ALGEMENE SKOOL REëLS EN REGULASIES ......Kinders moet by die huis gehou word tot hul gesond is....

11
H/v Blouborsie- en Lorethastrate, Van Riebeeckpark • Posbus 8013, Edleen 1625 Tel/Faks: (011) 976 3500 ● Sel/Cell no: 073 843 2645 ● E-pos: [email protected] 1 ALGEMENE SKOOL REëLS EN REGULASIES SKOOLFONDS BELEID Skool fooie is voor uitbetaalbaar teen die 3de werksdag van elke maand. Skool fooie is betaalbaar al was u kind siek of met vakansie gedurende die maand. Indien skoolfonds nie betaal is voor of op die 3de werksdag van die maand nie sal ‘n boete van R100 gehef word vir elke week wat dit laat betaal word. Daarna sal u kind se bywoning by Blouborsie Kleuterskool opgeskort word totdat fooie op datum betaal is. Indien fooie nog steeds nie betaal word nie sal dit oorhandig word aan die firma wat ons invorderings behartig. Wanneer u inbetaling doen, gebruik aub u kins se naam as verwysing en nie die rekening no nie. Alle kinders wat die einde van die jaar Blouborsie verlaat moet by begin Oktober kennis gee. Geen kind mag tussen Oktober en Desember uit die skool gehaal word tensy vooraf gereel met die skoolhoof. Daar word een skriftelike kalender maand kennis vereis. Indien nie aan hierdie vereiste voldoen word nie sal geen deposito terugbetaal word nie. Bankbesonderhede Rekeninghouer: BLOUBORSIE KLEUTERSKOOL Bank: Absa Wolf Str Takkode: 630-542 Rekening nommer: 260 181 394 (TJEK REKENING) Kind se naam as verwysing KLAGTES, GRIEWE OF VOORSTELLE Dit kan met Olga Steenekamp (Hoof) bespreek word of per e-pos: [email protected] Let wel tussen 06.00 tot 14.00. SKOOLURE Maandae tot Vrydae 06h30 – 17h30 (Daar is ‘n vergunning dat skool om 06h00 open vir ouers wat kinders vroeg moet aflaai, daar sal personeel aandiens wees tot 18h00 om hul kinders af te haal.) Skool is gesluit op naweke en publieke vakansie dae asook die week tussen Kersfees en Nuwe jaar. LET WEL: Die Kleuter- en Naskoolsentrum is oop tydens skoolvakansies, alhoewel die sentrum sluit 22 Desember 2017 stiptelik om 12uur, ons versoek elke ouer om voor 12uur u kind te haal. Die sentrum sal die eerste werksdag van die nuwejaar open.

Transcript of ALGEMENE SKOOL REëLS EN REGULASIES ......Kinders moet by die huis gehou word tot hul gesond is....

Page 1: ALGEMENE SKOOL REëLS EN REGULASIES ......Kinders moet by die huis gehou word tot hul gesond is. Indien ‘n kind siek word by die skool en ‘n koors van 38 of meer het sal ouers

H/v Blouborsie- en Lorethastrate, Van Riebeeckpark • Posbus 8013, Edleen 1625

Tel/Faks: (011) 976 3500 ● Sel/Cell no: 073 843 2645 ● E-pos: [email protected]

1

ALGEMENE SKOOL REëLS EN REGULASIES

SKOOLFONDS BELEID Skool fooie is voor uitbetaalbaar teen die 3de werksdag van elke maand. Skool fooie is

betaalbaar al was u kind siek of met vakansie gedurende die maand. Indien skoolfonds

nie betaal is voor of op die 3de werksdag van die maand nie sal ‘n boete van R100

gehef word vir elke week wat dit laat betaal word. Daarna sal u kind se bywoning by

Blouborsie Kleuterskool opgeskort word totdat fooie op datum betaal is. Indien fooie

nog steeds nie betaal word nie sal dit oorhandig word aan die firma wat ons

invorderings behartig. Wanneer u inbetaling doen, gebruik aub u kins se naam as

verwysing en nie die rekening no nie. Alle kinders wat die einde van die jaar Blouborsie

verlaat moet by begin Oktober kennis gee. Geen kind mag tussen Oktober en

Desember uit die skool gehaal word tensy vooraf gereel met die skoolhoof. Daar word

een skriftelike kalender maand kennis vereis. Indien nie aan hierdie vereiste voldoen

word nie sal geen deposito terugbetaal word nie.

