Malutima 20140514
-
Upload
maluti-news -
Category
Documents
-
view
298 -
download
0
description
Transcript of Malutima 20140514
TEL: 058 303 5411 WOENSDAG 14 MEI 2014 WWW.MALUTINEWS.CO.ZA FREE
Koerant met hart The paper with heartI
Lynda Greyling
’n BETHLEHEMIET is baie ontsteld nadat’n swembadkontrakteur hom met derdui-dende rande ingedoen en daarby vir hom’n halfvoltooide swembad agtergelaat het.Coenie Bezuidenhout sê hy het ’n
advertensie van Lawrence Pools & Thatchin Maluti gesien. Dit was ’n spesialeaanbieding vir verskillende grootte swem-baddens met ’n lapa.Aangesien hy reeds ’n lapa het, het hy
en die eienaar van Lawrence Pools &Thatch, Lawrence Lukhele, ooreengekom ’nswembad van 7 m x 4 m en 1,8 m diepgaan vir R30 000 gebou word.Lukhele het ook ’n 10%-afslag aangebied
indien hy die volle bedrag vooraf ontvang.“Ek het dit ernstig oorweeg, maar gelukkigdit nie betaal nie.”Voordat die kontrak gesluit is, het
Bezuidenhout twee mense vir wie Lukheleswembaddens gebou het, gekontak om tehoor of hulle tevrede met sy werk is.Sowat ’n week nadat die mense bevestig
het hulle is tevrede met hul swembaddenshet Lukhele hom laat weet hy ondervindprobleme met sy bakkie en gevra hy moetsy vier werkers in Lindley gaan haal. Hullehet grawe en pikke by hulle gehad.“Ek het nogal gewonder hoe lank dit sou
duur vir hulle om die gat te grawe.”Twee en ’n half dae later was die gat
klaar gegrawe. Volgens die kontrak moesBezuidenhout 40% van die bedrag betaalwanneer die gat klaar gegrawe is, nog40% nadat die sement gegooi is en dielaaste betaling nadat die werk afgehandelis.Bezuidenhout moes die sand en sement
aankoop nadat ooreengekom is Lukhelesou die bedrag van sy volgende betalingaftrek. Dié sement is gegooi en Lukhelehet sy betaling ontvang waarna ’n paarvakansiedae aangebreek het. Sedertdienhet hy en sy werkers nie teruggekeer omdie swembad te voltooi nie. Bezuidenhouthet Lukhele talle kere gebel, maar dietelefoon het net gelui.Bezuidenhout, wat met R26 200 inge-
doen is, het intussen verdere navrae oorLukhele gedoen en onder meer op die
internet op verskeie ander mense afgekomwat ook deur hom ingedoen is. Selfs diemense wat as verwysings gebruik is, sefone werk nie meer nie.Hoewel Lukhele onder meer as Elite
Pools, Edwin Pools, Lukas Pools en HenryPools & Thatch sake doen, is dit beslisdieselfde mens, want in alle gevalle ry hymet ’n silwerkleurige BMW met ’n GP-regi-strasienommer rond.Maricha Brits van Alberton is vroeër
vanjaar met R27 000 ingedoen. Al werkwat by haar gedoen is, was ’n gat wat
gegrawe is. Melani Dingle van Witrivier ismet R40 000 ingedoen. Inwoners vanNelspruit, Malalane en Middelburg is ookingedoen.Soos al die mense het Bezuidenhout ’n
klag by die polisie ingedien.’n Swembad wat vir hom waarde tot sy
huis sou toevoeg, het Bezuidenhout duurte staan gekom. Hy moes ’n nuwe kontrak-teur kry om die werk te voltooi. Dieswembad se helling was verkeerd en moesreggestel word. Daarby was die sement-laag te dun en moes die werk ook herstel
word. Om die brouwerk reg te maak en dieswembad te voltooi sal Bezuidenhout nog’n verdere R40 000 uit die sak jaag.Hy gaan egter nie die saak daar laat
nie. “Ek wil ander mense waarsku ’n menskan nooit versigtig genoeg wees nie. Ekhet gedink die telefoniese verwysings watek nagegaan het, is voldoende, maar ditblyk ’n mens sal eers moet gaan Googleen nog meer inligting inwin.”Hy hoop die polisie sal “Lukhele” aan-
keer voordat hy nog meer mense van hulgeld kan beroof.
