Die Kosmos - SAWA€¦ · In die deur kom hy tot stilstand. Hy kyk na al die netjies geklede...

18
DIE KOSMOS BLADSY 1 VAN 18 Die KOSMOS Jaargang 35 Uitgawe 5 Januarie 2014 IN DIE PYPLYN FONDSINSAMELING Ons beplan ‘n fondsinsameling projek om meer geld in te samel vir ons 35ste verjaarsdagviering met ons AJV in Augustus. Kom deel in die pret! Lees meer daaroor later in die jaar. SOETDORING KAMP BESOEK Ons kamp in Mei maand by Soetdoring en het die afgelope naweek die oord besoek. Hier is ‘n paar fotos net om julle lus te maak vir kamp. Maak asb ‘n aantekening in jul dagboek hiervoor !

Transcript of Die Kosmos - SAWA€¦ · In die deur kom hy tot stilstand. Hy kyk na al die netjies geklede...

Page 1: Die Kosmos - SAWA€¦ · In die deur kom hy tot stilstand. Hy kyk na al die netjies geklede tellers en die netjiese kliënte in die rye wat wag om ge-help te word. Dan kyk hy na

DIE KOSMOS BLADSY 1 VAN 18

Die KOSMOS

Jaargang 35 Uitgawe 5 Januarie 2014

Jaargang 35 uitgawe 6 Februarie 2013

IN DIE PYPLYN

FONDSINSAMELING

Ons beplan ‘n fondsinsameling projek om meer geld in te samel vir ons

35ste verjaarsdagviering met ons AJV in Augustus. Kom deel in die pret!

Lees meer daaroor later in die jaar.

SOETDORING KAMP BESOEK

Ons kamp in Mei maand by Soetdoring en het die afgelope naweek die oord

besoek. Hier is ‘n paar fotos net om julle lus te maak vir kamp. Maak asb ‘n

aantekening in jul dagboek hiervoor !

Page 2: Die Kosmos - SAWA€¦ · In die deur kom hy tot stilstand. Hy kyk na al die netjies geklede tellers en die netjiese kliënte in die rye wat wag om ge-help te word. Dan kyk hy na

DIE KOSMOS BLADSY 2 VAN 18

OORDENKING

WAARIN DIE KRAG IS

LEES: Efesiërs 2: 11 – 18: “Julle wat vroeër ver

van God gelewe het, het nou naby gekom deur

die bloed van Christus. Christus is ons vrede…

(13,14).”

Roy McClain vertel hoe `n bekende advokaat in

een van Suid-Amerika se strate deur `n bedelaar genader word vir `n aalmoesie. Die advokaat kyk skerp in die ongeskeerde gesig en sê dan: “Ken ek jou nie van iewers af nie?” Die bedelaar antwoord: “Jy behoort. Ek is jou ou klasmaat. Onthou, tweede vloer, Old Main Hall.” “Natuurlik, Sam, verseker onthou ek jou.” Sonder `n verdere woord skryf die advokaat `n groot tjek vir hom uit. Die storie sê $100, maar dit is baie jare gelede en in ons geldwaarde, moes dit `n groot bedrag gewees het. “Neem dit,” sê die advokaat. “Ek gee nie om wat met jou gebeur het nie, maar neem hierdie geld en gaan kry vir jou iewers `n nuwe begin.” Trane kom in die bedelaar se oë en hy stap na die regte bank toe. In die deur kom hy tot stilstand. Hy kyk na al die netjies geklede tellers en die netjiese kliënte in die rye wat wag om ge-help te word. Dan kyk hy na sy eie vuil toiïngs. Sy moed begewe hom. “Hulle sal dit nie van my aanvaar nie,” dink hy. “Hulle sal dink ek het dit vervals. Ek pas nie hier nie.” Hy draai weg. Die volgende dag loop hy en die advokaat mekaar weer raak. “Wat het nou gebeur, Sam?” roep die advokaat uit. “Wat het jy met my tjek gemaak? Het jy die geld weggedobbel of weggedrink?” Sam trek die tjek uit `n binnesak uit en wys dit vir die advokaat en vertel hom hoekom hy dit nie ge-wissel het nie. “Kyk, my vriend,” sê die advokaat ernstig. ”Wat daardie tjek waarde gee is nie jou voorkoms of klere nie. Dit is my handtekening! Gaan nóú dadelik en wissel daardie tjek.”

