Oordenking - 1 | Kaalvoetsondag vir Kindersorg - 2 Basaar...

6
Deo Gloria aan God alle eer Nuusbrief van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika Gemeente Ermelo 1909 - 2015 Volume 3 van 2015 September 2015 Redaksie: Piet van Zyl, eresa Weideman, Chantel Neveling, Soekie Human, Drieka Engelbrecht Medewerker: Willie van Zyl & Retha Coetzee Epos: [email protected] Webblad: www.nhkermelo.co.za Oordenking - 1 | Kaalvoetsondag vir Kindersorg - 2 Basaar 2015- 6 & 7 | Poppekas - 8 | Dames Aktueel - 9 Psalm 8 Ek wil vir jou ʼn vraag vra waarop jy baie eerlik moet antwoord. Gooi jy soms, of dalk gereeld, papiere, blikke, bottels, sigaretstompies of enige iets anders by jou kar se vensters uit? Ek is elke jaar geskok as ek hierdie vraag vir my Gr. 11 katkisante vra? Jy sal dit nie glo nie..., maar elke keer doen meer as die helfte dit wel. Ant- woorde soos: ek gooi alles uit behal- we glasbottels, of ek moet dit uitgooi want my pa of my kêrel hou nie van papiere in die kar nie.... My vraag is dan dadelik of hulle die- selfde by hulle huise doen? Gooi julle bottels, blikke, papiere en sigaret- stompies by julle huise se vensters ook uit of gooi julle dit sommer eni- ge plek neer? As die antwoord nee is, vra ek, hoekom doen julle dit dan in hierdie pragtige wêreld waarin ons woon? God het vir ons ʼn baie mooi wêreld gegee om in te woon, nie net om in te woon nie, maar ook om te bewerk. Dit beteken ons moet na- mens God na hierdie wêreld kyk en dit oppas. Dis nie ons wêreld nie. Dis God s'n. Gen. 1 sê, ons is God se ver- teenwoordigers. Dit beteken dat ons namens Hom hierdie wêreld moet bestuur. Ek wonder darem wat Dawid, die digter van Psalm 8, sal sê as hy van- dag deur die strate van Pretoria/Dur- ban/Soweto/Ermelo moet ry? Ek dink hy sal in trane uitbars as hy sien hoe ons hierdie skepping waaroor hy so in vervoering raak, verwoes het. Ons beskuldig so maklik die regering en ander mense en sê, dis hulle wat die land opvoeter. As ek en jy papiere en blikke en bottels en sigaretstompies die wêreld vol gooi, is ons ewe hard besig om hierdie wonderlike wêreld op te voeter. Só, voor jy weer enige iets by die venster uitgooi, vra vir jouself of dit is wat God van jou verwag as Sy ver- teenwoordiger? Is dit hoe jy hierdie wêreld bewoon en bewerk, jy wat net ʼn bietjie minder as ʼn hemelse wese geskape is? (Piet van Zyl) Wat maak jy met God se skepping?

Transcript of Oordenking - 1 | Kaalvoetsondag vir Kindersorg - 2 Basaar...

Page 1: Oordenking - 1 | Kaalvoetsondag vir Kindersorg - 2 Basaar ...media.withtank.com/2e7bf1362b/deo_gloria_sept.pdf · Gas, Al3 Boerdery, King Pie, Laerskool Ermelo, Laerskool JJ v/d Merwe,

Deo Gloriaaan God alle eer

Nuusbrief van dieNederduitsch Hervormde

Kerk van Afrika

Gemeente Ermelo1909 - 2015

Volume 3 van 2015 September 2015

Redaksie: Piet van Zyl,Theresa Weideman,

Chantel Neveling, Soekie Human,Drieka Engelbrecht

Medewerker: Willie van Zyl & Retha CoetzeeEpos: [email protected]

Webblad: www.nhkermelo.co.za

Oordenking - 1 | Kaalvoetsondag vir Kindersorg - 2 Basaar 2015- 6 & 7 | Poppekas - 8 | Dames Aktueel - 9