Bankbesonderhede Rekeninghouer: BLOUBORSIE KLEUTERSKOOL

Bank: Absa Wolf Str

Takkode: 630-542

Rekening nommer: 260 181 394 (TJEK REKENING)

Kind se naam as verwysing

KLAGTES, GRIEWE OF VOORSTELLE Dit kan met Olga Steenekamp (Hoof) bespreek word of per e-pos:

[email protected] Let wel tussen 06.00 tot 14.00.

SKOOLURE Maandae tot Vrydae 06h30 – 17h30 (Daar is ‘n vergunning dat skool om 06h00 open vir

ouers wat kinders vroeg moet aflaai, daar sal personeel aandiens wees tot 18h00 om

hul kinders af te haal.)

Skool is gesluit op naweke en publieke vakansie dae asook die week tussen Kersfees en

Nuwe jaar.

LET WEL: Die Kleuter- en Naskoolsentrum is oop tydens skoolvakansies, alhoewel die

sentrum sluit 22 Desember 2017 stiptelik om 12uur, ons versoek elke ouer om voor 12uur

u kind te haal. Die sentrum sal die eerste werksdag van die nuwejaar open.

Page 2: ALGEMENE SKOOL REëLS EN REGULASIES ......Kinders moet by die huis gehou word tot hul gesond is. Indien ‘n kind siek word by die skool en ‘n koors van 38 of meer het sal ouers

H/v Blouborsie- en Lorethastrate, Van Riebeeckpark • Posbus 8013, Edleen 1625

Tel/Faks: (011) 976 3500 ● Sel/Cell no: 073 843 2645 ● E-pos: [email protected]

2

TOELATINGSBELEID

By toelating van _____________________________, ouers/voogde is hiermee verplig om ‘n

registrasie/aansoekvorm in te vul. Hiermee word gevra vir besonderhede aangaande

u kind se gesondheidsbehoeftes, doktors besonderhede, mediese geskiedenis en leer

gestremdhede moet aub ook gemeld word.

Die ouers moet die inskrywingsvorm voltooi en onderteken. ‘n Inskrywingsvorm moet vir elke individuele kind ingevul word.

Die inskrywingsvorm moet saam die nodige addisionele onderstaande

dokumente ingehandig word op of ‘n dag voor die kind skool begin.

o Afskrif van die kind se geboorte sertifikaat

o Afskrif van albei ouers se ID dokumente

o Afskrif van die kind se kliniekkaart

o Afskrif van die mediese kaart wat die kind se naam aanwys

o Verwysings van vorige kleuterskole

‘n Nie-terugbetaalbare eenmalige registrasie fooi van R100 is betaalbaar voor u

kind skool begin by Blouborsie Kleuter-en Bewaarskool en Naskool sentrum.

Deur te versuim om die inskrywingsvorm volledig te voltooi sal die vorm nietig

verklaar word.

Deur misleidende inligting of feit in die voorgeskrewe inskrywings/aansoek vorm

deur te gee sal die vorm nietig verklaar word.

NASORGBELEID Stel ons aub in kennis sou u kind afwesig wees die dag by die Laerskool. Ons sal u

kinders vanaf Van Riebeeckpark, Edleen, Impak, Edleen tuisskool sentrum en

Honeycomb college, vervoer na Blouborsie en weer na die skool vir sport en

buitemuurse aktiwiteite by die skool. Die kinders word elke middag voorsien van ‘n

gekookte ete wanneer hulle by Blouborsie arriveer en van ‘n middag verversings om

15h30. Huiswerk word onder toesig gedoen vanaf Maandag tot Donderdag vanaf

14h30 tot 16h30. Alhoewel ons u as ouers vra om u kinders se huiswerk ook na te sien

saans by die huis sodat u ook bewus is van die huiswerk wat gedoen word. Vrydae

middae word daar geen huiswerk gedoen nie.