Dit is die krag van óns redding en óns nuwe lewe: Jesus se handtekening op die tjek van God se genade – sy bloed wat Hy aan die kruis gestort het. Die Heilige Gees bring God se vergifnis, die reiniging van Jesus se bloed, en die nuwe geestelike lewe, in ons lewens in, op grond van Jesus se kruisdood. Ons swakheid, ons onrein-heid, ons skandes kan dáárdie krag nie kanselleer nie.

Geskryf deur Manie Colyn

INHOUDSOPGAWE

Voorblad Nuus............................1

Oordenking……….…............…..2

Redaksie………..…………..........3

Van die Voorsitter………..….......3

Voogdelys…………….….…........4

Verjaarsdae……………...............5

Huweliksherdenkings…..............5

Lief en Leed................................5

Terugvoer vanaf NUB.................6

Lekkerbek……..….……...…........7

Streeks Baadjies.........................8

Voorraad.....................................8

Uit God se Apteek.......................9

Uit die Natuur………………..….10

Saamtreknuus……….…...........11

Blokkiesraaisel..........................13

Tegnies.....................................14

Tieners......................................15

Senior Burgers..........................16

Kleuters……………...…….…....17

Jaarprogram………..………......18

Page 3: Die Kosmos - SAWA€¦ · In die deur kom hy tot stilstand. Hy kyk na al die netjies geklede tellers en die netjiese kliënte in die rye wat wag om ge-help te word. Dan kyk hy na

DIE KOSMOS BLADSY 3 VAN 18

‘n PAAR WOORDE

VAN ANDRE

Dagsê Vriende

Die nuwe jaar het begin en is al

klaar ‘n maand oud. Ja nee, tyd

staan nie stil nie.

Ons eerste kamp van die jaar was

groot pret en ek dink almal wat

saam gekamp het, het dit terdeë

geniet. Die kamp het plaasgevind

gedurende Januarie by Tamboti

Vreugde. Daar 7 waens en drie

tente en lekker nat weer. Maar dit

het ons nie gekeer om lekker te

kuier nie.

Ek en Marianne moes ook oop

NUB toe gaan die naweek

daarna, so ons is nou al goed

ingelyf vir kamp die jaar.

Ons volgende klamp is by Loskop

dam 21-23 Februarie so ek hoop

om julle daar te sien. Kom ons

maak 2014 ‘n jaar van lekker

kamp en ‘n jaar waar ou vriende

weer mekaar ontmoet by ‘n kamp,

dis immers hoekom ons aan

SAWA behoort, om saam te kan

kuier.

Sien julle by die volgende kamp

Vriendelike Groete

Andre Erasmus

REDAKSIE

Hallo Sawanante

Ek hoop julle nuwejaars voornemens

het gehou en nie by die eerste

heuweltjie gesneuwel nie! Byt vas!

Nou ja, die eerste maand van 2014

is verby en ons het ons eerste kamp

vir die jaar gehad. Ons was nogal 7

waens wat by die kamp was en dit is

nogal ‘n oulike kampplek. Daar was

tot ouens van Country Life tydskrif

wat ons besoek het. Ons gaan dalk

in die tydskrif verskyn – so kyk uit

daarvoor!

Ek het op die voorblad een van ons

kampe vir die jaar ingesit. Julle kan

gerus die kamp kom bywoon. Lyk

nogal heel prettig daar. So maak ‘n

aantekening in julle dagboeke.

Nog ‘n kamp wat julle kan aanteken

is die Presidente in April wat by

Klipdraai gaan plaasvind. Kom help

asb met die kamp en kom deel in die

pret wat hulle beplan. Hoe meer,

hoe beter. Nog meer belangrik is die

AJV wat in Augustus beplan word.

So maak asb ‘n groot aantekening in

jul dagboek daarvoor!

Ek hoop ons sien jul by die volgende

kamp!

Marianne

Page 4: Die Kosmos - SAWA€¦ · In die deur kom hy tot stilstand. Hy kyk na al die netjies geklede tellers en die netjiese kliënte in die rye wat wag om ge-help te word. Dan kyk hy na

DIE KOSMOS BLADSY 4 VAN 18

VOOGDELYS

Andre en Marianne Erasmus (Tel Andre 0833007706; Marianne 0828902019) e-pos Adres: [email protected]; Straatadres: Middelbultstr 25, Secunda

Martiens en Alta Grobler (Tel Martiens 0824668110; Alta 0812708916) e-pos Adres: [email protected]; Straatadres: Kleynstraat 2, Secunda

Johan en Karin Burger (Tel Johan 082 923 5614) e-pos Adres: [email protected]; Straatadres: Vermeerstraat 18, Secunda