Psalm 8Ek wil vir jou ʼn vraag vra waarop jy baie eerlik moet antwoord. Gooi jy soms, of dalk gereeld, papiere, blikke, bottels, sigaretstompies of enige iets anders by jou kar se vensters uit? Ek is elke jaar geskok as ek hierdie vraag vir my Gr. 11 katkisante vra? Jy sal dit nie glo nie..., maar elke keer doen meer as die helfte dit wel. Ant-woorde soos: ek gooi alles uit behal-we glasbottels, of ek moet dit uitgooi want my pa of my kêrel hou nie van papiere in die kar nie.... My vraag is dan dadelik of hulle die-selfde by hulle huise doen? Gooi julle bottels, blikke, papiere en sigaret-stompies by julle huise se vensters ook uit of gooi julle dit sommer eni-ge plek neer? As die antwoord nee is, vra ek, hoekom doen julle dit dan in hierdie pragtige wêreld waarin ons woon? God het vir ons ʼn baie mooi

wêreld gegee om in te woon, nie net om in te woon nie, maar ook om te bewerk. Dit beteken ons moet na-mens God na hierdie wêreld kyk en dit oppas. Dis nie ons wêreld nie. Dis God s'n. Gen. 1 sê, ons is God se ver-teenwoordigers. Dit beteken dat ons namens Hom hierdie wêreld moet bestuur. Ek wonder darem wat Dawid, die digter van Psalm 8, sal sê as hy van-dag deur die strate van Pretoria/Dur-ban/Soweto/Ermelo moet ry? Ek dink hy sal in trane uitbars as hy sien hoe ons hierdie skepping waaroor hy so in vervoering raak, verwoes het. Ons beskuldig so maklik die regering en ander mense en sê, dis hulle wat die land opvoeter. As ek en jy papiere en

blikke en bottels en sigaretstompies die wêreld vol gooi, is ons ewe hard besig om hierdie wonderlike wêreld op te voeter. Só, voor jy weer enige iets by die venster uitgooi, vra vir jouself of dit is wat God van jou verwag as Sy ver-teenwoordiger? Is dit hoe jy hierdie wêreld bewoon en bewerk, jy wat net ʼn bietjie minder as ʼn hemelse wese geskape is? (Piet van Zyl)

Wat maakjy met God se skepping?

Page 2: Oordenking - 1 | Kaalvoetsondag vir Kindersorg - 2 Basaar ...media.withtank.com/2e7bf1362b/deo_gloria_sept.pdf · Gas, Al3 Boerdery, King Pie, Laerskool Ermelo, Laerskool JJ v/d Merwe,

2 3

Hier is die name van ʼn klompie besighede en indiwidue wat bydraes tot ons basaar gemaak het. Uit die aard van die saak het ons eie lidmate die grootste bydraes gemaak. Ons noem die name van besighede sodat ons hulle kan ondersteun asook van mense wat goed geskenk het wat nie in ons gemeente is nie.

Melrow Apteek, Pick ʼn Pay, Hoëvelder, Ermelo Insig, Highveld Tribune, Edward de Villiërs (houtskool), Totally Gas, Al3 Boerdery, King Pie, Laerskool Ermelo, Laerskool JJ v/d Merwe, Ortega Trading, Oubaas de Jager (ACSU), Wouter du Preez, Ouma Rooi Koeksisters, Klaas de Beer (STR), Perfect Water, Lyn's Gastehuis.

Die diakens van ons gemeente het aan die begin van die jaar ʼn projek geloods om kombersies vir Kinder-sorg te brei. Hulle het die ander 10 gemeentes in die Ring gevra om deel te word van die projek. Tydens die Ringsdiakenvergadering het ge-meentes van die kombersies gebring wat hulle sover gebrei het. Daar is toe besluit dat elke gemeente dit in hulle gemeente aan behoeftige kinders versprei en indien hulle oor het, kan dit verder na goed dunke versprei word. Ons gemeente het die projek ge-kombineer met ʼn KAALVOETSOND-AG vir KINDERSORG. Op die 31e Mei het almal wat wou, kaalvoet kerk toe gekom en goed saamgebring vir