Man met swembad ingedoenKontrakteur‘verdwyn’ net
WERKERS het op 14 April begin om die gatvir Coenie Bezuidenhout se swembad te grawe. Foto: Verskaf
BINNE tweeen ’n half daewasdie gat gegrawe.DIE swembad is skeef al is die sement gegooi.
SÓ lyk die swembad nou nadat ’n ander kontrakteur dit reggemaak het.
2 MALUTI, WOENSDAG 14 MEI 2014w
ww
.aucor.com
Voorwaardes: Elke koper moet registreer om te kan bie. BEWYS VAN ADRES EN ID-DOKUMENT BENODIG VIR FICA-REGISTRASIE. Registrasiedeposito van R5 000 perbanktjek, debiet/kredietkaart of EFO. Geen kontant! Behoorlik gelas, sal Aucor die volgende aanvul en per publieke veiling verkoop. 10% Koperskommissie. Terme &
Voorwaardes geld. ONDERHEWIG AAN VERANDERING SONDER VOORAFKENNISGEWING. Afslaer: Paul Portellas.
Besigtiging: Dinsdag, 20 Mei (08h30 - 16h30) Morné du Plooy: 083 634 6476
• AFLEWERINGSTROKKIES • NUUT & GEBRUIKTE SLAGHUIS- & BAKKERY-TOERUSTING • KANTOOR- & HUISHOUDELIKEMEUBELS EN BAIE MEER!
Datum: Woensdag, 21 Mei om 10h30 | Perseel: Krugerlaan 1, Estoire, BloemfonteinBESOEK: www.aucor.com Vir Volledige Besonderhede, Fotos en Veilingsreëls
GPS: S 29°06.767’O 026°16.567’
TROK-, SPYSENIERING-& MEUBELVEILING
Virmeerfoto’sen
nuus
gaan
nawww.malutinew
s.co.za
ELSABÉ STOFBERG is ná die Sentrale Plaaslike Koerante se Spontaanuitdunronde as Malutise wenner aangewys. Die kompetisie is in die Coachmans Saloon in die Fontier Inn & Casinogehou. Sy sal op die Vryfees op die Blêrkasverhoog aan die eindronde deelneem. Van linksis Lizelle Tullekin (bemarkingsbestuurder: Frontier Inn & Casino), Anthony Oliver (bestuurder:Frontier Inn & Casino), Karen Herbert (produksieredakteur, Bloemfontein) en Lynda Greyling (redakteur: Maluti).
’n DISPUUT wat al sowat 19 jaar tussen ’nbekende sakeman van Clarens en dieDihlabeng-munisipaliteit heers, is steeds nieopgelos nie.Bruce Weyer, sakeman van Clarens, het in
1994 ’n vyfjaar-huurooreenkoms vir dievervalle woonwapark met die munisipaliteitgesluit. Volgens die kontrak kon Weyer diewoonwapark koop en het hy tot 1999 tydgehad om dit te doen. Sy eerste paaiementhet die kontrak bekragtig. Ná die 1994-verkie-sing het die munisipaliteit egter gesê hy wildie grond terughê en die kontrak is gekansel-leer. ’n Skool en kliniek is intussen op dieterrein gebou.Weyer sê die betaling wat hy gedoen het,
word as ’n bindende kontrak beskou.“Ek het telkemale probeer om die saak
opgelos te kry, maar dit was onsuksesvol.Ek het die raad verskeie kere in kennisgestel dat ek nie belasting en dienstegeldgaan betaal totdat die dispuut opgeklaar isnie.”Maluti het onlangs berig Weyer het ’n
kennisgewing van die munisipaliteit ontvangwaarin hy in kennis gestel is hulle gaanwaterbeperkings instel wat sy watertoevoertot 200 liter per dag gaan beperk.)Maluti het die afgelope paar weke verskeiekere by die Dihlabeng-munisipaliteit navraaggedoen, maar teen druktyd is nog nie opMaluti se versoek gereageer nie.
