Daar het iets in ons land verkeerd gegaan . Die mees basiese waarde van respek

Post on 24-Feb-2016

70 views 0 download

description

Daar het iets in ons land verkeerd gegaan . Die mees basiese waarde van respek vir mekaar is grootliks vernietig . Dit word bevestig deur die hoë voorkoms van :. Moord en verkragting Roof en ander misdade Verwaarlosing van gestremdes Armoede Diskriminasie teen vroue - PowerPoint PPT Presentation

Transcript of Daar het iets in ons land verkeerd gegaan . Die mees basiese waarde van respek

Daar het iets in ons land verkeerd gegaan.

Die mees basiese waarde van respek vir mekaar is grootliks vernietig.

Dit word bevestig deur die hoë voorkoms van:

Moord en verkragtingRoof en ander misdade

Verwaarlosing van gestremdesArmoede

Diskriminasie teen vroueEensaamheid van mense

Minagting van mensePlaasaanvalle

Verwaarlosing van kindersHomofobie

Geweld op weerlosesVreemdelinge haat

Rassisme Onregverdige uitsluiting van mense

Etikettering en veralgemening

Mense se waardigheid word aangetas deur sistemiese werklikhede soos wanneer:

siekes nie toegang het tot mediese hulp nie, kinders nie toegang het tot goeie onderwys nie,

gestremdes op ‘n diskriminerende wyse uitgesluit word,

mense nie toegang het tot basiese dienste nie,mense nie toegang het tot

werksgeleenthede nie.

Mense se waardigheid word ook aangetas deur ons onbewuste of bewuste optrede bv.

wanneer:Vroue net omdat hulle vroue is as minderes

beskou word.Mense bloot op grond van hulle seksuele

orientasie uitgesluit word.Armes aan hulle lot oorgelaat word.

Mense beoordeel word bloot op grond van hulle velkleur.

Mense nie na behore vir hulle werk vergoed word nie en dus uitgebuit word.

Ons veralgemenend dink en praat oor mense.

Wanneer magsverhoudinge so bedryf word

dat mense onderdruk en ondermyn word,

word hulle menswaardigheid aangetas.

Wanneer mense uitgesluit word of as minderwaardig geag word,

word hulle stemme nie gehoor nie.Dit is vernederend.

Die Bybel praat ‘n ander taal. Die Bybel leer:

God gee aan alle mense waarde.God tree in verhouding met álle mense.

God word self mens. Jesus lê sy lewe af vir mense.

Hy gee aan mense ‘n nuwe lewe in Hom.

Jesus raak die verworpenes aan.

Hy bevry die besetenes en maak siekes gesond.

Hy herstel die waarde van vroue en kinders

in die samelewing.

Hy beweeg oor grense en reik uit na diegene wat nie geag word nie.

Hy vergewe en bevry mense van hulle verlede.

Hy gee aan mense Sy genade en vrede.

Mense ontdek hulle waarde wanneer hulle Sy liefde en respek ontvang

en weet dat hulle geag word.

God tree met elke mens in verhouding ongeag sy/haar vermoë, inherente kwaliteite,

prestasie, herkoms, bydrae tot die samelewing, oënskynlike waarde of gebrek daaraan.

Daarom het alle mense waarde, omdat God in God se liefde besluit het

om met elke mense in verhouding te tree.

God stort die Heilige Gees uit sodat ons God hierin kan navolg en ‘n nuwe lewe

in die Drie-Eenheid kan hê.

In die Seisoen van Menswaardigheid verbind die vier susterskerke hulself om:

1. Die Godgegewe waarde van mense te verkondig;

2. So met mense om te gaan dat dit ‘n getuienis lewer van die waarde

wat God aan mense toeken;3. In ons eenheid met mekaar ons respek

vir mekaar te beliggaam;

4. Almal in Suid-Afrika te motiveer om ander as ‘n geskenk van God te sien

en hoor en beleef;5. Veral vier waardes te bevorder:

RESPEK | RESPECTLUISTER | LISTENING

OMARMING | EMBRACEMENTSELFLOOSHEID | SELFLESSNESS

Hoe gaan ons dit doen? Deur die Bybelse boodskap van

menswaardigheid te sing;deur veilige ruimtes te skep waarin mense na

mekaar kan luister;deur verhale te vertel wat begrip bevorder;

deur saam te dink en besin oor die betekenis van God se verbintenis aan mense;

deur nuwe geloofstaal aan te leer;

deur leesstof en studiemateriaal te versprei;deur oor grense mekaar se hande te vat en by

mekaar te leer;deur die waardes van die Seisoen uit te leef.Ons gaan dissipels wees van Jesus

deur die erkenning van alle mense se Godgegewe menswaardigheid.

Deur die Seisoen van Menswaardigheid wil ons:

1. Die liefde van God verkondig;2. Jesus, die Here, navolg in sy deernis vir

mense;3. dit wat ons glo en bely van God se liefde, beliggaam in ons verhouding met mekaar;4. Só bydra tot die genesing van ons land.