8 eat junie vraestel 2.d…  · Web viewDie hoofkarakters, Gappie en Nadia, moet hulle ouers, wie...

18
Hoërskool Roodepoort Afrikaans EAT Graad 8 Taak 6: Vraestel 2 Eksaminator: M Swanepoel Tyd: 2 uur Moderators : Mes L Nagel, C van Niekerk Punte: 80/2=40 Datum: Junie 2016 TAAK 6 : Begrip, Taal en Letterkunde 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: LEESBEGRIP (VRAAG 1 EN 2) (20) AFDELING B: TAAL (VRAAG 3, 4 EN 5) (30) AFDELING C: LETTERKUNDE (VRAAG 6 EN 7) (30) 2. Beantwoord AL die vrae uit al DRIE afdelings. 3. Begin ELKE afdeling op ’n NUWE bladsy. 4. Trek ’n streep na elke afdeling. 5. Laat ’n reël oop na elke antwoord. 6. Skryf slegs in ’n blou pen. 7. Skryf netjies en leesbaar. 1

Transcript of 8 eat junie vraestel 2.d…  · Web viewDie hoofkarakters, Gappie en Nadia, moet hulle ouers, wie...

Page 1: 8 eat junie vraestel 2.d…  · Web viewDie hoofkarakters, Gappie en Nadia, moet hulle ouers, wie deur monster-goggas in ‘n saal gevange gehou word, gaan red! Daar is ook 'n boelie,

Hoërskool RoodepoortAfrikaans EAT

Graad 8Taak 6: Vraestel 2

Eksaminator: M Swanepoel Tyd: 2 uurModerators : Mes L Nagel, C van Niekerk Punte: 80/2=40 Datum: Junie 2016

TAAK 6 : Begrip, Taal en Letterkunde

1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

AFDELING A: LEESBEGRIP (VRAAG 1 EN 2) (20)

AFDELING B: TAAL (VRAAG 3, 4 EN 5) (30)

AFDELING C: LETTERKUNDE (VRAAG 6 EN 7) (30)

2. Beantwoord AL die vrae uit al DRIE afdelings.

3. Begin ELKE afdeling op ’n NUWE bladsy.

4. Trek ’n streep na elke afdeling.

5. Laat ’n reël oop na elke antwoord.

6. Skryf slegs in ’n blou pen.

7. Skryf netjies en leesbaar.

1

Page 2: 8 eat junie vraestel 2.d…  · Web viewDie hoofkarakters, Gappie en Nadia, moet hulle ouers, wie deur monster-goggas in ‘n saal gevange gehou word, gaan red! Daar is ook 'n boelie,

AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1

Lees die twee onderstaande resensie en beantwoord die vrae.

TEKS A: BOEKRESENSIE

VRAE:

1.1 Kyk na die opskrif van die resensie. Wie is die skrywer van die jeugboek? (1)

1.2 …toe sê dit vir my: “Lees my, Karla!”

1.2.1 Word dié woorde letterlik of figuurlik bedoel? (1)1.2.2 Verduidelik in jou eie woorde wat met die woorde bedoel word. (1)

1.3 In die boek moet die hoofkarakters hulle ouers red wat deur goggas gevangene gehou word.Noem die name van die twee hoofkarakters. (2)

1.4 Wat was Karla se gunsteling deel van die boek? (1)

1.5 Karla het die boek tjoef-tjaf klaar gelees. Gee EEN WOORD wat dieselfde beteken as tjoef-tjaf. (1)

EN2

Resensie van Koos Kombuis se jeugboek, MONSTER-GOGGAS

deur Karla Tolken (10) van Kenridge Primêre Skool

1. Ek dink toe ek die boek, MONSTER-GOGGAS, sien, toe sê dit vir my: “Lees my, Karla!”Die voorblad het my aan een van Jaco Jacobs se boeke laat dink, maar ek was verkeerd ... want vir my was dit selfs beter!

2. Ek het gehou van die styl waarin die boek geskryf is. Dit het maklik gelees. Ek het ook baie van die illustrasies gehou, want dit was iets heeltemal anders.

3. Die storie is baie spannend! Dit speel af in ‘n klein dorpie met die naam Gelukspruit. Die hoofkarakters, Gappie en Nadia, moet hulle ouers, wie deur monster-goggas in ‘n saal gevange gehou word, gaan red! Daar is ook 'n boelie, Groot Piet, en hy word deur ‘n massiewe gogga gebyt en swel reusagtig groot op. Hy word dan die leier van die goggas... Dit was beslis my gunsteling deel van die boek.