Dispuut oor grond woed voort
VUSI MOFOKENG was Woensdag ’nparty-agent in een van die stemlokale inBohlokong waar talle mense gestem het.Jare lank kon Mofokeng nie stem nie,
want hy was in die tronk. Hy is destyds 20jaar tronkstraf opgelê. Hy het 12 jaar daar-van uitgedien voor sy vrylating in 2011.Mofokeng sê hy was onskuldig. ’n
Familielid wat wel weens politieke oortre-dings by hom weggekruip het, was dieskuldige. Hy kon voor die Waarheid-en-ver-soeningskommissie verskyn het en erkenhet hy het oortree, maar Mofokeng sê hyhet niks verkeerds gedoen nie.“Hoekom moes ek daar gaan jok?”Terwyl baie mense verlede Woensdag
tuis gebly en ontspan het, het hy verkiesom eerder ’n party-agent vir die verkiesingte wees.
Mofokeng helpmet verkiesing
VUSI MOFOKENG
’n GEMOEDELIKHEID het Vrydag by die Bethlehemdroogskoonmakers geheers toe die personeel besluit het omhul shweshwe en tradisioneleSothodragaan te trek omMoedersdag te vier. By die personeelledeis Marietha Maree, medeeienaar van die onderneming. Foto: Verskaf
22 Mei: Die Clarens-toeris-meforum se jaarvergaderingword om 16:00 in die Montd’or-hotel gehou.31 Mei: As deel van Beth-
lehem se 150-jaar-feesvieringbied die Charlotte Theron-kin-derhuis (CTK) om 19:00 ’nboeredansparty op die CTK-terrein aan. Heerlike potjiekosgaan voorberei word. Anderkos sal ook beskikbaar wees.Die tema vir die kleredrag isUit toeka se dae. Kaartjies isby die CTK te kry. Belang-stellendes kan ook skakel endie kaartjies afgelewer word.Skakel 058-307-3700.31 Mei: Kestell se jaarlikse
Borrelfees wat op 31 Mei in
die NG kerk Kestell gehou.31 Mei: ’n Gholfdag ten
bate van die Cluny AnimalTrust word op die Clarens-gholflandgoed gehou. Virmeer inligting bel Jan Sanderby 058-223-0727 of 078-246-2553.NG kerk Bethlehem-
Noord – Vleisverkope opDinsdae en Vrydae. Basaar-etes op 31 Mei teen R50 perpersoon. Bespreek by diekantoor by 058-303-4743.
MALUTI, WOENSDAG 14 MEI 2014 3
JORDANIA se gr.Oleerlinge het Vrydag saammet hulmammas kolwyntjies versier. Hulle het ook vir elke mamma ’n geskenk gegee wat hulleself gemaak het. Hier is Melissa en Amé Maritz. Foto: Verskaf
KYLENEL en syma, Carike, het ook kolwyntjies op dieMoedersdagbederf deur Jordania se gr. O’s versier.
YOTI DIE GRIEKSE BOERTJIE hetten bate van dieBethlehemaftreeoord se versorgingsafdeling indie APkerksaalopgetree. By homis suster PhaniaLourens (links, bestuurder) en Elsabe van Tonder (organiseerder).Foto: Lynda Greyling
VAN die mense wat die optrede van Yoti die Griekse boertjie en ete in die APkerksaal bygewoon het, is vanlinks Henna de Jager, Margery Marx en Anne Archbell.
Tree opin kerk
4 MALUTI, WOENSDAG 14 MEI 2014
Jesus het hom as slaaf verneder; so ook kan ’n mensGALASIËRS 2:17-21: Wat my betref . . . ekis saam met Christus gekruisig, en nou isdit nie meer ek wat lewe nie, maar Christuswat in my lewe.
