25 Maart 2018 - NG Kerk Durbanville-Bergsig · Kontak ons by 021-957 7161 of [email protected] of...
Transcript of 25 Maart 2018 - NG Kerk Durbanville-Bergsig · Kontak ons by 021-957 7161 of [email protected] of...
Bergsig Boodskap 25 Maart 2018
28 Maart: Skole sluit
29 Maart: Lydensnagmaal
30 Maart: Goeie Vrydag
1 April: Paasfees, Doop
2 April: Gesinsdag
13 April: Charge
17 April: Doopkategese
20-22 April: Vrouekamp
24 April: Nuwe Lidmaatfunksie
28 April: Betesda-mark
Verleen ondersteuning aan
hulpbehoewende gemeentes wat
vanweë verminderde lidmaattalle,
natuurrampe, ontvolking en swak
sosio-ekonomiese toestande nie
meer hulle begrotings kan laat klop
nie. Geestelike bedienings word in
stand gehou en dit word nie vir
kapitale werke/reparasies aan
fasiliteite gebruik nie.
Welkom by die fees!
Tydens die Paasfees het
Israel die swaarkry in Egipte
gedenk, maar ook die ver-
lossing daaruit gevier. Die
fees is gevier met etes in
huise, met offers in die
tempel, met lof- en dank-
byeenkomste. Ook Jesus
en sy dissipels het dit jaar-
liks gevier.
Donderdag 29 Maart 19:00
in kerksaal
Ons gaan nie baie eet nie,
net maar saam proe. Kom
proe saam met Jesus die
swaar van Egipte in
ongesuurde brood, soutwa-
ter, bitter kruie, appel en
kaneel. Kom proe ook die
verlossing in die repie
lamsvleis en slukkie wyn.
Maar meer nog: kom proe
die stukkie brood en slukkie
wyn toe Jesus sê Hy is van
nou af die Paaslam, en die
nagmaalbrood en -wyn is
proesels van sy verlossing-
swerk.
Vrydag 30 Maart 09:00 in
ouditorium
Ons gaan nie Jerusalem toe
om paaslammers by die
tempel te slag en te offer
nie. Ons gaan in klank en
beeld stil word buite Jerusa-
lem, op Golgotahoogte,
waar Jesus as Paaslam van
God geslag en geoffer is vir
ons verlossing.
Sondag 1 April 09:00 in
ouditorium
Ons gaan feesvier oor ver-los-sing. Meer as oor tyde-
like verlossing uit Egipte. Jesus het opgestaan uit die dood! Ons vier die nuwe,
volle, ewige lewe wat vir ons oopgaan deur sy opstanding uit die dood. In
Hom word ons bevry tot nuwe lewe, vry van sonde en van dood. Trek iets
groen of wit aan en bring ’n takkie loof met groen saam. Kinders en gesinne kan oor
die paasnaweek vlieërs maak wat ons na die diens buite gaan laat vlieg! Kom
kry ‘n aanwysing van hoe jy van ’n kruis ’n vlieër kan maak wat vlieg! Of Google
dit self!
PAASFEES SAAM MET JESUS 2018
09:00
Paasfees saam met Jesus Ouditorium Dr. Kobus de Jager
Deuroffer: Makhatini Sending
1 April 2018, DOOP, PAASFEES, Dag van Danksegging en Verootmoediging
08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Philip Scholtz
10:00 Informele diens
Ouditorium
Ds. Philip Scholtz
Glow Kids diens (Saal)
Paasfeesete (Bea)
18:00 @6 Diens
Ds. Mizelle Prinsloo
Deuroffer: Gemeentehulpfonds
25 Maart 2018, Sewende Lydensweek, Preekreeks: 7 Kruiswoorde
19:00 Paasete saam met Jesus Saal Dr. Kobus de Jager
Spesiale Offer: Radio Kansel
29 Maart 2018, LYDENSNAGMAAL
09:00 Paasoffer van Jesus Ouditorium Dr. Kobus de Jager
Spesiale Offer: Radio Kansel
30 Maart 2018, GOEIE VRYDAG
Bladsy 2 Bergs ig Boodskap
Skakel Annamaré by (021) 976 4106 uitbreiding 103, as jy
betrokke wil raak by uitreikprojekte of e-pos na
House of Grace
Die kinders van House of Grace het ’n groot begeerte om saans die @6 Diens by te woon, maar ons benodig hulp met die vervoer van die kinders. Skakel asb vir Leonette Burger by 082 4405 662 in-dien u hiermee behulpsaam kan wees.