Page 3: ALGEMENE SKOOL REëLS EN REGULASIES ......Kinders moet by die huis gehou word tot hul gesond is. Indien ‘n kind siek word by die skool en ‘n koors van 38 of meer het sal ouers

H/v Blouborsie- en Lorethastrate, Van Riebeeckpark • Posbus 8013, Edleen 1625

Tel/Faks: (011) 976 3500 ● Sel/Cell no: 073 843 2645 ● E-pos: [email protected]

3

DISSIPLINêRE KODE STAR REëL:

Safety first (Veiligheid eerste)

Toys belong to everyone (Speelgoed behoort aan almal)

All play together (Almal speel saam)

Respect & Kindness for all people and things

(Respek en Vriedelikheid teenoor almal en besittings)

Ons doel by Blouborsie Kleuterskool is om kinders te leer om respek en omgee te

betoon teenoor personeel en ander kinders. Ouers moet asseblief help om hierdie

eenvoudig reël vir hulle kinders te leer. Daar is ‘n sterretjie en kollestelsel in plek wat

soos volg werk:

As die kind 10 Swart kolle het word die ouers geskakel om telefonies die

probleem te bespreek.

Na die telefoniese gesprek as die kind weer 5 swartkolle het, word ‘n

vergadering met die ouers gereël om ‘n oplossing te vind

Na die vergadering met die ouers word die kind gemonitor sou die kind dan

weer 5 swartkolle kry word die kind geskors vir 5 dae.

Wanneer die kind terugkom skool toe word die kind gemonitor, sou die kind nie

verbeter nie en die probleem word nogsteeds ondervind word u kennis gegee.

Indien kinders nie by hierdie reëls hou nie sal hulle aangespreek word en indien nodig

sal ons ouers ingeroep word vir ‘n gesprek. Dit is ons doel om met die ouers te

kommunikeer en ‘n middeweg te vind om die problem op te los. Ons maak ook

gebruik van ‘n afkoel periode waar ons die kind vir ‘n paar minute uit die spel of klas

neem. Onder geen omstandighede word ‘n kind aan vernedering blootgestel nie,

daar word afsonderlik met elke kind gesels oor die situasie.

GESTREMDHEID Blouborsie is nie ingerig vir kinders met gestremdheid nie maar is oop vir registrasie.

GESONDHEID, MEDIKASIE EN SIEKTE Laat asseblief die skool weet indien u kind siek is en nie skool sal bywoon nie. (Veral as u

kind ‘n aansteeklike siekte het). Sou u kind ‘n aansteeklike siekte onder lede hê moet u,

u kind by die huis hou. Aansteeklike siektes is aanmeldbaar by die

Gesondheidsdepartement.

MEDIKASIE Medikasie moet in die medisyne kamer gelos word in die oggend en weer in die

middag daar afgehaal word. Alle medisyne moet aub in die medisyne boek

aangeteken word wat vir die doel in die medisyne kamer (net die kleuter afd) daar

Page 4: ALGEMENE SKOOL REëLS EN REGULASIES ......Kinders moet by die huis gehou word tot hul gesond is. Indien ‘n kind siek word by die skool en ‘n koors van 38 of meer het sal ouers

H/v Blouborsie- en Lorethastrate, Van Riebeeckpark • Posbus 8013, Edleen 1625

Tel/Faks: (011) 976 3500 ● Sel/Cell no: 073 843 2645 ● E-pos: [email protected]

4

gestel is. Die Bewaar afdeling het medisyne boeke in hul klasse waar u die medisyne

kan opskryf. Indien medikasie met instruksie oor hoe dit toegedien moet word nie in die

boek geskryf word nie, sal ons ongelukkig nie medisyne aan u kind kan gee nie. Kinders

se medikasie moet asseblief duidelik gemerk wees. Dit is die verantwoordelikheid van

die ouer om te vra vir die medisyne by huistoe gaan tyd. Voorgeskrewe medisyne moet

in die kind se naam wees en nie verval nie met die oorspronklike apteek etiket.

GEEN MEDIKASIE MAG IN TASSE GELOS WORD NIE.

SIEKTE Ons behou die reg voor om toegang te weier indien ‘n kind siek by die kleuterskool

afgelaai word volgens “National Health Act, 2003 (Act. No. 61 of 2003). Kinders moet

by die huis gehou word tot hul gesond is. Indien ‘n kind siek word by die skool en ‘n

koors van 38 of meer het sal ouers geskakel word om die kind so gou moontlik te kom

haal. Geen medikasie word by die Sentrum aangehou nie, dis teen die Gesondheids

Reëls en Regulasies. Met ouers se toestemming mag die kleuterskool ‘n enkel dosis

PANADO stroop aan die kind toedien. Ouers word versoek om dadelik ‘n epos te stuur

om geskrewe toestemming te gee vir die toediening van die medisyne. Sou u kind

enige spesiale dieët volg a.g.v allergie of medies moet dit in diè form gemeld word.