Kindersorg. Die reaksie was oorwel-diggend. Op enkele uitsonderings na, het jonk en oud kaalvoet gekom. En hope goed is die dag voor die preekstoel neergesit. Dit is op verskillende maniere ver-sprei. Op die betrokke Sondag het ons ʼn kombersie aan ons engelkind Yolandé Uys (gestremde) oorhan-dig. Ons het vir kinders in die ge-meente (en gesinne) van die skoene, klere en kos gegee). Ons het vir die twee laerskole gevra om vir ons tien kinders in elke skool te identifiseer wat volgens hulle onder die armstes van die armes tel. Die diakens het vir hulle die pragtigste pakkies opge-maak bestaande uit skoene, klere, en ander goed, alles toegedraai in ʼn

kombersie. Die res van die goed is toe geneem na ʼn kleuterskool in Danville. Ons het ge-hoor van Beyers Bytjies kleuterskool waar die behoeftes enorm is en het toe besluit om alles wat ons oorge-had het vir hulle te skenk. Sien enkele van die briefies van die kinders en van Beyers Bytjies kleuterskool.

Ons wil u en die gemeente van Ermelo Hervormde Kerk hartlik bedank vir die wonderlike skenking (kinderklere, skoene, baba speelgoed en baba klere) wat ons in die skoolvakansie van julle ontvang het. Ons kon ʼn hele paar van ons maatjies toerus met ʼn stelletjie klere en skoene en ook vir ons mamma’s met babas goed-jies gee wat hulle weer kon gebruik.Ons dank ons Hemelse Vader dat Hy mense soos julle op BEYERS BYTJIES se pad stuur wanneer ons dit so brood nodig het. Ons kan net weereens baie, baie dankie sê. Ons ouers, kleuters en person-eel waardeer dit geweldig baie.Beyers Bytjies Groete - Frances Delport(Hoof)

ʼn Mens besef nie hoeveel liefde en omgee daar in ʼn gemeente is totdat jy in een of ander noodsituasie be-land nie. Telkens as daar ʼn SMS ge-stuur word oor dood, reageer ʼn groot klomp lidmate met woorde van be-moediging. Ons gemeente het ʼn baaaaaaaie groot hart wanneer dit kom by omgee vir ander. Ons het dit o.a. gesien met die kombersie en Kaalvoet Sondag vir Kindersorg projekte wat ons vroeër die jaar gehad het. Ons diakens doen uitstekende werk. Daarmee saam gee die NHSV ook duisende rande vir ons ouetehuise en ander instansies. Ons spandeer R100 000 tot R120 000 aan barmhartigheid per jaar. Ons is dankbaar dat ons dit kan doen en dat ons nog nie nodig gehad het om enige iemand wat kos gevra het, weg te wys nie. Hierdie is ʼn propvol uitgawe wat wis-sel van basaarinligting tot inligting en foto’s oor ons barmhartigheidspro-jekte. Miskien staan jy so bietjie op die kantlyn. Die Redaksie van Deo Gloria wil jou nooi om deel te word en eer-stehands die liefde en omgee in die gemeente te ervaar.

REDAKSIONEEL

VRIENDE VAN DIE GEMEENTE:

Ds. Piet van Zyl/Ermelo Hervormde Kerk KAALVOETSONDAG vir KINDERSORG

Die kinders van vandag darem! Hulle het geen res-pek nie. Toe ons kinders was... bekende woorde wat meeste van ons al gehoor of gebruik het. Kinders het geen respek nie, is ook ‘n algemene stel-ling wat deur onderwysers gemaak word, maar waar het dinge dan so verkeerd geloop?Die gewildste siening is dat alle skuld voor die deur van die ouers gelê moet word, en volgens my is daar ook baie waarheid aan hierdie siening, want ‘n kind leer tog by sy ouers! Hoe kan ‘n kind bv. respek vir ‘n onderwyser toon indien hy hoor hoe sy ouers sleg praat van onderwysers of ander gesagspersone?Ons kinders word ook gekonfronteer met wetteloos-heid. Korrupsie is aan die orde van die dag. Hoe kan ons kinders mense vertrou as hulle elke dag van al hierdie goed hoor? Hoe kan hulle respek toon aan diegene in leiersposisies?Respekteer ons nog die Here? Leer ons ons kinders nog om die Here ons God lief te hê. Lees ons gesin nog saam Bybel? Dit klink miskien ouderwets en die

