Inhoudsopgawe DEEL A: ALGEMENE INLIGTING 3 · 2016. 10. 18. · bevoegde, entoesiastiese en...
Transcript of Inhoudsopgawe DEEL A: ALGEMENE INLIGTING 3 · 2016. 10. 18. · bevoegde, entoesiastiese en...
Jaarverslag vir 2015/16-boekjaar Wes-Kaapse Kultuurkommissie
1
Inhoudsopgawe
DEEL A: ALGEMENE INLIGTING ...................................................................................................... 3
1. OPENBARE ENTITEIT SE ALGEMENE INLIGTING ........................................................................3
2. LYS VAN AFKORTINGS/AKRONIEME .................................................................................... 5
3. VOORWOORD DEUR VOORSITTER ...................................................................................... 6
4. OORSIG VAN REKENINGKUNDIGE BEAMPTE ....................................................................... 7
5. Staat van verantwoordelikheid en bevestiging van akkuraatheid van die
jaarverslag ................................................................................................................... ............ 9
6. STRATEGIESE OORSIG
6.1 Visie ........................................................................................................................ ............ 10
6.2 Missie....................................................................................................................................10
6.3 Waardes ......................................................................................................................... 10
7. WETGEWENDE EN ANDER MANDATE .................................................................................. 10
8. ORGANISATORIESE STRUKTUUR ............................................................................................ 13
DEEL B: PRESTASIE-INLIGTING .........................................................................................................14
1. OUDITEURSVERSLAG: VOORAFBEPAALDE DOELWITTE ...........................................................15 2. SITUASIE-ANALISE ....................................................................................................................... 15
2.1 Diensleweringsomgewing ............................................................................................... 15
2.2 Organisatoriese omgewing ............................................................................................. 15
2.3 Sleutel-beleidsontwikkelings en wetgewende veranderings ...................................... 15
2.4 Strategiese uitkomsgebaseerde doelstellings ............................................................. 16
3. PRESTASIE-INLIGTING VOLGENS PROGRAM/AKTIWITEIT/DOELWIT ..................................... 16
4. BELASTINGINVORDERING ..................................................................................................... 18
4.1 Kapitale belegging ....................................................................................................... 18
DEEL C: BEHEER ...............................................................................................................................19
1. INLEIDING .....................................................................................................................................20
2. PORTEFEULJEKOMITEE .................................................................................................................20 3. UITVOERENDE GESAG ............................................................................................................... 20
4. DIE WES-KAAPSE KULTUURKOMMISSIE ..................................................................................... 20
Jaarverslag vir 2015/16-boekjaar Wes-Kaapse Kultuurkommissie
2
5. RISIKOBESTUUR .......................................................................................................................... 25
6. INTERNE BEHEEREENHEID ........................................................................................................ 25
7. INTERNE OUDIT EN OUDITKOMITEES ........................................................................................ 26
8. VOLDOENING AAN WETTE EN REGULASIES ........................................................................... 27
9. BEDROG EN KORRUPSIE .......................................................................................................... 28
10. BEPERKING VAN KONFLIK VAN BELANGE ............................................................................. 28
11. GEDRAGSKODE ....................................................................................................................... 29
12. GESONDHEIDS-, VEILIGHEIDS- EN OMGEWINGSKWESSIES .................................................... 29
13. MAATSKAPPY/RAADSEKRETARIS ........................................................................................... 29
14. MAATSKAPLIKE VERANTWOORDELIKHEID ............................................................................ 29
15. VERSLAG VAN OUDITKOMITEE ............................................................................................... 29
DEEL D: MENSLIKEHULPBRONBESTUUR .......................................................................................... 31
1. MENSLIKEHULPBRON-OORSIGSTATISTIEK ....................................................................... ........ 31
DEEL E: FINANSIËLE INLIGTING ...................................................................................................... 33
1. VERSLAG VAN DIE EKSTERNE OUDITEUR ................................................................................ 34
STAAT VAN FINANSIËLE POSISIE ...................................................................................... ...... 37
STAAT VAN FINANSIËLE PRESTASIE ......................................................................................... 38
STAAT VAN BATEVERANDERINGS ........................................................................................... 39
KONTANTVLOEISTATE ............................................................................................................... 40
VERGELYKENDE STAAT VAN BEGROTE EN WERKLIKE BEDRAE ............................................. 41
REKENINGKUNDIGE BELEIDE .................................................................................................. 42
AANTEKENINGE BY DIE FINANSIËLE STATE .............................................................................. 49
Jaarverslag vir 2015/16-boekjaar Wes-Kaapse Kultuurkommissie
3
DEEL A: ALGEMENE INLIGTING
Jaarverslag vir 2015/16-boekjaar Wes-Kaapse Kultuurkommissie
4
1. ALGEMENE INLIGTING VAN OPENBARE ENTITEIT
GEREGISTREERDE NAAM Wes-Kaapse Kultuurkommissie
REGISTRASIENOMMER: Nie van toepassing nie
FISIESE ADRES: 3de Vloer, Protea Assuransiegebou
Groentemarkplein
KAAPSTAD, 8001
POSADRES Privaatsak x9067
KAAPSTAD
8 001
TELEFOONNOMMER/S: 021 483 9714
FAKSNOMMER: +086 763 6693
E-POSADRES: [email protected]
ADRES VAN WEBTUISTE: www.westerncape.gov.za
EKSTERNE OUDITEURE Ouditeur-generaal Suid-Afrika
Century City, Kaapstad, 8000
BANKIERS Nedbank
Jaarverslag vir 2015/16-boekjaar Wes-Kaapse Kultuurkommissie
5
2. LYS VAN AFKORTINGS/AKRONIEME
OGSA Ouditeur-generaal van Suid-Afrika
LUR Lid van Uitvoerende Raad
BSSEB Breëspektrum Swart Ekonomiese Bemagtiging
HUB Hoof- Uitvoerende Beampte
HFB Hoof- Finansiële Beampte
WOFB Wet op Openbare Finansiële Bestuur
TR Tesourieregulasies
MTUR Mediumtermyn Uitgaweraamwerk
KMMO Klein Medium en Mikro-ondernemings
VLB Verkrygingslynbestuur
DKES Departement van Kultuursake en Sport
WKKK Wes-Kaapse Kultuurkommissie
WWKKK Wet op Wes-Kaapse Kultuurkommissie
WOO Wet op Openbare Ouditering
RBPPI Raamwerk vir Bestuursprogramprestasie-inligting
Jaarverslag vir 2015/16-boekjaar Wes-Kaapse Kultuurkommissie
6
3. VOORWOORD
Kuns en Kultuur is die grondslag van die gemeenskap.
Die rol van die Wes-Kaapse Kultuurkommissie (WKKK) onderskryf hierdie
gedagte, nie net in sy inleiding wat ’n kultuur onderskryf wat sigself uitdruk
dog verdraagsaam is nie, maar ook deur 'n model van die gemeenskap wat
inklusief is en kulturele diversiteit respekteer. In die huidige omstandighede
reflekteer die WKKK ‘n veelrassige asook ‘n geslagsvriendelike
lidmaatskaptal – wat die ideale Suid-Afrikaanse landskap weerspieël, waar
vroue aan die hoof van die meeste van sy komitees is.
Dit word dan ’n uiterse trotse oomblik vir die Wes-Kaap in die besonder, wat oor die jare heen die
reputasie gehad het van ‘n stad van rasse- en kulturele onverdraagsaamheid. Dit gesê, moet ek ook
noem dat die poging om ‘n kommissie te weerspieël wat die vroulike bevolking van ons volk goed
verteenwoordig nie bedoel is om die skaal te laat oorbeweeg nie, maar om ‘n platvorm te skep vir
bevoegde, entoesiastiese en vaardige Suid-Afrikaners wat smag na die geleentheid om hul land te
dien met die mandaat van die kommissie.
Die doelwit van die WKKK is om kulturele aktiwiteite in die Wes-Kaap te bevorder, te ontwikkel en te
transformeer deur die skep van ‘n klimaat wat bevorderlik is vir die bewaring, bevordering en uitbouing
van kultuur. Die WKKK bereik dit deur geleenthede te skep vir die kreatiewe publiek deur sy sewe
kultuuraktiwiteite. Deur middel van die beskikbare bronne en platvorms, word daar aan kreatiewe
mense die geleentheid gebied om uitdrukking te gee aan kuns en kultuur en om op hulle beurt weer
hulle gemeenskappe te ontwikkel.
Die WKKK se openbare uitnodiging om kulturele skakeling te bevorder en maatskaplike inklusiwiteit uit
te bou deur dialoog met kultuurrade, sal lei tot ‘n toenemende benutting van kultuurfasiliteite deur
inwoners van die Wes-Kaap. Dit sal netwerking bevorder – ‘n lewensbelangrike oefening vir enige
kultuurbeoefenaar, wat weer die kreatiewe industrie as geheel tot voordeel sal strek.
Die reekse vergaderings wat deur die WKKK aangebied is om die Minister van Kultuursake en Sport te
adviseer, bewys die belangrikheid van Suid-Afrikaners wat kollektief dink en verlang om ‘n integrale
deel van maatskaplike ontwikkeling te fasiliteer, gekoester deur die kuns-en-kultuur-gemeenskap. Kuns
en Kultuur is vir geslagte lank gebruik om sosio-ekonomiese sowel as rasgebaseerde misverstande aan
te spreek – sake wat maklik in sang en poësie aangespreek kan word sonder om politieke onrus te
veroorsaak.
Die inleiding van die Wet op die Kaapse Kulturele Kommissie laat ons besef hoe die landskap van Suid-
Afrika deur die ontwikkeling van kuns en kultuur ten beste verander kan word. Dit is wat my laat besef
wat dit beteken om ‘n florerende jong Suid-Afrikaner te wees wat volhou om te verlang na ‘n nasie wat
die wêreld voortdryf na vervulde drome, na ‘n Afrika wat geboorte skenk aan karakters van
uitnemendheid, gekultiveerde denke, oorwinnende gesindhede en geëerde geeste.
En die WKKK het die potensiaal om hierdie visie te verwerklik deur middel van die jeugleiers en die
rigtinggewende ouer garde.
Ek sien uit na al die kreatiwiteit wat ontvou onder hierdie dinamiese sambreel wat die Wes-Kaap trots
oordek, naamlik die kleurvolle Wes-Kaapse Kultuurkommissie.
Ndiyabulela!
Bulelwa Basse
Voorsitter: Wes-Kaapse Kultuurkommissie
Datum: 31 Mei 2016
Jaarverslag vir 2015/16-boekjaar Wes-Kaapse Kultuurkommissie
7
4. OORSIG DEUR DIE REKENPLIGTIGE GESAGHEBBENDE
Inleiding
Die Wes-Kaapse Kultuurkommissie (WKKK) is 'n openbare entiteit wat sorteer onder die Departement
van Kultuursake en Sport (DKES). Dit word in die WOFB gelys as ‘n Skedule 3-entiteit en funksioneer binne
die parameters van die Wes-Kaapse Kultuurkommissie en die Wet op Kulturele Rade, Wet 14 van 1998.
Die WKKK se funksies is in ooreenstemming met sy vyfjaar strategiese plan sowel as met sy jaarlikse
prestasieplan. Hierdie verslag se mikpunt is om die aktiwiteite van die WKKK vir die 2015/16-boekjaar te
kommunikeer.
Algemene finansiële oorsig
Nuwe lede van die Wes-Kaapse Kultuurkommissie (WKKK) is in September 2015 deur die Provinsiale
Minister vir Kultuursake en Sport aangestel. Die aanstellings is voorafgegaan deur ‘n openbare proses
wat gefasiliteer is deur die Staande Komitee vir Kuns, Kultuur en Onderwys. Die nuut aangestelde
kommissie is op 30 September 2015 ingehuldig en het sy eerste voltallige vergadering op 9 Februarie
2016 gehou.
Gedurende die oorsigjaar was daar skakeling met geregistreerde kultuurrade om vas te stel wat hul operasionele behoeftes is en of hulle voldoen aan voorgeskrewe wetgewing. Die uitkoms van die interaksies het ‘n gebrek aan begrip van die konteks waarbinne die regering werk geopenbaar en getoon dat daar by hulle ‘n behoefte bestaan om te voldoen aan die voorskrifte om te kan voordeel trek uit die dienste en bystand wat deur die WKKK gelewer word. In ons strewe daarna om ons dienste aan ons kliënte te verbeter, is ons besig om ‘n elektroniese besprekingstelsel vir die sewe kultuurfasiliteite te ontwikkel.
• Bestedingstendense:
2015/2016 2014/2015
Program/
Aktiwiteit /
Doelwit
Begroting
Werklike
Uitgawes
(Oor-)/onder-
besteding
Begroting
Werklike
Uitgawes
(Oor-)/onder-
besteding
R’000 R’000 R’000 R’000 R’000 R’000
Goedere en
dienste
2 772 3 453 681 2 499 2 619 (120)
Totaal 2 772 3 453 *(681) 2 499 2 619 (120)
* Die oorbesteding hou verband met die GRAP 23 aanpassings wat vir salarisse gemaak is (werknemerskoste: R538
000) van die finansiële bestuurspan met betrekking tot dienste in goedere van die Departement ontvang.
‘n Toekenning van R384 000 uit begrote fondse is van die DKES na die WKKK oorgedra om sy mandaat
vir die 2015/16-boekjaar uit te voer. Die toekenning van fondse is doeltreffend bestuur in
ooreenstemming met toepaslike finansiële voorskrifte.
• Kapasiteitsbeperkings en uitdagings wat die openbare entiteit in die gesig staar
Geen kapasiteitsbeperkings is tydens die oorsigjaar ondervind nie.
Jaarverslag vir 2015/16-boekjaar Wes-Kaapse Kultuurkommissie
8
• Verkrygingslynbestuur
Geen ongevraagde bodvoorstelle is aangegaan vir die oorsigjaar nie.
VLB-prosesse en -stelsels is in plek om voldoening aan wette en regulasies te verseker.
• Waardering
Ten slotte wil ek graag die werk van die Ouditeur-generaal Suid-Afrika, wat ‘n oudit van finansiële state en prestasie-inligting uitgevoer het erken. Ek dra my waardering oor aan die Ouditkomitee wat ‘n kritiese evaluering van die jaarlikse finansiële state voorsien het asook vir hul oorsigrol deur die jaar oor die finansiëleen nie finansiëleuitslae van die entiteit.
Laastens wil ek graag erkentlikheid betoon vir die rol en ondersteuning van ons Minister, Me Anroux Marais vir haar strategiese leiding en ondersteuning, asook aan ons genote in ander regeringsafdelings en diegene in die burgerlike gemeenskap.