Daar moet asseblief duidelik aangedui word indien u kind enige allergieë het. Indien

enige kind ‘n allergiese reaksie soos toon sal daar indien nodig ‘n ambulans gekry word

en die ouers sal verantwoordelik wees vir die rekening. Die Gesondheids Departement

en ouers sal onmiddelik inkennis gestel word van enige uitbreek van

aansteeklike/oordraagbare siektes. Blouborsie behou die reg om te sluit vir ‘n aantal

dae sou daar ‘n aanmelding van oordraagbare/aansteeklike siektes wees.

VOORVALLE/ONGELUKKE Alle ongelukke en voorvalle hoe gering ook al word opgeteken in ‘n

voorvalle/ongelukke boek asook word die ouers ingelig deur die betrokke personeel.

Indien die behoeftes ontstaan, sal ‘n voorval inspekteur verder ondersoek instel en ‘n

verslag geskryf word. Sou ‘n kind met ‘n besering by die skool arriveer (wat tuis

plaasgevind het), dit sal dadelik by die kantoor aangemeld word en ‘n

ongeluksverslagvorm sal ingevul word.

KOPLUISE U kind sal NIE toegelaat word met enige aansteeklike siektes of kopluise, ingevolge

Gesondheids regulasies wat vir die Sentrum daargestel is nie. Sou u kind kopluise hê,

word u onmiddelik geskakel om u kind te kom haal en u kind se kop te behandel. U

kind mag alleenlik terugkom skool toe wanneer daar geen meer luise of neute of die

kop is nie.

HIV BELEID Geen onderwyser/werkenmer of kind met HIV mag die skool geweier word nie. Die HIV

virus hou geen risiko in vir ander in die skool solank as die nodge voorsorgmaatreels

Page 5: ALGEMENE SKOOL REëLS EN REGULASIES ......Kinders moet by die huis gehou word tot hul gesond is. Indien ‘n kind siek word by die skool en ‘n koors van 38 of meer het sal ouers

H/v Blouborsie- en Lorethastrate, Van Riebeeckpark • Posbus 8013, Edleen 1625

Tel/Faks: (011) 976 3500 ● Sel/Cell no: 073 843 2645 ● E-pos: [email protected]

5

gevolg word. Daar is geen rede om enige iemand toegang tot die skool te weier nie.

Die wet laat nie toe dal enige iemand geforseer word om HIV toetse te ondergaan,

Blouborsie sal aan die vereiste voldoen. Vrywillge bekendmaking van ‘n kind,

personeel/onderwyser se stauts sal verwelkom word. Personeel wat weet van ‘n leerder

se status moet dit streng vertroulik hanteer en daar mag nie teen so ‘n kind

gediskrimineer word nie.

EERSTE HULP Blouborsie Kleuterskool het ‘n minimum van 4 opgeleide noodhulp personeel. Elke

afdeling het ook ‘n noodhulpkassie met die nodige in. In geval van ‘n ernstige of kop

besering word ouers dadelik in kennis gestel. Indien besering baie ernstig is sal ‘n

ambulans ontbied word en sal ouers verantwoordelik wees vir die koste daarvan. ‘n

Verslag sal in verband met die ongeluk sal in die voorvalle boek aangeteken word.

Personeel maak gebruik van weggooibare handskoene om enige besering waarby

bloed of enige liggaams vloeistowwe betrokke is te behandel en skoon te maak.

Noodhulp personeel is ook opgelei om te help indien ‘n kind sou verstik.

CAPS/KABS Blouborsie is toegewy aan die CAPS/KABS beleid.

GODSDIENS Die “South African Schools Act (Act 94 of 1996) upholds the Contitutional rights of all

citizens to freedom of conscience, religion, thought, belief and opinion and freedom

from unfair discrimination on any grounds whatsoever, including religion, in public

education institution.” Alhoewel Blouborsie Kleuter -en Bewaarskool ‘n privaat instansie

onderneem ons om die Konstitunionele reg van elke kind te respekteer. Blouborsie

Kleuterskool is ‘n godsdienstige instansie, wat verbonde is aan die Hervormde

Nederduiste Gemeente Kempten, daar word nie gediskrimeneer teenoor enige geloof

of denominasie nie.