4. Ek kon identifiseer met die karakters, veral met die onderwyser, ou Tor, wanneer hy vir Gappie skel. Ek dink ek sou ook vir Gappie uitgeskel het! Ou Tor en Groot Piet het my lekker laat lag.

5. Ek dink die boek moet 'n refleksie van Koos Kombuis se karakter wees. Dit is in 'n unieke styl geskryf, en ek hou van sy styl. Ek wil baie graag nog van sy jeugboeke lees, want ek dink hulle is perfek vir my. En hy is ook ‘n baie goeie sanger!

6. Ek kan dit aanbeveel vir kinders van my ouderdom en ouer. Dogters en seuns sal ewe veel daarvan hou. Ek het die boek tjoef-tjaf klaar gelees omdat dit so spannend was.

7. Dit was die beste boek ooit!26 Februarie 2016

Page 3: 8 eat junie vraestel 2.d…  · Web viewDie hoofkarakters, Gappie en Nadia, moet hulle ouers, wie deur monster-goggas in ‘n saal gevange gehou word, gaan red! Daar is ook 'n boelie,

TEKS B: BOEKRESENSIE

1.6 “Elke keer as Gappie voel asof hy skoenlappers in sy maag kry...” (paragraaf 3)Wat beteken die uitdrukking om skoenlappers in jou maag te kry? (1)

1.7 Christiaan het gehou van die byname van die karakters in die boek. (paragraaf 4)

Watter twee byname pas perfek by ‘n boek soos Monster-gogga? (1)

1.8 Hoe lank het dit vir Christiaan geneem om die boek klaar te lees? (1)

1.9 Mag Christiaan ‘n woord soos “cool” gebruik in die resensie? Motiveer jou antwoord. (1)

1.10 Is dit beter as jeugboek-resensies deur kinders of grootmense geskryf word? Verduidelik hoekom jy so sê. (1)

[12]

3

Resensie van Koos Kombuis se jeugboek, MONSTER-GOGGASdeur Christiaan Genade (9) van Worcester Primêre Skool

1. Toe ek die boek die eerste keer vashou, kon ek sien dat dit sommer ’n baie interessante boek gaan wees. Die voorbladprent is baie kleurvol en snaaks en het my laat wonder presies wat hierdie grillerige goggas in die boek gaan aanvang!

2. Koos Kombuis se foto op die agterkant van die boek het my laat dink hierdie oom lyk nie vervelig nie, so daarom sal sy storie seker ’n lekker storie wees. Ek het baie gehou van die illustrasies in die boek. Die illustrasies is baie snaaks en hulle het my twee keer laat kyk al is hulle net in swart en wit. Die illustrasies vertel presies wat besig is om in die storie te gebeur, soos die prentjie van die onderwyser wat hom boeglam skrik en die kakkerlak wat by die broodblik probeer uitklim.

3. Die karakters in die boek is net soos regte mense wat ek ken. Al is ek 'n bietjie jonger as Gappie, kon ek nogal dink hoe hy moet voel in die vervelige Wiskundeklas met die meneer wat hom die hele tyd dophou. Ek het baie van die hoofkarakters, Gappie en Nadia, gehou want hulle lyk na kinders met wie ek vriende sal wil wees. Hulle is slim en maak goeie planne om die krisis op te los. Elke keer as Gappie voel asof hy skoenlappers in sy maag kry wanneer hy vir Nadia sien, het dit my laat lag.

4. Die boek is geskryf net soos ek praat: In mooi Afrikaans, maar daar is ook cool woorde tussenin soos wat ek en my maats gebruik. Ek het sommer lekker gelag vir ou Tor se “bgy” en die byname in die boek soos ou Tor, Muggie, Groot Piet en Gappie.

5. Die storie was beslis vir my snaaks en interessant. Dit was só boeiend dat ek dit in een middag móés klaar lees. My gunsteling deel van die boek, was toe Gappie Nadia se pa se kar by die laboratorium steel om hulle so gou as moontlik terug in die dorp te kry. Maar toe beland hulle in ’n toktokkie se gat!

6. Ek sal beslis nog van Koos Kombuis se boeke wil lees, want sy idees vir ’n storie is vir my interessant en nuut. Ek gaan al my vriende van hierdie boek vertel omdat dit ’n lekkerlees storie is, wat spannend en snaaks is.

27 Februarie 2016

Page 4: 8 eat junie vraestel 2.d…  · Web viewDie hoofkarakters, Gappie en Nadia, moet hulle ouers, wie deur monster-goggas in ‘n saal gevange gehou word, gaan red! Daar is ook 'n boelie,

VRAAG 2

TEKS C: ADVERTENSIE VAN BOEKBEKENDSTELLING

Lees die twee onderstaande uittreksels van ‘n advertensie en beantwoord die vrae.