_______________________________
Jane Moleleki Rekenpligtige Gesag: Wes-Kaapse Kultuurkommissie
Datum:31 Mei 2016
Jaarverslag vir 2015/16-boekjaar Wes-Kaapse Kultuurkommissie
9
5. STAAT VAN VERANTWOORDELIKHEID EN BEVESTIGING VAN AKKURAATHEID VIR DIE JAARVERSLAG
Na die beste van my wete en oortuiging, bevestig ek die volgende:
Alle inligting en bedrae soos openbaar in die jaarverslag is in ooreenstemming met die
finansiële state soos deur die Ouditeur-generaal geoudit. Die jaarverslag is volledig, akkuraat en vry van enige weglatings. Die jaarverslag is voorberei in ooreenstemming met die riglyne vir die jaarverslag soos uitgegee
deur Nasionale Tesourie. Die Finansiële Jaarstate (Deel E) is voorberei in ooreenstemming met die Wet op Openbare
Finansiële Bestuur, 1999 (Wet 1 van 1999) artikel 55(1) (d) en artikel 28.2 van die Nasionale Tesourieregulasiestandaarde van toepassing op die openbare entiteit.
Die Rekenpligtige Beampte is verantwoordelik vir die voorbereiding van die finansiële jaarstate en vir die uitsprake wat in hierdie inligting gemaak is.
Die Rekenpligtige Gesag is verantwoordelik vir die vestiging en implementering van 'n interne kontrolestelsel wat ontwerp is om redelike versekering te verskaf aangaande die integriteit en betroubaarheid van die prestasie-inligting, die inligting aangaande menslike hulpbronne en die finansiële jaarstate.
Die eksterne ouditeure is verbind tot die uitspreek van ’n onafhanklike opinie oor die finansiële jaarstate.
Volgens my mening is die jaarverslag ’n redelike weergawe van die operasies, die prestasie-inligting, die menslike hulpbronne en die finansiële sake van die openbare entiteit vir die finansiële jaar eindigend 31 Maart 2016. Die uwe ___________________ Jane Moleleki Rekenpligtige Beampte Wes-Kaapse Kultuurkommissie Datum: 31 Mei 2016
___________________ Bulelwa Basse Voorsitter Wes-Kaapse Kultuurkommissie Datum: 31 Mei 2016
Jaarverslag vir 2015/16-boekjaar Wes-Kaapse Kultuurkommissie
10
6. STRATEGIESE OORSIG
6.1. Visie Om doeltreffend by te dra tot die groei en ontwikkeling van ‘n dinamiese kulturele omgewing in ‘n verenigde Wes-Kaap.
6.2. Missie Om kultuur in die Wes-Kaap te bewaar, te bevorder en te ontwikkel deur middel van:
registrasie en deregistrasie van kultuurrade; die voorsiening van finansiële bystand aan geregistreerde kultuurrade; die beheer, bestuur, ontwikkeling en onderhoud van roerende en onroerbare eiendom wat
onder sy toesig geplaas is deur die Provinsiale Minister; die uitvoering van take en funksies soos toegewys deur die Provinsiale Minister; en die lewering van advies in verband met beleid aan die Provinsiale Minister.
6.3. Waardes Integriteit, Verantwoordbaarheid, Bevoegdheid, Innovering, Responsiwiteit en Sorgsaamheid
Jaarverslag vir 2015/16-boekjaar Wes-Kaapse Kultuurkommissie
11
7. WETGEWENDE EN ANDER MANDATE
Die Wes-Kaapse Kultuurkommissie (WKKK) is gevestig deur die Wet op Wes-Kaapse Kultuurkommissie en
Kultuurrade, 1998 (Wet 14 van 1998). Die WKKK is gelys as ‘n Skedule 3, Deel C provinsiale openbare
entiteit op 1 Junie 2001 ingevolge die Wet op Openbare Finansiële Bestuur, 1999 (Wet 1 van 1999).
7.1 Grondwetlike mandate
Afdeling Beskrywing
Die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996
Artikel 30: Taal en kultuur Die Wes-Kaapse Kultuurkommissie (WKKK) fasiliteer geleenthede vir die
mense van die Wes-Kaap om hul taal en kultuurregte uit te oefen deur
middel van die programme en projekte wat hy verteenwoordig en
ondersteun.
Artikel 31: Kulturele,
godsdienstige en
taalgemeenskappe
Die WKKK moet verseker dat sy programme en projekte die kulturele
diversiteit van die bevolking in die Wes-Kaap respekteer.
Artikel 41: Beginsels van
samewerkende regering- en
interregeringsverhoudings
Die WKKK werk met alle sfere van die regering saam in die uitvoering
van sy mandaat.
Skedule 4: Funksionele Areas
van konkurrente Nasionale en
Provinsiale wetgewende
bevoegdheid
Die WKKK werk nou saam met die nasionale Departement van Kuns en
Kultuur en verwante staatsliggame oor konkurrente kuns, kultuur en
erfenissake.
Artikel 195: Basiese waardes
en beginsels ten grondslag
aan die openbare
administrasie
DKES-beamptes verantwoordelik vir die uitvoering van die mandaat
van die WKKK moet die doeltreffende, ekonomiese en effektiewe
gebruik van bronne verseker. Programme deur die openbare sektor
onderneem, moet maksimum voordele teen die laagste moontlike
koste lewer.
Die Grondwet van die Wes-Kaapprovinsie, 1997 (Wet 1 van 1998)
Afdeling 70 Provinsiale wetgewing moet voorsorg tref vir die vestiging en billike
befondsing, binne die Provinsie se beskikbare bronne, van ‘n
kultuurraad of –rade vir ‘n gemeenskap of gemeenskappe in die Wes-
Kaap wat ‘n gemeenskaplike kultuur- en taalerfenis deel. DKES het
toesig oor die WKKK wat betref die implementering van die
wetgewing wat vir hierdie doel gepromulgeer is.
Die WKKK, een van die provinsiale entiteite waarvoor DKES
verantwoordelik is, het as opdrag die registrasie van en ondersteuning
van geregistreerde kultuurrade.
7.2 Wetgewende mandate
Wetgewing Verwysing Sleutelverantwoordelikhede van die WKKK
Wet op Wes-
Kaapse
Kultuurkommissie
en Kultuurrade
1998
Wet 14 van
1998
Die doelstellings van die WKKK is om kultuur in die Wes-Kaap te
bewaar, bevorder en ontwikkel, in ooreenstemming met ‘n beleid
bepaal deur die LUR [lid van die (provinsiale) Uitvoerende Komitee
– provinsiale Minister]. Die mandaat van die WKKK is om die LUR te
adviseer oor die bewaring, bevordering en ontwikkeling van kuns
en kultuur in die Wes-Kaap.
Die Wet op
Openbare
Finansiële
Bestuur, 1999
Wet 1 van
1999
Die WKKK lê kwartaallikse en jaarlikse verslae voor aangaande sy
prestasielewering sowel as geouditeerde finansiële state gebaseer
op die strategiese, objektiewe jaarlikse doelwitte vir elke finansiële
jaar.
Jaarverslag vir 2015/16-boekjaar Wes-Kaapse Kultuurkommissie
12
7.3 Beleidsmandate
Die Beleggingsraamwerkbeleid en Riglyne voorsien die WKKK met ‘n goeie beleggingsraamwerk wat ‘n
effektiewe en doeltreffende kontantbestuurstelsel ondersteun. Ander beleide wat bedrywighede rig,
word hieronder beskryf.
Beleide Beskrywing
Gedragskode vir WKKK-
lede
Die primêre doel van die Kode is om voorbeeldige gedrag te bevorder
sodat die WKKK geloofwaardigheid kan besit.
Beleid op die Registrasie
en Deregistrasie van
Kultuurrade
Om uitdrukking te gee aan die beginsel van respek, koestering,
handhawing en beskerming van kulturele diversiteit in die Wes-Kaap en
Suid-Afrika as geheel deur die registrasie en deregistrasie van kultuurrade.
Inkomste- en
benuttingsbeleid
Die rekenpligtige gesag van die openbare entiteit moet inkomste
ekonomies en doeltreffend bestuur deur ‘n geskikte proses te ontwikkel en
te implementeer vir die identifisering, versameling, rekordhouding,
rekonsiliasie en beveiliging van inligting aangaande inkomste.
WKKK Afvaardigings Delegasie van magte uitgereik deur die Rekenpligtige Beampte ingevolge
artikel 44(1) en 44(2) van die Wet op Openbare finansiële bestuur, 1999
(WOFB).
Wesenlikheidsraamwerk Die Rekenpligtige Gesag moet ‘n raamwerk ontwikkel en ooreenstem oor
aanvaarbare vlakke van wesenlikheid en betekenisvolheid met die
betrokke Uitvoerende Gesag in konsultasie met eksterne ouditeure.
Plan vir voorkoming van
bedrog
Hierdie beleid verskaf responsmeganismes om insidente van bedrog te
rapporteer, te ondersoek en op te los.
Vergoeding van lede Om ‘n raamwerk daar te stel vir die vergoeding van lede van die WKKK wat
genomineer is om konferensies, byeenkomste, vergaderings en werkswinkels
by te woon.
Jaarverslag vir 2015/16-boekjaar Wes-Kaapse Kultuurkommissie
13
8. ORGANISATORIESE STRUKTUUR
MINISTER VAN
KULTUURSAKE EN
SPORT
Mev A Marais
DEPARTEMENTS-
HOOF
Mnr BC Walters
WES-KAAPSE
KULTUURKOMMISSIE
Me B Basse
Voorsitter
REKENPLIGTIGE GESAG
Me. J Moleleki
ADJUNK-
DIREKTEUR
Me N Jeaven
ASSISTENT-
DIREKTEUR
Me L Jeptha
WKKK
SEKRETARIAAT
Mnr T Ntshona
UITVOERENDE
SUBKOMITEE
Me B Basse
Voorsitter
FASILITEITE-
SUBKOMITEE
Me R Davids
KULTUURRAAD-
SUBKOMITEE
Me C Fani
HOOF- FINANSIËLE
BEAMPTE
Me B Rutgers
INISIASIE-
SUBKOMITEE
Mnr PZ Fefeza
HFB-ONDERSTEUNING
(OPENBARE ENTITEITE)
ASSISTENTDIREKTEUR
Me Z Ebrahim
Jaarverslag vir 2015/16-boekjaar Wes-Kaapse Kultuurkommissie
14
DEEL B: PRESTASIE-INLIGTING
Jaarverslag vir 2015/16-boekjaar Wes-Kaapse Kultuurkommissie
15
1. OUDITEURSVERSLAG: VOORAFBEPAALDE DOELWITTE
Die Ouditeur-generaal van Suid-Afrika voer tans die nodige ouditprosedures uit op die prestasie-
inligting ten einde redelike sekerheid in die vorm van 'n ouditgevolgtrekking te lewer. Die
ouditgevolgtrekking oor die prestasie, gemeet aan voorafbepaalde doelwitte, word ingesluit by die
verslag aan die bestuur, met wesenlike bevindings wat verskyn onder die opskrif van “Voorafbepaalde
doelwitte” in die verslag en ander geregtelike en regulatoriese vereistes in die betrokke afdeling van
die ouditeursverslag.
Verwys na bladsy 34 van die Ouditeursverslag, gepubliseer as Deel E: Finansiële Inligting
2. SITUASIE-ANALISE
2.1. Diensleweringsomgewing
Ooreenkomstig die Maatskaplike Profiel van die Jeug, 2009-2014, vrygestel deur Statistiek Suid-Afrika,
kan die uitdagings wat die Suid-Afrikaanse jeug in die gesig staar, lei tot verreikende oorkoepelende
maatskaplike ekonomiese gevolge vir jongmense wat hulle in hoë risiko plaas om in armoede, kriminele
gedrag, swak gesondheid en dwelmgebruik te verval. Dit is teen hierdie agtergrond dat pogings
aangewend is om die estetiese voorkoms, veiligheid en toeganklikheid tot ons fasiliteite te verbeter. Die
WKKK het ‘n verskuiwing bewerkstellig in benuttingspatrone van die fasiliteite deur van ‘n passiewe na
‘n meer proaktiewe benadering te beweeg. Die fasiliteite is gediversifiseer in hulle gebruik en gee aan
die jeug ‘n geleentheid om uitdrukking te gee aan hulle kreatiewe en innerlike wese. Die huidige
benuttingstatistieke weerspieël hierdie patrone.
Gedurende die oorsigjaar was daar sekuriteitsuitdagings wat onmiddellike aandag geverg het. Dit is
aangepak deur konsultasie met Gemeenskapsveiligheid en die proses van die verskaffing van sekuriteit
by die betrokke fasiliteite, naamlik Okkie Jooste en Groot Drakenstein, het begin.
2.2. Organisatoriese omgewing
Die WKKK is ‘n statutêre liggaam wat gesetel is binne die DKES. Die administratiewe funksies van die entiteit
resorteer binne die Subdirektoraat Kuns en Kultuur terwyl die finansiële verantwoordelikheid bestuur word deur
die HFB-ondersteuningseenheid.
Die nuwe komitee word vir ‘n driejaartermyn aangestel en gaan op dieselfde trant voort as hul voorganger.
Die behoefte om die komitees in te bring met die veranderende omgewing het gesien dat daar ‘n proses
ontvou vir die stigting van ‘n inisiasiesubkomitee. Dit sal verseker dat die inligting en advies wat aan die
Departement gegee word, betroubaar is.
Die voltallige sessies van die WKKK vind een keer per kwartaal plaas. Die Komitees nl. die Inisiasiekomitee.
Kultuurfasiliteite en Kultuurrade maak aanbevelings vir oorweging by voltallige en kwartaallikse
Kommissievergaderings. Hierdie aanbevelings word vir bekragtiging ter tafel gelê.
2.3. Sleutel-beleidsontwikkelings en wetgewende veranderinge
Geen nuwe beleide is gedurende die verslagperiode hersien nie.
2.4. Strategiese Uitkomsgeörienteerde Doelstellings
Strategiese
Doelstelling
Om kultuuraktiwiteite in die Wes-Kaap te bevorder, ontwikkel en transformeer.
Doelwitstelling Die verhoging van benutting van fasiliteite deur inwoners van die Wes-
Kaap
Bevordering van kulturele verbondenheid deur dialoog met kultuurrade;
en
Bevordering van maatskaplike inklusiwiteit.
Om die uitdagings van maatskaplike inklusiwiteit/samehorigheid en kulturele verbondenheid aan te
spreek, gaan die WKKK voort in sy poging om mense na veilige omgewings te bring en deelnemende
dialoog aan te moedig. Dit is bereik deur die gebruik van kultuurfasiliteite by gemeenskappe aan te
moedig deur die brosjures wat vir elke fasiliteit geproduseer is sowel as deur die benutting van die
fasiliteite vir die kultuurprogramme. Die jaar het die fasilitering van twee werkswinkels te Koekenaap en
Schoemanspoort onderskeidelik opgelewer. Aspekte van kapasiteitsbou en aktiwiteite gemik op die
bevordering van maatskaplike inklusiwiteit deur die bevordering van kulturele aktiwiteit is behandel.
Jaarverslag vir 2015/16-boekjaar Wes-Kaapse Kultuurkommissie
16
3. PRESTASIE-INLIGTING PER PROGRAM/ AKTIWTEIT/ DOELWIT
PROGRAM: Wes-Kaapse Kultuurkommissie
BESKRYWING
Die WKKK verskaf toegang tot kultuurfasiliteite en bied ondersteuning aan kultuurrade vir alle burgers
van die Wes-Kaap.