’n Paar dekades gelede was omstandig-hede in Midde-Afrika uiters primitief enarmoedig. ’n Jong vrou wat ’n aaklige lewevan sonde en boosheid geleef het, het met’n Christelike sendingstasie te doen gekryen sy het haar bekeer. ’n Nuwe lewe vanlig en goedheid het vir haar aangebreek.Vrygemaak van donker bygeloof en bosevrees het sy die Here met oorgawe enblydskap gedien. Op Kersdag het die
Christene offergawes virdie Here gebring inantwoord op God se grootgawe van sy Seun wat Hygegee het en wat Syhemelse heerlikheid prysgegee het en aarde toegekom het. Weens hul uiterse armoede hetdie gawes meestal uit ’n bossie blomme of’n hand vol groente bestaan. Die bekeerdejong vrou het ’n silwermuntstuk, ongeveer’n dollar werd, as haar offergawe gebring.Vir Midde-Afrika se mense was dit ’nfortuin. Die sendeling was verstom oor so
’n buitengewoon grootgawe. Eers wou hy ditnie aanvaar nie. Dit waste kosbaar. Die vrou hetvreugdevol daarop aan-gedring dat hy dit neem.Waar kom sy daaraan?
wou hy weet. Met ’n stralende glimlagantwoord sy: “Ek het myself as slaaf aandie plantasie se voorman verkoop. Ek wouaan Jesus ’n offer gee wat my hart tevredesou maak.” Dit is wat haar lewe vir haarwerd was en dit is die offer wat sy gebringhet vir haar Here wat sy lewe vir haar
afgelê het. Hy wat in die gestalte van Godwas, het Homself verneder deur diegestalte van ’n slaaf aan te neem en aanmense gelyk te word (Fil. 2:6,7).
Christenskap wat ontstaan uit ’n hart watdeur die Heilige Gees met liefde virChristus aan die brand gesteek is, is ’noorvloedige, oorwinnende Christenskap. Viriemand soos sy, wat uit ’n stikke duisternisgekom het, was Jesus die lig en vreugdevan haar lewe. Haar hele lewe het aanHom behoort.) www.kragvirvandag.co.za; ds. ManieColyn.
Hospitale hulpeloosLynda Greyling
MAANDAG is InternasionaleVerpleegkundigedag gevierom op dié manier erkenningte gee aan verpleegkundi-ges, mense wat ’n eed af-gelê het om na hul naaste om te sien.
Ek het die afgelope week net die teen-oorgestelde beleef. Ek het ’n boodskapontvang my hoog swanger huiswerker heterg pyn. Bang dat die baba in my huisgebore word, is ek daarheen. Daar aange-kom, vind ek sy het geval.
Sy kla van erge laerugpyn – sy het haarstuitjie gebreek.
Ek neem haar na die ongevalle-afdeling.Met moeite het ek haar daar ingekry. Diepersoneel is baie gaaf, maar jammer, hullekan niks vir haar doen nie, sy moet eers nadie kliniek by Phekolong gaan, waarna syProvinsiaal toe terugverwys sal word.
By Phekolong aangekom, kan sy nie uitdie motor klim nie. Ek besef die baba isook op pad, hardloop die gebou in en vradie eerste verpleegkundige om hulp.“Jammer, dit is nie my probleem nie. Jy
moet maar langsaan by diekliniek gaan hoor.”
Langsaan sit ’n lang rymense en wag. ’n Werkersien hoe benoud ek is, bring’n rolstoel en help dat onsdie vrou uit die motor kry.
Teen die tyd dat ek die kar geparkeer enhaar gaan soek het, is die baba amperdaar. Ek is terug werk toe en het lateruitgevind dit is ’n gesonde prematuurgebore meisie. ’n Dokter het haar toe nognie ondersoek nie. Dié het toe wel latervasgestel haar stuitjie is gebreek.
Ek het vasgestel ’n tekort aan doktersbestaan, omdat poste weens ’n tekort aangeld gevries is.
