ADRES: JACOBS STRAAT 1 POSADRES: POSBUS 215 TELNO: 016 … · diefstal, bakleiery, verbale boelie,...

2
TELNO: 016 341 3165 FAKSNO: 016 341 3987 DATUM: 25 Februarie - 02 Maart 2019 UITGAWE 7 van 2019 ADRES: JACOBS STRAAT 1 HEIDELBERG GAUTENG POSADRES: POSBUS 215 HEIDELBERG 1438 E-POS: [email protected] BELANGRIKE DATUMS 25 Februarie - 02 Maart 2019 Maandag, 25 Februarie 2019 Gr. 11 Ekstra Wiskunde klasse Dinsdag, 26 Februarie 2019 Toetsreeks Gr. 8 tot 12 Swem Interhoër te Boksburg Noord Seunshokkie: vriendskaplike wedstryd teen H/s Dr Malan - vertrek om 14:45 Woensdag, 27 Februarie 2019 Geen Donderdag, 28 Februarie 2019 Toetsreeks Gr. 8 - 12 Vrydag, 1 Maart 2019 PUK REEKS teens H/s Marais Viljoen Tennis: Heidelberg Tennis Klub Skaak: Volkskool Koshuis om 15:00 Seunshokkie: Volkskool hokkievelde om 15:00 Saterdag, 2 Maart 2019 PUK Reeks: Netbal- hokkie- en rugby- wedstryde te Hoër Volkskool SPORT ATLETIEK Baie geluk aan ons Volkieatlete wat opgeneem is in die D7- atletiekspan. Dié atlete verteenwoordig D7- tydens die Gauteng Atletiek Kampi- oenskappe wat op 8 Maart 2019 by Pilditch stadion, Pretoria plaasvind. Ons is baie trots op julle! MNR.EN MEJ. SKOLE Ons mnr en mej Volkie neem 15 Maart 2019 deel aan die Vaaldriehoek se mnr en mej Skole. Ons finaliste wat gaan deelneem is Donovan Vorster, Jolene Horn en Menishca Senekal. Kaartjies vir die gala-aand is te koop teen R50 per kaartjie

Transcript of ADRES: JACOBS STRAAT 1 POSADRES: POSBUS 215 TELNO: 016 … · diefstal, bakleiery, verbale boelie,...

Page 1: ADRES: JACOBS STRAAT 1 POSADRES: POSBUS 215 TELNO: 016 … · diefstal, bakleiery, verbale boelie, vandalisme en kletskrisisse, waar leerders mekaar op sosiale media sleg sê, gehad.

TELNO: 016 341 3165

FAKSNO: 016 341 3987

DATUM: 25 Februarie - 02 Maart 2019 UITGAWE 7 van 2019

ADRES: JACOBS STRAAT 1

HEIDELBERG

GAUTENG

POSADRES: POSBUS 215

HEIDELBERG

1438

E-POS:

[email protected]

BELANGRIKE DATUMS

25 Februarie - 02 Maart

2019

Maandag, 25 Februarie 2019

Gr. 11 Ekstra Wiskunde klasse

Dinsdag, 26 Februarie 2019

Toetsreeks Gr. 8 tot 12

Swem Interhoër te Boksburg Noord

Seunshokkie: vriendskaplike wedstryd teen H/s Dr Malan - vertrek om 14:45

Woensdag, 27 Februarie 2019

Geen

Donderdag, 28 Februarie 2019

Toetsreeks Gr. 8 - 12

Vrydag, 1 Maart 2019

PUK REEKS teens H/s Marais Viljoen

Tennis: Heidelberg Tennis Klub

Skaak: Volkskool Koshuis om 15:00

Seunshokkie: Volkskool hokkievelde om 15:00

Saterdag, 2 Maart 2019

PUK Reeks:

Netbal- hokkie- en rugby-wedstryde te Hoër Volkskool

SPORT

ATLETIEK Baie geluk aan ons Volkieatlete wat

opgeneem is in die D7-

atletiekspan.