VRAE:

2.1 Wanneer kan jy vir Koos Kombuis ontmoet? (1)

2.2 Waar kan jy Koos Kombuis se jeugroman Monster-gogga koop? (1)

2.3 Jy moet betaal om Koos Kombuis te ontmoet.Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? Motiveer jou antwoord deur EEN WOORD aan te haal. (1)

4

Page 5: 8 eat junie vraestel 2.d…  · Web viewDie hoofkarakters, Gappie en Nadia, moet hulle ouers, wie deur monster-goggas in ‘n saal gevange gehou word, gaan red! Daar is ook 'n boelie,

TEKS D: ADVERTENSIE VAN BOEK UIT KATALOGUS

Lees die twee onderstaande advertensie en beantwoord die vrae.

2.5 Gappie en Nadia moet uitvind wat aangaan. Voor dit te laat is. Wat word bedoel met “Voor dit te laat is.”? (1)

2.6 Hoeveel bladsye het hierdie boek? (1)

2.7 Hierdie boek is geskik vir selflees kinders.Verduidelik wat selflees kinders is. (1)

2.8 Kan dit wat in dié verhaal vertel word, regtig gebeur? Motiveer jou antwoord deur twee redes te verskaf. (2)

[8]

TOTAAL VIR AFDELING A: 20

5

Page 6: 8 eat junie vraestel 2.d…  · Web viewDie hoofkarakters, Gappie en Nadia, moet hulle ouers, wie deur monster-goggas in ‘n saal gevange gehou word, gaan red! Daar is ook 'n boelie,

AFDELING B: TAAL

VRAAG 3

TEKS E: ADVERTENSIE EN BOEKUITTREKSEL

Die taalvrae wat volg, is op die onderstaande gedeelte gebaseer.

VRAE:

3.1 Skryf die teenoorgestelde geslag van die onderstreepte woord in die volgende sin neer.

Nie net in sy gesig nie, maar sy hele lyf. (1)

3.2 Skryf ‘n sinoniem (dieselfde betekenis) van die onderstreepte woord in die volgende sin

neer.

Die spinnekop het die seun in die toilet gebyt. (1)

3.3 Kies die korrekte woord tussen hakies en skryf dit neer.

3.3.1 Die seun (se/sê) hele lyf het opgeswel. (1)

3.3.2 Groot Piet gaan nou groter (klere/kleure) moet koop om aan te trek. (1)

3.4 Verander die volgende sin in ‘n vraagsin.

Mens kgy nie sulke ggoot spinnekoppe nie! (1)

3.5 Lees paragraaf 2.

3.5.1 Herskryf paragraaf 2, maar verbeter die spelling van die onderstreepte woorde. (4)

3.5.2 Is hierdie woorde per ongeluk verkeerd gespel? Motiveer jou antwoord. (1)

6

2

Page 7: 8 eat junie vraestel 2.d…  · Web viewDie hoofkarakters, Gappie en Nadia, moet hulle ouers, wie deur monster-goggas in ‘n saal gevange gehou word, gaan red! Daar is ook 'n boelie,

[10]

VRAAG 4

TEKS F

Die taalvrae wat volg, is op die onderstaande gedeelte gebaseer.

VRAE:

4.1 Verwys na paragraaf 1. Gee die korrekte vorm van die woord tussen hakies.

4.1.1 Daar is BAIE (vlieg) wat rondom Nadia vlieg. (1)

4.1.2 Hierdie vlieg is (groot) AS die muggie, maar die brommer is DIE (groot). (2)

4.2 Skryf die volgende sinne in die VERLEDE TYD.

4.2.1 Dit is ‘n groot vlieg in die lug. (1)

4.2.2 Gappie sien die brommer ook. (1)

4.3 Verwys na paragraaf 2. Kies die korrekte woord tussen hakies.

Skryf slegs die korrekte antwoord neer.