Die WKKK dra by tot beter welsyn en die vermindering van maatskaplike euwels binne gemeenskappe
deur die verskaffing van veilige en stil omgewings by die kultuurfasiliteite en deur geleenthede te skep
vir dialoog tussen diverse groeperings. Dit word bewerk deur die voorsiening van programme en
aktiwiteite wat inklusief is en diversiteit verwelkom, terwyl begrip en respek vir alle praktyke in sy sfeer
geskep word.
Die Wes-Kaapse Kultuurkommissie het drie fokusareas soos voorgeskryf deur die Wet op Wes-Kaapse
Kultuurkommissie en Kultuurrade, Wet 14 van 1998. Hierdie fokusareas bepaal die funksies van die
Kommissie, nl.:
• beheer, bestuur, ontwikkel en handhaaf roerende en onroerende eiendom; dit sluit in die sewe
kultuurfasiliteite wat onder sy bestuur resorteer;
• bestuur die registrasie en deregistrasie van kultuurrade; en
• adviseer die LUR hoe om die mandaat van die Kommissie ten beste te verwerklik.
Die Kommissie het drie geleenthede aangebied in samewerking met die kultuurrrade. Die
kultuuraktiwiteite het ingesluit dialoog en vertoning deur dans, sang en woordkuns om ‘n dieper begrip
van hul diverse kulture in te skerp en aan te moedig. Hierdie aktiwiteite het ‘n geleentheid geskep vir
diverse gemeenskappe om mekaar se kulture te ervaar in ‘n omgewing wat dit bevorder en bydra tot
die bou van kulturele verbondenheid en sosiale inklusiwiteit.
Daarbenewens, deur ‘n interregeringsverhouding met die Departement van Maatskaplike
Ontwikkeling, is ‘n kapasiteitswerkswinkel aangebied om voldoening te versterk en goeie bestuur van
die kultuurrade te bevorder. So is die rade toegerus met die nodige vaardighede wat nodig is om
toegang te verkry tot befondsing en ander geleenthede buite die regeringsfeer.
3.1 Strategiese Doelwitte
Program/aktiwiteit/doelwit:
Strategiese
Doelwitte
Aanduider
Werklike
Prestasie
2013/2114
Beplande teiken
2015/2016
Werklike
prestasie
2015/2016
Afwyking van
beplande
teiken tot
werklike
prestasie vir
2013/14
Kommentaar oor
Afwykings
Om te adviseer
oor bewaring,
bevordering en
ontwikkeling van
kuns en kultuur
deur voltallige
vergaderings en
aktiwiteite om
maatskaplike
inklusiwiteit te
bevorder.
27
14
14
Geen
Geen
Jaarverslag vir 2015/16-boekjaar Wes-Kaapse Kultuurkommissie
17
3.2 Sleutel-prestasieaanwysers, beplande teikens en werklike prestasie
Program/aktiwiteit/doelwit:
Prestasie-
aanwyser
Werklike
Prestasie
2013/2114
Beplande teiken
2015/2016
Werklike
prestasie
2015/2016
Afwyking van
beplande teiken
tot werklike
prestasie vir
2013/14
Kommentaar oor
Afwykings
Aantal funksies om
toeganklikheid,
netwerking,
maatskaplike
inklusiwiteit en
kulturele
konnektiwiteit te
bevorder
3
3
3
Geen
Geen
Aantal fasiliteite
opgegradeer en in
stand gehou om
geskiktheid en
veiligheid vir ge-
bruikers te verseker
7
7
7
Geen
Geen
Aantal voltallige
subkomitee- en
strategiese
vergaderings om
die Minister te
adviseer
17
*4
4
Geen
Geen
*Voorheen het die jaarlikse prestasieaanwyser subkomitee- en strategiese vergaderings ingesluit; tans verwys die
aanwyser slegs na vier voltallige vergaderings.
Die drie geleenthede wat aangebied is in die boekjaar is gemik daarop om waardering en respek vir
die diverse kultuurlandskappe binne die provinsie te bewerkstellig. Die fokus op ons sewe fasiliteite was
op opgradering en verbetering van die omgewing om ‘n sin van gerief by die gebruikers in te skerp.
Die onderhoud was daarop gerig om die verblyf van gebruikers geriefliker te maak. Om dit te bereik, is
die swembad by Okkie Jooste opgegradeer en nuwe matrasse is vir al die fasiliteite (behalwe Okkie
Jooste en Koekenaap) verkry. Sekuriteit is opgeknap by alle fasiliteite met die aanbring van interkoms,
beligting en sekuriteit op die terrein by Okkie Jooste en Groot Drakenstein. Daarbenewens is te geil
gegroeide plantegroei en bome verwyder by Koekenaap aangesien dit die gebou en inwoners
bedreig het.
Strategie om areas van onderprestasie te oorkom
Alle beplande teikens soos uiteengesit vir die finansiëlejaar 2015/2016 is bereik.
Veranderings aan beplande teikens
Geen
Skakeling van prestasie met begrotings
2015/2016 2014/2015
Program:
Aktiwiteit:
Doelwit
Begroting
Werklike
Uitgawe
(Oor)-/onder-
besteding
Begroting
Werklike
Uitgawe
(Oor)-/onder-
besteding
R’000 R’000 R’000 R’000 R’000 R’000
Goedere en
dienste
2 772 3 453 681 2 499 2 619 (120)
Totaal 2 772 3 453 *(681) 2 499 2 619 (120)
* Die oorbesteding het te doen met die AARP 23 aanpassings wat vir salarisse gemaak is (werknemerskoste:
R538 000) van die finansiële bestuur personeel t.o.v. dienste in natura wat van die Departement ontvang is.
Die befondsing ontvang van die DKES is benut vir die dekking van uitgawes m.b.t. die aktiwiteite van die
Kultuurkommissie, soos beplan.
Jaarverslag vir 2015/16-boekjaar Wes-Kaapse Kultuurkommissie
18
4. INVORDERING VAN INKOMSTE
2015/2016 2014/2015
Bronne van
Inkomste
Skatting Werklike
bedrag
ingevorder
Oor-/onder-
verhaling
Skatting
Werklike
Bedrag
ingevorderr
Oor-/onder-
verhaling
R’000 R’000 R’000 R’000 R’000 R’000
Ander bedryfs-
inkomste
2 235 2 131 104 1 947 1 753 (194)
Oorplasing 384 384 - 263 363 100
Rente-inkomste 153 253 (100) 289 281 (8)
Totaal 2 772 2 768 4 2 499 2 397 (102)
* Die oorinvordering van inkomste het te doen met die AARP 23-aanpassings vir salarisse gemaak (donasies, dienste
in natura: R538 000) van die finansiële bestuur personeel t.o.v. dienste in natura wat van die Departement ontvang
is.
4.1. Kapitale belegging
Nie van toepassing.
Jaarverslag vir 2015/16-boekjaar Wes-Kaapse Kultuurkommissie
19
DEEL C: BEHEER
Jaarverslag vir 2015/16-boekjaar Wes-Kaapse Kultuurkommissie
20
1. INLEIDING
Beheer, risikobestuur en voldoening is drie pilare wat saam funksioneer vir die doel om seker te maak
dat die entiteit sy doelwitte bereik. Voldoening aan die entiteit se beleide en prosedures, wette en
regulasies wat uitloop op sterk en doeltreffende beheer word beskou as die sleutel tot die entiteit se
sukses.
Hierdie verslag gee ’n oorsig van die beheer wat in die entiteit ingebed is.
2. PORTEFEULJEKOMITEES
Die komitee van die Provinsiale Parlement wat toesig oor die WKKK het, is die Staande Komitee oor
Kultuursake en Sport, en die Komitee vir Openbare Rekeninge (KOR)
Staande Komitee oor Kultuursake en Sport en Komitee vir Openbare Rekeninge
Datum van
verhoor
Saak onder oorweging
27 Mei 2015 Aanbieding oor Wes-Kaapse Kultuurkommissie ten opsigte van die proses om vakatures te vul.
24 Junie 2015 Aanbieding van die Vierde Kwartaallikse Prestasieverslag 2014/15.
28 Oktober 2015 Bespreking van Jaarverslag.
3. UITVOERENDE GESAG
Agt verslae oor finansiële en niefinansiële inligting is voorgelê aan die Uitvoerende Gesag gedurende
die jaar onder oorsig.
Kwartaallikse Prestasieverslag 31 Julie 2015, 31 Oktober 2015, 31 Januarie 2016 en 30 April 2016.
Tussentydse Moniteringsverslag 31 Julie 2015, 31 Oktober 2015, 31 Januarie 2016 en 30 April 2016.
4. DIE WES-KAAPSE KULTUURKOMMISSIE
Die belangrikheid en doel van die Kommissie
Die wetgewende mandaat van die Wes-Kaapse Kultuurkommissie is om kultuur in die Wes-Kaap te
bewaar, bevorder en ontwikkel, ooreenkomstig die Wet op die Wes-Kaapse Kultuurkommissie en
Kultuurrade, Wet 14 van 1998.
Die WKKK moet, onder andere die volgende doen:
a) die registrasie en deregistrasie van kultuurrade oorweeg;
b) roerende en onroerende bates wat onder sy toesig val, kontroleer, bestuur, ontwikkel en in
stand hou;
c) sodanige ander funksies uitvoer soos die Provinsiale Minister aan die Kommissie mag opdra.
Die rol van die Kommissie is soos volg:
Die Wes-Kaapse Kultuurkommissie kan kultuurrade bystaan deur die volgende:
die subsidiëring van kultuurverwante projekte, navorsing en konferensies waarvoor ‘n
geregistreerde raad aansoek gedoen het;
die bevordering en koördinering van nasionale en internasionale interkulturele kontak
en
die verskaffing van inligting om kultuur te bewaar, bevorder en uit te bou.
Annual Report for 2015/16 Financial Year Western Cape Cultural Commission
21
Raad se Handves
Die Wes-Kaapse Kultuurkommissie het nie ‘n formele handves nie, maar word gerig deur die Wes-kaapse Kultuurkommissie en Kultuurrade (Wet 14 van 1998
Samestelling van die Kommissie soos aangestel in September 2015
Naam Benoeming (t.o.v. die
Openbare
Entiteitsraad se
struktuur)
Datum
aangestel
Datum
bedank
Kwalifikasies Gebied van Kundigheid Raad
Direkteurskapp
e (Lys die
entiteite)
Ander Komitees of Spanne
Ouditkomitee / Ministeriële
taakspan
Aantal
vergadering
s bygewoon
Moshe
Phumzile
Apleni
Vise-voorsitter 30
September
2015
N.v.t. B.Pol.Wet. (Geskiedenis,
Politiek, Filosofie)
Algemene bestuur /
Leierskap / Bemarking
Woordkuns;
Geesteswetenskappe
(Geskiedenis, Kuns,
Kultuurgeskiedenis, Kultuur)
Betrokkenheid van jeug by
kultuur.
Geen Wes-Kaap
verteenwoordiger by NKR
5
Bulelwa
Basse
Voorsitter 30
September
2015
N.v.t. Rekenaargeletterdheid Toonkuns;
Geesteswetenskappe
(Geskiedenis, Kuns,
Kultuurgeskiedenis, Kultuur)
Betrokkenheid van jeug by
kultuur.
Geen Geen 7
Johann
Crous
Lid: Subkomitee van
Kultuurkommissie
30
September
2015
N.v.t. Hoër diploma in
Kunsonderrig
Diploma in Dramatiese
Kunste.
Diploma in tekstielontwerp
1 jaar Kursus in
Besigheidstudies
Fotografie
Woordkuns;
Woordkuns;
Geesteswetenskappe
(Geskiedenis, Kuns,
Kultuurgeskiedenis, Kultuur)
Betrokkenheid van jeug by
kultuur.
Fondsinsameling vir
kultuurprogramme.
Geen Geen 5
Rozanne
Davids
Voorsitter:
Subkomitee
Kultuurgfasiliteit
30
September
2015
N.v.t. LLB (UNISA) aan die gang
Diploma in Kunsdireksie en
Grafiese Kuns
Skrikkeljaarsertifikaat (2007)
Matrieksertifikaat
Betrokkenheid van jeug by
kultuur.
Kultuurbedrywe
Sport – skaak
Geen Geen 4
Chuma Fani
Voorsitter:
Subkomitee van
Kultuurkommissie
30
September
2015
N.v.t. B Admin
Honneurs
Toonkunste;
Betrokkenheid van jeug by
kultuur.
Bevordering van kultuur
deur die media
Geen Geen 5
Jaarverslag vir 2015/16-boekjaar Wes-Kaapse Kultuurkommissie
22
Naam Benoeming (t.o.v. die
Openbare
Entiteitsraad se
struktuur)
Datum
aangestel
Datum
bedank
Kwalifikasies Gebied van Kundigheid Raad
Direkteurskapp
e (Lys die
entiteite)
Ander Komitees of Spanne
Ouditkomitee / Ministeriële
taakspan
Aantal
vergadering
s bygewoon
Patrick
Zoyisile
Fefeza
Voorsitter: Inisiasie-
subkomitee
30
September
2015
N.v.t. BA (Gesk. Antropologie)
Nagraads Diploma
(Museums/Erfenisstudies
(UWK)
Woordkuns;
Woordkuns;
Geesteswetenskappe
(Geskiedenis, Kuns,
Kultuurgeskiedenis, Kultuur)
Betrokkenheid van jeug by
kultuur.
Kulturele bedrywe.
Geen Geen 4
Wilma
Josephine
Kindo
Lid: Subkomitee van
Kultuurkommissie
30
September
2015
N.v.t. - Graad 12
- Diploma, Biblioteek en
Informasiewetenskap
(UWK)
- Woordkuns;
- Woordkuns;
- Geesteswetenskappe
(Geskiedenis, Kuns,
Kultuurgeskiedenis,
Kultuur).
- Betrokkenheid van jeug
by kultuur.
Geen Geen 5
Anthony Le
Fleur
Lid: Subkomitee
Kultuurfasiliteit
30
September
2015
N.v.t. President van Griekwa
Nasionale Konferensie
President van
Koorvereniging
Raadslid van NKR.
Woordkuns;
Geesteswetenskappe
(Geskiedenis, Kuns,
Kultuurgeskiedenis, Kultuur)
Betrokkenheid van jeug by
kultuur.
Kultuurbedrywe
Toonkunste;
Geen Geen 7
John
Cornelius
Witbooi
Lid: Subkomitee
Kultuurfasiliteit
30
September
2015
N.v.t. Opvoeder;
Nasionale leier van Witbooi
Namastam
Nasionale voorsitter van die
werkkomitee vir die Khoe en
Boesman
Geesteswetenskappe
(Geskiedenis, Kuns,
Kultuurgeskiedenis, Kultuur)
Betrokkenheid van jeug by
kultuur.
Bestuur van kulturele
fasiliteite.
Namakultuur
Geen Geen 3
*Ann Nurock
Lid:
WKKK
30
September
2015
7 Desember
2015
BA Witwatersrand
Toonkunste;
Woordkuns;
Geesteswetenskappe
(Geskiedenis, Kuns,
Kultuurgeskiedenis, Kultuur)
Betrokkenheid van jeug by
kultuur.
