrif (proto-Sinaïties) as 1550 V.C. nie?

1.49 Oudste Tale. Waarom geen ouer tale op rekord as 3000 V.C. nie?

1.50 Populasie-statistieke. Populasie-statistieke dui daarop dat daar in die jaar ± 3300 V.C., net één huisgesin op die Aarde kon gewees het.

Indien die mensdom aangewas het ooreenkomstig die evol-usioniste se uitgangspunte, en die mens vandag bv. net 'een miljoen jaar' oud was (selfs teen die

Page 18: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 18

lae groeikoers van 0,01% jaarliks) sou die Wêreldpopulasie alreeds ten tye van Christus se geboorte 2 x 10⁴³ gewees het. Dit is so baie mense dat 1000

Sonnestelsels met 9 planete elk (9000 bewoonbare planete) nie al die mense sou

bevat het nie!

1.51 Polonium-218 Strale-kransies In Graniet. Robert V. Gentry se navorsing met graniet, die planeet se fondasiesteen, het die teenwoordigheid van Polonium 218-

Radio-stralekransies in graniet verraai. Die vorming van hierdie radio-stralekransies sou net moontlik gewees het indien die graniet van die Aarde binne 3 minute (en nie

oor 'miljoene jare') tydens die Skepping gevorm het.

Wanneer graniet vandag opgesmelt word en dan weer toegelaat word om te stol,

stol dit nooit weer terug na graniet nie, maar na rioliet. Die „Aarde-gevorm-uit-gesmolte-graniet-teorie‟ is dus maar baie wankelrig. Indien die Aarde gevorm het uit

gesmolte graniet, sou die fondasiesteen van ons planeet vandag rioliet gewees het, nie graniet nie.

3. LANGER TYD SOU EVOLUSIE NET NOG MÉÉR ON-WAARSKYNLIK MAAK.

3.1 Langer Tyd Makliker? Baie mense is onder die indruk dat, om 'n Heelal in 144 uur (6 dae van 24 uur elk) te maak, 'n bietjie te veel van 'n uitdaging (selfs vir 'n

'almagtige' God) is. Maar, gee Evolusie so 15 biljoen jaar ... dit behoort darem baie makliker te wees ... reg? Nee ... verkeerd!

3.2 Wiskundige Waarskynlikhede Sê 'Nee!” Wiskundiges wat gereeld met die Waarskynlikheidsleer werk sal getuig dat meer 'probeerslae' oor 'langer tyd' dit vir

Evolusie net nog moeiliker sou gemaak het. Een probeerslag met 'n kans op sukses van bv. 1/1000 (0,001) word 'n kans op sukses van slegs 1/1000000000

(0,000000001) na drie probeerslae.

Indien Evolusie aangewese moes wees op geluk (soos die evolusioniste dan ook leer, aangesien hulle beweer dat Evolusie per ongeluk, toevallig en lukraak plaasvind

en dat daar geen Intelligente Ontwerp en Spesiale Skepping by betrokke is nie), sou

die kanse op sukses, net soos met dobbel, met elke probeerslag eksponensieel verswak. Wat sou dan die kanse op sukses wees oor 'biljoene jare' na 'biljoene

probeerslae'? [Zerozero!].

3.3 Daarom Word Die Evolusioniste Se Saak Al Slegter. Verstaan u nou waarom die evolusioniste se saak besig is om elke dag te verswak? Wiskundige

wetmatighede werk téén [en nie sáám met] hulle Teorie nie. Met elke dag wat verbygaan, sonder dat hulle vir ons 'n transisionele (intermediêre) fossiel as 'bewys'

vir Evolusie produseer, word die kanse dat hulle ons ooit van Evolusie gaan oortuig al slegter. En méér TYD gaan nie die wonderwerk wat hulle nodig het vir hulle kan lewer

nie!

Page 19: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 19

Oor die magiese vermoëns van langer tye [bv. 'miljoene jare'] om Evolusie te prakseer skryf Vance Ferrell BA., MA., BD.:

―Die punt is dat TYD nooit in die guns sal werk van iets wat

nie kan gebeur nie. Kan TYD klippe in ratels verander; seewater

in kalkoene; of sand in visse? Kan TYD menslike hormone ontdek;

die teleskopiese oog van die arend maak; of reël dat die Maan om

die Aarde wentel? Die waarheid is dat, hoe langer die TYD, hoe

groter die verderf, en hoe minder die kans dat Evolusie sal

plaasvind.‖ (Vance Ferrell BA, MA, BD: 'Science vs. Evolution', p.162).

3.4. GOD Kan Egter Enigiets Doen. Kan God 'n Heelal in '15 biljoen jaar' en 'n

Sonnestelsel in '4,6 biljoen jaar' skep? Natuurlik kan Hy ... by God is alle dinge moontlik! Wie gaan (of kán) Hom keer of Sy metodes bevraagteken?

Ons argument het egter nie soseer gegaan oor die kwessie van (i) 'moontlikhede' en/of 'onmoontlikhede' nie, maar oor die kwessie van (ii) 'waarskynlikhede' en/of 'onwaarskynlikhede'. Ons glo dat God waarskynlik die Heelal

en ons Sonnestelsel ongeveer 6000 jaar gelede geskep het, want (iii) die Bybel sê so; en (iv) die moderne wetenskap getuig daarvan.

Bibliografie.

Vance Ferrell B.A., M.A., B.D.: 'The Evolution Handbook' & 'Science vs. Evolution', Evolution

Facts Inc.(2001). Evolution'.

Page 20: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 20

MMAARROOPPEENNGG:: WWIIEEGG VVAANN DDIIEE

MMEENNSSDDOOMM??

1. WIEG VAN DIE MENSDOM?

1.1 Die Sterkfontein-Grotte Is Iets Besonders. Die eerste keer wat ek in die

Sterkfontein-Grotte ingeloop het, was as 'n 7/8-jaar oue seun in 1954/55, en in

daardie dae het jy nog jou primitiewe klein (paraffien?) lampie in jou hand rondgedra. Later het hulle die battery-aangedrewe koplampe ingebring, en deesdae word die plek

subtiel verlig soos 'n antieke, gotiese katedraal ... wat 'n atmosfeer! Die enorme vertrekke is vol van die eggo's van reflekterende stiltes en die aroma van

onapologétiese, antieke ouderdom.

Die Sterkfontein-Grotte bly maar een van my gunsteling plekke om (van tyd tot tyd) te besoek. Die tragedie is dat die hele mite rondom die omgewing as die sogenaamde „Wieg Van Die Mensdom‟ nou „n toeriste-mekka geword het wat die

grotte vir die gewone mens byna onbegaanbaar-duur gemaak het.

1.2 Baie Vrae Rondom Sterkfontein & 'Maropeng'. Maar, indien dit regtig die

'Wieg Van Die Mensdom' was:

(a) Wie Het Die Piramides Gesteel? Waar is die groot piramides, antieke ruïnes, museum-artefakte en ander argeologiese be-sienswaardighede ... dit

behoort dié van die Kairo Museum mos by verre te oortref het?

(b) Waar Is Bewyse Vir Die Vroegste Tale En Skryfstelsels? Waar is die

bewyse van sy eerste rudimentêre tale, regstelsels, wiskundige- en skryfstelsels wat sekerlik dáár moes ontstaan en ontwikkel het?

(c) Waar Is Die Bewyse Vir Die Eerste Beskawings? Waar is die bewyse van die eerste rudimentêre beskawings oor 'n periode van ± '1,75 – 3 miljoen jaar'? Wat het Mev. Ples en die res van die 'Flintstones' met hulle tyd aangevang

... '7de Laan' gekyk?

(d) Geen Ontwikkeling By 'Maropeng'? Waarom is daar geen argeologiese

getuienis van enige beduidende kultuurhistoriese en tegnologiese ontwikkeling by Sterkfontein /'Maropeng' oor 'miljoene jare' nie?

(e) Geen Ontwikkeling In Suid-Afrika? Waarom geen noemenswaardige historiese ontwikkeling in die ganse Suid-Afrika nie, wat darem naastenby vergelykbaar sou wees met dié van Egipte, die Vrugbare Halfmaan, Europa,

Mexico, Peru, Indo-China, ens.? Hierdie plekke kan minstens die historiese voetspoor van vroēer beskawings wetenskaplik-empiries bewys!

Page 21: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 21

(f) Die Polonium-218 Radio-Stralekransie. Waarom toon Robert Gentry se navorsing met die Polonium-218 Radio-Stralekransie ('n verskynsel wat deur

geofisici mikroskopies in GRANIET waargeneem word) dat al die graniet op die

Aarde binne 3 minute moes gestol het toe graniet gevorm was, anders sou daardie stralekransies nie vandag in die graniet voorgekom het nie?

Indien die Aarde regtig uit rooiwarm, gesmolte graniet (lawa) ontstaan het, waarom vind geofisici dat, wanneer hulle graniet opsmelt en toelaat om af te koel en te stol, dit nooit terugstol na graniet nie, maar wel na rioliet. Indien die

Aarde dus uit gesmolte graniet ontstaan het, sou die fondasie-steen van die Aarde vandag mos rioliet, en nie graniet, gewees het.

(g) Oudste Bome, Koraalriwwe En Woestyne. Indien die Aarde regtig '4,6 biljoen jaar' oud was, waarom is die Wêreld se oudste bome (Sequoia

Redwoods), die oudste en grootste koraalrif (Australië se Great Barrier Reef) en die oudste en grootste woestyn (Sahara) maar net 4000 jaar oud?

Wenk: Dit was seker maar deksels moeilik vir 'n eko-sensitiewe koraalrif, 'n tropiese woud en 'n woestyn om te oorleef onder die aanslag van 'n planeetwye Vloed omtrent 4400 jaar gelede (± 2348 V.C.) ... 'n katastrofe met die impak

van waarskynlik miljoene tsunami's of 8 biljoen waterstofbomme, aldus

geofisikus Walt T. Brown.

2. DIE 'AUSTRALOPITHECINES' WAS ALMAL APE.

2.1 Die Plaaslike Pers Is Oorwegend Pro-Evolusie. Baie (onnodige) publisiteit het gevolg op die ontdekking van die skedels & fragmente m.b.t. die sogenaamde

Australopithecines, bv. die Taung-Kind, Mev. Ples en ander. Wat so onrusbarend is, is

dat min mense toegang het tot internasionale literatuur waarin opinies dikwels ligjare verskil van dit wat ons in die plaaslike, pro-evolusie Pers lees. Wetenskaplikes uit

ander oorde is gladnie skaam on te erken dat die Australopithecines waarskynlik niks meer (of minder) as ape was nie.

2.2 Vervalste Skedel Afmetings Om Evolusie Te 'Bewys'? Vervalste skedel-afmetings (om Evolusie te 'bewys') word bv. nie uitgesluit nie:

(a) ―Overall, the revisionary calculations of

Australopithecine skulls have led to reductions of their

calculated volumes. The total percentage differences amount

to 157,91 [%]‖ (Gerald Duffert, 'Some Implications Of Variant

Cranial Capacities For The Best-Preserved Australopithecine Skull

Specimens', Creation Research Society Quarterly, Sept. 1983, p.100).

(b) ―The apelike profile of Australopithecus is so

pronounced that its outline can be superimposed on that of

Page 22: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 22

a female chimpanzee with a remarkable closeness of fit, and

in this respect and others it stands in strong contrast to

modern man‖ (J.S. Weiner, 'The Natural History Of Man',1973).

(c) ―The hypothesis that brain enlargement marked the

beginning of man was long popular, but went out of fashion

with the discovery that the endocranial volumes of the

Australopithecine-group were not larger than those of

gorillas.‖ (Elwin L. Simons, 'Primate Evolution: An Introduction To

Man's Place In Nature', p.278, 1972).

2.3 Keith's Se Rubikon Die Norm? Dit wil dus voorkom asof die afmetings van die Australopithecine-skedels [Adolessent = 430 cc./ Volwasse = 550 cc. - 600 cc.]

almal onder die afsnypunt van 'Keith's Rubicon' (Sir Arthur Keith) van 750 cc. val, die minimum 'hominiede' skedelgrootte om as 'n 'voorouer' vir Homo Sapiens te

kwalifiseer. Vance Ferrell B.A., M.A., B.D. skryf,

―The Australopithecines, like modern apes, had a wide

range of varieties, but they are all apes.‖ ('The Evolution

Handbook', Evolution Facts Inc., p.539, 2001).

3. FOSSIELE BEVESTIG DIE GÉNESIS SKEPPINGSVERSLAG.

3.1 Sondvloed: Fossilering Op Massa-Skaal. Is dit nie eienaardig hoe so baie fossiele in sediment (bv. die Kryttydperk of Cretaceous) vasgevang was, wat duidelik dui op afsterwe in 'n watergraf? 'n Voorvereiste vir fossilering is o.a.:

(a) Alkaliese, klam grond; en

(b) Skielike (massa) begrawing onder enorme druk.

Nou wat kon nou hierdie kondisies beter geskep as juis die Sondvloed van ± 2348 V.C.? (alkaliese, klam grond, lewende organismes en plante wat skielik deur baie

water op massa-skaal onder enorme druk in tonne sediment begrawe is?).

3.2 Wat Sou Mens Van Getuienis In Die Sediment Kon Verwag? Indien die

Sondvloed die sedimentêre rotsstrata waarin fossiele vandag gevind word, veroorsaak het, sou mens dan die volgende kon verwag?:

□ Is Diere wat op die LAAGSTE VLAKKE geleef het begrawe in die LAAGSTE

STRATA ? Wáár!

□ Is skepsels van DIESELFDE EKOLOGIESE GEMEENSKAP SAAM begrawe? Wáár!

Page 23: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 23

□ Is skepsels met die EENVOUDIGSTE VORMPIES EERSTE BEGRAWE?

[HIDROLOGIESE KRAGTE d.w.s. die gesuig en getrek van vinnig-bewegende water sou skepsels van OOREENSTEMMENDE VORMS dienooreenkomstig sorteer

het]. Wáár!

□ Is INVERTEBRATE SEEDIERE (Nie-Werweldiere) in die LAAGSTE STRATA gevind

aangesien hulle op die seebodem lewe? Wáár!

□ Is VISSE in HOËR STRATA gevind aangesien hulle kon geswem het na 'n hoër

ligging? Wáár!

□ Is AMFIBIËE en REPTIELE HOËR OP AS VISSE begrawe maar LAER of

ONDERKANT LANDDIERE; en is baie min LANDPLANTE en LANDDIERE in die LAER STRATA aangetref? Wáár!

□ Is die EERSTE LANDPLANTE gevind waar die EERSTE AMFIBIËE gevind is?

Wáár!

□ Is DIERE en VOËLS oor die algemeen op HOËR VLAKKE as REPTIELE en

AMFIBIËE gevind? Wáár!

□ Is TROPDIERE wat saam sou vlug SAAM IN STRATA aangetref? Wáár!

□ Is baie MIN VOËLS in STRATA gevind aangesien hulle kon vlieg na HOËR

VLAKKE? Wáár!

□ Is SWAARDER, STERKER DIERE APART gesorteer van SWAKKER KLEINER

DIERE? Wáár!

□ Is BAIE MIN MENSE in STRATA gevind? Wáár!

3.2 Die Vraelys Bevestig Ons Sondvloed-Verwagtinge! Maak nou gerus 'n studie van die fossielrekord ... u sal sien dat bevindinge aan die verwagtinge hierbo

voldoen, m.a.w. die Sondvloed (en nie 'Evolusie' oor 'miljoene jare') het waarskynlik fossilering of die fossielrekord veroorsaak, ongeveer 4400 jaar gelede. Fossilering

het Wêreldwyd (en masse) plaasgevind presies soos mens dit van 'n planeetwye Sondvloed sou verwag.

3.3 Die Karoo-Formasie Ryk Aan Fossiele. Die ryk Karoo-Formasie (RSA) bevat na bewering nog biljoene van die gefossilleerde oorblyfsels van diere/amfibiëe. Een

bron noem selfs dat dit was asof die diere almal in modder vasgesit het. (Peter

Schirmer, 'The Concise Illustrated Encyclopaedic History Of Southern Africa', C.N.A. (1980).

3.4 Hoër Diversiteit Na Laer Diversiteit!

Daar is ongeveer 100 miljoen (of meer) gekatalogusseerde fossiele en/of fossiel-fragmente in die Wêreld ... die meeste van hulle waarskynlik getuienis van 'n Bybelse Vloed ongeveer 4400 jaar gelede. Sommige bronne skat dat ± 99% van die ganse

Page 24: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 24

diereryk wat ooit bestaan het, alreeds uitgesterf het ... ons sien dus vandag maar ± 1% van die geweldige verskeidenheid wat vóór die Sondvloed moes bestaan het.

Maar, bogenoemde is dan mos heeltemal teenstrydig met wat die (valse) Evolusie-Leer ons probeer wysmaak, nl. dat die diereryk aan die 'begin' weggespring het met

lae diversiteit (± 1% ?) en ontwikkel het ('evolved') na hoër diversiteit (± 99% ?)! Hoe dan nou?

4. WAAROM EVOLUSIE ONWAARSKYNLIK IS.

4.1 Die 'Probleem' Van Die Kambriaanse Ontploffing! Evolusioniste kan nie die 'Kambriaanse Ontploffing' ('Cambrian Explosion') verduidelik nie. Die 'periode' van

Kambriaanse Sediment stel die laagste en oudste van strata voor in die 'Paleozoïse' ('Paleozoic') van die 'Geologiese Tydskaal' ('Geologic Column'). Volgens die Evolusie-

Leer het lewendige organismes ontwikkel ('evolve') vanaf lae-diversiteit populasies en

'uni-sellulêr' na die hoë-diversiteit populasies en 'multi-sellulêr', tot by die mega-skepsels (groter diere) van vandag.

4.2 Pre-Kambriaans Tot Kambriaans ... Geen Evolusie! Observasie in die veld, egter, bewys die teenoorgestelde. In die 'Kambriaanse Sediment' („Cambrian Sediment‟) kom die hele spektrum hoë diversititeit/multi-sellulêre wesens vóór, almal

duidelik-uitkenbare spesies alreeds ten volle ontwikkel en ten volle klassifiseerbaar! En, reg onder die 'Kambriaanse Sediment' („Cambrian‟), is daar feitlik NIKS! (In die

'Pre-Kambriaanse Periode': „Pre-Cambrian‟). Met ander woorde, geen Evolusie van enige aard het ooit plaasgevind nie. Wat hulle dan noem die 'Kambriaanse

Ontploffing' noem ons 'Génesis 1' ... Spesiale Skepping‟.

4.3 Oorlewing Van Die Fikste? Evolusie sê dat lewendige organismes (mense ingesluit) klein begin het en ontwikkel het ('evolved') tot groter skepsels ... maar die Fossiel-Rekord wys dat alles in die verlede groter was en vandag kleiner, byna asof

ons op 'n afdraende pad is. Ja, die 'Oorlewing Van Die Fikste' ('Survival Of The Fittest') doen só goed dat daar een van die dae niks gaan oorbly nie!

4.4 Geen Hof Sal Dit Aanvaar Nie. Wetenskaplikes erken dat, uit die meer as 100 miljoen fossiel-fragmente in versamelings in die Wêreld, daardie fossiele wat hulle

bereid sal wees om uit te stal in 'n Hof as bewyse vir Evolusie, so karig is dat dit (a) op een enkele snoekertafel sal pas en (b) later in een enkele doodskis verwyder sal

kan word (presies ook waar dit hoort). Die probleem is net dat geen respektabele hof in die ganse Wêreld enige fossiele as getuienis sal aanvaar om „Evolusie‟ te probeer

bewys nie. Trouens, indien die Evolusie-Leer wáár was, sou daar letterlik biljoene geloofwaardige eksemplare (om Evolusie te bewys) in en óm die koppies van Suid-

Afrika rondgestrooi gewees het!

4.5 Die Franse Taksonomiste Vereniging Verwerp Evolusie. In Frankryk het

die 'Franse Taksonomiste-Vereniging' (mense wat diere klassifiseer) reeds in die 1960's Evolusie as 'n 'onwerkbare Teorie' laat vaar. Net die feit dat diere

Page 25: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 25

geklassifiseer kan word bewys Spesiale Skepping as wáár en Evolusie as vals [Daar die evolusioniste leer dat die diere-wêreld gedurig besig is om te evoleer [„evolve‟],

behoort diere in die praktyk nie geklassifiseer te kan word nie, aangesien alle spesies

„gedurig‟ besig is om te „verander‟]. Ons kan mos duidelik sien dat dit nie wáár is nie … besoek net u naaste dieretuin.

4.6 DNS ('DNA') Verbied Evolusie Oor Spesies Heen. Wetenskaplikes sal bevestig dat dit 'n bekende feit is dat, sedert die ontdekking van DNS ('DNA'), meeste mense nou besef dat Evolusie oor basiese hoofspesies heen onmoontlik is. Die ge-

enkodeerde DNS beskik oor 'n ingeboude sekerheidsmeganisme ('fire-wall') wat dit verbied. Observasie in die praktyk wys dan ook dat daar geen transisionele of

'oorgangstadium' spesies (of fossiele daarvan) vandag bestaan of ooit in die verlede bestaan het nie.

4.7 Die Eerste Wet Van Termodinamika. Die 'Eerste Wet Van Termodinamika', 'n natuurwet wat deur alle eerbare wetenskaplikes as ononderhandelbaar

gerespekteer word, leer ons dat Materié & Energie (susterverskynsels) nie geskep of vernietig kan word nie. Niemand kan Materié of Energie toevoeg tot of wegneem van

die totale portfolio van Materié & Energie wat alreeds in die Heelal bestaan nie. Ons mag dit manipuleer en inspan, maar dis omtrent al.

Maar, indien Materié & Energie nie geskep of vernietig kan word nie, hoe het Evolusie dan daarin geslaag om hierdie Wet te oorbrug en omseil deur (a) 'Materié &

Energie (uit die beskikbare 'grondstowwe') te skep as 'n voorvereiste vir Lewe; en (b) Ook op 'n magiese wyse eers daardie einste 'grondstowwe' uit Niks te skep? Die

antwoord is dat dit natuurlik nóóit gebeur het nie of óóit kán gebeur nie ... hierdie area is een van die etlike verbode sones in die Fisika van die Heelal.

4.8 Die Tweede Wet Van Termodinamika. Die 'Tweede Wet Van Termodinamika', lui dat die Heelal besig is om af te wen ...‟Vader Tyd‟ se pyltjie wys afwaarts. Daar is 'n Wet Van Verderf En Dood aan die werk in die Natuur, en

toevallige, lukraak-gebeurtenisse soos Evolusie sal nooit lei tot Orde uit Chaos (lae

entropie) nie, maar altyd tot Chaos uit Orde (hoë entropie).

Uiteindelik gaan alles sterf, disintegreer of verroes. Ons kan die proses wel probeer vertraag deur dinge te olie, in stand te hou en skoon te maak, maar dis al. Die hoop,

drome en illusies wat evolusioniste inspireer is gefundeer op dieselfde wiskundige waarskynlikhede van 'sukses' met dobbel! Indien Evolusie wáár was, sou dit dus

heeltemal van geluk afhanklik wees. Die Heelal is soos 'n groot horlosie wat besig is om af te wen ... uireindelik sal dit ook ophou tik, verderwe en sterf.

Maar, indien die Heelal dan soos 'n groot horlosie is wat besig is om af te wen, wie het dit dan in die eerste plek opgewen? Net die feit dat 'Die Tweede Wet Van

Termodinamika' bestaan, vereis die bestaan van 'n Skepper, 'n Intelligente Eerste Oorsaak.

4.9. Biogénesis. Biogénesis beteken dat slegs 'n Lewendige Sel aanleiding kan gee tot 'n Lewendige Sel! Lewe kan nie op 'n magiese wyse uit Nie-Lewe ontstaan nie!

Page 26: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 26

Carl Von Linne (Carl Linnaus: 1707-1778), het die klassifikasie-stelsel van plante en diere ontwerp wat ons vandag as 'n standaard gebruik.

Hy het tot twee spesifieke gevolgtrekkings gekom:

(a) Spesies is hoofsaaklik van die 'Génesis-Tipe'; en

(b) Daar was nooit enige veranderings oor basiese kategoriëe heen gewees

nie.

Om die Christen-Skeppingsgesindes verkeerd te bewys, produseer net 'n Lewende Sel uit 'n Nie-Lewende Sel, en produseer 'n Transisionele (Intermediêre) Fossiel.

6. DIE EVOLUSIE-LEER IS GEESTELIK FATAAL.

6.1 Sê Nou Die Christene Is Verkeerd Omtrent Die Evolusie-Leer? Evolusie suggereer geen 'God', Bybel', 'Morele Aanspreeklikheid', 'Oordeelsdag' of 'Goddelike

Vergelding' nie. Indien christene verkeerd sou wees oor Evolusie, dan sal christene, nes bio-afbreekbare primate, organies ge-reabsorbeer word deur die Natuur, en daar

kan tog geen berou of spyt wees waar daar geen 'Hiernamaals' is nie. Ten minste het hulle dan darem 'n skoon, eerbare (en waarskynlik baie gesonder) lewe probeer leef,

hoe moeilik dit ookal soms maar mag gaan [Die evolusioniste sal ook nie dan meer daar wees om hulle te kan verlustig in die christene se flater nie].

6.2 Sê Nou Die Evolusioniste Is Verkeerd Omtrent God En Die Skepping? Hierdie is „n perd van „n totaal ander kleur … evolusioniste sal dan (net soos óns)

Jesus Christus van aangesig tot aangesig ontmoet ... nie die nederige Skrynwerker Van Nasaret en die sagmoedige Lam Van Gólgota nie, maar die Leeu Uit Die Stam

Van Juda en Meester Van Die Heelal!

Hier is die probleem: Aangesien daar geen ontsnappingsklousule in die

evolusioniste se kontrak is nie, sou hierdie Evolusie-mite dit dan alles vir hulle die moeite werd gewees het? Wat sal hulle, wat die Bloed van Jesus vertrap het en die

Gees van Genade gesmaad het, dan aanbied as losprys vir hul onsterflike siele ... GELD? Watter losprys sal groot genoeg wees vir Hom? Watter bedrag geld, hoe

astronomies die syfer ookal, sal Jesus Van Nasaret se investering in Gólgota kan ontmoet? Hoe argumenteer mens dan ook met so 'n Intellektuele Reus (Jesus) met

Sy IK van ∞ (oneindig)?

6.3 Die Ateïs Is Nooit Veilig Nie. Indien God 'bestaan', beter die ateïs uitvind Wie Hy is en wat Hy van ons verwag. Indien God 'nie bestaan nie' sit die ateïs ewe

houtgerus en TV kyk, en dít terwyl die Aarde teen ± 107 000 k.p.u. deur die ruimte in

sy wentelbaan om die Son swiep ... met niemand in beheer nie! Is dit nie maar veiliger om met God vrede te maak nie?

Page 27: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 27

7. ATEISME & EVOLUSIONISME IS NUTTELOSE IDEOLOGIËE & GODSDIENS-KULTUSSE.

7.1 Misdaad, Misdadigers En Tronkvoëls. Dit is maklik om te bewys dat daar iets soos misdaad, misdadigers en tronkvoëls bestaan, want die teenwoordigheid van

al die howe, polisiestasies en tronke in ons land bewys dit. Waar 'n rokie trek is 'n vuurtjie.

7.2 Pasiënte, Dokters En Verpleegsters. Dit is maklik om te bewys dat daar iets soos pasiënte, dokters en verpleegsters bestaan, want al die hospitale en klinieke

bewys dit. Waar „n rokie trek is „n vuurtjie.

7.3 Ateïste, Evolusioniste En Sataniste. (a) Indien die ateïs dan nou te hardkoppig is om te kyk na die Skepping vir bewyse dat God bestaan, kyk dan na die

feit dat ateïste, evolusioniste en sataniste bestaan ... alles bewyse dat God bestaan! Waar „n rokie trek, is „n vuurtjie.

Hierdie mense is almal diegene wat, nes Satan, téén God rebelleer en in opstand kom. Hierdie mense vertroetel almal „n persoonlike vendetta teen God, en benader

die debat op die emotiewe in plaas van op die rasionele vlak. Satiries gestel:

(i) 'n Ateïs is iemand wat nie in God glo nie, so daar móét noodgedwonge 'n God wees, anders het die ateïs nie iemand om nie in te glo nie.

(ii) Daar móét 'n God wees, anders het die satanis nie iemand om te haat nie.

(iii) Daar móét 'n God wees, anders het die evolusionis nie iemand om te repudieer en te verwerp nie.

Ek noem dit bloot satiries aangesien ek met bogenoemde tipe logika natuurlik ook sal kan bewys dat die tandmuis bestaan, wat natuurlik ongeldig is. Die punt wat ek

wil maak is dat daar nie regtig soiets soos „n [ware] ateïs bestaan nie, want deur die bank haat hulle byna almal vir „God‟ [?]. Indien God dan regtig nie bestaan het nie,

hoekom haat hulle Hom so? [Lees gerus hulle venynige briewe in u plaaslike koerant]. Dit kom dan uiteindelik daarop neer dat selfs die duiwels intelligenter is as

die ateïs, want hulle glo in God, en sidder!

‗Jy glo dat God één is. Jy doen goed; die duiwels glo dit

ook, en hulle sidder‘. [Jak. 2:19].

Page 28: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 28

8. DAAR IS NOG HOOP!

8.1 Lig Of Duisternis? Die verskynsels hierbo gemeld demonstreer dat hierdie

Wêreldstelsel nie apáties en ongeërgd teenoor God staan nie. Trouens, hulle haat Hom met 'n passie! Dit is eintlik logies, want duisternis het nog altyd die LIG gehaat:

―En dit is die oordeel: dat die lig in die wêreld gekom

het, en die mense het die duisternis liewer gehad as die lig;

want hulle werke was boos.‖ (Jhn.3:19).

Die Evangelie van Jesus Christus is idiootproef .... enige mens kan glo as hy/sy wil. Armoede, rykdom, ongeletterdheid, geleerdheid, posisie, status ... daar is geen

geldige verskoning nie. God begeer dat ALMAL gered word en NIEMAND verlore gaan nie:

―.... en dit is die wil van Hom wat My gestuur het, dat

elkeen wat die Seun aanskou en in Hom glo, die ewige lewe

mag hê; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.‖ (Jhn.6:40).

8.2 Jesus Christus Of Charles Darwin? Indien u op u sterfbed 'n keuse sou hê vir 'n laaste gesprek met Jesus Christus of met Charles Darwin, met watter een van

die twee sou u graag u laaste oomblikke op Aarde wou deurbring?

'Dit is 'n betroubare woord en werd om ten volle

aangeneem te word, dat Jesus Christus in die wêreld gekom

het om sondaars te red ...' (1 Tim.1:15a).

Bibliografié

1. 'Die Bybel In Afrikaans ' (OV). 2. Vance Ferrell B.A.,M.A.,B.D., ''Science vs. Evolution' & 'The Evolution Handbook', Evolution

Facts Inc. (2001).

Page 29: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 29

DDIIEE

KKOOOOLLSSTTOOFFDDAATTÉÉRRIINNGG VVAANN

FFOOSSSSIIEELLEE:: HHOOEE BBEETTRROOUUBBAAAARR?? DIE GESKIEDENIS VAN DIE MENSDOM.

1.1 Wat op Aarde beteken 'Pre-histories'? Geskiedkundiges, en veral

evolusioniste en paleontoloë, is lief daarvoor om terug te verwys na sekere éras of

periodes in die verre verlede as 'pre-histories'. Maar wat presies beteken hierdie

aaklige toutologié „pre-histories‟ (vóór-geskiedenis ... dit maak mos nie sin nie!)?

Indien hulle bv. sou verwys het na die periode net vóór die Skepping van die Heelal

(waarna in die Bybel gewoonlik verwys word as die periode van 'vóór die

grondlegging van die Wêreld') sou die woordjie desnoods nog bestaansreg kon

verdien, maar die frustrasie-potensiaal van dié term [„pre-histories‟] styg

eksponensieel die oomblik wanneer mens agterkom hulle verwys eintlik na die 'éra'

van die sogenaamde 'dinosourusse' 'miljoene jare' gelede in die verre verskiet (NB.

dit moes eintlik 'dinokrokodiliane' gewees het, aangesien dinosourusse waarskynlik

nader verwant was aan krokodille as aan akkedisse).

1.2. Kom ons begin liewer heelvóór. Die term 'pre-histories' is waarskynlik

gebore uit die radeloosheid van 'n groep mense wat lankal God as ons Skepper,

Regter, Hemelse Vader en Messias (in die persoon van Jesus) in beginsel verwerp het

en wat noodgedwonge op 'n suiwer Naturalistiese, uniformitariaanse verklaring van

die ontstaan van die Wêreld probeer teruggeval ('Gradualisme'… m.a.w. die Wêreld

lyk soos dit lyk omdat „Evolusie‟ dit „gradualisties‟ d.w.s. „geleidelik‟ oor „biljoene jare‟

heen deur middel van Natuurlike prosesse soos erósie ens. gevorm het].

Daarteenoor benader christene en voorstaanders van die [relatiewe kort]

Skeppingsweek van Génesis die Wêreld vanuit die verwysingsraamwerk van die

„Katastrofisme‟ … m.a.w. die Wéreld lyk soos dit lyk a.g.v „n universele katastrófe

ongeveer 4400 jaar gelede [die Sondvloed].

Wanneer ons egter oor die geskiedenis begin praat soos die Bybel daaroor skrywe,

begin die newels van onsekerheid gaandeweg verdwyn en val alles skielik ewe mooi

Page 30: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 30

in plek. Die Bybel benader die kwessie van die geskiedenis van die mensdom op twee

baie betekenisvolle-vlakke, nl. Geológies/Natuur-histories en Kultuur-histories.

Probeer dit bietjie sélf:

(a) Die Verlede: Geológies & Natuur-históries. Hier deel ons die

geskiedenis in twee eras in, nl. Vóór Die Sondvloed van ± 2348 V.C. [„n

skatting] en Ná Die Sondvloed van ± 2348 V.C. Die vraag kom nou

onwillekeurig op ... hoe kan die geskiedenis van 'homo sapiens sapiens'

('wyse wyse man' ... ai tog!) dan nou 'miljoene jare' terugdateer indien

ons die volgende faktore in oënskou neem?:

(i) Vroegste beskawings. Waarom dateer die oudste rekords (tale; skryf-,

wiskundige en juridiese stelsels, ens.) van vroëe beskawings selde verder

terug as 2000 – 3500 V.C.?

(ii) Bybels-argeologiese rekords. Waarom dateer die oudste Bybels-

Argeologiese rekords, wat, terloops, baie betroubaar is, nie verder terug as

1510 – 1450 V.C. nie?

(iii) Géén Sonsverduisterings vóór 2250 V.C. Waarom bestaan daar geen

rekords van sonsverduisterings ooit waargeneem deur mense (na eeue van

astronomiese-observasie!) vóór 2250 V.C. nie?

(iv) Oudste skryfstelsels. Waarom bestaan daar geen ouer skryfstelsel as

die Sumériese kleitablette van 3500 V.C. nie?

(v) Oudste skriftipes. Waarom bestaan daar geen vroëer Westerse-tipe

skrif (proto-Sinaïties) as 1550 V.C. nie?

(vi) Oudste tale. Waarom daar geen geen ouer tale op rekord as 3000 V.C.

nie?

(vii) Populasie-statistieke. Populasie-statistieke [verskaf deur mense wat spesialiseer in die studie daarvan] dui daarop dat daar, in die jaar ± 3300

V.C., net één huisgesin op die Aarde kon gewees het. Indien die mensdom

egter aangewas het ooreenkomstig die evolusioniste se radikale uitgangspunte, en die mens vandag bv. net 'een miljoen jaar' oud was (selfs

teen die lae aanwas-koers van 0,01% jaarliks) sou die Wêreldpopulasie alreeds ten tye van Christus se geboorte 2 x 10⁴³ gewees het. Dit is so baie

mense dat 1000 Sonnestelsels met 9 planete elk (9000 bewoonbare planete!) nie al die mense sou bevat het nie.

(viii) 'Maropeng': Wie het die piramides gesteel? Indien die Sterkfonteingrotte-omgewing regtig die 'Wieg Van Die Mensdom' was: Waar is

Page 31: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 31

die groot piramides, antieke ruïnes, die eerste primitiewe astronomiese-instrumente en –observatoriums, museum-artefakte en -besienswaardighede

... dit behoort dié van die Kairo Museum mos by verre te oortref het? Wees

nou maar eerlik … in die RSA word daar geen kultuur-historiese voetspoor bespeur van vroeēre beskawings minstens naastenby vergelykbaar met dié

van die Vrugbare Halfmaan, Egipte, Peru, Meksiko, Asiē ens. nie.

Waarom was daar ook geen noemenswaardige ontwikkeling in '1,75 miljoen' tot '3 miljoen jaar' spesifiek by Maropeng ('Wieg Van Die Mensdom') nie? Wat

het Mev. Ples en haar voorouers met hulle tyd aangevang ... '7de Laan' gekyk? Waar is die bewyse van die eerste rudimentêre tale, regstelsels, wiskundige en

skryfstelsels wat sekerlik dáár moes ontstaan en ontwikkel het?

(ix) Polonium-218 strale-kransies in graniet. Robert V. Gentry se

navorsing met graniet, die planeet se fondasiesteen, het die planeetwye teenwoordigheid van Polonium 218-Radio-stralekransies in alle graniet verraai.

Die vorming van hierdie radio-stralekransies sou net moontlik gewees het indien die graniet van die Aarde binne 3 minute (en nie oor 'miljoene jare')

tydens die Skepping gevorm/gestol het. Wanneer graniet bv. vandag opgesmelt word en dan weer toegelaat word om áf te koel en te stol, stol dit

nooit weer terug na graniet toe nie, maar na rioliet.

Die Aarde-gevorm-uit-gesmolte-graniet teorie is dus maar baie wankelrig.

Indien die Aarde gevorm het uit gesmolte graniet, sou die fondasiesteen van ons planeet vandag rioliet gewees het, nie graniet nie [raadpleeg gerus u

ensiklopedié].

(b) Kultuur-históries. Hier deel ons die geskiedenis in twee éras in nl. Vóór Christus en Ná Christus. Indien hierdie metode van indeling dan só ongeldig en

ongewens is, waarom sukkel hulle so om hierdie stelsel uit die kalender te verwyder? Waarom kan hulle nou maar éénmaal nie vir Christus, die Bybel en die

Kerk uit die geskiedenis kry nie?

Aanvaar maar die feit: Selfs die evolusionis, die ateïs, die agnostikus en die satanis moet nou maar eenmaal erken dat God GOD is. Selfs húlle moet inval by ons [histories-Romeinse] Westerse Kalender, omdat God dit so wil hê! En, elke

keer wanneer hulle bv 'n brief, faks, e-pos, faktuur, rekeningstaat, kwitansie of kontrak stuur, uitskrywe en/of onderteken, word hulle daaraan herinner ... bv.

dit is vandag 4 Oktober 2008 ... m.a.w. 2008 jaar Ná Christus!

Selfs wanneer hulle op hulle selfone praat, sms'e stuur of op hulle rekenaars

werk, word hulle daaraan herinner en, asof dit nie genoeg is nie, los die koerante, tydskrifte, radio en TV hulle ook nie alleen nie. Dit moet darem

verskriklik wees om kwaad te wees vir God en Hom opsetlik te probeer ignoreer ... en dan nog steeds elke dag teen wil en dank herinner te word aan die harde

feit van Sy bestaan, invloed en ononderhandelbare gesag. Wanneer mens die venýnige briewe van ateïste in koerante lees, wonder mens soms waarom hulle

Page 32: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 32

so haatdraend en giftig is teenoor Hom … miskien is hulle vies oor Sy ondervermelde „bedrog‟ [sien definisie]:

Definisie van „n „Ateïs‟. Iemand wat kwaad is vir God omdat Hy nie bestaan

nie maar steeds die vermetelheid het om nogtans vóór te gee dat Hy wél

bestaan.

1.3 Vergeet Maar Van Die 'Standaard Geologiese Tydskaal'. Die evolusioniste probeer ons wysmaak dat die Aarde '4,6 biljoen jaar' oud is. Hulle

deel die 'Standaard Geologiese Tydskaal' ('Geologic Column' of 'Geologic Time

Scale') basies soos volg in:

(a) Cenozoïs: '10 000 - 70 miljoen jaar gelede'.

(b) Mesozoïs: '70 miljoen - 225 miljoen jaar gelede'.

(c) Paleozoïs: '225 miljoen - 570 miljoen jaar gelede'.

(d) Pre-Kambriaans: '570 miljoen-4,5 biljoen jaar gelede'.

Op die oog af lyk dit of dit goed gaan in die evolusie-kamp, maar agter die skerms bestaan daar baie onenigheid, verdeeldheid en dispute onder hulle oor die 'Standaard

Geologies Tydskaal', want hulle stry ongelooflik onder mekaar oor bv.:

(i) Strata-kontroversies tussen evolusioniste! Hulle stry heftig onder mekaar oor die geldigheid van hulle strata-teoriëe, bv. van hoe oud sekere

[lae] sediment werklik is en waar dit in die geológiese geskiedenis inpas.

(ii) Gemengde fossiele in die strata! M.a.w. fossiele kom in strata vóór

wat nie saam met sekere ander soorte fossiele in dieselfde strata hoort nie, ens.

(iii) 'Reworking' & 'downwash' van fossiele in en uit strata! M.a.w. 'dooie' fossiele 'migreer' oor tyd heen gedurig heen-en-weer tussen strata.

(iv) Pollen en spore in the Kambriaanse Periode! Pollen en spore in

strata hoort nie daar nie.

(v) Die oorslaan van strata deur fossiele! M.a.w. 'vermiste' fossiele in sekere strata.

(vi) Gemengde strata! M.a.w. strata wat bots met die Geologiese Tydskaal-Model.

(vii) Vermiste strata! M.a.w. strata wat ooreenkomstig die Model veronderstel is om daar te wees maar wat nêrens gevind kan word nie.

Page 33: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 33

1.4 Vance Ferrell B.A., M.A., B.D.:

―Hoe kan dit wees dat die Geologiese Tydskaal ['Geologic

Column'] so onvolledig is, wanneer die Evolusie-Leer ons

probeer wysmaak dat die sedimentêre strata eenvormig oor

miljoene jare neergelê is? Die waarheid is dat die rotsstrata

ons terugverwys na 'n verskriklike Wêreldwye katastrofe ...

'n VLOED, en nie na miljoene jare se stelselmatige grond-

deposito's van dooie plante en windgewaaide stof nie.‖

('Science vs Evolution', p.486 – Evolution Facts Inc. 2001).

1.5 Wees eerlik … het u al ooit die „Geologiese Tydskaal‟ persoonlik [fisies] gesien? Wees nou eerlik ... het u al ooit hierdie skaal ('Standaard Geologiese

Tydskaal') met u eie oë gesien, ek bedoel 'n vertikale snit in die grond wat die sedimentêre strata uitbeeld presies soos hulle dit in hulle diagramme, wetenskap-

teksboeke, muurkaarte, ensiklopediēe ens. voorstel? [Moenie sleg voel nie ... ek het ook nie!]. En het u geweet dat, indien die 'GTS' ['Standaard Geologiese Tydskaal']

regtig bestaan het soos die evolusioniste dit uitbeeld, dit volgens sekere wetenskaplike menings minstens 160 km. dik sou gewees het?

Nietemin, die Sondvloed van ± 2348 V.C. was waarskynlik verantwoordelik vir die skep van die fossiel-rekord [en nie „evolusie‟ nie] wat deur God vir ons nagelaat is om

vir ons die Bybelse Sondvloed as 'n historiese, Bybelse feit te dokumenteer.

3. KOOLSTOFDATÉRING: HOE BETROUBAAR?

3.1 Die evolusionis se valse vertrekpunte. Om Koolstof-datéring (Koolstof-14)

te laat werk sodat die Koolstofdaterings-resultate nie die Illusie-Teorie („Evolusie Teorie‟) bespotlik maak nie, maak die evolusionis desnoods 'n klompie ongeldige

aannames:

(a) Atmosferiese-Koolstof. “Die atmosfeer het vir die afgelope 'paar miljoen jaar' nog altyd dieselfde vlakke van atmosfériese koolstof gehandhaaf.” (Valse

Aanname!).

(b) Oseaniese-Koolstof. “Gedurende dieselfde tydperk het die groot

hoeveelhede oseaniese koolstof in die see nog nooit verander nie.” (Valse Aanname!).

(c) Kosmiese Strale. “Kosmiese strale uit die ruimte het die Aarde nog altyd in dieselfde hoeveelhede bereik as vandag.” (Valse Aanname!).

Page 34: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 34

(d) Vorming- en vervaltempo‟s. “Beide die tempo's van Koolstof-14 vorming en -verval het in die verlede 'n balans gehandhaaf.” (Valse Aanname!).

(e) Geen verandering in vervaltempo. “Die Koolstof-14 verval-tempo het nog nooit verander nie.” (Valse Aanname!).

(f) Eksemplaar-kontiminasie. “Geen Koolstof-14 bevattende eksemplaar-kontaminasie (deur iets anders) het nog ooit plaasgevind in die verlede nie.” (Valse Aanname!).

(g) Insypeling van water of ander faktore. “Geen insypeling van water of enige ander faktor het nog ooit addisionele Koolstof-14 na enige eksemplaar

gebring sedert die dood ingetree het nie.” (Valse Aanname!).

(h) Afsterwe-fraksies. “Die fraksie van Koolstof-14 waaroor alle lewende organismes ten tye van afsterwe [„decay‟] beskik het, is aan wetenskaplikes

bekend.” (Valse Aanname!).

(i) Koolstof-14 halflewe. “Die half-lewe van Koolstof-14 kan akkuraat vasgestel word.” (Valse Aanname!).

(j) Atmosfériese-stikstof. “Atmosfériese-stikstof is 'n voorloper van Koolstof-14, so die hoeveelheid stikstof in die atmosfeer was nog altyd

konstant.” (Valse Aanname!).

(k) Intstrumentasie-akkuraatheid. “Instrumentasie betrokke by die meting van Koolstof-14 is akkuraat en werk behoorlik.” (Valse Aanname!).

(l) Analitiese-metodes. “Die analitiese-metodes word by Koolstof-datering onberispelik tydens meting toegepas.” (Valse Aanname!).

(m) Metings-tegniek. “Die meetings-tegniek lewer altyd dieselde resultate t.o.v. dieselfde monster of verwante monsters wat vanselfsprekend deel is van

die groter monster.” (Valse Aanname!).

(n) Magnetiese-veld. “Die Aarde se magnetiese-veld was nog altyd dieselfde as vandag.” (Valse Aanname!).

[Belangrike wetenskaplike-beginsel: VALSE AANNAMES LEWER ONBETROUBARE RESULTATE!]

3.2 Sestien ernstige probleme met Koolstof-14 datéring.

(a) Variasies binne monsters. Dele van dieselfde monster toets nie dieselfde nie.

(b) Verliese van Koolstof-14. Reënval, mere en ondergrondse waterbronne kontamineer die radiasie-klok van Koolstof-14.

Page 35: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 35

(c) Veranderings in atmosfériese Koolstof. Getuienis dui daarop dat verandering sedert antieke tye plaasgevind het wat datums vasgestel deur

Koolstof-14 invalideer.

(d) Sonvlek-effekte Op Koolstof-14 produksie. Wanneer radio-koolstof produksie in die atmosfeer drasties gewysig word, soos bv. tydens die hoë Sonvlek-aktiwiteite van die 12de en 13de eeue, word Koolstof-14

dateringsresultate ernstig ge-affekteer.

(e) Radio-daterings opnames. 'n Opname van 15 000 datums, deur

Koolstof-14 verkry, wys dat radiokoolstof-datering datums lewer wat miljoene en selfs biljoene jare verskil (bv. dit 'wys jonger datums') met dié van ander

radiodaterings-metodes.

(f) Veranderings in Neutrino-bestraling. In antieke tye sou Neutrino-bestralings ook die koolstofvlakke in die atmosfeer be-ïnvloed het.

(g) Kosmiese strale. 'n Verandering in die temperatuur of voggehalte van ons atmosfeer kan die hoeveelhede kosmiese strale wat die Aarde bereik wysig, wat

Koolstof-14 datering kan affekteer.

(h) Die Aarde se magnetiese veld. Die Aarde se magnetiese-veld is besig om te verswak wat koolstofdatering affekteer, aangesien hierdie drie faktore

hand-aan-hand gaan, nl. (i) die Aarde se magnetiese veld, (ii) kosmiese strale (verander Koolstof 12 in Koolstof 14) en (iii) Koolstof 14.

(i) Vogtigheidstoestande. Veranderings in atmosfériese, maar veral in (selfs tydelike) grondvog, kan Koolstof-datering affekteer.

(j) 'n Warmer Aarde en méér water in die atmosfeer in die verlede. Kan veroorsaak dat Koolstof-14 horlosies bedrieglik lang periodes rapporteer vóór 2000 V.C.

(k) Dramatiese veranderings ná die Sondvloed. Veranderings m.b.t. bv. die water-inhoud van die atmosfeer, afkoeling van die klimaat, vulkanisme &

gletseriséring kon veroorsaak het dat mense, wat bv. net ná die Sondvloed geleef het, minder Koolstof-14 sou ontvang het as die mense van vandag, wat

vroëer lewensvorme en beskawings méér antiek sou laat voorkom het as wat werklik die geval is. Slegs die Koolstof-14 datums vir die afgelope 2600 jaar

toon 'n sinvolle korrelasie met geskiedkundig-verifieerbare chro-nologiëe, hoewel dit steeds diskrepanse bevat.

(l) Koolstof-inventaris. W.A. Reiners se koolstof-opname toon dat die totale hoeveelheid koolstof in die Wêreld minder as 1/500ste (0,2%) is van die totale

hoeveelheid wat opgesluit lê in fossiele (plante en diere) in die sedimentêre rotsstrata. Dit beteken dat 'n enorme hoeveelheid koolstof waarskynlik tydens

die Sondvloed begrawe moes gewees het, wat koolstofvlakke van 500 keer as die van vandag, in die vorm van diere en plante, vir daardie éra sou beteken het.

Page 36: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 36

(m) Koolstof-14 klok-diskrepanse. Willard F. Libby, die uitvinder van radio-datering, het ernstige diskrepanse ontdek in die verlede wat van sy aannames

omtrent die opbou van Aardgebonde-radiokoolstof ongeldig gemaak het. Die

probleem is dat, vroëer as 1600 V.C., is radiodatering geneig om handuit te ruk. Ons glo dat die oorsaak van hierdie afwyking moontlik deur die Sondvloed

veroorsaak was.

(n) Koolstof-14 Data dui op die Sondvloed-katastrofe. R. Whitelaw, van die Virginia Polytechnic Institute, se navorsing aan die hand van 25 000

versamelde Koolstof-14 datums (1970) toon 'n toename in die dodesyfer van ons planeet wat piek op 2000 V.C. (± 4008 jaar gelede). Van die 25 000 datums

word 15 000 geplaas op ongeveer 2500 V.C., wat beteken dat 'n massa-verlies van lewe gedurende daardie periode moes plaasgevind het. Dit maak die idee

van 'n planeetwye Sondvloed in ongeveer 2348 V.C. heeltemal geldig.

(o) Die Massa-Spektrometer. Die evolusioniste se probleem is dat hierdie instrument, die Massa-Spektrometer (M-Sm), konstant datums lewer wat „te laag‟ is. Indien hierdie kontroversiēle instrument egter universeel aanvaar word,

sal dit beteken dat fossiele, steenkool, petroleum en hominiede-beendere (van die antieke mens) waarskynlik alles jonger as 5000 jaar oud gedateer sal word.

(p) Selfs moderne eksemplare is onakkuraat. Die resultaat van vier verskillende Koolstof-14 toetse word hier getoon as klassieke voorbeelde van die

onakkuraatheid van Koolstof-14 datering:

(i) Sement uit die Oxford Castle in Engeland. Was deur radio-koolstof gedateer op '7370 jaar', terwyl die kasteel maar ongeveer 800 jaar gelede

opgerig was! [E.A. Von Fange, 'Time Upside Down', Gekwoteer in 'Creation Research

Society Quarterly', p.18 – Nov.1974].

(ii) Vars-doodgemaakte seeleeus. Is deur radio-koolstof gedateer op '1300 jaar', terwyl seeleeus wat reeds 30 jaar lank dood was, gedateer is op '4600 jaar'! [W. Dort, 'Mummified Seals Of Southern Victoria Land', Artikel in 'Arctic Journal

Of The US', p.201 – Jun.1971].

(iii) Hout afgekap van lewende, groeiende bome. Is deur Koolstof-14 gedateer as sou dit bestaan het '10 000 jaar gelede'! [B. Huber, 'Recording Gaseous

Exchange Under Field Conditions', Insetsel in K.V. Thimann, 'Physiology Of Forest Trees' –

1958]; en

(iv) Lewende mollusks. Lewende 'mollusks' (soos bv. slakke) se doppe is deur Koolstof-14 gedateer as sou dit '2 300 jaar gelede' doodgegaan het [M.

Keith & G. Anderson, 'Radiocarbon Dating: Fictitious Results With Mollusk Shells', In 'Science',

p.634 -1963].

Page 37: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 37

4. FAKTORE OM IN AG TE NEEM M.B.T. RADIODATERINGS-METODES.

4.1 Geen geslote-stelsel? Geen klip of rots in die Wêreld is 'n geslote stelsel nie

... dit alles kon in die verlede gekontamineer gewees het.

4.2 Vervaltempo's? Die tempo's waarteen radio-verval plaasvind kon in die verlede verskil het

4.3 Dogterprodukte? Dogterprodukte kon teenwoordig gewees het tydens die 'begin'. Die oorspronklike vermenging tussen sulke dogter-produkte sal alle huidige

pogings om i.t.v. dogterprodukte te dateer invalideer.

4.4 Onbekende veranderings? Onbekende veranderings in environmente van die verlede kan dateringsresultate bederf. Daar bestaan nie 'n manier waarop

gewaarborg kan word hoe sulke environmente daar uitgesien het nie.

4.5 Kontak-insidente? Hoë-energie deeltjies ('particles') radio-aktiewe minerale,

of kontak met sekere chemikaliëe, kon in die verlede verval-tempo's gewysig het.

4.6 Atmosfériese-veranderings? Vroëe veranderings in die atmosfeer kon vervaltempo's ge-affekteer het.

4.7 'Vervalklokke'? Die 'vervalklokke' van vervaltempo's is nie noodwendig aan die begin van vervalkettings 'aangeskakel' nie ... dogter-produkte kon teenwoordig

gewees het wat vervaltempo's ge-affekteer het.

4.8 Lood-kontaminasie'? Lood kon oorspronklik ingemeng gewees het met Uraan en Thorium, en sou nie noodwendig net as eindproduk gevolg het nie, wat ook

vervaltempo's kon ge-affekteer het. Lood 9 (Pb-204) kon ook datering ge-affekteer het.

4.9 Ander chemiese oplossings? Ander oplossings kon dogter-produkte weggedra het.

4.10 Lood-ratios? Vergelykings tussen lood-ratios kon onakkuraat gedoen gewees het. Na bewering kan dit toetsresultate op vyf maniere beinvloed.

4.11 Van Allen-Gordel? 'n Vroëer verandering in die Aarde se Van Allen-Gordel

(bekend slegs vanaf 1959) kon vervaltempo's ge-affekteer het.

4.12 Vrye neutrone? Vrye neutrone kon deur naburige Lood 206 'gegryp' gewees het ... die meeste radiogéniese lood op die Aarde kon waarskynlik so ontstaan het.

4.13 Buitengewone temperature? Intense hitte is geneig om 'klok-instelling' te affekteer.

Page 38: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 38

4.14 Uraan- & Thorium-datums en ander dateringsmetodes? Hierdie datums en/of dateringsmetodes verskil gewoonlik selfs van mekaar [!] wat dui op die

onbetroubaarheid van die verskillende dateringsmetodes.

4.15 Argon? Dogter-produkte soos Argon is gasse wat geneig is om maklik uit klippe/rotse uit te 'migreer'. [NB. 'n Katastrofe met die omvang van 'n Wêreldwye vloed kon (i) massiewe kontaminasie-probleme; (ii) wye radio-aktiewe

tempo-aktiwiteit veranderings; (iii) die grootskaalse verskuiwing en herverdeling van rotsdruk; en (iv) 'n ommekeer ('reversal') in die Aarde se magnetiese kern

veroorsaak het, wat alle atoom-horlosies onwillekeurig sou geneutraliseer het].

4.16 Kanse skraal. Sir Fred Hoyle en Chandra Wickramasinghe het bereken dat

die wiskundige kanse vir een enkele selletjie om, binne 4,6 biljoen jaar, spontaan in 'n 'primitiewe environment' te kon ontstaan het, gelyk is aan 1 uit 1040000 (Vergelyk:

Hoeveelheid waterdruppels in die oseane = ±1026 en sandkorrels op die strande van al

die oseane = ±1022) [Hoyle & Wickramasinghe, 'Evolution From Space', p.28, 1981].

5. Die WONDER Van Evolusie-wetenskap: Wanneer 'n padda skielik in 'n prins

verander, word dit 'n 'feëverhaal' genoem, maar wanneer dit oor 'miljoene jare' gebeur, noem hulle dit 'evolusie-wetenskap' ... ongelooflik!

Bibliografie.

1. Die Bybelgenootskap Van SA: 'Die Bybel In Afrikaans' (1933/1957). 2. Vance Ferrell B.A., M.A., B.D.: 'Science vs. Evolution', & 'The Evolution Handbook', Evolution

Facts Inc.(2001).

Page 39: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 39

EEVVOOLLUUSSIIEE DDEEUURR MMUUTTÁÁSSIIEESS??

1. MUTÁSIES.

1.1 'Evolusie-resepte'. Die evolusioniste verduidelik hierdie 'Natuurwonder' van

'Evolusie' aan die hand van 'n spul belaglike 'spesiale resepte' kastig werksaam in die

Natuur, nl.

Natuurlike Seleksie (‗Darwinisme‘);

Mutasies + Natuurlike Seleksie (‗Neo-Darwinisme‘);

Hoopvolle Monsters (‗Gepunktueerde-Ekwilibrium‘) en

Die Oorerwing Van Verworwe Karakter-eienskappe (‗Lamarckisme‘).

1.2 Wat is Mutásies? 'n Mutasie is die skade wat aangerig word aan 'n enkele

DNS-eenheid ('n geen). Wanneer dit plaasvind in 'n somatiese (liggaams-) geen, is dit

nadelig net vir daardie betrokke individu, maar wanneer dit plaasvind in 'n gametiese

(reproduktiewe-) geen, sal dit oorgedra word na daardie individu se nageslag. Ons

standpunt is dat dit nie net onmoontlik is vir mutasies om die evolusie-proses te

veroorsaak nie, maar dat dit inteendeel die lewensproses verswak en termineer. Ten

spyte van die nadelige effek van mutasies, glo evolusioniste egter steeds onwrikbaar:

"Die proses van mutasie is die enigste bekende bron van

die nuwe materiale van genetiese variabiliteit en gevolglik

van evolusie." [T. Dobzansky in „American Scientist‟, 45, p.385 -

1957].

"Evolusie is, om dit eenvoudig te stel, die resultaat van

natuurlike seleksie wat inwerk op lukrake mutasies." [M.Ruse,

'Philosophy Of Biology', p.36 - 1973].

1.3 Kan Mutasies regtig werk? Om mutasies suksesvol vir Evolusie te kan laat

werk, sal evolusie-wetenskaplikes eers die volgende hekkies moet oorbrug:

Mutasies sal gereeld moet gebeur;

Mutasies sal regtig voordélig moet wees ... wel, ten minste soms; en

Page 40: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 40

Mutasies sal 'n dramatiese veranderinge teweeg moet bring om één

spesies in 'n ánder een te laat verander ... klein veranderingkies sal net die

organisme beskadig of vernietig.

2. ERNSTIGE PROBLEME WORD MET MUTÁSIES ONDERVIND.

2.1 Raar-effekte. Mutasies is uiters skaars, en die feit dat dit so skaars is

kanselleer enige moontlikheid uit vir mutasie-evolusie om plaas te kan vind:

"Dit sal waarskynlik geregverdig wees om te skat dat

die frekwensie van die grootste meerderheid van mutasies

in die hoër organismes is tussen een uit tienduisend [1/10

000] en een uit 'n miljoen [1/1000 000] per ‗geen‘ per

generasie." [F.J. Ayala, 'Teleological Explanations In Evolutionary

Biology', in „Philosophy Of Science‟, p.3 - March 1973].

"Alhoewel mutasie die uiteindelike bron van alle

genetiese variasie is, is dit nogtans 'n relatiewe raar-

gebeurtenis." [F.J. Ayala, 'Mechanism Of Evolution', in „Scientific

American‟, p.63 - Sept. 1978].

2.2 Lukrake, toevallige effekte. Mutasies vind altyd lukraak, toevallig, doelloos

en rigtingloos plaas.

"Dit bly wáár om te beweer dat ons van geen manier

weet behalwe dié van lukrake-mutasie waardeur nuwe

oorerflike variasie ontstaan nie; ook van geen ander proses

anders as natuurlike seleksie waardeur die oorerflike

konstitusie van 'n populasie van die één na die ánder

generasie verander nie." [C.H. Waddington, 'The Nature Of Life',

p.98 -1962].

Die probleem is dat mutasies lukrake, wilde gebeurtenisse is wat totaal

onbeheerbaar is, terwyl Evolusie, indien dit wáár sou wees, doelgerigte veranderinge

[bv. „Natuurlike seleksie‟] sou verg.

Page 41: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 41

2.3 Mutasies is nie voordelig nie. Evolusie dring aan op verbetering en vooruitgang ... mutasies, inteendeel, beskadig en verswak organismes:

"Maar mutasies is van 'n lukrake aard, in soverre dit

hulle aanwending betref. Dienooreenkomstig is die oorgrote

meerderheid mutasies, sekerlik meer as 99% daarvan,

skadelik op die een of ander manier, soos wat dit verwag

kan word van die effek van toevallige gebeurtenisse." [H.J.

Muller, 'Radiation Damage To The Genetic Material' in American

Scientist, p.35 - Jan. 1950].

(b) "'n Sekere aantal gunstige mutasies van bv. een uit

'n duisend [1/1000] klink nie na baie nie, maar is

waarskynlik gul, aangesien so baie mutasies fataal is, wat

die organisme verhoed om hoegenaamd te kan leef, en die

oorgrote meerderheid van die res gooi die masjinerie ietwat

uit rat uit." [Julian Huxley, 'Evolution In Action', p.41].

"Mens sou kon verwag dat enige inmenging met so 'n

ingewikkelde stuk chemiese masjinerie soos die genetiese

konstitusie in die beskadiging daarvan sou eindig. Trouens,

dit is so ... die oorgrote meerderheid van mutante-gene is

nadelig in hul effek op die organisme." [Julian Huxley, 'Evolution

In Action', p.137].

"Die onbetwisbare bewyse vir die benutting van mutasies

in Evolusie onder natuurlike toestande is nog nie aan ons

verskaf nie." [Julian Huxley, 'Evolution: The Modern Synthesis',

pp.183,205].

3. SOMMIGE BELANGRIKE REDES WAAROM MUTASIES NIE SPESIE-EVOLUSIE KAN VEROORSAAK NIE.

3.1 Voordelige mutasies was nog nooit voorheen aangemeld nie. Nog nooit in die geskiedenis is 'n geval van 'n voordelige mutasie iewers aangemeld nie. C.P. Martin skryf:

"Mutasies is meer as net skielike veranderinge m.b.t.

oorerflikheid; dit affekteer ook nutswaarde, en, na die beste

van ons wete, word dit ongetwyfeld nadelig ge-affekteer.

Page 42: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 42

Wys dit dan nie dat mutasies in werklikheid 'n áánslag is

nie ... nl. ‗n aanslag op die organisme se sentrale wese en op

sy basiese vermoë om 'n lewende entiteit te wees nie?" ['A

Non-Genetist Looks At Evolution', in American Scientist, p.102].

3.2 Slegs skade word aangerig. Daardie organismes wat nie deur mutasies vernietig word nie, word so verswak dat hulle en hul nasate geneig is om uit te sterf.

Trouens, indien méér i.p.v. minder mutasies sou plaasvind, sou lewe op Aarde waarskynlik ten volle uitgedoof word! Die opbou van [nadelige] mutasies in die gene

van organismes word genoem die genetiese vrag ('genetic load').

"Die oorgrote meerderheid mutasies, egter, is skadelik of

selfs fataal vir die individu waarin dit uitdrukking vind.

Sulke mutasies kan gesien word as sou dit 'n [nadelige]

genetiese vrag invoer na die DNS-poel ... " [Christopher Wills,

'Genetic Load', in „Scientific American‟, p.98 -March 1970].

3.3 Organismes word ge-elimineer. Na miljoene mutasie-eksperimente met die vrugtevlieg kon navorsers nog nooit 'n voordelige mutasie genereer nie ... hoe sal

mutasies dan ooit Evolusie kan laat gebeur? Onthou dat die vrugtevlieg „n kort lewensspan het, en dat „miljoene mutasie-eksperimente‟ met die vrugtevlieg oor

enkele maande of jare die teorétiese-ekwivalent van millenniums van eksperimente op mense verteenwoordig.

"Na 'n sekere aantal (meer of minder) generasies word

die mutante ge-elimineer." [G. Ledyard Stebbins, 'Processes Of

Organic Evolution', pp.24-25 -1071].

3.4 Bestraling en „mutagéniese chemikaliëe‟. Kyk net na hierdie eienaardige anomalié: Vir dekades lank probeer wetenskaplikes die mense maan om

bestralingsgevare en mutagéniese chemikaliëe ('mutagéne') te vermy en liefs te verwyder a.g.v. die gevare daarvan vir mense, diere en plante… hoe kan die vloek

van mutasies 'n ras of spesie dan verbeter, mooier en sterker maak? En watter gek sal sonder behoorlike voorsorgmaatreëls toelaat dat iemand hom links en regs na

willekeur met x-strale bestraal, of dat sy kinders in die Chernobyl-aanleg gaan wegkruipertjie speel? Indien bestraling en mutasies dan so 'voordelig' is, waarom is

mense so versigtig vir bestraling?

"Die belangrikste wat nou gedoen moet word, egter, is om

die toevoeging van nuwe mutagéne, by dit wat alreeds

bestaan, te minimiseer. Enige toename in die mutasie-vrag

is skadelik, indien nie nou nie, beslis dan vir toekomstige

Page 43: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 43

generasies." [Christopher Wills, 'Genetic Load', in „Scientific American‟,

p.107 -March 1970].

3.5 Ongelukke en mutasies. Inderwaarheid sou mutasies, a.g.v. die negatiewe effekte daarvan, waarskynlik alle lewe op Aarde vernietig het, as dit nie vir die feit was nie dat dit so selde gebeur!

"'n Ongeluk, 'n toevallige verandering, in enige delikate

meganisme sal dit beswaarlik verbeter. Om 'n stok in die

meganisme van 'n horlosie of radio te steek sal dit selde of

ooit beter laat werk." [Theodosius Dobzhansky, 'Heredity And The

Nature Of Man', p.126 - 1964].

3.6 Ineengestrengelde katastrofe! In plaas daarvan dat sekere karakter-eienskappe deur 'n sekere gene beheer word, is daar ontdek dat (a) elke „geen‟ baie

karakter-eienskappe affekteer; en dat (b) elke karakter-eienskap deur baie gene ge-affekteer word. Raak aan so 'n delikate stelsel en jy veroorsaak onherroeplike,

ineengestrengelde chaos.

3.7 Lukraak-effekte. Veronderstel mutasies was wel volop en het altyd tóg

vóórgekom met 'geslaagde-resultate‟, maar steeds lukraak en toevallig ... wat sou die gevolge dan gewees het? Wel, sommige wetenskaplikes (l.w. wáre wetenskaplikes,

nie „evolusioniste‟) is bv. van mening dat:

Voëls sou vlerke op die maag gehad het waar hulle dit nie sou kon gebruik nie;

Voels sou vlerke gehad het wat te groot of te klein sou wees, en dit sou boonop onderstebo 'ge-installeer' gewees het; en

Die meeste diere sou geen oë gehad het nie ... party sou net één gehad het; en diegene wat wel oë gehad het, sou dit waarskynlik in hul armholtes gehad

het, of op die sole van hulle voete.

3.8 'n Wye effek op die gene. Elke mutasie neem sy tol in groot getalle [direk of indirek] op gene. Duisende generasies van vrugtevliëe is eksperimenteel bestraal in die hoop op voordelige mutasies te genereer, maar slegs skade en dood het daarop

gevolg:

"Die meeste mutante wat in enige organisme opduik is

min of meer nadelig vir hulle. Die klassieke mutante verkry

in Drosophila [die vrugtevlieg] toon verval, ineenstorting; en

die verdwyning van sekere organe." [Dobzhansky, 'Evolution,

Genetics And Man', p.105 -1955].

Page 44: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 44

3.9 Dit is soos om met klippe te gooi. Met mutasies kan mens netsowel probeer om 'n splinternuwe motorvoertuig se voorkoms en werkverrigting te probeer verbeter

deur daarmee teen 'n boom vas te jaag, of dit met klippe te bestook:

"Dit rym heeltemal met die toevallige natuur van

mutasies dat uitgebreide toetse eenstemmig is dat die

oorgrote meerderheid daarvan nadelig vir die organisme is

in sy taak om te oorleef en voort te plant. Enige vreemde

voorwerp wat in 'n kunsmatige meganisme ingebring word

sal skadelik in sy uitwerking wees op die meganisme se

vermoë om te doen waarvoor dit ontwerp is. ... Goeie

[mutasies] is so raar dat ons almal maar as nadelig kan

beskou." [H.J. Muller, 'How Radiation Changes The Genetic

Constitution', in „Bulletin Of Atomic Scientists‟, 11, p.331 -1955].

3.10 Wiskundig-onmoontlik. Gelukkig is mutasies skaars ... hulle vind plaas

(gemiddeld) so eenmaal elke 10 miljoen dupliserings van 'n DNS-molekuul, m.a.w.

1/10 000 000 keer.

Suksesvolle 'mutasie-evolusie' sou beteken dat 'n hele reeks van naby-verwante en

gekoppelde mutasies almal gelyktydig in dieselfde organisme sou moes plaasvind. Maar, die kans dat ons (i) twee mutasies wat op die een of ander manier aan mekaar

verwant kon wees, te kry, is 1 uit 1 x 1014 (1 gevolg deur 14 nulle), en wat gaan

twee mutasies vermag? (ii) Die kans vir drie mutasies in 'n ry is 1 uit 1 x 1021 (1

gevolg deur 21 nulle). (iii) Die kans vir vier mutasies in 'n ry is 1 uit 1 x 1028 (1

gevolg deur 28 nulle).

Ons hele planeet beskik nie eers oor genoeg organismes om hierdie droom wáár te laat word nie! En selfs dan, wat sal vier mutasies vermag? Vir die één spesie om spontaan in 'n ánder te transformeer, sou miljoene der miljoene harmonieuse,

voordelige karakter-eienskappe nodig wees. Boonop sou dit tegelykertyd vir beide die

manlike en vroulike eksemplaar van die betrokke spesie moes gebeur (m.a.w. 'n dubbele wonderwerk!), anders hoe sou so „n organisme dan kon voortplant?:

"Die getuienis dui daarop dat alle, of byna alle, bekende

mutasies sonder twyfel patológies en die klompie wat

oorbly, onder hoë verdenking is ... Alle mutasies blyk om die

aard van beserings aan te neem wat, tot 'n sekere mate,

die vrugbaarheid en werkbaarheid van die ge-affekteerde

Page 45: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 45

organisme te kortwiek." [C.P. Martin, 'A Non-Genetist Looks At

Evolution', in „American Scientist‟, p.103 -1953].

3.11 TYD is nie „n oplossing nie. Kan langer tyd Evolusie help om te gebeur?

Volgens die evolusioniste het dit 4,6 - 5 biljoen jaar geneem om alles op ons planeet

te maak, maar dit is maar gelykstaande aan 1 x 1017 sekondes (1 gevolg deur 17

nulle). Dink hieraan … die hele (bekende) Heelal bevat maar 1 x 1080

atoomdeeltjies, maar Julian Huxley, vermaarde evolusionis van die middel-20ste eeu,

het egter bereken dat dit 103000 veranderinge sou verg om slegs één perd d.m.v.

Evolusie te produseer. Dit is 1 gevolg deur 3000 nulle [Julian Huxley, 'Evolution In Action',

p.46].

"Die meeste mutasies, beide diegene voortspruitend uit

laboratoriums en daardie aangetref onder natuurlike

populasies, veroorsaak 'n afname in funksionaliteit,

oorerflikheidsiektes en monstrositeite. Sulke veranderinge

kan beswaarlik dien as evolusionêre boublokke." [T.

Dobzhansky, 'Genetics And The Origing Of Species', p.73 - 1955].

3.12 Gene-stabiliteit. Dit is juis die rariteit van mutasies wat gene-stabiliteit verseker! Dit is waarom die fossiele van antieke plante en diere steeds lyk soos die

plante en diere van vandag.

(a) "Mutasies gebeur selde. Meeste gene muteer slegs

eenmaal in 100 000 generasies of méér. Navorsers skat dat

'n menslike ‗geen‘ stabiel kan bly vir so lank as 2 500 000

jaar." [„World Book Encyclopaedia‟, 1966].

(b) "Lewende dinge is geweldig divers in hul verskeie

vorms, maar is tog besonder konstant in 'n gegewe lyn van

afkoms: varke bly varke, en eikebome bly eikebome ... geslag

na geslag." [Edouard Kellenberger, 'The Genetic Control Of The Shape

Of A Virus', in „Scientific American‟, p.32 - Dec. 1966].

3.13 Mutasies is téén die Natuurwette. Michael Denton, die Australiese navorsings-genetikus, skryf:

"As komplekse rekenaar-programme nie deur lukraak-

meganismes verander kan word nie, sekerlik sal dieselfde

Page 46: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 46

beginsel dan ook mos geld vir die genétiese programme van

lewende organismes ... danksy watter vreemde soort vermoë

kan lewende organismes dan die wette van waarskynlikheid

omseil wat deur alle analoog (komplekse) stelsels

gehoorsaam word?" [Michael Denton, 'Evolution: A Theory In Crisis',

p.342 - 1985].

3.14 Sintropié … d.i. „n liggaam of orgaan is nutteloos totdat dit volmaak geformeer is en oombliklik kan werk! Hierdie beginsel (Sintropié) is voorgestel

deur die (tweekeer) Nobel-pryswenner Albert Szent-Gyorgyi (1937 en 1955). Sy Sintropié-Teorie lui dat dit vir organisme onmoontlik sal wees om selfs vir 'n oomblik

te oorleef ... tensy dit kompleet met al sy organe en funksies oombliklik kan werk. Organismes sou dus nie die luukse voorreg van „miljoene jare‟ gehad het om deur

„evolusionêre prosesse‟ te kon evoleer [„evolve‟] nie.

"Met hierdie teorie van Sintropié, bring Szent-Gyrgyi

(miskien nie doelbewus nie) na vore een van die sterkste

argumente vir Kreationisme [Spesiale Skepping] --- die feit

dat 'n liggaam of orgaan nutteloos is totdat dit volmaak

geformeer is ... " ['Albert Szent-Gyorgyi's Theory Of Syntropy', in „Up

With Creation‟, p.337 - 1978].

3.15 Onbeduidende veranderings beskadig nasate die meeste. Navorsers het oor dekades se navorsing ontdek dat die meeste mutasies „n onbeduidende effek op organismes het en dat sulke 'klein mutasies' (met klein-effekte) nie Evolusie kan

bewerkstellig nie. Ook het hulle ontdek dat 'klein mutasies' wat klein veranderings

bring reeds daardie mutasies is wat nasate beskadig ... 'groot mutasies' maak organismes dadelik dood:

"Mens sou miskien kon dink dat mutante wat slegs min

skade aanrig onbelangrik is, maar dit is nie wáár nie, want,

'n mutant wat baie skadelik is, veroorsaak gewoonlik vroëe

dood of seniliteit. Die mutante ‗geen‘ word dus so gou

uitgeskakel uit die populasie.

―Aangesien kleiner mutasies soveel skade in die

langtermyn kan aanrig as grotes, en meer gereeld voorkom,

volg dit dat meeste van die mutasie-veranderinge in 'n

populasie te wyte is aan die akkumulasie van klein

Page 47: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 47

veranderinge." [J.F. Crow, 'Genetic Effects Of Radiation', in „Bulletin of

Atomic Scientist‟, p.20 -Jan.1958].

3.16 Alles in één generasie. Honderde mutasies (mits almal positief is en almal saamwerk) sal nodig wees om 'n nuwe spesie te bewerkstellig, want dit sal alles in net één generasie moet gebeur:

"... Geen enkele mutasie of stel mutasies was al ooit só

groot dat dit 'n nuwe spesie kon begin binne 'n enkele

generasie of nasate." [Mark A. Hall & Milton S. Lesser, 'Review Text

In Biology', p.363 - 1966].

3.17 Onbeduidende resultate. Enersyds is mutasies dodelik en nadelig, maar andersyds verander die mutasies net kleiner eienskappe en is die verlangde resultate in elk geval onbeduidend.

"Die mutasies waarmee ons bekend is en wat

verantwoordelik is vir die skepping van die lewende wêreld

is, in die algemeen, óf organiese deprivasies en

tekortkominge óf die verdubbeling van reedsbestaande

organe.

―In elk geval, dit produseer nooit enigiets regtig nuut of

oorspronklik in die organiese skema nie, altans niks wat

mens sou kon beskou as 'n basis vir 'n nuwe orgaan of die

begin van 'n nuwe funksie nie." [Jean Rostand, 'The Orion Book Of

Evolution', p.79 - 1961].

3.18 Organisme-trekke [karakter-eienskappe] is interafhanklik. Dit wat één

trek in 'n organisme affekteer sal waarskynlik baie ánder affekteer. Alle trekke eie aan 'n organisme sal almal gelyktydig, in die nuwe gewysigde vorm, teenwoordig

moet wees om 'n nuwe spesie te vorm:

"Elke mutasie wat alleen opduik sal uitgewis word voor

dit nog met ander sou kon kombineer. Hulle is

interafhanklik. Die leerstelling dat hulle bymekaarkom te

wyte was aan 'n reeks van blinde toevallighede is 'n

belediging, nie net vir gesonde verstand nie, maar ook vir

die basiese beginsels van wetenskaplike verklaring." [A.

Koestler, 'The Ghost In The Machine', p.129 - 1975].

Page 48: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 48

3.19 Te veel faktore om in ag te neem. Wiskundige-waarskynlikhede maak mutasie-evolusie in spesies onmoontlik:

"Gebaseer op waarskynlikheids-faktore, kan enige

werkbare DNS-string met meer as 84 nukleotides, nie die

resultaat van deurmekaar-mutasies wees nie. Op daardie

stadium is die waarskynlikheid 1 uit 480 x 1050. So 'n getal

lees (uitgeskryf) soos volg: 1/480 000 000 000 000 000

000 000 000 000 000 000 000 000 000 000 000.

―Wiskundiges is eenstemmig dat enige gegewe getal

groter as 1050 statisties geen kans het om op versoek op te

kom nie ... " [L.L. Cohen, 'Darwin Was Wrong', p.205 - 1984].

3.20 Reproduktiewe-kanse is laag. Mutasie-veranderinge vind baie meer ongereeld plaas in die reproduktiewe selle as in selle in die res van die liggaam. Slegs

mutasie-veranderinge in die manlike of vroulike selle kan toekomstige generasies affekteer:

"Die mutasie-koerse vir somatiese (liggaams-) selle is baie

hoër as die koerse vir gametiese (reproduktiewe-) selle." ['Biological Mechanisms Underlying The Aging Process', in „Science‟,

p.694, Aug.23, 1963].

3.21 Evolusie vereis toenemende kompleksiteit. Evolusioniste leer dat Evolusie slegs opwaarts kan beur na méér-komplekse organismes, en dat dit nooit weer kan

terugkeer na vorige [eenvoudiger] vorms nie. Mutasies, in teenstelling egter, breek af, disorganiseer, verkrummel, verwar en vernietig:

"Met bestralings en mutasies is dit soos om 'n

motorvoertuig met 'n geweer te peper en te verwag om

sodoende 'n beter voertuig met gevorderde werkverrigting

te skep … " [Lester McCann, 'Blowing The Whistle On Darwinism', p.51

-1986].

3.22 Evolusie vereis nuwe inligting. Nuwe informasie-banke sal gevestig moet word vir nuwe organismes om te vorm deur mutasie-veranderinge. Mutasies sal egter

nie daardie inligting kan verskaf nie:

"As Evolusie móét plaasvind ... sal lewende dinge in staat

moet wees om nuwe inligting te bekom, of om hul

Page 49: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 49

gestoorde inligting te wysig." [George Gaylord Simpson, 'The Non-

Prevalence Of Humanoids', in Science, 143, p.772"

3.23 Evolusie vereis nuwe organe. Mutasie-veranderinge in 'n organisme is van weinig nut indien dit nie die vestiging van nuwe organe, wat biljoene mutasie-faktore sou vereis, beteken nie:

" ... Mendeliaanse-mutasies gaan net oor veranderinge in

bestaande karakters ... Geen eksperiment het nog tot dusver

bewyse vir splinternuwe, funksionele organe gelewer nie. En

tog is dit die verskyning van nuwe karakters in organismes

wat die grense van die belangrikste stappe in die

evolusionêre skaal afbaken." [H.G. Cannon, 'The Evolution Of Living

Things', p.87 -1958].

3.24 Evolusie vereis ingewikkelde netwerke. Elke struktuur of orgaan in die organisme is gekoppel aan die ander, soms duisende ander ('netwerking'). Die niere

(bv.) is gekoppel aan die bloedsomloopstelsel; die senuwee-stelsel; die endokriene-stelsel; die spysverteringstelsel ens. Elke mutasie wat plaasvind sal so multiskakel-

netwerk beskadig, en daarom is mutasies altyd nadelig vir 'n organisme.

3.25 Sigbare en onsigbare mutasies. Volgens Winchester is daar, vir elke

sigbare mutasie, twintig (20) ander onsigbare mutasies wat fataal is!

"Fatale mutasies oortref sigbare mutasies 20 teen 1.

Mutasies met klein skadelike-gevolge, d.w.s. die nadelige

mutasies, is selfs meer volop as die fatale mutasies." [A.M.

Winchester, 'Genetics', 5th Edition, p.356 - 1977].

3.26 Die násaat is nooit 'n verbetering op die vóórsaat nie. Nooit sal die gemuteerde-nasaat sterker as die voorsaat (ouer) wees nie:

"Daar bestaan geen geval waar bewys kan word dat enige

van die mutante wat bestudeer was sterker as die moeder-

spesie was nie ... dit is m.a.w. absoluut onmoontlik om 'n

huidige evolusie op mutasies of rekombinasies te bou." [N.

Herbert Nilsson, 'Synthetische Artbildung' ('Synthetic Speciation'),

p.1157 - 1953].

3.27 Mutasies bewerkstellig nooit verandering van spesie nie. Nog nooit in die geskiedenis is 'nuwe' organe ('wat nou net in 'n organisme verskyn het'), opgemerk nie:

Page 50: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 50

"Maak nie saak hoe baie hulle is nie, mutasies produseer

geen evolusie van enige aard ookal nie." [Pierre Paul Grasse,

'Evolution Of Living Organisms', p.88 -1977].

"Dit is wáár dat niemand tot dusver al 'n nuwe spesie of

genus geproduseer het deur makro-mutasie nie; dit is ook

wáár dat niemand al 'n spesie geproduseer het deur mikro-

mutasie nie." [Richard B. Goldschmidt, 'Evolution, As Viewed By One

Geneticist', „American Scientist‟, p.94 - Jan.1952].

3.28 Die uniekheid van gene verbied spesie-veranderings. Daar is miljoene faktore wat die één spesies verskillend van 'n ánder maak. Die DNS-sekerheidskode ('firewall') wat oorbrug moet word is ontsettend groot:

"Indien lewe regtig afhang van die feit dat elke ‗geen‘ so

uniek is (soos dit lyk hulle is) dan is hulle te uniek om te

ontstaan deur middel van toevallige mutasies." [Frank B.

Salisbury, 'Natural Selection And The Complexity Of The Gene', „Nature‟,

p.342 -Oct.25, 1969].

Bibliografie.

Vance Ferrell BA,MA,BD: 'Science vs. Evolution', & 'The Evolution Handbook', Evolution Facts Inc.

(2001.

Page 51: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 51

SSPPOONNTTAANNEE GGEENNEERRAASSIIEE::

IISS DDIITT WWIISSKKUUNNDDIIGG

MMOOOONNTTLLIIKK??

1. DIE WISTAR SIMPOSIUM.

1.1 Die Wistar Simposium. Tydens die 1966 Wistar Simposium in die VSA het die wiskundiges die evolusioniste duidelik laat verstaan dat „Evolusie‟ geensins wiskundig

haalbaar is nie. Die ontdekking van DNS ('DNA') het ook nog gedien om „Evolusie‟ as 'n wetenskapsteorie verder te diskwalifiseer, aangesien die ingewikkelde DNS-kode

van organismes deur 'n biológiese sekerheidsmeganisme ('firewall') beskerm word teen enige moontlikheid van 'Evolusie' oor spesies heen.

1.2 Langer TYD help nie. Langer tyd kan nog steeds nie die onmoontlike laat gebeur nie, selfs al laat mens biljoene jare daarvoor toe. Aanhoudende „probeerslae‟ oor tyd heen (sal enige goeie wiskundige of gesoute dobbelaar jou vertel) verswak

inteendeel kanse op sukses. Die Natuurwette wat statistiese waarskynlikhede dryf is

m.a.w. ge-programmeer om téén „Evolusie‟, en nie sáám met dit nie, te werk.

2. SOMMIGE FLATERS EN FLOPS VAN „EVOLUSIE‟.

◊ ‘Archaeopteryx’:

Vervalsing! (Die kastige fossiel van 'n kruising tussen 'n reptiel en 'n voël is in 1985 deur ses van die prominentste en mees-geloofwaardige wetenskaplikes in Engeland, onder leiding van astrofisikus Sir Fred Hoyle, uitgewys as 'n

vervalsing. Archaeopteryx word nogtans vandag nog [in sekere teksboeke, ensiklopediēe ens.] deur evolusioniste voorgehou as „n geldige fossiel-bewys vir

„Evolusie‟, ten spyte van bovermelde 1985-uitslag [Hulle het daardie bevindinge

net eenvoudig geïgnoreer en hoop blykbaar dat die publiek niks sal agterkom nie].

◊ ‘Neandertal-Mens‟:

Wanvoorstelling! (Neandertal-Mens was waarskynlik maar net 'n gewone mens wat ontsaglik oud geword het en aan tipiese chroniese Vitamien D-gebreksiektes

gely het. Hy het moontlik gely aan kwale soos bv. diabetes, arthritis en ragitis).

Page 52: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 52

◊ „Java-Mens‟:

Wanvoorstelling! (Gibboen-Aap).

◊ „Nebraska Mens‟:

Wanvoorstelling! (Vark se tand).

◊ „Orce-Mens‟:

Wanvoorstelling! (Donkie se skedel. Die evolusioniste is nou al so desperaat dat hulle al skoon (i) donkie-skedels gebruik om te bewys dat (ii) mens-skedels van

(iii) aap-skedels af kom!).

◊ „Peking-Mens‟:

Wanvoorstelling! (Gewone mens).

◊ „Piltdown-Mens‟:

Vervalsing!

◊ „Mev. Ples‟ & „Taung-Mens‟ (Australopithecines):

Wanvoorstellings! (Ape).

◊ „Lucy‟:

Wanvoorstelling! (Pigmee-sjimpansee).

◊ „Nutcracker-Mens‟:

Wanvoorstelling! (Aap).

◊ „Coelacanth’:

Mistasting! (Hierdie '70 miljoen jaar' oue 'indeks-fossiel' word vandag nog lewendig aangetref. Die evolusioniste probeer despe-raat om hierdie wetenskaps-verleentheid te oorbrug deur dit baie ge-rieflik „n „lewendige-fossiel‟

[„living fossil‟] te noem. Dink bietjie mooi na: Wat op Aarde is „n „lewendige-

fossiel‟?).

◊ „Perd-Evolusie Diagram‟:

Wilde spekulasie! („Van-klein nag-groot-perd-evolusie‟]. Word verwerp deur die meeste evolusioniste self).

Page 53: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 53

◊ 'Eugenics':

Mistasting! (Hitler se filosofié en eksperimente oor die meerderwaardigheid van

die 'ariese rasse' [danksy „Evolusie‟] het klaaglik misluk. Waar is Hitler en sy Nazis vandag? Hoekom het die Nazis [die sogenaamde „fiksste‟ en

„meerderwaardige ras‟] nie hul vyande [die „minderwaardige rasse‟] „oor-leef‟ nie?

◊ „Rhodesië-Mens‟:

Wanvoorstelling! (Gewone mens).

◊ „Embrio-ooreenkomste tussen mense en diere‟:

Vervalsing! (Ernst Haeckel se bedrog oor die sogenaamde merkwaardige

ooreenkomste tussen die embrios van mense en diere het gelei tot sy skorsing uit die Universiteit van Jena [Duitsland]).

◊ „Mutásies‟:

Wilde spekulasie! (Die Hirosjima-, Nagasaki- en Chernobyl-rampe het bewys dat mutásies altyd nadelig en/of fataal is en dat dit nie kan lei tot biológiese

progressie in die Natuur nie. Daar bestaan nie soiets soos 'voordelige' mutásies nie).

◊ „Gepunktueerde Ekwilibrium‟:

Wilde spekulasie! (Die grootste wetenskapfiksie-snert ooit, nl. 'n padda lê 'n eier en 'n vissie broei uit, of 'n reptiel lê 'n eier en 'n voëltjie broei uit). Niemand het

nog ooit soiets sien gebeur nie. Dit staan ook bekend onder evolusioniste as die 'Hoopvolle Monster-teorie' [hoop maar voort manne].

◊ „Die Oorerwing van „Verworwe Karaktereienskappe‟:

Wilde spekulasie! (Dit beteken dat 'n toeskouer sy nek kan langer maak deur dit gereeld by die rugby te gaan rek; of 'n kok kan haar arms langer maak deur dit

gedurig in die kombuis te rek wanneer sy die boonste blik op die rak probeer bykom [Hulle elmboë sleep gewoonlik naderhand agterna op die grond]).

◊ „Tuatara‟:

Mistasting! (Reptiel uitgestorwe vir '135 miljoen jaar' ... word lewendig

aangetref vandag).

◊ „Orgueil-Meteoriet‟:

Vervalsing! (Meteoriet vanaf die buitenste ruimtes kastig met 'mikrobes' in).

Page 54: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 54

◊ „Neopilina‟:

Mistasting! (Gesegmenteerde diepsee-mollusk het kastig uigesterf '500 miljoen

jaar gelede' ... word lewendig aangetref vandag).

◊ „Nebulêre-hipotése‟:

Wilde spekulasie! (Hierdie hipotése, oorspronklik deur Emmanuel Swedenborg en

waarop so baie sterrekundiges ens. steeds vandag hulle wetenskaps-teoriëe bou, is glo deur die „geeste van afgestorwenes‟ aan Swedenborg tydens 'n seánce

geopenbaar (!). Dis nou vir jou „wetenskaplik‟.

◊ „Lingula‟:

Mistasting! (Hierdie „brachiopod‟-skulpvis was kastig uitgesterf sedert die

Ordovician-periode vir '500 miljoen jaar', maar word lewendig aangetref

vandag).

◊ „Metasequoia-boom‟:

Mistasting! (Hierdie 'Dawn Redwood'-boom was kastig uitgesterf sedert die

Miocene-periode en 'nie gevind in strata vir die afgelope '135 miljoen jaar', maar

dit is nog spring-lewendig vandag).

3. 'SPONTANE GENERASIE' (EVOLUSIE): IS DIT WISKUNDIG MOONTLIK?

3.1 Interessante statistiek. Hier volg 'n klompie interessante statistiek net om

perspektief vir u te probeer skep:

Hare op die gemiddelde mens se kop: 2 x 106S

Sekondes in 'n jaar: 3 x 107

Ouderdom 65 in sekondes: 2 x 109

Wêreldpopulasie (2001): 5 x 109

Kilometer in 'n ligjaar: 9,6 x 1010

Aantal sandkorreltjies op alle strande van die planeet: 1022

Aantal Waargenome sterre: 1022

Aantal Waterdruppels in al die oseane: 1026

Aantal elektrone in die (bekende) Heelal: 1080

Kerskrag van die Son: 3 x 1027

Aantal sekondes in 10 Biljoen Jaar: 1018

Page 55: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 55

Die Aarde Se Massa in onse: 1026

Diameter van die (sigbare) Heelal in sentimeter: 2,54 x 1028

Vergelyk nou die bovermelde syfers [wiskundige waarskynlikhede] met die kanse

dat „Evolusie‟ spontaan sal plaasvind in die voorbeelde genoem hieronder.

3.2 'n Medium-proteïn. Die aantal moontlike kode-kombinasies vir 'n gemiddelde

DNS-molekule in 'n medium-proteïn is 10602. Vergelyk hierdie astronomiese syfer

met die statistiek hierbo en let op die enorme sprong wat ons intussen wiskundig moes maak. Hoe kan toevallige-, lukraak-aksie die regte kombinasie uitkies tussen

soveel kanse vir foute? Onthou, 10602 is die syfer 1 gevolg deur 602 nulle [Frank Salisbury,

'Doubts About The Modern Synthetic Theory Of Evolution', pp.336-338, „American Biology Teacher‟, Sept.1971).

3.3 Goley se Masjien. Die kommunikasie-ingenieur, Marcel Goley, het die kanse

probeer vasstel om 'n nie-lewende organisme (in hierdie geval 'n masjien) met min

bewegende-dele (slegs 1500) na 'n punt te bring waar dit ditself kon reproduseer.

Die aanname was dat al die dele binne die bereik van die masjien se arms naby die

masjien sou rondlê, met 'n 50-50 kans vir die „suksesvolle-raakvat‟ van die regte

onderdeel.

So 'n ratio (1500 x 50-50 keuses) sou onmoontlik wees vir die toeval om te

produseer. Goley se bevinding was dat daar slegs 1 kans uit 10450 bestaan het vir

die masjien om ditself te reproduseer.

Vergelyk hierdie kans (1 uit 10450) nou met die aantal woorde wat ooit in alle

boeke op ons planeet (teen 2001) gepubliseer is, nl. 1020. Dit (1020) verteenwoordig

maar 66 van die 1500 korrekte keuses wat die masjien agtermekaar in 'n ry moes

maak om in sy doel te kon slaag [Marcel J.E. Goley, 'Reflections Of A Communications Engineer

In Analytical Chemistry', P.23, Jun.1961).

3.4 Te véél Nukleotide. Daar is 5375 nukleotides in die DNS van 'n baie klein

enkelsel-bakteriële virus (theta-x-174), omtrent 3 miljoen nukleotides in 'n enkelsel-

bakterium, meer as 16 000 nukleotides in 'n menslike mitochondriale DNS-molekule

en omtrent 3 biljoen nukleotides in die DNS van 'n soogdiersel (mense en diere is,

volgens evolusioniste, 'soogdiere').

Elkeen van al die nukleotides in elke DNS is in 'n sekere volgorde gerangskik ... 3

biljoen inge-wikkelde chemiese verbindings almal in die presiese volgorde. Dit is

hopeloos te véél vir die toeval om dit te kon reël.

Page 56: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 56

3.5 Die DNS-string. Enige haalbare DNS-string met 84 nukleotides kon nie die

resultaat van lukraak-mutasies wees nie. Die kanse hier is 1 uit 4,8 x 1050. So lyk

die getal volledig uitgeskrywe: 1/480 000 000 000 000 000 000 000 000 000

000 000 000 000 000 000 000.

Indien ons in ag neem dat die enkelsel-bakterium ongeveer oor 3 miljoen

nukleotides (in 'n spesifieke volgorde) beskik, bestaan daar geen wiskundige kanse

vir enige spesies om die resultaat van toeval te kon gewees het nie [L.L. Cohen, 'Darwin

Was Wrong', P.205, 1984].

3.6 Wysong Se Berekening. Wysong het 'n berekening gemaak van die vereistes wat nodig sou wees om slegs één DNS-molekule te kodeer. Dit sluit in (i) die uitsoek van geskikte proteïne, almal Linkshandig; (ii) die rangskikking

daarvan in die regte volgorde; en (iii) alles moet toevallig gebeur.

"Dit beteken 1 uit 1089190 DNS-molekules, gemiddeld, moet

gevorm word om die één kans, vir die formering van die

spesifieke DNS-volgorde wat benodig word om 124 proteïne te

kodeer, te skep. Die hoeveelheid van 1089190 DNS-molekules sal

1089147 meer weeg as die Aarde self, en sal die Heelal

waarskynlik verskeie kere vul. Daar word geskat dat die totale

hoeveelheid DNS wat benodig word om 100 biljoen mense mee

te kodeer in 'n 1/2-aspirien-tablet gestoor kan word.

―Sekerlik sal 1089147 keer die gewig van die Aarde beteken dat

die kanse vir één DNS-molekule om toevallig te kon vorm maar

uiters skraal wees. Hierdie kolossale hoeveelheid DNS kon nooit

toevallig gevorm het nie." [R.L. Wysong, 'The Creation-Evolution

Controversy', p.115].

Om hierdie enorme statistiese 'onwaarskynlikhede' te omseil, kom Peter Mora toe, namens die evolusioniste, met hierdie on-gelooflike (naïewe?) stelling:

''Wanneer, vir praktiese doeleindes, die kondisies van oneindige

tyd en materié ingeroep moet word [om Evolusie te laat slaag]

word die konsep van waarskynlikheid [die moontlikheid vir die

plaasvind daarvan] uitgekanselleer. Deur middel van sulke logika

kan ons enigiets bewys, soos bv. maak nie saak hoe kompleks ...

alles sal ditself herhaal, presies en in ontelbare hoeveelhede." [P.T.

Mora, 'The Folly Of Probability' in 'S.W. Fox (ed.), 'The Origins Of

Prebiological Systems And Of Their Molecular Matrices', p.45, -1965].

Page 57: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 57

3.7 Gesintetiseerde-proteïne. Die kanse om gesintetiseerde, linkshandige aminosure per on-geluk vir één klein proteïn-molekule te kry ('n voorvereiste vir

lewe) is 1 uit 10210. Volgens die wiskundiges moet 'n persoon biljoene kere die

afstand van 2,54 x 1028 sentimeters vir die bekende Heelal heen-en-weer stap

voordat hy ooit so gelukkig sal wees om net één behoorlik-gerangskikte, linkshandige

amino suur-proteïn in die regte volgorde te kan kry ... toevallig.

Die enigste wyse waarop navorsers gesintetiseerde aminosure kan produseer is uit die lewende liggame van lewende organismes. Hou in gedagte dat die moontlike

rangskikkings vir die 20 essensiële aminosure is 2,5 x 1017. Die kanse vir 'spontane

generasie' is dus feitlik zero.

3.8 Die kanse om proteïne toevallig te maak. Die kanse om 124 spesifiek-

gerangskikte proteïne, bestaande uit 400 aminosure elk, toevallig te maak is 1 uit

1064489. (Net om u 'n idee te gee van die omvang van hierdie syfer ... dit sal 64

bladsye met 1000 nulle op elke bladsy neem om hierdie enkele getal op papier neer

te skrywe). Die kanse dat die 'spontane, toevallige skeppings-wonderwerk' hierbo genoem per ongeluk sal gebeur kan ook soos volg verduidelik word:

Indien elke molekule in al die oseane van 1031 planete net soos die Aarde elk 'n

aminosuur was, en hulle elkeen sou begin saambind in stelle van 124 proteïne elke

sekonde vir 10 biljoen jaar lank, sal die kans vir sukses 1 uit 1078436 wees ... dit is

die syfer 1 gevolg deur 78 436 nulle! (L.W. In die wiskunde-wêreld word sulke

onwaarskynlikhede as onmoontlikhede beskou).

3.9 Sir Fred Hoyle en ensieme. Volgens Sir Fred Hoyle (Britse astrofisikus) is daar

2000 ver-skillende en baie komplekse ensieme wat vereis word vir lewende

organismes om te kan bestaan, en toevallige prosesse in die Natuur sou dit nie eers

binne 20 biljoen jaar kon regkry nie!

Hy kla o.a.:

"Evolusionêre teoretiseerders glo in wiskunde-wonderwerke." [Fred

Hoyle, 'The Big Bang In Astronomy', in „New Scientist‟, pp.521-527,

Nov.19, 1981].

3.10 G.R. Taylor se „Hoender-En-Eier‟ situasie. Hy skryf:

"Die fundamentele beswaar teen al hierdie (Evolusionêre)

teoriëe is dat dit vra dat mens jou aan jou eie skoenrieme optel.

Jy kan nie proteïne maak sonder DNS nie, maar jy kan nie DNS

Page 58: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 58

maak sonder ensieme nie ... en ensieme is proteïne. Dit is 'n

hoender-en-eier situasie." [G.R. Taylor, 'Great Evolution Mystery',

p.201 -1983].

3.11 Die Dixon-Webb berekening.

(a) Om één protein-molekule te maak. Malcolm Dixon en Edwin Webb het bereken dat, om aminosure naby genoeg aan mekaar te kry om 'n enkele

proteïn-molekule te vorm, die totale volume van 'n aminosuur-oplossing

gelykstaande aan 1050 keer die volume van die Aarde daarvoor nodig sou wees.

Dit is byna net soos om die getal 1 gevolg deur 50 nulle te vermenigvuldig

met die inhoud van 'n slaaibak só groot dat die Aarde daarin sou kon pas. Die

probleem is kortliks dit:

Mens kan nie (bv. in 'n laboratorium) „LEWE‟ skep sonder proteïne [aminosure] nie;

Mens kan nie proteine [aminosure] maak sonder DNS nie; Mens kan nie DNS maak sonder ensieme nie; en Mens kan nie ensieme maak sonder proteïne [aminosure] nie ... 'n skaakmat-

situasie.

(b) Om één hemoglobien-bloedmolekuul te maak. Nadat een proteïn-molekuul 'beskikbaar' geword het, sal die volgende stappe nodig wees om een

hemoglobien-bloedmolekuul, wat 574 verskillend-gekodeerde aminosure bevat,

te maak:

Eerstens sal „n groot aantal van lukraak-hoeveelhede van al die 20 basiese tipes

proteïn-molekules benodig word;

Die aantal lukraak proteïn-molekules wat benodig word sal groot genoeg moet

wees om 'n volume 10512 keer die grootte van ons (bekende) Heelal te vul, solied

gepak met proteïn-molekules; Hierdie magdom van proteïn-molekules mag uit slegs linkshandige aminosure

(wat slegs 50% van die tyd voorkom in die sintetiese laboratorium-produksie daarvan) bestaan. Slegs dan sou toeval daardie regte kombinasie vir die

produksie van slegs een hemoglobien-bloed-molekule kon sorg, wat nie noodwendig sal lewe nie.

3.12 Die mens se brein. Die mens se brein beskik oor 10 biljoen geïntegreerde selle

in die serebrale-kórteks. Hoe kon dit alles per ongeluk en toevallig gebeur het, om nie eers van die kompleksiteit van hormoon-produksie te praat nie? En, net een kyk na

die menslike oog sal dadelik laat blyk ... „Evolusie‟ is onmoontlik.

3.13 Wat van mutásies? Die enigste werklike basis vir Evolusie, volgens evolusie-wetenskaplikes, is geleidelike verbeterings in die genétiese kode deur middel van

Page 59: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 59

voordelige mutásies. Maar, ondervinding het gewys dat mutásies altyd nadelig en dikwels fataal is.

Trouens, daar bestaan nie soiets soos 'voordelige mutásies' in die Natuur nie. Die

kanse dat slegs één mutásie voordelig kon wees en die DNS kon verbeter is 1 uit

101000 (m.a.w. 1 gevolg deur 1000 nulle).

„Evolusie‟ verg waarskynlikhede wat totaal uit voeling met die realiteit is, en mens moet blykbaar ligjare-méér geloof hê om in „Evolusie‟ te kan glo as in die

wonderwerke van die Bybel.

3.14 Sal genoeg TYD help?

(a) Vance Ferrell BA., MA., BD. skryf:

―Die punt is dat TYD nooit in die guns sal werk van iets wat

nie kan gebeur nie. Kan TYD klippe in ratels verander; seewater

in kalkoene; of sand in visse? Kan TYD menslike hormone ontdek;

die teleskopiese oog van die arend maak; of reël dat die Maan om

die Aarde wentel? Die waarheid is dat, hoe langer die TYD, hoe

groter die verderf, en hoe minder die kans dat Evolusie sal

plaasvind.‖ (Vance Ferrell BA, MA, BD: 'Science vs. Evolution', p.162).

(b) Pitman skryf:

"Tyd is van geen nut nie. Biomolekules buite 'n lewende stelsel

is geneig om te degradeer [verderf] met tyd, en nie om vooruit

te gaan nie. In die meeste gevalle sal dit net 'n paar dae hou.

Tyd is geneig om komplekse stelsels áf te breek. Indien 'n groot

'woord' (bv. 'n proteïn) of selfs 'n paragraaf d.m.v. die toeval

gegenereer sou word, sal tyd intree en dit begin afbreek. Hoe

méér tyd jy toelaat, hoe minder sal die kanse wees om die

chemiese maalstroom van materié te oorleef.‖ [Michael Pitman,

'Adam And Evolution', p.233 - 1984].

3.15 Bakterië bewys „Evolusie‟ as vals. Onder gunstige omstandighede kan

bakteriële selle (bv. Escherichia coli) elke 20 minute verdeel. Daarna begin hulle

nasate reproduseer. Teoréties kan één sel 1020 selle per dag produseer. Hierdie

bakterium en sy 'populasie-aanwas' word al méér as 'n eeu lank deur deskundiges

Page 60: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 60

bestudeer, wat gelykstaande sou wees aan 'n studie van die populasie-aanwas van mense oor miljoene jare.

Tog het niemand nog ooit gesien of gerapporteer dat 'n bakterium in daardie tyd in

iets anders verander het nie. Hierdie bakterium het omtrent 5000 géne in sy een

enkele chromosoom. Hierdie één chromosoom is 'n kombinasie-slot met 'n miljoen eenhede, gerangskik in 'n spesifieke volgorde. Elkeen van hierdie miljoen-eenhede

bestaan uit 3 sub-eenhede (A-C-C, G-T-A ens.). Die moontlike kombinasies vir

hierdie één chromosoom is m.a.w. legio. Toeval sou dit nie kon reël nie.

3.16 Raamverskuiwing. Nog 'n eenvoudiger skepseltjie as bogenoemde is die theta-x-174 virus. Dit is só klein dat dit nie eers oor genoeg DNS-inligting beskik om die

proteïn vir sy eie membraantjie te kan produseer nie. Die verslae navorsers het ontdek dat hierdie klein gedagtelose skepseltjie, vir daardie broodnodige protein, tot

1000 maal op een dag deur middel van raamverskuiwing ('frame-shifting') kodeer,

m.a.w. 'n géne word vanaf die eerste DNS-basis gelees om die proteïne te produseer,

soos volg:

"Probeer boodskappe skryf … boodskappe skryf op … skryf op hierdie … op hierdie

manier"

Dit is hoe die eenvoudigste van virusse sy DNS-kodering gebruik om sy proteïne te vervaardig. Het die virus hierdie tegniek (i) self uitgedink; het dit (ii) toevallig gebeur of het (iii) God dit geprogrammeer om dit so te kon doen? [Antwoord self die vraag].

Wally Gilbert, 'n Nobel-prys molekulêre biolóóg, het gesê:

"Bakteriëe en virusse beskik oor 'n meer ingewikkelde DNS-

kode lees-stelsel as die hoër vorms van lewe."

4. DIE SENTRALE DOGMA VAN FRANCIS CRICK.

4.1 Die ontdekking van DNS. Francis Crick, die mede-ontdekker van die struktuur van DNS, het 'n genétiese beginsel neergelê wat lees soos volg:

"Die oordrag van inligting vanaf nukleïnsuur na nukleïnsuur, of

vanaf nukleïnsuur na proteïne mag moontlik wees, maar oordrag

vanaf proteïne na proteïne, of proteïne na nukleïnsuur, is

onmoontlik." [Francis Crick, 'Central Dogma', Gekwoteer in Richard

Milner, „Encyclopedia Of Evolution‟, p.77 - 1990].

Page 61: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 61

4.2 Veranderinge in DNS-kodering? Wat dit alles beteken is dat één spesie nie in 'n ánder spesie kan verander nie. Slegs veranderinge in die DNS-kodering kan sulke

veranderinge produseer, niks anders nie. Francis Crick skryf verder:

" 'n Eerlike man, gewapen met al die kennis beskikbaar

vandag, kan maar net konstateer dat, op die een of ander

manier, die oorspronge van die lewe verskyn het op 'n oomblik

wat grens aan 'n wonderwerk, so menigvuldig is die kondisies

wat dit sou moes bevredig om aan die gang te kon kom." [Francis

Crick, 'Life Itself', p.88 - 1981].

Wat sê die BYBEL?

Rom.1:16 Want ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is ‘n krag van God tot redding vir elkeen wat glo,

eerste vir die Jood en ook vir die Griek. Rom.1:17 Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot

geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe.

Rom.1:18 Want die toorn van God word van die hemel af geopenbaar oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense

wat in ongeregtigheid die waarheid onderdruk,

Rom.1:19 omdat wat van God geken kan word, in hulle openbaar is, want God het dit aan hulle geopenbaar.

Rom.1:20 Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik

sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie;

Rom.1:21 omdat hulle, alhoewel hulle God geken het, Hom nie as God verheerlik of gedank het nie; maar hulle het dwaas geword

in hul oorlegginge, en hul onverstandige hart is verduister.

Rom.1:22 Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword Rom.1:23 en die heerlikheid van die onverganklike God

verander in die gelykvormigheid van die beeld van ‘n verganklike mens en van voëls en viervoetige en kruipende diere.

[Bybelgenootskap Van Suid-Afrika. ‘Die Bybel In Afrikaans’ – AOT – e-Sword].

Bibliografie.

1. Vance Ferrell, B.A.,M.A., B.D.: 'The Evolution Handbook' & 'Science vs. Evolution. Evolution

Facts, Inc. (2001). 2. Die Bybelgenootskap Van Suid-Afrika. „Die Bybel In Afrikaans‟ – AOT – e-Sword].

Page 62: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 62

‘‘NN TTWWEEEEGGEESSPPRREEKK OOOORR SSPPOONNTTAANNEE

GGEENNEERRAASSIIEE [[‘‘EEVVOOLLUUSSIIEE’’]]..

[DIE TWEEGESPREK: Charlie praat namens die evolusioniste () en Josua praat namens die skeppingsgesindes ()].

CHARLIE: “Josua, meeste mense sê dat dit 'n uitgemaakte saak is dat lewe in die

Heelal ontstaan het deur Evolusie.”

JOSUA: “Ek dink nie so nie, Charlie! Wat „meeste mense‟ glo maak nie noodwendig

„n saak wáár nie. Dit is wel wáár dat sommige evolusioniste in natuurlewe-

programme op bv. TV/DSTV te kere gaan ásof Evolusie sewe keer deur die

„Konstitusionele Hof‟ bekragtig is, maar dit is gladnie die geval nie. Die bekende

evolusionis, Sir Arthur Keith, het self ruiterlik erken:

―Evolusie is onbewese en onbewysbaar, maar die enigste

alternatief is Spesiale Skepping, en vir ons evolusioniste is

dit ondenkbaar.‖

Die evolusioniste wil m.a.w. nie die bestaan van GOD erken nie. Voorbeeld: In die

Natuur gebruik dus graag sulke terme soos 'aangepas ('adapted') vir spoed' (bv. die

Cheetah), omdat terme soos 'ontwerp vir spoed' 'n Ontwerper (GOD) sou vereis. Vir

Evolusioniste was die Darwiniaanse teorie oor Evolusie [1859] dus die ideale

geleentheid om [ideológies] van GOD en die Bybel ontslae te raak.

CHARLIE: “Maar het Stanley Miller dan nie in 1953 lewe in 'n laboratorium geskep

om „Evolusie‟ te bewys nie?”

JOSUA: “Inteendeel, niemand kon nog ooit lewe in 'n laboratorium skep nie. Lewe

kan net ontstaan uit lewe ... lewe kan nie ontstaan uit nie-lewe nie. Dit word genoem

biogénesis, m.a.w. slegs 'n lewende sel kan aanleiding gee tot 'n lewende sel.

Hierteenoor beweer die evolusioniste dat lewe kon ontstaan het uit nie-lewe. Dit

noem hulle biopoiesis of spontane generasie, om mense se aandag af te trek van die

(negatiewe?) term „Evolusie‟.

Page 63: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 63

“Stanley Miller het net 'n spul nuttelose, dooie links- en regshandige aminosure

geskep wat niks beteken het nie. In lewende organismes (bv. diere en mense) kom

meesal net linkshandige aminosure voor. Niemand kon nog ooit bruikbare, lewende

linkshandige aminosure eksklusief in 'n laboratorium skep nie. Die mens is, met al sy

slimmigheid, nie in staat om eers lewe in 'n pampoenpit te sit nie.”