’n Paar maande gelede is by die einstehospitaal ’n inligtingsessie gehou waaropdie LUR van gesondheid, dr. BennyMalakoane, vertel het van al die kindersterf-tes en hoe dié departement sy bes gaandoen om dit te voorkom.
As jy dringend hulp nodig het en jy wordvan bakboord na stuurboord gestuur, kandit dalk te laat wees. Is die personeel netoorwerk of is hulle net lui?
Dankie vir bydraes om Christenburg te steunRIKA VAN DER MERWE, Christenburg:
EK wil namens die inwoners van Christen-burg die gemeenskap van Bethlehem innigbedank vir die omgee en betrokkenheid byChristenburg.
Sonder die gemeenskap se bydrae sal ditnie moontlik wees om die plek aan die gangte hou nie.
Dankie vir Helpende Hand wat regtig
probeer om die kinders te ondersteun, omwerkgeleenthede te skep en die wonings opte knap.
Ons sê opreg dankie vir Anita Schoemanwat sonder enige vergoeding haar tyd enenergie hier aanwend.
Dankie vir al die skenkings van kos,brood en melk – dit word opreg gewaardeer.
Julle is te veel om te noem, maar dieHemelse Vader ken jul name. Baie dankie.
deur
Lynda Greyling
Geesgenoot
OP Wêreld- Tabakvrye Dag op 31 Meifokus die Kankervereniging van Suid-Afri-ka (Kansa) op tabakgebruik deur die jeug.
Kansa se gesondheidshoof, prof.Michael Herbst, sê: “Jong volwassenheidis die vatbaarste en kwesbaarsre tydperkwaarop met die gebruik van tabakproduk-te begin kan word. Dit is dus die ver-naamste mikpunt van die tabakbedryf.Ons moet ons volgende geslag beskermteen die skadelike gevolge van tabak enteen die bedryf se manipulering om vanhulle nikotienverslaafdes te maak.”
Volgens die Wêreld-gesondheidsorgani-sasie (WGO) begin die meeste menserook voordat hulle 18 jaar oud is en ’nkwart van hulle begin reeds met tabakge-bruik voordat hulle 10 jaar oud is.
Herbst sê: “Die rustende harttempo van’n jeugdige wat rook, is vinniger as diévan sy portuur. Langtermyngevolge sluitchroniese siektes soos long- en maag-kanker, beroerte en hartsiekte in. Navor-sing toon by jong mense ’n sterk verbandtussen aktiewe sigaretrook en nikotienver-slawing, en ook tussen verminderdelongfunksie, longgroei en asma.”
Die tabakbedryf is aktief gerig op diejeug met aanloklike produkte en duurbemarkingstrategieë soos groot prysver-minderings op feeste en musiekkonserteof bymekaarkomste. Hulle voorsien ookgegeurde sigarette en rooklose tabakpro-dukte en droë teesakkiegrootte snuifsak-kies, oplosbare strokies en suigtablette.
Kansa waarsku die jeug teen dietabakbedryf se marktaktieke – “selfswanneer die produkte aandui dit is ‘lig’,‘gefiltreerd’, ‘sag’, ‘laeteer’, ‘mentol’ of‘vrugtegegeur’ is die gesondheidsrisikogroot. Moet dus nie geflous word deurgladdebek-advertensies of aantreklikeverpakkings nie,” verduidelik Herbst.VoorkomingVolgens die WGO verminder treffende
teen-tabakadvertensies en grafieseverpakkingswaarskuwings – veral dieprentjies – die getal kinders wat beginrook en dit vermeerder die getal rooksta-kers. Navorsing toon hoër belasting isveral doeltreffend om tabakgebruik bylaerinkomstegroepe te verminder en omjonger mense te keer om te begin rook.’n Belastingverhoging wat tabakpryse metminstens 10% laat klim, verlaag tabakge-bruik met ongeveer 4% in hoë-inkomste-lande en tot selfs 8% in die meeste lae-en middel-inkomstelande.Hubbly bubbly, waterpype of Turkse
hookah-pype is gevaarliker.Kansa waarsku teen die verhoogde
gebruik van sulke pype deur jong mense,want dit is veral nadelig vir nog groeiendelonge en rook kan dus blywende skadeaanrig.
