12 Mei BlitSig - Durbanville Gemeentedurbanvillegemeente.co.za/media/12 Mei BlitSig_1.pdfOns is ook...

6
Ons staan vandag stil by Handelinge 9:36-46 1 09:00 Klassieke Diens Ds André Agenbag Kerkgebou 1 09:00 Familiediens Dr Tinus van Zyl Gemeentesentrum Jeuggroepe Voorskool tot gr 6 1 By ons aftreeoorde 09:00 Rosehaven (nagmaal) 18:00 Onze Molen (nagmaal) Ds Rian Verster 12 Mei 2019 VANDAG 18:00 DG Leef diens Ds Wynand Breytenbach Jeuggroepe gr 7-11 Leef Afrika Dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld BAIE WELKOM NUWE LIDMATE! Is jy nuut in die gemeente? Gee gerus jou kontak- besonderhede deur. Een van ons leraars wil jou besoek. Skryf jou naam en kontakbesonderhede in die nuwe intrekkerboek (in voorportaal). Besoek gerus www.durbanvillegemeente.co.za. Lidmaatskapoorplasings kan by Christa aangevra word by 021 975 6370. Ons hoop jy sal vinnig inskakel by Durbanville Gemeente-familie! Wie gaan by my begrafnis opdaag? Dis 'n vreemde vraag om oor na te dink, maar die mense wat by jou begrafnis opdaag, wys nogal watter mens jy was. Wie daar is, sê iets van die mense met wie jy jou tyd spandeer het, waarop jy tyd spandeer het en wat jy probeer bereik het met die tyd wat jou geskenk is. By Tabita se dood in Handelinge 9 staan daar verskillende mense by haar doodsbed – onder andere weduwees. Dit was sosiale skaamte om in daardie tyd met weduwees tyd te spandeer en hulle was baie onderdruk in die samelewing. Hulle het niks beteken vir die samelewing nie en mense het dit gesien as 'n skaamte om met hulle gesien te word omdat vriendskap met weduwees jou niks gebaat het nie. Tog is hulle 'n uitgesonderde groep wat opdaag by Tabita se dood. Dit bring mens by die vraag: “Met wie gaan ons hierdie week tyd spandeer?” Iemand of iets wat ons dalk niks gaan baat nie. Iemand wat dalk deur die samelewing onderdruk word? En dan: gaan ons so 'n impak maak op hulle lewens dat hulle genoop sal wees om by ons begrafnis op te daag? GELUKKIGE MOEDERSDAG “Ons eer vandag alle moeders, ma's en oumas, en moederfigure. Ons vier saam met julle jul kinders en kleinkinders – biologies, aangeneem of geestelik. Ons dank en eer julle vir wat julle doen in ons lewens. Ons dink ook vandag aan almal wat hul ma's, oumas en vrouens verloor het, asook alle enkel pa's. Ons staan ook saam met julle wat nooit 'n ma of moeder- figuur geken het nie en ons bied ons bystand aan waar nodig. Moedersdag beteken vir ons elkeen iets anders en ons vier dit, of treur jou verlies saam met jou.” Vir al ons wonderlike ma’s GELUKKIGE MOEDERSDAG Ds Wynand Breytenbach

Transcript of 12 Mei BlitSig - Durbanville Gemeentedurbanvillegemeente.co.za/media/12 Mei BlitSig_1.pdfOns is ook...

Page 1: 12 Mei BlitSig - Durbanville Gemeentedurbanvillegemeente.co.za/media/12 Mei BlitSig_1.pdfOns is ook opsoek na mense wat kan help met die reëlings met verblyf en vervoer. Daar sal

Ons staan vandag stil by

Handelinge 9:36-461

09:00 Klassieke Diens

Ds André Agenbag

Kerkgebou1

09:00 Familiediens

Dr Tinus van Zyl

Gemeentesentrum

Jeuggroepe

Voorskool tot gr 61

By ons aftreeoorde

09:00 Rosehaven (nagmaal)

18:00 Onze Molen (nagmaal)

Ds Rian Verster

12 Mei 2019

VANDAG

18:00 DG Leef diensDs Wynand Breytenbach

Jeuggroepe gr 7-11Leef Afrika

Dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld

BAIE WELKOM NUWE LIDMATE!Is jy nuut in die gemeente? Gee gerus jou kontak-

besonderhede deur. Een van ons leraars wil jou besoek. Skryf jou naam en kontakbesonderhede in die nuwe

intrekkerboek (in voorportaal). Besoek gerus www.durbanvillegemeente.co.za.