Betesda-projek
Hans Human het baie legkaarte beskikbaar (meestal vir volwassenes) wat u gratis by hom kan kry.
Bel Hans asb by 082 549 0518
05:45 Vrydagoggende
Luister ook na getuienisse by www.tgifcape.co.za
BEHOEFTE:
’n Seun by House of Grace het werksouderdom bereik … hierdie kind werk nou op die hoenderplaas waar hul woon … hy wil egter meer maak van sy lewe, maar die middele ontbreek.
Wil jy nie hieroor bid en hom ’n kans gee in jou fabriek, of by jou onderneming nie?
’n Suksesstorie …. wanneer bedieninge handevat ...
Een van ons seuns in House of Grace het ’n werkie bekom…
Hy skryf vir my na die Plaasfees:
“Dankie tannie vir die dag, ek het dit baie geniet om deel te neem by die plaasfees … ek het nie gedink ek gaan my werk so geniet nie, maar ek het verlief
geraak met my werk”
Kosbaar - wanneer bedieninge handevat maak dit ’n verskil aan ander se lewe.
Ons hoef nie “godsdiens” in mense se kele af te druk nie … ons kan maar net probeer om te leef
soos Jesus en so ’n verskil maak.
Seun 3 jaar oud moes inderhaas saam met sy sussie en jonger boetie by sy mamma en pappa weggevat word. Jean is vir die eerste keer in ’n kleuterskool gesit. Hy geniet dit vreeslik baie en leer so baie. Ons het ongeluk-kig agtergekom dat hy dalk ’n spraakagterstand het en wil hom graag hiermee help. Hy moet vir ’n volledige evaluasie by ’n spraakterapeut gaan en dit beloop R1 020 (alles ingesluit). Ons wil ook baie graag vir hom by die Soetlief program laat inskakel, om hom met al sy emosies rondom die gebeure in sy lewe en die toekoms te help. Dit beloop R150 adminfooi en R250 per maand vir 10 maande.
Ons is asb. op soek na barmhartige samaritane wat vir ons finansieel kan help om hierdie seuntjie weer op die regte pad te bring.
TOTALE finansies waarmee ons hulp nodig het: R3 670.
Kontak gerus vir Chantell Venter by BADISA Trio Kraaifontein vir enige navrae of as enige iemand bereid is om hiermee te help.
Tel: 021 987 2940
E-pos: [email protected]
MAAK HIERDIE PAASFEES ’N FEES VAN LIEFDE
Met Pase vier ons Jesus se verbysterende liefde – wat bereid was om alles te gee wat Hy kon vir ’n ver-inneweerde mensdom.
Badisa beliggaam baie van die NG en VG Kerk se barmhartigheid. Ons leef heeljaar dié Jesus-liefde uit teenoor meer as ’n miljoen mense wat nie op hulle eie die mas kan opkom nie: verwaarloosde bejaardes, onbeskermde kinders, middel-afhanklike uitgeworpenes.
Sal jy asseblief in hierdie Paastyd help om ons hande sterk te maak deur te gee – soveel as wat jy kan?
Want groter liefde as dít, is daar nie.
Kontak ons by 021-957 7161 of [email protected] of besoek ons webtuiste, www.badisa.org.za indien u ’n donasie wil maak. Sopkombuis:
Onthou om u boekie met koepons by die kerkkantoor te koop. Gee asb vir ’n bedelaar ’n kaartjie van die sopkombuis. Dit is oop elke dag van Maandag - Vrydag.