CHARLIE: “Maar, ons sal moet erken dat, indien iemand dit wel in „n laboratorium

sou regkry, dit dan „n groot deurbraak vir Evolusie sou wees!

JOSUA: “Inteendeel, indien ék 'n evolusionis was, sou ek eerder hoop dat hulle dit

nie regkry nie, aangesien dit die evolusioniste in 'n allemintige verleentheid sou bring.

Die wetenskaplike wat ooit daarin sou slaag om lewe (in die ware sin van die woord)

in 'n laboratorium te skep, sou dan eintlik, by implikasie, die Evolusie-Teorie as vals

bewys. Kom ek verduidelik:

“Die rede daarvoor is dat, sou iemand bv. daarin slaag om linkshandige aminosure [„n

voorvereiste vir lewe] in 'n laboratorium te skep en die resultaat werklik as lewe gedefinieer

sou kon word, dit eintlik sou beteken dat die Skeppingsgesindes (Kreationiste ... mense wat

in Spesiale Skepping deur GOD glo) al die tyd rég was.

“Met ander woorde, dit sou dan weereens bevestig dat lewe slegs deur middel van

hoë intelligensie, astronomiese begrotings en beplanning, vernuf, kundigheid,

wysheid en kennis onder uiters eksklusiewe omstandighede (in miljoendollar-laboratoriums!) ge-skep kan word ... m.a.w. sónder die wetenskaplike met sy

geleerdheid en sy duur laboratoriumgeriewe sou niks kon gebeur het nie.

“Die resultaat waarmee hy dan sou spog sou nie per ongeluk, spontaan, toevallig en lukraak (m.a.w. deur 'Evolusie') kon ontstaan het nie. Lewe uit „n laboratorium sou

mos logies dui op Intelligente Ontwerp (deur „n intelligente navorser), iets waarteen die evolusioniste dan nou juis skop!

“Wanneer ons dus na die komplekse Heelal kyk en die prosesse waardeur dit moes ontstaan het en in stand gehou word, kan ons nie anders nie as om te erken dat God

die eksklusiewe Outeur, Uitvinder, Argitek, Fisikus, en Finansier daaragter is. Die Bybel sê:

‗Die goddelose, met sy neus in die hoogte, sê: Hy

ondersoek nie: daar is geen God nie - dit is al sy gedagtes!‘ (Ps. 10:4).

CHARLIE: “Maar jy moet erken dat die natuurwetenskappe sedert die bekendmaking van die Evolusie-Teorie deur Charles Darwin baie by Evolusie gebaat

het.”

Page 64: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 64

JOSUA: “Inteendeel het die natuurwetenskappe net mooi niks by Evolusie gebaat

nie. Trouens, indien die Evolusie-Teorie nooit op die toneel verskyn het nie, sou die natuurwetenskappe waarskynlik vandag 150 jaar verder gevorder gewees het as wat

tans die geval is.

“Niemand het Evolusie nodig gehad toe die drukpers, die stoom-lokomotief, die telegraaf, die binnebrand-enjin, elektrisiteit, die telefoon, die mikrogolf-oond, die

faks-masjien, die radio, die TV, die Internet, die „GPS‟, kougom en springmielies uitgevind is nie.

“Die Evolusie-Teorie is absoluut nutteloos vir die samelewing, en dit het tyd geword vir die evolusioniste om die akademiese naelstring van die Evolusie-toerie wat hulle

ideológies aan Darwin bind, te knip. L.L. Cohen skryf dan ook:

―Kom ons sny die naelstring wat ons vir so lank aan

Darwin gebind het ... dit is besig om ons te verwurg en

terug te hou.‖ ['L.L. Cohen. „Darwin Was Wrong: A Study In

Probabilities' (1985)].

“My persoonlike mening is dat die evolusioniste psigies en intellektueel bevry sal moet word van die sement-stewels van (die mite) van 'spontane generasie uit 'n primordiale sopmengsel biljoene jare gelede'. En ons sal hulle móét help ... hulle sal

dit nie sélf kan doen nie. Onthou, hulle wag vir Evolusie om tot hulle redding te kom,

ook ten opsigte van hulle Teorie … en dit gaan nie gebeur nie.”

CHARLIE: “Is Evolusie dan nie noodsaaklik vir ons sodat die samelewing en die mensdom progressief vorentoe en opwaarts kan vorder nie?”

JOSUA: “Inteendeel! Hoe verklaar jy byvoorbeeld dat, volgens sekere wetenskaplikes, ± 99% van al die diere-spesies wat ooit geleef het alreeds uitgesterf

het? Ons sit vandag, m.a.w., waarskynlik met slegs ±1% van die totale spektrum van spesies wat bestaan het in die tyd toe God die Wêreld gemaak het. Klink dit vir jou

na progressie, vooruitgang en vordering? Dit wil eerder voorkom asof alles besig is om ten gronde te gaan. Trouens, hulle sogenaamde 'Natuurlike Seleksie' is so

'suksesvol' dat daar een van die mooi dae niks gaan oorbly nie!

“Daarbenewens moet jy in gedagte hou dat alles in die verlede waaarskynlik groter

was en stelselmatig kleiner geword het ... vergelyk bv. die era van die dinosourusse met die diere van vandág; en die era van die reuse (Gen.6:4) en mense wat méér as

900 jaar oud geword het (Gen.5:27) met die mense van vandág ... klink dit vir jou soos progressie, vordering en vooruitgang? Dit wil eerder lyk asof die mensdom en die

diereryk progressief kleiner geword het, verswak het, agteruitgegaan en versleg het.

“Wees eerlik ... indien Evolusie wáár was en alles gedurig progressief verander, ontwikkel en vooruit (opwaarts) beur, waarom is die evolusioniste dan steeds

evolusioniste ... waarom verander ('evolve') en verbeter hulle nie op hulle uitgediende

Page 65: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 65

en ongeldige „Evolusie-Teorie‟ nie? En waarom verander die Wette Van Die Natuur (Fisika) nie?”

CHARLIE: “Toegegee, maar waarteen die evolusioniste beswaar maak is dat die Skeppingsgesindes altyd terugval na die standpunt dat Intelligente Ontwerp &

Beplanning by die ontstaan van die Heelal betrokke was … is dit nie bietjie naÏef om nog in die Bybelse Skeppingsverhaal te glo nie? Is dit nie maar net nog „n feëverhaal

met „n teologiese baadjie aan nie?”

JOSUA: “Kom ons toets jou stelling in die praktyk: Hoe begin „n feëverhaal nou

weer? ‗Lank, lank gelede …‖. En hoe begin die evolusionis gewoonlik sy storie?

‗Miljoene, miljoene jare gelede … ‗. “Dit lyk dus eerder of dit die Evolusie-Teorie is

wat die feëverhaal is hier, en nie die Bybel nie. Dis eintlik baie amusant … wanneer „n padda skielik in „n prins verander, word dit „n „feēverhaal‟ genoem; maar, wanneer „n

padda oor „miljoene jare‟ in „n prins verander, word dit „Evolusie-wetenskap‟ genoem! Ongelooflik!

“Wat meer is ... het jy al agtergekom hoe die evolusioniste beswaar maak teen Intelligente Ontwerp en Beplanning in die Skeppingsverhaal, maar hoeveel

Intelligente Ontwerp en Beplanning hulle terselftertyd self insit om die Evolusie-teorie te verdedig? Kyk net al die moeite wat hulle doen met die promovering en

verdediging van die Teorie ... toesprake; briewe aan koerante; artikels in akademiese tydskrifte; simposiums en konferensies; die insluiting van die Teorie in onderwys-

kurrikulums (skole en universiteite); akademiese-opleiding & -kwalifikasies; die aanbieding van TV-programme ens. As dit nie alles Intelligente Onwerp en

Beplanning is nie dan weet ek darem nie.

“Dink bietjie hieroor ná ... waarom het Evolusie, na 'n 'suksesverhaal' van '15

biljoen jaar' (die Heelal) en '4,6 biljoen jaar' (die Sonnestelsel), nou skielik 'n akademiese vroedvrou in die vorm van evolusioniste en paleontoloë nodig om die

Teorie te laat slaag ... waarom kan Moeder Evolusie nie haarsélf help nie?”

CHARLIE: “Maar het die fossiel-rekord nie alreeds Evolusie on-omstootlik 'bewys' nie? Is die fossiel-rekord nie die finale, onbetwisbare getuienis téén die Génesis-

Skeppingsverhaal nie?”

JOSUA: “Inteendeel, die fossiel-rekord bewys eerder dat die Bybel wáár is. Die fossiel-rekord was God se manier om die feit van 'n Bybelse Sondvloed in ± 2348 V.C. [„n skatting] vir ons geológies of paleontológies te dokumenteer.

“Die paleontolóóg is ma.w., ideologies een van die Christen se grootste vriende, want hy/sy is die persoon verantwoordelik vir die uitgrawing, klassifisering en

katalogussering van fossiele as prima facie-getuienis vir 'n katastrofiese vloed ongeveer 4357 jaar gelede ... 'n natuurramp wat die ganse diere- en planteryk

(vandag se fossiel-brandstof) onder miljoene tonne van sediment, in 'n kort tydjie, onder ontsaglike hoë druk begrawe het.

Page 66: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 66

“Vandag se olie- en petroleum-reserwes het waarskynlik ontstaan a.g.v. die fossilering (en masse) van mense en biljoene diere en seediere, en vandag se

steenkool-reserwes het waarskynlik ontstaan a.g.v. die fossilering (en masse) van die

planeet se woude, bome en plante.

“Fossilering vind nie meer vandag (en masse) plaas op die skaal soos wat dit destyds tydens die Sondvloed plaasgevind het nie. Wanneer diere vandag sterwe,

word hulle opgevreet of hulle verrot en disintegreer.

Die miljoen-dollar vraag: As Evolusie dan wáár is, waar is vandag se fossiel-

beddings-in-wording wat die toekoms se steenkool- en oliereserwes moet word?”

CHARLIE: “Ek verstaan nie … het „Archaeopteryx‟, die reptiel-na-voël fossiel, dan nie bewys dat die dinosourusse deur middel van Evolusie na voëls verander het nie?”

JOSUA: “Dit mag dalk as „n skok vir jou kom, maar Archaeopteryx was deel van die evolusioniste se Evolusie-bedrog. Hierdie 'fossiel' van 'n kastige kruising tussen 'n

reptiel en 'n voël, gevind in die Solnhofen-Plattenkalk van Franconia (Wes-Duitsland), was deur die Evolusioniste aangebied as 'bewys' van 'n oorgangstadium-fossiel tussen

reptiele en voëls ... geskat op '150 miljoen jaar' oud. Hier egter volg die feite

omtrent Archaeopteryx:

“In die Maart-Junie 1985 uitgawe van die British Journal Of Photography, is

Archaeopteryx as 'n fynbeplande vervalsing (―a carefully contrived hoax‖) beskryf

deur ses van die prominenste wetenskaplikes in Engeland, nl. Fred Hoyle, R.S. Watkins, N.C. Wickramasinghe, J. Watkins, R. Rabilizirov & L.M. Spencer.”

CHARLIE: “Maar daar is so baie ander bewyse … Neandertal-Mens; Java-Mens; Nebraska-Mens; Piltdown-Mens, om maar enkeles te noem! En wat van Lucy; Mev. Ples; Taung-Mens; Orce-Mens; Peking-Mens … jy kan tog nie stry teen al hierdie

wetenskaplike getuienis nie?”

JOSUA: “Mens moenie naïef wees nie … daar was baie vervalsings en wanvoorstellings onder die sogenaamde 'getuienis' wat die evolusioniste probeer aanbied het as bewyse vir Evolusie, bv. :

Archaeopteryx: Vervalsing!

Neandertal-Mens: Wanvoorstelling! (Neandertal Mens was waarskynlik

maar net 'n gewone mens wat ontsaglik oud geword het en aan tipiese chroniese Vitamien D-gebreksiektes gely het. Hy het moontlik gely aan bv. diabetes,

arthritis en ragitis).

Java-Mens: Wanvoorstelling! (Gibboen Aap)

Nebraska-Mens: Wanvoorstelling! (Vark Se Tand)

Page 67: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 67

Orce-Mens: Wanvoorstelling! (Donkie Se Skedel)

Peking-Mens: Wanvoorstelling! (Gewone Mens)

Piltdown-Mens: Vervalsing!

Mev. Ples & Taung-Mens: Wanvoorstellings! (Ape)

Lucy: Wanvoorstelling! (Pigmee-sjimpansee)

Coelacanth: Wanvoorstelling! (Hierdie '70 miljoen jaar' oue 'indeks-fossiel' word vandag nog lewendig aangetref).”

CHARLIE: “Nietemin is die fossiel-rekord baie ryk. Watter verskil gaan „n paar vervalsings en wanvoorstellings nou aan die globale saak maak?”

JOSUA: “Dit is juis die punt. Die ryk fossiel-rekord getuig van die Sondvloed in ± 2348 V.C., en nie van Evolusie nie. Gaan maak 'n studie van die fossiel-rekord en kyk dan, deur die volgende vrae te vra, hoe die fossiel-rekord die Bybel in werklikheid as

eg bewys en Evolusie as „n leuen.

“M.a.w., indien die Sondvloed die sedimentêre rots-strata waarin fossiele vandag gevind word, veroorsaak het en mense daardie rots-strata vandag sou ondersoek, sou mens dan die volgende kon verwag om te vind [sien die vir antwoord]:

Is Diere wat op die LAAGSTE VLAKKE geleef het tydens die Sondvloed in die LAAGSTE STRATA begrawe? Ja!

Is skepsels van DIESELFDE EKOLOGIESE GEMEENSKAP tydens die Sondvloed SAAM begrawe? Ja!

Is skepsels met die EENVOUDIGSTE VORMPIES tydens die Sondvloed EERSTE BEGRAWE? [HIDROLOGIESE KRAGTE, d.w.s. die gesuig en

getrek van vinnig-bewegende water, sou skepsels van

OOREENSTEMMENDE VORMS dienooreenkomstig sorteer het] Ja! Is INVERTEBRATE SEEDIERE (Nie-Werweldiere) ná die Sondvloed in die

LAAGSTE STRATA gevind aangesien hulle op die seebodem lewe? Ja! Is VISSE ná die Sondvloed in HOËR STRATA gevind aangesien hulle kon

geswem het na 'n hoër ligging? Ja! Is AMFIBIËE en REPTIELE tydens die Sondvloed HOËR OP AS VISSE

begrawe maar LAER of ONDERKANT LANDDIERE; en is baie min

LANDPLANTE en LANDDIERE ná die Sondvloed in die LAER STRATA aangetref? Ja!

Is die EERSTE LANDPLANTE ná die Sondvloed gevind waar die EERSTE AMFIBIËE gevind is? Ja!

Is DIERE en VOËLS ná die Sondvloed oor die algemeen op HOËR VLAKKE as REPTIELE en AMFIBIËE gevind? Ja!

Page 68: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 68

Is TROPDIERE wat saam sou vlug ná die Sondvloed SAAM IN STRATA aangetref? Ja!

Is baie MIN VOËLS ná die Sondvloed in STRATA gevind aangesien hulle

kon vlieg na HOËR VLAKKE? Ja! Is SWAARDER, STERKER DIERE tydens die Sondvloed APART gesorteer

van SWAKKER KLEINER DIERE? Ja! Is BAIE MIN MENSE ná die Sondvloed in STRATA gevind? Ja!

“Al die Ja! dui m.a.w. dat die Sondvloed (en nie 'Evolusie' oor 'miljoene jare' nie) waarskynlik fossilering, of die fossielrekord, veroorsaak het, ongeveer 4400 jaar

gelede. Fossilering het waarskynlik Wêreldwyd (en masse) plaasgevind presies soos mens dit van 'n planeetwye vloed sou verwag.”

CHARLIE: “Maar het die Aarde dan nie miljoene jare gelede uit gesmolte graniet ontstaan soos ons op skool geleer is nie? En het die eerste mens dan nie „miljoene

jare gelede‟ langs die weg van Evolusie-prosesse in „n „gereduseerde, suurstofvrye atmosfeer uit „n „primordiale sopmengsel‟ van seewater, chemikaliëe, modder en

weerlig ontstaan nie?”

JOSUA: “Ek dink nie so nie! Dit moes darem „n formidabele wonderwerk gewees

het vir die eerste [„primitiewe‟] mens om spontaan en toevallig uit seewater te ontstaan, eers in die vorm van „n mannetjie en „n rukkie later ewe gerieflik ook in die

vorm van „n vroutjie … anders hoe sou die spesie kon voortplant?

“Eerstens moet jy in gedagte hou dat, wanneer graniet, die fondasiesteen van die

Aarde, opgesmelt word en toegelaat word om weer af te koel, dit terugstol na rioliet toe, nie weer na graniet nie. Nou, as gesmolte graniet dan altyd terugstol na rioliet,

hoe kon die Aarde uit gesmolte graniet ontstaan het? Waar kom vandag se graniet dan vandaan? Moes ons planeet se fondasiesteen dan nie vandag rioliet gewees het

nie?

“Hier volg (kortliks) ook enkele redes waarom 'spontane generasie' ('biopoiesis' of 'evolusie') nie moontlik kon gewees het nie":

Onmiddellike Sukses: "Onmiddelike sukses (en nie ontwikkeling oor 'miljoene jare') sou 'n voorvereiste gewees het vir lewensvorme om te kon

oorleef. Hoe lank sou 'n 'ontwikkelende' ('evolving') organisme kon bekostig om te wag vir sy hartjie om te 'leer klop', vir sy longetjies om te

'leer asemhaal', of vir sy bloed om te 'leer stol' ... 'miljoene jare'? Onmiddellike Sinergie: Duisende noodsaaklike liggaams-dele en

duisende chemiese samestellings sou ditself moes gevorm het om lewe te kon akkommodeer.

Manlik & Vroulik: Beide manlike en vroulike vorme moes hulleself gemaak het ... en ook naby genoeg aan mekaar sodat hulle betyds kon

'trou'. Die Wet Van Massa-Aksie: Die Wet van Massa Aksie sou onmiddellik

alle chemiese samestellings vernietig het (WMA: die neutralisering van die

prosedure en bederf van die uitkoms omdat chemiese reaksies altyd

Page 69: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 69

beweeg in 'n rigting van hoogste na laagste konsentrasie, indien die regte hoeveelheid energie teenwoordig is om daardie reaksie te fasiliteer).

Water: Water is nooit gekonsentreerd genoeg om 'lewens-chemikaliëe' te

produseer nie, en daar bestaan ook geen laboratorium-toerusting in die Natuur nie.

Kondensasie- en Presipitaat-probleme: Water moet versigtig verwyder word vir vette, suikers en 'nukliënsure' om uit proteine te kon ontstaan, en

'ensiem-inhibitore' sou ensieme en chemiese samestellings onmiddellik vernietig het.

Weerligstrale: Miller se laboratorium-eksperiment, waartydens hy weerlig prober simuleer het, beskadig en maak dood ... dit skep nie lewe nie.

Indien hy wel [prosedureel] suksesvol sou wees, sou hy waarskynlik versterkwater („embalming fluid‟) geskep het, nie lewende aminosure nie.

Versterkwater [„embalming fluid‟] hou die dood in stand … nie lewe nie! Suurstofprobleme: Hier volg die biologiese-paradoks en die evolusionis

se doodloopstraat [„Catch 22‟]: (i) Lewe kan nie biologies ontstaan waar daar suurstof teenwoordig is nie, aangesien die [teoretiese] 'lewens-

chemikaliëe' dan a.g.v. die suurstof sou oksideer; maar (ii) lewe kan ook

nie deurgaans in stand gehou word sónder suurstof nie ... Evolusie is m.a.w. hier skaakmat.

Ge-oksideerde Yster: Word aangetref in klippe toe lewe kastig ontstaan het (in teenstelling met wat evolusioniste leer, was daar m.a.w. suurstof

teenwoordig). Sonder Water?: Lewe sou nie kon ontstaan het sonder water nie, maar

daar kan geen water wees waar daar nie suurstof (in 'n 'zero-O omgewing') is nie. (Water = H2O).

Ultraviolet-lig: Hierdie lig, in 'n 'reduserende, zero-O atmosfeer', sou lewe onmiddellik vernietig het, want sonder suurstof sou daar geen

beskermende osoonlaag (O3) gewees het nie. Proteine: Sou onmiddellik ge-hidroliseer en ditself vernietig het.

Chemikaliëe: Daar sou nie genoeg chemikaliëe teenwoordig gewees het om selfs die eenvoudigste proteine te formeer nie.

Stikstof: Daar is stikstof in die meeste biochemikaliëe, maar nie

gekonsentreerd genoeg in die Natuur om lewe te skep nie ... ook nie genoeg fosfor nie.

Vetsure: Die wetenskap het geen idee hoe om vetsure te maak nie of hoe dit ditself kon gemaak het nie.

Atmosfeer: Die atmosfeer van die planeet sou onmiddellik vanaf 'n zero-suurstof inhoud na 'n suurstofryke inhoud moes verander, en die toevallige

produksie van aminosure sou beide links- en regshandiges tot gevolg gehad het ... wat nutteloos sou wees. Lewe vereis slegs linkshandige

aminosure. Duplikasie & Reproduksie: Onmiddellike en volledige duplikasie van en

reproduksie van DNS, Proteine, ensieme, vette, selle ens. sou nodig wees vir oorlewing. Selfs al sou die korrekte chemikaliëe bymekaar kon kom, sou

dit die volgende oomblik spontaan ge-disintegreer het deur met ander chemikaliëe te reageer.

Page 70: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 70

Sir Fred Hoyle en Chandra Wickramasinghe het bereken dat die wiskundige kanse vir een enkele selletjie om, binne 4,6 biljoen jaar, spontaan in 'n 'primitiewe

environment' te kon ontstaan het, gelyk is aan 1 uit 1040000 (Hoeveelheid

waterdruppels in die oseane = 1026 en sandkorrels op die strande van al die oseane = 1022). [Hoyle & Wickramasinghe, 'Evolution From Space', p.28, 1981].

Bibliografie.

1. Die Bybelgenootskap Van SA, 'Die Bybel In Afrikaans ' (OV)

2. Vance Ferrell B.A.,M.A.,B.D.: 'Science vs. Evolution', & 'The Evolution Handbook', Evolution

Facts Inc. (2001).

Page 71: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 71

WETENSKAPLIKES PRAAT OOR DIE

EVOLUSIE-LEER

1. Richard GOLDSCHMIDT:

“Die Evolusie van die dier- en plant-wêrelde word, deur diegene geregtig op 'n

mening, gereken as 'n feit waarvoor daar geen verdere bewyse nodig is nie. Maar,

ten spyte van byna 'n eeu se werk en besprekings, is daar nog steeds géén

ooreenstemming oor hoe dit sou plaasgevind het nie.” ['Evolution As Viewed By One

Geneticist' In 'American Scientist', Vol.409, p.84 (Jan.1952)].

“Die feite het gefaal om enige inligting oor die oorsprong van die (basiese)

hoofspesies te verskaf ... wát nog van die hoër kategoriëe.” ['The Natural Basis Of

Evolution', p.165].

2. Jean-Paul GRASSE:

“Deesdae is dit ons plig om die mite van Evolusie (wat as 'n eenvoudige en

verklaarde verskynsel beskou word wat gedurigdeur voor ons ontvou) te vernietig.

Bioloë behoort aangemoedig te word om ná te dink oor die swakhede en

ekstrapolasies wat teoretici probeer neerlê as gevestigde waarhede.

“Die bedrog is soms onbewustelik, maar nie noodwendig altyd nie, aangesien

sommige mense, a.g.v. hulle sektariese ingesteldheid, moedswillig versuim om die

ontoereikendheid en valsheid van dit wat hulle glo raak te sien.” ['Evolution Of Living

Organisms', p.8 (1977)].

3. L.L. COHEN:

“Dit is nie die wetenskap se plig om die Evolusie-Leer te verdedig en tot die bitter

einde daarby te staan nie, maak nie saak hoe onlogies en swak gefundeer die

gevolgtrekkings mag wees wat dit bied nie.

“Inteendeel, dit word van wetenskaplikes verwag om die só-duidelike

onmoontlikheid van Darwin se verklarings en voorspellings raak te sien ... kom ons

sny die naelstring wat ons vir só lank aan Darwin gebind het ... dit is besig om ons

te verwurg en terug te hou.” ['Darwin Was Wrong: A Study In Probabilities' (1985)].

Page 72: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 72

4. Fresno BEE:

“Wetenskaplikes wat rondgaan en leer dat Evolusie 'n lewensfeit is, is groot

bedrieërs, en die storie wat hulle spin is die grootste bedrogspul ooit. Ons beskik

nie oor een enkele iota van feit om Evolusie te verduidelik nie. Tahmisian het dit 'n

„deurmekaarspul vol raaiskote en kansvattery‟ genoem.” [p.1-B (Haal aan T.N.

Tahmisian, Fisioloog Vir 'Die Atoom Energie Kommissie'), Aug.20, 1959].

5. James GORMAN:

“Evolusie ... is nie net onder skoot by fundamentalistiese Christene nie, maar

word ook bevraagteken deur vooraanstaande wetenskaplikes. Onder paleontoloëe,

wetenskaplikes wat die fossiel-rekord bestudeer, is daar 'n groeiende afvalligheid

van die huidige perspektief op Darwinisme.” ['The Tortoise Or The Hare', Discover, p.88

(Oct.1980)].

6. Robert JASTROW:

“Wetenskaplikes beskik oor geen bewyse dat lewe nie voortgespruit het uit 'n

daad van Skepping nie.‖ ['The Enchanted Loom: Mind In The Universe', p,19 (1981).

7. G.G. SIMPSON:

“Die soektog na 'n oorsaak vir Evolusie is nou laat vaar. Dit is nou baie duidelik

dat Evolusie geen enkele oorsaak het nie. Dit mag verder gesê word dat die Teorie

ongesubstansieerd is en tans slegs die status van spekulasie geniet.” ['Major

Features', pp.118-119].

8. Michael DENTON:

8.1 Eersteklas-Bioloë Verwerp Die Evolusie-leer. “Gedurende die afgelope eeu was daar altyd 'n betekenisvolle minderheid van eersteklas-bioloë wat dit nog nooit oor hulle hart kon kry om Darwinisme as geldig te aanvaar nie.

“Om die waarheid te sê, die stroom van bioloë wat hul ontnugtering uitgespreek het, is byna eindeloos ... Die krag van die mite het 'n wydgespreide illusie geskep dat

die Evolusie-Teorie reeds honderd jaar gelede bewys is en dat al die navorsing wat sedertdien daarop gevolg het, bv. paleontológiese, dierkundige en die jonger

vertakkinge soos die genetika en molekulêre biologie, toenemende bewyse vir Darwinisme gelewer het.

“Niks kan verder van die waarheid wees nie ... Die feit is dat die getuienis honderd jaar gelede so skraps was dat selfs Darwin toenemend begin getwyfel het oor die geldigheid van sy sieninge ... “. ['Evolution: A Theory In Crisis.', p.327 (1985)].

Page 73: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 73

8.2 Bernard Rensch. Die Duitse dierkundige, Bernard Rensch (1959), het 'n lang lys van leidende gesaghebbendes verskaf wie van mening was dat makro-evolusie

(veranderinge oor spesies heen) nie i.t.v. mikro-evolusionêre prosesse (veranderinge

binne spesies) verduidelik kan word nie, of selfs ook nie deur enige ander bekende meganismes nie.

“Hierdie 'afvalliges' kan nie afgeskryf word as 'kwaksalwers' nie, want onder hulle

geledere is baie eersteklas-bioloë.‖ ['Evolution: A Theory In Crisis', p.86 (1985)].

8.3 Mislukking Van Die Darwin-Model. “Die einste sukses van die Darwin-model

op mikro-evolusionêre (subspesies) vlak beklemtoon juis die mislukking van die Darwin-model op makro-evolusionêre vlak (oor hoofspesies heen).” ['Evolution: A Theory

In Crisis',p.344 (1985)].

8.4 Redenasies In Sirkels (‘Circulus-in-Probando’). “Die houvas van die Evolusionêre paradigma is só kragtig dat 'n idee wat meer 'n beginsel van

middeleeuse astrologie as 'n ernstige twintigste-eeuse we-tenskap-teorie is, die werklikheid vir evolusionêre bioloë geword het.

“Ons staar ernstige, indien nie onoorkombare, konseptuele probleme in die gesig van hoe die gapings tussen spesies hoegenaamd, stadig oor tyd heen, oorbrug kon gewees het.

“Ons sien dit in die fossiel-rekord ... in die oorspronge van die lewe ... in die nuwe era van molekulêre biologie. Tog, ten spyte van al hierdie ontdekkings, is die

biologiese gemeenskap tevrede om verklarings te bied wat niks meer as apologétiese toutologiëe (redenasies in sirkels) is nie.” ['Evolution: A Theory In Crisis'. p.308 (1988)].

8.5 Darwinisme Is „n Kosmogeniese Mite. “Uiteindelik is die Darwiniaanse Evolusie-Teorie niks meer nie as die groot kosmogeniese mite van die twintigste eeu.” ['Evolution: A Theory In Crisis', p.358 (1985)].

9. Albert FLEISHMAN:

“Die Evolusie-Teorie gaan gebuk onder ernstige defekte, wat al hoe duideliker word soos die tyd aanstap. Dit rym nie meer met praktiese wetenskaplike kennis nie.” [Dierkundige].

10. W. KAEMPFFERT:

“Waar staan ons wanneer ons gekonfronteer word met die misterié van die lewe?

Ons bevind onsself teenoor 'n granietmuur waarop ons nie eers 'n merkie kon maak

nie ... ons weet feitlik niks van groei, niks van lewe.” ['The Greatest Mystery Of All: The

Secret Of Life', New York Times].

11. S. TOULMIN:

Page 74: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 74

“Dit wil voorkom asof dat die sterrekunde bewys het dat daar kragte aan die werk

is in die Wêreld wat buite die huidige vermoë van wetenskaplike verklaring val;

hierdie is letterlik supernatuurlike kragte, want hulle is buite die bestek van

Natuurwet.” ['Science, Philosophy Of', Encyclopaedia Brittannica, Vol.18 (15de Uitg.1974), p.389].

12. G.K. CHESTERTON:

“Niemand kon hom nog voorstel hoe NIKS in IETS kon verander nie. Niemand kon

nog 'n duim naderkom aan 'n verduideliking oor hoe iets kon verander het in iets

anders nie.” [1925].

13. Dr. FLEISHMANN:

“Die Darwiniaanse Teorie van herkoms beskik nie oor een enkele feit om dit te

bevestig in die realm van die Natuur nie. Dit is nie die resultaat van wetenskaplike

navorsing nie, maar bloot die produk van ver-beelding.” [Aangehaal in F. Meldau, 'Why We

Believe In Creation, Not Evolution', p.10 (Erlangen Dierkundige).

14. Francis HITCHING:

“Vir al sy aanvaarding in wetenskaplike werke as die groot verenigende beginsel

van biologie, is Darwinisme [die Evolusie-Leer], ná een-en-kwart eeu, in 'n

verrassende spul moeilikheid.” ['Neck Of The Giraffe', p.12 (19820].

15. Lord KELVIN:

“Die wetenskap vereis beslis Skepping.‖ [Aangehaal in H. Enoch, 'Evolution Or Creation',

p.94 (1988).

16. P. LEMOINE:

“Die teoriëe rondom Evolusie, waarmee ons studerende jeug mee bedrieg was,

verteenwoordig 'n dogma wat die ganse Wêreld aanbied, maar waar elkeen in sy

spesialiteitsrigting ... die dier- of plantkundige, vasgestel het dat geeneen van die

verduidelikings wat aangebied is, bevredigend is nie. Die gevolgtrekking uit hierdie

bevindings ... die Evolusie-Teorie is onmoontlik.” ['Introduction: De I'evolution', Encyclopedie

Francaise, Vol.5, p.8 (1937)]

17. Louis AGASSIZ:

“Die Evolusie-Teorie is 'n wetenskaplike fout.” [Aangehaal in H. Enoch, 'Evolution Or

Creation', p.139 (1986).

Page 75: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 75

18. H. LIPSON:

“Volgens my het die [Evolusie] Teorie nie 'n voet om op te staan nie.“ ['A Physicist

Looks At Evolution', Physics Bulletin 31, p.138 (1980).

19. Pierre P. GRASSE:

“Hedendaagse ultra-Darwinisme, wat so seker is van homself, beïndruk

swakingeligde bioloë, mislei hulle, en inspireer valse interpretasies ... ― ['The Evolution

Of Living Organisms', p.202 (1977)].

20. Stephen Jay GOULD:

“Ek kan waarnemings en eksperimente uitdink wat enige van die evolusionêre teoriëe wat ek ken vals sal bewys.” ['Evolution As Fact And Theory', Discover 2(5):34-37

(1981).

“Paleontoloëe het 'n duur prys betaal vir Darwin se argumente. Ons beskou onsself as die enigste ware studente van die geskiedenis, en tóg, om ons weergawe van

Evolusie deur natuurlike seleksie te preserveer, reken ons die data steeds so pówer dat ons byna nooit die proses sien wat ons voorgee om te bestudeer nie.” ['The Panda's

Thumb', pp.181-182 (1982)].

21. Austin CLARK:

“Dit word deur die bank aanvaar dat diere met liggame saamgestel uit 'n enkele sel

die primitiewe diere verteenwoodig waaruit alle ander gespruit het ... daar is egter nie die geringste gronde vir so 'n aanname nie.” ['The New Evolution', pp.235-236 (1930)].

22. Colin PATTERSON:

“Dit is wáár dat ek vir die afgelope 18 maande of so non-evolusionêre of selfs anti-evolusionêre idees begin oorweeg het. So, dit is nou my eerste tema ... dat beide

Evolusie en Skepping merkwaardige parallelle deel wat al moeiliker word om van mekaar te onderskei. My tweede tema is dat Evolusie nie net kennis oordra nie, maar

dat dit wil voorkom asof dit ook anti-kennis oordra.” ['Address at the American Museum Of

Natural History' (5 Nov.1981)].

23. John B. HALDANE:

“Die meerderheid van Evolusie-bewegings is dégenaratief [afbrekend, nadelig]. Progressiewe [opbouende, positiewe] bewegings is die uitsondering. Karakters ontstaan skielik met géén potensiaal vir vooruitgang nie. Al wat bereik sou kon word

deur stadige veranderinge is neutrale karaktereienskappe met geen waarde vir

oorlewing nie.” [Aangehaal in Asimov se 'Book Of Science And Nature Quotations', p.91 --- Engelse

Genétikus].

Page 76: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 76

24. J.W.N. SULLIVAN:

“Die hipotese dat lewe vanuit inorganiese materiaal ontwikkel het is tans weinig

meer as 'n geloofsbelydenis.” ['The Limitations Of Science', p.95 (1933)].

25. George Gaylord SIMPSON:

“Dit is inherent in enige definisie van wetenskap dat verklarings, wat nie deur

waarnemings geverifieer kan word nie, nie regtig iets sê nie ... of dan ten minste nie as wetenskap gesien kan word nie.” ['The Nonprevalence Of Humanoids', p.770, Science 143

(1964)].

26. L.H. MATTHEWS:

“Wanneer Evolusie as 'n feit aanvaar word, hoeveel bioloë besef (i) dat wetenskap geskoei is op teoriëe wat eksperimenteel as korrek bewys is, en (ii) dat die teorie van

diere-evolusie nog nooit só bewys was nie?” ['Introduction, Origin Of The Species, Charles

Darwin' (1971 Edition)].

27. Norman MACBETH:

“Ongelukkig is die meeste verduidelikings in die veld van Evolusie nie goed genoeg nie. Om die waarheid te sê, hulle kwalifiseer byna gladnie; hulle is weinig meer as

voorstelle, idees en dagdrome wat nie verdien om eers hipoteses genoem te word nie.” ['Darwin Retried', p.147 (1971)].

28. R.H. PETERS:

“Hierdie [Evolusie] teoriëe is in werklikheid toutologiëe [redenasies-in-sirkels] wat nie empiries-toetsbare voorspellings kan maak nie. Hulle is hoegenaamd nie

wetenskaplike teoriëe van énige aard nie.” ['Tautology In Evolution And Ecology', American

Natirualist Vol.110, No.1, p.1 (1976)].

29. Malcolm MIGGERIDGE:

“Die geskiedenis gaan verbaas staan dat só swak en twyfelagtige hipotese (Darwinisme) met sóveel geloofwaardigheid aanvaar kon gewees het. Ek is van mening dat die tyd waarin ons leef die mees ongelooflike periode van ons geskiedenis

is.” ['The End Of Christendom', p.59 (1980)].

30. Johann VON GOETHE:

“Die wetenskap is 'n ernstige knou toegedien deur die bestudering van iets wat nie die moeite werd is om te weet nie.” [(1749-1832): Aangehaal In 'Asimov's Book Of Science And

Nature Quotations', p.257.].

Page 77: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 77

31. BOUNOUERE:

“Evolusionisme is 'n feëverhaal vir grootmense. Die teorie het niks bygedra tot die

vooruitgang met die wetenskap nie. Dit is nutteloos.‖ ['Le Monde et la Vie', (October 1983):

Direkteur Van Navorsing: Nasionale Navorsing-sentrum, Frankryk].

32. W.R. THOMPSON:

“Ek is nie oortuig dat Darwin sy punt bewys het of dat sy invloed in die wetenskaps- en publieke-denke enigsins voordelig was nie. Die sukses van Darwinisme was behaal ten koste van wetenskap-integriteit.” ['Introduction To Charles

Darwin, Origin Of The Species'].

33. T. MORA:

“Ongelukkig vir Darwin se toekomstige reputasie, was sy lewe gewy aan die

probleem van Evolusie, wat deduktief van aard is ... en vandag word elkeen van sy teoriëe gerepudieer deur die feite.” ['The Dogma Of Evolution', p.194].

34. Tom BOTHELL:

“Soos ek dit sien, is die gevolgtrekking nogal verstommend ... Darwin se [Evolusie] Teorie, glo ek, is op die randjie van ineenstorting.” ['Darwin's Mistake', Harper, pp.72,75

(Feb.1978)].

35. H. NILSSON:

“My pogings om Evolusie eksperimenteel te demonstreer (vir langer as 40 jaar!) het totaal misluk. Ten minste sal daar nie van my gesê kan word dat ek weggespring het

met 'n vooraf-geformuleerde anti-evolusionêre standpunt nie.” ['Synthetic Speciation',

P.31 (1953)].

36. H. ENOCH:

“Charles Darwin, die vader van Evolusie in sy vroëe dae, het mettertyd die gebrek aan getuienis vir sy evolusionêre spekulasie besef en het toe geskryf: „In terme van

hierdie teorie moes ontelbare hoeveelhede transisionele, intermediêre vorms bestaan het ... maar waarom tref ons hulle nie dan nie aan in die kors van die aarde nie?

Waarom is die Natuur dan nie totaal in verwarring i.p.v. die duidelik-uitkenbare, afgebakende spesies, soos ons dan ook sien?'” ['Evolution Or Creation', p.139 (1968)][H.

Enoch is 'n Harvard Universiteit Professor].

37. Dean KENYON:

“Laboratorium-data en teoretiese argumente m.b.t. die oorsprong van die eerste lewe maak dat mens die evolusie van die daaropvolgende vorms van lewe begin

betwyfel. Die fossiel-rekord en ander soorte van 'getuienis' bevestig hierdie agterdog.

Page 78: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 78

“Kortliks ... wanneer al die beskikbare getuienis versigtig in toto oorweeg word, lyk die verhaal van Evolusie baie minder waarskynlik as die idees van die kreationiste

[skeppingsgesindes].” ['Creationist View Of Biological Origins', NEXA Journal, Spring 1984, p.33

(San Francisco State University)].

38. J. BONNER:

“Dié besondere waarheid is eenvoudig ... dat ons oor geen betroubare getuienis beskik m.b.t. die evolusionêre ontwikkelingslyn nie. Mens kan gekwalifiseerde,

professionele argumente fabriseer vir enige groep om die nasate vir byna enige ander groep te wees.” ['Book Review', American Scientist 49 (1961).

39. (Sir) Ambrose FLEMING F.R.S.:

“Evolusie is ongegrond en heel ongelooflik.” [President, 'British Association For The

Promotion Of Science', In 'The Unleashing Of Evolutionary Thought'.]

“Die Evolusie-Teorie is totaal ontoereikend om die oorspronge en manifestasie van die inorganiese Wêreld te verklaar.” [Aangehaal in H. Enoch, 'Evolution Or Creation', p.91

(1968). [H. Enoch is 'n Harvard Universiteit Professor].

40. Charles SINGER:

“Evolusie is miskien uniek onder die vernaamste wetenskap-teoriëe in die opsig dat die bekoring vir die aanvaarding daarvan nie noodwendig daarin lê dat daar enige getuienis bestaan om dit te bewys nie, maar dat enige ander vertolking [as Evolusie]

van die beskikbare data eenvoudig te ongelooflik is.” ['A Short History Of Science To The

Nineteenth Century' (1941)].

41. McNair WILSON:

“Die toename in kennis in die veld van Biologié is geneig om die onbuigsaamheid van die „tipe‟ net verder te beklemtoon, en al hoe méér om die transmutasie van „een

tipe‟ na 'n „ander‟ te verwerp.” ['The Witness Of Science', - Oxford Medical Publications (1942)].

42. Francis J. AYALA:

“'n Hipotese is empiries en wetenskaplik slegs indien dit getoets kan word deur

ondervinding. 'n Hipotese of teorie, wat nie ten minste in beginsel gefalsifiseer kan word deur empiriese waarnemings en eksperimente nie, hoort nie in die realm van die

wetenskap nie.” ['Biological Evolution: Natural Selection Or Random Walk?', American Scientist,

Vol.82, p.700 (Nov.-Dec.1974)].

43. H. NEILSSON:

“Die Evolusie-Teorie kan onder geen omstandighede as 'n geldige natuurfilosofie gereken word nie, maar eerder as 'n ernstige struikelblok in die weg van biológiese navorsing.

Page 79: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 79

“Dit verhoed, soos keer op keer gesien, die hoop op betroubare navorsingsresultate, selfs m.b.v. gelykmatige navorsingsmateriaal, en boonop moet

alles gedurig geforseer word om die Teorie te pas. 'n Presiese biologié sal nooit so

opgebou kan word nie.” ['Synthetische Artbildng', p.11 (1954)].

44. R. KIRK:

“Darwinisme is 'n tipe geloof nie net by wetenskaplikes verbind tot die dokumentering van die rol van natuurlike seleksie nie, maar ook 'n geloof by massas

mense wie nie die vaagste benul het van die Evolusie-meganisme wat Darwin

voorgestel het nie, nog minder van die manier waarop dit deur sy opvolgers gekompliseer is.

“Dit is duidelik dat die aantrekkingskrag van die Teorie nie bestaan in die aanname dat dit 'n wetenskapswaarheid verkondig nie, maar eerder dat dit 'n filosofiese geloof verkondig ... geloof in die betekenisloosheid van ons bestaan.”

45. Gertrude HIMMELFARB:

“In Darwin se literatuur word moontlikhede aanvaar asof dit alles saam kon verrys het na die status van waarskynlikhede ... en daarna is die waarskynlikhede toe

gepromoveer tot die status van sekerhede.” ['Darwin And Darwinian Revolution', p.335

(1988)].

46. Dr. Abraham KUYPER:

“Die leerstelling van Evolusie is 'n nuut-gepatenteerde stelsel; 'n nuut-ge-orkestreerde leerstelling; 'n nuut-geformuleerde dogma, 'n nuwe geloof wat dit lynreg

teenoor die Christelike Geloof stel en waarvan die tempel slegs op die ruïnes van ons Christelike Belydenis gebou sal kan word.” ['Evolution': Toespraak, 1899)].

GEVOLGTREKKING.

Charles Darwin Of Jesus Christus?

Indien u op u sterfbed (indien enige) slegs 5 minute in die lewe sou oorhê vir een enkele gesprek, met wie sou u dit graag wou voer ... Charles Darwin of Jesus

Christus? Ek sou nie eers my motor se sleutels toevertrou het aan iemand wat glo

hy stam van 'n aap af nie, wat nog my onsterflike siel! Indien u onseker is oor wie om te kies, stel ek vóór: Praat met die Een met die indrukwekkendste CV

(curriculum vitae) ... Jesus Van Nasaret!

―Die Evolusie-Leer is ‗n pseudo-akademiese brousel van

antieke astrologié, middeleeuse heksery en 19de-eeuse

wetenskapfiksie met behulp van 21Ste-eeuse

Page 80: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 80

laboratoriumgeriewe en -teleskope. Die Evolusie-Leer het

die mensdom se denke vir 150 jaar lank in nuttelose

pseudo-wetenskaplike sediment bevries.‖ - P.J. Stassen.

Page 81: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 81

EEVVOOLLUUSSIIEE SSEE GGAALLLLEERRYY VVAANN BBLLAAPPSSEE

1. WAT HET VAN ADAM & EVA SE 'FOSSIELE' GEWORD?

1.1 Inleiding. 'n Spitsvondige Evolusionis merk onlangs op dat die 'fossiele' en/of

'replikas' van bv. Java-Mens, Mev. Ples, Neandertal-Mens ens. gewoonlik orals te sien is

by museum-uitstallings as 'bewyse' vir Evolusie, maar dat die 'fossiele' van Adam en Eva

(as 'bewyse' vir die Bybel) altyd kenmerklik 'afwesig' is ... m.a.w. 'die Bybel lieg'! [so

beweer hulle].

1.2 Die Ware Feëverhaal? Maar wie is dit nou eintlik wat beweer dat paddas in prinse kan verander ('evolve'), mits mens lank genoeg wag ... is dit nie juis die ateïstiese

Evolusie-Leer wat die feëverhaal is nie? Die Bybel sê:

'Die dwaas sê in sy hart, ―Daar is geen God nie‖ ' (Ps.14:1a).

Ja, 'Evolusie' het baie 'blapse' gehad!

2. ARCHAEOPTERYX.

2.1 Kruising Tussen Reptiel En Voël. Hierdie 'fossiel' van 'n kastige kruising tussen 'n reptiel en 'n voël, gevind in die Solnhofen-Plattenkalk van Franconia (Wes-Duitsland),

was deur die Evolusioniste aangebied as 'bewys' van 'n oorgangstadium-fossiel tussen

reptiele en voëls ... geskat op '150 miljoen jaar' oud.

2.2 Bedrog Uitgevang. Maar, in die Maart-Junie 1985 uitgawe van die British Journal Of

Photography, is Archaeopteryx as 'n fynbeplande vervalsing (―carefully contrived hoax‖)

beskryf deur ses van die prominenste wetenskaplikes in Engeland, nl. Fred Hoyle, R.S. Watkins, N.C. Wickramasinghe, J. Watkins, R. Rabilizirov & L.M. Spencer.

2.3 Ander Bronne. Sien ook:

(a) W.J. Broad, 'Authenticity Of Bird Fossil Is Challenged', pp.C1, C14, New York Times (7 Mei 1985)

(b) T. Nield, 'Feathers Fly Over Fossil 'Fraud'', New Scientist 1467:49-50; en

(c) G.Vines, 'Strange Case Of Archaeopteryx 'Fraud'', New Scientist 1447:3.

Page 82: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 82

3. DIE AUSTRALOPITHECINES.

3.1 Die Publiek Is Naïef. Die ontdekking van die Australopithecines (bv. die Taung-

Kind, Mev. Ples, Lucy en ander), is met baie publisiteit vergesél, net jammer dat so min mense toegang het tot die internasionale literatuur waarin menings oor die

Australopithecines drasties verskil van dit wat mens in die plaaslike (pro-evolusie) Pers lees, wat dit blykbaar verkies om eerder polities-korrek op te tree (en bv. 'Maropeng' te

promoveer) bo die meer eerbare opsie van joernalistieke integriteit.

Sommige wetenskaplikes vanaf ander Wêrelddele is bv. van mening dat die

Australopithecines niks meer as ape was nie.

3.2 Onakkurate Metings. Die waarskynlike onakkurate meting van skedels (om Evolusie te 'bewys') kan bv. ook nie uitgeskakel word nie.

(a) ―Overall, the revisionary calculations of

Australopithecine skulls have led to reductions of their

calculated volumes. The total percentage differences amount

to 157,91 [%].‖ (Gerald Duffert, 'Some implications Of Variant

Cranial Capacities For The Best-Preserved Australopithecine Skull

Specimens', Creation Research Society Quarterly, Sept. 1983, p.100).

(b) ―The apelike profile of Australopithecus is so

pronounced that its outline can be superimposed on that of

a female chimpanzee with a remarkable closeness of fit, and

in this respect and others it stands in strong contrast to

modern man.‖ (J.S. Weiner, 'The Natural History Of Man',1973).

(c) ―The hypothesis that brain-enlargement marked the

beginning of man was long popular, but went out of fashion

with the discovery that the endocranial volumes of the

Australopithene group were not larger than those of

gorillas.‖ (Elwin L. Simons, 'Primate Evolution: An Introduction To

Man's Place In Nature', p.278, 1972).

3.3 Keith Se Rubikon. Dit wil dus voorkom asof die afmetings van die Australopithecine-skedels (Adolesent = 430 cc./ Volwasse = 550 cc. - 600 cc.) vêr onder

'Keith's Rubicon' (Sir Arthur Keith) van 750 cc. val, die minimum-skedelgrootte vir 'n 'hominied' om as sogenaamde 'voorouer' van die mens te kwalifiseer. Vance Ferrell B.A.,

M.A., B.D. skryf:

Page 83: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 83

―The Australopithecines, like modern apes, had a wide

range of varieties, but they are all apes.‖ ('The Evolution

Handbook', Evolution Facts Inc., p.539, 2001).

4. COELACANTH.

4.1 Die Lewendige Indeks-Fossiel? Evolusioniste het vir baie jare vir ons vertel dat

die Coelacanth-vis ('n 'indeksfossiel') kastig ± '60 miljoen jaar gelede uitgesterf het' ...

totdat 'n lewendige eksemplaar daarvan aan die Suid-Afrikaanse/Mosambiekse kus gevang is op 22 Desember 1938.

4.2 Geen Evolusie Met Coelacanth. Om sake te vererger het die lewendige

eksemplaar presies net soos die fossiel-eksemplaar gelyk wat kastig '60 miljoen jaar' oud

was! Daar het m.a.w. geen 'Evolusie' vir '60 miljoen jaar' plaasgevind nie ... die vis het

nie ontwikkel ('evolve') nie. Sedertdien is 'n verdere 8 lewendige eksemplare van die

Coelacanth gevang. Om hierdie wetenskaps-verleentheid nou in die openbaar beter te laat lyk, verwys die evolusioniste nou na die Coelacanth as n „lewendige fossiel‟ [wat op

Aarde is „n „lewendige fossiel‟?].

5. EMBRIO-BEDROG.

5.1 Ernst Haeckel Se Embrio‟s. Baie 'gedokterde' prente het gedurende Ernst Haeckel (1834-1919) se universiteits-loopbaan oor die 'merkwaardige ooreenkomste' tussen menslike en dier-embrio‟s op muurkaarte en in teksboeke verskyn (plek-plek

verskyn dit nog steeds in sekere teksboeke as 'feit'). Hy het saam met Darwin ook 'n sterk invloed m.b.t. die opkoms van Kommunisme gehad.

5.2 Uiteindelik Geskors. Haeckel is uiteindelik uit die Universiteit van Jena (Duitsland) geskors vir sy uitgebreide bedrog oor die sogenaamde 'ooreenkomste' tussen

menslike en dier-embrios [Daniel Gusman, 'Scientific Origins Of National Socialism: Social Darwinism

In Ernst Haeckel And The German Monist League', p.xvi – 1971].

6. EUGENICS'-WETENSKAP.

6.1 Sir Francis Galton. Sir Francis Galton (Charles Darwin se neef) het die idee van 'eugenics' gepropageer, nl. dat die oplossing vir die samelewing se probleme daarin gelëe

was om die oues, swakkes en sieklikes 'uit te sit'.

6.2 Adolf Hitler. Adolf Hitler, 'n ywerige evolusionis, het dié filosofie met brutale geweld toegepas gedurende WWII. Na bewering het, net in konsentrasie-kampe alleen, ±

Page 84: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 84

12 miljoen mense omgekom, waarvan ± 6 miljoen Jode was. [Otto Scott, 'Playing God', In

'Chalcedon Report', No. 247, p.1, Feb.1986 / Lord Russell Of Liverpool, 'The Scourge Of The Swastika',

Cassell & Co. Ltd, London – 1954 / H.R. Trevor-Roper, 'The Last Days Of Hitler', Pan Books Ltd, London -

1947].

[N.B. Onlangs [in Januarie 2010] is berig dat die nuutste opgrawings toon dat die aantal

Jode wat onder Hitler se bewind gesterf het, met 1,5 miljoen onderskat was].

7. HOOPVOLLE MONSTERS.

7.1 Richard Goldschmidt (1878-1958). Met sy konsep van 'hoopvolle monsters' [in 1940 aangekondig in sy boek 'The Material Basis Of Evolution'] het hy sy vertroue

bekendgemaak in „n soort 'mega-evolusie', wat beteken het dat één lewensvorm skielik uit 'n skoon ánder lewensvorm kon ontstaan. Op 'n dag het (bv.) 'n vis eiers gelê, toe

broei daar paddatjies uit!

7.2 Gould & Eldredge. Hierdie 'hoopvolle monster' teorie is later byna geloofwaardigheid gegee toe Stephen J. Gould en Niles Eldredge die gekkespul

geresussiteer het onder die term 'gepunktueerde ekwilibrium'. Geen ernstige

wetenskaplike sal sy reputasie vandag waag op sulke snert nie. ('Punctuated Equilibria: An

Alternative To Phyletic Gradualism' - 1972).

8. JAVA-MENS.

8.1 Eugene Du Bois. Is deur Eugene Du Bois in 1891 naby die dorpie Trinil in 'n klam

omgewing by die Solo Rivier (Java) 'ontdek'. Eers het hy net 'n skedel ontdek. 'n Jaar later vind hy toe 'n femur vyftig voet (15,24 mtr.) van die plek af waar hy die skedel

opgetel het. Later, op 'n ander plek, het hy nog drie tande gevind. Hy het sommer

summier aanvaar dat al hierdie fragmente aan dieselfde individu (!) behoort het, sowat '1

miljoen jaar' oud.

8.2 Die Wadjak-Skedels. Hy het ook twee mens-skedels daar naby gevind wat

ongeveer dielfde 'ouderdom' was (die Wadjak-Skedels). Du Bois het sy ontdekking Java-Mens ('Regop Aapman' of Pithecanthropus Erectus) genoem. Du Bois het vir die res van

sy lewe lesings aangebied waartydens hy almal vertel het van die half-mens/half-aap bene wat hy in 1891-1892 in Java gevind het. In 1922 het hy erken dat die Wadjak-

Skedels dié van ape was. Du Bois het 15 jaar vóór sy dood aangekondig dat die Java-bene toe al die tyd dié van 'n gibboen (aap) is.

9. LINGULA.

Hierdie brachiopod-skulpvis was kastig uitgesterf sedert die Ordovician-periode vir '500

miljoen jaar', maar word lewendig aangetref vandag!

Page 85: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 85

10. LUCY.

10.1 Donald Johanson. Uitgegrawe deur Donald C. Johanson by Hadar, Ethiopië in

1975, Lucy was deur Johanson gedateer as '3 miljoen jaar V.H.' ('Voor Hede'). Johanson

en White het Lucy as aap/mens (Australopithecus Afarensis) geklassifiseer en beweer dat

sy 'massiewe V- vormige' kake gehad het (in kontras met die mens) en dat sy

'embarrassingly unhomolike' was.

10.2 Time Magazine. In 1977 het 'Time Magazine' gerapporteer dat Lucy 'n klein skedeltjie gehad het, 'n kop soos 'n aap, 'n breingrootte wat dieselfde was as dié van 'n

Sjimpansee (450 cc.) en dat sy verrassend kortbenig was (Time, pp.68-69, 7 Nov.1979).

10.3 Dr. Yves Coppens. In 1982, het Dr. Yves Coppens op BBC-TV verklaar dat Lucy se skedel dié van 'n aap was.

10.4 Jeremy Cherfas. In 1983, het Jeremy Cherfas gesê dat Lucy's se enkel-been (talus) agteroor getilt het soos dié van 'n gorilla, i.p.v. vorentoe soos dié van mense om

mee regop te kan loop. (J.Cherfas, New Scientist, 97:172 -1982).

10.5 Susman & Stern. Susman en Stern (New York Universiteit) het gemeen dat haar duim aapagtig was, haar tone lank en krom vir boomklim en dat waarskynlik in

bome gewoon het soos ander ape (Science Newsletter, p.4-1982).

Johanson het sy teorie oor Lucy gebaseer op aannames omtrent twee fossiele wat 1609 km. van mekaar gevind is (die ander een die skedel wat Mary Leakey by Laetoli, Tanzanië

ontdek het).

10.6 Johanson & White. Johanson en Tim White, 'n kollega, het uiteindelik toegegee dat Lucy net 'n aap was. A.W. Mehlert skryf:

‖The evidence ... makes it overwhelmingly likely that Lucy

was no more than a variety of pigmy chimpanzee, and

walked the same way (awkwardly uprightly on occasions,

but mostly quadrupedal). The 'evidence' for the alleged

transformation from ape to man is extremely

unconvincing.‖ ('News Note', Creation Research Society Quarterly, p.145-

1985).

Page 86: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 86

11. METASEQUOIA-BOOM.

Hierdie 'Dawn Redwood'-boom was kastig uitgesterf sedert die Miocene-periode ('nie

gevind in strata vir die afgelope 135 miljoen jaar'), maar dit is nog springlewendig

vandag!

12. MUTASIES-MITES.

12.1 Hirosjima. Hirosjima bied toe in 1945 die 'evolusie-paradys' vir evolusioniste wat glo dat 'n nuwe, verhewe spesies geproduseer kan word deur populasies te bestraal met

(bv.) radio-aktiwiteit. Maar slegs ellende, siekte en dood het voortgespruit uit dié kern-ontploffing van 6 Aug. 1945. Mutasies is altyd nadelig en skadelik; en fataal binne 'n

generasie of twee (H.J. Muller, 'Animal Species And Evolution', p.170 – Time, p.38, 11 Nov.1946).

12.2 Chernobyl. Die Chernobyl-kernongeluk van 26 Apr. 1986 moes, i.t.v. die

Evolusie-Leer, baie voordele vir die betrokke gemeenskap gebring het, maar i.p.v. evolusionêre progressie, het dit net skade en dood tot gevolg gehad.

13. NEANDERTAL-MENS.

13.1 Die Neander-Vallei. Die Neandertals se oorsprong was in die Neander-Vallei naby Düs-seldorf, Duitsland nadat werkers 'n grot met plofstof geblaas en beendere

(bene, pelvis, ribbes en 'n skedel-kroon) daar gevind het.

Daardie bekende 'Neandertal-voorkoms' (alhoewel 'menslike wesens' in alle ander

opsigte) kan waarskynlik toegeskryf word aan: (a) 'n hoë ouderdom vir die Neandertals (b) probleme met diabetes en ragitis en (c) die nagevolge van chroniese Vitamiene D-

gebreke oor etlike dekades.

―Neanderthal Man may have looked like he did,not

because he was closely related to the great apes, but

because he had rickets. The diet of Neanderthal Man was

definitely lacking in Vitamin D‖ [Nature Science Digest,

'Neanderthals Had Rickets', p.35 - Februarie 1971].

13.2 Die Pole-Vonds. In 1908 is 'n tipiese Neandertal-geraamte in Pole gevind begrawe in 'n ketting-gevegsharnas, wat nie eers ten volle geroes was nie! (Nature,

'Neanderthal In Armour', p.587 – 23 23 Apr. 1908).

Page 87: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 87

14. NEBRASKA-MENS.

Één enkele kiestand is al wat gevind is in 1922, wat toe op 'n magiese wyse binne

enkele dae ontwikkel ('evolve') het in Nebraska-Mens! In 1928 ontdek hulle toe dat die tand dié van 'n 'uitgestorwe' vark was, alhoewel lewendige eksemplare van die vark in

Paraguay gevind is in 1972. Grafton Smith is tot Ridder geslaan vir hierdie 'merkwaardige fonds'.

15. NEBULÊRE HIPOTESE.

15.1 Emmanuel Swedenborg. In 1734 het Emmanuel Swedenborg (1688-1772) geteoretiseer (a) dat 'vinnig-roterende nebula' ditself in ons Sonnestelsel met sy planete

en mane in geformeer het, en (b) dat dit die geeste van afgestorwenes was wat die inligting gedurende 'n séance aan hom 'geopenbaar' het!

15.2 Twyfelagtige Oorspronge. Dit is interessant om te sien uit watter twyfelagtige oord die hoogs-gerespekteerde 'Nebulêre Hipotese' sy oorsprong gehad het. Al hoe

minder wetenskaplikes onderskryf ook vandag nog bv. die (evolusionêre) 'Oerknal' ('Big Bang') Teorie.

16. NEOPILINA.

Hierdie gesegmenteerde diepsee-mollusk het kastig uitgesterf '500 miljoen jaar'

gelede, maar word lewendig aangetref vandag!

17. NUTCRACKER-MENS ('NM').

17.1 Louis Leakey. Gevind deur Louis Leakey in 1959 in the Olduvai Gorge in Oos-

Afrika, en genoem Zinjanthropus Boisei, die NM was gedateer '600 000 jaar' oud. Die

Pers het die naam 'Nutcracker-Mens' verkies omdat die skedel sulke buite-verhouding groot kakebene gehad het, wat die indruk geskep het dat die skedel 'gedokter' moes

gewees het.

17.2 In 1961 het die kalium-argon radio-dateringsmetode (baie onakkuraat) gewys

dat NM '1,75 miljoen jaar' oud was, terwyl die C-14 (Koolstof-14) metode (ook

onakkuraat) NM aangedui het as minder as '10 100 jaar' (!) oud.

Leakey het uiteindelik toegegee dat NM die kopbeen van 'n aap was. Dit wil amper

voorkom asof 'Nutcracker Mens' maar vir die evolusioniste 'n moeilike neut was om te kraak.

Page 88: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 88

18. OORERWING VAN VERWORWE EIENSKAPPE ('LA-MARCKISME').

18.1 Jean-Baptiste Lamarck. In 1809, lank vóór Darwin, het Jean-Baptiste Lamarck (1744-1829), in sy boek Philosophie Zoologique, beweer dat (bv.) die kameelperd sy lang

nek gekry het deurdat hy dit moes uitrek om by die boonste blare van bome by te kom.

18.2 Aanhouer Wen? Volgens hierdie geniale idee kan 'n mens langer word (of jou arms langer maak) deur gedurig te strek om die blik op die hoogste rak in die kombuis by

te kom! [Pasop net dat jy jou bene terselftertyd sáám rek, anders sleep die elmboë

naderhand op die grond].

19. ORCE-MENS.

19.1 Die Daily Telegraph. Die Australiese koerant, Daily Telegraph, publiseer toe 'n

artikel 'Ass Taken For Man' op 14 Mei 1984. Die fragment wat 'ontdek' is in Spanje en as 'die

oudste voorbeeld van die mens in Eurasië' voorgehou is (Orce Mens, na 'n Spaanse

dorpie), was uiteindelik deur (ware) wetenskaplikes uitgewys as die skedel-fragment van 'n 4-maande oue donkie!

19.2 Simposium Gekanselleer. Wat 'n verleentheid vir húlle, wat toe 'n simposium gereël vir 500 gaste (oor Orce Mens), moes kanselleer. Die evolusioniste is nou al so

desperaat dat hulle (i) donkie-skedels gebruik om te bewys dat (ii) mens-skedels uit (iii) aap-skedels ontstaan het.

20. ORGUEIL-METEORIET.

20.1 Meteoriet-Materiaal? In 1861 het iemand 'n spul dooie mikrobes geneem en dit met, wat soos meteoriet-materiaal gelyk het, oordek. Die motief was om te toon dat lewe

oorspronklik uit die buitenste ruimte ge-arriveer het. Die vervalsing is gelukkig ontdek [Scientific American, p.52 – Jan.1965].

20.2 Valse Ontdekkings. Dikwels gebeur dit dat die gevolgtrekkings van bekwame wetenskaplikes ge-ignoreer word ten spyte van uiters spekulatiewe 'ontdekkings', soos bv. die (valse) 'meteoriet vanaf Mars' met die 'dooie organismes' in (in die 1990's).

21. PEKING-MENS.

21.1 Davidson Black. Peking Mens het uit 'n dorp se afvalhoop verrys in die 1920's, wat te danke was aan Davidson Black, wie die bedrag van $80 000 vanaf die Rockefeller

Stigting ontvang het om navorsing m.b.t. sy merkwaardige 'fonds', wat hy genoem het

Page 89: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 89

Sinanthropus Pekinensis ('Die China-Mens Van Peking') naby Peking, China, voort te sit. R.Milner skryf:

―The heavy-boned (Peking) homonid skull featured

prominent brow ridges and a somewhat smaller braincase

(about 1000 cc.) than modern humans (1500 cc.) ... Peking

Man was represented mainly by skulls - hardly any post-

cranial material. Not a pelvis or a rib. Just skulls. And the

openings at their bases, the foramen magnums, had been

widened and smashed, as if someone had wanted to scoop

out the brains.‖ [Encyclopedia Of Evolution, p.359 (1990)].

21.2 Gewone Mense. Die klipwerktuie wat daar gevind was, was waarskynlik dus nie getuienis van nuwe soorte gereedskap wat deur 'ontwikkelende hominiede' ontdek was

nie, maar klipgereedskap wat deur gewone mense gebruik was om ape mee dood te maak en te eet.

22. PERD-EVOLUSIE?

22.1 Othniel Marsh. In die 1870's het Othniel C. Marsh daarop aangespraak dat hy dertig (30) verskillende perd-fossiele in Wyoming en Nebraska 'ontdek' het. Hy het die

'fossiele' gerekonstrueer en in 'n 'klein-na-groot evolusionêre perdreeks' gerangskik. Later egter het die oorgrote meerderheid van (ware) wetenskaplikes dié 'perd-evolusie'

van Marsh heftig betwis.

22.2 „Zap Into The Zibi‟. Pragtige sketse van Marsh se (valse) 'van-klein-na-groot-perd-evolusie' word vandag nog as 'feit' in teksboeke, veral in kinder-boeke, aangetref

(smyt weg!) [Charles Deperet, 'Transformation Of The Animal World', p.105 / G.A. Kerkut, 'Implications

Of Evolution', p.149 – 1960 / Encyclopaedia Brittanica, Vol.7, p.13 – 1976].

23. PILTDOWN-MENS.

23.1 Charles Dawson. Piltdown Mens is 'ontdek' in 'n gruisbed deur Charles Dawson, n Sussex-prokureur by Piltdown Common, Retching (Sussex) in England in 1909/1910, wat bestaan het uit 'n kleingedeelte van buitengewoon dik pariëtale-been.

In 1911 vind hy toe 'n groter been-fragment, nl. 'n gedeelte van die voorste deel van 'n skedel, insluitend die oogbank-gedeelte oor die linkerkantste oog.

23.2 Saam met Dr. Arthur Smith Woodward (Hoof: Dept. Geologie, Britse Museum), Grafton Elliot Smith (bekende Breinspesialis) en Dr. Arthur Keith (Anatomis), skep hy toe

vir Eoanthropus Dawsoni ('Dawson's Dawn Man'), kastig '300 000 jaar' oud.

Page 90: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 90

23.3 St. Barbe & Marriot. Die 'ontdekking' was amptelik op 16 Desember 1912 aangekondig. Kapt. St. Barbe en Majoor Marriott, amateur-paleontoloë van Sussex, het

blykbaar vir Dawson by meer as een geleentheid betrap waar hy besig was om been-

fragmente te bevlek.

23.4 Kenneth Oakley. Die vervalsing is gedurende 1953 deur Kenneth Oakley (Britse Museum-Geoloog) en „n Suid-Afrikaner, Prof. Joseph Weiner (Oxford Universiteit-

Antropoloog) ontdek.

23.5 Prof. J.S. Weiner. In 1955 het die antropoloog en gebore Suid-Afrikaner by

Oxford, Prof. Weiner, hoofspeurder in die saak, 'n boek gepubliseer nl. The Piltdown Forgery.

Hy skryf:

―Every important piece proved a forgery. Piltdown Man

was a fraud from start to finish!‖ (Alden P. Armanac, 'The

Piltdown Hoax', Reader's Digest, Oktober 1956, p.182).

24. RHODESIË-MENS.

'Ontdek' in 'n grot in Rhodesië in 1921. 'n Span antropoloë en kunstenaars het toe vinnig probeer om die 'fonds' in 'n half-aap/half-mens wese te omskep. 'n Bekwame

anatomis het die fragmente ontleed en dit later as 'n 'gewone mens' beskryf.

25. TUATARA.

Hierdie reptiel was veronderstel om uitgesterf te gewees het sedert die sogenaamde

„Kryttydperk‟ [Cretaceous] vir '135 miljoen jaar', maar word nog lewendig aangetref

vandag!

‗Welgeluksalig is die man [en vrou] wat nie wandel in die

raad van die goddelose en nie staan op die weg van die

sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie.‘ (Ps.

1:1).

Bibliografie.

1. Die Bybelgenootskap Van Suid-Afrika. „Die Bybel In Afrikaans‟ (OV). 2. Vance Ferrell B.A.,M.A.,B.D., 'Science vs. Evolution' and 'The Evolution Handbook', Evolution

Facts Inc. (2001).

Page 91: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 91

DDIIEE DDWWAAAASSHHEEIIDD VVAANN AATTEEÏÏSSMMEE--

EEVVOOLLUUSSIIOONNIISSMMEE

1. SOMMIGE ATEÏSTE SE BEROEMDE LAASTE WOORDE.

1.1 Ateïste praat. Die woorde van sommige bekende ateïste gedurende hulle

laaste oomblikke dien as ernstige waarskuwing vir ons wat nog in die lewe is:

ARISTOTEL: ―Die Dood is 'n aaklige ding, want dit spel die einde.‖

John DONNE [Engelse outeur]: ―Die Dood is 'n bloedige konflik, en geen

oorwinning nie; 'n stormagtige see, en geen hawe nie; 'n glibberige hoogte,

met geen vasskopplek nie; 'n desperate val na benede, maar sonder 'n

bodem.‖

J. ROUSSEAU [Ongelowige]: ―Geen mens kan dit waag om die Dood

sonder vrees tegemoet te gaan nie.‖

Robert INGERSOLL [Ongelowige, by die graf van sy broer]: ―Die Lewe is

'n smal vallei tussen die koue en barre pieke van twee ewighede. Ons strewe,

tevergeefs, om anderkant die hoogtes te probeer loer. Ons huil hardop, en die

enigste antwoord is die eggo van ons gekerm. Vanuit die stemlose lippe van

die roerlose dooie kom daar nie 'n woord nie.‖

Ptolemy PHILADELPHUS [heerser oor Egipte, uit vrees vir die Dood en by

die aanskoue van 'n bedelaar wat luilekker in die Son gelê het]: ―Ai tog, as

ek maar een van hulle kon gebore gewees het!‖

Phineas T. BARNUM [Sirkus-eienaar) tydens sy jongste Madison Square

Garden-vertoning: ―Hoeveel kaartjies is verkoop?‖

ALDAMONT [Die ongelowige]: ―My beginsels het my vriend vergiftig; my

spandabelrigheid het van my seuntjie 'n bedelaar gemaak, en my

hardvogtigheid het my vrou vermoor … is daar dalk nog 'n ander soort hel

wat voorlê?‖

Honore MIRABEAU ['n Politieke leier gedurende die Franse Rewolusie]:

―My lyding is ondraaglik; Ek het 'n honderd jaar se lewe agter my, maar nie

Page 92: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 92

'n druppel moed nie. Gee my meer 'laudanum', sodat ek nie aan die ewigheid

hoef te dink nie! O Christus, O Jesus Christus!‖

MAZARIN [Franse kardinaal en raadgewer aan konings]: ―O my arme siel!

Wat gaan van jou word? Waar sal jy heengaan?‖

SEVERUS [Romeinse heerser wat verantwoordelik was vir die dood van

duisende Christene]: ―Ek was alles, en alles is niks!‖

Thomas HOBBES [Politiese filosoof en skeptikus]: ―As ek die hele Wêreld

besit het, sou ek enigiets gegee het om net nog één dag te lewe. Ek sal dan

bly gewees het om 'n gat te kry sodat ek uit die Wêreld kon kruip. Ek staan

voor 'n verskriklike sprong die duisternis in!‖

Caesar BORGIA: ―Ek het gedurende my lewe vir alles voorsiening gemaak

behalwe vir die Dood; en nou, en einde laaste, moet ek sterf, alhoewel

absoluut onvoorbereid!‖

Sir Thomas SCOFF [Kanselier van Engeland]: ―Tot op hierdie oomblik het

ek gedink daar is geen God of Hel nie; nou weet en voel ek daar is beide, en

ek is tot die verderf gedoem deur die regverdige oordeel van die Almagtige!‖

(vandaar die Engelse uitdrukking om te 'scoff').

Edward GIBBON [outeur van die boek: 'Decline And Fall Of The Roman Empire]':

‖Alles is donker en onseker.‖

Sir Francis NEWPORT [hoof van die (Engelse) Klub Vir Ateïste, aan diegene

rondom sy sterfbed]: ―Moenie vir my probeer vertel daar is geen God nie,

want ek weet Hy bestaan, en ek is in Sy teenwoordigheid! Moenie vir my

probeer vertel daar is nie 'n Hel wat vir my wag by die opstanding van die

goddelose nie ... ek weet dit kom! Lieplappers, staak julle ydele beloftetjies

dat daar vir my hoop is ... ek weet ek is vir ewig verlore!‖

M.F. RICH: ―Verskriklike afgryslikhede hang oor my siel! Ek het my

onsterflikheid verruil vir goud; en die gewig daarvan laat my wegsink in 'n

hopelose, hulpelose toekoms ... Hel!‖

Thomas PAINE [Vooraanstaande ateïstiese outeur van die vroëe

Amerikaanse kolonies]: ―Ek sou Wêrelde wou gee (as ek hulle gehad het)

dat my boek The Age Of Reason nooit gepubliseer was nie. O Here help my!

Christus, help my! Nee, moenie gaan nie, bly by my! Stuur selfs 'n kind om

by my te bly; want ek is hier alleen, op die randjie van 'n toekomstige

verskrikking. Indien die Duiwel ooit 'n agent gehad het, was dit ek.‖

Page 93: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 93

Napoleon BONAPARTE [Franse Heerser wat verantwoordelik was vir die

dood van miljoene mense ter wille van sy selfsugtige agenda]: ―Ek sterf

vóór my tyd, en my liggaam sal teruggegee word aan die Aarde. So is die lot

van hom wat genoem was 'Die Groot Napoleon'. Wat 'n afgrond tussen my

ewige ellende en die ewige Koninkryk van Christus.‖

John Wilkes BOOTH [Die person wat Abraham Lincoln vermoor het]:

―Nutteloos! Nutteloos! Die verskrikkinge wat vir my wag!‖

Thomas CARLYLE: ―Ek is so goed as sonder enige hoop, 'n patetiese ou

man op die randjie van die finale afgrond.‖

David STRAUSS [Vernaamste eksponent van 'Duitse Rasio-nalisme', nadat

hy 'n leeftyd daaraan gewy het om ander se geloof in God te vernietig]: ―My

filosofie laat my heeltemal weerloos! Ek voel soos iemand wat in die

genadelose kake van 'n outomatiese masjien vasgeknyp word, terwyl een van

die enorme hammers my enige oomblik kan vergruis!‖

Josef STALIN [Wie, met sy 'pogroms', vir miljoene se dood verantwoordelik

was, se dogter Svetlana Stalin, praat oor haar vader se dood (uit Newsweek)]:

―My vader het 'n moeilike en verskriklike dood gesterf ... in sy laaste

oomblikke het hy sy oë oopgegemaak en na almal in die kamer gekyk. Daar

was 'n verskrikte uitdrukking in sy oë, kranksinnigheid, of miskien woede ...

hy het sy linkerhand opgelig, asof hy na iets daarbo wou wys en terselftertyd

'n vloek oor ons wou aftrek. Die gebaar was vol onheil ... die volgende oomblik

was hy dood.‖

Charles IX [Franse Koning wat 15 000 Hugenote in Parys en nog 100 000

ander in Frankryk vermoor het op aandrang van sy moeder … vir geen ander rede nie behalwe dat hulle lief was vir Christus. Hy het gesterf, verswelg

deur bloed wat uit sy gebarste are gestroom het]: ―Of ek slaap, en of ek

wakker is ... al wat ek voor my sien is die verminkte liggame van die

Hugenote. Bloed stroom van hulle af. Hulle wys na hul gapende wonde. Ag, as

ek maar net die babas aan Moedersbors gespaar het! Watter bloed! Ek weet

nie waar ek is nie. Hoe gaan dit alles eindig? Wat sal ek maak? Ek is vir ewig

verlore! Ek weet dit. Ek het verkeerd gedoen.‖

William E. Henley [„n Ateïswie se laaste twee sinne van sy bekende gedig

Out Of The Night dikwels aangehaal word]: ―I am the master of my fate; I am

the captain of my soul.‖

Page 94: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 94

Baie wat God verwerp, raak natuurlik liries oor Henley se tipies-humanistiese gedig, maar meeste besef nie dat Henley later selfmoord

gepleeg het nie.

Mahatma GANDHI [Hindoe-leier, skryf kort vóór sy dood]: ―My dae is

getel. Ek dink nie ek gaan lank lewe nie ... miskien 'n jaar of bietjie langer.

Vir die eerste keer in vyftig jaar bevind ek myself in die put van

moedeloosheid. Alles om my is duister; ek bid vir lig.‖

TALLYRAND [Een van die mees geslepe Franse politieke leiers uit die era

van Napeoleon]: ―Kyk, drie-en-tagtig [jaar] het verbygegaan! Watter

bekommernisse! Watter moeilikheid! Watter vrese! Watter onenigheid!

Watter treurige komplikasies! En dit alles sonder enige resultate behalwe 'n

uitgeputte verstand en liggaam, 'n diep gevoel van neerslagtigheid met

betrekking tot die toekoms, en 'n renons in die verlede!‖

VOLTAIRE [Europa se mees invloedryke ateïs van sy tyd]: ―Ek is deur

God en die mens verlaat; Ek is op pad Hel toe! Ek gee jou die helfte van wat

ek werd is as jy my net nog ses maande kan gee om te leef.‖

[Die dokter wat ten tye van Voltaire se afsterwe by sy bed was, het ook later soos volg geskrywe:

“Wanneer ek die dood van 'n regverdige man vergelyk, wat baie soos die afsluiting van 'n mooi dag is, met dié van Voltaire, sien ek die verskil tussen helder mooiweer en 'n swart donderstorm. Dit was my lot dat hierdie man

deur my versorg moes word. Dikwels het ek hom aan die Waarheid herinner, dan het hy geantwoord:

'Ja, my vriend, jy is die enigste een wat my nog ooit

goeie advies gegee het. As ek dit maar gevolg het, sou ek nie

in die verskriklike toestand gewees het waarin ek my

vandag bevind nie. Ek het niks gesluk behalwe rook nie. Ek

het myself vergiftig met 'n wierook wat my kop laat draai

het. Jy kan niks vir my doen nie. Bring vir my 'n dokter vir

die kranksinniges! Wees my genadig ... ek is kranksinnig!'

“Ek kan steeds nie daaraan dink sonder om te gril nie. Sodra hy besef het dat niks gehelp het om sy lewe te red of verleng nie, was die dood konstant

voor sy oë. Van daardie oomblik af het kranksinnigheid van sy siel besit

geneem. Hy het gesterf gepaardgaande met die verskriklikste lyding.”

Page 95: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 95

1.2 Sien ateïste kans vir Satan? Kom ons bid liewer dat, deur die Bloed van Jesus Christus gestort op Gólgota, ons nie hoef te sterf met so 'n lot waar ons aan die

'genade' van Satan oorgelaat word nie, soos beskrywe deur in Torquato Tasso in Jerusalem Delivered:

On his fierce brow majestic terror rode,

That swelled with conscious pride th' infernal god:

His reddening eye, whence streaming poison ran,

Glared like a comet, threatening woe to man.

Thick matted folds his ample beard displayed,

And veiled his bosom in its mighty shade.

His mouth was like the whirlpool of the flood,

Dark, yawning, deep, and foul with grumous blood.

(Torquato Tasso, 'Jerusalem Delivered' aangehaal in R.P. Downes LL.D.,

'Hours With The Immortals', Every Age Library).

2. DIT IS DWAASHEID OM NIE IN GOD TE GLO NIE.

2.1 Die groot Wit-Troon Oordeel. Die Apostel Johannes skryf op die eiland Patmos na aanleiding van sy gesig van die Eindtyd:

―En ek het 'n groot wit troon gesien en Hom wat daarop

sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug

het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie.

―En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan,

en die boeke is ge-open; en 'n ander boek, die boek van die

lewe, is ge-open.

―En die dode is ge-oordeel na wat in die boeke geskryf is,

volgens hulle werke.

―En die see het die dode gegee wat daarin was, en die

dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en

hulle is ge-oordeel, elkeen volgens hulle werke.

Page 96: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 96

―En die dood en die doderyk is in die poel van vuur

gewerp. Dit is die tweede dood.

―En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die

boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.‖

(Openb.20:11-15).

2.2 Die goddelose is soos kaf wat die wind verstrooi.

―Welgeluksalig is die man wat nie wandel in die raad van

die goddelose nie en nie staan op die weg van die sondaars

en nie sit in die kring van die spotters nie ... En hy sal wees

soos 'n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte

gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie; en alles

wat hy doen, voer hy voorspoedig uit. So is die goddelose

mense nie, maar soos kaf wat die wind verstrooi.‖ (Ps.1:1,3,

4).

2.3 Mense wat sê daar is geen God nie, is goddeloos.

Die goddelose, met sy neus in die hoogte, sê: ―Hy

ondersoek nie; daar is geen God nie‖ ... dit is al sy gedagtes! (Ps.10:4 ).

2.4 Mense wat sê daar is geen God nie, is dwaas.

Die dwaas sê in sy hart: ―Daar is geen God nie ...― (Ps.14:1a).

2.5 Die bestaan van God is duidelik waarneembaar in die Skepping.

(a) Die hemele vertel die eer van God, en die uitspansel

verkondig die werk van Sy hande. (Ps.19:2).

(b) Want Sy onsigbare dinge kan van die skepping van die

wêreld af gesien word, naamlik Sy ewige krag en

goddelikheid sodat hulle geen verontskuldiging het nie. (Rom.

1:20).

2.6 God se Woorde is sewemaal gelouter.

Page 97: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 97

Die woorde van die Here is rein woorde, silwer wat

gelouter is in 'n smeltkroes in die aarde, gesuiwer sewe

maal. (Ps.12:7).

2.7 God gee óm vir dié wat Hom vrees.

Kyk, die oog van die Here is op die wat Hom vrees, op die

wat op Sy goedertierenheid wag; om hulle siel te red van

die dood en hulle in die lewe te hou in hongersnood. (Ps.33:18-19).

2.8 By God is lewe.

Want by U is die fontein van die lewe, en in U lig sien ons

die lig. (Ps.36:10).

2.9 By God is beskerming en redding.

Die Engel van die Here trek 'n laer rondom die wat Hom

vrees, en red hulle uit. (Ps.34:8).

2.10 Die Here is naby die gebrokene van hart.

Die Here is naby die wat gebroke is van hart, en Hy verlos

die wat verslae is van gees. (Ps.34:19).

2.11 God sal die regverdige nooit in die steek laat nie.

Ek was jonk, ook het ek oud geword, maar nooit het ek

die regverdige verlate gesien, of dat sy nageslag brood soek

nie. (Ps.37:25).

2.12 God kan die mens se siel loskoop van die Doderyk.

Maar God Sal my siel loskoop van die mag van die

doderyk, want Hy sal my opneem. (Ps.49:16).

2.13 In God kan die mens kragtige dade doen.

Page 98: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 98

In God sal ons kragtige dade doen, en Hy self sal ons

vyande vertrap. (Ps.60:14).

2.14 God kan ons sondes vergewe.

Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die Here; al

was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu;

al was dit soos purper, dit sal word soos wol. (Jes.1:18).

2.15 God is Regter.

Maar God is regter: Hy verneder die een en verhef die

ander. (Ps.75:8).

2.16 God is 'n Betroubare Rots.

Al beswyk my vlees en my hart ... God is die rots van my

hart en my deel tot in ewigheid. (Ps.73:26).

2.17 Welgeluksalig is hulle wat in God se Huis woon.

Welgeluksalig is hulle wat woon in U huis; hulle prys U

gedurigdeur. (Ps.84:5).

2.18 God het 'n sin vir humor.

Hy wat in die hemel woon, lag; die Here spot met hulle

[met die goddelose]. (Ps.2:4).

3. DIE LOON VAN ONGEREGTIGHEID.

3.1 Familie In Die Tronk. In 1874 0ntdek die 'New York State Prison Board' dat daar ses lede van dieselfde familie besig was om tyd uit te dien in die tronk. Hulle het

daardie familie-geskiedenis nagevors en ontdek dat die lede van daardie familie almal afgestam het van 'n voorouer gebore in 1720.

Hierdie voorouer [ons hou hom liefs anoniem] was 'n dronklap, skoorsoeker en leeglêer van twyfelagtige reputasie.

3.2 Getrou met „n vrou nes hy. Hy het met 'n vrou van ewe twyfelagtige karakter getrou en saam het hulle agt kinders gehad ... ses dogters en twee seuns.

Page 99: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 99

3.3 Wat het van sy afstammelinge geword? Van die ongeveer 1200 afstammelinge is die volgende statistieke ontdek:

310 was haweloos

160 was prostitute 180 was verslaaf aan drank en/of dwelms

150 was kriminele wat tyd in die tronk moes deurbring 7 van die kriminele was skuldig aan moord.

3.4 Die koste van Ongeregtigheid. Daar is ook ontdek dat die Staat op daardie stadium (1874) alreeds $1,5 miljoen gespandeer het om vir dié familie in die tronk te

sorg, en ook dat nie een van die afstammelinge 'n noemenswaardige bydrae tot die samelewing gemaak het nie. (The Good News Magazine, Vol.12, Nr.6, p.16, United Church Of

God, Ohio - Nov./Dec.2007).

4. DIE LOON VAN GEREGTIGHEID.

4.1 Die puriteinse herlewing in die VSA. Jonathan Edwards, gebore in 1703,

was betrokke by die groot puriteinse herlewing van die 18de eeu in die VSA. Hy het 'n predikant geword en was getroud met 'n Godvresende vrou, Sarah. Saam het hulle elf

kinders gehad. Uiteindelik het Edwards, wat later met sy kerk moes skeur oor meningsverskille oor sekere aspekte van dogma, die eerste President van Princeton

Universiteit geword. Jonathan Edwards was lief vir God en die Bybel.

4.2 Wat het van sy afstammelinge geword? Navorsers het die volgende m.b.t. die 1400 nasate van Jonathan & Sarah Edwards ontdek:

13 was kollege-presidente

65 was kollege-professore 100 was prokureurs

32 was staatsregters

85 was die outeurs van klassieke boeke 66 was dokters

80 het poste in die openbare politiek beklee 3 was goewerneurs

3 was senatore 1 was 'n Vise-President van die VSA

(The Good News Magazine, Vol.12, Nr.6, p.16, United Church Of God, Ohio - Nov./Dec.2007).

Page 100: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 100

5. HULLE WAT GOD VREES EN SY NAAM EER SE NAME WORD IN 'N SPESIALE GEDENKBOEK OPGETEKEN!

5.1 Hoe dom was Sodom? Sodom was nie verniet só genoem nie ... tog só dom. Die ateïs blý maar net eenvoudig in die moeilikheid, want:

(a) Indien God bestaan. Dan sal hy in die Ewigheid aan Hom moet verduidelik waarom hy Hom verwerp het.

(b) Indien God nie bestaan nie. Dan swiep die Aarde deur die ruimte teen ±

107 000 k.p.u. in sy wentelbaan om die Son, en niemand is in beheer nie! (Dit is mos nie logies nie).

5.2 Beloftes van Jesus Christus aan Gelowiges.

'Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die

gemeentes sê':

―Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die boom

van die lewe wat binne-in die paradys van God is.‖

―Die wat oorwin, sal deur die tweede dood geen skade

ly nie.‖

―Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die

verborge manna, en Ek sal hom gee 'n wit keursteen, en op

dié steen 'n nuwe naam geskrywe wat niemand ken nie,

behalwe hy wat dit ontvang.‖

―En aan hom wat oorwin en my werke tot die einde

toe bewaar, sal Ek mag oor die nasies gee, en hy sal hulle

regeer met 'n ysterstaf; soos erdegoed word hulle verbrysel,

net soos Ek ook mag van My Vader ontvang het. En Ek sal

hom die môrester gee.‖

―Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en Ek sal

sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en Ek

sal sy naam bely voor my Vader en voor sy engele.‖

Page 101: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 101

―Wie oorwin, Ek sal hom 'n pilaar in die tempel van

My God maak, en hy sal daar nooit weer uitgaan nie; en Ek

sal op hom die Naam van my God skrywe en die naam van

die stad van my God, van die nuwe Jerusalem, wat uit die

hemel van God neerdaal, en My nuwe Naam.‖

―Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My

te sit op My troon, soos Ek ook oorwin het en saam met

my Vader op Sy troon gaan sit het.‖

―Hy wat oorwin, sal alles beërwe; en Ek sal vir hom 'n

God wees, en hy sal vir My 'n seun wees.― (Openb.2:7,11,17,

26,27,28; Openb.3:5,12,21; Openb.21:7 ).

“Kyk, Ek kom gou. Salig is hy wat die woorde van die

profesié van hierdie boek [Die Bybel & Openbaring]

bewaar.‖ (Openb.22:7).

5.3 Belofte aan diegene wat God eer. Vir hulle wat God vrees en Sy Naam eer wag nog 'n verdere belofte:

Toe het die wat die Here vrees, met mekaar gespreek, en

die Here het dit opgemerk en gehoor, en daar is 'n

GEDENKBOEK voor Sy aangesig geskrywe vir die wat Hom

vrees en Sy Naam eer. (Mal.3:16).

GRYP DIE REDDINGSGORDEL!

Jes.1:18; Jhn.3:16; 4:13,14; 10:10; Rom.6:23; 8:1; Heb.9:14,15; 10:10; 1 Jhn.1:8-10;

Openb.3:20; 22:17.

Page 102: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 102

GELOOFSVERKLARING

Hiermee neem ek vandag vir Jesus Christus aan as my

Verlosser En persoonlike Saligmaker.

Handtekening Datum

Bibliografié.

1. Die Bybelgenootskap Van SA: 'Die Bybel In Afrikaans' (1933/1957)

2. Vance Ferrell BA, MA, BD: 'Science vs. Evolution', & 'The Evolution Handbook', Evolution Facts

Inc.(2001).

3. The Good News Magazine, Vol.12, Nr.6, United Church Of God, Ohio (Nov./Dec.2007).

Page 103: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 103

SSKKEEPPPPIINNGGSSWWOONNDDEERRSS IINN DDIIEE

NNAATTUUUURR

1. DIE NATUURWETTE.

1.1 Waar Kom Wette Vandaan? Alle wette, insluitend die Landswette en 'Wette

Van Die Natuur', word altyd gegee deur 'n WETGEWER. Dink maar aan Die

Arbeidswet; Die Mineraalwet; Newton se Swaartekragwette en Die Wet Van Moses

('Torah'). Daar is Die Eerste & Tweede Wette Van Termodinamika; Einstein se E =

mc² en Die Wet van Boyle. As Evolusie dan wáár is, hoekom verander ('evolve')

hierdie Wette nie ... hoekom bly dit altyd die dieselfde?

1.2 God Is Die Outeur Van Natuurwette. Die antwoord is natuurlik dat God die

Outeur van alle Natuurwette is; dat Hy 'n intelligente, planmatige God met 'n

definitiewe agenda is en wat op kosmiese vlak met makro-strategiëe besig is wat ons

beswaarlik sal verstaan. Ook net Hy beskik oor die gesag en mag om bestaande

Natuurwette ter syde te stel.

1.3 Wette Sonder Wetgewer? Daar is m.a.w. werklik 'n God ... of van wanneer

af bestaan daar Wette (ook Natuurwette) sonder 'n WETGEWER?

2. DIE WET VAN SKEPPERSKAP.

2.1 Skepper & Produk. Hierdie Wet beteken dat die skepper of maker van 'n

produk of objek altyd self méér kompleks en intelligent is as wat daardie produk of

objek is, of daardie produk of objek nou 'n papiervliegtuigie of 'n kernaanleg is. Die

Heelal is 'n ongelooflik-komplekse plek ... kyk maar net na die Periodieke Tabel Van

Elemente, die komplekse atoomstrukture van die Mikro-Kosmos en die Elektro-

Magnetiese Spektrum! Dan volg dit mos logies dat die Skepper daarvan (God, of

'YHWH') 'n oneindig-intelligente en komplekse Wese moet wees, met 'n 'IK' (figuurlik-

gesproke) van ∞ (Oneindig)!

2.2 Evolusioniste aanbid die Evolusie-god. Indien Evolusie regtig die Wêreld

gemaak het, sou ons dit (uit pure bewondering en ontsag) moes aanbid het ... maar

is dit nie presies wat die ateïs-evolusionis vandag besig is om te doen nie? Die ateïs-

evolusionis probeer om Godsdiens en God ('bygeloof', soos hy/sy dit stel) uit die

Page 104: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 104

samelewing te verwyder, maar in die plek daarvan aanbid hy/sy 'n ander god ... die

koddige god van lukrake, breinlose en almagtige toeval, want hy sê:

―Die Natuur het homself gemaak!‖

2.3 Waarom Ontwikkel Evolusioniste Nie? Indien Evolusie dan wáár is, waarom

glo die Evolusioniste na 150 jaar dan nog stééds in Evolusie ... waarom ontwikkel

('evolve') hulle nie? Nietemin, hieronder volg „n klompie Skeppingswonders in die

Natuur.

3. DIE AKASIA-DORINGBOOM.

3.1 Tannien-k. Wanneer diere te véél van die Akasia-boom in Afrika begin eet,

begin die boom 'n chemiese stof genaamd tannien-k afskei. Hierdie tannien-k

kombineer dan met chemiese stowwe in die blare, wat 'n onaangename smaak in die

blare veroorsaak, wat diere ontmoedig om daarvan te eet. Wetenskaplikes het

gevind dat die tannien-k vlakke normaalweg laag is, maar, binne 15 minute nadat

skade aan die blare aangerig is, het die tannien-k vlakke reeds verdubbel.

3.2 Bome Waarsku Mekaar! Sodra dit gebeur, skei die boom ook 'n

onaangename geur af wat die ander Akasia-bome in die nabyheid waarsku, wat dan

ook tannien-k begin produseer vir selfbeskerming.

4. ONTSOUTING VAN SEEWATER.

4.1 Te Min Vars Water. Gebrek aan vars water is 'n toenemende probleem in baie lande van die Wêreld, ten spyte daarvan dat byna 83% van die Aard-oppervlak deur

water bedek word. Die uitdaging aan wetenskaplikes is om seewater goedkoop-genoeg vir die mens se gebruik te ontsout. Navorsers worstel al jare lank met hierdie

probleem.

4.2 Seevoëls Ontsout Sommer Self! Kliere in die koppe van seevoëls skei gedurig 'n hoogsgekonsentreerde sout-oplossing in hul neusgate af, wat dan weer

terugdrup in die see. Met hierdie ingeboude ontsoutings-meganisme (wat nie elektrisiteit, olie of steenkool gebruik nie) is seevoëls nie van vars water afhanklik nie.

5. DIE RYSPLANTJIE.

5.1 Hoe Maak Mens? 'n Mens kan normaalweg nie lug deur 'n pypie suig na 'n diepte van 5 meter onder die water nie ... tog kan die rysplantjie dit doen. Om te kan

Page 105: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 105

groei en saadskiet, moet die rysplantjie ongeveer 5 meter onder water staan, maar met sy toppe bokant die water. In vloedgeteisterde gebiede groei die rysplantjie tot

32 cm. per dag om sy boonste blare bokant die water te kan hou in die rysbedding.

5.2 Rysplantjie Suig Self Lug Na Benede. Die rysplantjie absorbeer lug deur die blootgestelde blare, asook deur 'n lugskede wat die stammetjie onder die water omhul. Vir elke suurstof-molekuul wat opgeneem word, word een koolstofdioksied-

molekuul afgegee.

Omdat die koolstofdioksied-molekuul egter gouer oplos in water as die suurstof-

molekuul, word 'n vakuum in die plantjie geskep wat net nog méér lug intrek. As gevolg van hierdie gedeeltelike vakuum, kan die rysplantjie lug 5 meter ver na

benede aftrek.

6. DIE 'PHOTINUS' VUURVLIEGIE.

6.1 Lig & Hitte. Wetenskaplikes sukkel maar om LIG te skep sonder dat 94,5% daarvan as hitte verlore gaan.

6.2 Energie-Bespaarder! Die 'Photinus' vuurvliegie 'maak' LIG met tot 90% van die energie net vir daardie doel. Die gloed van dié vuurvliegie bevat slegs ¹/80 000 (0,0000125) van die hitte wat geproduseer sou word deur die vlam van 'n kers van

diesélfde grootte.

7. DIE DUIK-SPINNEKOP.

7.1 Asem lug in. Hierdie spinnekop asem lug in maar bring die grootste gedeelte

van sy tyd onder die water deur. Hy duik onder die water in met 'n lugblasie

('bubble') wat hy aan die plante vasmaak. Hy gebruik dit dan as 'n nes en om in asem

te haal.

7.2 Merkwaardige spinnekop. Die gewoontes van hierdie spinnekop is

merkwaardig. Nadat babas gebore is, begin hulle reeds van vroeg af om met

allerhande duikwerk die gesin te ondersteun. Hoekom sou 'n spinnekop, wat lug só

suksesvol kan inasem, ónder die water wil woon, tensy hy spesifiek geskep is om dit

te doen?

Page 106: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 106

8. DIE SPONS.

8.1 Die geduldige skepseltjie. Die Spons leef in baie dele van die Wêreld en word

gereeld in plekke soos die Golf Van Méksiko ge-oes. Die Spons beskik oor geen hart,

brein, lewer of geraamte nie en byna ook niks anders nie. Party word byna 'n meter

in grootte, tog kan jy hom in stukke sny, deur 'n sy-lap druk (en in die proses elke sel

van mekaar skei) en dan die produk (of 'n gedeelte daarvan) terugsmyt in die

seewater. Die afsonderlike selle sal dan weer saamkom om 'n Spons te vorm. Die

Spons beskik nogtans oor 'n ingewikkelde struktuur van openinge, kanale ens. maar

nie oor 'n brein nie.

8.2 Die breinlose genié. Sonder 'n brein weet die mannetjie bv. presies, tot die

nááste minuut, wanneer die gety gaan begin inkom. Sodra dit gebeur, stel die

mannetjie saad vry wat deur die gety in die water ingedra word. Al sou die wyfie

soveel as bv. 1,6 km. weg wees, weet sy tóg (sonder 'n brein) dat daar saad

afkomstig van die mannetjie iewers bokant haar in die water is. Onmiddellik stel sy

duisende eiers vry wat soos 'n wolk na bo styg totdat dit met die sperma van die

mannetjie verenig. Die eiers word bevrug en uiteindelik kom nuwe Baba-Sponsies

tevoorskyn.

9. DIE „CRASEONYCTERIS THONGLONGYAL’ VLERMUIS.

Hierdie 15 cm. vlermuis weeg maar net 0,06 onse, tog beskik dit, net soos ander

soogdiere, oor duisende gespesialiseerde organe. Hoe kan dit wees? Evolusie

(toeval!) kon dit nie gedoen het nie.

10. CHLOROFIL.

10.1 Fotosintese, koolhidrate & chloroplaste. Wetenskaplikes skat dat daar

ongeveer 400 miljoen miljoen perdekrag sonlig-energie daagliks die Aarde bereik.

Fotosintese is die proses waardeur sonlig omgeskakel word in koolhidrate (die basis

vir kos op die planeet). Hierdie fotosintese vind plaas in die chloroplaste. Elkeen is

lensvormig, amper soos 'n plat keël metdie ronding aan die bokant. Sonlig kom die

chloroplaste van bo-af binne.

10.2 Lamelliae, Thylakolds en Lamelium. In die chloroplaste is klein silindertjies

(lamelliae) wat baie soos die klein, ronde batterytjies lyk wat ons in bv. horlosies ens.

gebruik. Elke silindertjie bestaan uit 'n stapel skyfvormige thylakolds. Een so stapel

Page 107: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 107

word genoem 'n lamelium. 'n Klein, smal bandjie verbind elke stapel met 'n ander

stapel, wat lyk of hulle soos 'n klomp batterytjies aanmekaar gebind is.

10.3 Sonlig en chlorofil. Sonlig word deur die chlorofil in hierdie stapels

geprosesseer wat dan gestoor word as chemiese energie in die vorm van suiker-

molekules. Chlorofil is baie ingewikkeld en bestaan nooit alleen buite plante nie, net

soos DNS ('DNA') en tienduisende ander chemiese strukture nooit buite diere bestaan

nie. Nou, as dit dan nooit buite aangetref word nie, hoe het dit dan daarbinne

beland?

10.4 Het chlorofil 'n brein? In baie plante beweeg die klein skyfies wat die

chlorofil bevat rond binne-in die plantselle om vir die verskillende lig- en hitte-

toestande voorsiening te maak. Wanneer die sonlig te sterk is, draai die skywe op

hulle kante. Op 'n bewolkte dag lê die skywe met met hulle 'gesiggies' ná die Son om

die maksimum sonlig te benut. Hoe sou breinlose, lukrake 'Evolusie' DNS, chlorofil en

fotosintese ooit kon 'patenteer'?

11. DIE BLAARBIND-MIER.

11.1 Naaldwerkster? Hierdie mier bou haar nes deur blare soos 'n wafferse

naaldwerkster aanmekaar te werk.

11.2 Geniale Kindertalent! Die mier doen dit deur 'n spesiale tegniek waartydens die larwe-baba van die mier opgetel en versigtig in die kake vasgehou word terwyl 'n

vloeistof uit die larwe-baba gedruk word ... presies soos wat 'n meganiese instrument ('glue-gun') gebruik sou word om die blare aanmekaar te lak-sweis.

12. KLEUR IN DIE NATUUR.

12.1 Plante weet net hóé. Omdat plante die rooi en pers ligstrale van lig

absorbeer, word die geel en groen ligstrale terugweerkaats na buite. Dit is wat aan die landskap in die Natuur soveel prag besorg. Sonder hierdie versigtige beplanning,

egter, kon dit gebeur het dat die geel en groen ligstrale ge-absorbeer geword het, en die rooi en pers ligstrale gereflekteer geword het na buite. Indien dit sou gebeur het,

sou ons net diepblou en -pers gesien het waar ons kyk! Of, indien groen, blou en violet ge-absorbeer gewees het, sou ons net skerp rooi en oranje om ons gesien het.

12.2 GOD het dit so beplan. Maar, omdat GOD die Skepper is, geniet ons die strelende skakerings van groen as die oorheersende kleur in die Natuur. GOD is die outeur van Elektro-magnetisme, die reënboog en die kleurspektrum.

Page 108: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 108

13. DIE DWERG 'MISLETOE'.

13.1 Hidroulisiese-druk. Die 'Dwerg Misletoe' in Amerika bou 'n hidrouliese druk

op gelykstaande aan die druk van 'n vragmotorband.

13.2 Die waterkanon. Dit word gedoen om daardie einste druk te gebruik om sy saad ongeveer 17 meter ver teen die spoed van ± 96,5 km. per uur uit te skiet ... net

soos 'n waterkanon. Hoe verklaar ateïsme-evolusionisme dit?

14. TERMIETE.

14.1 Koning + koningin. Dit alles begin by twee termiete, 'n koning en koningin. Hulle produseer eiers, maar gee nooit opleiding van enige aard aan hulle nasate nie. Hoe kán hulle, as ons in ag neem dat hulle blind is en oor byna geen brein beskik om

van te praat nie?

14.2 Termiet-torings. Deur sáám te werk bou die jong miere termiet-torings,

waarvan gedeeltes tot ± 6 mtr. hoog kan wees. Elkeen van die kante kan tot 3,66 mtr. breed wees. Die smal kant lê gewoonlik noord-suid, sodat die toring warmte in

die oggend en laat namiddag ontvang, maar minder van die hitte in die middag. Wetenskaplikes het ontdek dat hulle die torings bou in verhouding tot magneties-

noord. Omdat dit dikwels baie reën, het die torings keëlvormige 'dakke' en sye wat van kleiner aan die bokant na groter aan die onderkant loop. Die oorhangkante van

die torings buig uitwaarts, sodat die reën daarvan af kaskadeer en weg van die basis van die toring val.

14.3 Aanbouings. Wanneer hulle hul woonplekke vergroot, beweeg hulle na bo, óp deur die dak en voeg dan nuwe torings en minarette by, almal gegroepeer rondom 'n

sentrale sfeer. Die hele gedoente lyk naderhand soos 'n kasteel. In hierdie toring kan gevind word vloer na vloer van baba-kamers, fungus-tuine, voedsel-stoorkamers en

ander areas, insluitend die koninklike kwartiere waar die koning en koningin woon.

14.4 Argitektuur-wonder. Indien termiete die grootte van mense was, sou hulle residensiële-, kantoor-, geboue- en fabriek-kompleks 'n allemintige ± 1,6 km. (1 600

mtr./5 280 vt.) hoog gewees het, ± 1,5 keer hoër as Tafelberg, of ± 4,4 keer hoër as

die 'Empire State' gebou. Tóg is hulle piepklein, blinde skepseltjies met die grootte en intelligensie van wurmpies.

14.5 Die Sentrale Lugversorgings-Prosesseerder (SLP). In die middel van 'n ruim, ondergrondse kelderverdieping is 'n massiewe klei-pilaar wat die plafon van hierdie verdieping dra. Hier is die SLP (Sentrale Lugversorgings-Prosesseerder) geleë.

Dit bestaan uit 'n spiraal van ringe saamgestel uit dun, vertikale lem/vlerk-projeksies, tot ± 15 cm. diep, gerankskik rondom die klei-pilaar en wat uitwaarts spiraal. Die

krulle van elke ry in die spiraal is ongeveer 2,54 cm. van mekaar geleë.

Die onderste kant van die lem/vlerk-projeksies is vol openinge om lugvloei daar

rondom te bevorder. Hierdie lem/vlerk-projeksies verkoel die lug en 'n netwerk van windtonnels dra die warm lug af na die kelder-verdieping. Hierdie 'ventilasie-skagte'

Page 109: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 109

loop afwaarts vanaf hoog in die toring. Om die koolstofdioksied wat afgeskei word vir suurstof te verdiskonteer, stut die toppe van die windtonnels spesiale, baie-poreuse

grondmateriaal in die boonste mure van die toring, net binnekant die oorhange wat

uitwaarts projekteer. Vars lug word sodoende deur die toring-kompleks gedra d.m.v. hierdie effektiewe ventilasie-stelsel.

15. SPINNEKOP-WAAGHALSE.

15.1 Begaafde babas. Daar is spinnekoppe wat hoër opgaan in die lug as enige ander lewende wese op ons planeet. Wanneer so baba-spinnekop uitgebroei word,

kruip hy op na 'n hoër punt, soos bv. 'n grashalm, boomstam of 'n blaar van 'n plant. Dan laat los hy en wég is hy, die ruimte in.

15.2 Die spinaret. Al is hy maar net 'n dag oud, weet hy nogtans presies wat om te doen. In plaas van 'n stert het die spinnekop 'n spinaret. Hy lig dit hoog op in die

lug en spin dan 'n fyn draad wat deur die wind gegryp en gedra word so vinnig as wat die baba-spinnekop dit uit-katrol. Gou is daar ongeveer 3 mtr. draad in die lug, en die

baba vaar die wye Wêreld in.

15.3 Waag-artieste? Sodra hy sweef, loop die baba boontoe op die tou soos 'n waag-artieste. Die draad is 'n spesiale soort vloeistof wat hard word sodra dit met lug

in aanraking kom. Vir sy grootte is die draad sterker as staal, wat rek sonder om te breek. Hoe hy dit regkry sonder om af te val is 'n misterie, en hy word sommer gou 'n

meester van sy lugskip.

15.4 Vliegkuns in 'n kits? Op omtrent halfpad deur die draad begin hy daaraan

trek, hier en daar, om die beurt ... en katrol dit onder hom rond. Die draad word nou soos 'n bootstuur wat hy gebruik om heen en weer mee te stuur. Wanneer en waar

het die baba-spinnekop, met 'n brein ¹/1000 die grootte van 'n speld se punt, hierdie vliegkuns so gou aangeleer?

15.5 Meesters van die lug. Wanneer hy wél weer land, is dit gewoonlik net om vóór te berei vir die volgende vlug. Wetenskaplikes in vliegtuie het baba-spinnekoppe

al so hoog as 4,876 km. (4 876 mtr./16 000 vt.) in die lug aangetref. Die skepseltjie sal wéér land, laer die straat af, in 'n naburige provinsie of staat ... of selfs op 'n

eiland in die see. Spinnekoppe is van die eerste skepsels wat vulkaniese eilande gaan bewoon.

16. DIE KREEF.

16.1 Hy gaan agteruit! Omdat die Kreef lewe deur hoofsaaklik agteruit te beweeg, beskik dit oor 'n buitengewone loodgieterstelsel. Sy nier is geleë vóór die mond, so-

dat die kieu-sirkulasie afvalstowwe wég van die liggaam kan dra.

Page 110: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 110

16.2 Briljante ontwerp. Indien die nier-uitlaat meer agtertoe geleë was (soos bydie meeste skepsels) sou die afvalstowwe na die kieue toe gedra gewees het. Dié

ontwerp stel die Kreef in staat om effektief vorentoe te kruip of vinnig agteruit te

swem.

17. DIE BAKTERIUM.

17.1 Die eerste rotarie-enjin? Een Bakterium het klein haartjies wat in 'n stewige

spiraal (flagellum, sweephaar) gedraai is aan die een punt van die Bakterium. Wetenskaplikes het ontdek dat die Bakterium oor 'n 'rotarie-enjin' ('rotary engine')

beskik. Dit spin hierdie kurktrekker soos die propeller van 'n skip wat dit self dan aandryf deur die water. Die Bakterium kan ook sy 'rotarie-enjin' in tru-rat sit en

agteruit swem!

17.2 Ingenieurs-wonder. Indien die Bakterium die grootte van die mens was, sou

dit dan (in verhouding) die spoed van 48 km. per uur kon bereik. Hierdie 'rotarie-enjin' kom kompleet met koppeling, rotasie-as, laers en roterende krag-transmissie,

en is, volgens sommige navorsers, een van die mees merkwaardige 'ingenieurs-innovasies' in die biologie.

18. DIE MALLEE-VOËL VAN AUSRALIË.

18.1 Eers grou hy die gat. Die Mallee-Voël woon in die woestyn. Gedurende Mei

of Junie maak die mannetjie met sy kloue 'n put in die sand volgens 'n spesifieke grootte, nl. ± 115 cm. diep en ± 200 cm. lank. Daarna vul hy die gat met plante &

blare.

18.2 Dan stel hy die temperatuur. Terwyl die vegetásie verrot, styg die temperatuur daarvan en dit word warm. Die voël wag geduldig totdat reën die hitte laat toeneem tot 'n temperatuur van ˃ 38° C in die onderste dele van die vegetásie.

Dan wag die voël totdat die temperatuur gedaal het tot by 33° C.

18.3 Die wyfie lê die eiers. By die 'ideale' temperatuur paar die mannetjie en die wyfie. Die wyfie lê nou elke dag één eier vir 30 dae lank.

18.4 Nou reguleer hy die temperatuur. Die mannetjie bedek die eiers met sand

en kontroleer die temperatuur deurlopend met sy 'termometer-bekkie' vir 7 weke lank, want hy kan nie bekostig dat die temperatuur met so min as selfs één graad

(1°) styg óf daal nie. Wanneer dit bv. in die nag koel word, gooi hy méér sand op. Wanneer dit gedurende die dag oorverhit, verwyder hy van die sand.

18.5 Die kuikens kruip uit. Wanneer die kuikens uitbroei, kruip hulle deur soveel as ± 61 cm. sand na bo. Sodra hulle bo kom, is elk van hulle gereed om te vlieg en is hulle geheel en al op hulle eie. Sodra volwasse doen hulle presies dieselfde as wat

hulle ouers gedoen het.

Page 111: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 111

Bibliografié.

1. Die Bybelgenootskap Van SA: Die Bybel In Afrikaans (1933/1957). 2. Vance Ferrell BA, MA, BD: 'Science vs. Evolution', & 'The Evolution Handbook', Evolution Facts

Inc. (2001).