Kultuurbedrywe
Geen Geen Geen
Jaarverslag vir 2015/16-boekjaar Wes-Kaapse Kultuurkommissie
23
*Ann Nurock, het op 7 Desember 2015 bedank a.g.v. werkverpligtinge.
Komitees
Komitees Aantal vergaderings gehou Aantal Lede Naam van Lid
Induksiesessie 1 9 Moshe Phumzile Apleni
Bulelwa Basse
Johann Crous
Rozanne Davids
Chuma Fani
Patrick Zoyisile Fefeza
Wilma Josephine Kindo
Anthony Le Fleur
John Cornelius Witbooi
Voltallige Sessie
2
9
Phumzile Moshe Apleni
Bulelwa Basse
Johann Crous
Rozanne Davids
Chuma Fani
Patrick Zoyisile Fefeza
Wilma Josephine Kindo
Anthony Le Fleur
John Cornelius Witbooi
Kultuurrade 2
4
Bulelwa Basse
Johann Crous
Jaarverslag vir 2015/16-boekjaar Wes-Kaapse Kultuurkommissie
24
Komitees Aantal vergaderings gehou Aantal Lede Naam van Lid
Chuma Fani
Wilma Josephine Kindo
Kultuurfasiliteite 2
5 Phumzile Moshe Apleni
Rozanne Davids
John Cornelius Witbooi
Bulelwa Basse
Anthony Le Fleur
Inisiasie
1
1
Patrick Zoyisile Fefeza
Annual Report for 2015/16 Financial Year Western Cape Cultural Commission
25
Vergoeding van Kommissielede
Die diensvoordelepakkette vir ampsdraers van sekere statutêre en ander inrigtings word gedefinieer
deur die Minister van Finansies en beskryf in ’n Provinsiale Tesourie Omsendbrief. Die voorsitter se tarief is
R426 per uur, die ondervoorsitter s’n is R300 per uur en die tarief vir lede is R261 per uur.
Naam Vergoeding
R’000
Ander toelae
(R&V)
R’000
Totaal
R’000
Apleni, Phumzile Moshe 6 1 7
Basse, Bulelwa 11 1 12
Boezak, Willem 3 0 3
Crous, Johanna 6 1 7
Dani, Lizo 3 5 8
Davids, Rozanne 5 0 5
Fani, Chuma 6 2 8
Fefeza, Patrick Zoyisile 8 0 8
Kindo Wilma Josephine 6 0 6
Le Fleur, Anthony * 8 30 38
Van Rheede, Christo 1 5 6
Witbooi, John Cornelius 3 3 6
Totaal 66 48 114
* Die lid bly in die Eden-omgewing; daarom is reiskoste betreklik hoër.
5. RISIKOBESTUUR
Die Rekenpligtige Gesag (RG) vir die Entiteit neem verantwoordelikheid vir die implementering van
Ondernemingsrisikobestuur (ORB) ooreenkomstig die Nasionale Tesourie Openbare Sektor
Risikobestuursraamwerk (NTOSRBR) en die Direktoraat Ondernemingsrisikobestuur (D:ORB) in die
Departement van die Premier (DvdP) verskaf ’n gesentraliseerde strategiese ondersteuningsdiens aan
die Departement.
In ooreenstemming met die Nasionale Tesourie Openbare Sektor Risikobestuursraamwerk (NTOSRBR) en
om risikobestuur verder in te bed binne die Departement, het die Wes-Kaapse Regering (WKR) ’n ORB-
beleid aanvaar wat die WKR se oorhoofse bedoeling t.o.v. ORB uiteensit. Die entiteit het 'n ORB-beleid
2015/16 -0 2016/17 aangeneem, goedgekeur deur die Rekenpligtige Beampte op 29 April 2015, en 'n
ORB strategiese en implementeringsplan vir 2015/16, goegekeur deur die Rekeningkundige Beampte
op 29 April 2015. Die ORB inplementeringsplan het uitvoering gegee aan die ORB-beleid en strateie en
stippel die rolle en verantwoordelikhedeuit van bestuur en personeel in die vaslegging van risiko-
bestuur in die entiteit.
Die Entiteit het betekenisvolle risiko’s op ’n kwartaallikse basis geassesseer wat ’n impak kon hê op die
verwesenliking van sy doelstellings, strategiese sowel as programmatiese risiko’s. Risiko’s is geprioritiseer
op grond van die waarskynlikheid en impak (inherent en residueel) en addisionele mitigerings waarop
ooreengekom is om risiko's te verminder tot aanvaarbare vlakke. Nuwe ontluikende risiko’s is
geïdentifiseer gedurende die kwartaallikse hersieningsprosesse.
Die Departement het ’n Ondernemingsrisikobestuurskomitee (ORBK) gestig om die Rekeningkundige
Gesag by te staan in die uitvoering van sy verantwoordelikhede aangaande risikobestuur. Die Komitee
het gefunksioneer onder 'n opdrag goedgekeur deur die Rekenpligtige Beampte op 15 Mei 2015. ORBK
het hoofsaaklik die doeltreffendheid van die versagtende strategieë wat geïmplementeer is,
Jaarverslag vir 2015/16-boekjaar Wes-Kaapse Kultuurkommissie
26
geëvalueer om die risiko's van die entiteit aan te spreek en het verdere optrede aanbeveel waar gepas.
Die Ouditkomitee het die onafhanklike oorsig oor die Departement se risikobestuurstelsel verskaf. Die Ouditkomitee word voorsien van kwartaallikse ORB-vorderingsverslae en departementele risikoprofiele en registers ter uitvoering van hulle onafhanklike oorsigrol. Die Ouditkomitee se evaluering van die risikobestuursproses geskied in verhouding tot die vordering van die implementering van die entiteit se jaarlikse ORB-implementeringsplan en strategiese risiko's wat die Entiteit en die betrokke risiko-respons/behandelingstrategieë in die gesig gestaar het.
6. INTERNE BEHEEREENHEID
Dit is die verantwoordelikheid van die Rekenpligtige Gesag om interne kontroles deurlopend te beheer en te evalueer om seker te maak dat die kontroleaktiwiteite wat in plek is, doeltreffend en deursigtig is en bygewerk word soos nodig. Om dit te bereik, is sleutelvergaderings kwartaalliks met die Ouditeur-generaal, programbestuurders van die Departement van Kultuursake en Sport en die Provinsiale Minister gehou. Dit is ’n deurlopende proses om te verseker dat die Departement skoon oudits verkry.
7. INTERNE OUDIT EN OUDITKOMITEES
Interne Oudit voorsien bestuur met onafhanklike, objektiewe versekerings- en raadplegende dienste om waarde toe te voeg tot die werkings van die Entiteit en dit algaande te verbeter. Dit moet die Entiteit help om sy doelwit te bereik deur ’n sistematiese, gedissiplineerde benadering om die effektiwiteit van Beheer-, Risikobestuur- en Beheerprosesse te evalueer en te verbeter. Die volgende sleutelaktiwiteite word in hierdie verband uitgevoer: Assesseer en maak gepaste aanbevelings vir die verbetering van die bestuursprosesse ter bereiking
van die doelwitte van die departement; Evalueer die genoegsaamheid en doeltreffendheid, en dra by tot die verbetering van die
risikobestuursproses; Verleen bystand aan die Rekeningkundige Beampte in die handhawing van doeltreffende en
effektiewe beheer deur daardie kontroles te evalueer t.o.v. hulle doeltreffendheid en effektiwiteit, en deur aanbevelings vir bevordering en verbetering te maak.
Die Bestuur van Openbare Entiteite se gerusstellingsverbintenis is in die 2015/16 Interne Ouditplan goedgekeur.
Die Ouditkomitee is ingestel as ’n toesighoudende liggaam, wat onafhanklike toesig oor beheer, risikobestuur en beheerprosesse in die entiteit verskaf, wat toesig en verantwoordelikhede insluit ten opsigte van: Interne Ouditfunksie; Eksterne Ouditfunksie (Ouditeur-generaal van Suid-Afrika OGSA); Rekeningkunde en verslaggewing Rekeningkundige beleide Hersiening van OGSA se bestuurs- en ouditverslag; Hersiening van tussentydse monitering; Risikobestuur; Interne beheer; Voorafbepaalde doelwitte; Etiek en forensiese ondersoeke.
Jaarverslag vir 2015/16-boekjaar Wes-Kaapse Kultuurkommissie
27
Die onderstaande tabel verskaf relevante inligting oor die ouditkomiteelede:
Naam Kwalifikasies Intern of
ekstern
Indien intern,
posisie in die
Departement
Datum
aangestel
Datum
bedank
Aantal
vergade-
rings
bygewoon
Mnr Ronnie
Kingwill
CA(SA); CTA; BCom Ekstern N.v.t. 01
Januarie
2013 (2de
termyn)
2de
kwartaal
verval 31
Desember
2015
7
Mnr. Mervyn
Burton CA(SA); CFP; B
Compt (Hons); B
Compt;
Ekstern N.v.t. 01
Januarie
2015 (2de
termyn)
N.v.t. 8
Me Judy
Gunther
CIA; ACA;
CRMA;Meesters in
Kosteberekening;
BCompt
Ekstern N.v.t. 01
Januarie
2016 (2de
termyn)
N.v.t. 8
Mnr. Louw
van der
Merwe
CA(SA); ACMA;
CIA; CISA; CRMA
Ekstern N.v.t. 01
Januarie
2013 (2de
termyn)
2de
kwartaal
het verval
31
Desember
2015
7
Mnr Francois
Barnard
Mcomm
(Belasting);CA(SA);
Nagraads Dipl. in
Ouditering; CTA;
BCompt (Hons.)
BProc.
Ekstern N.v.t. 01
Januarie
2016 (2de
termyn)
N.v.t. 8
Mnr
Ameen
Amod
MBA, CIA, CGAP,
CRMA; BCom
(Hons)
Ekstern N.v.t. 01
Januarie
2016
N.v.t. 1
8. VOLDOENING AAN WETTE EN REGULASIES
Stelsels, beleide en prosesse is in plek om voldoening aan wette en regulasies te verseker.
Jaarverslag vir 2015/16-boekjaar Wes-Kaapse Kultuurkommissie
28
9. BEDROG EN KORRUPSIE
Die Wes-Kaapse Regering het 'n Antikorrupsiestrategie aanvaar wat die Provinsie se standpunt van geen verdraagsaamheid teenoor bedrog en korrupsie bevestig.Die Departement het ’n goedgekeurde bedrogvoorkomingsprogram en ‘n bedrogvoorkoming-implementeringsprogram goedgekeur wat uitvoering gee aan die bedrogvoorkomingsplan. Hierdie planne is van toepassing op die WKKK.
Verskeie kanale vir die rapportering van bewerings van bedrog bestaan en dit word in detail in die Provinsiale Antikorrupsiestrategie en die Departementele Bedrogvoorkomingsplan beskryf. Elke bewering wat ontvang word deur die Forensiese Ondersoekeenheid word in ’n gevallebestuurstelsel opgeteken, wat aangewend word as ’n bestuursinstrument om te rapporteer oor die vordering wat gemaak is met gevalle ten opsigte van die departement en wat statistiek vir die provinsie en departement genereer.
Ons beskerm werknemers wat fluitjie blaas oor vermoedens van bedrog, korrupsie en diefstal indien die bekendmaking ’n beskermde bekendmaking is (d.w.s. aan statutêre vereistes voldoen, d.w.s. in goeder trou gemaak is). In hierdie opsig is ‘n transversale Fluitjieblasersbeleid goedgekeur op 24 Februarie 2016 om riglyne aan werknemers te verskaf oor hoe om bekommernisse uit te druk teenoor die betrokke lynbestuur, spesifiek aangewese persone in die WKR of eksterne inrigtings, wanneer hulle redelike gronde het om te glo dat misdrywe of onbehoorlikhede binne die WKR gepleeg is of word. Die geleentheid om anoniem te bly, word gebied aan enige persoon wat dade van bedrog, diefstal en korrupsie wil rapporteer en indien hulle dit persoonlik doen, word hulle identiteite vertroulik gehou deur die persoon aan wie hulle rapporteer.
Wanneer bedrog of korrupsie bevestig word na ’n ondersoek afgehandel is, word die betrokke werknemner wat aan hierdie dade aandadig was, onderwerp aan ’n dissiplinêre verhoor. In al sulke gevalle word daar van die WKR-verteenwoordiger wat die dissiplinêre stappe inisieer, verwag om aan te raai dat die betrokke werknemer ontslaan word. Waar prima facie getuienis van kriminele gedrag opgemerk word, word ’n kriminele saak by die Suid-Afrikaanse Polisiediens aangemeld.
10. BEPERKING VAN KONFLIK VAN BELANGE
Die WKKK verseker dat daar geen konflik van belange bestaan nie deur daarop aan te dring dat ’n Verklaring van Belange (WCBD4-vorm) verkry word van elke verskaffer wat nie op die Wes-Kaapse Voorsienersdatabasis geregistreer is nie.
Provinsiale Tesourie staan entiteite by om die risiko van konflik van belange te beperk waar eienaars of direkteure van maatskappye ook staatsdiensamptenare in die Wes-Kaap is. Dit word gedoen deur inligting te verskaf van PERSAL (Die Personeelsalarisstelsel) aangaande staatsdienspersoneel wat geregistreer is as eienaars of direkteure van maatskappye. Die entiteit verseker dat sodanige persone in besit is van 'n brief van goedkeuring vir besoldigde werk buite die Staatsdiens (BWBS) voordat daar met hulle sake gedoen word.
Die entiteit het geen konflik van belang gevind by enige sake wat met verskaffers gedoen is nie. Indien sodanige konflik ontdek sou word, sal die saak hanteer word as ’n bedrieglike verskaffingslynbestuursaktiwiteit en na ’n omsigtigheidsondersoek sal die verskaffer as ’n nievoorkeurdiensvoorsiener geïdentifiseer word.
11. GEDRAGSKODE
Die beleid soos deur die DKES geïmplementeer, inkorporeer die WKKK.
Die gedragskode word jaarliks aan alle personeel uitgedeel. Inligtingsessies is ook gehou om die inhoud te bespreek van die gedragskode en hoe dit prakties geïmplementeer moet word. Daarbenewens is die Openbaredienskommissie se verduidelikende handleiding oor die praktiese implementering van die gedragskode aan personeel uitgedeel.
Jaarverslag vir 2015/16-boekjaar Wes-Kaapse Kultuurkommissie
29
Verder is komiteelede van die WKKK verplig om ’n gedragskode met betrekking tot hulle verantwoordelikheidsarea te onderteken en daarby te hou. Die lede onderteken ‘n vorm vir verklaring van belang op ‘n kwartaallikse basis.
12. GESONDHEID, VEILIGHEID EN OMGEWINGSKWESSIES
Die beleid soos deur die DKES geïmplementeer, inkorporeer die WKKK.
13. MAATSKAPPY-/ RAADSEKRETARIS
Nie van toepassing op die openbare entiteit nie.