David en Rea van As (Tel David 071 867 0129) e-pos Adres: [email protected]; Straatadres: Waterberg straat 9, Secunda

John en Yolanda Brummer (Tel Yolanda 079 883 6226) e-pos Adres: [email protected]; Straatadres: Waterson straat 11, Secunda

Andre en Annemarie Fourie (Tel Annemarie 082 852 0657 ) e-pos

Adres: [email protected]; Straatadres: Krokodilrivierstr 7,

Secunda

Lance & Retha Batts; Hennie & Monica Oosthuyzen; Gregor & Ria van Deventer; Paul & Anriëtte van Schalkwyk; Neil & Henriëtte van Wyk en Henry Viviers

Kobus & Annatjie Bester; Peet & Elsie Jonker; Corné

& Christa Thirion; Chris & Thiana Bornman; Alta van

Heerden en Peter & Vernice Richard

Francis & Marlize Hodgeman; Edwin & Rene Sieberhagen en Francois & Mariane Ueckermann en Johan & Magda van Dyk

Ronnie & Magda Moorcroft; Theo & Elize Saayman;

Frans & Ohna Steyn; Brad & Astrid Blake en Neil &

Marietta Parks

Nico Botha; Danie & Annelie Meyer en Sakkie &

Gretha Mocke en Gerhard & Ankia van Niekerk

Jacques Fourie; Pierre Fourie; Div & Bella de Villiers;

Wimpie & Rita Meintjes; Gert & Lena van Rensburg

Page 5: Die Kosmos - SAWA€¦ · In die deur kom hy tot stilstand. Hy kyk na al die netjies geklede tellers en die netjiese kliënte in die rye wat wag om ge-help te word. Dan kyk hy na

DIE KOSMOS BLADSY 5 VAN 18

VERJAARSDAE

Februarie

13 – André Fourie 26 – Sakkie Mocke

HUWELIKSHERDENKINGS

Januarie

01 - Hanco Meintjes 02 – Vernice Richard 05 – Ronnie Moorcroft 05 – Gert van Rensburg 07 – Jacques Fourie 17 – Frans Steyn 19 – Alta Grobler 25 – Nicola Saayman 27 – Christa Thirion 29 – Johan van Dyk 30 – Rene Sieberhagen 30 – Henriette van Wyk

30 - Martiens Grobler

LIEF EN LEED

LEED

Dit is wonderlik om te noem

dat ons nie bewus is van

enige leed in ons streek nie.

Miskien is ons dalk net on-

ingelig, of miskien is ons net

geseënd?

LIEF

Baie geluk aan Andre en Annemarie

Fourie wat hul 36 ste huweliks-

herdenking gevier het die 10de

Desember.

Andre Erasmus is verkies as die

gebieds Penningmeester.

Michele Parks het ‘n rekord gebreek

in middelafstand atletiek.

Februarie

01 – Ronnie & Magda Moorcroft 02 – Gregor & Ria van Deventer 14 – Francis & Marlize Hodgman

Januarie

02 - Chris & Thiana Bornman

03 - Peet & Elsie Jonker

Page 6: Die Kosmos - SAWA€¦ · In die deur kom hy tot stilstand. Hy kyk na al die netjies geklede tellers en die netjiese kliënte in die rye wat wag om ge-help te word. Dan kyk hy na

DIE KOSMOS BLADSY 6 VAN 18

TERUGVOER VANAF DIE NUB

Oop NUB gehou te Koppisol die naweek van 31 Jan – 2 Feb 2014

Net n paar gedagtes en terugvoer vannaf die NUB van 01 Februarie 2014:

Ons moet trots wees op ons amptelikke SAWA drag en embleme en nie

sommer net weggee aan enige persoon, of los op die woonwa as ons dit

verkoop nie. Daardie persone dra nie SAWA se belange op hul hart nie en skep

‘n valse beeld aan die publiek.

Stuur asseblief jul bydraes aan die SAWA webwerf. Raak betrokke en stuur

enige nuus of storie of wat ook al betrekking het tot kamp aan Diana Fourie.

Daar gaan ‘n senior burger toer wees net ná die Presidente na die Oos Kaap.

Enige een is welkom. Kontak gerus ons President, Nico Spaumer vir verdere

inligting.

Besprekings vir die Presidente 2014 is oop. Kontak gerus vir Juliana of jou voog

as U belangstel om saam te kamp gedurende die Paas naweek te Klipdraai.