“Voertsek!” roep Muggie is ‘n (uitroepsin/bevelsin/stelsin). (1)

4.4 Verwys na paragraaf 3. Onderstreep die HULPWERKWOORD in die volgende sin.

Gappie kan sien hoe Nadia gril vir die brommer. (1)

4.5 Skryf die VERKLEININGSVORME van die woorde tussen hakies neer.

Muggie swaai sy 4.5.1 (arms) na die brommer. Sy 4.5.2 (kop) is skoon deurmekaar. (2)

[9]

7

1

2

3

Page 8: 8 eat junie vraestel 2.d…  · Web viewDie hoofkarakters, Gappie en Nadia, moet hulle ouers, wie deur monster-goggas in ‘n saal gevange gehou word, gaan red! Daar is ook 'n boelie,

8

Page 9: 8 eat junie vraestel 2.d…  · Web viewDie hoofkarakters, Gappie en Nadia, moet hulle ouers, wie deur monster-goggas in ‘n saal gevange gehou word, gaan red! Daar is ook 'n boelie,

VRAAG 5

TEKS G

Die taalvrae wat volg, is op die onderstaande gedeelte gebaseer.

VRAE:

5.1 Skryf die volgende sinne in die ONTKENNENDE VORM.

5.1.1 Het die boek ‘n vinnige tempo? (2)

5.1.2 Iemand het illustrasie vir Koos Kombuis se boek geteken. (2)

5.2 Skryf die sin oor en begin met die woorde in vetdruk.

Alex gee ‘n ekstra lagie humor aan ‘n boek.

Begin die sin met: Aan ‘n boek …. (1)

5.3 Vorm samestellings van die volgende woorde

5.3.1 Ek illustreer sy boek 14 (vier + tien) jaar later. (1)

5.3.2 Monster-goggas is ‘n (kind + boek) met baie humor. (1)

5.4 Verander die volgende sin in ‘n VRAAGSIN.

Die boek het ( ‘n vinnige tempo en goeie karakters.)

Begin die sin met: Wat … (2)

5.5 Verbind die volgende sinne met die voegwoord tussen hakies.

5.5.1 Gappie sien die spinnekop. Nadia sien die spinnekop. (en) (1)

5.5.2 Die twee was bang. Hulle het spinnekopbene gesien. (nadat) (1)

[11] TOTAAL VIR AFDELING B: 30

9

Page 10: 8 eat junie vraestel 2.d…  · Web viewDie hoofkarakters, Gappie en Nadia, moet hulle ouers, wie deur monster-goggas in ‘n saal gevange gehou word, gaan red! Daar is ook 'n boelie,

AFDELING C: LETTERKUNDE

VRAAG 6

BEANTWOORD DIE VRAE OOR ALBEI GEDIGTE.

Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

VRAE:

6.1 Kies die korrekte antwoord tussen hakies. Skryf slegs die korrekte antwoord neer.

Die gedig bestaan uit vyf (kwatryne/koeplette). (1)

6.2 Hierdie gedig handel oor ‘n spesifieke sport.

6.2.1 Noem hierdie sport. (1)

6.2.2 Haal DRIE APARTE WOORDE aan uit die gedig wat pas by hierdie sport. (3)

6.3 Die bouler “is vasberaad” in strofe 1.

Verduidelik in jou eie woorde hoekom die bouler vasberaad is. (1)

6.4 Haal ‘n voorbeeld van ‘n vergelyking uit die gedig aan. (1)

EN

10

12

34

56

78

910

Page 11: 8 eat junie vraestel 2.d…  · Web viewDie hoofkarakters, Gappie en Nadia, moet hulle ouers, wie deur monster-goggas in ‘n saal gevange gehou word, gaan red! Daar is ook 'n boelie,

Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

Kinderspelet j ies

1 Ek haat d i t as my oupa sê:2 “Kom lu is ter h ier , ou seun.3 Ek wi l verte l van toe ek jonk was…4 Ag, waar ’s daai dae heen?5 In my tyd het ons jongklomp nog6 goed geweet van speel…”7 Dan maak ek my solank gereed8 om my morsdood te verveel .9 “Die spelet j ies wat ons gespee l het ,10 sal jy nooi t , oo i t kan raai n ie.11 Vandag se k inders weet mos n ie12 van vro te ier of b l ikaspaai n ie.13 Bok- in-d ie-hok en to l gooi14 ken ju l le seker l ik ook n ie.15 Al ooi t gehoor van dr iebeenspr ing16 of middelmannet j ie?”

17 Toe hy laas week weer begin praat18 oor kennet j ie en kat -en-muis,19 sê ek: “Oupa, kan ek oupa dalk20 my nuwe PlaySta t ion wys…?”21 Raai wat…Hy het heel temal opgehou22 om van d ie goeie ou dae te verte l .23 Hy’s voor d ie TV vasgenael , vasberade24 om ‘n nuwe High Score op te s te l !

Jaco Jacobs

VRAE:

6.5 Wat is die funksie van die dubbelpunt aan die einde van versreël 1? (1)

6.6 Verwys na strofe 1.

Haal ‘n versreël aan wat ‘n voorbeeld is van assonansie.