Lidmaatskapoorplasings kan by Christa aangevra word by 021 975 6370. Ons hoop jy sal vinnig inskakel by

Durbanville Gemeente-familie!

Wie gaan by my begrafnis opdaag? Dis 'n vreemde vraag om oor na te dink, maar die mense wat by jou begrafnis opdaag, wys nogal watter mens jy was. Wie

daar is, sê iets van die mense met wie jy jou tyd spandeer het, waarop jy tyd spandeer het en wat jy probeer bereik het met

die tyd wat jou geskenk is.By Tabita se dood in Handelinge 9 staan daar verskillende

mense by haar doodsbed – onder andere weduwees. Dit was sosiale skaamte om in daardie tyd met weduwees tyd te

spandeer en hulle was baie onderdruk in die samelewing. Hulle het niks beteken vir die samelewing nie en mense het dit gesien as 'n skaamte om met hulle gesien te word omdat

vriendskap met weduwees jou niks gebaat het nie. Tog is hulle 'n uitgesonderde groep wat opdaag by Tabita se dood. Dit bring mens by die vraag: “Met wie gaan ons hierdie week

tyd spandeer?” Iemand of iets wat ons dalk niks gaan baat nie. Iemand wat dalk deur die samelewing onderdruk word? En dan: gaan ons so 'n impak maak op hulle lewens dat hulle

genoop sal wees om by ons begrafnis op te daag?

GELUKKIGE MOEDERSDAG

“Ons eer vandag alle moeders, ma's en oumas, en moederfigure. Ons vier saam met julle jul kinders en kleinkinders – biologies, aangeneem of geestelik. Ons dank en eer julle vir wat julle doen in ons lewens. Ons dink ook vandag aan almal wat hul ma's, oumas en vrouens verloor het, asook alle enkel pa's.Ons staan ook saam met julle wat nooit 'n ma of moeder-figuur geken het nie en ons bied ons bystand aan waar nodig. Moedersdag beteken vir ons elkeen iets anders en ons vier dit, of treur jou verlies saam met jou.”

Vir al ons wonderlike ma’s

GELUKKIGEMOEDERSDAG

Ds Wynand Breytenbach

Page 2: 12 Mei BlitSig - Durbanville Gemeentedurbanvillegemeente.co.za/media/12 Mei BlitSig_1.pdfOns is ook opsoek na mense wat kan help met die reëlings met verblyf en vervoer. Daar sal

DAGBOEKWat gebeur hierdie week?

Ma tot Vr 13-17 MeiWes-Kaap Sinodesitting (Goudini)

Wo 15 Mei18:00 Kooroefening

Do 16 Mei09:30 Durbanville/Bergsig Seniorklub

18:00 Band oefen

Vry 17 Mei06:00 Mannebediening

VOORBIDDING

Volgende Sondag19 Mei 2019

Teks: Handelinge 11:1-18

09:00 Klassieke Diens

Ds Rian Verster – Kerkgebou

09:00 Familiediens

Ds André van Wyk – Gemeentesentrum

Jeuggroepe Voorskool tot gr 6

18:00 DG Leef diens

Ds Wynand Breytenbach

Jeuggroepe gr 7-11

Zithulele Uitreik 14 – 23 Junie 2019Borge word dringend benodig!!!!!

Hierdie uitreik saam met ander gemeentes in ons omgewing, se tyd kom nou nader en ons

begin reeds baie opgewonde raak. Ons drie tieners wat saam met ds Wynand wil

gaan, het 'n geleentheid om blywende lewenslesse geleer te word.

Die koste vir vervoer, etes, ens vir die 10 dae is R3000 pp. Help asb!!!!

Elkeen van hierdie jongmense wil regtig graaggaan, maar sal dit nie kan bekostig nie.

Ons wil vriendelik vra vir borge virhierdie tieners. Kontak asb die kerkkantoor

in dié verband.