(Jukskei word bygevoeg gedurendre die boeresport daai naweek ek dink ons

moet ‘n span inskryf)

Dan het ons ook die nuus ontvang dat ons Nasionale Voorsitter, Jurie Dreyer en

die nasionale Sekretaris Willie Bronkhorst, albei kennis gegee het dat hulle gaan

uittree uit hulle poste die jaar by die kongres na vele jare se diens op

dagbestuur. Sterkte aan albei en ons sê baie dankie vir hulle waardevolle en

wonderlikke bydrae gedurende hul jare op dagbestuur.

Daar gaan weer ‘n groot TV, ysmasjien en hoëtrou stel uitgeloot word die jaar.

Die trekking sal plaasvind gedurende 2014 se Kongres. Koop gerus vir julle ‘n

paar kaartjies, kontak julle voog of vir my as u belangstel.

SAWA groete

Andre Erasmus

Hier kamp ons

saam met Andre en

Peet van Luiperds

gedurende oop

NUB by Koppisol

Page 7: Die Kosmos - SAWA€¦ · In die deur kom hy tot stilstand. Hy kyk na al die netjies geklede tellers en die netjiese kliënte in die rye wat wag om ge-help te word. Dan kyk hy na

DIE KOSMOS BLADSY 7 VAN 18

LEKKERBEK – Hawermout Piesangbrood

Resep uit Liplekker – Ingestuur deur Frika

BESTANDELE: 2 eiers 250 ml sagte bruinsuiker 50 ml sonneblomolie 50 ml heuning 250 ml hawermout 375 ml koekmeel 5 ml bakpoeier 2 ml sout 5 ml gemengde speserye 125 ml melk 3 oorryp piesangs, baie fyn gedruk 15 ml vars suurlemoensap METODE: Stel die oond op 180 grade C. Smeer groot of 2 kleiner broodpanne/muffinpanne baie goed met botter of margarien of bespuit met kleerwerende middel. Klits die eiers, suiker, olie en heuning saam tot dit goed gemeng is. Gooi die hawermout, meel, bakpoeier, sout, speserye em melk by en meng dit goed. Roer die piesangs en suurlemoensap by. Skep die beslag in die broodpan of panne en bak dit 45 minute tot goudbruin en gaar. Laat dit rukkie in pan afkoel en keer dit op draadrakkie uit om heeltemal af te koel

Page 8: Die Kosmos - SAWA€¦ · In die deur kom hy tot stilstand. Hy kyk na al die netjies geklede tellers en die netjiese kliënte in die rye wat wag om ge-help te word. Dan kyk hy na

DIE KOSMOS BLADSY 8 VAN 18

STREEKS BAADJIES

Sawanante

Ons is baie opgewonde oor die nuwe baadjies vir die die Streek. Sien foto onder.

Plaas asseblief so gou moontlik jul bestellings by Martiens en Alta Grobler

S - L XL – 2XL 3XL – 5XL

Mens All weather jacket

R 250

Ladies All weather jacket

Bogenoemde prys sluit die koste van die borduur uit. Kontant met alle bestellings

asb.

VOORRAAD

Voorraad Beampte: Annemarie Fourie

Sweetpakke Boshoed Sirkel & Snorre Windjakker Windjakker (Waterdig) Oosvaalhemde Oosvaalpette Alle verkope – Kontant met bestelling

Ons beplan om ‘n nuwe

streeks hempie vry te

stel. Sal julle op hoogte

hou!

Page 9: Die Kosmos - SAWA€¦ · In die deur kom hy tot stilstand. Hy kyk na al die netjies geklede tellers en die netjiese kliënte in die rye wat wag om ge-help te word. Dan kyk hy na

DIE KOSMOS BLADSY 9 VAN 18

UIT GOD SE APTEEK – Hawermout

Artikel uit TUISAPTEEK van Anna Eksteen

Hawermout is een van die beste bronne van inositol wat uitstekend is vir bloedcholesterolvlakke.

Hawermout is hoog aan oplosbare vesel wat hardlywigheid teenwerk en dit stel energie stadiger vry, wat jou lus na kos beheer.

Volgens 'n bekende voedingkundige Sally-Ann Creed is hawermout 'n anti-depressant wat stres en senukwale op 'n natuurlike manier kan behandel. Dit help om jou bloedsuiker stabiel te hou, wat gemoedskommelinge voorkom.

Dit bevorder die produksie van die hormoon asetielcholien, wat swak konsentrasie en spanning teenwerk.

Dit voorsien jou van sink, magnesium, yster en vitamien E en die B-vitamiene, wat help om bene en tande sterk te maak en uitstekend is vir die herstel en vernuwing van velweefsel.