Herbst sê verder: “In Suid-Afrika vormwaterpype en verwante tabakproduktedeel van die omskrywing van tabakpro-dukte in die Tabakprodukte-wysigingswet(2007).
“Dit impliseer die pype se gebruik en
verkope moet voldoen aan die regulasieswat betref enige tabakproduk in die land– insluitend die verbod op die verkoopvan sulke pype en hul produkte aanenigiemand wat nog nie 18 jaar oud isnie.”Ken die wet – dit is jou reg in ’n
rookvrye wêreld.Elke mens behoort tabakrookvrye lug
te kan inasem. Rookvrywette beskermdie gesondheid van nie-rokers, is gewild,benadeel nie die sakewêreld nie enspoor rokers aan om die gewoonte testaak.
Twee tabakwette isin 2007 en 2008deur die parlement goedgekeur. In dieStaatskoerant van 21 Augustus 2009het die parlement die twee wette gepro-klameer wat Suid-Afrika se tabakkontrole-wette verander het.
Kernpunte in die wette is:) Volwassenes mag nie in ’n motor rookwanneer iemand jonger as 12 jaar ’npassasier is nie.) Rook word nie toegelaat op perselenie (private huise ingesluit) wat gebruikword vir kommersiële kindersorgaktiwiteitesoos crèches, of vir opvoeding enonderwys.) Net mense ouer as 18 jaar word in’n aangewese rookgebied toegelaat.) Rook word nie in gedeeltelikafgekampte openbare plekke soosbalkonne, oordekte patio’s, verandas,loopgange en parkeergebiede toegelaatnie.) Die boete vir die eienaar van ’nrestaurant, drinkplek, kroeg of werkplekwat die rookwet verbreek, is maksimaalR50 000 en vir elke individuele rokerR500.) Die tabakbedryf mag nie langerbemarkingspartytjies hou wat op jongmense fokus nie.) Wetgewing bepaal geen mens magenige tabakproduk verkoop of beskik-baar stel aan iemand jonger as 18 jaarnie.) Smousoutomate wat tabakprodukteverkoop, mag nie gebruik word om anderprodukte soos skyfies en sjokolade teverkoop nie.) Ken die wet en vind meer uit byhttp://goo.gl/cmwpL. Meld diegene aanwat die wet verbreek by http://goo.gl/dvn4p.Kansa eKick Butt help om op te hou
rookKansa kan tabakverslaafdes help met
sy eKick Butt-program – ’n gratis aanlyn-rookstaakprogram. Deur ’n reeks e-posse,vraelyste en aflaaie word die roker geleien bygestaan totdat hy rook staak ennie-rook ’n lewenslange gewoonte word –nie meer net die tydsverloop tussen tweesigarette nie. Die program voorsien ’nreeks beproefde en betroubare vaardighe-de om permanent op te hou rook. Besoekhttp://www.ekickbutt.org.za/ vir meerinligting, skakel 058-303-3522 of kontakMaryna Kriel by [email protected].
Oom onthouLEANDRA DE CONING, hoof van Salileni:
OOM KOBUS was deel van Salileni –sinoniem met Salileni. Hy het getrou sy liefdeen ondersteuning gegee en gehelp waar ditnodig was.
Oom Kobus het fier en regop sy paadjiegestap. Hy het sy kennis en wysheid metgraagte met almal om hom gedeel.
Hy was ontsettend lief vir handewerk enhet altyd ’n plan gemaak as iets nie reg wasnie.
Oom Kobus, ons gaan jou mis:) jou skuifelstappie in die gang;) jou skaam glimlaggie;) jou bereidheid om te help; en) jou onblusbare lus vir ’n koppie koffie.
Jy was Salileni se oudste lid. Jy het diéeer met trots gedra.