Here kyk nie na ons uiterlike nie, maar hoe trek ons aan as ons kerk toe gaan? Tree ons met respek op teenoor die leraar in ons gemeente? En ja, hoe kan enige regdenkende en goedgeaarde ouer dan nou tog kompeteer met die invloed van byvoorbeeld die televisie, Mxit, rekenaars, iPods en vriende (veral verkeerde vriende)? Nee, my siening is dat hierdie “invloede” juis deur ouers aangeskaf word omdat hulle nie meer tyd het vir of tyd aan hulle kinders spandeer nie.Na my mening moet ons ‘n navolgenswaardige voor-beeld aan ons kinders stel deur hulle met respek te behandel en sodoende sal hulle leer om ander te re-spekteer en net so te behandel. Hoe doen ons dit? Eintlik baie maklik. Deur net vir hulle tyd te maak, deur werklik na hulle te luister, in hulle doen en late belang te stel, deur vir hulle lief te wees en hulle be-lange op die hart te dra en om hulle te leer om hulle liggame met respek te behandel.Die Bybel leer ons tog dat Wysheid met die dien van die Here begin. (Theresa)

KLIPPIE IN MY SKOEN

KAALVOETSONDAG vir KINDERSORG

Page 3: Oordenking - 1 | Kaalvoetsondag vir Kindersorg - 2 Basaar ...media.withtank.com/2e7bf1362b/deo_gloria_sept.pdf · Gas, Al3 Boerdery, King Pie, Laerskool Ermelo, Laerskool JJ v/d Merwe,

4 5

Die Here het vir jou en my aangestel as Sy verteenwoordigers hier op aarde. Dit beteken ons moet hierdie wêreld so bestuur dat an-der mense na ons hier kan leef. Een van die maniere waarna in die oordenking na verwys is om hierdie wonderlike land van ons skoon te hou. Nog ʼn manier is om te herwin. Ons is reeds hard be-sig daarmee en dis lekker om te sien hoe mense by die kerk stop en goed in ons herwinningshouers gooi. Die beste manier om herwinning aan te wakker is om ons kinders van kleins af te leer dat dit belangrik is. Verduidelik vir hulle hoe kan papier en glas en plastiek wat ons herwin daartoe kan lei dat ons minder bome hoef af te kap en dat ons minder steenkool uit

Dit het al tradisie geword dat ons ʼn week of twee voor die basaar ʼn ontbyt het wat die basaar “amptelik” be-gin. En hierdie jaar was dit glad nie anders nie, be-halwe dat dit die eerste keer was dat ons meer as 200 kaartjies verkoop het. Alhoewel nie almal kom eet het nie, het ons daar-

die oggend digby die 200 mense ontbyt gegee wat bestaan het uit vrugtesap, pap, sous, eiers (soveel soos jy wil, gebak soos jy dit wil hê), bacon, gegeurde maalvleis, baked beans gereg (Antonette se geheime resep), roosterbrood, kondensmelk koffie en tee. (Sien foto’s)

Baie geluk aan die volgende kinders wat op die leerlingrade van EHS en Ligbron verkies is:Mureli Roux – EHS (Voorsitter van die Dorpsraad); Chanté Mclaren (EHS), Marnus Scheepers (Ligbron – hoofseun Sport)

HERWINNING

BASAAR ONTBYT

OP

DIE

VE

NS

TE

RB

AN

K

Leané von Wielligh eerste op die top 10 by EHS van die graad 8’s John Lloyd het Mpumalanga kleure gekry in fietsryLeané von

Wielligh

Mureli Roux

die aarde hoef te haal. Die Redaksie van Deo Gloria wou herwinning by ons kinders aanwakker deur die kompetisie wat ons geloods het. Dankie vir die kinders wat deelgeneem het en dankie Dennis Duncan wat die pryse vir die kompetisie geborg het. (Sien foto’s van hulle projekte en van die wenners)

Page 4: Oordenking - 1 | Kaalvoetsondag vir Kindersorg - 2 Basaar ...media.withtank.com/2e7bf1362b/deo_gloria_sept.pdf · Gas, Al3 Boerdery, King Pie, Laerskool Ermelo, Laerskool JJ v/d Merwe,