Page 112: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 112

DIE VLOEK VAN DIE EVOLUSIE-

KULTUS

1. DIE EVOLUSIE-TEORIE IS BELAGLIK.

1.1 Dit is beide tragies sowel as komies. Snaaks, hierdie evolusioniste wat

steeds argumenteer téén Intelligente Ontwerp en Spesiale Skepping ... met

'argumente' wat hulle 'intelligent ge-ontwerp' en 'spesiaal geskep' het ... die

„Evolusie-Leer‟! In die geskiedenis sal dit onthou word as die mees-belaglike

ideologiese anomalié van alle tye; en ook as die enigste godsdienskultus wat steeds

volhou dat paddas in prinse kan verander ... mits jy lank genoeg wag!

Indien Evolusie wáár was, waarom het dit die energie en intelligensie van mense

nodig om die Teorie te verdedig en te perpetueer [in die vorm van boeke, tydskrif-

artikels, simposia, museum-uitstallings, skool-teksboeke, ens.]. Waarom kan Moeder

Natuur nie maar sommer haar eie pro-evolusie propaganda genereer nie? Hoekom,

na (kastig) 'n 'suksesverhaal' van '15 biljoen jaar' (die Heelal) en '4,6 biljoen jaar'

(Planeet Aarde), het Evolusie nou skielik 'n wetenskaplike vroedvrou nodig? Kan die

arme Teorie nie homself help nie?

Terloops, hulle stal nie verniet die baie fossiele in museums uit nie … dit is die

ideale plek om verouderde en uitgediende goeters [soos die „Evolusie-Leer‟] te bêre.

1.2 Is dit „Natuurwetenskap‟? Die bekende term „Oorlewing van die Fiksste‟

[„Survival of the Fittest‟] is „n nuttelose toutologié (redenering in sirkels!):

―Waarom het die Olifant oorleef? ... Omdat dit die fiksste is!

Waarom is dit die fikste? ... Omdat dit oorleef het!‖

[En hulle noem hierdie snert „natuurwetenskap?].

1.3 Evolusie is onmoontlik om verskeie redes.

(a) Dit is wiskundig-onmoontlik. Wiskundiges het alreeds in 1965 tydens

die Wistar Symposium (VSA) vir die Evolusioniste gesê dat Evolusie wiskundig

nie haalbaar is nie. Die kanse vir Evolusie is, in terme van wiskundige

Page 113: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 113

waarskynlikheid, so skraal dat dit feitlik nul is. Ja, jy het baie geloof nodig om 'n

Evolusionis te wees!

(b) Die ontdekking van DNS ('DNA'). Die ontdekking van DNS ('DNA') het

die Evolusie-Leer as totaal onwerkbaar bewys. Wetenskaplikes wat elke dag van

hulle lewens met DNS werk sal getuig dat die (ge-enkodeerde) DNS oor 'n

sekerheids-meganisme ('firewall') beskik wat Evolusie oor spesies heen verbied.

(c) Biogénesis. Wetenskaplikes wat werk in die veld van Genétika praat graag

van Biogénesis, wat beteken dat slegs 'n Lewende Sel kan aanleiding gee tot 'n

Lewende Sel. Lewe kan nie ontwikkel uit Nie-Lewe nie.

(d) Die Eerste Wet van Termodinamika. 'Die Eerste Wet Van Termodinamika' stel dit dat energie & materié (suster-fenomene) nie geskep of

vernietig kan word nie, m.a.w. niemand kan byvoeg tot of wegneem van die totale portfolio van energie & materié beskikbaar in die Heelal nie. Ons mag wel

die beskikbare energie & materié tot ons beskikking inspan en manipuleer, maar dis al.

Maar, indien energie & materié dan nie geskep of vernietig kan word nie, hoe het Evolusie (i) die Wêreld uit die roumateriale 'geskep', en ook (ii) die

roumateriale ook eers uit niks 'geskep'? Hoe het Evolusie 'Die Eerste Wet Van Termodinamika' [wat dit verbied] oorbrug en gefnuik?

(e) Die Tweede Wet van Termodinamika. 'Die Tweede Wet Van Termodinamika' stel dit dat die Wêreld besig is om áf te loop ... Vader Tyd se

pyltjie wys afwaarts! Daar is 'n 'Wet Van Verderf En Dood' werksaam in die Heelal en niks wat ons doen gaan dit keer nie. Ons mag hierdie afbrekende

proses effens vertraag deur dinge in stand te hou of skoon te maak, maar uiteindelik gaan alles 'dood' en keer dit terug tot stof. Hierdie Wet leer ons ook

dat lukrake/toevallige gebeurtenisse (soos Evolusie) nooit kan lei tot Orde uit Chaos nie (lae entropié) maar altyd tot Chaos uit Orde (hoë entropié).

'n Loopbaan wat gevolglik staatmaak op lukrake-toevallighede (soos bv. dobbel

of weddenskappe) sal dus normaalweg teleurstel. Die drome en illusies agter die Evolusie-Leer is gefundeer op dieselfde hopelose wiskundige waarskynlikhede as

die Natuur se wetmatighede wat dobbel-uitkomstes reguleer. Evolusie, indien

dit wáár sou wees, sou m.a.w. totaal van 'gelukskote' afhanklik moes wees. Wiskundige wetmatighede in die Natuur werk m.a.w. téén, en nie sáám, met die

hele Evolusie-gedagte. U mag dit miskien leer ken het as die „wet van gemiddeldes‟.

(f) „n Intelligente Eerste Oorsaak is vanselfsprekend! Die Heelal is besig

om áf te wen soos 'n horlosie ... uiteindelik sal dit ook heeltemal verderwe, ophou tik, en sterf. Maar Wie het dit dan in die eerste plek opgewen?

Page 114: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 114

Net die feit dat die 'Tweede Wet Van Termodinamika' bestaan dring aan op die bestaan van 'n Skepper of 'n Intelligente Eerste Oorsaak. 'Die Eerste En Tweede

Wette Van Termodinamika' staan onbetwis deur ware wetenskaplikes in die veld

van die Fisika ... dit is nog net die pseudo-wetenskaplikes (Evolusioniste) wat hierdie Natuurwette probeer omseil en fnuik.

(g) Nie-Reduseerbare Kompleksiteit. Die beginsel van Nie-Reduseerbare

Kompleksiteit maak van Evolusie 'n onmoontlike kon-sep, bv. (i) Hoe lank kan enige lewende organisme, besig om te 'ontwikkel oor miljoene jare', bekostig om

te wag vir sy bloed om te leer stol ... moet dit nie dadelik, ter wille van oorlewing, binne 'n kwessie van minute kan stol nie? (ii) Hoe lank kan die vissie,

wat sy aandete met sy ingeboude waterpistooltjie moet afskiet uit die lug uit, bekostig om te oefen om sy kuns te vervolmaak ... 'miljoene jare'? Moet hy nie

dieselfde aand nog eet om te kan oorleef nie?

NRK (Nie-Reduseerbare Kompleksiteit) beteken dat die Skepping, van die ingewikkeldste multi-sellulêre tot die eenvoudigste uni-sellulêre organismetjie, dadelik moes werk vir die Heelal om effektief te funksioneer, anders was die

Wêreld 'n 'flop'. Daar was net eenvoudig nie die luuksheid van 'biljoene jare' se 'Evolusie' vir die Wêreld om sonder 'n Skepper en Spesiale Skepping so suksesvol

te kon ontstaan en ontplooi het nie.

(h) Die „Franse Taksonomiste-Vereniging‟ verwerp Evolusie.

(i) Gedurende die vroëe 1960's het die 'Franse Taksonomiste-Vere-niging'

(mense wat diere klassifiseer/kategoriseer) Evolusie as 'n onwerkbare Teorie

verwerp. Net die feit dat diere hoegenaamd geklassifiseer/gekategoriseer kan

word maak Evolusie alreeds vals.

Die Evolusie-Leer sê dat alle lewende organismes gedurig 'in flux' is, m.a.w.

gedurig besig is om te ontwikkel ('evolve'), met die gevolg dat (indien Evolusie

wáár was) sou daar geen duidelik-uitkenbare spesies (om te kon klassifiseer)

in die Natuur bestaan het nie! Tog, oral waar mens kyk (die Fossiel-Rekord

inkluis) merk jy net duidelik-uitkenbare spesies op, bv. amfibiëe, reptiele,

landdiere, voëls, insekte ens.

(ii) Charles Darwin, die vader van Evolusie in sy vroëe dae, het mettertyd

die gebrek aan getuienis vir sy evolusionêre spekulasie besef en het toe

geskryf [klink amper soos „n sonde-belydenis]:

'In terme van hierdie teorie moes ontelbare hoeveelhede

transisionele, intermediêre vorms bestaan het ... maar

waarom tref ons hulle dan nie aan in die kors van die aarde

nie? Waarom is die Natuur dan nie totaal in verwarring

Page 115: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 115

i.p.v. die duidelik-uitkenbare, afgebakende spesies, soos ons

dan ook sien?'” [H. Enoch, 'Evolution Or Creation', p.139 (1968)].

1.4 Die Aarde is waarskynlik net ± 6000 jaar oud. Ons glo nie dat die Aarde '5

biljoen' ('4,6 biljoen') jaar oud is nie, en as u dink Zimbabwe het 'n astronomiese inflasie-koers, kyk net na die geologiese inflasie-koers van die ouderdom van die

Aarde (Die Evolusioniste se bewerings oor die ouderdom van die Aarde grens byna aan verspottigheid):

In 1862 het Thompson met groot fanfare gesê dat die Aarde '20 miljoen

jaar' oud is.

In 1897 het dieselfde Thompson besluit dat hy „n fout gemaak het en dit

verdubbel na '40 miljoen jaar'.

In 1899 kom Joly en besluit toe „nee‟ [jollie-patrollie!], die Aarde is nou

skielik '90 miljoen jaar' oud.

In 1921 beweer Raleigh ewe gesaghebbend dat die Aarde, inteendeel, '1

biljoen jaar' oud is.

In 1932 besluit W.O. Hotchkiss toe dat almal verkeerd is en skuif die

syfer op na '1,6 biljoen jaar'.

In 1947 kom A. Holmes, vee toe al die vorige syfers van die tafel af en

verklaar die Aarde presies '3,35 biljoen jaar' oud; maar

in 1956, skuif die einste A. Holmes die syfer op na '4,5 biljoen jaar'.

Tans staan die ouderdom van die Aarde [volgens die evolusioniste] op 'n

allemintige '4,6 - 5 biljoen jaar'!

Indien die Aarde regtig '5 biljoen jaar' oud was, waarom is die planeet se oudste lewende bome ('Sequoia Redwood'), die grootste koraalrif ('Great Barrier Reef') en

die grootste woestyn ('Sahara') maar net ongeveer 4000 jaar oud? ('n Planeetwye

Vloed ongeveer 4400 jaar gelede met die impak van waarskynlik miljoene tsunami's of ongeveer 8 biljoen waterstof-bomme (volgens geofisikus Walt T. Brown) sou die

voortbestaan van hierdie natuurverskynsels onmoontlik gemaak het!).

Waarom toon Robert Gentry se navorsing met die Polonium-218 Radio-Stralekrans ('n verskynsel wat mikro-skopies deur geofisici waargeneem word in graniet

Wêreldwyd) dat al die graniet op ons Planeet binne 3 minute moes gestol het, en nie oor 'miljoene jare' soos Evolusie ons probeer wysmaak nie? Indien die Aarde regtig

uit warm, smeltende lawa (graniet) ontstaan het, waarom gebeur dit dat, wanneer geofisici graniet opsmelt en dan weer toelaat om af te koel, dit nooit weer terugkeer

na graniet nie, maar na rioliet? Indien die Aarde regtig uit gesmolte graniet ontstaan

het, moes die fondasiesteen van die Aarde vandag nie rioliet in plaas van graniet gewees het nie?

Page 116: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 116

1.5 Waar is die Transisionele (Tussenstadium of Intermediêre) Fossiele?

(a) Evolusioniste kan vandag geen transisionele (tussenstadium) fossiele as

bewyse vir Evolusie vir die intermediêre stadiums tussen hoofspesies aanbied nie.

(b) Daar is 'n geskatte 100 miljoen gekatalogusseerde fossiel-eksemplare in die Wêreld (indien nie baie méér), en nie een van hulle is 'n transisionele (tussen-stadium) fossiel nie! Daar is verder ook biljoene fossiele wat blykbaar

nog begrawe lê in die ryk Karoo-formasie ... indien enige transisionele

(tussenstadium) fossiele bestaan het, sou dit nie teen hierdie tyd al gevind gewees het nie? 'n Bekende evolusionis het gesê:

‖Evolusie is onbewese en onbewysbaar, en die enigste rede

waarom ons nog daaraan vasklou, is omdat die enigste

alternatief 'Spesiale Skepping' is, ‗n siening wat vir ons

heeltemal ondenkbaar is‖ (Sir Arthur Keith).

1.6 'Maropeng' ... Wieg van die Mensdom? Indien ('Maropeng') regtig die 'Wieg Van Die Mensdom' was:

(a) Waar is die antieke piramides, ziggurats en astronomiese observatoriums,

ruïnes, perkamente, kleitablette, museum-artefakte en versamelstukke?

(b) Waar is die bewyse (bv. hiërogliewe en spykerskrif) vir die eerste

rudimentêre tale, regstelsels, en die wiskundige & skryfstelsels wat daar moes ontwikkel het?

(c) Waar is die bewyse vir die eerste rudimentêre beskawings wat oor 'n

tydperk van '1,75 – 3 miljoen jaar' daar moes ontstaan het? Wat het Mev. Ples en die res van die 'Flintstones' met hul tyd aangevang ... '7de Laan' gekyk?

1.7 Die Evolusioniste Is Ontnugter. Baie Evolusioniste, bitter teleurgestel deur Darwinisme,

mag vandag met reg kla:

(a) ―As iemand ons tog maar net vertel het dat

Neandertal-Mens toe nooit 'n robuuste spesie was op pad

boontoe nie, maar eerder 'n baie oud, sieklike mens wat

gely het aan rumatiek, ragitis, diabetes en die nagevolge

van Vitamien D-voedinggebreke, op pad ondertoe!‖

Page 117: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 117

(b) ―As iemand ons tog maar net vertel het dat die

Taung-Mens, Mev. Ples, Lucy en die res van die

Australopithecines maar net ape was.‖

(c) ―As iemand ons tog maar net vertel het dat

Archaeopteryx, Java-Mens, Piltdown-Mens, Orce-Mens,

Nebraska-Mens, Rhodesië-Mens en Peking-Mens óf

vervalsings óf wanvoorstellings was‖.

(d) ―As iemand Ons maar net vertel het dat ons

evolusioniste ons fossiele dateer deur die strata en die strata

deur ons fossiele‖ (redenering in sirkels!).‖

(e) ―As iemand ons tog maar net vertel het dat die

'Geologiese Tydskaal' nie regtig bestaan nie, maar net in ons

teksboeke, op muurkaarte en in ons verbeelding.‖

(f) ―As iemand ons tog maar net vertel het dat die

Coelecanth-vis (kastig uitgestorwe '70 miljoen jaar' gelede)

toe nooit uitgestorwe was nie, en dat 'n lewende

eksemplaar gevang is aan die kus van Suid-

Afrika/Mosambiek op 22 Desember 1938 [daarna is nog

baie gevang‖].

2. DIE EVOLUSIE-TEORIE IS SOSIO-POLITIES UITERS GEVAARLIK.

2.1 Evolusionisme is rassisties. (a) Darwin se boek was rassisties. Hoeveel mense (insluitend diegene wat 'Maropeng' help vestig het) besef dat die Evolusie-Leer erg rassisties is? Darwin se eerste boek, 'On The Origin Of Species' is in werklikheid soos volg

getiteld (let op die rassistiese ondertoon):

'On The Origin Of The Species By Means Of Natural Selection Or The Preservation Of

Favoured Races In The Struggle For Life'.

(b) Europese oorloë tussen 1870-1945. Daar is geskiedkundiges wat glo dat byna al die Europese oorloë tussen 1870 en 1945 deur Darwinisme (Evolusionisme)

ge-inspireer was!

Page 118: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 118

(c) Die verskriklike erfenis van die Evolusie-Leer. (i) As gevolg van Darwin se rassistiese perspektief op die oorlewing van die sogenaamde 'begunstigde rasse',

word Evolusie vandag onherroeplik ge-assosieer met agnostisisme, ateïsme,

bolshevisme, kommunisme, dood, fascisme, oorlog, volksmoord (xenofobie), hedonisme, massa-teregstellings, nazisme, okkultisme, rassisme, reïnkarnasie,

stalinisme en teosofié.

(ii) Colin Patterson (van die Britse Museum se Paleontologié Dept.) het ruiterlik erken:

―Evolusie is 'n Anti-Teorie wat Anti-Kennis Versprei‖.

Die befaamde Goethe het gesê:

―Evolusie is kennis wat nie die moeite werd is om te weet

nie‖.

(iii) Evolusie is die siek breinkind van ateïstiese en rassistiese desperado's wat leef in die wetenskapfiksie-wêreld van „natuurlike seleksie‟, „mutasies‟,

„gepunktueerde ekwilibrium‟ en die „oorerwing van verworwe eienskappe‟, die vier vernaamste pilare waarop die Evolusie-Leer met behulp van sy dissipels

homself probeer staanmaak. Miljoene onskuldiges het in Nazi-Duitsland se Holocaust (ge-durende Hitler se Eugenics-eksperiment) en a.g.v. Stalin se

Pogroms gesterf, alles te danke aan hierdie hondsdol Evolusie-malligheid. Hierdie feëverhaaltjie (van die padda wat oor 'miljoene jare' in 'n prins

verander) het vordering met ware Natuurwetenskap waarskynlik met minstens 150 jaar vertraag!

(d) Paleontológiese Rassisme? Boonop is hierdie gewoonte van die Evolusioniste om altyd die hominiede in boeke as donkerkleurige barbare uit te

beeld (hoe méér barbaars, hoe donkerder die vel) 'n growwe belediging vir die inheemse volkere van ons land ... 'n (nuwe) soort van verwerplike

paleontológiese rassisme.

3. DIE EVOLUSIE-LEER IS GEESTELIK FATAAL.

3.1 Sê nou die Christene is verkeerd omtrent die Evolusie-Leer? Evolusie suggereer geen 'God', Bybel', 'Morele Aanspreeklikheid', 'Oordeelsdag' of 'Goddelike Vergelding' nie. Indien Christene dus verkeerd sou wees oor Evolusie, dan sal

Christene, nes bio-afbreekbare primate, organies ge-reabsorbeer word deur die

Natuur, en daar kan tog geen berou of spyt wees waar daar geen 'Hiernamaals' is nie. Ten minste het hulle darem 'n skoon, eerbare (en waarskynlik ook baie gesonder)

lewe probeer leef, hoe moeilik dit ookal soms maar mag gaan.

Page 119: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 119

3.2 Sê nou die Evolusioniste is verkeerd omtrent God en die Bybelse

Skeppingsverhaal? Evolusioniste sal dan, net soos óns, Jesus Christus van aangesig tot aangesig ontmoet ... nie die nederige Skrynwerker Van Nasaret en sagmoedige

Lam Van Gólgota nie, maar die 'Leeu Uit Die Stam Van Juda' en Meester Van Die Heelal! Aangesien daar geen ontsnappingsklousule in die evolusioniste se kontrak is

nie, is die ziljoendollar vraag nou:

‗Was hierdie Evolusie-mite dit dan alles werd gewees?‘

Wat sal hulle, wat die Bloed van Jesus vandag vertrap het en die Gees van Genade

[die Heilige Gees] gesmaad het, dan aanbied as losprys vir hul onsterflike siele ... GELD? Watter bedrag geld, hoe astronómies die syfer ookal, sal opmaak vir Jesus Van

Nasaret se investéring in Gólgota? Hoe argumenteer mens dan ook met so 'n Intellektuele Reus (Jesus) met Sy IK van ∞ (oneindig)?

3.3 Die ateïs is nooit veilig nie. Indien God 'bestaan', beter die ateïs (net soos óns) uitvind Wie Hy Is en wat Hy van hom verwag! Indien God 'nie bestaan nie', sit die ateïs nou ewe houtgerus agteroor in sy gemakstoel (nog boonop sonder 'n

veiligheidsgordel) en TV kyk, en dít terwyl die Aarde teen ± 107 000 k.p.u. deur die ruimte in sy wentelbaan om die Son swiep ... met niemand in beheer nie!

4. HOE DIE SONDVLOED WAARSKYNLIK VERLOOP HET.

Wat sou mens van die fossielgetuienis in die sediment kon verwag indien die

Sondvloed (en nie Evolusie nie) sedimentêre rotsstrata waarin fossiele vandag gevind word, veroorsaak het? Mens sou waarskynlik die volgende tipe verskynsels in die

fossiel-draende sediment kon verwag:

□ Is Diere wat op die LAAGSTE VLAKKE geleef het tydens die Sondvloed begrawe in die LAAGSTE STRATA ? Wáár!

□ Is skepsels van DIESELFDE EKOLOGIESE GEMEENSKAP tydens die Sondvloed SAAM begrawe? Wáár!

□ Is skepsels met die EENVOUDIGSTE VORMPIES tydens die Sondvloed EERSTE BEGRAWE? [HIDROLOGIESE KRAGTE d.w.s. die gesuig en getrek van vinnig-

bewegende water sou skepsels van OOREENSTEMMENDE VORMS dienooreenkomstig sorteer het] Wáár!

□ Is INVERTEBRATE SEEDIERE (Nie-Werweldiere) ná die Sondvloed in die

LAAGSTE STRATA gevind aangesien hulle op die seebodem lewe? Wáár!

□ Is VISSE ná die Sondvloed in HOËR STRATA gevind aangesien hulle kon

geswem het na 'n hoër ligging? Wáár!

Page 120: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 120

□ Is AMFIBIËE en REPTIELE tydens die Sondvloed HOËR OP AS VISSE begrawe maar LAER of ONDERKANT LANDDIERE; en is baie min LANDPLANTE en LANDDIERE ná die Sondvloed in die LAER STRATA aangetref? Wáár!

□ Is die EERSTE LANDPLANTE ná die Sondvloed gevind waar die EERSTE

AMFIBIËE gevind is? Wáár!

□ Is DIERE en VOËLS ná die Sondvloed oor die algemeen op HOËR VLAKKE as

REPTIELE en AMFIBIËE gevind? Wáár

□ Is TROPDIERE wat saam sou vlug ná die Sondvloed SAAM IN STRATA

aangetref? Wáár!

□ Is baie MIN VOËLS ná die Sondvloed in STRATA gevind aangesien hulle kon

vlieg na HOËR VLAKKE? Wáár!

□ Is SWAARDER, STERKER DIERE tydens die Sondvloed APART gesorteer van SWAKKER KLEINER DIERE? Wáár!

□ Is MIN MENSE ná die Sondvloed in STRATA gevind? Wáár!

Maak nou 'n studie van die fossiel-rekord en kyk of u bevindinge klop met die

inligting hierbo. „n Objektiewe student van die feite sal moet erken dat „Vloed-teologié‟ die verskynsel van fossiele in sediment vandag baie beter verklaar as die

sogenaamde „Evolusie-ideologié‟.

5. DAAR IS NOG HOOP!

Indien u op u sterfbed 'n keuse sou hê vir 'n laaste gesprek met Jesus Christus of met Charles Darwin, met watter een van die twee sou u graag u laaste oomblikke op Aarde wou deurbring? Wees versigtig wat u wens, want u mag dit dalk net kry. Satan

se agenda is om u te beroof van God, die Bybel, die Evangelie van Jesus Christus en die Ewige Lewe ... en daar is buitendien geen waarborg dat enige een van ons 'n

(rustige) sterfbed gaan hê nie.

―Want so lief het God die Wêreld gehad, dat Hy Sy

eniggebore Seun [Jesus Christus] gegee het, sodat elkeen

wat in Hom [Jesus Christus] glo, nie verlore mag gaan nie,

maar die Ewige Lewe kan hê.‖ (Jhn. 3:16).

Bibliografié.

1. Die Bybelgenootskap Van SA: 'Die Bybel In Afrikaans' (1933/1957)

Page 121: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 121

2. Vance Ferrell BA, MA, BD: 'Science vs. Evolution', & 'The Evolution Handbook', Evolution

Facts Inc.(2001).

Page 122: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 122

DDIIEE EEVVOOLLUUSSIIEE--LLEEEERR:: TTEEEELLAAAARRDDEE

VVIIRR GGEEWWEELLDDSSMMIISSDDAAAADD??

1. DIE GEWELDDADIGE IMPAK VAN DIE EVOLUSIE-LEER OP DIE

SAMELEWING.

1.1 Darwin se rassistiese boek. Min mense besef die gewelddadige impak wat

die Evolusie-Leer op die samelewing gehad sedert Charles Darwin se boek (hieronder)

in 1859 vir die eerste keer die lig gesien het (let op die rassistiese ondertoon):

'On The Origin Of The Species By Means Of Natural

Selection Or The Preservation Of Favoured Races In The

Struggle For Life'.

1.2 Hoekom wil hulle altyd terug na diskriminasie? Hoeveel mense, insluitend

diegene wat 'Maropeng: Wieg Van Die Mensdom' help vestig het, besef dus dat die

Evolusie-Leer rassisties is? Dit is ongelooflik dat politieke leiers vandag, in 'n land

bekend vir sy polities-geïnspireerde geweld, 15 jaar ná demokratiese 'transformasie'

in Suid-Afrika en ná byna twee dekades se 'regstellingspolitiek', nou nog steeds

naarstigtelik klou aan hierdie uitgediende Evolusie-Leer ... die einste ideologié

verantwoordelik vir die hel van die Holocaust (WWII).

Leer die mens dan nooit sy les nie ... gaan die ogies dan nooit oop nie? Het u bv.

geweet dat daar geskiedskrywers is wat glo dat byna al die Europese oorloë tussen

1870 en 1945 deur Darwinisme (die Evolusie-Leer) geïnspireer was?

1.3 Die Evolusie-Leer word vandag ge-assosieer met ateïsme en geweld. As

gevolg van Darwin se rassistiese perspektief op die oorlewing van sy sogenaamde

'begunstigde rasse', word Evolusie vandag onherroeplik ge-assosieer met

agnostisisme; ateïsme; bolshevisme; 'eugenics' (Nazis); kommunisme; fascisme;

volksmoord; hedonisme; massa-teregstellings; nazi-isme; okkultisme; rassisme;

reïnkarnasie; sa-tanisme; stalinisme en oorlog.

1.4 Die Evolusie-Leer is 'n siek ideologie. Colin Patterson (Britse Museum se

Paleontologie Dept.) sê:

―Evolusie is 'n Anti-Teorie wat Anti-Kennis Versprei‖.

Page 123: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 123

Goethe het na dit verwys as:

―Kennis wat nie die moeite werd is om te weet nie‖.

Evolusie is die siek breinkind van ateïstiese en rassistiese desperado's wat leef in

die wetenskapfiksie-wêreld van (a) „natuurlike seleksie‟; (b) „mutasies‟

+ „natuurlike seleksie‟; (c) die „oorerwing van verworwe eienskappe‟ en (d)

„gepunktueerde ekwilibrium‟. Miljoene onskuldiges het in Nazi-Duitsland se Holocaust

(gedurende Hitler se Eugeniese-eksperiment) en a.g.v. Stalin se Pogroms gesterf,

alles te danke aan hierdie hondsdol Evolusie-malligheid.

1.5 Lank, lank gelede! Hierdie feëverhaaltjie, waar geen aantreklike padda by sy

volle positiewe in 'n skreeu-lelike, belastingbetalende prins sal wil verander nie, het die vordering met die ware Natuurwetenskap (én die sosiale samelewing) waarskynlik

met minstens 150 jaar vertraag! Die Evolusie-Leer is sosio-polities ook een van die gevaarlikste (en mees nuttelose!) ideologiëe wat die Wêreld nog ooit getref het. Hou

in gedagte dat alle feëverhale gewoonlik begin met,

―Lank, lank gelede ...‖ ("Miljoene jare gelede ...").

1.6 Paleontológiese rassisme? Die Evolusie-Leer en die voorstaanders daarvan is nog boonop onkonsekwent ook. Evolusioniste het bv. die gewoonte om, terwyl hulle dikwels in die publiek voorgee dat hulle groot voorstaanders van politiese en sosiale

gelykheid vir alle groepe is, terselftertyd die hominiede in teksboeke meestal as donker-kleurige barbare uit te beeld (hoe méér 'primitief', hoe donkerder die 'barbaar'

se vel) ... 'n nuwe soort (paleontológiese) rassisme!

2. HOE EVOLUSIONISTE REDENEER.

2.1 Die Evolusie-Leer verwerp God en die Bybel. Evolusie suggereer dat daar geen 'God', Bybel', 'Morele Aanspreeklikheid', 'Oordeelsdag' of 'Goddelike Vergelding'

is of sal wees nie. M.a.w., ons is niks meer nie as bio-afbreekbare primate wat by die dood organies ge-reabsorbeer en gehersirkuleer word deur die Natuur. Die Mens is

dus, volgens húlle redenering, suiwer organiese wesens met geen siel nóg gees, en die Génesis-rekord m.b.t. die Skepping van die Mens deur die Almagtige ('YHVH') is 'n

'fabel'.

2.2 Evolusioniste haat die morele-voorskriftelikheid van die Bybel.

Voorstaanders van die Evolusie-Leer laat hulle nie deur Bybelse Voorskrifte of Goddelike Moraliteit hiet en gebied nie ... hulle het die Evolusie-leer gekies sodat

hulle kan leef soos hulle wil:

Page 124: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 124

(a) H. Lipson:

―Dit is 'n feit dat die Evolusie-Leer 'n wetenskap-godsdiens

geword het; byna alle wetenskaplikes het dit aanvaar en

baie van hulle is bereid om hulle waarnemings te buig sodat

dit by die Leer kan inpas.‖ ('A Physicist Looks At Evolution',

Physics Bulletin 31, p.138 – 1980).

(b) T. Rosazak:

―Die ironie is vernietigend. Die hoofdoel van Darwinisme was om

die laaste tekens van 'n ongelooflike God uit die biologie te dryf.

Maar die Evolusie-Leer vervang God met 'n selfs meer

ongelooflike goddelike wese ... almagtige toeval.‖ ('Unfinished

Animal', pp.101-102 - 1975).

(c) J. Rifkin:

―Ons voel nie dat dit meer langer vir ons nodig is om op te

tree asof ons 'n gas in iemand anders se woning is en as

gevolg daarvan nou ons gedrag moet aanpas by 'n stel

vooruit-neergelegde kosmiese reëls nie. Dit is óns skepping

nou.

―Óns maak die reéls. Óns besluit wat die parámeters van

die werklikheid is. Ons skep die wêreld, en daarom voel ons

nie onderworpe aan kragte van buite nie. Ons hoef nie meer

langer ons gedrag te regverdig nie, want óns is nou die

argitekte van die Heelal.

―Ons is aan niemand buiten onsself verantwoordelik nie;

want óns is die koninryk, die krag en die heerlikheid vir

ewig en ewig.‖ ('Algeny', p.244 – 1983).

Page 125: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 125

2.3 Hoe besluit evolusioniste tussen „Reg‟ en „Verkeerd‟?

(a) Misdaad ter wille van „Oorlewing‟? Wat beteken al hierdie pseudo-

wetenskaplike snert (paragrawe 2.1 & 2.2) vir die samelewing? Wel, indien

mense dan glo dat hulle van primate afstam, of, alternatiewelik, dan 'n

gemeenskaplike oer-voorouer met primate deel, waarom sal dinge soos

aanranding, moord, roof, ver-kragting, diefstal en motorkapings bv. dan

verkeerd wees? Is dit nie maar net weer 'n geval van 'Oorlewing Van Die Fikste'

('Survival Of The Fittest') nie?

(b) Redenering In Sirkels (‘Circulus-In-Probando’). Hier het ons,

terloops, nou ook wéér te doen met een van daardie onsinnighede van die

Evolusie-Leer, nl. die simpel toutologie van daardie ge-ykte Evolusie-term,

'Oorlewing Van Die Fikste'!:

―Waarom het die olifant oorleef ... omdat hy die fikste is!

Waarom is hy die fikste? Omdat hy oorleef het!‖

(Redenering in sirkels ... en hulle noem dit

'Natuurwetenskap'?).

2.4 Tiener-selfmoorde & geweldsmisdaad. Na bewering het tiener-selfmoord en

geweldsmisdaad eksponensieel toegeneem in die VSA sedert die ban van Skriflesing &

Gebed uit Amerikaanse publieke skole en die geforseerde inkorporasie van die

Evolusie-Leer in skole-leerplanne in meeste State sedert die 1960's (Die VSA-

Regering het m.a.w. (i) teïstiese Skriflesing & Gebed vir alle praktiese doeleindes met

die (ii) ateïstiese Evolusie-Leer vervang!). Vandag kan baie ouers en lede van die

Regeringslui hulle hare uit hulle koppe uittrek oor hierdie neiging, ook in die RSA.

Ons kla oor misdaad, geweld, korrupsie en die ramp van Sept.11, maar het ons al

ooit gedink hoe ons GOD uit die skole en die regering geban het in die naam van

„demokrasié‟? Hoekom sal GOD ons nou help nadat ons Hom soos „n verwerplike

bedelaar uit ons sosiale, opvoedkundige en politieke lewe verwilder het?

2.5 Die evolusioniste is egter intussen wreed ontnugter deur „Darwinisme‟.

Op die oog af lyk alles 'OK' in die Evolusie-kamp, maar agter die skerms is daar baie

ontnugtering:

―As iemand ons tog maar net vertel het dat

Neandertal-Mens toe nooit 'n robuuste spesie was op pad

boontoe nie, maar eerder 'n baie oud, sieklike mens wat

Page 126: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 126

gely het aan ragitis, rumatiek, diabetes en die nagevolge

van Vitamien D-voedinggebreke ... op pad ondertoe!‖

―As iemand ons tog maar net vertel het dat die Taung-

Mens, Mev. Ples, Lucy en die res van die Australopithecines

maar net ape was.‖

―As iemand ons tog maar net vertel het dat

Archaeopteryx, Java-Mens, Piltdown-Mens, Orce-Mens,

Nebraska-Mens, Rhodesië-Mens en Peking-Mens óf

vervalsings óf wanvoorstellings was‖.

―As iemand ons tog maar net vertel het dat ons

evolusioniste ons fossiele dateer deur die strata en die strata

deur ons fossiele‖ [redenering in sirkels!].

―As iemand ons tog maar net vertel het dat die

'Geologiese Tydskaal' (Cenozois, Mesozois, Paleozois ens.) nie

regtig in die Natuur bestaan nie, maar net in teksboeke, op

muurkaarte en in die verbeelding van evolusioniste‖.

―As iemand ons tog maar net vertel het dat die

Coelacanth-vis (kastig uitgestorwe '70 miljoen jaar' gelede)

toe nooit uitgestorwe was nie en dat 'n lewende eksemplaar

(en nog 8 eksemplare daarna) gevang is aan die kus van

Suid-Afrika/Mosambiek op 22 Desember 1938!‖

2.6 'Maropeng': Wieg van die Mensdom? Indien 'Maropeng' regtig die 'Wieg Van Die Mensdom' is, dan:

(a) Waar is die antieke piramides, ziggurats, astronomiese observatoriums,

ruïnes, perkamente, museum-artikels en versamel-stukke?

(b) Waar is die bewyse vir die eerste rudimentêre tale, regstelsels, en die wiskundige & skryfstelsels wat daar moes ontwikkel het (bv. spykerskrif,

hiërogliewe ens.)?

(c) Waar is die bewyse vir die eerste rudimentêre beskawings wat oor 'n

tydperk van 1,75 – 3 miljoen jaar daar moes ontstaan het? Wat het Mev. Ples en die res van die 'Flintstones' met hul tyd aangevang ... '7de Laan' gekyk?

2.7 Die afgryslike erfenis van Darwin se „Evolusie-Leer‟. Met sy verspotte en onwetenskalike Evolusie-Leer het Charles Darwin in 1859 'n pandora-kis van ellende en lyding oopgemaak, en vandag nog pluk ons die wrang vrugte daarvan. Na

Page 127: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 127

bewering het ongeveer 60 miljoen mense gesterf gedurende WWII, en „n geskatte 100 miljoen onder Stalin se vervolging, alles te danke aan hierdie hondsdol Evolusie-

malligheid en/of die menigvuldige siek strategiëe voortspruitend daaruit.

3. MAAR HOE KAN DIE EVOLUSIONISTE DAN ALMAL VERKEERD WEES?

3.1 Wat dan van al die „fossiele‟?

(a) Fossiele wêreldwyd. Sommige mense vra nou met reg:

―Maar wat dan van al die fossiele?‖

Ja, dit is wáár ... daar ís baie fossiele in die Wêreld vandag. Kenners meen dat daar enigiets tussen 100 en 200 miljoen geklassifiseerde en ge-etiketteerde fossiel-fragmente in versamelings (bv. museums, universiteite, laboratoriums,

privaat versamelings ens.) op ons planeet is.

(b) Die fenomenale Karoo-formasie! Buiten dit lê daar nog waarskynlik

biljoene onontdekte fossiele in die sediment van die Aarde. Robert Broom het geskat dat daar, net in die ryk Karoo-afsetting alleen nog biljoene onontdekte

fossiele (waarskynlik amfibiëe, dinosourusse ens.) wag op een of ander gelukkige paleontolóóg se roem.

(c) Steenkool, olie en voetspore. Daarbenewens moet in gedagte gehou word dat alle steenkool- en olie-reserwes in die Aardkors (fossielbrandstof), en selfs die voetspore van vroëe mense en diere in sediment, ook as 'fossiele'

gereken word.

3.2 Wees dankbaar vir die fossiele! Indien fossiele U bekommer, hier is wat U

moet doen: Gaan elke dag op U kniëe en dank God vir al die fossiele wat bestaan en vir elkeen wat uit die grond gehaal word! Hoekom? Sê “dankie!” vir:

meer as 100 miljoen geklassifiseerde en ge-etiketteerde fossiel-fragmente in versamelings Wêreldwyd;

biljoene fossiele wat moontlik nog in die ryk Karoo-afsetting begrawe lê;

miljoene ander fossiele Wêreldwyd steeds in sediment begrawe; en

die Aarde se ontsaglike steenkool- en oliereserwes [fossiel-brandstof].

3.3 Hoekom moet ons „dankie‟ sê vir die fossiel-rekord?

(a) Dokumentering van die Sondvloed! Omdat die fossiele op ons Planeet die geológiese bewyse is van 'n vernietigende Vloed wat ongeveer 4400 jaar gelede (±

2348 V.C.) plaasgevind het, en die merke en littekens lê nog duidelik oral as bewyse

daarvan ... die Grand Canyon en Monument-Vallei in die VSA; die Karoo-formasie ens. Tydens hierdie Vloed is ontsaglike hoeveelhede plante en diere (hoewel minder

mense) skielik onder geweldige druk in massas sediment begrawe.

Page 128: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 128

Die fossiele (en topografié van die Aarde) was God se manier om die Sondvloed vir die nageslagte te dokumenteer, en in daardie opsig behoort ons die paleontolóóg te

beskou as die Gelowige se grootste akademiese vriend, uitsluitlik getaak met die

opdrag om bewyse vir die Sondvloed te versamel en te etiketteer. Die fossiele bewys m.a.w. die egtheid en geloofwaardigheid van die Bybel, en ons dierbare

paleontologié-vriende help ons hardwerkend en getrou met die daaglikse uitgrawing, etikettéring en katalogusséring daarvan.

(b) Bergbou tydens die Sondvloed. Ons glo bv. dat die groot bergreekse soos die 'Carpathians'; Drakensberge; 'Andaluchians'; Himalajas; Andes; 'Rockies' ens.) soos ons dit vandag ken, waarskynlik gedurende die Sondvloed opgestoot het tot

waar dit nou staan.

Die Bybel sê:

'Hy [GOD] het die Aarde gegrond op sy grondveste, sodat

dit vir ewig en altyd nie wankel nie. U het dit met die

wêreldvloed [tydens die Sondvloed] soos met 'n kleed

oordek; die waters het [tydens die Sondvloed] bo-oor die

berge gestaan. Vir U dreiging het hulle [die waters] gevlug,

vir die stem van U donder het hulle [die waters] weggeskrik

... berge het [tydens die Sondvloed] opgerys, laagtes het

[tydens die Sondvloed] weggesak ... na die plek wat U vir

hulle reggemaak het. ‗n Grens het U aan hulle [die waters]

gestel waar hulle nie oor mag gaan nie; hulle mag die Aarde

nie weer oordek nie.‘ (Ps.104:5-9).

(c) Oseane. Terwyl berge waarskynlik tydens die Sondvloed as gevolg van die geweldige Natuurkragte [sommige geofisici reken dit planeetwyd op die

ekwivalent van tot 8 biljoen waterstofbomme] opgerys het om die bekende topografié van vandag te vorm, is die oseane waarskynlik ook tydens die

Sondvloed dieper gemaak ('laagtes het weggesak ... ') om die massas water te

kon akkommodeer, anders sou die water van die Sondvloed vandag nog steeds

meeste van die kontinente tot 'n baie groter mate oordek het.

3.4 Geen oorgangstadium (intermediêre, transisionele) fossiel?

(a) Waar is daardie fossiel? Tot vandag toe (na 100 jaar se navorsing!) kan Evolusioniste nie enige transisionele (oorgang-stadium) fossiele (uit al die honderde miljoene fossiele in die Wêreld) as bewyse vir Evolusie lewer nie. Oral

waar mens kyk (die fossiel-rekord ingesluit) sien mens net duidelik-uitkenbare en –afgebakende spesies bv. amfibiëe, reptiele, soogdiere, insekte, voëls ens.,

presies soos die Bybel ons leer!

Page 129: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 129

(b) Evolusie is onbewese & onbewysbaar! Indien Evolusie wáár was, sou hierdie oorgangstadium-fossiele (as teken van 'ontwikkeling' vanaf een spesie na

'n ander, bv. van die 'dinosourus na die voël') die vlaktes van Suid-Afrika by die

biljoene volgelê het.

(c) 'n Bekende Evolusionis het gesê:

―Evolusie is onbewese en onbewysbaar, en die enigste rede

waarom ons nog daaraan vasklou, is omdat die enigste

alternatief Spesiale Skepping is, en vir ons is dit

ondenkbaar.‖ - Sir Arthur Keith.

4. VOORBEELDE VAN HOE WETENSKAPLIKES OOR EVOLUSIE VOEL.

4.1 Goldschmidt:

―Die Evolusie van die dier- en plant-wêrelde word, deur

húlle geregtig op 'n mening, gereken as 'n feit waarvoor

daar geen verdere bewyse nodig is nie. Maar, ten spyte van

byna 'n eeu se werk en besprekings, is daar nog steeds geen

ooreenstemming oor hoe dit sou plaasgevind het nie.‖ [Richard Goldschmidt, 'Evolution As Viewed By One Geneticist' In

'American Scientist', Vol.409, p.84 (Jan.1952)].

4.2 Fleming:

―Evolusie is ongegrond en heel ongelooflik.‖ [Ambrose Fleming:

President, 'British Association For The Promotion Of Science', In 'The

Unleashing Of Evolutionary Thought'.]

4.3 Grasse:

―Deesdae is dit ons plig om die mite van Evolusie (wat as 'n

eenvoudige en verklaarde verskynsel beskou word wat

gedurigdeur voor ons ontvou) te vernietig. Bioloë behoort

aangemoedig te word om ná te dink oor die swakhede en

Page 130: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 130

ekstrapolasies wat teoretici probeer neerlê as gevestigde

waarhede.

―Die bedrog is soms onbewustelik, maar nie noodwendig

altyd nie, aangesien sommige mense, a.g.v. hulle sektariese

ingesteldheid, moedswillig versuim om die ontoereikendheid

en valsheid (van dit wat hulle glo) raak te sien.‖ [Pierre-Paul

Grasse, 'Evolution Of Living Organisms', p.8 (1977)].

4.4 Cohen:

―Dit is nie die wetenskap se plig om die Evolusie-Leer te

verdedig en tot die bitter einde daarby te staan nie, maak

nie saak hoe onlogies en swak gefundeer die gevolgtrekkings

mag wees wat dit bied nie.

―Inteendeel, dit word van wetenskaplikes verwag om die

só-duidelike onmoontlikheid van Darwin se verklarings en

voorspellings raak te sien ... kom ons sny die naelstring wat

ons vir so lank aan Darwin gebind het ... dit is besig om ons

te verwurg en terug te hou.‖ [L.L. Cohen, 'Darwin Was Wrong: A

Study In Probabili- ties' (1985)].

4.5 Bee:

―Wetenskaplikes wat rondgaan en leer dat Evolusie 'n

lewensfeit is, is groot bedrieërs, en die storie wat hulle spin

is die grootste bedrogspul ooit. Ons beskik nie oor een enkele

iota van feit om Evolusie te verduidelik nie. Tahmisian het

dit 'n ‗deurmekaarspul vol raaiskote en kansvattery‘

genoem.‖ [Fresno Bee, p.1-B (Haal aan: T.N. Tahmisian, Fisioloog Vir

'Die Atoom Energie Kommissie'), Aug.20, 1959].

Page 131: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 131

4.6 Gorman:

―Evolusie ... is nie net onder skoot by fundamentalistiese

Christene nie, maar word ook bevraagteken deur

vooraanstaande wetenskaplikes. Onder paleontoloëe,

(wetenskaplikes wat die fossiel-rekord bestudeer) is daar 'n

groeiende afvalligheid van die huidige pers-pektief op

Darwinisme.‖ [James Gorman, 'The Tortoise Or The Hare', Discover,

p.88 (Okt.1980).

4.7 Bounoure:

―Evolusionisme is 'n feëverhaal vir grootmense. Die teorie

het niks bygedra tot die vooruitgang met die wetenskap nie.

Dit is nutteloos.‖ [Bounoure, 'Le Monde et la Vie', (Okt.1983):

Direkteur Van Navorsing: Na-sionale Navorsingsentrum, Frankryk].

4.8 Jastrow:

―Wetenskaplikes beskik oor geen bewyse dat lewe nie

voortgespruit het uit 'n daad van Skepping nie.‖ [Robert

Jastrow, 'The Enchanted Loom: Mind In The Universe', p,19 (1981)].

4.9 Kaempffert:

―Waar staan ons wanneer ons gekonfronteer word met die

misterié van die lewe? Ons bevind onsself teenoor 'n

granietmuur waarop ons nie eers 'n merkie kon maak nie ...

ons weet feitlik niks van groei, niks van lewe.‖ [W. Kaempffert,

'The Greatest Mystery Of All: The Secret Of Life', New York Times].

4.10 Toulmin:

―Dit wil voorkom asof dat die sterrekunde bewys het dat

daar kragte aan die werk is in die Wêreld wat buite die

huidige vermoë van wetenskaplike verklaring val; hierdie is

letterlik supernatuurlike kragte, want hulle is buite die

Page 132: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 132

bestek van Natuurwet.‖ [S. Toulmin, 'Science, Philosophy Of',

Encyclopaedia Brittannica, Vol.18 (15de Uitg.1974), p.389].

4.11 Fleishman:

―Die Evolusie-Teorie gaan gebuk onder ernstige defekte,

wat al hoe duideliker word soos die tyd aanstap. Dit rym

nie meer met praktiese wetenskaplike kennis nie.‖ [Albert

Fleishman, Dierkundige].

5. WAT HET VAN ONS MORELE KOMPAS GEWORD?

5.1 Wát of wié is die [ideale] NORM? Sonder die norm van die Bybel en die

morele standaard van God se gebooie, waarom sou moord verkeerd wees? Is die

gemak waarmee mense deesdae vermoor word (vir dinge soos 'n ouerige selfoon en

'n verslete beursie) nie maar alles die gevolge van 'n samelewing wat sy morele

kompas verloor het deur die aanleer van o.a. die Evolusie-Leer op skool, waar kinders

van kleinsaf geprogrammeer word om te glo dat ons (a) van ape afstam, dat (b) lewe

goedkoop is en dat (c) daar geen Hiernamaals bestaan waar daar van ons rekenskap

vir ons gedrag ge-eis gaan word nie?

Wat of wie is die [ideale] NORM ... Adolf Hitler? Saddam Hussein? Josef Stalin?

Osama Bin Laden? Pol Pot? Charles Darwin? Richard Dawkins? Dan Brown? Robert

Mugabe? Charles Manson? Atilla Die Hun?

5.2 Verbruikers finansier die gewelddadige Evolusie-Leer met hulle

belastings! Om te dink dat hierdie skrikwekkende onderwys-kurrikulum en ideologié

(eintlik 'n valse godsdienskultus) gewillig en sonder teëstribbeling deur ons d.m.v.

Inkomstebelasting gefinansier word.

As 'n Belastingbetaler word u m.a.w. verplig om die Regering en die skole te betaal

om U kind met die leerstellings van 'n godsdienskultus (Evolusie) te indoktrineer. Dit

is godsdiens-diskriminasie en onkonstitusioneel. Stuur 'n brief aan die koerante en

aan die President en teken beswaar aan:

President Van Suid-Afrika

'Die Presidensie'

Republiek Van Suid-Afrika

Privaatsak x1000

Page 133: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 133

Pretoria 0001 RSA

Bibliografie.

1. Bybelgenootskap Van S.A.: 'Die Bybel In Afrikaans' (OV). 2. Vance Ferrell BA.,MA.,BD.: 'Science vs. Evolution' en 'The Evolution Handbook', Evolution

Facts Inc.(2001).

Page 134: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 134

EVOLUSIE: WÁÁR OF VÁLS?

Toets u algemene kennis:

Treine het wiele. Fietse het ook wiele. Logiese gevolgtrekking: Treine stam

biológies van Fietse af. Vals

Wolke is 100% water en waatlemoene 97% water. Logiese gevolgtrekking:

Waatlemoene stam van Wolke af. Vals

Grassnyers het wiele. Ryk eerstejaar-studente het ook wiele. Logiese

Gevolgtrekking: Ryk Eerstejaarstudente stam van Grassnyers af. Vals

Voëls stam van Dinosourusse en/of Reptiele af. Vals

Die mens en die Japanse salamander se Pronator Kwadratus-spier is baie

dieselfde. Logiese gevolgtrekking: Mense stam van Japanse Salamanders af. Vals

Walvisse stam van die Bruinbeer (Noordelike Halfrond) en/of die Seekoei

(Suidelike Halfrond) af. Vals

Dit het al gebeur dat iemand wat ál die chemiese bestanddele vir Lewe in 'n houer

versamel het (bv. deur 'n lewende padda deur 'n voedselmenger te jaag), Lewe

daarmee in die laboratorium kon skep. Vals

Mense loop regop. Pikkewyne loop ook regop. Logiese gevolgtrekking: Mense stam

van Pikkewyne af. Vals

Otters hou daarvan om in water te speel. Mense hou ook daarvan om in water te

speel. Logiese gevolgtrekking: Mense stam van Otters af. Vals

Dit het al gebeur dat 'n Mot gebore word uit 'n Nie-Mot. Vals

Dit het al gebeur dat 'n Reptiel 'n eier lê maar, i.p.v. 'n Reptiel, broei daar toe 'n

Voëltjie uit. Vals

Dit kan gebeur waar 'n vrou, deur bv. gereeld te strek om die boonste blik op die

rak by te kom, haar Arms Langer kan maak (Wenk: Sulke persone word maklik

Page 135: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 135

uitgeken ... hulle sleep hulle elmboë gewoonlik bloeiend agterna op die grond). Vals

Wanneer navorsers 'n skrootwerf ('scrapyard') afseël van kontak met mense vir

10 jaar lank sal hulle na 10 jaar ontdek dat die skrootwerf ditself wonderbaarlik

skoongemaak en netjies in stand gehou het. Vals

Die anatomie van die hart van die mens en die vark is baie dieselfde. Logiese

gevolgtrekking: Mense stam van Varke af. Vals

Vinke bou graag wonings. Mense bou ook graag wonings. Logiese gevolgtrekking:

Mense stam van Vinke af. Vals

Die anatomié van die oog van die mens en die seekat is baie dieselfde. Logiese

gevolgtrekking: Mense stam van Seekatte af.Vals

In terme van die swaartekrag van Bloed is die mens en die padda baie dieselfde.

Logiese gevolgtrekking: Mense stam van Paddas af.Vals

Dit het al gebeur dat 'n Aap in 'n Mens verander. Vals

Dit het al gebeur waar 'n Vis 'n eier lê maar i.p.v. 'n Vis broei daar toe 'n Paddatjie

uit. Vals

Die gewoonte wat evolusioniste en museum-personeel het om die fossiele (of

faksimilees daarvan) van primate (bv. sjimpansees, gorillas ens.) in museums te staanmaak asof meeste primate in beginsel bipedaal (regop) soos mense loop en nie

kwadrupedaal (viervoetig) soos ape nie, is skandalige akademiese bedrog. Wáár

In terme van die konsentrasie van rooi bloedselle is die mens en die vis baie

dieselfde. Logiese gevolgtrekking: Mense stam van Visse af. Vals

Evolusioniste het al 'n Intermediêre of Transisionele (Oorgangstadium) fossiel

('vermiste skakel') ontdek, uit meer as 100 miljoen fossielfragmente in versamelings

wêreldwyd, as bewys vir 'evolusie' tussen spesies. Vals

'n Hoenderboer begin sy hoenderboerdery gewoonlik met 'n hoender-eier. Vals

'n Hoenderboer begin sy hoenderboerdery gewoonlik met [minstens] twee

hoenders [mannetjie + wyfie]. Wáár

Dit het al gebeur waar iemand 'n Vakuumfles (met niks daarbinne) verseël het en,

toe hulle dit 100 jaar later weer oopmaak, vind hulle allerhande (miniatuur) natuur-

elemente, sterre, planete, mane, insekte, reptiele, landdiere, seediere, mense, voëls ens. daarin wat sommer so vanself uit Niks ontstaan het. Vals

Page 136: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 136

Die DNS ('DNA') van die mens en die sjimpansee is baie dieselfde. Logiese

gevolgtrekking: Mense stam van Sjimpansees af. Vals

'n Konynboer begin gewoonlik sy konynboerdery met 'n konyn-embrio. Vals

'n Konynboer begin gewoonlik sy konynboerdery met [minstens] twee konyne

[mannetjie + wyfie]. Wáár

In terme van Acetyicholien-Histamien is die mens en plante baie dieselfde.

Logiese gevolgtrekking: Mense stam van Plante af. Vals

In terme van die Kalsium-Fosfor-Karbonaat samestelling is die mens en die

skilpad baie dieselfde. Logiese gevolgtrekking: Mense stam van Skilpaaie af. Vals

In terme van die Citochroom in die Sel is die mens, die sonneblom en brulpaddas

baie dieselfde. Logiese gevolgtrekking: Vrouens stam van Sonneblomme en Mans van Brulpaddas af. Vals

Evolusioniste glo dat 'Maropeng' (Sterkfontein) naby Krugersdorp die 'wieg van die

mensdom' is. Hierdie aanspraak is skandalige akademies-argeologiese bedrog ter wille van die reklame-waarde daarvan en toerisme-inkomste wat dit skep. Wáár

Mev. Ples', van wie die skedel by Sterkfontein ontdek is as bewys van

Australopithecus as 'n voorloper van die moderne mens ('homo sapiens sapiens'), was

toe al die tyd maar net die skedel van 'n aap. Wáár

'Neandertal-Mens' wat aangebied is deur evolusioniste as 'n bewys dat die mens

d.m.v. 'evolusie' ontstaan het, was toe al die tyd maar net die beendere van gewone

mense wat baie oud geword het en wat waarskynlik aan diabetes, arthritis, ragitis en ander Vitamien-D gebreksiektes gely het. Wáár

'Nebraska-Mens' wat as bewys aangebied is dat die mens d.m.v. 'evolusie'

ontstaan het, was toe al die tyd maar net die enkele kiestand van 'n vark. Wáár

'Peking-Mens' wat as bewys aangebied is dat die mens d.m.v. 'evolusie' ontstaan

het, was toe al die tyd maar net die beendere van ape wat deur primitiewe mense doodgemaak is waarvan die skedels uitgehol is om die breins te eet. Wáár

'Java-Mens' ('Pithecanthropus erectus') wat as bewys aangebied is dat die mens

d.m.v. 'evolusie' ontstaan het, was toe al die tyd maar net die beendere van 'n gewone gibboen-aap. Wáár

'Lucy' wat as bewys aangebied is dat die mens d.m.v. 'evolusie' ontstaan het, was

toe al die tyd maar net die beendere van 'n pigmee-sjimpansee. Wáár

Page 137: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 137

'Florisbad-Mens' en die 'Taung-skedel' wat as bewys aangebied is dat die mens

d.m.v. 'evolusie' ontstaan het, was toe al die tyd maar net die oorblyfsels van ape. Wáár

'Cro-Magnon Mens' wat as bewys aangebied is dat die mens d.m.v. 'evolusie'

ontstaan het as kastige 'voorloper van die mens', verskil anatómies nie noemenswaardig van 'moderne mense' nie. Wáár

'Ramapithecus' wat as bewys aangebied is dat die mens d.m.v. 'evolusie' ontstaan

het, was toe al die tyd maar net die oorblyfsels van 'n bobbejaan. Wáár

'Archaeopteryx' wat aangebied is as bewys dat dinosourusse/reptiele oor 'miljoene

jare' d.m.v. 'evolusie' in voëls verander het, was deur ses van die mees-vooraanstaande wetenskaplikes in Brittanje uitgewys as skaamtelose bedrog. Wáár

Die 'Laetoli-voetspore' in Kenia wat as bewys aangebied is dat mense oor

'miljoene jare' d.m.v. 'evolusie' ontstaan het, is niks minder nie as akademiese-wanvoorstelling en -bedrog. Wáár

Die voorkoms van fossiele in die Aarde is 'n geldige bewys dat iets soos 'evolusie'

oor 'miljoene jare' plaasgevind het. Vals

Die voorkoms van fossiele in die Aarde was God se manier om die Bybelse

Sondvloed vir die nageslagte te dokumenteer as bewys van die egtheid en geloofwaardigheid van die Génesis-Skeppingsverhaal. Wáár

Die Koolstof-14 daterings-metode is 'n betroubare daterings-metode vir die

datering van fossiele ens. Vals

Radio-dateringsmetodes (meer as 20 soorte radio-daterings-metodes is bekend) is

betroubare dateringsmetodes vir die datering van fossiele ens. Vals

Die 'Standaard Geologiese Tydskaal' van sedimentêre strata (Cenozoïs, Mesozoïs

en Paleozoïs) bestaan werklik in die Natuur presies en identies soos aangebied deur

evolusioniste in ensiklopediëe, teksboeke en op muurkaarte. Vals

Charles Darwin se 1859-boek 'On The Origin Of The Species By Means Of Natural Selection

Or The Preservation Of Favoured Races In The Struggle For Life' [en die teoriëe vervat daarin] is gefundeer op wat ons vandag sou klassifiseer en verwerp as rassisme en rassistiese-

haatspraak. Wáár

Meeste Europese oorloë in die periode 1870-1945 was waarskynlik ideologies

veroorsaak deurdie teoriëe vervat in die Evolusie-Leer. Wáár

Page 138: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 138

Fossiele sal deur enige ordentlike, respektabele hof van 'n beskaafde land d.m.v.

erkende, aanvaarde juridiese prosesse as geldige getuienis/bewysstukke ter bewyse van die Evolusie-Leer aanvaar word. Vals

'Piltdown-Mens' wat as bewys aangebied is dat die mens d.m.v. 'evolusie' ontstaan

het, was toe al die tyd ernstige, grootskaalse akademiese bedrog deur prominente evolusioniste wat deur Scotland Yard ondersoek is. Wáár

'Orce-Mens' wat as bewys aangebied is dat die mens d.m.v. 'evolusie' ontstaan

het, was toe al die tyd maar net die skedel van 'n 4-maande oue donkie. Wáár

Die gewoonte van evolusioniste om sogenaamde indeksfossiele as

dateringsmetodes te gebruik (vir bv. die datering van sedimentêre strata) is 'n gerespekteerde, wetenskaplike en betroubare dateringsmetode. Vals

Die Coelacanth, die sogenaamde indeksfossiel (vis) wat lewend gevang is op 22

Desember 1938, maar veronderstel was om '65 miljoen jaar' gelede al uit te gesterf het, is 'n bewys van 'evolusie' oor 'miljoene jare'. Vals

Prof. Haeckel (Duitsland) se teorie nl. dat 'evolusie' wáár is op grond van die

'merkwaardige ooreenkomste' tussen mens- en dier embrios, was die oorsaak dat hy

deur sy universiteit geskors is vir ernstige, grootskaalse akademiese bedrog. Wáár

Othniel Marsh se klein-na-groot perd-evolusie was toe al die tyd 'n akademiese

wanvoorstelling wat nog nooit deur respektabele weten-skaplikes aanvaar is nie.

Wáár

Die mens se blindederm is 'n oortollige en nuttelose oorblyfsel [„vestigial organ‟]

van 'mens-evolusie' met geen praktiese funksie nie. Vals

Die mens se mangels is oortollige en nuttelose organe [„vestigial organs‟] en 'n

oorblyfsel van 'mens-evolusie' met geen praktiese funksie nie. Vals

Die mens se stuitjie (koksiks) is 'n oortollige orgaan en 'n nuttelose oorblyfsel

[„vestigial organ‟] van 'mens-evolusie' met geen praktiese funksie nie. Vals

Ongebore babas beskik oor kieue ('gill slits') wat dui op die mens se 'evolusie' uit

(onderwater) marine-lewe uit. Vals

Die evolusioniste se Oerknal-teorie ('Big Bang') is 'n bewys dat die Heelal en ons

Sonnestelsel 'biljoene jare' gelede deur 'evolusie' ontstaan het. Vals

Die evolusioniste se Oerknal-teorie ('Big Bang') word onvoorwaardelik deur alle

respektábele wetenskaplikes as 'n geldige teorie aanvaar. Vals

Page 139: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 139

Die evolusioniste se Oerknal-teorie ('Big Bang') is 'n geldige, geloofwaardige

wetenskap-teorie gebaseer op empiries-waarneembare en -toetsbare wetenskaplike feite voortspruitend uit die bekende Natuurwette van die Heelal. Vals

Al die Natuur-elemente soos dit voorkom in die Periodieke Tabel Van Elemente

(soos bv. goud, platinum, silwer, yster, lood ens.) het magies in die ruimte d.m.v. 'evolusie' ontstaan uit slegs twee elemente nl. waterstof en helium. Vals

Natuur-elemente soos dit voorkom in die Periodieke Tabel Van Elemente verval

('decays'), wanneer dit wél verval, afwaarts in die Periodieke Tabel en nie opwaarts nie [m.a.w. die Heelal is op 'n afdraende, regressiewe en nie 'n opwaartse,

progressiewe pad soos die evolusioniste ons probeer wysmaak nie]. Wáár

Wanneer 'n prinses 'n padda soen en die padda verander dadelik in 'n prins, het

ons met 'n feëverhaal te doen. Wáár

Wanneer 'n padda oor 'miljoene jare' d.m.v. 'evolusie' in 'n prins verander, het

ons dan nog steeds met dieselfde feëverhaal te doen. Wáár

Die Franse Taksonomie-vereniging het alreeds gedurende die 1960's die Evolusie-

teorie laat vaar as 'n onwerkbare teorie. Waar

Feëverhale begin gewoonlik met, "Lank, lank gelede ...". Wáár

Evolusioniste begin hulle feëverhale gewoonlik ook met, "Miljoene, miljoene jare

gelede ...". Wáár

Die Evolusie-Leer is 'n feëverhaal vir grootmense wat nooit grootgeword het nie.

Wáár

Die Evolusie-teorie is 'n respektábele, eksakte natuurwetenskap. Vals

Die Evolusie-teorie is 'n volbloed [en gevaarlike] godsdienskultus. Wáár

Die godsdienskultus van die Evolusie-teorie word deur die Staat met gewone

mense se belastinggeld gefinansier en is nou die nuwe Staatsgodsdiens. Wáár

Die ingeboude sekerheids-kode of sekerheids-meganisme ('fire-wall') in elke DNS-

molekuul laat nie 'evolusie' tussen primêre Génesis-tipe spesies toe nie. Wáár

Volgens respektábele wetenskaplikes sal Die Eerste en Tweede Wette van

Termodinamika nooit 'evolusie' in die Heelal toelaat nie. Wáár

Page 140: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 140

Volgens respektábele wetenskaplikes sal die beginsel van Nie-reduseerbare

Kompleksiteit (nl. dat alle lewende organismes dadelik moes 'werk' of hulle sou dadelik sterf) nooit die 'evolusie' van enige spesies kon toelaat nie. Wáár

Lewe soos ons dit vandag ken het 'miljoene jare' gelede d.m.v. 'evolusie' in 'n

'reduserende atmosfeer' vanuit 'n primordiale sopmengsel van seewater, modder, sekere basiese elemente en die impak van weerlig ontstaan. Vals

Daar bestaan soiets soos 'skeppende evolusie' wat die kloof tussen die

natuurwetenskap en die Bybel suksesvol oorbrug. Vals

God het 'evolusie' gebruik om die Heelal mee te maak en in stand te hou

['Teïstiese Evolusie']. Vals

Tussen Genesis 1:1 en Genesis 1:2 het 'miljoene jare' verloop wat dus vir 'evolusie' in

die Bybel voorsiening maak en die bestaan van fossiele sodoende bevredigend

verklaar ('Gapingsteorie'). Vals

Vóór Adam en Eva het daar 'n 'pre-adamitiese ras' van 'mense' bestaan wat toe

later uitgesterf het en van wie ons vandag nog fossiele uit die grond haal. Vals

Daar het, lank vóór die skepping van die huidige Aarde, 'n ander 'pre-chaotiese

Aarde' bestaan wat dus die voorkoms van fossiele vandag in die grond verklaar. Vals

Jesus Christus het Sy dissipels dikwels gemaan dat die Wêreld eintlik deur

'evolusie' ontstaan het en dat die Adam en Eva verhaal 'n mite is. Vals

Die Heilige Gees van God sal blatant en skaamteloos vir ons lieg oor die mens se

herkoms sowel as oor die oorsprong van die Bybel. Vals

Die Evolusie-teorie is teologies en natuurwetenskaplik versoenbaar met die

Génesis-Skeppingsverhaal en die Bybel. Vals

Bibliografié.

1. Vance Ferrell B.A., M.A., B.D. Science vs. Evolution & The Evolution Handbook, Evolution

Facts Inc., (2001).

Page 141: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 141

GGÉÉNNEESSIISS OOFF EEVVOOLLUUSSIIEE::

VVEERRNNAAAAMMSSTTEE VVEERRSSKKIILLLLEE TTUUSSSSEENN

MMEENNSSEE EENN AAPPEE

1. VERSKILLENDE TIPES 'EVOLUSIE'.

1.1 Die Gedaantes Van „Evolusie‟. 'Evolusie' kom in baie 'gedaantes' vóór, bv.:

(a) KOSMIESE-Evolusie (Oerknal/'Big Bang'): Die Heelal ontstaan, sónder God, uit niks met niks!

(b) CHEMIESE-Evolusie: Die interaksie tussen Waterstof en Helium lei wonderbaarlik, sónder God, tot al die Elemente van die 'Periodieke Tabel'!

(c) STER-Evolusie: Sterre vorm, sónder God, uit saamgeperste gas, klonte en stof!

(d) ORGANIESE Evolusie: Lewe ontstaan, sónder God, uit 'n primordiale

sopmengsel ... Lewe uit Nie-Lewe!

(e) MAKRO-Evolusie: Kruisings, sónder God, tussen Hoofspesies of Basiese Kategoriëe!

(f) MIKRO-Evolusie: Variasies binne dieselfde spesies, sónder God, wat lei tot baie subspesies!

1.2 Mikro-Evolusie?

(a) Die Skepping Is Baie Ryk. Christene ('Skeppingsgesindes' of 'Kreationiste') beskou egter nie 'Mikro-Evolusie' (die enigste 'waarneembare' tipe 'Evolusie') as 'Evolusie' nie, maar net as variasies binne hoofspesies, met baie

subspesies as 'n gevolg. Die diversiteit binne God se Skepping is geweldig ryk,

sonder die 'hulp' van enige sogenaamde 'Evolusie'!

(b) Hond Uit Nie-Hond? Die teel van 'n nuwe honderas is bv. nie te danke aan evolusionêre prosesse nie, maar is slegs 'n biologiese variasie binne 'n

spesifieke tema, nl. Honde. Beide die ouers van daardie nuwe honderas was steeds honde ... al ooit 'n hond sien ontstaan uit 'n nie-hond?

Page 142: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 142

1.3 'Ware' Evolusie.

(a) Bruinbeer & Walvis? Ware evolusie sou wees wanneer kruisings tussen

hoofspesies of basiese kategoriëe plaasvind, bv. wanneer die Bruinbeer of Seekoei in 'n Walvis verander ('evolve'), soos evolusioniste glo!

(Bruinbeer/Seekoei + Evolusie → Walvis!). Waarom loop daar dan nog steeds

seekoeie en bruinbere rond ... was hulle die natuur se druipelinge?

(b) Galápogos-Vinke? Darwin se vinke in die Galápogos-Eilande, alhoewel baie verskillende subspesies, was almal steeds vinke, en almal se ouers was

steeds voëls. Al ooit 'n voël sien gebore word uit 'n nie-voël?

(c) 'Peppered Moth'? Die 'Peppered Moth' in Engeland, alhoewel baie subspesies, se ouers was almal steeds motte, sonder enige 'Evolusie' ... al ooit 'n

mot sien ontstaan uit 'n nie-mot? Die Darwiniste [Evolusioniste] gaan natuurlik in 'Natuurlewe-program-me' [op bv.TV/DSTV] te kere asof hulle 'Vink- En Peppered

Moth-Evolusie' sewe keer deur die Konstitusionele Hof bekragtig is!

2. TWEE HOOF-WÊRELDBESKOUINGS OOR EVOLUSIE.

2.1 Twee Wêreldbeskouings oor Evolusie. Twee benaderings word hier

uitgesonder, nl. (i) 'Ateïstiese-Evolusie' (Sogenaamde 'Evolusie Sonder God') en (ii)

'Teïstiese Evolusie' (Sogenaamde 'Evolusie Met God'). Laasgenoemde staan ook bekend

as 'Skeppende Evolusie', 'n uitvindsel deur sekere mense wat in God glo ('teïste') wat

hulle Evolusie-maatjies se 'New Age', Sekulêr-Humanistiese Ateïsme & Agnostisisme teologies wou akkommodeer.

Beide hierdie Wêreldbeskouings is natuurlik absolute ideo-logiese/teologiese teenstrydighede (anomaliëe), aangesien alle 'Evolusie' per definisie ateïsties is van die staanspoor af. Taalkundig-, teologies- en filosófies-gesproke is die idee van

'Skeppende Evolusie' dus net so belaglik soos die anomalié van 'satanskerk'of „rap music‟.

2.2 Hoekom 'Biljoene' Jare?

(a) Die Skeppingsverhaal van Génesis Die Génesis-Skeppings-verhaal en Evolusie is gladnie versoenbaar nie, en daar is geen manier waarop God kastig

'Evolusie' sou 'gebruik' het om die Heelal mee te maak of in stand te hou nie!

(b) Wonderwerke was oombliklik. Jesus het water in wyn verander ... in 'n

kits, en 3 vissies en 5 brode in duisende brode en porsies vis verander om duisende te voed ... alles binne die bestek van 'n paar minute, so waarom sou Hy

dan nou skielik (i) '15 biljoen jaar' nodig hê om 'n Heelal te maak, (ii) '5 biljoen jaar' om die Sonnestelsel en Planeet Aarde te maak en (iii) '1,75 – 3

Page 143: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 143

miljoen jaar' om homo sapiens & homo sapiens sapiens, d.i. 'wyse man' en 'wyse, wyse man' (ai tog!) te maak?

2.3 Evolusie 'n biologiese ongeluk?

(a) Hulle verwerp God. Nietemin, ateïstiese „Evolusie‟ verwerp die konsep

van 'n God, Goddelike Voorsienigheid of 'n Opperwese. Dit verwerp ook die idees van Intelligente Ontwerp en Spesiale Skepping. Die hele 'Evolusie-proses' vind

m.a.w. lukraak en spontaan plaas ... 'n absolute breinlose, doellose toevalligheid, 'n wonderbaarlike reeks van kreatiewe, biologiese ongelukkies!

(b) Spesiale resepte? Hierdie 'Natuurwonder' verduidelik hulle aan die hand van 'n spul belaglike 'spesiale resepte' kastig werksaam in die Natuur, nl.

'Natuurlike Seleksie' (Darwinisme);

Mutasies + Natuurlike Seleksie (Neo-Darwinisme);

Hoopvolle Monsters (Gepunktueerde Ekwilibrium); en

Die Oorerwing Van Verworwe Karaktereienskappe (Lamarckisme).

(c) Die $1 000 000 – vraag. Van wanneer af kom resepte in toevallige,

breinlose, lukrake ongelukkies? Enige ordentlike kok of gesoute dobbelaar sal hulle uit die kombuis uit lag.

(d) Geen intelligensie of beplanning in „Evolusie‟. Evolusie is veronderstel om sonder intelligensie en beplanning plaas te vind ... anders sal hulle moet

hulle toegee dat daar 'n Intelligente Beplanner (God) bestaan.

3. DIE VERSPOTTE 'PRE-ADAMITIESE RAS'-TEORIE.

3.1 'Miljoene Jare' bygeloof? Hierdie verontrustende bygeloof, nl. dat daar kastig 'n 'pre-adamitiese ras' lank vóór Génesis 1 of Adam & Eva (of iewers tussen Génesis 1:1

en Génesis 1:2) sou bestaan het, is die tragiese gevolge voortspruitend uit 'Skeppende Evolusie','n patetiese poging deur oningeligde christene om byderwets 'wetenskaplik'

vóór te kom vir ander mense.

3.2 Pre-Adamitiese- & Gapings-teorie Onbybels! Hierdie 'Pre-Adamitiese Ras-

Teorie' is Onbybels, want:

(a) Die Bybel stel dit duidelik dat Adam & Eva die eerste mense was (Gen.1:26-

28; 2:7; 3:20; 5:1; 5:5; Deut.32:8; Job.31:33; Rom.5:14; 1 Kor.15:22,45; 1 Tim.2:13).

Page 144: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 144

(b) Geen mense (van enige aard) kon vóór Génesis 2:5 gelewe het nie:

' ... want die HERE God het nog nie laat reën op die

aarde nie, en daar was geen mens om die grond te bewerk

nie'

Die eerste mens, Adam, was dus eers gemaak in Génesis 2:7, en vóór Adam was daar geen mens van enige aard om die grond te bewerk nie.

3.3 Adam het DOOD gebring.

Niemand of geen lewende wesens bv. landdiere, amfibiëe, reptiele, dinosourusse, voëls, insekte ens., kon geleef en/of gesterf het vóór Génesis 1 of vóór Adam & Eva en die diereryk op Dae 5 & 6 van die Skepping geskape was nie, want die verskynsel

'DOOD' was vir die eerste keer bekend gestel deur Adam (Gén.3:19; Rom.5:14; 1

Kor.15:22).

Die eerste diere en die eerste mense het vir die eerste keer in die geskiedenis van ons planeet gesterf eers nadat Adam 'DOOD' in die Wêreld gebring het, deur die sonde. Ek stel dit dus kategories dat geen mense of diere (dinosourusse ingesluit)

ooit kon bestaan het of gesterf het vóór Génesis 1 of vóór Adam & Eva en die diereryk

geskep was op Dae 5 & 6 van die Skepping nie. Hiermee is ons ook nou hopelik finaal ontslae van die verspotte Gapingsteorie (die 'miljoene jare' wat kastig sou verloop het

tussen Génesis 1:1 en Génesis 1:2).

Die dinosourusse (eintlik 'dinokrokodiliane', want die dinosourusse was waarskynlik nader verwant aan krokodille as aan akkedisse) het nie oor 'miljoene jare' ontwikkel

('evolve') nie, maar was geskape deur God op Dag 6 van die Skepping, binne 24 uur, saam met al die ander diere:

'Alle dinge het deur Hom [God] ontstaan, en sonder Hom

[God] het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie (Jhn.1:3).

U kan dus aflei uit Jhn.1:3 dat die Duiwel nooit enigiets geskape het nie ... hy sou nie eens 'n muggie kon skep om sy lewe mee te red nie. Die Duiwel is die Verderwer en

breek trouens net af. Alles het deur God ontstaan en sonder God het niks ontstaan wat ontstaan het nie!

3.4 Skeppingsweek van 'Miljoene Jare'? Pro-evolusie christene (?) probeer nogtans hard om 'dae' van miljoene/biljoene jare' elk aan die Skeppingsweek te koppel. Hulle redeneer so waarskynlik:

(a) A.g.v. 'n meganiese vertolking van die Bybel wat dit stel dat,

Page 145: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 145

'... een dag by die Here soos duisend jaar is en duisend

jaar soos een dag' (2 Pet.3:8).

(b) Hulle dink nie regtig dat God almagtig genoeg (?) is om die Heelal in 144 uur te maak nie.

(c) Hulle dring aan op 'n Kompromis-Skeppingsmodel om hulle Evolusie-maatjies te akkommodeer, of om nie die Evolusiegesindes se rustige slaap in die Kerk te ontstel nie.

(d) Hulle is eenvoudig nie toegerus om teen-argumente teen die Evolusie-Leer te ontwikkel nie, en sluk alles vir waarheid want,

―Hoe kan die 'wetenskaplikes' dan nou verkeerd wees?‖

[Verduideliking: Wanneer die Bybel dit stel 'dat 'n dag vir die Here soos

duisend jaar is' (en andersom), beteken dit slegs dat Tyd vir God relatief is. Hy is

nie die prisonier van Tyd of onderworpe aan die Heelal se Wette van die Fisika nie. God bestaan en fungeer onafhanklik van die beperkings en dinamika van

Materié, Ruimte & Tyd].

(e) Besluit bv. self: Hoelank was Jesus in die graf ... (i) 3 dae of (ii) 3000 jaar? (Kan u sien wat gebeur wanneer mens 'n leerstelling uit een enkele teks

probeer 'prakseer'?).

(f) Dit is verstommed hoe sogenaamde 'Gelowiges' kan glo dat (die Almagtige!)

God nooit 'n Heelal in 144 uur sal kan voltooi nie, maar dat '15 biljoen jaar'

darem 'n 'meer billike' tydperk is. Hulle takseer God asof Hy 'n lui, onbevoegde

plaasarbeider is!

3.5 Skeppingsweek In Ses Dae Van 24 Uur Elk.

(a) Fotosintese en kruisbestuiwing. Ons glo dat die Skeppingsdae letterlik

6 dae van 24 uur elk (Heb. 'Yom') was, want (i) Die plante was gemaak op Dag 3: Hoe lank sou die arme blomme dit kon bekostig om te wag vir die Son om op

te kom (op Dag 4) om die sonstrale te verskaf vir die plante om te fotosinteer ... 'n 1000 jaar? (ii) Die insekte was waarskynlik gemaak maak op Dag 5 en die

voëls en vlermuise op Dae 5 & 6 ... hoe lank sou die arme blomme dit kon bekostig om te wag vir die insekte, voëls en vlermuise se kruisbestuiwing van die

blomme ... 2000-3000 jaar?

(b) Definisie Van 'n Dag. Die feit dat die Son, Maan en sterre eers op Dag 4

van die Skeppingsweek geskape is, maak geen verskil aan die feit dat 'n dag per definisie 24-uur (was) is nie. Of die Son geskyn het of nié, 'n dag (24-uur) was

steeds bereken deur die tyd wat dit neem vir die Aarde om één omwenteling om sy eie denkbeeldige as te voltooi.

Page 146: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 146

Die koms van die Son op Dag 4 het bloot die onderskeid tussen dag en nag (lig en donkerte) in daardie 24-uur siklus gebring. Die lig waarna die skrywer van

Génesis, waarskynlik Moses, verwys in Gen.1:3 was waarskynlik dieselfde lig van

Open.22:5 toe Jesus die Heelal binnegestap het nadat Hy begin skep het, bv. deur o.a. (eerstens) die vestiging van die volle elektro-magnetiese spektrum

(insluitend „sigbare lig‟) as 'n Natuurwet.

4. SOMMIGE KRITIESE VERSKILLE TUSSEN MENSE EN APE.

4.1 DNS-wetmatighede. Wetenskaplikes wat gereeld met DNS ('DNA') te doen het, sal getuig dat Evolusie tussen spesies (bv. tussen ape en mense) onmoontlik is, aangesien die DNS-kode in elke diertipe beskik oor 'n seker-heidsmeganisme

('firewall') wat dit verbied:

―Darwin's gradualism was bounded by internal

constraints, beyond which selection was useless‖ (R. Milner,

'Encyclopedia Of Evolution', p.46-1990).

4.2 Taal-probleme. Ape kon nog nooit (na 'miljoene jare'!) leer praat nie, praat nie tans nie en sal ook nooit leer praat nie. Hierdie gawe is uniek aan die mens, want

die mens beskik oor 'n spesiale area in die brein, nl. 'Proca Se Konvolusie', daardie gedeelte in die brein verantwoordelik vir spraak. Ape/diere beskik nie oor soiets nie:

―Human language appears to be a unique phenomenon,

without significant analogue in the animal world‖ (Noam

Chomsky, 'Language And Mind', p.67 -1972).

4.3 Ape En Intelligensie. MacRoberts, 'n Evolusie-navorser, betreur die feit dat ape (na 'miljoene jare'!) steeds so onnosel is:

―Given their hands and huge brains, its amazing apes

and monkeys don't do a lot more tool-using. They're

incredibly stupid.‖ (Michael MacRoberts, Quoted In R. Milner,

'Encyclopedia Of Evolution', p.438 -1990).

4.4 Geen oorgangstadium-spesies en -fossiele nie.

(a) Geen transisionele spesies in die fossiel-rekord. Uit meer as 100 miljoen geklassifiseerde fossiel-fragmente in die Wêreld, is daar nie één wat as

voorbeeld van 'n transisionele (intermediêre, oorgangstadium) fossiel tussen ape

en mense kan dien nie, en evolusioniste soek al oor 'n 100 jaar na so 'n eksemplaar! Ook uit die biljoene fossiele wat waarskynlik nog in die ryk Karoo-

Page 147: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 147

Formasie begrawe lê, het daar nog nooit enige transisionele fossiel tussen enige spesies van watter aard ookal tevoorskyn gekom nie.

(b) Geen lewende transisionele eksemplare by lewende organismes. Indien Evolusie wáár was, sou daar vandag mos ook baie lewende, transisionele

('oorgangstadium') spesies op straat gestap het as voorbeelde van die transisie tussen ape en mense.

Ons sou bv. (i) Ape gesien het wat besig is om die ledemate, voorkoms, gedrag, gewoontes, taal, wiskundige vermoëns, godsdiens-uitdrukking,

kleredrag, kommersiële bedrywighede en kulturele uitdrukking van Mense aan te neem, en (ii) Mense wat finaal besig is om die ledemate, voorkoms, gedrag, en

gewoontes van Ape af te skud! Het u al so iemand ontmoet?

(c) Die Natuur se druipelinge? Waarom is daar in elk geval vandag nog soiets soos ape ... waarom het hulle nog nie verander ('evolve') nie? Was hulle

die natuur se druipelinge? (nie eers 'n teken van biologiese transformasie nie!).

(d) Miljoen-dollar Vrae. Indien Evolusie wáár was:

Watter morele wet verplig ons dan nog om klere te dra? (klere is duur!); Waarom het die mens, nou na 'miljoene jare' skielik 'n 'onverklaarbare' skaamte-gevoel ontwikkel ... is dit dalk omdat ons van ape afstam en ons

in 'n verleentheid is oor ons 'primate-herkoms'? Waarom dra evolusioniste klere ... waarom rebelleer hulle nie teen die

maatskaplike norms van die 'idiote' wat in Intelligente Ontwerp en Spesiale Skepping glo nie?

Waarom laat evolusioniste toe dat hierdie 'idiote' oor hulle heers ... wat

het geword van die 'oorlewing van die fikste'? Is hulle nie bang evolusioniste sterf uit nie?

Waarom glo evolusioniste nog steeds, na 'miljoene jare', in Evolusie ... waarom ontwikkel ('evolve') hulle nie?

4.5 Liggaamsbou.

(a) Die „regop-postuur‟. Primate loop vooroor omdat hul rugstring, met die hoek

waarteen dit die skedel van agter af binnegaan (byna horisontaal), hul forseer om vooroor

te loop. Die mens se rugstring gaan die skedel van onder af (byna vertikaal) na binne, wat hom forseer om regop teloop. Gibboen-ape loop regop en

sjimpansees loop gedeeltelik regop danksy „n spesifieke heupstruktuur.

(b) Stam ons dalk van pikkewyne af? Al sou al die primate kon regop loop

(bv. soos die gibboen-aap), sou dit in elk geval nie veel beteken het as 'n argument vir 'Evolusie' nie, want baie ander 'diere' (bv. die pikkewyn, 'n voël),

loop ook regop ... so, nou stam ons skielik van pikkewyne af?

Page 148: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 148

(c) Skedelkapasiteit. Die skedel-kapasiteit [mense: >750cc./ape: <750cc. ('Keith's Rubicon')] tussen mense en ape verskil.

(d) Rugwerwels. Die aantal rugwerwels en die vorm van die rugstring tussen mense (s-vormig) en ape (boogvormig) verskil.

(e) Ribstruktuur. Die rib-struktuur tussen mense en ape verskil.

ONTHOU!

Die merkwaardige ooreenkomste (soms) tussen mense en

primate is nie te danke aan 'n Gemeenskaplike VOOROUER

nie, maar aan 'n Gemeenskaplike ONTWERPER ... Jesus

Christus!

4.6 Handeldryf. Ape dryf nie handel soos mense en is nie bedrywig in sinvolle (of selfs belaglike) kommersiële aktiwiteite nie.

4.7 Godsdiens. Ape aanbid nie 'n god (of God) nie en bou nie kerke, tempels, sinagóges, moskees en katedrale soos mense nie. Ape het nie Bybels of heilige boeke wat hulle koester nie.

4.8 Hare Sny. (a) Ape hoef nooit te gaan hare sny nie. Die Skepper het waarskynlik geweet dat hulle te onnosel sou wees om 'n skêr uit te vind (Sien

Paragraaf 4.3). Hoekom het die mens agteruit gegaan in hierdie opsig, en sit ons vandag met die ongerief en onkoste van hare wat gereeld gesny moet word? Wat het

met 'Evolusie' verkeerd geloop ... is lukrake, toevallige Evolusie ('n deurlopende biologiese ongeluk) dan nie veronderstel om altyd progressief (volgens evolusioniste!)

plaas te vind nie? Intussen vind dit dan 'regressief' [alles gaan agteruit] plaas?

4.9 Kuns. Ape is nie betrokke by die skeppende, beeldende en uitvoerende kunste nie .... wanneer het die mens dan hierdie merkwaardige gawe ontwikkel? Waar en

wanneer was die rubikon tussen die aap- en mensspesies?

4.10 Wiskundige-talent. Daar bestaan 'n astronomiese gaping tussen die wiskundige- en ingenieurs-vermoëns van ape en mense. Wanneer het die 'hominids' skielik so begaafd geword, en waaraan (of aan wie) was die magiese metamorfóse

nogal te danke?

4.11 Misdaad.

(a) Ape is nie kriminele nie. Ape pleeg nie misdaad in die ware sin van die woord nie. Hulle breek nie in by huise, vermoor die gesinne en ry weg met hulle beursies, selfone, juwele en motors nie. Waar het 'Evolusie' verkeerd gegaan?

As die mens dan van die aap afstam, waarom het die spesies moreel versleg, i.p.v. om te verbeter?

Page 149: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 149

(b) Evolusie-régime? Indien evolusioniste hulle sou kon loswoel van die dwingelandy van die 'idiote' wat in Intelligente Ontwerp en Spesiale Skepping glo

en oornag bv. die Wêreld kon oorneem, wat beoog hulle om as morele norm vir

die goeie sosiale orde te gebruik? Hoe besluit 'n evolusionis tussen reg en verkeerd ... sónder God, die Bybel, die Tien Gebooie en die Evangelie Van Jesus

Christus?

(c) Wette sal geskrap moet word. So evolusioniste-régime sal alle wette onmiddelik moet skrap en regstelsels van vooraf moet ontwerp, want die

teenswoordige uitstekende stelsels (Romeins-Hollands; Skots-Engels ens.) is byna sonder uitsondering (o.a.) geskoei op die Judeo-Christelike waardes van die

Jodendom en die Kerk.

(d) Oorlewing van die fikste? Onder só 'n regering onder evolusioniste ...

sal moord, roof, diefstal, huisbraak, manslag, aanranding, xenofobie, openbare geweld, brandstigting, sabotasie ens. dan vanselfsprekend nog steeds taboe

wees ... maar, waarop gaan hulle wette geskoei wees? Wie gaan die sosiale en etiese norms vir goeie orde in die samelewing bepaal? Wie of wat gaan hulle

maatstaf wees?

5. AKADEMIESE BEDROG!

Gaan besoek gerus 'n klompie natuurhistoriese museums en let dan op hoe dikwels die museum-personeel die skelette (of faksimilees daarvan) van bv. gorillas en sjimpansees in uitstallings staanmaak asof hulle bipedaal (regop, soos mense) en nie

kwadrupedaal (soos diere) loop. Dit kom neer op ernstige akademiese bedrog, wat

nogal deur ons belastings gefinansier word.

Bibliografié.

1. Bybelgenootskap Van S.A.: 'Die Bybel In Afrikaans' (OV).

2. Vance Ferrell BA.,MA.,BD.: 'Science vs. Evolution' en 'The Evolution Handbook', Evolution

Facts Inc.(2001).

Page 150: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 150

DDIIEE GGEEHHEEIIMM IISS UUIITT:: DDIIEE FFOOSSSSIIEELL--

RREEKKOORRDD BBEEVVEESSTTIIGG DDIIEE GGÉÉNNEESSIISS

SSKKEEPPPPIINNGGSSVVEERRSSLLAAGG SPESIALE SKEPPING OF EVOLUSIE?

1.1 Slegs twee opsies is moontlik. Daar bestaan net twee moontlikhede:

(a) Opsie 1: God het die Wêreld gemaak (Kreationisme, of Spesiale Skepping); óf

(b) Opsie 2: die Wêreld het homself gemaak (Ateïsme-Evolusionisme)!

Niemand kan egter finale, beslissende argumente op die tafel sit ten gunste van ieder een van hierdie sienings nie, aangesien geeneen van ons teenwoordig was toe

die Wêreld ontstaan het nie. Al wat ons het is (i) die waarskynlike omstandigheids-getuienis beskikbaar in die Natuur (ii) Bybelse Openbaring verskaf deur God self. Ek

wil graag toon dat die getuienis ten gunste van Spesiale Skepping in die Natuur baie meer geloofwaardig is as die sogenaamde 'getuienis' vir Evolusie, en dat die Fossiel-

Rekord in werklikheid die Génesis-Skeppingsverslag bevestig!

Stel uself bv. vóór iemand stap in die straat af en tel „n goue horlosie op. Hy draai

die horlosie so paar keer in die rondte, lees die inskripsie en fabrikaat agterop en kom dan tot die volgende merkwaardige gevolgtrekking: “Of iemand het hierdie goue

horlosie iewers gemaak, of die horlosie het ditself gemaak!” Meeste mense sou met my

saamstem dat dit absurd sou wees, en tog doen evolusioniste dit elke dag! Hulle kyk na die

gesofistikeerde Skepping; hulle kyk na die merkwaardige en komplekse ‘Periodieke Tabel Van

Elemente’ en die ‘Elektromagnetiese Spektrum’; hulle kyk na die oog van die mens of sy hoogs-

ontwikkelde brein … en beweer dan dat dit alles ‘ditself gemaak het!’

1.2 Kan Evolusionisme regtig 'Skep'?

(a) Die Wet van Skepperskap. Daar is 'n Wet in die Natuur, nl. Die Wet Van Skepperskap, wat beteken dat die Skepper/Maker van 'n Produk/Voorwerp altyd

self méér intelligent sowel as méér kompleks as daardie besondere Produk/Voorwerp sal wees. Dit geld nou of die Skepper/Maker (i) 'n servet vou

(ii) 'n papier-vliegtuie maak of (iii) 'n kernaanleg oprig.

In terme van hierdie Wet was die Heelal dus geskep deur 'n Super-wese baie méér kompleks en intelligent as die Heelal self, want soos U moet erken, is die

Heelal self 'n baie komplekse plek ... kyk maar net bv. na die 'Elektro-magnetiese Spektrum' of 'Periodieke Tabel Van Elemente'. Maar, dit is nou juis

Page 151: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 151

waar die probleem lê, want die Evolusioniste beweer dat Evolusie lukraak, en breinloos plaasvind, en dat daar geen intelligensie tydens die proses werksaam

was/is nie!

(b) Die Eerste en Tweede Wette van Termodinamika. Evolusionisme kan bv. nie 'Die Eerste En Tweede Wette Van Termodinamika' verklaar nie.

(i) 'Die Eerste Wet van Termodinamika'. Stel dit dat Energie & Materié (suster-verskynsels) nie geskep of vernietig kan word nie. Maar, indien

Energie & Materié dan nie geskep of vernietig kan word nie, hoe het Evolusie

dit dan reggekry om nie net die Wêreld te 'skep' uit die beskikbare 'roumateriale 0f grondstowwe' nie, maar ook daardie einste 'roumateriale' in

die eerste plek eers uit niks te maak?

(ii) 'Die Tweede Wet van Termodinamika'. Stel dit dat die Heelal besig is om áf te loop ... „Vader Tyd‟ se pyltjie wys afwaarts. Daar is 'Wet Van Verderf

En Dood' aan die werk in die Natuur, en niks wat ons doen kan dit keer nie. Ons mag die proses van verderf vertraag deur dinge in stand of skoon te hou,

maar uiteindelik sal alles terugkeer tot stof.

Hierdie 'Wet Van Verderf' ('Die Tweede Wet Van Termodinamika') stel dit dat

lukrake, doellose en breinlose gebeurtenisse soos Evolusie nooit tot Orde uit Chaos (lae entropié) kan lei nie, maar altyd tot Chaos uit Orde (hoë entropié).

Die hoop, drome en illusies onderliggend aan die Evolusie-Leer is gefundeer

op dieselfde hopelose wiskundige waarskynlikhede as die Natuurbeginsels wat dobbel en weddenskappe reguleer. Evolusie, indien dit wáár sou wees, sou dan

heeltemal van 'geluk' afhanklik moes wees.

(iii) Die Heelal is besig om te vergaan. Soos reeds genoem is die Heelal

besig om áf te wen soos 'n reuse horlosie. Uiteindelik sal dit ook verweer, ophou tik en tot stilstand kom. Maar dan ... Wie het dit dan in die eerste plek

opgewen? Net die feit dat daar dus wette soos 'Die Eerste en Tweede Wette van Termodinimika' bestaan, vereis die bestaan van „n Skepper, 'n Intelligente

Eerste Oorsaak.

(iv) Die Twee Wette Onbetwis. Hierdie twee Wette staan onbetwis vas by

wetenskaplikes in die veld van die Fisika, en dit is slegs die Evolusioniste (pseudo-wetenskaplikes) wat die Natuurwette van die Heelal so nonchalant

probeer omseil.

(c) Biogénesis. Wetenskaplikes in die veld van Genétika sal ook getuig dat Biogénesis beteken dat slegs 'n Lewende Sel kan aanleiding gee tot 'n Lewende

Sel ... Lewe kan nie ontstaan uit Nie-Lewe nie.

(d) Nie-Reduseerbare-, Onmiddelike En Spesifieke-Kompleksiteit. Die

drie beginsels van Nie-Reduseerbare, On-middellike en Spesifieke Kompleksiteit maak van Evolusie 'n onmoontlike konsep, bv.

Page 152: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 152

(i) Bloed Stol? Hoe lank kan 'n lewendige organisme, wat besig is om oor 'miljoene jare' te 'ontwikkel' ('evolve'), bekostig om te wag voordat sy bloed

geleer het om te stol? Moet bloed nie dadelik (binne minute) kan stol vir die

organisme om te oorleef nie?

(ii) Waterpistooltjie? Hoe lank kan die vissie, wat sy aandete uit die lug moet afskiet met sy ingeboude waterpistooltjie, be-kostig om te wag voordat

hy hierdie merkwaardige kuns aangeleer het ... 'miljoene jare'? Moet hy nie daardie

einste aand nog kan eet om te oorleef nie?

(iii) Baba-Walvissie? Hoe lank kan die baba-walvissie bekostig om te wag

voordat die moeder-walvis 'n ten volle-funksionele (nie-terugkeerbare) eenrigting-kleppie ontwikkel het vir die baba-walvissie om aan te drink

(boonop onder water!) ... 'miljoene jare'?

(iv) Muisval? Dink net aan die gewone huishoudelike muisval met omtrent vyf bewegende dele ... kan so muisval ditself maak? Hoe lank is u bereid om te

wag vir Evolusie om een te maak ... of sal u dit maar liewer by die winkel gaan koop?

Nou, as 'n muisval (vyf bewegende dele) homself nie kan maak nie, hoe kon die flagellum van die bakterium (veertig bewegende dele); die menslike

liggaam (biljoene bewegende dele) en hierdie Heelal (mega-ziljoene bewegende dele) ditself gemaak het?

(e) Wiskundiges verwerp Evolusie. Tydens die 1966 Wistar-Simposium

(VSA) het die Wiskundiges vir die evolusioniste ingelig dat Evolusie wiskundig nie

haalbaar is nie ... die kanse daarvoor is, in terme van wiskundige en statistiese waarskynlikheid, so skraal dat dit feitlik nie bestaan nie. Mens moet waarlik baie

geloof hê om in die fabel van Evolusie te kan glo!

(f) DNS ('DNA') verbied Evolusie oor spesies heen. Die ontdekking van DNS ('DNA') het van Evolusie 'n uitgediende, nuttelose Teorie gemaak.

Wetenskaplikes wat gereeld in die veld van DNS werk sal getuig dat die ge-enkodeerde DNS in die liggaamselle van bv. diere en mense oor 'n ingeboude

sekerheidsmeganisme ('Firewall') beskik wat Evolusie oor spesies heen onmoontlik maak.

2. IS DIE AARDE REGTIG '4,6 BILJOEN JAAR' OUD?

2.1 Hoe Die '4,6 Biljoen Jaar' Storie Begin Het.

(a) Astronomiese Inflasie-koers. Die Aarde was nie altyd '4,6 biljoen jaar'

oud nie ... Kyk hoe het die storie begin:

Page 153: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 153

In 1862 het Thompson ewe kordaat beweer dat die Aarde '20 miljoen

jaar' oud is;

In 1897 verdubbel die einste Thompson dit na '40 miljoen jaar';

In 1899 kom Joly en kondig toe met groot fanfare aan dat die Aarde

'90 miljoen jaar' oud is;

In 1921 beweer Raleigh dat almal „n fout gemaak het en dat die Aarde

in werklikheid '1 biljoen jaar' oud is;

In 1932 skuif ene W.O. Hotchkiss die syfer op na '1,6 biljoen jaar';

In 1947 verklaar A. Holmes die Aarde '3,35 biljoen jaar' oud;

In 1956 verhoog A. Holmes die syfer na '4,5 biljoen jaar';

(b) Vermiste-skakel? Tans staan die ouderdom van die Aarde op 'n

allemintige '4,6 - '5 biljoen jaar' ... en hulle noem dit 'Natuurwetenskap'? (Die

Evolusioniste se aansprake grens soms aan absolute verspottigheid).

2.2 Waarom die Aarde waarskynlik net 6000 jaar oud is. Indien die Aarde

regtig '4.6 biljoen jaar' oud was, dan:

(a) Bome, Koraalriwwe en Woestyne. Waarom is die oudste lewendige bome (Sequoia Redwoods); die oudste en grootste koraalrif (Australië se Great

Barrier Reef); en die oudste en grootste woestyn (Sahara), maar slegs ± 4000 jaar oud?

(b) Die Polonium-218 radio-stralekransie. Waarom wys Robert Gentry se

navorsing met graniet se Polonium-218 Radio-Stralekransies ('n verskynsel wat

oral deur geofisici in graniet waargeneem word) dat die graniet op ons Planeet na die formasie daarvan binne 3 minute moes gestol het?

Indien die Aarde dan regtig uit rooiwarm lawa (graniet) ontstaan het, waarom

vind geofisici dan dat wanneer hulle graniet opsmelt en weer toelaat om af te koel, daardie lawa nooit terugstol na graniet nie, maar na rioliet? Indien die

Aarde uit gesmolte graniet ontstaan het, sou die fondasiesteen van die Aarde vandag dus rioliet gewees het, en nie graniet nie.

(c) Oliedruk in die Aardkors. Die oliedruk in die kors van die Aarde is 20 000 psi. Dit, sowel as die gemiddelde dikte van bogrond op die Aarde (± 35 cm.) en

stof op die Maan (±1,92 cm) dui op 'n ouderdom vir die Aarde nie ouer as 10 000 jaar nie.

Page 154: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 154

3. DIE FOSSIEL-REKORD BEVESTIG DIE GÉNESIS SKEPPINGSVERSLAG.

3.1 Die Skepping in 6 Dae van 24 uur elk.

(a) 'Skeppende' Evolusie? Die getuienis in die Natuur wys na 'n Skepping en Aarde wat ongeveer 6000 jaar oud is. Die dapper (maar tevergeefse) poging deur 'teïste' (mense wat ook in God glo) om 'n kompromie met Evolusioniste aan

te gaan met die Onbybelse idee van sogenaamde Teïstiese of Skeppende Evolusie (in terme waarvan God kwansuis die Heelal deur die proses van Evolusie

sou gemaak het en in stand hou) is belaglik. Hierdie Teïste glo waarskynlik nie

dat God, met Sy IK van ∞ (Oneindig) almagtig genoeg (?) is om 'n Heelal in 144 uur te maak nie.

(b) Langer periodes nog moeiliker. Indien God nie hierdie Heelal in 6 dae van 24 uur elk kon maak nie, waarom sou Hy sterk en slim genoeg kon wees om dit in '15 biljoen jaar' te maak? Sou dit nie selfs nog moeiliker gewees het nie?

Vra enige wiskundige bekend met die 'Waarskynlikheidsleer' en hy sal getuig dat langer periodes (soos bv. '15 biljoen jaar') Evolusie net nog méér onwaarskynlik

sou maak.

Hoe langer 'natuurlike seleksie' sou probeer, hoe meer sou die kanse vir

sukses eksponensieel begin afneem, bv. een probeerslag met 'n kans op sukses van 1/1000 (0,001) word na drie probeerslae agtermekaar 'n kans op sukses van

(1/1000 x 1/1000 x 1/1000 = 0,000000001). Probeer u voorstel hoe swak die kanse vir Evolusie sou wees na ziljoene probeerslae oor 'biljoene jare'! Hier is

nou een 'pseudo-wetenskap' waar aanhouer beslis nie wen nie!

(c) VADER TYD kan nie die onmoontlike regkry nie. Vance Ferrell B.A., M.A., B.D. skryf:

―Die punt is dat TYD nooit in die guns sal werk van iets

wat nie kan gebeur nie. Kan TYD klippe in ratels verander;

seewater in kalkoene; of sand in visse? Kan TYD menslike

hormone ontdek; die teleskopiese oog van die arend maak;

of reël dat die Maan om die Aarde wentel? Die waarheid is

dat, hoe langer die TYD, hoe groter die verderf, en hoe

minder die kans dat Evolusie sal plaasvind.‖ (Vance Ferrell BA,

MA, BD: 'Science vs. Evolution', p.162).

Volgens die evolusioniste se uitgangspunte behoort elke dobbelaar, indien hy/sy net oud-genoeg kon word, dus uiteindelik „n miljoenêr te wees! Waarneming in die praktyk bewys egter die teenoorgestelde … chroniese-, gewoonte-dobbelaars is in die

reēl arm en beklaenswaardig omdat die wiskundige wette van waarskynlikheid in die Natuur téén hulle werk. Dobbelhuise besef dit al te goed en daarom maak hulle, met

die ondersteuning van regerings, so baie geld uit die publiek.

Page 155: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 155

3.2 Redes waarom u die Génesis-Skeppingsverslag van die Bybel kan

vertrou.

(a) God is nie 'n mens dat Hy sou lieg nie. Het Jesus ooit gelieg? Het U al ooit Sy CV (Curriculum Vitae) gelees? Sal die Heilige Gees ooit vir U lieg? ...

watter Godslastering om soiets te probeer beweer!

Tit. 1:1 Paulus, ‗n dienskneg van God en ‗n apostel van

Jesus Christus, volgens die geloof van die uitverkorenes van

God en die kennis van die waarheid wat na die godsaligheid

is, Tit. 1:2 in die hoop van die ewige lewe wat God, wat

nie kan lieg nie, van ewigheid af beloof het …

Heb. 6:18 sodat ons deur twee onveranderlike dinge,

waarin dit onmoontlik is dat God sou lieg, kragtige

bemoediging kan hê, ons wat ontvlug het, om vas te hou

aan die hoop wat voorlê …

(b) Jesus doen dit in „n kits. Onthou, Jesus het duisende porsies brood en

vis vir honger skares gemaak uit 3 vissies en 5 brode; en water in wyn verander, alles binne minute. Waarom sou Hy nou skielik '15 biljoen jaar' benodig om 'n

Heelal te maak; '4,6 biljoen jaar' om die Sonnestelsel (en die Aarde) te maak en '3 miljoen jaar' om die mens ('homo sapiens' en homo sapiens sapiens') te

maak?

Hoe het hulle in elk geval by '15 biljoen jaar' as die ouderdom vir die Heelal uitgekom as die Sonnestelsel maar '5 biljoen jaar' oud is ... die 'horlosie'

waarmee mens jaartyd meet (365¼ omwentelinge van die Aarde jaarliks om die

Son) het dan eers '4,6 biljoen jaar' gelede ingeskop? Hoe het hulle by die eerste „10 biljoen jaar‟ van die „ouderdom‟ van die Heelal uitgekom?

(c) Die Skeppingsweek was waarskynlik ses dae van 24 uur elk. Die 6 dae van die Skepping was duidelik dae van 24 uur elk:

(i) Plante. Die plante is gemaak op Dag 3 ... hoe lank sou die arme blomme

kon bekostig om te wag vir die Son om op te kom (op Dag 4) om die sonstrale te verskaf vir fotosintese ... 1000 jaar … miljoene jare?

(ii) Insekte, Voëls en Vlermuise. Die insekte is waarskynlik gemaak op Dag 5 en die voëls en vlermuise op Dae 5 & 6 ... hoe lank sou die blomme kon wag vir die voëls en vlermuise se kruisbestuiwing van die blomme ... 2000 tot

3000 jaar? Miljoene jare? Dit maak mos nie sin nie. Die 6 dae van die

Page 156: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 156

Skepping kan slegs verstaan word in terme van 6 dae van 24 uur elk (Heb. 'Yom').

3.3 Wat die Fossiel-Rekord vir ons wys.

(a) Diere-Klassifikasie maak Evolusie vals. Net die feit dat die diere-koninkryk deur taksonomiste ingedeel en geklassifiseer kan word bv. 'koninkryk;

phylum; klas; orde; familie; genus & spesie' bewys Evolusie alreeds as vals. Volgens die Evolusioniste is alle organismes gedurig 'in flux' (besig om te

ontwikkel/ 'evolve') en behoort daar geen duidelik-uitkenbare spesies te bestaan

nie, en behoort die diereryk onklassifiseerbaar te wees. Tog vind ons dat oral waar ons kyk in die Natuur (insluitend die Fossiel-Rekord) daar slegs stabiele,

duidelik-uitkenbare spesies bestaan … ons noem dit stasis.

(b) Die 'Kambriaanse Ontploffing'. Die Evolusioniste kan ook nie die 'Kambriaanse Ontploffing' ('Cambrian Explosion'), nl. die skielike verskyning van

duidelik-uitkenbare en volledig-ontwikkelde spesies in die Kambriaanse sediment (Paleozoïse Era) van die sogenaamde Geologiese Tydskaal ('Geologic Column')

verklaar nie.

Die ironié van die saak is dat, in die 'Pre-Kambriaanse' sediment (direk onder

die 'Kambriaanse'), word geen diere-fossiele aangetref nie, maar, skielik, in die 'Kambriaanse', word die volledige diversiteit van die (kastig „antieke‟) diere-

koninkryk aangetref in al sy glorie, aangetrek in moderne kostuums asof vir teater, presies soos Génesis dit stel. Daar het toe al die tyd nooit enige

sogenaamde 'Evolusie' plaasgevind nie.

(c) Fossiele en die Sondvloed. Meeste fossiele word aangetref in die

Kryttydperk-stratum (Cretaceous) wat 'n gewisse waterdood vir daardie diere beteken het. Nou, 'n voorvereiste vir fossilering is o.a. (i) alkaliese en vogtige

grond en (ii) skielike teraardbestelling in sediment onder enorme druk ... m.a.w. presies die soort van toestande wat met die Sondvloed (ongeveer 2348 V.C.) ge-

assosieer word. Een bron skryf dat dit was asof al die diere in modder vasgesit het. (Peter Schirmer, 'Die Beknopte Ge-Illustreerde Ensiklopediese Geskiedenis Van Suid-Afrika',

C.N.A.-1980).

(d) Geen oorgangstadium- (intermediêre) fossiele nie. Daar is 'n geskatte 100 miljoen (of meer) fossiel-fragmente in die Wêreld, en nie een van hulle is 'n

voorbeeld van 'n oorgangstadium-fossiel nie. En, ten spyte van biljoene fossiele wat ook nog in die ryk Karoo-afsetting begrawe lê (Robert Broom se skatting) is

nog nie een oorgangstadium-fossiel ooit daar gevind nie.

(e) Geen Transisionele Stadiums In Lewe. Indien Evolusie wáár was, sou

daar vandag mos ook baie lewendige, transisionele ('oorgang-stadium') spesies op straat gestap het as voorbeelde van die transisie tussen ape en mense. Ons

sou bv.

Page 157: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 157

ape gesien het wat besig is om die ledemate, voorkoms, gedrag, gewoontes, taal, wiskundige vermoëns, godsdiens-uitdrukking,

kleredrag, kommersiële bedrywighede en kulturele uitdrukking van

Mense aan te neem, en mense wat finaal besig is om die ledemate, voorkoms, gedrag, en

gewoontes van Ape af te skud! Het u al so iemand ontmoet? En, indien Evolusie wáár is,

mense naak sien rondloop het as „n alledaagse verskynsel (en nie net in Evolusie-reservate soos bv. nudiste-kampe nie). Watter morele wet

sou ons verplig om dan nog klere te dra? (klere is duur!) en lankal ons skaamte-gevoel afgeskud het … waarom het die mens, in

teenstelling met ape (na 'miljoene jare') nog nooit sy inherente skaamte-gevoel kon afskud nie?

(f) Die Fossiel-Rekord bots met evolusioniste se teoriëe. Sommige wetenskaplikes beweer dat ±99% van die totale diere-koninkryk wat ooit gelewe

het alreeds uitgesterf het ... wat ons m.a.w. vandag nog in die Natuur sien is maar ± 1% van die geweldige diversiteit wat waarskynlik vóór die Sondvloed

(ongeveer 2348 V.C.) moes bestaan het.

Maar, dit is mos presies die teenoorgestelde wat die Evolusie-Leer ons probeer leer, nl. dat die diere-koninkryk kastig sou weggespring het met lae diversiteit (±

1% ?) en ontwikkel het ('evolved') na groter diversiteit (± 99% ?)! Hoe dan nou? Diere is ook vandag kleiner as in die verlede ... alles het van groter na kleiner

gegaan, presies die teenoorgestelde as wat Evolusioniste leer (dat alles van

kleiner na groter ge-evoleer het).

4. DIE FOSSIEL-REKORD GETUIG VAN DIE BYBELSE SONDVLOED.

4.1 Wat Behoort Ons In Die Sediment (Strata) Aan Te Tref? Die vraelys en

antwoorde illustreer hoe die verwagtinge m.b.t. die fossiel-rekord aan die vereistes van 'n Wêreldwye Sondvloed voldoen:

□ Is Diere wat op die LAAGSTE VLAKKE geleef het tydens die Sondvloed begrawe in die LAAGSTE STRATA ? Wáár!

□ Is skepsels van DIESELFDE EKOLOGIESE GEMEENSKAP tydens die Sondvloed saam begrawe? Wáár!

□ Is skepsels met die EENVOUDIGSTE VORMPIES tydens die Sondvloed EERSTE

BEGRAWE? [HIDROLOGIESE KRAGTE d.w.s. die gesuig en getrek van vinnig-bewegende water sou skepsels van OOREENSTEMMENDE VORMS

dienooreenkomstig sorteer het]. Wáár!

□ Is INVERTEBRATE SEEDIERE (Nie-Werweldiere) ná die Sondvloed in die

LAAGSTE STRATA gevind aangesien hulle op die seebodem lewe? Wáár!

Page 158: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 158

□ Is VISSE ná die Sondvloed in HOËR STRATA gevind aangesien hulle kon geswem het na 'n hoër ligging? Wáár!