Ons sal oom Kobus onthou vir die mensen vriend wat hy was.
Hou op rook
Briewe /
Letters
WYLE Kobus Lange. Foto: Nico Gous
MALUTI, WOENSDAG 14 MEI 2014 5
KLEUTERS van die Tingelingkleuterskool het Vrydag ’n Shavathon ten bate van Kansagehou. Die kleuters wat hier met hul bont haarkapsels spog, is van links Skyla SmitNel,Annika Schlebusch, Michelle Delport, Nienke Marais en Ané Joubert.
VAN links is Annika Myburgh, Nika Bester en LouHane Beukes van die Tingelingkleuterskool wat met hul bont hare spog.
Lyk alte fraai met kleurige kapsels
ICKE PAYNE van Eurekasekuriteit het op die maandelikse vergadering van Bethlehem se KosmosVLUtakwaardevolle veiligheidswenkeaan lede verskaf. Van links is JohannaCoetzer, Annatjie Meintjes, Alna Horn, Payne en Dorothy du Preez. Foto: Lynda Greyling
DIE Bloemfonteinse skrywer Maretha Maartens (tweede van regs) was die spreker op die Bethlehemleeskring se maandelikse vergadering. Sy het haar nuutste boek, Monument, bespreek.Van links is Annette von Caues, Louisa Botha, Maartens en Ina van Rensburg.
6 MALUTI, WOENSDAG 14 MEI 2014
THE Frontier Inn & Casino held the final for the Ka Ching Vegas Bling promotion on Saturday.The lucky winner was Matseko Mollo from Bohlokong. From the left are Anthony Oliver (generalmanager), Mollo and Ray Maphalala (gaming manager) with the prize of R90 000.
DIE Bethlehemtennisklub se nuwe bestuurslede is van links, voor: Louise Hattingh (voorsitter),Ilonke Lawrence (sekretaresse), StephanieMaritz (sosiaal) en Annette van derMerwe (aankope);agter: GerhardMarx (ondervoorsitter), JannieMaritz (onderhoud) enChristine Stadler (aankope).
MALUTI, WOENSDAG 14 MEI 2014 7
SPORT
SHARI HATTINGH en haar geliefde miniatuurperd, Stilgewacht Noble Jabulani.Hulle was eerste in die afdeling juniorhanteerder o.8 en het ook die kostuumklas op die Bloemskou gewen. Hulle isvan die Stilgewachtminiatuurperdboerdery by Bethlehem. Foto’s: Verskaf
JOZELLE FOURIE, ook van die Stilgewachtminiatuurperdboerdery by Bethlehem, het ’n eerste en tweede plek opdie Bloemskou behaal.
STILGEWACHT IMPRESSIVE DELIGHT het die trofee vir kampioen senior merrie gewen. By haar is van linksiMaryn Hattingh, Jozelle Fourie en BetsBeukes.
LEERLINGE aan die Laerskool Jordania het na die halfeindronde vandie ATKVredenaarskompetisie deurgedring. Van links is SimonéVenter,Rowan Scholtz, Chrisné Kruger, Marcu van Dyk en Annne Venter.
DRIE hokkiespelers van die Laerskool Jordania is in die OosVrystaatseo.13span ingesluit. Van links is Cyden Schutte, FC Krugell en CameronRoux. Laasgenoemde is ook ’n lid van die NoordVrystaatse span.
Presteer opdie Bloemskou
VAN links is Ansie van der Sandt, Mattie Harris,Amanda Bester en Andrea Cloete wat dieRiemlandvrouevierspel gewen het.
VAN links is Pieter Cronjé, Francois Venter,Loffie Cronjé en André Viljoen wat die Riemlandvierspel gewen het.
LOFFIEENHANLIECRONJÉvanReitz het dieRiemlandgemengdeparerolbalkompetisiegewen. Foto: Verskaf
Wys hul slag in rolbal
’n VRIENDSKAPLIKE sakerolbaltoernooi word Dinsdagaande op die Bethlehemrolbalklub se baan beslis. JimmyPaxinos is een van die spelers wat verledeDinsdagaand die koue aangedurf het.