Ons het twee leuses in ons gemeente – een meer ern-stig en die ander minder ernstig. Albei is van toepas-sing op ons basaar. Die eerste is – Een vir almal en al-mal vir Een en die tweede is – gaan groot of gaan huis toe. Daarmee saam is ons vertekpunt in alles wat ons aanpak, net die beste is goed genoeg want ons doen dit nie vir mense nie.Dis hoe ons elke basaar benader en daarom word elk-een groter en lekkerder. Hierdie jaar was geen uitson-dering nie. Wat inkomste aanbetref, was dit ons groot-ste tot nog toe. Maar dis nie al nie. Die samewerking en gees wat geheers het, was uitsonderlik. Mense van oraloor het dit opgemerk. 'n nuwe Pastoor in die dorp het in sy gemeente vertel dat hy die Saterdag toe hy by die basaar aankom die liefde en gemeensaamheid kon voel. Ons is so dankbaar vir die wonderlike sonskyndag wat die Here vir ons gegee het en baie dankie vir elk-een wat ʼn myl gestap het en vir die wat twee- of drie gestap het. Dit was lekker... Soli Deo Gloria.

BASAAR 2015

Page 5: Oordenking - 1 | Kaalvoetsondag vir Kindersorg - 2 Basaar ...media.withtank.com/2e7bf1362b/deo_gloria_sept.pdf · Gas, Al3 Boerdery, King Pie, Laerskool Ermelo, Laerskool JJ v/d Merwe,

98

Vinnige oefenprogram: Spring-spring fiks en ferm (kyknet.dstv.com)Linda Kriel het spesiaal dié oefenprogram uitgewerk. Dit sal jou help met vetverbranding én spieropknapping.Jy kan dit so 2 keer per week doen as afwisseling van jou weeklikse roetine, maar jy kan dit ook elke dag doen as jy wil. Al die oefeninge in die foto’s (be-halwe die springtou), het sy al verduidelik op die Kry Daai Lyf Facebook blad. As jy vergeet het hoe om dit te doen, gaan net terug op die blad waar sy die oefening verduidelik het.- Springtou 1 min. Foto 1- Bobene (Plié) 15-20 herhalings Foto 2- Arm-opstote teen muur 15-20 Foto 3 Springtou 1min- Heupe (saalsakke) 30-60 sek. Regs Foto 4- Draf op die plek 1 min- Heupe (saalsakke) 30-60 sek. Links. Foto 4- Draf op die plek 1 min- Arms (Triseps) 30-60 sek. Foto 5 Springtou 1 min Plank 30-60 sek. Foto 6Herhaal die hele program 2 of 3 keer. As jy nie van springtou hou nie, kan jy op en af van ʼn trappie loop

KUIERHOEKIEOns grysaards het in Augustus 2015 die winter se koue weggelag deur ‘n fliek van Leon Schuster te kyk. Ons het lekker knus in die saal bymekaar gekom en die stoele was reggepak soos in ‘n rêrige movie, net die “big screen” het gekort. En die klank was ook nie watwon-ders nie, maar met Schuster is dit partykeer beter om nie te hoor wat hy sê – veral as hy mense uitvang en hulle vrye teuels gee aan hulle aggressie en woede. Kyk, ons het vir ons in ‘n ander bloedgroep ingelag vir die simpel man. Hy het ‘n paar keer lelik deurgeloop en ‘n keer of wat het iemand hom ‘n lekker vet klap gegee. Maar hy hou net aan en aan met sy streke. En so vang hulle hom

toe ook – maar hy was lekker “gebôl. Die pes - nou weet hy hoe voel die mense as hy hulle so flous. So tussen deur het ons popcorn en chips geëet en Gerda en Julia het so gelag dat ek bang was hulle verstik aan dit. Nadat ons almal lekker gelag het was ons kele droog en het Irene die heeeeerlikste vetkoek gebak wat ons ver-slind het. Met appelkooskonfyt, stroop en die margarien so lekker dik gesmeer – is dit enige mens se droom. Ek wil dit nou nie hard sê nie, maar ek dink ek het ses vet-koeke geëet – my cholesterol is weer “sky high”. Ek beter by die dokter uitkom dat hy net kyk of ek nog ok is!!! Ek sien al klaar uit na ons volgende bymekaarkom – dis dan ons uitstappie. Ek raak skoon laf nes ‘n laerskool-kind wat uitsien na Pikkewouters elke maand!!!Groetnis (Ou Antie)

