Post on 24-Jun-2020
Haarlemstraat 15, Worcester. 6850.
Tel. 023 342 1776 Sel. 071 699 4866
Faks 023 342 2040 / 086 580 7993
E-pos : admin@audenberggemeente.co.za
Web: http://www.audenberggemeente.co.za
Facebook - Audenberg NGK
Baie welkom by vanoggend se erediens
22ste Sondag in Koninkrykstyd 5 November 2017
DEUROFFERS
29 Oktober - CLF: R1 074.00 Vandag:
CAD
• Jan Nel ontvang behandeling • Tonie Greeff sterk aan na operasie • Johan Raath ontvang behandeling • Gerrie van der Merwe ontvang behandeling
November
6 - Dames Afsluiting 11 - Change Makers Gala aand 13 - Bestuurspan 18:00 16 - Blokleiers 18:30 (Tuis) 18 - Monster Brekkie & Veiling 19 - Kerssangdiens 19:00 23 - Kerkraadsvergadering 18:30
Vir kennisname:
Ds Kobus Kriel neem sy drie-jaarlikse langverlof “Sabbatsverlof” vanaf
Maandag 30 Oktober tot Dinsdag 28 November.
Skakel asb met ds GP Kellermann indien u ‘n leraar benodig
gedurende die tyd.
Teks: 1 Tess 2:9-13
Tema: Ons vier die vrug van die Evangelie
Dit is die uitwerking wat die Goeie Boodskap op die
gemeente het, wat bewys dat dit inderdaad van God Self
kom; so redeneer Paulus met die gemeente in
Tessalonika. Vroeër het Jesus ‘n soortgelyke boodskap
oorgedra: “bome word aan hul vrug geken” - hoe ons as
“gesin van God” lewe, bevestig die krag van die Woord van
God. Die afgelope Dinsdag het ons die krag van die Evangelie in die Reformasie
gevier. Te midde van die “dood en verwoesting”, onreg, geweld, bedrog ens, het
ons steeds soveel van die eerste tekens van die Koninkryk om te vier. Wat sien jy?
Die volgende persone sterk aan na operasies:
Ronel van Eck
Albert Crafford
Ilse Hancke
Webwerf: www.audenberggemeente.co.za
Gaan like ons facebook bladsye ~
Audenberg NGK en Audenberg Jeug
Ons visie: Familie van God
Gehoorsaam - Sorg-saam - Dien saam
Baie dankie vir al die bydraes wat ons sover ontvang het. Indien jy nog nie jou
koevertjie ontvang het nie, kontak asb jou ouderling, diaken of dienswerker.
Indien jy EFT wil doen:
NG Worcester Audenberg ABSA rek nr 0440 590 349;
Takkode 632 005 Verwysing: Jou naam en blok nr,
bv: A Smit B10
Koevertjies moet asb teen einde November terug wees
Christus het arm geword sodat ek en jy (ons) geestelik ryk kan wees.
(Sien Matt 6: 20 – 21)
• Die belydeniskamp word beplan vir
6-8 Desember. Indien enige iemand
‘n strandhuis het wat hul vir ons
kan beskikbaar stel sal ons dit baie
waardeer! Ons is 12 mense.
• Indien jy kan help met die Sondag-
skool vir volgende jaar, kontak asb
vir Irenke. Ons kort leiers vir
Graad 5, 6, en 7.
• Plaaslike Uitreik vind plaas vanaf
27-30 November. Inligting op die
oranje blaadjie wat vandag in die
bulletin is. Inskrywingsvorms is by
die kerkkantoor beskikbaar.
Nasionale Biddag
Woensdag 8 November
Kom bid saam vir die situasie in ons
land!