Studies het getoon dat hawermout ook blykbaar die seksdrang aanwakker. Blykbaar aktiveer hawermout die manlike sekshormoon testosteroon.

Dit versterk jou bene en tande.

Dit is goed vir diabete en hoë suikervlakke in die bloed.

UIT GOD SE APTEEK – Kiwivrug

Artikel uit TUISAPTEEK van Anna Eksteen

Page 10: Die Kosmos - SAWA€¦ · In die deur kom hy tot stilstand. Hy kyk na al die netjies geklede tellers en die netjiese kliënte in die rye wat wag om ge-help te word. Dan kyk hy na

DIE KOSMOS BLADSY 10 VAN 18

UIT DIE NATUUR - Die Langbeen Korhaan

Uit: Wikipedia

The Black-bellied Bustard is 58–65 cm (23–26 in) long. The bill and legs are dull

yellow. The male's upperparts have black and brown marks on a tawny buff

background; the underparts are black. The head is boldly patterned with black, white

and buff. The neck, long and thin for a bustard, is buffy brown with a thin black line

down the front that joins the black breast. The tail is brown and buff with four or five

narrow dark brown bands. The upper surface of the wings is white with a brown

triangle at the base; the flight feathers have black tips except for the outer secondary

feathers. The white of the wings is visible when the bird stands, contrasting with the

black underparts

The female is plain buff, cryptically marked with darker brown mottling on the back

and vermiculation (narrow wavy bands) on the neck and breast. The juvenile is duller

and darker, with a dark grey crown and buff spots on the wing. The neck and rump

patterns of both sexes, the male's white chin and lores, and the female's vermiculation

are points that distinguish this species from its close relative, Hartlaub's Bustard.

Range and habitat

It is found in woodland and tall open grassland in Sub-Saharan Africa. It prefers

higher rainfall than Hartlaub's Bustard and in many areas occurs only following heavy

rain

Behavior

In feeding habits it resembles other bustards. In courtship display the male retracts his

head to his back, giving "a short rising wheezy whistle, zhweeeeee", pauses in that

position, and slowly raises his head, giving "a popping quock or plop followed by soft

gurgling".

Page 11: Die Kosmos - SAWA€¦ · In die deur kom hy tot stilstand. Hy kyk na al die netjies geklede tellers en die netjiese kliënte in die rye wat wag om ge-help te word. Dan kyk hy na

DIE KOSMOS BLADSY 11 VAN 18

SAAMTREK NUUS

Tambotie Vreugdeplaas

24 tot 26 Januarie 2014

Tamboti kampterrein

Geen selfoon opvangs, moet gebruik

maak van rookseine

David & Rea ons Kampkommendante

Oosvalers kuier lekker saam

.

Ons het lekker geëet die naweek met ons

professionele kokke, Paul & Jaco

Die geld word ordentlik getel. Johan het hulp

van Potch Universiteit ontbied, dankie Jorika

Nou ja as jy wil lekker slaap op ‘n bed in jou

wa moet jy ‘n sleutel hê. Martiens ontvang die

groot BooBoo! omdat hy sy woonwa sleutel

by die huis vergeet het.

Page 12: Die Kosmos - SAWA€¦ · In die deur kom hy tot stilstand. Hy kyk na al die netjies geklede tellers en die netjiese kliënte in die rye wat wag om ge-help te word. Dan kyk hy na

DIE KOSMOS BLADSY 12 VAN 18

SAAMTREK NUUS…Vervolg

Tambotie Vreugdeplaas

24 tot 26 Januarie 2014

Andre oorhandig Kampkommendant

plaatjie aan David en Rea van As

Johan & Karin Burger ontvang hulle

welkom plaatjie by SAWA as Senior

Burgers. Pas nogal by hul van!

Johan & Magda van Dyk ontvang die

ster van die naweek plaatjie. Johan het

van Saudi Arabia huistoe gekom en

besluit hulle gaan kamp. Hulle woon

tans in Potchefstroom. Baie dankie vir

die opoffering van julle kosbare tyd.

Ja ons eerste kamp is agter die rug en ek

moet sê dit was ‘n baie lekker kamp.

Ons was altesaam 7 woonwaens en drie

tente by Tamboti Vreugde plaas gedurende

die naweek van 24-26 Januarie 2012.

Die kamp is sowat 40 km noord van Pretoria

in die hartjie van die bosveld. ‘n Baie rustige

en mooi oord omring deur ‘n natuur

reservaat met sy eie “Safari Mall” vir die wat

hou van inkopies doen!!!

