21 Oktober BlitSIG - Durbanville Gemeente Oktober BlitSIG.pdf082 781 6854; Kuilsrivier Medi-Clinic:...

5
09:00 Klassieke Diens Ds. Wynand Breytenbach Kerkgebou Skaamtelose Gewonde Hoëpriester 09:00 Familiediens Ds. Jana Dickason Gemeentesentrum Ons staan vandag stil by 21 Oktober 2018 VANDAG Hebreërs 4:13-16 18:00 Alive Aanddiens Dr. Tinus van Zyl Kerkgebou TEMA: Spirit of love: Loving God Jeuggroepe gr 6 tot 11 Nuut hier by ons?? Kom ontmoet ons deur jou besonderhede te gee by die INLIGTINGSTOONBANK (Gemeentesentrum direk na die diens) of skakel die kerkkantoor gedurende die week by 021 975 6370. Ons vertrou dat jy/julle in Durbanville Gemeente werklik 'n tuiste sal vind. Ons luister vandag saam met ds. Wynand in die Klassieke diens na hoe Jesus die hele priesterorde skaamteloos omgegooi het. Ons ontdek saam dat ons wonde welkom is in die teenwoordigheid van God. Ons het die volgende attestate van nuwe gemeentelede ontvang vir die tydperk Julie tot Oktober 2018 en sê vir hulle weereens baie baie welkom in ons gemeente: Esna Bouwer van Durbanville-Bergsig Wynand Breytenbach van Durbanville-Bergsig Marelize Brooks van Hermanus Louis Dean van Brackenfell – Proteahoogte EC du Toit van Sonstraal Maryna Geldenhuys van Heidekoppie Léhani le Hanie van Stellenberg Gemeente Kylie le Roux van Stellenberg Gemeente Daniël, Jakkie, Johan & Marx van Fontainebleau Johanna Nel van Senekal Annette Robertson van Bloemfontein-Noord Petronella van Wyk van Neilersdrift Anton & Cathy Venter van Witbank-Suid

Transcript of 21 Oktober BlitSIG - Durbanville Gemeente Oktober BlitSIG.pdf082 781 6854; Kuilsrivier Medi-Clinic:...

Page 1: 21 Oktober BlitSIG - Durbanville Gemeente Oktober BlitSIG.pdf082 781 6854; Kuilsrivier Medi-Clinic: Ds du Plessis, 083 443 2153; Christiaan Barnard: Ds Scott, 083 740 6412; Vergelegen:

09:00 Klassieke DiensDs. Wynand Breytenbach

KerkgebouSkaamtelose Gewonde

Hoëpriester

09:00 FamiliediensDs. Jana DickasonGemeentesentrum

Ons staan vandag stil by

21 Oktober 2018

VANDAG

Hebreërs4:13-16

18:00 Alive AanddiensDr. Tinus van Zyl

Kerkgebou

TEMA: Spirit of love: Loving God

Jeuggroepe gr 6 tot 11

Nuut hier by ons??Kom ontmoet ons deur jou besonderhede te gee by die

INLIGTINGSTOONBANK (Gemeentesentrum direk na die diens) of skakel die kerkkantoor gedurende die week by 021 975 6370.

Ons vertrou dat jy/julle in Durbanville Gemeente werklik 'n tuiste sal vind.

Ons luister vandag saam met

ds. Wynand in die Klassieke

diens na hoe Jesus die hele

priesterorde skaamteloos

omgegooi het.

Ons ontdek saam dat ons

wonde welkom is in die

teenwoordigheid van God.

Ons het die volgende attestate van nuwe gemeentelede ontvang vir die tydperk Julie tot Oktober

2018 en sê vir hulle weereens baie baie welkom in ons

gemeente:

Esna Bouwer van Durbanville-Bergsig

Wynand Breytenbach van Durbanville-Bergsig

Marelize Brooks van Hermanus

Louis Dean van Brackenfell – Proteahoogte

EC du Toit van Sonstraal

Maryna Geldenhuys van Heidekoppie

Léhani le Hanie van Stellenberg Gemeente

Kylie le Roux van Stellenberg Gemeente

Daniël, Jakkie, Johan & Marx van Fontainebleau

Johanna Nel van Senekal

Annette Robertson van Bloemfontein-Noord

Petronella van Wyk van Neilersdrift

Anton & Cathy Venter van Witbank-Suid

Page 2: 21 Oktober BlitSIG - Durbanville Gemeente Oktober BlitSIG.pdf082 781 6854; Kuilsrivier Medi-Clinic: Ds du Plessis, 083 443 2153; Christiaan Barnard: Ds Scott, 083 740 6412; Vergelegen:

DAGBOEKWat gebeur hierdie week?