MOET ASB. NIE KONTANT GEE NIE.
Een van ons baie getroue vrywilligers by die sopkom-buis sê in die week vir my…
”As Jesus hier in Durbanville rondbeweeg het, waar sou hy uitgehang het? By Bergsig in ons mooi kerk-gebou? Of sou hy daar by ons sopkombuis uitgehang het, waar dit soms bietjie “loud” is en nie altyd so lek-ker ruik nie…?” Wat dink jy?
Isabel* is a high school learner currently in place of safety with one of our families. Because she was home-schooled for 10
years, she is struggling to adjust to a high school environment.
Her Safety parents have enrolled her for an online course, but they need some help sourcing a computer. Could you perhaps
help with a quote or second hand computer?
She needs a laptop with mouse or a desktop PC with the fol-lowing specs: a Core i5 processor & 8 gig ram
Contact Suné on [email protected] or 021 987 2940
Bladsy 3 Bergs ig Boodskap
Bergsig het Zapper en Snapscan as betaalmetode
geïmplementeer om bankkollektes en dankoffers te
betaal.
Bel Ds. Mizelle by 083 394 1101 om deel van die gebedsketting te word of e-pos na: [email protected]
Hannes en Hazel Myburgh Graanen Akker Close 6, 021 975 7605 Seun oorlede Troos en bemoediging
Surette Zandberg Heronstraat 43, 082 645 8364 Ma oorlede Troos en bemoediging
Leon, Caren en Francois
Theron
Wanderersslot 9, 021 975 1650 Seun en broer oorlede Troos en bemoediging
Rex en Mary-Ann Aylward Oriolesstraat 18, 021 975 5084 Seun oorlede Troos en bemoediging
Kobie Voigt Fairtrees 78 Man oorlede Troos en bemoediging
Stienie Lategan Fairtrees 8 Operasie Herstel en bemoediging
Doeks van Niekerk Fairtrees 67 Operasie Herstel en bemoediging
Familie van Elba vd Merwe Fairtrees 23 Elba oorlede Troos en bemoediging
Dirk Carstens Pelicanstraat 15, 021 976 6444 Kanker Herstel en bemoediging
Johan Haasbroek Vierlandenstraat 24, 021 976 0425 Beroerte Herstel en bemoediging
Alida Nel La Gratitude 25 Mediese behandeling Herstel en bemoediging
Hercules Stander Blanc de Noirstr. 26, 021 975 4193 Beenmurgkanker Herstel en bemoediging
Doreen de Villiers W/S 229, Legato, 021 976 0914 Bloeding op brein Herstel en bemoediging
Danie Muller Zandkloofweg 10, 076 177 7626 Kanker Herstel en bemoediging
Elri du Preez Penniesingel 1, 084 592 9595 Mediese behandeling Herstel en bemoediging
Elena Kriel Skilpadvleiweg 5, 021 976 8868 Kanker Herstel en bemoediging
Hanno Fourie Joostenbergweg 1, 082 822 1531 Mediese behandeling Genesing en bemoediging
Vir bydraes of versoeke, skakel Elize 021 976 4106
Dames TGIF 27 Maart 2018 om 5:45 die oggend by Die
Koffieman @ Church Edna van Tonder is ons spreker, sy
praat oor die ooreenkomste
tussen die mens, klei en God as die Pottebakker.
Tyd: 5:45 – 6:45 vir 7uur. Bring geld saam as jy wil bly vir onbyt en nog koffie na TGIF
Seniors
Durbanville / Durbanville Bergsig Senior Klub
Sondag 25 Maart 2018
Uitstappie na Kunste Kaap
“West Side Story”
LET WEL: Bus vertrek om 12:00 vanaf BERG-
SIG GEMEENTE
R100 per lid vir die uitstappie na “Butterfly World”
op 26 April 2018. Betaalbaar op die bus. Sit jou
geld in ’n koevert met jou naam daarop asb.