HIGIëNE

ALGEMENE HIGIËNE Skoonmaak personeel is aangestel om die bestuur van die higiëne van Blouborsie te

bestuur. Daar is voldoende toilette en wasbakkies vir die aantal kinders soos per

statutêre vereiste. Alle badkamers en toilette word op ‘n maadelikse basis

geinspekteer en herstel word gedoen soos vereis. Bestuur hou gereelde inspeksie om

seker te maak alles is in orde. Toiletpapier, handewas seep en handdoek papier is ten

alle tye beskikbaar. Matrasoortreksels word gereeld gewas. Matte word elke dag

gestofsuig. Tafels en stoele word gereeld afgevee voor en na etenstye.

Page 6: ALGEMENE SKOOL REëLS EN REGULASIES ......Kinders moet by die huis gehou word tot hul gesond is. Indien ‘n kind siek word by die skool en ‘n koors van 38 of meer het sal ouers

H/v Blouborsie- en Lorethastrate, Van Riebeeckpark • Posbus 8013, Edleen 1625

Tel/Faks: (011) 976 3500 ● Sel/Cell no: 073 843 2645 ● E-pos: [email protected]

6

DREINE Alle dreine is bedek met deksels sodat dit veilig is vir kinders. Deksels word op ‘n

maandelikse basis deur die Gesondheids en Veiligheids beampte geinspekteer vir

enige defekte.

TOILET ROETINE Die “potty training” geskied slegs in toilette en nie in klaskamers nie. Die personeel sal in

samewerking met ouers besluit wanneer die kind gereed is om te begin met “potty

training”.

DOEKE Ouers wie se kinders nog doek dra moet elke dag vyf weggooibare doeke, boudjie salf

en weggooilappies (Wet wipes) verskaf. Doeke word slegs omgeruil in die area wat

daarvoor afgesonder is. Wees gerus dat u kind nooit alleen gelaat sal word op die tafel

waar hulle droog gemaak word nie.

TOERUSTING EN SPEELGOED Tafel enstoeltjies word voor en na maaltye afgevee met toepaslike

ontsmettingsmiddels. Geskikte skoonmaak toerusting is beskikbaar aan die personeel

vir die doeleindes. Speelgoed word op ‘n gereelde basis gewas en skoon gemaak.

KOMMINUKASIE BELEID Blouborsie Kleuterskool het ‘n oop deur komminukasie beleid. Dit is egter beter om ‘n

afspraak te maak (slegs binne skoolure 07h00 – 13h00) indien die ouer enige iets met

die hoof en onderwyseres wil bespreek in verband met die kind se vordering of enige

bekommernis. Alle gesprekke sal streng vertroulik gehou word. Daar word ook gebruik

gemaak van ‘n komminukasie boekie waarin belangrike inligting deurgegee word aan

ouers en ouers kan ook kommunikeer met onderwyseres deur middel van die boekie.

‘n SMS stelsel is ook in plek om inligting aan die ouers deur te geen.

KOMBUIS REëLS Toegang tot die kombuis is streng vir kombuis personeel en geen kinders word daar

toegelaat nie. Elektriese proppe vir die stoof en enige kombuis toerusting word by muur

afgskakel wanneer die stoof ens. nie ingebruik is nie. Stukkende toerusting word vir

herstelwerk gestuur of so gou moontlik dit vervang moet word. Kos ens. word in spens

en yskaste gebêre. Ouers word vriendelik versoek om asseblief geen kos, lekkers of

koeldrank saam te stuur skool toe nie veral om te nuttig voorskool soggens, aangesien

daar altyd gepoog word om gesonde gebalanseerde etes en versnapperinge aan

Page 7: ALGEMENE SKOOL REëLS EN REGULASIES ......Kinders moet by die huis gehou word tot hul gesond is. Indien ‘n kind siek word by die skool en ‘n koors van 38 of meer het sal ouers

H/v Blouborsie- en Lorethastrate, Van Riebeeckpark • Posbus 8013, Edleen 1625

Tel/Faks: (011) 976 3500 ● Sel/Cell no: 073 843 2645 ● E-pos: [email protected]

7

kinders te verskaf wat is ‘n skoon higiëniese omgewing voorberei word. Geen kosblikke

hoef vir u kind ingepak te word nie. Sou u kind nie die skool se pap eet nie, sorg aub

dat u kind by die huis pap nuttig. Gedurende vakansie tyd moet die naskool ouers aub

sorg dat hul kinders by die huis pap nuttig omrede die kinders nie almal die pap eet nie.