VOLGENDE SONDAGSo. 28 Oktober

09:00 Klassieke Diens (Nagmaal)Ds. Rian Verster

09:00 Familiediens (Nagmaal)Ds. André Agenbag

18:00 Alive Aanddiens (Nagmaal)Ds. Wynand Breytenbach

Durbanville / Bergsig Senior Klub

Lede word herinner dat hul R130 per lid vir ons populêre Kersete by Eensgezind op 29 November 2018 by bogenoemde

geleentheid betaalbaar is.

.

Di. 23 Oktober 08:00 Stilword (Gebed)

Wo. 24 Oktober18:00 Kooroefening

Do. 25 Oktober08:00 Nagmaal en Gebed

09:30 Durbanville / Bergsig Snr Klub

maandelikse verg. (Bergsig)

Tema: Sang & Musiek

12:00 Seniors Bederfete, Eensgezind

Vr. 26 Oktober06:00 Mannebediening

19:30 Con Spirito Lofprysfees

Die nuwe SIG is vandag

beskikbaar. Kry ’n kopie

in die voorportale

of by die kerkkantoor.

JANA IS BEROEP NA

NG LA ROCHELLEJana, hartlik geluk met die beroep

wat jy aanvaar het! Ons is baie

opgewonde saam met jou en

weet dat hierdie nuwe pad

spesiaal vir jou uitgekies is!

Baie dankie vir jou dienste by

Durbanville Gemeente met

spesifiek die jeugbediening – veral

jou betrokkenheid by die tieners –

vir dit wat jy in elkeen se lewe

beteken het.

Ons bid vir jou saam met jou gesin

(Vernon, Keira en jou ma, Rosa), net

die mooiste wense toe vir die pad

vorentoe.

JANA SE AFSKEIDSPREEK IS

Sondagaand, 4 November by die

ALIVE aanddiens om 18:00.

Jana word by

NG La Rochelle bevestig op

Sondag, 11 November 2018.

Page 3: 21 Oktober BlitSIG - Durbanville Gemeente Oktober BlitSIG.pdf082 781 6854; Kuilsrivier Medi-Clinic: Ds du Plessis, 083 443 2153; Christiaan Barnard: Ds Scott, 083 740 6412; Vergelegen:

VOORBIDDINGOns bid vir Marie Trautman,

Richard Jones & Pieter Fourie wat

siek is of besig is met behandeling.

Tannie Rita Roos en

Dawie le Roux is oorlede.

Ons bid vir troos vir hulle

families en vriende.

Ons wil graag vir elkeen wat in nood

verkeer, bid of julle besoek.

Laat weet asb. vir Christa

by ons kerkkantoor.

WAARNA KAN JY UITSIEN

So. 2 Desember Kersprogram

SINODALE OFFERSOns deuroffer is vandag vir

Hospitaalbearbeiding versorg gemeentes se lidmate en hulle familie tydens ernstige krisisse – medies en emosioneel – in die hospitale en spreekkamers in die Kaapse Skiereiland, George en Mosselbaai. Aangesien hospitale se rekenaar-inligting meestal nie pasiënte se kerkverband aantoon nie, word gemeentelede vriendelik versoek om hospitaalleraars van pasiënte te laat weet. Hulle sal hierdie lidmate bystaan. Hulle het in die vorige finansiële jaar 3 963 pasiënte en 562 families ondersteun. In die pastorale spreekkamer is daar met 1 147 mense onder-houde gevoer. Saam met die hulpwerkers en studente is 17 279 pasiënte in hospitale besoek.