Enige navrae in bogenoemde verband kontak
Sarel by Tel 021- 975 4780.
Bladsy 4 Bergs ig Boodskap
Invites you to a Presentation
by
Brad Huddleston
American speaker and author
of
The Dark Side of Technology
and
Digital Cocaine
A Journey Toward iBalance
Topics Include: • Digital Dementia • Brain Rewiring • Multi-tasking
• Intimacy with God vs. Technology • Pornography • Video Gaming
• Attention Deficits • Parenting Digital Kids
• Solutions Venue: Durbanville Primary School Hall
(Wyers Ave)
Date: Tuesday, 27 March 2018
Time: 18:30 for 19:00
Entry fee: R50 per adult (children free)
Tickets available at the door only
For enquiries:
Magda Bell: 079 878 6952
www.facebook.com/LiveLoveDurbieland
PAASTYD:
Daar is 23 woorde in die rooster weggesteek. Hulle
kan horisontaal, vertikaal of diagonaal gelees word en
oorvleuel soms.
V E R N E D E R A S E M D
R I O K O N I N G B C A O
Y L A P S T E R F L T R R
D I S D S U S E J O D T I
A G O P O T L Y G E O E N
G G L S I L A L C D N L G
W A D I P L O N T T K N K
H A A U Y G A R D R E F R
U M T R N N T T O I R A O
I C E K W R O U U S N R O
L P A A S F E E S S A G N
Woordsoek Heidri Mittendorf
Bladsy 5 Bergs ig Boodskap
In die Bybel is 500 verse
oor gebed, 500 oor geloof
en 2,350 oor geld en be-
sittings. Het jy dit geweet?
16 van die 38 gelykenisse
handel ook daaroor.
Wanneer ons oor geld en
besittings praat is ons ver-
houding met die Here ons
uitgangspunt: Ons lewe
met Hom, uit Hom en vir
Hom. Ons ontvang uit die
versorgende hand van
God en bestuur alle geld
en besittings as sy rent-
meesters / koninkrykbe-
stuurders. Dis ook deel
van ons gemeente se dis-
sipelskap-visie.
Die gemeente leef finan-
sieel sonder subsidies van
die staat en funksioneer
grootliks met bydraes van
lidmate.
God roep ook die kerkraad
op om goeie rent-
meesters / koninkryk-
bestuurders te wees van
die geld waarmee die ge-
meente ons vertrou.
Die Kerkraad wil die ge-
meente beter ingelig hou
oor gemeentefinansies en
gaan vorentoe gereeld
hierdie saak deur verskeie
mediums toelig.
Lees dus gereeld ’n kort
beskrywing in die BB en
ander kommunikasie-
mediums onder die
opskrif: “Hoe praat ons
geld in Bergsig”.
Hou hierdie spasie dop!
Rentmeesterskap / ko-ninkrykbestuur gaan oor meer as geld en besittings.
Dankie vir jou bydrae in tyd, energie, gebed, ta-lent, verantwoordelike ver-kondiging van die Woord en met geld in sy Ko-ninkryk, ook deur Bergsig.
Hoe praat ons oor geld in die kerk?
LEEF LIGTER EN RYKER
Hoe om nie te “quit” as jy deur ‘n “dip” gaan nie.
Rudolph van Schoor by Charge op 13 April om 19:00 by die kerk.
NG Kerk Durbanville-Bergsig
021 976 4106 • [email protected] • www.bergsigdv.co.za
Facebook: Durbanville-Bergsig kerk - Sy ligdraers Straatadres: H/v. Boland- en Proteaweg, Durbanville 7550
Posadres: Posbus 479, Durbanville, 7551 Kantoor-ure: Ma tot Vry 08:00 - 14:00 Leraars en kantoorpersoneel kan daagliks by die kerkkantoor gebel word.
24 uur nood vir geestelike & emosionele ondersteuning 071 196 4191 / [email protected] S33 48.966 O18 39.728
Bankbesonderhede: NGK Durbanville-Bergsig, ABSA, 1410590154,Tak: 334810