Dit heerlik gereën gedurende die naweek

maar het glad nie enige invloed op die

atmosfeer van die naweek gehad nie. Al vir

wie dit ‘n bietjie gepla het was vir die groep

wat gaan wild kyk het op die wildkyk

voertuig en so bietjie nat geword het.

Ons kampkommendante David & Rea het

ons mooi versorg en soos altyd was daar

weer ‘n oorvloed van kos, een van SAWA se

beste tydverdrywe is om te kuier rondom die

kospotte.

Weereens ‘n baie lekker naweek saam met

baie vriendelike en goeie mense, baie dankie

aan almal vir’ n heerlike kamp.

Ons volgende kamp is by Loskopdam 21-23

Februarie 2014. Kom ons gaan kamp lekker

saam met die kampkommendante vir die

naweek Johan & Karin Burger.

Sien julle by Loskop

Lekker kamp

Andre Erasmus

Page 13: Die Kosmos - SAWA€¦ · In die deur kom hy tot stilstand. Hy kyk na al die netjies geklede tellers en die netjiese kliënte in die rye wat wag om ge-help te word. Dan kyk hy na

DIE KOSMOS BLADSY 13 VAN 18

BLOKKIESRAAISEL

Soek die name van 25 blomsoorte:

A E I L E O F R E F N A K G F T B E R G B I E T O U

A R F L Y G A S O N T A S

P A A O S A N V Y G I E G

A N N U D D G Y M S P O O

N G S R P I E P G S B E U

T I V E L T L L L O O K S

H P A E Y R I E A R E E B

U A A N S E E E S T R E L

S N L A B E R G T E E P O

W I S S E I U L E A J G M

H I A S I N T E E A A N T

E E P A R M L O B H S I O

U P A P I E R B L O M R P N E P A S S T O U R Y E M

I N E G E P O S O A N I E

N S L I E K Y L A S S P O

G I L T R E S E V T O E N

B E N D I T E L Y E L I M

L S A N D U I I R R B J E

O A G S T R R E K L A T O

M S M A L P G N I S R A N

S A N O D E O G I O O K R

Page 14: Die Kosmos - SAWA€¦ · In die deur kom hy tot stilstand. Hy kyk na al die netjies geklede tellers en die netjiese kliënte in die rye wat wag om ge-help te word. Dan kyk hy na

DIE KOSMOS BLADSY 14 VAN 18

Om ‘n woonwa te sleep, kan aan die begin redelik vreesaanjaend wees.

Hierdie volgende sleepwenke sal bydra tot ‘n genotvolle, ontspanne en veilige

reis:

Hou voldoende volgafstand om die verkeer vorentoe in gedagte te hou.

Steek slegs ander voertuie verby, veral vragmotors, wanneer jy seker is

dat daar genoeg plek en tyd is om dit te doen. Moet nooit probeer jaag

om ‘n voertuig verby te steek nie!

Wanneer jy groot voertuie soos vragmotors en busse verbysteek, wees

bewus van die trekkrag. Aerodinamika sal jou na die vragmotor toe trek,

terwyl jy verbysteek en nadat jy die beweging uitgevoer het, sal jou

voertuig in die teenoorgestelde rigting getrek word.

Kyk gereeld na die verkeer agter jou om bewus te wees van ander

voertuie wat wil verbysteek.

As jy ‘n lang ry motors agter jou sien, veral op bergpaaie vol draaie,

gebruik die afritte om hulle te laat verbygaan.

Wanneer jy draai, onthou om wyd te draai. ‘n Vinnige kyk in die spieëltjie

sal help om dit reg te kry.

As jou woonwa begin swaai, bly kalm. Moenie rem trap nie maar neem

jou voet weg van die petrolpedaal om spoed te verminder. Wanneer die

geswaai opgehou het, vermeerder geleidelik jou spoed. Onthou: ‘n

swaaiende woonwa word altyd veroorsaak deur ‘n slegte kombinasie van

oorlading, swak verspreiding van die vrag, te hoë spoed en sterk wind.

Wanneer jy bestuur of parkeer, oorweeg altyd die hoogte, lengte en

wydte van die woonwa om botsing met voorwerpe langs, bo of agter jou

te voorkom.

“Met sorg, versigtigheid en voorbereiding kan jou woonwa en kampeerdery ‘n

genotvolle ervaring wees en ‘n wonderlike manier om die agterpaaie te ontdek.