□ Is AMFIBIËE en REPTIELE tydens die Sondvloed HOËR OP AS VISSE begrawe maar LAER of ONDERKANT LANDDIERE; en is baie min LANDPLANTE en

LANDDIERE ná die Sondvloed in die LAER STRATA aangetref? Wáár!

□ Is die EERSTE LANDPLANTE ná die Sondvloed gevind waar die EERSTE

AMFIBIËE gevind is? Wáár!

□ Is DIERE en VOËLS ná die Sondvloed oor die algemeen op HOËR VLAKKE as REPTIELE en AMFIBIËE gevind? Wáár!

□ Is TROPDIERE wat saam sou vlug ná die Sondvloed SAAM IN STRATA

aangetref? Wáár!

□ Is baie MIN VOËLS ná die Sondvloed in STRATA gevind aangesien hulle kon vlieg na HOËR VLAKKE? Wáár!

□ Is SWAARDER, STERKER DIERE tydens die Sondvloed APART gesorteer van SWAKKER KLEINER DIERE? Wáár!

□ Is BAIE MIN MENSE ná die Sondvloed in STRATA gevind? Wáár!

4.2 Gevolgtrekking: „n Studie van die fossiel-rekord sal bevestig dat planeetwye-

fossillering plaasgevind het presies soos wat mens dit van „n planeetwye-Sondvloed sou verwag. Die fossiel-rekord is waarskynlik deur „n planeetwye-Sondvloed

veroorsaak met die doel om die Sondvloed as „n geológiese feit vir die nageslag te dokumenteer, en was nie, soos die evolusioniste ons probeer wysmaak, deur Evolusie

veroorsaak nie.

5. IS JESUS CHRISTUS IN HULLE PAD?

Kultuur-histories deel ons vandag die geskiedenis hoofsaaklik in twee dele, nl. Vóór

Christus (V.C.) en Na-Christus (N.C.). Selfs die ateïs en evolusionis skryf dit elke dag in sy/haar dagboek, briewe, korrespondensie, fakture, kwitansies ens. Indien Jesus

van Nasaret dan regtig so onbeduidende historiese figuur en irrelevante 'messias non grata' is (volgens sekere blasé skrywers van disformaat) waarom verwyder hulle nie

die V.C. en N.C. net eenvoudig uit ons kalenders uit nie? As Hy hulle dan so pla, waarom kan hulle nie ontslae raak van Hom nie?

Bibliografié.

1. Die Bybelgenootskap Van SA, 'Die Bybel In Afrikaans ' (OV). 2. Vance Ferrell B.A., M.A., B.D.: 'Science vs. Evolution', & 'The Evolution Handbook', Evolution

Facts Inc. (2001).

Page 159: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 159

VVEEEERRTTIIEENN SSTTAAPPPPEE VVIIRR

EEVVOOLLUUSSIIOONNIISSTTEE OOMM CCHHRRIISSTTEENNEE

MMEEEE VVEERRKKEEEERRDD TTEE BBEEWWYYSS

1. INLEIDING.

Evolusioniste: Volg net die stappe in hierdie pamflet noukeurig en u bewys die Christen-Skeppingsgesindes verkeerd!

2. STAPPE VIR EVOLUSIONISTE OM CHRISTENE MEE TE OORBLUF.

2.1 Die Eerste Wet Van Termodinamika.

(a) Materié & Energie Uit Niks? Die eerste stap is om 'Die Eerste Wet van Termodinamika' te oorbrug of te omseil, 'n Wet wat deur alle eerbare wetenskaplikes as ononderhandelbaar gerespekteer word. Volgens hierdie Wet

kan Materié & Energie (suster-verskynsels) nie geskep of vernietig word nie,

m.a.w. niemand kan Materié of Energie toevoeg tot of wegneem van die totale portfolio van Materié & Energie wat alreeds in die Heelal bestaan nie. Ons mag

dit dalk manipuleer en tot ons voordeel of ander se nadeel inspan, maar dis omtrent al.

(b) 'Evolusie' uit niks? Maar, indien Materié & Energie nie geskep of vernietig kan word nie, hoe het Evolusie dan daarin geslaag om hierdie Wet te oorbrug en omseil deur (i) Materié & Energie (uit die beskikbare 'grondstowwe') te skep as 'n

voorvereiste vir Lewe? (ii) Ook op 'n magiese wyse daardie einste 'grondstowwe' eers vooraf uit NIKS te skep?

(c) Verbode sones! Die antwoord is dat dit natuurlik (i) nóóit gebeur het nie en (ii) nóóit kán gebeur nie ... hierdie area is een van die etlike verbode sones in

die Fisika van die Heelal.

Stap 1: Skep Materié & Energie uit NIKS en u bewys die

Christene verkeerd!

2.2 Die Tweede Wet van Termodinamika.

Page 160: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 160

(a) Tyd se pyltjie. Hierdie Wet, nl. 'Die Tweede Wet van Termodinamika', lui dat die Heelal besig is om áf te wen ... Tyd se pyltjie wys afwaarts. Daar is 'n

Wet van Verderf en Dood aan die werk in die Natuur, en toevallige, lukraak-

gebeurtenisse soos Evolusie sal nooit lei tot Orde uit Chaos (lae entropié) nie, maar altyd tot Chaos uit Orde (hoë entropié).

Uiteindelik gaan alles sterf, disintegreer en terugkeer tot stof. Ons kan die proses nie keer nie, maar slegs effens vertraag deur dinge in stand te hou en skoon te maak.

(b) Evolusie en dobbel? Die hoop, drome en illusies wat Evolusioniste inspireer is gefundeer op dieselfde wiskundige waar-skynlikhede van 'sukses' met

dobbel! Indien Evolusie wáár was, sou dit dus ook heeltemal van geluk afhanklik moes wees.

(c) Die „Intelligente-Eerste-Oorsaak‟. Die Heelal is soos 'n groot horlosie wat besig is om áf te wen ... uiteindelik sal dit ook ophou tik, verderwe en sterf. Maar, Wie het dit dan in die eerste plek opgewen? Net die feit dat 'Die Tweede

Wet van Termodinamika' bestaan, vereis die bestaan van 'n Skepper ... 'n Intelligente Eerste Oorsaak.

Stap 2: Omseil die Wet Van Verderf En Dood (roes,

veroudering, slytasie, disintegrasie, dood) en u bewys die

Christene verkeerd.

2.3 Oorkom die bevindinge i.v.m. Mendeliaanse-Genétika.

(a) Biogénesis. Dit beteken dat slegs 'n Lewendige Sel aanleiding kan gee tot

'n Lewendige Sel! Lewe kan nie op 'n magiese wyse uit Nie-Lewe ontstaan nie!

(b) Carl Von Linne (Carl Linnaus: 1707-1778). Hy het die klassifikasie-stelsel van plante en diere ontwerp wat ons vandag as 'n standaard gebruik. Hy

het tot twee spesifieke gevolgtrekkings gekom:

(i) Spesies is hoofsaaklik van die 'Génesis-Tipe‟; en

(ii) Daar was nooit enige veranderings oor basiese kategoriëe heen gewees nie.

[Linnaus het vas geglo aan die onveranderlikheid van spesies en Spesiale

Skepping].

(c) Diere-klasssifikasie. Net die feit dat diere en plante hoegenaamd geklassifiseer en gekategoriseer kan word, bewys Spesiale Skepping en

weerspreek Evolusie.

Page 161: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 161

Die Evolusie-Leer probeer ons wysmaak dat plante en diere in gedurige 'flux' is (besig om te ontwikkel of 'evolve'), m.a.w. daar behoort geen duidelik-

klassifiseerbare , vaste spesies in die Natuur voor te kom nie, maar oral waar

ons kyk (insluitend die Fossiel-Rekord) sien mens net duidelik-klassifiseerbare, vaste spesies [bv. amfibiëe, reptiele, insekte, voëls ens. (Dit word genoem

„Stasis‟)]!

Stap 3: Skep 'n Lewende Sel uit 'n Nie-lewende Sel en u

bewys die Christene verkeerd!

2.4 Oorkom die bevindinge i.v.m. die ontdekking van DNS.

(a) Makro-Evolusie? Wetenskaplikes sal bevestig dat geen Evolusie oor basiese kategoriëe heen van diere en plante ('Makro Evolusie') ooit plaasgevind

het nie. 'n Ingeboude sekerheids-meganisme ('firewall') voorkom dat dit ooit kan gebeur, en dit is die ingewikkelde DNS ('DNA')-kode in elke diertipe wat

hierdie ondeurdringbare muur opgerig het. Daar is geen bewyse dat selfs één ware nuwe spesie ooit in die geskiedenis van die mensdom uit 'n ander spesie

ontstaan het nie. Die kanse is wiskundig só gering sodat dit grens aan die onmoontlike, soos dit ook bevestig was deur wiskundiges tydens die Wistar

Simposium in die VSA in 1966.

(b) Mikro-Evolusie? Veranderinge binne spesies, bv. die teel van 'n nuwe honderas, (sogenaamde 'Mikro-Evolusie'), is nie regtig Evolusie nie, maar slegs 'n variasie binne 'n tema, of diversiteit binne basiese kategoriëe. Beide die ouers

van daardie nuwe honderas was steeds honde. Het u al ooit gesien waar 'n hond uit 'n nie-hond; of 'n vink uit 'n nie-vink of 'n mot uit 'n nie-mot ontstaan het?

En, toe hulle vir 'Dolly' gekloon het, kon die skape die takie self baie goedkoper verrig het. Terloops ... hoeveel nasate het 'Dolly' nagelaat?

Stap 4: Ignoreer die beperkinge wat DNS in die Natuur

stel, prakseer vir ons 'evolusie' oor basiese spesie-kategorië

heen, en u bewys die Christene verkeerd!

2.5 Oorkom die beginsels van Nie-Reduseerbare-, Onmiddellike- En Spesifieke Kompleksiteit.

(a) Onmiddellike funksionaliteit. Die Beginsels van 'Nie-reduseerbare, Onmiddellike En Spesifieke Kompleksiteit' maak Evolusie onprakties. Hierdie

Beginsels kom daarop neer dat lewende organismes met 'n spesifieke lewensdoel onmiddellik ten volle en kompleet gevorm moet wees om effektief te

funksioneer, en dit 'n haalbare spesies te maak, bv.:

Hoe lank kan die baba-walvis bekostig om te wag totdat die moeder-walvis uiteindelik 'n eenrigting, nie-terugkeerbare klep (tepel)

ontwikkel het vir die baba-walvis om aan te drink (boonop onder

Page 162: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 162

water) ...'miljoene jare'? En waar het die moeder-walvis in elk geval vandaan gekom, en hoe het sy aan die begin oorleef as 'n baba-

walvis?

Stel u 'n lewende organisme (diertjie) vóór wat oor 'miljoene jare' probeer ontwikkel ('evolve'). Sekerlik sal al die organe van daardie

diertjie (fisiologies gesproke) parallel en in harmonie met die res van sy liggaampie ontwikkel totdat wasdom bereik word ... hoe lank kan

daardie diertjie bekostig om te wag totdat sy bloed (ooreenkomstig die Evolusie-Leer) geleer het om te stol ... '100 000 jaar', of '500 000

jaar'? Moet bloed nie noodwendig dadelik (binne minute) kan stol ter wille van die oorlewing nie?

(b) Die Twee-geslagte wonderwerk. Verduidelik die misterié van die twee geslagte ... manlik en vroulik. Indien Evolusie die wonderwerk van Lewe moes

skep, dan sou dit 'n dubbele wonderwerk moes wees ... Twee Spieëlbeelde: Manlik en Vroulik! (En dit sou onmiddellik perfek moes werk).

(c) Het die Natuur „homself‟ gemaak? Evolusie is 'n nuttelose pseudo-wetenskap, en dit het die vordering met (ware) Natuurwetenskap waarskynlik met 150 jaar vertraag! Dink net 'n bietjie:

Kan 'n papier-vliegtuigie homself maak? (0 bewegende dele) ... NEE!

Kan 'n gewone muisval homself maak? (5 bewegende dele) ... NEE!

Kan die flagellum ('sweephaar') van die bakterium homself maak? (40

bewegende dele) ... NEE!

Kon hierdie Heelal homself (met alles en almal daarbinne) gemaak het

(mega-ziljoene van bewegende dele) ... Is u ERNSTIG?

(d) Die Wet van Skepperskap. Die 'Wet van Skepperskap' beteken dat die Maker van 'n Produk Self noodwendig altyd méér kompleks & intelligent as

daardie Produk sal wees. Wel, hierdie Heelal is 'n geweldig komplekse plek, en die Wese wat verantwoordelik 'was' (IS) vir die uitvinding en ontwerp daarvan

moet beslis meer kompleks & intelligent wees as die Heelal self.

Stap 5: Demonstreer vir ons prakties waar 'n

papiervliegtuigie,'n gewone muisval en 'n skootrekenaar

ditself maak, en u bewys die Christene verkeerd!

2.6 Verduidelik die misterié van die Polonium-218 Radio-stralekrans in graniet.

(a) Die Skepping se klein wonder. 'n Geofisikus, Robert V. Gentry, het 'n

boek gepubliseer met die titel Creation's Tiny Mystery, en daarin verduidelik hy sy bevindings m.b.t. sy navorsing oor al die graniet op die Aarde. Graniet is die

Page 163: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 163

fondasiesteen van ons Planeet, en oral bevat dit mikroskopies-klein 'borreltjies' waarna as 'Polonium-218 Radio-Stralekranse' verwys word.

Hierdie Stralekranse kon net op één manier gevorm het ... mits al die graniet op die Aarde binne 3 minute gestol het toe dit gemaak is, en nie deur 'gesmelte

lawa' oor 'miljoene jare' soos die Evolusioniste ons probeer wysmaak nie. Met ander woorde, indien die Aarde regtig '5 biljoen jaar' oud was, sou hierdie

Polonium-218 Radio-Stralekranse nie vandag in die Planeet se graniet voorgekom het nie.

(b) Fondasiesteen: Graniet of Rioliet? Indien die Aarde regtig uit rooiwarm, gesmolte lawa (graniet) ontstaan het, hoe is dit dan dat, wanneer geofisici

graniet opsmelt en toelaat om weer af te koel en te stol, dit nooit terugstol na graniet toe nie, maar na rioliet? Hierdie rooiwarm, gesmolte-graniet Teorie van

die evolusioniste is uiters onwaarskynlik, want, indien die Aarde regtig uit gesmolte graniet ontstaan het, sou ons planeet se fondasiesteen vandag eerder

rioliet (en nie graniet) gewees het.

Stap 6: Bewys dat die Aarde oor 'miljoene jare' uit

gesmolte graniet ontstaan het en dat graniet wat opgesmelt

word weer terug afkoel na graniet, en nie na rioliet nie, en

u bewys Christene verkeerd!

2.7 Wys ons 'n transisionele (oorgangstadium) fossiel. Die enigste transisionele fossiel wat byna as onbetwisbare 'getuienis' vir Evolusie geslaag het,

was Archaeopteryx ... die sogenaamde transisionele fossiel wat die 'oorgangstadium tussen reptiele en voëls' gedemonstreer het. Archaeopteryx is egter deur ses

prominente wetenskaplikes nl. Fred Hoyle, R.S. Watkins, N.C. Wickramasinghe, J. Watkins, R. Rabilizirov & L.M. Spencer in 1985 as 'n vervalsing uitgewys (British Journal

Of Photography, Maart-Junie 1985).

Sien ook:

(i) W.J. Broad, 'Authenticity Of Bird Fossil Is Challenged' (pp.C1, C14, New York Times, 7

Mei 1985)

(ii) T. Nield, 'Feathers Fly Over Fossil 'Fraud'' (New Scientist 1467:49-50) en

(iii) G.Vines, 'Strange Case Of Archaeopteryx 'Fraud'' (New Scientist 1447:3).

[Terloops ... hoekom het Evolusie na 'n 'suskesverhaal' van '15 biljoen jaar '

nou skielik 'n vroedvrou nodig in die vorm van vervalsings, wanvoorstellings en evolusioniste om die Teorie mee te promoveer?].

Hier is die vangplek ... geen transisionele (intermediêre, oorgang-stadium) fossiel is ooit gevind nadat hulle nou al 100 jaar na dit soek nie! Uit die 100 miljoen (dalk

meer) gekataloguseerde fossiel-eksemplare in die Wêreld is daar nie één voorbeeld

Page 164: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 164

van 'n transisionele fossiel nie; en uit die biljoene fossiele wat waarskynlik nog in die ryk Karoo-Formasie lê, is nie één transisionele fossiel al ooit daar uitgegrawe nie. Die

grap is, indien Evolusie wáár was, sou die veld en koppies van die RSA bestrooi gelê

het van sulke fossiele!

Stap 7: Wys ons 'n voorbeeld van (i) 'n transisionele of

intermediêre, tussenstadium-fossiel 'in taxa' en (ii) 'n

transisionele (intermediêre, tussenstadium) diertjie of

organisme in transformasie (oor basiese kategoriëe heen) in

die lewendige omgewing (‗n transmutasie), en u bewys die

Christene verkeerd!

2.8 Wys ons die 'Geologiese Tydskaal' ('Geologic Column') presies soos uitgestippel in u muurkaarte en teksboeke.

(a) Waar is die 'Geologiese Tydskaal'? Wys ons die sogenaamde 'Geologiese Tydskaal' van sedimentêre strata (Cenozoïs, Mesozoïs, Paleozoïs ens.) presies soos uitgestippel in u muurkaarte. Neem ons na 'n plek waar ons

'n vertikale snit in die grond kan sien van die sub-strata ('Periodes') van

Quaternary & Tertiary (Cenozoïs: 'Onlangse Lewe'); Cretaceous, Jurassic &

Triassic (Mesozoïs: 'Middeleeuse Lewe'); Permian, Pennsylvanian, Mississippian,

Devonian, Silurian, Ordovician, & Cambrian (Paleozoïs: 'Antieke Lewe'), plus die

Pre-Kambriaanse (Leeg).

(b) Dispute tussen evolusioniste self! Inteendeel merk ons op dat daar

baie onenigheid, verdeeldheid en dispute bestaan tussen evolusioniste self, bv.:

Strata-kontroversies tussen Evolusioniste!

Gemengde fossiele in die strata, m.a.w. fossiele wat nie in strata of

saam met ander fossiele hoort nie, ens.!

'Reworking' & 'downwash' van fossiele in en uit strata, m.a.w. fossiele

'migreer' tussen strata!

Pollen en spore in the Kambriaanse Periode, wat nie daar hoort nie!

Die oorslaan van strata deur fossiele, m.a.w. vermiste fossiele in sekere

strata!

Gemengde strata, wat bots met die Geologiese Tydskaal - Model!

Vermiste strata!

Page 165: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 165

(c) Vance Ferrell B.A., M.A., B.D. skryf:

―How can it be that the Geologic Column is so

incomplete, when Evolutionary Theory teaches that it was

quietly, slowly laid down uniformly over millions of years?

The truth is that the rock strata point us back to a terrible

Worldwide catastrophe ... a Flood, not to millions of years

of gradual soil deposits from dead plants and windblown

soil.‖ ('Science vs Evolution', p.486 – Evolution Facts Inc. 2001).

(d) Omvang & grootte? Daar is wetenskaplikes wat glo dat, indien die Geologiese Tydskaal regtig [m.a.w. in die praktyk) sou bestaan het, dit meer as 160 km. dik sou gewees het.

Stap 8: Neem ons na 'n vertikale snit in die grond en

wys ons die Geologiese Tydskaal ('Geologic Column') presies

soos uitgestippel in u muurkaarte en teksboeke, en u bewys

die Christene verkeerd!

2.9 Bewys die evolusioniste se 'Gepunktueerde-Ekwilibrium Teorie' as wáár.

(a) Richard Goldschmidt (1878-1958). Hy het sy konsep van 'hoopvolle

monsters' in 1940 aangekondig in sy boek The Material Basis Of Evolution in terme waarvan hy geglo het in 'n soort 'mega-evolusie', wat beteken het dat één

lewensvorm skielik uit 'n skoon ánder lewensvorm kon ontstaan. Op 'n dag het (bv.) 'n vis eiers gelê, toe broei daar paddatjies uit!

(b) Gould & Eldredge. Hierdie 'hoopvolle monster' teorie is later byna geloofwaardigheid gegee toe Stephen J. Gould en Niles Eldredge die gekkespul

geresussiteer het onder die term 'gepunktueerde-ekwilibrium' ('Punctuated Equilibria: An

Alternative To Phyletic Gradualism' - 1972).

Stap 9: Wys ons 'n voorbeeld van 'Gepunktueerde-

Ekwilibrium' m.a.w. waar 'n vis eiers lê en 'n paddatjie broei

uit; of waar 'n reptiel eiers lê en 'n voëltjie broei uit, en u

bewys die Christene verkeerd!

2.10 Bewys die evolusioniste se 'Oorerwing Van Verworwe Eienskappe–Teorie' ('Lamarckisme') as wáár.

Page 166: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 166

(a) Jean-Baptiste Lamarck (1744-1829). In 1809, lank vóór Darwin, het hy , in sy boek Philosophie Zoologique, beweer dat (bv.) die kameelperd sy lang nek

gekry het deurdat hy dit moes uitrek om by die boonste blare van bome by te

kom.

(b) Resep vir langer arms? Volgens hierdie briljante idee kan 'n mens lánger word (of jou arms langer maak) deur gedurig te strek om die blik op die hoogste

rak in die kombuis by te kom! Pasop dat jy jou bene terselftertyd sáám rek, anders sleep die elmboë naderhand op die grond.

Stap 10: Wys ons 'n diertjie of 'n mens wat haar arms

(bv. in die kombuis) of sy nek (bv. by die rugby) langer

gemaak het volgens 'Lamarckisme', en u bewys die

Christene verkeerd!

2.11 Vernietig Die BYBEL.

(a) Die wêreld se topverkoper. Vernietig die Bybel as u kan. God het die Bybel gepubliseer, nie om die bestaan van God te bewys nie (aangesien dit nie

nodig is nie) maar om die bestaan van God teológies-tasbaar te openbaar.

(b) Twee belangrike geológiese eras. Die geskiedenis kan, geológies, in net twee belangrike eras ingedeel word, nl. Pre-Sondvloed en Post-Sondvloed. Die

woord 'prehistories' is m.a.w. 'n sinnelose konsep met zero-bestaansreg ... wat op Aarde beteken 'prehistories'?

(c) Die Fossiel-rekord bewys die Sondvloed. Die Fossiel-rekord was God se briljante manier om die Sondvloed vir die nageslagte en die geskiedenis te

dokumenteer as bewys van die egtheid van die Bybel.

(d) Twee belangrike kultuur-historiese eras. Die geskiedenis word, kultuurhistories, ook in net twee belangrike eras ingedeel, nl. Vóór Christus

(V.C.) en Ná Christus (N.C). As Jesus van Nasaret dan so onbeduidende historiese figuur was ... m.a.w. slegs 'n 'belangrike profeet' en nie God nie; of

slegs 'n 'fanatiese, midde-oosterse askeet met 'n verwarde lewensmissie' of slegs 'n 'bedriëer met 'n God-delusie' (volgens sekere blasé skrywers van disformaat)

waarom verwyder hulle nie net die V.C. (Vóór Christus) en N.C. (Ná Christus) uit

ons kalenders nie?

Stap 11: Raak ontslae van die Bybel en die Christelike

Kalender (V.C. & N.C.) en u bewys die Christene verkeerd!

2.12 Verhoed die Wederkoms van JESUS CHRISTUS.

Maak seker dat Hy nie terugkeer nie, want dit sal dodelik wees vir u Teorie!

Page 167: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 167

'Kyk, Hy kom met die wolke, elke oog sal Hom sien, ook

hulle wat Hom deursteek het; en al die geslagte van die

Aarde sal oor Hom rou bedryf; ja, amen!' (Openb.1:7).

Stap 12: Verhoed die Wederkoms van JESUS

CHRISTUS, en u bewys die Christene verkeerd!

2.13 Maak seker u sterf NOOIT.

Die Bybel sê:

'En net soos die mens bestem is om een maal te sterwe

en daarna die oordeel ...' (Heb.9:27).

Stap 13: Die Bybel leer dat ons almal gaan sterwe.

Moet dus net nooit doodgaan nie en u bewys die Christene

(en die Bybel) verkeerd.

2.14 Moenie opdaag vir die OORDEEL nie.

Die Bybel sê:

'En ek het 'n groot wit troon gesien en Hom wat daarop

sit. En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan

en die boeke is geopen. is, En die dode is geoordeel na wat

in die boeke geskryf volgens hulle werke.' (Openb.20:11a,12).

Stap 14: Moenie opdaag vir die OORDEEL nie en u

bewys die Christene verkeerd!

3. DARWIN OF CHRISTUS?

Indien u in die lewe slegs nog 5 minute sou oorhê vir een enkele gesprek en sou moes kies tussen Darwin en Christus, wie sou u kies? Mens behoort nie eers jou motor se sleutels toe te vertrou aan iemand wat glo hy kom van 'n aap af nie, wat

nog jou onsterflike siel!

GRYP DIE REDDINGSGORDEL!

Jes.1:18; Jhn.3:16; 4:13,14; 10:10; Rom.6:23; 8:1; Heb.9:14,15;

10:10; 1 Jhn.1:8-10; Openb.3:20; 22:17.

Page 168: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 168

GELOOFSVERKLARING

Hiermee neem ek Jesus Christus vandag aan as my

Verlosser En Persoonlike Saligmaker.

Handtekening Datum

Bibliografié.

1. Die Bybelgenootskap Van SA, 'Die Bybel' (OV).

2. Vance Ferrell B.A., M.A., B.D. 'Science vs. Evolution' / 'The Evolution Handbook', Evolution

Facts Inc. (2001).

Page 169: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 169

CCHHRRIISSTTEENNEE EENN ‘‘SSKKEEPPPPEENNDDEE

EEVVOOLLUUSSIIEE’’:: JJYY MMAAAAKK SSEEKKEERR ‘‘NN

GGRRAP!

1. WAT IS (SOGENAAMDE) 'SKEPPENDE EVOLUSIE'?

1.1 Evolusie + Génesis? Die Evolusie-Leer is reeds Ateïsties om mee te begin, dus is 'n konsep soos Teïstiese (Skeppende) Evolusie eintlik 'n onwerkbare

teenstrydigheid (anomalié). Die idee van Skeppende Evolusie het ontstaan toe naïewe christene 'n behoefte aan 'n 'Kompromis Skeppingsmodel' (Ateïstiese Evolusie +

Teïstiese Génesis), met die doel om Evolusionisme in hul Teologie in te bou, ontwikkel het.

Hierdie christene was gedryf deur die (valse) persepsie (a) dat die Aarde letterlik 'biljoene jare' oud is en (b) dat die 'fossiel-rekord' beslissende bewys is van Evolusie, asof dit bekragtig was deur die Konstitusionele Hof.

1.2 Is 'Christen-Evolusioniste' regtig veilig? Nadat hulle hierdie verspotte, nuwe hebriede-ideologie van Skeppende Evolusie (Ateïstiese Evolusie + Die Génesis-

Skeppingsverslag) gefabriseer het, dink hierdie christene nou dat hulle ideologies vanaf alle kante 'OK' is, bv.:

(a) sou Evolusie wáár wees, sal hulle dan nog gesien word as sou hulle ewe 'byderwets' vandag se (valse) Humanistiese, Godslasterlike, New Age Wêreldbeskouing ondersteun het, en dan steeds in tel wees by die Evolusioniste;

maar

(b) sou die Génesis-Skeppingsverslag korrek wees, sal hulle (so dink hulle) steeds in tel wees by God, aangesien dit sal lyk asof hulle nou darem nie heeltemal vir God en die Bybel gaan staan en verwerp het nie

(verkleurmannetjie-strategie).

2. WAS DAAR REGTIG 'N 'PRE-ADAMITIESE RAS' WAT VÓÓR GÉNESIS 1 OF VÓÓR ADAM & EVA BESTAAN HET?

2.1 Wetenskaplike christene? Hierdie verontrustende bygeloof, nl. dat daar kastig 'n 'pre-adamitiese ras' lank vóór Génesis 1 of Adam & Eva sou bestaan het, is

die tragiese gevolge voortspruitend uit die nuwe mode van Skeppende Evolusie, 'n

patetiese poging deur oningeligde Christene om byderwets 'wetenskaplik' vóór te kom vir ander mense.

Page 170: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 170

2.2 'Gapingsteorie' ... die grap van die jaar. Vir jare het Evolusie-gesindes christene gespot en gewaarsku om tog nie die Bybel 'te letterlik' op te neem nie ...

vandag waarsku ek my mede-christene wat so ywerig flankeer met die Godslasterlike

Evolusie-Leer onder die ideologiese dekmanteltjie van 'Gapingsteorie' en 'Skeppende Evolusie' om maar versigtig te wees wat hulle glo ... moet tog nooit die literatuur van

die Evolusie-gesindes 'te letterlik' opneem nie!

Hulle is blinde leiers van blindes wat Gólgota verruil het vir die goedkoop lensiesop van 'n godsdienskultus by name die Evolusie-Leer (en al sy verraderlike deriváte).

Evolusie is egter nie 'n wetenskap' soos sommige pseudo-wetenskaplikes probeer voorgee nie, maar 'n (valse) kultus wat (a) deur ateïste ge-promoveer en (o.a.) (b)

deur christene met belastings gefinansier word! Hierdie 'Pre-Adamitiese Ras-teorie, 'Gapings-teorie & 'Pre-chaotiese Aarde-teorie' is Onbybels, want (c) Die Bybel stel dit

duidelik dat Adam & Eva die eerste mense was (Gen.1:26-28; 2:7; 3:20; 5:1; 5:5;

Deut.32:8; Job.31:33; Rom.5:14; 1 Kor.15:22,45; 1 Tim.2:13)

2.3 Niemand Vóór Genesis. Geen mense (van enige aard) kon vóór Génesis 2:5

gelewe het nie:

' ... want die HERE God het nog nie laat reën op die

aarde nie, en daar was geen mens om die grond te bewerk

nie'

Die eerste mens, Adam, was dus gemaak in Génesis 2:7, en vóór Adam was daar geen mens van enige aard om die grond te bewerk nie.

2.4 Die DOOD vir die eerste keer deur Adam gebring. Niemand, of geen lewende wesens, bv. landdiere, amfibiëe, reptiele, voëls, insekte ens., kon geleef en gesterf het vóór Génesis 1 of vóór Dae 5 & 6 van Génesis 1 nie, want die verskynsel

'DOOD' was vir die eerste keer bekend gestel deur Adam (Gén.3:19; Rom.5:14; 1

Kor.15:22).

Die eerste diere en die eerste mense het vir die eerste keer in die geskiedenis van ons planeet gesterf eers nadat Adam 'DOOD' in die Wêreld gebring het, deur die sonde. Ek stel dit dus kategories dat geen mense of diere ooit (a) bestaan het of (b)

gesterf het vóór Génesis 1 of vóór Adam & Eva en die diereryk geskep was op Dae 5 & 6 van die Skepping nie.

Hiermee is ons ook nou hopelik finaal ontslae van die koddige Gapingsteorie (die 'miljoene jare' wat kastig sou verloop het tussen Génesis 1:1 en Génesis 1:2). (c) Die

dinosourusse (eintlik 'dino-krokodiliane') het nie oor 'miljoene jare' ontwikkel ('evolve') nie, maar is geskape deur God op Dag 6 van die Skepping, binne 24 uur,

saam met al die ander diere. God het alles onder die Son gemaak:

Page 171: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 171

'Alle dinge het deur Hom [God] ontstaan, en sonder Hom

[God] het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.

(Jhn.1:3).

3. GÉNESIS IS NIE VERSOENBAAR MET DIE EVOLUSIE-LEER NIE!

3.1 Skepping In '15 Biljoen Jaar'? Nooit in 'n 'miljoen jaar' (!) nie. Pro-Evolusie Christene probeer nogtans hard om lang periodes toe te skryf aan die Skeppingsproses.

Hulle sal bv. beweer dat God nooit die Wêreld in 6 letterlike dae van 24 uur elk (Totaal = 144 uur) gemaak het nie, maar eerder oor '6 millenniums van 1000 jaar'

elk, of miskien '6 eons van tyd van miljoene/biljoene jare' elk.

Hulle redeneer so waarskynlik:

a.g.v. 'n meganiese vertolking van die Bybel wat dit stel dat, '... een dag by die

Here soos duisend jaar is en duisend jaar soos een dag' (2 Pet.3:8);

omdat hulle dink dat God nie regtig almagtig genoeg (!?) is om die Heelal in

144 uur (6 dae van 24 uur elk) te maak nie; omdat hulle aandring aan op 'n Kompromis-Skeppingsmodel om Evolusie te

akkommodeer; omdat hulle eenvoudig nie toegerus is om teen-argumente teen die Evolusie-

Leer te ontwikkel nie, en alles vir waarheid sluk want, ―Hoe kan die

'wetenskaplikes' dan nou verkeerd wees?‖ (Hou in gedagte dat daar 'n tyd was

toe die sogenaamde 'wetenskaplikes' gedink het dat die Son 'n ronde skyf van maar net 30 cm. [300 mm.] in deursnee is … „wetenskaplikes‟ was al etlike kere

verkeerd).

3.2 „Een Dag‟ soos „Duisend Jaar‟?

(a) Meganiese-vertolkings. 'n Meganiese-vertolking van hierdie teks sou dan bv. beteken het (i) dat Jesus bv. vir 3000 jaar (3 dae x 1000 jaar) in die graf was en (ii) dat daar nog net 2 dae (2000 jaar ÷ 1000 jaar) verloop het sedert Sy Hemelvaart!

Wanneer die Bybel dit egter stel 'dat 'n dag vir die Here soos duisend jaar is' (en

andersom) beteken dit slegs Tyd vir God relatief is ... Hy is nie die prisonier van Tyd

of onderworpe aan die Wette van die Fisika nie. God bestaan en fungeer onafhanklik van die beperkings en dinamika van Materié, Ruimte & Tyd. Die grootste flater wat

ons kan maak is om te dink dat God [amper soos „n Opsigter] ook maar net nog „n

inwoner in die groot woonstelblok van Sy eie Skepping is … alles behalwe! Hy was (IS) daar lank voordat die woonstelblok nog bestaan het.

Page 172: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 172

3.3 Ons Kosmiese Eko-stelsel. God het waarskynlik ook Tyd, Ruimte en Materié (ons 'Kosmiese Eko-stelsel') alles gelyktydig gemaak, bv.:

Indien God Materié wou maak, maar Hy het nie Ruimte nie, waar sou Hy dit neersit?

Indien God Materié wou maak, maar Hy het nie Tyd nie, wanneer sou Hy dit neersit?

3.4 Skepping in ses dae. Ons glo die Skeppingsdae was 6 dae van letterlik 24 uur elk. Rasionaal:

(a) Die plante was gemaak op Dag 3: Hoe lank sou die arme blomme dit kon bekostig om te wag vir die Son om op te kom (op Dag 4) om die sonstrale te verskaf vir die plante om te fotosinteer ... 'n 1000 jaar? Miljoene jare?

(b) Die insekte was waarskynlik gemaak maak op Dag 5 en die voëls en vlermuise op Dae 5 & 6 ... hoe lank sou die arme blomme dit kon bekostig om te

wag vir die insekte, voëls en vlermuise se kruisbestuiwing van die blomme ... 2000 -3000 jaar? Miljoene jare?

3.5 Moeilik of maklik? Dit is verstommed hoe sogenaamde 'Gelowiges' kan dink dat (die Almagtige!) God nooit 'n Heelal in 144 uur (6 dae van 24 uur elk) sal kan voltooi nie. Hulle takseer God asof Hy 'n lui, onbevoegde plaaswerker is. Wat laat

hulle in elk geval dink dat, om 'n Heelal in '15 biljoen jaar' te maak, enigsins 'makliker' sal wees as om 'n Heelal in 144 uur te maak?

Indien God nie 'vandag' oor die vermoë sou beskik om te spring en die Maan met Sy vingers te raak nie, sal die 'Onveranderlike' (!) God mos ook nie oor daardie

vermoë beskik oor '15 biljoen jaar' nie! Albei uiterstes sou in elk geval (vir 'n Almagtige God) mos ewe maklik (óf ewe moeilik) wees?

Enige wiskundige wat vertroud is met die Waarskynlikheidsleer sal ook bevestig dat langer periodes dit in werklikheid vir Evolusie net meer onwaarskynlik sou maak om plaas te vind, aangesien die kanse daartéén eksponensieel oor tyd heen sou toeneem.

Vance Ferrell B.A., M.A., B.D. Skryf:

―Die punt is dat TYD nooit in die guns sal werk van iets

wat nie kan gebeur nie. Kan TYD klippe in ratels verander;

seewater in kalkoene; of sand in visse? Kan TYD menslike

hormone ontdek; die teleskopiese oog van die arend maak;

of reël dat die Maan om die Aarde wentel? Die waarheid is

dat, hoe langer die TYD, hoe groter die verderf, en hoe

minder die kans dat Evolusie sal plaasvind.‖ (Vance Ferrell BA,

MA, BD: 'Science vs. Evolution', p.162).

Page 173: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 173

3.6 Kompromis-Skeppingsmodelle (bv. 'Gapingsteorie' & 'Skeppende Evolusie') Is Onwerkbaar. Kompromis-Skeppingsmodelle (bv. Skeppende Evolusie

oftewel SE) is Onbybels want:

Dit word nêrens in die Ou Testament geleer nie. Geeneen van die Ou Testamentiese profete (bv. Abraham, Moses, Josef, Samuel, Daniël, Elia, Elisa, Esegiël, Jeremia, Sagarìa ens.) het dit ooit geleer nie

Jesus en Sy dissipels het nooit SE in die Nuwe Testament verkondig nie. Geeneen van die skrywers van die Sendbriewe (Paulus, Petrus, Jakobus,

Johannes of Judas) het ooit SE vir die vroëe Kerk geleer nie.

3.7 Jesus Christus of Charles Darwin? (a) Waarom sal enigiemand by sy volle

positiewe in elk geval die intellektuele en geestelike diepte, redenasies en logika van (i) Charles Darwin verkies bo dié van (ii) Jesus Christus? Het U al ooit Jesus se CV

(Curriculum Vitae) gelees?

Waarom sal enigiemand nou die menings van iemand soos Darwin, wie geglo het dat sy brein uit dié van 'n aap ontwikkel het, volg? Hoe veilig kan dit wees om iemand

(wat glo hy is verwant aan 'n aap) eers met jou motorsleutels te vertrou, wat nog met jou toekoms? Indien die mens se brein dan wél uit dié van 'n aap ontwikkel het

(hoewel dit natuurlik nie het nie), sou ons dit dan kon bekostig het om die oordeel

van ons eie 'primate' brein m.b.t. die Wêreld en lewensprosesse te vertrou?

Die antwoord is “Nee!” Nou hoe kan die evolusioniste dan van ons verwag om die 'oordeel' van hulle 'primate brein' te vertrou? 'Evolusie' is op die oog af OK ... totdat

jy Darwin se dekselse boeke probeer lees! Stel jou ook vóór „n man skryf „n boek en probeer die boek by uitgewers aanbied met hierdie waarskuwing vóór in die boek:

‗Hierdie boek geskryf deur ‗n skrywer wie se voorouer ‗n

aap was‘.

Hoeveer uitgewers sal so skrywer ernstig opneem? Dit dui egter juis op die ironié van die samelewing, want Evolusiegesinde-uitgewers doen dit steeds byna daagliks.

4. WIE HET DIE DINOSOURUSSE GEMAAK?

4.1 Het die Duiwel die dinosourusse gemaak? Ek lees nêrens in die Bybel dat die Duiwel kan skep nie. Hy sal nie eers 'n muggie kon skep om sy lewe te red nie. In teenstelling word hy genoem die Verderwer omdat hy verderf (afbreek), nie opbou

nie:

'Kyk, Ék het die smid geskape wat die koolvuur aanblaas

en ‗n wapen voortbring volgens sy ambag; ook het Ék die

verderwer geskape om te verniel.' (Jes.54:16).

Page 174: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 174

Die Antichris (2 Ths.2:3) en Judas (Jhn.17:12) word ook nie beide om dowe neute om die beurt na verwys as die „seun van die verderf‟ nie. Dit is dus onwaar dat die Duiwel

die dinosourusse gemaak het en dat hulle saam met hom deur God uit die Hemel

uitgeskop is na 'n (sogenaamde) 'pre-chaotiese aarde' toe. Wanneer gaan mense ophou om snert in te voer as 'leerstelling' ... dinge wat gladnie in die Bybel geskrywe

staan nie? Hierdie is maar net nóg een van die baie valse 'Kompromis-Skeppings-modelle' deur Christen-Kupido's wat 'n onheilige 'huwelik' tussen (a) Ateïstiese

Evolusie en (b) Teïstiese Génesis 1 probeer deurhaak.

4.2 God het die dinosourusse geskape. (a) God het die dinosourusse gemaak op Dag 6 van die Skeppingsweek, net soos al die ander diere. Daar was niks sinistêr

rondom dinosourusse (eintlik dinokrokodiliane, want dinosourusse was waarskynlik nader verwant aan krokodille as aan akkedisse) nie ... hulle was maar net diere soos

alle ander diere.

Adam het vir almal een-vir-een name gegee. Adam was eerste gemaak, en hy het waarskynlik gesien hoe alle diere (insluitend dinosourusse) gemaak word. Eva het God waarskynlik nooit enigiets sien maak nie, want sy was laaste gemaak. Die Bybel

sê:

'Alle dinge het deur Hom [God] ontstaan, en sonder Hom

[God] het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie' (Jhn.1:3).

4.3 God het nooit hierdie teorie verkondig nie. Hierdie 'Teorie' was in elk geval

nooit geleer deur (a) die profete en priesters van die Ou Testament nie, of (b) deur Jesus Christus self nie, of (c) deur enige van die apostels, dissipels en skrywers van

die Sendbriewe in die Nuwe Testament nie.

4.4 Geologiese-inflasie! Onthou, die idee dat die Aarde oor 'biljoene jare' ontwikkel ('evolve') het, het ontstaan op 'n wyse wat grens aan verspottigheid:

In 1862 het Thompson gesê dat die Aarde '20 miljoen jaar' oud is.

In 1897 het Thompson dit verdubbel na '40 miljoen jaar'.

In 1899 kom Joly en besluit nee, die Aarde is nou skielik '90 miljoen jaar'

oud.

In 1921 beweer Raleigh dat die Aarde '1 biljoen jaar' oud is.

In 1932 skuif W.O. Hotchkiss die syfer op na '1,6 biljoen jaar'.

In 1947 kom A. Holmes en verklaar die Aarde presies '3,35 biljoen jaar'

oud, maar

In 1956, skuif A. Holmes die syfer op na '4,5 biljoen jaar'.

Tans staan die ouderdom van die Aarde (volgens hulle) op 'n allemintige

'4,6 - 5 biljoen jaar'… en dan noem hulle dit „Natuurwetenskap‟?

Page 175: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 175

5. ONS OLIE (PETROLEUM) EN STEENKOOL [FOSSIEL-BRANDSTOF].

5.1 Olie (Petroleum).

(a) Ongeveer 4400 jaar gelede (± 2348 V.C.) was ons Planeet waarskynlik onderwerp aan 'n Wêreldwye katastrófe bekend as die Sondvloed. Hierdie Vloed

was ook waarskynlik vergesél deur die Natuurkragte van vernietigende

tsunami's, vulkaniese uitbarstings en aardbewings gelykstaande aan ± 8 biljoen waterstofbomme ... boonop dramaties vererger deur die enorme invloed van die

getye van die Maan op die Aarde, aldus die geofisikus Walt T. Brown.

(b) Dit moes oseane laat wegsak en berge laat oprys het, soos ons dit vandag ken:

'U het dit met die Wêreldvloed soos met 'n kleed oordek;

die waters het bo-oor die berge gestaan. Vir U dreiging het

hulle gevlug, vir die stem van U donder het hulle weggeskrik

... berge het opgerys, laagtes het weggesak, na die plek wat

U vir hulle reggemaak het'. (Ps.104:6-9).

(c) Vandag se olie-reserwes (en biljoene fossiele) was gevorm deur die Sondvloed binne 'n kwessie van maande (en nie oor 'miljoene jare' nie) nadat

see- en landdiere skielik, onverwags, deur tonne sediment onder geweldige druk

begrawe is.

5.2 Steenkool. Die steenkool-reserwes (en fossiele) het ontstaan toe die woude en plante skielik en onverwags, tydens die Sondvloed, deur tonne sediment onder

groot druk begrawe is.

5.3 Waar is vandag se 'toekomstige' fossielbeddings? Geen olie- en steenkool

word vandag meer natuurlik gevorm nie. Dit het net eenmaal (op so massiewe skaal) in die geskiedenis van ons planeet gebeur ... tydens die Sondvloed van ± 2348 V.C.

Die $1 miljoendollar vraag: Waar is vandag se toekomstige fossiel-beddings? Waar is die beddings wat veronderstel is om die toekoms se fossielbrandstof te word? Waar is die materiaal wat op hierdie oomblik getransformeer word in olie en steenkool?

6. DIE 'FOSSIEL-REKORD' BEVESTIG DIE GÉNESIS-SKEPPINGSVERSLAG.

6.1 Die „Kambriaanse-ontploffing‟. Evolusioniste kan gladnie die 'Kambriaanse-ontploffing', m.a.w. die skielike verskyning (uit die niet) van die diereryk, alle spesies

Page 176: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 176

ten volle ontwikkel en geklee in hulle Génesis-kostuums (net soos die Bybel ons leer) in die Kambriaanse sediment verklaar nie.

6.2 Geen oorgangstadium (intermediêre) fossiele. Van die 100 miljoen (of meer) gemerkte of geklassifiseerde fossiel-fragmente op ons planeet, is nie een van

hulle verteenwoordigend van 'n transisionele ('oor-gangstadium') fossiel nie ('n vóórvereiste vir Evolusie). Ten spyte van die biljoene fossiele wat waarskynlik ook

nog begrawe lê in die ryk Karoo-neerslag, was nog geen oorgangstadium-fossiele ooit daar gevind nie.

6.3 Meeste spesies het waarskynlik reeds uitgesterf.

(a) Sommige wetenskaplikes beweer dat ± 99% van die ganse diereryk alreeds uitgesterf het. Ons sien dus vandag waarskynlik net ± 1% van die

verskeidenheid wat vóór die Sondvloed (± 2348 V.C.) moes bestaan het.

(b) Dit is egter presies die teenoorgestelde van wat die (valse) Evolusie-Leer

ons probeer vertel, nl. dat die diereryk kastig met lae diversiteit (± 1% ?) sou weggespring het en gevorder het na hoë diversiteit (± 99%)! Hoe dan nou?

(c) Net die feit dat diere geklassifiseer kan word dui alreeds daarop dat Evolusie vals is ... want volgens hulle is die diere-koninkryk gedurig in flux (besig om te 'evolve') en behoort daar geen duidelik-klassifiseerbare spesies

waargeneem te word nie. Maar, oral waar mens kyk (ook in die fossielrekord!) sien mens net duidelik-klassifiseerbare spesies wat altyd dieselfde bly! (Stasis).

7. GOD SKEP TOE 'N VOLWASSE SKEPPING.

7.1 Hoe oud was Adam na 24 uur? Binne 24-uur nadat Adam geskape was, sou

'n (oningeligde) 'evolusionis' of 'anatomis' hom waarskynlik beskrywe het as (bv.),

―'n Robuuste manlike eksemplaar van homo sapiens sapiens; massa 80 kg.; 180

cm. lank; 30 jaar oud en blakend gesond met uitstekende vooruitsigte‖ [ens.,

min wetende dat hy maar bv. net 24-uur oud was]. Sy instrumente sou nooit daardie geniepsige (fisiológiese of anatómiese) 'diskrepans' m.b.t. Adam se

„werklike ouderdom‟ [24 uur!] kon optel nie.

7.2 Die Heelal is ook, nes Adam, as volwasse entiteit geskape.

(a) Skepping vanuit 'n „metafisiese ruimte‟. Vandag probeer wetenskaplikes en evolusioniste 'n ouderdom van '15 biljoen jaar' aan die Heelal toedig, terwyl hulle nie rekening hou nie met die feit dat God, net soos met Adam, 'n volwasse (voltooide)

Heelal geskep het, ook met die logiese voorkoms van ouderdom. Die Skepping het plaasgevind vanuit 'n hoër metafisiese ruimte d.m.v. Goddelike-Intervensie m.b.v. 'n

Goddelike Dekreet en deur metafisiese prosesse wat empiries onmeetbaar is.

Page 177: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 177

(b) Ambisieuse evolusioniste. Nou probeer sterrekundiges, kosmoloë, astrofisici & geofisici metafisiese oorsake en metafisiese prosesse wat ontstaan het vanuit 'n

'onverwante' metafisiese ruimte vandag vanuit 'n naturalistiese ruimte d.m.v.

naturalistiese prosesse, -gereedskap en -kennis opspoor en verklaar ... praat van ambisieus!

'Die HERE het uit die hemel neergesien op die

mensekinders, om te sien of daar iemand verstandig is, wat

na God vra. Hulle het almal afgewyk, tesame het hulle

ontaard; daar is niemand wat goed doen, ook nie een nie.' (Ps.14:2-3).

Bibliografié.

1. Bybelgenootskap Van SA, 'Die Bybel In Afrikaans' (OV). 2. Vance Ferrell B.A., M.A., B.D., 'Science vs. Evolution' en 'The Evolution Handbook', Evolution

Facts Inc. (2001).

Page 178: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 178

HHOOEE DDIIEE VVLLOOEEDDLLEEGGEENNDDEESS VVAANN

BBAAIIEE NNAASSIIEESS DDIIEE BBYYBBEELLSSEE

SSOONNDDVVLLOOEEDD BBEEVVEESSTTIIGG

1. DIE PALEONTOLÓÓG ... DIE CHRISTEN SE VRIEND?

1.1 Hoe kan die „wetenskaplikes‟ dan nou verkeerd wees? Die paleontolóóg

se diens is van vandag vir die christen van onskatbare waarde. Baiekeer kom die

bekende (holruggeryde) vraag byvoorbeeld in die gesprek op:

―Maar wát dan van al die fossiele?!‖

Ja, inderdaad ... wát van al die fossiele? Die vraag (en die manier waarop dit

gewoonlik gevra word) suggereer eintlik dat die vraagsteller nou 'n punt in die

geskiedenis bereik het waar hy/sy wil boedel oorgee en tóg maar in Evolusie gaan

glo, gewoonlik vir een of meer van die volgende (ongeldige) redes:

―Kyk net na al die fossiele ... wow!‖;

―Hoe kan al die paleontoloë dan nou verkeerd wees?‖;

“Hoe kan die wetenskaplikes, wetenskap-tydskrifte en dokumentêre TV-

programme dan nou almal verkeerd wees?‖

1.2 Die 'Wetenskap' was al dikwels verkeerd. Dit is menslik om foute te maak

... ons hou dit nie assulks téén 'wetenskaplikes' nie, want ons as „gelowiges‟ maak

ook baie foute. Die Chinese het „n spreekwoord: „Those who count make mistakes‟.

Hy wat nog nooit 'n fout gemaak het nie, het ook seker nog nooit iets gemaak nie.

Buitendien bestaan daar waarskynlik baie wetenskaplikes wat christene is en wat glo

soos óns glo, en sal dit dus tydverspilling wees om wetenskaplikes teen gelowiges te

probeer afspeel. Ons dispuut is nie met die wetenskaplikes nie, maar wel met die

evolusioniste.

1.2 Navorsing sonder foute onwaarskynlik. Hoeveel gloeilampies moes Edison

probeer het (meer as ± 2000?) vóórdat hy een gekry het wat werk? Onthou, foute

Page 179: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 179

[„trial by error‟] is die ruggraat van navorsing. M.a.w., mense wat nie tél nie, maak nooit foute nie ... of liewer, mense wat nooit foute maak nie, tél nie!

1.3 Die Wetenskap se blapse.

(a) Die Malaria-muskiet. Nietemin, daar was 'n tyd toe die 'wetenskaplikes'

bv. beweer het dat die siekte malaria deur ongesonde moeraslug veroorsaak was, vandaar die naam malaria ('slegte lug'). Hulle (1898: R.Ross) het eers later

ontdek dat die malaria-parasiet (protosoön, genus Plasmodium) in die rooibloedselle van die mens deur die byt van die Anopheles-wyfiemuskiet (as

'tussengasheer') versprei word.

(b) Ptolemy se geosentriese Sonnestelsel. Daar was ook 'n tyd toe

'wetenskaplikes' (Ptolemy, 2 N.C.) in 'n geosentriese Sonnestelsel geglo het, nl. dat die Aarde die middelpunt van die Sonnestelsel is en dat al die ander

hemelliggame, insluitend die Son, daarom wentel. Hulle (Copernicus, 16 N.C.) het eers 1400 jaar later die heliosentriese Sonnestelsel aanvaar, nl. dat die Son

die middelpunt van die Sonnestelsel is en dat die planete met hul mane daarom wentel.

(c) Nuttelose liggaamsorgane? Daar is nóú nog evolusioniste wat glo (tot die

pynlike verleentheid van ware wetenskaplikes) dat die menslike organe soos bv.

die stuitjie ('koksiks'); die blindederm ('appendiks') en nog etlike ander organe

(bv. die mangels) nuttelose oorblyfsels ('vestigial organs') is uit 'n vroëer

'evolusionêre era' toe die mens nog besig was om uit meer primitiewe

organismes en primate te ontwikkel ('evolve').

Geen ernstige wetenskaplike glo vandag meer hierdie pseudo-akademiese

snert nie. Dit is nogtans só ironies dat almal intussen ontwikkel ['evolved'] het

behalwe die evolusioniste! As Evolusie dan wáár is, hoekom glo die evolusioniste

dan nog stééds in Evolusie? Hoekom verander ('evolve') hulle nie?

1.3 Evolusioniste is die kluts kwyt. Die punt is dat evolusioniste die kluts

waarskynlik heeltemal kwyt is.

Colin Patterson'n bekende evolusionis verbonde aan die Britse Museum

se Paleontologie Dept., het eenmaal ruiterlik erken: ―Evolusie is 'n

Anti-Teorie wat Anti-Kennis Versprei‖. Goethe het gesê: ―Evolusie is 'kennis' wat nie die moeite werd is om te

weet nie‖.

Page 180: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 180

H.R. Trevor-Roper, prominente Britse historikus en skrywer van die boek The Last Days Of Hitler, het na die Nazis, 'Eugenics' & Evolusie verwys as:

―Die primitiewe bygeloof van 'n barbaarse stam.‖

1.4 Evolusie 'n siek ieologie. Evolusie is die siek breinkind van ateïstiese en

rassistiese desperado's wat leef in die wetenskapfiksie-wêreld van die Evolusie-teoriëe soos natuurlike seleksie, mutasies, die oorerwing van verworwe eienskappe en

gepunktueerde-ekwilibrium. Miljoene onskuldiges het in Nazi-Duitsland se Holocaust (gedurende Hitler se Eugenics-eksperiment) en a.g.v. Stalin se Pogroms gesterf, alles

te danke aan hierdie hondsdol Evolusie-malligheid. Die Evolusie-leer het vordering met die ware 'Natuurwetenskap' ook met minstens 150 jaar vertraag. Hoe gouer die

RSA-regering dus hul onderwys-stelsels en -kurrikulums ontluis van hierdie parasitiese „intellektuele‟ pes [„Evolusie‟] hoe beter.

2. DIE WARE BETEKENIS, IMPLIKASIE EN WAARDE VAN DIE FOSSIEL-REKORD.

2.1 Sondvloed gedokumenteer d.m.v. die Fossiel-rekord. Die paleontlóóg lewer aan die Christen van vandag 'n waardevolle diens. Hy/sy is die instrument waardeur God die Sondvloed, soos gedokumenteer in die fossielrekord, aan die

Wêreld blootlê. Daarsonder sou ons bitter min bewyse vir die Sondvloed (in ± 2348

V.C.) gehad het. Die paleontolóóg het hom nogal intussen briljant van sy taak gekwyt:

Meer as 100 miljoen gekatalogusseerde fossiele/fossiel-fragmente in versamelings bestaan Wêreldwyd, indien nie baie meer;

Nog miljoene fossiele is ontdek op plekke oral in die Wêreld en moet nog

vir bewaring uitgehaal word; Volgens Robert Broom se skatting is daar nog biljoene fossiele begrawe

in die ryk Karoo-afsetting van die RSA; Die ontsaglike olie- en steenkoolreserwes (fossiel-brandstof) is ook alles

getuienis van 'n katastrófe ongeveer ±4400 jaar gelede wat die Aarde se geografiese-profiel en topografié ingrypend verander het [selfs

dinosourus- en ander voetspore in sediment word ook bv. as 'fossiele'

gereken].

2.2 Evolusie of Sondvloed? Bogenoemde alles dui daarop dat die fossiel-rekord waarskynlik deur die Sondvloed en nie deur sogenaamde „Evolusie‟ veroorsaak is nie.

3. HOE DIE SONDVLOED WAARSKYNLIK VERLOOP HET.

3.1 Wat sou mens van getuienis in die sediment kon verwag? Indien die Sondvloed die sedimentêre rotsstrata waarin fossiele vandag gevind word, veroorsaak

het, sou mens die volgende kon verwag:

Page 181: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 181

Is Diere wat op die LAAGSTE VLAKKE geleef het tydens die Sondvloed begrawe

in die LAAGSTE STRATA ? Wáár!

Is skepsels van DIESELFDE EKOLOGIESE GEMEENSKAP tydens die Sondvloed

SAAM begrawe? Wáár Wáár!

Is skepsels met die EENVOUDIGSTE VORMPIES tydens die Sondvloed EERSTE BEGRAWE? [HIDROLOGIESE KRAGTE d.w.s. die gesuig en getrek van vinnig-

bewegende water sou skepsels van OOREENSTEMMENDE VORMS

dienooreenkomstig sorteer het] Wáár!

Is INVERTEBRATE SEEDIERE (Nie-Werweldiere) ná die Sondvloed in die LAAGSTE STRATA gevind aangesien hulle op die seebodem lewe? Wáár!

Is VISSE ná die Sondvloed in HOËR STRATA gevind aangesien hulle kon geswem het na 'n hoër ligging? Wáár!

Is AMFIBIËE en REPTIELE tydens die Sondvloed HOËR OP AS VISSE begrawe maar LAER of ONDERKANT LANDDIERE; en is baie min LANDPLANTE en

LANDDIERE ná die Sondvloed in die LAER STRATA aangetref? Wáár!

Is die EERSTE LANDPLANTE ná die Sondvloed gevind waar die EERSTE

AMFIBIËE gevind is? Wáár!

Is DIERE en VOËLS ná die Sondvloed oor die algemeen op HOËR VLAKKE as

REPTIELE en AMFIBIËE gevind? Wáár!

Is TROPDIERE wat saam sou vlug ná die Sondvloed SAAM IN STRATA

aangetref? Wáár!

Is baie MIN VOËLS ná die Sondvloed in STRATA gevind aangesien hulle tydens

die Sondvloed kon vlieg na HOËR VLAKKE? Wáár!

Is SWAARDER, STERKER DIERE APART tydens die Sondvloed apart gesorteer van SWAKKER KLEINER DIERE? Wáár!

Is baie MIN MENSE ná die Sondvloed in STRATA gevind? Wáár!

3.2 Die vraelys hierbo bevestig ons Sondvloed-verwagtinge! Maak nou gerus

'n studie van die fossielrekord ... u sal sien dat bevindinge aan hierdie verwagtinge voldoen, m.a.w. die Sondvloed (en nie 'Evolusie' oor 'miljoene jare') het fossilering of

die fossiel-rekord veroorsaak ongeveer 4400 jaar gelede. Fossilering het Wêreldwyd (en masse) plaasgevind presies soos mens dit van 'n planeetwye Sondvloed sou

verwag.

Page 182: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 182

4. DIE ONTSTAAN VAN VLOEDLEGENDES.

4.1 Legendes is onvermydellik. Indien daar ongeveer 4400 jaar gelede [soos die

Bybel ons leer] 'n Sondvloed planeetwyd plaasgevind het, sou ons mos kon verwag dat mense vir baie lank nog daaroor sou praat. Mense praat bv. nou nog oor die

tsunami wat Indonesië op 27 Desember 2004 getref het. Die mensdom sal dit waarskynlik ook nooit vergeet nie.

'n Studie van die oorgelewerde vloedlegendes van ± 41 nasies [o.a. van nasies uit lande soos Assirië-Babilonië; Alaska; Andaman Eiland; Asia Minor; die Aztecs;

Brasilië; Cherokee; China; Cree; Egipte; Lenape; Lithuanië; Leward Eilande; Mandan; Michoacan; Nicaragua; Papagos; Esquimaux (Kanada); Fiji; Griekeland; Hawaii;

Indië; Italië; Lapland; Lenni [Mexico]; Persië; Peru; Pimas; Rusland; Skandinawië; Sumatra; Sirië; Takoe; Thlinkut; Toltecks; Wallis], het die volgende merkwaardige

resultate en ooreenkomste gelewer:

'n Verhaal Van Vernietiging deur 'n VLOED (41 nasies vertel hiervan in hulle

legendes)

Sommige mense was GERED (38 nasies vertel hiervan in hulle legendes)

'n BOOT het hulle gered (36 nasies vertel hiervan in hulle legendes)

Daar was UNIVERSELE VERNIETIGING deur die Vloed (24 nasies vertel hiervan in hulle legendes)

Slegs EEN FAMILIE was begunstig om die Vloed te oorleef (15 nasies vertel

hiervan in hulle legendes)

Die Vloed het gekom a.g.v. die mense se OORTREDINGE (14 nasies vertel

hiervan in hulle legendes)

Die Vloed was bewerkstellig deur GODDELIKE INGRYPING (10 nasies vertel hiervan in hulle legendes)

VOËLS was eerste uitgestuur uit die boot (9 nasies vertel hiervan in hulle legendes)

Sommige DIERE was ook deur die boot gered (8 nasies vertel hiervan in hulle legendes)

Die oorlewendes AANBID GOD sodra hulle die boot verlaat (7 nasies vertel hiervan in hulle legendes)

Die boot het in BERGAGTIGE GEBIED tot stilstand gekom (6 nasies vertel

hiervan in hulle legendes)

Page 183: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 183

Nadat die oorlewendes die boot verlaat het, het God die gereddes met GUNS

besoek (5 Nasies vertel hiervan in hulle legendes).

[B. Nelson: 'The Deluge Story In Stone' – 1968].

4.2 Die naam van Noag verskyn ook in sulke legendes. Indien daar in ± 2348 V.C. 'n planeetwye Sondvloed was, sou mens ook kon verwag dat nasies vandag nog

Noag se naam behoort te onthou, al is dit dan net deur die instandhouding van oorlewering in legendes ... net soos die tsunami van 2004 in Indonesië nog vir baie

jare op mense se lippe gaan wees.

'n Opname by 120 inheemse stamme in Noord-, Sentraal- en Suid-Amerika het bv.

die volgende merkwaardige ooreenkomste in legendes opgelewer:

o Daar was algemene boosheid aanwesig by die mense. o God het gesien dat „n Vloed 'n noodsaaklikheid geword het.

o Een gesin van agt lede is beskerm. o 'n Reuse boot is gebou. o Die een gesin van agt mense het saam met diere en voëls in die boot ingegaan.

o Die Vloed het alles en almal op die Aarde oorweldig.

o Die Vloed het die Aarde vir 'n tydperk oordek.

o Die boot het in 'n hoë bergagtige gebied tot stilstand gekom. o Twee of drie voëls was aanvanklik uitgestuur.

o Die mense het die boot verlaat saam met al die diere. o Die oorlewendes het God aanbid omdat Hy hulle gespaar het.

o 'n Belofte van Goddelike Guns was gegee dat daar nooit weer 'n Wêreldwye-vloed sou wees nie.

['International Standard Bible Encyclopedia', Vol.2 p.822].

4.4 Noag. Die naam van Noag slaan ook nog deur in bv. ons taalgeskiedenis:

In die antieke taal van Indië, Sanskrit, word vertel van die man Ma-nu wat 'n boot gebou het en met sewe ander mense daarin gered is. 'Ma' verwys na water

en Ma-nu beteken waarskynlik 'Noag van die waters'.

Die mees antieke mens onder die Germaanse stamme was 'n persoon met die

naam Mannus. Manus was ook die naam van die Lithuaniaanse Noag.

In Hebreeus 'karat' beteken dieselfde as 'Armenië'. Die voorvoegsel 'Ar'

beteken Berg (soos bv. in 'Ararat') en Armenië beteken waarskynlik Berg Van Meni.

Die vinder van die eerste Egiptiese Dinastie was Menes, en Minos was volgens oorlewering die eerste man van Kreta. Grieke beweer dat Minos die seun van hulle god Zeus was, die heerser oor die See.

Page 184: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 184

Die Engelse sowel as alle ander (Germaanse) woorde, (ook dus Afrikaans) vir

man kom van die Sanskrit-woord, manu.

Die Egiptiese god, Nu, was die god van waters wat 'n vloed gestuur het om die mensdom te vernietig. Hulle het Nu ge-identifiseer met die reën en die

atmosfeer.

Die Sumeriërs het na die reënboog verwys as 'Die Groot Boog Van Anu'.

In antieke Afrika was die koning in die Kongo genoem Mani Congo. Mani was later die titel van respek daar teenoor alle vername manne.

In Japan het manu verander na maru, vir skeepsname. Chinese mitologie vertel dat Hakudo Maru vanuit die hemel neergedaal het om mense te leer bote bou.

Die eerste mense van Japan was genoem Ainu, en mai beteken 'oorspronklike mens' in sommige Australiese inboorlingtale.

In Suid-Amerika tref ons die Nahuatl, en managuac ('onse Managua', hoofstad van Nigaragua) aan. Die fabelagtige stad Manoa ('Noag se water') was die

legendariese hoofstad van die god El Dorado.

Vir die Noord-Amerikaanse rooihuide het manu geword minne, wat 'water' beteken vir die Sioux-stam, vandaar name soos Minneapolis ('stad van water');

Minnesota ('lugblou-water'); Minnetoba ('water-grasland', vir die Assiniboines-

stam).

Die Amasone is afgelei van Manau, en name soos Manu (Peru); Muymanu, Tahuamanu, Pariamanu, Tacuatimanu beteken bv. almal 'rivier' of 'water'.

Die Semitiese woord vir water, mayim; die Griekse letter Mu; die Romeinse letter Em; en ons Westerse M kom alles van die Egiptenare af wie se woordprent

vir 'water' 'n golwende lyn was:

Die Assiriese naam vir 'reën' was zunnu.

Die oorspronklike Sanskrit woord vir 'skip' was nau, wat later in die Engelse taal uitgekristalliseer het as bv. navy, nautical, nausea (seesiekte) ens.

[Bengt Sage: 'Noah And Human Entomology' in 'Creation The Cutting Edge', pp.48-52 – Creation

Life Publishers, Master Books, El Cajon – California, gekwoteer in Vance Ferrell, 'Science vs.

Evolution'].

4.5 Amanzimtoti. Voer dit alles bv. ook terug na die RSA en ons vind name soos bv. Amanzimtoti. Die Zoeloe-woord vir water is manzi. Alles kom dus gewoonlik

terug na die oorspronklike 'm' of golwende (water) lyne:

Page 185: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 185

Golwende

waterlyn, verwysend na die Groot Vloed (vandag se „m‟):

5. DIE VLOED IN CHINESE VOLKSLEGENDES.

5.1 Antieke woordprente. Intensiewe navorsing deur C.H. Kang en Ethel A. Nelson

het gelei tot die boek 'The Discovery Of Genesis: How The Truths Of Genesis Were Found Hidden

In The Chinese Language' aangehaal deur Vance Ferrell, 'Science vs. Evolution'.

5.2 Illustrasie. Antieke Chinese taalkarakters/woordprentjies, en hoe die Génesis-Skeppingsverhaal vertel was deur vroëe Chinese, word bv. soos volg ge-illustreer:

Die Chinese karakter vir Duiwel = man + tuin + privaat [Eden?]

Die Versoeker = 'n kombinasie van drie woorde nl. duiwel + bedekking + boom

[Sondeval?]

Geregtigheid = skaap + ek of my + hand [Slagoffer?]

Totaal = 8 mense wat hande neem oor die Aarde [Noag en gesin?]

Boot = vaartuig + 8 + mond [Ark?]

Rebellie en Verwarring = Tong + Loop [Babel?]

Voorbeeld Van Antieke Chinese Prentjie-Skrif

[Vance Ferrell BA MA BD: 'Science vs. Evolution', p.617, Evolution Facts Inc. - 2001]

Page 186: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 186

6. GESKIEDKUNDIGE BERGBOU EN DIE BYBEL.

6.1 Die Kragte van die Sondvloed. Ongeveer 4400 jaar gelede (± 2348 V.C.) was ons planeet onderwerp aan 'n Wêreldwye katastrófe bekend as die Sondvloed. Hierdie Vloed was waarskynlik vergesél deur die Natuurkragte van vernietigende

tsunami's, vulkaniese uitbarstings en aardbewings gelyk-staande aan ± 8 biljoen water-stofbomme [volgens geofisikus Walt T. Brown] ... boonop dramaties vererger

deur die enorme invloed van die getye van die Maan op die Aarde. Dit moes oseane

laat wegsak en berge laat oprys het, soos ons dit vandag ken. Dit is bv. ook interessant hoe bergreekse en kuslyne gewoonlik parallel met mekaar loop, wat die

volgende bevestig:

'U het dit [die Aarde] met die Wêreldvloed soos met 'n

kleed oordek; die waters het bo-oor die berge gestaan. Vir

U dreiging het hulle gevlug, vir die stem van U donder het

hulle weggeskrik ... berge het opgerys, laagtes het weggesak,

na die plek wat U vir hulle reggemaak het' (Ps.104:6-9).

6.2 Hoe fossilering ontstaan het. Vandag se olie-reserwes en fossiele; en die

Wêreld se steenkool-reserwes en fossiele, het waarskynlik ontstaan tydens die Sondvloed binne 'n kwessie van maande (en nie oor 'miljoene jare' nie) nadat see- en

landdiere en woude en plante skielik, onverwags, deur tonne sediment onder geweldige druk, begrawe is.

6.3 Waar is die Aarde se toekomstige fossielbeddings?

(a) Diere fossilleer nie net sommer nie! Vra bv. vir die Evolusionis wáár die diere en plante van vandag begrawe lê wat veronderstel is om die toekoms se

'fossiele' en 'fossiel-brandstof' (olie en steenkool) te word ... inteendeel, geen olie- en steenkool word vandag natuurlik en masse op „n skaal gelykstaande aan dit van die

Sondvloed gevorm nie.

Tydens die kolonalisering van Amerika en Afrika bv. is miljoene bison en miljoene stuks wild uitgeskiet en/of genadeloos gejag ... waar is al die 'miljoene fossiele', die

reste van karkasse? Diere wat vrek verrot of word opgevreet, dit fossileer nie

sommer net outomaties nie ... en beslis nie en masse soos dit die geval met die Sondvloed was nie.

(b) Fossiele getuig van die Sondvloed. Geen paleontolóóg of evolusionis sal ooit kan kla dat God hulle nie van 'n uitstekende prima facie-saak (bv. die fossiele in sediment; die 'Kambriaanse Ontploffing'; die gebrek aan transisionele fossiele; stasis

in spesies; DNS ens.) vir Spesiale Skepping gegee het nie.

Page 187: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 187

Inteendeel sal daardie fossiel-getuienis wat evolusioniste bereid sal wees om in 'n hof as 'geloofwaardige getuienis' vir Evolusie aan te bied (uit 'n versameling van

meer as 100 miljoen items Wêreldwyd) alles op net één skamele snoekertafel

uitgestal kan word, en na die verhoor ook in net één skamele doodskis verwyder kan word ... presies ook waar dit hoort. ( R.I.P).

Bibliografié.

1. Die Bybelgenootskap Van SA: 'Die Bybel In Afrikaans' (1933/1957) 2. Vance Ferrell BA, MA, BD: 'Science vs. Evolution', & 'The Evolution Handbook', Evolution

Facts Inc. (2001).

Page 188: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 188

WWÁÁÁÁRRMMEERRKKEE VVAANN EEGGTTHHEEIIDD IINN DDIIEE

BBYYBBEELL Die woorde van die Here is rein woorde, silwer wat gelouter is in 'n smeltkroes in die aarde, gesuiwer sewe maal (Ps.12:7).

Kopiéreg © 2010 P.J. Stassen

Alle Regte Voorbehou

1. DAAR IS NET TWEE OPSIES VIR DIE MENS M.B.T. DIE STATUS VAN DIE

BYBEL.

1.1 Die twee opsies. Die Bybel (die Woord van God) verwag van ons 'n reaksie, 'n

besluit en 'n standpunt ... 'n spesifieke wêreldbeskouing rondom God en die Wêreld

wat Hy gemaak het. Daar is inderdaad dan ook net twee moontlike wêreldbeskouings

of opsies:

(a) Opsie 1: Ons verwerp die Bybel totdat dit as korrek bewys is. Onder

hierdie opsie verwerp ons die Bybel as die Woord van God; aanvaar dat dit slegs

'n kultuurhistoriese dokument van weinig teenswoordige praktiese waarde is; en

leef dan in terme van hierdie vertrekpunt ... totdat die teendeel bewys is; óf

(b) Opsie 2: Ons aanvaar die Bybel totdat dit as verkeerd bewys is. Ons

aanvaar die Bybel as die Woord van God; aanvaar dit as 'n kultuurhistoriese en

teologiese dokument van onberekenbare, lewensnoodsaaklike teenswoordige

waarde en leef dan in terme van hierdie vertrekpunt ... totdat die teendeel bewys

is.

1.2 Wat is die verskil? Nou sal u miskien vra:

―Maar wat is dan die verskil? In beide gevalle [m.a.w. by

albei opsies] word ‗n vertrekpunt gehuldig totdat die

teendeel bewys is … sekerlik albei ewe rasionele en veilige

benaderings?‖

Page 189: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 189

(a) Waak teen onveilige „logika‟. Wel, as u enigsins met die logika van Std 5/Graad 7-somme bekend is, sal u begryp dat die persoon wat die opsie van Bybel-

verwerping kies, 'n fatale flater maak, want sy/haar opsie beskik oor geen ingeboude

veiligheidsnet nie; daar is geen ontsnappingsklousule in die fyndruk van die kontrak ingebou nie. Indien sy/haar logika foutief is, is hy/sy in die moeilikheid … punt.

Gelukkig vir ons almal kan die meeste mense op Aarde nie alleen en sonder hulp

só dom wees nie. Sekerlik moes hy/sy vanuit die een of ander oord 'n klomp

'akademiese of intellektuele ondersteuning' ontvang het (bv. uit die teksboeke en

tydskrif-artikels geskryf deur evolusioniste en/of ateïste).

(b) Die veiliger „logika‟. Die persoon wat Bybel-aanvaarding kies, maak die wyser

besluit, want 'n 'verkeerde' keuse kan geen betekenisvolle „negatiewe newe-effekte'

(nadelige gevolge) inhou nie. Indien daar dan [volgens die evolusioniste] nie „n

„God‟, „n „Hemel‟, „n Hel, „n „Duiwel‟ en „n „Jesus Christus‟ [m.a.w. „n „Messias‟] is nie,

wat het christene verloor deur daarin te wou glo? [Gaan „Evolusie‟ hulle dan probeer

straf … en hoe?].

Minstens het hulle darem „n nugtere en edele lewenswandel probeer navolg,

hoe moeilik dit ook soms mag gaan; en, in die proses, sekerlik „n lewenskwaliteit

geniet wat nie vir roekelose en onverskillige hedoniste en geharde, profane en

brutale godloënaars beskore is nie (tensy hulle intussen van plan, beleid of

rigting verander, natuurlik).

(c) Bestaan daar hoegenaamd enige neutrale opsies? Daar is natuurlik

nog die derde (valse) opsie van neutraliteit om te oorweeg, m.a.w. dié van géén

besluit of standpunt. Vir sulke mense kan ons maar net sê:

―If you stand for nothing, you'll fall for anything.‖

Nee, jammer, daar bestaan nie soiets soos 'n gedémilitariseerde teológiese sone in

die Heelal nie. Dubbelhartigheid en besluiteloosheid kan die mens duur te staan kom,

want wie nie vir God is nie, is téén Hom (Matt.12:30).

On the Plains Of Hesitation

Bleach the bones of countless thousands

Who at the dawn of victory sat down to wait,

And waiting, died!

[Salem Kirban, 'The Day Israel Dies!', p.37]

1.3 Selfs „logika‟ is feilbaar. Dit is egter so, ná al ons slimmigheid, dat God dit

waarskynlik sou verkies dat ons Hom aanvaar en volg vir Wie en Wat Hy is, en nie op

Page 190: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 190

grond van selfs die (wankelbare) logika van Graad 7/Std.5-somme nie, want selfs die

gesondste logika sou ons in die steek kon laat, want geloof kom soms 180° te staan

teenoor logika ... en dan moet geloof steeds kan seëvier, al lyk logika hóé

geloofwaardig en 'logies'.

Gelukkig het die Skepper vir ons, net soos met 'n geldnoot, 'n enorme aantal

Waarmerke Van Egtheid in die Bybel ingebou (byna op elke bladsy!) sodat ons, deur

die Bybel te ondersoek, ons Geloof daagliks kan versterk in die geloofwaardigheid van

die Bybel en die Evangelie-boodskap van Jesus Van Nasaret.

2. DIE BYBEL AS LEKTUUR.

2.1 Begaafde skrywers? Die beswaar word soms deur ateïste ge-opper dat die Bybel nie verniet 'n topverkoper is nie (verw. 'Guiness Book Of Records') aangesien

daar waarskynlik, millenniums gelede, iemand was wat besef het dat 'n boek oor dié spesifieke temas ('godsdiens', 'etiek‟, „antieke geskiedenis‟, ens.) oor die potensiaal

beskik het om 'n blitsverkoper-status te bereik, aangesien die mense [potensiēle lesers] uit daardie eras só 'primitief en bygelowig' (m.a.w. „godsdienstig‟) was. 'n

Span begaafde skrywers het toe (só beweer hulle) gaan sit en die Wêreld se eerste

'blitsverkoper' ('Die Bybel') geskryf.

2.2 Argument ongeldig. Mense wat die Bybel ken sal weet dat bovermelde argument nie geldig is nie:

(a) Sekere gedeeltes van die Bybel is maar vervélig. Baie gedeeltes in die Bybel gaan oor volksensusse, populasie-statistieke, syfers en getalle. Het u dit al

gelees? Dit is, met respek gesê, nie juis interessante leesstof vir die gemiddelde leser nie. Dit is m.a.w. ... baie vervélig. Watter aspirant-skrywer sal met sy

eerste poging om 'n blitsverkoper op die mark te plaas sulke vervélige inligting by sy boek insluit? Dit sou „n gewaarborgde resep vir mislukking wees!

(b) Mislukkings & skandes. 'n Enorme deel van Israel se geskiedenis gaan oor die nederlae, mislukkings, morele verval en skandes van die volk en sy helde, konings en profete. Watter (tradisionele) Jood by sy volle positiewe sou

gedink het dat, deur die skandes en mislukkings van sy volk te boekstaaf (en boonop name te noem!), enigsins populêre byval sou gevind het by sy

teikenmark? (die Joodse volk!); of om die skandes en mislukkings van sy volk

aan die res van die Wêreld (baie van hulle hul vyande) openbaar te maak net om deur hulle uitgelag en verag te word?

Inteendeel, omdat God die Bybel ge-inspireer het, is die skandes en mislukkings van die Joodse volk en sy helde, konings en priesters juis sonder vrees of guns 'Wêreldwyd' gepubliseer, ten aanskoue van die ganse

internasionale gemeenskap.

Page 191: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 191

(c) Wie is só begaafd? Watter skrywer is in elk so begaafd dat sy 'blitsverkoper' duisende jare die toekoms in nog steeds 'n topverkoper is? Dit sou

darem ongelooflike vérsiendheid by so mens wees!

2. JEHISKIA SE TONNEL.

2.1 Jerusalem beleër. Daar het 'n dag aanbreek dat Israel beleër was in die stad Jerusalem toe die watervoorraad uitgeput begin raak het. 'n Plan moes vinnig gemaak

word om die volk van gewisse ondergang te red.

Jehiskia het toe 'n waaghalse plan uitgedink, nl. om water van buite die stad d.m.v. 'n geheime tonnel in die stad in te bring! Die Bybel sê:

'Dieselfde Jehiskia het ook die boonste uitloop van die

waters van die Gihon toegestop en dit gelei na onder toe,

westelik na die stad van Dawid. En Jehiskia was

voorspoedig in al sy werk.' (2 Kron.32:30).

2.2 Hoe dit gedoen was. Die tonnel, wat oor maande heen oor 'n afstand van 533,4 mtr. (1750 vt.) uit soliede kalksteen deur twee spanne werkers van beide kante uitgekap is, het die water:

vanaf die Gihon-fontein (Span A); en vanaf die Poel Van Siloam (Span B) na 'n reservoir in die stad gebring.

2.3 Die tonnel is steeds daar! Besoekers aan Israel word vandag nog deur hierdie tonnel geneem as getuienis van die geloofwaardigheid van die Bybel, en die tonnel is steeds daar vir enige een om te besigtig. Selfs die steen waarop Jehiskia se

inskripsie aangeteken is, bestaan nog.

3. DIE 'SEE'.

3.1 Dimensies van die 'See'. Hierdie is 'n merkwaardige bevestiging van die geloofwaardigheid van die Bybel. Ons lees:

'Hy [Salomo] het ook die see [„n gegote, brons waterbak]

gemaak van gietwerk; van rand tot rand was tien el,

heeltemal rond; en die hoogte daarvan was vyf el. En 'n lyn

van van dertig el kon dit rondom omspan ...' (2 Kron.4:2,5a).

Page 192: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 192

Die skrywer verwys hier na 'n ronde waterbak, gegiet volgens voorskrifte uit brons as deel van die tempel-meublement.

3.2 Wiskunde en die Bybel? Ons weet dat pi = 3,14 m.a.w. die omtrek van 'n sirkel is altyd presies 3,14 keer langer as die deursnee (diameter) van die sirkel.

Indien ons toelaat vir diskrepanse soos (a) hulle ongesofistikeerde meet-instrumente en (b) die feit dat die waterbak se rand in die vorm van 'n bekerrand was soos 'n

lelieblom (2 Kron.4:5), is die verhouding nogtans byna pi, d.i. 30 el ÷ 10 el = 3,0.

4. DIE VROU MET DIE NARDUSSALF.

1.1 Nardussalf was duur. Toe die vrou Jesus se voete wou salf met die kosbare nardussalf, was daar kritiek vanaf sekere elemente in die gehoor oor die 'vermorsing':

―Want dit kon vir meer as driehonderd pennings verkoop

en die geld aan die armes gegee geword het. En hulle het

teen haar uitgevaar.‖ (Mrk.14:5).

Jesus het geantwoord:

―Laat haar staan; waarom val julle haar lastig? Sy het 'n

goeie werk aan my gedoen ... Voorwaar Ek sê vir julle, oral

waar hierdie evangelie oor die hele wêreld verkondig word,

daar sal ook gespreek word van wat sy gedoen het, tot 'n

gedagtenis aan haar.‖ (Mrk.14:6,9).

1.2 Tot 'n gedagtenis aan haar! Het Jesus gelieg? Word hierdie evangelie dan nie vandag oor die hele Wêreld verkondig nie; en word daar nie dikwels vandag in kerke oor hierdie einste vrou gepreek nie, tot 'n gedagtenis aan haar ... presies soos Jesus

geprofetéér het? Selfs 'n eenvoudige Sondagskool-lessie, of die verwysing in hierdie traktaatjie na die vrou (tot 'n gedagtenis aan haar!) is 'n vervulling van dié profesié.

Sy hét 'n goeie werk aan Jesus gedoen ... sy het Jesus oor twee millenniums heen as

„n ware en betroubare getuie bevestig!

5. MARIA MAGDALENA BY DIE TUINGRAF.

5.1 Sielkundige-wensdenkery? „Sielkundige-wensdenkery' en 'dagdromery' (in haar verlange na die 'afgestorwe' Heiland) sou Maria Magdalena dalk genoop het om

tydens die oggend van die Opstanding die tuinier (in Getsémane) graag te sou wou aansien vir Jesus. Selfs gesonde, nugtere en normaalweg rasionele mense sou,

onder dieselfde omstandighede, só fout kon begaan.

Page 193: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 193

5.2 Geloofwaardige verslaggewing! Die egtheid van die Opstanding [en Maria se geloofwaardigheid as „n getuie] word bevestig in die feit dat Maria inteendeel vir

Jesus aangesien het as die tuinier, net andersom (Jhn.20:15).

6. RADIOGOLWE.

6.1 Marconi en radiogolwe. Guglielmo Marchese Marconi (1874-1937) was die eerste mens wat radioseine suksesvol oor enige afstand gestuur en ontvang het. Let wel, hy het radiogolwe nie uitgevind nie, maar net ontdek ... dit was „áltyd‟ daar. Die

uitvinder van radiogolwe was God (Jesus Christus).

6.2 God onderrig vir Job. In Sy beroemde toespraak (in Job) vra God vir Job:

―Waar was jy toe Ek die aarde gegrond het? Gee te kenne

as jy insig het ... Waar is sy fondamentklippe op ingesink?

Of wie het sy hoeksteen gelê? ... Omvat jou begrip die

breedtes van die aarde? Gee te kenne as jy dit alles weet ...

Kan jy die bliksems [radioseine?] uitstuur, sodat hulle

heengaan en vir jou sê: 'Hier is ons!' ― (Job 38:4,6,18,35).

7. MOSES EN INSEKTE.

7.1 Het insekte vier pote? Dikwels probeer sekere mense bv. beweer dat Moses (dus by implikasie, God) sou gesê dat insekte oor vier pote beskik, terwyl ons almal in die Biologié geleer het dat insekte oor ses pote beskik. Hier is wat Moses gesê het:

―Al die insekte met vlerke wat op vier pote loop --- ‗n

gruwel is hulle vir julle. Maar die volgende mag julle eet van

al die insekte wat op vier pote loop: wat bokant die pote

springbene [vier pote + springbene = 6 pote!] het om

daarmee op die grond te spring.‖ (Lev.11:20-21).

7.2 Antieke vs. Moderne Diere-Klassifikasie. Hou maar in gedagte dat Moses waarskynlik, net soos hy hier onderskei het tussen (a) pote en springbene,

ook dalk net wou onderskei tussen (b) pote en hande (voorpote) waarmee die insek voorwerpe kon manipuleer. In moderne diere-klassifikasie is

insekte sespotiges (Arthropoda), maar mense uit daardie era het waarskynlik

Page 194: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 194

insekte gesien as vierpotiges (i) met twee 'hande' wat soms ook as pote kon dien of (ii) met twee springbene wat nie as deel van die voorste vier pote

getel is nie.

8. DIE AARDE.

8.1 Dom gelowiges? Vir jare het ons as kinders gehoor hoe 'onnosel' „gelowiges‟ is, nl. dat hulle 'glo' dat die Aarde 'plat' is en op 'pilare' staan; en hoe die 'moderne

wetenskap' toe gekom het en die arme 'dom' gelowiges uit hulle onkunde gered het.

8.2 Dom ateïste? Inteendeel, dit was toe die arme 'dom' gelowiges met hulle Bybels wat die 'moderne wetenskap' uit hul onkunde moes red. Byvoorbeeld:

(a) Geosentriese Sonnestelsel! Vir 14 eeue het 'wetenskaplikes' in 'n Geosentriese Sonnestelsel geglo, nl. dat die Aarde die middelpunt van ons

Sonnestelsel is en dat die res van die hemelliggame (planete met hul mane, en die Son) daarom wentel:

'Ptolemy (Claudius Ptolemaeus: 2nd century AD) was a

celebrated geographer and astronomer who lectured at the

university of Alexandria. He suggested that the sun and the

planets of our solar system moved around the earth in an

ellipse. This was accepted for centuries, until Copernicus

disproved it in the 16th century.' (Plantagenet Somerset Fry.

'1000 Great People Through The Ages'. p.51).

(b) Heliosentriese Sonnestelsel. Die 'wetenskap' het m.a.w. vir 1400 jaar lank geglo in 'n Geosentriese Sonnestelsel, totdat Copernicus, in die 16de eeu, die konsep

van 'n Heliosentriese Sonnestelsel voorgestel het, nl. dat die planete met hul mane rondom die Son as middelpunt van die Sonnestelsel wentel.

(c) Lees maar net die Bybel. Maar, lank vóór Copernicus en lank vóór Ptolemy, het die Gelowiges egter alreeds geweet dat die Aarde rond is en deur die ruimte sweef. Die 'wetenskap' moes maar net die moeite gedoen het om die Bybel te lees:

'Hy [God] sit bo die kring [ronding] van die aarde, en

die bewoners daarvan is soos sprinkane; Hy span die hemele

uit soos 'n dun doek en sprei dit uit soos 'n tent [Oosterse

tente was meestal ui- of koepelvormig] om in te woon.' (Jes.40:22).

Page 195: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 195

'Hy [God] wat die noorde uitspan oor die chaos, wat die

aarde ophang oor 'n niks [m.a.w. in die ruimte laat sweef].' (Job 26:7).

9. AARDBEWINGS EN OORSTROMINGS.

9.1 Jesus voorspel. In die Bybel voorspel Jesus 'n toename (teen die eindtyd) in

katastrófes soos aardbewings, oorstromings, pessiektes, hongersnood, oorloë ens.:

―En daar sal tekens wees aan die son en die maan en die

sterre, en op die aarde benoudheid van nasies in hulle

radeloosheid, wanneer see en branders dreun, en mense se

harte beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat

oor die aarde kom. Want die kragte van die hemele sal

geskud word. En dan sal hulle die Seun van die mens sien

kom in 'n wolk, met groot krag en heerlikheid.‖ (Luk.21:25-

27).

9.2 Toets die woorde van Jesus. Vra uself nou dié vrae:

Het aardbewings, oorloë, hongersnood en hartsiektes toe-geneem in moderne tye? [Ja!]

Het natuurrampe toegeneem, veral t.o.v. die effek wat dit op groterwordende populasies het? [Ja!]

Het see en branders gedreun met die tsunami in Indonesië op 26 Desember 2004? [Ja!]

Het die één nasie teen die ánder opgestaan (Matt.24:7) tydens bv. (i) die Anglo-Boere-Oorlog?; (ii) WWI en WWII?; (iii) Die Holocaust? (WWII);

(iv) Stalin se vervolging ('pogroms') in die (ou) USSR?; (v) Pol Pot se Kmer Rouge skrikbewind?; (vi) Saddam Hussein se drakoniese Baath-

regime in Irak?; (vii) Die Wêreld-Handelsentrum slagting in New York op 11 September 2001?; (viii) Die Rwanda- & Darfurrampe?; (ix) Die

Zimbabwe-regerings-fiasko?; (x) die brutale plaasmoorde op ons

weerlose plattelandse bevolking en (xi) Die onlangse 'xenofobiese' aanvalle en moorde op buitelanders in die RSA? [Ja!]

10. DIE GEBEDE VAN JOB.

10.1 Job bid in sy smarte. Job se woorde (in die boek Job) is van die oudste

literatuur in die Wêreldgeskiedenis (± 1692 V.C.) ... waarskynlik deur Moses geskryf. Sy gebed in Job 19:23-24 staan na ± 3700 jaar steeds as 'n monument vir sy

geloofkragtige vertroue in die getrouheid van God. Hy bid:

Page 196: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 196

―Ag, mag my woorde tog maar opgeskrywe, mag hulle

maar in 'n boek opgeteken word --- met 'n ystergriffel en

lood --- vir altyd in 'n rots uitgekap!‖

10.2 God die „Droommaker‟! Vir sy lojaliteit, te midde van die ergste fisiese en psigiese lyding denkbaar, het God hom beloon met die optekening van sy woorde in die Boek van alle boeke ... so goed soos vir altyd in 'n rots uitgekap!

11. REUSE IN DIE BYBEL.

11.1 Die Bybel. (a) Die Bybel verwys dikwels na reuse, bv. Goliat en sy broer Lagmi; die 'Anakim', 'Néfalim' ens.. Og, koning van Basan (Deut.3:11), se bed was 9 el

lank (± 3,9 mtr. of 4,8 mtr.) by 4 el breed (± 1,72 mtr. of 2,13 mtr.), afhangende van wátter el na verwys word, die 17” (43 cm.) el of die 21” (53 cm.) Egiptiese el.

Die Bybel stel dit heel ónapologéties:

'In die dae was die REUSE op die aarde, en ook daarna ... '

(Gen.6:4a).

Die Bespieders Kla:

'So het hulle dan slegte gerugte onder die kinders van Israel

versprei oor die land wat hulle verken het, deur te sê: ―Die

land wat ons deurgetrek het om dit te verken, is ‗n land

wat sy inwoners verteer; en al die mense wat ons daarin

gesien het, is groot manne. Ons het daar ook die reuse

gesien, die kinders van Enak, van die reuse afkomstig; en

ons was soos sprinkane in ons oë; so was ons ook in hulle

oë.‖' (Num.13:32-33).

11.2 Flavius Josephus. Die (geloofwaardige) geskiedskrywer, Flavius Josephus, verwys ook na reuse in sy werk:

'Vir welke rede hulle (die Israeliete) toe die kamp geskuif

het na Hebron; en toe hulle dit oorwin het, het hulle al die

inwoners daarvan gedood. Daar was ook tot dan toe die ras

van die reuse, wat sulke groot liggame gehad het en

voorkoms heeltemal ver-skillend van ander manne, sodat

Page 197: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 197

hulle verrassend by hulle aanskoue was, en verskriklik om te

hoor. Die beendere van hierdie manne word tot vandag toe

vertoon.' ('Josephus Complete Works', p.111).

11.3 Reuse in die geskiedenis. Etlike eksemplare van die beendere van reuse is al ontdek, ook in Suid-Afrika. Lees bv. 'Valley Of The Giants' deur Dr. Cecil Dougherty oor Dr. Roland T. Bird se navorsing in 1930 in die VSA waartydens die reuse-voetspore

van mense (50 cm. lank) in die sediment van rivierbeddings blootgelê is. ['n Voetspoor van 50 cm. korrespondeer met 'n hoogte vir 'n mens van ± 300 cm.

(9vt.10dm.)].

12. DIE FARISEËRS EN DIE WONDERWERKE VAN JESUS.

12.1 Drakóniese beheermaatreëls. Jesus het gou bekendheid (berugtheid?) met Sy wonderwerke behaal. U moet in gedagte hou dat Israel geteister was deur baie

opstande gelei deur rebélle, wat keer op keer misluk het. Die Romeinse regering het dan dikwels allerhande drakóniese beheermaatreëls ingestel wat die lewe vir die Jode

net verder ondraaglik gemaak het.

12.2 Jesus Christus was waarskynlike 'n politieke bedreiging vir die „regime‟. Dink net hoe gevaarlik Jesus moontlik vir die politieke stabiliteit van die

omgewing kon gewees het ... onthou, daar was 'n tyd tydens Jesus se geboorte toe Herodus die babas in die kontrei laat vermoor het om seker te maak dat die

toekomstige Messias uitgeskakel word. Wat sou nie alles moontlik gewees het vir 'n 'Bevelvoerder' wat in staat was:

om brood en vissies na willekeur te vermeerder en 'n leërmag van duisende soldate met die grootste gemak daagliks te voed nie;

om selfs vir hulle water in enige hoeveelhede na willekeur in wyn te verander nie;

om siek en gewonde soldate te kon genees en om dooie soldate gedurende 'n skermutseling met die vyand na willekeur met die

grootste gemak uit die dood te kon opwek nie?

Jesus was, m.a.w., 'n allemintige politieke bedreiging vir die Romeinse regering

(verteenwoordig deur Pontius Pilatus) en 'n politieke verleentheid vir die marionette-regering van Pilatus se Joodse lakei, Heródus [Tacitus, die Romeinse geskiedskrywer,

noem dat Pontius Pilatus selfmoord gepleeg het sestien (16) jaar ná die kruisiging van Jesus Van Nasaret].

1.2 Die owerhede was raadop. Die Fariseërs was raadop oor die invloed van Jesus by die breë gemeenskap, want hulle het geglo hulle land en hul nasie in groot gevaar verkeer het:

Page 198: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 198

'En die owerpriesters en die Fariseërs het die Raad

byeengeroep en gesê: ―Wat sal ons doen? Want hierdie man

doen baie tekens. As ons Hom so laat begaan, sal almal in

Hom glo; en die Romeine sal kom en ons land en ons nasie

albei afneem.‖' (Jhn.11:47,48).

12.4 Jesus se grootste vyande bevestig toe Sy Goddelike status! Die woorde

―Want hierdie man doen baie tekens‖ was dus (i) eerstens, 'n enorme kompliment vir

Jesus en die bevestiging van Sy wonders as eg; en, (ii) tweedens, verdoemende

getuienis (uit hul eie mond) téén die hardnekkige owerpriesters en Fariseërs.

12.5 Die ziljoen-dollar vraag. Hoekom sou die owerpriesters en Fariseërs, wie

téén Jesus gekant was, tot hulle eie nadeel en ver-leentheid (want dit sou in die Nuwe Testament vir ewig opgeteken staan) erken dat Jesus se wonders eg was,

indien dit dan nie werklik eg was nie?

[N.B. God het nie die Bybel vir ons gegee om die bestaan van God te bewys nie, maar om die bestaan van God te openbaar. Die bestaan van God word as „n

vanselfsprekende feit aanvaar].

Bibliografié.

1. Die Bybelgenootskap Van SA: 'Die Bybel In Afrikaans' (1933/1957)/Voorblad-illustrasie:

PinksterProtestant. 2. 'Josephus Complete Works', p.111 – Vertaal Deur William Whiston A.M., Kregel

Publications, Grand Rapids, Michigan (1960). 3. Plantagenet Somerset Fry, '1000 Great People Through The Ages', Hamlyn Publishing

Group Ltd., London (1988). 4. Salem Kirban, 'The Day Israel Dies!' Salem Kirban, Inc. (1975).

Page 199: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 199

DDIIEE WWOONNDDEERRLLIIKKEE

VVOOOORRSSIIEENNIIGGHHEEIIDD VVAANN GGOODD

1. DAAR IS 'N GOD.

1.1 Ons posisie. Hierdie skrywer en organisasie glo onomwonde in die bestaan van God, en ons posisie in hierdie opsig staan steeds on-omstootlik ononderhandelbaar.

Kyk net na die kompleksiteit van (bv.) die Periodieke Tabel Van Elemente, die Spektrum Van Elektro-Magnetisme; Molekulêre Biologie; DNS, die Neurologié en

Kwantum-Fisika en -Meganika.

Verder is die skepper of vervaardiger van 'n produk of voorwerp altyd méér

kompleks en intelligent as daardie spesifieke produk of voorwerp [die „Wet van Skepperskap‟]. Wanneer ons dus die kompleksiteit van die Heelal en die Skepping in

ag neem, is dit baie duidelik dat die Skepper of Maker daarvan oneindig méér kompleks en intelligent as die Skepping self moet wees (IS!).

1.2 Die Voorsienigheid van God. Ons glo verder in die Absolute Outoriteit en Voorsienigheid van God, die Skepper van die Heelal, en Jesus, die Meester van die Heelal. Hiermee verwerp ons dus (bv.) die ateïsme, agnostisme, evolusionisme,

satanisme, nazïsme, eugeniese-wetenskap, bolshevisme, fascisme, ateïsme en die kommunisme met die minagting wat dit verdien.

2. WAAROM WAS DIE KOOR LAAT?

Hieronder volg 'n klassieke voorbeeld ('n ware gebeurtenis) wat ons glo die

Voorsienigheid van God pragtig illustreer. Hierdie (ware) verhaal staan bekend as 'Waarom Was Die Koor Laat?':

Waarom Was Die Koor Laat?

In Beatrice, Nebraska, was Eerwaarde Walter Klempel

op 1 Maart 1950 op pad terug van sy kerkgebou af waar

hy voorbereiding gaan tref het vir die aand se kooroefening.

Die West Side Baptiste Kerk het ná sewe saans koud begin

word, en die prediker het die verhittingstelsel in die kerk

gaan aansteek. Daarna is hy is eers huistoe vir aandete. Die

Page 200: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 200

koorlede het normaalweg rondom 7:15 nm. (19h15) vir

die oefening begin arriveer.

Toe Eerwaarde Klempel om 7:10 nm. (19h10) wou

vertrek, het sy dogter per ongeluk haar rok vuil laat word,

en sy vrou moes toe gou eers 'n ander een stryk. Hulle was

dus nog tuis toe dit gebeur het.

Ladona Vandegrift, wat altyd stiptelik was vir die

oefening, was kliphard besig om aan 'n wiskunde-probleem

te werk en het besluit om dit eers te voltooi.

Royena Estes en haar suster sou betyds wees, maar hulle

motorvoertuig wou skielik nie aan die gang kom nie. Hulle

bel toe vir Ladona Vandegrift om hulle op te laai, maar sy

was nog besig met haar wiskunde-probleem, en die twee

susters moes toe maar geduldig wag.

Mev. Leonard Schuster en haar dogter sou soos gewoonlik

om 7:20 nm. (19h20) by die oefening opdaag, maar dié

aand moes hulle na Mev. Schuster se moeder gaan om te

help voorberei vir 'n sendingkongres.

Herbert Kipf sou dié aand betyds klaar gewerk het, maar

in plaas van vroeg na die oefening te vertrek, het hy begin

skrywe aan 'n lang-uitgestelde brief. "Ek weet nie waarom

ek dit gedoen het nie", het hy later opgemerk. Die brief het

hom langer geneem as wat hy beplan het, en gevolglik was

hy laat vir die kooroefening.

Snelskrif-tikster Joyce Black was op daardie koue aand

sommer net 'n bietjie lui en het tot op die laaste oomblik in

haar warm huis gebly. Sy was op die punt om te vertrek

toe dit gebeur.

Page 201: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 201

Masjien-operateur Harvey Ahl sou sy twee seuns saam

koortoe neem, want sy vrou was die aand uithuisig. Om die

een of ander rede het hy aan die gesels geraak, en toe hy

op sy horlosie kyk, was hy reeds laat.

Die pianiste, Marilyn Paul, het beplan om die aand 'n

halfuur voor die tyd reeds in die kerk te wees. Na aandete

het sy egter eers op die bed gaan lê en aan die slaap geraak.

Haar moeder, Mev. F.E. Paul, wat ook die koorleidster

was, was laat eenvoudig omdat haar dogter laat was.

Vroeër die aand het sy (sonder sukses) probeer om haar

dogter wakker te maak.

Hoërskoolleerlinge Lucille Jones en Dorothy Wood, was

bure en het gewoonlik stiptelik na die kooroefening vertrek.

Dié aand was Lucille besig om na 'n radioprogram te

luister, sodat beide sy en Dorothy laat was.

Om 7:25 nm. (19h25), toe almal normaalweg in die

kerk sou wees, het die West Side Baptiste Kerk met 'n

oorverdowende slag ontplof en die lug ingetrek. Die mure

het ingetuimel en die swaar houtdak het neergestort.

Vanweë egter sulke dinge soos 'n vuil rok, 'n wiskunde-

probleem, 'n na-ete slapie en 'n stukkende motorvoertuig,

was al die koorlede laat ... iets wat nog nooit vantevore

gebeur het nie.

Brandweermanne was van mening dat die ontploffing

veroorsaak is deur gas wat moontlik uit 'n stukkende pyp in

die kerkgebou in-gelek het en deur die vlam van die

verhittingstelsel aan die brand gesteek is.

Die koorlede het geen besondere teorie oor die oorsaak

van die brand gehad nie, maar toe elkeen begin wonder oor

Page 202: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 202

die (tot-nog-toe) onbelangrike en skynbare onlogiese redes

waarom hulle die aand laat was, het hulle stil gestaan en

gedink:

"Waar presies het God in ons lewens ingestap?"

[Bron: PinksterProtestant].

3. VOORSIENIGHEID EN DIE BYBEL.

3.1 Adam & Eva, Noag. Ons sien die Voorsienigheid van God in die skepping van Eva, uit die ribbebeen van Adam. Volgens medici is die betrokke rib ook die enigste

van die ribbebene wat [onder bepaalde toestande en sekere fisiologiese-voorwaardes] weer teruggroei wanneer dit verwyder word.

Siniese mense vra dikwels om watter rede God die mens, die kroon van Sy skepping, dan in die (minderwaardige) liggaam van 'n 'soogdier' geplaas het (om nou

'n sekulêre biologiese term te gebruik). Wel, God moes die mens in staat stel om uit die Aarde te kon leef deur sy voedsel uit die grond te neem. Dit was dus belangrik dat

die proteïne van bv. plante (groente & vrugte) en later ook dié van diere, fisiologies aanpasbaar met die mens s'n moes wees, anders sou die spesie weens protein-

onaanpasbaarheid nie oorleef het nie:

"Alles wat beweeg en lewe, sal julle voedsel wees. Net soos

die groen plante, gee Ek dit alles aan julle." [Gen. 9:3].

3.2 Josef. Een van die hartroerendste verhale ooit, nl. hoe Josef deur sy broers aan die Ismaeliete verkoop is en in Egipteland eers in die tronk en later in die regering

opgeneem is as Tweede In Bevel ('Vizier') van Egipteland ... die hele 'komplot' die Voorsienigheid van God om die familie van Josef en sy volk van hongersnood te red:

"Maar God het my voor julle uit gestuur om vir julle ‗n

oorblyfsel op die aarde te verseker en om julle in die lewe te

hou tot ‗n groot verlossing. Júlle het my dan nou nie

hierheen gestuur nie, maar God; en Hy het my ‗n raadsman

van Farao gemaak en ‗n gebieder oor sy hele huis en ‗n

regeerder in die hele Egipteland." [Gen 45:7-8].

3.3 Moses En Die Volk. God het daagliks miljoene in die barre Sinai-woestyn

gevoed en van water voorsien [en die skoene aan hul voete het in 40 jaar nie geslyt

Page 203: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 203

het nie]. Gaan werk gerus die finansiële begroting vir die voed van ongeveer drie miljoen mense elke dag vir veertig jaar lank uit. [Exod.2:10- Deut.34:12].

3.4 Josua. Almal ken ook die verhaal van die Son en die Maan wat stilgestaan het (omtrent 'n volle dag, in Gibeon en die dal van Ajalon) tydens die Israeliete se geveg

met die Amoriete:

Toe het Josua met die HERE gespreek, op die dag dat die

HERE die Amoriete aan die kinders van Israel oorgegee het,

en voor die oë van Israel gesê: "Son, staan stil in Gíbeon, en

maan, in die dal van Ajalon!" Toe staan die son stil en bly

die maan staan totdat die volk hulle gewreek het op hul

vyande. Staan dit nie geskrywe in die Boek van die Opregte

nie? En die son het bly staan in die middel van die hemel

en het hom nie gehaas om onder te gaan nie, omtrent ‗n

volle dag (Jos. 10:12-13).

Of die Son nou regtig 'stilgestaan' het [en, indien wel, presies hoe hy sou stilgestaan het]; en of dit die Aarde (en die Maan) was wat tydelik opgehou draai of wentel het, is om't ewe: Die feit is dat dit die Voorsienigheid van God in aksie was.

Om nou allerhande dispute te wil uitroep oor wat in die fisika van die Heelal moontlik is aldan nie is gewoon geestelike halstarrigheid en ongeloof.

3.5 Ester. Dié verhaal gaan oor die Joodse meisie Hadassa (Ester) wat haar volk van gewisse uitwissing gered het deur die bose Haman teë te gaan en, deur vasting,

gebed en gehoorsaamheid aan God, die lot van haar nasie verander het.

Die venynige en bygelowige Haman, wat hom vir sukses op die lot (die Pur, vandaar die Joodse Purimfees) beroep het, is opgehang aan dieselfde galg wat hy vir

Mordegai, Ester se oom, voorberei het. Sy ring is deur die koning aan Mordegai geskenk; Mordegai is in sy pos aangestel en Ester het sy luukse huis ge-erf. Sy bose

seuns is ook, nes hy, tereggestel (Ester 1:1 - 10:3).

3.6 Mefibóset. Ons lees in die Bybel van hoe Koning Dawid hom oor sy vriend Jonatan se seun, Mefiboset, uit die huis van Saul (Jonatan) en wat aan beide voete verlam was, ontferm het en aan sy tafel soos 'n eie kind saam laat eet het (2 Sam.9:1 –

2 Sam.9:13).

3.7 Koning Agas. Die verhaal van die skaduwee wat 10° (± 40 minute) agteruit op die sonnewyser gegaan het, illustreer die absolute gesag van God oor die elemente

van die natuur. Om dit te kon regkry moes God nie net die Aarde (soos met Josua) laat stilstaan het nie, maar 10° (± 40 minute) laat terugdraai het in die

teenoorgestelde rigting, 'n afstand van ongeveer 1073 kilometer op die sirkel van ons planeet.

Page 204: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 204

3.8 Die Adjudant, eselskoppe & duiwemis. Die hongersnood in Samaria het baie ellende ver-oorsaak:

En daar was ‗n groot hongersnood in Samarìa, want

hulle het dit beleër totdat ‗n eselskop tagtig sikkels silwer en

‗n kwart-kab duiwemis vyf sikkels silwer werd was. (2

Kon.6:25).

Die profeet belowe toe uitkoms in die Naam van die Here:

Toe sê Elísa: ―Hoor die woord van die HERE! So spreek

die HERE: 'Môre omtrent sulke tyd sal ‗n maat fynmeel ‗n

sikkel, en twee mate gars ‗n sikkel kos in die poort van

Samarìa' ―. Maar die adjudant op wie se arm die koning

geleun het, antwoord die man van God en sê: ―Al maak die

HERE ook vensters in die hemel, sou dit kan gebeur?‖ En hy

sê: ―Kyk, jy sal dit met jou oë sien, maar nie daarvan eet

nie.‖ (2 Kon.7:1-2).

Dit het ook dan gebeur soos die profeet belowe het. Let op hoe die adjudant egter

smalend sy skeptisisme te kenne gee. Sy straf later was vir die feit dat hy profeet se woord oor die Voorsienigheid en oorvloed van God in twyfel getrek het:

En die koning het die adjudant op wie se arm hy geleun

het, oor die poort aangestel; maar die volk het hom in die

poort vertrap, sodat hy gesterf het volgens die woord van

die man van God, deur hom uitgespreek toe die koning na

hom afgekom het. (2 Kon.7:17).

3.9 Jesus en die vermeerdering van die brode. Jesus het brood en vis „vermeerder‟ [dit het eintlik nie vermeerder assulks nie, maar eenvoudig net geweier

om óp te raak!] om duisende te voed ... letterlik binne minute (Jhn.6: 5 - 12). Hy het ook water in wyn verander binne 'n kwessie van minute (Jhn.2:3 - 2:11). Hy het 'n man

wat alreeds 4 dae dood was (Lasarus) met een enkele opdrag onmiddellik uit die dood opgewek (Jhn.11:1-45). Waarom sou Hy dan '15 biljoen jaar' nodig hê om die Heelal te

maak, '4,6 biljoen jaar' om die sonnestelsel te maak en '3-5 miljoen jaar' om mense te maak?

Sy mag, gesag en invloed oor materié, ruimte en tyd is absoluut, en Hy werk waarskynlik vanuit 'n 'metafisiese' ruimte d.m.v. 'metafisiese' wetmatighede (met

Page 205: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 205

behulp van bepaalde 'metafisiese' gereedskap) waarvan ons geen benul het nie. Hy kan dinge uit die niet roep asof dit bestaan (Rom.4:17).

Moenie eers probeer verstaan hoe God dit regkry nie … indien ons God in ons patetiese ou 1,5 kg. breintjies sou kon inpas sou Hy nie God gewees het nie en nog

minder die moeite werd om te aanbid. Daar is dus niks méér patéties nie as wanneer

„n evolusionis met „n skedelkapasiteit van ± 1,5 kg. (massa) en 1500 cc (volume)

probeer om beter te weet as „n Skepper met (figuurlik gesproke) „n skedel-kapasiteit

en breinmassa van ongeveer (meer as) 30 biljoen ligjaar in deursnee.

Sal dit dan nou ook nie verder uiters onwetenskaplik en naïef wees van

wetenskaplikes, veral van die pseudo-wetenskaplikes (die evolusioniste) om die moontlikheid, dat God tóg almagtig kan wees, as 'n opsie te verwerp nie?

Veronderstel die slimste wetenskaplike op Aarde (ateïs) weet (arguments-onthalwe) 1% van alles wat daar in die Heelal te wete kan wees ... bestaan daar dan nie 'n

moontlikheid dat God kan 'skuil' in die 99% wat hy nie weet nie? Sal 'n verstandige mens nie vir so 'n moontlikheid voorsiening maak nie? Hoe dom kan mens dan nou

wees?

Net 'n besondere geniale, begaafde mens sou m.a.w. ook ooit kon bewys dat daar

geen God is nie ... trouens, só begaafd sou hy moes wees dat dit uiteindelik daarop neerkom dat net God ooit bekwaam genoeg kan wees om te kan bewys dat daar geen

God is nie! Die persoon wat die taak erf om die nie-bestaan van God te bewys het m.a.w. geen keuse nie … hy/sy sal die hulp van God móét inroep om dit reg te kry!