Ons bid vir lidmate wat siek is of besig is met

behandeling: Elsabé Smook, Charlotte

Mostert, Johan du Toit, Elzabé Diedericks,

Adleen Viljoen, Cora Steyn &

Helen Snetler

Laat weet asb. vir Christa by die kerkkantoor –

[email protected] – as jy weet

van siekes of nood êrens. Ons wil julle graag

besoek en vir julle bid.

Taizé kom Kaap toe!Hierdie jaar het 25 gesinne die voorreg om

mense van regoor die wêreld te huisves.

Taizé is 'n konteplatiewe pelgrimsbeweging van

Frankryk en word hierdie jaar in die Kaap

aangebied. Durbanville Gemeente, saam met

die Anglikane en Katolieke, wil ongeveer

100 jongmense akkommodeer.

Gesinne kry die kans om as gasheer op te tree

gedurende die week van 25-29 September.

Ons is ook opsoek na mense wat kan help met

die reëlings met verblyf en vervoer. Daar sal die

20ste Mei om 18:30 ʼn vergadering in die

konsistorie wees saam met die Anglikane en

Katolieke kerk om die reëlings te bespreek.

Kontak gerus vir dr Tinus van Zyl by

0832894985 Of vir ds Wynand Breytenbach by

071 640 9797 as jy kan help.

WES-KAAP SINODESITTING 13 - 17 MEI 2019As gevolg van die sinodesitting sal ons Stilword-

geleentheid op Dinsdag 14 Mei asook die Nagmaal en Gebed op Donderdag 16 Mei nie

plaasvind nie.

Page 3: 12 Mei BlitSig - Durbanville Gemeentedurbanvillegemeente.co.za/media/12 Mei BlitSig_1.pdfOns is ook opsoek na mense wat kan help met die reëlings met verblyf en vervoer. Daar sal

D4J: The Vineyard!

Ons dorp gaan as ʼn

eenheid weer vir 10

dae saambid.

Wat 'n wonderlike

geleentheid!

Waar:

El Shaddai Kerk,

h/v Langebergstr. &

Lords Walk,

Durbanville,

Kaapstad, 7550

Datums en tye:

Wo 29 Mei om 23:00 –

Sat 8 Junie om 23:00

As jy by die reëlings

betrokke wil raak,

kontak gerus die

kerkkantoor!

Durbanville

Gemeente se

24 uur gebedskamer

is die 4 Junie vanaf

24:00 tot 5 Junie

23:59.

As jy vir ʼn uur wil

gaan stilword, skryf

gerus jou naam op

die lyste wat in die

voorportale neerge-

sit is.

De Port’Uur Byeenkoms Saterdag, 25 Mei 2019 om 10h00

Alle senior burgers (en dié wat jonk van gees is),

word vriendelik uitgenooi na hierdie byeenkoms.

Waar: Durbanville Gemeentesentrum

Spreker: Dr Kobus Anthonissen

Tema: Dansend in die ouerwordjare

Dr Anthonissen se boek Dansend met die lewe gaan ook te koop

aangebied (teen R230). Kom geniet hierdie gratis oggend vol

inspirasie en verversings. Skakel asb die kerkkantoor en teen

21 Mei 2019 om jou plek te bespreek.

DURBANVILLE/ BERGSIG SENIOR KLUB

Lede wat deel is van die uitstappie op Donderdag, 16 Mei 2019 na

Buffelsfontein (Weskus) word herinner dat die bus

om 10:00 vanaf Bergsig Gemeente sal vertrek.

Nuwe lidmate wie se Attestate vir die tydperk

7 MAART - 6 MEI 2019 ontvang is, is die volgende:

(Die gemeente waarvandaan hulle kom verskyn tussen hakies)

Tertius & Carin Beyers (Parow-Panorama)

Ingrid Grobler (Pretoria-Oosterlig)

James & Thea Klynveld (George-Bergsig)

Elma Knoetzer (Parow-Panorama)

Alrina Krige (Swartland-Noord)

Ina Louw (Upington)

Chris & Magriet Mans (Fochville-Noord)

Gerhard & Amelie Vlok (Bellville-Wes)