Onderstreep die assonerende klanke. (1)

6.7 Is daar ‘n verskil tussen die speletjies wat Oupa in sy jongdae en sy kleinseun

vandag speel? Motiveer jou antwoord. (1)

6.8 Hoekom dink jy het die kleinseun sy PlayStation vir sy oupa gewys? (1)

6.9 Wat dink jy is die boodskap van hierdie gedig? Gee TWEE redes vir jou antwoord. (2)

11

Page 12: 8 eat junie vraestel 2.d…  · Web viewDie hoofkarakters, Gappie en Nadia, moet hulle ouers, wie deur monster-goggas in ‘n saal gevange gehou word, gaan red! Daar is ook 'n boelie,

6.10 Kies die woord uit KOLOM B wat by die stelling in KOLOM A pas.

Skryf net die vraagnommer (6.10.1–6.10.2) en die letter (A–E) neer, bv. 6.10.5 F (2)

KOLOM A KOLOM B

6.10.1 Speletjie word gespeel met twee “jagters” en ‘n tennisbal. A. blikaspaai

6.10.2 Speletjie word gespeel met ‘n blik vol klippies. B. kennetjie

C. bok-in-die-hok

[15]

VRAAG 7

BEANTWOORD DIE VRAE OOR STICKS AND STONES.

Lees die uittreksels hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg.

7.1 Hoekom moes Stefanus by sy ouma Rina-hulle in die Paarl gaan bly? (1)

7.2 Voel Stefanus positief of negatief oor die ou skoolsaaltjie? Gee TWEE redes vir jou antwoord. (2)

7.3 Stefanus was baie gelukkig by die beste skool in die land.

Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? Motiveer jou antwoord. (1)

7.4 Waarom is Stefanus se skoolklere eintlik vol stof en stukkend op die knieë? (1)

12

…het Pa besluit ek moet by ouma Rina-hulle in die Paarl gaan bly…Pa kan nie sy praktyk op Ladismith net so laat staan en trek nie.Ek gee nie juis om nie. Huis is nie meer huis nie. Dit is grafstil en ek was die afgelope tyd meestal alleen.

Oupa begin trots praat: “Hierdie klipgeboutjie hier regs was die saal toe ek nog hier op skool was.”

Elke middag wil Ouma weet hoekom my klere so vol stofmerke is en watter gevaarlike speletjies ons

dan speel dat my skoolbroek se knieknoppe soveel gaatjies het.

Page 13: 8 eat junie vraestel 2.d…  · Web viewDie hoofkarakters, Gappie en Nadia, moet hulle ouers, wie deur monster-goggas in ‘n saal gevange gehou word, gaan red! Daar is ook 'n boelie,

7.5 Kies uit KOLOM B die korrekte antwoord om by die sin of frase in KOLOM A te pas.

Skryf net die vraagnommer (7.5.1) en die letter (A) neer. (3)

KOLOM A KOLOM B

7.5.1 “Sticks se skoene is vuil. Lek hulle blink.” A. Mnr. Basson

7.5.2 “Is alles reg, ou seun?” B. Stefanus

7.5.3 “Ek dink ek sal gelukkig wees hier.” C. Stones

7.6 Stones het stomp, geel vingers en vuil afgebyte naels. Stones dra ook ‘n gebleikte blou streepbaadjie.

Voel jy jammer vir Stones? Gee ‘n rede vir jou antwoord. (1)

[9]

EN

BEANTWOORD DIE VRAE OOR DIE TUINDWERGIES.

7.7 “As ek daardie brak in die hande kry…”7.7.1 Wat is ‘n brak? (1)7.7.2 Wat het hierdie brak gedoen wat vir Oempa so vies het? (1)

7.8 Oempa gebruik vloekwoorde om te wys hoe kwaad hy is.

Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? Haal TWEE woorde aan om jou antwoord te motiveer. (1)

13

Page 14: 8 eat junie vraestel 2.d…  · Web viewDie hoofkarakters, Gappie en Nadia, moet hulle ouers, wie deur monster-goggas in ‘n saal gevange gehou word, gaan red! Daar is ook 'n boelie,

7.9 Verduidelik wat bedoel word wanneer Hildegard Langenhoven ‘n “kabouterhater”genoem word. (1)

7.10 Dink jy dat “Die Tuindwergies” realiteit of fantasie is? Motiveer jou antwoord. (1)

7.11 Het jy van die drama gehou? Motiveer jou antwoord. (1)[6]

TOTAAL VIR AFDELING C: 30

G R O O T T O T A A L: 80

14