Dit is net 'n dwaas wat in sy hart sê,

"Daar is geen God nie!" (Ps.14:1a).

4. DIE OUDERDOM VAN DIE HEELAL, DIE SONNESTELSEL EN DIE AARDE.

4.1 Die Skepping Van Tyd, Ruimte En Materié. God het Tyd, Ruimte en Materié waarskynlik alles gelyktydig geskep. Indien God bv. Materié wou skep, maar daar was nie Ruimte nie, wáár sou Hy dit neersit? Indien God Materié wou skep, maar daar was

nie Tyd, nie, wánneer sou Hy dit neersit?

Dit is ook interessant hoe God alles in driëe gedoen het, byvoorbeeld:

Materié (Soliedes + Vloeistowwe + Gasse);

Ruimte (Lengte + Breedte + Hoogte);

Tyd (Verlede Tyd + Teenswoordige Tyd + Toekomstige Tyd).

In sy sogenaamde Realitiwiteits-teorie verwys Albert Einstein ook bv. na die sogenaamde tyd-ruimte kontinuum, maar ek praat eerder van die tyd-ruimte-materié

kontinuum, omdat ek glo dat die drie verskynsels op kosmiese vlak geïntegreerd is.

Page 206: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 206

4.2 Die Ouderdom van Adam.

(a) Eksklusiewe materialistiese-denke? Die evolusioniste sukkel met die

kwessie van die ouderdom van die Heelal as gevolg van hulle onvermoë om die krag van God behoorlik na waarde te skat. Hulle verval dan gewoonlik in pynlik-

eksklusiewe materialistiese wetenskaplike-denke wat niks aan die verbeelding en die geloof wil oorlaat nie. Hulle sal bv. ure lank redeneer oor die ouderdom van

die Heelal (kwansuis '15 biljoen jaar'); die ouderdom van die Sonnestelsel en die Aarde (kwansuis '4,6 biljoen jaar') en die ouderdom van die mens op Aarde (bv.

'1,75 - 3 miljoen jaar' ens.).

(b) Die Natuur-elemente. Argumente soos die kwessie van die halflewe van

natuur-elemente soos bv. lood (Pb), koolstof-14 (C-14) ens. word heen en weer gegooi asof God Hom nou aan sulke materialistiese (plaaslike) wetmatighede sou

steur. Wat evolusioniste vergeet is dat God die outeur van die Natuurwetenskap is en Hy nie onderworpe aan Sy eie bedryfsreëls is nie.

(c) Skepping vanuit 'n „metafisiese ruimte‟. Indien God vasgevang was binne-in Sy eie Skepping en assulks gefungeer het, en ook absoluut onderworpe was aan die wette van die fisika (bv. die Newton se Wette van Swaartekrag,

Boyle se Wet, Cole se Wet ens.), sou baie van die dinge wat evolusioniste oor die

herkoms en ontstaan van die Heelal en die mens beweer, moontlik nog meriete gehad het.

Wat hulle egter vergeet is dat God nie die Heelal vanuit die be-kende Heelal of kosmiese ruimte waarin ons woon geskep het nie, maar vanuit 'n totaal-onverwante 'metafisiese ruimte‟ (die Hemel?) wat niks met hierdie Heelal te doen

het nie. Hy het m.a.w. 'n volwasse Heelal geskape waarin alles dadelik suksesvol moes werk en opereer, soos bv. die dierelewe, die seelewe, die elemente van die

natuur ens. [die beginsel van „Nie-reduseerbare Kompleksiteit‟]. Byvoorbeeld:

Bloed moes bv. dadelik kon stol;

Longetjies moes dadelik kon asemhaal; Sekere vissies moes dadelik muggies met hulle waterpistooltjies

uit die lug kon afskiet vir aandete; Diere sou dadelik moes kon paar vir die voortplanting en

oorlewing van die spesie, ens.; In baie gevalle moes die onmiddelike wonderwerk van die

Skepping boonop dus ook dadelik in spiëelbeeld gedupliseer word, nl. beide die manlike en vroulike van die spesie ... en dit moes

dadelik kon werk!

Hierdie beginsel van die Nie-Reduseerbare Kompleksiteit van die Natuur of van organismes en/of biológiese stelsels maak „Evolusie‟ absoluut onmoontlik en onwerkbaar.

Page 207: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 207

Koolstof-14 (C14) is bv. dadelik geskep met 'n halflewe* van 5568 jaar op die „Periodieke Tabel Van Elemente‟, alhoewel die halflewes van elemente sedertdien

kon verander het.

*Halflewe: Die tyd wat dit neem vir die aktiwiteit van 'n

radio-aktiewe element om tot die helfte van sy waarde af

te neem. Dit mag egter ook wees dat die halflewe van

elemente (die hele fenomeen van ‗decay‘) op die ‗Periodieke

Tabel‘ eers ná die Sondeval ingeskop het.

U behoort dus te verstaan dat die oningeligte mediese dokter, die anatomis of die antropolóóg d.m.v. die instrumente van sy vakgebied die volwasse-geskape

Adam, by nadere ondersoek, op bv. 30 jaar [ek noem net „n voorbeeld] sou geskat het, terwyl ons almal tog sou geweet het dat hy aan die einde van die

sesde dag van die Skepping maar net 24 uur oud kon wees.

Netso sal die sterrekundige, kosmolóóg, astrofisikus of geofisikus ook met sy instrumente waarskynlik ook 'n hoë ouderdom vir die Heelal en die Aarde meet,

terwyl sy instrumente inderwaarheid gebukkend sou gaan onder die absolute onvermoë om die Skeppings-diskrepans eie aan 'n onmiddellike Skepping te kon

meet of onderskei, aangesien God 'n volwasse en onmiddellik-funksionerende wêreld geskep het, en nie 'n embrio-heelal, „n embrio-sonnestelsel of „n embrio-

aarde nie ... presies die teenoorgestelde van wat die evolusioniste ons probeer

vertel.

(d) Wat was eerste, die hoender of die eier? God het m.a.w. ook nie vir Adam in embrio-formaat geskep nie, maar 'n volwasse man in die volle fleur van

sy lewe in sy spesie. Wát was dus eerste, die hoender of die eier? Die hoender natuurlik. Daar moes 'n begin (Génesis!) gemaak word aan alles, want

andersom sou dit nooit kon gebeur het nie. Indien die eier eerste was, wie sou die (eerste!) eier(s) uitgebroei het; wie sou die (eerste!) eier(s) beskut en

beskerm het teen die elemente van die Natuur, en wie sou die (eerste!) eier(s) versorg en na wasdom begelei het soos maar net 'n mamma (en 'n pappa) alleen

kan doen? Hierdie argument geld waarskynlik vir meeste dierelewe in die

Skepping.

4.3 Die „Pre-Chaotiese Aarde‟ en „Pre-Adamitiese Ras‟ by-gelowe en mites. Daar het nie soiets bestaan soos 'n pre-chaotiese aarde waarop 'n

misterieuse, pre-adamitiese ras saam met dinosourusse lank vóór Adam en Eva sou geleef het, soos baie mense vandag probeer beweer nie, want die miljoene-

jare gapings-teorie (nl. dat daar miljoene jare kastig tussen Gen.1:1 en Gen.1:2

sou verloop het) sou nie moontlik kon gewees het nie.

Waarheen het al daardie 'mense' (en dinosourusse) dan intussen heen verdwyn? Hulle sou nie kon 'uitgesterf' het nie, want die dood is vir die eerste keer deur Adam

in die wêreld ingebring. Vóór die skepping van Adam (Gen.2:7) was daar geen mens

Page 208: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 208

(van enige aard hoegenaamd) om die Aarde te bewerk nie (Gen.2:5). U kan dus self sien hoe belaglik die sogenaamde 'gapings-', 'pre-chaotiese aarde-' en 'pre-

adamitiese ras-teoriëe' in werklikheid is, gepatenteer met die uitsluitlike doel om die

Evolusie-leer in die Bybel te akkommodeer.

4.4 Skeppers van wetenskap-fiksie. Die probleem is dat te veel mense [Christene ingesluit] hulle onnodig aan al die Hollywood-retoriek van sogenaamde

„mutante-wesens‟, „vlieënde pierings‟ en „mars-mannetjies‟ steur en hierdie legendes en mites selfs naderhand begin glo. Hulle vergeet heeltemal dat al hierdie tipe films

en stories maar net „n deel uitmaak van die magtige en invloedryke Hollywood springmielie-kultuur van fantasié-flieks wat veronderstel is om vir produseerders so

vinnig moontlik miljoene [deesdae biljoene] by die lokét te verdien. Mense sal moet begin leer om fiksie van nie-fiksie (die koring van die kaf) te onderskei!

Joseph Smith. Jare gelede het „n man genaamd „Joseph Smith‟ op „n verhaal afgekom wat iemand anders as fiksie bedoel en geskryf het. Hy het

die hele verhaal vir homself toegeēien, dit bietjie aangepas en aan die publiek gebied as sy eie egte „openbaringe van God‟. So het die Boek Van Mormon

ontstaan … „n klomp nuttelose snert wat deur sy volgelinge vandag as „evangelie‟ aanvaar word.

Charles Darwin. Netso ook het Charles Darwin in sy leunstoel begin mediteer en filosofeer oor die herkoms van dinge en „n idée wat eintlik later

gestalte as wetenskapfiksie moes gekry het, in 1859 aan die publiek as „geloofwaardige Natuurwetenskap‟ in die vorm van die Evolusie-teorie

aangebied.

Orson Welles. Lees dan ook gerus die interessante verhaal van hoe Orson Welles sy War Of The Worlds radioverhaal van Oktober 1938 so realisties

aangebied het dat die „hele‟ Amerika in konsternasie was oor die skielike aankoms van marsmannetjies [„aliens‟] op die Aarde. [Frank Brady: „Citizen

Welles, Biography Of Orson Welles‟, Hodder & Stoughton, Great Britain -1989].

[N.B. Hier volg „n goue reël: „Natuurwetenskap‟ is iets wat in die Natuur waargeneem kan word en ook gemeet kan word. Geen sogenaamde „Evolusie‟ van

enige aard ookal was al ooit in die geskiedenis van die mensdom in die Natuur waargeneem of gemeet nie].

Die „Evolusie-teorie‟, „vader krismis‟, die „tandmuis‟, „vlieënde pierings‟, „marsmannetjies‟, „spoke‟, „leprechauns‟, „feëtjies‟, die „tokkelossie‟ ens. val alles in

dieselfde kategorie van mites, legendes en feëverhale vir kinders [en vir grootmense wat nooit grootgeword het nie].

5. DIE MOONTLIKHEID VAN MEERVOUDIGE KOSMIESE LEWENS- OF WAARSKYNLIKSHEIDSBANE.

5.1 God se MAG is onbeperk. God hou die Heelal en die lot van die mens in die palm van Sy hand. God sit buite die beperkinge van materié, ruimte en tyd. Hy kan

Page 209: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 209

met die grootste gemak tussen ruimte- en tydsones rondbeweeg sonder enige van die beletsels of beperkinge van die horlosie of kalender. Hy geniet absolute mag oor die

energiebronne van die Heelal, en beskik ook oor absolute heiligheid, kennis, invloed,

gesag, wysheid, hulpbronne, rykdomme en welvaart.

5.2 Wiskundige waarskynliksheidsbane? God kan, in reaksie op bv. gebed, teruggaan na vóór die grondlegging van die Wêreld, of teruggaan na verlede week,

na gister of selfs na môre of volgende jaar … en u hele lot verander deur eenvoudig u uit u huidige kosmiese waarskynlikheidsbaan uit te 'rangeer' in 'n gunstiger [of

ongunstiger] alternatiewe waarskynlikheidsbaan in ... 'n baan waar die probleem wat u tans ervaar gladnie opgeduik het nie ... of waar die spesifieke insident wél

plaasgevind het, maar 'n effektiewe oplossing wonderbaarlik ingebou is vir u uitkoms en/of leer-ervaring [of alles andersom]. U sal so „n proses waarskynlik nie eers

agterkom nie.

5.3 God kan die toekoms sowel as die verlede verander. Daardie teolóóg wat dus beweer het dat God die verlede en gister nie kan verander nie ('omdat dit alreeds gebeur het') praat onsin. God is nie net figuurlik almagtig nie … Hy is ook letterlik

almagtig en kan enigiets doen. Hy kan, indien Hy wil, bv. die waarskynslikheidsbane [of lewensbane] van 7000 miljoen mense (hetsy m.b.t. die toekoms of die verlede) op

Aarde [met of sonder hulle gebed of medewete] wysig sonder enige sosiale diskrepanse en/of etiese anomaliëe; en in die proses kan Hy boonop almal daarby

betrokke se geheue sowel as die geskiedkundige rekords van die hele planeet dienooreenkomstig aanpas sodat niemand ooit die verskil sal weet … alles binne „n

bestek van minder as „n breuk van „n „nano-sekonde‟.

Die probleem blyk te wees dat mense nie regtig die volle implikasies van ware „ALMAG‟ [„omnipotence‟] verstaan nie. Hóé Hy egter in die praktyk daaraan uitvoering gee (indien ooit) is vir ons 'n onbegryplike saak, want God werk

ongetwyfeld volgens 'n streng kosmiese protokol waarvan die dinamiek vir ons totaal onbekend is. Hy kan nietemin steeds doen vér bokant dit wat ons bid of dink en hoef

Homself en Sy werke aan niemand te verduidelik nie:

En aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat

ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk [Efes.3:20].

6. VOLLE AANSPREEKLIKHEID.

Dit is dus baie voordeliger dat God die finale arbiter oor christene (Sy kinders) se lewens en doen en late bly, want, indien ons absolute mag en vryheid oor ons eie lewens sou geniet het, sou ons ook die absolute verantwoordelikheid en absolute

aanspreeklikheid daarvoor moes aanvaar het ... 'n idée eenvoudig te ontstellend om selfs te oorweeg.

Page 210: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 210

Bibliografié.

1. Die Bybelgenootskap Van SA: 'Die Bybel In Afrikaans' (1933/1957)/Voorblad-illustrasie:

PinksterProtestant.

Page 211: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 211

DDIIEE OONNAAPPOOLLOOGGÉÉTTIIEESSEE

OOOORRVVLLOOEEDD VVAANN GGOODD

“Want al die wilde diere van die bos is myne, die vee op berge by duisende.” [Ps 50:10). [Illustrasie: Vance Ferrell, B.A., M.A., B.D. „Science vs. Evolution.‟ Evolution-Facts, Inc., 2001].

Kopiéreg © 2010 P.J. Stassen

Alle Regte Voorbehou

1. DIE ROMEINE GEKONFRONTEER MET DIE OORVLOED VAN GOD.

1.1 Waarom Jesus van Nasaret 'n bedreiging was.

(a) Agtergrond. Jesus Van Nasaret het gou bekendheid (berugtheid?) met Sy wonderwerke verwerf. U moet in gedagte hou dat Israel geteister was deur baie

opstande gelei deur rebélle, wat keer op keer misluk het. Die Romeinse regering het dan dikwels allerhande drakóniese beheermaatreëls ingestel wat die lewe vir

die Jode net verder on-draaglik gemaak het.

(b) Jesus Christus was 'n enorme politieke bedreiging. Dink net hoe gevaarlik Jesus vir die politieke leiers kon gewees het ... onthou, daar was 'n tyd

tydens Jesus se geboorte toe Herodus die babas in die kontrei laat vermoor het om seker te maak dat die toekomstige Messias uitgeskakel word. Dink net ...

wat sou nie alles moontlik gewees het nie vir 'n 'Bevelvoerder' soos Hy wat in

staat was:

om brood en vissies na willekeur te vermeerder en 'n leërmag van duisende soldate met die grootste gemak daagliks te voed;

om dooie soldate gedurende 'n skermutseling met die vyand na willekeur met die grootste gemak uit die dood te kon opwek?; en

om selfs vir hulle droë kele water na willekeur in wyn te verander?

Jesus was, m.a.w., 'n ernstige politieke bedreiging vir die Romeinse regering

(Pontius Pilatus) asook 'n politieke verleentheid vir die marionette-regering van Pilatus se lakei, die Jood Herodus. Die potensiële (militêre) oorvloed wat in Jesus

opgesluit was ('n onoorwinlike weermag) was, m.a.w., vir die magtigste heerser op Aarde (die Romeinse Ryk) 'n formidábele bedreiging.

Page 212: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 212

(c) Die Joodse volks-owerheid was raadop. Die Fariseërs was raadop oor die invloed wat Jesus in die breë gemeenskap gehad het, want hulle het geglo dat

hulle land, hul nasie en dalk ook hul persoonlike posisie en aansien by die Joodse

publiek, in groot gevaar verkeer het:

'En die owerpriesters en die Fariseërs het die Raad

byeengeroep en gesê: ―Wat sal ons doen? Want hierdie man

doen baie tekens. As ons Hom so laat begaan, sal almal in

Hom glo; en die Romeine sal kom en ons land en ons nasie

albei afneem.‖' (Jhn.11:47,48).

(d) Jesus se grootste vyande bevestig toe Sy status! Die woorde, ―Want

hierdie man doen baie tekens,‖ was dus (i) eerstens, 'n enorme kompliment vir

Jesus; en, (ii) tweedens, verdoemende getuienis (uit hul eie mond) téén die

hardnekkige owerpriesters en Fariseërs. Met hierdie stelling (Jhn.11:47,48)

bevestig Jesus se grootste vyande toe (iii) dat Jesus Christus eg was, (iv) dat Sy

wonders eg was en (v) dat Sy getuienis eg was.

(e) Die ziljoen-dollar vraag. Hoekom sou die owerpriesters en Fariseërs, wie téén Jesus gekant was, tot hulle eie nadeel en verleentheid (want dit sou in die

Nuwe Testament vir ewig opge-teken staan) erken dat Jesus se wonders eg was, indien dit dan nie werklik eg was nie?

1.2 Wie het Jesus dan vermoor?

(a) Onkunde by sommige teoloë skok. Onlangs het die debat oor wie nou eintlik vir Jesus 'vermoor' het weer in die media herleef. Ek was nogal geskok oor

die onkunde van die mense ... selfs by vermaarde 'teoloë'. Die een groep het gesê dat (i) die Romeinse regering (Pontius Pilatus) Hom 'vermoor' het; die

ander groep het volgehou dat (ii) die Joodse Owerpriesters (die Sanhédrin) Hom 'vermoor' het. Nog 'n groep het geglo dat (iii) die Joodse volk Hom 'vermoor' het,

want terég het Petrus in sy toepraak na die insident verwys op Pinksterdag:

―Israeliete, luister na hierdie woorde! Jesus, die

Nasaréner, ‗n man deur God vir julle aangewys met kragte

en wonders en tekens wat God deur Hom onder julle

gedoen het, soos julle ook self weet — Hom, wat deur die

bepaalde raad en voorkennis van God oorgelewer is, het

julle deur die hande van goddelose manne geneem en

gekruisig en omgebring; Hom het God opgewek, nadat Hy

Page 213: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 213

die smarte van die dood ontbind het, omdat dit onmoontlik

was dat Hy daardeur vasgehou sou word.‖ (Hand.2:22-24).

―En julle het die Heilige en Regverdige verloën en gevra

dat ‗n moordenaar aan julle geskenk sou word, en die

Leidsman tot die lewe het julle gedood. God het Hom uit die

dode opgewek, waarvan ons getuies is.‖ (Hand.3:14-15).

(b) Jesus het Sy lewe afgelê. Geskiedkundig en polities gesproke is al bogenoemde standpunte geldig ... maar totaal irrelevant. Jesus is nie vermoor nie ... inteendeel, Hy het Sy lewe deur die bepaalde raad en voorkennis van God,

vrywillig afgelê (en weer opgeneem):

―Niemand neem dit van My af nie, maar Ek lê dit uit

Myself af. Ek het mag om dit af te lê en Ek het mag om dit

weer te neem. Hierdie gebod het Ek van my Vader

ontvang.‖ Daar het toe weer verdeeldheid onder die Jode

gekom oor hierdie woorde. (Jhn.10:18-19).

(c) Die tragiese sekularising van Jesus Christus se teregstelling. Dit is net tragies dat bovermelde hoek nooit deur die debatvoerders opgehaal is nie ... en tog behoort dit die belangrikste punt van die hele debat te gewees het! Die

akademici en intellektueles verval dikwels in nuttelose, betekenislose

kultuurhistoriese argumente wat selde of ooit die geestelike of kosmiese dimensie van die lewe van Christus by hul vervélige akademiese retoriek insluit,

en ook geen wonder nie … dit is wat gewoonlik gebeur wanneer moderniste en liberaliste die wonderwerke-element in die Bybel begin negeer.

Hierdie „anti-wonderwerke‟ teologiese-faksie, ontkenners van die Maagdelike Geboorte van Christus en Sy Godheid, skryf gewoonlik [waar moontlik, en nes Thomas Jefferson] die bonatuurlike element geheel en al uit die Bybel uit, ontken

graag die supernatuurlike herkoms van Jesus Christus en kan, met hulle klassieke ontkennende teologié, soms baie gepas beskryf word as die moderne

ekklesiastiese weergawe van „Cleopatra … Queen of Denial.‟

1.3 Dit is waarom 'Evolusie' nie kan werk nie.

(a) „Metafisiese ruimtes‟ en Skeppingsprosesse. Toe Jesus water in wyn verander het, die brood en vissies vermeerder het en die melaatses genees het, hoeveel tyd het Hy nodig gehad ... 15 biljoen jaar, 4,5 biljoen jaar of selfs twee

weke? Nee, Hy het dit onmiddellik gedoen. Hoekom sal iemand, wat dooies kan

opwek en duisende binne „n paar minute kan voed met drie vissies en vyf broodjies, '15 biljoen jaar' nodig hê om die Heelal te maak?

Page 214: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 214

Hou in gedagte dat die Wêreld deur God vanuit 'n [onbeskryflike] metafisiese ruimte (waar God „IS‟) d.m.v. metafisiese strategiëe, prosesse, tegnieke en

wetmatighede geskape is en in stand gehou word. God kan (m.a.w. Jesus

ook) materié uit niks oombliklik laat materialiseer asof dit alreeds vir millenniums bestaan, en weten-skaplikes sal nooit die absolute kern-attribute van die

Skepping d.m.v. mensgemaakte, natuurlike-tegnieke en -instrumente opspoor nie. Hulle kan netsowel spoke met „n flits probeer vang.

Die absolute kosmiese oorsprong, karakter en dinamiek van atome en die „Periodieke Tabel Van Elemente‟ in die Heelal is God se finale geheim, ten minste dan vir die dispensasie waarin ons tans leef. Hoe dink wetenskaplikes hulle sal

ooit die Ewige Dinge (onsienlik) met tydelike instrumente en prosesse (sienlik) kan verklaar?

‗ … omdat ons [as gelowiges] nie let op die sigbare dinge

nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is

tydelik, maar die onsigbare ewig. [2Kor.4:18].

―As Ek [Jesus] julle van die aardse [m.a.w. tydelike en

sienlike] dinge vertel en julle nie glo nie, hoe sal julle glo as

Ek julle van die hemelse [m.a.w. Ewige en onsienlike dinge]

vertel?― [Jhn.3:12].

(b) Die 'Fisika' van die Hemel. Daarbenewens is die moontlikheid nie uitgesluit nie dat die „Periodieke Tabel Van Elemente‟ en die „Elektro-magnetiese

Spektrum‟ (indien enige) van die Hemel of die Ewigheid baie groter, mooier, ryker en interessanter gaan wees (of IS) as wat mens jou in jou stoutse

verwagtinge kan verbeel!

Die spoed van lig is bv. by ons 300 000 k.p.s. in vacuo. Wat gaan in 'n 'Heelal' gebeur waar die spoed van lig 300 000n k.p.s (waar n=onbekend) of 300 000i

k.p.s. (waar i=oneindig) is? Kan lig wat teen die spoed van oneindig (i of ∞) beweeg dalk die verskil tussen Aardse lig en Goddelike (Hemelse) LIG beteken?

Was dit dalk die LIG wat Jesus se voorkoms (op die Berg Van Verheerliking) verander het of waarmee engele deur die Skepping reis? Is dit dalk die soort LIG

wat God soos 'n mantel om Hom draai?:

' ... wat Uself omhul met die lig soos met 'n kleed ... ' (Ps.104:2).

(c) Geen Sonlig of tyd. Onthou, in 'n 'Heelal' waar lig teen die spoed van oneindig beweeg, gaan daar waarskynlik nie iets soos tyd (soos ons dit ken)

wees nie ... alles wat gebeur sal dadelik oral deur die sintuie waargeneem word

Page 215: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 215

... daar sal bv. nie 'n vertraging van inligting a.g.v. die beperkinge van die spoed van lig wees nie.

Die boek Openbaring leer ons ook duidelik:

'En nag sal daar nie wees nie; en hulle het geen lamp of

sonlig nodig nie, omdat die Here God hulle verlig; en hulle

sal as konings regeer tot in alle ewigheid.' (Openb.22:5).

'En hy het gesweer by Hom wat tot in alle ewigheid lewe,

wat die hemel geskape het en wat daarin is, en die aarde

en wat daarin is, en die see en wat daarin is, dat daar geen

tyd meer sal wees nie.' (Openb.10:6).

In die Ewigheid sal Tyd soos ons dit ken waarskynlik nie meer bestaan nie (ook waarskynlik omdat daar geen verderf gaan wees nie), maar tog lees ons van

bome wat elke maand hul vrugte dra:

'In die middel van sy straat en weerskante van die rivier

was die boom van die lewe wat twaalf maal vrugte dra en

elke maand sy vrugte gee, en die blare van die boom is tot

genesing van die nasies.' (Openb.22:2).

N.B. Die term 'elke maand' moet futuristies i.t.v. die 'fisika' van daardie [onbekende] nuwe Wêreld verstaan word, want daar kon nie van die skrywer van

Openbaring verwag geword het om, as gewone mens, Ewigheidskonsepte perfek in die (tydelike) Aardse idioom vir lesers te vertolk nie. Die maklikste manier

waarop sulke patétiese intellektuele drommels soos ons dit voorlopig moet probeer verstaan is desnoods soos volg:

TYD word gesien as die tempo waarteen verderf of

verrotting [‗decay‘] in ‗n wêreld plaasvind waar die Eerste &

Tweede Wette Van Termodinamika geld. In ‗n omgewing of

dimensie waar geen verrotting of verderf [‗decay‘] kan plaasvind

nie, sal die Eerste & Tweede Wette Van Termodinika dus ook nie

meer geld nie. So ‘n ‗Heelal‘ [en alles daarbinne] sal dus nie kan

verrot, verderf, verroes of tot niet gaan nie.

Maar dit beteken nie dat met die afwesigheid van so konvensionele en tradisionele chronologiese „tydsbewussyn‟ soos wat ons vandag ken mense in die

Page 216: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 216

Ewigheid die „heeltyd‟ soos zombies in „n „beswyming‟ gaan rondloop nie … inteendeel gaan hulle waarskynlik meer „lewendig‟ wees en meer „bewussyn‟

geniet as ooit vantevore! Charles Spurgeon het eenmaal geskryf:

―Death is not the end of living … it is the end of dying.‖

Werklike lewe, m.a.w. lewe in die ware sin van die woord, begin vir gelowiges eers in werklikheid nà die dood. Boeke deur mense soos Dr. Maurice Rawlings M.D. („Anderkant Die Dood‟), Mary K. Baxter en Betty Maltz getuig van die

wonderlike gesigte wat mense (wat „klinies doodverklaar‟ en weer „lewendig‟

geword het of „geresussiteer‟ was) al van die Hemel gehad het.

2. GOD SE OORVLOED IN DIE OU TESTAMENT.

2.1 Moses in die Sinai-woestyn.

(a) Moses en die rots. Ek veronderstel dat, toe Moses die rots slaan en die waters by die miljoene liter vir miljoene dorstige kele uitstroom, mens dan eers waarlik die skaamtelose oorvloed van God regtig sou kon waardeer. Indien God

dan vir vir 40 jaar lank die miljoene in daardie barre woestyn kon voed en die dors kon les, hoeveel te meer vir ons?

(b) Water uit die rots tog nie so vérgesog. Onlangs het ons in die Drakensberge gaan stap (± 7 km.) na die voet van die Tugela-waterval (die

tweede hoogste in die Wêreld) in die Royal Natal National Park [die sogenaamde „Amfiteater‟]. Dit is ongelooflik hoe helderskoon daardie bergwater soos

vloeibare kristal uit die barre berg stroom, heeltemal te koud vir ons om ons vermoeide bene verder as kniediep daarin te kon baai.

Blykbaar suig die rots water, wanneer dit reën, soos 'n spons op. T.V. Bulpin skryf bv. oor die aanskoulike en dramatiese donderstorms in die Drakensberge

soos volg:

'Tremendous flashes of lightning seem to tear the sky to

pieces. Thunder rumbles, explodes and echoes in an

incessant uproar. Rain streaks down at over 50 k.m.h.,

usually turning into hail at some stage, with lumps of ice

the size of pigeons' eggs ... Storms of longer duration,

accompanied by days of clammy mist, also set in at times

and bring an average rainfall of 2000 mm., the water

soaking into the basalt and then oozing out to feed rivers.' [T.V. Bulpin, 'Southern Africa: Land Of Beauty And Splendour', p.141,

Page 217: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 217

Reader's Digest Association Of South Africa (Pty) Ltd, Cape Town -

1977].

Dit is derhalwe nie onmoontlik dat dieselfde prosesse vir gelowiges in die woestyn kon afgespeel het nie. Dit nullifiseer egter nog steeds nie die wonderwerk van God se Voorsienigheid nie, want Hy sou vooraf moes geweet het

dat Hy op hierdie bron sou kon staatmaak vir die les van die dors van ongeveer driemiljoen siele.

2.2 Abraham en Sarai. Toe die engel die boodskap bring dat Abraham en Sarai 'n seun gaan hê, kon die twee skaars hulle ore glo. Sarai (later Sara) het heimlik gelag

daaroor, maar moes uiteindelik haar 'woorde' sluk ... ten spyte van hul gevorderde ouderdom sou 'n seun gebore word, 'n plegtige belofte van God.

Teen alle verwagtinge (en die Natuurwette) heen word Isak (die egte kind by Sara) toe gebore toe Abraham 100 jaar oud was, ná die geboorte van Ismael (die onegte kind by Hagar) toe Abraham 86 jaar oud was. Die oorvloed van God word toe wéér

gedemonstreer daarin dat, ná die dood van Sara, Abraham wéér getrou en nog 6 kinders naas Ismael en Isak (altesaam 1 + 1 + 6 = 8) gehad het:

'En Abraham het weer ‗n vrou geneem met die naam van

Ketúra. En sy het vir hom Simran1 en Joksan2 en Medan3

en Mídian4 en Jisbak5 en Suag6 gebaar. En Joksan was die

vader van Skeba en Dedan; en die kinders van Dedan was

die Assuriete, Letusiete en Leümmiete. En die seuns van

Mídian was: Efa en Efer en Henog en Abída en Eldaä. Hulle

almal was seuns van Ketúra.' (Gen.25:1-4).

2.3 Hanna en Samuel.

(a) Hanna bid desperaat. Hanna was byna 'n geval soos Abraham en Sarai ...

sy kon nie kinders hê nie. Waar sy in die tempel desperaat gebid het om 'n kind het die profeet Eli gedink dat sy dronk was:

Toe staan Hanna op nadat hulle geëet en nadat hulle

gedrink het in Silo, terwyl die priester Eli op die stoel sit by

die deurpos van die tempel van die HERE. En bitter be-

droef het sy tot die HERE gebid en bitterlik geween; en sy

het ‗n gelofte gedoen en gesê: ―HERE van die leërskare, as

U waarlik die ellende van u diensmaagd aansien en aan my

dink en u diensmaagd nie vergeet nie, maar u diensmaagd

‗n manlike kind skenk, dan sal ek hom aan die HERE gee al

Page 218: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 218

die dae van sy lewe; en geen skeermes sal op sy hoof kom

nie.‖ En toe sy lank gebid het voor die aangesig van die

HERE en Eli op haar mond ag gee --- want Hanna het in

haar hart gespreek: net haar lippe het geroer, maar haar

stem kon nie gehoor word nie --- het Eli gedink dat sy

dronk was. (1 Sam.1:1-13).

(b) Samuel word gebore. Met die geboorte van Samuel het Hanna haar gelofte stand gedoen en Samuel teruggegee aan die Here:

―Om hierdie seun het ek gebid, en die HERE het my bede

aan my gegee wat ek van Hom gebid het. So staan ek hom

dan ook af aan die HERE al die dae wat hy leef; hy is aan

die HERE afgestaan.‖ En hy het die HERE daar aanbid. (1

Sam.1:27-28).

En die oorvloed van die Here was hierin dat, nie net het God aan Hanna 'n kind gegee nie, maar 'n kind wat God gedien het. Terwyl ander jongmanne hulle aan

die sonde vergryp het, was Samuel Godvresend en eerbiedig voor God met sy werk besig in die Tempel:

En die sonde van die jongmanne was baie groot voor die

aangesig van die HERE, want die mense het die offer aan

die HERE verag. Maar Samuel het as seun gedien voor die

aangesig van die HERE, omgord met ‗n linne-skouerkleed.

En sy moeder was gewoond om vir hom ‗n klein manteltjie

te maak wat sy van jaar tot jaar vir hom gebring het as sy

met haar man opgaan om die jaarlikse offer te bring. (1

Sam.2:17-19).

(c) Die Loflied van Hanna. Baie mense lees graag boeke of artikels oor die gebede van mense soos Dawid, Salomo en Job. Die boeke „Die Gebed Van Jabes‟

(Bruce Wilkinson), „With Christ In The School Of Prayer‟ (Andrew Murray), „Prayer:

Asking And Receiving‟ (John R. Rice), „The Power Of Prayer‟ (R.A. Torrey) en „E.M. Bounds

On Prayer‟ (E.M Bounds) was [en is steeds] bv. almal blitsverkopers. Maar, hoeveel mense het al die loflied van Hanna ná die geboorte van Samuel gelees?

Dit is 'n Ou Testamentiese juweel!

Page 219: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 219

―My hart jubel in die HERE, my horing is hoog in die HERE;

my mond is wyd oop oor my vyande, want ek verheug my

in u verlossing.

―Niemand is heilig soos die HERE nie; ja, daar is niemand

buiten U, en daar is geen rots soos onse God nie.

―Spreek nie voortdurend alte hoog nie, laat vermetele taal

nie uit julle mond uitgaan nie; want die HERE is ‗n God van

diepe kennis, en deur Hom word die dade beproef.

―Die boog van die helde is verbreek; maar die wat gestruikel

het, is met krag omgord.

―Die wat versadig was, het hulle vir brood verhuur; maar

die wat honger gehad het, rus.

―Selfs die onvrugbare het sewe gebaar, maar sy wat ryk

aan kinders was, het verwelk.

―Die HERE maak dood en maak lewend; Hy laat neerdaal

in die doderyk en laat daaruit opkom.

―Die HERE maak arm en maak ryk; Hy verneder, ook

verhoog Hy.

―Hy rig die geringe op uit die stof, uit die ashoop verhef Hy

die behoeftige, om hulle te laat sit by die vorste en hulle ‗n

erestoel te laat beërwe.

―Want aan die HERE behoort die pilare van die aarde, en

Hy het die wêreld daarop gevestig.

―Die voete van sy gunsgenote bewaar Hy, maar die

goddelose mense kom om in duisternis; want ‗n mens oor-

win nie deur krag nie.

Page 220: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 220

―Die wat met die HERE twis, word verpletter; oor hulle

donder Hy in die hemel; die HERE oordeel die eindes van

die aarde, en Hy gee sterkte aan sy koning en verhef die

horing van sy gesalfde. ― (1 Sam.2:1-10).

2.4 Hiskia se dae word verleng. Die profeet kom by Hiskia:

In dié dae het Hiskía dodelik siek geword; en die profeet

Jesaja, die seun van Amos, het by hom gekom en vir hom

gesê: ―So spreek die HERE: Gee bevel aan jou huis, want jy

sal sterwe en nie lewe nie.‖ Toe draai Hiskía sy gesig na die

muur, en hy het tot die HERE gebid. (Jes.38:1-2).

Hiskia bid ook een van die aangrypendste dankgebede in die Bybel, veral as

mens in ag neem dat hy 'n koning, en nie noodwendig 'n priester met 'n ekklesiastiese agtergrond, was nie. En God stort Sy oorvloed oor Hiskia uit:

Toe het die woord van die HERE tot Jesaja gekom en

gesê: ―Gaan sê vir Hiskìa: 'So spreek die HERE, die God van

jou vader Dawid: Ek het jou gebed gehoor, jou trane gesien;

kyk, Ek sal vyftien jaar by jou dae byvoeg.'‖ (Jes.38:5).

God voeg toe 15 jaar by die lewe van Hiskia. Sy dankgebed is ongelukkig te lank

om hier te publiseer, maar twee versies daaruit lui soos volg:

―Soos ‗n swaweltjie of kraanvoël, so het ek gepiep; ek het

gekir soos ‗n duif; my oë het dof gekyk na bo: HERE, ek is

benoud, wees U my Borg! Die lewende, die lewende, dié sal

U loof, soos ek vandag; die vader maak aan die kinders u

trou bekend. Die HERE staan gereed om my te verlos;

daarom sal ons op my snaarinstrumente speel al die dae

van ons lewe, by die huis van die HERE.‖ En Jesaja het

gesê: ‖Laat hulle ‗n vyekoek neem en dit op die sweer sit,

dat hy gesond kan word.‖ (Jes.38:14-21).

N.B. Je(hiskia) se watertonnel in Israel (2 Kron.32:30) word vandag nog deur toeriste

besoek as argeológiese getuienis van die egtheid en geloofwaardigheid van de Bybel.

Page 221: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 221

2.5 Die weduwee se olie. Die wonder verbonde aan hierdie wonderwerk is die feit dat die bonatuurlike vermeerdering van die olie opgehou het eers nadat die houers

opgeraak het!

Toe sê Elísa vir haar: ―Wat kan ek vir jou doen? Gee my

te kenne wat jy in die huis het.‖ En sy antwoord: ―U

dienares het glad niks in die huis nie, behalwe ‗n flessie met

olie.‖ En hy sê: ―Gaan leen vir jou van buite af kanne, leë

kanne van al jou bure; leen nie te min nie. Gaan dan in en

sluit die deur agter jou en jou seuns toe, en giet in al

daardie kanne en sit weg wat vol is.‖ Sy het toe van hom af

weggegaan en die deur agter haar en haar seuns toegesluit;

en terwyl hulle vir haar aanbring, giet sy in. Sodra die

kanne vol was, sê sy aan haar seun: ―Bring vir my nog ‗n

kan aan‖; maar hy antwoord haar: ―Daar is geen kan meer

nie.‖ Toe gaan die olie staan. (2 Kon.4:2-6).

Dink net wat sou gebeur het indien sy baie méér kanne gaan leen het.

2.5 Die Adjudant, eselskoppe & duiwemis.

(a) Hongersnood. Die hongersnood in Samaria het baie ellende veroorsaak:

En daar was ‗n groot hongersnood in Samarìa, want

hulle het dit beleër totdat ‗n eselskop tagtig sikkels silwer en

‗n kwart-kab duiwemis vyf sikkels silwer werd was. (2

Kon.6:25).

(b) Profeet belowe uitkoms. Die profeet belowe toe uitkoms in die Naam

van die Here:

Toe sê Elísa: ―Hoor die woord van die HERE! So spreek

die HERE: 'Môre omtrent sulke tyd sal ‗n maat fynmeel ‗n

sikkel, en twee mate gars ‗n sikkel kos in die poort van

Samarìa' ―. Maar die adjudant op wie se arm die koning

geleun het, antwoord die man van God en sê: ―Al maak die

HERE ook vensters in die hemel, sou dit kan gebeur?‖ En hy

Page 222: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 222

sê: ―Kyk, jy sal dit met jou oë sien, maar nie daarvan eet

nie.‖ (2 Kon.7:1-2).

(c) Die Adjudant se fatale skeptisisme. Let op hoe die 'adjudant‟ smalend sy skeptisime te kenne maak. Sy straf later was vir die feit dat hy profeet se

woord oor die Voorsienigheid en oorvloed van God in twyfel getrek het:

En die koning het die adjudant op wie se arm hy geleun

het, oor die poort aangestel; maar die volk het hom in die

poort vertrap, sodat hy gesterf het volgens die woord van

die man van God, deur hom uitgespreek toe die koning na

hom afgekom het. (2 Kon.7:17).

3. ONTHOU DIE LEWE VAN JOB.

3.1 Wat Job alles verloor het.

Job het aanvanklik (Job, Hoofstuk 1) die volgende besit (en deur die

rampe verloor):

7 seuns en 3 dogters;

7000 stuks kleinvee;

3000 kamele;

500 paar beeste;

500 eselinne en

'n groot menigte slawe.

3.2 Waarmee Job alles ge-

eindig het. Aan die einde van sy wedervaringe (Job, Hoofstuk 42) het

Job ge-eindig met:

7 seuns en 3 dogters;

14 000 stuks kleinvee;

6000 kamele;

1000 paar beeste; en

1000 eselinne.

(L.W. Job se kinders is nie

verdubbel nie want hy het die

seuns en dogters wat dood

was nie regtig ‗verloor‘ nie).

Daarna het Job nog 140 jaar geleef en en hy het sy kinders en kindskinders (4 geslagte) gesien. Alles het toe vir Job gunstig eindig.

Page 223: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 223

3.3 Job se „bonus‟ van God af. As 'n bonus antwoord God toe nog 'n ander gebed ook: Job se gebede (in die boek Job) is van die oudste literatuur in die

Wêreldgeskiedenis (± 1692 V.C.) ... waarskynlik deur Moses geskryf. Sy gebed in Job

19:23-24 staan na ± 3700 jaar steeds as 'n monument vir sy geloofkragtige vertroue in die getrouheid van God:

―Ag, mag my woorde tog maar opgeskrywe, mag hulle

maar in 'n boek opgeteken word --- met 'n ystergriffel en

lood --- vir altyd in 'n rots uitgekap!‖ (Job 19:23-24).

Vir sy lojaliteit te midde van die ergste fisiese en psigiese lyding denkbaar het God hom beloon met die insluiting van sy woorde in die Boek van alle boeke ... so goed

soos vir ewig met ystergriffel en lood in 'n rots uitgekap!

3.4 Jakobus herinner ons.

Kyk, ons reken hulle geluksalig wat verdra. Julle het

gehoor van die lydsaamheid van Job, en julle het die

einddoel van die Here met hom gesien, dat die Here vol

medelye en ontferming is. (Jak.5:11).

3.5 God Is Ongelooflik Ryk. God het belowe:

―Want al die wilde diere van die bos is myne, die vee op

berge by duisende.‖ (Ps. 50:10).

Bildad die Suhiet het miskien in voortvarendheid, maar tog in waar-heid, getroos:

―As jy na God soek en die Almagtige om genade smeek,

as jy rein en opreg is, ja, dan sal Hy oor jou ontwaak en jou

woning herstel ooreenkomstig jou geregtigheid; dan sal jou

begin gering wees, maar jou einde baie groot.‖ (Job 8:5-7).

Bibliografié.

1. Die Bybelgenootskap Van SA, 'Die Bybel In Afrikaans ' (OV)/Voorblad-illustrasie:

PinksterProtestant.

Page 224: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 224

GGEEBBEEDD VVEERRAANNDDEERR SSAAKKEE

Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en

vir julle sal oopgemaak word. (Matt.7:7).

Kopiéreg © 2010 P.J. Stassen Alle Regte Voorbehou

1. DIE ESSENSIE VAN GEBED.

1.1 Gebed beteken 'Om van God iets te VRA'. Die primêre bedoeling met Gebed in die Bybel is hoofsaaklik om van God iets te vra bv.

Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir

julle sal oopgemaak word. Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat

soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word (Matt.7:7).

Bid en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees (Jhn.16:24b).

En julle het nie, omdat julle nie bid nie (Jak.4:2b).

Hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemele is, goeie dinge gee

aan die wat Hom bid! (Matt.7:11b).

En alles wat julle in die gebed vra, sal julle ontvang as julle glo

(Matt.21:22).

As julle iets in My Naam vra, sal Ek dit doen (Jhn.14:14 ).

1.2 Die oorspronge van die begrip 'Gebed'. (a) Die model-gebed wat Jesus aan Sy dissipels geleer het (Matt.6:9b-13) illustreer die beginsel nl. dat Gebed beteken om van God iets te vra, nog steeds mooi na méér as 2000 jaar.

(b) Die woord en begrip Gebed het sy oorspronge in die Bybel soos volg:

(i) Bea, Beah (Heb.): 'Om 'n versoek te rig';

(ii) Chanan (Heb.): 'Om guns te bepleit';

(iii) Paga (Heb.): 'Om teenoor iets te staan te kom; Om in te gryp';

Page 225: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 225

(iv) Athar (Heb.): 'Om te pleit; Om 'n versoek te rig';

(v) Palal (Heb.): 'Om die self te beoordeel; Om deurlopend te bid';

(vi) Tsela (Heb.): 'Om te buig, te kniel, te bid';

(vii) Siach (Heb.): 'Om neer te buig, te mediteer en te bid';

(viii) Shaal (Heb.): 'Om te vra';

(ix) Chalah (Heb.): 'Om te verootmoedig';

(x) Deomai (Gks.): 'Om nodig te hê, te bid en af te smeek';

(xi) Erōtaō (Gks.): 'Om te vra of te ondervra';

(xii) Euchomai (Gks.): 'Om te bid, te wens';

(xiii) Parak (Gks.): 'Om te roep na, of loop langsaan';

(xiv) Proseuchomai (Gks.): 'Om voor te bid of voor te wens; om te bid

tot';

(xv) Ana, Anah (Heb.): 'Ek, ons bid tot u';

(xvi) Lu (Heb.): 'Ag, as daar maar net ... !';

(xvii) Na (Heb.): 'Bid';

(xviii) Tephillah (Heb.): 'Gebed; Loflied':

(xix) Deēsis (Gks.): 'Smeking; Gebed; Versoek';

(xx) Enteuxis (Gks.): 'Intersessie; Gebed'

(xxi) Euchē (Gks.): 'n Wens; Versoek'

(xxii) Pros (Gks.): 'Om ná te bid; Uit te stort ná'. (Young's Analytical

Concordance To The Bible', pp.767-768).

Page 226: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 226

(c) Uit bogenoemde kan dus duidelik afgelei word dat die hele bedoeling met Gebed is om van God iets te vra.

1.3 Die gebed van Jesus in Johannes 17.

(a) Jesus stel Homself gelyk! In Johannes 17 bid Jesus die klassieke laaste belangrike gebed vir Sy dissipels. Uit hierdie gebed kan duidelik afgelei word

dat die aantyging van die Fariseërs en Skrifgeleerdes, nl. dat Jesus Homself met God (alhoewel nie aan God die Vader!) gelyk wou stel, korrek was.

(b) Proseduréle-regverdigheid? Dit was dan ook die gronde waarop Hy aangekla en veroordeel was, alhoewel die 'geregtelike proses' waarmee Sy

verhoor gepaard gegaan het, ten hemele geskreeu het van menseregte-vergrype. Daar was beslis geen 'proseduréle-regverdigheid' vir Jesus in Sy

'verhoor' nie. Die Moderniste en die 'Jesus Seminaar'-mense se 'moderne' ver- trekpunt dat Jesus nooit op „n bonatuurlike herkoms aanspraak gemaak het nie

en dat Hy nie regtig God in die vlees was nie, hou ook dus gladnie water nie.

(c) Om van God iets te vra. Nietemin, die Johannes 17-gebed demonstreer

steeds die feit dat die begrip bid beteken om van God iets te vra. Let egter op dat, hoewel Hy in Sy gebed om baie dinge rondom die welsyn, toekoms en

bedieninge van Sy dissipels pleit, die sake waarvoor Jesus bid nie soos 'n kruideniersware-lysie afgerammel word asof God (die Vader) 'n klerk aan die

lyn van 'n supermark-telefoon is nie, maar plaasvind deur respekvolle toenadering tot Sy Hemelse Vader.

2. WAAROM GEBED NOODSAAKLIK IS.

2.1 Om te bid is 'n opdrag van God.

En Hy het ook aan hulle 'n gelykenis vertel met die oog

daarop dat 'n mens gedurig moet bid en nie moedeloos

word nie (Luk.18:1).

Bid sonder ophou (1 Thess.5:17).

Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in

alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word

by God (Fil.4:16).

In die eerste plek vermaan ek dan dat smekinge,

gebede, voorbedes, danksegginge gedoen moet word vir alle

mense (1 Tim.2:1 ).

Page 227: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 227

... terwyl julle met alle gebed en smeking by elke

geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle

volharding en smeking vir al die heiliges en vir my

(Efés.6:18,19a).

Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die

gees is wel gewillig, maar die vlees is swak (Matt.26:4).

2.2 Gebed is God se manier vir ons om noodsaaklike dinge te ontvang.

Julle begeer en julle het nie, julle pleeg moord en is

naywerig en julle kan niks verkry nie. Julle veg en maak

oorlog, en julle het nie, omdat julle nie bid nie. Julle bid en

julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid, om dit in julle

welluste deur te bring (Jak.4:2-3).

En as julle bid, gebruik nie 'n ydele herhaling van

woorde soos die heidene nie, want hulle dink dat hulle deur

hul baie woorde verhoor sal word. Moet dan nie soos hulle

word nie, want julle Vader weet wat julle nodig het voordat

julle Hom vra (Matt.6:7-8).

2.3 Gebed bring blydskap en is die antwoord op bekommernis en stres.

Tot nou toe het julle niks in My Naam gevra nie. Bid en

julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees (Jhn.16:24).

Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in

alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word

by God en die vrede van God, wat alle verstand te bowe

gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus (Fil.4:6-7).

Werp alle julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg

vir julle (1 Pet.5:7).

Werp jou sorg op die Here, en Hy sal jou onderhou; Hy

sal nooit die regverdige laat wankel nie (Ps.55:23).

Hierdie ellendige het geroep, en die Here het gehoor, en

Hy het hom uit al sy benoudhede verlos (Ps.34:7).

Page 228: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 228

2.4 Gebed, sodra beantwoord, is die ideale teenvoeter vir ongeloof.

Toe die goewerneur dan sien wat daar gebeur het, was hy

verslae oor die leer van die Here en het geglo (Hand.13:12).

2.5 Gebed bring die seën van die Gawe van die Heilige Gees.

As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie

dinge te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die

hemel is, goeie gawes gee aan dié wat dit van Hom vra?

[Mat 7:11].

Nadat hulle gebid het, het die plek waar hulle bymekaar

was, geskud. Hulle is almal met die Heilige Gees vervul en

het met vrymoedigheid die woord van God verkondig

(Hand.4:31).

En toe die apostels in Jerusalem hoor dat Samaria die

woord van God aangeneem het, het hulle Petrus en

Johannes na hulle gestuur. Hulle het afgekom en vir hulle

gebid, dat hulle die Heilige Gees mag ontvang ... Hulle het

hul toe die hande opgelê, en hulle het die Heilige Gees

ontvang (Hand.8:14,15,17).

2.6 Diegene wat God deur gebed aanroep word sodoende gered.

Want elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal

gered word (Rom.10:13).

Al wat die Vader My gee, sal na My toe kom, en Ek sal

hom wat na My toe kom, nooit uitwerp nie (Jhn.6:37 ).

3. DIE GEBRUIK VAN 'N GEBEDSJOERNAAL.

3.1 Die Gebedsjoernaal is 'n Bybelse gedagte.

(a) Wie skryf neer? Sou ons vandag die gebed van (bv.) Salomo tydens sy tempel-inwyding (1 Kon.8:12-54) gehad het as niemand die moeite gedoen het om

Page 229: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 229

dit neer te skryf nie? Wat van die pragtige Psalms wat baie gebede insluit, bv. Ps.17? Dink maar aan Koning Hiskia in sy siekte toe sy lewe a.g.v. sy ernstige

gebede goedgunstiglik deur God met 15 jaar verleng is ... en waartydens die

skaduwee op die sonnewyser met 10° agteruit gegaan het! (2 Kon.20:1-11).

(b) Hanna in die Tempel. Hanna se gebed om 'n baba was so desperaat dat die Profeet Eli gedink het dat sy dronk was! (1 Sam.1:1-26).

(c) Job se klassieke gebed bewys die egtheid van die Bybel. Job se gebede (in die boek Job) is van die oudste literatuur in die Wêreldgeskiedenis (±

1692 V.C.) ... waarskynlik deur Moses geskryf. Sy gebed in Job 19:23-24 staan na ± 3700 jaar steeds as 'n monument vir sy geloofkragtige vertroue in die

getrouheid van God:

―Ag, mag my woorde tog maar opgeskrywe, mag hulle

maar in 'n boek opgeteken word --- met 'n ystergriffel en

lood --- vir altyd in 'n rots uitgekap!‖ (Job 19:23-24).

Vir sy lojaliteit, te midde van die ergste fisiese en psigiese lyding denkbaar,

het God hom beloon met die insluiting van sy woorde in die Boek van alle boeke ... so goed soos vir ewig met ystergriffel en lood in 'n rots uitgekap!

3.2 Gemoedsrus vir die bidder. Die Gebedsjoernaal bied die gemoedsrus dat die saak waarvoor daar gebid is (met die feite, hoofpunte en datum sorgvuldig aangeteken), dat die regte weg gevolg en bewyse daarvoor op skrif uitgestip is. Die

Vyand en geen demoon kan die bidder dan tempteer met gedagtes van twyfel, ontoereikendheid of skuld oor die 'gehalte' van sy/haar gebedslewe nie. Die bewyse

is dáár, op 'swart en wit'.

3.3 Die Gebedsjoernaal kan getuig van die reddende genade van God.

(a) Genadegebeurtenisse gedokumenteer. Wanneer gebede (veral gebedsversoeke wat verband hou met ernstige siekte en/of ander persoonlike- of gesins-probleme) oor weke, maande en selfs jare heen aangeteken word, selfs al

is dit net in breë trekke, kan die Joernaal as uitstekende bron van bewyse dien

van gebede wat beantwoord is oor „n sekere tydperk heen, wat die persoonlike getuienis van die outeur-bidder en ander gelowiges aansienlik kan versterk.

As mens nie pertinent en konsensieus notisie neem van sulke „genade-gebeurtenisse‟ deur dit neer te skrywe of aan te teken nie, raak mens vergeetagtig en onverskillig i.v.m. God se betrokkenheid by ons daaglikse lief en

leed, wat kan lei tot allerhande [ongeregverdigde] onvergenoegdheid en laksheid in die gebedslewe.

(b) Die Gebedsjoernaal vs. „n konvensionele dagboek. Die Gebedsjoernaal verskil van die konvensionele dagboek deurdat daar nie

noodwendig daagliks allerhande pedantiese en geforseerde inskrywings gemaak

Page 230: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 230

word net om die eise van die dagboek tevrede te stel nie, aangesien inskrywings spontaan gedoen word slegs wanneer die behoefte daarvoor opduik (al beteken

dit dat daar soms dae/datums oorgeslaan gaan word).

'n Gekoopte 'winkeldagboek' is dus nie die ideale keuse vir 'n Gebedsjoernaal nie; en inskrywings moet sterk fokus op spontane en openhartige dialoog met en gebede tot God. Die Joernaal vervang egter nie noodwendig mondelinge gebede

nie, maar is eerder aanvullend daartoe.

(c) Wat het gebede gepresepitéér? Inskrywings van sosiale of huishoudelike

aard is geoorloof aangesien ons nie met die Gebedsjoernaal die menslikheid van die bidder wil negeer of ontken nie. Hoe gaan die terloopse leser van die

Gebedsjoernaal ('n kind of erfgenaam ens.) in elk geval ooit eendag die konteks van die gebede verstaan sonder 'n beskrywing van die sosiale of huishoudelike

land-skap wat die gebede gepresipitéér het?

4. BY GOD IS NIKS ONMOONTLIK NIE.

4.1 God kan alles doen.

(a) God leer vir Job. Job is een van die mees inspirerende boeke in die Bybel. Ná al sy lyding (en God se formidábele 'toespraak' oor Sy eie Soewereiniteit en

Heerskappy oor die Skepping) moes Job aan die einde daarvan nederig teenoor God bely:

―Ek weet dat U alles kan doen en geen plan vir U

onuitvoerbaar is nie.‖ (Job 42:2).

(b) Job verklaar nie dispuut met Satan! Let daarop dat Job nie met die

Satan, die outeur van al sy ellende, 'n dispuut aangeknoop het nie ... trouens, hy het hom net eenvoudig ge-ignoreer! Ons lees in Job 2:7 vir die laaste keer van

Satan, en daarna, vir die res van die boek tot by Hoofstuk 42, lees ons nooit weer van hom nie. Job se saak was met God, want hy het besef dat sy lot

afgehang het van God (YHWH), die finale Arbiter oor Lewe en Dood.

(c) Wat Job Verloor Het. Job het aanvanklik (Job, Hoofstuk 1) die volgende besit (en verloor):

7 seuns en 3 dogters; 7000 stuks kleinvee;

3000 kamele; 500 paar beeste;

500 eselinne en 'n groot menigte slawe.

Page 231: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 231

(c) Die loon van geloofsvertroue. Aan die einde van sy wedervaringe (Job,

Hoofstuk 42) het Job ge-eindig met:

7 seuns en 3 dogters; 14000 stuks kleinvee;

6000 kamele; 1000 paar beeste;

1000 eselinne.

Daarna het Job nog 140 jaar geleef en en hy het sy kinders en kindskinders (4

geslagte) gesien.

(d) Job 'n voorbeeld vir almal. Ná ± 3700 jaar word Job steeds as voorbeeld voorgehou van volle geloofsvertroue in die Voorsienig-heid van God:

Kyk, ons reken hulle geluksalig wat verdra. Julle het

gehoor van die lydsaamheid van Job, en julle het die

einddoel van die Here met hom gesien, dat die Here vol

medelye en ontferming is. (Jak.5:11).

4.2 God is 'n beloner van die wat Hom soek. God respekteer geloof:

En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag;

want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en 'n

beloner is van die wat Hom soek (Heb.11:6).

En Jesus antwoord hulle: ―Deur julle ongeloof; want,

voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het soos 'n

mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sê: Gaan weg

hiervandaan daarnatoe! En hy sal weggaan, en niks sal vir

julle onmoontlik wees nie.― (Matt. 17:20).

4.3 God kan die ganse mensdom se gebede op één dag hoor (en verhoor) as hy wil!

(a) Hoeveel mense mag bid? God beskik oor die 'tegniese potensiaal' om al 7000 miljoen mense op Aarde se gebede tegelykertyd te hoor en verhoor, indien

dit nodig sou wees. Sekerlik moes Hy reeds vóór die Skepping 'voorsiening'

gemaak het vir die moontlikheid dat almal op die planeet skielik kon reageer op Sy uitnodiging om na Hom te kom vir hulp?

(b) Die logistieke uitdaging. Dink net aan die logistieke nagmerrie! Indien al 7000 miljoen mense gelyktydig sou bid, sou God binne 'n bestek van nano-sekondes al die elemente en kragte van die Heelal, asook al die bekende en

Page 232: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 232

onbekende Natuurwette, onmiddellik moes sinchroniseer om elke mens op Aarde se gebed (op 'n gegewe oomblik) te kon akkommodeer, sou Hy dit so goeddink.

In my geestesoog sien ek die Wêreldpopulasie planeetwyd soos standbeelde bevrore staan gesuspendeer in tyd, terwyl God se bevele uitgaan en Engele soos

weerlig heen en weer blits tussen al die windstreke om omstandighede te beïnvloed en situasies te beredder. Ek het dit ook eintlik nou baie lomp en

onnosel verduidelik, want God sou dit (en méér) kon doen. Job verklaar:

―Ek weet dat U [God] alles kan doen en geen plan vir U

onuitvoerbaar is nie.‖ (Job 42:2).

4.4 Lankmoedige geloof is noodsaaklik.

(a) Gebed is harde werk. Die Bybel sê: Bid sonder ophou (1 Thess.5:17).

Gebed (in die geestesdomein) is byna soos om (in die fisiese domein) 'n enorme

hardehout-boom af te saag ... stoksiel-alleen! Vurige Gebed is harde werk, meer

as wat die (gemiddelde) vlees en bloed kan verdra. Dit verg soms lang ure van afsondering, toewyding, Bybelstudie en worsteling met God in die stilte van die

nag of selfs te midde van die gewoel van die dag. So moedeloos was Job naderhand dat hy gesê het:

―Waarom gee Hy lig aan die ellendige en lewe aan die

wat verbitterd is van siel?‖ (Job 3:20).

(b) Ons moenie moedeloos word nie. Jesus verwag dit nogtans van ons om

gedurig te bid en nie moedeloos te word nie:

En Hy het ook aan hulle 'n gelykenis vertel met die oog

daarop dat 'n mens gedurig moet bid en nie moedeloos

word nie (Luk.18:1).

Die gelykenis van die arm weduwee en die onregverdige regter illustreer die noodsaaklikheid van bid sonder ophou:

―Daar was 'n regter in 'n stad wat God nie gevrees het

en geen mens ontsien het nie. En daar was in daardie stad

'n weduwee, en sy het gedurig na hom gekom en gesê:

'Doen reg aan my teenoor my teëparty'. En 'n tyd lank wou

hy nie; maar daarna het hy by homself gesê: 'Al vrees ek

God ook nie en al ontsien ek ook geen mens nie, tog sal ek,

Page 233: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 233

omdat hierdie weduwee my moeite gee, aan haar reg doen,

sodat sy nie eindelik kom en my in die gesig slaan nie.' ―

Toe sê die Here: ―Hoor wat die onregverdige regter sê. Sal

God dan nie reg doen aan Sy uitverkorenes wat dag en nag

tot Hom roep nie, al is Hy ook lankmoedig in hulle geval?‖ (Luk.18:2-7). Maar die wat op die Here wag, kry nuwe krag; hulle

vaar op met vleuels soos die arende ... (Jes.40:31a ).

(c) Dagbreek-toe! Dit is wanneer mens absoluut radeloos is dat jy júís moet bid en nie moedeloos moet word nie. Die nag is op sy donkerste (en koudste) net

vóór dagbreek! Jeremia skryf:

Want die Here sal nie vir ewig verstoot nie. Maar as Hy

bedroef het, ontferm Hy Hom na die grootheid van Sy

goedertierenhede; want nie van harte verdruk of bedroef

Hy die mensekinders nie (Klaagl.3:31-33).

Die psalmis skryf:

Want ‗n oomblik is daar in sy toorn, ‗n lewe in sy

goedgunstigheid; saans vernag die geween, maar smôrens is

daar gejuig. [Ps. 30:6].

5. DIALOOG MET GOD.

5.1 Integreer gebed met Bybelstudie.

Om 'n sensitiewe oor vir God se stem te ontwikkel (mens wil nie net heeltyd 'vra' nie!), kan die roetine van mondelinge en/of geskrewe gebede (bv. die

Gebedsjoernaal) gevolg deur formele Bybelstudie van 'n hoofstuk of hoofstukke van groot waarde wees. Kosbare bevestiging van God se Voorsienigheid in spesifieke

sake vind soms onverklaarbaar so plaas, iets wat geen mens met ordinêre talente

vooraf sou kon bewimpel of antisipeer het nie.

5.2 Gereelde Bybelstudie (en -lees) leer mens van die karakter van God.

Page 234: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 234

(a) Gereelde Bybelstudie. Ek vind dit byna onmoontlik om te glo dat wanneer ons nooit (of nie gereeld) die Bybel lees, dit van God kan verwag om

ons gebede te beantwoord nie. Indien Hy dit dan wél doen, is dit maar suiwer te

danke aan Sy guns en getrouheid wat Hy in elk geval oor almal van ons daagliks sonder uitsondering uitstort.

(b) Deur Bybelstudie leer ons God ken. Gereelde en konsensieuse Bybelstudie leer mens van God se Karakter; Persoonlikheid; Temperament; Invloed; Wysheid, Intelligensie, Heiligheid, Regverdigheid, Liefde, Goddelike

Diskresie, Empatie, Mag; Gesag; Sentimente; Morele Waardes; Voorkeure, Afkere ens. Die beginsel hier is dat, indien God GOD is en IS wie Hy beweer Hy

is, dit ons plig is om uit te vind Wie Hy is en wat Hy van ons verwag.

(c) Hoe om méér geloof te ontwikkel. 'n Deeglike kennis van die Bybel bou

die geloof van die leser/bidder soos geen motiverings-spreker kan droom om te doen nie. Verlang u méér geloof? Lees die Bybel:

Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die

Woord van God (Rom.10:17).

Wanneer God nieteenstaande tydens ons indringende gebede steeds vir lang

tye „stil raak‟, is alles nie noodwendig verlore nie. Oswald Chambers skryf juis dat God se [sogenaamde] „stilte‟ juis die bewys kan wees dat Hy ons gebede

duidelik gehoor het … want, as Hy dan nie die eerste keer mooi gehoor het nie, sou Hy andersins mos gereageer het met “Ekskuus …?”

6. GAAN MET DIE WYSE OM, DAN WORD JY WYS.

6.1 Onbeantwoorde gebede is ook belangrik vir oorlewing. Die Bybel sê:

Gaan met die wyse om, dan word jy wys; maar hy wat

met dwase verkeer, versleg. (Spr.13:20).

Iets wat ons God, die mees Wyse Wese in die Heelal, in die Ewigheid ook dalk nog báie dankbaar voor gaan wees, is al daardie gebede van ons wat God volgens Sy

wyse oordeel nie beantwoord het nie! So het Hy menigte van ons dalk baie trane gespaar. Die 'verkeerde gebed onbeantwoord' is net soveel werd as die 'regte gebed

beantwoord'!

6.2 Gratis gebedsminute! Benut u 1440 gratis gebedsminute elke dag dus

verstandig ... dit mag dalk net wees 'n lieflike reukoffer voor God (Openb.8:3-4). En, wat ons gister nie gebruik het nie, is vir altyd verlore. In die Hemel gaan daar nie 'n

Page 235: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 235

tipe van 'n beseringstyd-vergunning wees om agterstallige gebedsverpligtinge en -voorregte in te haal nie.

6.3 Ons kan die geskiedenis verander.

(a) 'n Hemelse griffier hou notule. Dink net ... dadelik nadat ons begin bid het, het ons alreeds die Wêreldgeskiedenis onherroeplik verander, net in die feit

dat ons gebid het! 'n Hemelse Griffier wat van gebede 'Notule' hou, sal dit in die Ewigheid geregtelik kan bewys.

(b) Hemelse CCTV? Indien ons bv. van plan was om nie te bid nie, sou die geskiedenis dit ooreenkomstig so aanteken. Op die videoband van God se visuele

argiefmateriaal ('CCTV') sal toekomstige geslagte ons nêrens sien bid nie.

(c) Swaai die geskiedenis! Besluit ons tóg om te bid, sal God se visuele argiefmateriaal ('CCTV') dit in die Ewigheid kan uitwys. Deur die eerste stap van

gebed daadwerklik te neem, dra die eenvoudigste van ons, d.m.v. die

eenvoudigste gebed, dalk by tot die dramatiese swaai van die Wêreldgeskiedenis!

Jesus vra: ―Maar as die Seun van die mens kom, sal Hy

wel die geloof op die aarde vind?‖ (Luk.18:8b).

Bibliografié.

1. Bybelgenootskap Van SA: 'Die Bybel In Afrikaans', (1933/1957). 2. John R. Rice DD., Litt.D.: 'Prayer – Asking And Receiving', Sword Of The Lord Publishers,

Murfreesboro, Tennessee (1942). 3. Robert Young LL.D.: 'Analytical Concordance To The Bible', WM. B. Eerdmans Publishing Co.,

Grand Rapids, Michigan (1964/1969/1970) /Voorblad-illustrasie: PinksterProtestant.

Page 236: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 236

LYDING: IS DIT REGTIG NODIG?

En God sal al die trane van hul oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan. (Openb.21:4).

Kopiéreg © 2010 P.J. Stassen Alle Regte Voorbehou

1. DIE LEWE IS NIE 'N GRAP NIE.

1.1 Schiller en lyding. Indien ek nooit 'n probleem gehad het nie, hoe sou ek

ooit kon ontdek dat God dit kon oplos? Die digter, Schiller, skryf bv.

―Who ne'ver his bread in sorrow ate;

Who ne'ver the mournful midnight hours,

Weeping upon his bed has sate ---

He knows ye not, ye heavenly powers.‖

['Hours With The Immortals', p.177]

1.2 Goethe en lyding. Die digter, Goethe, het geglo dat talent in privaatheid

ontwikkel kan word, maar dat dit onvermydellik is dat karakter in lewensstorms getemper sal word:

―Talents are nurtured best in solitude,

But character on life's tempestuous sea.‖

('Hours With The Immortals', p.217)

1.3 Moet ons die Ewigheid verruil? Goethe het verder gegaan en gewaarsku (miskien ook uit ondervinding!) dat mens nooit jou siel behoort te verkoop ter wille

van ydele en kortstondige plesier nie. Net „n dwaas verruil die Ewigheid vir 'n tydelike speelding:

Page 237: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 237

―What win I if I gain the thing I seek?

A dream, a breath, a froth of fleeting joy;

Who buys a minute's mirth to wail a week,

Or sells eternity to get a toy?‖

['Hours With The Immortals', p.234]

1.4 Bybelkarakters. Bybelkarakters en -geloofshelde was nie onbekend met smarte nie.

Hanna. Toe Hanna on-vrugbaar was en só graag 'n baba wou hê, was haar gebede só desperaat dat die Profeet Eli gedink het dat sy dronk was:

'En toe sy lank gebid het voor die aangesig van die Here

en Eli op haar mond ag gee --- want Hanna het in haar

hart gespreek: net haar lippe het geroer, maar haar stem

kon nie gehoor word nie --- het Eli gedink dat sy dronk

was. En Eli sê vir haar: ―Hoe lank wil jy jou soos 'n dronk

mens gedra? Sit jou wyn van jou af weg.‖ ' (1 Sam.1:12-14).

Jeremia. Jeremia roep uit:

―Al skreeu ek ook en en al roep ek om hulp, Hy laat my

gebed onverhoord. Hy het my weë toegemuur met gekapte

klip, my paaie onbegaanbaar gemaak.‖ (Klaagl.3:8-9).

Dawid. Dawid skryf:

―Wees nie ver van my af nie, want die nood is naby,

want daar is geen helper nie.‖ (Ps.22:12).

Job. Job kla:

―Waarom gee Hy lig aan die ellendige en lewe aan die

wat verbitterd is van siel?‖ (Job 3:20).

1.5 Jonges en oues sterf. Hoekom sommige sterf op 90 en 100, oud en afgeleef, en ander as babas en jongmense, is 'n misterié wat niemand nog ooit kon verklaar

nie, behalwe dat dit miskien maar net toegeskryf kan word aan die onverklaarbare

Page 238: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 238

Voorsienigheid van 'n Alwyse God. Dat jong soldate, nog seuns in die fleur van hulle lewe, altyd éérste na die oorlogsfront vertrek, was vir my nog altyd 'n skreiende

vermorsing van kosbare lewens en potensiaal. (Sien Deneys Reitz, 'Commando').

1.6 Eie voortvarendheid? Somtyds ly ons a.g.v. ons eie voortvarendheid en dwaasheid:

'Die lippe van die dwaas kom met getwis, en sy mond roep

na slae.' (Spr.18:6).

1.7 Bloedige wonde suiwer kwaad uit. Die Bybel leer ons ook dat bloedige wonde die kwaad uitsuiwer:

Bloedige wonde suiwer die kwaad uit en slae die kamers

van die binneste.' (Spr.20:30).

'Die roede en die bestraffing gee wysheid ...' (Spr.29:15a).

1.8 God geniet dit nie wanneer ons ly nie! Maar die goeie nuus is darem dat God nie vir altyd verstoot nie ... trouens, mens kry die indruk dat Hy ons lyding

gladnie geniet nie!

Want die Here sal nie vir ewig verstoot nie. Maar as Hy

bedroef het, ontferm Hy Hom na die grootheid van Sy

goedertierenhede; want nie van harte verdruk of bedroef

Hy die mensekinders nie.' (Klaagl.3:31-33).

'Kyk, ons reken hulle geluksalig wat verdra. Julle het

gehoor van die lydsaamheid van Job, en julle het die

einddoel van die Here met hom gesien, dat die Here vol

medelye en ontferming is.' (Jak.5:11).

1.9 Geweld 'n harde werklikheid. In so 'n misdaad- en geweldge-teisterde plek soos bv. die RSA kom bogenoemde piëtistiese wysheid (oor die sogenaamde

'estetiese' en 'morele' waarde van pyn) egter maar soos 'n klap in die gesig. Daar bestaan dus geen twyfel by my nie dat 'n finale faktuur deur 'n Hemelse

Rekenmeester nog steeds gelewer gaan word vir die smarte veroorsaak deur die brutale geweld van geharde misdadigers op die wetsgehoorsame populasie van die

kontinent en ons land. Weliswaar mag en kan God pyn tot Sy voordeel as 'n slypings-instrument van siele gebruik, maar dit verontskuldig nie die (kwaadwillige) outeur

van die pyn nie!

1.10 Loon vir die pos van 'n satan. As iemand dan doelbewus aanmeld om die

pos van 'n satan te beklee (deur kwaadwillig pyn en leed te veroorsaak, soos in Job)

Page 239: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 239

sal hy ook die salaris van 'n satan ontvang ... die loon van die sonde is die dood. (Rom.6:23).

1.11 Teëspoed is volop. Die Bybel sê ook:

'Menigvuldig is die teëspoede van die regverdige, maar uit

die almal red die Here hom.' (Ps.34:20).

In God se Voorsienigheid, wat ons tog nooit regtig ten volle sal begryp nie, mag teëspoed, hoe eienaardig en onlogies dit ookal mag klink, dalk deel wees van uiteindelike sukses, en die goddelose se voorspoed dalk juis die slaggat vir sy finale

ondergang. Sosio-ekonomiese status en buitengewone welvaart is m.a.w. nie die finale of enigste aanwyser (of waarborg) van God se guns (of die gebrek daaraan) op

iemand se lewe nie. Ons sien maar net ten dele.

1.12 Hoekom so baie geweld? Die geweldspiraal in die RSA kan moontlik toegeskryf word aan etlike bydraende faktore:

(a) „n 'New Age'-Konstitusie. Die uitskryf van Jesus Christus uit die Konstitusie en die invoeging daarin van 'n neutrale, New Age, multi-kulturele

'godsbegrip' om ons land se diversiteit polities te akkommodeer (Godsdiens-

Sinkretisme ... Onbybels!). Ons verbied God uit die Parlement, uit ons skole en baie allerhande plekke en dan word ons kwaad wanneer dit met ons moeilik gaan

(!).

(b) Anti-semitisme. 'n Siniese, vyandige houding vanaf die kant van die Regering jeëns Israel, Sionisme en die Jode ... ook Onbybels!

(c) Ekonomiese & Sosiaal-Maatskaplike Druk. Buitengewone ekonomiese en sosiale druk op die bevolking a.g.v.:

'n eeu-oue, tradisionele en ingeburgerde gebrek aan politieke wil by Afrika-regerings om misdaad kragdadig te bekamp;

die grootskaalse vorming van kartelle en monopoliëe deur sekere

elemente in die sake-sektor; korrupsie en bedrog in beide die privaat- en publieke sektor;

drank- en dwelmmisbruik ... van die ergste in die Wêreld; werkloosheid en geweld a.g.v. die toestroming van immigrante uit

buurlande; en

'n klassieke Westerse verbruikers- en vermorsingskultuur in dolle vaart, teenoor beperkte hulpbronne.

(d) Ondermyning van geestelike waardes. Die vervanging van bv. Godsdiensonderrig met die belaglike, ateïstiese Evolusie-Leer waardeur skoliere geleer word dat (i) die mens van ape afstam (of 'n 'gemeenskaplike voorouer'

met ape 'deel'); dat (ii) daar geen God en Hiernamaals bestaan deur Wie of waar rekenskap ge-eis gaan word nie, en dat (iii) lewe deur die bank goedkoop is.

Page 240: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 240

2. PYN IS NOODSAAKLIK VIR FISIOLOGIESE OORLEWING.

2.1 Aanraking- en pyndrempels. Philip Yancey glo dat die pyn-netwerk in die mens se liggaam inherent nie tot ons nadeel bestaan nie, maar dat dit die merk dra van 'n Skeppende Genié ... God! Sonder pyn sou ons beswaarlik kon oorleef.

Geblinddoekte navorsings-subjekte het byvoorbeeld soos volg op 'n voorwerp se aanraking gereageer:

DIE ABSOLUTE AANRAKINGSDREMPEL

Die punt van die Tong: Gevoelig vir 2 gram (drukking)

Vingers: Gevoelig vir 3 gram

Agterkant van die Hand: Gevoelig vir 12 gram

Agterkant van die Voorarm: Gevoelig vir 33 gram

Voetsool: Gevoelig vir 250 gram

DIE ABSOLUTE PYNDREMPEL

Kornea: 0,2 gram (druk skep 'n pynlike sensasie)

Voorarm: 20 gram

Agterkant van die Hand: 100 gram

Voetsool: 200 gram

Vingerpunt: 300 gram

2.2 Pyn was m.a.w. nie 'n biologiese fout nie. Yancey skryf:

―Pain is not an afterthought, or God's great goof. Rather,

it reveals, a marvelous design that serves our bodies well.

Pain is as essential to a normal life, it could be argued, as

Page 241: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 241

eyesight or even good circulation. Without pain ... our lives

would be fraught with danger, and devoid of many

pleasures.‖

Dr. Paul Brand se navorsing oor melaatsheid (soos beskryf deur Yancey) het juis getoon dat die feit dat gevoel in melaatse pasiënte se ledemate ontbreek, die grootste gevaar vir hulle inhou:

―As one of the world's foremoste experts on leprosy, Dr.

Brand received a several-milliondollar grant for the express

purpose of designing an artificial pain system. He knew that

people with such diseases like leprosy and diabetes were in

grave danger of losing fingers, toes, and even entire limbs

simply because their warning system of pain had been

silenced.‖ (Philip Yancey, 'Where Is God When It Hurts'?, p.27-28).

2.3 Pyn en plesier. Dit is interessant dat dit dieselfde (meerdoelige) senuwees is wat pyn- sowel as plesier-sensasies aan die brein rapporteer. Daar bestaan dus nie

'aparte' senuwees vir pyn en plesier onderskeidelik nie.

3. 'VRYE WIL' ONMOONTLIK SONDER LYDING.

3.1 Adam en Eva as „Vrye Morele Agente‟. God het in Adam en Eva vrye morele agente geskep. Die Almagtige God kon, in Sy Voorkennis, die sondeval in Eden bv. ge-antisipeer en vroegtydig verhoed het (indien Hy wou) deur Persoonlike Intervensie

... God is nie tydgebonde en onderhewig aan die beperkinge van die almanak en

horlosie nie. Hy leef in die Ewige 'Nou'! Tog het God dit blykbaar goed gedink dat dit 'reg' was om met die Wêreldgeskiedenis 'voort te gaan' … ten spyte van die Sondeval.

Dit is m.a.w. dus teológies ondenkbaar dat die Alwetende God deur die Sondeval verras of onkant betrap was (Sien Jhn.17:24; Efés.1:3-11; 1 Pet.1:19-20).

3.2 Die Eden-paradoks. Die paradoks is dat daar, filosófies gesproke, in elk geval geen manier was waarop Adam en Eva die onderskeid tussen die moraliteit van gehoorsaamheid en immoraliteit van ongehoorsaamheid (om nie van die Boom te eet

nie) moreel kon onderskei en evalueer nie … hulle het immers nie kon onderskei tussen goed en kwaad alvorens hulle van die Boom geëet het nie.

3.3 Vóór die grondlegging van die Wêreld. Reeds van vóór die grondlegging van die Wêreld, d.w.s. lank vóórdat Adam en Eva geskape is ... toe sonde nog nie

eers as 'n opsie of gedagte by hulle opgekom het nie, het God al, in afwagting van die sondeval, die liggaam en persoon van Jesus berei as 'n offer vir die sondes van die

Wêreld (Jhn.17:24; Efés.1:3-11; 1 Pet.1:19-20). Dit kan slegs wees omdat Hy reeds „lank

Page 242: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 242

vantevore‟ geweet het wat die uiteinde van lewe in Eden sou wees [d.i. die „sondeval‟].

3.3 Keuses slegs moontlik met „vrye wil‟.

(a) Keuses & opsies. Die vrye wil van vrye morele agente, binne die parámeters van 'n planeet met beperkte hulpbronne en toenemende

mededinging tussen mense, is onmoontlik sonder 'n geleentheid vir die uitoefening van keuses en opsies (bv. wit vs. swart; lig vs. duisternis; goedheid

vs. boosheid; ens.).

(b) Die rentmeesterskap van „persoonlike diskrésie‟. 'Ongelukkig' beteken vrye wil dus dat God aan die mensdom 'persoonlike diskrésie' toevertrou het, wat goedheid „ongelukkig‟ dan opsioneel maak. God laat dit nou aan 'ge-

emansipeerde' individue oor om self te besluit watter weg hulle wil volg ... Lig of Duisternis. Daardie besluite is krities en beïnvloed almal om ons heen.

(c) Misbruik van voorregte en mag. Dit is die uitoefening van hierdie vrye persoonlike diskrésie deur vrye morele agente wat (i) die misbruik van voorregte

en mag en (ii) die ellende en lyding (tussen mense & mens-en-dier) tot gevolg het.

(d) C.S. Lewis. Hy skryf:

‖... The freedom of a creature must mean freedom to

choose: and choice implies the existence of things to choose

between ... Try to exclude the possibility of suffering which

the order of Nature and the existence of free wills involve,

and you find that you have excluded life itself ... In the same

way, it is natural for us to wish that God had designed for

us a less glorious and less arduous destiny; but then we are

wishing not for more love but for less.‖ ('The Problem Of Pain',

pp.20,25,35).

3.4 Tése en ántitese. Teenoor 'Sondeloosheid' (die tése) moet 'Sonde' (die ántitése) noodgedwonge eers as morele konsep bestaan vóórdat daar 'n onderskeid

getref sal kan word tussen 'toegee aan sonde' of 'weerstaan die sonde'. Sonder die geleentheid om (a) 'sonde te doen' bestaan daar ook nie die geleentheid om (b) dit

'nie te doen nie'.

Ons gebroke Wêreld, in 'n 'morele Heelal', bied dus die paralelle opsies van Goed of Kwaad. Sonder 'n geleentheid dus om sonde te doen (óf te weerstaan), bestaan daar

dus nie soiets soos ware vroomheid nie. Ware vroomheid is m.a.w. onmoontlik in „n Wêreld sonder keuses (versoeking).

Page 243: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 243

Winston Churchill het eenmaal opgemerk:

'The glory of light cannot exist without its shadows. Life is

a whole, and good and ill must be accepted together.‖

3.5 Beskik die mens regtig oor „vrye wil‟? Die vraag kom dikwels op of die mens regtig oor vrye wil beskik aldan nie. Vrye wil moet egter nie met die begrip

„almag‟ verwar word nie. Die mens is nie almagtig nie. Maar, juis omdat God beskik oor vrye wil, daarom beskik óns, Sy skepsels tog geskape na Sy Beeld, ook oor vrye

wil. Sekere teoloë mag dalk desnoods nou kla:

―Maar dit is [onaanvaarbare] dualisme!‖

Weliswaar is hierdie (tydelike, Aardgebonde) dualisme waarskynlik nie God se ideale wil vir die mensdom nie, maar is dit nog steeds dalk die enigste model (binne Sy toelaatbare wil vir die mensdom) wat die predikament van die Skepping en die

paradoks van die Sondeval bevredigend verklaar. Indien nié, waarom het God dit

dan toegelaat? Sekerlik maak God nie foute nie.

3.6 Spontane goedheid en dankbaarheid. Neem dinge soos vrye wil, spontane goedheid en spontane opoffering weg uit die Wêreld, vervang dit met gedwonge

welwillendheid en gedwonge liefdadigheid (in „n samelewing sonder morele opsies en keuses), en jy is waarskynlik ontslae van alle uitbuiting en verdrukking. Maar

onthou, in so 'n samelewing sal daar dan ook nooit sulke dinge soos spontane goedhartigheid en spontane dankbaarheid kan wees nie. Jy sal met so stelsel nooit

mense se motiewe kan verstaan of vertrou nie.

4. OPLEIDING AS VOLLE ERFGENAME VAN CHRISTUS.

4.1 Mede-erfgename van Jesus Christus. Wedergebore christene is, volgens die Bybel, as kinders van God erfgename van God asook mede-erfgename van Christus:

'Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders

van God is; en as ons kinders is, dan ook mede-erfgename

van Christus ....' (Rom.8:16-17a).

'En as julle aan Christus behoort, dan is julle nageslag

van Abraham en volgens die belofte erfgename.' (Gal.3:29).

4.2 Voorbereiding van die erfgenaam. Wanneer 'n minderjarige 'n erfgenaam word, kom daar 'n tyd wanneer hy onderwerp sal moet word aan die voorbereiding

wat nodig is om van hom 'n waardige erfgenaam te maak wat, met ander woorde, in staat sal wees om sy erfporsie by inbesitname verantwoordelik en effektief te bestuur

... dit mag dalk biljoene rande se bates behels.

Page 244: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 244

4.3 Die erfgenaam se voorbereiding vir die Ewigheid. Net so word ons hier op Aarde, soos tipiese minderjarige erfgename, voorberei en onderwerp aan die

dissipline wat nodig gaan wees in die Ewigheid om ons in staat te stel om die 'ware

rykdomme' en „ware bates‟ verantwoordelik te bestuur:

―As julle dan nie getrou was in die onregverdige

Mammon nie, wie sal julle die ware goed toevertrou? En as

julle nie getrou was in 'n ander se goed nie, wie sal aan julle

jul eie gee?‖ (Luk.16:11- 12).

[Iets wat ons soms maar moeilik verstaan, is dat met „dissipline‟ nie „straf‟ bedoel word nie, maar om „n „dissipel‟ van iemand te maak].

4.4 Alles word oorgemaak. Benewens die feit dat die minderjarige erfgenaam nou geleer word om eendag sy erfporsie in besit te neem, ontdek hy ook 'n verrassende klousule in die fyndruk van die Testament … „n nuwe lastigheid: die huis

waarin hy woon word intussen gerenoveer en oorgemaak as deel van die testament-bepalings, en dit gaan gepaard met die tipiese ongerief van 'n gebouery. C.S. Lewis

skryf:

―A new Nature is being not merely made but made out

of an old one. We live amid all the anomalies,

inconveniences, hopes, and excitements of a house that is

being rebuilt. Something is being pulled down and

something is going up in its place.‖ ('Miracles', p.253).

5. DIE PRYS VAN GÓLGOTA.

5.1 'n Wêreld sonder pyn en lyding?

(a) Almal immuun teen swaarkry? Stel u 'n Nuwe Testa-mentiese Wêreld en Kultuur vóór sonder teëspoed, swaarkry en pyn. Niemand weet wat lyding

beteken nie. Almal is volmaak immuun daarteen. Die dissipels van Jesus volg

Hom bv. uit bewondering vir Sy 'charismatiese' persoonlikheid, Sy voorbeeldige lewe en die belowende boodskap … maar hulle het nie naastenby 'n idee wat

opoffering, pyn en lyding beteken nie.

(b) Opoffering onmoontlik sonder swaarkry. In hierdie (denkbeeldige) samelewing word niemand siek nie; niemand word beroof nie; niemand ly honger

of dors nie. Almal in die samelewing volg m.a.w. 'n beleid van absolute burgerlike-gehoorsaamheid, gedwonge liefdadigheid en gedwonge welwillendheid

Page 245: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 245

ter wille van die goeie maatskaplike orde, maar niemand verstaan die begrippe spontane liefde, spontane goedheid en spontane dankbaarheid nie.

5.2 Maar Jesus ken pyn en lyding!

(a) Jesus volg die Lydensweg. Maar in hierdie teoretiese Wêreld van ons is daar tóg 'n Jesus wat kán ly; en wat honger en dors kan word. Hy kén pyn en

lyding en Hy sweet bloed in Getsémane. Hy word gegésel en sterf die grusaamste dood vir die mensdom aan die kruis, want 'n Wêreld waarin

opoffering moontlik sou wees sonder swaarkry, sou 'n totale klug wees. ... hoe

kan opoffering moontlik wees sonder opoffering?

(b) Hoeveel waardering vir die kruis? Die ziljoen-dollar vraag is nou: Hoeveel waardering gaan so (denkbeeldige) mensdom hê vir die prys van die

kruis? Hoeveel medelye gaan sulke 'dissipels' hê vir die lyding van die Paaslam van God? Hoeveel waardering gaan so 'n mensdom hê vir die lyding en

soendood van Christus? Die begrippe en woorde liefde, lyding en opoffering sal vir hulle dalk net so vreemd (en dalk ook net so vervelig!) wees soos die

regering se „Parlementêre Prosedures‟ vir 'n afgeleefde oerang-oetang met 'n breinbesering.

(c) Gehoorsaamheid word geleer deur lyding. Die Bybel leer ons ook dat Jesus gehoorsaamheid geleer het uit wat Hy gely het:

'Hy wat in die dae van Sy vlees gebede en smekinge met

sterk geroep en trane aan Hom ge-offer het wat Hom uit

die dood kon red, en ook verhoor is uit die angs --- Hy, al

was Hy die Seun, het gehoorsaamheid geleer uit wat Hy

gely het ...' (Heb.5:7-8).

'En as iemand vir hom sê: ―Watter wonde is daar tussen

jou hande?‖ Dan sal hy antwoord: ―So is ek geslaan in die

huis van my vriende.‖ ‘ (Sag.13:6 ).

5.3 Lyding beteken nooit 'Boetedoening Vir Saligheid' nie.

(a) Medelye met Christus. Lyding is nie 'n vereiste as morele boetedoening vir 'sonde-absolusie' of om Saligheid op Meriete te verdien nie, maar dit kweek, op 'n Universele, Kosmiese vlak, 'n ewige medelye met en waardering vir die Christus wat

ons losgekoop het uit die smarte van 'n ewige Verderf, medelye waarsonder Saligheid

dalk onmoontlik is:

'... Hoeveel swaarder straf, dink julle, sal hy verdien wat

die Seun van God vertrap het en die bloed van die

Page 246: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 246

testament waardeur hy geheilig is, onrein geag en die Gees

van Genade gesmaad het?' (Heb.10:29).

(b) Christene deur die eeue het gely! Indien u dan steeds voel dat christene nie veronderstel is om te ly nie, dink maar aan die vervolging van gelowiges deur

die eeue:

Die martelare van die vroëe Kerk; Die vervolging van gelowiges deur Henry VIII in Engeland en die

Roomse & Spaanse Inkwisisies;

die vlug van die Hugenote uit Frankryk en gelowiges uit ander lande van Europa;

die vervolging van [Jode en] Protestante deur Hitler gedurende die Holocaust (bv. Martin Niemöller & Dietrich Bonnhoeffer);

die vervolging van Chinese gelowiges tydens daardie land se kommunistiese oorname;

die onderdrukking van die Kerk in kommunistiese Rusland; en die vervolging van christene (steeds) in Indië en die talle Moslemlande,

ens.

5.4 Die beproefdheid van ons geloof is kosbaarder as goud.

(a) Petrus skryf:

'Daarin verheug julle jul, al word julle nou --- as dit

nodig is --- 'n kort tydjie bedroef onder allerhande

beproewinge, sodat die beproefdheid van julle geloof, wat

baie kosbaarder is as goud wat vergaan maar deur vuur

gelouter word, bevind mag word tot lof en eer en

heerlikheid by die openbaring van Jesus Christus.' (1 Pet.1:6-

7a).

(b) Paulus skryf:

'Maar ons roem ook in die verdrukkinge, omdat ons weet

dat die verdrukking lydsaamheid werk, en die lydsaamheid

beproefdheid en die beproefdheid hoop; en die hoop

beskaam nie ...' (Rom.5:3b-5a).

Page 247: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 247

6. PLANEET AARDE, DIE STEENGROEF!

Hier op Aarde bevind ons onsself in 'n soort steengroef waarin daar aan ons gekap,

geslyp en gesaag word vir die perfekte stene wat eendag by die Tempel-terrein (in die Hemel) saamgevoeg gaan word as die Tempel. By daardie Hemelse Tempel sélf

sal die geluid van gekap en gesaag (pyn en lyding) egter nie meer geduld word nie ... al die lyding sal dan verby wees:

'En in die vierhonderd-en-tagtigste jaar ná die uittog

van die kinders van Israel uit Egipteland, in die vierde jaar

van Salomo se regering oor Israel, in die maand Sif --- dit

is die tweede maand --- het hy [Salomo] die huis vir die

Here gebou ... En toe die huis gebou is, is dit opgetrek van

klippe, kant en klaar uit die breekplek: hamers en

koubeitels, enige ystergereedskap, is nie gehoor by die huis

toe dit gebou is nie.' (1 Kon.6:1,7).

Bibliografié.

1. Bybelgenootskap Van SA: 'Die Bybel In Afrikaans' OV)/Voorblad-illustrasie:

PinksterProtestant.

2. C.S. Lewis: 'The Problem Of Pain' (1940) & 'Miracles' (1947), HarperCollinsPublishers, Hammersmith, London.

3. Philip Yancey, 'Where Is God When It Hurts'?, Zondervan, Grand Rapids, Michigan

(1977/1990).

4. R.P. Downes LL.D: 'Hours With The Immortals', Every Age Library (±1900).

Page 248: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 248

GGEEDDAAGGTTEESS VVAANN GGEELLOOOOFF EENN HHOOOOPP

Luid roep ek die HERE aan, en Hy verhoor my van sy heilige berg. Sela. [Ps 3:5]

Oswald Chambers. “Ons gevaar is dat ons geneig is om God se Woord áf te water om ons te pas. God sal nooit Sy Woord verander om by ons te pas nie; Hy sal óns eerder verander om by Sy Woord te pas.” [„The Quotable Oswald Chambers‟. pp.29.Oswald Chambers Publicatons Association Ltd., Grand Rapids,

Michigan - 2008].

Charles Spurgeon. “Die sterre, soos gewone mense na dit kyk, kom vóór asof dit gestrooi is in die ruimtes ... en ek is tog só dankbaar dat God nie die sterre in 'n reguit lyn opgestel het soos rye straatlampe nie.” ['Lectures To My Students', p.440, Marshall, Morgan & Scott, London - 1954].

John G. Lake. “Daar is 'n eenheid tussen Christus en die christen wat so diep, so rein, so soet en so eg is dat die toestand van die menslike gees oorgedra word na Sy Gees, en die toestand van Christus se Gees na dié van die christen. Dit is te danke aan die aanhoudende invloei van die Gees van Christus in ons harte in dat ons ons Sy krag en oorwinning kan waardeer of realiseer. Dit lig die mens bokant sy omgewing uit en stel hom in staat om oral en altyd te triomfeer.” [„John G. Lake - His Life, His Sermons, His

Boldness Of Faith', p.21, Kenneth Copeland Publications, Fort Worth - 1994].

E.M. Bounds. “Die belangrikste les wat ons kan leer is oor hoe om te bid. Inderdaad moet ons bid sodat ons gebede God kan aangryp ... Gebede oorleef die lewens van diegene wat dit ge-uiter het --- dit oorleef 'n generasie, oorleef 'n era, oorleef 'n wêreld.” ['E.M. Bounds On Prayer', p.11, Whitaker House, New

Pensington, PA -1997].

C.S. Lewis. “Hy [die mens] lewe vandag in 'n skare; koukus het vriendskap vervang ... Ons lewe, om die waarheid te sê, in 'n wêreld ontneem van alleenheid, stilte en privaatheid; en daarom smagtend na oordenking en ware vriendskap.” ['Fernseeds And Elephants', William Collins Sons & Co Ltd, p.12, Glasgow -1975].

Andrew Murray. “Dit is slegs deur die Bloed [van Christus] dat God en die mens in 'n verbondsverhouding gebring kan word ... sonder Bloed kan daar geen toegang deur 'n sondige mens tot 'n heilige God verkry word nie ... Deur die sprinkel van die deurposte met die bloed van die Paaslam, en deur die instelling van die Paasfees as 'n standhoudende gebod was die mense geleer dat lewe slegs deur die dood van 'n plaasvervanger verkry kon word … met die woorde:

“Maar die bloed sal vir julle „n teken wees aan die huise waarin julle is: as Ek die bloed sien, sal Ek by julle verbygaan. En daar sal geen verderflike plaag onder julle wees wanneer Ek Egipteland tref nie.” (Exod. 12:13),

['The Power Of The Blood Of Christ', p.14, Whitaker House, New Kensiongton, PA – 1993].

Page 249: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 249

Oswald Chambers. “Hoe minder tyd ons maak om God vir Sy seēninge te soek, hoe méér tyd sal ons hê om Hom vir Homself te soek.” [The Quotable Oswald Chambers‟. pp.31. Oswald Chambers Publicatons

Association Ltd., Grand Rapids, Michigan - 2008].

Jonathan Edwards. “Die graad van ons geluk in die Ewigheid hang af en word bepaal deur ons graad van gehoorsaamheid. So, hierdie Evangelie-skema van [vrye] regverdigmaking is net so ver van die aanmoediging van losbandigheid af as enige skema wat ooit ontwerp kon gewees het. Dit is, inderwaarheid, eintlik presies die teenoorgestelde. Dit bevat baie meer ... om ook streng universele gehoorsaamheid aan te moedig en die uiterstes van heiligheid.” ['Sinners In The Hands Of An Angry God', p.347,

Bridge-Logos, Gainesville, Florida - 2003].

Charles Spurgeon. “Die krag van 'n man bestaan nie daaruit dat hy heen en weer blits soos 'n komeet nie, maar jaar na jaar bestendig skitter soos 'n flonkelende ster.” ['Lectures To My Students', p.438,

Marshall, Morgan & Scott, London - 1954].

John G. Lake. “Maar, liewe broer, onder die mense wat weer en weer probeer het en opgestaan het om my siel in die aarde te vertrap, het almal soos sneeuvlokkies verdwyn.” [„John G. Lake - His Life, His

Sermons, His Boldness Of Faith', p.xxxvii, Kenneth Copeland Publications, Fort Worth - 1994].

E.M. Bounds. “God formeer die wêreld deur gebed ... Gebed, in een fase van sy funksie, is 'n ontsmettings- en voorkomingsmiddel. Dit suiwer die lug en vernietig die draer van boosheid.” ['E.M.

Bounds On Prayer', p.12, Whitaker House, New Pensington, PA -1997].

Oswald Chambers. “Bly in aanraking met daardie boeke en mense wat geneig is om jou horisonne te verbreed en wat dit vir jou moontlik sal maak om intellektueel te groei.” [„The Quotable

Oswald Chambers‟. pp.33. Oswald Chambers Publicatons Association Ltd., Grand Rapids, Michigan - 2008].

C.S. Lewis. “Ons word van meet af geroep tot 'n eenheid, as skepsels, met ons Skepper, as sterflike wesens met die Onsterflike en as vrygekoopte sondaars met die sondelose Heiland. Sy teenwoordigheid, die interaksie tussen Hom en ons, moet altyd die oorweldigend-dominante faktor in ons lewens in die Liggaam wees en, enige begrip van Christelike broederskap wat nie daarmee primêre vriendskap met Hom bedoel nie, is buite orde.” ['Fernseeds And Elephants', William Collins Sons & Co Ltd, p.17,

Glasgow -1975].

R.A. Torrey. “Ons word reguit vertel dat [God se] belofte van seën gemaak is teenoor groot skenkers en ook slegs aan hulle. Natuurlik mag die geskenk nie [noodwendig] groot in ditself wees nie, maar groot in verhouding tot wat 'n persoon het.” [„The Power Of Prayer‟, p.164, Zondervan Publihing

House/Fleming H. Revell, Grand Rapids, Michigan – 1924].

Jonathan Edwards. “Ons kan nie Christus van harte as ons Redder aanneem tensy ons begrip vir ons eie [sonde] skuld het nie, en in watter mate ons gevolglik in werklikheid straf verdien. Sonder daardie skuldbegrip sal ons nooit kan besef dat ons 'n Heiland nodig het nie en sal ons dus nooit God se aanbod [van vryspraak] kan aanvaar nie.” ['Sinners In The Hands Of An Angry God', p.336, Bridge-Logos,

Gainesville, Florida - 2003].

Rick Warren. “Jy het nie jouself geskep nie, so daar is geen manier waarop jy jouself kan vertel waarvoor jy gemaak is nie! Jy kan ook nie by jou lewensdoel arriveer deur te begin met 'n fokus op jouself nie. Jy moet begin by God, jou Skepper. Jy bestaan slegs omdat God dit so wil hê. Jy is deur God

Page 250: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 250

en vir God gemaak, en alvorens jy dit nie verstaan nie, gaan die lewe nooit sin maak nie. ['The Purpose

Driven Life', p.18, Zondervan, Grand Rapids, Michigan – 2002].

Oswald Chambers. “Die onderskeiding van God se waarhede en die ontwikkeling van geestelike karakter gaan hand aan hand.” [„The Quotable Oswald Chambers‟. pp.36. Oswald Chambers Publicatons

Association Ltd., Grand Rapids, Michigan - 2008].

Watchman Nee. “Elke kind van God moet besef dat hy nie danksy sataniese guns durf te leef nie. Sy vryheid is eerste prioriteit, al moet hy sterf om dit te bekom.” [Watchman Nee, 'The Spiritual Man', Vol.3,

p.49, Christian Fellowship Publishers, New York – 1968]. [N.B. Watcman Nee het in China as martelaar vir Christus gesterf].

Charles Spurgeon. “Of dit nou bewústelik of ónbewustelik is ... óf ons stel struikelblokke op in mense se pad na God, óf ons help mense in hul mars langs die Hemelse Weg. Niemand leef uitsluitlik vir homself/haarself nie.” ['Lectures To My Students', p.437, Marshall, Morgan & Scott, London - 1954].

John G. Lake. “Jesus het ons gewys dat, die enigste manier om hierdie lewe te leef, was om jouself te verbind, soos Hy dit gedoen het, tot die Wil van God, en nie om jou eie weg te volg nie maar om in God se weë te wandel.” ['John G. Lake - His Life, His Sermons, His Boldness Of Faith', p.7, Kenneth Copeland

Publications – Fort Worth 1994].

E.M. Bounds. “Gebed het hulle wat dit beoefen ingelei in 'n wêreld van bevoorregting, en het die sterkte en welvaart van die Hemel binne bereik van die tydelike mens gebring.” ['E.M. Bounds On Prayer',

p.17, Whitaker House, New Pensington, PA -1997].

C.S. Lewis. “God is nie die aannemer van 'n persoon nie; Sy liefde vir ons word nie gemeet aan ons sosiale status of intellektuele rang nie.” ['Fernseeds And Elephants', William Collins Sons & Co Ltd, p.18, Glasgow -

1975).

Andrew Murray. “Vanaf die begin van God se saak met die mens, ja vanaf die grondlegging van die Wêreld, het God se hart gejuig in daardie [Christus se] Bloed. Ons harte sal nooit rus nie, nog minder Saligheid vind, totdat ons ook geleer het om te wandel en te juig in die Bloed.” ['The Power Of The

Blood Of Christ', p.22, Whitaker House, New Kensiongton, PA – 1993].

Jonathan Edwards. “Indien 'n veroordeelde gevangene 'n koninklike amnestie, wat sy teregstelling kan herroep, verwerp en uitlag, sal hy waarskynlik beskou word as onwaardig vir die amnestie. Dit mag dan weggeneem word”:

Maar Paulus en Bárnabas het vry-uit gespreek en gesê: “Dit was noodsaaklik dat die woord van God aan julle eers verkondig moes word. Aangesien julle dit egter verwerp en julleself die ewige lewe nie waardig ag nie — kyk, ons wend ons tot die heidene.” (Hand.13:46)

['Sinners In The Hands Of An Angry God', p.330, Bridge-Logos, Gainesville, Florida - 2003].

Rick Warren. “Filosofie is 'n belangrike onderwerp en het sy gebruike, maar wanneer dit kom by die doel van die lewe, is die mees-wyse filosowe steeds maar net besig om te raai ... Die maklikste manier om die doel met 'n uitvindsel te bepaal is om die skepper daarvan te vra. Dieselfde geld vir die

Page 251: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 251

ontdekking van jou lewensdoel ... vra God daarvoor.” ['The Purpose Driven Life', pp.19-20, Zondervan, Grand

Rapids, Michigan - 2002].

Charles Finney. “God wil hê dat ons Sy handelinge met ons as regverdig en sonder vooroordeel moet vertolk ... God wil hê dat ons moet weet dat, as Hy nie eers Sy Seun gespaar het nie, maar opgegee het ter wille van ons almal, Hy dan buiten dit alles aan ons sal gee wat ons nodig het.” ['The Spirit-Filled Life',

p.121, Whitaker House, New Kensington, PA – 1999].

Charles Spurgeon. “Indien God dan vir ons mág geskenk het, dan is dit nie noodwendig 'n slegte ding dat daar stryd en opposisie sal wees nie, want ons sal beslis nie daardeur gestop word nie. Inteendeel sal dit deur daardie einste proses wees wat ons juis helderder sal skitter as ligte in die Wêreld.” ['Lectures To My Students', p.432, Marshall, Morgan & Scott , London - 1954].

John G. Lake. “Die indruk wat ek wil laat is soos volg ... 'n hondervoudige toewyding aan God neem die individu vir ewig uit die hande van almal behalwe God. Hierdie absolute toewyding aan God, hierdie drievoudige Saligheid, is die ware geheim van die suksesvolle Christelike lewe.” ['John G. Lake - His

Life, His Sermons, His Boldness Of Faith', p.9, Kenneth Copeland Publications, Fort Worth - 1994].

C.S. Lewis. “Die Kerk sal die Heelal oorleef; en binne-in die Kerk sal die individuele mens ook die Heelal oorleef.” ['Fernseeds And Elephants', William Collins Sons & Co Ltd, p.21, Glasgow -1975].

Watchman Nee. “Die weg na Saligheid kan nie verkry word deur menslike reformasie nie, want die dood is onherroeplik. Sonde moet geoordeel word voordat daar redding uit die dood kan wees. Dit is presies wat Saligheid deur die Here Jesus Christus beteken.” [„The Spiritual Man', Vol.1, p.55, Christian Fellowship

Publishers, New York – 1968].

Jonathan Edwards. “Wanneer mense [deur God] aanvaar word, word hulle nie aanvaar as waardig nie; maar, wanneer hulle verwerp word, word hulle verwerp as onwaardig. Hy wat Christus nie bo alles liefhet nie en met soveel onwaardigheid behandel dat hy Hom ver onder Aardse dinge plaas, sal as onwaardig vir Christus behandel word.” ['Sinners In The Hands Of An Angry God', p.329, Bridge-Logos, Gainesville,

Florida - 2003].

Andrei Bitov aangehaal in Rick Warren. “'Sonder God maak die lewe nie sin nie.' Terwyl ek hierdie stelling in verbasing herhaal, het ek die frase soos 'n roltrap opgery na bo, uit die metro uitgegaan en in God se lig ingestap.” ['The Purpose Driven Life', p.21, Zondervan, Grand Rapids, Michigan - 2002].

Charles Finney. “Ons eie verstand bevestig dat dat daar 'n God is en moet wees, en dat Hy oor al die mag en kennis beskik. Geen mens behoort te twyfel dat God goed en regverdig is nie. Mense is nooit bang dat God iets verkeerds sal doen nie. Indien hulle bang is vir God, sal dit wees omdat Hy goed is --- omdat Hy regverdig en heilig is” ['The Spirit-Filled Life', p.12, Whitaker House, New Kensington, PA – 1999].

Rick Warren. “Om te leef om 'n Aardse erfenis ná te laat is 'n kortsigtige doelwit. 'n Wyser benutting van tyd is om 'n Ewige erfenis op te bou. Jy is nie op die Aarde geplaas om onthou te kan word nie. Jy is hier geplaas om vóórberei te word vir die Ewigheid.” [Rick Warren, 'The Purpose Driven Life',

pp.33,34, Zondervan, Grand Rapids, Michigan - 2002].

Charles Spurgeon. “Ek veronderstel dat, in die millenniale dae, die gordyn weggetrek sal word, en 'n lig op die Aarde gewerp sal word wat die Aarde dan sal laat skitter tot die glorie van God net soos

Page 252: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 252

sy stersusters wat nog nooit hul suiwer helderheid verloor het nie.” ['Lectures To My Students', p.428,Marshall,

Morgan & Scott, London - 1954].

Derek Prince. “Om agter geld aan te hardloop veroorsaak verskriklike stres en lei na baie frustrasie. Moenie geld najaag nie. Dit is wat Jesus gesê het ... laat geld agter jou aanhardloop. Indien jy die regte pad wandel in jou lewe, sal geld vir jou toegevoeg word.” ['On Experiencing God's Power', p.210,

Whitaker House, New Kensington, PA – 1999].

E.M Bounds. “Die grootste en die beste talent wat God aan enige man of vrou geskenk het is die talent van gebed. En die beste betaling of dividende wat enige man of vrou kan terugbring na God wanneer Hy terugkeer om met hulle te deel aan die einde van die Wêreld, is 'n lewe van gebed.” ['E.M.

Bounds On Prayer', pp.118-19, Whitaker House, New Pensington, PA -1997].

C.S. Lewis. “Maar as organe in die Liggaam van Christus, as stene en pilare in die tempel, is ons verseker van ons ewige self-identiteit en sal ons leef om die sterrestelsels te onthou as 'n ou verhaal.” ['Fernseeds And Elephants', William Collins Sons & Co Ltd, p.21, Glasgow -1975].

Andrew Murray. “Nou, wie kan die waarde van die krag van die Bloed van Jesus bepaal? Die siel van

die Heilige Seun van God het in daardie Bloed gewoon. Die ewige lewe van die Godheid was gedra in daardie Bloed.”['The Power Of The Blood Of Christ', p.28, Whitaker House, New Kensington, PA – 1993].

„Gee dan ag op julleself en op die hele kudde waaroor die Heilige Gees julle as opsieners aangestel het om as herders die gemeente van God te versorg, wat Hy deur sy eie bloed verkry het.‟ [Hand.20:28).

Jonathan Edwards. “Wanneer 'n gewone vrou [die Kerk, die Bruid] met 'n prins [Jesus]

trou, sou sy waardig wees eer en respek, al sou haar waardigheid slegs dan kom as gevolg van haar huwelik met die prins.” ['Sinners In The Hands Of An Angry God', p.324, Bridge-Logos, Gainesville, Florida - 2003].

Rick Warren. “Jy is nie 'n ongeluk nie. Jou ouers het jou miskien nie beplan nie, maar God hét ... Jy leef omdat God jou wou skape! ... Omdat God jou vir 'n rede gemaak het, het Hy ook besluit wánneer en wáár jy gebore sou word en hoelank jy sou lewe ... Jou ras en nasionaliteit was ook nie per ongeluk nie. God het geen detail aan die toeval oorgelaat nie.”

[Ps.139:15].„My gebeente was vir U nie verborge toe ek in die geheim gemaak is nie, kunstig geweef in die dieptes van die aarde. „En Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek vasgestel het‟ [Hand.17:26].

['The Purpose Driven Life', pp.22-23, Zondervan, Grand Rapids, Michigan - 2002].

Hoop is so noodsaaklik soos suurstof en water. Jy het “God het jou geskape sodat Hy jou kon liefhê ... Hoop nodig om te oorleef ... Hoop spruit uit jou lewensdoel ... Ons ontdek die betekenis en doel eers

Page 253: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 253

wanneer ons God die verwysingspunt van one lewens maak ... ” ['The Purpose Driven Life', pp.24, 31, 25,

Zondervan, Grand Rapids, Michigan - 2002].

Charles Spurgeon. “Dit is ter wille van ons siel se welsyn dat ons ons aangesigte na die Son sal draai, net soos Daniël met sy vensters oop in die rigting van Jerusalem gebid het. Waar Jesus is, daar is ons Son; tot Hom moet ons altyd ons hele wese draai.” ['Lectures To My Students', p.428, Marshall, Morgan &

Scott, London - 1954].

John G. Lake. “Beginsels is groter as leerstellings. Beginsels is die fondasiestene waarop alle ander dinge rus. Leerstellings is die reëls en detail waardeur ons poog om daardie dinge te volbring wat die beginsels bevat; maar die beginsels is die groot fondasiestene waaroop alles rus.” ['John G. Lake - His Life, His

Sermons, His Boldness Of Faith', pp.35-36, Kenneth Copeland Publications, Fort Worth – 1994].

John R. Rice. “Wat God graag vir ons wil gee, is presies dit wat ons graag sou wou gehad het, mits ons genoeg kon geweet het om dit wat Hy vir ons wil gee, te wou hê.” ['Prayer: Asking And Receiving', Sword

Of The Lord Publishers, Murfreesboro, Tennessee – 1942].

Derek Prince. “God deel met die Aarde met guns en genade eerder as met wraak en oordeel ... dit is ons [die Gelowiges] se teenwoordigheid wat die verskil maak.” ['On Experiencing God's Power', p.336,

Whitaker House, New Kensington, PA – 1999].