14. MAATSKAPLIKE VERANTWOORDELIKHEID
Nie van toepassing op die openbare entiteit nie.
15. OUDITKOMITEEVERSLAG
Hiermee bied ons graag ons verslag vir die finansiële jaar eindigend op 31 Maart 2016 aan. Ouditkomiteeverantwoordelikheid Die Ouditkomitee rapporteer dat dit voldoen het aan sy verantwoordelikhede wat spruit uit artikel 38 (1) (a) (ii) van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur en Tesourieregulasie 27.1. Die Ouditkomitee rapporteer ook dat dit gepaste formele opdragte aanvaar het as sy Ouditkomitee-opdragte, sy sake gereguleer het ter voldoening aan hierdie voorwaardes en al sy verantwoordelikhede nagekom het soos dit daarin vevat is. Die Effektiwiteit van Interne Kontrole Die entiteit word versien deur die Departement van Kultuursake en Sport en geen gebreke t.o.v. interne beheer is op entiteitsvlak aangemeld nie. Tussentydse Bestuur en Maandelikse/Kwartaallikse Verslae Die Ouditkomitee is tevrede met die inhoud en gehalte van tussentydse bestuur- en finansiële en prestasieverslae soos voorberei en uitgereik gedurende die jaar onder oorsig deur die Rekenpligtige Beampte van die entiteit ingevolge die Nasionale Tesourieregulasies en die Wet op die Verdeling van Inkomste. Evaluering van Finansiële State Die Ouditkomitee het: die Geouditeerde Finansiële Jaarstate wat ingesluit moet word by die Jaarverslag met die
Ouditeur-Generaal Suid-Afrika (OGSA) en die Rekenpligtige Gesag nagegaan en bespreek; die Ouditeur-Generaal se bestuursverslag en Bestuur se reaksie daarop nagegaan; veranderings aan rekeningkundige beleide en praktyke soos in die Finansiële Jaarstate genoem,
nagegaan; het wesenlike aanpassings wat uit die oudit van die entiteit voortgespruit het, nagegaan.
Nakoming Die Ouditkmomitee het die entiteit se prosesse ter voldoening aan wetlike en regulatoriese bepalings nagegaan
Jaarverslag vir 2015/16-boekjaar Wes-Kaapse Kultuurkommissie
30
Prestasie-inligting Die Ouditkomitee het die inligting oor voorafbepaalde doelwitte soos gerapporteer in die jaarverslag nagegaan; Ouditeur-generaal van Suid-Afrika Ons het die entiteit se implementeringsplan vir ouditkwessies wat in die vorige jaar aangemeld is, kwartaalliks nagegaan. Die Ouditkomitee het vergader met die Ouditeur-generaal van Suid-Afrika om seker te maak dat daar geen onopgeloste kwessies is wat uit die regulatoriese oudit voorgekom het nie. Korrektiewe aksies oor gedetailleerde bevindings wat deur die AGSA aanhangig gemaak is, word deur die Ouditkomitee op ‘n kwartaallikse basis gemonitor. Die Ouditkomitee stem daarmee saam en aanvaar die OGSA se opinie aangaande die Finansiële Jaarstate, en stel voor dat hierdie geouditeerde Finansiëwle Jaarstate aanvaar word en saamgelees word met die verslag. Die Ouditkomitee loof die Entiteit vir die handhawing van ‘n ongekwalifiseerde ouditopinie met geen wesenlike bevindings. Waardering Die Ouditkomitee wil graag sy waardering uitspreek teenoor die Bestuur van die Entiteit, die Ouditeur-Generaal van SA en die WKR se Korporatiewe Versekeringstak vir die samewerking en inligting wat hulle verskaf het om ons in staat te stel om hierdie verslag saam te stel.
Ameen Amod
Voorsitter van die Ouditkomitee
Wes-Kaapse Kultuurkommissie
Datum: 5 Augustus 2016
Jaarverslag vir 2015/16-boekjaar Wes-Kaapse Kultuurkommissie
31
DEEL D:
MENSLIKEHULPBRONBESTUUR
__________________________________
Jaarverslag vir 2015/16-boekjaar Wes-Kaapse Kultuurkommissie
32
1. MENSLIKEHULPBRON-OORSIGSTATISTIEK
Hierdie statistiek word gerapporteer in die Jaarverslag van die Departement van Kultuursake en Sport.
Jaarverslag vir 2015/16-boekjaar Wes-Kaapse Kultuurkommissie
33
DEEL E: FINANSIËLE INLIGTING
Jaarverslag vir 2015/16-boekjaar Wes-Kaapse Kultuurkommissie
34
1. VERSLAG VAN DIE OUDITEUR-GENERAAL
Verslag oor die finansiële state
Inleiding
1. Ek het die finansiële state van die Wes-Kaapse Kultuurkommissie soos op bladsye 37 tot 56
uiteengesit, geouditeer. Dit sluit die staat van finansiële posisie soos op 31 Maart 2016, die staat van
finansiële prestasie, staat van veranderinge in netto bates, staat van kontantvloei en die staat van vergelyking van begroting en werklike bedrae vir die jaar in, asook die aantekeninge, wat wat uit ʼn opsomming van betekenisvolle rekeningkundige beleide en ander verduidelikende inligting bestaan.
Rekenpligtige gesag se verantwoordelikheid vir die finansiële state
2. Die rekenpligtige gesag is verantwoordelik vir die voorbereiding en billike aanbieding van die
finansiële state ooreenkomstig die Suid-Afrikaanse Standaarde van Algemeen Erkende
Rekeningkundige Praktyk (SA StandaardevanAERP), die vereistes van die Wet op Openbare
Finansiële Bestuur van Suid-Afrika, 1999 (Wet No. 1 van 1999) (WOFB) en artikel 19(5) van die Wes-
Kaapse Provinsiale Talewet, 1998 (Wet No. 13 van 1998) (WKPT), asook sodanige interne beheer
wat volgens die rekenpligtige gesag nodig is om die voorbereiding van finansiële state sonder
wanvoorstellings, hetsy as gevolg van bedrog of foute, te bewerkstellig.
Ouditeur-Generaal se verantwoordelikheid
3. Dit is my verantwoordelikheid om ʼn mening uit te spreek oor hierdie finansiële state op grond van
my oudit. Ek het my oudit uitgevoer volgens internasionale standaarde vir ouditering. Die
standaarde vereis dat ek voldoen aan etiese vereistes, en die oudit beplan en uitvoer om redelike
versekering te verkry oor of die finansiële state sonder wesenlike wanvoorstelling is.
4. ʼn Oudit behels die uitvoering van prosedures om ouditbewyse te verkry oor die bedrae en
openbaarmakings in die finansiële state. Die prosedures wat gekies word, hang van die ouditeur
se oordeel af, insluitende die assessering van die risiko van wesenlike wanvoorstelling van die
finansistate, hetsy as gevolg van bedrog of foute.Wanneer die risiko-assessering gedoen word,
oorweeg die ouditeur interne beheer wat toepaslik is vir die entiteit se voorbereiding en billike
aanbieding van die finansiële stateom ouditprosedures te ontwerp wat vir die omstandighede
geskik is, maar nie met die doel om ʼn mening oor die doeltreffendheid van die entiteit se interne
beheer uit te spreek nie.ʼn Oudit sluit ook die evaluering van die toepaslikheid van die
rekeningkundige beleide wat gebruik is en die redelikheid van rekeningkundige beramings wat
die bestuur gemaak het in, asook die evaluering van die algehele aanbieding van die finansiële
state.
5. Ek is van mening dat die ouditbewyse wat en verkry het voldoende en geskik is om as ʼn basis vir
my ouditmening te dien.
Mening
6. Dit is my mening dat die finansiële state, in alle wesenlike opsigte, die finansiële posisie van die
Wes-Kaapse Taalkomitee soos op 31 Maart 2016, en sy finansiële prestasie en kontantvloei vir die
jaar op die datum geëindig, in ooreenstemming met die SA Standaarde van AERP en die vereistes
van die WOFB en die WKPT billik weerspieël.
Jaarverslag vir 2015/16-boekjaar Wes-Kaapse Kultuurkommissie
35
Verslag oor ander wetlike en regulatoriese vereistes
7. In ooreenstemming met die Wet op Openbare Oudit van Suid-Afrika, 2004 (Wet No. 25 van 2004)
(WOO) en die algemene kennisgewing wat daarvolgens uitgereik is, het ek die
verantwoordelikheid om verslag te doen van bevindings oor die gerapporteerde prestasie-
inligting ten opsigte van die voorafbepaalde doelwittevan geselekteerde strategiese doelwitte
wat in die jaarlikse prestasieverslag aangebied word, nakoming van wetgewing en interne
beheer. Die doel van my toetse was om aanmeldbare bevindings soos onder elke subhoof beskryf
is, te identifiseer, maar nie om bewyse te vind om versekering oor hierdie aangeleenthede te gee
nie.Gevolglik spreek ek nie ʼn mening of gevolgtrekking oor die aangeleenthede uit nie.
Voorafbepaalde doelwitte
8. Ek het prosedures uitgevoer om bewyse te verkry oor die bruikbaarheid en betroubaarheid van
die gerapporteerde prestasie-inligting van die volgende geselekteerde strategiese doelwit wat in
die jaarlikse prestasieverslag van die openbare entiteit vir die jaar geëindig 31 Maart 2016
aangebied word:
Strategiesedoelwit: Moniteer en adviseer oor die implementering van die Wes-Kaapse
Taalbeleidopbladsye16 tot 17
9. Ek het die bruikbaarheid van die gerapporteerde prestasie-inligting geëvalueer om te bepaal of
dit in ooreenstemming met die Nasionale Tesourie se beginsels vir jaarlikse rapportering was en of
die gerapporteerde prestasie in ooreenstemming met die beplande doelwit was. Verder het ek
toetse uitgevoer om te bepaal of die aanduiders en teikens goed gedefinieer, bewysbaar,
spesifiek, meetbaar, tydgebonde en tersaaklik was, soos vereis word deur die Nasionale Tesourie
se Raamwerk vir bestuur van programprestasie-inligting (RBPPI).
10. Ek het die betroubaarheid van die gerapporteerde prestasie-inligting geassesseer om te bepaal
of dit geldig, akkuraat en volledig was.
11. Ek het geen wesenlike bevindings oor die bruikbaarheid en betroubaarheid van die
gerapporteerde prestasie-inligting vir die strategiese doelwit: Moniteer en adviseer oor die
imlementering van die Wes-Kapse Taalbeleid gemaak nie.
Addisionele sake
12. Hoewel ek geen wesenlike bevindings oor die bruikbaarheid en betroubaarheid van die
gerapporteerde prestasie-inligting vir die geselekteerde doelwit geïdentifiseer het nie, wil ek graag
die aandag op die volgende vestig:
Bereiking van beplande teikens
13. Verwys na diejaarlikse prestasieverslag op bladsye16 tot 17 vir inligting oor die bereiking van
beplande teikens vir die jaar
Voldoening aan wetgewing
14. Ek het prosedures uitgevoer om bewyse te verkry dat die openbare entiteit aan toepaslike
wetgewing met betrekking tot finansiële sake, finansiële bestuur en ander verwante sake voldoen
het. Ek het geen gevalle van nievoldoening aan spesifieke sake in sleutelwetgewing, soos in die
algemene kennisgewing wat volgens die WOO uitgereik is,geïdentifiseer nie.
Jaarverslag vir 2015/16-boekjaar Wes-Kaapse Kultuurkommissie
36
Interne beheer
15. Ek het interne beheer soos van toepassing vir my oudit van die finansiële state, jaarlikse prestasieverslag en voldoeningaan wetgewing oorweeg. Ek het geen wesenlike gebreke in interne beheer geïdentifiseer nie.
37
Wes-Kaapse Kultuurkommissie Jaarlikse Finansiële State vir die jaar geëindiggeëindig 31 Maart 2016
Staat van Finansiële Posisie soos op 31 Maart 2016_______________________ 2016 2015
Aantekening(e) R ’000 R ’000 ________________________________________________________________________________________________________
Bates
Huidige bates Kontant en kontantekwivalente 3 4 138 4 655 Ontvangste uit valutratransaksies 4 119 4
4 257 4 659 Totale Bates 4 257 4 659 Laste
Bedryfslaste Betaalbares uit valutatransaksies 5 767 484 Totale Laste 767 484 Netto Bates 3 490 4 175
Opgehoopte surplus 3 490 4 175
38
Wes-Kaapse Kultuurkommissie Jaarlikse Finansiële State vir die jaar geëindiggeëindig 31 Maart 2016
Staat van Finansiële Prestasie________________________________________ 2016 2015
Aantekening(e) R ’000 R ‘000 _____________________________________________________________________________________________________
Inkomste
Inkomste uit valutatransaksies Gelde uit fasiliteite 6 1 583 1 749 Rente-inkomste 7 253 281 Ander inkomste 8 10 4 Totale inkomste uit valutatransaksies 1 846 2 034
Inkomste uit nie-valutatransaksies Ander inkomste van nie-valutatransaksies 9 538 - Oordragte en subsidies ontvang 10 384 363 Totale inkomste uit nie-valutatransaksies 922 363 Totale inkomste 2 768 2 397
Uitgawes Ouditgelde 11 (84) (188) Algemene uitgawes 12 (3 243) (2 235) Ledegeld 13 (66) (46) Oordragte en subsidies betaal 14 (60) (150) Totale uitgawe (3 453) (2 619)
Tekort vir die jaar (685) (222)
39
Wes-Kaapse Kultuurkommissie Jaarlikse Finansiele State vir die jaar geëindiggeëindig 31 Maart 2016
Staat van Veranderings in Netto Bates Opgehoopte Totaal netto
surplus bates R ’000 R ’000
Balans op 01 April 2014 4 397 4 397 Veranderinge in netto bates Tekort vir die jaar (222) (222) Totale veranderinge (222) (222)
Balans op 01 April 2015 4 175 4 175 Veranderinge in netto bates Tekort vir die jaar (685) (685) Totale veranderinge (685) (685) Balans op 31 Maart 2016 3 490 3 490
40
Wes-Kaapse Kultuurkommissie Jaarlikse Finansiële State vir die jaar geëindiggeëindig 31 Maart 2016
Kontantvloeistaat 2016 2015
Aantekening(e) R ’000 R ’000
Kontantvloei van operasionele aktiwiteite Ontvangste Kontantontvangste 1 977 2 057 Rente-inkomste 253 281
2 230 2 338
Betalings Kontant betaal (2 747) (2 611)
Kontantvloei van bedryfsaktiwiteite 15 (517) (273)
Netto toename/(afname) in kontant en kontantekwivalente (517) (273) Kontant en kontantekwivalente aan begin van die jaar 4 655 4 928
Kontant en kontantekwivalente aan die einde van die jaar 3 4 138 4 655
41
Wes-Kaapse Kultuurkommissie Jaarlikse Finansiële State vir die jaar geëindig 31 Maart 2016
Staat van Vergelyking van Begroting en Werklike bedrae_________________________________________________________________________________________ Begroting op Kontantbasis ____________________________________________________________________________________________________________
Goedgekeurde Aanpassings Finale begr. Werklike Verskil Verwysing Begroting bedrae op tussen finale (nota 18)
begroting enwerklike begroting
R ’000 R ’000 R’000 R’000 R’000 ___________________________________________________________________________________________________________
Staat van Finansiële Prestasie
Inkomste uit valutatransaksies Gelde uit fasiliteite 1 749 (307) 1 442 1 583 141 18.1 Rente-inkomste 263 (110) 153 253 100 18.2 Ander inkomste - 793 793 10 (783) 18.3 Totale inkomste van 2 012 376 2 388 1 846 (542)________ transaksies
Inkomste uit transaksies Ander inkomste van - - - 538 538 18.3 transaksies Oordragte en subsidies ontvang 384 - 384 384 -_________ Totale inkomste van 384 - 384 922 538 transaksies _________________________________________________________________ Totale inkomste 2 396 376 2 772 2 768 (4)_________
Uitgawes Ledegeld (108) 59 (49) (66) (17) Oordragte en subsidies betaal (250) 190 (60) (60) - Ouditgelde (264) 174 (90) (84) 6 Algemene uitgawes (1 774) (799) (2 573) (3 243) (670) 18.4 Totale uitgawe (2 396) (376) (2 772) (3 453) (681)________ Tekort - - - (685) (685)_________Werklike Bedrag op Vergelykende - - - (685) (685) Grondslag soos Voorgestel in die Begroting en Werklike Vergelykende Staat
Rekonsiliasie (moet openbaar word indien werklike nie op vergelykende grondslag tot begroting)
Basiese verskille Bedryf (685)
Tydsverskille Bedryf -
Entiteitsverskille Bedryf
-
Werklike Bedrag in die (685) Staat van Finansiële Prestasie
42
Wes-Kaapse Kultuurkommissie Jaarlikse Finansiële State vir die jaar geëindig 31 Maart 2016
Rekeningkundige Beleide
1. Aanbieding van Finansiële Jaarstate
Die finansiële jaarstate is voorberei ooreenkomstig die Standaarde van Algemeen Aanvaarde Rekeningkundige Praktyk (AARP), met inbegrip van enige interpretasies, riglyne en direktiewe, uitgegee deur die Raad vir Rekeningkundige Standaarde ooreenkomstig artikel 91(1) van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur (Wet 1 van 1999), en Tesourieregulasies uitgereik ingevolge die Wet.