Dié atlete verteenwoordig D7-

tydens die Gauteng Atletiek Kampi-

oenskappe wat op 8 Maart 2019 by

Pilditch stadion, Pretoria plaasvind.

Ons is baie trots op julle!

MNR.EN MEJ. SKOLE

Ons mnr en mej Volkie neem 15 Maart 2019 deel aan die Vaaldriehoek

se mnr en mej Skole. Ons finaliste wat gaan deelneem is Donovan

Vorster, Jolene Horn en Menishca Senekal. Kaartjies vir die gala-aand is

te koop teen R50 per kaartjie

Page 2: ADRES: JACOBS STRAAT 1 POSADRES: POSBUS 215 TELNO: 016 … · diefstal, bakleiery, verbale boelie, vandalisme en kletskrisisse, waar leerders mekaar op sosiale media sleg sê, gehad.

ALGEMEEN

AKADEMIE

Ouers/voogde moet toesien dat hulle kind(ers) se take op die datum(s) wat op die assesseringsprogram aangedui is, ingehandig

word. Geen laatindiening van take sal geduld word nie. Slegs geldige sieknotas sal tydens formele assessering aanvaar word. Ouers/voogde moet nie vakansies tydens toetsreekse reël nie.

Leerders wat nie wettig afwesig is nie, sal vir die vak wat geskryf is, nul kry. Die akademiese uitstappie vir die graad 8- en 9-leerders sal op 14 Maart 2019 plaasvind. Daar sal in die volgende nuusbrief meer

inligting rakende die uitstappie deurgegee word.

Die PUK Prestige-reeks begin komende Saterdag, 2 Maart 2019, tuis teen Hoërskool Marais Viljoen. Ons wil u as ouers/voogde uitnooi

om die dag saam met ons te kuier en te ondersteun. Die Volkietrots moet ons opponente groen van jaloesie maak. Leerders moet in

formele skooldrag ondersteun en sal ook 200 positiewe punte ontvang. Ouers/voogde wat na die hoofwedstryd saam wil braai is meer

as welkom. Daar is braaipakkies teen R60-00 beskikbaar. Bestellings moet voor of op 28 Februarie 2019 by die sportkantoor geplaas

word. Die DONKEY DERBY wat op 28 Februarie 2019 sou plaasvind word na 10 Mei 2019 uitgestel. Die rede vir die uitstel is om rede ons

ouers/voogde alreeds groot finansiële uitgawes in kwartaal 1 met skoolgelde, skoolklere, skryfbehoeftes en toere aangegaan het. Baie

dankie aan al ons ouers/voogde en besighede wat reeds hulle tafels bespreek het. Die besprekings sal na 10 Mei 2019 oorgedra word.

Ons tema van die week is “nuwe uitdagings”. Hoe groter ons skool word, is dit opsigself ‘n nuwe uitdaging vir ons skool. Die uitdaging waaroor ek

hierdie week wil praat is dat ons nooit ons Christelike karakter by Volkieland mag verloor nie. Die laaste paar weke het ons verskeie voorvalle van

diefstal, bakleiery, verbale boelie, vandalisme en kletskrisisse, waar leerders mekaar op sosiale media sleg sê, gehad. Om betrokke te raak met sosiale

media kan ons kinders se reputasie onherstelbare skade berokken.

Sulke optredes hoort nie by ‘n skool waar ons ons Christenskap leef nie. Dit wat ons sê, dink en doen moet ‘n absolute weerspieëling van ons Christelike karakter wees. As kinders van God moet ons die weë van God volg. As kinders van God het ons die verantwoordelikheid om God in alle

omstandighede te onthou en aan Hom te dink – nie net as dit sleg gaan nie. As ons hierdie verantwoordelikheid aanvaar, sal ons altyd die regte

besluite maak, God nooit vergeet nie en ook in gedagte hou: wat sou Jesus doen.

UIT DIE HOOF SE KANTOOR