C.S. Lewis. “Ware persoonlikheid lê nog vóór ... Dit sal na ons toe kom wanneer ons daardie plekke in die struktuur van die ewige kosmos okkupeer waarvoor ons ge-ontwerp en gepatenteer is. Soos 'n kleur sy ware kwaliteite eers openbaar wanneer dit deur 'n uitmuntende kunstenaar in die vooraf-uitgesoekte ruimte neergesit word tussen sekere ander; soos 'n speserý sy ware smaak eers verraai wanneer 'n goeie kok dit invoeg tussen die ander bestanddele; wanneer 'n hond eers waarlik hondagtig word wanneer dit tussen mense in 'n huishouding beland ... so sal ons waarlik eers ware persone word wanneer ons uiteindelik toegelaat het om in ons ware plekke ingevoeg te word.” ['Fernseeds And Elephants',

William Collins Sons & Co Ltd, p.23, Glasgow -1975].

Andrew Murray. “Dit is slegs deur die Bloed dat God Sy almag in Sy verhouding met die sondige mens demonstreer. Waar die Bloed is, daar kan die opstandingskrag van God toegang gee tot die Ewige Lewe. Die Bloed het 'n finale einde gemaak aan al die mag van die dood en die Hel.” [„The Power Of The Blood

Of Christ', p.28, Whitaker House, New Kensiongton, PA – 1993].

John R. Rice. “Ons behoort gedurig te bid, sonder om op te hou. Enigiets minder as konstante gebed is gevolglik ongehoorsaamheid en sonde ... Lang periodes van biddeloosheid is dieselfde tipe van sonde wat dronkenskap en die dwelmgewoonte is, aangesien dit ook herhalend, uitgerek en gewoonte-vormend is.” ['Prayer: Asking And Receiving', Sword Of The Lord Publishers, p.316, Murfreesboro, Tennessee – 1942].

Charles Spurgeon. “Die mens is nie die middelpunt van die teológiese Heelal nie ... daarvoor is hy heeltemal te onbeduidend om so verhewe posisie te beklee. Die Saligheidsplan bestaan ook vir 'n ander rede as suiwer net om mense gelukkig, of selfs heilig, te maak.” ['Lectures To My Students',

p.417,Marshall, Morgan & Scott, London - 1954].

John G. Lake. “Die ware doel met Christen-wees is nie om jouself uit die kake van die Hel te red, of om Hemel toe te kan gaan nie. Dit is om 'n kind van God te word, met die karakter van Jesus Christus, om voor mense te kan staan, verbind tot selfs die dood toe, om sonde te weier, te weier om

Page 254: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 254

jou kop in skaamte te sak ... en om te verkies om eerder te sterf as om die Seun van God in oneer te bring.” ['John G. Lake - His Life, His Sermons, His Boldness Of Faith', p.40, Kenneth Copeland Publications, Fort Worth –

1994].

R.A. Torrey. “Dit was in antwoord op die gebede van Wesley en sy vriende dat God die Kerk en die land van Engeland gered het in die vroëe periode van die 18de eeu.” [The Power Of Prayer, p.189,

Zondervan Publihing House/Fleming H. Revell, Grand Rapids, Michigan – 1924].

C.S. Lewis. “Met die gedagte dat elke individualiteit van ewigheidswaarde is as ons vertrekpunt, kan ons God dan sien as 'n tipe van Indiensnemings-komitee wie se besigheid dit is om geskikte loopbane vir siele te identifiseer ... vierkantige gaatjies vir vierkantige blokkies ... Die plek was eerste daar, en die mens daarvoor geskape. Hy [die mens] sal nie homself kan wees alvorens hy dáár ge-arriveer het nie. Ons sal ware, ewigdurende en werklik goddelike wesens kan wees slegs in die Hemel, net soos ons nou gekleurde liggame kan wees slegs in die lig.” ['Fernseeds And Elephants', William Collins Sons & Co Ltd, p.21,

Glasgow -1975].

Andrew Murray. “So perfek is die Versoening, en so werklik is sonde bedek en uitgewis, dat hy wat in Christus glo, deur God beskou en behandel word as absoluut geregverdig. Die vryspraak wat hy van God ontvang het is so volledig dat daar niks is, absoluut niks, is wat hom daarvan verhoed om God met die grootste vrymoedigheid te nader nie.” ['The Power Of The Blood Of Christ', p.28, Whitaker House, New

Kensiongton, PA - 1993].

Jonathan Edwards. “Neem bv. die menslike vader. Hy meet en hanteer die waarde van die kind se gehoorsaamheid bó dié van die dienskneg. Die guns wat die Hemelse Vader op die gelowige uitstort … sy titel tot 'n Ewige Erfporsie --- is gebaseer op die verhouding van Vader tot kind.” ['Sinners In The

Hands Of An Angry God', p.324, Bridge-Logos,Gainesville, Florida (2003)].

Rick Warren. "Ware sekuriteit kan slegs gevind word in dit wat nie jou weggeneem kan word nie … jou verhouding met God.” [Rick Warren, 'The Purpose Driven Life', p.29, Zondervan, Grand Rapids, Michigan - 2002].

Bibliografié.

1. Andrew Murray. 'The Power Of The Blood Of Christ', p.28, Whitaker House, New Kensington,

PA - 1993.

2. C.S. Lewis. 'Fernseeds And Elephants', William Collins Sons & Co Ltd, p.21, Glasgow -1975.

3. Charles Finney. 'The Spirit-Filled Life', p.12, Whitaker House, New Kensington, PA – 1999.

4. Charles Spurgeon. 'Lectures To My Students', p.417, Marshall, Morgan & Scott, London -

1954.

5. Derek Prince. 'On Experiencing God's Power', p.336, Whitaker House, New Kensington, PA –

1999.

6. Die Bybelgenootskap Van SA: 'Die Bybel' (OV)/Voorblad-illustrasie: PinksterProtestant. 7. E.M. Bounds. 'E.M. Bounds On Prayer', pp.118-19, Whitaker House, New Pensington, PA -

1997.

8. 'John G. Lake - His Life, His Sermons, His Boldness Of Faith', p.40, Kenneth Copeland

Publications, Fort Worth – 1994.

9. John R. Rice. 'Prayer: Asking And Receiving', Sword Of The Lord Publishers, p.316,

Murfreesboro, Tennessee – 1942.

10. Jonathan Edwards. 'Sinners In The Hands Of An Angry God', p.324, Bridge-Logos, Gainesville,

Florida - 2003.

Page 255: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 255

11. Oswald Chambers. „The Quotable Oswald Chambers‟. pp.. Oswald Chambers Publicatons

Association Ltd., Grand Rapids, Michigan - 2008.

12. R.A. Torrey. The Power Of Prayer, p.189, Zondervan Publihing House/Fleming H. Revell,

Grand Rapids, Michigan – 1924.

13. R.P. Downes. 'Hours With The Immortals' (± 1900). 14. Rick Warren. 'The Purpose Driven Life', p.29, Zondervan, Grand Rapids, Michigan - 2002. 15. Watchman Nee. 'The Spiritual Man', Vol.1, p.55, Christian Fellowship Publishers, New York –

1968.Gainesville, Florida - 2003.

Page 256: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 256

SSKKAATTTTEE WWAAAARR MMOOTT EENN RROOEESS

NNIIEE VVEERRNNIIEELL NNIIEE “Moenie vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes

verniel en waar diewe inbreek en steel nie; maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie

inbreek en steel nie.” (Matt.6:19,20).

Kopiéreg © 2010 P.J. Stassen Alle Regte Voorbehou

1. JESUS HET GEKOM SODAT ONS RYK KAN WORD.

1.1 God Tugtig Diegene Wat Hy Liefhet.

'Want die Here tugtig hom wat Hy liefhet, en Hy kasty

elke seun wat Hy aanneem. As julle die tugtiging verdra,

behandel God julle as seuns; want watter seun is daar wat

die vader nie tugtig nie?' (Heb.12:6,7).

1.2 God Geniet Dit Nogtans Nie Noodwendig Om Gelowiges Te Tugtig Nie.

(a) Is God 'n Wrede Tiran? Die breë persepsie by baie mense dat God 'n hardvogtige tiran is wat 'n sadistiese behae daarin skep om Sy skepsels soos 'n

tipe 'poltergeist' [foltergees] met omstandighede te folter, is 'n volslae wanvoorstelling van die wáre God van die Bybel. Inteendeel, die Christelike

Geloof is die enigste godsdiens in die Wêreld waar die gelowige met vrymoedigheid God nie net as sy Skepper, maar ook as sy Hemelse Vader, kan

nader. Dit onderskei die Christelike Geloof van alle ander 'religiëe' op Aarde.

(b) God Offer Sý Seun. Terwyl ander 'gode' (afgode) bv. dit van Aardse vaders verwag om hulle seuns ter wille van hulle 'god' te offer (soos bv. in

selfmoord-bomaanvalle) is die Christelike Geloof uniek daarin dat die Hemelse Vader Sy Seun éénmaal ter wille van 'n verloregaande mensdom ge-offer het.

(c) God Is Vol Ontferming. Ons God is 'n intelligente, planmatige God van Liefde, Heiligheid en Geregtigheid, vol medelye en ontferming:

Page 257: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 257

(i) ''Want die Here sal nie vir ewig verstoot nie. Maar as

Hy bedroef het, ontferm Hy Hom na die grootheid van Sy

goedertierenhede; want nie van harte verdruk of bedroef

Hy die mensekinders nie.' (Klaagl.3:31-33).

(ii) 'Kyk, ons reken hulle geluksalig wat verdra. Julle het

gehoor van die lydsaamheid van Job, en julle het die

einddoel van die Here met hom gesien, dat die Here vol

medelye en ontferming is.' (Jak.5:11).

1.3 Dit Is Trouens God Se Wil Dat Dit Met Gelowiges Goed Moet Gaan. Jesus se koms na hierdie planeet het die wyse waarop God met die mens omgaan vir ewig verander. Jesus het gekom sodat ons lewe in oorvloed kan hê en dat dit met ons

goed moet gaan:

(a) ―Die dief kom net om te steel en te slag en te

verwoes. Ek het gekom, dat hulle [die 'skape'] lewe en

oorvloed kan hê.‖ (Jhn.10:10).

(b) 'Geliefde, ek wens dat dit met jou in alles goed mag

gaan en dat jy gesond is, soos dit met jou siel goed gaan ... ' (3 Jhn.1:2).

1.4 Danksy Jesus Se Armoede Kan Ons Ryk Word. Jesus het Homself verneder deur die gestalte van 'n dienskneg aan te neem en arm te word sodat ons ryk kan

wees:

(a) 'Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen

roof geag om aan God gelyk te wees nie, maar het Homself

ontledig deur die gestalte van 'n dienskneg aan te neem en

aan die mense gelyk te word; en in gedaante gevind as 'n

mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word

tot die dood toe, ja, die dood van die kruis.' (Fil.2:6-8).

(b) 'Want julle ken die genade van onse Here Jesus

Christus, dat Hy, alhoewel Hy ryk was, ter wille van julle

arm geword het, sodat julle deur Sy armoede ryk kan

word.' (2 Kor.8:9).

Page 258: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 258

1.5 God En Die Mens Se Definisies Van 'Rykdom' Is Egter Nie Noodwendig Dieselfde Nie.

(a) Teëspoed Is Nie Noodwendig Fataal Nie. Teëspoed in die gelowige se lewe of op sy pad beteken nie noodwendig dat God vir hom/haar kwaad is en

téén hom/haar gedraai het nie:

'Menigvuldig is die teëspoede van die regverdige, maar uit

die almal red die Here hom.' (Ps.34:20).

Die verhale van mense soos Moses, Josef, Job, Mordegai, Ester, Jona ens. is almal sprekende getuienis van die feit dat God, ten spyte van debiliterende

teëspoede, dinamies betrokke is by die lief en leed van die mens ... al lyk die prentjie soms hoe donker. God se Voorsienigheid deel in makro-strategiëe (op

kosmiese vlak) waarvan die groter agenda vir ons totaal duister is:

'Want nou sien ons deur 'n spieël in 'n raaisel, maar

eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele,

maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle

geken is.' (1 Kor.13:12).

(b) God Het LIG Gepatenteer. Toe God die Heelal in die begin geskape het, was Sy eerste prioriteit LIG:

―Laat daar LIG wees!‖ (Gén.1:3).

God is dus die Outeur en Skepper van LIG (in óns Heelal en elders) en hou vir ewig die patentregte daarop!

(c) Die Elektro-Magnetiese Spektrum. God het ook waarskynlik die volledige Elektro-magnetiese Spektrum (bv. Gamma-strale; X-Strale; Ultraviolet-strale; Sigbare lig; Infrarooi-strale; Mikrogolwe; TV-, FM- en Radio-golwe &

Radiofrekwensies ens.) geskape toe Hy LIG geskape het, en nie noodwendig (net) daardie LIG sigbaar vir die 'menslike oog' nie.

(d) Sigbare LIG. Sigbare LIG beslaan 'n afstandjie op die Elektro-magnetiese

Spektrum kleiner as 'n speld se punt, m.a.w. met golflengtes êrens tussen 4,0 x

10⁻⁵ cm. en 7,6 x 10⁻⁵ cm., oftewel tussen 4000Å en 7600Å (Ångstrom). Die

volledige Elektro-magnetiese Spektrum beslaan egter 'n wydte van ± 32 ligjaar

(± 301 triljoen km.).

(e) Die Mensdom Stokblind? Die mensdom gaan dus met die kátarak-oortrekte ogies van 'n (blinde) mol deur die lewe. Ons 'kyk' (siestog) deur reuse-

Page 259: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 259

teleskope wat biljoene Rande werd is en duur elektron-mikroskope na objekte in ons Heelal terwyl die ware Heelal eintlik meer as 99% onsigbaar voor ons lê.

Trouens, ons weet, ná 150 jaar van merkwaardige tegnologiese vooruitgang,

omtrent soveel van die Heelal as 'n slak met 'n breinbesering van die regering se parlementêre prosedures.

(f) Voorspoed Beteken Nie Noodwendig God Se Guns Nie. Buitengewone voorspoed, andersyds, beteken nou ook nie noodwendig dat die guns van God op so 'n persoon rus nie:

(i) 'Hulle [die goddelose] se oë puil uit van vet ...' (Ps.73:7a).

(ii) 'Kyk, so is die goddelose mense, en altyd onbesorg

vermeerder hulle die rykdom!' (Ps.73:12).

Wat ondervinding mens leer is dat selfs (buitengewone) teëspoed 'n integrale deel kan wees van uiteindelike sukses (!), en dat selfs (buitengewone) voorspoed

'n integrale deel kan wees van uiteindelike mislukking (!). Sosio-ekonomiese status is dus nie noodwendig 'n betroubare en finale aanwyser van die teen-

woordigheid van God se guns (óf van die afwesigheid daarvan) nie.

(g) Moenie Moed Opgee Nie. Dit gaan ook nie altyd noodwendig oor wáár

mens homself/haarself op 'n gegewe oomblik bevind nie, maar wáárheen mens assulks oppad is! Daar is 'n ou gesegde:

―If you are going through hell, don't stop!‖

Winston Churchill het bv. geglo dat mens die toekoms blootlê deur dit dag vir dag áf te skil soos 'n kok 'n ui sou afskil ... mens spring maar van klip tot klip

(bv. oor die rivier) totdat mens op daardie besondere klip spring wat jou finaal en suksesvol na die wal toe lei. Vandaar sy bekende slagspreuk gedurende

WWII:

―Moet nooit tou opgooi nie!‖ ('Never give up!').

(h) Die Heelal Is Te Ingewikkeld Vir Ons. Daarom behoort ons altyd op

God se Wysheid staat te maak en nie die grootsheid van die Skepping en problematiek van die lewe sonder Hom probeer uitwerk of verklaar nie. Die

Heelal is hopeloos te ingewikkeld vir ons om te verstaan ... met God, wat nog sonder Hom. Die Bybel sê:

'Vertrou op die Here met jou hele hart en steun nie op

jou eie insig nie.' (Spr.3:5).

Page 260: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 260

Wanneer u baas of 'n kliënt dus weer op u skreeu en „galbraak‟ oor een of ander ongelukkige insident, onthou maar net hierdie 'beroemde' woorde:

―He/She is only trying to cope with the Universe, and

you must admit … it is one heck of a Universe!‖

(f) Teologie En Wetenskap Onversoenbaar (NAM: „Non-overlapping magisters‟)? Ek verwerp met minagting die holruggeryde stelling dat die teologie en die wetenskap van mekaar geskei moet word en dat die Bybel se

'wetenskaplike' uitsprake ongeloofwaardig is. 'n Studie van bv. die Evolusie-

Teorie het my finaal oortuig dat ons in die Evolusie-Teorie met die mees nuttelose klomp pseudo-akademiese snert opgeskeep sit wat nog ooit aan die

mensdom onder die vaandel van 'wetenskap' opgedis is.

Colin Patterson ('n evolusionis verbonde aan die Britse Museum se Paleontologie Dept.) het ruiterlik erken:

―Evolusie is 'n Anti-Teorie wat Anti-Kennis Versprei‖.

Goethe het na Evolusie verwys as,

―Kennis wat nie die moeite werd is om te weet nie.‖

(f) Evolusie Is Die Siek Breinkind Van Siek Mense. Evolusie is die siek

breinkind van ateïstiese en rassistiese desperado's wat leef in die wetenskapfiksie wêreld van natuurlike seleksie, mutasies, die oorwerwing van

verworwe eienskappe en gepunktueerde ekwilibrium.

Miljoene onskuldiges het in Nazi-Duitsland se Holocaust (gedurende Hitler se Eugenics-eksperiment) en a.g.v. Stalin se Pogroms gesterf, alles te danke aan

hierdie hondsdol Evolusie-malligheid. Hierdie feëverhaaltjie van die padda wat oor miljoene jare in 'n prins verander het vordering met ware Natuurwetenskap

met minstens 150 jaar vertraag! Hoe gouer regerings en akademici hul

onderwysstelsels en -kurrikulums kan ontluis van hierdie verderflike parasitiese pes, hoe beter.

2. AARDSE RYKDOM KAN SOMS BEDRIEGLIK WEES.

2.1 Die Opium Van Die Volk? Aardse rykdom is dikwels (maar darem nie altyd) die opium van die volk wat mense verblind teen hul eie patetiese, armoedige

geestelike toestand. Byvoorbeeld ... in 1923 het 'n groep van die Wêreld se mees suksesvolste finansiers in die Edgewater Beach Hotel in Chicago bymekaar gekom.

Die vergadering was 'n vertoonkas van ongekende sakesukses, weelde en mag. Aan die imposante tafel het gesit:

Page 261: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 261

(a) Die President van die Wêreld se grootste onafhanklike staalmaatskappy;

(b) die President van die grootste utiliteitsmaatskappy;

(c) 'n Prominente koring-spekulant;

(d) die President van die 'New York Stock Exchange';

(e) 'n Lid van die Kabinet van die VSA-Regering;

(f) die President van die 'Bank Of International Settlements';

(g) die Spekulant wat die grootste sake gedoen het in 'Wall Street'; en

(h) die Man wat die Wêreld se magtigste monopolié beheer het.

Saam het hierdie agt individue méér welvaart hanteer as die Verenigde State se Staatskas!

2.2 Hoe Het Dit Alles Ge-eindig? Die finale hoofstukke van (sewe) van hierdie mense se lewens lees soos volg:

(a) Charles SCHWAB (Die president van die staalmaatskappy): Hy het die laaste jare van sy lewe op geleende geld deurgebring en het sonder 'n sent op sy

naam gesterwe;

(b) Arthur CUTTEN (Die koringspekulant): Hy het (oorsee) insolvent gesterf;

(c) Richard WHITNEY (Die president van die 'New York Stock Exchange'): Hy

moes 'n termyn in die berugte 'Sing-Sing' Gevangenis deurbring;

(d) Albert PAUL (Die lid van die Amerikaanse Kabinet): Hy is deur die Gevangenis begenadig en ontslaan sodat hy by sy huis kon sterf;

(e) Jesse LIVERMORE (die 'Beer' van 'Wall Street), Leon FRAZER (Die president van die 'Bank Of International Settlements') en Ivar KREUGER (Die

hoof van die Wêreld se grootse monopolié): Hulle het aldrie selfmoord gepleeg.

2.3 Grootste Gemene Deler? Hierdie mense het, na bewering, almal veral één ding (benewens rykdom en invloed) in gemeen gehad: Hulle het pertinent geweier

om in Christus te glo! [Billy Graham: 'Peace With God', pp. 112,113]. As mens water uit gebarste reënbakke probeer drink, gaan jy omkom van die dors:

'Want My volk het twee verkeerde dinge gedoen: My, die

fontein van lewende water, het hulle verlaat om vir hulle

Page 262: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 262

reënbakke uit te kap, reënbakke wat geen water hou nie.' (Jer.2:13).

'n Betroubare man is ryk aan seëninge, maar hy wat

haastig is om ryk te word, sal nie ongestraf bly nie.' (Spr.28:20).

3. BELÊ LIEWER IN DINGE MET EWIGHEIDSWAARDE.

3.1 Die Dom Bokser. Ons moet pasop dat ons nie soos die dom bokser in die Poskantoor maak nie! Toe hy weerbarstig heelvóór in die ry wou indruk, het die kwaai

tannie met die kierie hom skerp berispe:

―Gaan val heelagter by die ry in!‖

'n Rukkie later is hy terug by haar met die antwoord:

―Daar staan alrééds iemand daar!‖

3.2 Ons Doen Dieselfde! Ons doen dikwels dieselfde in die werk van die Here:

―Hoekom doen jy nie evangelisasie nie? Hoekom is jy nie

betrokke by sending; sondagskoolwerk; hospitaalbesoeke;

uitreike na haweloses; altaarwerk; musiek & sang; die dek

van die Nagmaaltafel; spyseniering; die verspreiding van

Bybels of traktaatjies; skoonmaakwerk en geboue-

instandhouding; multi-media; die Kerkdienste of Biduur;

publikasies; ens. nie?‖

Dan antwoord ons gewoonlik soos die dom bokser:

―Daar is alrééds iemand daar!‖

3.3 Gryp Dit Met Geweld. Nou gaan beur u dan óók daar in ... word iemand se vakleerling of handlanger, maar raak besig! Jesus sê:

―Maar van die dae van Johannes die Doper af tot nou toe

word die koninkryk van die hemele bestorm, en bestormers

gryp dit met geweld.‖ (Matt.11:12).

Page 263: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 263

3.3 Die Kerk Sal Altyd Helpers benodig.

(a) Is U Nog In 'Std.6/Graad 8'? In die Kerk sal daar altyd 'n 'mark' vir

helpers wees (1 Kor.12:28). Maak skatte bymekaar in die Hemel waar mot en roes nie verniel nie ... bestorm die Koninkryk van die Hemele met geweld. Raak besig

met dinge met Ewigheidswaarde!

―Maar is die 'dinge' waarmee ek dan nou mee besig is dan

sonde?‖ (Daardie klassieke Graad 8/Std.6-vlak benadering).

Miskien is dit ... miskien nié. Dit is in elk geval nie vir my om te oordeel nie.

(b) Is Tydmors Nie Ook Verkeerd Nie? Buitendien, al is daardie 'dinge' nie 'sonde' nie, wat maak dit nou saak ... ons kan dan mos nog stééds besig wees

om ons tyd te mors, en is dit nie op sigself ook maar 'sonde' nie? Ek praat nie van bv. welverdiende vakansies of geldige 'terapeutiese rekreasie' nie,

waartydens mens sekerlik rus en die 'saaglem weer slyp'. Selfs Jesus en Sy

apostels moes dikwels eenkant toe gaan om bietjie te rus (Mrk.6:31). Lees ook Stephen Covey: 'The Seven Habits Of Highly Effective People'.

(c) Sondes Van Kommissie & Omissie. Ons moet egter leer om te onderskei

tussen (i) sondes van 'kommissie' (die verkeerde dinge wat ons doen) en (ii) sondes van 'omissie' (die regte dinge wat ons nalaat om te doen). Die goeie

dinge wat ons nalaat om te doen het miskien baie meer nadelige of skadelike gevolge as die slegte dinge wat ons doen, maar ons loop en verknies ons (en

kritiseer in die proses ander mense ook nog daaroor) oor die (nietige?) verkeerde dinge wat ons en ander mense doen, en vergeet heeltemal van die goeie dinge

wat ons almal nalaat om te doen.

(d) Praktiese Voorbeeld. Dokters en voedingkundiges leer ons bv. dat mense siek kan word omdat hulle wit ('geraffineerde') brood eet ... nie oor wat in die wit

brood is nie, maar oor wat nie in die wit brood is nie. Die goeie bestanddele

(vitamines, minerale ens.) is alles uit die brood verwyder, wat wit (geraffineerde) brood sonder nuttige voedingstowwe laat.

(e) Waarheid Loop Parallel. Net so kan ons geestelik bloedarmoedig en siek word ... nie oor (i) dit wat noodwendig op ons 'Te-Doen-Lysie' is nie, maar oor (ii) dit wat dalk nie op ons 'Te-Doen-Lysie' is nie. Paulus waarsku:

―Pasop dat niemand julle as 'n buit wegvoer deur die

nietige wysbegeerte en nietige misleiding nie ... ― (Kol.2:2:8).

3.4 Baie Tyd Vir Speel In Die Ewigheid. In die Ewigheid gaan daar 'biljoene jare' [figuurlik gesproke] geleentheid wees vir die 'nietige misleiding' bv. om 'seëls te versamel'; 'suikerlepeltjies bymekaar te maak'; 'partytjies te hou' ens., alhoewel die

Hemel vanselfsprekend baie meer estetiese diepte gaan bied as dit!

Page 264: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 264

'Maar soos geskrywe is: Wat die oog nie gesien en die oor

nie gehoor en in die hart van die mens nie opgekom het

nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet.' (1 Kor.2:9).

3.5 Net Een Kans! Ons kry egter hier op Aarde net een kans om siele te wen; vir die Koninkryk van God iets te beteken en skatte bymekaar te maak waar mot en roes

nie verniel nie. Daar gaan nie in die Ewigheid 'n soort beseringstyd gegun word vir laatkommers om agterstallige diens-werk, gebede en Bybelstudie in te haal nie.

(a) Saligheid? Saligheid kan nie verdien word nie (Rom.3:23-24; Rom.3:20;

Efés.2:8-9). (b) Loon? Ten opsigte van loon op ons arbeid word ons egter tóg deur Paulus

aangemoedig:

'Wees op julle hoede, dat ons nie verloor wat ons deur

arbeid verkry het nie, maar 'n volle loon ontvang.' (2

Jhn.1:8).

Jesus sê:

―Want elkeen wat vir julle in My Naam 'n beker water

gee om te drink, omdat julle aan Christus behoort,

voorwaar Ek sê vir julle, hy sal sy loon sekerlik nie verloor

nie.‖ (Mrk.9:41).

4. KRONE WAT VIR GELOWIGES IN STOOR GEHOU WORD.

4.1 Die Kroon vir hulle wat suksesvol aan die goeie WEDLOOP deelgeneem en dit voleindig het (1 Kor.9:24-27).

4.2 Die Kroon van GEREGTIGHEID vir almal wat Sy (Jesus) se verskyning liefgehad

het. (2 Tim.4:8).

4.3 Die Kroon van die LEWE vir diegene wat die versoeking verdra en die toets deurstaan het, die Here liefhet en getrou is tot die dood toe (Jak.1:12; Openb.2:10).

4.4 Die Kroon van ONVERWELKLIKE HEERLIKHEID vir Herders en Ouderlinge wat voorbeeldig toesig gehou het oor die kudde (1 Pet.5:1-4).

4.5 Die Kroon van GETROUHEID vir hulle wat (die goeie) vashou wat hulle het (Openb.3:11).

Page 265: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 265

5. DIE MOOISTE EN GROOTSTE SKAT.

5.1 Die Beker Van Geluk? Almal in die samelewing jaag onverpoosd na die 'beker van geluk', so asof daar nog net één van hulle in die Heelal oor is! Jesus het egter graag gelykenisse gebruik, bv. die één van die man wat die verborge skat in die

grond ontdek en die grond toe ten alle koste gaan koop het ... om te toon dat die Koninkryk Van Die Hemele & Saligheid uiteindelik die belangrikste faktor en

kosbaarste skat is.

Sy waarskuwing was dan gewoonlik:

―Maar julle moenie daaroor bly wees dat die geeste aan

julle onderworpe is nie, maar wees liewer bly dat julle name

in die hemele opgeskrywe is.‖ (Luk.10:20).

Dawid skryf:

'Welgeluksalig is hy wie se oortreding vergewe, wie se

sonde bedek is. Welgeluksalig is die mens aan wie die Here

die ongeregtigheid nie toereken nie ...' (Ps.32:1,2a).

5.2 Pondokkie + Vergifnis? Ek woon liewer met 'n Bloedgereinigde gemoed in 'n

enkelvertrek-pondokkie op die agterstoep van God se paleis as in weelde op die voorstoep van die Satan met ongeregtigheid en geraamtes uit my verlede wat nog

toegereken kan word aan my. Hulle wat die moeilike pad van verguising, berou en sondevergifnis gestap het besef terdeë dat vergifnis die mooiste woord in die Heelal

is. Die rykdom wat Jesus dus vir ons in gedagte het, moet in perspektief gesien word. Dit gaan nie (net) oor sukses in hierdie lewe nie:

'As ons net vir hierdie lewe op Christus hoop, dan is ons

die ellendigste van alle mense.' (1 Kor.15:19).

6. LAASTE BELOFTES VAN JESUS AAN HULLE WAT OORWIN.

'Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die

gemeentes sê':

―Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die

boom van die lewe wat binne-in die paradys van God is.‖

Page 266: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 266

―Die wat oorwin, sal deur die tweede dood geen skade ly

nie.‖

―Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die

verborge manna, en Ek sal hom gee 'n wit keursteen, en op

dié steen 'n nuwe naam geskrywe wat niemand ken nie,

behalwe hy wat dit ontvang.‖

―En aan hom wat oorwin en my werke tot die einde toe

bewaar, sal Ek mag oor die nasies gee, en hy sal hulle

regeer met 'n ysterstaf; soos erdegoed word hulle verbrysel,

net soos Ek ook mag van My Vader ontvang het. En Ek sal

hom die môrester gee.‖

―Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy

naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en Ek sal

sy naam bely voor my Vader en voor sy engele.‖

―Wie oorwin, Ek sal hom 'n pilaar in die tempel van My

God maak, en hy sal daar nooit weer uitgaan nie; en Ek sal

op hom die Naam van my God skrywe en die naam van die

stad van my God, van die nuwe Jerusalem, wat uit die

hemel van God neerdaal, en My nuwe Naam.‖

―Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit

op My troon, soos Ek ook oorwin het en saam met my

Vader op Sy troon gaan sit het.‖ ―Hy wat oorwin, sal alles

beërwe; en Ek sal vir hom 'n God wees, en hy sal vir My 'n

seun wees.― (Openb.2:7,11,17, 26,27,28; Openb.3:5,12,21;

Openb.21:7).

―Kyk, Ek kom gou. Salig is hy wat die woorde van die

profesié van hierdie boek [Die Bybel & Openbaring] bewaar.‖ (Openb.22:7).

MARANATA ... Amen, ja kom, Here Jesus!

Page 267: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 267

Bibliografié.

1. Die Bybelgenootskap Van SA: 'Die Bybel In Afrikaans' - OV/Voorblad-illustrasie:

PinksterProtestant.

2. Billy Graham: 'Peace With God', Doubleday & Co. Inc./Pocket Books - New York (1953,

1965,1973). 33.. Stephen Covey: 'The Seven Habits Of Highly Effective People'.

Page 268: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 268

JJEESSUUSS VVAANN NNÁÁSSAARREETT:: KKOONNIINNGG

VVAANN DDIIEE JJOODDEE En bokant Sy hoof het hulle Sy be skuldiging in skrif opgestel: DIT IS JESUS,

DIE KONING VAN DIE JODE. [Matt. 27:37].

Kopiéreg © 2010 P.J Stassen Alle Regte Voorbehou

1. JESUS VAN NÁSARET BETAAN ALREEDS 'VAN EWIGHEID AF'.

1.1 Jesus Christus is God. 'n Tipiese mistasting deur die publiek, en selfs deur sommige christene, is dat Jesus maar net 'n „baie besondere historiese figuur‟ was ...

'n „idealistiese Joodse rabbi‟ of „fanatiese godsdientige askeet van enorme charisma en ywer vir Sy God' met 'n 'roeping' wat uitgeloop het op 'n dwase missie met 'n

tragiese einde.

Die Jesus wat die Bybel aan ons vóórhou verskil egter ligjare van hierdie verwronge persepsie wat deur vandag se kultusse, waaronder o.a. die „Jesus Seminar‟ en die

„Nuwe Hervormers‟, 'bemark' word. Paulus waarsku dan ook pertinent [en ietwat

verontwaardig, blyk dit my] dat die Korinthiërs (en ons!) moet pasop dat mens nie deur 'n 'ander Jesus' of 'n 'ander evangelie' mislei word nie:

Want as iemand kom en ‗n ander Jesus verkondig as wat

ons verkondig het, of as julle ‗n ander gees ontvang as wat

julle ontvang het, of ‗n ander evangelie as wat julle

aangeneem het, laat julle jul dit goed geval. (2Kor.11:4).

Ek verwonder my dat julle so gou afvallig word van

hom wat julle deur die genade van Christus geroep het, na

‗n ander evangelie toe, terwyl daar geen ander is nie;

behalwe dat daar sommige mense is wat julle in die war

bring en die evangelie van Christus wil verdraai. Maar al

sou ons of ‗n engel uit die hemel julle ‗n evangelie verkondig

in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ‗n

Page 269: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 269

vervloeking wees! Soos ons vantevore gesê het, sê ek nou

ook weer: As iemand julle ‗n evangelie verkondig in stryd

met die wat julle ontvang het, laat hom ‗n vervloeking

wees! [Gal 1:6-9].

1.2 Enkele voorbeelde van (valse) 'Ander Jesusse' en 'Ander Evangelies'. Voorbeelde van sulke (valse) 'ander Jesusse' en (valse) 'ander evangelies' wat

vandag die rondte doen sluit in (wees ge-waarsku):

Petrus is die [sogenaamde] rots' op wie die kerk gebou is en die 'Pous' alleen mag „ex cathedra‟ praat namens God (Christus) tot alle Gelowiges [Rooms-

Katolieke Kerk].

Jesus is [sogenaamd] nie werklik God nie, maar net maar nog 'n belangrike

profeet [Islam].

Jesus, alhoewel [sogenaamd] 'n god, is/was nie werklik God nie ['Jehowa's

Getuies'].

Jesus was [sogenaamd] 'n bedriëer met 'n verskuilde agenda [Frank Yerby, 'The

Thirteenth Disciple' & Dan Brown, 'The Da Vinci Code'].

Jesus was [sogenaamd] 'n verwarde godsdienstige askeet met 'n misplaaste

lewensmissie ... dus nie werklik 'God in die vlees' nie. Sy universele God-/Christus-/Messias-status is onder verdenking en waarskynlik ongeldig ['Jesus

Seminaar'/'Nuwe Hervormers'/‟Higher Criticism‟/‟Godsdiens-Sinkretisme‟].

Die idee van 'n God, „n Jesus Christus (God se Gesalfde), „n Hemelse Voorsienigheid, Intelligente Ontwerp, „n Spesiale Skepping en die oppergesag

van die Bybel is [sogenaamd] 'n delusie. Plaas jou hoop op die Naturalisme/Uniformitarianisme/Gradualisme van Darwin & Kie se Evolusie-Leer [Richard Dawkins, 'The God Delusion' & Charles Darwin, 'On The Origin Of The Species By Means Of Natural Selection Or The Preservation Of Favoured Races In The Struggle

For Life'].

Jesus was [sogenaamd] 'n takhaar hippie-ghoeroe. As jy dagga rook, lang, slordige hare het en 'heavy metal' luister is jy OK [1960's Hippie-beweging].

1.3 Die Wedergeboorte maak die verskil. Sonder wedergeboorte d.w.s.

„regenerasie‟, geestelike-transformasie, of -metamorfóse sal mens beswaarlik deur al hierdie bedrog kan sien. Jesus verduidelik aan Nicodémus:

Jesus antwoord en sê vir hom: ―Voorwaar, voorwaar Ek

sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die

koninkryk van God nie sien nie.‖ [Jhn. 3:3].

Page 270: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 270

Wedergebore christene glo dat Jesus Van Nasaret (Jesus Christus) GOD is ... punt. Jesus het nie Sy oorsprong tydens Sy Aardse geboorte in Bethlehem gehad nie, maar

bestaan reeds van 'Ewigheid tot Ewigheid' ... van vóór die grondlegging van die

Wêreld as die Tweede Persoon van die Drie-Enige Godheid. Indien ons nou regtig wiskundig-analities wou wees, kon 'n formule soos volg saamgestel word wat Sy

Goddelike Status só uitbeeld:

Jesus (Die Alfa & Omega) = OneindigOneindig

(Jesus is die Λ & Ω = i∞)

2. JOODSE FEESTE MET PROFÉTIESE IMPLIKASIES.

2.1 Die Paasfees (Nie-opsioneel). Die Laaste Avondmaal was die simboliese maal genuttig deur Jesus saam met Sy dissippels (Judas Iskariot ingesluit) as die

Paaslam geslag (gekruisig) vir ons (Matt.26:26-29; 1Kor.11:23-29). Nadat die beker (die

'beker van seën') gedrink is, is lofliedere gesing (1Kor.10:16-21). Paulus skryf:

Suiwer dan die ou suurdeeg uit, sodat julle ‗n nuwe deeg

kan wees --- soos julle inderdaad ongesuurd is --- want

ook ons paaslam is vir ons geslag, naamlik Christus (1Kor.5:7).

2.2 Die Fees van Ongesuurde Brode (Maggoth ... Nie-op-sioneel). Het 'n landbou-oorsprong en verwys na die offer aan God van die eerste vrugte ('heropstanding') van die veld. Begin bv. op die 15de dag van Abib/Nisan (April) en

duur 7 dae. Suurdeeg word ge-assosieer met morele en leerstellige euwel (Matt.16:6;

1Kor.5:55-8; Gal.5:9), vandaar die ongesuurde brode, enersyds 'n herinnering aan die

haastige vertrek gedurende die Exodus, en andersyds verteenwoordigend van 'n lewe deur Christus (die Redder) gelewe sonder sonde.

2.3 Die Fees van die Eerste Vrugte (Nie-Opsioneel). Tydens die maai van die oes is van die eerste vrugte ('heropstanding') gebring na die priester wat dit voor God

geswaai het as 'n teken van die feit dat alle goeie dinge van Bo kom. 'n Brandoffer, dankoffer en maaltyd het die dankbaarheid van die volk gedemonstreer. Die dag ná

die Paasfees Sabbat was gereserveer vir die offer van die eerste vrugte (Lev.23:10-11).

Dit was dieselfde dag as die Opstanding van Jesus uit die dood:

Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook

almal in Christus lewend gemaak word; maar elkeen in sy

Page 271: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 271

eie orde: as eersteling [eerste vrugte] Christus, daarna die

wat aan Christus behoort by sy koms. (1Kor.15:22-23).

2.4 Die Pinksterfees; Fees van Weke; Fees van die Oes; Die Dag van Eerste Vrugte (Nie-opsioneel). 'n Viering van die afhandeling van die koring-oes, 50 dae

na die offer van die eerste koringgerf. Hiertydens was ongesuurde brood sowel as twee gerwe nuwe koring ge-offer (Exod.23:16; 34:22; Deut.16:9-12). Pentecost

('Pinkster') kom van Pente (Gks. Vyf). Op die 50ste dag ná die tweede dag van die Paasfees is hierdie fees vir 7 weke gevier vanaf die 16de Abib (April). Dit verwys

proféties na die insameling van die eerste vrugte of oes vir die Kerk (Hand.2:1) danksy die eerste koringkorrel (Christus) wat bereid was om in die grond te val en te sterwe

vir 'n toekomstige (geestelike) oes:

―Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as die koringkorrel

nie in die grond val en sterf nie, bly dit alleen; maar as dit

sterf, dra dit veel vrug. (Jhn.12:24).

2.5 Die Fees van Trompette (Nie-opsioneel). Op die eerste Sabbat van die 7de

maand het die trompette 'n heilige bymekaarkoms aangekon- dig. Geen werk is

gedoen nie en mense moes 'n brandoffer aan God bring. Profesiëe in Jesája 18:3; 27:13;

58:1; Joël 2:3-21 i.v.m. trompette hou verband met die versamel en bekéring van Israel

nadat die Kerk- of Pinksterperiode beëindig is. Die fees verwys ook na die trompet(te)

wat met die Wederkoms van Christus ge-assosieer word.

2.6 Die Fees van Die Dag Van Versoening (Nie-Opsioneel). Die 10de dag van

die 7de maand was aangewys as 'n dag van publieke vasting en verootmoediging.

En dit moet vir julle ‗n ewige insetting wees: in die

sewende maand, op die tiende van die maand, moet julle

jul verootmoedig en géén werk doen nie die kind van die

land sowel as die vreemdeling wat onder julle vertoef. Want

op hierdie dag moet hy vir julle versoening doen om julle te

reinig; van al julle sondes moet julle voor die aangesig van

die HERE rein word. (Lev 16:29,30).

Op hierdie dag het die Hoëpriester die bloed van die geslagte-bok as soenoffer in die Allerheiligste van die Tabernakel gesprinkel ter versoening van die sondes van die

volk. Die verband met Christus as die ge-offerde Paaslam van God wat vir die sondes van die Wereld versoening gedoen het op Gólgota, word aangehaal deur Sagaria:

Page 272: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 272

Maar oor die huis van Dawid en oor die inwoners van

Jerusalem sal Ek uitgiet die Gees van genade en smekinge;

en hulle sal opsien na My vir wie hulle deurboor het, en

hulle sal oor Hom rouklaag soos ‗n mens rouklaag oor ‗n

enigste seun en bitterlik oor Hom ween soos ‗n mens

bitterlik ween oor ‗n eersgebore kind. In dié dag sal daar ‗n

geopende fontein wees vir die huis van Dawid en vir die

inwoners van Jerusalem teen sonde en onreinheid. (Sag.12:10; 13:1).

2.7 Die Fees van die Tabernakels of Insameling (Nie-opsioneel). Word bv.

gehou vanaf die 15de tot die 22ste van die 7de maand Tisri (Oktober) vir die einde van die oeste vir vrugte, olie en wyn:

Verder die fees van die oes, van die eerstelinge van jou

werk, van wat jy op die land saai; en ook die fees van die

insameling aan die einde van die jaar as jy jou werk uit die

land insamel. (Exod. 23:16).

Dit het gepaard gegaan met allerhande opoffering (Num.29:12-40); bv. die aandra

van water van Siloam tot by die altaar; die aansteek van ligte; 'n daaglikse prosessie rondom die altaar en die sing van baie psalms veral die Hallel (Psalms113-118). Die doel

met die fees is om die dae deurgebring in tente in die Wildernis te herdenk (Lev.23:30-

44). Dit was op die laaste dag van hierdie fees wat Jesus na die bediening van die

Heilige Gees verwys het:

En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus

gestaan en uitgeroep en gesê: ―As iemand dors het, laat

hom na My toe kom en drink! Hy wat in My glo, soos die

Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste

vloei.‖ En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang

wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie,

omdat Jesus nog nie verheerlik was nie. (Jhn.7:37-39).

Die fees is twee-dimensioneel:

(a) Geskiedkundig: Om Israel se redding uit Egipte te vier (Lev.23:43) en

(b) Prospektief: Om die koninkryk-restorasie van Israel en sy ingang na millenniale-heerlikheid te vier (Sag.14:16-21; Ps.147; Jes.2:2-4; Jer.31-33; Sag.14:16).

Page 273: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 273

Opsionele feeste was bv. die:

(i) Purimfees (Ester 3:7; 9:15-32) en die

(ii) Toewydingsfees of Fees van die Ligte (ingestel deur Judas Maccabeus in 164 V.C. wat die hervestiging van aanbidding in die gereinigde Tempel in Jerusalem na sy verontreiniging deur Antiochus Epiphanes gevier het).

(1Makkabeus.4:52-59). Jesus Christus het hierdie fees bygewoon: En dit was

die fees van die tempelwyding in Jerusalem, en dit was winter (Jhn.10:22).

Dit is baie interessant [maar nie noodwendig „teológies-konklusief‟] dat die Fees van die Ligte, nes Kersfees deur baie christene, bv. gevier was vanaf

[ongeveer] 25 Desember (die maand Chislea) tot [ongeveer] 1 Januarie (8 dae lank). Die ligte-aspek verwys na die feit dat die huise vrolik met ligte/kerse

versier was].

(iii) Ander opsionele feeste was bv. die Sabbatsjaar (Lev.25:2-21) en die

Jubileumfees gehou gedurende die jaar na afloop van elke 7de Sabbatsjaar (Lev.15:8).

3. MESSIAANSE PROFESIËE IN DIE BYBEL BEWYS DIE EWIGE GODHEID EN KOSMIESE SENDING VAN JESUS CHRISTUS.

3.1 Inleiding. In die Ou Testament tref ons aan:

(a) Profesiëe van Christus in geskiedkundige boeke. Génesis tot Ester. (b)

Profesiëe van Christus in digterlike boeke: Job tot Hooglied Van Salomo. (c) Profesiëe van Christus in profétiese boeke: Jesaja tot Maleági. Dr. A.T. Pierson het gesê:

―Die Geskrewe Woord is die Lewende Woord ontvou; die

Lewende Woord is die Geskrewe Woord vervuld. ... Die Bybel

is Christus uitgebeeld; Christus is die Bybel vervuld. Een is

die prentjie, die ander is die Persoon.‖ [Aangehaal in: Herbert

Lockyear, 'All The Messianic Prophecies Of The Bible', p.25].

3.2 Jesus is God in die Vlees. Daar bestaan merkwaardige oor-eenkomste tussen die taal wat God en die taal wat Jesus gebesig het. God het gesê:

―EK IS ...‖ (Jes.45:6; Exod.3:14).

Jesus het ook gesê:

―EK IS ...‖ (Jhn.8:58; Jhn.15:5; Jhn.6:48; Openb.22:13 ens.).

Page 274: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 274

Die hele Evangelie van Johannes spreek van die bonatuurlike herkoms van Jesus en Sy Goddelike Sending na die Aarde om die mensdom te red.

1.3 Christus se aanhalings uit die Proféte: Jesus verwys na Homself en Sy Messiaanse rol.

Matt.13:14-17 (uit Jes.6:9,10); Matt.15:8; Mrk.7:6 (uit Jes.29:13; Eseg.33:31); Jhn.6:45 (uit

Jes.54:13); Matt.21:13; Mrk.11:17; Luk.19:46 (uit Jes.56:7); Matt.11:28-30 (uit Jer.6:16);

Matt.24:15; Mrk.13:14 (uit Dan.12:11; 11:36); Matt.9:13; 12:7 (uit Hos.6:6); Matt.12:39-42 (uit

Jona1:17; 2Kron.9:1-12); Matt.10:36 (uit Mig.7:6); Mrk.14:27 (uit Sag.13:7); Matt.11:10 (uit

Mal.3:1).

3.4 Profétiese getuienis i.v.m. Christus en Christelike Waarheid (Ou Testament). Die volgende tekste verskaf direkte verwysings of profesiëe deur die

profete en dienooreenkomstige Skrifvervulling in die Nuwe Testament:

Jesája:

Jes.1:9 (Skrifvervulling: Rom.9:29); Jes.2:10.19,21; 6:9-10 (S/V: 2Thess.1:9; Jhn.12:40;

Hand.28:26,27); Jes.7:14 (S/V: Matt.1:23); Jes.8:12 (S/V: 1Pet.3:14); Jes.8:14 (S/V: Rom.9:33);

Jes.9:1,2 (S/V: Matt.4:15,16); Jes.10:22,23 (S/V: Rom.9:27); Jes.11:10 (S/V: Rom.15:12); Jes.21:9

(S/V: Openb.14:8; 18:2); Jes.22:13 (S/V: 1Kor.15:32); Jes.25:8 (S/V: 1Kor.15:54); Jes.27:9 (S/V:

Rom.11:27); Jes.28:16 (S/V: Rom.9:33; 10:11; 1Pet.2:6); Jes.29:10 (S/V: Rom.11:8); Jes.40:3

(S/V: Mrk.1:3; Luk.3:4,5; Jhn.1:23); Jes.40:7 (S/V: Jak.1:11); Jes.40:6-8 (S/V: 1Pet.1:24-25);

Jes.40:13 (S/V: Rom.11:34; 1Kor.2:16); Jes.42:1-3 (S/V: Matt.12:18-21); Jes.45:23 (S/V:

Rom.14:11); Jes.49:6 (S/V: Hand.13:47); Jes.49:10 (S/V: Openb.7:16); Jes.52:5 (S/V: Rom.2:24);

Jes.52:7 (S/V: Rom.10:15); Jes.52:15 (S/V: Rom.15:21); Jes.53:1 (S/V: Jhn.12:38); Jes.53:4 (S/V:

Matt.8:17); Jes.53:4-6 (S/V: 1Pet.2:24,25); Jes.53:7,8 (S/V: Hand.8:32-33); Jes.53:9 (S/V:

1Pet.2:22); Jes.53:12 (S/V: Mrk.15:28; Luk.22:37); Jes.54:1 (S/V: Gal.4:27); Jes.55:3 (S/V:

Hand.13:34); Jes.57:19 (S/V: Efés.2:17); Jes.59:1,8 (S/V: Rom.3:15-17); Jes.59:20,21 (S/V:

Rom.11:26); Jes.60:1 (S/V: Efés.5:14); Jes.64:4 (S/V: 1Kor.5:2,9); Jes.65:17 (S/V: 2Kor.5:17).

Jeremia:

Jer.9:23 (Skrifvervulling: 1Kor.1:31); Jer.9:23,24 (S/V: 2Kor.10:15-17); Jer.31:15 (S/V: Matt.2:18);

Jer.31:31-34 (S/V: Heb.10:16,17); Jer.31:33 (S/V: Heb.10:16,17).

Hosea:

Hos.10:8 (Skrifvervulling: Openb.6:16); Hos.11:1 (S/V: Matt.2:15); Hos.13:14 (S/V: 1Kor.15:55).

Joël:

Jl.2:28-32 (Skrifvervulling: Hand.2:17-21); Jl.2:32 (S/V: Rom.10:13).

Amos:

Am.5:25-27 (Skrifvervulling: Hand. 7:42,43); Am.9:11,12 (S/V: Hand. 15:16,17).

Miga:

Mig.5:2 (Skrifvervulling: Matt.2:6).

Page 275: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 275

Nahum:

Nah.1:15 (Skrifvervulling: Rom.10:15).

Habakkuk:

Hab.1:5 (Skrifvervulling: Hand.13:41); Hab.2:3,4 (S/V: Heb.10:37,38); Hab.2:4 (S/V: Rom.1:17;

Gal.3:11).

Sefánja:

Sef.3:13 (Skrifvervulling: Openb.14:3).

Hággai:

Hag.2:6 (Skrifvervulling: Heb.12:26).

Sagaria:

Sag.9:9 (Skrifvervulling: Matt.21:5; Jhn.12:15; Sag.11:12 (S/V: Matt.27:9); Sag.12:10 (S/V:

Jhn.19:37).

Maleagi:

Mal.1:2,3 (Skrifvervulling: Rom.9:13; Luk.1:17).

3.5 Profétiese getuienis i.v.m. Christus en Christelike Waarheid (Nuwe

Testament).

Mattheus:

Matt.1:23 (Skrifvervulling: Jes.7:14); Matt.2:6 (S/V: Mig.5:2); Matt.2:15 (S/V: Hos.11:1); Matt.2:18

(S/V: Jer.31:15); Matt.4:15,16 (S/V: Jes.9:1,2); Matt.8:17 (S/V: Jes.53:4); Matt.9:13 (S/V:

Hos.6:6); Matt.10:35 (S/V: Mig.7:6); Matt.11:10 (S/V: Mal.3:1); Matt.11:29 (S/V: Jer.6:16);

Matt.12:7 (S/V: Hos.6:6); Matt.12:18,21 (S/V: Jes.42:1-3); Matt.12:39 (S/V: Jona); Matt.13:14,15

(S/V: Jes.6:9,10); Matt.15:8,9 (S/V: Jes. 29:13); Matt.21:5 (S/V: Sag.9:9); Matt.24:15; 27:9 (S/V:

Dan.12:11).

Markus:

Mrk.1:2 (Skrifvervulling Mal.3:1); Mrk.1:3 (S/V: Jes.40:3); Mrk.7:6 (S/V: Jes.29:13); Mrk.9:44 (S/V:

Jes.66:24); Mrk.11:17 (S/V: Jes.56:&; Jer.7:11); Mrk.13:14 (S/V: Dan.12:11); Mrk.14:27 (S/V:

Sag.13:7); Mrk.15:28 (S/V: Jes.53:12).

Lukas:

Luk.1:17 (Skrifvervulling: Mal.4:6); Luk.3:4,5 (S/V: Jes.40:3); Luk.4:18,19 (S/V: Jes.61:1,2);

Luk.7:27 (S/V: Mal.3:1); Luk.12:53 (S/V: Mig.7:6); Luk.19:46 (S/V: Jes.56:7; Jer.7:11); Luk.22:37

(S/V: Hos.10:8); Luk.24:27 (S/V: Alle profete).

Johannes:

Page 276: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 276

Jhn.1:23 (Skrifvervulling: Jes.40:3); Jhn.6:45 (Jes.54:13); Jhn.12:15 (S/V: Sag.9:9); Jhn.12:38 (S/V:

Jes.53:1); Jhn.12:46 (S/V: Jes.6:9,10); Jhn.19:37 (S/V: Sag.12:10).

Handelinge:

Hand.2:17-21 (Skrifvervulling: Jl.2:28-32); Hand.7:42,43 (S/V: Am.5:25-27); Hand.8:32,33 (S/V:

Jes.53:7,8); Hand.13:34 (S/V: Jes.55:3); Hand.13:41 (S/V: Hab.1:5); Hand.13:47 (S/V: Jes.49:6);

Hand.15:16,17 (S/V: Am.9:11,12); Hand.28:26,27 (Jes.6:9,10).

Romeine:

Rom.1:17 (Skrifvervulling: Hab.2:4); Rom.2:24 (S/V: Jes.52:5); Rom.3:15-17 (S/V: Jes.59:7,8);

Rom.9:13 (S/V: Mal.1:2,3); Rom.9:27 (S/V: Jes.10:22,23); Rom.9:29 (S/V: Jes.1:9); Rom.9:33 (S/V:

Jes.28:16; 8:14); Rom.10:11 (S/V: Jes.28:16); Rom.10:13 (S/V: Jl.2:32); Rom.10:15 (S/V: Jes.52:7;

Nah.1:15); Rom.10:21 (S/V: Jes.65:2); Rom.11:8 (S/V: Jes.29:10); Rom.11:26 (S/V: Jes.59:20,21);

Rom.11:27 (S/V: Jes.27:9); Rom.11:34 (S/V: Jes.40:13); Rom.14:11 (S/V: Jes.45:23); Rom.15:12

(S/V: Jes.11:10); Rom.15:21 (S/V: Jes.52:15).

1Korinthiërs:

1Kor.1:31 (Skrifvervulling: Jer.9:23); 1Kor.2:9 (S/V: Jes.64:4); 1Kor.2:16 (S/V: Jes.40:13;

1Kor.14:21 (S/V: Jes.28:11); 1Kor.15:32 Jes.22:13); 1Kor.15:54 (S/V: Jes.25:8); 1Kor.15:55 (S/V:

Hos:14).

2Korinthiërs:

2Kor.5:17 (Skrifvervulling: Jes.52:11); 2Kor.10:17 (S/V: Jer.9:23,24).

Galasiërs:

Gal.3:11 (Skrifvervulling: Hab.2:4); Gal.4:27 (S/V: Jes.54:1).

Efesiërs:

Efés.2:17 (Skrifvervulling: Jes.57:19); Efés.5:14 (S/V: Jes.60:1).

2Thessalonicense:

2Thess.1:9 (Skrifvervulling: Jes.2:10,19,21).

Hebreërs:

Heb.8:8-12 (Skrifvervulling: Jer.31:31-34); Heb.10:16 (S/V: Jer.31:33); Heb.10:17 (S/V: Jer.31:34);

Heb.10:37,38 (S/V: Hab.2:3,4); Heb.12:26 (S/V: Hag.2:6).

Jakobus:

Jak.1:11 (Skrifvervulling: Jes.40:7).

1Petrus:

1Pet.1:24,25 (Skrifvervulling: Jes.40:6-8); 1Pet.2:6 (S/V: Jes.28:16; 8:14); 1Pet.2:22 (S/V:

Jes.53:9); 1Pet.2:24,25 (S/V: Jes.53:4-6); 1Pet.3:14 (S/V: Jes.8:12).

Page 277: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 277

Openbaring:

Openb.6:16 (Skrifvervulling: S/V: Hos.10:8); Openb.7:16 (S/V: Jes.49:10); Openb.14:5 (S/V:

Sef.3:13); Openb.14:8 (S/V: Jes.21:9); Openb.18:2 (Jes.21:9.).

4. HOE JESUS DIE TOEKOMS VOORSPÉL HET VOORDAT HY DIE AARDE VERLAAT HET.

4.1 Die aard en doel van Sy bonatuurlike herkoms (Jhn.3:17; 10:10).

4.2 Die lofsange van die engelekoor (Jhn.1:51; Matt.4:11; 15:31; Mrk.1:13).

4.3 Die verwerping van Sy aansprake deur die godsdiensleiers (Matt.21:38,42;

Hand.4:17).

4.4 Die afvalligheid van Sy dissipels (Matt.6:21); Petrus (Luk.22:31,61); Al Sy dissiples (Jhn.16:32).

4.5 Die martelaarskap van Petrus (Jhn.21:18,19;2Pet.1:13,14).

4.6 Die voorbereidings vir die Laaste Avondmaal (Mrk.14:13; 1Kor.11:23).

4.7 Sy brutale behandeling aan die hande van Sy teëstanders (Mrk.10:34; Luk.18:32).

4.8 Die wrede dood wat Hy sou sterf (Matt.20:18, 19; 26:2; Jhn.12:32).

4.9 Sy begrafnis (Matt.12:40; Jhn.12:7).

4.10 Sy liggaamlike opstanding uit die dood (Matt.26:32; Jhn.2:19).

4.11 Sy Hemelvaart en opname in Heerlikheid (Luk.24:51; Jhn.6:32; 20:17).

4.12 Die koms van die Heilige Gees (Jhn.14:26; 15:26; 16:7,8; Hand.1:5; 2:1-4).

4.13 Die skepping van Sy Kerk (Matt.13:45,46; 16:18; Hand.2:40,47; 1Pet.2:6,7).

4.14 Die vernietiging van Jerusalem (Matt.24:1,2; Luk.19:44).

4.15 Die universele insameling van siele d.m.v. die Evangelie (Mrk.13:10; 16:17;

Jhn.10:16).

4.16 Die vervulling van Sy voorspellings (Matt.24:34; 26:13; Mrk.13:31; 14:8).

5. JESUS SE VOORSPELLINGS STEEDS IN DEURLOPENDE VER-VULLING.

Page 278: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 278

5.1 Aanhoudende en toenemende afvalligheid van die Geloof (Luk.18:8; 2Thess.2:1-

3;10:12; 2Pet.2:1-3).

5.2 Gereelde verskyning van valse „christusse‟ (Matt.24:4,23; Mrk.13:5).

5.3 Gereelde teenstand teenoor die Evangelie (Matt.10:34-36; Luk.12:49-53).

5.4 Gereelde haat wêreldwyd vir Sy volgelinge (Matt.18:7; Jhn.15:18-21; 16:33).

5.5 Deurlopende bediening van die Heilige Gees terwille van Sy volgelinge (Jhn.7:37,39; 14:16,17; 16:7-15).

5.6 Deurlopende voorspraak in Heerlikheid vir Sy Kerk (Heb.7:25; 1Jhn.2:1; Rom.8:34).

5.7 Aanhoudende Saligheid deur Genade vir Jode en heidene wat belangstel (Luk.19:9; Jhn.4:22; 10:16; 11:52; Hand.13:14,46).

6. JESUS SE OLYFBERG-VOORSPELLINGS VIR DIE VERLOOP VAN DIE

HUIDIGE DISPENSASIE.

6.1 Sataniese en messiaanse verleiding (Matt.24:4,5,11,24).

6.2 Internasionale oorloë en gerugte van oorloë (Matt.24:6).

6.3 Die ontwikkeling van Wêreldkonfederasies (Matt.24:7).

6.4 Universele katastrófes (Matt.24:7).

6.5 Universele anti-semitisme (Matt.24:9,10).

6.6 Oorvloedige onheiligheid en geestelike verval (Matt.24:12).

6.7 Jerusalem omsingel deur leërs (Luk.21:20-24).

6.8 Internasionale ontwrigting, stryd en onrus (Luk.21:25,26).

6.9 Die manifestasie van Joodse- en heidense-nasionalisme (Luk.21:29-33).

6.10 Waarskuwings oor die strik van Wêreldsgesindheid (Luk.21:34-36).

7. EINDTYD-VOORSPELLINGS VAN JESUS.

7.1 Die koms van valse leraars en valse godsdienste (1Tim.4:1-5; 2Tim.3:5; 4:1-4;

2Pet.2:103; 2Thess.2:11-12).

7.2 Die Verheerliking van die heiliges van God (Rom.8:17-25).

Page 279: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 279

7.3 Die Regterstoel van Christus (Rom.14:10-12; 1Kor.3:12-15);2Kor.5:10; 1Jhn.4:17).

7.4 Die finale oorwinning van Christus (1Kor.15:24-28; 2Kor.6:16).

Bibliografié.

1. Die Bybelgenootskap Van SA: 'Die Bybel' (OV)/Voorblad-illustrasie: PinksterProtestant. 2. Herbert Lockyear, 'All The Messianic Prophecies Of The Bible', p.25, Zondervan Publishing

House, Grand Rapids, Michigan (1973).

Page 280: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 280

JJEESSUUSS CCHHRRIISSTTUUSS:: RROOTTSS

VVAANN DDIIEE EEEEUUEE

Want niemand kan 'n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus. [1 Kor.3:11].

Kopiéreg © 2010 P.J. Stassen Alle Regte Voorbehou

1. IS DIE 'JESUS VAN DIE GESKIEDENIS' OOK DIE 'CHRISTUS VAN ONS GELOOF'?

1.1 Jesus is GOD.

(a) Wat Wedergebore Christene Glo. In teenstelling met wat die 'Jesus Seminaar' - kultus glo, glo wedergebore Christene dat Jesus GOD is ... en nie alleen

dat Hy maar net 'n toegewyde profeet, Midde-Oosterse askeet of ambisieuse jong Joodse rabbi was nie. Ons aanvaar beslis nie hulle voorstel nl. dat die (i) Jesus van

die Geskiedenis nie noodwendig vandag die (ii) Christus van ons Geloof is nie.

Ons verwerp die siek persepsie dat die Christus van ons Geloof 'n teologiese karikatuur van die geskiedkundige Jesus is ... kwansuis gebore uit 'n behoefte aan

heldeverering te midde van 'n Midde-Oosterse gemeenskapskultuur arm aan volks-

en mitologiese helde.

(b) Ons Aanvaar Jesus As Heer. Ja, ons aanvaar [m.a.w.] onvoorwaardelik die bona fides en getuienis van Jesus, die nederige skrynwerker-rabbi van Nasaret, soos

vervat in die vier Evangelies en natuurlik ook soos proféties na verwys in baie ander Messiaanse gedeeltes uit beide die Ou en Nuwe Testament.

1.2 Gekleurde Kraletjies?

(a) Teológiese Sangómas! Ons verwerp met minagting die gebruik van die 'Jesus Seminaar'-kultus om, soos wafferse teologiese sangómas, aan die hand

van verspotte gekleurde krale oor die egtheid van Jesus se woorde te wil besluit. Wie het hulle in elk geval vir daardie doel aangestel? Moes óns ander [as lede

van die die Kerk van Christus] nie ook eers self 'n klompie gekleurde kraletjies gegooi het sodat ons darem saam kon besluit of die 'Jesus Seminaar'-kultus ooit

bevoeg is om gekleurde kraletjies behoort te gooi aldan nie?

Page 281: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 281

(b)'Higher Criticism' In 'n Nuwe Baadjie. Hierdie potsierlike nuwe dwaling (dieselfde stokou 'Higher Criticism' maar in 'n nuwe baadjie) herinner my baie

aan die bose Haman uit die boek Ester in sy gekonkel met Pur-dolosse toe hy die

Joodse nasie wou uitwis. Die Bybel sê:

In die eerste maand, dit is die maand Nisan, in die

twaalfde jaar van Koning Ahasvéros, het hulle die Pur, dit is

die lot, voor Haman gewerp vir elke dag en vir elke maand,

twaalf in getal, dit is die maand Adar. (Est.3:7).

[Vandaar dus die Joodse Purim-fees, wat vandag nog gevier word].

(c) Kraletjies Om Oor Die Waarskynlike Egtheid Van Jesus Se Woorde Te Besluit. Nou gooi die 'Jesus Seminaar'-kultus ook kraletjies, amper soos Haman

se Pur (met verwysing na die woorde van Jesus in die vier Evangelies) soos volg:

o 'n ROOI kraletjie ('Beslis' Jesus se woorde').

o 'n PIENK kraletjie ('Waarskynlik' Jesus se woorde)

o 'n GRYS Kraletjie ('Onwaarskynlik' Jesus se woorde').

o 'n SWART Kraletjie ('Beslis Nie' Jesus se woorde nie').

(d) Resultaat Van Die Kraletjie-Fiasko. Net 18% van al Jesus se woorde in die vier Evangelies is deur die 'Jesus Seminaar'-dolosgooiers as geloofwaardig

verklaar, dus was 82% van die uitinge van Jesus (volgens hulle) 'n mite! M.a.w. Jesus was, volgens die Jesus Seminaar-kultus, net 18% „Messias‟.

(e) Jesus Was 'Verward'. Hulle beweer dat Jesus net 'n verwarde leermeester met'n tragiese, heeltemal misplaaste lewensmissie was ... en beslis

nie God nie!

(f) Het Jesus Dit Bedoel? Ons vertrekpunt is egter dat, indien God (Jesus) nie in die vier Evangelies bedoel het wat Hy gesê het nie, hoe gaan ons ooit weet

of God in die res van die Bybel gesê het wat Hy bedoel het?

2. WAAROM WEDERGEBORE CHRISTENE GLO DAT JESUS GOD IS.

2.1 Jesus se Goddelike Name bewys Sy Godheid.

En toe ek Hom (Jesus) sien, val ek soos 'n dooie aan Sy

voete; en Hy het Sy regterhand op my gelê en vir my gesê:

Page 282: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 282

―Moenie vrees nie; Ek is die eerste en die laaste.‖ (Openb.1:17).

Vergelyk bogenoemde nou met hierdie teks uit die Ou Testament:

So sê die Here, die Koning van Israel en sy Losser, die

Here van die Leërskare: ―Ek is die Eerste, en Ek is die

Laaste, en buiten My is daar geen God nie.‖ (Jes.44:6).

2.2 Jesus se Goddelike Attribute bewys Sy Godheid.

(a) Sy Almag: ... en Hom laat sit het aan Sy regterhand in die hemele, bo alle

owerheid en mag en krag en heerskappy en elke naam wat genoem word, nie

alleen in hierdie wêreld nie, maar ook in die toekomstige. (Efés.1:20b-21).

(b) Sy Alwetendheid: Jesus het mense se geheime verlede geken (Jhn.4:16-

19); Hy het hulle geheime gedagtes geken (Mrk.2:8; Luk.5:22; Joh.2:24-25). Jesus het alle dinge geweet (Jhn.16:30) en in Hom is alle skatte van wysheid en kennis

verborge (Kol.2:3). Bogenoemde verteenwoordig alles 'n tipe kennis wat tog duidelik net aan God behoort (2 Kron.6:30; Jer.17:9-10).

(c) Sy Alomteenwoordigheid: Jesus is oral waar twee of drie in Sy Naam vergader (Matt.18:20); Hy is oral waar Sy dissipels mag heengaan (Matt.28:20); Hy

woon in gelowiges (Jhn.14:20; 2 Kor.13:5) en Sy volheid vervul alles in almal (Efés.1:23).

(d) Sy Ewige Bestaan: In die begin was die Woord, en die Woord was met

God, en die Woord was God. (Jhn.1:1). Jesus sê, ― ... Voordat Abraham was, is

Ek!‖ (Jhn.8:58b). Vergelyk nou hierdie laaste teks met, En God sê vir Moses: ―EK

IS wat EK IS ...‖ (Exod.3:14a).

Selfs in die Ou Testament lees ons, ... Sy uitgange is uit die voortyd, uit die

dae van die ewigheid. (Mig.5:1b). Sien ook Jes.9:5; Heb.13:8.

2.3 Jesus se Goddelike Ampte bewys Sy Godheid.

(a) Jesus het Geskep (Heb.1:10; Jhn.1:3).

(b) Jesus hou die Heelal in stand met die krag van Sy Woord (Heb.1:3).

(c) Jesus het die mag om sonde te vergewe (Mrk.2:10).

(d) Jesus kan die dode in die toekoms laat herlewe (Jhn.6:39,44).

Page 283: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 283

(e) Jesus het die mag om mense se liggame in die toekoms te transformeer (Fil.3:20-21).

(f) Jesus het die mag om mense te oordeel (Matt.28:18; 2 Tim.4:1; Joh.5:22-23).

(g) Jesus het die mag om die Ewige Lewe te skenk (Jhn.10:28; Jhn.17:1-2).

2.4 'n Vergelyking van sekere Ou- en Nuwe Testamentiese-tekste bewys

Jesus se Godheid.

Vergelyk bv. Jeremia 17:10 met Openbaring 2:23: (a) ―Ek, die Here, deursoek die

hart, toets die niere, om aan elkeen te gee na sy weë, volgens die vrug van sy

handelinge.‖ (Jer.17:10). (b) ―En haar kinders sal ek sekerlik doodmaak, en al die

gemeentes sal weet dat dit Ek [Jesus] is wat niere en harte deursoek, en Ek sal aan

elkeen van julle gee volgens sy werke.” (Openb.2:23).

2.5 Die Name van die Vader en die Seun saamgekoppel bewys die Godheid van Jesus.

(a) Jesus antwoord en sê vir hom: ―As iemand My liefhet,

sal hy My Woord bewaar, en My Vader sal hom liefhê en

Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak.‖

(Jhn.14:23).

(b) ―Laat julle harte nie ongesteld word nie; glo in God,

glo ook in My.‖ (Jhn.14:1).

(c) ―Wie My gesien het, het die Vader gesien.‖ (Jhn.14:9b).

2.6 Die feit dat Jesus die mense se aanbidding aanvaar het bewys Sy Godheid.

(a) Ons word geleer in die Bybel dat Jesus Christus deur beide mense en engele aanbid behoort te word (Matt.14:33; Matt.28:9; Luk.24:52).

(b) Jesus het ook gevra dat die Seun ge-eer word net soos die Vader ge-eer word (Joh.5:23; Heb.1:6).

Page 284: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 284

2.7 Jesus maak 'n monumentale stelling.

―... glo in God, glo ook in My.‖ (Jhn.14:1b). Hy het dit gesê

terwyl Hy goed geweet het dat die Bybel ook leer dat, ‗So sê

die Here: ―Vervloek is man wat op die mens vertrou en

vlees sy arm maak, terwyl sy hart van die Here wyk.‖ ‗ (Jer.17:5).

Indien Jesus dus nie God was (is) nie, was die Skrifgeleerdes dan mos heeltemal geregverdig om Hom van Godslastering te wou aankla, soos hulle wel ook toe in onkunde gedoen het (Sien Matt.26:65; Luk.5:21; Joh.10:33; Matt.11:28; Matt.10:37;

Luk.14:26,33; Joh.10:30; Joh.14:9; Joh.17:3).

3. DIE STANDPUNTE VAN BEKENDE TEOLOË/SKRYWERS (Vry Vertaal).

3.1 R.A. Torrey. ―O, hoe behoort ons ons te verbly dat ons nie net 'n menslike

Heiland het nie, maar ook 'n Heiland wat absoluut God is ... wie ookal weier om Jesus

as sy/haar Goddelike Heiland en Heer te aanvaar, is skuldig aan die enorme sonde

van die verwerping van 'n Heiland wat God is ... om die Godheid van Christus te

ontken maak Sy Godheid nie noodwendig minder feitelik nie, maar dit maak wel die

ontkenner van Sy Godheid skuldig aan die aakligste, ongelooflikste godslastering en

laster.‖ ('Prayer And Faith', p.399).

3.2 C.S. Lewis. ―Ek probeer hier voorkom dat iemand dalk die dom ding sê wat

mense gewoonlik van Hom (Jesus) sê, nl. 'Ek is bereid om Jesus as 'n belangrike

morele leermeester te aanvaar, maar ek aanvaar nie Sy aanspraak daarop dat Hy

God is nie'.

―Dit is nou één ding wat ons nie moet sê nie. 'n Mens wat maar 'slegs mens' was

en dié soort van ding kwytraak wat Jesus gesê het, sou nie 'n groot morele

leermeester gewees het nie, maar sou eerder 'n kranksinnige gewees het ... of anders

die Duiwel uit die Hel self.

―Jy moet jou keuse maak ... óf hierdie man (Jesus) was, en is, die Seun van God, of

anders was Hy 'n besetene of selfs iets erger. Jy kan Hom probeer stilmaak as 'n gek;

Page 285: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 285

jy kan op Hom spoeg en doodmaak as 'n demoon; óf anders kan jy aan Sy voete val

en Hom aanbid as Heer en God.

―Maar, laat ons tog net nie met daardie verspotte snert kom dat Hy maar net 'n

belangrike menslike leermeester was nie ... dit is nooit wat Hy bedoel het nie.‖ ('Mere

Christianity', p.52).

3.3 Ben Witherington III PH.D. ―Ons moet die vraag vra, waarom is daar geen

ander eerste-eeuse Jood vandag met miljoene volgelinge nie? Waarom is daar nie 'n

'Johannes Die Doper-beweging' nie? Waarom, van al die eerste-eeuse figure,

insluitend die Romeinse diktators, word slegs Jesus vandag steeds aanbid, terwyl die

ander verkrummel het in die vergetelheid in?

―Dit is omdat hierdie Jesus – die historiese Jesus – ook die lewende Heer is. Dit is

hoekom ... dit is omdat Hy nog mét ons is, terwyl die ander lankal verdwyn het.‖ (Aangehaal in Lee Strobel, 'The Case For Christ', p.141).

3.4 C.H. Spurgeon. ―Ken Jesus! Sit aan Sy voete. Dink aan Sy geaardheid, Sy

werk, Sy lyding, Sy glorie. Verheug jou in Sy teenwoordigheid: kommunikeer met

Hom dag vir dag. Om Christus te ken is om die uitnemendste van alle wetenskappe

te verstaan.

―Jy sal nie kan help om wys te wees indien jy met Wysheid omgaan nie; jy sal nie

aan sterkte ontbreek indien jy die vriendskap van die magtige Seun van God geniet

nie.‖ ('Lectures To My Students', p.215).

4. JESUS CHRISTUS, ROTS VAN DIE EEUE.

4.1 Was Petrus Regtig Die 'Rots' Op Wie Die Kerk Gebou is? Kyk die misleidende leer van die Rooms-Katolieke:

(a) Kardinaal Gibbons. ―Die Katolieke Kerk leer dat die Here (Jesus) Petrus

in die vernaamste posisie van eer en jurisdiksie aangewys het in die regering van

die hele kerk, en dat dieselfde geestelike gesag nog altyd in die pous, of biskoppe

van Rome, as die opvolgers van Petrus gesetel was. Gevolglik, om ware volgelinge

van Christus te kan wees, moet alle Christene, beide die leierskap sowel as

Page 286: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 286

lidmate, in eenheid met die See Van Rome wees, vanwaar Petrus regeer in die

persoon van sy opvolger.‖ ('Faith Of Our Fathers', p.95 - gekwoteer in Loraine Boettner,

'Roman Catholicism', p.141).

(b) Die Pous Is 'Petrus'. Die Rooms-Katolieke Kerk glo dus steeds (valslik)

vas: ―Hierdie rots was Petrus ... Petrus het die mag om mense toe te laat tot

die kerk of te verbied ... In die Hemel bekragtig God die besluite wat Petrus

[m.a.w. die Pous] op Aarde maak, in die Naam van Christus.‖ (Confraternity

Version, pp.140,141).

4.2 Maar Wat Leer Die Bybel Ons?

(a) Jesus En Petrus Praat. Jesus sê: ―En Ek [Jesus] sê ook vir jou: 'Jy is

Petrus, en op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die

doderyk sal dit nie oorweldig nie.' ‖ (Matt.16:18).

Die Griekse term Petros word gebruik wanneer daar na 'n klein klippie (in hierdie geval Petrus) verwys word, terwyl die term Petra (in hierdie geval Jesus) 'n onbeweeglike fondament beteken. Wat dus hier gebeur het is dat Petrus

(Petros: die klein klippie) skielik met Christus (as die onbeweeglike fondament of rots, Petra) gekonfronteer was (Matt.16:16).

(b) Paulus Se Leer. Paulus leer die Efésiërs dat hulle is: ―Gebou op die

fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen

is.‖ (Efés.2:20). Aan die Korinthiërs vertel Paulus, ―Want niemand kan 'n ander

fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus.‖ (1 Kor.3:11).

(c) Jesus Die Rots! Christus word ook oral in Messiaanse tekste as die 'Rots' beskryf (Jes.8:14; Jes.28:16; Ps.118:22; 1 Kor.10:4). Onthou ook dat Petrus getroud was (1 Kor.9:5), terwyl die pous van die Rooms-Katolieke Kerk nie trou nie. Verder

is dit baie duidelik dat Petrus sélf nooit op enige pouslike gesag of glorie

aanspraak gemaak het nie! (1 Pet.1:1; 5:1-3; Hand.10:25,26; Gal.2:11-14).

Die bygeloof dat Petrus die (sogenaamde) 'rots' is op wie die Gemeente (Kerk) gebou is, is dus 'n Rooms-Katolieke tradisie waarvoor daar geen Skriftuurlike

gronde bestaan nie. Trouens, om so leerstelling te promoveer, verraai dislojaliteit teenoor die ware ROTS ... Jesus Christus.

(d) Ander Evangelies? Die Bybel waarsku ons baie ernstig teen die verkondiging van 'n 'ander Evangelies' en 'ander Jesusse' (bv. 2 Kor. 11:4).

(e) Voorbeelde van sulke (valse/perverse!) 'ander Jesusse':

Page 287: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 287

“Petrus is die 'rots' op wie die kerk gebou is en die Pous praat ex cathedra

namens God (Christus) tot alle Gelowiges.” (Rooms-Katolieke Kerk).

“Jesus is nie werklik God nie, maar net nog 'n belangrike profeet.” (Islam).

“Jesus, alhoewel 'n god, is/was nie werklik God nie.” ('Jehowa's Getuies').

“Jesus was 'n bedriëer met 'n verskuilde agenda.” (Frank Yerby, 'The Thirteenth

Disciple'/Dan Brown, 'The Da Vinci Code').

“Jesus was 'n verwarde godsdienstige askeet met 'n misplaaste

lewensmissie ... dus nie werklik 'God in die vlees' nie. Sy internasionale God-/Christus-/Messias-status is onder verdenking en waarskynlik ongeldig.” ('Jesus Seminaar'/‟Nuwe Hervormers‟).

“Die idee van 'n God, Jesus Christus (God se Gesalfde), Hemelse Voorsienigheid, Intelligente Ontwerp, Spesiale Skepping en die oppergesag

van die Bybel is 'n delusie. Plaas jou hoop op die Naturalisme-Uniformitarianisme van die Evolusie-Leer. (Richard Dawkins, 'The God Delusion' /

Charles Darwin, 'On The Origin Of The Species By Means Of Natural Selection Or The

Preservation Of Favoured Races In The Struggle For Life').

“Jesus was 'n takhaar hippie-ghoeroe. Rook dagga en luister 'heavy metal'

en jy's OK.” (1960's Hippie-beweging).

(f) Die Ware ROTS! Wat Jesus waarskynlik dus vir Petrus gesê het (my parafrase) is:

―Petrus, jy mag wel 'n onbeduidende (klein) ou klippie

['Petros'] wees, maar ... Ek bou my Kerk op hiérdie Rots

[Jesus Christus ... 'Petra'], iets waarteen die poorte van die

Hel nie sal kan standhou nie!‖

Jesus Christus, en nie Petrus nie, is dus die ROTS op Wie die Gemeente (Kerk) gebou is. Ja, die steen wat die bouers verwerp het (en wat die 'Jesus Seminaar'-kultus steeds verwerp) was toe al die tyd die hoeksteen! Jesus sê:

―Het julle nie ook hierdie Skrifwoord gelees nie: 'Die steen

wat die bouers verwerp het, dit het 'n hoeksteen geword?'‖

(Mrk.12:10). Sien ook Matt.21:42; Luk.20:17; Hand.4:11; 1 Pet.2:7).

(g) Verwerp U Die HOEKSTEEN? Nou waarsku Jesus almal wat hierdie hoeksteen (Jesus) verwerp:

Page 288: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 288

―Wie My verwerp en My woorde nie aanneem nie, het

een wat hom oordeel: die woord wat Ek gespreek het, dit

sal hom oordeel in die laaste dag.‖ (Jhn.12:48).

5. DIE FARISEËRS EN DIE WONDERWERKE VAN JESUS.

5.1 Drakoniese Beheer-maatreëls. Jesus het gou bekendheid (berugtheid?) met Sy wonderwerke behaal. U moet in gedagte hou dat Israel geteister was deur baie opstande gelei deur Joodse rebélle, wat keer op keer misluk het. Die Romeinse

regering het dan dikwels allerhande drakoniese beheermaatreëls ingestel wat die lewe vir die Jode net verder ondraaglik gemaak het.

5.2 Jesus Christus Was 'n Politieke Bedreiging. Dink net hoe gevaarlik Jesus vir die politieke leiers kon gewees het ... onthou, daar was 'n tyd tydens Jesus se

geboorte toe Herodus die babas in die kontrei laat vermoor het om seker te maak dat die toekomstige Messias uitgeskakel word. Want, wat sou nie alles moontlik gewees

het vir 'n 'Bevelvoerder' wat waarskynlik in staat was:

om brood en vissies na willekeur te vermeerder en 'n leërmag van duisende

soldate met die grootste gemak (driemaal!) daagliks te voed nie;

om selfs vir hulle water na willekeur in wyn te verander nie;

om dooie soldate gedurende 'n skermutseling met die vyand na willekeur

met die grootste gemak uit die dood te kon opwek nie?

Jesus was, m.a.w., 'n politieke bedreiging vir die Romeinse regering (Pontius Pilatus) asook 'n politieke verleentheid vir die marionette-regering van Pilatus se

lakei, die Jood Herodus.

5.3 Iets Om Oor Na Te Dink. Dink bietjie mooi hieroor ná: Indien Jesus nie regtig brode kon vermeerder nie; en indien Hy nie regtig water in wyn kon verander nie; en indien Hy nie regtig siekes kon gesond gemaak het nie; en indien Hy

nie regtig dooies uit die dood kon opwek nie … waarom sou Hy dan vir die Romeinse Regering of vir die Joodse Sanhedrin „n bedreiging wees? Maar, die feit dat Hy juis „n

bedreiging was, beteken dan juis dat Hy al hierdie dinge alreeds gedoen het en weer kon doen, as Hy wou. Dit is waarvoor almal [die politieke en godsdienstige leiers] so

bang was. Jesus moes eenvoudig net sterf … finish en klaar. Beide die volk se politieke- en godsdienstige-agendas was teen Hom en Sy boodskap.

5.4 Die Owerhede Was Raadop. Die Fariseërs was dus raadop oor die invloed van Jesus by die breë gemeenskap, want hulle het geglo hulle land en hul nasie in

groot gevaar verkeer het:

Page 289: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 289

'En die owerpriesters en die Fariseërs het die Raad

byeengeroep en gesê: ―Wat sal ons doen? Want hierdie man

doen baie tekens. As ons Hom so laat begaan, sal almal in

Hom glo; en die Romeine sal kom en ons land en ons nasie

albei afneem.‖ ' (Jhn.11:47,48).

5.5 Jesus Se Grootste Vyande Bevestig Toe Sy Status! Die woorde ―Want

hierdie man doen baie tekens,‖ was dus verdoemende getuienis (uit hul eie mond)

téén die hardnekkige owerpriesters en Fariseërs. Hoekom sou die owerpriesters en

Fariseërs, wie téén Jesus gekant was, tot hulle eie nadeel en verleentheid erken dat Jesus se wonders eg was? Soli Deo Gloria!

6. JESUS KOM WEER!

'Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien,

ook hulle wat Hom deursteek het; en al die geslagte van die

aarde sal oor Hom rou bedryf; ja, amen! ... Toe het ek die

hemel geopend gesien;en daar was 'n wit perd, en Hy wat

daarop sit, word genoem Getrou en Waaragtig, en Hy

oordeel en voer oorlog in geregtigheid.

‗En Sy oë was soos 'n vuurvlam, en op Sy hoof was baie

krone; en Hy het 'n Naam wat geskrywe is, wat niemand

ken nie, behalwe Hy self.

‗En Hy was bekleed met 'n kleed wat in bloed gedoop

was, en Sy Naam is: Die Woord van God.

‗ En die leërs in die hemel het Hom gevolg op wit perde,

bekleed met wit en rein fyn linne.

‗En uit Sy mond gaan daar 'n skerp swaard om die

nasies daarmee te slaan; en Hy sal hulle met 'n ysterstaf

regeer.

‗En Hy trap die parskuip van die wyn van die die

grimmigheid en van die toorn van God, die Almagtige.

Page 290: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 290

‗En Hy dra op Sy kleed en op Sy heup die Naam wat

geskrywe is: Die Koning van die konings en die Here van die

here.' ... ―Kyk, Ek kom gou.

‗Salig is hy wat die woorde van die profesié van hierdie

boek [BYBEL & OPENB.] bewaar.‖ ' [Openb.1:7; 19:11-16;

22:7].

Bibliografié.

1. Bybelgenootskap Van S.A.: 'Die Bybel In Afrikaans' (1958)/Voorblad-illustrasie:

PinksterProtestant. 2. Boettner, Loraine: 'Roman Catholicism' - The Banner Of Truth Trust (1962). 3. Lewis, C.S.: 'Mere Christianity' – 1. Collins: Fount Paperbacks (1942,1943,1944). 4. Pate, C. Marvin & Sheryl: 'Crucified In The Media' - BakerBooks, Grand Rapids, Michigan

(2005). 5. Spurgeon, C.H.: 'Lectures To My Students' - Marshall, Morgan & Scott, London (1954). 6. Strobel, Lee: 'The Case For Christ' - Zondervan, Grand Rapids, Michigan (1998). 7. Torrey, R.A.: 'Prayer And Faith' – Whitaker House (2002).

Page 291: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 291

JJEESSUUSS CCHHRRIISSTTUUSS:: MMEEEESSTTEERR VVAANN

DDIIEE HHEEEELLAALL

Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde ... Wie My verwerp en My woorde nie aanneem nie, het een wat hom oordeel: die woord wat ek gespreek het,

dit sal hom oordeel in die laaste dag. [Jhn.12:48; Matt.28:18b].

Kopiéreg © 2010 P.J. Stassen Alle Regte Voorbehou

1. ATEISME-EVOLUSIONISME IS 'N GRAP.

1.1 Die Evolusie-Leer 'n Valse Godsdienskultus. Teen hierdie tyd weet u dat Ateïsme-Evolusionisme die grootste grap van die tyd is; dat die Evolusie-Leer 'n

(valse) godsdienskultus is wat deur óns onnosel belastingbetalers (bv. in skole ens.) gefinansier word, en dat Jesus Christus die (enigste) Weg, Waarheid en Lewe

is.

1.2 Geen Gapingsteorie In Die Bybel! U sou ook gesien het:

dat die hele idee van 'n miljoene jare-gaping tussen Génesis 1:1 en Génesis

1:2 (die sogenaamde 'Gapingsteorie') belaglik en onbybels is, 'n patetiese poging deur sommige mense om die Evolusie-Leer te akkommodeer omdat

hulle nie weet hoe om die voorkoms en geológiese feit van fossiele te verklaar nie;

dat daar nie vóór Génesis 1 mense of diere (of dinosourusse) kon geleef, gesterf of bestaan het nie aangesien die eerste diere (onthou, dinosourusse

was ook maar net diere) en mense eers op Dae 5 en 6 van die Skeppingsweek gemaak is;

dat niks of niemand kon gesterf het vóór Génesis 1 nie aangesien die eerste keer wat die 'doodskonsep' in die Wêreld ingekom het, was toe Adam op Dag 6

van die Skeppingsweek gesondig het, en

dat slegs déúr en ná hom [Adam] die dood tot alle mense en diere kon deurgedring het.

1.3 Geen 'Pre-Chaotiese Aarde' Of 'Pre-Adamitiese Ras' Moontlik. U sou ook gesien het:

Page 292: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 292

dat ek 'n jong Aarde van ongeveer 6000 jaar voorstaan, geskape binne 6

letterlike dae van 24 uur elk;

dat die leerstelling van 'n sogenaamde 'pre-chaotiese Aarde' en 'pre-adamitiese ras' onbybels is;

dat hierdie Aarde (wat ons tans bewoon) die eerste Aarde is en dat die Nuwe Aarde van Openbaring die eerste Aarde wat „verbygegaan het‟ (die een wat

ons tans bewoon) gaan vervang (Openb.21:1).

Indien daar dus regtig soiets soos 'n pre-chaotiese Aarde was, sou hierdie Aarde

wat ons tans bewoon, nie die eerste Aarde gewees het nie, maar die tweede Aarde [doen die rekenkunde!].

U sou ook gesien het:

dat al die fossiele waarskynlik ontstaan het as 'n bitter nadraai van die Sondvloed ongeveer 4400 jaar gelede (± 2348 V.C.), wat maar net God se

briljante manier was om die Sondvloed vir die nageslagte (insluitend die Christene en Evolusioniste) te dokumenteer; en

dat die hele gedagte van 'n Oerknal ('Big Bang'), die Evolusioniste se simplistiese teoretiese model om die ontstaan van die Heelal te probeer

verklaar, onwaarskynlik was.

1.4 'Skeppende Evolusie' 'n Wolf In Skaapsklere! U sou gesien het dat die hele doel met Ateïsme, Evolusie en sogenaamde 'Skeppende'/'Teistiese Evolusie' is

om die Gelowige van God en die Evangelie van Jesus Christus weg te rokkel, om sodoende 'n valse hoop op en vertroue in die satániese Naturalisme, Gradualisme of

Uniformatarianisme te kweek, nl. dat die Wêreld 'homself' gemaak het, en dat ons nie die 'sielkundige kruk' van geloof in God nodig het nie.

1.5 Almal Het God Nodig. U sou ook gesien het dat beide die ateïs-evolusionis en satanis God tóg nodig het. Satiries gestel:

(a) die ateïs-evolusionis het iemand nodig om nie in te glo nie (anders kan hy nie 'ateïs-evolusionis' wees nie!) en

(b) die satanis het iemand nodig om te haat (anders kan hy nie 'satanis' wees

nie!).

(c) Dit verg oneindig meer inspanning en geloof om 'n ateïs-evolusionis te wees as om in God te glo, om die eenvoudige rede dat hulle stellings, premisse

en ideologié so deksels koddig en onwerkbaar is, bv.:

(i) wanneer 'n padda skielik in 'n prins verander, noem ons dit 'n feëverhaal,

maar

Page 293: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 293

(ii) wanneer „n padda oor miljoene jare in 'n prins verander, dan noem hulle dit 'Evolusie-wetenskap' [kom nou, sal ons lag of sal ons huil?].

2. ALMAL OP PLANEET AARDE HET GESONDIG.

2.1 Jesus Het Vir Ons Sonde Geword. Tans is daar ongeveer 7000 miljoen

mense op die Aarde, en van hulle almal was daar, in die ganse geskiedenis van die mensdom, slegs één mens wat met vrymoedigheid (en met gesag) kon sê:

―Want wie van julle oortuig my van sonde?‖ (Jhn.8:46a).

Sy Naam is Jesus Van Nasaret. Jesus is gebore sondeloos, en het gesterwe sondeloos ... tog met die sondelas van die ganse mendom wat ooit sal bestaan, op

Hom gelaai. Hy het m.a.w. vir ons onthalwe 'sonde geword'.

2.2 Vasgeslaan Met Spykers Van Liefde. Dit was nie die spykers wat Hom aan die kruis van Gólgota vasgehou het nie, maar die liefde van God vir die verlore

mensdom:

―Want so lief het God die Wêreld gehad, dat Hy Sy

eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo,

nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.‖ (Jhn.3:16).

Van Adam af tot die laaste persoon wat ooit gebore sal word 'het' almal gesondig. Ons het almal gedwaal soos skape (Jes.53:6).

2.3 Wat Gaan Die Ateïs-Evolusionis Dan Maak? Hoe argumenteer en debatteer hy/sy in die Ewigheid (met sy/haar patetiese IK van tussen ± 70 tot ± 210) met 'n

Wese (Jesus) met 'n IK van ∞ (Oneindig)? Jesus gaan waarskynlik nie eers met so persoon redeneer nie ... Hy gaan maar net die Bybel oopslaan en Sy vinger op die

teks druk:

―Wie My verwerp en My woorde nie aanneem nie, het

een wat hom oordeel: die woord wat Ek gespreek het, dit

sal hom oordeel in die laaste dag.‖ (Jhn.12:48).

2.4 God Bedel By Die Mens? Nou kom die Magtigste Wese in die Heelal, die God van die 'gode', die KONING van die Konings, en Hy staan soos 'n bedelaar voor die mens se hartsdeur en klop:

―My seun, my dogter, gee my jou hart!‖

Page 294: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 294

Met oop arms en die wonde van die spykers nog sigbaar in Sy hande, nooi Hy almal sonder uitsondering:

(a) ―Kom nou en laat ons die saak uitmaak ... al was jou sondes soos skarlaken,

dit sal wit word soos sneeu. Al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol.‖

(Jes.1:18).

(b) ―Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.‖ (Matt.11:28).

2.5 Mag Ons God Se Aanbod Van Amnestie Verwerp? Mense is nie in gevaar

soseer omdat hulle sonde doen nie, maar omdat hulle die oplossing (vergifnis) vir die sonde (Die Evangelie Van Jesus Christus) verwerp:

―Dankie, maar nee dankie! Ek het niks om oor skuldig te voel nie --- ek

het nog nooit iets verkeerd gedoen nie, ek is 'n redelike voorbeeldige mens en

‗n wetsgehoorsame burger!‖

2.6 Saligheid Slegs Deur Jesus Christus. Die Bybel sê duidelik:

―En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is geen ander naam

[as die naam van Jesus!] onder die hemel wat onder die mense gegee is,

waardeur ons gered moet word nie.‖ (Hand.4:12).

3. GOD WIL HÊ ALMAL MOET GERED WORD.

3.1 Algehele Amnestie Is Beskikbaar! Watter dwaas gaan in die tronk bly sit en aandring op sy dag in die hof as die Advokaat Vir Die Verdediging voor sy tronkdeur

staan en die algehele AMNESTIE van die President van die land in 'n koevert deur die tralies druk? Gaan sy trots en égo nou maak dat hy die amnestie verag en verbeur?

Buitendien … binne 'n week nadat hy teréggestel is, het die meeste mense in elk

geval al vergeet dat hy ooit geleef het ... wat het sy égo hom dan gehelp?

Die Bybel sê tog só duidelik dat God almal wil red, sonder uitsondering:

'Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser, wat wil hê dat alle

mense gered word en tot kennis van die waarheid kom. Want daar is een God

en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus.‖ (1Tim.2:3-5).

Page 295: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 295

3.2 'n Alledaagse Voorbeeld.

(a) Persoonlike Prokureur. Die 'beskuldigde' se Persoonlike Prokureur (Die

Heilige Gees) raai die skuldige/beskuldigde aan:

―Pleit skuldig ... daar is versagtende omstandighede!‖ (Ons noem dit

bekéring).

(b) Advokaat Vir Verdediging. Die Advokaat Vir Die Verdediging (Jesus Christus) pleit nou om versagtende omstandighede (die Bloed van die kruis van

Gólgota) en algehele amnestie by die Hoofregter (God Die Vader).

(c) Hoofregter. Die Hoofregter (God Die Vader) stuur nou 'n dokument van Algehele Amnestie saam met die Advokaat Vir Die Verdediging (Jesus Christus),

vergesél deur die aangeklaagde se Persoonlike Prokureur (die Heilige Gees) na die aangeklaagde in die „aanhoudingselle‟.

(d) Advokaat Vir Verdediging. Die Advokaat Vir Die Verdediging (Jesus Christus) druk die koevert deur die tralies en bied die Algehele Amnestie aan en

sê:

―Neem die Amnestie ... aanvaar dit en gaan vry!‖

(e) Persoonlike Prokureur. Die Persoonlike Prokureur (die Heilige Gees)

staan gretig nader en sê:

―Ek raai jou aan om die aanbod te aanvaar ... moenie eers tweekeer dink

nie!‖

Die oomblik wanneer die gevangene die koevert (die Saligheid in die vorm van die Evangelie-boodskap van Jesus Christus) aanvaar, is hy/sy 'n vry mens.

Weier hy/sy, bly daar geen hoop op redding en die tersydestelling van die vonnis oor nie.

3.3 Almal Het Gedwaal.

(a) Nou, dit is nie wáár indien iemand sou beweer dat hy nog nooit iets

verkeerd gedoen het nie of nie 'n sondaar is nie. Ons het almal gedwaal soos skape ... daar is nie een regverdig nie, ja, selfs nie één nie! (Rom.3:10).

(b) Net alleen die feit dat iemand so bewering soos hierbo genome hoegenaamd probeer maak, maak hom alreeds 'n lieplapper van die ergste water, want dan maak hy van homself, die Bybel (en van God) 'n leuenaar.

Johannes sê:

Page 296: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 296

―As ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is

nie in ons nie. As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die

sondes te vergewe en van alle ongeregtigheid te reinig.‖ (1 Jhn.1:8-9).

(c) Jesus Christus staan vandag by ons hartsdeur en klop, ja Hy pleit ... aanvaar tog maar net die Algehele Amnestie, vóórdat dit te laat is!

―Voorwaar, voorwaar, Ek sê vir julle, wie My woord hoor en Hom glo wat

My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het

oorgegaan uit die dood in die lewe.‖ (Jhn.5:24).

(d) Die Amnestie is gereël ... neem tog asb. net die koevert!

3.4 Waarom Waarsku God Ons Téén Die Hel?

(a) Kán God Mense Moedswillig Laat Verlore Gaan? Natuurlik kan God dit (hetsy moedswillig of nie-moedswillig) doen indien Hy wil, want Hy is die hoogste

gesag in (en bokant) die Heelal, en wie sal Hom keer? Wie gaan ons roep as Hy besluit om téén ons te draai … Brixton Moord & Roof? Die CCMA? Die

Menseregte Kommissie? Die Konstitusionele Hof? Amnestie Internasionaal? Wat gaan dit alles help? Hy is die finale Arbiter in ons saak met Hom … en Hy

waarsku die mensdom dus pertinent:

―En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan

doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan

verderwe in die hel.‖ (Matt.10:28).

Maar, wanneer ons na die Bybel kyk en die wyse waarop Hy deur die eeue met

mense gewerk het, dan glo ek ons beledig Hom wan-neer ons Hom van sulke moedswillige, diaboliese, metafisiese foltering en manipulering van mensesiele

beskuldig ... iets amper gelykstaande aan die brutale Evolusie- en/of Reïnkarnasie-Leer! God het nie met opset kanonvoer vir die Satan gemaak toe

Hy mense gemaak het nie, maar 'n 'spesie' na Sy Beeld en Gelykenis. Dink bietjie mooi daaroor nà:

(b) Sal God Téén Sy Eie Beginsels En Beleid Werk? Indien God eksplisiet wou hê dat ons verlore moes gaan, of indien ons dan op 'n diaboliese wyse

'gebore' of 'uitverkies' word om verlore te gaan, soos sommige 'gelowe' wel leer (en dit alles nieteenstaande ons begeerte en behoefte om met God vrede te

maak):

Hoekom sou God ons dan so ernstig téén die Hel waarsku?

Page 297: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 297

Hoekom sou Hy téén Sy eie departementele administrasie en korporatiewe

protokol werk? 'n Koninkryk verdeeld teen homself sal mos val! (Matt.12:26).

Indien God pertinent wou hê dat mense verlore moes gaan, sou Hy mos nie 'n

woord oor die Hel gerep het om ons te waarsku nie.

3.5 Niemand Het So Ernstig Gewaarsku Soos Jesus Self Nie. Van al die figure in die Bybel was daar niemand wat so dikwels en so ernstig téén die Hel gewaarsku

het as juis Jesus self nie! Hoekom sou Hy al daardie moeite doen indien ons i.t.v. een of ander kosmiese dekreet of juridiese kinkel in die Wette van die Hemel verbied word

om op die waarskuwing ag te slaan? Hoekom sou Hy hoegenaamd die moeite doen

om by Gólgota (teen so verskriklike koste!), vir ons te sterf?

3.6 Net Een Gevolgtrekking. Dit laat ons met net één logiese gevolgtrekking ... die Hel is 'n afgryslike plek-toestand, aanvanklik en primêr ontwerp vir die Satan en

sy engele, en God wil graag (baie graag!) hê dat niemand verlore moet gaan nie maar dat almal gered moet word (Jhn.3:16; 1 Tim.2:3-5). Die moontlikheid dat persone

dalk nog verlore mag gaan is te wyte aan die persone self ... dit is hulle eie keuse. Hulle weier waarskynlik die Algehele Amnestie van Gólgota.

3.7 “Ek Is Te Sleg Vir Die Hemel!” ―Maar‖, sal iemand opmerk, ―Ek is te sleg. Ek

is nie goed genoeg vir die Hemel nie. My verlede en my rekord tel alles teen my. Ek

verdien nie die Hemel nie!‖

Dis nou presies waar die knoop lê. Hierdie persoon is die ideale kandidaat vir die Hemel. Indien hy/sy op meriete (na verdienste) geregverdig moes word, dan sou

hy/sy mos nie Saligheid nodig gehad het nie! Indien mens die Hemel met jou voortreflike gedrag en voorbeeldige lewe kon verdien, waarvoor het ons Gólgota,

Jesus en die Saligheidsplan dan nog nodig?

3.8 Wees net eerlik met uself. Is almal van ons belangrik en sleg genoeg om

oorweeg te word vir die Hel?

(a) Indien “Nee!”, dink weer, want dan is daar moontlik by u nog 'n dodelike dosis van gebrek aan geestelike selfinsig teenwoordig (tensy u alreeds met

Jesus Christus as u Saligmaker kennis gemaak het).

(b) Indien '“Ja!”, dan is ons mos ook belangrik en sleg genoeg om oorweeg te

word vir die Saligheidsplan van die Hemel. (Dit is die siekes wat die dokter nodig het, nie die gesondes nie ... die Saligheidsplan is juis ontwerp vir mense

wat die Hemel nooit op grond van meriete of na verdienste sou kon haal nie. Mens kan nie gered word alvorens jy besef dat jy verlore is en redding nodig het

nie).

3.9 God Is Regverdig. Iemand (C.H. Spurgeon?) het eendag geskryf:

Page 298: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 298

―Behind a stern countenance God hides a smiling face!‖

God is 'n streng, maar regverdige Regter, en, indien ons eerlik is met onsself (en

met Hom), sal Hy die kosmiese masjinerie van die ganse Heelal in werking stel om mense uit die Hel uit te hou ... al kos dit Hom ook wát. En Hy het presies ook net dit,

meer as 2000 jaar gelede, gedoen ... in die Hemel noem hulle dit (waarskynlik) Projek Gólgota! Jesus het die gerief en kommerlose omgewing van die Paradys

verlaat om in die hole en agterstrate van Jerusalem te kom rondsoek na ons, die uitvaagsels van hierdie Wêreld ... mense op wie die samelewing lankal moed opgegee

het.

3.10 Alle Waarheid Loop Parallel.

(a) Hof & Oordele. Baie mense skrik vir die Hemelse Hof en Oordele van God, en dit hoort so. Maar ons enigste Hoop lê daarin dat ons dit reguit in die gesig staar, en nie om dit weg te wens nie, daarvan weg te deins of om soos „n

vreesbevange wildsbokkie te laat spaander nie. In sy boek When Things Go Wrong

(Christian Art Publishers, Vereeniging, RSA – 2003) sê Alvin N. Rogness dat ons nie die

Regter van die Regsbank moet wégwens nie ... Hy verdwyn dan dalk summier ook weg van die Kruis af! Die (i) Regsbank van God se Regverdige Oordele en

die (ii) Kruis van Genade loop parallel met mekaar soos die twee kante van

dieselfde muntstuk.

(b) Oordele En Kruis Loop Saam. Indien die Verskrikking van die (Hemelse) Hof vir ons begin vervaag, bestaan die gevaar dat die Wonder van die Kruis

dienooreenkomstig ook sal vervaag. Maar, indien ons belangrik genoeg is om geoordeel te word, bevind ons onsself juis in daardie einste Hofsaal wat ons

belangrik gemaak het ... belangrik genoeg om verhoor en verdoem te word tot 'n ewige verderf, maar dan ook belangrik genoeg vir Gólgota, en belangrik genoeg

om gered te word vir die Hemel. Dit is waaroor GENADE alles gaan!

(c) Die Naald En Die Gare. C. H. Spurgeon skryf ... die pynlike realiteit is dat

die gare (Genade) wat die wond heg en die heling bring 'n geniepsige naald (die Wet) vooraan het! (Lectures To My Students: The Art Of Preaching – Marshall, Morgan &

Scott, London – 1954).

3.11 Wet En Genade. God is dus nie 'n Disney-agtige Vader Krismis-figuur wat nooit persoonlike verantwoordelikheid van individue vereis nie. Die prediking van die

Seisoen van Genade (die amnestie van die Kruis) behoort voorafgegaan te word deur die prediking van die Wet van die Sonde en die Dood (die onverbiddelike eise van die

Hemelse Regsbank).

(a) Wet Sonder Genade. Dit bring genadelose selfondersoek,

selfveroordeling, depressie, radeloosheid en doodsheid of dood.

(b) Genade sonder Wet. Genade sonder Wet is onmoontlik, want dit is slegs 'n veroordeelde, m.a.w. iemand wat die Wet oortree het en skuldig staan, wat

Page 299: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 299

begenádig kan word. Hoe begenádig jy iemand wat niks verkeerds gedoen het nie?

4. JESUS CHRISTUS SE FENOMEMALE PRESTASIE!

REGTER! Jesus is eerstens die Regter op die Regsbank wat die verhoor moet

waarneem, die uitspraak moet gee en die vonnis moet fél. Ná Gólgota is die Oordeel van die Mensdom deur die Hoofregter (God die Vader) aan Hom

oorgegee:

―Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde.‖ (Matt.28:18b).

―Want die Vader oordeel ook niemand nie, maar het die hele oordeel aan die

Seun gegee.‖ (Jhn.5:22).

ADVOKAAT! Jesus is ook die Advokaat Vir Die Verdediging:

―My kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle, dat julle nie moet sondig nie;

en as iemand gesondig het, ons het 'n Voorspraak [Eng. „Advocate‟] by die

Vader, Jesus Christus, die Regverdige.‖ (1 Jhn.2:1).

HOËPRIESTER! Jesus is verder ook die (volmaakte) Hoëpriester wat die

(volmaakte) Offerlam vir die skuld, ná vonnisoplegging, namens die beskuldigde moet bring ('betaal'):

'En nog baie duideliker is dit as daar 'n ander priester opstaan na die

ewebeeld van Melgisédek, een wat dit geword het nie kragtens die wet van 'n

vleeslike gebod nie, maar uit die krag van die onvernietigbare lewe. Want Hy

getuig: ―U [Jesus] is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek‖ ...

maar Hy, omdat Hy vir ewig bly, besit 'n priesterskap wat nie op ander

oorgaan nie. Daarom kan Hy ook volkome red die wat deur Hom tot God

gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree. ... Want die wet stel as

hoëpriesters aan mense met swakhede, maar die woord van die eedswering

wat ná die wet gekom het, stel die Seun aan, wat vir ewig volmaak is.' (Heb.7:15,16,17,24,25, 28).

OFFERLAM! Jesus is self ook die Volmaakte Offerlam wat ter wille van die skuld van die beskuldigde aangebied word:

Page 300: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 300

'Want so 'n hoëpriester was vir ons gepas, een wat heilig, onskuldig,

onbesmet, afgeskeie van die sondaars is, en wat hoër as as die hemele geword

het; wat nie elke dag nodig het, soos die hoëpriesters, om eers vir sy eie

sondes offers te bring en dan vir die volk nie. Want dit het Hy eenmaal

gedoen toe Hy Homself ge-offer het.‖ (Heb.7:28).

'Hy is mishandel, hoewel Hy onderworpe was, en Hy het Sy mond nie

oopgemaak nie; soos 'n lam wat na die slagplek gelei word en soos 'n skaap

wat stom is voor Sy skeerders --- ja, Hy het Sy mond nie oopgemaak nie.' (Jes.53:7).

'Hoeveel te meer sal die bloed van Christus, wat Homself deur die ewige

Gees aan God sonder smet ge-offer het, julle gewete reinig van dooie werke

om die lewende God te dien.' (Heb.9:14).

5. JESUS, MEESTER VAN DIE HEELAL.

'Toe het ek die hemel geopend gesien; en daar was ‗n wit perd, en Hy wat

daarop sit, word genoem Getrou en Waaragtig, en Hy oordeel en voer oorlog

in geregtigheid. En sy oë was soos ‗n vuurvlam, en op sy hoof was baie krone;

en Hy het ‗n Naam wat geskrywe is, wat niemand ken nie, behalwe Hy self.

En Hy was bekleed met ‗n kleed wat in bloed gedoop was, en sy Naam is: Die

Woord van God. En Hy dra op sy kleed en op sy heup die Naam wat

geskrywe is: Die Koning van die konings en die Here van die here.' (Openb.19:11, 12, 13, 16).

GEBED

Hemelse Vader - Hiermee erken ek Jesus as Meester Van Die Heelal en neem ek

Hom aan as my Verlosser en Saligmaker. Skryf asb.ook my naam in die Boek Van

Die Lewe.

Page 301: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 301

Handtekening Datum

Bibliografie.

1. Die Bybelgenootskap Van SA: 'Die Bybel In Afrikaans' (1933/1957)/Voorblad-illustrasie:

PinksterProtestant. 2. Alvin Rogness: 'When Things Go Wrong', Christian Art Publishers, Vereeniging, RSA (

2003). 3. Charles Spurgeon: 'Lectures To My Students: The Art Of Preaching' – Marshall, Morgan &

Scott, London (1954).

Page 302: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 302

NNAAMMEE EENN TTIITTEELLSS VVAANN

JJEESSUUSS CCHHRRIISSTTUUSS “Ek is die Alfa en die Oméga, die Begin en die Einde, die Eerste

en die Laaste” [Openb.22:13].

Kopiéreg © 2010 P.J. Stassen

Alle Regte Voorbehou

A.

Aanvoerder [Jes.33:22].

Afdruksel Van Sy Wese [Heb.1:3].

Afskynsel Van Sy Heerlikheid [Heb.1:3].

Alfa En Omega [Gks. A&Z,Begin & Einde] [Openb.1:8].

Alleenwyse God Ons Verlosser [Jud.1:25].

Almagtige [Openb.1:8].

Amen (Heb. Laat Dit So Wees) [Openb.3:14].

Apostel (Gks. Apostolos – Gestuurde) [Heb.3:1].

Arm Van Die Here [Jes.51:9].

B.

Banier Van Die Volke [Jes.11:10]. Bedienaar Van Die Heilige Dinge En Die Ware Tabernakel [Heb.8:1].

Begin En Einde (Sien ‗Alfa & Omega‘) [Openb.22:13].

Begin Van Skepping Van God [Openb.3:14].

Beproefde Steen [Jes.28:16].

Page 303: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 303

Bewerker Van Die Saligheid Van Baie Kinders (Sien Jes.9:5) [Heb.2:10].

Blink Môrester [Openb.22:16].

Boodskapper Van Die Verbond [Mal.3:1].

Borg Van 'n Beter Verbond [Heb.7:22].

Broer Van Jakobus, Judas, Joses & Simon [Mrk.6:3].

Brood Van Die Lewe [Jhn.6:48].

Bruidegom [Matt.9:15].

C.

Christus (Gks. Gesalfde; Dienskneg Van Die Here) [Matt.1:16; Mark.14:61].

Christus Die Here [Luk.2:11].

Christus Die Koning [Luk.23:2].

Christus Die Uitverkorene Van God [Luk.23:35].