NOOD SITUASIES Die kleuterskool het ’n noodplan wat in plek is, wat gereeld met die kinders geoefen

word. Die plan sluit in ontruiming van skoolgeboue in geval van vuur, bom

dreigemente asook enige ander noodsituasie. Hierdie ontruiming geskied ordelik en

onder streng toesig van personeel na ‘n veilig gebied waar daar dan seker gemaak

word dat almal veilig uit die gebou is. Daar moet niks onder die toerusting soos ‘n brand

blusser geplaas word nie.

OMGEWINGS BELEID Die omgewing in en om die kleuterskool word gereeld geinspekteer ten minste elke drie

maande, vir enige tekens van bye neste, muise/rotte ens. Alle skadelike chemikalieë

word in ‘n stoorkamer gehou en is ten alle tye gesluit. Daar is ook ‘n brandblusser binne

10-meter van die stoorkamer.

ELEKTRISITEITS BELEID Blouborsie is in besit van ‘n geldidige Elektriese Sertifikaar (COC). All ongebruikte

elektriese kragproppe is ten alle tye bedek met veiligheidsproppe. Alle elektriese

proppe word daagliks deur die betrokke personeel geinspekteer. Foutiewe

kragproppe word onmiddelik in die kantoor aangemeld vir herstel.

PLANTEGROEI BELEID Daar is geen giftige of gevaarlike plante op Blouborsie se speelgronde nie. Kinders

word onderrig oor die gevare om giftige plante, bessies, wortels ens. te eet of self

daaraan te proe. Daar word ook gereeld inspeksie gedoen om te verseker dat die

speelgronde veilig is.

OUER INLIGTING Dit is die verantwoordelikheid van ouers om seker te maak dat indien u adres of

telefoon nommers verander u so gou moontlik die kantoor sal inlig sodat die nodige

verandering op u kind se lêer aangebring kan word.

Page 8: ALGEMENE SKOOL REëLS EN REGULASIES ......Kinders moet by die huis gehou word tot hul gesond is. Indien ‘n kind siek word by die skool en ‘n koors van 38 of meer het sal ouers

H/v Blouborsie- en Lorethastrate, Van Riebeeckpark • Posbus 8013, Edleen 1625

Tel/Faks: (011) 976 3500 ● Sel/Cell no: 073 843 2645 ● E-pos: [email protected]

8

BELEID TOT OUER BESOEKE Volgens Seksie 61 van die Suid Afrikaanse Skole Wet, 84 van 1996, het ouers die reg om

hulle kinders by skool te kom besoek, maar slegs as dit nie inbreuk maak op skool

aktiwiteite of onderrig nie. Daarom sal Blouborsie Kleuterskool slegs ‘n besoek van ‘n

ouer aan die skool toelaat indien dit vooraf gereël word.

OUER SE REG TOT TOESIG Indien enige van die ouers alleen toesig van ‘n kind het en die ander ouer glad nie die

kind mag sien of kom afhaal nie, moet die kleuterskool van hof dokumente voorsien

word om dit te bevestig. Die onus rus ten volle op die ouer om Bloubrise van die nodige

dokumente te voorsien. Indien ons nie van hof dokumente voorsien word nie kan ons

ongelukkig nie verantwoordelikheid neem indien ‘n ouer die kind sou wou kom haal

nie.

TAALBELEID Blouborsie kleuterskool is ‘n dubbel medium skool. Onderrig vind dus in Afrikaans en

Engels plaas.

SKOOLTASSE EN KLERE BELEID Elke kind moet elkeen ‘n tassie met ‘n stel skoon klere saambring. Merk u kind se klere

duidelik ons aanvaar geen verantwoordelik indien u kind se klere sou weg raak as dit

nie gemerk is nie. Trek asseblief vir u kind gemaklike, gepaste klere aan waarin hulle

lekker kan speel maar wat ook kan vuil word. Leer deur speel is ons doelwit en speel is

vuil. Dit is ouers se verantwoordelikhied om seker te maak dat die serpe, bande, juwele,

hoëhakke skoentjies en gordels by die huis aangesien dit baie maklik aan die klimrame

en toerusting kan vashak en u kind lelik seer kan kry. Kinders word verbied om

speelgoed, selfone, wapens en kougom skool toe te bring. Sou u kind enige

speelgoed, selfone of enige elektroniese toestel skool toe bring aanvaar Blouborsie

geen verantwoordelikheid vir enige verlies of skade nie.