TEGNIES

Sleepverantwoordelikheid

Page 15: Die Kosmos - SAWA€¦ · In die deur kom hy tot stilstand. Hy kyk na al die netjies geklede tellers en die netjiese kliënte in die rye wat wag om ge-help te word. Dan kyk hy na

DIE KOSMOS BLADSY 15 VAN 18

Tieners, hormone en die

res van die kwessies

Koppe stamp is deel van ’n normale

gesinslewe. Dit is hoe ons as ma’s

van nuwe dinge leer en hoe ons

tieners staatmaker-wyshede hoor.

En uiteindelik raak ons almal

slimmer.

MA SÊ Die Pil verbeter die aknee op jou ken, my kind. En dan is jy veilig ook ...

MEISIEKIND SÊ Nee dankie. Die Pil maak jou net vet.

Daar ís goeie redes om te wag met die Pil én goeie redes om die Pil te gebruik, sê prof Igno Siebert, fertiliteitspesialis aan die Universiteit van Stellenbosch se Fakulteit Gesondheidswetenskappe. “Deesdae word die Pil onverdiend gekritiseer. Dit bly die beste manier om swangerskap te keer; twee uit elke drie mense sit nié gewig aan nie; vir meisies wat baie swaar of ongereeld menstrueer en sportmeisies en

dansers is die lewe op die Pil makliker;

en aknee verbeter dikwels op die Pil.

Om moontlike, hoewel klein,

langtermynrisiko’s te verminder gee

ons nie graag die Pil vir meisies met

familie met beroerte of

hormoonverwante siektes nie. En dis

beter dat jong diabete die Pil vermy,

omdat dit met hul bloedsuiker

inmeng.”

Is die Pil dus ’n goeie plan vir meisies

sonder die genoemde probleme?

“As jy ’n goeie rede het en goed vaar

daarop, kan jy net wen. Maar ek glo jy

moet twee keer oor ligter probleme

dink. Vandag val die klem op

lewenstyl eerder as pille. Ons werk

aan ons gesondheid met ’n gesonde

leefstyl en/of ons liggame kans te gee

om self probleme op te los, eerder as

om na pille te gryp. Net so met die Pil.

Dalk ís dit beter dat jou dogter ligte

aknee en wisselvallige of swaar

menstruasie die eerste paar jaar

aanvaar, eerder as regstelling met die

Pil. ‘Nee’ bly die beste beskerming

teen vigs en swangerskap. Of dan

kondome, wat ook teen STD’s

beskerm.”

Uit: Rooi Rose 20 Februarie 2013

Page 16: Die Kosmos - SAWA€¦ · In die deur kom hy tot stilstand. Hy kyk na al die netjies geklede tellers en die netjiese kliënte in die rye wat wag om ge-help te word. Dan kyk hy na

DIE KOSMOS BLADSY 16 VAN 18

SENIOR BURGERS

Herrie se kerrie:

DIE vindingrykheid van ’n gesoekte bende dopsmokkelaars het grensbeamptes verstom.

Tydens ’n roetine-ondersoek op die grens tussen twee voormalige Sowjet-republieke is op ’n pypleiding van 2km lank en 20cm in deursnee afgekom waarmee drank - vermoedelik hoofsaaklik vodka, van Kazakstan na Kirgisië gesmokkel is.

Oom Herrie se slim vriend, Matie, sal die sommetjie kan maak oor presies hoeveel dop in dié pyp moes in voordat die eerste druppel anderkant uitgekom het.

Daar is regtig vernuftig te werk gegaan. Die pyp was op ’n spoor op die rivierbodem geanker, want alkohol neig mos om ’n pyp bo die water te laat uitkom - het oom Herrie gehoor.

Of, om ’n grillerige idee te gee: Daardie pyp is net so dik soos die rioolpyp wat Herrie se woonbuurt - so groot soos Parys - se “ammunisie” rioolplaas toe vat.

Kirgisië moet seker pure woestyn wees dat die mense daar so vreeslik dors word.

Maar as mense lus is... Oom Herrie sien nou die dag ’n opskrif van ’n Russiese dokter wat dwelmmiddels uit ’n pasiënt se maag gesteel het. Wat word tog van die wêreld as ’n eerbare dwelmsmokkelaar nie eens meer die dokter kan vertrou nie?

Van vertrou gepraat. Omtrent 60 jaar lank al beweer talle dat die Amerikaners ’n geheime basis nie ver van Las Vegas af het nie, waar saam met ruimtewesens gewerk word aan nuwe tegnologie én probeer word om gestrande VVV’s se tegnologie na te boots.