Danielle, Dede, Henri & Olivia Warren (Bloubergstrand)

Elzane & Zané Wessels (Toringkerk)

Page 4: 12 Mei BlitSig - Durbanville Gemeentedurbanvillegemeente.co.za/media/12 Mei BlitSig_1.pdfOns is ook opsoek na mense wat kan help met die reëlings met verblyf en vervoer. Daar sal

BESONDERHEDETel: 021 975 6370

E-pos:

[email protected]

Webblad:

www.durbanvillegemeente.co.za

Facebook:

Durbanville Gemeente

Instagram:

@durbanvillegemeente

@DG_Leef

Twitter:

@Dgemeente

DURBANVILLE GEMEENTE

BANKBESONDERHEDEABSA, Durbanville-tak,

Rekeningnommer: 141 058 0019

Naam: NG Gemeente Durbanville

Verwysing bv. Pienaar/MDO

KERKKANTOORKERKKANTOOR

Offergawes

kan dmv snapscan

gegee word.

Vandag gaan ons spesiale offers aan Paarl-skool in Brackenfell

wat vanjaar 41 jaar jonk is. Op 18 Julie 1978 is die eerste

leerders tot Paarl-skool toegelaat. Tans is daar 336 leerders by

ons in die skool.Die kinders wat hier gehelp word, bestaan hoofsaaklik uit drie

groepe:• Serebraal-gestremdes (kinders het 'n permanente versteuring

van liggaamshouding en beweging agv letsel of wanformasie

van die onvolgroeide brein).• Fisies-gestremdes (bv. spierdistrofie, spieratrofie, spina bifida

en ander sindrome meestal agv genetiese afwykings. Ook

leerders wat in ongelukke betrokke was).• Spesifieke leergestremdes (leerders met gemiddelde of hoë

intelligensie wat agv perseptuele agterstande onderpresteer

tov lees, spel en wiskunde)Ons is bevoorreg om 17 busse in ons vloot te hê wat 220

leerders plaaslik asook so ver as Wellington, Paarl en Somerset-

Wes vervoer. Daar word meer as 1500km daagliks afgelê.Ons het ook 'n dogters- en seunskoshuis wat 44 leerders

huisves gedurende die week.Die profiel van Paarl-skool het die afgelope paar jaar drasties

verander en ons ondervind al hoe meer dat ons leerlinge

afkomstig is vanuit baie hulpbehoewende families met werklose

ouers/voogde. Weens die hulpbehoewende situasie, kan 48%

van ons ouers geen bydrae maak ten opsigte van skoolfonds-,

vervoer- of koshuisgelde nie. Hierdie kostes word verhaal vanaf

skenkings wat ons ontvang en fondsinsamelings wat gehou

word.Sou u, u weg oopsien om 'n bydrae te maak, sal ons dit opreg

waardeer. Meer nog. sal ons u voorbidding ons leerders en hul

ouers asook ons personeel ontsettend hoog op prys stel.By Paarl-skool word wonderlike werk verrig en ons is opreg trots

op al ons leerders en personeel.

SPESIALE OFFERGAWE: PAARL-SKOOL

Page 5: 12 Mei BlitSig - Durbanville Gemeentedurbanvillegemeente.co.za/media/12 Mei BlitSig_1.pdfOns is ook opsoek na mense wat kan help met die reëlings met verblyf en vervoer. Daar sal

HARTLIKE DANKIE Ons gee graag erkenning en bedank soveel persone en groepies, veral senior dames wat

aktief hul medemens dien. Persone wat steeds hul passie met toewyding uitleef, ten spyte

van stywer vingers agv rumatiek of ander uitdagings soos depressie of vereensaming.

Ons het verskillende artikels spontaan van (soms) anonieme persone ontvang. Opreg

dankie aan almal wat:

• klere, skoene, komberse, meubels, eetservie stelle ens vir persone wat alles verloor het na

brande op Wupperthal.

• Wol en musse aan die gemeenskapsprojek in Loeriesfontein (olv 'n lidmaat). Die groep sê:

“opreg dankie met groot waadering.”

• Tannie Babs Herbst het letterlik ± 80 musse en serpe die afgelope maande gebrei.