VORDERINGS VERSLAE Vorderings verslae word gedurende Junie en November uitgestuur. Graad R leerders

ontvang elke kwartaal ‘n verslag.

Page 9: ALGEMENE SKOOL REëLS EN REGULASIES ......Kinders moet by die huis gehou word tot hul gesond is. Indien ‘n kind siek word by die skool en ‘n koors van 38 of meer het sal ouers

H/v Blouborsie- en Lorethastrate, Van Riebeeckpark • Posbus 8013, Edleen 1625

Tel/Faks: (011) 976 3500 ● Sel/Cell no: 073 843 2645 ● E-pos: [email protected]

9

OPLEIDING VAN PERSONEEL Daar word voordurend interne opleiding aan personeel verskaf en hulle word ook

gestuur na kursusse wat deur die Voorskoolse Onderwys Departement aangebied

word. Hierdeur verseker Blouborsie Kleuterskool dat personeel voordurend hulle kennis

en vaardighede verbeter.

ROOK BELEID Blouborsie Kleuterskool is verbind daar toe om ‘n veilige en gesonde omgewing te skep

vir ons kinders, ouers, besoekers en personeel.

Ons haal aan: “Act 23 of 2007 Section 2: No person may smoke any tobacco product

in a private dwelling if that dwelling is use for any commercial childcare activity, or for

schooling or tutoring.” Blouborsie is dus ‘n aangewese ROOK VRYE gebied en ons

versoek enige ouers, besoekers, personeel of werkers om die reël na te kom. Alle

personeel word versoek om die verbreking van die reël onmiddelik te rapporteer wat

sal lei tot ‘n R200 boete soos deur die wet bepaal.

SPEELGROND BELEID Daar is ten alle tye toesig op speelgronde. Alle toerusting op speelgronde word

gereeld nagegaan en vervang of reggemaak deur firma by wie die toerusting gehuur

word. Daar word ook slegs gebruik gemaak van veilige loodvrye verf om toerusting

mee te verf. Toesighouers is ook altyd op die uitkyk dat kinders nie serpe, toue, gordels

ens. by hulle het waarmee hulle speel nie. Dit word dadelike weggeneem om

verwurging te voorkom. Die sandputte word ook toe gemaak indien dit nie gebruik

word nie en word ook gereeld behandel met growwesout om dit skoon en insek vry te

hou.

SPEELGOED Speelgoed in die klas is vir spesifike ouderdomme en daar word voordurend nuwe

speelgoed en toerusting aangekoop. ‘n Register van alle speelgoed en

opvoedkundige speelgoed is in klas verband opgestel. Alle speelgoed word deur die

betrokke klas onderwyseres nagegaan en ‘n formele inspeksie word kwartaaliks

gedoen. Daar is voldoende speelgoed vir almal en kinders moet asseblief geen

speelgoed van die huis saam bring nie. Daar mag ook geen selfoon, i-pad of enige

ander elektroniese toerusting saam gebring word nie. Geen balle word toegelaat nie,

daar is balle waarmee die kinders tydens buitspel speel.

Page 10: ALGEMENE SKOOL REëLS EN REGULASIES ......Kinders moet by die huis gehou word tot hul gesond is. Indien ‘n kind siek word by die skool en ‘n koors van 38 of meer het sal ouers

H/v Blouborsie- en Lorethastrate, Van Riebeeckpark • Posbus 8013, Edleen 1625

Tel/Faks: (011) 976 3500 ● Sel/Cell no: 073 843 2645 ● E-pos: [email protected]

10

SLAAPTYD BELEID Slaaptyd is vanaf 12h30 tot 14h30, daar word matrasse hiervoor voorsien. Indien u kind

nie wil slaap moet hulle net rustig lê en rus. Daar word ook matrasoortreksels en

kombersie verskaf vir die kinders maar u is welkom om u kind se eie kombersie saam te

stuur. Matrasoortreksels word gereeld gewas. U is welkom om vir u kind ‘n matras aan

te koop wat dan u kind se eiendom is.

KINDERS SE VERJAARSDAE Verjaarsdae kan met kolwyntjies en/of ‘n partytjie pakkie gevier word. Partytjie pakkies

is opsioneel, maar word huis toe gestuur. Enige van die bogenoemde word deur die

ouers voorsien.