Dié basis, bekend as Area 51, is pas deur die CIA bevestig, maar steeds sonder om te erken dat ET en sy maats ook daar in die gedeeltelik ondergrondse kompleks doenig is.

Samesweringverslaafdes reken dit is net ’n kwessie van tyd voordat almal bevestiging kry dat daar ondergronds lekker telepaties met ET geklets word en dat daar gekloon word dat dit klap.

Omdat Liewe Heksie in Bethlehem gebore is, aldus haar “ma” Verna Vels, gaan koning Rosekrans se ruimtestasie iewers in die Oos-Vrystaat, Kaap Karnaval, seker binnekort vir besoekers oopgestel word

Herman Toerien

Page 17: Die Kosmos - SAWA€¦ · In die deur kom hy tot stilstand. Hy kyk na al die netjies geklede tellers en die netjiese kliënte in die rye wat wag om ge-help te word. Dan kyk hy na

DIE KOSMOS BLADSY 17 VAN 18

VIR DIE KLEUTERS

Hier volg nou ‘n skets van ‘n toneeltjie in die Kirstenbosch Botaniese Tuin waarop ons ‘n

klompie diere sien. Kyk of julle die diere kan identifiseer met behulp van die

raaiselrympies. Voorsien dan die sketse van die diersoorte van byskrifte:

Eekhorinkie: Sy stert is wollerig en dik, daar sit hy in die boom se mik. Vinnig en rats is dié klein

knaap, maar nie familie van die aap!

Brilwewer: Kyk net hoe vlytig weef en vlieg hy. Sowaar, sy nes hang oor die water. Sy sorg en

vernuf verbaas my: veilig bly sy kuikens later!

Tarentaal: Sy lyf is groot en bont gespikkel, tog vlieg hy sonder ‘n gesukkel. Sy kop is kleurvol en

mooi helder. In die Kaap sien jy hom baie en nie selde!

Muishond: Sy koppie is klein en sy beentjies is kort, maar die lyf en stert kan nogal lank word. Sy

jassie is grys en sy kloue is swart; hy woon onder die rots of sommer in ‘n gat.

Dassie: ‘n Mens sou kon sê hy is vet, Let op dat hy geen stertjie het! Hy sit nou en bak in die son

op ‘n klip, maar as die son skuif, sal hy agterna wip.

Page 18: Die Kosmos - SAWA€¦ · In die deur kom hy tot stilstand. Hy kyk na al die netjies geklede tellers en die netjiese kliënte in die rye wat wag om ge-help te word. Dan kyk hy na

DIE KOSMOS BLADSY 18 VAN 18

KONTAK ONS

SAWA Webwerfadres - http://www.sawa.org.za/

SAWA eposadres - [email protected]

Die KOSMOS word uitgegee deur Streek Oosvaal van die SA Woonwa-Assosiasie (SAWA). Plasing van berigte, artikels of enige ander bydrae of advertensie impliseer nie dat dit noodwendig die standpunt van SAWA is nie. Kommentaar en ander redaksionele artikels word

deur die Redakteur verantwoord.

OOSVAAL BANK

BESONDERHEDE

Penningmeester:

Johan Burger

Bank : Standard Bank,

Secunda

Rekeningnommer : 137501072

Takkode 05344

Nuusblad van Streek

Oosvaal van die Suid‐Afrikaanse Woonwa‐Assosiasie

Redakteur en bladuitleg:

Marianne Erasmus,

Posbus 5666, Secunda, 2302

Tel: 082 890 2019 (Sel)

Epos: [email protected]

Drukwerk en verspreiding: Andre en

Marianne Erasmus

Oosvaal 2014 jaarprogram

Datum Plek Tarief

24 – 26 Jan Tamboti Vreugdeplaas Verby

21 – 23 Febr Loskopdam R190 per nag

21 Mrt – 4 Apr

Wildtuin Toer Onder Sabie 21-25 Maart Maroela 26-29 Maart Swadini 30 Maart – 5 April R218 per nag

17 – 21 Apr Presidente (Klipdraai) R150 per nag

23 – 25 Mei Soetdoring R250 per nag

27 – 29 Junie Badplaas R190 per nag

Tarief nie bevestig nie

18 – 20 Julie Natal Spa R110 per nag

15 – 17 Aug AJV Malonjeni R200 per nag

Tarief nie bevestig nie

19 – 21 Sept Nasionale Kamp (Koppisol)

24 – 26 Okt Riverside Lodge R160 per nag

21 – 23 Nov De Voetpadkloof R230 per nag

NB: Ons sal die tariewe insit soos dit beskikbaar kom