• Die brei- en hekelgroepie olv Jolene Fourie (±6 dames) by Legato Aftreeoord vir 100 musse,

36 kombersies, 30 pare handskoene en slaapsokkies, asook serpe. (foto)

• Jolene se suster René Kitshoff 'n kanker oorwinnaar en RA-lyer, is 'n donateur van wol vir bg

projek. Haar bydrae omdat sy nie meer self kan brei nie.

• Alida Fourie en Tertia Carstens (van Kenridge) vir handgebreide musse en kniekomberse.

• Rolien Botha en dames van Robertson skenk gereeld handgebreide truitjies.

• Elmie Meyer vir truitjies en kombersies.

• Boeke vir Koringberg se biblioteek

Al bg items word aan spesifieke persone in nood geskenk, sowel as die crèches in

Fisantekraal.

PINKSTER 2019Vanjaar skop ons Pinkster af by ons Leef aanddiens op 2 Junie.

Daarna volg Pinksterweek 3 Junie – 6 Junie.

Pinkstertye: 10:00 / 18:30

KENNISGEWING:Die Munisipaliteit vervang die uitheemse Ficus bome op die eiland

voor die kerkgebou op Maandag, 13 Mei. Wees asb versigtig.

Page 6: 12 Mei BlitSig - Durbanville Gemeentedurbanvillegemeente.co.za/media/12 Mei BlitSig_1.pdfOns is ook opsoek na mense wat kan help met die reëlings met verblyf en vervoer. Daar sal

PINKSTER SOPAANDE:

WAT, HOE en WAAR vir

SOPAANDE?• 3 Groepe word nog benodig vir 3 aande,

Maandag 03 Junie is reeds gevul.

Datums nog beskikbaar: 04, 05, 06 Junie.

• 2 opskepplekke (dws 2 persone aan elke kant

om te bedien).

Ons benodig:

• 25lt sop per aand

• 8 klaar gesmeerde brode (gesmeerde snye

mooi op 'n skinkbord uitgepak).

• Sop moet asb lekker warm aankom by die

saal ten minste 30min voor die diens om

genoeg tyd te gee om warm te bly in bain

marines.

Die span moet:

• Self bedien en na die tyd die vuil skottelgoed in

die groot wasbak met warm water sit sodat

Lizma dit maklik en vinnig kan was.

• Die saal skoon agterlaat en toesien dat alle

skottelgoed in die kombuis is en tafels en

tafeldoeke reggeskuif is vir volgende dag.

Ons spesiale offers maak 'n groot

verskil in die lewens van mense.

Hiermee terugvoer vanuit verskeie

instansies:

STRAATWERK

Ons harte is vol dankbaarheid vir

julle lojale en ruimhartige

ondersteuning met die insameling

van 'n spesiale offergawe vir die

werksaamhede van Straatwerk. Ons

waardeer dit opreg.

Seënwense vir al julle werksaamhede

in Durbanville en verder

INNOVATION FOR THE BLIND

Ons waardeer u gemeente se

wonderlike reaksie met u kollekte ten

bate van Innovation for the Blind.

Ons ontvang dit met groot

dankbaarheid en waardering.

JAN KRIEL INSTITUUT

“Net soos die liggaam 'n eenheid is en

baie lede het, so is dit ook met die

liggaam van Christus. Die lede dra

gelyke sorg vir mekaar. As een lid ly, ly

al die lede saam, en as een lid geëer

word, is al die lede saam bly.” 1 Kor 12

Die liggaam van Christus is 'n

“gestremde” liggaam. Sommige dele

is sterk, ander is swak. En die Here

voorsien dat die sterkes liefdevol

sorg dra vir swakkes! Daarom is Jan

Kriel vir die wêreld 'n getuienis van

God se liefde en sorg en vir die kerk

is dit God se voorsieningheid.

Baie dankie vir jul bydrae. Mag jul

blydskap oor die Here se genade en

voorsiening ook toeneem!

PINKSTERETE

HELPERS BENODIG!!!!Ons benodig weer mense om vir ons

'n pot te kom maak vir ons

Pinksterete op 9 Junie.

Kontak asb die kerkkantoor as jy 'n

pot, malvapoeding, vla of brood

kan skenk.