Christus Jesus [Hand.19:4; Rom.6:3; 3:24; 8:1; 16:3; 1 Kor.1:2; 1:30; Heb.3:1; 1 Pet.5:10,14;

Gal.2:16; 1 Tim.1:15].

Christus Jesus Onse Here [1 Tim. 1:12;Rom. 8:39].

Christus Van Die Here [Luk.2:26].

Christus Van God [Luk.9:20].

D.

Deur Van Die Skape [Jhn.10:7].

Dienskneg Van Die Here (Sien ‗Christus‘).

E.

Page 304: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 304

Eerste En Laaste [Openb.22:13; Openb.1:17; Openb.2:8; Jes.48:12].

Één Middelaar Tussen God En Die Mens [1 Tim.2:5].

Eersgeborene [Heb.1:6; Ps.89:28].

Eersgeborene Uit Die Dode [Openb.1:5].

Emmánuel (Gks. God Met Ons) [Jes.7:14;Matt.1:23].

Ek Is [Jhn. 8:58].

Engel [Gen.48:16;Exod.23:20,21].

Engel Van Die Verbond [Mal.3:1].

Engel Van Sy Aangesig [Jes.63:9].

Eniggebore Seun Wat In Die Boesem Van Die Vader Is [Jhn.1:18].

Eniggeborene Wat Van Die Vader Kom [Jhn.1:14].

Erekoning [Ps.24:9,10].

Erfgenaam Van Alles [Heb.1:2].

Ewige Lewe [1 Jhn.5:20].

Ewige Lig [Jes.60:20].

Ewige Vader (Sien Heb.2:10) [Jes.9:5].

G.

Gawe Van God [Jhn.4:10].

Gebieder Van Die Nasies [Jes.55:4].

Geestelike Rots [1 Kor.10:].

Geliefde [Efes.1:6].

Geneesheer [Matt.9:12].

Gesalfde (Sien ‗Christus/Messias/Silo‘) [Ps.2:2].

Page 305: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 305

Gesalfde, 'n Vors [Dan.9:25].

Geslag Van Dawid [Openb.22:16].

Getuie Van Die Volke [Jes.55:4].

Getroue Getuie [Openb.1:5].

Getrou En Waaragtig [Openb.19:11].

Getroue En Waaragtige Getuie [Openb.3:14].

Getuienis Op Die Regte Tyd [1 Tim.2:6].

God (Heb. Aanbiddingswaardige; Here; Jehowa → Heb.Yahweh, YHWH, EEN Wat

Bestaan; Elohim; Magtige; Meester) [Ps.45,7,8; Jhn.1:1; Heb.1:8,9].

God Lofwaardig Tot In Ewigheid [Rom.9:5].

God Geglo In Die Wêreld [1 Tim.3:16].

God Geopenbaar In Die Vlees [1 Tim.3:16].

God Geregverdig In Die Gees [1 Tim.3:16].

God Met Ons (Sien ‗Emmánuel/Immánuel‘) Matt.1:23].

God Opgeneem In Heerlikheid [1 Tim.3:16].

God Ons Verlosser [1 Tim.2:3].

God Se Kneg Israel [Jes.49:3].

God Van Die Hele Aarde [Jes.54:5].

God Van Israel [Jes.45:15].

God Verkondig Onder Die Heidene [1 Tim.3:16].

God Verskyn Aan Engele [1 Tim.3:16].

Goeie Meester [Matt.19:16].

Grondsteen [Jes.28:16].

Groot Herder Van Die Skape [Heb.13:20].

Page 306: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 306

Groot Hoëpriester [Heb.4:14].

Grote God En Ons Verlosser Jesus Christus [Tit.2:13].

Gunsgenoot Van God [Ps.16:10].

H.

Heerlikheid Van Die Volk Israel [Luk.2:32].

Heerser In Israel [Mig.5:1].

Heerser Oor Dode Sowel As Lewende [Rom.14:9].

Heil (Heb. Voorspoed/Welvaart) [Luk.2:30].

Heiland (Heb. Redder) [Jes.43:,3,11; 45:15;49:6].

Heiligdom ('n): [Jes.8:14].

Heilige (Heb. Afgesonderde) [Luk.1:35].

Heilige En Regverdige [Hand.3:14].

Heilige Kind Jesus [Hand.4:30].

Heilige Van God [Mrk.1:24].

Heilige Van Israel [Jes.41:14; 49:7; 54:5].

Held [Ps.45:4].

Herder En Opsiener Van Siele [1 Pet.2:25].

Herder Van Israel [Ps.80:2].

Here (Sien ‗God‘) [Jes.40:3].

Here Geweldig In Die Stryd [Ps.24:8].

Here God Almagtige [Openb.15:3].

Here Jesus [Hand.7:59/Kol.3:17/1 Thess.4:2].

Here Jesus Christus [1 Kor.1:2,3; Hand.11:17; Rom.5:1,11; 13:1; Hand.16:31; 20:21].

Page 307: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 307

Here Jesus Christus Ons Verlosser [Tit.1:4].

Here Uit Die Hemel [1 Kor.15:47].

Here Van Almal [Hand.10:36; Rom.10:1.2].

Here Van Die Leërskare [Jes.54:5].

Here Ons Geregtigheid (Die) [Jer.23:6].

Here Sterk En Geweldig [Ps.24:8].

Here Van Die Heerlikheid [Jak.2:1].

HERE Van Die Here [1 Tim.6:15; Openb.17:14;19:16].

Here Van Die Sabbat [Mark.2:28].

Hoëpriester [Heb.8:1].

Hoëpriester Vir Ewig Volgens Die Orde Van Melgisédek [Heb.6:20].

Hoeksteen [Efes.2:20/Matt.21:42].

Hom Wat Ís En Wat Wás En Wat Kóm [Openb.1:4].

Hoogheilig (Sien ‗Heilig‘) [Dan.9:24].

Hoof Van Die Gemeente [Efes.5:23/Kol.1:18].

Hoof Van Elke Man [1 Kor.11:3].

Horing Van Heil (Sien ‗Heil‘) [Luk.1:69].

Hy Is Ons Vrede [Efés.2:14].

I.

Immánuel (Heb. God Met Ons) [Jes.7:14;Matt.1:23].

J.

Jehowa (Sien ‗God‘) [Exod.6:2; Ps.83:19; Jes.12:2;26:4].

Page 308: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 308

Jehowa-Jireh (God Wat Voorsien) [Gen.22:14].

Jehowa-Nissi (God Is My Banier) [Exod.17:15].

Jehowa-Shalom (God Is Vrede) [Rigt.6:24].

Jesus (Heb.Yeshuah, Redder/Verlosser) [Matt.1:16;1:21].

Jesus Christus (Sien ‗Christus‘) [Matt.1:1;

Jhn.1:17;17:3;Hand.2:38;4:10;9:3,4;10:36;16:18;Rom.1:1,6;2:16;15,17; 1Kor.2:2;2Kor.1:19;4:65;Gal.2:16; Fil.1:8;2:11; Heb. 13:8; 1 Jhn. 1:7; 2:1].

Jesus Nasaréner (Sien ‗Nasaréner‘) [Mrk.1:24; Luk.24:19].

Jesus, Nasaréner, Koning Van Die Jode (Sien ‗Nasarèner‘) [Jhn.19:19].

Jesus Die Christus [Matt.16:20].

Jesus, Koning Van Die Jode [Matt.27:37].

Jesus Christus Onse Here [Rom.1:4].

Jesus Christus Ons Verlosser [Tit.3:6].

Jesus, Seun Van Josef [Jhn.6:42].

K.

Kind ('n) [Jes.9:5].

Kindjie Jesus (Die) [Luk.2:27].

Klip Waar 'n Mens Teen Stamp En Rots Waar 'n Mens Oor Val Vir Die Twee Huise Van Israel [Jes.8:14].

Kneg [Sag.3:8; Jes.42:1].

Kneg Van Die Heersers [Jes.49:7].

Koning Dawid [Jer.30:9].

Koning Van Die Dogter Van Sion [Matt.21:5].

Koning Van Die Heiliges [Openb.3:15].

Page 309: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 309

KONING Van Die Konings [1 Tim.6:15; Openb.17:14; 19:16].

Koning Van Israel [Jhn.1:50].

Koning Oor Die Hele Aarde [Sag.14:9].

Kosbare Hoeksteen [1 Pet.2:6;Jes.28:16].

Krag Van God [1 Kor.1:24].

L.

Laaste Adam [1 Kor.15:45].

Lam [Openb.5:6,8; 6:16; 7:9,10,17; 12:11;13:8,11;14:1,4; 15:3;17:14;19:7,9;21:9,14,22,23,27].

Lam Van God [Jhn.1:29].

Leermeester (Sien ‗Rabbi/Rabboeni/God‘) [Matt.23:8].

Leërowerste Van Die Here [Jos.5:14].

Leeu Uit Die Stam Van Juda [Heb.7:14;Openb.5:5].

Leidsman [Matt.2:6].

Leidsman En Voleinder Van Ons Geloof [Heb.12:2].

Leidsman Tot Die Lewe [Hand.3:15].

Lelie Van Die Dale [Hoogl.2:1].

Leraar Wat Van God Gekom Het [Jhn.3:2].

Lewende (Die) [Openb.1:18].

Lewende Brood Wat Uit Die Hemel Neergedaal Het [Jhn.6:51].

Lewende Steen [1 Pet.2:4].

Lewendmakende Gees [1 Kor.15:45].

Lig Van Die Nasies [Jes.42:6].

Lig Tot Verligting Van Die Nasies En Heerlikheid Van Die Volk Israel [Luk.2:32].

Page 310: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 310

Lig Van Die Wêreld [Jhn.8:12].

Losprys Vir Almal [1 Tim.2:6].

Loot Voor Sy Aangesig [Jes.53:2].

Losser Van Israel [Jes.41:14].

M.

Magtige Van Jakob [Jes.49:26].

Magtig Om Te Verlos [Jes.63:1].

Maker En Formeerder Van Die Moederskoot Af [Jes.44:2].

Man Van Smarte En Bekend Met Krankheid [Jes.53:3].

Man Wat God Se Metgesél Is [Sag.13:7].

Mens Christus Jesus (Die) [1 Tim.2:5].

Mens Wat „n „Vraat En „n Wynsuiper‟ Is (Beledigend) [Matt.11:19].

Messias (Heb.Gesalfde) [Jhn.1:42].

Môrester [2 Pet.1:19].

N.

Nasaréner (L.W. ‗Van Násaret‘ – Nie ‗Nasireër‘!) [Matt.2:23].

Narsing Van Saron [Hoogl.2:1].

O.

Onse Here En Saligmaker Jesus Christus [2 Pet.1:11; 2 Pet. 3:18].

Opgaande Lig Uit Die Hoogte [Luk.1:78].

Opperherder [1 Pet.5:4].

Opstanding En Die Lewe (Die) [Jhn.11:25].

Page 311: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 311

Owerste Oor Die Konings Van Die Aarde [Openb.1:5].

P.

Paaslam [1 Kor.5:7].

Petra (Gks. Rots) [Matt.16:18].

Priester Vir Ewig Volgens Die Orde Van Melgisédek [Heb.7:17].

Prins Van Vrede (Sien ‗Silo‘) [Gen.49:10].

Profeet [Deut.18:15,18;Luk.24:19].

Profeet Van Nasaret In Galilea [Matt.21:11].

R.

Raadsman [Jes.9:5].

Rabbi (Ch./Heb. Vername; Leermeester) [Jhn.1:50].

Rabboeni (Aram./Heb./Gks.)(―My Meester!‖) [Jhn.20:16].

Regter Van Lewende En Dode [Hand.10:42].

Regter [Jes.33:22].

Regverdige Kneg [Jes.53:11].

Regverdige Man [Matt.27:19].

Regverdige Regter [2 Tim.4:8].

Regverdige Spruit [Jer.23:5].

Rots (Gks. Petra) [Matt.16:18].

Rotssteen [Jes.44:8].

S.

Page 312: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 312

Saad Van Die Vrou [Gen.3:15].

Saad Van Juda (Sien ‗Silo‘) [Gen.49:10].

Salige En Enigste Heerser [1 Tim.6:15].

Saligmaker (Die) [Luk.2:11].

Seun ('n) [Jes.9:5].

Seun Van Die Geseënde God [Mrk.14:61].

Seun Van Dawid [Matt.9:27].

Seun Van Die Mens [Matt.11:19;16:27,28;18:11; 20:28;26:2;26:45,64;

Mark.2:28;9:9,12;10:33,45;14:21,62; Luk.5:24; 17:22,24; 18:31; 19:10; 21:36; 22:48,69;

Jhn.5:27; 12:34; 13:31; Hand.7:56; Openb.1:13; 14:14].

Seun Van Die Vader [2 Jhn.1:3].

Seun Van God

[Ps.2:7;89:27; Matt.3:17;4:3,6;10:40;11:27;14:33 Mrk1:1;1:11;3:11;5:7;9:7;14:61,62;15:39;

Luk.1:32,35;3:22;4:3,9;8:28;9:35;10:22;20:13;22:29,70;

Jhn.1:1,2,14,18,34,49,50;3:16,17,18,34,35,36;5:19,20,21,23,26,27,30,32,36,37;6:27,38,40,46

,57,69;7:16,28,29;8:16,19,26,27,28,29,38,40,42,49,549:35,36,37,38; Hand.3:13;.9:20;13:33;

Rom.1:3,4,9;8:3,29,32; 1Kor.1:9;15:24,27,28; 2Kor.1:3,19;Gal.1:16;4:4; Efés.1:3;3:14;

Kol.1:3,15,19;3:17; 1Thess.1:10; Heb1:1,2,3,5;4:14;5:5,8,10;6:6;7:3; 10:29; 2Pet.1:17;

1Joh.1:7;2:22,23,24; 3:8,23;4:9,10,14; Openb.2:18].

Seun Van Maria [Mrk.6:3].

Seun Van Sy Liefde [Kol.1:13].

Seun Van 'n Timmerman [Matt.13:55].

Silo (Heb. Gesalfde; Prins Van Vrede;Saad Van Juda) [Gen.49:10].

Skeidsregter/Bemiddelaar [Job 9:33].

Skepper Van Israel [Jes.43:15].

Sierlike Kroon En Pragtige Krans Vir Die Oorblyfsel Van Sy Volk [Jes.28:5].

Son Van Geregtigheid [Mal.4:2].

Skrynwerker/Timmerman [Mrk.6:3].

Spruit (Die) [Sag.3:8].

Page 313: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 313

Steenrots Van Israel [Jes.30:29].

Steen Van Aanstoot En Rots Van Struikeling [1 Pet.2:7].

Steen Wat Die Bouers Verwerp Het [Matt.21:42].

Sterke God [Jes.9:5].

Septer Uit Israel [Num.24:17].

Seun Van Die Allerhoogste [Luk.1:32].

Ster Uit Jakob [Num.24:17].

T.

Timmerman/Skrynwerker [Mrk.6:3].

Tweede Mens [1 Kor.15:47].

U.

Uitnemender As Tienduisend [Hoogl.5:10].

Uitverkore Hoeksteen [1 Pet.2:6].

Uitverkorene [Jes.42:1].

V.

Vangnet En Strik Vir Die Inwoners Van Jerusalem [Jes.8:14].

Verlosser [Jes.49:26;59:20;Matt.1:21;Efés.5:23; 1Kor.1:30;2 Tim.1:10; Tit.2:13; 1 Jhn.4:14].

Voorloper [Heb.6:20].

Verbond Van Die Volk [Jes.42:6].

Versoening Vir Sondes [1 Jhn.2:2].

Voorspraak [1 Jhn.2:1].

Vertroosting Van Israel [Luk.2:25].

Page 314: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 314

Vredevors [Jes.9:5].

Vrees En Verskrikking Van Israel [Jes.8:13].

Vriend Van Tollenaars En Sondaars (Beledigend) [Matt.11:19].

W

Waaragtige God En Ewige Lewe (Die) [1 Jhn.5:20].

Waaragtige Lig Wat Elke Mens Verlig (Die) [Jhn.1:9].

Ware Wynstok (Die) [Jhn.15:1].

Weg, Waarheid En Lewe (Die) [Jhn.14:6].

Wonderbaar [Jes.9:5].

Woord (Die) [Jhn.1:1].

Woord Van God (Die) [Openb.19:13].

Woord Van Lewe (Die) [1 Jhn.1:1].

Wortel En Geslag Van Dawid [Jes.11:10; Openb.22:16].

Wortel Uit Droë Grond [Jes.53:2].

Wortel Van Dawid [Openb.5:5;22:16].

Wortel Van Isai [Jes.11:10].

Wysheid [Spr.8:12].

Wysheid Van God [1 Kor.1:24].

Wysheid Uit God En Geregtigheid En Heiligmaking En Verlossing [1 Kor.1:30].

JESUS BID VIR DISSIPELS

―Vader, die uur het gekom; verheerlik U Seun, sodat U Seun U ook kan verheerlik

— soos U Hom mag oor alle vlees gegee het, sodat Hy aan almal wat U Hom gegee

het, die ewige lewe kan gee.

Page 315: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 315

―En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus

Christus wat U gestuur het.

―Ek het U verheerlik op die aarde. Die werk wat U My gegee het om te doen, het

Ek volbring.

―En nou, Vader, verheerlik My by Uself met die heerlikheid wat Ek by U gehad het

voordat die wêreld was.

―Ek het U Naam geopenbaar aan die mense wat U My uit die wêreld gegee het.

Hulle het aan U behoort, en U het hulle aan My gegee, en hulle het U woord bewaar.

―Nou weet hulle dat alles wat U My gegee het, van U kom. Want die woorde wat

U My gegee het, het Ek aan hulle gegee; en hulle het dit ontvang en waarlik erken

dat Ek van U uitgegaan het, en hulle het geglo dat U My gestuur het.

―Ek bid vir hulle; Ek bid nie vir die wêreld nie, maar vir die wat U My gegee het,

omdat hulle aan U behoort.

―En alles wat Myne is, is Uwe; en wat Uwe is, is Myne; en Ek is in hulle verheerlik.

―En Ek is nie meer in die wêreld nie, maar hulle is in die wêreld; en Ek kom na U

toe. Heilige Vader, bewaar in u Naam die wat U My gegee het, sodat hulle een kan

wees net soos Ons.

―Toe Ek saam met hulle in die wêreld was, het Ek hulle in u Naam bewaar. Oor

die wat U My gegee het, het Ek gewaak; en nie een van hulle het verlore gegaan nie,

behalwe die seun van die verderf, sodat die Skrif vervul sou word.

―Maar nou kom Ek na U toe; en Ek spreek hierdie dinge in die wêreld, sodat hulle

my blydskap volkome in hulle kan hê.

―Ek het hulle u woord gegee, en die wêreld het hulle gehaat, omdat hulle nie van

die wêreld is nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie.

―Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose

bewaar.

Page 316: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 316

―Hulle is nie van die wêreld nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie.

―Heilig hulle in U waarheid; U woord is die waarheid.

―Soos U my gestuur het in die wêreld, het Ek ook hulle in die wêreld gestuur.

―En Ek heilig Myself vir hulle, sodat hulle ook in waarheid geheilig kan wees.

―Maar Ek bid nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle woord in My

sal glo—dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook

in Ons een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het.

―En Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U My gegee het, sodat hulle een kan

wees, net soos Ons een is.

―Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees; en dat die wêreld kan

weet dat U My gestuur het, en hulle liefgehad het net soos U My liefgehad het.

―Vader, Ek wil dat waar Ek is, hulle wat U My gegee het, ook saam met My sal

wees, sodat hulle my heerlikheid kan aanskou wat U My gegee het, omdat U My

liefgehad het voor die grondlegging van die wêreld.

―Regverdige Vader, al het die wêreld U nie geken nie, tog het Ek U geken, en hulle

hier het erken dat U My gestuur het.

―En Ek het U Naam aan hulle bekend gemaak en sal dit bekend maak, sodat die

liefde waarmee U My liefgehad het, in hulle kan wees, en Ek in hulle.‖ (Jhn.17:1-26).

DISSIPELS BID

―Onse Vader wat in die hemele is, laat U Naam geheilig word; laat U koninkryk

kom; laat U wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee ons

vandag ons daaglikse brood; en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons

skuldenaars vergewe; en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die

Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in

ewigheid. Amen.‖ [Matt.6:9b-13].

Page 317: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 317

Bibliografie.

1. Bybelgenootskap Van S.A.: 'Die Bybel In Afrikaans' (1933/1957)/Voorblad-illustrasie:

PinksterProtestant. 2. Orville J. Nave A.M., D.D., L.L.D., 'Nave's Topical Bible', Moody Press, Chicago (1973). 3. Robert Young L.L.D., 'Analytical Concordance To The Bible', W.B. Eerdmans, Grand Rapids,

Michigan (1975).

Page 318: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 318

DDIIEE WWOONNDDEERR VVAANN

GGÓÓLLGGOOTTAA

Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die

mense, die mens Christus Jesus, wat Homself gegee het as 'n losprys vir almal. [1 Tim.2:5-6a].

Kopiéreg © 2010 P.J. Stassen

Alle Regte Voorbehou

1. GESKIEDKUNDIGE BERGBOU.

1.1 Bergbou Tydens Die Bybelse Sondvloed.

(a) Die Bybel. In teenstelling met wat die Evolusioniste glo, wie aan die (i)

Heelal 'n ouderdom van '15 biljoen jaar' en aan die (ii) Sonnestelsel (en Planeet Aarde) 'n ouderdom van '4,6 biljoen jaar' wil toedig, glo ons dat die berge, soos

ons hulle vandag ken, waarskynlik ongeveer 4400 jaar gelede (in ± 2348 V.C.) tydens 'n planeetwye, katastrofiese Sondvloed opgerys het tot waar hulle vandag

staan.

Die Bybel sê:

'U het dit met die Wêreldvloed soos met 'n kleed oordek; die waters het bo-

oor die berge gestaan. Vir U dreiging het hulle gevlug, vir die stem van U donder

het hulle weggeskrik ... berge het opgerys, laagtes het weggesak, na die plek wat

U vir hulle reggemaak het' (Ps.104:6-9).

(b) Die Kragte Van Die Sondvloed. Die geofisikus, Walt T. Brown, meen dat die Sondvloed waarskynlik gepaard gegaan het met die vernietigende

Natuurkragte van ± 8 biljoen waterstofbomme. Indien God ook nie die oseane laat wegsak en die berge laat oprys het nie, sou die water van die Sondvloed

waarskynlik vandag nog die kontinente oordek het. En, indien Evolusie wáár was, behoort die oppervlakte van die Aarde (ook onder die See) vandag, na '4,6

biljoen jaar', weens erosie so glad soos 'n snoekerbal gewees het.

(c) Berge Van Die Wêreld. Bekende berge van die wêreld sluit in die hoogste en prominentste berg Mt. Everest (in die Himalajas, 29 028 vt./8848

Page 319: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 319

mtr.). Indien daar nie 'n universele Vloed was nie (soos die Evolusioniste ons bv. probeer wysmaak) ... (i) wat maak skulpe en die oorblyfsels van seediere vandag

dan nog steeds op Mt. Everest, en (ii) hóé het dit daar gekom?

(d) Berge En Kuslyne. Wanneer u weer na 'n Wêreldkaart kyk, let ook bietjie op hoeveel bergreekse parallel met kuslyne loop ... dit sluit aan by ons standpunt dat die oseane weggesak het en berge opgerys het tydens die Sondvloed (Ps.104:6-9).

1.2 Berge Roer Die Mens. Daar is iets omtrent berge wat praat met die mens! Berge lok stappers, klimmers, dromers en digters soos motte na 'n lamp ... dit spreek

van ewige, weergalmende klowe, kristalhelder fonteinwater en kabbelende strome.

Die digter skryf:

Oh, there's something about a mountain,

That reaches to the sky;

That speaks of things eternal,

A hope that never dies.

Like the blessed Rock Of Ages,

Repose amid the dim,

I'll just look up to the mountains,

And keep my trust in HIM.

['There's Something About A Mountain' - William J. & Gloria Gaither, 'Let's Just

Praise The Lord', John T. Benson Publishing Co., Nashville, Tennessee – 1974].

2. BEKENDE BERGE VAN DIE BYBEL.

2.1 Gebergte Ararat [Distrik in Armenië (Oos-Turkye)]. Hierdie Gebergte Ararat (Heb. Urartu) is die toneel waar Noag se ark uiteindelik tot ruste gekom het:

En die ark het in die sewende maand, op die sewentiende dag van die

maand, op die gebergte van Ararat gerus. (Gen.8:4).

'n Foto (in die skrywer se besit) van die Gebergte Ararat toon 'n merkwaardige ooreenkoms tussen daardie Gebergte en die Amfiteater in die Drakensberge ('Royal

Natal National Park') ... byna asof die twee in dieselfde tyd deur dieselfde

Natuurkragte (en deur dieselfde prosesse) gevorm is. Toeriste kan sekere plekke in die Gebergte Ararat besoek wat duidelik op kaarte verskyn en met bordjies aangedui

word as bv. Nu'hun Gemisi ('Noag Se Groot Boot').

Page 320: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 320

2.2 Moria. Ook genoem 'Stad Van Dawid' (2 Sam.5:7,9; 6:1212,16; 1 Kon.8:1; 1

Kron.15:1,29; 2 Kron.5:2) en 'Sion'. Dit is die plek waar Isak deur Abraham ge-offer moes

word, later afgeneem by die Jebusiete deur Dawid (2 Sam.5:6-9; 1 Kron.11:5-7). Dit is

ook die plek waar Salomo sy tempel gebou het en waarin die Verbondsark opgeneem is (Gen.22:2; 2 Kron.3:1; 1 Kon.8:1). „n Plek van kollektiewe aanbidding vir die Israeliete (2

Kon.19:21,31; Ps.9:11; Jhn.12:15). Naam vir Jerusalem (Ps.87:2,5; Jes.33:14,20; Sag.9:13).

Ook genoem die 'Stad Van God' (Ps.87:2,3; Jes.60:14). Finale herstel is belowe

(Jes.51:3,11,16; Sag.1:14,17). Ook genoem die 'Stad Van Vrygekooptes' (Heb.12:22; Openb.

14:1). Melgisédek (aan wie Abraham tiendes gegee het) was koning van antieke

Jerusalem (Gen.14:18; Heb.7:1).

2.3 Horeb. Ook genoem die 'Berg Van God'. Aangewys deur God as Sy keuse vir die Israeliete se aanbidding (Exod.3:12) maar ook gebruik deur die Israeliete vir

afgode-aanbidding (Deut.12:2;1 Sam.10:5; 1 Kon.14:23; Jer.3:6; Hos.4:13). Toneel van die

oorhandiging van die Tien Gebooie (kliptafels) deur Moses aan die volk en ook die plek waar God (waarskynlik) vergesél was deur (tussen) 10 000 en 1 miljoen

Hemelse strydwaens toe Hy met 'n vreesaanjaende vertoon van krag op die berg neergedaal het. (Exod.19:12,16, 18; Ps.68:18).

2.4 Karmel. 'n Vrugbare en aanskoulike berg in Palestina (Hoogl.7:5; Jes.33:9; 35:2;

Jer.46:18; 50:19). Bekend veral vir Elia se skermutseling met die 450 'profete' van Baäl en 400 'profete' van Asjéra (1 Kon.18:19,40). Elisa het hier gewoon (2 Kon.2:25; 4:25) en

Amos se spelonke was hier geleë (Am.9:3; Mig.7:14).

2.5 Die Olyfberg. Ook genoem die 'Berg Van Bederf' & 'Hoogte Van Olywe' (oos

van Jerusalem). Die hoofweg vir reisigers het oor hierdie berg geloop (2 Sam.15:30).

Toneel van Jesus se triomfantlike intog in Jerusalem (Matt.21:1; Mrk.11:1; Luk.19:29,37)

en Sy Hemelvaart (Hand.1:12).

2.6 Die Berg Van Verheerliking ('Transfigurasie').

(a) In Eensaamheid. Die Bybel verwys net na 'n 'hoë berg':

En ná ses dae het Jesus vir Petrus en Jakobus en Johannes, sy [Jakobus se]

broer, saamgeneem en hulle op 'n hoë berg in die eensaamheid gebring. En Hy

het voor hulle van gedaante verander, en Sy aangesig het geblink soos die son,

en Sy klere het wit geword soos die lig. (Matt.17:1-2).

(b) LIG Na Materié? Dit is interessant hoe bv. P.A.M. Dirac en Carl D. Anderson se

navorsing getoon het dat LIG op die een of ander manier verband kan hou met die interaksie met en die skepping van materié, waartydens elektro-magnetiese energie

in massa omgeskakel word, bv.:

(i) Jerry Marion: ―... It was established that positrons [positief-gelaaide

elektrone] can actually be created by the interaction of energetic photons (γ-

Page 321: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 321

rays) with matter. This creation process, however, always produces a positron-

electron pair.‖ (Jerry B. Marion, 'Physics And The Physical Universe', p.607, John Wiley & Sons

Inc. - 1971).

(ii) Isaac Newton: ―The changing of bodies into light and light into bodies, is

very comfortable to the course of Nature ... .‖ (Isaac Newton, 'Opticks' [1704]; Quoted

in Jerry B. Marion, 'Physics And The Physical Universe', p.607, John Wiley & Sons Inc. - 1971).

(c) Hemelse Wesens? Kan dit wees dat Hemelse Wesens (bv. éngele) uit LIG na 'konkrete liggame' kan 'materialiseer' en weer terug na LIG? Stel u 'n Wêreld vóór

waar die spoed van LIG (c) gelyk is aan ci (± 300 000i k.p.s.) waar i = Oneindig!

(d) Engele Van God. Daniël beskryf die voorkoms van 'n engel:

―En daar sien ek 'n man met linne bekleed, en sy heupe was omgord met

goud van Ufas. En sy liggaam was soos chrisoliet, en sy aangesig soos die

geflikker van bliksem en sy oë soos fakkels van vuur en arms en sy voete soos

blink geskuurde koper ...‖ (Dan.10:5b,6a).

Ek herinner u ook aan die verheerliking van Jesus op die berg, en Matthéüs skryf:

Sy klere het wit geword soos die lig (Matt.17:2b).

(e) Daardie LIG! Getuienisse word oral gelewer van mense wat al vir Jesus of engele in 'n gedaante van LIG aanskou het, (sien bv. Ian McCormick, 'The Lazarus

Phenomenon' [DVD]; Maurice Rawlings M.D., 'Anderkant Die Dood' [Boek]; Bill Wiese, '23

Minutes In Eternity' [DVD/Boek]. Lees ook boeke deur/oor Mary K. Baxter en Betty Maltz).

(f) 'n Persoonlike Getuienis. 'n Man, wat verkies om anoniem te bly, vertel:

―Ek het een aand op my bed gelê en wou net insluimer toe, wat gelyk het

soos 'n helder wit maanstraal, dwarsdeur 'n wolk bokant die huis se dak begin

skyn, met die grootste gemak deur die dak en plafon kom en (links) by die

voetenent van my bed gaan staan ... 'n kolom van die witste LIG wat ek nog

ooit aanskou het.

―Nog witter as die LIG sélf was daar, binne-in die kolom LIG, wit kruise

wat soos sterre geskitter het. Dit was nooit staties nie ... alles het geskitter en

geblink en gelewe ... asof die LIG, soos weerlig, ge-elektrifiseer was. Daar was

'n aanvoelbare 'Teenwoordigheid' (Persoon) in die LIG, by Wie daar nie 'n

Page 322: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 322

sweempie aggressiwiteit of vyandskap te bespeur was nie, maar vanaf Wie

daar 'n onbeskryflike welwillendheid, vriendelikheid en liefde na my toe

uitgestraal het.

―Ek, 'n vuil, verwerplike, helverdiende sondaar, gered deur genade ... het

nog nooit voorheen só veilig, welkom en bemind in iemand se teenwoordigheid

gevoel nie. Ek het intuïtief gevoel dat dit Jesus was, alhoewel ek dit nie

noodwendig teológies of empiries kan bewys nie.

―Die Persoon het nie gepraat of 'n boodskap oorgedra nie, en die 'gesig' het

na enkele sekondes verdwyn. Die gebeurtenis het my vir ewig oortuig dat

daar, iewers in die Kosmos vanuit 'n ander, supernatuurlike Ruimte, 'n

Goddelike belangstelling in die doen en late en lief en leed van elke mens is.‖

3. DIE HEUWEL VAN GÓLGOTA.

3.1 Plek Van Die Hoofskedel. Gólgota (Gks. Gólgota; Lat. 'Calvarium' =

hoofskedel) is nou wel nie 'n berg nie, maar 'n obskure heuwel naby Jerusalem. Daar word bv. dikwels na die Capitol, in die VSA, verwys as 'The Hill', en selfs die

Uniegeboue in Pretoria rus op 'n baie méér imposante heuwel as die een waarop die kruis van Jesus Christus by Gólgota geplant was. Maar by Gólgota het iets meer as

2000 jaar gelede gebeur wat die geskiedenis en politiek van die Wêreld onherroeplik verander het.

3.2 Gólgota Word Toe Die Middelpunt Van Die Wêreld.

(a) Israel Die Middelpunt. Die Bybel verwys proféties na Israel as die (Staatkundige) middelpunt van die Aarde:

' ... om buit te maak en roof te rowe, om jou hand uit te steek teen die

puinhope wat weer bewoon is, en teen 'n volk wat uit die nasies versamel is,

wat vee en goed verwerf het, wat op die middelpunt van die aarde woon.' (Eség.38:12).

(b) Die Heilige Tribunaal. By Gólgota het die Heilige Tribunaal van Vader, Seun en Heilige Gees die Universele Amnestie aan almal wat daarvoor wil

aansoek doen, aangekondig:

Page 323: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 323

Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy Sy eniggebore Seun gegee

het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige

lewe kan hê (Jhn.3:16).

(c) Skuldbrief Van Sonde. By Gólgota het Jesus die Skuldbrief Van Sonde (teen die mensdom) teen die kruis vasgenael:

En julle, wat dood was deur die misdade en die onbesnedenheid van julle

vlees, het Hy saam met Hom lewend gemaak deurdat Hy julle al die misdade

vergeef het, en die skuldbrief teen ons, wat met Sy insettinge ons vyandig

was, uitgedelg en weggeruim het deur dit aan die kruis vas te nael. (Kol.2:14).

(d) Die Sleutels Van Die Dood En Die Doderyk. By Gólgota het Jesus neergedaal na die onderste dele van die Aarde (hetsy fisies of metafóries) en die

Sleutels van die Dood en die Doderyk van die Satan afgeneem. Hy het Satan in die openbaar oorwin:

(i) ' ... nadat Hy die owerhede en magte uitgeklee en hulle in die openbaar

tentoongestel en daardeur oor hulle getriomfeer het.' (Kol.2:15).

(ii) 'Toe Hy opgevaar het in die hoogte, het Hy die gevangenes gevange

geneem en gawes aan die mense gegee. Maar dit: Hy het opgevaar ... wat

beteken dit anders as dat Hy ook eers neergedaal het in die onderste dele van

die aarde ... ' (Efés.4:8b,9).

(iii) ―Moenie vrees nie; Ek is die eerste en die laaste en die lewende; en Ek

was dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid. Amen. En Ek het die sleutels van

die doderyk en van die dood.‖ (Openb.1:17b-18).

(e) Die Vlekkelose Offer. By Gólgota het Jesus het Homself as Vlekkelose

Offer aangebied vir die sondes van die Wêreld:

(i) 'Want so 'n hoëpriester was vir ons gepas, een wat heilig, onskuldig,

onbesmet, afgeskeie van die sondaars is, en wat hoër as as die hemele geword

het; wat nie elke dag nodig het, soos die hoëpriesters, om eers vir sy eie

sondes offers te bring en dan vir die volk nie. Want dit het Hy eenmaal

gedoen toe Hy Homself ge-offer het.' (Heb.7:28).

Page 324: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 324

(ii) 'Hy is mishandel, hoewel Hy onderworpe was, en Hy het Sy mond nie

oopgemaak nie; soos 'n lam wat na die slagplek gelei word en soos 'n skaap

wat stom is voor Sy skeerders --- ja, Hy het Sy mond nie oopgemaak nie.' (Jes.53:7).

(iii) 'Hoeveel te meer sal die bloed van Christus, wat Homself deur die ewige

Gees aan God sonder smet ge-offer het, julle gewete reinig van dooie werke

om die lewende God te dien.' (Heb.9:14).

(f) Gered Deur Sy Bloed! By Gólgota het Jesus het 'n Bewerker van Ewige Saligheid geword deur gelowiges te red met Sy Bloed:

(i) Losgekoop Deur Die BLOED: 'Omdat julle weet dat julle nie deur

verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat

deur die vaders oorgelewer is nie, maar deur die kosbare bloed van Christus, soos

van 'n lam sonder gebrek, vlekkeloos.' (1 Pet.1:18-19).

(ii) Regverdigmaking & Versoening Deur Die BLOED: 'En hulle word deur

Sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus

Jesus is. Hom het God voorgestel in Sy Bloed as 'n versoening deur die geloof,

om Sy geregtigheid te bewys deurdat Hy die sondes ongestraf laat bly het wat

tevore gedoen is onder die verdraagsaamheid van God, om Sy geregtigheid te

toon in die teenwoordige tyd, sodat Hy self regverdig kan wees en regverdig

maak wie uit die geloof in Jesus is.' (Rom.3:24-26).

(iii) Reiniging Deur Die BLOED: 'Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die

lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, Sy

Seun, reinig ons van alle sonde.' (1 Jhn.1:7).

(iv) Heiliging Deur Die BLOED: 'Daarom het Jesus ook, om die volk deur Sy

eie bloed te heilig, buitekant die poort gely.' (Heb.13:12).

(v) Dienswerk Aan God Deur Die BLOED: 'Hoeveel te meer sal die bloed van

Christus, wat Homself deur die ewige Gees aan God sonder smet ge-offer het,

julle gewete reinig van dooie werke om om die lewende God te dien.' (Heb.9:14).

Page 325: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 325

(vi) Toegang Tot Die Heiligdom Deur Die BLOED: 'Terwyl ons dan,

broeders, vrymoedigheid het om in die heiligdom in te gaan deur die bloed van

Jesus, op die nuwe en lewende weg wat Hy vir ons ingewy het deur die

voorhangsel heen, dit is Sy vlees ...' (Heb.10:19-20).

(vii) Ewige Lewe Deur Die BLOED: 'En Jesus sê vir hulle: ―Voorwaar,

voorwaar, Ek sê vir julle, as julle nie die vlees van die Seun van die mens eet en

Sy bloed drink nie, het julle geen lewe in julleself nie. Hy wat My vlees eet en My

bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal hom opwek in die laaste

dag.‖'(Jhn.6:53-54).

(viii) Oorwinning Deur Die BLOED: 'En hulle het hom [Antichris] oorwin

deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het

tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie.' (Openb.12:11).

(ix) Hemelse Blydskap Deur Die BLOED: 'Na al hierdie dinge het ek gesien,

en kyk, daar was 'n groot menigte wat niemand kon tel nie, uit alle nasies en

stamme en volke en tale; hulle het gestaan voor die troon en voor die Lam,

bekleed met wit klere en met palmtakke in hulle hande; en hulle het met 'n

groot stem geroep en gesê: ―Heil aan onse God wat op die troon sit, en aan die

Lam! ...‖ En ek sê vir hom: ―My heer, u weet dit.― En hy sê vir my: ―Dit is hulle

wat uit die groot verdrukking kom, en hulle het hul klere gewas en hul klere wit

gemaak in die bloed van die Lam.‖' (Openb.7:9,10,14).

(g) Bloed Op Die Altaar. Vanaf Gólgota het Jesus as Hoëpriester (volgens die Orde van Melgisédek) Sy eie Bloed op die Altaar in die Heiligdom gaan

sprinkel:

'Maar Christus, wat opgetree het as Hoëpriester van die toekomstige

weldade, het deur die groter en volmaakter tabernakel wat nie met hande

gemaak is nie, dit wil sê, wat nie aan hierdie skepping behoort nie, ook nie

met die bloed van bokke en kalwers nie, maar met sy eie bloed, een maal

ingegaan in die heiligdom om 'n ewige verlossing teweeg te bring. Want as die

bloed van stiere en bokke en die as van 'n vers wat die verontreinigdes

besprinkel, heilig maak tot reiniging van die vlees, hoeveel te meer sal die

Page 326: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 326

bloed van Christus, wat Homself deur die ewige Gees aan God sonder smet

ge-offer het, julle gewete reinig van dooie werke om die lewende God te dien.' (Heb.9:11-14).

(h) Ons Voorspraak By Die Vader. Langs Gólgota's weg tree Jesus vandag as Advokaat (Voorspraak) vir ons in by die Vader:

' ... en as iemand gesondig het, ons het 'n Voorspraak [Eng. „Advocate‟] by

die Vader, Jesus Christus, die Regverdige.' (1 Jhn.2:1).

4. DIE ROWER AAN DIE KRUIS.

Een van die roerendste verhale van bekéring in die Bybel is dié van die (berouvolle) rower aan die kruis by Gólgota. Ons lees bv. nie van enige naasbestaandes wat

tydens sy kruisiging die 'laaste eer' kom bewys het nie. Wié hy was weet ons nie, en hy het, ten beste, seker maar net 'n „eselsbegrafnis‟ op die puinhope buite Jerusalem

ontvang (die beste wat 'sy soort' gewoonlik kon verwag):

[Maar jou oë en jou hart is net op jou onregverdige wins en op onskuldige

bloed, om dit te vergiet, en op verdrukking en afpersing, om dit uit te voer.

Daarom sê die HERE so van Jójakim, die seun van Josía, koning van Juda:

―Hulle sal hom nie beklaag met: Ag, my broer! of ag, suster! nie. Hulle sal hom

nie beklaag met: Ag, heer! of—ag, majesteit! nie. Met ‗n eselsbegrafnis sal hy

begrawe word—weggesleep en neergegooi ver van die poorte van Jerusalem

af.‖ (Jer.22:17- 19).

Dalk was sy pa 'n dronklap, en sy ma 'n vrou met 'n 'reputasie'. Of, miskien was sy ouers vroom, voorbeeldige Sinagóge-gangers ... al wat ons regtig weet is dat hy 'n misdadiger was, altyd aan die verkeerde kant van die Gereg. Ja, hy was altyd op die

verkeerde plek op die verkeerde tyd! Terwyl ander kinders skoolgegaan en geleer somme maak het, het hy loodgeswaai en geleer steel … maar wág, niemand vertel

die verhaal van die berouvolle rower aan die kruis mooier as Bob Benson nie.

The Misfit It seemed to be his lot, he was one of those unfortunate people,

With a talent always to be in the wrong place ... always at the wrong time.

Page 327: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 327

He was born wrong: The declining Roman Empire, the broken home,

The conquered Jewish Nation, the poverty-stricken slums.

He lived wrong: Others went to school, he played hooky.

Others played ball, he stole apples.

Others learned trades, he learned to cheat.

Just a common thief ... he started wrong, he lived wrong.

And it looked as if he'd finish wrong:

The wrong place, and the wrong time.

A Roman cross, a painful death ... A final shame.

When, from the middle cross, came words of redeeming love:

―You shall be with Me in Paradise!‖

In all the stream of history, One and only One

Of all the numberless sons of Adam

could have said these words ... and he hung beside Him!

What tremendous fortune, what wondrous Providence!

In one instant his life, given to evil ... thoroughly misused, doomed to die,

Was changed and ended in crowning glory.

It was the one sentence without which there is no success.

It was the one sentence which redeems all failure,

And it was said to him at life's final flickering moment.

The one most important issue of all was gloriously solved:

At long last ... he was in the right place at the right time!

['THE MISFIT' deur Bob Benson, 'Laughter In The Walls']

5. Die Rower Aan Die Kruis se Vonnis ['SENTENCE'].

Hierdie was sekerlik een van min misdadigers in die geskiedenis wat ooit (beide

letterlik en figuurlik) in die wolke was oor sy vonnis ['Sentence']. Omdat hy Jesus

Page 328: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 328

gerespekteer het en nie te suinig was om 'n bekertjie empatie met Hom te deel nie,

verander sy 'Death Sentence' toe wonderbaarlik binne 'n kwessie van sekondes na 'n

'Life Sentence'! Hierdie was sy 'Sentence':

―Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees!‖ (Luk.23:43b).

Bibliografie.

1. Die Bybelgenootskap Van SA: 'Die Bybel In Afrikaans' (1933/1957) /Voorblad-illustrasie: PinksterProtestant.

2. Bob Benson, 'Laughter In The Walls'. 3. William J. & Gloria Gaither, 'Let's Just Praise The Lord', John T. Benson Publishing Co.,

Nashville, Tennessee (1974).

Page 329: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 329

DDAANNKK GGOODD VVIIRR DDIIEE

LLIIGGHHUUIISS

Want by U is die fontein van die lewe; in U lig sien ons die

lig.[Ps.36:10].

Kopiéreg © 2010 P.J. Stassen

Alle Regte Voorbehou

1. FIAT LUX ... LAAT DAAR LIG WEES!

1.1 God Is 'n GOD Van LIG! Toe God die Heelal (L.W. 'In die begin') geskape het, was een van Sy eerste prioriteite LIG:

―Laat daar lig wees!‖ (Gén.1:3).

En daar wás LIG. Let mooi op die woorde,

'In die begin ... ' (Gén.1:1).

Hier het dit alles begin, by Génesis 1:1. M.a.w. daar was geen sprake van 'n sogenaamde 'pre-chaotiese aarde' of 'pre-adamitiese ras' of 'dinosourusse' wat

bestaan het 'miljoene jare' vóór Genesis 1:1; of tussen Génesis 1:1 en Génesis 1:2 soos die

Evolusioniste en voorstaanders van die verspotte 'Gapingsteorie' ons probeer wysmaak nie.

1.2 God Kan Doen Vér Bokant Dit Wat Ons Bid Of Dink. God kan doen méér as wat ons bid of dink (Efés.3:20) en sal nie vir ons lieg nie (Num.23:19). Binne 24-uur nadat Adam as volwasse man geskape was, sou 'n Evolusionis hom waarskynlik bv.

beskrywe het as,

―'n 30-jarige, robuuste eksemplaar van homo sapiens sapiens; massa 75 kg.;

lengte 180 cm. in blakende gesondheid met uitstekende vooruitsigte‖

min wetende dat hy maar 24-uur oud was! Geen antropoloog, anatomis of fisioloog sou byvoorbeeld met hulle instrumente kon vasstel dat Adam bv. maar net 24 jaar

oud was nie.

Page 330: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 330

1.3 Moderne Wetenskaplike Meetinstrumente? Net so vandag sal wetenskaplikes met hul meetinstrumente die Heelal en die Skepping se herkoms en

ouderdom probeer vasstel en takseer, maar tevergeefs.

Aardse meetinstrumente gaan nie die merkwaardige wonderwerk van 'n feitlik oombliklike Skepping (m.a.w. binne 144 uur) kan aandui nie. Dit sal, net soos dit die geval was met Adam, waarskynlik 'n volwasse ('ou') Skepping rapporteer, terwyl die

sterre, planete en mane, mooi op hul plek en in volmaak-gekalibreerde wentelbane ... almal (op Dag 4) Heelal-wyd finaal soos Kersliggies en -ornamentjies opgeflikker het,

binne 24 uur.

Die evolusioniste se 15 biljoen jaar-oue Oerknal [„Big Bang‟] gedagte is dus „n

luukse wat die Natuur nooit sou kon bekostig het nie. In God se Skepping moes alles dadelik werk … of flop.

1.4 Jesus Bevestig Génesis. Vir duisende jare het die ou Jode geglo in 'n 6-daagse Skepping van 24-uur per dag, ('Yom') ... waarom dan het Jesus, tog 'n Persoon besorgd oor Waarheid, nooit die geleentheid aangegryp om hierdie

'misverstand' tydens Sy Bediening op Aarde reg te stel nie? Inteendeel het Hy Génesis dikwels net bevestig (Matt.19:4,8 & Mrk.10:6).

(Sien ook Rom.5:14; 1 Kor.15:22,45; 1 Tim. 2:13,14; Jud.1:14).

1.5 'n Pre-Chaotiese Aarde? Die idee van 'n 'pre-chaotiese Aarde' van 'miljoene jare' vóór Génesis 1:1 of tussen Génesis 1:1 en 1:2 (die sogenaamde 'Gapings-teorie') is

absurd, en die teorie is waarskynlik ontwerp om Evolusie-konsepte te akkommodeer. Johannes sien bv. op Patmos tog duidelik dat daar 'n nuwe Aarde (dus die 2de Aarde)

kom en dat die 1ste Aarde (dié Aarde wat ons tans op leef) verdwyn het (Openb.21:1).

Daar was dus duidelik nie nóg 'n Aarde (of 'n geskiedkundige era) vóór die een wat ons tans ervaar nie.

1.6 Wat Beteken 'Pre-Histories'? Die holruggeryde woord 'pre-histories' het geen bestaansreg nie, en as ons nou regtig die geskiedenis móét indeel, kom ons bly dan by die Bybelse norm van 'Pre-Sondvloed' en 'Post-Sondvloed' (Geológies), of

'Vóór Christus' en 'Na-Christus' (Kultuur-Histories).

1.7 'Pre-Adamitiese Ras' Voor Adam & Eva? Daar kon m.a.w. ook geen 'pre-

adamitiese menseras' of beskawings bestaan het, nog minder diere, insluitende dinosourusse, vóór Génesis 1:1 of vóór Dae 5 en 6 van die Skeppingsweek nie, en ook

nie tussen Génesis 1:1 en 1:2 nie.

Dinosourusse is bv., soos alle ander diere, op Dag 6 van die Skeppingsweek gemaak. Dit sou onmoontlik vir enige wese, mens of dier, gewees het om bv. te kon

'sterf' (of 'uitsterf') alvorens Adam (die eerste mens) die Dood in die Wêreld ingebring het deur die sonde ... ná Dag 6 van die Skeppingsweek. Kompromis skeppings-

modelle soos vroëer hierbo genoem ('Gapingsteorie' ingesluit), is gefabriseer om

Evolusie-konsepte te akkommodeer, omdat daardie arme Christene nie antwoorde vir die Evolusioniste gehad het nie.

Page 331: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 331

2. GOD SE GLORIE WORD VERFRAAI DEUR ONGEËWENAARDE LIG.

2.1 God Het LIG Gepatenteer.

(a) Elektro-Magentiese Spektrum. Toe God die Heelal in die begin geskape het, was een van Sy eerste prioriteite waarskynlik die skepping van LIG:

―Laat daar LIG wees!‖ (Gén.1:3).

God is dus die Outeur en Skepper van LIG (in óns Heelal en elders) en hou vir ewig die patentregte daarop! God het ook waarskynlik die volledige Elektro-

magnetiese Spektrum (bv. Gamma-strale; X-Strale; Ultraviolet-strale; Sigbare lig; Infrarooi-strale; Mikrogolwe; TV-, FM- en Radio-golwe & Radiofrekwensies

ens.) geskape toe Hy LIG geskape het, en nie noodwendig (net) daardie LIG sigbaar vir die 'menslike oog' nie.

(b) Sigbare LIG? Sigbare LIG beslaan 'n afstandjie op die Elektro-magnetiese

Spektrum kleiner as 'n speld se punt, m.a.w. met golflengtes êrens tussen 4,0 x

10⁻⁵ cm. en 7,6 x 10⁻⁵ cm., oftewel tussen 4000Å en 7600Å (Ångstrom). Die

volledige Elektro-magnetiese Spektrum beslaan egter 'n wydte van ± 32 ligjaar

(± 301 triljoen km.).

Die mensdom gaan dus met die kátarak-oortrekte ogies van 'n (blinde) mol deur die lewe. Ons 'kyk' (siestog) deur reuse-teleskope wat biljoene Rande werd

is en duur elektron-mikroskope na objekte in die makro- en mikro-heelal terwyl die ware Heelal eintlik meer as 99% onsigbaar voor ons lê. Ons weet, ná 150

jaar van merkwaardige tegnologiese vooruit-gang, steeds minder van die Heelal as wat platbek-paddas van selfone af weet.

(c) LIG Na Materié? Dit is ook interessant hoe bv. P.A.M. Dirac en Carl D. Anderson se navorsing getoon het dat LIG op die een of ander manier verband

kan hou met interaksie met en die skepping van materié, waartydens elektro-magnetiese energie in massa omgeskakel word, met enorme teologiese

implikasies vir ons alledaagse geloofslewe:

(i) Jerry Marion: ―... It was established that positrons [positief-gelaaide

elektrone] can actually be created by the interaction of energetic photons (γ-

rays) with matter. This creation process, however, always produces a positron-

electron pair.‖ (Jerry B. Marion, 'Physics And The Physical Universe', p.607, John Wiley & Sons

Inc. - 1971).

Page 332: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 332

(ii) Isaac Newton: ―The changing of bodies into light and light into bodies, is

very comfortable to the course of Nature ... .‖ (Isaac Newton, 'Opticks' [1704]; Quoted

in Jerry B. Marion, 'Physics And The Physical Universe', p.607, John Wiley & Sons Inc. - 1971).

(d) Hemelse Wesens. Kan dit dus wees dat Hemelse Wesens (bv. éngele) uit LIG na 'konkrete liggame' kan 'materialiseer' en weer terug na LIG? Stel u 'n

Wêreld vóór waar die spoed van LIG (c) gelyk is aan ci (300 000i k.p.s.) waar i =

Oneindig! Daniël beskryf die voorkoms van 'n engel:

―En daar sien ek 'n man met linne bekleed, en sy heupe was omgord met

goud van Ufas. En sy liggaam was soos chrisoliet, en sy aangesig soos die

geflikker van bliksem en sy oë soos fakkels van vuur en arms en sy voete soos

blink geskuurde koper ... ― (Dan.10:5b,6a).

Ek herinner u ook aan die verheerliking van Jesus op die berg:

' ... Hy het voor hulle van gedaante verander, en Sy klere het blink geword,

baie wit soos sneeu, wit soos geen bleiker op aarde dit kan maak nie. En daar

het aan hulle verskyn Elia saam met Moses, en hulle was in gesprek met

Jesus.' (Mrk.9:2b-4).

Matthéüs skryf:

Sy klere het wit geword soos die lig. (Matt.17:2c).

2.2 God Draai LIG Óm Hom Soos 'n Mantel. LIG bestaan waarskynlik reeds lank vóórdat ons Heelal gemaak is, want die Bybel sê dat God LIG is en dat daar in Hom

geen duisternis is nie:

―God is lig, en geen duisternis is in Hom nie.‖ (1 Jhn.1:5b).

God draai LIG ook óm Hom soos 'n mantel:

' ... wat Uself omhul met die lig soos met 'n kleed ... ' (Ps.104:2).

2.3 God Verskyn In Ligglans. Dit wil amper voorkom asof LIG 'n besondere rol speel in die lewe en bestaan van God. God het benewens LIG ook die reënboog

(kleurspektrum) inherent aan die Elektro-Magnetiese Spektrum ge-skape. Ons lees bv. dat God dikwels in ligglans verskyn het:

Page 333: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 333

'Uit Sion, die volkomenheid van skoonheid, verskyn God in ligglans.' (Ps.50:2).

―Uit die Noorde kom goud tevoorskyn, maar oor God is daar

ontsagwekkende majesteit.‖ (Job 37:22).

Baiekeer kry mens die indruk dat LIG (hetsy golfies, fotonpakkies, of fotonpakkies

in golfies) maar net God se skaduwee is ... en indien LIG dan God se skaduwee is, dink net: Watter soort Wese gooi LIG vir 'n skaduwee?! (WOW!). Dan besef mens

egter opnuut dat God selfs baie méér as dit moet wees, want indien ons klein breintjie God régtig sou kon begryp, sou Hy nie die moeite werd gewees het om te

aanbid nie! God kan letterlik doen vêr bokant dit wat ons bid of dink! (Efés.3:20).

2.4 God Gebruik Die (WEER-) LIG Soos Bokshandskoene Teen Sy Vyande.

―Altwee Sy hande oordek Hy met weerlig en gee daaraan bevel teen die

aanvaller.‖ (Job 36:32).

―Onder die ganse hemel laat Hy dit los en Sy lig oor die eindes van die

aarde. Daarna brul Sy stem, Hy donder met Sy stem vol majesteit en hou die

bliksems nie terug as Sy stem gehoor word nie.‖ (Job 37:3-4).

2.5 Wat Van Die Vloekers? Vir hulle wat God en Jesus se Naam as 'n vloekwoord

gebruik, wil ek waarsku: Pasop wat u van Hom sê ... Hy is nie u „onsigbare speelmaatjie‟ nie. (Job 36:5).

2.6 Net God Ken Die Weg Na Die Woning Van Die Lig.

(a) Universele Konstante? God vra vir Job:

―Waar is tog die weg na die woning van die lig?‖ (Job 38:19a).

Die spoed van LIG in ons Sonnestelsel en elders is ± 300 000 km/sek. in

vacuo. Die tradisionele standpunt egter dat LIG 'n Universele Konstante is wat

oral dieselfde en onveranderlik is, hou lankal nie meer water nie. Einstein het reeds in 1919 bewys dat LIG deur swaartekrag beïnvloed (gebuig) word, en die

gewig van lig by die Aard-oppervlak (L.W. LIG, nie LUG) is bv. 90 kg. per 2,6

km.² (Isaac Asimov, 'Asimov's Book Of Facts', p.330 (1979). Die spoed van LIG word

vandag blykbaar oral in laboratoriums eksperimenteel gemanipuleer [„stadiger‟

sowel as „vinniger‟].

(b) LIG Kan Moeg Word. Baie sterrekundiges glo ook bv. dat LIG in die ruimte 'moeg kan word' (momentum kan verloor) a.g.v. die astronomiese

Page 334: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 334

afstande wat LIG deur die Heelal moet reis, vandaar die Tweede Orde Doppler-Rooiverskuiwing (Lig waargeneem teen 'n hoek van 90°) op die Spektrogram by

Spektroskopié.

Dit is juis hierdie verskynsel, die Tweede Orde Doppler-Rooiverskuiwing (Lig

waargeneem teen 'n hoek van 90°) en die feit dat LIG naby hemelliggame deur swaartekrag gebuig word, wat dalk verkeerdelik aanleiding kon gegee het tot die

wankelrige Uitdyende Heelal-/Oerknal-Teorie ('Expanding Universe'/'Big Bang Theory').

(c) Radiogolwe. Terloops, God het ook die radio uitgevind:

―Kan jy die bliksems [radioseine?] uitstuur, sodat hulle heengaan en vir jou

sê, 'Hier is ons!'‖? (Job 38:35).

(d) Die Spoed Van Duisternis. Anders as die spoed van LIG, is die spoed

van duisternis, daarenteen, zero. Dit is hopeloos te stadig vir LIG en het nie 'n

kat se kans daarteen nie!

2.6 God Is Die 'Vader Van Die Ligte'.

(a) Die Bybel. Die Bybel noem God die Vader van die Ligte:

'Elke goeie gif en elke volmaakte gawe daal van bo af neer, van die Vader

van die ligte, by wie daar geen verandering of skaduwee van omkering is nie.' (Jak.1:17).

(b) Die Hubble-Teleskoop. Die kleurfotos wat die Hubble-teleskoop alreeds

teruggesein het na die Aarde, laat mens weer opnuut besef (maar ongelukkig nie ten volle begryp) die sigbare prag en praal van die Skepping van God ... bolvormige ster-

klusters; spiraal-sterstelsels; elliptiese sterstelsels; sterre en sonnestelsels hang soos skitterende, reuse-kandelare in die ontsaglike hemelruim en verlig die Heelal soos 'n

sprokiespaleis, terwyl hulle almal in volmaak-gekalibreerde wentelbane met ingenieurspresisie foutloos wentel, draai, tol en spin.

(c) Hoe Lyk Die 'Ware' Heelal? Indien ons dan (waarskynlik) meer as 99% blind

is vir die ware skoonheid van die ware Heelal, dink net aan die majesteit van die ware

Heelal! Dink net aan die majesteit van die God van daardie Heelal! Wanneer ons God as ons Koning aanvaar en Jesus as ons Messias, word die God van daardie ware

Heelal ook óns Hemelse Vader, en Jesus óns oudste Broer. Dan plaas ons óns toekoms in die Hande van 'n Wese wat 100% siende is, Wie oor volmaakte, 20/20

Kosmiesie Visie beskik en alles omtrent Sy Skepping en die 'Ware Heelal' weet.

(d) Surrogaat-Heelal? Vir al wat ons weet is hierdie Heelal slegs 'n tipe 'virtuele heelal' totdat die Ware Heelal ('Hemel') in die Ewigheid sy verskyning maak.

2.7 God Bewoon Ontoeganklike Lig.

Page 335: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 335

'... die Koning van die konings en Here van die here, wat alleen

onsterflikheid besit en ontoeganklike lig bewoon wat geen mens gesien het of

kan sien nie ... ' (1 Tim.6:15b-16a).

(a) Ons Kan God Nie Sien Nie. Dit is dus baie duidelik dat God, in Sy volle

statuur, nie sigbaar vir die menslike oog sal wees nie. Die LIG wat God in Sy woonplek en persoon omhul is absoluut ontoeganklik vir sterflike wesens soos

ons. Aangaande Moses se braambos-ondervinding sê die Bybel:

'Toe het Moses sy aangesig verberg, want hy was bevrees om God aan te

sien.' (Exod.3:6b).

(b) Moses Sien God? Moses aanskou toe later, saam met Aäron, Nadab, Abíhu en nog sewentig oudstes, tóg die glorie (of 'n afgeskaalde manifestasie of

„teofanie‟ daarvan) van God op die berg:

'En hulle het die God van Israel gesien, en onder Sy voete net soos 'n

vloerwerk van saffierstene en so helder soos die hemel self.' (Exod.24:10).

(c) God Waarsku Moses. Later antwoord God vir Moses op sy versoek om Homself (God) aan Moses te vertoon (Exod.33:18) soos volg:

―Jy kan My aangesig nie sien nie, want geen mens kan My sien en bly lewe

nie.‖ (Exod.33:20b).

(d) God Maak Toe Tóg 'n Vergunning. Maar God maak toe tóg 'n spesiale

vergunning en laat vir Moses 'n gedeelte van Homself sien:

'Ook het die Here gesê: ―Kyk, hier is 'n plek by My waar jy op die rots kan

gaan staan. En as My heerlikheid verbygaan, sal Ek jou in die skeur van die

rots stel en jou met My Hand oordek totdat Ek verbygegaan het. En as Ek My

Hand wegneem, sal jy My van agter sien; maar My Aangesig kan nie gesien

word nie.‖' (Exod.33:21-23).

(e) Die Impak Van God. So verskriklik was die teenwoordigheid van God op die

berg Sinai dat God vir Moses gewaarsku het:

―Ook moet jy vir die volk 'n grens rondom aanwys en sê: 'Pas op dat julle

nie op die berg klim of sy voet aanraak nie. Elkeen wat die berg aanraak,

moet sekerlik gedood word' ―... En op die derde dag toe dit môre word, was

Page 336: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 336

daar donderslae en blitse en 'n swaar wolk op die berg en die geluid van 'n

baie sterk basuin, sodat die hele volk wat in die laer was, gebeef het ... Daarop

het Moses die volk uit die laer gelei om God te ontmoet, en hulle het gaan

staan by die voet van die berg. En die hele berg Sinai het gerook, omdat die

HERE in ‗n vuur daarop neergedaal het. En sy rook het opgetrek soos die rook

van ‗n oond, en die hele berg het vreeslik gebewe. Toe die geluid van die

basuin sterker en sterker word, het Moses gespreek, en God het hom telkens

hardop geantwoord. Terwyl die HERE op die berg Sinai neerdaal, op die top

van die berg, het die HERE Moses na die top van die berg geroep, en Moses

het opgeklim. (Exod. 19:12,16-20).

(f) Engele By Horeb? Daardie dag was daar waarskynlik enigiets tussen 10

000 tot 1 miljoen (1000 x 1000) Hemelse strydwaens in die gevolg

('entourage') wat God uit die Hemel na die berg vergesél het:

'Die waens van God is tienduisende, duisend maal duisende; die Here is

onder hulle; dit is Sinai in heiligheid.' (Ps.68:18).

(g) Moses Se Gesig Blink. Toe Moses van die berg af kom, het sy gesig geblink vanweë die heerlikheid van God:

'En toe Moses van die berg Sinai afdaal ... die twee tafels van die Getuienis

was in die hand van Moses toe hy van die berg afdaal ... het Moses nie geweet

dat die vel van sy gesig blink omdat hy met Hom [God] gespreek het nie.' (Exod.34:29).

3. JESUS IS DIE LIG VAN DIE WÊRELD.

3.1 Jesus Is God. In die begin was die Woord [Jesus], en die Woord was by God,

en die Woord was God (Jhn.1:1).

3.2 Jesus Het Alles Geskape En Niks Wat Ontstaan Het, Het Sonder Hom

Ontstaan nie.

(a) Nadat God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die

vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die

Page 337: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 337

Seun [Jesus] wat Hy as erfgenaam van alles aangestel het, deur Wie Hy ook die

wêreld gemaak het (Heb.1:1-2).

(b) Alle dinge het deur Hom [Jesus] ontstaan, en sonder Hom het nie een ding

ontstaan wat ontstaan het nie (Jhn.1:1-3).

3.3 Alle Mag In Die Hemel En Op Aarde Is Deur God Die Vader Aan Jesus

Gedelegeer. Aan My [Jesus] is gegee alle mag in die hemel en op aarde ... Wie My

verwerp en My woorde nie aanneem nie, het een wat hom oordeel: die woord wat ek

gespreek het, dit sal hom oordeel in die laaste dag. (Joh.12:48; Matt.28:18b).

3.4 Die Vader Het Die Oordeel Aan Die Seun Oorgegee. ―Want die Vader

oordeel ook niemand nie, maar het die hele oordeel aan die Seun [Jesus] gegee.‖ (Jhn.5:22).

3.5 Wie In Jesus Glo, Het Die Ewige Lewe. “Want so lief het God die wêreld

gehad, dat Hy Sy eniggebore Seun [Jesus] gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo,

nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.” (Jhn.3:16).

3.6 Jesus Is Nie Van Hierdie Wêreld Nie. En Hy sê vir hulle: ‖Julle is van

benede, Ek [Jesus] is van bo; julle is uit hierdie Wêreld, Ek is nie uit hierdie Wêreld

nie.‖ (Jhn.8:23).

3.7 Jesus Is Die LIG Van Die Wêreld. Die waaragtige lig wat elke mens verlig

[Jesus], was aan kom in die Wêreld. (Jhn.1:9).

3.8 In God Se Lig [Jesus!] Sien Ons Die Lig. Want by U is die fontein van die

lewe; in U lig sien ons die lig. (Ps.36:10).

4. GEEN SONLIG NODIG IN DIE NUWE JERUSALEM.

(a) En hulle sal Sy [Jesus] se aangesig sien, en Sy Naam sal op hulle

voorhoofde wees. En nag sal daar nie wees nie; en hulle het geen lamp of sonlig

nodig nie, omdat die Here God hulle verlig; en hulle sal as konings regeer tot in

alle ewigheid (Openb.22:4-5).

Page 338: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 338

(b) Gedurende die eerste drie dae van die Skeppingsweek was daar LIG sonder Son (Génesis 1) ... in die Hemel gaan ons wéér LIG sonder Son hê! (Openb.22:4-5).

5. JESUS SAL IEMAND WAT NA HOM TOE KOM NOOIT WEGWYS NIE.

5.1 Die Plusteken Van God. Die kruis op die heuwel van Gólgota is die ewige

plusteken () van God. Hy kan u lewe verander vanaf 'n minus na 'n plus; vanaf 'n negatief na 'n positief; vanaf nederlaag na oorwinning; vanaf 'n verleentheid na 'n

geleentheid; vanaf 'n lewe van depressie na 'n lewe van blydskap; vanaf haat na liefde; vanaf duisternis na LIG.

5.2 Jesus Maak Die Uitnodiging.

(a) ―Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.‖

(Matt.11:28).

(b) Want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God, en

hulle word deur Sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in

Christus Jesus is. (Rom.3:23-24).

(c) ―Al wat die Vader My gee, sal na My toe kom; en Ek sal hom wat na My

toe kom, nooit uitwerp nie.‖ (Jhn.6:37).

5.3 Situasie Hopeloos? Maak nie saak hoe hopeloos u situasie is nie ... daar

steeds 'n GODDELIKE LIEFDE wat u net nie wil laat los nie! Die digter skryf:

Could we with ink the ocean fill,

And were the sky of parchment made;

Were every stalk on Earth a quill,

And every man a scribe by trade;

To write the love of God above

Would drain the oceans dry;

Nor would the scroll contain the whole,

Though stretched from sky to sky!

[F.M. Lehman: „The Love Of God‟, Alfred B. Smith, 'Gospel Favourites 27 Vol.2']

Page 339: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 339

Bibliografie.

1. Bybelgenootskap Van S.A.: 'Die Bybel In Afrikaans' (OV)/Voorblad-

illustrasie: PinksterProtestant.

2. Alfred B. Smith: 'Gospel Favourites Vol.2', Singspiration® Inc., Grand

Rapids, Michigan – (1946), Kopiéreg 1945: Renewal Nazarene Publishing

House.

Page 340: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 340

DDIIEE BBLLOOEEDD VVAANN DDIIEE KRUIS

Omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of

goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is nie, maar deur die kosbare bloed van

Christus, soos van 'n lam sonder gebrek, vlekkeloos. [1 Pet.1:18-19].

Kopiéreg © 2010 P.J. Stassen Alle Regte Voorbehou

1. DAAR IS GEEN VERGIFNIS SONDER BLOEDVERGIETING NIE.

1.1 Bloed En Sonde. Vanaf die vroegste tye was dit die gebruik: Geen vergifnis

sonder bloedvergieting nie!:

'En nadat hierdie dinge so ingerig was, het die priesters wel gedurig in die

eerste tabernakel ingegaan om die dienste te vervul, maar in die tweede die

hoëpriester alleen, een maal in die jaar, nie sonder bloed nie, wat hy offer vir

homself en vir die sondes van die volk uit onwetendheid begaan --- .' (Heb.9:6-7).

Waarom hierdie buitengewone, drakóniese tradisie? Was dit regtig nodig? Waar kom dit alles vandaan?

1.2 Die Eerste Sonde!

(a) Om mee te begin, het die eerste sonde op die planeet gepaard gegaan met bloedvergieting, want 'n dier moes geslag word om die naaktheid van Adam en

Eva te bedek, net ná die Sondeval in Eden:

'En die Here God het vir die mens en sy vrou rokke van vel gemaak en hulle

dit aangetrek.' (Gén.3:21).

(b) Daarna is Abel deur Kain vermoor:

‗En Kain het met sy broer Abel gepraat; en toe hulle in die veld was, het

Kain teen sy broer Abel opgestaan, en hom doodgeslaan.' (Gén.4:7).

Page 341: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 341

(c) Sonde het dus in hierdie Wêreld ingekom gepaard met bloedvergieting, en

sal alleen hier uitgaan gepaard met bloedver-gieting:

'En byna alles word met bloed gereinig volgens die wet, en sonder

bloedvergieting vind daar geen vergifnis plaas nie.' (Heb.9:2).

2. AARDSE OFFERS VIR „N AARDSE TABERNAKEL.

2.1 Aardse Offers. Omdat bloedvergieting móés plaasvind en Aardse offers

gebring moes word vir die sondes van die volk by „n Aardse tabernakel, is diere geslag en ge-offer:

‗Want elke hoëpriester wat uit die mense geneem word, tree ten behoewe

van mense op in die dinge wat met betrekking tot God staan, om gawes en

offers vir die sondes te bring.‘ (Heb.5:1).

2.2 Aardse Heiligdom.

'Die Aardse offers was vir 'n Aardse heiligdom: waarmee die Heilige Gees dít

duidelik maak, dat die weg na die heiligdom nog nie geopen is so lank as die

eerste tabernakel nog standhou nie.

‗Dit was ‗n beeld met die oog op die teenwoordige tyd waarin daar gawes

en offers gebring word, wat hom wat die diens verrig, na die gewete nie

volkome kan maak nie, omdat dit net bestaan het in spys en drank en

verskillende wassinge en vleeslike verordeninge wat opgelê is tot op die tyd

van herstelling'. (Heb.9:1,,9,10).

3. 'N HEMELSE OFFER VIR 'N HEMELSE TABERNAKEL.

3.1 Volmaakte Offer Vir Ewig? Aardse offers gebring by 'n Aardse tabernakel het dus versoening gebring op 'n tydelike, Aardse basis, met die oog op die 'teenwoordige

tyd'. Maar hierdie instelling was nie voldoende nie ... want wat regtig nodig was, was 'n volmaakte offer vir 'n volmaakte tabernakel op 'n permanente grondslag:

'Maar Christus, wat opgetree het as Hoëpriester van die toekomstige

weldade, het deur die groter en volmaakter tabernakel wat nie met hande

Page 342: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 342

gemaak is nie, dit wil sê, wat nie aan hierdie skepping behoort nie, ook nie

met die bloed van bokke en kalwers nie, maar met Sy eie bloed, een maal

ingegaan in die heiligdom om 'n ewige verlossing teweeg te bring.

‗Want as die bloed van stiere en bokke en die as van 'n vers wat die

verontreinigdes besprinkel, heilig maak tot reiniging van die vlees, hoeveel te

meer sal die bloed van Christus, wat Homself deur die ewige Gees aan God

sonder smet ge-offer het, julle gewete reinig van dooie werke om die lewende

God te dien.' (Heb.9:11-14).

3.2 'n Ewige Tabernakel! Omdat ons 'n volmaakte offer het wat nie aan hierdie skepping behoort nie (Christus: God in die vlees) kan ons deur die bloed van daardie volmaakte offer (Jesus) die seremoniële en juridiese eise van die Ewige Tabernakel,

wat ook nie aan hierdie skepping behoort nie, tevrede stel. Die bloed van Jesus was

uniek, en dit was volmaak:

(a) ―Wie van julle oortuig My van sonde?‖ (Joh.8:46a).

(b) 'Hoeveel te meer sal die bloed van Christus, wat Homself deur die ewige

Gees aan God sonder smet ge-offer het, julle gewete reinig van dooie werke om

die lewende God te dien.' (Heb.9:14).

3.3 Oneindige Straf Vir Die Verwerping Van Christus? Oneindige straf in 'n

ewige verderf ('infinite punishment') vir tydelike/beperkte sondes ('finite sins') van sterflike wesens op hierdie Aarde is moontlik, want daar is geen ander weg waarlangs

die Saligheid bereik kan word nie, behalwe deur die Bloed van Jesus Christus gestort op Gólgota. Jonathan Edwards skryf:

―This precious blood is as much the main price by which heaven is

purchased, as it is the main price by which we are redeemed from hell. Christ

spilled His blood to satisfy. And because of the infinite dignity of His person,

His sufferings were looked upon as of infinite value, and equivalent to the

eternal sufferings of a finite creature.

―He spilled His blood out of respect to the honor of God's majesty, and in

submission to the authority of Him who had commanded Him so to do. His

obedience was therefore of infinite value, both because of the dignity of the

person who obeyed, and because He put Himself to infinite expense to perform

Page 343: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 343

it, whereby He demonstrated the infinite degree of His regard for God's

authority.‖ ('Sinners In The Hands Of An Angry God', p.301).

As gevolg van die oneindige waardigheid van Christus se Persoon, word Sy (kortstondige) lyding beskou as van ewige waarde, gelykstaande aan die ewige straf

van 'n (kortstondige) Aardse persoon:

'Infinite Dignity' x 'Finite Suffering' = 'Finite Dignity' x 'Infinite Suffering'.

3.4 Geen Hoop Sonder Christus. Daar kan dus geen hoop vir Redding buite

Christus wees nie:

'As iemand die Wet van Moses verwerp het, sterf hy sonder ontferming op

die getuienis van twee of drie; hoeveel swaarder straf, dink julle, sal hy

verdien wat die Seun van God vertrap het en die bloed van die testament

waardeur hy geheilig is, onrein geag en die Gees van Genade gesmaad het?' (Heb.10:29).

3.5 Godsdiens-Sinkretisme Is Onaanvaarbaar. Ons kan dus nie saamstem (en

dit net om polities-korrek te wees) met daardie sekulêr-humanistiese, New Age-neiging om alle godsdienste in een hoed te wil gooi asof elkeen op sy eie kultuur-

eksklusiewe formule die Ewige Lewe kan beërwe nie. Daar bestaan nie soiets soos Saligheid Vir Almal ('One Size Fits All') d.m.v. 'n magiese mosaïek van drekgode,

oosterse filosofiëe en allerhande Hollywoodiaanse springmielie-kultusse buite die Evangelie Van Jesus Christus nie.

Dit sou dus uiters riskant wees om mens te steur aan die simplistiese, reënboognasie diversiteitsretoriek van die politici wat net daarop gemik is om hulle heidense, multi-godsdiens agenda te vestig as 'n geldige geestelike norm vir alle

Suid-Afrikaners. Jesus Christus is (en bly) on-beskaamd die (enigste) Weg, die Waarheid en die Lewe (Jhn.14:6). Hy mag miskien 'Lam in nederigheid' wees, maar

bly steeds 'Leeu in majesteit'.

4. DIE WOORDE VAN JESUS CHRISTUS SELF!

4.1 Jesus sê:

(a) ―Voorwaar, voorwaar, Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie,

kan hy die koninkryk van God nie sien nie.‖ (Jhn.3:3b).

Page 344: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 344

(b) ―Want so lief het God die Wêreld gehad, dat Hy Sy eniggebore Seun gegee

het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die Ewige

Lewe kan hê.‖ (Jhn.3:16).

(c) ―Wie Sy [Jesus se] getuienis aangeneem het, het sy seël daarop gesit dat

God waaragtig is.‖ (Jhn.3:33).

(d) ―Maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid

nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word 'n

fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe.‖ (Jhn.4:14).

(e) ―Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry

nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie.‖ (Jhn.6:35b).

(f) ―Al wat die Vader My gee, sal na My toe kom; en ek sal hom wat na My

toe kom, nooit uitwerp nie.‖ (Jhn.6:37).

(g) ―Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun

ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom.‖ (Jhn.3:36).

4.2 Lees Jesus Se CV! Het Jesus Christus ooit gelieg? Het u al sy Curriculum Vitae (Génesis tot Openbaring) gelees? Sal die Heilige Gees ooit vir u lieg ...

watter Godslastering om dit te insinueer! Kan al vandag se blasé skrywers (van briljante disformaat), wat so blatant lieg oor Sy werk en karakter, ooit vergelyk

word met Hom? Wie is soos Hy op hierdie Aarde (of elders)?

5. DIE WOORDE VAN SOMMIGE DISSIPELS EN APOSTELS.

5.1 Die Geliefde Dissipel Johannes.

(a) ―Nog baie ander tekens het Jesus voor sy dissipels gedoen wat in hierdie

boek nie beskrywe is nie; maar hierdie is beskrywe, dat julle kan glo dat Jesus

die Christus is, die Seun van God; en dat julle deur te glo die lewe kan hê in sy

Naam.‖ (Jhn.20:20-21).

Page 345: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 345

(b) En as iemand gesondig het, ons het 'n Voorspraak by die Vader, Jesus

Christus, die Regverdige.‖ (1 Jhn.2:1b).

(c) ―As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te

vergewe en van alle ongeregtigheid te reinig. As ons sê dat ons nie gesondig het

nie, dan maak ons Hom tot 'n leuenaar en is Sy woord nie in ons nie.‖ (1

Jhn.1:9,10).

5.2 Lukas Die Geneesheer. “En elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal

gered word.” (Hand.2:21).

5.3 Die Apostel Paulus.

(a) ―Want ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is 'n

krag van God tot redding vir elkeen wat glo.‖ (Rom.1:16a).

(b) ―Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die

mens Christus Jesus.‖ (1 Tim.2:5).

(c) ―Dit is 'n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word, dat

Christus Jesus in die wêreld gekom het om sondaars te red.‖ (1 Tim.1:15a).

5.4 Die Apostel Petrus. ―Kom na Hom toe, die lewende steen wat deur die mense

wel verwerp is, maar by God uitverkore en kosbaar is.‖ (1 Pet.2:4).

5.5 Judas. ―Aan Hom wat nou magtig is om julle van struikeling te bewaar en

julle sonder gebrek voor Sy heerlikheid te stel met gejuig, aan die alleenwyse God,

ons Verlosser, kom toe al die heerlikheid en krag en mag, nou en tot in alle ewigheid.

Amen.‖ (Jud.1:24-25).

5.6 Jakobus. ―Verneder julle voor die Here, en Hy sal julle verhoog.‖ (Jak.4:10).

6. WAT DIE BLOED VAN JESUS CHRISTUS ONS ALLES BIED.

6.1 Losgekoop Deur Die BLOED. ―Omdat julle weet dat julle nie deur

verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat deur

Page 346: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 346

die vaders oorgelewer is nie, maar deur die kosbare bloed van Christus, soos van 'n

lam sonder gebrek, vlekkeloos.‖ (1 Pet.1:18-19).

6.2 Regverdigmaking & Versoening Deur Die BLOED. 'En hulle word deur Sy

genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is.

Hom het God voorgestel in Sy Bloed as 'n versoening deur die geloof, om Sy

geregtigheid te bewys deurdat Hy die sondes ongestraf laat bly het wat tevore

gedoen is onder die verdraagsaamheid van God, om Sy geregtigheid te toon in die

teenwoordige tyd, sodat Hy self regverdig kan wees en regverdig maak wie uit die

geloof in Jesus is.' (Rom.3:24-26).

6.3 Reiniging Deur Die BLOED. 'Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig

is, dan het ons ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, Sy

Seun, reinig ons van alle sonde.' (1 Jhn.1:7).

6.4 Heiliging Deur Die BLOED. 'Daarom het Jesus ook, om die volk deur Sy eie

bloed te heilig, buitekant die poort gely.' (Heb.13:12).

6.5 Dienswerk Aan God Deur Die BLOED. 'Hoeveel te meer sal die bloed van

Christus, wat Homself deur die ewige Gees aan God sonder smet ge-offer het, julle

gewete reinig van dooie werke om die lewende God te dien.' (Heb.9:14).

6.6 Toegang Tot Die Heiligdom Deur Die BLOED. 'Terwyl ons dan, broeders,

vrymoedigheid het om in die heiligdom in te gaan deur die bloed van Jesus, op die

nuwe en lewende weg wat Hy vir ons ingewy het deur die voorhangsel heen, dit is Sy

vlees ... ' (Heb.10:19-20).

6.7 Ewige Lewe Deur Die BLOED. 'En Jesus sê vir hulle: ―Voorwaar, voorwaar,

Ek sê vir julle, as julle nie die vlees van die Seun van die mens eet en Sy bloed drink

nie, het julle geen lewe in julleself nie. Hy wat My vlees eet en My bloed drink, het die

ewige lewe, en Ek sal hom opwek in die laaste dag.‖ ' (Jhn.6:53-54).

6.8 Oorwinning Deur Die BLOED. 'En hulle het hom [Antichris] oorwin deur die

bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood

toe hulle lewe nie liefgehad nie.' (Openb.12:11).

Page 347: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 347

6.9 Hemelse Blydskap Deur Die BLOED. 'Na al hierdie dinge het ek gesien, en

kyk, daar was 'n groot menigte wat niemand kon tel nie, uit alle nasies en stamme

en volke en tale; hulle het gestaan voor die troon en voor die Lam, bekleed met wit

klere en met palmtakke in hulle hande; en hulle het met 'n groot stem geroep en

gesê: ―Heil aan onse God wat op die troon sit, en aan die Lam! ...‖ En ek sê vir hom:

―My heer, u weet dit.― En hy sê vir my: ―Dit is hulle wat uit die groot verdrukking

kom, en hulle het hul klere gewas en hul klere wit gemaak in die bloed van die Lam.‖

' (Openb.7:9,10,14).

7. DIE BLOED AAN DIE DEURPOSTE EN DIE BO-DRUMPEL.

7.1 Die Lam Van God. Reeds eeue vóórdat Jesus Christus sou sterf aan die kruis

van Gólgota, het die saga van die BLOED alreeds begin.

(a) Jaaroud Rammetjie In Bewaring. Tydens die voorbereiding vir die uittog (Exodus) uit Egipte moes Joodse gesinne elk 'n lam, 'n jaaroud-rammetjie

sonder gebrek, vir 4 dae in bewaring hou. Joodse oorlewering vertel dat hierdie lammetjie vir daardie 4 dae net soos 'n kind, vir wie die gesin baie lief geword

het, in die huis versorg is ... hy het saam met die kinders gespeel, by hulle

ingewoon en het dikwels ook 'n troetel-naampie by hulle gekry.

(b) Geslag Op Die 14de. Maar, op die 14de dag van die maand, moes die hele vergadering hul lammetjie slag, teen die aand.

(c) Bloed Aan Die Deurposte. Van die bloed is dan aan die twee deurposte en die bo-drumpel gestryk van die huise waarin hulle die Pasga sou eet. In

dieselfde nag is die lammetjie se vleis oor die vuur gebraai en saam met ongesuurde brode met bitter kruie ge-eet.

7.2 Die Bloed Van Die Kruis!

Hierdie was alles 'n heenwysing na die bitter lyding en dood van Jesus Christus later in die Nuwe Testament. Net so, stryk God vandag (indien ons belangstel!) die Bloed

van die Paaslam van Gólgota teen die twee deurposte en bo-drumpel van ons hartsdeur as beskerming teen die Oordele van God:

―Maar die bloed sal vir julle 'n teken wees aan die huise waarin julle is: as Ek

die bloed sien, sal Ek by julle verbygaan ... ―(Exod.12:13).

(Vandaar die uitdrukking 'Pass-over' d.i. 'Verbygaan').

Page 348: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 348

8. JESUS CHRISTUS SE LYDING EN OFFER LANK GELEDE REEDS VOORSPEL.

8.1 JOB (± 1692 V.C.). 'Hy wat berge versit sonder dat hulle dit merk; wat hulle

omkeer in sy toorn; wat die aarde laat sidder uit sy plek, sodat sy pilare dril; wat

bevel gee aan die son, en hy gaan nie op nie, en die sterre agter 'n seël wegsluit; wat

alleen die hemel uitspan en stap op die golwe van die see ... My vriende spot met my;

uit my oog drup trane tot God --- dat Hy kan pleit vir 'n man by God en as

Menseseun vir sy naaste.' (Job 9:5-8).

8.2 DAWID (± 1086 - 1016 V.C.). ―My God, my God, waarom het U my verlaat,

ver van my hulp, van die woorde van my gebrul? ... Want honde het my omsingel; 'n

bende kwaaddoeners het my omring; hulle het my hande en voete deurgrawe. Al my

beendere kan ek tel; hulle kyk, hulle sien met welgevalle op my neer! Hulle verdeel

my klere onder mekaar, en werp die lot oor my gewaad.‖ (Ps. 2:2,17,18).

8.3 JESAJA (± 759 - 690 V.C.). 'Hy was verag en deur die mense verlaat, 'n man

van smarte en bekend met krankheid; ja, soos een vir wie 'n mens sy gelaat verberg;

Hy was verag en ons het Hom nie geag nie. Nogtans het Hy ons krankhede op hom

geneem, en ons smarte --- dié het Hy gedra; maar ons het Hom gehou vir een wat

geplaag, deur God geslaan en verdruk was.

‗Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons

ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op

Hom, en deur Sy wonde het daar vir ons genesing gekom.' ... 'Hy is mishandel,

hoewel Hy onderworpe was, en Hy het Sy mond nie oopgemaak nie; soos 'n lam wat

na die slagplek gelei word en soos 'n skaap wat stom is voor Sy skeerders --- ja, Hy

het Sy mond nie oopgemaak nie.' (Jes.53:3,5,7).

8.4 DANIËL (± 604 - 530 V.C.). 'Ek het gesien in die naggesigte, en kyk, met die

wolke van die hemel het Een gekom soos die Seun van 'n mens, en Hy het gekom tot

by die Oue van dae, en hulle het Hom nader gebring voor Hom. En aan Hom is gegee

heerskappy en eer en koningskap; en al die volke en nasies en tale het Hom vereer; sy

sy heerskappy is 'n ewige heerskappy wat nie sal vergaan nie, en sy koninkryk een

wat nie vernietig sal word nie.' (Dan.7:13-14).

Page 349: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 349

8.5 SAGARIA (± 520 V.C.). 'En as iemand vir hom sê: ―Watter wonde is daar

tussen jou hande?‖ Dan sal hy antwoord: ―So is ek geslaan in die huis van my

vriende.‖ '(Sag.13:6).

9. DIE NUWE LIED VAN OPENBARING.

9.1 Alles Danksy Die Bloed. Die Bloed van Jesus strek, as 'n tema, dwarsdeur die Bybel tot by Openbaring waar Johannes die gesig sien van die nuwe lied gesing vir Jesus:

'Toe sing hulle 'n nuwe lied en sê: ―U is waardig om die boek te neem en sy

seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir God met U bloed gekoop uit

elke stam en taal en volk en nasie, en het ons konings en priesters vir onse

God gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers.‖ (Openb.5:9-10).

9.2 Jesus waarsku. ―Kyk, Ek kom gou. Salig is hy wat die woorde van die

profesié van hierdie boek [Die Bybel:Openbaring] bewaar.‖ (Openb.22:7).

10. GEEN REDDING SONDER DIE BLOED VAN JESUS CHRISTUS.

―Hy wat in Hom [Jesus] glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie,

is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore

Seun van God [Jesus] nie.‖ (Jhn.3:18).

―En soos Moses die slang in die woestyn verhoog het, so moet die Seun van die

mens [Jesus] verhoog word, sodat elkeen wat in Hom [Jesus] glo, nie verlore

mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.‖ (Jhn.3:14-15).

―Die Vader het die Seun [Jesus] lief en het alles in Sy [Jesus se] hand gegee.‖

(Jhn.3:35).

―Wie die Seun [Jesus] nie eer nie, eer nie die Vader wat Hom [Jesus] gestuur

het nie.‖ (Jhn.3:23b).

―En Hy [die Vader] het Hom [Jesus] mag gegee om ook te oordeel, omdat Hy

[Jesus] die Seun van die mens is.‖ (Jhn.3:27).

Page 350: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 350

―Dit is die werk van God, dat julle in Hom [Jesus] glo wat Hy [die Vader]

gestuur het.‖ (Jhn.6:29b).

―Ek [Jesus] is die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het. As iemand

van hierdie brood [Jesus] eet, sal hy lewe tot in ewigheid. En die brood wat Ek

sal gee, is My vlees wat Ek vir die lewe van die wêreld sal gee.‖ (Jhn.6:51).

―Julle is van benede, Ek [Jesus] is van bo; julle is uit hierdie wêreld, Ek is nie

uit hierdie wêreld nie. Ek het dan vir julle gesê dat julle in jul sondes sal sterwe;

want as julle nie glo dat dit Ek is nie, sal julle in jul sondes sterwe.‖ (Jhn.8:23-24).

'Genade vir julle en vrede van Hom wat is en wat was en wat kom, en van die

sewe Geeste wat voor sy troon is, en van Jesus Christus, die getroue getuie, die

eersgeborenes uit die dode en die Owerste oor die konings van die aarde! Aan

Hom [Jesus] wat ons liefgehad het en ons van ons sondes gewas het in Sy bloed

en ons gemaak het konings en priesters vir Sy God en Vader, aan Hom [Jesus]

die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen.' (Openb.1:4b-6).

Daar is 'n heilfontein van BLOED

Vloeiend uit Emmanuel's sy,

En sondaars word in daardie vloed

Van al hul sonde vry!

'DAAR IS 'N HEILFONTEIN VAN BLOED' (William Cowper, Evangelie Liedere, p.27)

GEBED

Hiermee neem ek Jesus Christus aan as my Verlosser en Saligmaker. Hemelse

Vader, ek bid vir die voorreg van Reiniging deur Jesus se Bloed. Skryf asb. my

naam ook in die Boek Van Die Lewe.

Handtekening Datum

Page 351: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 351

Bibliografie.

1. Die Bybelgenootskap Van SA: 'Die Bybel In Afrikaans' (1933/1957)/Voorblad-illustrasie: PinksterProtestant..

2. Jonathan Edwards: 'Sinners In The Hands Of An Angry God', Bridge-Logos, Gamesville, Florida (2003).

3. 'Evangelie Liedere', Christelike Uitgewersmaatskappy. 4. Andrew Murray: 'The Power Of The Blood Of Christ', Whitaker House (1993).

Page 352: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 352

DDAANNKKIIEE JJEESSUUSS VVIIRR DDIIEE

OOFFFFEERR VVAANN DDIIEE KKRRUUIISS Die woord van die kruis is wel dwaasheid vir die wat

verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God [1 Kor.1:18].

Kopiéreg © 2010 P.J. Stassen

Alle Regte Voorbehou

1. DIE WYSHEID VAN HIERDIE WÊRELD.

1.1 Ons Leef In 'n Tyd Van 'Wonders'.

(a) Nuwe Uitvindsels? Ons leef in 'n tyd van die wonders van die atoom; ruimte-laboratoriums; die Hubble-teleskoop; selfone; radio; televisie en skootrekenaars. Mens kan maar net gis oor wat die toekoms se 'Benjamin

Franklins', 'Thomas Edisons' en 'Albert Einsteins' alles nog gaan ontdek.

Niemand weet ook regtig waartoe die mensdom alles nog staat is of wat die wetenskap nog alles vir die Wêreld inhou nie.

(b) Die Sterrekunde, Kosmologie en Astro-Fisika. Byna daagliks kondig dit nuwe dinge aan op die gebied van ruimte-navorsing, terwyl daar in bv. die Kwantum-Fisika en Kwantum-Meganika nog wild ge-spekuleer word oor die

moontlike bestaan van kwarke en superstringe ... dalk die kleinste deeltjies ('particles') wat daar in die mikro-kosmos mag bestaan.

(c) Die Onsekerheidsbeginsel. Kernfisici praat ook nog oral oor die sogenaamde „Onsekerheidsbeginsel‟ in die newe-wêreld van elektrone, positrone

en die geheimsinnigheid waarin anti-materié gehul is.

1.2 Alles Is Egter Nie Maanskyn En Rose Nie.

(a) Dolly Se Kloon. Toe hulle destyds vir 'Dolly' gekloon het, was dit nie

eintlik 'n blêrende sukses nie, was dit? Ek meen, hoe lank het 'Dolly' geleef, en hoeveel het dit hulle gekos? Hoeveel miljoene nasate kon sy nalaat? Hoeveel

skape is in elk geval sedert 'Dolly' in die Wêreld gebore, sonder die hulp van manne met dik brille, in wit jasse? Die Suid-Koreane het ook onlangs sewe

snuffelhonde gekloon teen ± R2,3 miljoen ... wetenskap of monumentale navorsings-égoreis?

Page 353: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 353

(b) Evolusie Het Geflop. Die arme Evolusioniste sukkel ook nog steeds, ná 150 jaar, om Evolusie, wat veronderstel is om spontaan, lukraak, breinloos,

doelloos en Godloos die samelewing gedurig te 'transformeer', te máák wérk,

maar dit wil steeds maar net nie vlot nie:

(i) Eers was dit Natuurlike Seleksie ('Darwinisme'); toe kom hulle met

(ii) Natuurlike Seleksie + Mutasies ('Neo-Darwinisme'). Toe dit nie wou werk nie, kom iemand toe met

(iii) die Oorerwing Van Verworwe Karakter-eienskappe ('Lamarckisme'), en, meer as 900 stertlose witmuise later, verras Gould en Goldschmidt ons toe

sowaar met

(iv) Gepunktueerde Ekwilibrium (Die 'Hoopvolle Monster-teorie') ... ook tevergeefs.

(c) Geen Transisionele Fossiele Ooit Gevind. Paleontoloë soek ook nou al 100 jaar lank na oorgangstadium (transisionele) fossiele as bewys vir Evolusie,

maar, ten spyte van meer as 100 miljoen geklassifiseerde en ge-etiketteerde fragmente Wêreldwyd in versamelings en museums, is daar nog nooit eers

énetjie gevind nie!

Uit bv. die biljoene fossiele van amfibiëe en/of dinosourusse ens., wat volgens

Robert Broom se skatting, waarskynlik nog in die ryk Karoo-afsetting begrawe lê, was dáár ook nog nóóit so transisionele fossiel gevind nie.

(NB. Transisionele-/Oorgang-stadium-/Interme- diêre fossiele sal kastig 'makro-evolusie' tussen hoofspesies 'bewys').

(d) Bewyse Vir Evolusie? So karig is die sogenaamde 'bewyse' vir Evolusie

(volgens Evolusioniste self!) dat daardie eksemplare wat hulle bereid is om in 'n hof as 'getuienis' vir Evolusie aan te bied, op één snoekertafel tentoongestel sal

kan word, en ná die tyd ook in één doodskis verwyder sal kan word (presies ook waar dit hoort!).

(e) Sosiale Flater! Die paleontolóóg, Mary Leakey ('n Evolusionis), het by 'n geleentheid in New York die onvergeetlike faux pas begaan om die organiseerders van 'n Evolusie-simposium oor die vingers te tik omdat al die

'prima-getuienis' vir Evolusie op 'n enkele tafel uitgestal was ... sy het die organiseerders gewys daarop dat 'n godsdiens-fanatikus die hele spul, en dus die

Wêreld se ganse Evolusie-erfenis,op één slag met 'n tuisgemaakte bommetjie

sou kon vernietig!

Daar was geen geringe konsternasie oor hierdie uitlating nie, want by implikasie was Evolusie dus 'n onbewese Teorie wat gebuk gaan aan 'n ernstige

gebrek aan voldoende en geloofwaardige getuienis. As die Teorie wáár was, sou die ganse planeet waarskynlik gewemel het van transisionele fossiele wat

Page 354: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 354

Evolusie bewys ... hulle sou al die fossiele nie eers in die 'Houston Astrodome' kon pak nie, wat nog by 'n uitstalling tydens 'n Evolusie-simposium).

(e) Stanley Miller En Aminosure? Arme Stanley Miller het ook sy bes probeer om aminosure in 'n laboratorium te maak en 'lewe te skep', toe flop dit

ook. Mense en diere beskik net oor LH (Linkshandige) aminosure ... 'sintetiese aminosure' uit Labo-ratoriums is almal LH + RH (Links- plus Regshandige-)

aminosure.

(f) Hoekom Benodig Evolusie 'n Vroedvrou? Hoekom het Evolusie in elk

geval mense nodig om die Teorie te 'perpetueer' (bemark, promoveer, verdedig)? Kan Moeder Natuur dit nie maar sommer sélf doen nie? Volgens die

Evolusioniste bestaan die Heelal al '15 biljoen jaar' en ons Sonnestelsel '5 biljoen jaar' ... hoekom sal Evolusie, ná 'n 'suksesverhaal' van '15 biljoen jaar', die

afgelope 150 jaar dit skielik so noodsaaklik vind om die hulp van sy eie 'breinkind', homo sapiens sapies ('wyse wyse man!') soos 'n wafferse vroedvrou

in te roep om die Teorie uit die verknorsing te red? Hoekom kan Evolusie nie homself help nie?

(g) Hitler Se 'Eugenics' Eksperimente. Adolf Hitler, wie in Evolusie geglo het, se 'Eugenics-eksperiment' (i.v.m. die 'meerderwaardige ariese rasse') misluk toe

mos finaal op 30 April 1945, en oor die Nazis se laaste oomblikke skryf die geskiedkundige, H.R. Trevor-Roper, soos volg:

―Nou het die god [Hitler] vergaan; die tempel [die 'Derde Ryk'] is onherroeplik

vernietig; die getroue volgelinge [die „Nazis‟] is óf verstrooi óf bekeer; en die

selfmoord van die uitgeweke priester [Hitler] die natuurlike einde van 'n

hoofstuk in die geskiedenis: die geskiedenis, wil dit voorkom, van 'n barbaarse

stam [die „Nazis‟] en 'n primitiewe bygeloof ['Eugenics'/Evolusie].' ('The Last Days

Of Hitler', p.230, Pan Books Ltd, London - 1947).

Dink net: Een van die Wêreld se mees gerespekteerde historici noem Nazisme, 'Eugenics', en Evolusie toe 'n 'primitiewe bygeloof'.

(h) Vervalsings & Wanvoorstellings. Verder kom die ontnugtering boonop toe oor al die vervalsings en wanvoorstellings in die Evolusie-kamp:

Australopithecines (Mev. Ples en Lucy ingesluit) was toe al die tyd ape;

Nebraska-Mens was toe al die tyd 'n vark (en ek probeer nie opsetlik beledigend wees nie);

Java-Mens was 'n gibboen-aap;

Peking-Mens was toe al die tyd waarskynlik gewone mense wat aapskedels vergruis het om die breins te eet;

Page 355: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 355

Orce-Mens was toe al die tyd die skedel van 'n donkie;

Piltdown-Mens en Archeopteryx was albei vervalsings en

Neandertal-Mens toe al die tyd 'n sieklike (gewone) mens wat baie oud was en gely het aan kwale soos artritis, diabetes, ragitis en ander Vitamiene D-

voedinggebreksiektes;

Die Geologiese Tydskaal ('Geologic Column': Cenozoic, Mesozoic, Paleozoic

ens.) het toe al die tyd nooit bestaan soos in teksboeke uitgebeeld nie, behalwe in diesulke boeke en op pragtige muurkaarte. Om alles te kroon vang

iemand toe op 22 Desember 1938 'n lewendige eksemplaar (daarna nog 8!) van die Coelacanth in die see aan die kus van S.A./Mosambiek, wat kastig '70

miljoen jaar' gelede al 'uitgesterf' het ... en die lewendige eksemplaar en die '70 miljoen jaar' oue fossiel het niks van mekaar verskil nie! Die Evolusie-

Teorie het duidelik vordering met die ware Natuur-wetenskap met minstens 150 jaar vertraag!

(i) Die Wet Van Skepperskap. Die 'Wet Van Skepperskap' sê dat die skepper of maker van 'n voorwerp of produk altyd intelligenter en méér kompleks as

daardie voorwerp of produk self is, of daardie voorwerp of produk nou 'n papiervliegtuigie of kernaanleg is. Wanneer mens na die kompleksiteite van bv.

die Elektro-magnetiese Spektrum of Periodieke Tabel Van Elemente kyk, moet mens erken dat hierdie Heelal 'n geweldige komplekse omgewing is ... so hoe

moet die Wese wat dit geskep het daar uitsien?

Moenie sleg voel indien u dit nie kan begryp nie, want as God 'intellektueel' in ons ± 1,5 kg. breintjie gevisualiseer en verstaan kon word, sou Hy nie God kon

gewees het nie … nog minder „n wese die moeite werd om te aanbid.

(j) Deursnee Van Die Heelal. Sterrekundiges skat die deursnee (diameter)

van die Heelal op '30 biljoen ligjaar'. As hulle korrek is [hou in gedagte dat alle afstande verder as 100 ligjaar waarskynlik growwe skattings & gissings is] is dit

ongeveer 30 biljoen x 9,4 triljoen kilometer = ± 282 biljoen triljoen kilometer.

Dit is egter maar net so vêr as wat hulle teleskope kan waarneem, m.a.w. die 'sigbare Heelal'. Niemand weet presies hóé die finale horison en grense (indien

daar ooit sulke grense bestaan) van tyd, ruimte en materié daar uitsien nie.

2. DIE WYSHEID VAN DIE WÊRELD IS DWAASHEID BY GOD.

2.1 Ons God Is 'n Merkwaardige God!

(a) Gewone Rekenkunde. Ons leef in 'n rekenkundige wêreld waar mense tel

soos volg: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, ens., en die samelewing het al briljante mense

opgelewer op die gebied van bv. die aktuariële wetenskap, wiskunde, kern-fisika,

Page 356: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 356

statistiek, kwantum-meganika, atoom-fisika ens. Ek het onlangs gelees van 'n

man wat die derdemagswortel (³√) van 'n getal bestaande uit 250 syfers binne 'n

kwessie van sekondes kan bereken (hoofrekene).

(b) Superrekenkunde. Maar, sou mense op ons planeet nóg so slim gewees het indien ons in 'n Heelal moes aankom waar daardie planeet se briljante wesens getel het soos volg:

1¹, 2², 3³, 4⁴, 5⁵, 6⁶, 7⁷ [m.a.w. 1, 4, 27, 256, 3125, 46656, 823543]

ens.? Nogtans sal God lag vir sulke ou sommetjies! Dan probeer die Evolusioniste

nou sowaar nog hulle patetiese IK's (van tussen ± 70 en ± 210) teen hierdie Intellek met 'n IK van ∞ (Oneindig) opstel.

2.2 Die Bybel Sê Dat God Se Verstand Oneindig (∞) Is.

(a) Sterre. Hy weet hoeveel sterre en wat elkeen se naam is! Net in ons sterrestelsel alleen (die Melkweg) word die aantal sterre bv. geskat op minstens

100 000 miljoen:

Hy bepaal die getal van die sterre; Hy gee hulle almal name...onse Here is

groot en ryk aan krag, Sy verstand is oneindig. (Ps.147:4,5).

(b) Die Aarde Se Posisie. Hy hang die Aarde in die ruimte oor niks op. Die

Aarde spin (roteer) om sy eie denkbeeldige as teen ± 1609 k.p.u en swiep deur

die ruimte in sy baan om die Son teen ± 107 000 k.p.u.:

... voor Hom wat die noorde uitspan oor die chaos, wat die aarde ophang

oor 'n niks. (Job 26:7).

(c) Die Aarde Se Skepping. God het die Aarde wonderbaarlik gevorm:

Wie het die waters met die holte van Sy hand afgemeet, en van die hemele

met 'n span die maat geneem, en in 'n drieling die stof van die aarde

opgevang, en die berge geweeg met 'n weegtoestel en die heuwels met 'n

weegskaal? (Jes.40:12 ).

(d) Lego-Blokkies Mentaliteit? In vergelyking met God is die slimste onder ons byna soos kleuterjies wat vir die eerste keer met lego-blokkies kennis maak! Geen wonder die Bybel sê dat die vrees van die Here die beginsel van wysheid is

nie:

Page 357: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 357

Maar aan die mens het Hy gesê: ‖Kyk, die vrees van die Here is wysheid;

en om van die kwaad af te wyk, is verstand.‖ (Job 28;28). 'Die vrees van die

Here is die beginsel van die wysheid; almal wat dit beoefen, het goeie

verstand.' (Ps.111:10a).

God is m.a.w. nie ons onsigbare (denkbeeldige) speelmaatjie of lewelose afgodsbeeldjie iewers op 'n kaggel nie ... God is 'n Almagtige, oneindig

Intelligente en Wyse Wese!

―Want My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle weë is nie My weë nie,

spreek die Here. Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is My weë hoër as

julle weë en My gedagtes as julle gedagtes.‖ (Jes.55:8-9).

Na al sy lyding en ellende moes Job uiteindelik bieg: ―Ek weet dat U alles kan

doen en geen plan vir U onuitvoerbaar is nie.‖ (Job 42:2).

3. DIE MENS KAN HOMSELF NIE HELP NIE.

3.1 Ons Is Almal Afhanklik Van Die Skepper.

(a) Geen Uitsonderings. Selfs 'n leek moet erken dat die mens homself/haarself nie kan help of red nie. Ons is almal totaal afhanklik van die

Genade, Guns, Krag en Hulp van die Skepper van Hemel en Aarde. Daar is geen uitsonderings nie, maak nie saak watter geloof, godsdiens, kerkverband, filosofie

of ideologie ons aanhang nie. Selfs ateïste, agnostici, evolusioniste en sataniste het God nodig ... al weier hulle soms om dit te erken! Satiries gestel:

(b) Die Ateïs. 'n Ateïs is iemand wat nie in God glo nie, m.a.w. die ateïs het God nodig, anders het hy/sy niemand om nie in te glo nie.

(c) Die Satanis. Net so ook het die satanis God nodig, anders het hy niemand

om te haat nie.

(d) Dwalende Skape! Almal van ons het God tóg maar nodig! Die Bybel sê:

Want julle was soos dwalende skape ... (1 Pet.2:25a).

3.2 God Soebat Die Mens!

(a) God Klop Aan Hartsdeure. Hierdie groot God wat Wêrelde skep met die woorde van Sy Mond, kom nou met 'n verbasende uitnodiging na die mens.

Page 358: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 358

(b) God Smeek. Ja, soos 'n platsak-bedelaar klop die Magtigste Wese in die Heelal aan die deur van ons harte en smeek:

(i) ―Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die Here: al was julle sondes

soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal

word soos wol.‖ (Jes.1:18).

(ii) ―Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.

Neem My juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van

hart, en julle sal rus vind vir julle siele; want My juk is sag en my las is lig.‖

(Matt.11:28-30).

(iii) ―Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie My woord hoor en Hom glo

wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar

het oorgegaan uit die dood in die lewe.‖ (Joh.5:24).

(iv) En Jesus sê vir hulle: ―Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom,

sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie.‖ (Jhn.6:35).

4. DIE ALMAGTIGE GOD HET BEPAAL DAT DIE MENSDOM UIT DIE KAKE VAN DIE HEL GERED WORD DEUR DIE OFFER VAN JESUS AAN DIE KRUIS VAN

GÓLGOTA.

4.1 God Het Die Wêreld Lief.

(a) ―Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy Sy eniggebore Seun gegee

het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige

lewe kan hê.‖ (Jhn.3:16).

(b) ―Dit is 'n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word, dat

Christus Jesus in die wêreld gekom het om sondaars te red ...‖ (1 Tim.1:15).

(c) ―Want daar is een God en een Middelaar tussen God en diemense, die

mens Christus Jesus.‖ (1 Tim.2:5).

(NB. Geen Aardse 'priester', 'vader', 'biskop', 'kardinaal' of 'pous' het dus die mag, reg of gesag om as 'middelaar' vir die mens in te tree tussen die mens en

God met die doel om 'sonde-absolusie' vir iemand te probeer reël nie. Dit is niks

Page 359: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 359

minder nie as skandalige teologiese bedrog. Jesus Christus alleen skenk „sonde-absolusie‟ en niemand anders nie.

4.2 Die Intersessor Is Belangrik. Mense mag egter vir mekaar bid in die rol van die Intersessor ... en daardie reg en plig (om vir mekaar te bid) behoort aan elke

gelowige wat Jesus ken, en nie net aan die eksklusiewe ekklesiastiese 'priesterdom' van 'n sekere denominasie nie:

―Ook wat my betref, dit is ver van my dat ek teen die Here sou sondig, dat

ek sou ophou om vir julle te bid ...‖ (1 Sam.12:23).

5. TIPIESE VERSKONINGS.

5.1 “Daar Is Baie Tyd.” Daar is nie baie tyd nie. Ons kan vannag nog sterf. Ons is nie eers seker of ons selfs oor 5 minute nog in die lewe gaan wees nie. God se

welaangename tyd is nou, voor dit vir ewig te laat is:

(a) Omdat daar gesê word: ―Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte

nie soos in die verbittering nie.‖ (Heb.3:15).

(b) ―Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand My stem hoor en die

deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy

met My.‖ (Openb.3:20).

5.2 “Ek Is Té Sleg” Of “Nie Goed Genoeg Nie.”

(a) Nooit Op Meriete! Niemand is te sleg om deur God gehelp te word nie. Buitendien, die persoon wat sy Saligheid op meriete en na verdienste (m.a.w. op

grond van persoonlike prestasie of voorbeeldige gedrag) sou kon verdien, sou

mos nie Saligheid nodig hê nie ... hy is mos dan alreeds volmaak! Jesus het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.

(b) God Se Standaard Diskwalifiseer Ons Almal Vir Die Hemel. In vergelyking met God (en Sy Morele Standaard) is die vroomste mens op Aarde se goeie dade en werke in elk geval nutteloos en kragteloos om te red. Die Bybel

sê:

(i) Want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van

God, en hulle word deur Sy genade sonder verdienste geregverdig deur die

verlossing wat in Christus Jesus is. (Rom. 3:23-24).

Page 360: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 360

(ii) ―Want Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot

bekering.‖ (Matt.9:13b).

5.3 “Ek Leef Volgens Die Goue Reël En Die Tien Gebooie .... Ek Het Nie Bekéring Nodig Nie.”

(a) Almal Moet Hulle Bekeer. Die Bybel sê dat almal gesondig het en dat niemand regverdig is nie:

Soos geskrywe is: Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie. (Rom.3:10).

Nou sal baie mense miskien sê:

―Ek lewe volgens die Goue Reël en die Tien Gebooie .... ek het nie bekéring

nodig nie; net swakkelinge beroep hulle op die genade van God. Ek dring aan

op beoordeling op meriete; ek soek my dag in die hof!‖

(b) „n Regverdige Verhoor Of Amnestie? Watter dwaas, hoe vroom ookal, sal op meriete en verdienste na die hof vir 'n 'regverdige verhoor' wil gaan [bv.

die Groot Wit Troon Oordeel (Openb.20:11-15)] as hy algehele AMNESTIE kan kry? Toe God se Waarheids- en Versoeningskommissie gesit het op Gólgota meer as

2000 jaar gelede, het die Heilige Tribunaal van die Vader, Seun en Heilige Gees almal wat wou kom en bely, onmiddellik algehele AMNESTIE geskenk!

(c) Nou belowe Jesus:

―Al wat die Vader My gee, sal na My toe kom; en Ek sal hom wat na my toe

kom, nooit uitwerp nie ... En dit is die wil van Hom wat My gestuur het, dat

elkeen wat die Seun aanskou en in Hom glo, die ewige lewe mag hê, en Ek sal

hom opwek in die laaste dag.” (Jhn.6:37, 40).