Hierdie finansiële jaarstate is voorberei op 'n aanwasgrondslag van rekeningkunde en is in ooreenstemming met die historiese kostekonvensie as die grondslag van meting, tensy anders gespesifiseer.
Hulle word in Suid-Afrikaanse Rand weergegee. Alle syfers is afgerond tot die naaste duisend.
‘n Opsomming van die betekenisvolle rekeningkundige beleide word hieronder weergegee.
1.1 Lopendesaakaanname
Hierdie finansiële jaarstate is voorberei met die verwagting dat die entiteit sal voortgaan om te opereer as ‘n lopende saak vir ten minste die volgende 12 maande.
1.2 Betekenisvolle uitsprake en bronne van ramingsonsekerheid
In voorbereiding van die finansiële jaarstate, word daar van die bestuur verwag om beramings en aannames te maak wat die bedrae en verwante openbaarmakings wat in die finansiële jaarstate verteenwoordig word, sal beïnvloed. Die gebruik van beskikbare inligting en die toepassing van oordeelkundigheid is inherent in die maak van beramings. Werklike resultate in die toekoms sou kon verskil van hierdie skattings, wat wesenlik kan wees vir die finansiële jaarstate.
Betekenisvolle uitsprake sluit in:
Ontvangbares
Die entiteit assesseer sy ontvangbares vir waardedaling aan die einde van elke verslagperiode.Met die bepaling van of ‘n waardedalingverlies in surplus of tekort opgeteken moet word, bepaal die entiteit of daar waarneembare data bestaan wat 'n meetbare afname in die beraamde toekomstige kontantvloei van ‘n finansiële bate aandui.
Die waardedaling vir ontvangbares word op ‘n portefeuljegrondslag bereken, gebaseer op geskiedkundige verliesratio’s aangepas vir nasionale en bedryfspesifieke ekonomiese toestande en ander aanduiders teenwoordig by die verslagdatum wat met wanbetaling op die portefeulje korreleer. Hierdie jaarlikse verliesratio’s word toegepas op balanse in die portefeulje en geskaal op die beraamde verliesnoodtydperk.
Toelating vir waardedaling
Vir ontvangbares word ‘n waardedaling erken in surplus en tekort wanneer daar objektiewe bewys is dat dit gedaal het. Die waardedaling word gemeet as die verskil tussen die ontvangbares se drabedrag en die huidige waarde van beraamde toekomstige kontantvloei verdiskonteer teen die effektiewe rentekoers, bereken teen aanvangserkenning.
1.3 Eiendom, aanleg en toerusting
Eiendom, aanleg en toerusting is tasbare niebedryfsbates (infrastruktuurbates ingesluit) wat gehou word vir gebruik in die produksie of voorsiening van goedere en dienste, uitgehuur word aan andere, of vir administratiewe doeleindes, en word na verwagting vir meer as een verslagperiode gebruik.
Die koste van ‘n item van eiendom, aanleg en toerusting word erken as ‘n bate wanneer: dit moontlik is dat toekomstige ekonomiese voordele of dienspotensiaal wat met die item geassosieer word na die
entiteit sal vloei; en die koste of billike waarde van die item betroubaar gemeet kan word.
Eiendom, aanleg en toerusting word aanvanklik teen koste erken.
Die koste van ‘n item van eiendom, aanleg en toerusting is die aankoopprys en ander kostes wat toeskryfbaar is om die bate te bring na die plek en toestand wat nodig is voor dit kan opereer op die wyse deur die bestuur bedoel. Handelsafslag en korting word afgetrek om die koste te bepaal.
‘n Bate verkry teen geen koste, of vir ‘n nominale koste, se koste is sy billike waarde teen verkrygingsdatum.
43
Wes-Kaapse Kultuurkommissie Finansiële Jaarstate vir die jaar geëindig 31 Maart 2016
Rekeningkundige Beleide
1.3 Eiendom, aanleg en toerusting (vervolg)
Waar ‘n item van eiendom, aanleg of toerusting aangeskaf word in ruil vir ‘n niemonetêre bate of monetêre bates, of vir ‘n kombinasie van monetêre en niemonetêre bates, word die bate aanvanklik gemeet teen billike waarde (die koste), tensy die waarde van die bate ontvang of die bate wat opgegee is nie betroubaar berekenbaar is nie. Indien die aangeskafte item nie teen billike waarde gemeet word nie, word sy koste gemeet teen die drabedrag van die bate wat opgegee is.
Wanneer betekenisvolle komponente van ‘n item van eiendom, aanleg of toerusting verskillende bruikbare lerwens het, word hulle as afsonderlike items (balangrike komponente) van eiendom, aanleg en toerusting verreken.
Koste sluit in koste aanvanklik aangegaan om 'n item van eiendom, aanleg en toerusting aan te skaf of op te rig en kostes agterna aangegaanom by te tel, gedeelte te vervang of te versien. Indien ‘n koste van vervanging erken word in die drabedrag van ‘n item van eiendom, aanleg en toerusting, word die drabedrag van die vervangde deel de-erken.
Belangrike onderdele en bystandstoerusting wat na verwagting vir meer as een periode gebruik gaan word, word ingesluit by eiendom, aanleg en toerusting. Daarbenewens word onderdele en bystandstoerusting wat slegs gebruik kan word in verband met ‘n item van eiendom, aanleg en toerusting verreken as eiendom, aanleg en toerusting.
Na aanvanklike meting word eiendom, aanleg en toerusting op koste gedra minus opgeloopte depresiasie en enige waardedalingverliese.
Eiendom, aanleg en toerusting word gedepresieer op ‘n reguit lyn-grondslag oor hulle verwagte nuttige lewensduur tot hulle beraamde reswaarde.
Die bruikbare lewe van items van eiendom, aanleg en toerusting is as volg geassesseer:
Item Per jaarRekenaars en rekenaarprogrammatuur 33,3% Voertuie 20% Toerusting 25%
Die reswaarde, bruikbare lewensduur en depresiasiemetode van elke bate word aan die einde van elke verslagdatum hersien.Indien die verwagtings van vorige skattings verskil, word die verandering verreken as ‘n verandering in rekenkundige skatting.
Hersiening van die nuttige lewensduur van ‘n bate op ‘n jaarlikse grondslag beteken nie dat die entiteit die vorige beraming moet wysig nie, tensy verwagtings verskil van die vorige beraming.
Elke deel van ‘n item van eiendom, aanleg of toerusting met ‘n koste wat betekenisvol is in verhouding tot die totale koste van die item word afsonderlik gedepresieer.
Die depresiasieheffing vir elke periode word erken in surplus of tekort, tensy dit ingesluit is in die drabedrag van ‘n ander bate.
Items van eiendom, aanleg en toerusting word de-erken wanneer van die bate ontslae geraak word of wanneer daar geen verdere ekonomiese voordele of dienspotensiaal van die benutting van die instrument verwag word nie.
Die wins of verlies wat ontstaan uit die de-erkenning van ‘n item van eiendom, aanleg of toerusting word bepaal as die verskil tussen die netto beskikkingsopbrengste, indien enige, en die drabedrag van die item. Sodanige verskil word erken in surplus of tekort wanneer die item de-erken word.
Vergoeding van derde partye vir ‘n item van eiendom, aanleg en toerusting wat in waarde gedaal het, verloor is of versaak is, word erken in surplus of verlies wanneer die vergoeding ontvangbaar word.
1.4 Finansiële instrumente
‘n Finansiële instrument is enige kontrak wat aanleiding gee tot ‘n finansiële bate van een entiteit en ‘n finansiële las of ‘n oorblywende belang van ‘n ander entiteit.
44
Wes-Kaapse Kultuurkommissie Finansiële Jaarstate vir die jaar geëindig 31 Maart 2016
Rekeningkundige beleide
1.4 Finansiële instrumente (vervolg)
Klassifikasie
Die entiteit het die volgende soorte finansiële bates (klasse en kategorieë) soos weerspieël op die aansig van die staat van finansiële posisie of in die aantekeninge daarby:
Klas Kategorie Ontvangbares uit valutaatransaksies Finansiële bates gemeet teen geamortiseerde koste
Kontant en kontantekwivalente Finansiële bates gemeet teen geamortiseerde koste
Die entiteit het die volgende soorte finansiële laste (klasse en kategorieë) soos gereflekteer op die aansig van die staat van Finansiële Posisie of in die aantekeninge daarby.
Klas Kategorie Betaalbares uit valutatransaksies Finansiële bates gemeet teen geamortiseerde koste
Aanvanklike erkenning
Die entiteit erken ’n finansiële las in sy staat van finansiële posisie wanneer die entiteit deelneem aan die kontraktuele voorsiening van die instrument.
Die entiteit erken finansiële bates wat handelsdatarekeningkunde gebruik.
Aanvanklike meting van Finansiële bates en Finansiële laste
Die entiteit meet ‘n finansiële bate en finansiële las aanvanklik aan sy billike waarde plus transaksiekoste wat direk toegeskryf kan word aan die verkryging of uitgawe van die finansiële bate of finansiële las.
Die entiteit met ’n finansiële bate en finansiële las aanvanklik teen sy billike waarde [indien daarna gemeet teen billike waarde].
Die entiteit assesseer eerste of die wese van die konsessielening werklik ‘n lening is. By aanvanklike erkenning, ontleed die entiteit ‘n konsessielening in sy samestellende dele en doen van elke komponent afsonderlik verslag. Die entiteit doen verantwoording van daardie deel van 'n konsessielening wat:
‘n maatskaplike voordeel ooreenkomstig die Raamwerk vir die Voorbereiding en Aanbieding van Finansiële State is, waar dit die uitgewer van die lening is; of nieverhandelbare inkomste, ooreenkomstig die Standaard van die AARP oor Inkomste uit Nieverhandelbare Transaksies
(Belasting en Oordragte), waar dit die ontvanger van die lening is.
45
Wes-Kaapse Kultuurkommissie Finansiële Jaarstate vir die jaar geëindig 31 Maart 2016
Rekeningkundige beleide
1.4 Finansiële instrumente (vervolg)
Daaropvolgende meting van finansiële bates en finansiële laste
Die entiteit meet alle finansiële bates en finansiële laste na aanvanklike erkenning en gebruik die volgende kategorieë: finansiële instrumente teen billike waarde finansiële instrumente teen gedelgde koste finansiële instrumente teen koste
Alle finansiële bates gemeet aan gedelgde koste, of koste, is onderhewig aan ‘n waardedalinghersiening.
Winste en verliese
‘n Wins of verlies wat ontstaan as gevolg van ‘n verandering in die billike waarde van ‘n finansiële bate of finansiële las gemeet aan billike waarde word erken in surplus of tekort.
Vir finansiële bates en finansiële laste gemeet aan gedelgde koste of koste, word ‘n wins of verlies erken in surplus of tekort wanneer die finansiële bate of finansiële las de-erken of verswak word, of deur die skulddelgingsproses.
Verswakking en oninvorderbaarheid van finansiële bates
Die entiteit assesseer aan die einde van elke verslagperiode of daar enige objektiewe bewyse is dat ‘nfinansiëlebate of groep vanfinansiële bates waardedaling ondergaan het
Finansiële bates gemeet teen geamortiseerde koste:
Indien daar objektiewe bewyse is dat ‘n waardedalingsverlies van finansiële bates gemeet teen geamortiseerde koste plaasgevind het, word die bedrag van die verlies gemeet as die verskil tussen die bate se drabedrag en die huidige waarde van beraamde toekomstige kontantvloei (uitgesonderd toekomstige kredietverliese wat nie gelei is nie), verreken teen die finansiële bate se oorspronklike effektiewe rentekoers. Die drabedrag van die bate is direk of deur die gebruik van ‘n voorsieningsrekening verminder. Die bedrag van die verlies word in surplus of tekort erken.
Indien, in ‘n daaropvolgende periode, die bedrag ven die waardedalingsverlies afneem en die afname objektief verbind kan word met ’n gebeurtenis wat plaasgevind het na die erkenning van die waardedaling, word die voorheen erkende waardedalingsverlies direk omgekeer of In ‘n voorsieningsrekening aangepas. Die omkering veroorsaak nie 'n drabedrag van die finansiële bate wat nie meer is as wat die geamortiseerde koste sou wees indien die waardedaling nie erken is op die datum waarop die waardedaling omgekeer is nie. Die bedrag van die verlies word in surplus of tekort erken.
Finansiële bates gemeet teen koste:
Indien daar objektiewe bewys is dat ‘n waardedalingsverlies opgedoen is met ‘n belegging in ‘n oorblywende belang wat nie teen billike waarde gemeet word nie omdat die billike waarde nie betroubaar gemeet kan word nie, word die bedrag van die waardedalingsverlies gemeet as die verskil tussen die drabedrag van die finansiële bate en die huidige waarde van beraamde toekomstige kontantvloei verdiskonteer teen die huidige markkoers van die opbrengs vir ‘n soortgelyke finansiële bate. Sodanige waardedalingsverliese word nie omgekeer nie.