Speel vir sake
TE KOOP
KLERASIE
1615
ALGEMENE &
HUISDIENSTE
ALLERLEI
1845
SANDSTONE: Blocks,bricks, cladding,rivens, tiles, etc.Tel: 058 303 4840.
12 Archbell Street, BHM.
EIENDOMME
WOONSTELLE
TE HUUR
3250
2-slaapkamer-woonstelmet motorhuis. Beskikbaar1 Junie 2014. Skakel 058303 1822/072 381 2741.
HUISE TE HUUR
3270
Ruim plaashuis te huur± 15 km buite Bethlehem.5 slaapkamers, 3 badka-mers en swembad, R2 500per maand. Krag uitge-sluit. Skakel 082 787 4701.
BETREKKINGS
3600
BETREKKINGS
GESOEK
3670
Alice is op soek na werkas huishulp, kinderoppas-ser. Voltyds. Skakel079 235 4052.
Alinah soek werk ashuishulp, kinderoppasser2-5 dae per week.Skakel 073 321 6287.
TOPSY soek werk ashuishulp, betroubaar enhardwerkend. Voltyds,Maandag tot Vrydag, 3 daeper week. 083 531 1592.
GESOEK
3601
Dringend op soek na 'ndieselwerktuigkundige:Gekwalifiseerd of nie,moet ook ondervinding hêvan grondverskuiwings-masjiene. Faks of e-pos CVna 086 530 4220 [email protected]
SEEK, BUY, SELL
SportSportKoerant met hart The paper with heartI
’n MENS kry die Saulspoort-, Fouriesburg-en Clarens-plesierrit, maar Saterdag is diePannekoek-plesierrit sowat 10 km buiteBethlehem op die Paul Roux-pad gehou.Dit rit is op Martin en Hanna du Plooy
se plaas begin, waarna ’n roete van sowat20 km gevolg is.Vooraf kon almal lekker aan warm
pannekoeke smul.Nadat Willie Esterhuizen die geleentheid-
met gebed geopen het, het die rit begin.Meer ervare ruiters het voor gery, terwyl
Hanna du Plooy met die minder ervareruiters agterna gekom het. Sy leer hulleperd ry en beskou die plesierrit as goeieervaring vir hulle.
Pannekoekrit opplaas is pure pret
RETIEF TOLKEN isdieMaccauvlei- juniorope kampioen.Hy was lid van die
Vrystaat-en-Noord-Kaap-o.19-gholfspanwat die eerste keer opMaccauvlei aan diejunior ope deelge-neem het.Retief het verlede
jaar vir die Vrystaat-en-Noord-Kaap-o.17-span gespeel en lêvierde vir die o.19-spanwat later vanjaargekies gaan word.Retief word deur
Rolf Busch van dieRolf Busch-gholf-akademie afgerig.
Retief is junior gholfkampioen
NICKY NEL, president van Vrystaat en NoordKaap Junior Gholf (links),en Retief Tolken.
SportSport
MIEKE DU PLOOY (links) op Lee en Simoné Kruger op Dimpels net voordat die Pannekoekplesierrit begin het.
KAYLA LINDEQUE het aan die Pannekoekplesierrit deelgeneem.
LINKS: Chesh Laesecke en Tienie van derSpuy het Tobie Myburgh en Vrystaat, susterkoerant van Maluti, se gholfdag gewen.Spelers het volgens ’n beterbalkiesspel gespeel en die twee het op 52 punte geëindig.Hier is Laesecke en Chantelle Cotty (Vry-staat) wat die pryse oorhandig het.
Foto’s: Lynda Greyling
REGS: Carine le Roux (links) is as die bestevrouespeler op Tobie Myburgh en Vrystaat,susterkoerant van Maluti, se gholfdag aangewys. Sy het ook die prys vir die naasteaan die pen op nr. 2 ontvang. By haar isChantelle Cotty van Vrystaat wat die pryseoorhandig het.
Wen op dag