Bid asseblief vir die hospitaalleraars, pastorale hulpberaders en vrywillige pastorale hulpwer-kers. Alle hospitale en Spreekkamers in die Kaapse Skiereiland, Dr Bruwer - 083 232 5532; George: Dr Nel, 083 254 7499; Mosselbaai: Dr Vd Berg, 076 680 6259; Tygerberg: Ds Louw, 079 771 3129 / me Du Toit, 082 929 5907; Groote Schuur Hospitaal, Me Heunis, 082 803 0159; Durbanville- en Cape Gate: Dr Swart, 082 781 6854; Kuilsrivier Medi-Clinic: Ds du Plessis, 083 443 2153; Christiaan Barnard: Ds Scott, 083 740 6412; Vergelegen: Me Muller, 083 356 1404

HOSPITAALBEARBEIDING

BAIE DANKIE VIR OFFERGAWES ...

Ontvang, Sondag 14 Oktober 2018

Klassieke diens – R9 697.00

Familiediens – R6 910.20

Alive Aanddiens – R1 499.70

SOPKOMBUIS: GOEIE NUUS!Van môre af is die gemeenskapskombuis

weer oop! Daar is 'n koskaravaantjie op die rugby-gronde oorkant die kliniek waar mense soggens 09:00 kos kry as hulle 'n etekoe-pon of R5 bring. Gee asb 'n koepon in plaas van geld as hulle jou motor oppas, ens. Koepons is na die diens by die tee te koop @ R50 vir 10, of in die week by die kantoor.

Op 'n ander plek is al die maatskaplike en werks-rehabilitasiedienste ook aan die gang. Mense wat daaraan deelneem, word beloon met 'n etekoepon. Navrae: Nelleke Meintjes 082 775 3064.

Page 4: 21 Oktober BlitSIG - Durbanville Gemeente Oktober BlitSIG.pdf082 781 6854; Kuilsrivier Medi-Clinic: Ds du Plessis, 083 443 2153; Christiaan Barnard: Ds Scott, 083 740 6412; Vergelegen:

Offergawes en spesiale

bydraes kan ook d.m.v.

SNAPSCAN gegee word. As u

ʼn slimfoon het, is dit baie

maklik. Laai net die

SNAPSCAN App af en volg

die instruksies.

BESONDERHEDETel: 021 975 6370

E-pos:

[email protected]

Webblad:

www.durbanvillegemeente.co.za

Facebook:

Durbanville Gemeente

Instagram:

@durbanvillegemeente

Twitter:

@Dgemeente

DURBANVILLE GEMEENTE

BANKBESONDERHEDEABSA, Durbanville-tak,

Rekeningnommer: 141 058 0019

Naam: NG Gemeente Durbanville

Verwysing bv. Pienaar/MDO

KERKKANTOOR

jeugwerkerpos

Durbanville Gemeente adverteer die vakature van 'n JEUGWERKER, met 'n spesifieke fokus op KINDERBEDIENING.

Profiel van die Jeugwerker · ‘n Visionêre persoon wat belangstel in innovasie en die groei van 'n Kinderbediening · ‘n Egte belangstelling in en liefde vir kinders· ‘n Natuurlike aanleg om verhoudings te bou· Op informele en formele maniere 'n geestelike voorbeeld en mentor · Passievol oor kinders se wandel met God, hul dissipelskap· Die vermoë om kinders se potensiaal raak te sien en hul gawes na vore te bring· Die gawe om leiers te ontwikkel en netwerke van verhoudings daar te stel ‘n Deurleefde spiritualiteit en gebalanseerde teologie · Begrip vir die visie, waardes, kultuur en etos van die gemeente.

Primêre Pligte en Verantwoordelikhede· Neem verantwoordelikheid vir die Junior Jeug (2jr – gr 6)· Betrokke by Laerskool Durbanville en bied ondersteuning aan Durbieland· Werwing en toerusting van vrywillige jeuggroepleiers · In samewerking met jeugleiers, koördineer sosiale ruimtes waar kinders op 'n informele wyse betrek kan word en kan groei in hul geloofslewe· Koördineer jeuggroepe op Sondagoggende (2j – gr 6)· Vorm deel van die Bestuurspan wat die volledige bediening van die gemeente bestuur

Kennis en Vaardighede· 'n Toegewyde Christen · Effektiewe en toepaslike kommunikasievaardighede · Goeie interpersoonlike verhoudings: die vermoë om in spanne en netwerke te werk· Goeie organisatoriese en administratiewe vaardighede

Kwalifikasies en Ondervinding· Vorige ondervinding van jeugwerk met veral in die ouderdomsgroep (2jr – gr 6) sal 'n aanbeveling wees· 'n Toepaslike kwalifikasie, soos 'n graad in Jeugwerk, Teologie, Onderwys, ens.