46
Wes-Kaapse Kultuurkommissie Finansiële Jaarstate vir die jaar geëindig 31 Maart 2016
Rekeningkundige beleide
1.4 Finansiële instrumente (vervolg)
De-erkenning
Finansiële Bates
Die entiteit de-erken finansiële bates wat handelsdatarekeningkunde gebruik.
Die entiteit de-erken ‘n finansiële bate alleenlik indien: die kontraktuele regte op die kontantvloei van die finansiële bate verval, vereffen word of kwytgeskeld word; die entiteit wesenlik al die risiko’s en belonings van eienaarskap van die finansiële bate na ‘n ander party oordra; of die entiteit, ten spyte van die behoud van sommige betekenisvolle risiko’s en belonings van eienaarskap van die finansiële bate beheer van die bate na ‘n ander party oorgedra het en die ander party die praktiese vermoë besit om die bates as geheel te verkoopaan ‘n onverwante derde party, en in staat is om daardie vermoë eensydig uit te oefen sonder dat dit nodig is om addisionele beperkings op die oordrag op te lê. In hierdie geval sal die entiteit - die bate de-erken, en - enige regte en verpligtinge wat geskep is of in die oordrag behou is, afsonderlik erken.
Die drabedrae van die oorgedrade bate word toegeken onder die regte en verpligtinge wat behou is en dié wat oorgedra is op die basis van hulle relatiewe billike waardes teen die oordragdatum. Nuutgeskepte regte en verpligtinge word teen hulle billike waarde teen daardie datum gemeet. Enige verskil tussen die vergoeding ontvang en die bedrae erken en de-erken word in surplus of tekort in die periode van die oordrag erken.
By die de-erkenning van ’n finansiële bate in sy totaliteit, word die verskil tussen die drabedrag en die som van die vergoeding ontvang in surplus of tekort erken.
Finansiële laste
Die entiteit verwyder ‘n finansiële las (of deel van ‘n finansiële las) van sy staat van finansiële posisie wanneer dit uitgewis word – d.i. wanneer die verpligting wat in die kontrak gespesifiseer word, opgehef, gekanselleer, daarvan afgesien word of dit verval,
'n Omruiling van skuldinstrumente met wesenlik verskillende voorwaardes tussen 'n bestaande uitlener en lener word verreken as dat die oorspronklike finansiële las uitgewis is en ‘n nuwe finansiële las word erken. Insgelyks word ‘n substansiële modifisering van die voorwaardes van 'n bestaande finansiële las of 'n deel daarvan verreken as sou dit die oorspronklike finansiële las uitgewis het en 'n nuwe finansiële las erken is.
Die verskil tussen die drabedrag van ‘n finansiële las (of deel van ‘n finansiële las) wat uitgewis is of oorgedra is aan ‘n ander party en die vergoeding wat betaal is, met inbegrip van enige niekontant bates oorgedra of laste wat aangeneem is, word erken in surplus of tekort. Enige laste waarvan afgesien word, wat vrygeskeld word of deur ‘n ander entiteit aangeneem word deur middel van ‘n nievalutatransaksie, word verreken ooreenkomstig die Standaard van AARP op inkomste van nievalutatransaksies (Belastings en Oordragte).
1.5 Inkomste uit valutatransaksies
Inkomste word gemeet teen die billike waarde van die vergoeding ontvang of ontvangbaar. Inkomste word erken wanneer daar moontlik toekomstige voordele of dienspotensiaal uit die entiteit sal vloei en wanneer die inkomstebedrag betroubaar gemeet kan word, en aan spesifieke kriteria voldoen is vir die entiteit se aktiwiteite. Inkomste uit die lewering van diens word in surplus of tekort erken in verhouding tot die stadium van voltooiing van die transaksie teen die verslagdatum. Die bedrag word nie gereken as betroubaar gemeet totdat alle gebeurlikhede m.b.t. die transaksie opgelos is nie.
Rente, tantieme en dividende
Inkomste wat spruit uit die gebruik deur andere van munisipale bates wat rente, tantieme en dividente of soortgelyke uitkerings oplewer, word erken wanneer:
dit moontlik is dat die ekonomiese voordele of dienspotensiaal wat met die transaksie verbind word na die entiteit sal vloei; en die hoeveelheid inkomste betroubaar gemeet kan word.
Rente word erken, in surplus of tekort, deur die effektiewe rentekoersmetode te gebruik.
47
Wes-Kaapse Kultuurkommissie Finansiële Jaarstate vir die jaar geëindig 31 Maart 2016
Rekeningkundige beleide 1.6 Inkomste uit nie-valutailtransaksies Inkomste word gemeet teen die billike waarde van die vergoeding ontvang of ontvangbaar. Inkomste word erken wanneer daar moontlik toekomstige voordele of dienspotensiaal na die entiteit sal vloei en wanneer die inkomstebedrag betroubaar gemeet kan word, en aan spesifieke kriteria voldoen is vir die entiteit se aktiwiteite. Inkomste uit die lewering van diens word in surplus of tekort erken in verhouding tot die stadium van voltooiing van die transaksie teen die verslagdatum. Die bedrag word nie gereken as betroubaar gemeet totdat alle gebeurlikhede m.b.t. die transaksie opgelos is nie.
Voorwaardelike toekennings en ontvangste Inkomste ontvang van voorwaardelike toekennings, donasies en befondsing word erken as inkomste tot die mate wat die entiteit aan enige van die kriteria, voorwaardes of verpligtinge wat in die ooreenkoms bevat word, voldoen het. Vir sover nie aan die kriteria, voorwaardes en verpligtinge voldoen is nie, word ’n las erken. Rente op beleggings verdien, word hanteer in ooreenstemming met toekenningsvoorwaardes. Indien dit betaalbaar is aan die gewer, word dit aangeteken as deel van die las, en indien nie, word dit erken as rente verdien in die staat van finansiële prestasie. Toekennings wat die entiteit kompenseer vir uitgawes aangegaan word erken as surplus of tekort op ’n sistematiese basis in dieselfde jare waarin die uitgawes erken word. Dienste in natura
Dienste in natura is dienste verskaf deur individue aan entiteite, sonder enige koste, maar mag onderhewig wees aan bepalings. Openbare entiteitspersoneel verskaf waardevolle ondersteuning aan die entiteit ter bereiking van sy doelwitte. Die diens wat verskaf is, kan betroubaar gemeet word en daarom word dit erken in die staat van finansiële prestasie en bekendgemaak in die aantekeninge by die finansiële state. Konsessielenings ontvang
‘n Konsessielening is ‘n lening toegestaan aan of ontvang deur die entiteit op voorwaardes wat nie markverwant is nie. Die deel van die lening wat terugbetaalbaar is, saam met enige rentebetalings is ‘n ruiltransaksie en word verreken in ooreenstemming met die Standaard van AARP oor finansiële instrumente. Die buitemarkgedeelte van die lening wat erken word as nie-valutainkomste, word bereken asdie verskil tussen die opbrengste uit die lening ontvang, en die huidige waarde van die kontraktuele kontantvloei van die lening, verdiskonteer deur gebruik te maak van 'n markverwante rentekoers. Die erkenning van inkomste word bepaal deur die aard van enige toestande wat bestaan in die leenooreenkoms wat tot ‘n las aanleiding kan gee.Waar daar’n las bestaan, erken die entiteit die inkomste as en wanneer dit voldoen aan die voorwaardes van die leenooreenkoms. 1.7 Opgehoopte surplus
Die opgehoopte surplus verteenwoordig die netto verskil tussen die totale bates en die totale laste van die entiteit. Enige surplusse en tekorte wat gedurende ‘n spesifiekefinansiëlejaar voorgekom het, word gekrediteer/gedebiteerteen opgehoopte surplus/verlies. Voorafgaande jaaraanpassings, wat verband hou met inkomste en uitgawe, word gedebiteer/gekrediteer teen opgehoopte surplus wanneer terugskouende aanpassings gemaak word.
1.8 Oordrag van buitelandse valuta
Buitelandse valutatransaksies
Transaksies wat in vreemde geldeenhede aangedui word, word oorgedra teen die heersende wisselkoers op die transaksiedatum. Monetêre items wat in vreemde geldeenhede aangedui word, word oorgedra teen die heersende wisselkoers op die transaksiedatum. Winste of verliese wat tydens die oordrag ontstaan, word ingeskryf as surplus/tekort. 1.9 Oordragte en subsidies
Oordragte en subsidies word erken as ’n uitgawe wanneer finale magtiging vir betaling op die stelsel verleen word (teen nie later nie as 31 Maart van elke jaar).
48
Wes-Kaapse Kultuurkommissie Finansiële Jaarstate vir die jaar geëindig 31 Maart 2016
Rekeningkundige Beleide 1.10 Vrugtelose en verkwistende uitgawes Vrugteloseen verkwistende uitgawes word erken as ‘n bate in die staat van finansiële posisie tot sodanige tyd as wat die uitgawe verhaal is van die verantwoordelike persoon of afgeskryf is as oninbaar in die staat van finansiële prestasie.
1.11 Onreëlmatige uitgawes Onreëlmatige uitgawes word erken as uitgawes in die staat van finansiële prestasie. Indien die uitgawe nie gekondoneer word deur die relevante gesag nie, word dit behandel as ’n bate tot dit verhaal is of as oninbaar afgeskryf is. 1.12 Verpligtinge
Items word geklassifiseer as verpligtinge wanneer die entiteit sigself verbind het tot toekomstige transaksies wat normaalweg sal uitloop op die uitvloei van kontant.
Openbaarmakings word vereis ten opsigte van onerkende kontraktuele verpligtinge, wat in nota 19 uiteengesit word. Verpligtinge wat openbaar gemaak moet word om 'n billike verteenwoordiging te kry, word openbaar gemaak indien aan albei die volgende kriteria voldoen word;
kontrakte is niekanselleerbaar of kan slegs gekanselleer word teen aansienlike koste (bv. kontrakte vir instandhoudingsdienste vir rekenaars of geboue) en kontrakte wat in verband staan met iets anders as roetine, vaste besigheid van die entiteit – dus salarisverpligtinge wat
verband hou met werkskontrakte of maatskaplike sekuriteitsvoordeelverpligtinge, word uitgesluit. 1.13 Begrotingsinligting
Die goedgekeurde begroting word voorberei op die aanwasbasis en voorgestel deur ekonomiese klassifikasie, gekoppel aan prestasieuitkomsdoelwitte.
Die goedgekeurde begroting dek die fiskale periode van 2015/04/01 tot 2016/03/31. Die finansiële jaarstate en die begroting is op dieselfde grondslag van rekeningkunde en daarom is ‘n vergelyking met die begrote bedrae vir die verslagperiodes ingesluit by die staat van vergelyking van begrote en werklike bedrae.
1.14 Belasting opToegevoegde Waarde (BTW) Die entiteit is vrygestel van BTW-registrasie.Indien enige befondsing egter ontvang word wat vereis dat die entiteit as ’n BTW-verkoper moet registreer, sal sodanige aansoek gedoen word.
49
Wes-Kaapse Kultuurkommissie Finansiële Jaarstate vir die jaar geëindig 31 Maart 2016
Aantekeninge bydie Finansiële Jaarstate 2016 2015
R '000 R '000
2. Nuwe standaarde en interpretasies
2.1 In de huidige jaar het die entiteit die volgende standaarde en interpretasies gebruik wat effektief is vir die huidige finansiële jaar en relevant is vir sy werking;
Standaard/ Interpretasie;
AARP 1 (soos gewysig 2015) Aanbieding van Finansiële State
AARP 2 (soos gewysig 2015) Kontantvloeistate
AARP 3 (soos gewysig 2015) Rekeningkundige Beleide, Veranderings in Rekeningkundige Beramings en Foute
AARP 7 (soos gewysig 2015) Beleggings in Vennote
AARP 10 (soos gewysig 2015): Finansiële verslagdoening in Hiperinflasionêre ekonomieë
AARP 11 (soos gewysig 2015: Konstruksiekontrakte
AARP 13 (soos gewysig 2015): Verhurings
AARP 17 (soos gewysig 2015):Eiendom, Aanleg en Toerusting
AARP 19 (soos gewysig 2015): Bepalings, Toevallige Laste en Toevallige Bates
AARP 21 (soos gewysig 2015): Waardedaling van Nie-kontantgenererende Bates
AARP 23 (soos gewysig 2015): Inkomste uit nie-valutatransaksies
AARP 24 (soos gewysig 2015) Aanbieding van Begrotingsinligting in Finansiële State
AARP 25 (soos gewysig 2015): Werknemersvoordele
AARP 26 (soos gewysig 2015): Waardedalingvan nie-kontantgenererende bates
AARP 31 (soos gewysig 2015): Ontasbare bates
AARP 103 (soos gewysig 2015): Erfenisbates
AARP 104 (soos gewysig 2015): Finansiële Instrumente
-Efektiewe datum: Verwagte uitwerking: Jare beginnende op of na- 01 -April 2015 Die impak van die
wysiging is nie wesenlik nie
01 April 2015 Die impak van die wysiging is nie wesenlik nie
01 April 2015 Die impak van die wysiging is nie wesenlik nie
01 April 2015 Die impak van die wysiging is nie wesenlik nie
01 April 2015 Die impak van die wysiging is nie wesenlik nie
01 April 2015 Die impak van die wysiging is nie wesenlik nie
01 April 2015 Die impak van die wysiging is nie wesenlik nie
01 April 2015 Die impak van die wysiging is nie wesenlik nie
01 April 2015 Die impak van die wysiging is nie wesenlik nie
01 April 2015 Die impak van die wysiging is nie wesenlik nie
01 April 2015 Die impak van die wysiging is nie wesenlik nie
01 April 2015 Die impak van die wysiging is nie wesenlik nie
01 April 2015 Die impak van die wysiging is nie wesenlik nie
01 April 2015 Die impak van die Wysiging is nie wesenlik nie
01 April 2015 Die impak van die wysiging is nie wesenlik nie
01 April 2015 Die impak van die wysiging is nie wesenlik nie
01 April 2015 Die impak van die wysiging is nie wesenlik nie
50
Wes-Kaapse Kultuurkommissie Finansiële Jaarstate vir die jaar geëindig 31 Maart 2016
Aantekeninge by die Finansiële Jaarstate 2. Nuwe standaarde en interpretasies (vervolg)
AARP 18: Segmentverslagdoening 01 April 2015 Die impak van die wysiging is nie wesenlik nie
AARP 105: Oordrag van Funksies tussen Entiteite Onder 01 April 2015 Die impak van die Algemene Beheer wysiging is nie
wesenlik nie AARP 106: Oordrag van Funksies tussen Entiteite nie 01 April 2015 Die impak van die Onder Algement Beheer wysiging is nie
wesenlik nie AARP 107: Samesmeltings 01 April 2015 Die impak van die
wysiging is nie wesenlik nie
Direktief 11: Verandering in Metingsgrondslae wat volg op 01 April 2015 Die impak van die aanvanklike standaarde van AARP wysiging is nie
wesenlik nie 2.2 Standaarde en interpretasies uitgereik, maar nog nie in werking nie Die entiteit het nie die volgende standaarde en interpretrasies toegepas nie. Dit is gepubliseer is en verpligtend vir die entiteit se rekeningkundige periodes wat begin op of na 01 April 2016 of later periodes. Standaard/ Interpretasie; Effektiewe datum: Verwagte uitwerking:
Jare beginnende op of na
AARP 20; Verwante Partye Geen effektiewe datum: Die impak van die wysiging is nie wesenlik nie
AARP 32: Dienskonsessiereëlings:Verlener Geen effektiewe datum: Die impak van die wysiging is nie wesenlik nie
AARP 108: Statutêre Ontvangbares Geen effektiewe datum: Die impak van die wysiging is nie wesenlik nie
AARP 109: Rekenskap deur Prinsipale en Agente Geen effektiewe datum: Die impak van die wysiging is nie wesenlik nie
AARP 17: Dienskonsessiereëlings waar ‘n Geen effektiewe datum: Die impak van die verskaffer ‘n betekenisvolle residuele belang in ‘n bate beheer wysiging is nie
wesenlik nie Paragraaf .38 en .42 is gewysig deur die verbeteringe aan die Standaarde van AARP wat vroeër uitgevaardig Wysigings is aangebring aan openbaarmakings.