5.4 Die Skuldbrief Is Vernietig. Jesus het die skuldbrief téén ons vir ewig teen die die kruis vasgenael:

(a) En julle, wat dood was, deur die misdade en die onbesnedenheid van julle

vlees, het Hy saam met Hom lewend gemaak deurdat Hy julle al die misdade

vergeef het, en die skuldbrief teen ons, wat Sy insettinge ons vyandig was, vir

ewig uitgedelg en weggeruim het deur dit aan die kruis vas te nael. (Kol.2:13-14).

Page 361: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 361

(b) En die Bloed van Jesus Christus, Sy Seun, reinig ons van alle sonde ... As

ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en

van alle ongeregtigheid te reinig. (1 Joh.1:7b,9).

5.5 “Ek Is Te Skaam.”

Jesus sê:

―Want elkeen wat hom vir My en My woorde skaam in hierdie owerspelige

en sondige geslag, vir hom sal die Seun van die mens Hom ook skaam

wanneer Hy kom in die heerlikheid van Sy Vader met die heilige engele.‖

(Mrk.8:38).

[Sien ook Luk.9:26; Rom.1:16; 2 Tim.1:8,12,16; Heb.2:11; Heb.11:16.]

6. DANKIE JESUS.

Dankie, Jesus Christus Van Nasaret, vir:

Die Bybel

33 jr. Afwesigheid Van Die Hemel & Die Maagdelike Geboorte

40 Dae van Vasting en Gebed (in die Wildernis Van Juda)

Die Gebede op die Olyfberg

Lering van die Dissipels & Wonders

Die Gebede in Getsémane

Die Sanhedrin-Verhoor

Heródus se Sarkasme

Page 362: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 362

Pilatus Se Géselkamers

Die doringkroon

Via Dolorosa

Gólgota, die Kruis en U Bloed

Die Opstanding

Die Verskyning aan die Dissipels

Die Uitstorting van die Heilige Gees

Wedergeboorte & Sondevergifnis

Regverdigmaking

Die Gebed Vir U Dissipels [Johannes 17]

Die Hemelvaart

Die Beloftes van Openbaring

Die Belofte van Die Wederkoms & Opstanding Uit Die Dode.

Bibliografie.

1. Bybelgenootskap Van SA: 'Die Bybel In Afrikaans' (1933/1957/1996) /Voorblad-illustrasie:

PinksterProtestant.

2. Vance Ferrell BA, MA, BD,: 'Science vs. Evolution' & 'The Evolution Handbook', Evolution Facts Inc. (2001).

3. H.R. Trevor-Roper: 'The Last Days Of Hitler', Pan Books Ltd, London (1947).

Page 363: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 363

JJEESSUUSS RREEDD VVAANNDDAAGG NNOOGG

…… MMÔÔRREE MMAAGG TTEE LLÁÁÁÁTT

WWEEEESS Dit is 'n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem

te word, dat Jesus Christus in die wêreld gekom het om sondaars te red ... [1 Tim.1:15a].

Kopiéreg © 2010 P.J. Stassen

Alle Regte Voorbehou

1. GOD SKEP TOE 'N VOLWASSE HEELAL.

1.1 Wat God Alles Kan Doen.

(a) Hoe Oud Was Adam Op Dag 6? God kan doen vêr bokant dit wat ons bid

of dink (Efés.3:20) en sal nie vir ons lieg nie (Num.23:19). Binne 24-uur nadat Adam as volwasse man geskape was, sou 'n evolusionis hom byvoorbeeld

beskrywe het as, ―'n ± 30-jarige, robuuste eksemplaar van homo sapiens

sapiens; massa 75 kg.; lengte 180 cm. in blakende gesondheid met uitstekende

vooruitsigte‖, min wetende dat hy maar 24-uur oud was!

Net so sal wetenskaplikes nou met hul meetinstrumente die Heelal probeer takseer, maar tevergeefs. Aardse meetinstrumente gaan nie die merkwaardige

wonderwerk van 'n feitlik oombliklike Skepping vanuit 'n Metafisiese Ruimte voortspruitend uit Metafisiese Oorsake ('n Goddelike Dekreet!) d.m.v. Metafisiese

Prosesse (binne 144 uur) kan aandui nie. Dit sal waarskynlik 'n volwasse [„antieke‟] Skepping rapporteer, terwyl die sterre, planete en mane, mooi op hul

plek en in volmaak-gekalibreerde wentelbane ... almal (op Dag 4) Heelal-wyd

finaal soos Kersliggies en -ornamentjies opgeflikker het, binne 24 uur.

(b) Jesus Bevestig Gènesis 1. Vir duisende jare het die ou Jode geglo in 'n 6-daagse Skepping van 24-uur per dag, ('Yom') ... waarom dan het Jesus, tog 'n

persoon van integriteit en besorgd oor Waarheid, nooit die geleentheid aangegryp om hierdie 'misverstandjie' tydens Sy Bediening op Aarde reg te stel

nie? Inteendeel het Hy Génesis dikwels net bevestig (Matt.19:4,8 & Mark.10:6).

Page 364: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 364

Matt. 19:4-8. En Hy antwoord hulle en sê: Het julle nie gelees dat Hy wat

hulle gemaak het, hulle van die begin af man en vrou gemaak het nie, en gesê

het: Om hierdie rede sal die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou

aankleef, en hulle twee sal een vlees wees; sodat hulle nie meer twee is nie,

maar een vlees? Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie.

Hulle sê vir Hom: Waarom het Moses dan beveel om ‗n skeibrief te gee en van

haar te skei? Hy antwoord hulle: Omdat Moses weens die hardheid van jul

harte julle toegelaat het om van julle vroue te skei; maar van die begin af was

dit nie so nie.

Mrk. 10:6-9. maar van die begin van die skepping af het God hulle man

en vrou gemaak. Om hierdie rede sal die man sy vader en moeder verlaat en

sy vrou aankleef, en hulle twee sal een vlees word, sodat hulle nie meer twee is

nie, maar een vlees. Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie.

[Sien ook Rom.5:14; 1 Kor.15:22,45; 1 Tim. 2:13,14; Jud.1:14)]

1.2 'n 'Pre-Chaotiese Aarde' Uiters Onwaarskynlik. (a) Die idee van 'n 'pre-chaotiese Aarde' van 'miljoene jare' vóór Génesis 1 of tussen Génesis 1:1 en Génesis 1:2

(soos voorstaanders van die 'Gapingsteorie' ons probeer vertel) is absurd, en die

teorie is waarskynlik ontwerp om Evolusie-konsepte te akkommodeer.

Johannes sien op Patmos tog duidelik dat daar 'n nuwe Aarde (dus die 2de Aarde) kom en dat die 1ste Aarde (dié Aarde wat ons tans op leef) verdwyn het (Openb.21:1).

(b) Daar was m.a.w. duidelik nie nóg 'n Aarde (of 'n geskiedkundige era) vóór die een wat ons tans ervaar nie. Daardie holruggeryde word, 'pre-histories', is sinneloos, en

as ons nou regtig die geskiedenis móét indeel, kom ons bly dan by die Bybelse resep van 'Pre-Sondvloed' en 'Post-Sondvloed' (Geológies), of 'Vóór Christus' en 'Na-

Christus'(Kultuur-Histories).

1.3 'n 'Pre-Adamitiese Ras' Was Onwaarskynlik. Daar kon m.a.w. ook geen 'pre-adamitiese menseras' bestaan het, nog minder diere, insluitende dinosourusse,

vóór Génesis 1 of voor Dae 5 en 6 van die Skeppingsweek nie, en ook nie tussen Génesis 1:1 en Génesis 1:2 nie. Dinosourusse is bv., soos alle ander diere, op Dag 6

van die Skeppingsweek gemaak.

Dit sou dus onmoontlik vir enige wese, mens of dier, gewees het om te kon geleef

en gesterf (of uitgesterf) het alvorens Adam die konsep van dood [deur sonde] in die Wêreld ingebring het. Adam en Eva was dus letterlik die eerste mense en vrye morele

agente op Aarde; en ook die eerstes deur wie morele keuses, sonde en lyding in die Wêreld gekom het.

Page 365: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 365

2. AS VRYE MORELE AGENTE IS ALLE MENSE IN BEGINSEL VERLORE.

2.1 'Morele Keuses' Is Onmoontlik Sonder 'Vrye Wil'.

(a) Die Sondeval. God het in Adam en Eva, vir wie Hy na Sy eie beeld geskape het, vrye morele agente geskep. As Adam en Eva dus nie oor vrye wil

beskik het nie, beskik God ook nie daaroor nie. Die Almagtige God kon verder [in Sy Heilige Voorkennis] die sondeval in Eden maklik ge-antisipeer en

vroegtydig verhoed het (indien Hy wou) deur persoonlike intervensie ... God is tog nie tydgebonde en onderhewig aan die beperkinge van die almanak en

horlosie nie.

(b) Die Geskiedenis Moes 'Voortgaan'. Nogtans het God dit blykbaar goedgedink om met die Wêreldgeskiedenis 'voort te gaan', ten spyte van die

„Sondeval‟. Die ou Sondagskoollessie nl. dat die Almagtige, Alwyse, Alwetende

God deur die Sondeval totaal verras of onkant betrap was, klink bietjie dik vir „n daalder en teológies ondenkbaar.

(c) Jesus Reeds Lankal Berei As Offer. Reeds van vóór die grondlegging van die Wêreld, d.w.s. lank vóórdat Adam en Eva geskape is ... toe sonde nog nie eers as 'n gedagtetjie by hulle opgekom het nie, het God al die liggaam en

persoon van Jesus berei as 'n offer vir die sondes van die Wêreld (Jhn.17:24;

Efés.1:3-11; 1 Pet.1:19-20).

(i) Vader, Ek wil dat waar Ek is, hulle wat U My gegee het, ook saam met

My sal wees, sodat hulle my heerlikheid kan aanskou wat U My gegee het,

omdat U My liefgehad het voor die grondlegging van die wêreld. [Jhn.

17:24].

(ii) Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons

geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus, soos Hy ons

in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en

sonder gebrek voor Hom in liefde te wees, deurdat Hy ons voorbeskik het om

ons as sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus, na die

welbehae van sy wil, tot lof van die heerlikheid van sy genade waarmee Hy

ons begenadig het in die Geliefde. In Hom het ons die verlossing deur sy bloed,

die vergifnis van die misdade na die rykdom van sy genade, wat Hy oorvloedig

aan ons bewys het in alle wysheid en verstand, deurdat Hy aan ons die

verborgenheid van sy wil bekend gemaak het na sy welbehae wat Hy in

Page 366: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 366

Homself voorgeneem het, om die volheid van die tye te reël, met die doel om

alle dinge wat in die hemele sowel as wat op die aarde is, onder een hoof in

Christus te verenig— in Hom in wie ons ook ‗n erfdeel ontvang het nadat ons

vantevore daartoe verordineer is ooreenkomstig die voorneme van Hom wat

alles werk volgens die raad van sy wil, [Efes. 1:3-11].

(iii) omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud,

losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is nie,

maar deur die kosbare bloed van Christus, soos van ‗n lam sonder gebrek en

vlekkeloos, wat wel vooruit geken is voor die grondlegging van die wêreld,

maar in hierdie laaste tye geopenbaar is om julle ontwil, [1Pet. 1:18-20].

Die „geskiedenis‟ van die mensdom „was‟ m.a.w. toe alreeds aan God in totaliteit bekend [die gewoonte wat ons het om terme soos „geskiedenis‟ en

„was‟, „is‟, „sal wees‟ ens. te gebruik wanneer ons oor God praat is eintlik

onwetenskaplik, aangesien God buitekant die grense en beperkinge van tyd, materié en ruimte bestaan].

(d) Keuses & Opsies. Die vrye wil van vrye morele agente, binne die grense van 'n planeet met beperkte hulpbronne en toenemende mededinging, is onmoontlik sonder 'n geleentheid vir die uitoefening van keuses en opsies (bv.

wit vs. swart; lig vs. duisternis; goedheid vs. boosheid; ens.).

(e) Rentmeesterskap & Diskrésie. Dit beteken ook dus dat God aan die

mensdom diskrésie toevertrou het, wat goedheid dan 'ongelukkig' opsioneel maak. God laat dit nou aan die mense as 'ge-emansipeerde' individue oor om

self te besluit watter weg hulle wil volg ... Lig of Duisternis.

(f) Misbruik Van Voorregte. Dit is die uitoefening van hierdie (gedelegeerde) diskrésie by vrye morele agente wat die misbruik van voorregte en mag (plus die

gebrokenheid van die Natuur) wat die ellende en lyding op Aarde veroorsaak.

C.S. Lewis skryf: ‖... The freedom of a creature must mean freedom to choose:

and choice implies the existence of things to choose between ... Try to exclude

the possibility of suffering which the order of nature and the existence of free

wills involve, and you find that you have excluded life itself ... In the same way,

it is natural for us to wish that God had designed for us a less glorious and less

arduous destiny; but then we are not wishing for more love but for less.‖ ('The

Problem Of Pain', pp.20,25,35).

Page 367: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 367

2.2 Tése En Antitése.

(a) Goed vs. Kwaad. 'Sondeloosheid' (die tése) en 'Sonde' (die ántitese) moet

noodgedwonge eers as morele konsep bestaan vóórdat daar 'n onderskeid getref sal kan word tussen 'toegee aan sonde' of 'weerstaan die sonde'. Sonder die

geleentheid om (i) 'sonde te doen' bestaan daar dus ook nie die geleentheid om (ii) dit 'nie te doen nie'.

(b) Ware Goedheid Onmoontlik Sonder Keuses. Ons gebroke Wêreld, in 'n 'morele Heelal', bied dus die paralelle opsies van Goed of Kwaad, waarsonder

morele keuses beide onmoontlik en sinneloos sou wees. Sonder 'n geleentheid dus om sonde te (i) doen óf dit te (ii) weerstaan, bestaan daar dus nie soiets

soos ware goedheid nie.

(c) Geprogrammeerde Vroomheid? In 'n Wêreld, met wesens (bv. mense) vooraf-geprogrammeer met net die een outomatiese opsie van vanselfsprekende

vroomheid, sou geen 'vrome' en 'etiese' gedrag moontlik kon gewees het nie.

Neem bv. dinge soos vrye wil, spontane goedheid en spontane opoffering weg

uit die Wêreld, vervang dit met gedwonge welwillendheid en gedwonge liefdadigheid, en ons is ontslae van alle uitbuiting en verdrukking. Maar onthou,

in so 'n Heelal sal daar dan ook nooit sulke dinge kan wees soos spontane goedhartigheid en spontane dankbaarheid nie. Sou filántropié dan hoegenaamd

kon bestaan het?

(d) Mense Na Sy Beeld. God wou egter nie robot-outomate geskep het nie, maar mense na Sy beeld. God (ons Skepper en Hemelse Vader) beskik oor die

fasiliteit van vrye wil, en daarom van-selfsprekend óns ook. Die groot verskil is

dat God die Almagtige Skepper is, maar die mens die onmagtige skepsel.

2.3 Almal Het Gedwaal Soos Geskape.

(a) Niemand Kwalifiseer Nie. Met die uitsondering van die mens Jesus Christus, beskik geen mens in die geskiedenis die vermoë of fasiliteit om iemand

anders (of homself/haarself) te red nie:

Soos geskrywe is: Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie (Rom.3:10).

(b) Vryheid Van Keuse? Die vrye wil waarmee die mensdom dus toegerus is (voortspruitend uit die Eden-insident), het ook ongelukkig toe sy 'ondergang'

beteken. Vryheid Van Keuse beteken onvermydellik ook Aanspreeklikheid Vir Gevolge.

Page 368: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 368

3. DIE MENS KAN HOMSELF/HAARSELF RED NIE.

3.1 Geen Saligheid Op Grond Van Persoonlike Prestasie Of Verdienste Nie.

Slegte nuus dalk vir baie mense: Geen mens kan homself/haarself red op grond van persoonlike prestasie of voorbeeldige gedrag nie ... of dit nou insluit vlyt; die

'protestantse werketiek'; rykdom; geleerdheid; mag; invloed; skoonheid; posisie; reputasie; roem; akademiese rekord; morele voortreflikheid; bedagsaamheid; goeie

maniere; herkoms, reputasie, status of wát ookal.

Die nuwe mode van „labyrinth-walk‟ (in heidense, New Age-bewegings asook in

sekere hoofstroom, „Christelike‟ kerke) waartydens persone in „n doolhof („maze‟) van sirkels op die grond al in die rondte stap en „mediteer‟ is „n nuttelose, misleidende

praktyk wat absoluut geen waarde toevoeg tot die Evangelie van Jesus Christus nie (Dit beteken egter nie dat Christene nie mag „mediteer‟ oor God se Woord nie … ons

noem dit „oordenking‟).

3.2 Geen Saligheid Op Grond Van Godsdienstigheid nie.

(a) Kerkmense? Baie roem in hulle 'godsdienstigheid': ―Ons familie was nog

altyd groot 'kerkmense!‖ Natuurlik doen die kerklidmaat of moderne gelowige

reg en goed wanneer hy/sy betrokke is by die aktiwiteite van sy/haar kerk ...

selfs Jesus het daardie (goeie) gewoonte gehad:

Toe kom Hy in Násaret waar Hy opgevoed was; en soos Hy gewoond was,

staan Hy op die Sabbat in die Sinagoge op om te lees (Luk.4:16).

Daar is egter geen manier waarop mense Saligheid gaan 'verdien' deur die hou van Ou Testamentiese Mosaïese wette; kerklidmaatskap; die meganiese

deelname aan sakramente en allerhande ekklesiastiese rites en rituele; openbare dienswerk; of enige vorm van boetedoening in die vorm van hande-arbeid,

selfkastyding, aangeplakte piëteit of vroomheid asook die (bv. Roomse) bieg en afkoop van sondes ('sonde-absolusie') nie.

(c) Spartaanse Reëls & Regulasies? Nog minder kan 'n stel spartaanse reëls en regulasies of selfopgelegde asketisisme oor bv. voorskrifte m.b.t. kleredrag; sabbats- en sondagsviering; eet-gewoontes & -praktyke en allerhande sosio-

kulturele moets en moenies (taboes) Saligheid ooit 'verdien'.

(d) Tradisies & Gebruike? Soms word die kleindorpse sosio-kulturele gebruike en tradisies waarmee ons opgegroei het (hoe voortreflik ookal) deur sommige wettiese siele in die kerk knaend en sonder ophou (tot vervelens toe)

as „teologié‟ bemark en in die proses word almal se senuwees daarmee op hol gejaag.

As dit dan om die een of ander sosio-kulturele vereiste (bv. vir die welsyn, gesondheid en veiligheid van mense of gemeenskappe, of vir die handhawing

Page 369: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 369

van die goeie sosiale orde) daar 'moet' wees, verkondig dit vir wat dit is (bv. „n spesifieke kleredrag vir die leierskap, gedragskode, beheermaatreëls, protokol &

etiket, gebruike & tradisies ens.) maar nie as Saligmakende Leerstelling nie.

Trouens, enige tradisie, huishoudelike reël of selfs leerstelling („Dogma‟: ‗Ek

dog toe ma dit werk so.‖) wat as obstruksie staan tussen „n verlore siel en

sy/haar redding deur Jesus Christus behoort waarskynlik met groot skeptisisme

bejeën word.

(e) Gebedswieletjies? Saligheid kan ook nie 'verdien' word met die

(repeterende) meganiese spin van 'n 'Tibetaanse gebedswieletjie' deur bv. (i) die aanhoudende opsê van model-gebedjies uit 'gebede-boekies' soos resitasies nie;

of (ii) die aftel van kraletjies nie. Saligheid kan nie 'verdien' word nie ... punt. Die mohameddaan se sirkel van aanhoudende gebede ses maal per dag en selfs ons

as Christene se gebedsrituele („ter wille van die gewete‟) is dikwels niks meer as net weer „n ander (meer moderne) weergawe van „n Tibetaanse gebedswieletjie

nie.

(f) Saligheid Sonder Verdienste! Hier is die vangplek („Catch 22‟): Daardie genié wat Saligheid op grond van voorbeeldige gedrag of persoonlike prestasie

sou kon 'verdien', sou dit in elk geval nie nodig gehad het nie … so waarvoor sou

hy dit dan eers probeer verdien? Trouens, ons voortreflike prestasie of voorbeeldige gedrag beskik oor geen Saligmakende waarde nie:

(i) Want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van

God, en hulle word deur Sy genade sonder verdienste geregverdig deur die

verlossing wat in Christus Jesus is. (Rom.3:23-24).

(ii) ―Want Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar

sondaars tot bekering.‖ (Matt.9:13b).

(iii) Aangesien uit die werke van die wet geen vlees voor Hom geregverdig sal

word nie, want deur die wet is die kennis van sonde (Rom.3:20). Want uit

genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie; dit is die

gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie. (Efés.2:8-

9).

Daar is min dinge wat ekklesiastiese snobisme en geestelike hoogmoed en aanstellerigheid in die Kerk so vinnig uitroei soos „n behoorlike begrip van die

Saligmakende Waarde van Jesus se Evangelie en die futiliteit van die mens se pogings om homself te red.

Page 370: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 370

3.3 Geen Saligheid Op Grond Van Godsdiens-Sinkretisme Nie.

(a) Lei Alle Paai Na Die Hemel? Ons stem nie saam met die politici se

Humanistiese, New Age-neiging (en dit net om polities-korrek te wees) om alle godsdienste in een hoed te wil gooi asof elkeen op sy eie kultuur-eksklusiewe

formule die Ewige Lewe kan beërwe nie. Daar bestaan nie soiets soos „n Saligheid Vir Almal ('One Size Fits All') deur middel van 'n magiese mosaïek van

boheemse drekgode, oosterse filosofiëe en allerhande Hollywoodiaanse springmielie-kultusse buite die Evangelie Van Jesus Christus nie.

(b) Jesus Christus Blý Die Weg. Dit is uiters riskant om mens te steur aan die simplistiese, reënboognasie diversiteits-retoriek van die politici, wat net

daarop gemik is om hulle heidense, multi-godsdiens agenda te vestig as 'n geldige teologiese norm vir alle Suid-Afrikaners. Jesus Christus is (en bly)

onbeskaamd die (enigste) Weg, die Waarheid en die Lewe (Jhn.14:6).

(c) Mensgemaakte 'Messiasse'? Alle mensgemaakte 'guru's, 'profete', 'messiasse', 'ajatars', 'pouse', 'bodhisattvas', 'christusse', 'hoëpriesters', 'lamas',

'konings', 'prinse', „pouse‟, 'gode' en 'afgode' (gewoonlik ge-assosieer met kultusse of heidense afgodery) sal uiteindelik voor Jesus van Nasaret moet buig

en erken dat Hy God is:

(i) Want daar is geskrywe: So waaragtig as Ek leef‖, sê die Here, ―voor My

sal elke knie buig, en elke tong sal God bely. (Rom.14:11).

(ii) Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom 'n naam gegee

wat bo elke naam is, sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die

wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is, en

elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die

Vader (Fil.2:9-11).

(d) Lam Of Leeu? Jesus mag miskien die 'Lam Van Gólgota' in nederigheid

wees, maar Hy is steeds die 'Leeu Van Juda' in majesteit.

3.4 Saligheid Is Ook Nie Biologies-Genéties, Sosio-Kultureel Of Teológies-Godsdienstig Oorerflik nie. Saligheid kan ook nie van die ouers of voorgeslagte

oorgeërf (hetsy biológies-genéties, sosio-kultureel of teológies-godsdienstig) word nie:

Die siel wat sondig, dié moet sterwe; die seun sal nie die ongeregtigheid van die

vader help dra nie, en die vader sal nie die ongeregtigheid van die seun help dra nie;

die geregtigheid van die regverdige sal op hom wees, en die goddeloosheid van die

goddelose sal op hom wees. (Eség.18:20).

Page 371: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 371

Lees ook David J. Du Plessis, 'The Spirit Bade Me Go‟: Chptr. 6, 'God Has No Grandsons', pp.61-

68, Logos International, Plainfield, New Jersey – 1970).

4. JESUS CHRISTUS HET GEKOM OM DIE MENS TE RED.

4.1 Geen Redding Sonder Wedergeboorte. Jesus antwoord en sê vir hom:

Voorwaar, voorwaar, Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die

koninkryk van God nie sien nie (Jhn.3:3).

4.2 Geen Redding Sonder Die Middelaar. (a) Want daar is een God en een

Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus, wat Homself gegee het

as 'n losprys vir almal (1 Tim.2:5-6a). (b) Geen aardse pous, kardinaal, biskop of

priester mag of kan dus as 'middelaar', „bemiddelaar‟ of 'biegvader' genader word om vir enige mens of kerklidmaat absolusie vir sy/haar sondes te probeer aanbied nie.

Die sondaar gaan reguit na Jesus Christus, die enigste Middelaar tussen God en die mens!

4.3 Geen Redding Sonder Die Bloed Van 'n Volmaakte, Vleklose Offerlam (Jesus Christus).

(a) Ons is Losgekoop Deur Die BLOED (1 Pet.1:18-19).

(b) Regverdigmaking & Versoening Deur Die BLOED (Rom.3:24-26).

(c) Reiniging Deur Die BLOED (1 Joh.1:7).

(d) Heiliging Deur Die BLOED (Heb.13:12).

(e) Dienswerk Aan God Deur Die BLOED (Heb.9:14).

(f) Toegang Tot Die Heiligdom Deur Die BLOED (Heb.10:19-20).

(g) Ewige Lewe Deur Die BLOED (Joh.6:53-54).

(h) Oorwinning Oor Die Antichris Deur Die BLOED. (Openb.12:11).

(i) Hemelse Blydskap Deur Die BLOED (Openb.7:9,10,14).

4.4 Geen Redding Sonder Geloof In Jesus. (a) Hy wat glo en hom laat doop,

sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word (Mrk.16:16). (b) Die

Sakrament van die Doop verteenwoordig nie goeie werke soos sommige siniese, anti-

Page 372: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 372

doopgesindes probeer vóórgee nie, maar is 'n spontane manifestasie en stap van gehoorsaamheid voort-spruitend uit die Geloof in Jesus as die Christus.

4.5 Geen Redding Sonder Belydenis Van Die Naam Van Jesus. As jy met jou

mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek

het, sal jy gered word; want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond

bely ons tot redding (Rom.10:9-10).

[Dit sluit vanselfsprekend in enige vorm van belydenis voortspruitend uit Geloof, hetsy formeel of informeel, mondelings, in die gedagtes of op papier/skriftelik].

4.6 Geen Redding Sonder Jesus Christus Persoonlik. Dit is 'n betroubare

woord en werd om ten volle aangeneem te word, dat Christus Jesus in die wêreld

gekom het om sondaars te red (1Tim.1:15a).

4.7 Geen Redding Sonder Heiligmaking. (a) Jaag die vrede na met almal, en

die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie (Heb.12:14). (b) 'Daarom

het Jesus ook, om die volk deur Sy eie bloed te heilig, buitekant die poort gely.' (Heb.13:12). Hierdie paragraaf moet saam met Paragraaf 4.3 gelees word.

5. DIE DRENKELING.

5.1 Gered Uit Die See. Die verhaal word vertel van die seeman wat oorboord geval het in die ontstuimige see. Terwyl 'n meester-lewensredder op die boot staan en toekyk het, het die seeman tevergeefs in die woeste golwe gespartel vir sy lewe.

Sy pogings om die reddingsgordel te gryp, was futiel. Die omstanders vra toe:

―Jy is mos 'n ervare lewensredder ... hoekom spring jy nie in en red die

man nie!?‖

Maar, eers toe die gespartel aansienlik afgeneem het, het die lewensredder ingeduik en die seeman gered. Sy verduideliking:

―Daar was nog te véél lewe in hom. As die lewensredder te vroeg induik,

trek die spartelende drenkeling albei die water in.‖

5.2 Dalk Spartel Ons Te Véél.

(a) Waarom Vlug Ons Altyd Van God? Ons spartel ook soms nog te véél, maar net anders ... bv. geestelik, verbaal of intellektueel. Ons stry met God;

Page 373: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 373

argumenteer met Jesus en weerstaan die Heilige Gees. Ons argumenteer met die predikant; redekawel met die familie; twis met die bure. Party mense skryf

selfs kras, sarkastiese briewe aan koerante en beledig God. Ons doen alles in ons

vermoë om onsself te red (sekulêre humanisme?) en om van God (die Ware Redder) af weg te kom ... byna soos 'n verskrikte diertjie wat vlug voor sy

verbaasde weldoener.

Maar, uiteindelik, al neem dit soms jare, raak ons bewegings al hoe swakker en gee ons tóg boedel oor (hopelik). Die verhaal word vertel van die man wat

glo sou gekerm het, ―Ek sit my voete nie weer in daardie predikant se kerk

nie!‖ Nie lank nie daarna toe stoot die begrafnis-ondernemer hom voete-eerste

in dieselfde kerk in vir sy begrafnis.

(b) Kom Terug Na God, Die Herder En Opsiener Van Ons Siele! Gee nou

en dadelik boedel oor aan die Meester-Likwidateur. Moenie nog 'n dag langer wag nie. God se bedoelings met Sy skepsels is eerbaar, opreg en welwillend. Hou op

spartel en laat Jesus u red ... vandag nog:

―Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die

HERE, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ‗n hoopvolle toekoms

te gee.‖ (Jer.29:11).

6. JESUS CHRISTUS WAARSKU ONS ALMAL.

―Hy wat in Hom [Jesus] glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo

nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore

Seun van God [Jesus] nie.‖ (Jhn.3:18).

―En soos Moses die slang in die woestyn verhoog het, so moet die Seun van die

mens [Jesus] verhoog word, sodat elkeen wat in Hom [Jesus] glo, nie verlore

mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.‖ (Jhn.3:14-15).

―Die Vader het die Seun [Jesus] lief en het alles in Sy [Jesus se] hand gegee.‖

(Jhn.3:35). ―Wie die Seun [Jesus] nie eer nie, eer nie die Vader wat Hom [Jesus]

gestuur het nie.‖ (Jhn.3:23b).

―En Hy [die Vader] het Hom [Jesus] mag gegee om ook te oordeel, omdat Hy

[Jesus] die Seun van die mens is.‖ (Jhn.3:27).

Page 374: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 374

―Dit is die werk van God, dat julle in Hom [Jesus] glo wat Hy [die Vader]

gestuur het.‖ (Jhn.6:29b).

―Ek [Jesus] is die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het. As iemand

van hierdie brood [Jesus] eet, sal hy lewe tot in ewigheid. En die brood wat Ek

sal gee, is My vlees wat Ek vir die lewe van die wêreld sal gee.‖ (Jhn.6:51).

―Julle is van benede, Ek [Jesus] is van bo; julle is uit hierdie wêreld, Ek is nie

uit hierdie wêreld nie. Ek het dan vir julle gesê dat julle in jul sondes sal sterwe;

want as julle nie glo dat dit Ek is nie, sal julle in jul sondes sterwe.‖ (Jhn.8:23-24).

Bibliografie.

1. Die Bybelgenootskap Van SA: 'Die Bybel In Afrikaans' (1933/1957). /Voorblad-illustrasie: PinksterProtestant.

2. David J. Du Plessis, 'The Spirit Bade Me Go‟: Chptr. 6, 'God Has No Grandsons', pp.61-68, Logos International, Plainfield, New Jersey – 1970).

3. Vance Ferrell BA, MA, BD: 'Science vs. Evolution', & 'The Evolution Handbook', Evolution

Facts Inc.(2001).

Page 375: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 375

BBLLYYDDSSKKAAPP IINN BBEEKKÉÉRRIINNGG

“So, sê Ek vir julle, is daar blydskap voor die engele van God oor een sondaar

wat hom bekeer.” [Luk.15:10].

Kopiéreg © 2010 P.J. Stassen Alle Regte Behou

1. BEKÉRING IS 'N OPDRAG VAN GOD (JESUS CHRISTUS).

1.1 Die Meester Het Gepraat. Die opdrag vir ons (om ons te bekéér) kom vanaf

die hoogste gesag in die Heelal, nl. vanaf Jesus Christus, die Seun Van God, en nie sommer net van 'n kerk of denominasie nie:

―Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom.‖

(Matt.3:2b).

Wanneer ons dus weier om ons te bekéér, weerstaan ons die wens en begeerte van die Meester van die Heelal ... 'n uiters riskante ding om te doen!

1.5 'n Ultra-Moderne Denkrigting? Daar bestaan natuurlik deesdae 'n ultramoderne teologiese denkrigting (of 'mode') wat dit stel dat bekéring, in hierdie

21ste eeu van mikrogolfoonde, selfone en skootrekenaars, totaal irrelevant geword het.

Volgens hierdie moderne, byderwetse, kontemporêre (New Age?) Evangelie-

beskouing, verteenwoordig bekéring [soos die Bybel ons leer] vandag ‗'n patétiese,

infantiele begeerte na ‗onnodige‘ en ongeldige totale persoonlike sonde-absolusie,

gebore uit 'n verspotte fanatiese godsdienstigheid-sindroom; 'n belaglike tipe

middeleeuse piëteit wat slegs nog aangetref word by die naïewe en ongesofistikeerde

geestesbelewenis van 'n bejammerenswaardige, tradisioneel-armlastige proletariaat

wat nie van beter weet nie'.

1.3 „n Disneyland-Evangelie? Hulle sal dit bv. stel dat békering 'n poging tot

(Onskriftuurlike) goeie werke is wat 'nie nodig is nie'; dat Jesus in elk geval alle

aardbewoners d.m.v. die mosaïek van alle Wêreldgodsdienste sonder voorbehoud onvoorwaardelik aanvaar („religieuse sinkretisme‟); en dat daar geen persoonlike

Page 376: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 376

verant-woordelikheid ooit voor die deur van die aspirant-dissipel gelê behoort te word nie. Maar, wat leer die Bybel ons?

2. GOD PLAAS 'N HOË PREMIE OP DIE PERSOONLIKE VERANT-WOORDELIKHEID.

2.1 Pasop Vir Groen Druiwe. Hier word 'n goue reël m.b.t. die mens se persoonlike verantwoordelikheid teenoor God neergelê:

(a) 'In die dae sal hulle nie meer sê nie: ―Die vaders het groen druiwe geëet, en

die tande van die kinders het stomp geword. Maar elkeen sal weens sy eie

ongeregtigheid sterwe; elke mens wat die groen druiwe eet, se tande sal stomp

word.‖' (Jer.31:29).

(b) 'Die siel wat sondig, dié moet sterwe; die seun sal nie die ongeregtigheid

van die vader help dra nie, en die vader sal nie die ongeregtigheid van die seun

help dra nie; die geregtigheid van die regverdige sal op hom wees, en die

goddeloosheid van die goddelose sal op hom wees.' (Eseg.18:20).

Elke mens sal dus op eie verantwoordelikheid aan God verantwoording doen, en niemand sal ooit sterwe weens die ongeregtigheid van 'n ander nie. Dit maak dan 'n

leerstelling soos bv. die volgende uiters ontstellend:

―Ek meen dat 'n ongedoopte kindjie wat vroeg te sterwe kom verlore is

wanneer die sakrament deur veragting versuim is.‖ [Dr. Willie Marais, 'Die

Kinderdoop En Besprinkeling. Ja Of Nee?', p.16, aangehaal in F.P. Möller D.Phil, D.D., D.Th.:

'Die Sakrament In Gedrang'].

Ongelooflik … hier word die ou, uitgediende Roomse ritueel en tradisie van suigelings-besprinkeling nog steeds deur sekere geestelike leiers onomwonde as 'n voorvereiste vir Saligheid gestel, m.a.w. die weerlose, brose baba word gestraf vir

iets wat die ouers, pleegouers, voogde of oppassers versuim het! Wat 'n diaboliese ge-dagte.

2.2 Interne Of Eksterne Lokus Van Kontrole? Die mens wat in terme van 'n tipiese eksterne lokus van kontrole-mentaliteit leef, sal dan ook tipies redeneer:

―Ek het nie mysélf gemaak nie. God het my in hierdie Wêreld ingebring, en

dit is Sy verantwoordelikheid om my weer veilig uit hierdie Wêreld uit te neem.

Page 377: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 377

Ék het nie gesê ek wil gebore word nie. Mý foute en sogenaamde sondes (indien

enige) is God (en Adam) se skuld. Hulle sal moet 'pa' staan daarvoor.‖

Mense artikuleer bogenoemde wêreldbeskouing en persoonlike ingesteldheid nie noodwendig altyd verbaal nie, maar hulle telegrafeer tóg die boodskap na buite met

hulle gedrag en lyftaal. Daar is dus nie 'n maniér hoe „n persoon met so blasé benadering deur mense oortuig gaan word dat hy/sy békering nodig het nie. Hierdie

is 'n klassieke voorbeeld van die mens wat die skuld altyd en oral op ander (of omstandighede buite haarself/homself) pak („n „eksterne lokus van kontrole‟) , i.p.v.

om die persoonlike verantwoordelikheid vir sy/haar lewe op homself/haarself te neem („n „interne lokus van kontrole‟).

2.3 Daar Is Niemand Onskuldig Voor God Nie. Die Bybel sê egter dat niemand voor God verontskuldig kan word nie:

'Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie. (Rom.3:!0b).

'n Man wat graag anoniem wil bly, vertel:

―Dit was 'n stryd om op die ouderdom van ± 27 jr. uiteindelik te erken dat

ek 'n verwerplike, helverdiende sondaar was; en dat God GOD is! Skielik,

oornag, het ek tot die ontnugtering gekom dat mý intellek en 'vroomheid' nie

genoeg was nie ... dat ek 'n Messias, 'n Redder, nodig gehad het.

―My égo was verskriklik in die pad, maar uiteindelik het ek finaal

gekapituleer, gekniel, my sondes en ontoereikendheid bely en God vir ewig in

my hart en lewe ingenooi. Dit was vir my 'n verskriklike private verleentheid

en vernedering, want ek was 'n verwaande, trotse mens. Sedertdien ervaar

ek egter net vreugde op vreugde ... die God van die mossie en van die lelies

van die veld het ook mý Hemelse Vader geword, presies soos Jesus belowe

het!‖

3. BEKÉRING BETEKEN OM DIE EVANGELIE TE GLO.

3.1 Wat Beteken Bekéring? Baie mense assosieer die woord bekéring met ophou drink, ophou rook, ophou steel ens. Indien dit só was, beteken dit dat elkeen van ons

Saligheid op meriete (per-soonlike prestasie) sou moes verdien, en 'Saligheid Op

Verdienste' is Onbybels.

Page 378: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 378

Indien hierdie 'teologie' geldig was, is almal wat vandag nie rook nie, nie drink nie, nie vloek nie en nie steel nie (insluitend bv. lede van die Mafia of die Taliban) by

implikasie wedergebore Christene! By die Christen is 'n skoon en Godvrugtige lewe

egter die gevolge van Wedergeboorte en van Heiligmaking, en nie a.g.v. bekéring nie.

Jesus se primêre bedoeling met bekéring was „n 180º persoonlike, ideologiese geloofs-ommeswaai, nl. „n suiwer Geloof in die Evangelie:

―Die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle

en glo die Evangelie.‖ (Mrk.1:15; 16:16).

3.2 'n Nuwe Blaadjie-Omslaan Is Nie Bekéring Nie. Mens bekéér jou m.a.w. vanuit jou ongeloof tot die geloof in Jesus as die Messias, en nie noodwendig nie vanaf 'drinker' na 'nie-drinker'. Baie misdadigers, en selfs geharde terroriste, hou

Wêreldwyd dalk gereeld óp 'drink en rook', en dit maak nie van hulle engeltjies nie. Trouens, hulle gaan net gesonder en langer leef om die Wêreld vir wetsgehoorsame

burgers net nog verder hel te maak.

3.3 Staan Liewer Op Die Geregtigheid Van Christus. Bekéring vanuit ongeloof

na geloof in Christus maak die grofste sondaar en smerigste lieplapper onmiddellik 'n kandidaat vir Regverdigmaking, want ons word regverdig gemaak deur die

Geregtigheid van Christus, en nie deur ons eie geregtigheid nie! (Jhn.17:19; Hand.20:32;

Hand.26:18; Rom.15:16; 1 Kor.1:2; 1 Kor.6:11; Heb.2:11; Heb.9:13,14; Heb.10:10,14,29;

Heb.13:12; Judas 1:1).

4. BEKÉRING BETEKEN DIE AANVAARDING VAN DIE BONA FIDES VAN CHRISTUS.

4.1 'n Diplomatiéke Stap! Tydens bekéring vanuit die ongeloof tot die geloof in Christus, aanvaar ons op diplomatieke vlak die Geloofsbriewe (bona fides) van Jesus Christus, nl. dat Jesus die Seun Van God uit die Hemel is. Jesus sê:

―Die Vader het die Seun lief en het alles in Sy [Jesus] hand gegee ... Wie Sy

[Jesus] getuienis aangeneem het, het sy seël daarop gesit dat God waaragtig

is.‖ (Jhn.3:35,33).

4.2 Hoekom Weerstaan Mense Bekéring? Bekéring is nie op-sioneel nie, en indien dit nie opsioneel is nie, is daar net één rede waarom mense dit weerstaan:

―En dit is die oordeel; dat die lig in die Wêreld gekom het, en die mense

het die duisternis liewer gehad as die lig; want hulle werke was boos. Want

elkeen wat kwaad doen, haat die lig en kom nie na die lig nie, dat sy werke

Page 379: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 379

nie bestraf mag word nie. Maar hy wat die waarheid doen, kom na die lig,

sodat sy werke openbaar kan word, dat hulle in God gedoen is.‖ (Jhn.3:19-21).

Mense weerstaan en verwerp bekéring dus nie uit armoede, rykdom, lae intelligensie of hoë geleerdheid nie, maar omdat hulle werke (dade) boos is. Die Evangelie is 'n

idiootproef-formule, en enige mens kán glo, as hy/sy net wil. Aan diegene wat nie oor genoeg geloof beskik om te glo nie, sal geloof uitgereik word:

(a) Want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van

God, en hulle word deur Sy genade sonder verdienste geregverdig deur die

verlossing wat in Christus Jesus is. (Rom.3:23-24).

(b) Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie;

dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie

(Efés.2:8-9).

4.4 Hoogmoed Die Groot Struikelblok. Hoogmoed weerstaan gewoonlik bekéring, daarom moet ons soos die kindertjies glo:

(a) 'As jy na God soek en die Almagtige om genade smeek, as jy rein en opreg

is, ja, dan sal Hy oor jou ontwaak en jou woning herstel ooreenkomstig jou

geregtigheid; dan sal jou begin gering wees, maar jou einde baie groot.' (Job 8:5-

7).

(b) ―Voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie verander en soos die kindertjies word

nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemele ingaan nie.‖ (Matt.18:3).

5. BEKÉRING BETEKEN DIE AANVAARDING VAN DIE UNIVERSELE AMNESTIE VAN GOD.

5.1 Wie Soek Sy Dag In Die Hof? Watter dwaas, hoe vroom ookal, sal op meriete en verdienste na die hof vir 'n 'regverdige verhoor' wil gaan, bv. by die 'Groot Wit

Troon Oordeel' (Openb.20:11-15) as hy algehele AMNESTIE kan kry? Toe God se Waarheids- en Versoeningskommissie gesit het op Gólgota meer as 2000 jaar gelede,

het die Heilige Tribunaal van die Vader, Seun en Heilige Gees almal wat wou kom en bely, onmiddellik algehele AMNESTIE geskenk! Nou belowe Jesus:

―Al wat die Vader My gee, sal na My toe kom; en Ek sal hom wat na my

toe kom, nooit uitwerp nie ... En dit is die wil van Hom wat My gestuur het,

Page 380: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 380

dat elkeen wat die Seun aanskou en in Hom glo, die ewige lewe mag hê, en Ek

sal hom opwek in die laaste dag.‖ (Jhn.6:37, 40).

5.2 Die Skuldbrief Is Gekanselleer! Jesus het die skuldbrief téén ons vir ewig teen die die kruis vasgenael:

(a) En julle, wat dood was, deur die misdade en die onbesnedenheid van julle

vlees, het Hy saam met Hom lewend gemaak deurdat Hy julle al die misdade

vergeef het, en die skuldbrief teen ons, wat Sy insettinge ons vyandig was, vir

ewig uitgedelg en weggeruim het deur dit aan die kruis vas te nael. (Kol.2:13-14).

(b) En die Bloed van Jesus Christus, Sy Seun, reinig ons van alle sonde ... As

ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en

van alle ongeregtigheid te reinig. (1 Jhn.1:7b,9).

5.3 Te Skaam Om Saam Met Jesus Gesien Te Word? Aan diegene wat 'Te Skaam' is, sê Jesus:

―Want elkeen wat hom vir My en My woorde skaam in hierdie owerspelige

en sondige geslag, vir hom sal die Seun van die mens Hom ook skaam

wanneer Hy kom in die heerlikheid van Sy Vader met die heilige engele.‖

(Mrk.8:38).

Sien ook Luk.9:26; Rom.1:16; 2 Tim.1:8,12,16; Heb.2:11; Heb.11:16.

5.4 Ongeloof Die Vernaamste Probleem. Die vernaamste sonde, en ook ons grootste oortreding teen God en die Hemel wat ons dus sal moet bely (tydens

bekéring), is nie die feit dat ons dalk skelm agter die kraalmuur gerook het toe ons 15 jaar oud was nie; of dat ons op laerskool al skelm begin lipstiffie aansit het nie,

maar wel ons chroniese ongeloof in Jesus Christus as ons enigste Heiland en Middelaar.

Ons kan aan God (die Vader) m.a.w. geen groter kompliment gee as om Sy Seun (se 'geloofsbriewe', of bona fides) te aanvaar, in Hom te glo en Hom te volg nie:

(a) ―Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun

ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom.‖

(Jhn.3:36).

Page 381: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 381

(b) ―Ek kan uit Myself niks doen nie. Soos Ek hoor, oordeel Ek; en My oordeel

is regverdig, omdat Ek nie My wil soek nie, maar die wil van die Vader wat My

gestuur het.‖ (Jhn.5:30).

(c) ―.... en dit is die wil van Hom wat My gestuur het, dat elkeen wat die Seun

aanskou en in Hom glo, die ewige lewe mag hê; en Ek sal hom opwek in die

laaste dag.‖ (Jhn.6:40).

6. BEKERING BRING BLYDSKAP.

6.1 Die Universéle Digotomié. Ons leef in 'n morele Heelal waar keuses binne die raamwerk van 'n 'Morele Digotomie' (twee teenoorstaande pole: tése vs. ántitése)

uitgeoefen moet word tussen bv. Lig vs. Duisternis; Goed vs. Kwaad, Misdaad vs. Wets-gehoorsaamheid; Geregtigheid vs. Ongeregtigheid; Geloof In God vs. Ongeloof

In God; Gehoorsaamheid Aan Die Evangelie vs. Onge-hoorsaamheid Aan Die Evangelie, ens.:

―Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun

ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op

hom.‖ (Jhn.3:36).

6.2 Blydskap En Depressie. Een van die kritiese dimensies wat hier [in bogenoemde digotomié] ter sprake kom is Blydskap vs. Depressie. Die koninkryk van

God word veral gekenmerk aan die Blydskap en Vreugde wat daarmee ge-assosieer word. Waarom het Jesus kans gesien vir die verskriklike prys en lyding van Gólgota?

... vir die Vreugde wat aan Hom voorgehou is! Die moontlikheid van „n groot

toekomstige vreugde of oorwinning kan veroorsaak dat mens soms groot ellende [tydelik] kan verdra:

'Die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat

vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag

het en aan die regterhand van die troon van God gaan sit het.' (Heb.12:2).

6.3 Blydskap Baie Belangrik Vir God. Vir God is die gelowige se Blydskap (die teenoorgestelde van Depressie) baie belangrik. Onthou, die kruis van Gólgota is die

groot plusteken [+] van God:

(a) ―Tot nou toe het julle niks in My Naam gevra nie. Bid en julle sal ontvang,

sodat julle blydskap volkome kan wees.‖ (Jhn.16:24).

Page 382: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 382

(b) 'En ons skrywe hierdie dinge aan julle, sodat julle blydskap volkome kan

wees.' (1 Jhn.1:4).

(c) 'Alhoewel ek baie het om aan julle te skrywe, wou ek dit nie met papier en

ink doen nie, maar ek hoop om na julle te kom en van mond tot mond te

spreek, sodat ons blydskap volkome kan wees.' (2 Jhn.1:12).

Hierdie Blydskap is ons beskutting bv. teen moedeloosheid, depressie, ongeloof ens.

(Neh.8:11). Die spoed van LIG is ± 300 000 k.p.s. in vacuo. Daarenteen moet onthou

word dat die spoed van DUISTERNIS is Zero. Duisternis het dus nie 'n kat se kans teen LIG nie! Eintlik bestaan daar nie soiets soos duisternis nie ... duisternis as

entiteit of konsep het nie regtig substansie nie. Duisternis is maar net 'n plek waar

daar nie LIG is nie.

Net so is Ongeloof 'n toestand waar GELOOF nie is nie; Hel is 'n plek-toestand waar HEMEL nie is nie; Skuldgevoelens is 'n toestand waar VERGIFNIS en VRYSPRAAK

nie is nie; Angs is 'n toestand waar GEMOEDSRUS nie is nie, en Depressie is 'n toestand waar BLYDSKAP nie is nie.

6.4 Jesus Is Die Outeur Van Blydskap! Om na Jesus toe te te kom ('bekéring'!), beteken om te kom na 'n plek-toestand van onuitspreeklike BLYDSKAP!

(a) ―Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.

Neem My juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van

hart, en julle sal rus vind vir julle siele; want My juk is sag en My las is lig.‖

(Matt.11:28-29).

(b) ―Want ek reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen

die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie.‖ (Rom.8:18).

6.4 'Misery Loves Company'. Satan se vernaamste doelwit is waarskynlik om al ± 7000 miljoen inwoners van die Aarde (ongeag geloof, ras, geslag, ouderdom, sosio-ekonomiese status ens.) in die donker put van depressie te laat wegsink ... hoekom?

Sodat hulle hul (potensiële) geloof in God, en gevolglik hulle blydskap, moet verloor.

Satan weet dat die spreekwoordelike skrif aan die muur is vir hom en dat hy nie alleen in die poel van vuur (Openb.20:10) gewerp wil word nie. Hy kan God nie in Sy

Persoon kwaad aandoen of skade berokken nie, daarom val hy die kroon van God se Skepping, die mens, aan ... om God terug te kry vir die sukses van Gólgota.

Trouens, indien die magte van die duisternis geweet het wat die impak van Gólgota in die Ewigheid op die verloregaande mensdom sou wees (Hemelse Blydskap!), sou dit nóóit toegelaat het dat Jesus gekruisig geword het nie:

Page 383: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 383

'Maar ons spreek die wysheid van God, wat bestaan in verborgenheid wat

bedek was en wat God van ewigheid af voorbeskik het tot ons heerlikheid, wat

niemand van die heersers van hierdie wêreld geken het nie --- want as hulle

dit geken het, sou hulle die Here van die heerlikheid nie gekruisig het nie.' (1

Kor.2:8).

6.5 Die Slagveld Is In Die Psigiese Arena. Ons moet dus waaksaam wees, want die hoofaanslag deur die Satan in die wêreld vandag kom in die psigiese arena, en die

doel daarmee is om mense, gemeenskappe, volke en nasies moedeloos en depressief

te maak. Let maar op hoe psigiatriese probleme en kwale asook hoe die gebruik van anti-depressante en allerhande medikasie (en Boererate) teen bv. depressie (alle

soorte … psigies ge-induseer sowel as fisiologies ge-induseer) toegeneem het.

Die Satan wil die mens op die geestesvlak verslind en sy hele lewe ruïneer (Efés.6:10-13; 1 Pet.5:7-10).

(a) Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy

sterkte. Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly

teen die liste van die duiwel. Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed

nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die

duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug. Daarom, neem die

volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van

onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly. [Efés. 6:10-13].

(b) Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle. Wees nugter

en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‗n brullende

leeu, en soek wie hy kan verslind. Hom moet julle teëstaan, standvastig in die

geloof, omdat julle weet dat dieselfde lyding opgelê word aan julle broederskap

wat in die wêreld is. En mag die God van alle genade self, wat ons geroep het

tot sy ewige heerlikheid in Christus Jesus, nadat ons ‗n kort tyd gely het, julle

volmaak, bevestig, versterk en grondves! [1Pet. 5:7-10].

Die Satan kan niks ópbou nie ... hy breek net af. Hy is die Verderwer wat verniel (Jes.54:16). Judas en die Antichris word nie om dowe neute ook elk beskryf as Die

Seun Van Die Verderf ('Kind of Vrug Van Satan') nie (Jhn.17:12; 2 Ths.2:3).

Page 384: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 384

7. DAAR IS GÉÉN GENESING VIR DIE RAMP VAN ON-GEHOORSAAMHEID AAN DIE EVANGELIE NIE.

7.1 Jesus Waarsku Ons Persoonlik.

―Hy wat in Hom [Jesus] glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo

nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore

Seun van God [Jesus] nie.‖ (Jhn.3:18).

―En soos Moses die slang in die woestyn verhoog het, so moet die Seun van

die mens [Jesus] verhoog word, sodat elkeen wat in Hom [Jesus] glo, nie verlore

mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.‖ (Jhn.3:14-15).

―Die Vader het die Seun [Jesus] lief en het alles in Sy [Jesus se] hand gegee.‖

(Jhn.3:35).

―Wie die Seun [Jesus] nie eer nie, eer nie die Vader wat Hom [Jesus] gestuur

het nie.‖ (Jhn.3:23b).

―En Hy [die Vader] het Hom [Jesus] mag gegee om ook te oordeel, omdat Hy

[Jesus] die Seun van die mens is.‖ (Jhn.3:27).

―Dit is die werk van God, dat julle in Hom [Jesus] glo wat Hy [die Vader]

gestuur het.‖ (Jhn.6:29b).

―Ek [Jesus] is die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het. As

iemand van hierdie brood [Jesus] eet, sal hy lewe tot in ewigheid. En die brood

wat Ek sal gee, is My vlees wat Ek vir die lewe van die wêreld sal gee.‖ (Jhn.6:51).

―Julle is van benede, Ek [Jesus] is van bo; julle is uit hierdie wêreld, Ek is nie

uit hierdie wêreld nie. Ek het dan vir julle gesê dat julle in jul sondes sal sterwe;

want as julle nie glo dat dit Ek is nie, sal julle in jul sondes sterwe.‖ (Jhn.8:23-24).

7.2 Die Hemelse Aanbod Van Algehele Amnestie Staan Nog Steeds. Die

Hemelse uitnodiging tot algehele Amnestie staan gelukkig nog steeds ... neem tog net die „koevert‟ [amnestie-aanbod] en word gered! Meer as 2000 jaar gelede het die

Heilige Tribunaal van Vader, Seun en Heilige Gees onvoorwaardelike sondevergiffenis gebied aan almal wat by die kruis kom kniel en bely dat hulle Jesus en die prys van

Page 385: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 385

Gólgota aanvaar. Dit is God se begeerte dat almal gered word, en dat nie één verlore gaan nie! (Jhn.3:15-16; 1 Tim.2:3-5).

Dink bietjie mooi hieroor ná:

Indien mens die Hemel met jou voortreflike gedrag en voorbeeldige lewe

kon verdien, waarvoor het ons Gólgota, Jesus en die Saligheidsplan dan nog

nodig? Indien mens die Ewige Lewe op grond van meriete en prestasie kon

be-erwe, waarom sal ons nog die Evangelie verkondig? Indien mens kon

werk vir Saligheid en ons onsself moes kasty as boetedoening vir ons sondes

en selfs plek-plek geld moes betaal (soos by sekere 'gelowe') vir sogenaamde

‗sonde-absolusie‘ of om onsself los te koop uit die ‗vaevuur‘ of van die ewige

verderf, waarvoor het Jesus aan die Kruis gesterf? Nee, staan liewer op die

onverderfbare Geregtigheid van Christus ... óns 'geregtigheid' is nie goed

genoeg nie, en sal nooit voldoende wees nie ... neem die algehele Amnestie ...

dit is GRATIS en VERNIET!

8. SEKULÊRE HUMANISME?

Om te probeer staan op ons eie prestasies, vroomheid en twyfel-agtige persoonlike 'geregtigheid' is niks minder nie as Sekulêre Humanisme, wat heeltemal ontoereikend

is vir die hoë morele standaard wat God stel. Staan liewer op die Geregtigheid van Christus … dit is ons almal se enigste hoop.

GELOOFSVERKLARING & GEBED

Hiermee Neem Ek JESUS CHRISTUS Aan As My Persoonlike VERLOSSER En

SALIGMAKER. Hemelse Vader, skenk ook aan my, deur die Bloed van Jesus

Christus, die Universele Amnestie van Gólgota en skryf my naam in U Boek Van Die

Lewe. Help my sodat ek staan op die Geregtigheid van Christus, en nie op my eie

vroomheid nie.

Page 386: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 386

WWAATT VVEERRHHIINNDDEERR MMYY

OOMM GGEEDDOOOOPP TTEE

WWOORRDD??

En terwyl hulle voortreis op die pad, kom hulle by water; en die hofdienaar sê vir hom: “Daar is water, wat verhinder my om gedoop te

word?” Toe sê Filippus: “As u glo met u hele hart, is dit geoorloof.” [Hand.8:36,37a].

Kopiéreg © 2010 P.J. Stassen

Alle Regte Voorbehou

1. WAAROM MOET EK GEDOOP WORD?

1.3 Die Doop Is „n Instelling Van Jesus Christus. Gelowiges behoort hulle te laat doop want dit is 'n opdrag en instelling van Jesus Christus self, en nie sommer

net van 'n kerk of denominasie nie. Jesus se laaste woorde aan Sy dissipels was:

―Aan My is gegee alle mag in die hemel en op die aarde. Gaan dan heen,

maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en

die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat ek julle

beveel het. En kyk, Ek is met julle tot aan die voleinding van die Wêreld.‖

(Matt.28:18b-20).

Wanneer mense dus hierdie bevel verontagsaam, verset hulle hul teen die magtigste Persoon in die Heelal. Dit is nie net 'n geweldige persoonlike risiko nie,

maar getuig verder ook van die minagting van God ... as Jesus dan God is, waar is Sy eer?

1.4 Jesus Ons Voorbeeld. Jesus het die perfekte voorbeeld gestel deur self ook aan te meld vir die Doop. Toe Johannes Die Doper (uit respek) terugstaan en homself totaal onwaardig wou verklaar vir die taak, het Jesus dadelik gereageer:

Page 387: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 387

―Laat dit nou toe, want so pas dit ons om alle geregtigheid te vervul.‖

(Matt.3:15b).

Die Seun van God sou nooit iets van Sy volgelinge verwag het wat Hy nie sélf bereid was om te doen nie. Hy sou ook nie droom om ná te laat om 'n taak te volvoer

wat Sy Hemelse Vader duidelik i.t.v. Sy roeping aan Hom gegee het om te doen nie:

―En Ek weet dat Sy gebod die ewige lewe is. Wat Ek dan spreek --- net

soos die Vader vir My gesê het, so spreek Ek.‖ (Joh.12:50).

1.3 Wedergeboorte En Nuwe Lewe. Hierdie belangrike sere-monie (sakrament), wat heenwys heen na (a) die begrafnis en opstanding van Jesus uit die dood

(Rom.6:3-4), word die medium waardeur die gelowige demonstreer (b) dat hy deur die Gees in Christus gedoop is (1 Kor.12:12-27); (c) met Hom (Christus) beklee is

(Gal.3:27); en (d) dat hy met Christus uit die dood van sonde tot 'n nuwe lewe opgestaan het (Rom.6:7-8). (e) Wanneer die Christen hom/haar dus laat doop, gee

hy/sy sere-monieel en juridies kennis dat hy/sy alreeds met Christus gesterf en opgestaan het in 'n nuwe lewe (Rom.6:7,8) ... 'n uiterlike teken (sakrament) van 'n

innerlike gebeurtenis (wedergeboorte en geestelike vereenselwiging met Christus).

1.4 God Se Goedkeuring? Die Doop van Jesus was só belangrike gebeurtenis dat

beide die Vader en die Heilige Gees óók daar teenwoordig was. Die Vader het Sy genoë met die oomblik hoorbaar uitgespreek en Sy Seël Van Goedkeuring sigbaar

daarop geplaas toe die Heilige Gees in die vorm van 'n duif op Jesus neergedaal het:

'En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim, en

meteens gaan die hemele vir Hom oop, en Hy sien die Gees van God soos 'n

duif neerdaal en oor Hom kom. En daar kom 'n stem uit die hemele wat sê:

―Dit is My geliefde Seun in Wie Ek 'n welbehae het.‖ ' (Matt.3:16-17).

1.5 Jesus Het Bekeerlinge Gedoop. Jesus het die noodsaaklikheid van die Doop beklemtoon deur sélf ook bekeerlinge te doop:

(a) 'Hierna het Jesus en Sy dissipels na die land van Judéa gegaan, en Hy het

daar met hulle vertoef en gedoop.' (Jhn.3:22).

(b) 'Toe die Here dan verneem dat die Fariseërs gehoor het dat Jesus meer

dissipels maak en doop as Johannes --- alhoewel Jesus self nie gedoop het nie,

maar Sy dissipels --- het Hy Judéa verlaat en na Galiléa gegaan.' (Jhn.4:1-3).

1.6 Christene Bewaar Sy Gebooie. Christene wat Jesus liefhet, bewaar Sy

gebooie:

Page 388: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 388

―Wie My gebooie het en dit bewaar, dit is Hy wat My liefhet; en Wie My

liefhet, hóm sal My Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom

openbaar.‖ (Jhn.14:21).

God die Vader en Jesus het gevolglik ook diegene wat die gebooie bewaar lief, en Jesus sal Homself aan diesulkes openbaar!

1.7 Gehoorsaamheid Is Krities. Gehoorsaamheid is van kardinale belang:

'Daarop sê Samuel: ―Het die Here behae in brandoffers en slagoffers soos in

gehoorsaamheid aan die stem van die Here? Kyk, om gehoorsaam te wees, is

beter as slagoffer; om te luister, beter as die vet van ramme. Want

wederstrewigheid is 'n sonde van waarsêery, en eiesinnigheid is afgodery en

beeldediens.‖' (1 Sam.15:22-23a).

1.8 Verwerp Ons Die Raad Van God? Deur te versuim om my te laat doop, beteken verwerping van die Raad van God:

'En toe die hele volk en die tollenaars dit hoor, het hulle God geregverdig

deur hulle te laat doop met die doop van Johannes. Maar die Fariseërs en die

wetgeleerdes het die raad van God aangaande hulle verwerp deur hulle nie

deur hom te laat doop nie.' (Luk.7:29-30).

1.9 Openbare Geloofsbelydenis.

(a) Die Doop is 'n noodsaaklike openbare Geloofsbelydenis. Met die Doop bely

Christene in die publiek:

'Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam, of ons Jode of

Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is almal van een Gees deurdronge.' (1

Kor.12:13).

(b) Gelowiges wat hulle dus in die geheim laat doop uit vrees vir wat die familie, vriende of kerkdogma mag sê, slaan die bal geheel en al mis. Die Doop is

nie 'n geheime inisiasie-ritueel wat agter geslote deure plaasvind nie, en die Kerk is ook nie 'n geheime, esotéries-tipe 'vrymesselaars-losie' nie. Christene behoort

hulle juis sigbaar te laat doop omdat die Doop so in die publiek deur die sekulêre (en dikwels ook selfs deur die ekklesiastiese!) gemeenskap weerstaan word.

(c) Daar moet darem ontsaglike Goddelike en geestelike waarde in die Doop verskuil wees, soveel só dat gelowiges in sekere lande in Asië dikwels onterf,

Page 389: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 389

wreed aangerand, of selfs vermoor kan word indien hulle dit sou wáág om hulle te laat doop. Paulus het Timótheüs immers gewaarsku:

'En almal wat ook godvrugtig wil lewe in Christus Jesus, sal vervolg word.' (2 Tim.3:12).

1.10 Mag Ons Jesus Woorde Verwerp? Dit is gevaarlik om die opdragte van

Jesus te verwerp:

―Wie My verwerp en My woorde nie aanneem nie, het een wat hom oordeel:

die woord wat Ek gespreek het, dit sal hom oordeel in die laaste dag.‖

(Jhn.12:48).

1.11 Doop Sluit Seën In. Die Doop, as stap van gehoorsaamheid en onderdanigheid aan God, sluit 'n seën in, bv.:

(a) Die genesing Van Naäman van melaatsheid (2 Kon.5:10); en

(b) Die genesing van die blinde by die bad van Siloam (Jhn.9:1-7).

(c) 'n Merkwaardige voorbeeld van die seën wat die Evangelie assulks inhou

(en dus Bekéring en Doop ook) is die belofte van die gawe van die Heilige Gees in Hand.2:38:

'En Petrus sê vir hulle: ―Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in

die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe

van die Heilige Gees ontvang.‖

1.12 Die Doop 'n Sigbare Gebruik In Die Vroëe Kerk. In die vroëe Kerk was die Sakrament van die Doop 'n pertinente en sigbare deel van Evangelie-verkondiging. So

belangrike deel van die Evangelie-boodskap was die Doop dat Petrus op een dag ± 3000 mense gedoop het:

'Die wat toe sy [Petrus] se woord met blydskap aangeneem het, is gedoop;

en daar is op dié dag omtrent drieduisend siele toegebring.' (Hand.2:41).

1.13 Paulus Se Voorbeeld. Paulus het die oorgrote meer-derheid van die Sendbriewe in die Nuwe Testament geskryf. Indien hy nie gedink het dat die Doop

belangrik was nie, sou hy hom mos nie laat doop het met sy bekering in ± 38 N.C.

nie:

'En dadelik het daar iets soos skille van sy oë afgeval, en hy kon onmiddellik

weer sien; en hy het opgestaan en is gedoop.' (Hand.9:18).

Page 390: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 390

(N.B. Dit wil amper lyk asof 'n mens hom/haar laat doop wanneer sy/haar oë oopgaan).

1.14 Die Dissipel Nie Groter As Sy Meester. Geen dissipel is groter as sy/haar Meester, of slaaf groter as sy/haar Heer nie. Dissipelskap beteken om (o.a.) die Kruis

op te neem en Jesus te volg ... ook deur die Jordaan van die doopwater:

' 'n Leerling is nie bo die meester nie en 'n dienskneg ook nie bo sy heer nie.

Dit is vir die leerling genoeg dat hy soos sy meester word en die dienskneg

soos sy heer.' (Matt.10: 24-25a).

1.15 Is Dit Raadsaam Om Af Te wyk Van Voorskrifte? Dit is nie raadsaam om af te wyk van die voorskrifte van God nie:

'En die seuns van Aäron, Sadab en Abihu, het elkeen sy vuurpan geneem en

vuur daarin gegooi en reukwerk daarop gesit en vreemde vuur voor die

aangesig van die Here gebring, wat Hy hulle nie beveel het nie. Daarop het

daar vuur van die aangesig van die Here uitgegaan en hulle verteer, en hulle

het gesterwe voor die aangesig van die Here.' (Lev.10:1-2).

1.16 Geloof Is 'n Voorvereiste Vir Die Doop. (a) Omdat Geloof 'n voorvereiste is

vir die Doop, spreek dit vanself dat babas nie kandidate vir die Doop is nie. Dit beteken egter nie dat kinders nie gedoop mag word nie, en die gebruik waar die Doop

soms streng net vir volwassenes gereserveer word, is dus ook onbybels. Jesus sê tog uitdruklik,

―Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word ...‖ (Mrk.16:16a).

Die ouderdom van „n kandidaat het niks daarmee te doen nie, maar wel die vermoë en gewilligheid om self te glo.

(b) Babas en klein kindertjies het nie nodig om aan Roomse be-sprinkelingsrites (Die woord vir 'Doop' in Grieks is 'Baptizõ' wat beteken 'indompel'; 'insteek' of 'geheel-en-al insluit') onderwerp te word nie, want aan

diesulkes behoort die koninkryk van die hemele in elk geval:

―Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes

behoort die koninkryk van God.‖ (Luk.18:16b).

(c) Prominente Teoloë Se Menings. Prominente teoloë soos:

Deken Stanley D.D. ('Contemporary Review', 1879, p.699);

Page 391: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 391

G.A. Jacob D.D. ('Ecclesiastical Polity', p.272);

P.T. Forsyth D.D. ('The Christian World', 13 Junie 1900);

J.V. Bartlett ('The Apostolic Age, Doctrine, Worship And Polity', 1926, p.463);

Prof. J. Du Plessis ('Die Soeklig', 15 Maart 1933);

Prof. K. Barth ('Calvyn en Servet');

Prof. A. Ebrard; Prof. Aug. Hahn; Prof. Hauck; Prof. W. Heitmuller; Prof. J.A.W. Neander ('General History Of The Christian Religion And Church');

Prof. A. Seeberg, en

Dr. F.P. Möller D.Phil.,D.D.,D.Th. self (almal aangehaal in F.P. Möller D.Phil,

D.D., D.Th., 'Die Sakrament In Gedrang', p.94-164, Evangelie Uitgewers,

Braamfontein – 1976) om maar enkeles te noem, het bovermelde vertrekpunte geskiedkundig onderskryf.

(d) Verdere Leesstof. Raadpleeg asb. ook Robert Young LL.D., 'Young's

Analytical Concordance To The Bible' Wm. B. Eerdmans Pub. Co., Grand Rapids, Michigan (1975); John R. Rice D.D., Litt.D, 'Bible Baptism', Sword Of The Lord Pub.,

Murfreesboro (Tennessee).

(e) Doopswedergeboorte? Dit is dus onbybels om die Sakrament van die Doop áf te water (letterlik én figuurlik) na 'n naamgee-seremonie en/of inisiasie-

rite. Hierdie praktyk het waarskynlik ontstaan voortspruitend uit die Rooms-Katolieke tradisie rondom die idee van doops-wedergeboorte (die water in die

doopvont 'wederbaar' die dopeling op 'n bonatuurlike, magiese wyse).

Dit het waarskynlik voortgespruit uit die valse Roomse leerstelling dat

ongedoopte babas/mense verlore sou sterf, soos hierdie gereformeerde teoloog [wie die valse Roomse leer netso oorgeneem het sonder om dit te bevraagteken

of te ondersoek] dit eksplisiet stel:

―Ek meen dat 'n ongedoopte kindjie wat vroeg te sterwe kom verlore is

wanneer die sakrament deur veragting versuim is.‖ [Dr. Willie Marais, 'Die

Kinderdoop En Besprinkeling. Ja Of Nee?' p.16].

(f) Die Suigelings-Besprinkeling „n Voorvereiste Vir Saligheid? Hierbo word

suigelingsbesprinkeling onomwonde as 'n voorvereiste vir Saligheid gestel, m.a.w. die weerlose baba word gestraf vir iets wat die ouers, pleegouers, predikant, voogde of

oppassers versuim het! Wat 'n diaboliese gedagte.

(g) Bababesprinkeling In Die Plek Van Besnydenis? Daardie ge-ykte en

holrug-geryde ou stelling nl., ―Die 'doop' (suigelings-besprinkeling) het in die plek van

Page 392: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 392

die besnydenis gekom‖ is ook ongeldig. Dit is die Nagmaalsbeker (met die Bloed)

wat in die plek van die Besnydenis gekom het, en nié die 'Doop' (suigelings-

besprinkeling) nie.

(a) Want Ek sê vir julle: Ek sal sekerlik nie drink van die vrug van die

wynstok voordat die koninkryk van God gekom het nie. Daarop neem Hy

brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan hulle en sê: Dit is

my liggaam wat vir julle gegee word; doen dit tot my gedagtenis. Net so

neem Hy ook die beker ná die maaltyd en sê: Hierdie beker is die nuwe

testament in my bloed wat vir julle uitgestort word. [Luk 22:18-20].

1.14 Die Doop Is 'n Bede Tot God Om 'n Goeie Gewete.

'Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir

die onregverdiges, om ons tot God te bring --- Hy wat wel gedood is na die

vlees, maar lewend gemaak deur die Gees; in wie Hy ook heengegaan het en

gepreek het vir die geeste in die gevangenis, wat eertyds ongehoorsaam was

toe die lankmoedigheid van God eenmaal gewag het in die dae van Noag,

onderwyl die ark gereed gemaak is, waarin weinig, dit is agt, siele deur water

heen gered is; waarvan die teëbeeld, die doop, ons nou ook red, nie as 'n

aflegging van die vuilheid van die vlees nie, maar as 'n bede tot God om 'n

goeie gewete --- deur die opstanding van Jesus Christus wat heengegaan het

na die hemel en en aan die regterhand van God is, terwyl engele en magte en

kragte aan Hom onderwerp is.' (1 Pet.3:18-22).

2. TIPIESE BESWARE TEEN DIE STAP VAN DIE DOOP.

2.1 Tipiese Besware.

―Ek wag op 'n spesifieke openbaring oor my Doop!‖

―Daar is baie tyd!‖

―Die rower aan die kruis (saam met Jesus) was nie gedoop nie, maar tog

uiteindelik gered ... waarom is dit nodig dat ek my laat doop?‖

Page 393: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 393

―Ek voel nog nie 'heilig' genoeg nie ... mense sê ek moet wág totdat ek die

vrugte dra wat by bekéring pas.‖

―Ek is te skaam Om My Te Laat Doop ... Wat Sal Die Mense Sê?‖

2.2 Ontknoping Van Besware.

(a) Spesifieke Openbaring? Geen verdere 'openbaring' is nodig nie. Die

opdragte soos vervat in Matt.28:19 en Hand.2:38 asook die belofte vervat in Mrk.16:16, benewens die res van die Heilige Skrif m.b.t. die onderwerp, is

openbaring genoeg.

(b) Baie Tyd? Daar is nie baie tyd nie. Ons kan vannag nog sterf. God se welaangename tyd is nou, voor dit vir ewig te laat is:

―En nou, waarom versuim jy? Staan op, laat jou doop en jou sondes afwas,

terwyl jy die Naam van die Here aanroep.‖ (Hand.22:16).

(c) Die Rower Aan Die Kruis.

(i) Seremonies Wat Red? Dit is belangrik om te besef dat, hoewel hierdie stuk handel oor die Sakrament van die Doop, mense nogtans gered word deur

Geloof in Christus Jesus as hul Verlosser en Saligmaker, en nie deur die ekklesiastiese seremonies of sakramente van 'n kerk nie. Indien dit só was,

waarom jaag ons nie maar net die ±1500 miljoen Sjinese en die ±1000 miljoen Hindoes deur doopbaddens of deur die Yangtse of Ganges-riviere nie?

(ii) Erken God! Wanneer die Christen homself/haarself uit eie vryewil laat doop, demonstreer hy/sy absolute geloofsvertroue in die bona fides van Jesus m.a.w. hy/sy erken dat God Waaragtig is (Jhn.3:33).

Die spontane afleiding wat dus gemaak kan word van 'n „Gelowige‟ wat nie belangstel om gedoop te word nie (opregte onkunde uitgesluit) is dat hy/sy

nog nie wérklik tot die Geloof in Jesus gekom het nie. Entoesiasme-vir-Jesus bring (o.a.) ook entoesiasme-vir-die-Doop.

(iii) Die Lakmoestoets Vir Geloof. 'n Vrywillige, spontane doopsbegeerte is die Kerk se enigste korttermyn-lakmoestoets vir Geloof, tensy mense spesifiek daartéén (die Nuwe Testamentiese Doop) geleer of ge-adviseer word,

iets wat natuurlik vir dekades in die RSA die norm was.

(iv) Die Teologiese Situasie Tydens Die Kruisiging. Nietemin, die rower aan die kruis was duidelik nie in 'n posisie om hom te laat doop nie; die Groot Bevel van Matt.28:19 was in elk geval nog nie (amptelik) gegee nie; en dit het

vir Jesus, die kenner van die hart en gedagtes, gegaan oor die man se Geloof, en nie oor 'n ekklesiastiese seremonie assulks nie. Jesus (God die Seun) het

Page 394: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 394

oor voldoende getuienis beskik dat die rower tot die Geloof (in Jesus as die Messias) gekom het ... mense skeer nie gek in hul sterwens-oomblikke nie.

(v) Sigbare Bewyse Vir Die 'Ekklesia'. Omdat die mens egter feilbaar is, het Medegelowiges en die Kerk van Christus (die 'Ekklesia') 'n sigbare bewys

nodig dat 'n persoon tot die Geloof gekom het, anders hoe gaan hulle ooit weet wáár hulle met so iemand staan?

(v) Versekering Aan Die Kerk En Publiek. Die Doop gee die versekering aan die Gemeente (en aan die Wêreld) dat so 'n persoon erns meen met God.

Die meeste ongelowiges [of onkundiges] vind die Doop dikwels 'n onnodige, embarrasserende 'publieke spektakel' en sal dus skaars daarin belangstel.

(vi) Voorafgaande Geloof Word Altyd Veronderstel. Die stap van die Doop veronderstel altyd voorafgaande Geloof, maak nie saak watter 'Bybelvertaling' gebruik word nie. Die kar word vanselfsprekend nooit vóór die

perde ingespan nie.

(d) Nie 'Heilig' Genoeg Nie?

(i) Edele Gedagte! 'n Edele gedagte, maar onbybels. Die voor-vereiste vir die Doop is Geloof, nie 'heiligheid' nie. Filippus het vir die hofdienaar uit Ethiópië gesê:

―As u glo met u hele hart, is dit geoorloof ...‖ (Hand.8:37b).

Filippus het nie vir 'n getuigskrif (of CV) van die man se predikant of hoofouderling aangevra as 'n waarborg vir sy 'karakter' nie; of 'n ellelange

lesing afgesteek oor 'voorbeeldige gedrag' nie. Wanneer ons na Jesus toe kom, kom ons soos ons is:

―En die Gees en die bruid sê; ―Kom! En laat hom wat hoor, sê; Kom! En

laat hom wat dors het, kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe

neem, verniet.‖ (Openb.22:17).

(ii) Petrus Op Pinksterdag. Op Pinksterdag het Petrus en sy mede-dissipels bv. ± 3000 koelbloedige moordenaars gedoop, sonder om vrae te vra! („No

questions, no packdril‟ … dit word duidelik ge-impliseer in Hand.2:23,41).

(iii) Vrugte By Die Bekéring. Weliswaar het Johannes Die Doper, vroëer

toe hy besig was om te doop, sommige in die skares (en blykbaar veral vir die

Fariseërs en Sadduseërs) gewaarsku om 'vrugte te dra wat be die bekering

pas‘. Hierdie was waarskynlik geestelike leiers wat vóórgegee het dat hulle

kon sien, maar tóg blind was, m.a.w. skynheiliges met een of ander verskuilde

agenda (Jhn.9:39-41). Johannes het duidelik nie baie van hulle 'bekérings-overtures' gedink nie, en het reg van toegang voorbehou.

Page 395: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 395

(iv) Bekéringsdoop & Geloofsdoop. Die Doop van Johannes, „n reinigings-seremonie met betrekking tot die inkorporering van nuwe nie-Joodse

gelowiges in die volkskultuur van die Joodse volk in [„Judaïsme‟] was egter nie

dieselfde as die Doop voortspruitend uit die Groot Bevel van Matt.28:19 nie. Byvoorbeeld:

Twaalf Gelowiges wat gedoop was tydens die dispensasie van Johannes [met die Bekéringsdoop van Johannes], is later deur die apostels oorgedoop met die Geloofsdoop van Jesus - Hand.19:3-7); en op hierdié stadium het Jesus ook nog

nie vir die sondes van die mensdom gesterf nie, m.a.w. daar was nog nie 'n Middelaar en Volmaakte Offerlam nie.

(v) Glo Die Evangélie! Die enigste vereiste dus vandag om as kandidaat vir die Doop van Jesus te kwalifiseer is Geloof in die Evangelie, m.a.w. Geloof in

die Goeie Nuus (Blye Boodskap) m.b.t die Soendood en Opstanding van Jesus. Daar bestaan nie soiets soos „virtuele geloof‟ (net „geloofsretroriek‟) nie. Ware

geloof neem altyd toepaslike aksies en laat gewoonlik sekere waarneembare en meetbare aksies, gevolge of resultate ná.

(vi) Wedergeboorte & Heiligmaking. By die Christen is 'n skoon en Godvrugtige lewe dus die gevolge van Wedergeboorte en Heiligmaking, en nie

die gevolge van 'n Doopseremonie nie. Jesus se primêre bedoeling met bekering was dus suiwer Geloof in die Evangelie, „n 180º ideologiese geloofs-

ommeswaai:

―Die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle

en glo die Evangelie.‖ (Mrk.1:15; 16:16).

(vii) Van Ongeloof Tot Geloof. Mens bekeer jou m.a.w. vanuit jou Ongeloof tot die Geloof in Jesus as die Messias, en dit maak die grofste

sondaar en smerigste lieplapper onmiddellik na sy/haar bekéring 'heilig genoeg' vir die Doop, want ons word geheilig deur die Geregtigheid van

Christus, en nie deur ons eie geregtigheid nie! (Jhn.17:19; Hand.20:32; Hand.26:18;

Rom.15:16; 1 Kor.1:2; 1 Kor.6:11; Heb.2:11; Heb.9:13,14; Heb.10:10,14,29; Heb.13:12;

Judas 1:1). Enige vertroue in en hoop op ons eie vermoëns en vroomheid is niks anders as (onbybelse) Sekulêre Humanisme nie.

(e) Te Skaam?

(i) Jesus sê:

―Want elkeen wat hom vir My en My woorde skaam in hierdie owerspelige

en sondige geslag, vir hom sal die Seun van die mens Hom ook skaam

wanneer Hy kom in die heerlikheid van Sy Vader met die heilige engele.‖

[Mark.8:38].

Page 396: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 396

(ii) Hoekom sal ek my skaam vir iemand:

Wie vir my en die res van die Wêreld se misdade, sondes, morele en sosiale

indiskresies en foute, flops en flaters gesterf het?

Wie bereid was om Hom te onderwerp aan een die wreedste vorms van

teregstellings in die geskiedenis van die 'regspleging' ter wille van lieplappers

soos ons?

Wie oor die mag beskik om aan ons die Ewige Lewe te skenk?

Wie só 'n nederige en beskeie bestaan gevoer het ten spyte van Sy

formidábele herkoms, status, rykdom en posisie in die Heelal?

Wie gaan terugkom met met méér glorie, mag en beloftes van oorvloed,

vreugde en vrede as wat enigiemand op Aarde ons ooit kan bied?

3. GEVOLGTREKKING.

Die persoon wat dus Jesus se fantastiese Evangelie-aanbod van die hand wys,

se toekoms is in gevaar, nie omdat hy/sy hom/haar nie wil laat doop nie, maar omdat hy/sy nie wil GLO nie.

Want elkeen wat hom vir My en my woorde skaam in hierdie owerspelige en

sondige geslag, vir hom sal die Seun van die mens Hom ook skaam wanneer Hy

kom in die heerlikheid van sy Vader met die heilige engele. [Mrk.8:38].

Want elkeen wat hom skaam vir My en my woorde, vir hom sal die Seun

van die mens Hom skaam wanneer Hy kom in sy heerlikheid en dié van die

Vader en van die heilige engele. [Luk.9:26].

Want ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is ‗n

krag van God tot redding vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood en ook vir die

Griek. [Rom.1:16].

Skaam jou dan nie oor die getuienis van onse Here of oor my, sy gevangene

nie, maar ly saam verdrukkinge vir die evangelie na die krag van God wat ons

Page 397: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 397

gered en geroep het met ‗n heilige roeping, nie volgens ons werke nie, maar

volgens sy eie voorneme en genade wat ons van ewigheid af in Christus Jesus

geskenk is, maar wat nou geopenbaar is deur die verskyning van ons Verlosser,

Jesus Christus, wat die dood tot niet gemaak het en die lewe en die

onverderflikheid aan die lig gebring het deur die evangelie, waarvoor ek

aangestel is as prediker en apostel en leraar van die heidene. Om hierdie rede ly

ek ook hierdie dinge; maar ek skaam my nie, want ek weet in wie ek geglo het,

en ek is oortuig dat Hy mag het om my pand te bewaar tot dié dag toe. Hou as

voorbeeld van gesonde woorde dié wat jy van my gehoor het, in die geloof en

liefde wat in Christus Jesus is. Bewaar jou goeie pand deur die Heilige Gees wat

in ons woon. Jy weet dit dat almal wat in Asië is, hulle van my afgekeer het,

onder wie Figéllus en Hermógenes is. Mag die Here aan die huis van Onesíforus

barmhartigheid bewys, want hy het my dikwels verkwik en hom oor my

kettings nie geskaam nie [2Tim. 1:8-16].

Want Hy wat heilig maak, sowel as hulle wat geheilig word, is almal uit

Een; om hierdie rede skaam Hy Hom nie om hulle broeders te noem nie

[Heb.2:11].

Maar nou verlang hulle na ‗n beter een, dit is ‗n hemelse. Daarom skaam

God Hom nie vir hulle om hulle God genoem te word nie, want Hy het vir hulle

‗n stad berei [Heb.11:16].

Bibliografie.

1. Bybelgenootskap Van S.A.: 'Die Bybel In Afrikaans' (1933/1957). /Voorblad-illustrasie:

PinksterProtestant. 2. F.P. Möller D.Phil, D.D., D.Th.: 'Die Sakrament In Gedrang', Evangelie Uitgewers -

Braamfontein (1976).

3. John R. Rice D.D., Litt.D, 'Bible Baptism', Sword Of The Lord Pub., Murfreesboro (Tennessee). 4. Robert Young LL.D., 'Young's Analytical Concordance To The Bible' Wm. B. Eerdmans Pub.

Co., Grand Rapids, Michigan (1975).

Page 398: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 398

[Handtekening] [Datum]

Bibliografie.

1. Die Bybelgenootskap Van SA: 'Die Bybel In Afrikaans' (1933/1957). /Voorblad-illustrasie:

PinksterProtestant. 2. 'Evangelie Liedere', CUM. 3. F.P. Möller D.Phil, D.D., D.Th.: 'Die Sakrament In Gedrang', Evangelie Uitgewers -

Braamfontein (1976).

Page 399: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 399

JJAA,, DDAAAARR IISS LLEEWWEE NNÁÁ DDIIEE

DDOOOODD!!

En net soos die mense bestem is om een maal te sterwe en daarna die

oordeel, so sal Christus ook, nadat Hy een maal geoffer is om die sondes van baie weg te neem, vir die tweede maal sonder sonde verskyn aan die wat Hom

verwag tot saligheid. [Heb.9:27-28].

Kopiéreg © 2010 P.J. Stassen

Alle Regte Voorbehou

1. DIE ATEÏSTE SE STANDPUNT.

1.1 Wat Is 'n Ateïs? 'n 'Teïs' is iemand wat aan God glo, en 'n 'Ateïs' is iemand

wat nie in God glo nie. My definisie van 'n ateïs is egter:

'Iemand wat kwaad is vir God omdat Hy nie bestaan nie maar steeds die

vermetelheid het om vóór te gee dat Hy bestaan.'

Hoekom sê ons so? Die rede is dat ateïste selde emotief-onbetrokke staan teenoor God ... hulle haat Hom gewoonlik met 'n vurige passie. Lees gerus hulle boeke asook

die venynige briewe wat ateïste na koerante skryf, en luister na radio- en TV-debatte ... die boodskap is baie duidelik: Hulle haat God en alles waarvoor Hy staan. Dit sluit

die Bybel, Jesus Christus, die Kerk en alle Christene in. Wat so ironies is, is dat hulle iemand wat „nie bestaan nie‟ met soveel brutale aggressiwiteit kan aanval … so asof

hulle (eintlik) glo Hy bestaan!

1.2 Wat Hulle Glo.

(a) Nie Almal Glo Dieselfde Nie. Uiteraard sal 'n ateïs wat bv. 'n satanis is

nie noodwendig presies dieselfde glo as 'n ateïs wat bv. 'n evolusionis of 'n kommunis is nie. Daar is geweldig baie ateïs-produkte of -modelle op die

filosofié-mark te koop, met verskeie perverse en diaboliese deriváte ... dit is soms slegs die graad en diepte wat verskil. Wat wel die norm blyk te wees is dat

meeste ateïste die Evolusie-Leer gekies het as hulle gunsteling-godsdienskultus (N.B. Anders as wat baie mense glo, glo ons nie dat die Evolusie-Leer 'n

Page 400: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 400

wetenskap is nie, maar eerder 'n valse godsdienskultus en pseudo-wetenskap [skynwetenskap]).

(b) Eintlik Wéét Hulle Van God Se Bestaan. Die belangrike punt is dat hulle sê dat hulle nie in God glo nie, terwyl hulle lyftaal en retoriek tóg uitskreeu dat

hulle wel wéét van God se bestaan, maar eintlik vir Hom kwaad is en Hom haat. Trouens, hulle wil net mooi niks met Hom te doen nie.

(c) God Se Bestaan Is Duidelik Te Sien. Dit is eintlik 'n patetiese toestand om in te wees, want alles rondom ons roep uit dat God bestaan ... die Heelal; die

sterrestelsels, sterre en planete; die Natuur, die diere- en seelewe; die pasgebore baba; die kom-pleksiteite van die Periodieke Tabel van Elemente en

van die Elektro-magnetiese Spektrum, die kwantumfisika en -meganika, die molekulêre biologie; DNS ens.

1.3 Toe Kom Stephen Hawking. Die vermaarde fisikus Stephen Hawking kom toe

met die verbasende analogié van die rekenaar: Op die vraag, "Wat gebeur met die

menslike bewussyn wanneer dit sterf?" antwoord hy toe dat hy nie glo in die

'feëverhale' van die Bybel, die Hemel en van God nie, maar dat die mens by sy

afsterwe soos die hardeskyf van 'n rekenaar afgeskakel en uitgedoof word ... vir ewig uitgewis! Daardie stelling stel sekerlik loshande die nuwe rekord vir die meeste kaf

deur so „geleerde‟ mens ooit in die kleinste TV-tydgleuf kwytgeraak. Dat sulke briljante mense nie die volle implikasies van hulle stellings self kan uitredeneer en

besef nie, gaan die bietjie verstand wat ons nog het totaal te bowe.

1.4 Wat Stephen Hawking Vergeet Het. In die eerste plek is die mens nie 'n

rekenaar nie en kan kwalik daarmee vergelyk word. Die mens is die kroon van God se Skepping (wel, dan minstens op ons planeet) en is uniek. Maar, indien hulle dan nou

die mens met 'n rekenaar wil vergelyk, hou dat net die volgende ook in gedagte:

(a) Rekenaars En Rekenaar-skywe Ontstaan Nie Toevallig Nie. Iemand het die rekenaar met sy hardeskyf uitgedink, ontwerp en gepatenteer. Agter

daardie uitvindsel of skepping was daar sekerlik „n enorme klomp intelligensie, tegniese kundigheid en kennis, asook (waarskynlik) waagkapitaal in die vorm

van 'n miljoene-dollar begroting. Die toeval (of „evolusie‟) het nie per ongeluk die rekenaar met sy hardeskyf gemaak en op die mark geplaas nie!

(b) Rekenaars Word Ontwerp Vir 'n Spesifieke Nuttige Doel. Die ontwerper van die rekenaar het dit ontwerp vir 'n nuttige doel, 'n stelling

waarmee elke mens wat ooit met 'n rekenaar gewerk het sekerlik sal saamstem. Net so het God (ons Ontwerper) ons ook ontwerp (geskep) met 'n nuttige doel,

bv.:

Page 401: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 401

Maar julle [die Gelowiges] is ‗n uitverkore geslag, ‗n koninklike priesterdom,

‗n heilige volk, ‗n volk as eiendom verkry, om te ver-kondig die deugde van

Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig (1Pet.2:9).

[Lees gerus ook The Purpose Driven Life/Die Doelgerigte Lewe deur Rick Warren (verkrygbaar in die RSA by CUM BOEKE en GOSPEL DIRECT].

(c) Iemand Hou Die Rekenaar In Stand. Iemand hou die rekenaar in stand, diens dit hou dit skoon en versorg dit. Dit is nie asof niemand wéét van (of nie

ómgee vir) die rekenaar nie.

(d) Iemand Moes Die Rekenaar Aangeskakel Het. Indien die rekenaar dan by sy 'afsterwe' dan eenvoudig net (soos Stephen Hawking beweer) afgeskakel en uitgedoof kan word, wie het dit dan in die eerste plek aangeskakel? Daar

moes m.a.w. beslis 'n Intelligente Eerste Oorsaak gewees het. Ek weet van geen rekenaar in die geskiedenis wat ooit ditself onafhanklik ontwerp en gemaak het,

ditself aangeskakel en nuttig gebruik het, ditself in stand gehou of ditself geskroot en afgeskakel het nie. Weet u miskien van so re-kenaar?

―Wetenskaplikes beskik oor geen bewyse dat lewe nie voortgespruit het uit

'n daad van Skepping nie.‖ [Robert Jastrow, 'The Enchanted Loom: Mind In The

Universe', p,19 (1981)].

3. WAT BEKENDE SKRYWERS EN TEOLOË SÊ.

3.1 Augustinus: "U het ons vir Uself gemaak en ons hart sal rusteloos bly totdat

dit in U tot ruste gekom het ... Vanwaar kon so 'n skepsel [soos die mens] gekom het

behalwe van U, O Heer? Is enige mens behendig genoeg om homself te kon gemaak

het? ... Maar hulle sê 'n vyandige intellek en vreemde natuur - wat nie deur U geskep

is nie en wat heeltemal in opposisie is met U - het al hierdie dinge gemaak.

Hulle wat so praat is kranksinnig ['insani'] aangesien hulle nie U werke (deur U

Gees) sien nie en ook nie vir U daarin kan herken nie." [St. Augustine, „The Confessions‟,

pp.5, 10, 324 - Hendrickson Christian Classics, Hen-drickson Publishers – 2004].

3.2 C.S. Lewis: "Die wêreld dink dikwels, en oor-en-oor, dat die Christendom

uitgesterf het, uitgeroei deur vervolging van buite en korrupsie van binne; deur die

opkoms van Islam en die natuurwetenskappe, en deur die opkoms van die groot

Page 402: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 402

anti-christelike revolusionere bewegings. Maar nog elke keer was die wêreld

teleurgestel gewees.

―Sy eerste teleurstelling was tydens die Kruisiging. Die Man het weer lewendig

geword! En, in 'n sekere konteks - en ek besef hoe verskriklik onregverdig dit vir

hulle moet lyk - het dit sedertdien gereeld gebeur. Hulle hou aan om die ding wat Hy

begin het dood te maak en, elke keer, sodra hulle die kluite op die graf platgestryk

het, hoor hulle skielik dat dat dit nog lewendig is en alweer op 'n ander plek

uitgebreek het. Geen wonder hulle haat ons nie ...

―Gee jouself prys, en jy sal jou ware 'self' vind. Gee oor aan die dood, die dood van

jou ambisies en jou hele liggaam aan die einde; onderwerp jouself met elke vesel van

jou liggaam, en jy sal ewige lewe ontdek. Hou niks terug nie. Niks wat jy nie

weggegee het nie sal ooit regtig joune wees nie. Niks in jou wat nie gesterf het nie sal

ooit uit die dood opgewek word nie.

―Leef vir jouself en, in die langtermyn, gaan jy uiteindelik net haat, eensaamheid,

moedeloosheid, woede, ruïnering en verderf ervaar. Maar, leef vir Christus en jy sal

Hom vind, en met alle ander [voortreflike] dinge bygevoeg." [C.S. Lewis, „Mere

Christianity‟, pp.184,185,189 - Collins Fount Paperbacks – 1942].

3.3 Jan Smuts: L.E. Van Onselen sê oor Smuts: "Hy het sulke temas soos

Nihilisme, Thibault, en die verskil tussen die Kaap en Transvaal met my bespreek.

Een dag het hy my gevra of ek uitgesien het na my weermagverpligtinge. Toe ek

antwoord dat ek uitgesien het na die avontuur, het hy stil gaan staan en ver oor die

Kaapse Skiereiland gestaar: 'Ja, die avontuur! Die enigste avontuur waarna ek uitsien

is wat anderkant die graf lê.'" (L.E. Van Onselen, „A Rhapsody In Blue‟, p.122 - Howard

Timmins, Kaapstad - 1960).

3.4 Maurice Rawlings, M.D.: "Plaas God eerste in jou lewe, dan sal u nie nodig

hê om die dood te vrees nie. U hoef geen kursusse te volg nie. Jesus het reeds vir u

die dood oorwin. U sal bloot deur die dood na 'n ander lewe beweeg. Die werklike u,

die werklike mens u, gaan nooit dood nie, u verlaat bloot u liggaam tot die

wederopstanding.

Page 403: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 403

―U het niks om te verloor as u u lewe op Jesus Christus verwed nie. U kan net

wen, of u liggaam nou lewe of sterwe. Moet nie op grond van u eie beperkte begrippe

probeer staatmaak nie, u kan tog eintlik nie verder as die punt van u neus sien nie." [Maurice Rawlings M.D., „Anderkant Die Dood‟, CUM BOEKE, Roodepoort - 1979/ Thomas Nelson Inc.,

Nashville – 19780].

3.5 Jonathan Edwards: "Ons sal nooit Christus van harte aanneem as ons Heiland

tensy ons ons eers bewus word van ons eie [morele] skuld nie en tot watter mate ons

['n ewige] straf verdien nie. Sonder daardie ingesteldheid sal ons nooit ons behoefte

aan 'n Heiland besef nie en sal ons dus waarskynlik nie belangstel om van God se

aanbod [van die ewige lewe] gebruik te maak nie." [Jonathan Edwards, „Sinners In The

Hands Of An Angry God‟, p.336, Bridge-Logos Gainesville, Florida – 2003].

3.6 R.A. Torrey: "Alle mense sal uit die dood opgewek word, hulle wat Christus

verwerp het sowel as hulle wat Hom aangeneem het ... maar vir die een sal dit 'n

opstanding tot lewe wees, vir die ander 'n opstanding tot oordeel." [R.A. Torrey, „What

The Bible Teaches‟, p.303, Marshall Pickering, Marshall, Morgan & Scott -Basingstoke, Hants, UK -

1957].

3.7 Isak Burger: "Binne vyf minute na die dood sal die selfverwyt begin; sal talle

mense hulle oë opslaan en uitroep:

'Ag, as ek maar tóé gehoor gegee het, as ek tóé maar geluister het.' ...

―Daar is vele paaie hel toe; daar is baie maniere om verlore te gaan; die breë poort

het ruimte vir baie opsies. Elkeen kan sy of haar keuse maak. Daar is egter net één

pad hemel toe - en dit is smal. Daar is nie 'n weg vir elke godsdiens wat uiteindelik

maar by dieselfde poort sal ingaan nie. Laat ek dit weer uitspel: Hierdie weg is 'n

Persoon - Jesus Christus. As jy Hom aangeneem het, hoef jy nie die eerste vyf minute

na die dood te vrees nie.

―Baie mense kry dit reg om sonder God te leef. Die vraag is: Sal jy sonder Hom

kan sterf? Iemand het eenkeer gesê:

'You may cross the sea of life without Christ, but what about the landing?' " [Isak

Burger, „Die Eerste 5 Minute Na Die Dood‟, pp.84,85 - Carpe Diem Boeke, Vanderbijlpark -(2003)].

Page 404: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 404

3.8 Victor Hugo: R.P. Downes LL.D skryf van Victor Hugo soos volg: "Die

sneeu van gevorderde ouderdom kon nie sy lewenslus verkoel nie, en hy is, toe die

finale oproep kom, fort na God soos 'n klein kindjie." [„Hours With The Immortals‟, p.292,

Every Age Library - ± 1900].

Victor Hugo het aan die einde van sy lewe geskryf: "Die winter wys op my kop,

maar 'n ewige lente is in my hart. Hoe nader ek aan die einde kom, hoe duideliker

hoor ek die onsterflike simfoniëe van die wêrelde wat vir my wink." [Allen Andrews,

„Quotations For Speakers And Writers‟, p.115, Newnes Book – 1969].

3.9 Henry Drummond: "Die program vir die volgende lewe is nog nie bekend nie.

Vir hierdie wêreld, vir hierdie sintuie, vir hierdie kort lewe, weet ek van niks wat aan

die mens gebied word wat kan vergelyk met deelname aan God se Koninkryk nie.

Van al die geheimenisse waaruit die toekomstige wêreld mag bestaan, is daar geen

geheimenis groter as nl. hoe daar weggelê is vir 'n man 'n werk wonderliker en 'n

lewe Goddeliker as dit nie. As jy van enigiets beter weet, lewe vir dit. Indien nie, in

die naam van God en van die mensdom, voer Christus se Plan uit!" [Henry Drummond,

„The Greatest Thing In The World‟, pp.96,97, Collins, London & Glasgow].

2. WAT LEER DIE BYBEL ONS?

2.1 Adam. Indien die fisiese dood dan finaal is, waarom was Adam so bekommerd oor sy geskende reputasie by die res van die mensdom? Indien mens dan sterf soos

'n „dier‟, waarom sou hy dan hom oor sy 'brouwerk' in Eden wou verknies? Maar, sy kommer oor die smaad van sy medemens teenoor hom (as die federale hoof van die

menslike-spesie en oorsaak vir die mens se val en lyding) was egter vir hom 'n

ernstige bron van knaende selfverwyt en langtermyn-smart. Job praat: Job 31:33 "as

ek, soos Adam, my oortredinge bedek het deur my ongeregtigheid in my boesem weg

te steek, Job 31:34 omdat ek bang was vir die groot menigte en die veragting van die

geslagte my laat skrik het, sodat ek my stil gehou, die deur nie uitgegaan het nie!"

2.2 Saul En Die Heks Van Endor. Indien die fisiese dood dan finaal is, waarom het Samuel uit die dood opgerys toe Saul en die heks van Endor sy gees probeer 'oproep' het? Wys dit nie op die onsterflikheid van die menslike bewussyn nie; of was

dit dalk 'n optiese illusie of hallusinasie (kulkuns en oëverblindery) geprakseer deur die heks van Endor om Saul mee te beïndruk? Dit kon egter nie gewees het nie, want

die verskyning van Samuel het die heks van Endor uitermate verskrik ... tipies van 'n verbaasde waarseêr of siener ('psychic') wat aanvanklik van plan was om haar kliënt,

Page 405: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 405

soos gewoonlik, te bedrieg. Toe die 'ware Jakob' (Samuel, die profeet) egter bo verwagting régtig verskyn, was sy totaal onkant betrap en geskok (1 Sam.28:7-12).

Terloops, wanneer u weer met 'n siener, waarseêr, fortuinverteller of sogenaamde 'psychic' te doen kry, vra vir hom/haar hoeveel keer in die verlede (en wanneer laas)

hy/sy 'n lotery gewen het. Hoekom het hulle die fondse en klandisie van die breë publiek nodig as hulle dan oor sulke uitsonderlike [lonende] gawes beskik? Iemand

wat regtig oor so gawe beskik het sou dit eerder vir niemand vertel het nie … dink net hoe ideale teiken is so „n persoon by bendes en kriminele vir afpersing.

2.3 Job. Job se beroemde woorde weerklink vandag nog:

Job 13:15 "Kyk, al wil Hy my ombring—ek hoop op Hom; ek sal tog my

wandel voor sy aangesig bepleit. Job 19:25 Maar ek, ek weet: My Verlosser leef;

en Hy sal as laaste oor die stof opstaan. Job 19:26 En nadat hulle so my vel

afgeskeur het, sal ek nogtans uit my vlees God aanskou ..."

Job se ander gebede (Sien Job 6:8; 19:24) is duidelik en tasbaar ver-hoor, waarom sou hierdie versugting van hom dan deur God ge-ignoreer word?

2.4 Moses En Elia. Dáár verskyn Moses en Elia toe op die Berg van Verheerliking saam in gesprek met Jesus. So geraak deur hierdie rare gebeurtenis wou Petrus ('n ooggetuie) sommer net dan en daar 'hutte' vir dié vermaarde geselskap bou!

Mrk.9:2 En ná ses dae het Jesus vir Petrus en Jakobus en Johannes

saamgeneem en hulle alleen op ‗n hoë berg in die eensaamheid geneem; en Hy

het voor hulle van gedaante verander, Mrk.9:3 en sy klere het blink geword,

baie wit soos sneeu, wit soos geen bleiker op aarde dit kan maak nie. Mrk.9:4

En daar het aan hulle verskyn Elía saam met Moses, en hulle was in gesprek

met Jesus. Mrk.9:5 Toe spreek Petrus en sê vir Jesus: "Rabbi, dit is goed dat ons

hier is. Laat ons an drie hutte maak: vir U een en vir Moses een en vir Elía

een."

Indien hierdie lewe dan finaal is, hoe kon Moses en Elia, toe reeds eeue 'dood', hier aan Jesus verskyn het? Of was hierdie maar net weereens van daardie 'tipiese hallusinasies' voortspruitend uit die 'infantiele wensdenkery' van die 'naïewe dissipels'

(soos die skeptiese postmoderniste ons gewoonlik probeer vertel)?

2.5 Jesus En Abraham. Jhn.8:52 Toe sê die Jode vir Hom: Nou weet ons dat U van

die duiwel besete is. Abraham het gesterwe en die profete, en U sê: As iemand my

woord bewaar, sal hy die dood in der ewigheid nie smaak nie. Jhn.8:53 Is U dan groter

Page 406: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 406

as ons vader Abraham wat gesterf het? En die profete het gesterwe. Vir wie gee U

Uself uit? Jhn.8:54 Jesus antwoord: As Ek Myself verheerlik, is my heerlikheid niks nie.

Dit is my Vader wat My verheerlik, van wie julle sê dat Hy julle God is. Jhn.8:55 En

julle ken Hom nie, maar Ek ken Hom; en as Ek sê dat Ek Hom nie ken nie, sal Ek

soos julle ‗n leuenaar wees. Maar Ek ken Hom en bewaar sy woord. Jhn.8:56 Abraham,

julle vader, het hom verheug dat hy my dag sou sien; en hy het dit gesien en het

hom verbly. Jhn.8:57 Toe sê die Jode vir Hom: U is nog nie vyftig jaar oud nie, en het

U Abraham gesien? Jhn.8:58 Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle,

voordat Abraham was, is Ek."

Hoe sou Abraham hom oor Jesus se dag kon verheug indien Abraham dan 'dood' was?

2.6 Die Gelykenis Van Die Ryk Man En Lasarus. Die verhaal van die ryk man

wat ná sy weelderige lewe en skielke dood in die smarte van die doderyk beland het en dié van Lasarus, die bedelaar wat aan Abraham se boesem beland het, is nie net

beeldspraak soos party mense beweer nie. Jesus het nooit gelieg nie, en Sy gelykenisse was altyd geskoei op ware gebeurtenisse.

In hierdie gelykenis (Luk.16:19-31) behoort daar vir enige eerlike en onpartydige leser van die Bybel duidelik geen sprake te wees van 'finale uitwissing' nie. Hoekom sou Jesus Christus in elk geval Sy lewe vir die mensdom wou aflê indien dit nie juis

met die oog op die Hiernamaals was nie? Wat sou Sy kruisdood en lyding ooit op die langtermyn vir „n dooie mensdom kon beteken?

2.7 Menigvuldige Voorbeelde! Ander voorbeelde is eenvoudig te veel om hier op te noem, en die Bybel (God) se beloftes oor lewe na die dood (en die Ewige Lewe)

staan vas, bv.:

Job 42:2; Dan.12:2-3; Jhn.3:16,36; Jhn.4:13-15; Jhn.5:21,24,25,28,29;

Jhn.6:27,35,39,40,44,47,51,53,54; Jhn.10:28; Jhn.11:25; Jhn.12:9,25,48,50; Jhn.14:2,19;

Jhn.17:2,3; Jhn.20:31; Openb.1:7,18; Openb.2:10-11; Openb.3:5,21; Openb.6:9-11; Openb.7:9; 14-

17; Openb.11:11; Openb.15:2-3; Openb.20:4-5,10-15; Openb.21:4-7; Openb.22:2,14,17,19.

4. DIE BETROUBAARHEID VAN DIE BYBEL.

4.1 Die Nazis En WWII-Rekords. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog het die Nazis pynlik-akkuraat rekord gehou van wat (veral) in die berugte Nazi-

konsentrasiekampe aangegaan het. Daar moes bv. breedvoerig verslag gelewer geword het oor die manier waarop hulpbronne aangewend was en menslike

hulpbronne, arbeid, voorrade, toerusting, proviand, onderdele, ens. benut (ge-

eksploiteer!), in stand gehou en bewaak was. Die Nazis, tradisioneel bekend vir hul ingenieurspresisie en drakoniese militêre-dissipline, het rekords en lêers met ernstige

Page 407: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 407

toewyding gehou en bewaak, want die bestuurs-effektiwiteit waarmee rekord gehou was kon 'n kampkommandant maak of breek. Die wreedheid en brutaliteit waarmee

prisoniers ook dan behandel was, was byna onbeskryflik. Lees gerus boeke soos 'The

Last Days Of Hitler' (H.R. Trevor-Roper); 'The Scourge Of The Swastika' (Lord Russell Van Salisbury);

'Inside The Third Reich' (Albert Speer) en 'Enemy At The Gates: The Battle For Stalingrad' (William

Craig) en „The Final Solution‟.

4.2 Toe Kom Die Nüremburg-Verhore. Gedurende die Nüremburg-Verhore egter is

daardie einste rekords, wat met soveel aandag en toewyding gehou is, bymekaargemaak en laat kom na die hof toe (die Nazis moes inderhaas voor die

Geallieerde Magte vlug en daar was nie tyd om die rekords betyds te vernietig of van ontslae te raak nie). Dit het, saam met die persoonlike getuienisse van oorlewendes

en ooggetuies, onomstootlike bewyse ingebring van gruwelike menseregte-vergrype deur die Nazis. Baie lede van die Nazi-top-struktuur het bv. selfmoord gepleeg deur

gif te drink (vóór of tydens die verhore) of hulle is ná afloop van die verhore dadelik gevonnis of tereggestel. Die verhore het in werklikheid nooit ten einde geloop nie,

bv. na die Nüremberg-verhore het nóg ander gevolg en van tyd tot tyd vlam dit steeds op.

4.3 Die Dokumentering Van Die Sondvloed. Insgelyks nou is die evolusioniste en paleontoloë, verbonde aan van die wêreld se groot universiteite en museums, ook

alreeds dekades lank besig met die dokumentering van die Sondvloed van ongeveer 2348 V.C., in die vorm van fossiel-fragmente wat versigtig volgens wetenskaplike

protokol uit die grond gehaal en gekatalogusseer word. Daar word gereken dat daar alreeds 100 miljoen sulke fragmente (indien nie baie meer) in bewaring bestaan.

4.4 Die Nuwe Nüremberg-Verhore. Net soos met die Nazis, gaan daardie einste fossiel-fragmente wat nou deur evolusioniste (hoofsaaklik ateïste) noukeurig versorg

en bewaar word, waarskynlik in die Ewigheid bymekaargemaak en laat kom word as onverbiddelike getuienis teen die ongeloof, skeptisisme en haatspraak van die

evolusioniste. Nie één van ons sal dus ooit in die Ewigheid kan kla dat God nie aan ons prima facie-getuienis (in die vorm van meer as 100 miljoen gekatalogusseerde

fossiel-fragmente as die antieke slagoffer-oorblyfsels van die katastrofe van die Sondvloed) agtergelaat het as dokumentêre bewys van die egtheid en die

geloofwaardigheid van die Bybelse verslag oor die Sondvloed en die Skepping nie!

Heb.9:27 En net soos die mense bestem is om een maal te sterwe en daarna

die oordeel, Heb.9:28 so sal Christus ook, nadat Hy een maal geoffer is om die

sondes van baie weg te neem, vir die tweede maal sonder sonde verskyn aan

die wat Hom verwag tot saligheid.

Bibliografie.

Page 408: eBoek #4:   Darwin of Christus - Suid-Afrikaners by 'n Kruispad! [AFRIKAANS].

Darwin Of Christus: Suid-Afrikaners By ‘n Kruispad!

© Copyright 2010 PJ Stassen SCRIBD: www.scribd.com/PietStassen Page 408

1. Die Bybel In Afrikaans (OV), Die Bybelgenootskap Van SA. /Voorblad-illustrasie: PinksterProtestant. 2. Allen Andrews, Quotations For Speakers And Writers, Newnes Book (1969). 3. C.S. Lewis, Mere Christianity - Collins Fount Paperbacks (1942). 4. Henry Drummond, The Greatest Thing In The World, Collins, London & Glasgow. 5. Isak Burger, Die Eerste 5 Minute Na Die Dood, Carpe Diem Boeke, Vanderbijlpark (2003). 6. Jonathan Edwards, Sinners In The Hands Of An Angry God, Bridge-Logos Gainesville,

Florida (2003). 7. L.E. Van Onselen, A Rhapsody In Blue - Howard Timmins, Kaapstad (1960). 8. R.A. Torrey, What The Bible Teaches, Marshall Pickering, Marshall, Morgan & Scott -Basingstoke, Hants, UK (1957). 9. St. Augustine, The Confessions, Hendrickson Christian Classics, Hendrickson Publishers

(2004).