Sluitingsdatum: 15 November 2018Datum van indiensneming: 1 Januarie 2019 Vergoeding: Volgens Sinodale riglyne Werksure: 5/8 posAansoeke: Aansoeke moet vergesel wees van 'n kort CV met drie referente daarby, asook 'n kort narratief van waarom jy jouself as die geskikte kandidaat beskou. Aansoeke na Jackie ([email protected]) Gemerk: Jeugwerkpos.

Page 5: 21 Oktober BlitSIG - Durbanville Gemeente Oktober BlitSIG.pdf082 781 6854; Kuilsrivier Medi-Clinic: Ds du Plessis, 083 443 2153; Christiaan Barnard: Ds Scott, 083 740 6412; Vergelegen:

Waarvoor is ek dankbaar?Ons almal leef daagliks met bekommernisse. Finansies is iets waaroor ons maklik bekommerd

en angstig kan raak. Jesus sê in die Bergrede dat ons ons nie moet bekommer oor die dag van

môre, oor wat ons gaan eet of aantrek nie, maar dit is makliker gesê as gedaan.

Dit is normaal en verstaanbaar om bekommerd en angstig te wees oor finansies, veral in die

huidige ekonomiese klimaat, met alles wat net duurder en duurder raak. Maar hoe kan ons

verhoed dat ons vrese ons oorweldig en ons hele lewe begin oorheers?

Die antwoord lê in dankbaarheid. Dit is wanneer ons die ontdekking maak dat God al reeds

alles vir ons geskenk het wat ons nodig het om te lewe (2 Petrus 1:3), dat ons met dankbaar-

heid kan begin lewe. Dan word ons lewe nie meer oorheers deur bekommernisse en vrese nie.

Ons moet al ons begeertes, behoeftes en bekommernisse, aan God bekend maak, met gebed

en smeking én met danksegging, sê Filippense 4:6-7. Dan sal die vrede van God wat alle

verstand te bowe gaan oor ons harte en gedagtes waghou.

Dit is wanneer ons dié ontdekking maak dat God die Herder oor ons lewe is, wat selfs in die dal

van doodskaduwee by ons sal wees, dat ons saam met Dawid kan sê: “Ek kom niks kort nie”

(Psalm 23).

Die dankbaarheidsoffer is 'n offer wat ons gee, nie om God tevrede te stel nie en ook nie om

die kerk se begroting te laat klop nie, maar om ons lewe oor te gee in die hande van God, in

die vertroue dat daar by God genoeg is.

Mag hierdie jaar se dankbaarheidsoffer vir ons elkeen 'n tyd wees waarin ons 'n verdieping

ervaar in ons vertroue in God se voorsiening en 'n bevryding van die vrese en bekommernisse

wat ons so dikwels teister.

Mag ons in hierdie dae ontdek dat ons reeds alles van God ontvang het wat ons nodig het om

te lewe, en mag dit ons met oneindige dankbaarheid vul.

DankbaarheidsofferIn November begin ons gemeente se jaarlikse Dankbaarheidsoffer. Ons mikpunt hierdie jaar is

R1 500 000-00. Die Dankbaarheidsoffer kan op verskeie maniere gegee word: Gebruik die koeverte vir die Dankbaarheidsoffer wat uitgedeel word en ook in die portale

beskikbaar is. • Bring die offer self deur die week na die kantoor of op 'n Sondag na die kerk. Dit kan ook in

die offergawe-sakkie geplaas word.

• Indien jy weet van iemand wat nie by die kerk / kerkkantoor kan uitkom nie, neem vir so 'n

persoon 'n koevertjie en spreek af wanneer jy dit weer sal kom afhaal OF neem

vrymoedigheid om die kerkkantoor te kontak by 021 975 6370 en praat met Christa. Sy sal

reëlings tref om dit by jou af te haal.

• Betaal die offer elektronies oor in die gemeente se bankrekening: NG Gemeente Durbanville,

ABSA Durbanville, Rek nr: 1410580019. Meld asb by die verwysing: voorletters en van /

Dankbaar. bv. J van Niekerk / Dankbaar.

DANKBAARHEIDSOFFER