AFHAAL EN OPLAAI BELEID Sou u of enige ander persoon anders as uself u kind afhaal, stel aub die skool in kennis.

Kinders moet deur hul ouers vergesel word na en vanaf die veiligheids hek en aan die

personeel oorhandig word by die ontvang klas of klas. Geen kind mag in die parkeer

area of pad afgelaai word nie. Alle kinders moet deur hul ouers ingedien en uitgeteken

word by die hekwag soggens en saans. Ons vra ook dat u nie ‘n ouer boetie of sussie

instuur om u kind te kom haal of af te laai. Laat afhaal van u kinders verontgerief die

personeel, u sal verantwoordelik wees om die personeel dan te betaal ‘n R100 vir die

eerste 15min en ‘n gedeelte daarvan vir elke 15min daarna. Kinders moet nie later as

07h30 by die skool afgelaai word nie, kinders wat laat kom ontwrig die lesse en klas

aktiwiteite. Dit is baie belangrik dat u ons inlig indien iemand anders u kind kom afhaal

aangesien ons onder geen omstandighede sal toelaat dat iemand vreemds u kind kom

oplaai nie.

BUITEMUURSE AFTIEWITEITE Daar word ‘n groot verskeidenheid van buitemuurse aktiwiteit aangebied. Hierdie

buitemuurse aktiwiteite is nie verpligtend nie en word nie ingesluit by die skoolfonds nie.

KONTRAKTEURS BELEID Waar moontlik sal daar geen konstruksie tydens skooltyd plaasvind nie. Sou dit so wees

dat daar konstruktuele werk verrig moet word sal die kinders geskei word van die

konstruksie. Daar is ‘n faktotum aangestel om die vordering van die konstruksie te

monitor en seker te maak daar word aan al die veiligheidsreëls voldoen toerusting sal

verwyder word van die werks area sodra die werk voltooi is. Waar daar werk of

instandhouding aan die speelgronde of speeltoerusting verrig moet word sal die area

Page 11: ALGEMENE SKOOL REëLS EN REGULASIES ......Kinders moet by die huis gehou word tot hul gesond is. Indien ‘n kind siek word by die skool en ‘n koors van 38 of meer het sal ouers

H/v Blouborsie- en Lorethastrate, Van Riebeeckpark • Posbus 8013, Edleen 1625

Tel/Faks: (011) 976 3500 ● Sel/Cell no: 073 843 2645 ● E-pos: [email protected]

11

deeglik nagegaan word om seker te maak alle gevaarlike items (spykers, gereedskap,

skerp voorwerpe ens.) is verwyder voor die kinders weer daar mag speel.

PERSONEEL SELFOON BELEID Om die doeltreffendheid van onderrig, sorg en toesig van die kinders te verseker.

Blouborsie personeel hul selfone op hul tafels sal laat en nie saam sal neem op die

speelgrond nie, omrede kinders konstantlik onder toesig moet wees. Sou die personeel

hul selfone saam speelgrond toe neem, sal ‘n skriftelike waarskuwing uitgereik word.

Blouborsie se landlyn en selfoon nommers moet aub vir die familie gegee word indien

van noodgevalle.

WEER BELEID Sou die weer verhoed dat die kinders buite kan speel, sal die kinders binne bly. Daar sal

verskeie aktiwiteite binne aangebied word, soos fliek kyk, blokkies speel, inkleur en

teken. Vars water word voorsien aan die kinders en personeel ten alle tye. Personeel

en kinders word aangemoedig om water gereeld te drink in baie warm kondisies.

Ouers moet aub sonblok room aan die begin van elke kwartaal voorsien.

AFSLUITING Ons as die Bestuur, wil u graag meedeel dat u kind vir ons belangrik is en wil die

Sentrum graag hulle tuiste maak, en hulle laat welkom voel. Dankie dat u, u kind in ons

sorg toevertrou, en ons wil graag u kind se geluk verseker en toesien dat hulle die

voordele en geriewe van die Sentrum ten volle geniet, en benut.

Met Dank

Olga Steenekamp

Skoolhoof

Hiermee neem ons ______________________________________________ouers

van ________________________________________ kennis van die reëls en regulasie soos

hierbo uiteen gesit.

___________________________ ___________________________

Handtekening van Moeder Handtekening van Vader

Datum: _______________