Kerk toe gaan. Dit was uiteindelik die bekendstelling van die groot verwagte poppekas en wat ‘n ervaring dit nie was nie. Poppekas is ‘n heerlike manier om vir die kleinspan ‘n wonderlike boodskap van die Here oor te dra. Laat ek julle voorstel aan die nuwe poppekas karakters, wat nie net die kinders nie, maar die hele gemeente vermaak het!Dit was Skillie die Skilpad en Apie wat die poppekas geopen het.Daarna ontmoet ons vir Bettie. Sy was so bly dit was Sondag. Dan kan sy meer leer van die Here en lekker liedjies sing net vir God. Marnus kom op en jitte hy is maar ‘n regte suurknol. Hy stel glad nie belang om kerk toe te gaan nie. Vir hom klink alles net te vervelig. Marnus wat ook nie in die kerk was nie vertel vir Willie dat hy baie sleg voel daaroor. Hy vertel ook vir Marnus wat jy nodig het om kerk toe te gaan. Marnus stry en baklei en weier net om kerk toe te gaan. Bettie vertel vir haar mamma dat sy graag Marnus saam wil vat kerk toe, maar dat hy net volstrek weier om te gaan. Bettie se mamma sê dat hy moet lus voel in sy hart om te gaan en dat sy net moet bid en Je-sus vra om in sy hartjie begin groei. Willie roep weer vir Marnus en vertel hom dat 3 kinders in die kerk ge-doop was vandag en dat dit so oulik was om te sien. Marnus begin nou nuuskierig word en vra Willie of hy maar saam hom kerk toe kan gaan. Skillie en Apie praat oor hoe wonderlik dit is dat Marnus nou kerk toe gaan en so bly dat almal sommer saam hande klap!

Poppekas 21 Junie 2015

Skool sluit 02/10/2015Skool heropen 12/10/2015Gesinskamp 16-18 Okt. 2015Katkisante doen Belydenis van geloof 01/11/2015Nagmaal 08/11/2015Kerssangdiens 08/11/2015

VAKANSIE EREDIENSPROGRAM04/10 09:00 Er. Suid11/10 0945 Ermelo 18/10 09:00 Er. Suid – a.g.v. die gesinskamp

BELANGRIKE DATUMS

A Nurses ViewBelangrike Mediese Tellings om te OnthouBloedtelling - Moet tussen 150 tot 400 weesNormale Bloeddruk - 120/80Normale Bloedsuiker - 3.3 tot 5.9 mmol/lNormale Cholestrol - 5 mmol/L of laer(Inligtingsbron: Boererate & Verbruikers-wenke, Saamgestel deur Cornelia)

DAMESAKTUEEL

'n paar van die Poppekaskarakters

Page 6: Oordenking - 1 | Kaalvoetsondag vir Kindersorg - 2 Basaar ...media.withtank.com/2e7bf1362b/deo_gloria_sept.pdf · Gas, Al3 Boerdery, King Pie, Laerskool Ermelo, Laerskool JJ v/d Merwe,

10

ONTMOET ONS BESIGHEIDSMENSE

Ermelo Electro Motor Services is spesialiste in anker span-rolle en ingenieurswese vir die afgelope 29 jaar. Sedert 1985 het hulle hulself in Ermelo toegespits op industriele elektroniese motors. Tans verskaf hulle werk aan 50 per-soneel lede en is ‘n betroubare en bekende besigheid in Ermelo en die omgewing.Daar is twee afdelings, die Ingeneurs afdeling onder die bestuur van Seun Oosthuizen en dan die Elektoniese afde-ling onder die bestuur van Johan Visagie. Johan is net die persoon om te sien as jy instap en nie weet waar om te be-gin nie. Onder die ingeneurs afdeling spesialiseer hulle in die bou van plaas implemente asook ander masjien werke.As dit kom by elektriese motors is Ermelo Electro Motor Services die beste keuse vir ‘n diens verskaffer. Kontak hulle gerus by 017 819 3115 of vind hulle by 4 Herald Str, Ermelo, epos hulle ook op [email protected]