Alle wysigings moet terugskouend aangebring word.
Die effektiewe datum van die wysiging is vir jare wat op of na 01 April 2015 begin. Die entiteit sal die wysiging vir die eerste keer aanbring in die 2015 finansiële jaarstate.
51
Wes-Kaapse Kultuurkommissie Finansiële Jaarstate vir die jaar geëindig 31 Maart 2016
Aantekeninge by die Finansiële Jaarstate 2016 2015
R '000 R '000
3. Kontant en kontantekwivalente
Kontant en kontantekwivalente bestaan uit: Bankbalanse 4 138 560 Korttermyn deposito’s - 4 095
4 138 4 655 Die WKKK se vryskelding om by die Korporasie te bank vir openbare deposito’s het op 31 Augustus 2015 verval. Befondsing sal aangewend word ooreenkomstig ‘n onderhoudsplan wat vir die kultuurfasiliteite ontwikkel is. Kredietwaarde van kontant by bank en korttermyn deposito's, met uitsluiting van kontant op hande
Kontant en kontantekwivalente sluit in kontant en korttermyn, uiters likiede beleggings wat by geregistreerde bankinstellings gehou word met termynverloop van drie maande of minder en wat onderworpe is aan betekenisvolle rentekoersrisiko. Die drabedrag van hierdie bates is by benadering hulle billike waarde.
4. Ontvangste uit valutatransaksies Ontvangste 115 - Opgelope rente 4 4
119 4 Ontvangste geklassifiseer as geamortiseerde koste. Die billike waarde van ontvangste transaksies is by benadering hul billike waarde.
Die toename in ontvangste is as gevolg van die huidige dispuut met SAID.
5. Betaalbares uit valutatransaksies Handelsbetaalbares 407 307 Inkomste wat vooraf ontvang is 359 177 Ander betaalbares 1 -
767 484 Betaalbares word geklassifiseer teen geamortiseerde koste.Die billike waarde van ontvangbare transaksies is by benadering hulle billike waarde.
6. Gelde van fasiliteite Rente-inkomste 1 583 1 749 7. Rente-inkomste Rente ontvang 253 281 8. Ander inkomste Versekeringseise 10 4 9. Ander inkomste van nieruiltransaksies Donasie: Dienste in natura 538 - Vir die besonderhede van die donasie:Dienste in natura verwys na die vertelling by aantekening 12.
52
Wes-Kaapse Kultuurkommissie Finansiële Jaarstate vir die jaar geëindig 31 Maart 2016
Aantekeninge by die Finansiële Jaarstate 2016 2015
R '000 R '000
10. Oorplasings en subsidies ontvang Oorplasings ontvang 384 363 11. Ouditgelde Eksterne Oudit 84 188 Die vermindering is die gevolg van die aansienlike vermindering in ouditkoste vir die openbare entiteit.
12. Algemene uitgawes Advertensies 12 32 Bankkoste 7 6 Konsultasie- en professionele gelde 2 - Verbruikersgoedere store 153 180 Koerier- en afleweringsdienste 2 1 Donasies 63 51 Werknemerkostes: Dienste in natura 538 - Onthale 44 23 Toerusting minder as R5000 26 51 Linne en sagte meubelment 68 - Onderhoud, herstelwerk en lopende koste 536 210 Drukwerk, skryfbehoeftes en publikasies 34 46 Eiendomsuitgawes 1 644 1 518 Subskripsies 8 9 Reis en verblyf 83 94 Uniforms en beskermende klere 23 14
3 243 2 235 Advertensies: Die 2014/2015 jaar sluit in uitgawes aan kennisgewingborde wat by alle kultuurfasiliteite gedoen is as eenmalige kostes. Verbruikbare items: Die vermindering is as gevolg van die benutting van die kultuurfasiliteite. Werknemerkostes:Dienste in natura: Beamptes van die Departement Kultuursake en Sport in die Wes-Kaap vervul die uitvoerende en administratiewe funksies geassosieer met die Wes-Kaapse Kultuurkommissie. Departementele personeel wat die Openbare Entiteit ondersteun sluit in die Hoof Finansiële Beampte, Direkteur Museums, Erfenis en Aardrykskundige Name, Direkteur: Kuns en Kultuur, lynfunksie in die voorafgenoemde Direktorate sowel as ‘n toegewyde Finansiële Bestuurspan wat die Hoof Finansiële Beampte ondersteun.Terwyl die funksionele personeel en senior bestuurders ‘n tweeledige rol vervul, is die finansiële bestuurspan toegewy aan die Openbare Entiteit. As gevolg van die tweeledige rol wat deur die meeste van die voorgenoemde personeel vervul word, is dit moeilik om te bepaal hoeveel tyd met die Openbare Entiteite spandeer is. Gevolglik kan die diens in natura met betrekking tot hulle salarisse nie betroubaar gemeet word nie. Daarom hou die erkenning net verband met die toegewyde finansiële span wat die HUB in die uitvoering van haar rol as HUB van die Openbare Entiteit en die Departement ondersteun. Die waardes verteenwoordig dus die dienste in natura wat slegs deur die finansiële span verskaf is.
Onthale: Die uitgawe sluit in spyseniering voorsien vir ‘n werkswinkel in Georganiseerde Ontwikkeling wat gedurende die oorsigjaar gehou is.
Toerusting minder as R5000; Die 2014/2015 jaar sluit in die uitgawe in verband met die vervanging van beddens en breekgoed by die kultuurfasiliteite.
Linne en sagte meubelment/instandhouding, herstelwerk en lopende koste: Die uitgawe is aangegaan vir die opgradering en onderhoud van die kultuurfasiliteite.
53
Wes-Kaapse Kultuurkommissie Finansiële Jaarstate vir die jaar geëindig 31 Maart 2016
Aantekeninge by die Finansiële Jaarstate 2016 2015
R '000 R '000
11. Ledegelde Apeleni, P 6 - Basse, B 11 - Boezak, WA 3 12 Croux, J 6 - Dani, LC 3 9 Davids, R 5 - Du Preez, J - 1 Fani, C 6 - Fefeza, P 8 - Kindo, W 6 - Le Fleur, A 8 6 Mostert, J - 2 Van Reede, C 1 - Visman, RN - 6 Wilson, LM - 3 Witbooi, JC 3 7
66 46 14. Oordragte en subsidies Kultuurrade 60 150 Gedurende die oorsigjaar is minder Kultuurrade ondersteun as in die vorige jaar.
15. Kontant gebruik in operasies Tekort (685) (222) Veranderings in bedryfskapitaal: Ontvangste uit valutatransaksies (115) 9 Betaalbares uit valutatransaksies 283 (60)
(517) (273) 16. Verwante partye Verhoudings Primêre befondser Departement van Kultuursake en Sport Strategiese vennoot Erfenis Wes-Kaap Strategiese vennoot Wes-Kaapse Taalkomitee
Aard van verhouding
Beamptes van die Departement Kultuursake en Sport in die Wes-Kaap vervul die uitvoerende en administratiewe funksies geassosieer met die Wes-Kaapse Kultuurkommissie.
Die entiteit gebruik die akkommodasie van die Departement van Kultuursake en Sport en het toegang tot die gebruik van hulle bates met inbegrip van sekuriteitsdienste soos verskaf deur die Departement van Gemeenskapsveiligheid.
Verwante partytransaksies Inkomste ontvang van verwante partye Departement van Kultuursake en Sport 384 363
17. Risikobestuur
Die entiteit se aktiwiteite het dit blootgestel aan ’n verskeidenheid finansiële risiko’s:bemarkingsrisiko (billike waarde rentekoersrisiko, kontantvloei rentekoersrisiko), kredietrisiko en lkikiditeitrisiko.
54
Wes-Kaapse Kultuurkommissie Finansiële Jaarstate vir die jaar geëindig 31 Maart 2016
Aantekeninge by die Finansiële Jaarstate 2016 2015
R '000 R '000
17. Risikobestuur (vervolg)
Likiditeitsrisiko
Likiditeitsrisiko is die risiko dat die entiteit nie in staat sal wees om sy finansiële verpligtinge na te kom as dit betaalbaar word nie.Ingevolge sy leenvereistes verseker die entiteit dat voldoende fondse beskikbaar is om verwagte en onverwagte finansiële verpligtinge na te kom. Alle uitstaande balanse van betaalbare rekeninge is verskuldig binne 30 dae van die verslagdatum.
Sensitiwiteitsontleding Op 3 Maart 2015, indien die rentekoerse op veranderlike koers finansiële instrumente 1% hoër/laer sou wees, met al die ander veranderlikes konstant, sou nabelastingwins vir die jaar R2 255 hoër/laer gewees het. Kredietrisiko
Kredietrisiko verwys na die risiko dat die teenparty sal wanpresteer op sy kontraktuele verpligtinge wat uitloop op finansiële verlies vir die entiteit. Die entiteit het 'n beleid ontwikkel om slegs met kredietwaardige partye te onderhandel.
Kredietrisiko bestaan hoofsaaklik uit kontantdeposito’s, kontantekwivalente, afgeleide finansiële instrumente en handelsdebiteure. Die entiteit deponeer kontant alleenlik by belangrike banke met hoë kwaliteit kredietrekords en beperk blootstelling aan enige enkel teenparty. Geen kredietbeperkings is oorskry gedurende die verslagperiode nie en bestuur verwag geen verliese deur nieprestasie van hierdie teenpartye nie. Maksimum blootstelling aan Kredietrisiko Die entiteit se blootstelling aan kredietrisiko ten opsigte van lenings en ontvangbares is beperk tot die bedrae op die balansstaat. Bemarkingsrisiko
Die entiteit is nie aan bemarkingsrisiko blootgestel nie, aangesien dit onder verpligting is om krediteure binne 30 dae te betaal na ’n faktuur ontvang is, soos vereis deur tesourievereistes en die WOFB.
55
Wes-Kaapse Kultuurkommissie Finansiële Jaarstate vir die jaar geëindig 31 Maart 2016
Aantekeninge by die Finansiële Jaarstate 2016 2015
R '000 R '000
17. Risikobestuur (vervolg)
Rentekoersrisiko
Die entiteit se risikoprofiel bestaan uit vasgestelde en swewendekoerslenings en bankbalanse wat die entiteit aan billikewaarde-rentekoers en kontantvloeirentekoersrisiko blootstel en kan as volg opgesom word:
Finansiële bates: Handels- en ander ontvangbares teen ’n vasgestelde rentekoers. Die bestuur hanteer rentekoersrisiko deur voordelige Koerse op swewendekoerslenings en waar moontlik, vastekoerslenings te beding. Bestuur het ook ’n beleid oor die balanserting van die rente op batelenings met die rente betaalbaar op laste. Kontantvloeirentekoersrisiko Finansiële Lopend Betaalbaar Betaalbaar Betaalbaar Betaalbaar Totaal Instrument 2016 1-30 dae 31-60 dae 61- 90 dae 91+ dae Ontvangste - 88 1 - 4 22 115 Normale krediet- bepalings Voorsiening vir slegte - - - - - - skuld Netto bedrag: 88 1 - 4 22 115 Reeds betaalbaar gewees - - - - - - maar nie voorsien Verskuldig in: minder as 1 jr 1 tot 2 jaar 2 tot 3 jaar 3 tot 4 jaar na 4 jaar
Kontant in huidige Bankinrigtings 4 138 - - - - Betaalbares uitgebreide 407 - - - - Kredietvoorwaardes Netto bedrag 4 545 - - - - Reeds verskuldig maar nie voorsien - - - - - 18. Begrotingsverskille Wesenlike verskille tussen begroting en werklike bedrae
18.1 Gelde van fasiliteite Afname in aanvraag na die dienste by kultuurfasiliteite in vergelyking met oorspronklike begroting
18.2 Rente-inkomste Die variansie is as gevolg van rentekoersfluktuasies. 18.3 Ander operasionele inkomste en ander inkomste van nie-valutatransaksies Reserwes by ander bedryfsinkomste ingesluit om die herstelwerk en instandhouding by die fasiiteite te befonds. AARP 23 donasies /werknemerskosteaanpassing is gegee vir dienste in natura ontvang van Departement van Kultuursake en Sport. Sien aantekening 12 vir besonderhede.
18.4 Ander bedryfsuitgawes Die uitgawes aan herstelwerk en onderhoud by die fasiliteite het die oorspronklike begroting oorskry hoofsaaklik a.g.v. noodgevalle wat in Maart 2016 by sommige van die fasiliteite voorgekom het.
56
Wes-Kaapse Kultuurkommissie Finansiële Jaarstate vir die jaar geëindig 31 Maart 2016
Aantekeninge bydie Finansiële Jaarstate 2016 2015
R '000 R '000
19. Verpligtinge
Gemagtigde bedryfsuitgawes Goedgekeur maar nog nie gekontrakteer nie
Groot Drakenstein:Distinctive Choice Security 774 - Okkie Jooste:Distinctive Choice Security 713 -
1 487 - Totale bedryfsverpligtinge Goedgekeur maar nog nie gekontrakteer nie 1 487 - Totale verpligtinge Totale verpligtinge Gemagtigde bedryfsuitgawes 1 487 - 20. Eiendom, aanleg en toerusting Aanleg en toerusting Byvoegings 63 51 Beskikkings (63) (51) Drawaarde - - Om doeltreffende batebestuur te verseker, is hierdie funksie binne die Departement gesentraliseer.Vir die oorsigjaar, in Vergelyking met die vorige jaar, is bates oorgedra na die Departement van Kultuursake en Sport AARP 17. Eiendom, aanleg en toerusting (onterkenning van bates) is toegepas om verslag te doen van die gevolg van die donasie teen drawaarde soos op 31Maart 2016. Die effek van die geskenkte bates is ingesluit by die tekort.