19:00 in die kerk
NOVEMBER IS ONS MAAND VIR FEESVIERING! 5 Nov - Ons vier die vrug van die Goeie Nuus 12 Nov - Ons vier die wonder van nuwe beginne en heling: Annalize Wiid saam met die Changemakers 19 Nov - Ons vier groei - Prediker: Dr Pieter Barnard Aand: Ons vier die Christuskind: Kerssangdiens om 19:00 26 Nov - Ons vier die katolisiteit (omvattendheid) van God se liefde en sorg. Dit is ook die afsluiting van die kategese met gepaardgaande verrassings.
(Bring of stuur foto’s van die familie, sendelinge en gelowiges wat ver is)
Monster
Brekkie &
Veiling
18 November 2017
Kaartjies beskikbaar by jou ouderling
of die kerkkantoar.
Skenkings vir die veiling
kan na die kerkkantoor
gebring word.
Baie dankie!
Volwassenes - R45.00
Kinders - R35.00
Dames Afsluiting 2017
Maandag 6 November
19:00 Plek: Blindiana
Barista (Kerkstraat)
Onthou:
Bring asb eie alkoholiese drankies
Kom geniet ‘n feesmaal saam met ons!
Wanneer: Donderdag 30 November
Waar: Kerksaal
Tyd: 11:30 vir 12:00
Koste: R70 per persoon
Bring asb eie drinkgoed
Bespreek jou plek voor of op 24 November
Hannes van Wyk ~ 023 342 4180
SPYSKAART:
Beef Stroganoff, Hoenderfillet gestop met spinasie & fetakaas,
Gammon met mosterdsous,
Gebakte aartappel, Gegeurde rys, Geroosterde groente,
Griekse slaai en Driebone slaai
Gebakte Sjokoladepoeding met roomys
Heerlike Tuisgebakte Beskuit @ kosprys!
Fondse ten bate van boere in die karoo wat gebuk gaan onder erge droogte.
Karringmelk (500g) R33-00 Semelkarringmelk (500g) R36-00
Gesondheidsbeskuit (500g) R37-40
Kontak Hanlie de Waal 078 746 0211
Saterdag 11 November
Laaste geleentheid om hulle te ondersteun.
Kontak asb vir Ds GP indien u belangstel.
Kaartjies ook by die kantoor beskikbaar.
Worcester-Oos Kerssangdiens
met Die Broers (Christo, Kobus & Nic Stevens)
Sondag 5 November om 18:30
Gratis Toegang
Verjaarsdae ~ Baie geluk aan almal wat hierdie week
hul verjaarsdag vier!
Van Noemnaam Verjaar Kortadres Landlyn Selfoon
Ellmann Cecile 11/05 Classic Close 14 023 347 8867 084 580 2525
Olivier Elsa 11/05 Carinusstraat 11 023 347 3878 072 697 1108
Du Toit Christiaan 11/06 Retiefstraat 06
Fourie Wian 11/06 Vreugdelaan 4 023 342 0776
Jourdan Ben 11/06 Kliphoutslot 31
Chambers Debbie 11/07 Nick Prinsloostraat 04 072 820 2900 083 302 1157
Boonzaaier Boontjie 11/08 Rouxweg 105 023 342 0359 072 386 3936
Greyling Corrie 11/08 Fairway Heights Drive 14 023 342 5541 082 787 9566
Lingenfelder Stefan 11/08 Van Arckelstraat 24 023 342 8422
Leslie Lizaan 11/09 Culemborgstraat 15 082 922 2103
Von Bentheim Günther 11/09 Nerinastraat 25 023 347 1748
Du Toit Lizane 11/10 Nassaustraat 09 082 264 1763 072 602 4349
Van Greunen Susan 11/10 Tullekenstraat 06 082 925 8321
Van Wyk Hannes 11/11 Drommedarissingel 52 023 342 4180 073 620 0763
Wright Henry 11/11 Hendrik Boomstraat 17 023 342 3797 082 612 2338
Ons het elke dag ‘n keuse. Ons kan kyk na die stukkende
dinge in ons lewens en daaroor frons, of ons kan kies om op te kyk en in
dankbaarheid te glimlag omdat God se genade alles oortref.